1
Bladsy 14 Saterdag 21 Oktober 2006 Bylae by Die Burger Hemelreuse se botsing Piepklein stofdeeltjies los raaisel op Terwyl die vroegste dinosouriërs op die Aarde gewandel het, 210 miljoen jaar gelede, was daar ’n enorme, byna volskaalse trompop botsing tussen twee bekende sterrestelsels. ELSABÉ BRITS skryf oor dié navorsing wat vandeesweek bekend gemaak is onder leiding van ’n Suid- Afrikaanse sterrekundige. DIE botsing van sterrestelsels op die Aarde se “voorstoep” is ’n unieke gebeurtenis, gewoonlik gebeur dit miljarde ligjaar weg en sulke gebeurtenisse is ook normaalweg veel ouer. Die Andromeda-spiraalsterrestelsel (wat 140 000 ligjaar in deursnee is) het 210 miljoen jaar gelede teen ’n naburige dwerg-sterrestel- sel Messier 32 (M32), wat 6 700 ligjaar in deursnee is, gebots. Dié botsing was byna heeltemal reg van voor. Daar is voorheen nie gedink Andromeda het ’n gewelddadige geskiedenis gehad nie. Dié nuwe waarnemings is gedoen onder leiding van prof. David Block, direkteur van die Universiteit van die Witwatersrand se Anglo American Cosmic Laboratory, saam met dr. Giovanni Fazio, wêreldbekende ster- rekundige aan die Harvard-Smithsonian Centre for Astrophysics. Hul artikel saam met kollegas in die vaktydskrif Nature vandeesweek beskryf dié ontdekking. En, hulle het iets gesien wat nog nooit voorheen in Andromeda raakgesien is nie. ’n Binneste (infrarooi) vuurring van stofdeel- tjies – ’n resultaat van die botsing – wat steeds uitdy. “ ’n Eenvoudige analogie is om te dink aan ’n klip wat mens in ’n poel water gooi. Ringe of rimpels word veroorsaak wat uit- waarts in tyd beweeg. As ’n kleiner sterrestel- sel byna reg van voor teen ’n ander een bots, sal jy golwe (of ringe) van gas en stof sien. Dit dy na buite weens kragtige gravita- sie,” sê Block. Daar is twee ringe, verskuil deur die optiese lig van die helder sterre, maar die binneste ring is nou die eerste keer waarge- neem danksy infrarooi-tegnieke. Die Andromeda-spiraalsterrestelsel is die naaste groot spiraalstelsel aan die Melkweg, sowat 2,5 miljoen ligjaar weg wat, astrono- mies gesproke, naby is, sê Block. Andromeda het meer as twee dosyn nabu- rige sterrestelsels, waarvan M32 een is, het Block gesê. Beelde is van die Spitzer-ruimteteleskoop bekom en die twee gloeiende infrarooi-vuur- ringe is gesien. Volgens Block het die buitenste ring ’n deursnee van 65 000 ligjaar. Dié ring is aan sterrekundiges bekend. Die tweede, binneste ring het ’n geheim verklap. Die grootte hiervan was 4 900 ligjaar by 3 300 ligjaar. Dit is heeltemal versteek in optiese lig (sigbare lig). Die ringe se middel is ook nie in die middel van die Andromeda-sterrestelsel nie. Die navorsers het bepaal albei ringe is deur die botsing veroorsaak. Die sterrekundiges het in hul waarnemings met die Infrared Array Camera (Irac) aan boord van Nasa se Spitzer-ruimte-teleskoop dié kamera in 700 verskillende rigtings ge- draai om beelde van die hele sterrestelsel te bekom. Die beelde wat uiteindelik geneem is om ’n geheel te vorm, het uit 3 000 verskillende dataraampies bestaan. Fazio het vroeër die Irac-kamera ontwerp, het die Harvard-universiteit in ’n verklaring gesê. Een van die groot uitdagings van die navorsing was om sterre op die voorgrond van die beeld te verwyder. Dit is gedoen deur mnr. Robert Groess, doktorale student aan Wits. Hy het ook met die verwerking van die beelde gehelp. ’n Franse span navorsers het ’n simulasie van die botsing met gesofistikeerde reke- naars gedoen. Daardeur is bevestig dat M32 inderdaad met Andromeda ge- bots het, en dit het die twee ringe veroorsaak. M32 het teen 250 km/s teen An- dromeda gebots. Die uitwaartse versnelling was onderskeidelik 50 km/s en 18 km/s vir die twee ringe. Die Andro- meda-stelsel se vorm is nie sub- stansieel geraak nie, omdat hy ver- geleke met M32 so reusagtig is. Block het gesê die botsing het in sterrekundige terme baie on- langs plaasge- vind. Die meeste bot- sings kom ook baie verder van die Aarde af voor. Vir hom is dit juis dié twee redes wat die ontdekking so uniek maak. Die botsing sou nie vanaf die Aarde sigbaar gewees het nie – nie weens die afstand nie, maar omdat dit net in infrarooi lig sigbaar is en nie in optiese lig nie, verduidelik Block. Kosmiese stofdeeltjies versprei sterlig. Block sê die spasie tussen sterre is baiekeer gevul met kosmiese stof waarvan die tempe- ratuur so laag as –253 C ° is. Dié stofdeeltjies is baie klein – met ’n tipiese deursnee van ’n duisendste van ’n millimeter. “Dit is die stof van lewe. Is ons nie koolstof-ge- baseerde wesens gevorm uit die stof van die Aarde nie?” sê hy. Die Son, ’n reuse-bal gas, is gevorm met die inwerking van swaartekrag uit ’n reuse- interstellêre gaswolk en stof. Die Aarde en ander planete het uit dieselfde elemente gevorm, maar net in verskillende kombina- sies. Block het gesê omdat die stofdeeltjies so koud is, het wyle prof. Mayo Greenberg van Nederland voorspel dat die gasatome en molekules in interstellêre wolke op die stof sal uitkondenseer, soos ryp op ’n venster in die winter. Dié ryp word gebombardeer deur energieke ligfotone van ander sterre. ’n Simulasie van ruimtekondisies deur Greenberg het bewys die interstellêre deeltjies was baie sukses- volle fabrieke in die vervaardiging van kom- plekse organiese molekules. Toe dit geanaliseer is, is bevind dat inter- stellêre stof juis die prebiotiese molekules bevat wat nodig is vir primitiewe boublokke vir die oorsprong van lewe op Aarde, sê Block. Die wonder van Spitzer is dat sterrekundi- ges werklik die straling kan sien wat uitge- stuur word deur dié piepklein molekules en stofdeeltjies. Die sterrekundiges kan nie net die gloed van die Oerknal sien nie, hulle kan ook die stofdeeltjies in die Melkweg en ander sterre- stelsels bestudeer deur die straling van stof- deeltjies, “deeltjies wat in al hul prag gloei”, sê Block. Die twee ringe in die Andromeda-sterre- stelsel se stof en gas gloei soos in vuurringe, majestueus soos gesien deur die van Spitzer, sê hy. Prof. Ken Freeman, ’n genoot van die Royal Society, het die ontdekking vandeesweek beskryf as een van die belangrikste in die geskiedenis van die sterrestelsel. Tog is dit nog nie die einde van Andromeda se verhaal nie. Dié stelsel en die Melkweg gaan tussen 5 miljard en 10 miljard jaar van nou teen mekaar bots. In hul plek sal daar een reuse- elliptiese sterrestelsel wees. Gloeiende vuurringe soos gesien in die Andromeda-sterrestelsel. Die buitering het ’n deursnee van 65 000 ligjaar. Die nuut ontdekte binnering gee bewyse van ’n groot botsing van voor. Die Spitzer-ruimteteleskoop is in 700 verskillende rigtings gedraai om die beeld te kry wat uit 3 000 verskillende data-raampies bestaan.  Foto: NATURE Die byna kop-aan-kop-botsing wat deur die dinosouriërs raakgesien is – as hulle infrarooi-teleskope gehad het. SKETS: COBUS PRINSLOO

Bladsy 14 Bylae by Die Burger Saterdag 21 Oktober 2006 ......Bladsy 14 Bylae by Die Burger Saterdag 21 Oktober 2006 Hemelreusesebotsing Piepkleinstofdeeltjieslosraaiselop TerwyldievroegstedinosouriërsopdieAardegewandelhet

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • Bladsy 14 Saterdag 21 Oktober 2006Bylae by Die Burger

    Hemelreuse se botsingPiepklein stofdeeltjies los raaisel op

    Terwyl die vroegste dinosouriërs op die Aarde gewandel het, 210 miljoen

    jaar gelede, was daar ’n enorme, byna volskaalse trompop botsing tussen

    twee bekende sterrestelsels. ELSABÉ BRITS skryf oor dié

    navorsing wat vandeesweek bekend gemaak is onder leiding van ’n Suid

    Afrikaanse sterrekundige.

    DIE botsing van sterrestelsels op die Aardese “voorstoep” is ’n unieke gebeurtenis,gewoonlik gebeur dit miljarde ligjaar wegen sulke gebeurtenisse is ook normaalwegveel ouer.Die Andromeda-spiraalsterrestelsel (wat

    140 000 ligjaar in deursnee is) het 210 miljoenjaar gelede teen ’n naburige dwerg-sterrestel-sel Messier 32 (M32), wat 6 700 ligjaar indeursnee is, gebots. Dié botsing was bynaheeltemal reg van voor.Daar is voorheen nie gedink Andromeda

    het ’n gewelddadige geskiedenis gehad nie.Dié nuwe waarnemings is gedoen onder

    leiding van prof. David Block, direkteur vandie Universiteit van die Witwatersrand seAnglo American Cosmic Laboratory, saammet dr. Giovanni Fazio, wêreldbekende ster-rekundige aan die Harvard-SmithsonianCentre for Astrophysics.Hul artikel saam met kollegas in die

    vaktydskrifNature vandeesweek beskryf diéontdekking.En, hulle het iets gesien wat nog nooit

    voorheen in Andromeda raakgesien is nie.’n Binneste (infrarooi) vuurring van stofdeel-tjies – ’n resultaat van die botsing – watsteeds uitdy.“ ’n Eenvoudige analogie is om te dink

    aan ’n klip wat mens in ’n poel water gooi.Ringe of rimpels word veroorsaak wat uit-waarts in tyd beweeg.As ’n kleiner sterrestel-sel byna reg van voor teen ’n ander eenbots, sal jy golwe (of ringe) van gas en stofsien. Dit dy na buite weens kragtige gravita-sie,” sê Block.Daar is twee ringe, verskuil deur die

    optiese lig van die helder sterre, maar diebinneste ring is nou die eerste keer waarge-neem danksy infrarooi-tegnieke.Die Andromeda-spiraalsterrestelsel is die

    naaste groot spiraalstelsel aan die Melkweg,sowat 2,5 miljoen ligjaar weg wat, astrono-mies gesproke, naby is, sê Block.Andromeda het meer as twee dosyn nabu-

    rige sterrestelsels, waarvan M32 een is, hetBlock gesê.Beelde is van die Spitzer-ruimteteleskoop

    bekom en die twee gloeiende infrarooi-vuur-ringe is gesien.Volgens Block het die buitenste ring ’n

    deursnee van 65 000 ligjaar. Dié ring is aansterrekundiges bekend.Die tweede, binneste ring het ’n geheim

    verklap.Die grootte hiervan was 4 900 ligjaar by

    3 300 ligjaar. Dit is heeltemal versteek inoptiese lig (sigbare lig).Die ringe se middel is ook nie in die middel

    van die Andromeda-sterrestelsel nie. Dienavorsers het bepaal albei ringe is deur diebotsing veroorsaak.

    Die sterrekundigeshet inhulwaarnemingsmet die Infrared Array Camera (Irac) aanboord van Nasa se Spitzer-ruimte-teleskoopdié kamera in 700 verskillende rigtings ge-draai om beelde van die hele sterrestelselte bekom.Die beelde wat uiteindelik geneem is om

    ’n geheel te vorm, het uit 3 000 verskillendedataraampies bestaan.Fazio het vroeër die Irac-kamera ontwerp,

    het die Harvard-universiteit in ’n verklaringgesê.Een van die groot uitdagings van die

    navorsing was om sterre op die voorgrondvan die beeld te verwyder. Dit is gedoendeur mnr. Robert Groess, doktorale studentaan Wits. Hy het ook met die verwerkingvan die beelde gehelp.’n Franse span navorsers het ’n simulasie

    van die botsing met gesofistikeerde reke-naars gedoen. Daardeur is bevestig dat M32

    inderdaad metAndromeda ge-bots het, endit hetdie twee ringeveroorsaak.M32 het teen

    250 km/s teen An-dromeda gebots.Die uitwaartseversnelling wasonderskeidelik5 0 k m / s e n18 km/s vir dietwee ringe.D i e A n d r o -

    meda-stelsel sevorm is nie sub-stansieel geraaknie, omdat hy ver-gelekemetM32 soreusagtig is.Block het gesê

    die botsing het insterrekundigeterme baie on-langs plaasge-vind.Die meeste bot-

    sings kom ookbaie verder van

    die Aarde af voor.Vir hom is dit juis dié twee redes wat

    die ontdekking so uniek maak.Die botsing sou nie vanaf dieAarde sigbaar

    gewees het nie – nie weens die afstand nie,maar omdat dit net in infrarooi lig sigbaaris en nie in optiese lig nie, verduidelik Block.Kosmiese stofdeeltjies versprei sterlig.

    Block sê die spasie tussen sterre is baiekeergevul met kosmiese stof waarvan die tempe-

    ratuur so laag as –253 C ° is.Dié stofdeeltjies isbaieklein–met ’n tipiese

    deursneevan ’nduisendstevan ’nmillimeter.“Dit is die stof van lewe. Is onsnie koolstof-ge-baseerde wesens gevorm uit die stof van dieAarde nie?” sê hy.Die Son, ’n reuse-bal gas, is gevorm met

    die inwerking van swaartekrag uit ’n reuse-interstellêre gaswolk en stof. Die Aarde enander planete het uit dieselfde elementegevorm, maar net in verskillende kombina-sies.Block het gesê omdat die stofdeeltjies so

    koud is, het wyle prof. Mayo Greenberg vanNederland voorspel dat die gasatome enmolekules in interstellêre wolke op die stofsal uitkondenseer, soos ryp op ’n vensterin die winter.Dié rypwordgebombardeerdeurenergieke

    ligfotone van ander sterre. ’n Simulasie vanruimtekondisies deur Greenberg het bewysdie interstellêre deeltjies was baie sukses-volle fabrieke in die vervaardiging van kom-plekse organiese molekules.Toe dit geanaliseer is, is bevind dat inter-

    stellêre stof juis die prebiotiese molekulesbevat wat nodig is vir primitiewe boublokkevirdieoorsprongvan leweopAarde, sêBlock.Die wonder van Spitzer is dat sterrekundi-

    ges werklik die straling kan sien wat uitge-stuur word deur dié piepklein molekules enstofdeeltjies.Die sterrekundiges kan nie net die gloed

    van die Oerknal sien nie, hulle kan ook diestofdeeltjies in die Melkweg en ander sterre-stelsels bestudeer deur die straling van stof-deeltjies, “deeltjies wat in al hul prag gloei”,sê Block.Die twee ringe in die Andromeda-sterre-

    stelsel se stof en gas gloei soos in vuurringe,majestueus soos gesien deur die oë vanSpitzer, sê hy.Prof. Ken Freeman, ’n genoot van die Royal

    Society, het die ontdekking vandeesweekbeskryf as een van die belangrikste in diegeskiedenis van die sterrestelsel.Tog is dit nog nie die einde vanAndromeda

    se verhaal nie. Dié stelsel en die Melkweggaan tussen 5 miljard en 10 miljard jaar vannou teen mekaar bots. In hul plek sal daareen reuse- elliptiese sterrestelsel wees.

    Gloeiende vuurringe soos gesien in die Andromedasterrestelsel. Die buitering het ’n deursnee van 65 000 ligjaar. Die nuut ontdekte binnering gee bewyse van ’n groot botsingvan voor. Die Spitzerruimteteleskoop is in 700 verskillende rigtings gedraai om die beeld te kry wat uit 3 000 verskillende dataraampies bestaan.                        Foto: NATURE

    Die byna kopaankopbotsing wat deur die dinosouriërs raakgesien is– as hulle infrarooiteleskope gehad het.       SKETS: COBUS PRINSLOO