20
APRIL 2012 A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook: AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker ppetiser ppetiser ppetiser ppetiser AL BRUIS DIE JORDAAN NUUS VAN DIE HERDERSPAAR SOEK DIE ANTWOORD LESSE UIT DIE LEWE VAN HANSIE KOSPROJEK VALLEY ONTVANGSDAME VIR JESUS FOTO NUUS TONG TOE STAP HY DWARSDEUR ….. LIEG JY? MARY HAD A LITTLE LAMB ONS STEL BEKEND WHEN YOUR HUT’S ON FIRE INKLEURPRENT ADVERTENSIES Foto geneem deur Piet Smit Kan jy dink aan ‘n gepaste teksvers? SMS jou antwoord na 073 447 2902

Aptydwekker

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Maandelikse Nuusblad

Citation preview

Page 1: Aptydwekker

APRIL

2012

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd

Malmesbury, 7300 [email protected]

Facebook: AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

ptytwekkerptytwekkerptytwekkerptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

• AL BRUIS DIE JORDAAN

• NUUS VAN DIE HERDERSPAAR

• SOEK DIE ANTWOORD

• LESSE UIT DIE LEWE VAN HANSIE

• KOSPROJEK

• VALLEY

• ONTVANGSDAME VIR JESUS

• FOTO NUUS

• TONG

• TOE STAP HY DWARSDEUR …..

• LIEG JY?

• MARY HAD A LITTLE LAMB

• ONS STEL BEKEND

• WHEN YOUR HUT’S ON FIRE

• INKLEURPRENT

• ADVERTENSIES

Foto geneem

deur Piet Smit

Kan jy dink aan ‘n

gepaste teksvers?

SMS jou antwoord

na 073 447 2902

Page 2: Aptydwekker

2

(Vervolg vanaf Maart)

Dit was ‘n boodskap wat ten minste ‘n halfuur geduur het oor die noodsaaklikheid van ‘n opregte, geheiligde Christelike lewe. Daarna voel ek dat ek die gelowiges moes vra of daar nie een was wat ‘n dieper oorgawe aan die Here Jesus wou maak nie. Tot my grootste verbasing sien ek die pastoor die verhoog verlaat en snikkend neerkniel. Hy het hardop begin bid vir meer heiligheid in sy eie lewe. Terselfdertyd merk ek dat die gemeente lede ge lyk t yd ig opstaan en voor die verhoog neerkniel terwyl sommiges hardop huil en andere in diepe verootmoediging saggies bid. Steeds vol van die Here se krag het ek vir een na die ander persoonlik gaan bid. Die hele Sondagmiddag het ek in gebed deurgebring en weer net ‘n Bybelversie van die Here ontvang. By die kerk aangekom was ek verheug om die verbetering in die opkoms te sien. Presies dieselfde het gebeur as die oggend. Die oomblik nadat ek in die geloof die Bybelversie gelees het, het die krag van die Heilige Gees weer op my neergedaal. ‘n Boodskap kragtig en duidelik, het oor my lippe gevloei met presies dieselfde resultate as die oggend. Ek was verbaas en het my hart diep voor die Here in dankbare aanbidding gebuig toe

ek alleen in my kamer gekom het. Maandagaand het ons ‘n soortgelyke diens gehad. ‘n Diepe verootmoediging en baie belydenisse met trane het die boodskap gevolg. Dinsdagaand was die saal stampvol. Die Here was in ons midde en die boodskap het weer as ‘n geskenk van Hom gekom. Meteens kom ‘n dogtertjie van sewe jaar reguit na my aangestap. Ek skrik geweldig. So ‘n gesig het ek nog nooit tevore gesien nie. Die mondjie sit heeltemal skeef. Die wangetjie is ingesonke. Die ooglede hang slap. ,,Tannie”, fluister sy terwyl die traantjies loop en die gesiggie nog aakliger trek, ,,bid asseblief vir my. My pappie het my reeds na baie groot spesialiste geneem. Hulle sê hierdie verlamming kan niemand gesond maak nie. Tannie, die kinders spot my vreeslik baie by die skool. Vra tog vir Jesus om my te help.” Ek kyk op om te sien waar die pastoor was om vir die kind te kom bid. Ek het wel altyd getrou in ons gemeente die siekes gaan besoek en vir hulle gebid, maar ‘n gebreklike mens, o, nee, vir haar kan ek nie bid nie… Daarvoor is ek, ‘n arme meisietjie, geheel en al te klein en te onwaardig! Ek wink vir die pastoor. Hy knik met sy kop op

(Vervolg op bl. 6)

AL BRUIS DIE JORDAAN Deur: Tant Sannie de Ferriers

Page 3: Aptydwekker

3

T erwyl ek hier sit en skryf, juig my hart oor ‘n paar dinge wat gebeur het.

Ek dink o.a. aan ons dankseggings-diens, waar ons die Sondagoggend van die 18de Maart feesgevier het, omdat die skuld op ons kerkgebou afbetaal was. Dit voel soos ‘n droom en nie ‘n werklikheid nie. Vir 16 jaar en klompie maande het die gemeente betaal. Aan die begin het die gemeente letterlik gewurg om dit maandeliks gedelg te kry en so amper, amper was ons die gebou kwyt. Maar nou kyk ons terug en ons sê soos die ou spreekwoord sê: Eindig goed alles goed.

Ons opregte dank aan elkeen wat by die gemeente gebly en saam gestaan het om die soete oorwinning te behaal! Ek salueer elkeen van ons dierbare broers en susters!

Dan kan ek nie anders as om terug te dink aan die afgelope Paasnaweek met die wonderlike gebeurtenisse rondom Goeie Vrydag met Danie Botha. Ons moes duur opdok om hom hier by ons te kry. Maar u wat ons diens bygewoon het, sal saam getuig, dat dit was oor en oor die moeite

werd. Dit was uitermate geseënd en ons is almal geestelik verryk en geïnspireerd! Dan ook ons Sondagoggend Opstandignsdiens van die 8ste April. ‘n Rekord tyd van twee–en-’n-halwe uur: Daar is gesing, baba toegewy met past. Johnie van Niekerk (‘n vorige

leraar), gepreek, nagmaal bedien en gedoop.

O, dan juig my hart oor van ons mense vir wie ons nou al so lank bid en wat werk gekry het! Ons het die spesifieke Sondagoggend in die kerk gebid vir almal wat werk soek en net die volgende

week het Nicole Mentoor ‘n goeie werk gekry en dit in Malmesbury! Loof die Here! Die week daarop het Elmarie Bester werk gekry en ons prys die Here dat ons nie meer asem oor het nie!

My innige wens is dat Jesus vir elkeen van ons dierbare mense wat nog nie werk het nie spoedig sal onderneem!

Mag die Here ons as gemeente ryklik kom seën in die maand wat voorlê, soos wat ons ons vertroue op Hom alleen plaas en Hom volg en ons omsien na mekaar.

Past. Piet & Susan Smit

NUUS VAN DIE HERDERSPAAR

Page 4: Aptydwekker

4

MOENIE ANDER OORDEEL NIE

So maklik kan ‘n mens ander oordeel en veroordeel wat in sonde val. Hansie Cronjé se lewe as kaptein van die S.A. krieketspan het meegebring dat hy in die kalklig was. Sulke hoë profiel persone geniet die hoogste publisiteit en vir die geringste dingetjie hardloop die verslaggewers daarmee koerante toe, want dit beteken vir hulle sensasie. En sensasie is die lewensaar van ‘n koerant. Gelukkig vir baie van ons “gewone” mense, geniet ons nie dieselfde publisiteit nie, want as ons dalk ontbloot moet word ...?

In 1985 toe evangelis Jimmy Swaggart geval het, maar weer opgestaan het, het hy iets gesê wat ek nooit ooit sal vergeet nie: “Wanneer Christene in sonde val, is daar drie dinge wat jy nooit weet nie:

♦Jy weet nooit al die feite nie.

♦Jy weet nie watter kragte was

♦agter die skerms aan die werk

♦nie.

♦Jy weet ook nie hoe jý sou

gevaar het, as jy in daardie selfde persoon se skoene ge-staan het nie.

Sou ek en jy die druk kon weerstaan en nee gesê vir ‘n man wat jou 30 000 Amerikaanse dollar aanbied terwyl jy in Indië is, as jy net so effentjies swakker speel, en niemand dit sal weet nie, sodat jy jou span laat verloor...?

Ek ril by die gedagte van so ‘n vraag en dan kan ek net uitroep: “Here, dis net genade dat ek staande is! Dis net genade dat ek nog nooit sulke blootstelling beleef het nie! Here help my, hou my, bewaar my!

Rom. 14:10 – “Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.”

Rom 14:12 – “So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.”

Jesus Self het gesê (Mat 7:1, 2): “Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Luk 6:37 – “Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.”

So, kom ons stop ons kritiserende

tonge oor ander wat val! Ons

benadeel net ons eie

(Vervolg op bl. 6)

LESSE UIT DIE LEWE VAN HANSIE CRONJÉ (5)

(Geskryf deur past. Piet Smit)

Page 5: Aptydwekker

5

SOEK DIE

ANTWOORD

VORIGE KEER SE ANTWOORD Mose se ouers was Amram en Jogebed. Die volgende persone het die antwoord reg gehad: Zelda Roberts, Wilma Ravens en Franci Hugo. Baie mooi! HIERDIE KEER SE VRAAG: Wat beteken Akeldáma?

KOSPROJEK

Ons versoek u om vir ons enige voedsel (onbederfbaar of bederfbaar) te bring. Ons susters verwerk dit weer en ons gee dit uit aan behoeftige mense in die gemeente, maar ook na buite. Toiletware is ook welkom.

Baie dankie vir u wat gereeld gee. Jesus seën jul.

Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel . Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop. Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3 : 2 1 ) m e t a l l e r h a n de verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings

verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. Past. Piet Smit (022-487 2200)

WIL JY GEDOOP WORD?

Page 6: Aptydwekker

6

AL BRUIS DIE JORDAAN

Deur: Tant Sannie de Ferriers

‘n manier wat sê: ,,Nee bid jy vir haar”. In my benoudheid voel ek skielik die krag van die Heilige Gees weer op my. Met tere liefde en met sy outoriteit lê ek my hande op haar hofie en bestraf die gesigsverlamming om haar te verlaat in die magtige Naam van Jesus. My oom en tante, by wie sy gedurende skooltyd loseer het, het haar huis toe geneem. Hy was juis die skoolhoof. Die gesiggie was so skeef soos altyd, maar die volgende oggend toe my tante haar wakker maak, was sy volmaak gesond! ‘n Mens kan jou verbeel w a t t e r u i t w e r k i n g d i t Woensdagaand gehad het. My oom het haar voor die gehoor laat staan sodat almal die stralende, pragtige gesiggie kon sien. My beker het oorgeloop v a n v e r w o n d e r i n g e n dankbaarheid. Jare later het my tante my vertel dat sy getroud is en nooit weer ‘n teken van gesigsverlamming getoon het nie. Gedurende daardie uiters belangrike dae van my lewe het iets gebeur wat miskien vir ander jong werkers van die Here ‘n waarskuwing kan wees, soos dit vir my was. Ek was op pad om ‘n sekere familie te gaan uitnooi na

die dienste, toe ek twee vreemde dames ontmoet wat my vertel dat hulle die vorige aand ook ons diens besoek het. ,,Waarom gaan u nie ook vir mev. H. bid nie,” vra hulle, ,,sy is baie siek”. Hulle wys my die huis en in my ywer stap ek vinnig daarheen. Meteens hoor ek die stem van die Here wat met baie beslistheid sê: ,,Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein!” Ek het so geskrik dat ek op die oomblik omgedraai het. (Later het ek die versie in 1 Tim. 5:22 givind)

(Vervolg volgende maand)

(Vervolg vanaf bl. 2)

LESSE UIT DIE LEWE VAN HANSIE CRONJÉ

(5)

(Geskryf deur Past. Piet Smit)

loon voor die regterstoel oordeel van Christus in daardie dag wanneer God regverdig sal oordeel.

oOo

(Vervolg vanaf bl. 4)

Page 7: Aptydwekker

7

B - Basic I - Instruction B - Before L - Leaving E -Earth

Oorgawe gebed

As jy God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart: “Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus! U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed, Here Jesus. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel.

U Woord sê: As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:”(Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U Heilige Gees en dat dit sal word soos strome van lewende water wat uit my binneste kom(Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)” Begin om God te prys. Spreek die woorde en klanke wat die Heilige Gees aan jou gee - nie jou eie taal nie. Jy moet jou eie stem gebruik. God sal jou nooit forseer om te praat nie. Aanbid God elke dag in tale. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie.! Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie!

Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees!

022-487 2200

Page 8: Aptydwekker

8

Sometimes life seems hard to bear Full of sorrow, trouble, and woe, It's then I have to remember ...that it's in the valleys I grow. If I always stayed on the mountain top ...and never experienced pain, I would never appreciate God's love And would be living in vain. I have so much to learn And my growth is very slow, Sometimes I need the mountain tops, But it's in the valleys I grow. I do not always understand Why things happen as they do,

But I am very sure of one thing. My GOD will see me through Forgive me GOD, for complaining When I'm feeling so very low. Just give me a gentle reminder That it's in the valleys I grow Continue to strengthen me, GOD And use my life each day To share your love with others And help them find their way. Thank you for valleys, GOD For this one thing I know The mountain tops are glorious But it's in the valleys I grow.

(Ingestuur deur Poppie van Aarde)

Links: Sewentig rooi

rose vir René

Morris met

haar 70ste

verjaarsdag.

Baie geluk en

baie voorspoed.

Dan ook baie geluk aan Herman &

Erna Aucamp wat ‘n kleinkind ryker

geword het.

Page 9: Aptydwekker

9

D aar is ‘n sekere dorp en in die dorp is daar ‘n sekere

besigheid. As jy daar instap, word jy gegroet deur die vriendelikste dame by die ontvangstoonbank. Sy los alles waarmee sy besig is, om haar volle aandag aan jou te gee. Dit voel asof sy spesiaal vir jou gewag het om jou h a r t l i k t e verwelkom. In alle opregtheid gaan sy uit haar pad om aandag aan jou saak te gee. Sy slaag daarin om jou so goed te laat voel, dat as jy daar uitstap, jy nie anders kan as om te dink:

♦Waw! Wat ‘n spontane mens

m e t ‘ n i n n e m e n d e persoonlikheid!

♦Besef die base watter aanwins

hierdie dame vir hul besigheid is?

♦Ek gaan beslis weer kom om

hier besigheid te doen!

♦Sjoe, om die waarheid te sê, ek

kan eintlik nie wag om weer te gaan net ter wille van hierdie vriendelike mens!

Daar is ‘n sekere dorp met ‘n ander sekere besigheid. In teenstelling met eersgenoemde besigheid; is daar ook ‘n

ontvangsdame. Maar sy is net mooi die teenoorgestelde van e e r s g e n o e m d e geval! Dit neem jou hoe lank om net haar aandag te kry. Sy kan jou skaars in die oë kyk. Al wat jy van haar sien, is die hare op haar kop soos wat sy kop onderstebo besig is met die werk

voor haar. As jy daar uitstap, kan jy nie help om te dink:

♦W a t ‘ n b om b a s t i e s e

onvriendelike storie!

♦Wat ‘n pyn om hier besigheid

te doen!

♦Hier wil ek wegbly so lank as

wat dit moontlik is! (Vervolg op bl. 15)

ONTVANGSDAME WEES VIR JESUSONTVANGSDAME WEES VIR JESUSONTVANGSDAME WEES VIR JESUSONTVANGSDAME WEES VIR JESUS (Past. Piet Smit)

Page 10: Aptydwekker

10

FOTO-NUUS

Van 1943 tot op hede !!!

Links & regs:

Die kerk in dr.

Euvrardstraat en

toe word die

saal en ander

v e r b o u i n g s

gemaak. Vandag

het ons die

pragtige gebou

in Baroccastraat.

Lofprysing & Dankdiens - 18 Maart 2012

Sannie Burger

Dot Fredericks

Ben Davis

Doopdiens

11 Maart 2012

Bo: Dudley Maree word

gehoorsaam aan die doop

van gelowiges.

Baie geluk.

Gummy v/d Westhuizen

Mabel Davis

Bo, middel en onder:

Hier getuig van die ou

lidmate van die swaartye in

die gemeente en dat die

He re d i e gemeen t e

deurgedra het tot vandag.

Prys die Here!

Page 11: Aptydwekker

11

Gesinsdiens - Jou gunsteling gospel musiek - 18 Maart 2012

Bo & regs: Die tema vir die aand

was blou & na die tyd het het oud

en jonk roomys geëet.

Regs: Vier persone het twee van

hul gunsteling gospel musiek vir

ons gespeel en vertel hoekom dit

vir hul spesiaal is.

Pastore Seminaar

Piekenierskloof (19 -21/3/2012)

Links:

Past. Nico

Botha besig

met lesing

oor “Die

dilema van

‘n man”

Oorslaap op Kasteelberg - 23/24 Maart 2012

Toeneel - 18 Maart 2012

Bo: Ons jongmense wat insiatief geneem

het en ‘n toeneelstukkie opgevoer.

Nagmaal - 4 Maart 2012

Links:

Hier geniet

die berg-

klimmers

eers hul

ontbyt.

Bo: Hier bedien ons jongmense die

gemeente met sang tydens die

nagmaal.

Page 12: Aptydwekker

12

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING

Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by:corpuschristi@cybersmart. co.za

Die tong is seker die beste graaf wat die duiwel ontwerp het. Die tong knars deur enige metaal en grondstof om grafte verdiend en onverdiend te graaf. Dit gebeur ook dat die tong gratis en verniet sy medemens se graf vir hom grawe. Besef ek en jy dat satan se grafgrawers onverpoos, dag en nag aan die gang is. JA Lekker "scarey" sê ons in 'n koor, want ons is so baiekeer deel van die grafgrawers "team" Laat iemand nou net die negatiewe oorkom, dan haal dit elke voorblad. Ag en ons stel tog so "belang" in ons medemens? Die soort van belangstelling is egter 'n verskansing om net jou mates vir die graf se grootte te bekom. Ons tonge bepaal ook die hittegraad van die vuur vir die begrafnis.

Hoeveel grafte het ek en jy al help grawe, en hoeveel verskroeides lê daar agter my en jou. Hoeveel maal was ons tong 'n lafenis vir ons medemens. VADER WEES ONS SONDAARS GENADIG sodat ons die wonder-werke van U liefde kan aanskou. Sodat ons elke dag kan ervaar dat gloeiende oonde en geopende grafte niks aan U kinders uitrig nie. PRYS DIE HERE : God het die brandstigters en grafgrawers oorwin. ONS IS KONINGS-KINDERS en ons sal omdat ons wil en kan in Sy Naam grafgrawers en brandstigters uitken aan hulle reuk en in Jesus Naam verdryf.

~ ~ ~

(Ingestuur deur Hannie Klein)

Page 13: Aptydwekker

13

Toe stap Hy dwarsdeur ... en anderkant uit

Elders het ek al die verhaaltjie vertel hoe dat ek ‘n keer of wat by Lenin se liggaam in die musoleum op Moskou se Rooi Plein in Moskou verbygestap het. Sy gebalsemde liggaam lê daar ten aanskoue van almal in ‘n helder verligte graf. Elke slag het ‘n vreemde gevoel in my binneste opgestoot om een van die stigters van die kommunisme so magteloos te sien lê. Ek onthou dat ek die tweede keer by myself gedink het: “Lenin is steeds morsdood. Hy het nie eens geroer nie.”

Intussen was ek ook ‘n paar maal by die graf van Jesus in Jerusalem. Dan onthou ek elke keer met trane in my oë die woorde van die engele aan die vroue: “Waarom soek julle die Lewende tussen die dooies? Hy is nie hier nie. Hy het opgestaan en Hy leef!” Die opstanding van Jesus is my enigste hoop. Die kruis is kaal. En die graf leeg.

Die dood se bekendste Gevangene het lewend daaruit ontsnap. Jesus het opgestaan. Hy hou nou die sleutels van die dood in sy deurboorde hande vas, soos wat Openbaring 1:17-18 sê. Jesus beklee die ereplek in die hemel as Here. Daar heers Hy vir altyd as genade-Heer.

Wees van voor af bly dat Jesus gewen het. Die skaal het finaal geswaai in die hemel se guns. Binnekort is die dood ook vir altyd dood. Binnekort vier jy en ek saam met ons geliefdes vir altyd fees in Jesus se hemelse teenwoordigheid. Watwou, begin sommer nou al! Moenie die fees nog langer uitstel nie.

Ek bid:

Here Jesus, Immanuel, Redder! Hosanna, Hosanna! Geseënd is U wat na ons toe gekom het. Geseënd is U wat die dood se kettings afgegooi het U het opgestaan U is die Verlosser, die Messias U is welkom in ons lewens, U wat die Here is, nou en vir altyd. Amen

(Stefan Joubert)

Page 14: Aptydwekker

14

Die enigste keer wat ek bly is as daar vir my ‘n leuen vertel word,

is wanneer hulle die weer voorspel met ‘n geweldige hoë verwagte temperatuur, maar dan draai die dag ‘n heerlike koel dag uit. Maar ai, hoe mense darem die waarheid kan spaar en dink dis maar niks voor God en

mens...

Ek dink terug aan die kosbare opregte kinders van God wat ek deur die jare ontmoet het en wie se lewenstyle my altyd sal by bly - mense van inbors en karakter. Mense wat met min skoolopleiding ‘n sukses gemaak het van die lewe. Hulle het, toegegee, miskien nie altyd die nodige takt en gepoleerdheid gehad nie, maar die opregtheid en openlikheid staan my vars voor die gees.

Ek dink aan oom Tattie Steenkamp van Koekenaap en oom Johan Adriaanse van Vredendal – hulle is al in die hemel. Vir hulle durf jy nie gesê het jy kom Sondag kerk toe en dan is jy nie daar nie. Hulle sou met die motor vir jou gaan opsoek het tot hulle jou kry en in jou gesig vir jou gesê het: “Man, jy’s mos ‘n

leuenaar! Jy het dan nou die dag gesê jy kom Sondag kerk toe, toe ek jou genooi het, en jy was dan toe nie daar nie!” Baie mense kan darem maar bly wees hulle leef nie meer nie!

‘n Ander Namakwalander het by geleentheid gesê: “As jy kan lieg, kan jy steel ook.” En as jy kan steel, kan jy móór ook!”

Oor ‘n witleuentjie het past. Henry Hawley hom soos volg uitgelaat: “As jy sê, jy het ‘n witleuntjie vertel, het jy twee keer gelieg! Die eerste keer toe jy die leuen vertel het en die tweede keer toe jy gesê het, dis nie ‘n leuen nie; net ‘n witleuentjie.”

Dis nou wat gewone, plat op die aarde, gelowiges van “lieg” gedink het. Dis asof die woordjie “lieg” amper te platvloers en blatant in die hedendaagse geselskap geword het. Daar sal liewer daarna verwys word as: “Hy het net die waarheid verdraai.”

Maar wat sê die Woord, die finale gesag? Open. 21:8 –

(Vervolg op bl. 15)

LIEG JY? (1)LIEG JY? (1)LIEG JY? (1)LIEG JY? (1) (Past. Piet Smit)

Page 15: Aptydwekker

15

MET ‘N DOEL

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind, is daar geplaas met ‘n doel.

Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie

teleurstel nie!!!

Jy kry die gevoel dat jou teenwoordigheid eintlik vir haar ‘n vreeslik las is!

As volgelinge van die Here Jesus, is ons almal “ontvangsdames” vir Jesus. Elke oomblik van die dag doen mense aan by ons vir “besigheid”. Hulle doen navrae en kruis ons pad soms wanneer ons dit die minste verwag en selfs lus en tyd het vir Koninkryks besigheid. Ons optrede gaan grootliks bepaal of hulle gaan koop” of nie. Hoeveel kere neem verbygangers net waar as hulle deur die “vertoonvensters” van ons lewens kyk , sonder dat ons

eens bewus is. Om later terug te kom vir “besigheid” – of dalk nie .

W a t t e r s o o r t “ontvangsdame” gaan jy vandag wees vir die Koning se saak? Jy kan òf mense aantrek òf hulle afstoot. Jy gaan mense aanskakel òf mense afskakel vir Jesus.

My beste wenk vir enige “ontvangsdame”:

WEES DIT WAT JY WIL HÊ ANDER MOET WORD!

oOo

(Vervolg vanaf bl. 9)

ONTVANGSDAME WEES VIR JESUSONTVANGSDAME WEES VIR JESUSONTVANGSDAME WEES VIR JESUSONTVANGSDAME WEES VIR JESUS (Past. Piet Smit)

“Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towe-naars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.“ Graad 1 taal, wat almal kan verstaan!

(Vervolg vanaf bl. 14)

LIEG JY? (1)LIEG JY? (1)LIEG JY? (1)LIEG JY? (1)

Page 16: Aptydwekker

16

Mary had a little Lamb,

His fleece was white as snow.

And everywhere that Mary went,

The Lamb was sure to go.

He followed her to school each day,

T'wasn't even in the rule.

It made the children laugh and play,

To have a Lamb at school.

And then the rules all changed one day,

Illegal it became;

To bring the Lamb of God to school,

Or even speak His Name!

Every day got worse and worse,

And days turned into years.

Instead of hearing children laugh,

We heard gun shots and tears.

What must we do to stop the crime,

That's in our schools today?

Let's let the Lamb come back to school,

And teach our kids to pray!

Hiermee wil ons net baie geluk sê aan Dave en Gwyneth Berger wat

in die huwelik getree het op 24 Maart 2012.

Hul is reeds voorgestel in die gemeente.

(Onbekend)

Page 17: Aptydwekker

17

ONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKEND Hierdie maand gesels ons met

Nicole Mentoor

♦ WAAR IS JY GEBORE? Malmesbury ♦ WATTER SOORT WERK DOEN SUSTER? Departement van maatskaplike ontwikkeling. ♦ BEOEFEN JY ‘N SPORT? Nee, ek kyk sport. ♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Bystand van almal, gebede en drukkies en die wete dat hulle daar is vir jou. ♦ WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? My Moeder ♦ WIE IS SUSTER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER? Israel Houghton ♦ WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Dat God in beheer is in alles en ek uiteindelik werk gekry het. ♦ WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Nagereg en roomys ♦ HOE ONTSPAN JY? Lees van ‘n goeie boek. ♦ WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Dit waarvoor ek studeer het, het ek die werk gekry. ♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Vir God se genade in my lewe, dat ek kan asem haal en daar kan wees vir my familie. ♦ WAT BEGEER SUSTER NOG VAN DIE HERE? My eie motor ♦ WAT FRUSTREER VIR SUSTER DIE MEESTE? Wanneer jy iets beplan en dit werk nie uit nie en jy kon al

by die volgende taak gewees het.

Page 18: Aptydwekker

18

The only survivor of a shipwreck was washed up on a small,

uninhabited island. He prayed feverishly for

God to rescue him.

Every day he scanned the horizon for help, but none seemed forthcoming.

Exhausted, he eventually managed to build a little hut out

of driftwood to protect himself from the

elements, and to store his few possessions.

One day, after scavenging for food, he arrived home to find his

little hut in flames, with

smoke rolling up to the sky. He felt the

worst had happened,

and everything was lost. He was stunned with disbelief, grief, and

anger.

He cried out, "God! How could you do this to me?

Early the next day, he was awakened by the sound of a ship

approaching the island! It had come to rescue him! "How did you know I was

here?" asked the weary man of his rescuers.

"We saw your smoke signal,"

they replied.

The Moral of This Story:

It's easy to get discouraged when things are going bad, but we shouldn't lose heart,

because God is at work in our lives, even in

the midst of our pain and suffering.

Remember that the next time

your little hut seems to

be burning to the ground. It just may be a smoke signal that

summons the Grace of God.

oOo

(Onbekend)

Page 19: Aptydwekker

19

KLEUR MY IN

GEE IN BY DIE KINDERKERK (Laerskool kinders en kleuters)

Naam: _______________________Tellefoon nr. __________________

Page 20: Aptydwekker

20

Uitstekende diens! Vra Susan Smit

DIE

GEKNAKTE

BOOMPIE.

HY HET NIE

BLY LÊ

NIE,

MAAR

WEER OP-

GESTAAN.