Author
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
NKABV
Graad 10
Hersienings-
Graad 10
Graad 10boek
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Graad 10boekE
ksamen
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-boekHersi
enings-
boekHersienings
-boekHersi
enings-
Hersienings-boekHersi
enings-
boekHersienings
-boekHersi
enings-
Hersienings-boekHersi
enings-
boekHersienings
-boekHersi
enings-
Hersienings-boekHersi
enings-
boekHersienings
-boekHersi
enings-
boekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekHersienings
-boekHersi
enings-
boekHersienings
-boekHersi
enings-
Hersienings-boekHersi
enings-
boekHersienings
-boekHersi
enings-
Hersienings-boekHersi
enings-
boekHersienings
-boekHersi
enings-
boekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekHersienings
-Hersien
ings-Hersien
ings-Hersien
ings-Hersien
ings-Hersien
ings-Hersien
ings-Hersien
ings-Hersien
ings-Hersien
ings-Hersien
ings-Hersien
ings-Eksamen
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-Eksam
enEksam
enEksam
en
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-Eksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
en
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-Eksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
en
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-Eksam
enEksam
en
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Verken_Exam Practice Book_COVER_Natuur- en Skeikunde_Gr10.indd 2 2011/09/12 9:21 AM
Graad 10
NATUUR- EN SKEIKUNDE
TOETS EEN
Punte: 56
VRAAG 1 Daar is vier moontlike opsies vir elke antwoord in die volgende vrae. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs A, B, C of D langs die vraagnommer. 1.1 Beskou die volgende stellings rakende golwe:
(i) Die snelheid waarteen ’n golf in ’n veer beweeg, is direk eweredig aan die spanning in die veer.
(ii) Die snelheid waarteen ’n golf in ’n veer beweeg, neem af namate die massa-digtheid van die veer toeneem.
(iii) Die massa-digtheid van ’n veer hang af van die lengte van die veer.
Watter van bostaande stellings is KORREK?
A (i), (ii) en (iii)
B (i) en (ii)
C (i) en (iii)
D (ii) en (iii) (3)
1.2 Beskou die diagram van ’n golf met ’n frekwensie van 5 Hz.
Die afstand XY kan beskryf word as:
A die golflengte
B die amplitude
C die periode
D twee maal die amplitude. (3)
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 1 7/4/2011 3:26:50 PM
2
1.3 Die afstand tussen twee opeenvolgende kruine in ’n golfreeks is 8 cm. Indien twee volledige golwe binne 1 s verby ’n punt beweeg, is die snelheid van die golf gelyk aan:
A 16 cm·∙s–1
B 8 cm·∙s–1
C 4 cm·∙s–1
D 1,25 cm·∙s–1 (3)
[9]
VRAAG 2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of VALS is. Skryf slegs ‘Waar’ of ‘Vals’ langs die vraagnommer neer. Indien die stellings VALS is, verskaf die korrekte stelling. 2.1 Nodusse is punte op ’n staande golf waar konstruktiewe interferensie voorkom. (2) 2.2 Die spoed van ’n golf word bepaal deur hoe ver die trog in ’n gegewe periode (tyd)
beweeg. (2) 2.3 ’n Impuls het golflengte, amplitude en frekwensie. (2) 2.4 Totale interne weerkaatsing kom in alle mediums voor wanneer die invalshoek groter is
as die grenshoek. (2) 2.5 Enige lig wat die oppervlak van ’n voorwerp op die normaal tref, sal op daardie normaal
weerkaats word. (2) [10]
VRAAG 3 Kies ’n item uit kolom B wat pas by die beskrywing in kolom A. Skryf slegs die letter (A–I) langs die betrokke vraagnommer neer.
Kolom A Kolom B
3.1 Beweging in ’n reguit lyn A Kruin
3.2 Die laagste punt op ’n golf B Reglynig
3.3 Elektrisiteit wat nie in ’n stroombaan beweeg nie C Weerlig
3.4 Die vermoë om arbeid te verrig D Vryval
3.5 Klankgolwe E Trog
F Statiese elektrisiteit
G Energie
H Krag
I Longitudinaal
[5]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 2 7/4/2011 3:26:50 PM
3
VRAAG 4 Twee impulse, A en B, beweeg teen dieselfde spoed in ’n ligte tou. Impuls A beweeg na regs met ’n amplitude van +7 cm, terwyl impuls B na links beweeg met ’n amplitude van +3 cm. Impuls A en B ontmoet by posisie C. Aanvaar dat alle energie behou word. 4.1 Teken ’n skets, met byskrifte, om hierdie twee impulse voor te stel voordat hulle by C
ontmoet. Sluit by elk die amplitude en rigting van beweging in. (4) 4.2 Watter soort interferensie sal plaasvind wanneer dié twee impulse ontmoet? (1) 4.3 Wat is die amplitude van die impuls waar hulle by punt C ontmoet? (1) 4.4 Hoe sal die amplitude van impuls B lyk ná die interferensie by punt C? Skryf slegs:
TOENEEM/AFNEEM/DIESELFDE BLY. (1) 4.5 Teken ’n skets met byskrifte om die resulterende impuls(e) te toon nadat hulle mekaar
gekruis het. (2) [9] VRAAG 5 Die diagramme hieronder toon drie sketse van golwe. Elke blok stel 1 eenheid voor.
5.1 Watter golf het die grootste amplitude? (1) 5.2 Watter golf het die kortste golflengte? (1) 5.3 Beskryf hoe die golflengte beïnvloed sal word as die periode van die golf in A verdubbel
word. (1) 5.4 Watter EEN van die volgende is ’n transversale golf? Skryf slegs die korrekte antwoord.
KLANKGOLF/LIGGOLF/ULTRAKLANKGOLF (1)
5.5 Liggolwe word in veseloptika gebruik om digitale seine oor die hele wêreld te stuur. Noem DRIE voordele van ’n digitale sein in vergelyking met ’n analoë sein. (3)
[7]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 3 7/4/2011 3:26:50 PM
4
VRAAG 6 Staande golwe vorm die grondslag van musiek. As ’n kitaarsnaar gepluk word, vibreer die snaar om ’n staande golf te vorm. Die diagram hieronder is ’n skets van ’n staande golf met drie segmente.
6.1 Beskryf die grenstoestande by A en E wat lei tot die staande golf in die diagram hierbo. (2) 6.2 Noem DRIE voorwaardes wat nodig is vir staande golwe om te vorm. (3) 6.3 Kies ’n letter wat die volgende aandui:
a) nodus (1)
b) antinodus. (1)
6.4 Waarna verwys die term antinodus? (2) 6.5 Die afstand tussen twee opeenvolgende nodusse is: (Skryf slegs die regte letter.)
A ’n halwe golflengte
B een golflengte
C een en ’n half golflengtes
D twee golflengtes. (1) [10]
[TOTAAL: 56 punte]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 4 7/4/2011 3:26:50 PM
5
Graad 10
NATUUR- EN SKEIKUNDE
TOETS TWEE
Punte: 65
VRAAG 1 1.1 ’n Atoom van element X het ’n atoomgetal van 11 en ’n massagetal van 23.
a) Wat is die definitsie van ’n atoomgetal? (1)
b) Hoeveel protone, elektrone en neutrone het hierdie atoom? (3)
c) ’n Ander atoom van X het ’n atoomgetal van 11, maar ’n massagetal van 24. Gee ’n naam vir hierdie twee vorme van X. (1)
d) Sal hierdie twee atome dieselfde chemiese eienskappe hê? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)
Element Y is in dieselfde groep as X, maar in die periode onder X.
e) Gee die chemiese naam vir element Y. (1)
f) Vergelyk die ionisasie-energie van hierdie twee atome – watter een sal die hoogste waarde hê? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)
g) Gee die chemiese formule van die verbinding wat gevorm word wanneer element Y met chloor verbind. (2)
h) Teken die Lewis-struktuur om die vorming van die binding wat in hierdie verbinding voorkom, te toon. (2)
1.2 James tel ’n bros swart vaste stof op wat hy element Z noem. Hy let op dat dit hitte en
elektrisiteit kan gelei, en dat dit dikwels gebruik word om vuur te maak vir koskook of hitte. Dit word ook in ’n ander vorm aantref, ’n deurskynende vaste stof wat baie hard is. Hierdie vorm van Z word dikwels in duur juweliersware gebruik. Dit reageer nie met sure nie.
a) Is element Z ’n metaal of ’n nie-metaal? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)
b) Identifiseer element Z. (1)
c) Verduidelik hoekom dat element Z as ’n bros, swart vaste stof, en ’n kleurlose harde vaste stof aangetref kan word as dit dieselfde element is. (3)
[20]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 5 7/4/2011 3:26:50 PM
6
VRAAG 2 2.1 Beskou die reaksie tussen natriumkarbonaat en soutsuur. Dit reageer om
natriumchloried, koolstofdioksied en water te vorm.
a) Wat is die gewone naam vir natriumchloried? (1)
b) Balanseer die chemiese vergelyking hieronder:
Na2CO3 (s) + HCl (aq) NaCl (aq) + CO2 (g) + H2O (l)
(2)
c) Gee die Wet van Behoud van Materie weer. (2)
d) Toon dat die massa in hierdie reaksie behou word. (6)
2.2 Beskou die produksie van waterstofchloried (chloorwaterstof). Balanseer die vergelyking hieronder en vul die ontbrekende volume gasproduk wat gevorm het, in.
H2 (g) + Cl2 (g) HCl (g)
Indien 8 cm3 H2 met ’n oormaat O2 reageer, word ______ cm3 HCl (g) geproduseer. (2)
[13]
VRAAG 3 Alice en Zureshni wil graag ’n eksperiment doen om te ondersoek wat gebeur as ’n gelaaide voorwerp, soos ’n liniaal, naby ’n neutrale voorwerp gebring word. Hulle het ’n klein neutrale balletjie toegedraai in tinfoelie, vas aan ’n tou, en ’n Perspex-liniaal. Alice bring ’n sy-lap saam.
3.1 Verduidelik die verskil tussen ’n gelaaide voorwerp en ’n neutrale voorwerp. (2) 3.2 Skryf ’n moontlike ondersoekvraag neer. (2) 3.3 Skryf ’n moontlike hipotese neer. (2) 3.4 Noem ten minste EEN veranderlike wat tydens dié ondersoek beheer moet word. (1)
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 6 7/4/2011 3:26:50 PM
7
Alice vryf die Perspex-liniaal met die sy-lap om dit ’n negatiewe lading te gee. 3.5 Is elektrone bygevoeg of verwyder van die Perspex-liniaal in hierdie proses? (1) 3.6 Is die liniaal ’n elektriese geleier of isolator? Verduidelik jou antwoord. (2)
Alice bring dan die liniaal naby die bal sonder om daaraan te raak. Sy let op dat die bal na die liniaal aangetrek word. 3.7 Verduidelik waarom die bal na die liniaal aangetrek word. Wat noem ons dié proses? (3) 3.8 Teken ’n skets om te toon hoe die ladings oor die oppervlak van die bal versprei is. (3) 3.9 Verskaf EEN voorbeeld van waar hierdie elektrostatiese aantrekking in die alledaagse
lewe gebruik word en noem ’n voordeel van die gebruik daarvan. (2) [18]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 7 7/4/2011 3:26:50 PM
8
VRAAG 4 Beskou die stroombaan hieronder. Die gloeilampies is identies. Die weerstand van die battery, ammeter en verbindingsdrade kan geïgnoreer word.
4.1 Bereken die spanning van al drie selle as hulle 90 J energie na 20 C lading kan oordra. (4) 4.2 Wat is die potensiaalverskil van elke sel? (2) 4.3 ’n Lading van 30 C vloei verby ’n punt in die hoofstroombaan binne 40 s. Bepaal die
sterkte van die stroom wat deur die hoofstroombaan vloei. (4) 4.4 Bepaal die stroom deur elke gloeilamp. (2) 4.5 As een van die gloeilampies sou uitbrand, hoe sal die helderheid van die ander twee
lampies beïnvloed word? Skryf slegs SKYN HELDERDER /SKYN DOWWER. (2) [14]
[TOTAAL: 65 punte]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 8 7/4/2011 3:26:50 PM
9
Graad 10
NATUUR- EN SKEIKUNDE
TOETS DRIE
Punte: 60
VRAAG 1 Daar is vier moontlike opsies vir elke antwoord in die volgende vrae. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs A, B, C of D langs die vraagnommer. 1.1 Joseph leun oor die reling van ’n hoë gebou. Sy selfoon glip uit sy hand en val af grond
toe. Watter van die volgende kombinasies van snelheid en versnelling vir die beweging van die selfoon is korrek?
Snelheid Versnelling
A Neem toe Neem toe
B Neem af Neem toe
C Neem toe Bly konstant
D Bly konstant Bly konstant
(3)
1.2 ’n Vragmotor ry teen ’n konstante snelheid op ’n reguit pad. Soos dit teen ’n steil bult opry, ondergaan dit uniforme vertraging. Watter EEN van die volgende snelheid-tyd-grafieke stel die beweging van die vragmotor die beste voor?
A B C D
(3) 1.3 Watter EEN van die volgende stellings is waar vir ’n liggaam wat teen ’n konstante
tempo versnel?
A Die tempo van verandering in snelheid bly konstant oor tyd.
B Die snelheid van die liggaam neem toe met toenemende hoeveelhede in gelyke tydsintervalle.
C Die posisie verander met dieselfde hoeveelheid in gelyke tydsintervalle.
D Die tempo van verandering in posisie bly konstant oor tyd. (3)
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 9 7/4/2011 3:26:50 PM
10
1.4 In ’n eksotermiese reaksie gebeur die volgende:
A die reagerende stowwe kry chemiese energie by
B die omgewing kry termiese energie by
C die produkte van die reaksie het meer massa as die reaktante
D die temperatuur van die reagerende mengsel daal. (3)
1.5 Wanneer ’n chemiese verandering plaasvind:
A is daar geen verandering in massa, die aantal atome of die aantal molekules nie
B is daar geen verandering in massa of die aantal atome nie, maar wel ’n verandering in die aantal molekules
C is daar geen verandering in massa nie, maar die aantal molekules en die aantal atome verander
D verander die massa, aantal atome en aantal molekules alles. (3)
[15]
VRAAG 2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of VALS is. Skryf slegs ‘Waar’ of ‘Vals’ langs die vraagnommer neer. Indien die stellings VALS is, verskaf die korrekte stelling. 2.1 Water en stoom kan teen dieselfde temperatuur bestaan. (2) 2.2 Vloeibare water en stoom is fisies identies. (2) [4]
VRAAG 3 Kies ’n item uit kolom B wat pas by die beskrywing in kolom A. Skryf slegs die letter (A–I) langs die betrokke vraagnommer neer.
Kolom A Kolom B
3.1 Die spoed en rigting van ’n voorwerp op ’n gegewe oomblik. A Behoud van meganiese energie
3.2 Die totale hoeveelheid meganiese energie in ’n sisteem bly konstant. B Destruktiewe interferensie
3.3 ’n Golf waarin die deeltjies van ’n medium teen regte hoeke tot die golfbeweging beweeg. C Voltmeter
3.4 Wanneer twee pulse mekaar kruis en saamsmelt om ’n kleiner puls te vorm. D Oombliklike snelheid
3.5 ’n Instrument wat die potensiaalverskil oor ’n bepaalde deel van ’n stroombaan meet. E Ammeter
F Transversale golf
G Gemiddelde snelheid
H Konstruktiewe interferensie
I Longitudinale golf
[5]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 10 7/4/2011 3:26:50 PM
11
VRAAG 4 Kies ’n item uit kolom B wat pas by die beskrywing in kolom A. Skryf slegs die letter (A–I) langs die betrokke vraagnommer neer.
Kolom A Kolom B
4.1 Die krag waarmee die Aarde ’n voorwerp na sy middelpunt aantrek. A Vektor
4.2 ’n Fisiese grootheid wat slegs grootte het. B Gewig
4.3 Die afstand tussen twee opeenvolgende kruine. C Frekwensie
4.4 ’n Gebied in die ruimte waar ’n magneet ’n krag sal ondervind. D Gravitasie-versnelling
4.5 Wanneer ’n stroombaan só geskakel is dat die stroom in verskillende dele kan verdeel. E Golflengte
F Magneetveld
G Skalaar
H Elektriese veld
I Parallel
[5] VRAAG 5 Skryf gebalanseerde chemiese vergelykings vir elke beskrywing wat volg: 5.1 Weerlig laat stikstof met suurstof verbind om distikstofoksied te vorm. (3) 5.2 Die industriële bereiding van ammoniak met die Haber-proses. (3) 5.3 Swaeldioksied wat in atmosferiese water oplos om suurreën te lewer. (3) [9]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 11 7/4/2011 3:26:50 PM
12
VRAAG 6 Dumisane en Natalie ondersoek die temperatuurveranderinge wat plaasvind wanneer kalsiumchloried (poeier) by ’n natriumbikarbonaatoplossing gevoeg word. 6.1 Skryf ’n geskikte ondersoekvraag neer. (2) 6.2 Beskryf hoe jy ’n gepaste eksperiment sal uitvoer om die temperatuurveranderinge op
te teken wanneer kalsiumchloried by ’n natriumbikarbonaatoplossing gevoeg word. Sluit ook die apparaat wat nodig is, in. (6)
Tydens die eksperiment let Natalie op dat ’n wit neerslag gevorm het, terwyl daar ook ’n gas geproduseer is. Dumisane het die volgende temperature opgeteken:
Temperatuur ( C) 21 34 42 45 46 46
Tyd (s) 0 30 60 90 120 150
6.3 Wat is die onafhanklike veranderlike? (1) 6.4 Wat is die afhanklike veranderlike? (1) 6.5 Noem EEN toestand wat konstant gehou moet word om betroubare resultate te
verseker. (1) 6.6 Stip bostaande resultate op ’n geskikte grafiek in. Verbind die punte om ’n gladde
kromme te kry. (6) 6.7 Is dit ’n endotermiese of eksotermiese reaksie? Verskaf ’n rede vir jou antwoord. (2) 6.8 Skryf ’n gepaste gevolgtrekking vir hierdie eksperiment neer. (2) 6.9 Stel verandering(e) voor wat Natalie-hulle aan die eksperiment kan aanbring om die
temperatuur met ’n verdere 5 C te verhoog. (1) [22]
[TOTAAL: 60 punte]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 12 7/4/2011 3:26:50 PM
13
Graad 10
NATUUR- EN SKEIKUNDE
TOETS VIER
Punte: 70
VRAAG 1 Thandi besoek ’n pretpark wat een van haar gunsteling-ritte het, die Pendulum. Op dié masjien tree die ryers as ’n menslike pendulum op. Die ryer word in ’n veiligheidsharnas vasgemaak en tot op ’n hoogte van 30 m opgelig en dan gelos om soos ’n pendulum (slinger) deur die U-vormige pilare te swaai, soos in die diagram. Die ryers kan ’n spoed van tot 90 km·∙h–1 bereik.
1.1 Aanvaar Thandi het ’n massa van 75 kg. Bereken haar gravitasie-potensiaalenergie wanneer sy stilstaande by punt A, aan die bopunt van die ligter is. Ignoreer die effek van lugweerstand. (4)
1.2 Gebruik jou kennis van meganiese energie om Thandi se snelheid te bepaal op die
laagste punt, C, van haar deurswaai. (4) 1.3 Indien lugwrywing in ag geneem word, hoe sal die snelheid van die persoon by die
laagste punt van die swaai beïnvloed word? Skryf slegs NEEM TOE/ NEEM AF/ BLY DIESELFDE. (1)
1.4 Thandi se klein sussie, Yvonne, wil ook op die Pendulum swaai, maar voldoen nie aan
die veiligheidsvereistes van die harnas nie, aangesien sy slegs 1,1 m lank is, met ’n massa van 32 kg. Voorspel wat kan gebeur indien sy op die masjien toegelaat sou word. (2)
[11]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 13 7/4/2011 3:26:50 PM
14
VRAAG 2 ’n Hysbak vervoer vier mense van die grondvlak tot die sesde verdieping op ’n hoogte van 19 m. Die gemiddelde massa van elke persoon is 65 kg en die massa van die hysbak is 800 kg. 2.1 Wat is die definisie van gravitasie-potensiaalenergie? (2) 2.2 Bereken die potensiële energie van die hysbak en die passasiers wanneer dit tot rus
kom op die sesde verdieping. (5)
Die hysbak staan stil op die sesde verdieping as die kabel waaraan dit vas is, skielik breek. Die hysbak met die passasiers val grond toe. Ignoreer die effek van wrywing. 2.3 Bereken met behulp van die Wet van Behoud van Meganiese Energie die snelheid van
die hysbak net voordat dit die grond tref. (3) 2.4 In werklikheid bly meganiese energie nie behoue tydens so ’n val nie. Gee TWEE redes
waarom die vallende hysbak ’n veel laer snelheid sal hê as wat jy bereken het. (2) [12] VRAAG 3 ’n Nuwe stadion word gebou ter voorbereiding van die Sokker-Wêreldbekertoernooi. ’n Groot pilaar word deur ’n hyskraan opgelig. Die massa van die pilaar is 1 100 kg. Wanneer dit 310 m bokant die grond is, breek die kabel waaraan die pilaar vas is. Die pilaar val grond toe. Ignoreer die effek van lugweerstand. 3.1 Gee die Wet van Behoud van Meganiese Energie weer. (2) 3.2 Bereken die potensiële energie van die pilaar op ’n hoogte van 310 m. (4) 3.3 Bereken die potensiële energie van die pilaar wanneer dit 50 m bokant die grond is.
Verduidelik die verskil in potensiële energie tussen hierdie hoogte en 310 m. (4) 3.4 Gebruik die Wet van Behoud van Meganiese Energie om die snelheid van die pilaar net
voordat dit die grond tref, te bereken. (4) [14] VRAAG 4 Lees die volgende nuusuittreksel noukeurig en beantwoord die vrae wat volg: Sonkrag-waterpompe in Afrika (aangepas uit http://www.waterforall.org/stories)
Marta Njamsa is 18 en, soos met so baie vroue en meisies in ontwikkelende lande, was die tydrowende taak van water haal ook hare. In Januarie het Water vir Almal ‘n sonkrag-waterpomp aan hulle dorpie geskenk.
Marta sê: "Voor die Sonkrag-waterpomp moes ons agt kilometers na die naaste dorp stap om water te gaan haal en dan nog ‘n handpomp ook gebruik, wat altyd stukkend was.” Nou tap Marta skoon drinkwater deur net ‘n kraan oop te draai.
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 14 7/4/2011 3:26:50 PM
15
Die Sonkrag-waterpomp gebruik die strale van die son om ‘n pomp wat tussen 8,000-30,000 liters water per dag kan produseer, aan te dryf. Elke pomp word deur drie sonpanele bedien.
Mbu, ‘n onderwyser by die skool waar die Sonkrag-waterpomp geïnstalleer is, sê: "Water het die skool die sentrum van die gemeenskap gemaak. Mense van die omgewing moes altyd ver loop om water te gaan haal, maar nou het ons nie net water vir die skool nie, maar kom mense ook oor naweke om klere te was."
4.1 Gewoonlik word gereken dat seuns fisies sterker as meisies is. Hoekom dink jy is dit in
Marta se dorpie die taak van die vroue en meisies om hierdie swaar werk te doen, en nie dié van die mans en seuns nie? (2)
4.2 Een liter water weeg een kilogram. As die Sonkrag-waterpomp 8000 liters per dag
produseer en elke vrou kan slegs ‘n maksimum vrag van 15 kg dra, hoeveel vroue is nodig om 8000 liter water te gaan haal? (2)
4.3 Die water word van onder die grond uitgepomp. Verduidelik hoe die water in die eerste
plek onder die grond beland het. (2) 4.4 Sal hierdie ondergrondse waterbron ooit opdroog? Verduidelik. (2) 4.5 Kan jy ander maniere voorstel waarop die gemeenskap reënwater kan opvang? (3) 4.6 Die Water-vir-Almal-projek wil seker maak dat die pompwater skoon en drinkbaar is.
Hulle vra die wetenskap-leerders by die skool om gereeld vir onsuiwerhede soos karbonate, nitrate en nitriete te toets. Hulle moet ook die pH van die water toets om seker te maak dis is nie te suur of te alkalies is. Verduidelik hoe jy te werk sou gaan om te toets vir (a) karbonate, (b) nitrate en (d) nitriete. Verduidelik ook hoe jy die (e) suurvlak van die water sal toets. (5)
4.7 Noem een manier om van oortollige karbonate in die water ontslae te raak. (3) 4.8 Noem een manier om suurwater drinkbaar te maak. (2) 4.9 Hoe dink jy sal die lewens van die mense en die plantlewe in die dorpie verander
noudat hulle water van ‘n kraan naby hulle huise kan kry in plaas van kilometers te loop om dit te gaan haal? (4)
4.10 Byna alle beskawings het naby ‘n rivier (of skoon waterbron) ontstaan. Hoekom is water
so belangrik vir lewe? Hoe sou ons daarsonder oorleef? (3) [33]
[TOTAAL: 70 punte]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 15 7/4/2011 3:26:50 PM
16
Graad 10 NATUUR- EN SKEIKUNDE
TOETS EEN MEMO
VRAAG 1
1.1 B (3)
1.2 D (3)
1.3 A (3) [9]
VRAAG 2
2.1 Onwaar Nodusse is punte van destruktiewe interferensie. (2)
2.2 Waar (2)
2.3 Onwaar ’n Impuls het geen frekwensie nie. (2)
2.4
Onwaar
Moet gaan van ’n opties digter medium na ’n opties minder digte medium oorgaan.
(2)
2.5 Waar (2) [10]
VRAAG 3
3.1 B (1)
3.2 E (1)
3.3 F (1)
3.4 G (1)
3.5 I (1) [5]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 16 7/4/2011 3:26:50 PM
17
VRAAG 4
4.1
(4)
4.2 Konstruktiewe (1)
4.3 10 cm (1)
4.4 Dieselfde bly (1)
4.5
(2) [9]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 17 7/4/2011 3:26:50 PM
18
VRAAG 5
5.1 Golf 2 (1)
5.2 Golf 3 (1)
5.3 Gehalveer (1)
5.4 Liggolf (1)
5.5 Digitale seine kan voortgeplant word sonder verlies van sein kwaliteit.
Digitale seine is duideliker/helderder.
Kabels kan met plastiek bedek word en sal nie so dikwels gesteel word nie. (3) [7]
VRAAG 6
6.1 Vaste end (2)
6.2 Enige DRIE van die volgende:
Dieselfde frekwensie ( )
Dieselfde amplitude ( )
Teenoorgestelde rigting ( )
Volmaak uit fase ( ) (3)
6.3 a) A of C of E (1)
b) B of D (1)
6.4 Punte van konstruktiewe interferensie (2)
6.5 A (1) [10]
[TOTAAL: 56 punte]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 18 7/4/2011 3:26:50 PM
19
Graad 10 NATUUR- EN SKEIKUNDE
TOETS TWEE MEMO
VRAAG 1
1.1 a) Die aantal protone in ’n atoom. (1)
b) 11 protone, 11 elektrone, 12 neutrone (3)
c) Isotope (1)
d) Ja. Die aantal protone en elektrone en nie die aantal neutrone nie, bepaal chemiese reaktiwiteit.
(2)
e) Kalium (1)
f) X (Na) aangesien dit ’n kleiner atoomstraal het. (2)
g) KCl (2)
h)
(2)
1.2 a) Metaal, aangesien dit warmte en elektrisiteit gelei. (2)
b) Koolstof (1)
c) Koolstof kan twee verskillende reuse-strukture vorm.
In ’n diamant is elke koolstofatoom aan vier ander verbind, wat ’n sterk 3D-vorm gee.
In grafiet bind ses koolstofatome saam om dun heksagonale plate te vorm. Hierdie plate word deur swak kragte bymekaar gehou. (3)
[20]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 19 7/4/2011 3:26:50 PM
20
VRAAG 2
2.1 a) Tafelsout (1)
b) Na2CO3 (s) + 2HCl (aq) 2NaCl (aq) + CO2 (g) + H2O (l) (2)
c) Die massa van die reaktante is gelyk aan die som van die massa van die produkte.
(2)
d) Massa (reaktante) = 106 g + 2(36,5 g)
= 179 g
Massa (produkte) = 58,5 g + 44 g + 18 g
= 179 g
Massa (reaktante) = massa (produkte) (6)
2.2 H2 (g) + Cl2 (g) 2HCl (g)
16 cm3 (2) [13]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 20 7/4/2011 3:26:50 PM
21
VRAAG 3
3.1
’n Neutrale voorwerp het dieselfde aantal protone as elektrone, waar ’n gelaaide voorwerp meer van een lading het as van die ander.
(2)
3.2 Sal ’n gelaaide voorwerp ’n neutrale voorwerp afstoot of aantrek? (2)
3.3
’n Gelaaide voorwerp wat naby ’n neutrale voorwerp gebring word, sal die neutrale voorwerp aantrek.
(2)
3.4 Temperatuur (1)
3.5 Bygevoeg (1)
3.6
Isolator Elektrone pak op die voorwerp se oppervlak saam en vloei nie daardeur nie.
(2)
3.7
Die negatiewe ladings op die bal word afgestoot na die teenoorgestelde kant van die bal deur die negatiewe ladings op die liniaal. Dit laat die kant van die bal die naaste aan die liniaal positief. Induksie.
(3)
3.8
(3)
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 21 7/4/2011 3:26:51 PM
22
3.9 Enige EEN van die volgende en ’n gepaste voordeel:
Fotokopieërder ( ) – waarmee afskrifte van dokumente gemaak word. ( )
Elektrostaties ontstowwer ( ) – verwyder stofdeeltjies uit rook in skoorstene by kragstasies. ( )
Vingerafdrukke ( ) – waar die polisie vingerafdrukke van oortreders neem. ( )
Spuitverf ( ) – sorg vir ’n eweredige laag verf en bespaar geld omdat ’n vermorsing uitgeskakel word. ( ) (2)
[18]
VRAAG 4
4.1 V = QW
= 2090
= 4,5 V (4)
4.2 Een sel = 35,4
= 1,5 V (2)
4.3 I = tQ
= 4030
= 0,75 A (4)
4.4 I = 375,0
= 0,25 A (2)
4.5 Skyn vlouer (2) [14]
[TOTAAL: 65 punte]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 22 7/4/2011 3:26:51 PM
23
Graad 10 NATUUR- EN SKEIKUNDE
TOETS DRIE MEMO
VRAAG 1
1.1 C (3)
1.2 D (3)
1.3 A (3)
1.4 B (3)
1.5 B (3) [15]
VRAAG 2
2.1 Waar (2)
2.2 Onwaar Hulle is chemies identies. (2) [4]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 23 7/4/2011 3:26:51 PM
24
VRAAG 3
3.1 D (1)
3.2 A (1)
3.3 F (1)
3.4 B (1)
3.5 C (1) [5]
VRAAG 4
4.1 B (1)
4.2 G (1)
4.3 E (1)
4.4 F (1)
4.5 I (1) [5]
VRAAG 5
5.1 N2 (g) + O2 (g) 2NO (g) (3)
5.2 N2 (g) + 3H2 (g) 2NH3 (g) (3)
5.3 SO2 (g) + H2O (l) H2SO3 (aq) (3) [9]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 24 7/4/2011 3:26:51 PM
25
VRAAG 6
6.1
Sal die temperatuur van ’n reaksie toeneem wanneer kalsiumchloried by ’n oplossing van natriumbikarbonaat gevoeg word?
(2)
6.2
Gebruik ’n maatsilinder om ’n volume natriumbikarbonaat in ’n glasbeker af te meet.
Meet die temperatuur van die oplossing met ’n termometer.
Voeg die kalsiumchloried by die oplossing.
Teken die temperatuur elke 30 s aan. (6)
6.3 Tyd (1)
6.4 Temperatuur (1)
6.5 Omgewingstemperatuur (1)
6.6
(6)
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 25 7/4/2011 3:26:51 PM
26
6.7
Eksotermiese reaksie. Die temperatuur styg omdat meer energie vrygestel word as wat opgeneem word.
(2)
6.8
Kalsiumchloried reageer met natriumbikarbonaat in ’n eksotermiese reaksie wat lei tot ’n styging in die temperatuur van die reaksiemengsel.
(2)
6.9 Voeg meer kalsiumchloried by.
[Let wel: die byvoeging van meer natriumbikarbonaatoplossing sal nie die temperatuur laat styg nie, omdat die bykomende vloeistof die toename in energie verlore sal laat gaan.]
(1)
[22]
[TOTAAL: 60 punte]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 26 7/4/2011 3:26:51 PM
27
Graad 10 NATUUR- EN SKEIKUNDE
TOETS VIER MEMO
VRAAG 1
1.1 U = mgh
= (75 kg)(9,8 m·∙s–2)(30 m)
= 22 050 J (4)
1.2 K = 221mv
22 050 J = 2)75(21 v
v = 24,25 m·∙s–1 (4)
1.3 Neem af (1)
1.4
Die harnas is te groot vir Yvonne. Op die bopunt van die deurswaai, kan sy dalk uit die harnas glip.
(2)
[11]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 27 7/4/2011 3:26:51 PM
28
VRAAG 2
2.1
Die energie waaroor ’n voorwerp beskik vanweë sy posisie relatief tot die Aarde.
(2)
2.2 U = mgh
= (260 kg + 800 kg)(9,8 m·∙s–2)(19 m)
= 48 412 J (5)
2.3 48 412 J = 221mv
= 2)1060(21 v
v = 9,56 m·∙s–1 (3)
2.4 Energie wat as hitte afgestaan word
Energie wat weens lugweerstand verlore gaan (2) [12]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 28 7/4/2011 3:26:51 PM
29
VRAAG 3
3.1
Die som van kinetiese en potensiële energie van ’n sisteem van liggame bly konstant in die afwesigheid van wrywing.
(2)
3.2 U = mgh
= (1 100 kg)(9,8 m·∙s–2)(310 m)
= 3 341 800 J (4)
3.3 U = (1 100 kg)(9,8 m·∙s–2)(50 m)
= 539 000 J
Van die potensiële energie is in kinetiese energie omgeskakel. (4)
3.4 K =
2
21mv
221mv = 3 341 800 J
2)1100(21 v = 3 341 800 J
v = 77,95 m·∙s–1 (4) [14]
VRAAG 4 4.1 Tradisioneel was die mans die jagters en het dikwels dae lank van die huis af weggegaan om vir
vleis te jag. Die vroue het by die huis gebly – babas gevoed en kinders grootgemaak. Hulle tradisionele take was om hout en water te gaan haal. Water was daagliks nodig vir kook, was en drink. (2)
4.2 L water. Dus is 8000 L / 15 L = 533.33 mense. Maar omdat ons nie 0.33 mense
kan hê nie, het ons 534 vroue nodig om die vrag van 8000 L te dra. (2)
4.3 Water versamel op die grond en syfer deur na die water onder die grond. (2)
4.4 Nee. Die totale hoeveelheid water in die hidrosfeer is vas, maar water beweeg maklik tussen verskillende kompartemente deur die prosesse van verdamping, neerslag, en oppervlak- en
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 29 7/4/2011 3:26:51 PM
30
onderoppervlak-vloeiings. Daar mag wanbalanse van inset en uitset in bepaalde gebiede wees, wat as droogtes of vloede sal manifesteer. (2)
4.5 Bou damme (groot skaal). Rig reënwatertenks op wat gevoed word deur die aflooppype van huise (klein skaal). (2)
4.6 Onsuiwerhede, hoe identifiseer en behandel ons
a. Karbonate: om ‘n karbonaat te identifiseer, meng jy dit met ‘n suur en stuur enige gas wat ontstaan deur kalkwater. ‘n Melkerige neerslag dui aan dat CO2 vrygestel word.
b. Nitrate: Devarda se allooi (Cu/Al/Zn) is ‘n reduksiemiddel. Wanneer dit reageer met nitraat in natronloog, word ammoniak vrygestel. Die ammoniak wat gevorm word, kan waargeneem word deur sy kenmerkende reuk, en deur vogtige rooi lakmoes.
c. Nitriete: Gebruik ‘n urientoetsstelletjie (koop by plaaslike apteek) om te kontroleer of daar nitriet in die water is. Enige pienk verkleuring van die toetskussinkie dui op ‘n positiewe reaksie, wat beteken dat nitriete aanwesig is.
d. pH-bepaling: gebruik lakmoespapier. As dit rooi word, is die water suur. As dit blou word, is die water alkalies. (8)
4.7 Kalsiumkarbonaat, ‘n ander naam vir neerslag-kalk, kan gebruik word om oortollige sure te verminder. Ons noem hierdie proses neutralisasie. (2)
4.8 Toegang tot ‘n waterbron wat net ‘n kraan ver is, sal mense in staat stel om blomme en plante suksesvol te kweek. Hulle spaar ure in hulle dag wat voorheen op die haal van water gemors is. (4)
4.9 Die menslike liggaam is meer as 80% water. Al ons liggaamstelsels en -funksies het water nodig om normaal te funksioneer. Ons het ook water nodig om ons lyf en die klere wat ons dra, te was. Water is ook nodig vir kosmaak, die voeding van groentetuine en die natmaak van plante. Ons gebruik water vir ontspanning (swembaddens, bootsport, visvang in damme, ens.). Ons sal nie lank sonder water kan oorleef nie. (4)
4.10 Fracking (hidroliese breking) is ‘n proses waar ‘n sterk waterstraal, wat ‘n mengsel van chemikalieë bevat, ondergronds gepomp word om rotse (skalie) uitmekaar te breek. Hierdie gebreekte rotse laat dan gasse, wat binne-in vasgekeer was, vry. Die gas word opgevang en gebruik om olie en petrol te maak. Voordeel: Fracking skep werksgeleenhede in arm plattelandse gemeenskappe. Nadeel: Fracking skep die risiko dat grondwater besoedel word. (5) [33]
[TOTAAL: 70 punte]
Natuur en Skeikunde Toetse 20 Junie.pdf 30 7/4/2011 3:26:51 PM
www.mml.co.za
Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk.Forestrylaan, Pinelands, Kaapstad
Kantore in Johannesburg, Durban, King William’s Town, Pietersburg, Bloemfontein en
Webwerf: www.mml.co.za
© Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk.
gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word
inligtingsbewaring.
graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word.
Eerste uitgawe 2011
Verken_Exam Practice Book_COVER_Natuur- en Skeikunde_Gr10.indd 1 2011/09/02 3:15 PM