Upload
others
View
1
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
1
Afrikaans Siklus 4
Week 1 Week 2
Maandag (3 1 Augustus) Maandag (7 September)
Dinsdag (1 September) Dindag (8 September)
Woensdag (2 September) Woensdag (9 September)
Donderdag (3 September) Donderdag (10 September)
Vrydag (4 September) Vrydag (1 1 September)
Geagte ouers
Let asseblief daarop dat die werk slegs vir die leerders is wat nog nie terug is by
die skool nie as gevolg van gesondheids redes.
Moet nie te veel werk op een dag doen met u kind nie, oefen die dag se werk in
voordat jul le vooruit werk.
Al le werk moet asb. in n boek of bladsy gedoen word in lopende skrif.
Dit is elke ouer en leerder se eie verantwoordelik om al die werk onder die knie te
kry by die huis, sodat die leerders goed voorbereid is vir die assesserings toetse.
Dankie vir jul le harde werk.
Groete
Gr.3 Personeel
2
Lees die volgende storie.
Piet Retief verjaar
Marnus hardloop na die posbus. Hy is vanoggend vroeg uit sy bedjie. Sy hondjie,
Snuffels het langs sy bedjie geslaap op die matjie. Katie die katjie het op haar
pootjies na die kombuis toe gehardloop. Marnus is opgewonde. Sy maatjie Piet
Retief verjaar een van die dae. In die posbus is n kaartjie.
Marnus se hartjie klop vinnig van pure opgewondenheid. Sy handjie bewe skoon.
Ja, daar is n kaartjie. Voor op die koevert in groot letters staan daar:
Marnus kom na my partytjie
Marnus maak die koevert oop en lees die kaartjie, daar staan: Jy word
uitgenooi na my partytjie. Daar gaan koek en tertjies wees in bordjies. Perdjies
om op te ry en eendjies om te voer. Al die maatjies gaan heerlike speletjies
speel Marnus se gunsteling speletjie is waar hy geblinddoek word en dan moet
hy die stertjie van die perdjie op die regte plek plak.
Marnus glimlag breed, jy sien net wit tandjies. Hy sien so uit om na Piet
Retief se verjaarsdag partytjie te gaan. Dit is sy beste maatjie van
kleuterskool af.
Die windjie ritsel deur die blare en Marnus begin al die slapies aftel na die
heerlikste partytjie.
3
Verkleinwoorde -jie
As ‘n woord op ‘n d of t eindig skryf ons net ‘n -jie agter aan.
Byvoorbeeld, perd - perdjie tert - tertjie
Lys van verkleinwoorde
Verkleinwoorde -tjie
As ‘n woord op ‘n l, r, n, a, e, i, u, y eindig skryf ons net ‘n -tjie
agter aan.
Lys van verkleinwoorde:
d - woorde
eend - eendjie
potlood - potloodjie
vriend - vriendjie
hand - handjie
hond - hondjie
wind - windjie
brood - broodjie
kind - kindjie
eiland - eilandjie
woud - woudjie
t - woorde
prent - prentjie
koerant - koerantjie
voet - voetjie
mat - matjie
kat - katjie
soldaat - soldaatjie
maat - maatjie
hout - houtjie
kaart - kaartjie
olifant - olifantjie
Woorde wat op ‘l’ eindig
lepel - lepeltjie
appel - appeltjie
skool - skooltjie
tafel - tafeltjie
borsel - borseltjie
Woorde wat op ‘r’ eindig
lekker - lekkertjie
vloer - vloertjie
eier - eiertjie
spier - spiertjie
syfer - syfertjie
Woorde wat op ‘n’ eindig
skoen - skoentjie
trein - treintjie
toon - toontjie
seun - seuntjie
lemoen - lemoentjie
Woorde wat op ‘a’ eindig
baba - babatjie
ouma - oumatjie
oupa - oupatjie
Woorde wat op ‘e’ eindig
meisie - meisietjie
horlosie - horlosietjie
vakansie - vakansietjie
Woorde wat op ‘i’ eindig
vlooi - vlooitjie
trui - truitjie
laai - laaitjie
Woorde wat op u eindig
vrou - vroutjie
skreeu - skreeutjie
leeu - leeutjie
Woorde wat op y eindig
party - partytjie
sny - snytjie
4
Verkleinwoorde -etjie
By die eenlettergreep woorde wat op ‘n -ng eindig, kry die woord ‘n -etjie
agteraan.
By woorde waar ‘n kort klinker (a, e, i, o, u) voor die klanke staan (l, n, r, m)
verdubbel die medeklinker aan die einde en -etjie kom agteraan.
Lys van verkleinwoorde wat eindig op -ng
Lys van verkleinwoorde wat eindig op ‘n kort klinker:
ding - dingetjie
tang - tangetjie
long - longetjie
wang - wangetjie
gang - gangetjie
tong - tongetjie
sprong - sprongetjie
kring - kringetjie
slang - slangetjie
ring - ringetjie
kar - karretjie
stem - stemmetjie
sin - sinnetjie
blom - blommetjie
brul - brulletjie
hen - hennetjie
dam - dammetjie
vel - velletjie
vin - vinnetjie
som - sommetjie
stam - stammetjie
ster - sterretjie
Maandag (Week 1)
1. Soek drie verkleinwoorde in die storie wat eindig op -jie, asook drie
verkleinwoorde wat eindig op -tjie.
2. Kyk na die woorde in die kolom, skryf die woorde neer wat verkleinwoorde
is.
tamatie handjie tentjie meisie broodjie
voetjie tannie woudjie koffie dankie
3. Kyk na die volgende sinne en verander die woorde wat geonderstreep is na
verkleinwoorde.
Byvoorbeeld: Ons praat van n groot hond maar n klein hondjie.
a. Ons praat van n groot tent en n klein ________.
b. Ons praat van n groot olifant en n klein _________.
5
c. Ons praat van n groot kind en n klein _________.
d. Ons praat van n groot hoed en n klein _________.
e. Ons praat van n groot fout en n klein _________.
4. Skryf die volgende sinne oor in jou klaswerkboek deur om die woorde wat
geonderstreep is te verander na verkleinwoorde.
a. Marnus se maat, Piet Retief verjaar amper.
b. In die posbus is daar n kaart vir Marnus.
c. Die hond en die kat speel al te lekker saam in die tuin.
d. Daar het n grys olifant in die woud gestaan.
e. Daar was n prent van n soldaat by die partytjie.
Dinsdag (Week 1)
Lees weer die storie: Piet Retief verjaar.
1. Skryf die volgende woorde in hul verkleiningsvorm. Onthou om na die laaste
klank van die woord te kyk.
a. lepel e. leeu
b. vloer f. kraai
c. meisie g. oupa
d. party h. lemoen
2. Skryf die volgende sinne oor en onderstreep die regte verkleinwoord in die
hakies.
a. My klein sussie se een (skoenkie/skoentjie) het weggeraak.
b. Marnus het die (partytjie/partykie) vreeslik baie geniet.
c. Die (voëltjie/voëlkie) het net een (eierkie/eiertjie) in haar nes.
d. Piet Retief het n nuwe (treintjie/treinkie) gekry vir sy verjaarsdag.
e. Die naweek was ons by die dieretuin en ek het die klein (leeukie/leeutjie)
gevryf.
3. Kyk na die woorde in die kolom, skryf die woorde neer wat n -tjie agteraan
sal kry. Onthou om na die laaste klank van elke woord te kyk. Bv. tamatie
tamatietjie
tamatie hand party meisie brood
kas seun woud lekker appel
6
Lees die volgende storie.
Zoë neem deel aan die koor
Zoë het sterk longetjies. Sy is gekies vir die
skool se koor. Al die maats staan in die
gangetjie en wag vir hul beurt om op die
verhoog te gaan om te sing. Die maats staan
in n kringetjie, almal met hul wit jassies aan
met n stringetjie krale om elke arm.
Juffrou is baie trots op hul le. Sy gee sommer n sprongetjie van blydskap as
haar koor maats so mooi sing. Aan die einde van die optrede gee sy vir elke
maat n soentjie op die wangetjie. Dit is vir die maats n groot dingetjie
omrede die koor sowaar wenners is!
Woensdag (Week 1)
1. Soek vyf woorde in die storie wat eindig met -etjie en skryf hul le neer.
2. Skryf die volgende woorde in hul verkleiningsvorm. Onthou om na die eind
klank/klanke van die woorde te kyk.
a. ding e. kar
b. slang f. som
c. wang g. hen
d. kring h. brul
3. Kies die regte woord tussen die hakkies.
a. (wangetjie/wangekie) d. (ringetjie/ringekie)
b. (vel lekie/vel letjie) e. (gangejie/gangetjie)
c. (stemmekie/stemmetjie) f. (damejie/dammetjie)
4. Skryf die volgende sinne oor en verander die woorde wat geonderstreep is
na hul verkleiningsvorm toe. Onthou om na die eind klank/klanke van elke
woord te kyk.
a. Zoë se boetie het n ring opgetel in die pad.
b. Die maats in die koor het almal in n kring gestaan.
c. Na die vertoning het Zoë n blom ontvang van haar pa af.
d. My boetie het die eerste ster in die lug gesien gisteraand.
e. By die dam het ons n klein slang gesien in die water in seil.
7
Lees die volgende storie:
Storietyd Reuse en towerwater
Mamma lees vir Sandra en Wian n storie.
Eendag lank, lank gelede was daar twee ruim huise met groot tuine. Daar het
twee groot reuse gewoon. Dit was twee seuns, Theuns en Neels. Die reuse het
altyd gekreun en gesteun dat die aarde dreun. Hul le was lelike reuse met lang
neuse, maar die reuse het nie skade gedoen nie.
Die reuse het troeteldiere gehad wat tiere was. Dit was nie gewone tiere
nie, hul le het miere en muise geëet. In die tuine was daar ook twee uile en
drie duiwe. Hul le het in die bome gewag om die muise te vang. Die duiwe, tiere
en uile wou die muise vang! Die reuse moes vinnig n plan beraam.
In die woude naby die huise was daar fonteine. Naby die fonteine het bosluise,
koeie, leeus en vlooie gewei en water gedrink. Die water was towerwater! Die
reuse het eendag met hul le fietse na die fonteine toe gery. Hul le kuiwe het in
die wind gewaai en hul le broeke se pype het gewapper. Hul le het baie vinnig
oor die heuwels gery, oppad na die fonteine toe. Die reuse het van die fonteine
se water geskep en terug gevat na die huise toe. Die tiere het van die
water gedrink en in poue verander! Die reuse was verbaas, maar gelukkig was
die muise nou veilig, teen die tiere! Die ander diere wat die muise vang het
stil-stil verdwyn.
8
Meervoude: Spelreël 1 Klanke met 2 of 3 vokale
Die woord meervoud beteken meer as een.
Woorde met 2 of 3 vokale: (oe, ou, ei, ui, ie, eu, aai, ooi, oei, eeu)
In die meervoud kry die woord ‘n --e of --s aan die einde.
Ons lees en spel dit in lettergrepe: bv. boek -- boe/ke
Onthou as ‘n woord op ‘n “f”eindig dan in die meervoud vorm
verander dit na “we”, bv. brief – briewe
Lys van meervoude:
boek -- boeke
huis -- huise
mier -- miere
brief -- briewe
duif -- duiwe
leeu -- leeus
kous -- kouse
draai -- draaie
kraai -- kraaie
seuns -- seuns
heuwel -- heuwels
trein -- treine
koei -- koeie
kuif -- kuiwe
vlooi -- vlooie
woud -- woude
meeu -- meeue
deur -- deure
Lettergreepverdeling
Lettergreepverdeling (Let/ter/greep/ver/de/ling)
Spelreël 1 Klanke met 2 of 3 vokale
Lettergreepverdeling beteken dat ons ‘n woord opbreek.
Ons fokus vandag op die klanke: (oe, ou, ei, ui, ie, eu, aai, ooi, oei,
eeu)
Ons lees en spel dit in lettergrepe: Bv. boek -- boe/ke
Lys van lettergrepe:
boek -- boe/ke
huis -- hui/se
draai -- draai/e
kreeun -kreeu/ne
kous -- kou/se
mier -- mie/re
kraai -- kraai/e
brief -- brie/we
duif -- dui/we
heuwel -- heu/wels
trein -- trei/ne
woud -- wou/de
meeu -- meeu/e
koei -- koei/e
deur -- deu/re
kuif -- kui/we
vlooi -- vlooi/e
9
Meervoude: Spelreël 2 Dubbelvokaal klanke
Die woord meervoud beteken meer as een.
Dubbelvokaal klanke: (aa, ee, uu, oo)
In die meervoud val die een dubbelklank (vokaal) weg en staan dan
aan die einde van die woord as ‘n “e”.
Lys van meervoude
Lettergreepverdeling (Let/ter/greep/ver/de/ling)
Spelreël 2 Dubbelvokaal klanke
Lettergreepverdeling beteken dat ons ‘n woord in klankdele
opbreek.
Ons fokus vandag op die dubbeklanke: (aa, ee, uu, oo)
Lettergreepverdeling is gewoonlik net voor die medeklinker.
Lys van lettergrepe:
haas -- ha/se
plaas -- pla/se
haan -- ha/ne
straat -- stra/te
saal -- sa/le
blaar -- bla/re
veer -- ve/re
peer -- pe/re
leer -- le/re
been -- be/ne
muur -- mu/re
skuur -- sku/re
vuur -- vu/re
droom -- dro/me
toon -- to/ne
boom -- bo/me
roos -- ro/se
stroom -- stro/me
haas -- hase
plaas -- plase
haan -- hane
straat -- strate
saal -- sale
blaar -- blare
veer -- vere
peer -- pere
leer -- lere
been -- bene
muur -- mure
skuur -- skure
vuur -- vure
droom -- drome
toon -- tone
boom -- bome
roos -- rose
stroom -- strome
10
Meervoude: Spelreël 3 Enkelvokaal klanke
Die woord meervoud beteken meer as een.
Enkelvokaal klanke: (a, e, i, o, u)
In die meervoud verdubbel die medeklinker en die woord kry ‘n --e
by.
Lys van meervoude
Lettergreepverdeling (Let/ter/greep/ver/de/ling)
Spelreël 3 Enkelvokaal klanke
Lettergreepverdeling beteken dat ons ‘n woord opbreek.
Ons fokus vandag op die enkelklanke: (a, e, i, o, u)
Lettergreepverdeling kom nou tussen die twee medeklinkers.
Lys van lettergrepe:
kat -- kat/te sak
-- sak/ke
klip -- klip/pe
bek -- bek/ke
bril -- bril/le
blom -- blom/me
pen -- pen/ne
sin -- sin/ne
tak -- tak/ke
bak -- bak/ke
bus -- bus/se
klas -- klas/se
pot -- pot/te
stok -- stok/ke
mot -- mot/te
bos -- bos/se
hut -- hut/te
skop -- skop/pe
kat -- katte
sak -- sakke
klip -- klippe
bek -- bekke
bril -- brille
blom -- blomme
pen -- penne
sin -- sinne
tak -- takke
bak -- bakke
bus -- busse
klas -- klasse
pot -- potte
stok -- stokke
mot -- motte
bos -- bosse
hut -- hutte
skop -- skoppe
11
Donderdag (Week 1)
1) Soek 5 werkwoorde uit die storie uit en skryf hul le neer.
2) Soek 5 selfstandige naamwoorde uit die storie uit en skryf hul le neer.
3) Voltooi die volgende tabel deur die woorde in die storie te gaan soek:
a.) Haal vyf meervoud woorde uit die storie uit wat eindig op -e.
b.) Haal drie meervoud woorde uit die storie uit wat eindig op -s.
c.) Haal twee meevoud woorde uit die storie uit wat eindig op -we.
a.) Meervoude wat
eindig op -e
b.) Meervoude wat
eindig op -s
c.) Meervoude wat
eindig op -we-
4) Gee die volgende woorde se meervoude.
a.) reus -- b.) fontein -- c.) muis --
d.) heuwel -- e.) woud -- f) leeu --
5) Skryf die volgende sinne oor en verander die woorde wat geonderstreep is
na meervoude.
a) Daar is twee huis in ons straat wat groen geverf is.
b) Die reus was baie vriendelik teenoor die muis.
c) In ons boomhuis bly daar baie uil en n duif.
d) Ek het gehoor dat tier baie muis eet.
Vrydag (Week 1)
1) Verdeel die volgende woorde in lettergrepe.
a) towerwater -- c) muise -- e) poue -- g.) gelukkig
b) reuse -- d) koeie -- f) bosluise -- h.) oppad
2) Skryf die woorde oor in jou klaswerkboek en doen die volgende:
Gee vir elke woord n meervoud.
Gee die lettergreepverdeling van elke woord.
Woord Meervoud Lettergreepverdeling
woud woude wou/de
heuwel
koei
fontein
bosluis
kraai
12
Lees die volgende storie:
Die groot brand
Werner het baie hase. Waar Werner gaan, gaan die hase saam. Werner is baie
lief vir sy hase, hy het foto s in rame van sy hase. Sy hase slaap saam met die
hane in die skure.
Een aand het daar n groot brand uitgebreek in die skure. Werner was baie
bekommerd oor sy hase. Gelukkig het Gerhard se pappa kom help om die vure
te blus. Hul le het op die mure gestaan en vir twee ure lank die vlamme geblus.
Werner het sy bene lam geskrik toe hy hoor van die brand. Hy het net bly
dink dat hy nooit weer onder die bome by die strome met sy hase gaan kan
speel nie. Hy dink nie eers aan die hoenders met hul le mooi vere nie. Hy dink nie
aan die bome met die pere naby die stroom nie, hy dink nie eers aan die skape
nie.
Gelukkig word die vuur geblus en net die rook trek in die lug op. Werner
hardloop na die skure op sy pantoffels se sole. Daar sien hy die hase, skape en
die hane. Hul le staan veilig by die drade naby die straat. Werner is so bly hy
trippel rond op sy tone Hoera! Hoera! My hase is veilig, skree Werner.
13
Maandag (week 2)
1) Gee die volgende woorde se meervoude.
a) boom d) stroom g.) foto
b) haas e) vuur h.) vlam
c) draad f) peer i.) sool
2) Skryf die volgende sinne oor en verander die woorde wat onderstreep is na
meervoude.
a) Daar is twee, rooi roos in ons tuin naby die hek.
b) Die skaap lê lekker onder die groot boom.
c) In ons boomhuis is daar baie haas wat groen blaar eet.
d) Werner het twee been asook tien toon.
e) Die boom in ons tuin het baie lekker peer wat ons kan eet.
3) Verdeel die volgende woorde in lettergrepe.
a) plase c) rose e) blare g.) boomhuise
b) strome d) pere f) bene h.) verander
4) Skryf die volgende woorde oor in jou klaswerkboek en doen die volgende:
Gee vir elke woord n meervoud.
Gee die lettergreepverdeling van elke woord.
Woord Meervoud Lettergreepverdeling
skool skole sko/le
beer
draak
meneer
sprinkaan
kraan
brood
14
Lees die volgende storie:
Die uitstappie
Die voëltjies het hard geleer die kwartaal. Hul le het pragtige sinne met penne
in hul boeke geskryf. Juffrou Nes het besluit hul le kan op n uitstappie gaan.
Hul le gaan na die bosse waar daar plat klippe lê naby die stroom.
Al die voëltjies loop met stokke. Hul le kap die takke wat in hul le pad is weg
met die stokke. Orals vlieg motte en vlinders rond in die bosse. Die een voëltjie
het twee blomme agter sy een oor gesit. Naby die stroompie klim die voëltjies
die klippe soos trappe, hul le speel al te lekker!
Juffrou Nes haal potte en panne uit die sakke wat sy gebring het. Sy gaan
vir die voëltjies visse braai. Sy draai die proppe van die bottels af en skink
koeldrank in die glase vir elke voëltjie. Hul le almal eet heerlik saam. Ons moet
weer terug vlieg skool toe, sê Juffrou Nes. Die voëltjies sê baie dankie vir
Juffrou Nes vir die wonderlike dag. Vanaand gaan hul le heerlik slaap!
15
Dinsdag (Week 2)
1) Gee die volgende woorde se meervoude.
a) klip c) blom d) mot
b) bos d) pen e) vis
2) Skryf die volgende sinne oor en verander die woorde wat onderstreep is na
meervoude.
a) Juffrou Nes het vergeet om al les in die sak te pak.
b) Die juffrou is baie slim met som.
c) Die voëltjies het lekker met die stok en tak gespeel.
d) In ons skool is daar baie vis, kat en mot wat saam met ons leer.
e) In die oggende voordat ons klas toe gaan pluk ons eers vir ons juffrou
mooi blom.
3) Verdeel die volgende woorde in lettergrepe.
a) hutte c) bokke e) stokke g.) oggend
b) blomme d) penne f) katte h.) wonderlike
4) Skryf die volgende woorde oor in jou klaswerkboek en doen die volgende:
Gee vir elke woord n meervoud.
Gee die lettergreepverdeling van elke woord.
Woord Meervoud Lettergreepverdeling
trap trappe trap/pe
bek
drom
klip
dam
klas
vissie
16
Lees die volgende storie
Lana en die stukkende venster
By Lana se skool is daar n stukkende venster. Dit is
die venster heel agter in die klas en dit is vir drie dae
al stukkend. Niemand weet hoe die venster gebreek
het nie. Dit was stukkend toe Lana en haar maats
een oggend by die skool aankom.
Ons moet uitvind wie die venster gebreek het, sê Lana vir haar maat, Kayla.
Dan kan ons vir die hoof gaan vertel sodat hy die vensterbreker se ouers kan
inroep. Gedurende pouse soek Lana en Kayla vir enige iets wat vir hul le kan sê
wie die vensterbreker is. Hul le kry toe n vuil verfkwas met wit verf aan. Dit
lê op die gras.
Aha! sê Lana. Ek dink die vensterbreker is n
kunstenaar. Hier is sy verfkwas. Hul le soek verder en
Kayla sien toe n stukkie gebreekte hout eenkant lê.
Aha! sê Kayla. Ek dink die vensterbreker het n
houtbeen. Hierdie stukkie het afgebreek toe hy vinnig
moes wegkom.
Lana kyk op teen die muur bokant die stukkende
venster en sien vuil voetspore. Aha! sê Lana. Ons vensterbreker het soos
Spiderman teen die muur uitgeklim en oor die dak van die skool weggehardloop!
Nou het ons hom! Ons moet net vir die hoof sê om te soek vir n kunstenaar
met n houtbeen wat teen mure kan uitklim.
Na pouse kom Meneer Fourie, die skoolhoof, in hul le klaskamer in. Ek is jammer
dat die stukkende venster nog nie reggemaak is nie, sê hy vir die kinders. Die
man wat die dakke van die skool vir ons moes verf, het die venster gebreek.
Hy sê die houttrappie van sy leer het gebreek en hy het teen die muur
probeer vastrap om nie te val nie, maar toe het hy teen die venster
gestamp en dit gebreek. Ons sal dit vanmiddag laat regmaak.
17
Meervoude en verkleinwoorde: Opsomming van reëls
Reëls vir die skryf van
meervoude
Koekeloerboek bl. 7-8
Reëls vir die skryf van verkleinwoorde
Koekeloerboek bl. 9-11
Wanneer ‘n woord slegs een
klinker/vokaal
(a, e, i, o, u) in het, verdubbel
jy die medeklinker na hom en
voeg ‘n -e by.
kat - katte hen - henne
vis - visse tros -
trosse
hut - hutte
Wanneer ‘n woord op -t of -d eindig, voeg ons
slegs ‘n -jie aan.
Byvoorbeeld:
hond - hondjie kat - katjie
hoed - hoedjie tent - tentjie
Wanneer daar ‘n dubbeklank
(aa, ee, oo, uu) is, val die een
weg en jy voeg -e by.
baan - bane skool - skole
vuur - vure been - bene
muur - mure haas - hase
peer - pere droom - drome
boom - bome veer - vere
As ‘n woord op ‘n klinker eindig voeg slegs -tjie
by.
baba - babatjie meisie - meisietjie
trui - truitjie vrou - vroutjie
party - partytjie
As ‘n woord NIE ‘n kort klinker in het nie en
EINDIG op l, n, r voeg ons slegs -tjie by.
paal - paaltjie trein - treintjie
skoen - skoentjie lepel - lepeltjie
spier - spiertjie eier - eiertjie
Wanneer ‘n woord 2 of 3
klinkers/vokale
(oe, ei, ui, eu, ei, ou) of ‘n
diftong
(eeu, ooi, aai, oei, y) bevat,
voeg jy slegs ‘n -e of -s by.
boek - boeke koei - koeie
huis - huise vlooi -
vlooie
deur - deure kraai -
kraaie
leeu - leeus seun - seuns
Ons voeg -etjie agteraan ‘n woord wat ‘n kort
klinker in het en wat eindig op l, m, r, n. (Onthou
om eers die medeklinker te verdubbel)
kar - karretjie
stem - stemmetjie
sin - sinnetjie
blom - blommetjie
brul - brulletjie
18
As ‘n woord op 2 medeklinkers
eindig, voeg ons net ‘n -e
agteraan om die meervoud te
vorm.
Wolk - wolke
tert - terte
Wanneer ‘n kort woord eindig op -ng eindig, voeg
ons -etjie by.
ding - dingetjie
ring - ringetjie
slang - slangetjie
kring - kringetjie
Wanneer ‘n woord op ‘n -f eindig,
verander die -f na ‘n -w en voeg ‘n
-e by.
wolf - wolwe golf - golwe
brief - briewe kuif -
kuiwe
Wanneer ‘n woord ‘n kort klinker het, gevolg deur
2 medeklinkers, voeg jy slegs -pie by.
wurm - wurmpie skulp - skulpie
alarm - alarmpie skelm - skelmpie
vorm - vormpie palm - palmpie
Wanneer ‘n lang woord eindig op -ng val die ‘g’ weg
en ons voeg ‘n -kie by.
(‘n Gogga en ‘n koning kan nie langs mekaar staan
nie.)
horing - horinkie toring - torinkie
kussing - kussinkie piesang - piesankie
koning - koninkie
opvoering - opvoerinkie
Woorde wat eindig op f, g, k, p, s kry slegs -ie by.
golf - golfie koek - koekie
stoep - stoepie groep - groepie
fiets - fietsie
Woorde wat ‘n dubbelklank in het
(aa, ee, uu, oo) die een klinker/vokaal val weg en -
ie kom op die einde by.
aap - apie streep - strepie
knoop - knopie kraak - krakie
week - wekie stoof - stofie
19
Selfstandige naamwoorde
‘n Selfstandige naamwoord, is enige iets waaraan jy kan vat/voel en of wat jy kan
sien.
Byvoorbeeld
Die kat lê op die bank.
Die kind eet roomys.
Daar staan ‘n boom voor ons huis.
My ouma en oupa ry ‘n klein motor.
Onthou ‘n selfstandige naamwoorde kan in die meervoud en verkleiningsvorm
geskryf word.
Woensdag (Week 2)
1. Soek in die storie vir vyf selfstandige naamwoorde, verander dan die
selfstandige naamwoord in die meervoud vorm en na n verkleinwoord.
Selfstandige
naamwoord
Meervoud
Verkleinwoord
skool skole skooltjie
2. Kies die regte meervoudsvorm wat in die hakies is.
a. Lana en Kayla is goeie (maats/mate).
b. Daar was baie vuil (voetspoore/voetspore) teen die muur.
c. In die klaskamer was daar drie (vensters/vensterse) wat gebreek het.
d. Op die gras het daar vier (stuke/stukke) hout gelê.
e. Lana se dorp is baie klein en ver weg vanaf die (berge/berger).
20
3. Kies die regte meervoudsvorm vir die volgende woorde.
Byvoorbeeld. a. maat maats
Woord
Meervoud
a. maat maats mats
b. muur mure muure
c. been bene beene
d. koning konins konings
e. stuk stukke stuke
f. dag dage dae
Donderdag (Week 2)
1. Soek in die storie vir vyf selfstandige naamwoorde, verander dan die
selfstandige naamwoord in die meervoud vorm en na n verkleinwoord.
(Dit moet woorde wees wat jy nog nie gebruik het nie.)
Selfstandige
naamwoord
Meervoud
Verkleinwoord
been bene beentjie
2. Kies die regte verkleinwoord wat in die hakies is.
a. Dit is die (vensterkie/venstertjie) heel agter in die (klasie/klassie).
b. Lana kyk op teen die (muurtjie/muurjie) bokant die stukkende venster en
sien vuil voetspore.
c. Kyk! Hierdie (stukkie/stukie) hout het afgebreek.
d. Ons soek n kunstenaar met n (houtbeenkie/houtbeentjie).
e. Die (vensterkie/venstertjie) was stukkend toe Lana en haar
(maatjies/maatkies) een oggend by die (skoolkie/skooltjie) aankom.
21
3. Verander die volgende meervoude na verkleinwoorde toe.
Byvoorbeeld: voetspore voetspoortjies
(Onthou voetspore is meer as een daarom is dit voetspoortjies ook meer
as een maar in die verkleinwoord.)
a. mure d. bene
b. maats e. dakke
c. skole f. klasse
Vrydag (Week 2)
Lees die volgende storie.
Die beeldskone prinses
Netta se ouma lees vir haar n mooi storie. Dit gaan oor
n koninkie wat nie in n paleis gewoon het nie, maar in n
woninkie langs n torinkie in die middel van n klein bossie.
In die torinkie was daar n beelskone prinses toegesluit.
Sy was vasgemaak aan haar enkel met n kettinkie. Daar
was n beloninkie vir die persoon wat die prinses kon red.
Naby die torinkie was daar n vreeslike kwaai eekhorinkie wat die torinkie bewaak
het. Die prinses het n gunsteling kussinkie gehad wat sy altyd by haar gehou het.
Op n dag het die koninkie die eekhorinkie verslaan met n dorinkie en die prinses
gered. Dit was vir haar n seëninkie om ten einde laas uit die torinkie gered te
wees.
1. Soek in die storie vir vyf selfstandige naamwoorde, verander dan die
selfstandige naamwoorde na n meervoud en na n verkleinwoord.
Selfstandige
naamwoord
Meervoud
Verkleinwoord
koning konings koninkie
22
2. Onderstreep die selfstandige naamwoorde in die volgende sinne.
Verander nou die selfstandige naamwoord na n meervoud asook die
verkleinwoord daarvan.
Byvoorbeeld
In die toring was daar n beeldskone prinses.
toring torings torinkie
prinses prinsesse prinsessie
a. Die koning het die eekhoring verslaan.
b. Die beeldskone prinses het in die groen bos gewoon.
c. Daar was n swaar ketting om haar enkel vasgemaak.
d. Die groot beloning was aan die koning gegee.
e. n Klein bruin eekhoring het naby aan die hoë toring gewoon.
3. Skryf die regte verkleinwoord by die regte sin.
naampie armpie besempie oompie stroompie wurmpie
a. My hand is voor aan die deel van my liggaam. armpie
b. Die teenoorgestelde van tannietjie.
c. Ek skryf dit voor op my boeke.
d. Ek vee die huis met dit uit.
e. n Ander woord vir n klein riviertjie.
f. Die diertjie kan sydraadjies spin.