68
CIB/PER-AFR/25/03/15 i CIB Insurance Administrators (Pty) Ltd onderskryf deur RMB Structured Insurance Limited onderneem professionele gedrag in die onderskrywing van Jou versekerde risiko en die spoedige skikking van alle geldige eise. Indien Jy enige navraag of klagte oor die polis het of enigsins ongelukkig is met die diens wat Jy ontvang het, skakel asseblief: Die Klagte Beampte: RMB Structured Insurance Limited Posbus 652659 Benmore 2010 E-pos: [email protected] Indien Jou navraag nie na bevrediging hanteer is nie, verwys dit gerus na: Die Korttermyn Versekering Ombudsman Posbus 32334 Braamfontein 2017 Telefoon nommer: (011) 726 8900 Faksimilee nommer: (011) 726 5501 Of, verwys die klagte andersins na: Die Registrateur van Korttermyn Versekering Die Finansiële Diensraad Posbus 35655 Menlo Park 0102 Faksimilee nommer: (012) 347 0221 Nakoming van hierdie afdeling, beïnvloed nie Ons regte nie. DIE CIB DIENSVERBINTENIS © 2015 CIB Insurance Administrators (Pty) Ltd is ʼn Goedgekeurde Finansiële Diensverskaffer FDV Nr. 8425 Onderskryf deur RMB Structured Insurance Limited FDV Nr. 1027. Rileystraat 15E, Riley Road Office Park, Bedfordview, 2008. Privaatsak x1600, Bedfordview, 2008. Tel: +27 (0)11 455 5101, Faks: +27 (0)11 455 5202

DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

CIB/PER-AFR/25/03/15i

CIB Insurance Administrators (Pty) Ltd onderskryf deur RMB Structured Insurance Limited onderneem professionele gedrag in die onderskrywing van Jou versekerde risiko en die spoedige skikking van alle geldige eise. Indien Jy enige navraag of klagte oor die polis het of enigsins ongelukkig is met die diens wat Jy ontvang het, skakel asseblief:

Die Klagte Beampte:RMB Structured Insurance LimitedPosbus 652659Benmore2010E-pos: [email protected]

Indien Jou navraag nie na bevrediging hanteer is nie, verwys dit gerus na:Die Korttermyn Versekering OmbudsmanPosbus 32334 Braamfontein2017Telefoon nommer: (011) 726 8900Faksimilee nommer: (011) 726 5501

Of, verwys die klagte andersins na:Die Registrateur van Korttermyn Versekering Die Finansiële DiensraadPosbus 35655Menlo Park0102Faksimilee nommer: (012) 347 0221

Nakoming van hierdie afdeling, beïnvloed nie Ons regte nie.

DIE CIB DIENSVERBINTENIS

© 2015 CIB Insurance Administrators (Pty) Ltd is ʼn Goedgekeurde Finansiële Diensverskaffer FDV Nr. 8425 Onderskryf deur RMB Structured Insurance Limited FDV Nr. 1027. Rileystraat 15E, Riley Road Office Park, Bedfordview, 2008. Privaatsak x1600, Bedfordview, 2008. Tel: +27 (0)11 455 5101, Faks: +27 (0)11 455 5202

Page 2: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

CIB/PER-AFR/25/03/15ii

INLEIDING 1

ALGEMENE VOORWAARDES 2

ALGEMENE UITSLUITINGS 7

AfDElINg 1 HUISEIENAARS 11

AfDElINg 2 HUISHOUDELIKE INHOUD 17

AfDElINg 3 SKONE OF BEELDENDEKUNSTE 25

AfDElINg 4 ALLE RISIKO 29

AfDElINg 5 VOERTUIE VERSEKERING 33

AfDElINg 6 WATERVAARTUIE 43

AfDElINg 7 PERSOONLIKE ONGEVALLE 51

AfDElINg 8 PERSOONLIKE AANSPREEKLIKHEID 55

AfDElINg 9 AANVULLENDE PERSOONLIKE AANSPREEKLIKHEID 59

SASRIA KOEPON POLIS VIR 62

SPESIALE RISIKO VERSEKERING 62

SASRIA MOTORVERSEKERINGSPOLIS VIR SPESIALE RISIKO’S Ten opsigte van eiendom soos gedefinieer 64

INHOUDSOPgAWE BLADSY NOMMER

Page 3: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

1 CIB/PER-AFR/25/03/15

DIE CIB DIENSVERBINTENIS

INlEIDINgDie polis is die kontrak tussen RMB Structured Insurance Limited (die Versekeraar) en die Versekerde soos in die Bylae van Versekering genoem en dek die gebeurtenisse soos in die Afdelings vervat, wat gedurende die Versekeringsperiode plaasvind, tot die versekerde bedrae of aanspreeklikheidsperke of vergoeding soos in die Bylae van Versekering vermeld. Enige Aansoek en Verklaring deur die Versekerde gemaak, word geag as die basis van en vorm deel van die Polis

BElANgRIKE PUNTEDie Bylae van Versekering en hierdie Polisbewoording vorm die basis van die kontrak en moet as ’n eenheid gelees word. Indien enige inligting in die Polisbewoording of Bylae onverstaanbaar is, of indien Jy enige veranderinge Jou dekking verlang, moet Jy onmiddellik met CIB Insurance Administrators (Pty) Ltd of met Jou versekeringsmakelaar in verbinding tree. Hierdie Polisdokument vervang alle vorige versekeringsdokumente

AlgEMENE DEfINISIES

“U/Uself/Jou/Jouself/Jy is die versekerde / versekerde persoon of persone soos in die Bylae vermeld, of meer spesifiek in die spesifieke afdelings en in enige besondere afdeling, omskryf word.

“Ons” is RMB Structured Insurance Limited (RMBSI), die Versekeraar. RMBSI is ’n geregistreerde versekeraar vir die doeleindes van die Korttermyn Versekeringswet 1998 en ’n gelisensieerde finansiële diensteverskaffer vir doeleindes van die Finansiële Advies- en Tussengangersdienste Wet 2002 soos van tyd tot tyd gewysig.

“Versekeringsperiode” is die tydperk van versekering soos in die Bylae vermeld en waarvoor Ons die premie ontvang het.

“Versekerde” is die persoon wie se naam, as eienaar van die polis, in die Bylae van Versekering vermeld word en verantwoordelik is vir die betaling van die premies, insluitend lede van sy/haar gesin wat by die risiko adres soos in die Bylae vermeld, woon.

“Bylae van Versekering” is die bladsye waarop Jou besonderhede verskyn en dui ook die afdelings en onderafdelings aan waaronder Jy verseker is, asook die waarborge, notas en endossemente wat op die polis van toepassing is.

“Skadeloosstelling” beteken Ons poog om Jou in dieselfde, of so naby as moontlik in dieselfde finansiële posisie te plaas, as wat Jy direk voor die verlies was, wat tot ’n eis interne van die polis gelei het.

“Aanspreeklikheidslimiet” is die maksimum bedrag wat Ons aan Jou, vir ’n geldige eis in terme van die polis sal betaal, onderworpe aan die limiete, versekerde bedrag en versekerde voordele soos in die Bylae van Versekering vermeld.

“gebiedsgrense” is die Republiek van Suid Afrika, Namibië, Lesotho, Botswana, Swaziland, Zimbabwe, Malawië, Zambië en Mosambiek.

“gebiedswaters” dit is die Republiek van Suid Afrika, Namibië, Mosambiek, Lesotho, Botswana, Swaziland, Zimbabwe, Malawië, Zambië en binne 20km van die kuste van die Republiek van Suid Afrika, Namibië en Mosambiek.

“Versekerde Bedrag” is die bedrag van die versekerde eiendom / aanspreeklikheid soos in die Bylae van Versekering vermeld, onderhewig aan die limiete van toepassing, asook kontribusie indien ander versekering van toepassing is.

“Versekerbare Belang” beteken dat Jy die eienaar, of alternatiewelik, regtens in besit is van ’n krediet ooreenkoms van die versekerde eiendom en dat Jy, ten tyde van verlies of skade daaraan, die risiko loop om ’n finansiële verlies te lei.

“Herverkoopswaarde” is die waarde waarvoor ‘n voertuig “verkoop” as Jy dit sou koop vanaf ‘n motorhandelaar. Die herverkoopswaarde is die naaste waarde aan die vervangingswaarde van ‘n voertuig. Die herverkoopswaarde word bepaal deur gebruik te maak van die “Auto Dealers Guide (Mead and McGrouther) vir die maand waarin die verlies of skade plaasgevind het.

Page 4: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

2 CIB/PER-AFR/25/03/15

“fabriek geïnstalleerde is die items wat oorspronklik deur die vervaardiger as standaard toebehore in die voertuigToebehore” geïnstalleer is.

“Opsionele Voertuig Toebehore” is die items/toebehore wat deur Jou gekies en deur die vervaardiger geïnstalleer is.

“Na-vervaardigde Voertuig is die items/toebehore wat later aangekoop en geïnstalleer is en wat nie by die voertuig seToebehore” aankoopprys ingesluit was nie.

“Endossement” is ’n geskrewe dokument wat deel uitmaak van die polis en wat wysiging veroorsaak aan die standaard polisbewoording, uitsonderings en voorwaardes.

“Kantoorinhoud” is goedere en toerusting wat eie aan die besigheid is en wat gebruik word vir die administrasie van die kantoor wat vanaf/vanuit die privaat woning bedryf word, uitsluitend handelsvoorraad en geld wat op die perseel gehou word.

“Huishoudelike Werknemers” is huishoudelike personeel, au pairs, kinderoppassers, tuiniers en chauffeurs, met wie Jy as werkgewer ’n geldige geskrewe kontrak het en wat permanent by die risiko adres, soos in die Bylae vermeld, woon.

Markwaarde is die hoogste moontlike prys, wat ’n koper bereid is om te betaal en ’n verkoper bereid is om te aanvaar, vir ’n item in ’n oop en mededingende mark.

AlgEMENE VOORWAARDESDie volgende Algemene Voorwaardes is van toepassing op die polis in geheel.

Die partye kom ooreen dat enige bepalings van die polis wat teenstrydig is met enige wetgewing, gewysig sal word om aan sodanige wetgewing te voldoen.

1 DEKKINg DEUR DIE POlIS VERlEEN 1.1 Geen dekking word in terme van hierdie polis verleen nie indien die premie, volgens Algemene Voorwaarde 3, nie

ontvang is nie. 1.2 Geen dekking bestaan in terme van die polis, indien die versekerde bedrag en vergoedingsperk in die bylae;: 1.2.1 geen monetêre waarde aantoon nie of blanko gelaat is, of 1.2.2 as ’n “nul” ingevul is, of 1.2.3 as “nie van toepassing nie” ingevul is. 1.3 Jy word slegs onder een afdeling van hierdie polis vir verlies of skade vergoed indien dieselfde dekking onder

meer as een bestaan. Hierdie Algemene Voorwaardes 1.3 is nie op die afdelings Alle Risiko’s en Uitgebreide Persoonlike Aanspreeklikheid van toepassing nie.

2 TERMYN VAN DIE POlIS

2.1 MAANDElIKS Die termyn van hierdie polis is vir die tydperk vanaf die aanvangsdatum, soos in die Bylae vermeld, tot die laaste

dag van die kalendermaand waarin die aanvangsdatum voorkom. Daarna sal die termyn van hierdie polis, een kalendermaand wees.

2.2 JAARlIKS Die termyn van hierdie polis is die tydperk vanaf die aanvangsdatum tot die laaste dag van die voorafgaande

maand van hernuwing, soos in die Bylae vermeld.

3 PREMIE BETAlINg Premies is betaalbaar op of voor die aanvangsdatum of hernuwingsdatum van die polis, wat ook al van toepassing. Ons

is onder geen verpligting om premies, wat na die aanvangsdatum of hernuwingsdatum vir betaling aangebied word, te aanvaar nie, maar sal premies, slegs op voorwaardes waarop Ons volgens eie diskresie mag besluit, aanvaar.

3.1 Maandelikse betaling per debietorder Indien die premie maandeliks per debietorder betaal word, sal die debietorder aan Jou betalingsagent aangebied

word op die datum soos in die Bylae vermeld. 3.1.1 Die premie is maandeliks vooruit betaalbaar op die eerste dag van elke maand of op die datum soos

andersins ooreengekom. 3.1.2 Die polis word outomaties hernu vir ’n verdere maand indien die premie volgens ooreengekom betaal is. 3.1.3 Indien die aanvangspremie (die eerste maand van betaling), om welke rede ook al, nie ontvang is nie, sal

die polis vanaf die aanvangsdatum nietig wees. 3.1.4 Indien die premie nie op die betaaldatum soos in die Bylae van Versekering vermeld word ontvang is nie,

is Jy geregtig op ’n grasietydperk van 15 (vyftien) dae na die betaaldatum (behalwe in die geval van die aanvangspremie), waarin die premie betaal moet word.

3.1.5 Indien die premie steeds nie ontvang is nie, bly dit betaalbaar en sal by die volgende aanvraag 2(twee) aftrekorders aangebied word. Dit is vir die onbetaalde debietorder van die vorige maand en die huidige maand se premie.

Page 5: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

3 CIB/PER-AFR/25/03/15

3.1.6 Indien die premies ten opsigte van 2(twee) agtereenvolgende Tydperk van Versekering nie betaal word nie, sal die polis outomaties gekanselleer word en Ons sal geen verdere versoeke vir premies aan Jou betalingsagent aanbied nie.

3.2 Jaarlikse Betaling in Kontant Indien die polis volgens die Bylae van Versekering jaarliks betaalbaar is, sal die polis vir een jaar geldig wees. 3.2.1 Die polis word hernu indien die premie voor of op die jaarlikse hernuwingsdatum betaal is. Die

hernuwingsdatum is die datum vir die betaling van die premie. 3.2.2 Indien die premie nie op die betaaldatum of binne 15 (vyftien) dae daarna, wat ook al die rede mag wees,

ontvang is nie, sal Jou polis outomaties verval en geen dekking sal vanaf die hernuwingsdatum bestaan nie.

3.2.3 Indien die aanvangspremie (die eerste maand van betaling), om welke rede ook al, nie ontvang is nie, sal die polis vanaf die aanvangsdatum nietig wees.

3.2.4 Indien ’n totale verlies gedurende die Tydperk van Versekering plaasgevind het, sal geen oorblywende premie terugbetaal word nie.

4 KANSEllASIE 4.1 Jy mag hierdie polis ter enige tyd, deur skriftelike kennisgewing aan Ons, kanselleer. Indien ’n jaarlikse polis

gekanselleer word, is Jy geregtig op ’n terugbetaling van die oorblywende premie, minus die premie wat vir Ons kort termyn tarief gehef word, vir die tydperk wat die polis van krag was.

4.2 Hierdie polis mag deur Ons gekanselleer word deur 30 (dertig) dae kennisgewing te gee na die pos adres soos in die Bylae vermeld.

4.3 Hierdie polis sal gekanselleer word indien die premies vir 2 (twee) agtereenvolgende maande onbetaalbaar was en geen verdere betalingsversoeke sal aan Jou of Jou betalingsagent gerig word nie.

4.4 Indien Jou polis ‘n jaarlikse polis is en Ons ontvang nie die premie op die dag wat dit betaalbaar is of binne 15 (vyftien) dae nadit dit betaalbaar was, sal daar geen dekking in plek wees nie.

4.5 Indien Jy die betaling van Jou premie stop, sal hierdie polis, vanaf die datum op die premie betaalbaar was, gekanselleer word.

5 gEEN TERUgBETAlINg VAN PREMIE NA MAKSIMUM SKADElOOSSTEllINg Indien Jy vir die maksimum versekerde bedrag of skadeloosstellingsperk per item vergoed is, sal geen terugbetaling van

premie vir die oorblywende termyn van versekering vir daardie item of gebeurtenis gedoen word nie.

6 OUTOMATIESE VERHOgINgSPERKE Die versekerde bedrae ingevolge die Huishoudelike Inhoud en Huiseienaars afdelings sal outomaties op die

hernuwingsdatum van hierdie polis verhoog word met ’n persentasie wat met die verbruikers prysindeks, boukoste indeks en ander ekonomiese aanwysings ooreenstem. Dit onthef Jou nie van Jou verantwoordelikheid om te verseker dat die versekerde bedrae van die versekerde eiendom te alle tye die volle waarde verteenwoordig.

Indien ’n verlies voor die hernuwingsdatum plaasvind, sal die versekerde bedrag proporsioneel tot die versekeringsperiode aangepas word.

7 SORgSAAMHEID Jy moet te alle tye alle redelike voorsorg tref en alle redelike stappe neem om: 7.1 Die versekerde eiendom in terme van hierdie polis in ’n goeie toestand te hou. 7.2 Die versekerde eiendom in terme van hierdie polis te beskerm en te verseker dat elke item ’n vlak van sorg en

beskerming geniet, in ooreenstemming met die waarde daarvan. 7.3 Ongelukke, liggaamlike besering, siekte, verlies of skade te voorkom of te verminder.

8 KOMMUNIKASIE-, INSTRUKSIES EN KENNISgEWINg 8.1 Dit is Jou verantwoordelikheid om skriftelik met Ons of Jou makelaar in verbinding te tree, indien enige wysigings

aan Jou polis aangebring moet word as gevolg van veranderde omstandighede, sodat aaneenlopende dekking verseker kan word en die nodige wysigings gedoen kan word. Indien die wysigings aanvaar word, sal dit op die datum in werking tree soos ooreengekom, onderhewig daaraan dat die voorwaardes nagekom word en die premie ontvang is. ’n Gewysigde Bylae van Versekering sal aan Jou of Jou makelaar voorsien word, ter bevestiging van die wysigings.

8.2 Ons mag jou polis verander deur Jou 30 (dertig) dae kennisgewing te gee. Ons kan kennis gee per faks, e-pos of per pos na Jou laaste adres.

9 REgTE VAN ANDER Die polis verleen regte, slegs aan die persone soos in die Bylae genoem. Enige aanspreeklikheid vir die verliese van ander

persone, verleen geen regte aan daardie persone om eise teen Ons in te stel nie. Slegs die persone soos in die Bylae vermeld mag namens sodanige persoon eis en Ons sal die saak namens Jou behartig. Jy mag nie jou regte sedeer nie. Ons mag vereis dat die persone met wie se verlies ingevolge die klousule gehandel word, hulle regte teen enige ander party wat aanspreeklik is vir hul verlies, aan Ons sedeer.

10 EISE

10.1 EISE PROSEDURE Wanneer ’n versekerde gebeurtenis plaasvind wat tot ’n eis aanleiding gee, moet Jy, of enige persoon wat wil eis

teen die polis, die volgende doen of andersins Jou reg om te eis verbeur:

Page 6: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

4 CIB/PER-AFR/25/03/15

10.1.1 Jy moet Ons so gou as moontlik nadat ’n gebeurtenis plaasgevind het, wat tot ’n eis kan lei, in kennis stel en Ons ook laat weet van enige ander polisse wat dieselfde gebeurtenis dek.

10.1.2 Jy moet Ons binne 30 (dertig) dae na die gebeurtenis van volledige besonderhede in skrif voorsien sowel as dokumente wat Ons versoek binne 14 (veertien) dae in skrif voorsien soos bv. die bewys van eienaarskap, waardes van sodanige items, ens.

10.1.3 Jy moet eise by die polisie aanmeld, soos wat wetgewing vereis. 10.1.3.1 Binne 48 (Agt en veertig) uur of so spoedig moontlik nadat die verlies of skade plaasgevind het. 10.1.3.2 Binne 24 (vier en twintig) uur nadat ’n ongeluk op ’n openbare pad plaasgevind het. 10.1.4 Jy mag geen aanspreeklikheid, sonder Ons skriftelike toestemming of ’n aanbod van enige gebeurtenis

wat tot ’n eis maak lei, maak nie. 10.1.5 Jy moet Ons toelaat om Jou perseel binne te gaan na die plaasvind van ’n gebeurtenis om besit

te neem van beskadigde eiendom en redelikerwys daarmee te handel. Jy mag nie afstand doen van enige versekerde eiendom ongeag of Ons besit daarvan geneem het, al dan nie.

10.2 EISE SKIKKINg 10.2.1 Die keuse berus by Ons om die eis te skik by wyse van herstelling, vervanging, kontant betaling van die

artikel teen vervangingswaarde minus die waarde van die beskadigde eiendom, of ’n kombinasie van die 3 (drie) moontlikhede hierbo genoem, onderworpe daaraan dat die skadeloosstelling nie die limiete in terme van die polis oorskry nie. Jy sal versoek word om ’n ooreenkoms van verlies of ontslag te teken voordat Jou eis betaal word. Indien die opsie van herstelling of vervanging uitgeoefen word, sal ’n verskaffer van Ons keuse gebruik word ten einde koste te beheer en uitmuntende diens aan Jou te verseker.

10.2.2 Ons skikking van eise is beperk tot die Versekerde Bedrag, soos gedefinieer onder die opskrif “Definisies” hierbo.

10.2.3 Indien Ons vervang of herstel is Ons verplig om dit uit te oefen tot die mate wat omstandighede dit toelaat. Ons is gemagtig, om tydens vervanging of herstelling, van verskaffers van Ons keuse gebruik te maak.

10.2.4 Jy mag versoek word om ’n ooreenkoms van verlies of ontslag te onderteken voordat ’n eis finaal geskik word.

10.2.5 Alle eise word per elektroniese oorplasing (EFT) betaal en alle betalings ten opsigte van kontant skikkings word gedoen na die bankrekening waarteen die polispremie gevorder word, tensy ’n spesifieke reëling getref is.

10.2.6 Geen rente kan gehef word op enige bedrag deur Ons betaalbaar ingevolge die polis nie, tensy dit deur ’n hofbevel toegestaan is.

10.3 SUBROgASIE 10.3.1 Jy moet op Ons onkoste, of Jy moet ons toelaat om alles te doen wat nodig is, of wat rederlikerwys vereis

word van Ons, om die reg te eis namens en in Jou naam uit te voer, hetsy voor of nadat Ons die eis betaal het. Indien Jy dit nie doen nie, mag Jy al die voordele ingevolge die polis verbeur en/of verplig word om enige voordeel wat Jy ontvang het, terug te betaal.

10.3.2 Sodra ’n eis geskik word, word Jou reg van verhaling vanaf iemand anders, outomaties na Ons oorgedra. 10.3.3 Jy moet ons toelaat om die geboue of perseel waar die skade plaasgevind het, binne te gaan en om besit

te neem van die beskadigde eiendom gedek deur die polis en om daarmee te handel op ’n geskikte wyse. 10.3.4 Jy moet Ons van alle inligting voorsien en bystand bied, wat redelikerwys deur Ons benodig of verlang

word en Ons het die reg om verdediging of die skikking van die eis, namens Jou of in Jou naam, te doen. 10.3.5 Ons het die reg om enige verdediging, skikking of prosesse van vervolging, te laat vaar en Jou die volle

bedrag van Ons aanspreeklikheid, of enige verminderde bedrag waarvoor die eis geskik kan word, te betaal, waarna Ons van enige verdere aanspreeklikheid onthef sal wees.

10.4 REgSTEllENDE AKSIE Ons mag na ’n verlies die bepalings van hierdie ooreenkoms hersien, in terme van die kennisgewingstydperk wat

vereis word.

10.5 TYDSBEPERKINgS 10.5.1 Ons sal Jou binne 10 (tien) dae nadat Ons ’n eis afgewys het, daarvan in kennis stel. 10.5.2 Jy kan binne 90 (negentig) dae, vanaf die datum van ontvangs van Ons weieringsbrief, ’n vertoë rig. 10.5.3 Ons sal Jou binne 45 (vyf en veertig) dae na ontvangs van Jou vertoë, skriftelik van Ons finale besluit in

kennis stel. 10.5.4 Indien die eis nog steeds afgewys word, het Jy 180 (honderd en tagtig) dae om geregtelike stappe teen

Ons in te stel. 10.5.5 Na 12 (twaalf) maande vanaf die datum van die gebeurtenis, is Ons nie aanspreeklik nie, tensy: 10.5.5.1 Die eis die onderwerp is van ’n hangende hofgeding of arbitrasie is. 10.5.5.2 Dit ʼn eis is vir bedrae waarvoor Jy regtens aanspreeklik mag word.

11 WESENlIKE fEITE WAT DIE RISIKO BEÏNVlOED Of VERANDER Jy is verplig om Ons onmiddellik in kennis te stel van enige gebeure wat Ons besluit mag beïnvloed om die risiko te

aanvaar of ’n invloed te hê op die bepalings waaronder die risiko aanvaar is of om nog op risiko te bly. Indien Jy nalaat om hierdie verpligting na te kom, mag Ons die totale polis of gedeelte en/of ’n afdeling daarvan, vanaf die aanvangsdatum of datum van wysiging, nietig te verklaar.

Die volgende is wesenlike feite wat Ons besluite kan beïnvloed: 11.1 Verkeerde of misleidende materiële en persoonlike inligting wat die risiko mag beïnvloed.

Page 7: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

5 CIB/PER-AFR/25/03/15

11.2 Versuim om Ons onmiddellik in kennis te stel van ’n verandering in Jou finansiële omstandighede soos, afdanking, sekwestrasie en as Jy onder administrasie geplaas word, siviele vonnisse, likwidasie van maatskappye waarin Jy ’n belang het of die onvermoë, om Jou skulde te betaal, of enige ander rede.

11.3 Versuim om Ons onmiddellik in kennis te stel van enige kriminele ondersoek en/of skuldig bevinding van enige persoon verseker in terme van hierdie polis, soos, maar nie beperk tot onder die invloed bestuur en bedrog.

11.4 Versuim om Ons onmiddellik in kennis te stel van items se waarde verandering, ander dan normale ekonomiese faktore, ligging, sekuriteit, voorwaarde, eienaarskap ens.

Die term “JY en Jou” onder hierdie Algemene Voorwaarde, sluit alle persone wat namens Jou optree in.

12 HERSTEllINg VAN VERSEKERDE BEDRAE Of VERgOEDINgSPERKE Die versekerde bedrag word nie met die bedrag van enige eis verminder nie. Ons mag versoek dat Jy die addisionele

premie op die bedrag van die eis vanaf die datum van die verlies of skade tot die verstryking van die versekeringstydperk betaal. Hierdie voorwaarde geld afsonderlik op elke afdeling van die polis.

13 AWERY Hierdie Algemene Voorwaarde sal van toepassing wees op Huishoudelike Inhoud, Huiseienaars en Watervaartuie -

afdelings van die polis en afsonderlik op elke item soos vervat in die Bylae van Versekering.

Indien die bedrag wat benodig word om Jou versekerde eiendom te vervang, meer is as die versekerde bedrag, sal Ons nie die volle bedrag van die skade betaal nie. Die verskil tussen die versekerde bedrag en die bedrag wat benodig word om al Jou eiendom te vervang, sal deur Jouself gedra word. Jy sal dus verantwoordelik wees vir ’n eweredige gedeelte van die koste.

Veronderstel Jy is vir R500 000 verseker, maar die vervangingswaarde van die versekerde eiendom beloop R1 000 000 en Jou verlies of skade as gevolg van ’n gebeure beloop R100 000, beteken dit dat Jy slegs vir die helfte van die vervangingswaarde verseker is. Jy is dus vir die ander helfte van R50 000 verantwoordelik.

Die berekening word soos volg gedoen: Versekerde bedrag R 500 000 Vervangingswaarde R1 000 000 Eis R 100 000 Berekening: Onderversekering R 100 000 X R500 000 1 R1 000 000

Ons betaal R50 000.

Indien ’n waarde bepaling, deur ’n waardeerder van Ons keuse gedoen is, gelykstaande is aan die versekerde bedrag soos in die Bylae vermeld, sal eweredigheid nie van toepassing wees nie, mits;

13.1 Die waarde bepaling nie ouer as 24 (vier en twintig) maande is nie; 13.2 Ons in kennis gestel is van nuwe aankope en die versekerde bedrag daarvolgens verhoog is.

Juweliersware, skilderye, antieke items, versamelaarsstukke en silwer items sal nie deel wees van ʼn waarde bepaling nie, tensy dit deur opgedateerde waardasie sertifikate vergesel word.

14 BEDRAg DEUR JOU BETAAlBAAR Jy is verantwoordelik vir die bybetaling.

Die “bybetaling” is die bedrag wat Jy betaal voordat ’n eis afgehandel word. Die bydrae wat betaalbaar is word op die Bylae van Versekering aangetoon. Indien die bydrae op ’n persentasie van die verlies of skade gebaseer is, word hierdie persentasie op die bruto bedrag van die verlies of skade bereken.

14.1 ’n Basiese bydrae is gewoonlik van toepassing op elke eis, tensy anders vermeld in die Bylae. 14.2 Indien ’n gebeurtenis op meer as een afdeling van toepassing is, sal Jy verantwoordelik wees vir die bybetaling

wat op elke afdeling afsonderlik betrekking het. Indien Jy vir meer as een bybetaling onder ’n spesifieke afdeling verantwoordelik is, sal slegs die groter bybetaling van toepassing wees.

14.3 Die bylae mag ook ’n addisionele bybetaling aantoon. Die totale bybetalings word bereken deur die addisionele bybetaling en die basiese bybetaling by mekaar te tel en die bruto bedrag word van die eis afgetrek. Addisionele bybetaling beteken vrywillige bybetaling, asook verpligte bybetaling, bv. ’n bybetaling ten opsigte van ouderdom.

15 DEEl VAN VERSEKERINgSINlIgTINg EN JOU MAgTIgINg AAN ONS

15.1 DElINg VAN INlIgTINg Ons behou die reg om Jou inligting aan enige databasis bekend te maak wat deur Die Suid Afrikaanse

Versekeringsvereniging (SAIA) erken word. Jou inligting word in ’n gesamentlike databasis gestoor ten einde dit moontlik te maak om onderskrywingsinligting met enige wetlik erkende bron of databasis te vergelyk.

Page 8: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

6 CIB/PER-AFR/25/03/15

15.2 JOU REg TOT PRIVAATHEID Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1966 beskerm Jou reg op privaatheid, maar is beperk tot

omstandighede waar partye wat die inligting bekend maak ’n regsgeldige belang in daardie inligting het. Dit beteken dat Ons ingevolge Suid-Afrikaanse Reg, inligting bekend mag maak, indien Ons van voorneme is om bedrog te voorkom en risiko’s regverdig te onderskryf.

15.3 JOU MAgTIgINg AAN ONS Met die aanvaarding van hierdie document, verklaar Ek/Ons dat: 15.3.1 Ek\Ons is bewus dat die bekendmaking van verskeringsinligting vir onderskrywings- en eisedoeleindes

(insluitend krediet inligting) tussen versekeraars gedeel word, en in die openbare belang is omrede dit versekeraars in staat stel om polisse regverdig te onderskryf en te kan evalueer om sodoende bedrieglike eise te verminder asook om premies en premieverhogings te beperk.

15.3.2 Ek\Ons doen afstand van My/Ons reg op privaatheid in verband met onderskrywings- asook eise inligting insluitend krediet inligting wat verskaf word namens My/Ons deur enige persoon in verband met enige versekeringspolis of eis/e wat ingestel is/was deur My / Ons .

15.3.3 Ek\Ons is bewus dat die versekeringsinligting wat deur My\Ons voorsien is, gestoor kan word in ʼn gesamentlike databasis en gebruik kan word soos hierbo vermeld word, sowel as vir enige bevindinge / besluite met betrekking tot die voortsetting van My\Ons polis of die betaling van enige eis wat Ek\Ons mag instel.

15.3.4 Ek\Ons is bewus van die feit dat alle inligting geverifieer kan word teen gereguleerde bronne asook databasisse.

15.3.5 Ek\Ons is bewus van die feit dat beide krediet asook kriminele inligting aangevra en geverifieer kan word deur die Onderskrywers in verband met die besigheid, Myself en enige van My/Ons direkteure, vennote en\of personeel.

16 KONTRAKTUElE AANSPREEKlIKHEID Ons sal jou nie vergoed vir enige verlies wat Jy lei voortspruitend uit kontraktuele aanspreeklikheid nie, tensy die

regsaanspreeklikheid bestaan het in die afwesigheid van sodanige kontrak of ooreenkoms.

17 gEBIEDSgRENSE Behalwe vir die Alle Risiko en Persoonlike Ongevalle afdelings wat dekking wêreldwyd verleen (tensy die skedule anders

aantoon) is die gebiedsgrense in terme van hierdie polis, die Republiek van Suid Afrika, Namibië, Lesotho, Swaziland, Botswana, Malawië, Mosambiek, Zambië en Zimbabwe.

18 JURISDIKSIE Die polis is onderworpe aan die jurisdiksie van die Republiek van Suid Afrika se howe en die Suid Afrikaanse wetgewing.

19 REPATRIASIEKOSTE Indien Jou versekerde voertuig beskadig word buite die grense van die Republiek van Suid Afrika, maar binne die gebiedsgrense soos gedefinieer, vergoed Ons die koste wat deur Jou aangegaan is om die voertuig na die Republiek van Suid Afrika terug te bring, tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

20 REgSAANSPREEKlIKHEID 20.1 Jy kan slegs skadeloos gestel word ingevolge een van die afdelings van die polis ten opsigte van

regsaanspreeklikheid, voortspruitende uit dieselfde voorval ten opsigte van dieselfde eiendom en/of aanspreeklikheid.

20.2 Jy kan slegs vergoed word ingevolge een van die afdelings van die polis voortspruitend uit dieselfde voorval ten opsigte van dieselfde eiendom.

21 WAARBORgE / NOTAS / ENDOSSEMENTE Dekking is onderhewig aan die waarborge soos vermeld in terme van die ‘WAARBORGE / NOTAS / ENDOSSEMENTE’ in

die Bylae.

Indien Jy korting ontvang het vir voorsorgmaatreëls wat geneem is op enige afdeling van die polis, en die maatreëls is nie in plek nie, of word nie onderhou nie en/of nie in werking is, ten tyde van die verlies of skade nie, waarvoor die eis ingedien is, mag Ons Jou eis van die hand wys.

21.1 ’n WAARBORG is ’n verklaring of voorwaarde wat ’n wesenlike element van die kontrak is en bepaal dus die geldigheid van die kontrak. Dit moet gevolglik streng aan voldoen en nagekom word.

21.2 Indien Jy verklaar dat Jy nie ’n eis gedurende ’n spesifieke tydperk ingedien het nie, gebruik Ons hierdie inligting as die basis waarop die items verseker word. Indien Jou verklaring onwaar is, is dit ’n verbreking van die waarborg en is Ons geregtig om die polis vanaf aanvang te kanselleer.

21.3 Indien Ons voorsorgmaatreëls vir Jou voertuig of woning vereis, is dit ’n voorwaarde vir diefstal dekking in terme van die toepaslike afdeling van die polis.

21.4 Indien Ons afslag op ’n premie toestaan vir voorsorgmaatreëls op enige afdeling van die polis, sal dit ’n voorwaarde wees vir dekking in terme van die betrokke afdeling.

21.5 Indien Jy versuim om aan die terme, voorwaardes endossemente en waarborge te voldoen, of indien Jy verkeerde feite voorsien, mag dit lei tot die weiering van ’n eis of die kansellasie van die polis, vanaf daardie datum of later.

Page 9: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

7 CIB/PER-AFR/25/03/15

22 VERSEKERBARE BElANg 22.1 Jy moet ten tyde van die aanvang van die polis en ten tyde van enige voorval, ’n versekerbare belang hê in enige

versekerde item in terme van die polis. 22.2 Versekerbare belang beteken dat Jy die eienaar van, of alternatiewelik die bona fide besitter ingevolge ‘n

kredietooreenkoms van die versekerde item is en die risiko loop om die item te verloor. 22.3 Indien Jou belang in die versekerde item verskil van die belang soos deur ons gedefinieer, moet Jy ons in kennis

stel van die aard en omvang van Jou belang voordat die dekking begin. Die dekking vir die item sal slegs in werking tree sodra Ons skriftelik bevestig het dat Ons die item sal verseker.

22.4 Indien Jou belang in enige versekerde item in terme van hierdie polis verander, moet Jy Ons onmiddellik van sodanige verandering skriftelik in kennis stel en by versuim daarvan, mag Ons Jou eis ten opsigte van sodanige item afkeur.

Indien Jou eis afgekeur word in gevolge enige van bogemelde voorwaardes 22.1, 22.2, 22.3 soos hierbo vermeld, moet Jy die teendeel bewys.

23 ANDER VERSEKERINg Indien ’n eis ingevolge enige ander polis, sowel as hierdie polis betaalbaar is, betaal Ons slegs Ons eweredige deel van die

eis.

24 KWAADWIllIgE BESKADIgINg Onderhewig aan die terme, voorwaardes, uitsluitings, uitsonderings en waarborge hieronder vervat, word hierdie polis

uitgebrei om verlies of skade te dek wat direk veroorsaak word deur of na aanleiding van die opsetlike of doelbewuste of moedswillige optrede van enige persoon met die bedoeling om sodanige verlies of skade te veroorsaak.

Die volgende word nie gedek nie: 24.1 Gevolglike of indirekte verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd, behalwe verlies van huur

indien dit spesifiek verseker is; 24.2 Verlies of skade voortspruitend uit totale of gedeeltelike staking, of verlangsamings van werk of vertraging of

onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid; 24.3 Verlies of skade voortspruitend uit enige opsetlike optrede of daad deur Jouself, of enige iemand anders wat

daaruit voordeel mag trek.

Indien Jou eis afgekeur word in gevolge enige van bogemelde voorwaardes 24.1, 24.2, 24.3 soos hierbo vermeld, moet Jy die teendeel bewys.

25 VERTOlKINg Hierdie dokument is oorspronklik in Engels opgestel. Indien daar ’n dispuut ontstaan met betrekking tot die interpretasie

van enige woord, frase of deel van die bewoording, sal die verklaring soos per die Engelse weergawe voorkeur geniet.

AlgEMENE UITSlUITINgSOns verseker nie verlies, skade of regsaanspreeklikheid voortspruitend uit, veroorsaak deur of as gevolg van enige van die volgende nie:1 Verlies of vernietiging van of skade: 1.1 Aan enige eiendom of enige verlies of uitgawes hoegenaamd, veroorsaak deur of voortspruitend uit of enige

gevolglike skade 1.2 Dood, besering of enige regsaanspreeklikheid van watter aard ook al, regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur

of daartoe bygedra word deur of wat voortspruit uit ioniserende uitstralings of kontaminasie deur radioaktiwiteit wat afkomstig is van enige kernbrandstof of van enige kernafval weens die verbranding of gebruik van kernbrandstof. Vir die doeleindes van hierdie uitsluiting, sal verbranding enige selfonderhoudende proses van kernsplyting, insluit.

2 Enige verlies, vernietiging, skade of regsaanspreeklikheid, regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, of daartoe bydra deur of wat voortspruit uit kernwapenmateriaal.

3 Verlies of skade aan eiendom of liggaamlike beserings wat verband hou met of veroorsaak word deur: 3.1 Burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking, uitsluiting of openbare onrus of enige daad of

handeling wat daarop bereken of gerig is om enige van die voormelde te veroorsaak; 3.2 Oorlog, inval, die optrede van ’n buitelandse vyand, vyandelikhede of krygsverrigtinge (hetsy oorlog verklaar word

al dan nie) of burgeroorlog; 3.3 Muitery, militêre of geüsurpeerde gesag, krygswet of ’n staat van beleg of enige ander gebeurtenis of oorsaak wat

die afkondiging of handhawing van krygswet of ’n staat van beleg bepaal, opstand, rebellie of revolusie. 3.4 Enige optrede (ongeag of dit ten behoewe van enige organisasie, liggaam, persoon of groep persone is) wat

daarop bereken of gerig is om enige staat of regering of enige provinsiale, plaaslike of stamowerheid met dwang of deur vrees, terrorisme of geweld te beïnvloed of om ver te werp.

3.5 Enige optrede wat daarop bereken of gerig is om verlies of skade te veroorsaak ten einde enige politieke doel, oogmerk of saak te bevorder, of om maatskaplike of ekonomiese verandering teweeg te bring of uit protes teen enige staat of regering of enige provinsiale, plaaslike of stamowerheid, of met die doel om vrees by die publiek of enige sektor daarvan in te boesem

Page 10: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

8 CIB/PER-AFR/25/03/15

3.6 Enige poging tot optrede waarna in uitsluitings in klousules 3.4 of 3.5 hierbo verwys word 3.7 Die optrede van enige wettig ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl op

enige ander wyse gehandel word met, enige gebeurtenis waarna in uitsluitings in klousule 2 hierbo verwys word.

Indien Ons beweer dat verlies of skade uit hoofde van uitsluitings in klousule 3 van hierdie uitsluitings nie deur hierdie polis gedek word nie, rus die las op Jou om die teendeel te bewys.

4 Verlies of skade wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur of deur middel van of as gevolg van enige gebeurtenis wat gebaseer is in terme van ’n fonds ingevolge die Wet op Oorlogskadeversekering en vergoeding Wet Nr 85 van 1976 of enige soortgelyke wetgewing wat van krag is in enige van die gebiede waarop hierdie polis van toepassing is

5 Nieteenstaande enige bepaling van hierdie polis, met inbegrip van enige uitsluiting, uitsondering of uitbreiding of ander bepaling wat nie hierin vervat word nie en wat andersins ’n algemene uitsluiting ter syde sou stel, dek hierdie polis nie verlies of skade aan eiendom of enige uitgawe van enige aard hoegenaamd wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur, ontstaan uit of in verband met enige daad van terrorisme nie, ongeag enige ander oorsaak of voorval wat gelyktydig of in enige volgorde tot die verlies, skade of uitgawe, bydra.

Vir die doeleindes van hierdie Algemene Uitsluiting 5 sluit ’n daad van terrorisme in, sonder beperking, die gebruik van

geweld of krag of dreigement, ongeag of dit ’n daad is, wat skadelik vir menslike lewe is al dan nie, van enige persoon of groep persone, hetsy daar alleen opgetree word of in verband met enige organisasie of regering of enige ander persoon of groep persone, wat gepleeg word vir politieke, godsdienstige, persoonlike of ideologiese redes of doeleindes, met inbegrip van enige daad wat gepleeg word met die bedoeling om enige regering te beïnvloed of om vrees by die publiek, of enige sektor van die publiek, in te boesem.

6 Nieteenstaande enige bepaling van hierdie polis, insluitend enige uitsluiting, uitsondering of uitbreiding of ander bepaling wat nie hierby ingesluit is nie en wat andersins ’n algemene uitsluiting ter syde sou stel, dek hierdie polis nie die volgende nie:

6.1 Verlies of vernietiging van of skade aan enige eiendom hoegenaamd (met inbegrip van ’n rekenaar) of enige verlies of uitgawe wat daaruit voortspruit of ontstaan;

6.2 Enige regsaanspreeklikheid hoegenaamd; 6.3 Enige gevolglike verlies Regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur of waartoe bygedra word deur of wat bestaan of voortspruit uit die

onvermoë of onklaarraking van enige rekenaar, hetsy korrek of andersins. 6.3.1 Om enige datum as die korrekte of ware kalenderdatum te hanteer of om op korrekte of toepaslike wyse

enige data of inligting te herken, te manipuleer, te interpreteer, te verwerk, te berg of te ontvang of om daarop te reageer, of om enige opdrag of instruksie uit te voer met betrekking tot of in verband met enige sodanige datum, of

6.3.2 Om enige inligting of kode op te neem, te bewaar, te behou of te verwerk as gevolg van die werkverrigting van enige opdrag wat in enige rekenaar geprogrammeer is, synde ’n opdrag wat lei tot verlies aan data of die onvermoë om sodanige data met betrekking tot of in verband met enige sodanige datum op te neem, vas te lê, te behou of korrek te verwerk, of

6.3.3 Om enige inligting of kode op te neem, te bewaar, te behou of te verwerk as gevolg van programfoute, foutiewe invoer of die onopsetlike kansellasie of bederwing van data en/of programme, of

6.3.4 Om enige data op te neem, te bewaar, te behou of te verwerk as gevolg van die uitwerking van enige rekenaarvirus of ander bederwende, skadelike of andersins ongemagtigde kode of instruksie, met inbegrip van enige trojaan, tyd of logiese bom of wurm of ander vernietigende of ontwrigtende kode, media of program versteuring.

’n Rekenaar sluit in enige rekenaar, dataverwerkingstoerusting, mikroskyfie, geïntegreerde stroombaan of soortgelyke toestel in rekenaar of nie-rekenaartoerusting of enige rekenaarsagteware, gereedskap, bedryfstelsel of enige rekenaarhardeware of periferale toerusting en die inligting en data wat elektronies of andersins in of op enige van bogemelde bewaar word, hetsy u eiendom al dan nie.

Hierdie uitsluiting sal nie van toepassing wees waar die verlies, skade of aanspreeklikheid te wyte is aan meer as een direkte oorsaak en enige ander sodanige oorsaak is ’n versekerde risiko.

In die geval van meganiese onklaarraking van enige masjinerie, gereedskap of voertuig, sal Ons nie betaal vir die vervanging of herstel of modifikasie van enige onderdeel van enige rekenaartoerusting wat die voorval veroorsaak maar ons sal betaal vir enige gevolglike verlies, skade of aanspreeklikheid gedek deur die polis.

7 Verlies van of skade veroorsaak deur permanente of tydelike onteiening wat voortspruit uit beslaglegging, kommandering of opeising deur enige wettig ingestelde owerheid. Indien Ons beweer dat ’n eis uit hoofde van uitsluitings in klousule 1 tot 6

nie deur hierdie polis gedek word nie, rus die las op Jou om die teendeel te bewys.

8 Verlies of skade wat regstreeks of onregstreeks voortspruit uit, of in verband staan met enige werklike of beplande of sogenaamde uitruiling, kontant of krediet koopooreenkoms, insluitend diefstal onder valse voorwendsels en/of bedrog.

9 Die vervoer van enige vrag of passasiers wat die vrag of hoeveelheid passasiers waarvoor die Voertuig vervaardig is of waartoe die Voertuig wettig gemagtig is om te vervoer, oorskry of die vervoer van passasiers in of op ’n oop Voertuig.

10 Verlies of skade veroorsaak deur slytasie, geleidelike agteruitgang, elektriese of meganiese onklaar raking, roes, korrosie, muf, motte, ongediertes, insekte, u eie huisdiere, enige geleidelike oorsaak, kleurproses, skoonmaak of vernuwing, die reaksie van lig of atmosferiese kondisies.

Page 11: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

9 CIB/PER-AFR/25/03/15

11 Die versekering vir ’n versekerde item sal nietig wees vanaf die eerste aanvangsdatum van die polis indien enige persoon, buiten Jy, eienaarsreg of reg tot besit, of die reg het tot enige versekerde item ingevolge die polis het, of indien Jy geen aanspraak het tot so item nie op grond daarvan dat so item gesteelde eiendom is.

12 Bedrog en doelbewuste optrede soos volg is nie verseker nie: 12.1 Enige bedrieglike optrede om voordeel daaruit te put van Jouself of enige persoon wat namens Jou optree; of 12.2 Indien ’n eis plaasvind as gevolg van ’n doelbewuste, opsetlike of moedswillige handeling deur Jou gemagtig of

met Jou samewerking of van enige iemand wat namens Jou optree; of 12.3 Indien deur Jouself of enige iemand namens Jou, enige bedrieglike-, onvolledige- of vervalste dokumente as

bewysstukke vir ’n eis aangebied; of 12.4 Indien die kwantum van ’n eis doelbewus, deur Jouself of enige persoon namens Jou, verhoog is; of 12.5 Indien verlies of skade veroorsaak word as gevolg van enige doelbewuste handeling deur Jou of enige ander

persoon wie ook al daaruit voordeel trek. Indien bevind word dat ’n bedrieglike eis ingestel is, mag die item waarvoor geëis word onmiddellik gekanselleer word

en sal die 30 dae kennisgewing nie van toepassing wees nie. Die res van die polis is onderhewig aan die 30 (dertig) dae kennisgewing.

13 Enige skade wat ook deur wetgewing verseker word.

AlgEHElE ASBESTOS UITSlUITINgSKlOUSUlENieteenstaande enige bepaling van hierdie polis met inbegrip van enige uitsluiting, uitsondering of uitbreiding of ander bepaling wat andersins ’n algemene uitsluiting ter syde sou stel, dek hierdie polis geen regsaanspreeklikheid, verlies, skade, kostes of uitgawes van enige aard of enige gevolglike verlies regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, ontstaan uit, as gevolg van, op enige wyse betrokke is of in die mate wat dit bydra, tot die gevaarlike aard van asbestos, in watter vorm of kwantiteit ook al.

KERNOORSAAK UITSlUITINgSKlOUSUlETensy spesifiek ooreengekom vir ’n versekerde verlies wat kernmateriaal betrek onder vasgestelde omstandighede, dek hierdie versekering nie die verlies of skade regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur enige van die volgende, ongeag of enige ander oorsaak of gebeurtenis gelyktydig of in enige volgorde daartoe bydra: Kernmateriaal, kernsplyting of kernsmelting, kernbestraling, kernafval van die gebruik van kernbrandstof, kernplofstof of enige kernwapen.

DEfINISIES

“Kernmateriaal” Is radioaktiewe materiaal wat nie meer as 80 (tagtig) persent plutonium 238, of uranium 233 of 235 bevat.

“Kernsplyting” ’n Kernreaksie waartydens die splitsing van atoomkerns plaasvind, waarby ’n geweldige energie vrykom.

“Kernfusie” ’n Kernreaksie waartydens die samesmelting van ligtere atome om waarderes te vorm plaasvind, met die vrystelling van ontsaglike hoeveelhede energie.

“Kernbestraling” Die opneem van elektromagnetiese bestraling deur ’n atoom wat ’n magnetiese oomblik het wanneer dit in ’n eksterne magnetiese veld is.

“Kernafval” Is ’n radioaktief en ’n uiters giftige byproduk van kernbrandstof verwerkingsaanlegte, kern medikasie en kernwapen industrie. Kernafval bly radioaktief vir duisende jare en moet geberg word diep binne ondergrond of see, in dik beton of metaal (lood en vlekvrye staal) houers.

“Kernbrandstof” ’n Kern wat ’n splyting kettingreaksie handhaaf sodat dit gebruik kan word as ’n bron van energie.

“Kernplofstof” ’n Plofstof wat die vrystelling van energie meebring deur kernfusie, kernsplyting of beide.

“Kernwapen” ’n Kerntoestel wat ontwerp, gebruik of bruikbaar is om liggaamlike beserings of skade aan eiendom aan te rig.

Page 12: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

10 CIB/PER-AFR/25/03/15

Page 13: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

11 CIB/PER-AFR/25/03/15

AfDElINg 1 HUISEIENAARS

DEfINISIES

“U/Uself/Jou/Jouself/Jy” is die name soos in die Bylae vermeld, insluitend Jou gade en ander lede van Jou familie of Jou gade se familie wat normaalweg by Jou inwoon en finansieel van Jou afhanklik is.

“Ons” is RMB Structured Insurance Limited (RMBSI), die Versekeraar. RMBSI is ’n geregistreerde versekeraar vir die doeleindes van die Korttermyn Versekeringswet 1998 en ’n gelisensieerde finansiële diensteverskaffer vir doeleindes van die Finansiële Advies- en Tussengangersdienste Wet 2002 soos van tyd tot tyd gewysig.

“Privaat Woning” is die gebou in gebruik as woning waarvan die mure en dak konstruksie en die risiko adres in die Bylae van Versekering aangetoon word.

“Sekondêre Woning” is die woning wat vir vakansie, verhuring of sekondêre woon doeleindes gebruik word.

“Privaat Woning Konstruksie” is die gebou in gebruik as woning waarvan die mure en dak konstruksie en die risiko adres in die Bylae van Versekering aangetoon word, insluitend:

• private buitegeboue; • Jou los en vaste toebehore, terwyl in of aan die strukture; • vaste ontspannings- en ornamentele strukture; • paaie en rylane gebou van steen, beton, plaveiklip, asfalt of klip (nie gruis nie); • buite- en ander mure, hekpale, hekke, alle masjinerie van hekke, heinings (nie geplante

heinings); • tennisbane; • swembaddens, spa bad, saunas asook masjinerie en toerusting vir gebruik daarvan,

uitgesluit verskuifbare swembaddens; • satellietskottels; • weerlig afleiers/maste; • septiese tenks. • vaste masjienerie • openbare toevoer of krag verbindings alleenlik die eiendom van die versekerde of waarvoor

Jy verantwoordelik is.

“Risiko Adres/Perseel” is die risiko adres waarop die strukture van die privaat woning en buitegeboue geleë is.

“Buitegeboue” is huishoudelike buitekamers, motorhuise en buitegeboue wat nie regstreekse toegang tot die private woning het nie.

“Standaard Konstruksie” is, dat die konstruksie van die geboue by die risiko adres, se mure van steen, klip en sement en die dak van teëls, klip en sement, asbes of metaal sal wees.

“Huurder” is ’n persoon, nie die eienaar nie, wat in terme van ’n geskrewe kontak die eiendom huur, uitgesluit betalende gaste, kosgangers of loseerders.

“Onbewoon” is dat Jy of enige ander persoon wat deur Jou gemagtig is, afwesig is by die privaat woning soos geleë op die risiko adres.

“Vakant” is dat niemand in die woning woon of gebruik maak van die gebou of dat iemand die gebou sonder jou toestemming gebruik.

“Vaste Masjienerie” is masjienerie van swembaddens, spa baddens, boorgate (uitgelsuit windpompe en alleenlik vir huishoudelike gebruik), sprinkelbesproeiingstelsels, elektriese hekke, motorhuisdeure, sentrale stofsuier stelsels, waterpompe, lugversorgers en kragopwekkers vas geheg aan die eiendom.

BASIESE DEKKINg

VERSEKERDE EIENDOMJou versekerde strukture wat bekend staan as Jou private woning, waarvan die risiko adres, konstruksie van die mure en dak in die Bylae aangetoon word. Dit sluit in, alle vaste toerusting wat Jou eiendom is, asook waarvoor Jy aanspreeklik is as eienaar, uitsluitend vaste toerusting wat aan huurders behoort en waarvoor die huurder verantwoordelik is.

VERSEKERDE VOORVAllEOns verseker verlies of skade veroorsaak deur:1 Brand, weerlig en ontploffing;

2 Storm, wind, water, hael of sneeu. Uitgesluit die volgende; 2.1 Verlies of skade veroorsaak deur enige proses wat water gebruik of aangewend word, behalwe vir

brandbestryding deur plaaslike owerhede: 2.2 Verlies of skade veroorsaak deur slytasie;

Page 14: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

12 CIB/PER-AFR/25/03/15

2.3 Verlies of skade veroorsaak deur geleidelike agteruitgang; 2.4 Verlies of skade veroorsaak deur muf, roes of korrosie; 2.5 Verlies of skade veroorsaak as gevolg van inkrimping en/of uitsetting van grond te wyte aan die vogtigheid of

waterinhoud van sodanige grond soos ondervind in klei en ander soortgelyke grond;

3 Aardbewing 4 Die bars van watertenks, apparate of pype (insluitende die skade daaraan);

5 Botsing teen die privaat woonstrukture deur diere, voertuie, lugvaartuie of lugtoestelle of ander voorwerpe wat daaruit val of vallende bome behalwe as dit deur enigiemand afgekap word;

6 Diefstal of poging tot diefstal;

7 Lekkasie van olie uit olieverwarmers;

8 Kwaadwillige beskadiging, maar Ons dek nie kwaadwillige beskadiging terwyl Jou privaat woning uitgeleen, verhuur of onderverhuur word aan ’n huurder nie;

UITgEBREIDE BASIESE DEKKINg

1 INSAKKINg EN gRONDSVERSKUIWINg (Basiese Dekking) Ons sal Jou skadeloos stel vir verlies van of skade veroorsaak deur insakking of grondverskuiwing, uitgesluit: 1,1 Die eerste bedrag betaalbaar soos in die Bylae vermeld; of 1.2 Verlies van of skade aan dreine, watervore, grensmure, tuinmure, skermmure, stutmure, hekke, hek pale, hekke

en heinings, opritte, plaveisel, swembadomheinings, tennisbane; of 1.3 Verlies of skade veroorsaak as gevolg van inkrimping en/of uitsetting van grond te wyte aan die vogtigheid of

waterinhoud van sodanige grond soos ondervind in klei en ander soortgelyke grond; of 1.4 Verlies of skade veroorsaak of vererger as gevolg van foutiewe ontwerp of deur gebrekking kompaktering van

opvulwerk of swak konstruksie of die verswakking van die ondersteuning tot enige gebou; of 1.5 Verlies of skade veroorsaak as gevolg van strukturele veranderings, toevoegings of herstelwerk, insluitend vorige

reparasies wat herverskyn; of 1.6 Verlies of skade veroorsaak as gevolg van bogrondse of ondergrondse uitgrawings, behalwe uitgrawings in die

loop van mynbedrywighede; of 1.7 Verlies of skade veroorsaak as gevolg van normale vestiging, inkrimping en/of uitsetting van die geboue; en 1.8 Enige gevolglike verlies, behalwe verlies van huur indien spesifiek onder hierdie afdeling verseker is.

Indien Ons bepaal dat ’n eis nie gedek word nie as gevolg van enige van die bogenoemde uitsonderings hierbo, dan sal Jy die teendeel moet bewys.

2 VERlIES VAN HUURgElD Ons vergoed vir verlies van huurgeld of vir werklike koste vir soortgelyke verblyf deur Jou aangegaan, indien Ons die

privaat woning as onveilig verklaar om te bewoon; 2.1 Die dekking is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld vir ’n 12 (twaalf) maande periode of vir die tydperk

wat dit sal neem om Jou woning bewoonbaar te maak; 2.2 Indien hierdie uitbreiding onder die Huishoudelike Inhoud afdeling, vir dieselfde versekerde voorval van toepassing

is, vergoed Ons Jou slegs onder een van die afdelings.

In die geval waar die privaat woning nie herstel / heropgerig is nie, sal die verlies van huurgeld slegs betaalbaar wees tot en met die maand van skikking.

3 SPIEËlS EN SEKERE glAS Ons vergoed vir die koste van die vervanging van vaste glas, spieëls of sanitêre ware wat deel van Jou privaat

woonstruktures vorm, teen toevallige breekskade.

Hierdie addisionele dekking sal nie van toepassing wees as Jou privaat woning vir langer as 60 (sestig) dae aaneenlopend onbewoon en ongemeubileerd gelaat word nie.

4 BRANDBlUSKOSTE Ons vergoed vir die werklike koste wat ’n gemagtigde instansie hef vir die blus van ’n brand om verlies van of skade aan

Jou versekerde eiendom te voorkom of te verminder.

5 PROfESSIONElE fOOIE EN SlOPINgSKOSTE Ons vergoed vir die noodsaaklike koste wat Jy met Ons skriftelike toestemming aangegaan het: 5.1 vir sloping van die privaatwoning, puinverwydering vanaf die terrein en oprigting van skuttings wat vir

boubedrywighede nodig is; 5.2 vir argitekte, bourekenaars en raadgewende ingenieursfooie;

5.3 vir plaaslike owerhede se ondersoekfooie volgende op verlies of skade aan die privaatwoning, met dien verstande dat geen eis die versekerde bedrag soos in die Bylae vermeld, sal oorskry nie.

Page 15: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

13 CIB/PER-AFR/25/03/15

6 OPENBARE TOEVOER Of HOOfVERBINDINgS Ons vergoed vir toevallige skade en die billike en redelike koste vir die herstel en vervanging van, water-,riool-, gas-,

elektrisiteit- en telefoonverbindings, tussen die openbare toevoer en Jou privaat woonstrukture waarvoor Jy regtens verantwoordelik is.

7 DEKKINg VOOR REgISTRASIE VAN EIENDOM Ons vergoed vir verlies of skade as gevolg van ’n versekerde gebeure aan private strukture vir die periode tussen die

ondertekening van die koopooreenkoms en registrasie van oordrag van die eiendom op Jou naam en wat bestaande versekerde eiendom in terme van hierdie polis, vervang.

8 VERANDERINgS, AANBOUINgS EN VERBETERINgS Die vermeerdering in waarde van die privaatwoning as gevolg van veranderings, aanbouings en verbeterings deur Jou,

met dien verstande dat Jy Ons binne 30 (dertig) dae na voltooiing daarvan in kennis stel en dat Jy ’n addisionele premie sal betaal, gebaseer op sodanige veranderings, aanbouings en verbeterings wat nie 15% (vyftien persent) van die versekerde bedrag oorskry nie.

Diefstal of poging daartoe is uitgesluit in terme van die uitbreiding, tensy die diefstal of poging daarvan gepaard gaan met sigbare, kragdadige en gewelddadige inbreek in of uitbreek uit die versekerde private woonhuis, onderworpe aan ’n bydrae soos in die Bylae vermeld.

SPESIfIEKE KlOUSUlES (Beperkings)

1 SWEMBAD EN BOORgAT MASJINERIE Ons verseker water filtreer installasies, boorgat masjinerie (nie outomatiese swembadskoonmakers nie) teen toevallige

verlies of skade (nie slytasie nie), op die perseel.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

2 NOODVERBlYf Ons vergoed vir noodverblyf terwyl Jou privaat woonstruktuur onbewoonbaar is. Die dekking is vir ’n maksimum van 2

(twee) nagte geldig of sodra Jy in staat is om alternatiewe verblyf te reël terwyl Jou privaat woonstruktuur weer bewoonbaar gemaak word.

Indien die oorsaak van gebeure diefstal is, moet dit gepaard gaan met sigbare, kragdadige en gewelddadige toegang tot die gebou. Indien hierdie uitbreiding onder die Huishoudelike Inhoud afdeling van toepassing is, vergoed Ons Jou slegs onder een van die afdelings.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

3 WATERVERlIES AS gEVOlg VAN lEKKASIE Ons vergoed vir bedrae wat Jy aan die plaaslike owerheid verskuldig is vir verlies van water as gevolg van lekkende pype.

Dit is slegs gelding in terme van die volgende voorwaardes: 3.1 Indien die kwartaallikse lesing van waterverbruik die gemiddeld van die voorafgaande 12 (twaalf) maande se

lesings met 50% of meer oorskry, vergoed Ons Jou die koste verbonde aan die addisionele water verbruik; 3.2 Die vergoeding geld vir 2 (twee) afsonderlike voorvalle in enige 12 (twaalf) maande versekeringstydperk; 3.3 Dit is ’n voorwaarde wat aanspreeklikheid ingevolge hierdie uitbreiding voorafgaan, dat Jy by die ontdekking van ’n

waterlek (gestaaf deur fisiese bewys of op ontvangs van ’n buitengewone hoë water rekening) onmiddellik stappe sal neem om die betrokke pyp(-e) te herstel;

3.4 Hierdie uitbreiding dek nie die koste van regstellende optrede, met inbegrip van herstelwerk aan die betrokke pyp(-e) nie;

3.5 Ons is nie aanspreeklik vir eise nie: 3.5.1 As gevolg van lekkende krane, warmwatertoestelle, toiletstelsels en swembaddens; 3.5.2 Terwyl die privaatwoning vir ’n langer tydperk as 60 (sestig) dae onbewoon was, tensy Ons skriftelik

toegestem het; 3.5.3 Indien die watervlak van ’n swembad aangevul moet word as gevolg van ’n lekkende inlaat of uitlaatpyp.

Indien “Waterverlies as gevolg van lekkasie” onder die Huishoudelike Inhoud afdeling in terme van dieselfde voorval van toepassing is, vergoed Ons Jou slegs onder een van die afdelings.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

4 OPSPORINg VAN lEKKASIES Ons vergoed vir die billike en redelike onkoste om die oorsprong van ’n water-, gas- of olie lek uit ’n vaste huishoudelike

water- of verhittingstoestel op te spoor en vir noodsaaklike herstelwerk aan vloere, mure en plafonne wat daaruit voortspruit. Die eerste teken van die lekkasie moet na die aanvangsdatum van hierdie afdeling plaasgevind het.

Hierdie dekking sluit nie die herstelkoste van die lek in nie. Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

Page 16: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

14 CIB/PER-AFR/25/03/15

5 VERWYDERINg VAN BOME WAT gEVAl HET, SKADE AAN TUINE EN lANDSKAPPE Ons vergoeding is as volg van: 5.1 Die werklike koste vir die verwydering van bome wat geval het as gevolg ‘n versekerde voorval. Ons skriftelike

toestemming word benodig voor die verwydering daarvan.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

5.2 Skade aan besproeiïngstelsels, bome, struike, grasperke en plante veroorsaak deur ‘n versekerde voorval by Jou privaat woning.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

6 WAgTE Ons vergoed vir wagte wat Jy in diens geneem het om Jou privaat woonstruktuur te beskerm nadat ’n versekerde

gebeurtenis plaasgevind het, op voorwaarde dat die ooreenkoms gesluit is met ’n geregistreerde sekuriteitsmaatskappy wie ’n lid is van SAIDA (South African Intruder Detection System Association) of goedgekeur deur “SAIA Approved (Pty) Limited”.

Indien hierdie uitbreiding onder die Huishoudelike Inhoud afdeling vir dieselfde voorval van toepassing is, vergoed Ons Jou slegs onder een van die afdelings.

Ons vergoeding is vir die aantal dae, beperk tot ’n maksimum bedrag soos in die Bylae vermeld.

7 gEBARSTE WARMWATERTOESTEllE Ons vergoed vir die koste om warmwatertoestelle van dieselfde grootte te vervang mits daar van Ons 24 uur bystand

diens gebruik gemaak word, wie ’n goedgekeurde verskaffer sal aanstel om die vervanging te doen. Indien nie van hierdie fasiliteit gebruik gemaak word nie, is die limiet van toepassing soos in die Bylae vermeld.

8 SKADE DEUR WIlDE DIERE Toevallige skade aan die gebou soos geute, dakke en vensters veroorsaak deur wilde bobbejane en ape.

Ons vergoeding is beperk tot die bybetaling bedrag soos in die Bylae vermeld.

OPSIONElE UITBREIDINgS (slegs van toepassing indien die dekking in die Bylae vermeld word en ’n premie daarvoor betaal is)

1 INSAKKINg EN gRONDVERSKUIWINg (Uitgebreide Dekking) Ons vergoed vir verlies of skade as gevolg van insakking en grond verskuiwing, onderworpe aan die indiening van ’n

geotegniese ingenieursverslag, tot Ons bevrediging en Ons skriftelike aanvaarding daarvan. Die koste van sodanige geotegniese ingenieursverslag sal deur Jou gedra word.

Die uitbreiding dek nie; 1.1 Die eerste bedrag betaalbaar soos in die Bylae vermeld; of 1.2 Verlies of skade aan riole, waterlope, grensmure, tuinmure, skermmure en stutmure, hekpale, hekke en heinings,

opritte, plaveisel, swembadrande of tennisbane nie, tensy meer spesifiek verseker; of 1.3 Verlies of skade as gevolg van foutiewe ontwerp of konstruksie van, of die verwydering of verswakking van

ondersteuning aan enige gebou; of 1.4 Verlies of skade veroorsaak as gevolg van strukturele veranderings, toevoegings of herstelwerk, insluitend vorige

reparasies wat herverskyn; of 1.5 Verlies of skade veroorsaak as gevolg van bogrondse of ondergrondse uitgrawings, behalwe uitgrawings in die

loop van mynbedrywighede; of 1.6 Enige gevolglike verlies, behalwe verlies van huur indien spesifiek onder hierdie afdeling verseker is. Indien Ons bepaal dat ’n eis nie gedek word deur enige van bogenoemde uitsonderings nie, dan moet Jy die teendeel bewys.

2 KRAgSTUWINg Ons vergoed vir skade aan elektroniese/elektriese toerusting wat deel is van vaste toerusting aan die gebou, veroorsaak

deur kragstuwing tot die bedrag soos in die Bylae vermeld. Enige skade as gevolg van ’n rimpeleffek aflos skakel en/of veroorsaak deur enige instandhouding daarvan, word nie gedek nie.

3 TOEVAllIgE SKADE Ons vergoed vir toevallige skade aan vaste masjinerie wat op die perseel soos in die Bylae vermeld geïnstalleer is, indien

sodanige skade skielik en onverwags plaasvind. Hierdie uitbreiding verseker nie: 3.1 Die eerste bedrag betaalbaar soos in die Bylae vermeld; 3.2 Data en kommunikasie toerusting en apparaat; 3.3 Windpompe; 3.4 Skade veroorsaak deur kragonderbreking;

Page 17: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

15 CIB/PER-AFR/25/03/15

3.5 Enige masjinerie wat vir besigheidsdoeleinde gebruik word.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

VOORWAARDES

1 VERSEKERDE BEDRAg, SKADElOOSSTEllINgSPERK EN VERgOEDINgSPERK Die eiendom moet gedurende die versekeringsperiode vir die huidige vervangingswaarde, van soortgelyke nuwe eiendom,

verseker word.

Die keuse berus by Ons om te herstel, te vervang, kontant te betaal of ’n kombinasie van genoemde moontlikhede uit te oefen.

Betalings ten opsigte van “ SPESIFIEKE KLOUSULES” is bykomend tot die versekerde bedrag, soos in die Bylae vermeld, vir die Basiese Dekking.

Die basis van vergoeding ten opsigte van die versekerde geboue, of gedeelte daarvan, is beperk tot die versekerde bedrag soos in die Bylae vermeld.

Ons vergoeding is vir ’n enkele eis of ’n reeks eise wat uit een gebeurtenis ontstaan is beperk tot; 1.1 die versekerde bedrag in terme van die Basiese Dekking; of 1.2 die werklike koste met betrekking tot Uitgebreide Basiese Dekking, of 1.3 die bedrag soos vermeld in terme van Spesifieke Klousules; of 1.4 die versekerde bedrag soos in die Bylae vermeld in terme van die Opsionele Uitbreidings.

2 HUURDERS Hierdie versekering word nie ongeldig gemaak deur die daad of versuim deur enige van Jou huurders nie, met dien

verstande dat Jy Ons in kennis stel sodra Jy van sodanige daad of versuim te wete kom.

3 VERBANDHOUER SE BElANgE Die belange van die verbandhouer: 3.1 Geniet voorkeur bo Jou belange; 3.2 Word beperk tot die bedrag deur Jou aan die verbandhouer verskuldig op die huisleningsrekening ten opsigte van

die versekerde privaatwoning; 3.3 Sal nie ongeldig gemaak word deur enige daad of versuim deur Jou nie, indien die verbandhouer nie redelikerwys

van sodanige daad of versuim, bewus was nie.

4 BEDRAg DEUR U BETAAlBAAR Jy is verantwoordelik vir die bybetalingsbedrag en/of persentasie van die verlies, soos in die Bylae vermeld, van elke

gebeurtenis. Verwys na “Algemene Voorwaardes”. Indien die basis van bydrae ’n persentasie verteenwoordig, sal dit bereken word teen die bruto bedrag geëis.

HIERDIE AfDElINg DEK NIEGeen van die volgende word gedek nie, tensy dit gespesifiseer word en volgens die Bylae daaraan ’n waarde geheg is:1 Verlies of skade veroorsaak deur sloping, verandering, oprigting, skoonmaak, vernuwings, herstelwerk, opknapping of ’n

soortgelyke proses;

2 Verlies of skade veroorsaak deur verrotting, stygende vog, swamme, skimmel, besmetting, insekte of peste;

3 Verlies of skade veroorsaak deur verhoging van die watertafel, behalwe as gevolg van storm;

4 Verlies of skade veroorsaak deur chemies besoedelde mynwater;

5 Verlies of skade veroorsaak deur onkruid of wortels;

6 Verlies of skade veroorsaak deur afsplintering, krapmerke, ontsiering of verkleuring;

7 Verlies of skade veroorsaak deur slytasie of ander oorsake wat geleidelik inwerk;

8 Verlies of skade veroorsaak deur gebrek aan onderhoud;

9 Verlies of skade veroorsaak deur foutiewe ontwerp en/of konstruksie;

10 Verlies of skade veroorsaak deur storm, wind, water, hael of sneeu tydens opknappings, byvoegings of aanbouings as die verlies of skade weens die opknappings, byvoegings of aanbouings veroorsaak of vererger word;

11 Diefstal of poging tot diefstal gedurende opknappings, byvoegings of aanbouings tensy diefstal of poging tot diefstal gepaard gaan met kragdadige, gewelddadige en sigbare toegang tot die perseel.

Page 18: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

16 CIB/PER-AFR/25/03/15

12 Diefstal of poging tot diefstal terwyl Jou privaat woning uitgeleen, verhuur of onderverhuur word, tensy diefstal of poging tot diefstal gepaard gaan met kragdadige, gewelddadige en sigbare toegang tot die perseel;

13 Verlies of skade wat deur ’n waarborg, dienskontrak, koopkontrak of koopooreenkoms gedek word;

14 Gevolglike verlies of skade hoegenaamd, behalwe as daar voorsiening gemaak is vir Verlies van Huurgeld;

15 Eise wat uit kontraktuele aanspreeklikheid voortspruit, tensy regsaanspreeklikheid sou bestaan in die afwesigheid daarvan in terme van so ’n ooreenkoms;

16 Verlies of skade aan jou private woning of buitegeboue, indien nie van Standard konstruksie nie, tensy dit spesifiek in die bylae vermeld word, die addisionele premie daarvoor betaal is en alle spesifieke voorwaardes gestel, in die waarborge/notas/endossemente van hierdie afdeling, nagekom is;

17 Verlies of skade aan die private woning wat meer as 60 (sestig) dae agtereenvolgend onbewoon gelaat was, tensy Ons skriftelik daarvoor toestemming verleen het;

18 Ons sal geen vergoeding of aanspreeklikheid onder meer as een afdeling van die polis, vir dieselfde gebeurtenis, betaal nie of aanspreeklik wees nie;

19 Verlies of skade veroorsaak deur elektriese of meganiese onklaarraking as gevolg van kragstuwing.

20 Verlies of skade aan lee geboue.

Page 19: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

17 CIB/PER-AFR/25/03/15

AfDElINg 2 HUISHOUDElIKE INHOUD

DEfINISIES

“U/Uself/Jou/Jouself/Jy” is die name soos in die Bylae vermeld, insluitend Jou gade en ander lede van Jou familie of Jou gade se familie wat normaalweg by Jou inwoon en finansieel van Jou afhanklik is.

“Ons” is RMB Structured Insurance Limited (RMBSI), die Versekeraar. RMBSI is ’n geregistreerde versekeraar vir die doeleindes van die Korttermyn Versekeringswet 1998 en ’n gelisensieerde finansiële diensteverskaffer vir doeleindes van die Finansiële Advies- en Tussengangersdienste Wet 2002 soos van tyd tot tyd gewysig.

“Primêre Woning” is die gebou in gebruik as woning waar Jy permanent inwoon.

“Sekondêre Woning” is die woning wat vir vakansie, verhuring of sekondêre woon doeleindes gebruik word.

“Privaat Woning” is die gebou in gebruik as woning waarvan die mure en dak konstruksie en die risiko adres in die Bylae van Versekering vermeld word.

“Buitegeboue” is kamers, motorhuise en buitegeboue wat nie regstreekse toegang tot die privaat woning het nie en geleë is by en gebruik word in ooreenstemming met Jou privaat woning by die risiko adres.

“Risiko Adres/Perseel” is die perseel se adres waarop die strukture van Jou privaat woning en buitegeboue geleë is.

“Standaard Konstruksie” is die konstruksie van die geboue waarvan die mure van steen, klip en sement en die dak van teëls, klip en sement, asbes of metaal gebou is.

“Huurder” is ’n persoon, nie die eienaar nie, wat in terme van ’n geskrewe kontrak die eiendom huur, uitgesluit betalende gaste, kosgangers of loseerders.

“Onbewoon” is wanneer Jy of enige ander persoon wat deur Jou gemagtig is, afwesig is by die privaat woning of risiko adres.

“Vakant” is dat niemand in die woning woon of gebruik maak van die gebou of dat iemand die gebou sonder jou toestemming gebruik.

“geld” is kontant, tjeks, reisigerstjeks, posorders, poswissels, reisigers en ander kaartjies, geskenkbewyse en posseëls.

“Diefstal” is die onwettige neem van ’n ander persoon se eiendom met doel om die eienaar van eienaarskap te ontneem, sonder wesenlike, sigbare en gewelddadige inbreek in of uitbreek uit ’n gebou.

“Inbraak” is die onwettige neem van ’n ander persoon se eiendom met die doel om die eienaar van eienaarskap te ontneem en wat gepaard gaan met kragdadige, sigbare en gewelddadige inbreek in of uitbreek uit ’n gebou.

“Mobiele Kommunikasie Toestelle” is draagbare elektroniese items in gebruik as mobiele kommunikasie, insluitend toebehore

daarvan. (bv.selfone, satellietnavigasie (GPS).

“Draagbare Elektroniese Toestelle” is toestelle wat in staat is om inligting te stoor, te verwerk en oor te dra en wat klein genoeg is

om met die hand gedra te word. (bv. Skootrekenaars, “kindles”, “iPads” en tablet toestelle)

“Persoonlike Besittings” is eiendom wat gewoonlik in of aan ’n persoon gedra word, maar nie binne in die liggaam nie.

BASIESE DEKKINg Dekking word verleen vir verlies of skade aan Jou persoonlike besittings of waarvoor Jy verantwoordelik is, by die risiko adres en vir die versekerde bedrag soos in die Bylae vermeld.

Dit sluit die volgende in:1 huishoudelike inhoud;

2 persoonlike besittings, insluitend kantoor toerusting wat in/by die privaat woning gehou word;

3 vaste toebehore wat aan Jou as huurder behoort en nie die eienaar van die privaat woning nie.

Page 20: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

18 CIB/PER-AFR/25/03/15

VERSEKERDE gEVAREOns verseker verlies of skade veroorsaak deur:1 Brand, weerlig en ontploffing;

2 Storm, wind, water, hael of sneeu. Ons dek nie die volgende nie: 2.1 Verlies of skade veroorsaak deur enige proses wat water gebruik of aanwend; 2.2 Eiendom binne-in enige struktuur wat nie ’n voltooide dak het nie; 2.3 Verlies of skade veroorsaak deur slytasie en waardevermindering; 2.4 Verlies of skade veroorsaak deur geleidelike agteruitgang; 2.5 Verlies of skade veroorsaak deur muf, roes of korrosie;

3 Aardbewing;

4 Botsing teen die privaat woning deur diere, voertuie, lugvaartuie of lugtoestelle of ander voorwerpe wat daarvan val, of vallende bome, behalwe terwyl dit deur iemand afgekap word;

5 Diefstal of enige poging daartoe, op voorwaarde dat diefstal gepaard moet gaan met tekens van kragdadige, gewelddadige en sigbare toegang indien nie deur Jou geokkupeer word nie;

6 Lekkasie van olie uit olieverwarmers;

7 Kwaadwillige beskadiging, maar Ons dek nie kwaadwillige beskadiging terwyl Jou privaat woning uitgeleen, verhuur of onder verhuur word.

UITgEBREIDE BASIESE DEKKINgHierdie uitbreidings is onderworpe aan die polis voorwaardes en uitsluitings, wanneer van toepassing.

1 BRANDBlUSKOSTE Ons vergoed vir die werklike koste wat ’n gemagtigde instansie hef vir die blus van ’n brand ten einde verlies van of skade

aan Jou versekerde eiendom te voorkom of te verminder.

SPESIfIEKE KlOUSUlES (Beperkings)Die limiete hieronder genoem, is addisioneel tot die basiese dekking en onderworpe aan die polis voorwaardes en uitsluitings, waar van toepassing.

1 ADDISIONElE INHOUD BUITE DIE WONINg Ons vergoed vir verlies van of skade aan die versekerde inhoud terwyl dit buite die private woning gehou word, as gevolg

van ’n versekerde gevaar terwyl die inhoud gehou word: 1.1 Binne ’n gebou waar Jy tydelik inwoon of binne enige bewoonde private woning; 1.2 In veilige bewaring is, te enige hotel, gaste huis, bank, bewaarkluis, of meubel bewaarplaas wat geregistreer is vir

die stoor van goedere. 1.3 Binne die besigheidsgebou vir opmaak, veranderings, herstel, opknapping, skoonmaak of kleuring. 1.5 Binne enige kantoorgebou waar Jy werksaam is.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

2 VERlIES VAN HUURgElD Ons vergoed vir verlies van huurgeld of vir werklike koste vir soortgelyke verblyf deur Jou aangegaan, indien Ons die

privaat woning as onveilig verklaar om te bewoon; 2.1 Die dekking is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld vir ’n 12 (twaalf) maande periode of vir die tydperk

wat dit sal neem om Jou woning bewoonbaar te maak; 2.2 Indien hierdie uitbreiding onder die Huiseienaars afdeling, vir dieselfde versekerde voorval van toepassing is,

vergoed Ons Jou slegs onder een van die afdelings.

In die geval waar die privaat woning nie herstel is nie, sal die verlies van huurgeld slegs betaalbaar wees tot en met die maand van skikking.

3 NOODVERBlYf Ons vergoed Jou vir noodverblyf indien die struktuur van Jou private woning onveilig is om te bewoon. Die dekking is vir

’n maksimum van 2 (twee) nagte geldig of so gou as wat alternatiewe akkommodasie bekom word, vir die tydperk wat benodig word om Jou woning bewoonbaar te maak.

Indien die oorsaak van die verlies diefstal is, moet dit gepaard gaan met sigbare, kragdadige en gewelddadige toegang tot die gebou.

Indien hierdie dekking onder die Huiseienaars afdeling vir dieselfde gebeurtenis van toepassing is, vergoed Ons Jou slegs onder een van die afdelings.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

Page 21: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

19 CIB/PER-AFR/25/03/15

4 WATERVERlIES AS gEVOlg VAN lEKKASIE Ons vergoed vir bedrae wat Jy aan die plaaslike owerheid verskuldig is vir verlies van water as gevolg van lekkende pype.

Dit is slegs gelding in terme van die volgende voorwaardes: 4.1 Indien die kwartaallikse lesing van waterverbruik die gemiddeld van die voorafgaande 12 (twaalf) maande se

lesings met 50% of meer oorskry, vergoed Ons Jou die koste verbonde aan die addisionele water verbruik; 4.2 Die vergoeding geld vir 2 (twee) afsonderlike voorvalle in enige 12 maande versekeringstydperk; 4.3 Dit is ’n voorwaarde wat aanspreeklikheid ingevolge hierdie uitbreiding voorafgaan, dat Jy by die ontdekking van ’n

waterlek (gestaaf deur fisiese bewys of op ontvangs van ’n buitengewone hoë water rekening) onmiddellik stappe sal neem om die betrokke pyp(-e) te herstel;

4.4 Hierdie uitbreiding dek nie die koste van regstellende optrede, met inbegrip van herstelwerk aan die betrokke pyp(-e) nie;

4.5 Ons is nie aanspreeklik nie vir eise: 4.5.1 As gevolg van lekkende krane, warmwatertoestelle, toiletstelsels en swembaddens; 4.5.2 Terwyl die privaatwoning vir ’n langer tydperk as 60 (sestig) dae onbewoon was, tensy Ons skriftelik

toegestem het; 4.5.3 Indien die watervlak van ’n swembad aangevul moet word as gevolg van ’n lekkende inlaat of uitlaatpyp. Indien “Waterverlies as gevolg van lekkasie” onder die Huiseienaars afdeling in terme van dieselfde voorval van toepassing

is, vergoed Ons Jou slegs onder een van die afdelings.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

5 TOEVAllIgE SKADE Ons vergoed vir verlies van of skade aan die inhoud, wat nie meer spesifiek verseker is nie, as gevolg van enige oorsaak

terwyl dit binne die woning gehou word, met inbegrip van huishoudelike toebehore en brekasie van spieëls en glas (wat nie deel vorm van die vaste toebehore en toerusting nie).

Die dekking ingevolge die uitbreiding sluit die volgende uit: 5.1 Verlies of skade veroorsaak deur: 5.1.1 Enige oorsaak of voorval wat gedek word deur enige ander afdeling van die polis; 5.1.2 Slytasie; 5.1.3 Waardevermindering, oorsake wat geleidelik inwerk, uitwerking van lig of atmosferiese toestande, roes,

muf, motte, ongediertes, korrosie, ontbinding, insekte of hul larwes; 5.1.4 Oor-opwen van horlosies; 5.1.5 Elektroniese, elektriese of meganiese onklaarraking; 5.1.6 ’n Skoonmaak, herstel of opknappingsproses; 5.2 Skade aan glas, glasware, juwele, of ander breekbare items as gevolg van krake, duike, afsplitsing of krapmerke; 5.3 Die koste van reproduksie of herstel van data; 5.4 Verlies van of skade aan draagbare rekenaartoerusting, mobiele kommunikasie toestelle, oudiobande, laserskywe

en DVD’s; 5.5 Skade aan vuurwapens; 5.6 Die bybetaling soos in die Bylae vermeld.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

6 KRAgSTUWINg Ons vergoed vir skade aan elektroniese / elektriese toerusting wat deel vorm van Jou huisinhoud, veroorsaak deur

kragstuwings tot die bedrag soos in die Bylae vermeld. Enige skade as gevolg van rimpel-aflos en/of as gevolg van onderhoud, word nie gedek nie.

7 TOEVAllIgE DOOD Indien Jy of ’n lid van Jou familie wat by Jou woonagtig is, toevallige liggaamlike beserings opdoen en as ’n regstreekse

gevolg daarvan, binne 90 (negentig) dae te sterwe kom, betaal Ons die bedrag soos in die Bylae vermeld.

Indien “Toevallige Dood” onder enige ander afdeling van die polis van toepassing is, vergoed Ons Jou slegs onder een van die afdelings.

8 VEEARTSENYKUNDIgE KOSTE Ons vergoed veeartsenykunde koste deur Jou aangegaan tot die bedrag soos in die Bylae vermeld, vir beserings wat Jou

troeteldier opgedoen het as gevolg van ’n padongeluk.

9 VERlIES VAN SlEUTElS Ons vergoed vir die vervanging van sleutels en slotte van Jou private woning, insluitend verlies of skade van afstandbeheer

kontroles en indien nodig die programmering van sekuriteit stelsels.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

10 MEDIESE UITgAWES Ons vergoed vir mediese uitgawes wat Jy aangegaan het, as gevolg van toevallige liggaamlike besering wat op Jou perseel

opgedoen is deur of voortspruitend uit; 10.1 Enige persoon, uitgesonder Jouself, veroorsaak deur Jou troeteldier; of 10.2 Enige defek in die konstruksie van Jou privaatwoning; of

Page 22: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

20 CIB/PER-AFR/25/03/15

10.3 Jou huishoudelike werknemer met wie Jy ’n skriftelike dienskontrak het en wat opgedoen is in die loop van sy/haar diens.

Ons skadeloosstelling is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

11 EIENDOM VAN gASTE Eiendom van gaste word verseker in terme van dieselfde bepalings en voorwaardes as die res van die afdeling, en is

beperk tot R1 000 (een duisend rand) per item vir ’n enkele voorval, met uitsluiting van geld, vooruitbetaalde selfoon of telefoonbewyse en verhandelbare dokumente. Die dekking is nie van toepassing indien die besoekers ook dekking hiervoor beskik nie.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

12 PERSOONlIKE BESITTINgS VAN HUISHOUDElIKE WERKNEMERS Eiendom van huishoudelike werknemers word verseker in terme van dieselfde bepalings en voorwaardes as die res van die

afdeling, en is beperk tot R2 000 (twee duisend rand) per item vir ’n enkele voorval, met uitsluiting van geld, vooruitbetaalde selfoon of telefoonbewyse en verhandelbare dokumente. Die dekking is nie van toepassing indien die huishoudelike werknemer ook dekking hiervoor beskik nie.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

13 INHOUD VAN YS EN VRIESKASTE Ons vergoed vir toevallige skade aan voedsel wat in enige ys of vrieskaste, in die privaatwoning of buite geboue gehou

word, teen bederwing as gevolg van; 13.1 Onklaarraking of toevallige skade aan die eenheid; of 13.2 ’n Verandering in temperatuur, nie as gevolg van die verstelling van die temperatuur kontrole deur iemand nie of

die nalate van betaling of aankope van krag of enige tipe brandstof.

Ons vergoed Jou vir 1 (een) gebeurtenis binne enige 12 (twaalf) maande periode tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

14 TRAUMABEHANDElINg Ons vergoed Jou indien Jy die slagoffer is van gewelddadige optrede tydens ’n diefstal, poging tot diefstal, aanhouding of

kaping, wat plaasgevind het in Jou privaatwoning of op Jou perseel, vir professionele beradingkoste aangegaan en betaal en wat van geen ander versekering of fasiliteit verhaalbaar is nie.

Ons skadeloosstelling is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld

15 SEKURITEITSWAgTE Ons vergoed vir die indiensneming van wagte om Jou persoonlike besittings te beskerm nadat ’n versekerde gebeurtenis

plaasgevind het en ’n ooreenkoms gesluit is met ’n geregistreerde sekuriteitsmaatskappy, wie ’n lid is van SAIDA (South African Intruder Detection System Association) is of deur “SAIA Approved (Pty Limited goedgekeur is.

Indien hierdie uitbreiding ook op die Huiseienaars afdeling, vir dieselfde gebeure, van toepassing is, vergoed Ons Jou slegs onder een van die afdelings.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag per dag en ’n maksimum bedrag per gebeurtenis, soos in die Bylae vermeld.

16 KANTOORINHOUD Ons vergoed vir die verlies van besigheidsgoedere en toerusting wat in ’n kantoor binne die privaatwoning gehou word tot

die maksimum bedrag soos in die Bylae vermeld, in enige 12 (twaalf) maande versekeringsperiode.

Die dekking is slegs van toepassing, indien die kantoor direkte toegang tot die hoofwoning verleen.

Geen dekking bestaan vir verlies of skade van handelsvoorraad en geld nie, wat uit die kantoor verlore raak en wat binne die private woning bedryf word.

17 IDENTITEITSDIEfSTAl Ons vergoed vir regskostes en koste rakende wederregtelike gebruik van Jou identiteit en vervanging van

identiteitsdokumente tot die bedrag soos in die Bylae vermeld, binne enige 12 (twaalf) maande periode.

18 KREDIET-, DEBIETKAARTE EN SIMKAARTE Ons vergoed vir regsaanspreeklikheid, insluitend regskoste en ander koste met Ons skriftelike toestemming aangegaan,

voortspruitend uit die wederregtelike gebruik van Jou kredietkaart, debietkaart of Simkaarte deur ’n persoon wat nie verwant is aan Jou nie, vir enige enkele eis of reeks van eise voortspruitend uit dieselfde gebeurtenis of reeks van gebeure, gedurende die versekeringsperiode. Jy word vergoed indien ’n geregistreerde finansiële instansie, handelaar of selfoon verskaffer die kredietkaart, debietkaart of simkaart amptelik in Jou naam uitgereik het en dat Jy aan al die vereistes voldoen het.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermelde.

Page 23: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

21 CIB/PER-AFR/25/03/15

19 gElD Ons vergoed vir verlies van of skade aan aktes, kontant, verbande, wisselbrief, promesse, tjeks, sekuriteit vir geld en

vooruitbetaalde telefoonkaarte, of vooruitbetaalde selfoonkaarte by die versekerde perseel, onderworpe aan kragdadige, gewelddadige en sigbare toegang en beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

20 KOlHOU Ons vergoed vir ’n kolhou geslaan indien Jy as ’n amateur golf speel. Ten einde vergoeding te ontvang moet Jy in ’n

kompetisie volgens die standaard gholfreëls speel en moet die kolhou deur die sekretaris van die betrokke gholfklub skriftelik bevestig word.

Ons vergoeding is vir die bedrag soos in die Bylae vermeld.

21 VOlTAl Ons vergoed Jou indien Jy deel is van ’n rolbalspan (span van vier) en Jy teken ’n voltal aan in ’n rolbalspel in enige

kompetisie waarin Jy as amateur deelneem, gespeel het volgens die reëls van die Suid-Afrikaanse Rolbal Vereniging, by enige erkende rolbalklub en die voltal deur die sekretaris van die betrokke rolbalklub skriftelik bevestig word.

Ons vergoeding is vir die bedrag soos in die Bylae vermeld

22 gOEDERE IN DIE OPE Ons vergoed Jou vir enige item wat ontwerp is om in die ope te bestaan, indien die item/items gesteel word terwyl dit

buite die gebou se begrensing is (by die adres van die versekerde eiendom soos in die Bylae vermeld), vir enige een gebeurtenis, tensy die item in terme van die polis gespesifiseer is.

Ons vergoeding is vir die bedrag, of ’n persentasie van die Huishoudelike Inhoud se versekerde bedrag, soos in die Bylae vermeld.

23 gOEDERE EN gEREEDSKAP gESTEEl VANUIT DIE BUITEgEBOUE Ons vergoed vir diefstal vanuit jou buitegeboue, tot die bedrag soos in die Bylae vermeld, vir enige een gebeurtenis,

onderworpe aan diefstal veroorsaak deur sigbare, kragdadige en gewelddadige toegang tot die geboue.

24 EIENDOM IN TRANSITO Ons vergoed vir Jou eiendom in transito, beperk tot diefstal deur kragdadige, gewelddadige en sigbare toegang, brand

weerlig, ontploffing, botsing en omslaan van die voertuig, terwyl Jy van permanente woonadres verander, of terwyl Jou versekerde eiendom vervoer word na of van ’n geregistreerde meubelpakhuis van ’n meubelvervoer kontrakteur. Skade aan bros artikels soos glas en porselein word uitgesluit, tensy hierdie artikels deur ’n meubelvervoer kontrakteur verpak is en nie andersins verseker is nie.

25 SKADE DEUR WIlDE DIERE Ons vergoed vir skade aan Jou huishoudelike inhoud soos meubels, voedsel, vuil maak van matte en sagte uitrusting deur

wilde bobbejane en ape.

Ons vergoeding is beperk tot die bybetaling bedrag soos in die Bylae vermeld.

26 DIEfSTAl SONDER KRAgDADIgE EN gEWElDDADIgE TOEgANg Diefstal of poging tot diefstal terwyl die private woning deur die versekerde onbewoon gelaat word, word verlies of skade

beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld, tensy toegang by wyse van kragdadige, gewelddadige en sigbare wyse verkry is. Hierdie uitbreiding dek nie diefstal of poging tot diefstal vanuit buitegeboue nie.

OPSIONElE UITBREIDINg (Slegs van toepassing indien die dekking in die Bylae vermeld word en ’n premie daarvoor betaal is)

1 INSAKKINg EN gRONDVERSKUIWINg Ons verseker verlies of skade aan Jou persoonlike besittings wat veroorsaak word deur insakking en grondverskuiwing.

1.1 Die uitbreiding dek nie skade veroorsaak deur of toeskryfbaar aan: 1.1.1 Gebrekkige ontwerp of konstruksie van, of die verwydering of verswakking van stutte van enige gebou

geleë by die versekerde perseel. 1.1.2 Werkers besig met strukturele veranderings, aanbouings of herstelwerk aan enige gebou geleë by die

versekerde perseel. 1.1.3 Uitgrawings bo of ondergronds, behalwe uitgrawings tydens mynboubedrywighede. 1.2 Gevolglike verlies van enige aard, behalwe verlies van huurgeld indien dit gespesifiseer is onder die afdeling. Indien Ons bepaal dat ’n eis nie gedek word deur enige van bogenoemde uitsonderings nie, dan moet Jy die

teendeel bewys.

Page 24: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

22 CIB/PER-AFR/25/03/15

VOORWAARDES

1 VERSEKERDE BEDRAg, BASIS VAN AANSPREEKlIKHEID EN lIMIETE VAN VERgOEDINg Die versekerde bedrag vir die versekerde eiendom, moet die huidige vervangingswaarde van soortgelyke nuwe eiendom vir

die volle termyn van die polis verteenwoordig.

Die keuse berus by Ons, om te herstel, te vervang, kontant te betaal of ’n kombinasie van genoemde moontlikhede uit te oefen.

Betalings onder “ SPESIFIEKE KLOUSULES (Beperkings)”, is bykomend tot die versekerde bedrag van die Basiese dekking. Die basis van vergoeding vir versekerde eiendom is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

Ons vergoeding vir ’n enkele eis of ’n reeks eise wat uit een gebeurtenis ontstaan is beperk tot: 1.1 die versekerde bedrag in terme van die Basiese Dekking; of 1.2 die werklike koste met betrekking tot Uitgebreide Basiese Dekking; of 1.3 die bedrag soos in die Bylae vermeld in terme van Spesifieke Klousules (Beperkings); of 1.4 die bedrag soos in die Bylae vermeld ten opsigte van Opsionele Uitbreidings.

2 WAARDEVOllE ARTIKElS Ons stel jou skadeloos vir verlies of skade aan pelse, matte, skilderye, halfedel en edelmetale, juweliersware, stene en

items vervaardig daarvan, horlosies, versamelinge en items soos beskryf onder die Skone en Beeldende Kunste afdeling tot ʼn bedrag gelykstaande aan een derde van die versekerde bedrag van die huishoudelike inhoud. Ons benodig bewys van aankope en/of ’n waardasie sertifikaat vir pelse, matte, skilderye, halfedel en edelmetale, juweliersware, stene en items vervaardig daarvan, horlosies, versamelinge en items soos beskryf onder die Skone en Beeldende Kunste afdeling, wat die bedrag van R2 500 (twee duisend vyf honderd rand) oorskry.

Alle waardasie sertifikate en aankoop bewyse moet in die Suid Afrikaanse geldeenheid verskaf word. Indien die aankoop bewys in ’n vreemde geldeenheid is, sal ’n waardasiesertifikaat in Suid Afrikaanse geldeenheid verlang word.

3 gESlOTE KlUIS WAARBORg – JUWElIERSWARE Dit word hiermee gewaarborg dat alle juweliersware, wat die versekerde bedrag van R 20 000.00 (twintig duisend rand)

oorskry in ʼn geslote kluis weggesluit is wanneer dit nie aan die persoon gedra word of in gebruik is nie. Dit word ook verder gewaarborg dat die “geslote kluis” permanent tot die vloer en/of muur konstruksie van die woonhuis vasgeheg is en te alle tye gesluit sal wees. In die geval van ʼn eis ten opsigte van juweliersware (soos bo beskryf) wat gesteel is uit ʼn geslote kluis, is diefstal dekking onderhewig aan wesenlike, gewelddadige en sigbare toegang tot die kluis.

Indien die juweliersware item nie in ‘n geslote kluis weggesluit is nie, sal Ons aanspreeklikheid beperk word tot R20,000 (twintig duisend rand) vir iedere en elke juweliersware item en onderhewig aan ‘n addisionele bybetaling soos in die Bylae vermeld

4 gESlOTE KlUIS WAARBORg – VUURWAPENS Dit word hiermee gewaarborg dat alle vuurwapens, soos gedefinieer in terme van die Wet op Vuurwapen Beheer, in ʼn

geslote kluis weggesluit is. wanneer dit nie aan die persoon gedra word of in gebruik is nie. Dit word verder gewaarborg dat die “geslote kluis” permanent tot die vloer en/of muur konstruksie van die woonhuis vasgeheg is en te alle tye gesluit sal wees. In die geval van ʼn eis ten opsigte van ʼn vuurwapen wat gesteel is uit ʼn geslote kluis, is diefstal dekking onderhewig aan kragdadige, gewelddadige en sigbare toegang tot die kluis.

5 ITEMS IN ’n BANKKlUIS Verlies of skade aan items soos in die Bylae vermeld, wat by ’n bank vir bewaring gehou word, geld slegs wanneer die

items in ’n persoonlike bewaarkluis by ’n geregistreerde bank gedeponeer is. Ons vereis ’n inventaris van alle goedere in die bankkluis en Jy is verplig om Ons onmiddellik in kennis te stel sodra items daaruit verwyder word.

6 VEIlIgHEIDSMAATREËlS

6.1 DIEfWERINg EN VEIlIgHEIDSHEKKE Indien Ons diefwering en veiligheidshekke vereis, soos in die Bylae vermeld, vergoed Ons Jou vir diefstal of

inbraak onder hierdie afdeling slegs indien: 6.1.1 alle oopmaak vensters en buite deure met die vereiste diefwering en veiligheidshekke beskerm is; 6.1.2 die vereiste diefwering en veiligheidshekke gesluit is wanneer Jy of ’n persoon aan wie Jy magtiging

verleen het om na Jou privaat woning om te sien, die privaat woning onbewaak laat; 6.1.3 die vereiste diefwering en veiligheidshekke nie sonder Ons toestemming verwyder is nie.

6.2 AlARMSTElSElS As Ons ’n alarmstelsel vereis, soos vermeld in die Bylae, sal Ons Jou slegs skadeloos stel vir diefstal en inbraak

indien: 6.2.1 Die private woning soos in die Bylae vermeld beskerm is deur ’n gekoppelde diefstal alarmstelsel; 6.2.2 Die gekoppelde diefstal alarm geïnstalleer by die perseel geaktiveer sal word ten alle tye wanneer die

privaat woning onbewoon is; 6.2.3 Dit verder gewaarborg word dat die alarm alle toegangspunte, soos deure en vensters, sal beskerm deur

middel van magnetiese kontakpunte/skakelaars of interne bewegingsverklikkers; 6.2.4 Die kontraktuele ooreenkoms tussen Jou en die alarmmaatskappy ’n 24 uur gemoniteerde gewapende

reaksie diens sal insluit;

Page 25: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

23 CIB/PER-AFR/25/03/15

6.2.5 Die gekoppelde diefstal alarm deurlopend in stand gehou word en ten alle tye in ’n werkende toestand wees soos per die voorwaardes van die kontrak met die alarmmaatskappy / verskaffer;

6.2.6 In die geval van ’n eis behou Ons die reg om bevestiging van installasie, instandhouding, aktiveringsrekords en insidentverslae vanaf Jou of die alarmmaatskappy te versoek.

6.2.7 Hierdie versekering sal nie die verlies of skade aan die eiendom as gevolg van die gebruik van die aktivering/de-aktiveringskode van die alarmpaneel of afstandbeheerde eenheid van die alarmsisteem of enige duplikate daarvan, wat aan Jou behoort, dek nie, tensy sodanige kode of afstandbeheer verkry is deur enige metode van geweld.

6.3 SEKURITEITSOMHEININgS Indien Ons ’n sekuriteitsomheining vereis, vergoed Ons vir diefstal of inbraak onder hierdie afdeling slegs indien: 6.3.1 Die vereiste sekuriteitsomheining in ’n werkende toestand en in stand gehou word; 6.3.2 Die vereiste sekuriteitsomheining nie sonder Ons toestemming verander of verwyder is nie.

7 BEDRAg DEUR U BETAAlBAAR Jy is verantwoordelik vir die bybetaling en/of persentasie, soos in die Bylae vermeld, vir iedere en elke gebeurtenis. Verwys

ook na “Algemene Voorwaardes”. Indien die basis van bydrae ’n persentasie verteenwoordig, sal dit bereken word teen die totale bedrag geëis, wat van die skikkingsbedrag afgetrek sal word.

8 PARE Of STEllE Indien die versekerde eiendom uit ’n paar of ’n stel bestaan, sal Ons nie aanspreeklik wees vir meer as die waarde van

enige spesifieke deel of gedeelte wat verlore of beskadig is nie, ook nie vir meer as die eweredige gedeelte van die paar of stel nie, sonder enige verwysing na enige spesiale waarde van sodanige item(s) wat deel mag wees van sodanige paar of stel nie.

Die eweredigheidsklousule is nie van toepassing nie.

HIERDIE AfDElINg DEK NIE DIE VOlgENDE NIEDie volgende word nie gedek nie, tensy spesifiek anders in die Bylae vermeld word:1 Eiendom wat meer spesifiek verseker is;

2 Lewende hawe of ander diere;

3 Die koste van reproduksie of herstel van data van enige aard;

4 Diefstal of poging tot diefstal indien die privaat woning uitgeleen, verhuur of onderverhuur word;

5 Verlies of skade wat gedek word deur ’n koopooreenkoms, waarborg of diensooreenkoms;

6 Diefstal uit ’n onbewaakte voertuig en waar die versekerde eiendom nie in die geslote bagsiebak of geslote binneruim van ’n voertuig weggesluit is nie;

7 Verlies of skade; 7.1 veroorsaak, gely of aangegaan buite die gebiedsgrense soos vervat in terme van hierdie polis. Verwys na

Algemene Voorwaarde 17; 7.2 eiendom, ongeag of dit verwerk is al dan nie, wat aangekoop is met die doel om dit deur middel van ’n

handelstransaksie van die hand te sit; 7.3 van Geld, (aktes, kontant, verbande, wisselbrief, promesse, tjeks, sekuriteit vir geld, asook vooruitbetaalde

telefoonkaarte, of vooruitbetaalde selfoonkaarte) by die versekerde perseel; 7.4 aan skaars boeke, medaljes, seël versamelings en manuskripte of dokumente van enige aard; 7.5 aan meer as 2 (twee) munte wat deel van ‘n munstukversameling vorm en wat R10,000 (tien duisend) rand per

munstuk oorskry. 7.6 veroorsaak deur slytasie; 7.7 waardevermindering, die uitwerking van lig, roes, ongediertes, motte, ander insekte of hul larwes; 7.8 veroorsaak deur oor-opwen van horlosies; 7.9 veroorsaak deur elektroniese en meganiese onklaarraking; 7.10 veroorsaak deur reinigings, herstel of opknappingsproses; 7.11 aan glas, glasware, juwele, of ander breekbare items as gevolg van krake, duike, afsplitsing of krapmerke; 7.12 aan Motorvoertuie (insluitend selfaangedrewe voertuie), watervaartuie (uitgesluit branderplanke, vlieërplanke,

roeiplanke, kajakke, kano’s, branderski’s, windseilplanke, seilplanke en modelbote), lugvaartuie en ander lugtoestelle (uitgesluit model vliegtuie) en alle gereedskap, onderdele en toebehore van genoemde voertuie, watervaartuie en lugvaartuie, daaraan geheg of daarop is;

7.13 Voortspruitend uit of met betrekking tot enige wissel, kontant of aankope op krediet, insluitend diefstal onder valse voorwensels of bedrog;

7.14 van eiendom in die ope teen storm, water, wind, hael en sneeu tensy die versekerde eiendom daarvoor ontwerp is;

7.15 as gevolg van diefstal indien die woning vir 60 (sestig) agtereenvolgende dae. gedurende 12 (twaalf) maande van versekering, onbewoon gelaat word;

7.16 Enige bedrag bó 1/3 (een derde) van die versekerde bedrag op huishoudelike goedere vir verlies van, of skade aan pelse, matte, tapyte, skilderye, halfedel- en edelmetale, juweliersware, stene en items vervaardig daarvan, horlosies, versamelinge en items soos beskryf onder die Skone en Beeldende Kunste afdeling.;

Page 26: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

24 CIB/PER-AFR/25/03/15

7.17 aan tuinmeubels, tuintoerusting, gereedskap of sporttoerusting terwyl in gebruik; 7.18 aan draagbare rekenaartoerusting van meer as 1% (een persent) van die versekerde bedrag of R15 000 (vyftien

duisend rand), watter een ook al die meeste is; 7.19 Verlies of skade veroorsaak deur sloping, verandering, oprigting, skoonmaak, vernuwings, herstelwerk,

opknapping of ’n soortgelyke proses; 7.20 veroorsaak deur storm, wind, water, hael of sneeu tydens opknappings, byvoegings of aanbouings as die verlies

of skade weens die opknappings, byvoegings of aanbouings veroorsaak of vererger word; 7.21 Diefstal of poging tot diefstal gedurende opknappings, byvoegings of aanbouings tensy diefstal of poging tot

diefstal gepaard gaan met kragdadige, gewelddadige en sigbare toegang tot die perseel.

Page 27: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

25 CIB/PER-AFR/25/03/15

AfDElINg 3 SKONE Of BEElDENDEKUNSTE

DEfINISIES

“U/Uself/Jou/Jouself/Jy” is die name soos in die Bylae vermeld, insluitend Jou gade en ander lede van Jou familie of Jou gade se familie wat normaalweg by Jou inwoon en finansieel van Jou afhanklik is.

“Ons” is RMB Structured Insurance Limited (RMBSI), die Versekeraar. RMBSI is ’n geregistreerde versekeraar vir die doeleindes van die Korttermyn Versekeringswet 1998 en ’n gelisensieerde finansiële diensteverskaffer vir doeleindes van die Finansiële Advies- en Tussengangersdiens Wet 2002 soos van tyd tot tyd gewysig.

“Skone of Beeldendekunste is kuns, antieke- en ander eiendom wat aan Jou behoort of eiendom waarvoor Jy aanspreeklikVersameling” is.

“Skone en Beeldendekunste” is kuns, antieke eiendom en versamelings van besondere waarde as gevolg van ouderdom, styl, artistieke meriete of versamelaarswaarde soos;

• Meubels, skilderye, tekeninge, etswerk, afdrukke en fotografie; • Tapisserie en matte; • Manuskripte; • Ornamente en beeldhouwerk; • Seëls en muntstukke wat deel is van ’n versameling, insluitend boeke, bladsye, monterings,

albums, rame, houers, kaarte en vertoonkaste. • Goud, silwer, piouter, platinum of goud- en silwer vergulde items; • Horlosies en barometer/weerglas; • Musiekinstrumente;

“Markwaarde” is die vervangingswaarde in die huidige mark;

“Ooreengekome Waarde” is die waarde waaroor Jy en Ons ooreengekom het, waarvoor ’n item in terme van die afdeling verseker sal word en in die Bylae vermeld word;

“Privaat Woning” is die gebou in gebruik as woning waarvan die mure en dak konstruksie en die risiko adres in die Bylae van Versekering aangetoon word;

“Risiko adres/perseel” is die adres van die perseel waarop die strukture van Jou privaat woning en buitegeboue geleë is, soos in die Bylae vermeld, uitgesonder die tuin, grond, motorhuise en buitegeboue;

“Onbewoon” is wanneer Jy of enige ander persoon wat deur Jou gemagtig is, afwesig is by die privaat woning soos geleë op die risiko adres.

“Vakant” is dat niemand in die woning woon of gebruik maak van die gebou of dat iemand die gebou sonder jou toestemming gebruik.

BASIESE DEKKINgJou skone of beeldendekunste word verseker teen fisiese verlies of skade deur enige skielike, onverwagse en onopsetlike handeling, onderworpe aan die algemene en spesifieke voorwaardes, uitsonderings en terme van hierdie polis, by die persele en die bedrae soos in die Bylae van hierdie afdeling vermeld.

UITgEBREIDE BASIESE DEKKINg

1 SKONE EN BEElDENDEKUNSTE IN TRANSITO Ons sal Jou vergoed vir; 1.1 Skone en beeldendekunste in transito, beperk tot diefstal wat gepaard gaan met kragdadige, gewelddadige en

sigbare toegang, brand, weerlig, ontploffing, botsing en omslaan van die voertuig terwyl Jy van permanente risiko adres verander of terwyl die versekerde eiendom vervoer word van of na ’n geregistreerde meubel bergingshuis van ’n meubel vervoerkontrakteur en op voorwaarde dat die skone en beeldendekunste items verpak is deur ’n meubel vervoerkontrakteur.

1.2 Verlies of skade as gevolg van diefstal tussen die plek van aankoop, herstel of opknapping en Jou risiko adres of tydens vervoer van of na enige bank of bewaringskluis.

Uitgesluit; 1.2.1 Verlies of skade van enige skone en beeldendekuns, wat nie doeltreffend volgens sy aard verpak is nie; 1.2.2 Verlies of skade in transito per lug of see;

Ons vergoed tot hoogstens die markwaarde van die item of die versekerde bedrag soos in die Bylae vermeld, wat ook al die minste is.

Page 28: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

26 CIB/PER-AFR/25/03/15

2 VERlIES IN WAARDE Ons vergoed vir verlies in waarde, indien die item herstel is deur enige hersteller wat deur Ons goedgekeur, tot hoogstens

die markwaarde van die item of die versekerde bedrag soos in die Bylae vermeld, wat ook al die minste is.

3 AANKOOP VAN NUWE INHOUD Ons vergoed vir die verhoging in waarde van Jou skone- en beeldendekunste volgende op addisionele aankope daarvan,

op voorwaarde dat Ons binne 30 (dertig) dae, vanaf datum van aankope, in kennis gestel word en die addisionele premie aan Ons betaal is en die waarde van die nuwe items, nie meer is as 25% (vyf en twintig persent) van die versekerde bedrag van die huishoudelike inhoud nie. Ons behou die reg voor om die nuwe aankope nie te verseker nie, indien Ons eers na 30 (dertig) dae vanaf aankope daarvan in kennis gestel word.

4 VERHUURDE PERSElE Indien Jou eiendom verhuur of onderverhuur word, moet Ons daarvan in kennis gestel word en Ons moet skriftelik

daartoe instem. Ons vergoed vir verlies of skade teen diefstal of poging tot diefstal wat gepaard gaan met kragdadige, gewelddadige en sigbare toegang tot of uitgang van die perseel.

Ons vergoed Jou tot hoogstens die markwaarde of die versekerde bedrag soos in die Bylae vermeld, wat ook al die minste is.

5 DOOD VAN ’n KUNSTENAAR Ons vergoed jou die bedrag, na outomatiese verhoging van die versekerde bedrag soos in die Bylae vermeld, vir

skone- en beeldende kuns, met maksimum 50% van die versekerde bedrag, indien die kunstenaar te sterwe kom binne die versekeringsperiode en ’n verlies ontstaan binne 6 (ses) maande nadat die kunstenaar te sterwe gekom het. Die addisionele premie van toepassing moet eers ontvang word voordat die eis hanteer word.

SPESIfIEKE KlOUSUlES (limiete)

1 TYDElIK VERWYDER Ons vergoed Jou vir diefstal of poging tot diefstal wat gepaard gaan met kragdadige, gewelddadige en sigbare toegang tot

die perseel , indien Jou skone- en beeldendekunste tydelik verwyder word na ’n ander perseel.

Ons vergoeding is vir ’n persentasie van die versekerde bedrag of die bedrag soos in die Bylae vermeld, wat ook al die minste is.

OPSIONElE UITBREIDINg (Slegs van toepassing indien die dekking in die Bylae vermeld word en ’n premie daarvoor betaal is)

1 UITSTAllINgS Ons vergoed vir verlies of skade aan versekerde eiendom, indien Jou eiendom uitgestal word by ’n kunsuitstalling, op

voorwaarde dat; 1.1 Ons vooraf in kennis gestel word van die items wat uitgestal word by ’n kunsuitstalling en die datum waarop die

uitstalling eindig, en die items by die adres terug sal wees soos op die Bylae vermeld; 1.2 Jy aan Ons alle tersaaklike inligting aangaande die uitstallingslokaal, insluitende die sekuriteitsreëlings, sal

voorsien; 1.3 Ons is geregtig om, volgens Ons diskresie sekere vereistes versoek, waaraan voldoen moet word voordat Ons op

risiko gaan.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

VOORWAARDES

1 VERSEKERDE BEDRAg, BASIS VAN AANSPREEKlIKHEID EN lIMIETE VAN VERgOEDINg Die eiendom moet vir die duur van die versekeringsperiode, verseker word vir die huidige markwaarde van soortgelyke

eiendom, soos gedefinieer.

Ons is geregtig om, volgens Ons diskresie, sekere vereistes versoek, waaraan voldoen moet word, voordat Ons op risiko gaan. Die basis van vergoeding ten opsigte van skone- en beeldendekunste per item of pare en stelle of gedeelte daarvan, word beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

Ons vergoeding vir ’n enkele eis of ’n reeks van eise voortspruitend uit ’n enkele gebeurtenis word as volg beperk: 1.1 Tot die versekerde bedrag van die Basiese Dekking soos in die Bylae vermeld, indien die eiendom verlore of totaal

vernietig is; of 1.2 Tot die koste van restourasie, plus die verlies in markwaarde, tot maksimum die versekerde bedrag of die

markwaarde direk voor die verlies, wat ook al die minste is, indien die item gedeeltelik verlore of beskadig is; of 1.3 Tot die werklike koste aangegaan ten opsigte van Uitgebreide Basiese Dekking; of

Page 29: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

27 CIB/PER-AFR/25/03/15

1.4 Tot die bedrag soos in die Bylae aangetoon in terme van Spesifieke Klousules; of 1.5 Tot die versekerde bedrag soos in die Bylae aangetoon ten opsigte van die Opsionele Uitbreiding.

2 gESlOTE KlUIS WAARBORg - JUWElIERSWARE Hiermee word gewaarbord dat alle juweliersware, wat die versekerde bedrag van R 20 000.00 (twintig duisend rand)

oorskry in ’n geslote kluis weggesluit sal wees, wanneer dit nie aan die persoon gedra word of in gebruik is nie. Dit word ook verder gewaarborg dat die “geslote kluis” permanent tot die vloer en/of muur konstruksie van die woonhuis vasgeheg en te alle tye gesluit sal wees. In die geval van ʼn eis ten opsigte van juweliersware (soos bo beskryf) wat uit ʼn geslote kluis gesteel word, is diefstal dekking onderhewig aan kragdadige, gewelddadige en sigbare toegang tot die kluis.

Indien die juweliersware item nie in ‘n geslote kluis weggesluit is nie, sal Ons aanspreeklikheid beperk word tot R20,000 (twintig duisend rand) vir iedere en elke juweliersware item en onderhewig aan ‘n addisionele bybetaling soos in die Bylae vermeld.

3 AWERY Onderversekering is nie in terme van hierdie afdeling van toepassing nie indien Ons in besit is van waardasie sertifikate en

die items is korrek volgens markwaarde verseker, Indien nie, sal eweredigheid as volg bereken word:

Indien die bedrag wat benodig word om Jou versekerde eiendom te vervang meer is as die versekerde bedrag, sal Ons nie die volle bedrag van die verlies of skade betaal nie. Die verskil tussen die versekerde bedrag en die bedrag benodig om al die eiendom te vervang, sal deur Jouself gedra word. Jy is dus verantwoordelik vir ’n eweredige gedeelte van die koste.

Veronderstel Jy is vir R50 000 (vyftig duisend rand) verseker, maar die markwaarde van die versekerde eiendom beloop ’n R100 000 (een honderd duisend rand) en die verlies of skade as gevolg van ’n gebeure, beloop R10 000 (tien duisend rand), beteken dit dat Jy slegs vir die helfte van die markwaarde verseker is. Jy is dus vir die oorblywende helfte ten bedrae van R5 000 (vyf duisend rand) verantwoordelik.

Die berekening word soos volg gedoen: Versekerde bedrag R 50 000 Markwaarde van versekerde items R1 00 000 Eis R 10 000 Berekening: Onderversekering R 10 000 X R50 000 1 R1 00 000

Ons betaal R5 000.

4 PARE EN STEllE Indien die versekerde eiendom uit ’n paar of ’n stel bestaan, sal Ons nie aanspreeklik wees vir meer as die waarde van

enige spesifieke deel of gedeelte wat verlore of beskadig is nie, ook nie vir meer as die eweredige gedeelte van die paar of stel nie, sonder enige verwysing na enige spesifieke waarde wat sodanige item(s) mag hê as deel van sodanige paar of stel nie. Die eweredigheidsklousule is nie van toepassing nie.

5 WAARDEVOllE ARTIKElS Ons benodig bewys van aankope en/of ’n waardasie sertifikaat vir pelse, matte, skilderye, juwele, edelgesteentes, horlosies

en artikels van platinum, goud of silwer of enige ander edelmetaal of -stene, wat die bedrag van R2 500 (twee duisend vyf honderd rand) oorskry.

Alle waardasie sertifikate en aankoop bewyse moet in die Suid Afrikaanse geldeenheid verskaf word. Indien die aankoop bewys in ’n vreemde geldeenheid is, sal ’n waardasiesertifikaat in Suid Afrikaanse geldeenheid verlang word.

6 HERWONNE EIENDOM Indien verlore eiendom of ’n item van ’n versameling, teruggevind word nadat die skikking aangegaan is, sal Ons Jou

skriftelik daarvan in kennis stel. Die bedrag van die skikking is die bedrag betaalbaar aan Jou. Jy het 30 (dertig) dae om te besluit of Jy die eiendom wil terugkoop al dan nie, waarna Ons na goeddunke daarmee sal handel.

7 BEDRAg DEUR JOU BETAAlBAAR Jy is verantwoordelik vir die bybetaling en/of persentasie, soos in die Bylae vermeld, van elke gebeurtenis. Verwys ook

na “Algemene Voorwaardes 14”. Indien die basis van bydrae ’n persentasie verteenwoordig, sal dit bereken word teen die totale bedrag geëis, wat van die skikkingsbedrag afgetrek sal word.

HIERDIE AfDElINg DEK NIE DIE VOlgENDE NIEDie volgende word nie gedek nie tensy dit spesifiek ingesluit is en ’n waarde volgens die Bylae, daaraan verbind is:1 Verlies of skade veroorsaak deur droogte of humiditeit deur blootlegging aan lig of ekstreme temperatuur, tensy veroorsaak

deur storm of brand;

2 Verlies of skade veroorsaak deur kus of rivier erosie:

3 Verlies of skade veroorsaak deur die verhoging in die watertafel, as gevolg van storms;

4 Verlies of skade wat geleidelik inwerk, insluitend rook, stof en stygende vog of muf;

Page 30: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

28 CIB/PER-AFR/25/03/15

5 Verlies of skade veroorsaak deur krake, skrape, duike, misvorming en verkleuring;

6 Verlies of skade veroorsaak deur huishoudelike diere en peste (soos knaagdiere, miere en motte);

7 Verlies of skade veroorsaak deur besoedeling of kontaminasie;

8 Verlies of skade veroorsaak deur skoonmaak, herstel of opknapping deur enige wyse of metode;

9 Verlies of skade veroorsaak deur misbruik, gebrekkige vakmanskap, oprigting of ontwerp, of die gebruik van foutiewe materiale;

10 Verlies of skade veroorsaak deur gebrekkige onderhoud, slytasie en waardevermindering, roes en korosie;

11 Verlies of skade veroorsaak deur meganiese, elektroniese of elektriese onklaarraking;

12 Verlies of skade veroorsaak deur oor-opwen van horlosies;

13 Verlies of skade veroorsaak deur defekte in die ontwerp of oprigting van die gebou, of waar die betrokke plaaslike owerheid nie die struktuur goedgekeur het nie, tydens die oprigting van die konstruksie;

14 Verlies of skade waar natuurlike gebeurtenisse die oorsaak is of bydrae tot die skade van geboue sonder dakke of gedeeltelik onder dak is.

15 Verlies of skade veroorsaak deur die onverkrygbaarheid van bypassende materiaal;

16 Verlies of skade veroorsaak deur krake of ineenstorting van geboue, tensy veroorsaak deur eksterne oorsake;

17 Verlies of skade veroorsaak deur onkruid of wortels;

18 Verlies of skade veroorsaak deur besoedelde mynwater;

19 Verlies of skade wat verseker word in terme van ’n koopooreenkoms, waarborg of diensooreenkoms;

20 Enige eis wat ontstaan uit enige kontraktuele aanspreeklikheid, tensy regsaanspreeklikheid bestaan in die afwesigheid van sodanige kontrak of ooreenkoms;

21 Verlies of skade veroorsaak deur diefstal indien die private woning vir meer as 60 (sestig) agtereenvolgende dae onbewoon gelaat word, gedurende ’n 12 (twaalf) maande periode;

22 Indien hierdie afdeling van die polis onder enige ander afdeling in terme van dieselfde voorval, vir dieselfde eiendom of aanspreeklikheid van toepassing is, vergoed Ons Jou slegs onder een van die afdelings;

23 Doelbewuste verlies of skade veroorsaak deur huurders;

24 Verlies of skade veroorsaak deur lekkende water uit vaste watertenks, toerusting en pype, en swembaddens terwyl jou private woning vir meer as 60 (sestig) dae onbewoon gelaat word;

25 Verlies of skade aan musiekinstrumente terwyl dit in gebruik is;

26 Verlies of skade aan skone- en beeldendekunste, indien dit vir besigheidsdoeleindes gebruik word;

27 Die verdwyning van enige enkele seldsame boek-, medalje-, seël- of muntstukversameling en manuskripte of dokument van enige aard wat ’n gedeelte van ’n versameling verteenwoordig, tensy in ’n volume gemonteer en die bladsy ook verlore is;

28 Verlies of skade aan skone- en beeldendekunste, buite die gebiedsgrense van die Republiek van Suid Afrika, tensy Ons skriftelik daartoe toestemming verleen het;

29 Indien, tydens die versekeringsperiode, Jy verplig word om ’n item van skone- en beeldendekunste, soos in die Bylae vermeld, moet terugbesorg aan die regmatige eienaar, en bewyse bestaan dat Jy nie op die eiendom geregtig is nie.

Page 31: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

29 CIB/PER-AFR/25/03/15

AfDElINg 4 AllE RISIKO

DEfINISIES

“U/Uself/Jou/Jouself/Jy” is die name soos in die Bylae vermeld, insluitend Jou gade en ander lede van Jou familie of Jou gade se familie wat normaalweg by Jou inwoon en finansieel van Jou afhanklik is.

“Ons” is RMB Structured Insurance Limited (RMBSI), die Versekeraar. RMBSI is ’n geregistreerde versekeraar vir die doeleindes van die Korttermyn Versekeringswet 1998 en ’n gelisensieerde finansiële diensteverskaffer vir doeleindes van die Finansiële Advies- en Tussengangersdienste Wet 2002 soos van tyd tot tyd gewysig.

“Ongespesifiseerde Eiendom” is; 1 Klerasie. 2 Persoonlike besittings wat gewoonlik deur die persoon deur eksterne wyse gedra word of

ontwerp is om deur of aan die persoon gedra te word. 3 Persoonlike toerusting wat gewoonlik gedra of gebruik word deur die persoon wat aan sport

deelneem uitsluitend sporttoerusting terwyl dit in gebruik is.

“Gespesifiseerde Eiendom” is eiendom soos in die Bylae van Versekering vir Gespesifiseerde Alle Risiko’s items vermeld.

“Mobiele Kommunikasie is draagbare elektroniese items in gebruik vir mobiele kommunikasie, insluitend toebehoreToestelle” daarvan. (bv.selfone, satellietnavigasie (GPS).

“Draagbare Elektroniese is toestelle wat in staat is om inligting te stoor, te verwerk en oor te dra en wat klein genoegToestelle” is om met die hand gedra te word. (bv. Skootrekenaars, “kindles”, “iPads”, en ander tablet

toestelle)

“Persoonlike Besittings” is eiendom waarvan Jy die eienaar is en wat ontwerp is om deur eksterne wyse op, aan of deur ’n persoon gedra te word.

1 BASIESE DEKKINg VIR ONgESPESIfISEERDE EIENDOM

KlERASIE EN PERSOONlIKE BESITTINgSOns dek verlies of skade van die volgende:1 klerasie en persoonlike besittings wat ontwerp is om deur eksterne wyse op, aan of deur ’n persoon gedra te word.; 2 persoonlike sport toerusting wat gewoonlik gedra of gebruik word deur die persoon wat aan sport deelneem uitsluitend

sporttoerusting terwyl dit in gebruik is.

ONS VERgOEDINg TEN OPSIgTE VAN ONgESPESIfISEERDE ITEMS IS BEPERK TOT: 1 25% (vyf en twintig persent) van die versekerde bedrag per item, onderworpe aan die voorwaardes en uitsonderings van

die afdeling; 2 Nie meer as 5 (vyf) laserskywe.

DIE VOlgENDE IS UITgESlUIT (Tensy Gespesifiseerd)1 draagbare elektroniese toerusting, mobiele data kaarte (e.g. 3G kaart) en toebehore;2 mobiele kommunikasie toestelle;3 motor radio’s en toerusting;4 vuurwapens en toebehore;5 karavaan inhoud en kamp toerusting;6 seël-, medalje- en muntversamelings en persoonlike dokumente;7 fietse en rolstoele;8 branderplanke, vlieërplanke, roeiplanke, kajakke, kano’s, branderski’s, windseilplanke en seilplanke of items van

soortgelyke aard;9 gehoor toestelle/apparate;10 eiendom wat meer spesifiek verseker is in terme van enige ander afdeling van die polis.

2 BASIESE DEKKINg VIR gESPESIfISEERDE EIENDOMOns maksimum vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

Ons verseker gespesifiseerde eiendom soos in die Bylae vermeld, onderworpe aan die voorwaardes en uitsonderings daarop van toepassing.

Ons benodig volle inligting, ten einde die items te spesifiseer. (Volle beskrywing van die versekerde item, fabrikaat en model, asook alle serie- en verwysing nommers.)

Page 32: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

30 CIB/PER-AFR/25/03/15

VOORWAARDES

1 SKADElOOSSTEllINg AAN JOU Ons sal besluit of die verlies of skade by wyse van herstelling, vervanging of kontant betaling of ’n kombinasie van die drie

metodes, as gevolg van enige oorsaak wêreldwyd vergoed sal word, tot die maksimum bedrag soos in die Bylae vermeld, onderworpe daaraan dat tydelike besoek buite die gebiedsgrense van Suid Afrika, nie 6 (ses) maande binne enige 12 (twaalf) maande periode mag oorskry nie, waarna Jy onverseker sal wees vir gebeure buite sodanige gebiedsgrense.

2 ONDER-VERSEKERINg Indien die bedrag wat benodig word, ten tyde van die verlies of skade, om soortgelyke nuwe item/s te vervang, van

groter waarde is as die versekerde bedrag, word Jy geag om Jou eie versekeraar te wees vir die verskil en sal Jy dus ’n eweredige gedeelte van die verlies of skade dra.

3 gESlOTE KlUIS WAARBORg - JUWElIERSWARE Dit word hiermee gewaarborg dat alle juweliersware, wat die versekerde bedrag van R 20 000.00 (twintig duisend rand)

oorskry in ʼn geslote kluis weggesluit is wanneer dit nie aan die persoon gedra word of in gebruik is nie. Dit word ook verder gewaarborg dat die “geslote kluis” permanent tot die vloer en/of muur konstruksie van die woonhuis vasgeheg is en te alle tye gesluit sal wees. In die geval van ʼn eis ten opsigte van juweliersware (soos bo beskryf) wat gesteel is uit ʼn geslote kluis, is diefstal dekking onderhewig aan kragdadige, gewelddadige en sigbare toegang tot die kluis.

Indien die juweliersware item nie in ‘n geslote kluis weggesluit is nie, sal Ons aanspreeklikheid beperk word tot R20,000 (twintig duisend rand) vir iedere en elke juweliersware item en onderhewig aan ‘n addisionele bybetaling soos in die Bylae vermeld.

4 gESlOTE KlUIS WAARBORg – VUURWAPENS Dit word hiermee gewaarborg dat alle vuurwapens, soos gedefinieer in terme van die Wet op Vuurwapen Beheer, in ʼn

geslote kluis weggesluit is. wanneer dit nie aan die persoon gedra word of in gebruik is nie. Dit word verder gewaarborg dat die “geslote kluis” permanent tot die vloer en/of muur konstruksie van die woonhuis vasgeheg is en te alle tye gesluit sal wees. In die geval van ʼn eis ten opsigte van ʼn vuurwapen wat gesteel is uit ʼn geslote kluis, is diefstal dekking onderhewig aan kragdadige, gewelddadige en sigbare toegang tot die kluis.

5 ITEMS IN ’n BANKKlUIS Verlies of skade aan items soos in die Bylae vermeld, wat by ’n bank vir bewaring gehou word, geld slegs wanneer die

items in ’n persoonlike bewaarkluis by ’n geregistreerde bank gedeponeer is.

Ons vereis ’n inventaris van alle goedere in die bankkluis en Jy is verplig om Ons onmiddellik in kennis te stel sodra items daaruit verwyder word.

6 PARE EN STEllE Indien die versekerde eiendom uit ’n paar of ’n stel bestaan, sal Ons nie aanspreeklik wees vir meer as die waarde van

enige spesifieke deel of gedeelte wat verlore of beskadig is nie, ook nie vir meer as die eweredige gedeelte van die paar of stel nie, sonder enige verwysing na enige spesiale waarde van sodanige item(s) wat deel mag wees van sodanige paar of stel nie.

Die eweredigheidsklousule is nie van toepassing nie.

7 SEËl- EN MUNTVERSAMElINg EN PERSOONlIKE DOKUMENTE Ons vergoed Jou vir; 7.1 Verlies of skade van ’n enkele seël of munt, of ’n enkele stel van seëls of munte, vir die huidige katalogus- of

pryslyswaarde; 7.2 Verlies of skade van persoonlike dokumente, insluitend persoonlike aktes, testamente, ooreenkomste, kaarte,

planne, rekords, boeke, briewe en sertifikate vir die waarde van die materiaal en arbeidskoste wat benodig word vir vervanging daarvan. Ons vergoed Jou nie vir wetlik verhandelbare dokumente en aandele sertifikate nie.

8 WAARDEVOllE ARTIKElS Ons benodig bewys van aankope en/of ’n waardasie sertifikaat vir pelse, matte, skilderye, juwele, edelgesteentes, horlosies

en artikels van platinum, goud of silwer of enige ander edelmetaal of -stene, wat die bedrag van R2 500 (twee duisend vyf honderd rand) oorskry.

Alle waardasie sertifikate en aankoop bewyse moet in die Suid Afrikaanse geldeenheid verskaf word. Indien die aankoop bewys in ’n vreemde geldeenheid is, sal ’n waardasiesertifikaat in Suid Afrikaanse geldeenheid verlang word.

9 HERINSTEllINg VAN gESPESIfISEERDE ITEMS NA ’n EIS Indien enige gespesifiseerde item soos in die Bylae vermeld, die onderwerp is van ’n totale verlies, sal die verlore,

beskadigde of gesteelde item geskrap word van die Bylae van Versekering. Die onus berus by Jou om Ons in kennis te stel van Jou keuse om die vervangende item met die beskrywing en versekerde bedrag daarvan, te verseker.

10 BEDRAg DEUR JOU BETAAlBAAR Jy is verantwoordelik vir die bybetaling en/of persentasie, soos in die Bylae vermeld, van elke gebeurtenis. Verwys ook na

“Algemene Voorwaardes” 14.

Page 33: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

31 CIB/PER-AFR/25/03/15

Indien die basis van bydrae ’n persentasie verteenwoordig, sal dit bereken word teen die totale bedrag geëis, wat van die skikkingsbedrag afgetrek sal word.

HIERDIE AfDElINg DEK NIE DIE VOlgENDE NIEDie volgende word nie gedek nie:1 die koste van reproduksie of herstel van data van enige aard;

2 enige item wat deur ’n waarborg, dienskontrak, koopkontrak of koopooreenkoms van enige aard gedek word;

3 eiendom, ongeag of dit verwerk is al dan nie, wat aangekoop is met die doel om dit deur middel van ’n handelstransaksie van die hand te sit;

4 Voertuie, motorfietse, bromponies, driewiel voertuie, sleepwaens en karavane insluitend vaste toebehore, sweeftuie, lug- en watervaartuie insluitend die toerusting;

5 Geld, sekuriteit vir geld, kontant, waarborge, verbande, promesse, tjeks, poswissels en wisselbriewe, verhandelbare dokumente, reis en ander kaartjies, geskenkbewyse, vooruitbetaalde telefoon-, en/of selfoonkaarte;

6 seldsame boeke, medaljes, seël of muntstukversamelings en manuskripte of dokumente van enige aard;

7 waardevermindering, geleidelike verslegting (soos slytasie, roes, muf, korrosie en verrotting);

8 verlies of skade veroorsaak; 8.1 deur huishoudelike troeteldiere en peste (soos knaagdiere, miere en motte); 8.2 deur skoonmaak, herstel of opknapping; 8.3 deur meganiese, elektriese of elektroniese onklaarraking; 8.4 deur of wat ontstaan uit of wat verband hou met ’n ruil-, kontant- of kredietverkooptransaksie, ingesluit diefstal

onder valse voorwendsels en/of bedrog; 8.5 deur elektroniese virusse, trojane, wurms of soortgelyke skadelike mediaversteurings; 8.6 deur krake, duike, afsplitsing of krapmerke van porselein of soortgelyke breekbare artikels; 8.7 deur konfiskering, terughouding, vertraging of destruksie deur enige regsproses; 8.8 die bars, roes, korrosie of steuring van vuurwapens; 8.9 aan kameras en fotografiese toerusting, en musiekinstrumente wat vir professionele doeleindes of teen

vergoeding gebruik word; 8.10 aan persoonlike besittings wat binne Jou liggaam gedra word. (bv. Inplanting van gehoorapparate, terwyl

gehoorapparate wat aan Jou gedra word dekking geniet.)

Page 34: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

32 CIB/PER-AFR/25/03/15

Page 35: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

33 CIB/PER-AFR/25/03/15

AfDElINg 5 VOERTUIE VERSEKERINg

DEfINISIES

“U/Uself/Jou/Jouself/Jy” is die name soos in die Bylae vermeld, insluitend Jou gade en ander lede van Jou familie of Jou gade se familie wat normaalweg by Jou inwoon en finansieel van Jou afhanklik is.

“Ons” is RMB Structured Insurance Limited (RMBSI), die Versekeraar. RMBSI is ’n geregistreerde versekeraar vir die doeleindes van die Korttermyn Versekeringswet 1998 en ’n gelisensieerde finansiële diensteverskaffer vir doeleindes van die Finansiële Advies- en Tussengangersdienste Wet 2002 soos van tyd tot tyd gewysig..

“Voertuie” is privaat motors, ligte afleweringsvoertuig (massa nie meer as 3500 (drie duisend vyf honderd) kg en ontwerp vir 10 (tien) persone of minder, insluitend die bestuurder van die voertuig), sleepwa, karavaan, gholfkarretjies en motorfiets soos in die Bylae vermeld, ingesluit standaard gereedskap, toebehore en onderdele binne of op die voertuig, asook addisionele toerusting en onderdele wat aan die voertuig vasgeheg is.

“Privaat Voertuie” is ’n privaat tipe motor (insluitend stasiewaens, minibusse, selfaangedrewe karavane of enige soortgelyke voertuig) ontwerp vir 10 tien sitplekke of minder insluitend die bestuurder en waarvan die bruto massa nie meer as 3 500 (drie duisend vyf honderd) kg is nie.

“Ligte Afleweringsvoertuie” is ligte aflewerings voertuie (insluitend ’n paneelwa of dubbelkajuit) wat nie 3 500 (drie duisend vyf honderd) kg bruto massa oorskry nie.

“Karavaan/Sleepwa” is ’n voertuig wat nie selfaangedrewe is nie en ontwerp en aangepas is om deur ’n selfaangedrewe voertuig gesleep te word.

“Motorfiets” is ’n motorfiets, bromponie, kragmotorfiets of vierwielmotorfiets

“Klassieke Voertuie” is ’n voertuig wat waardig is om ’n versamelaarsartikel te wees en wat ouer as 20 (twintig) jaar is.

“Uitsonderlike Voertuie” is duur, seldsame, uitsonderlike voertuie en bevat ongewone kenmerke en verrigting.

“golfkarretjies” is klein selfaangedrewe voertuie wat oorspronklik vir gholfspelers ontwerp is om tussen houe op die gholfbaan te beweeg en is nie geregistreer vir die gebruik op openbare paaie nie

“Bestuurderslisensie is ’n geldige bewys, ooreenkomstig die Nasionale Padverkeerswet of vervanging van of enige ander soortgelyke statuut van toepassing. ’n Leerling bestuurder moet aan die wetgewing vir leerlingbestuurders voldoen.

“Voertuig Deel” is die vervoer van passasiers (insluitende die vervoer van leerders) vir sosiale redes en vir pendel na en van werk in voertuie wat nie vir pendeldoeleindes geregistreer of gelisensieer is nie.

“gebiedsgrense” is die Republiek van Suid Afrika, Namibië, Lesotho, Botswana, Swaziland, Zimbabwe, Zambië, Malawi en Mosambiek.

“fabrieksgeïnstalleerde Toebehore” is standaard items wat deur die voertuig vervaardiger geïnstalleer is.

“Opsionele Voertuig Toebehore” is items wat deur iemand anders as die vervaardiger, gekies word en deur die voertuig vervaardiger geïnstalleer word.

“Na vervaardiging voertuig is items wat geïnstalleer is, maar nie ingesluit is by die voertuig se herverkoop waarde nie en toebehore” wat afsonderlik aangekoop is by die aankoop van die voertuig.

“Onekonomies om te herstel” ‘n voertuig is onekonomies om te herstel wanneer die koste en beskikbaarheid van onderdele, die tydperk van die herstelwerk en die motorhuur koste in verhouding met die herstelwerk van die voertuig se waarde hoog is.

Page 36: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

34 CIB/PER-AFR/25/03/15

BASIESE DEKKINgOns vergoeding word bepaal deur die vergoedingsperk en die verkose dekking soos in die Bylae vermeld en beperk tot die limiete vir gespesifiseerde toebehore.

Die tipe dekkings is as volg;

1 OMVATTEND Ons verseker toevallige skade aan Jou eie voertuig en verlies of skade as gevolg van diefstal en kaping, asook koste aan

derde partye, deur die versekerde voertuig veroorsaak, waarvoor Jy regtens verantwoordelik is.

2 DERDE PARTY,BRAND EN DIEfSTAl Ons verseker toevallige skade aan Jou eie voertuig as gevolg van brand, weerlig, ontploffing, diefstal en poging tot diefstal

en kaping, asook koste aan derdepartye, deur die versekerde voertuig veroorsaak, waarvoor Jy regtens verantwoordelik is.

3 DERDE PARTY AllEENlIK Ons verseker koste waarvoor Jy regtens verantwoordelik is, indien die aanspreeklikheid direkte verband hou met die

versekerde voertuig.

4 BASIS VAN SKADElOOSSTEllINg Ons sal Jou vergoed indien die voertuig beskadig of gesteel word.

Indien die voertuig en/of die toebehore daarvan en/of enige gedeelte daarvan gesteel of beskadig raak, sal Ons Jou na Ons keuse skadeloos stel:

4.1 Vir die herstelwerk of vervanging, minus die bybetaling betaalbaar, te vergoed; of 4.2 Die bedrag van die verlies of skade, minus die bybetaling betaalbaar, te betaal.

Die maksimum bedrag betaalbaar vir die voertuig, is die limiet soos in die Bylae vermeld of die redelike herverkoopswaarde (soos bepaal in die “Auto Dealers Guide van Mead en McGrouther) van die voertuig ten tyde van die verlies of skade, wat ook al die minste is, minus die bybetalings, verbetering of waardevermindering en enige bedrag wat Jy geregtig is om ingevolge enige dubbelversekering te eis. Indien die Versekerde Voertuig as ’n kode 3 (drie) geregistreerde is, is die maksimum bedrag betaalbaar, die bedrag soos hierbo vermeld, min 30% (dertig persent) van die herverkoopswaarde tydens verlies of skade daarvan.

Indien die voertuig genoteer is as ’n klasieke voertuig, sal die maksimum vergoeding nie die versekerde bedrag soos in die Bylae vermeld, soos deur ’n gekwalifiseerde motor waardeerder en/of antieke motor assosiasie waardeer is, oorskry nie. ’n Opgedateerde waardasie moet elke jaar op hernuwing van die polis aan Ons voorsien word.

UITgEBREIDE BASIESE DEKKINg

1 TERUgVINDINgSKOSTE (geld slegs, indien beskik oor omvattende, derde party, brand en diefstal dekking) Ons vergoed vir die werklike terugvindingskoste, wat met Ons skriftelike toestemming aangegaan is, indien Jou gesteelde

of gekaapte voertuig teruggevind word.

2 AflEWERINg NA HERSTEl Ons vergoed vir die werklike afleweringskoste van Jou voertuig by die huisadres soos in die Bylae vermeld, nadat die

gemagtigde herstelwerk voltooi is.

3 RUITglAS Ons vergoed vir verlies van of skade aan die ruitglas van Jou versekerde voertuig, minus die bybetaling.

SPESIfIEKE KlOUSUlES (Beperkings)

1 NOODHERSTElWERK Ons vergoed vir die werklike noodherstelwerk deur Jou aangegaan, sonder Ons goedkeuring, indien die hersteller Jou van

’n gedetailleerde faktuur voorsien, ten einde Jou reis voort te sit en ’n geldige eis in terme van hierdie afdeling bestaan.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

2 INSlEEPKOSTE EN BESKERMINgSKOSTE Ons vergoed vir die werklike stoor en insleepkoste, onderworpe daaraan dat Jy van Ons 24 uur hulplyn gebruik maak,

wie die reëling sal tref dat Jou voertuig na die naaste gemagtigde verskaffer ingesleep word. Indien Jy nie van bogemelde fasiliteit gebruik maak nie, sal die kostes beperk word tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

3 VERVANgINg VAN JOU VOERTUIg NA ’N EIS Dit word hiermee verklaar en ooreengestem dat die opsie om Jou voertuig te vervang met ‘n soortgelyke fabrikaat en model

ons diskresie bly gebaseer op die volgende voorwaardes:

Page 37: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

35 CIB/PER-AFR/25/03/15

3.1 dat ’n geldige eis vir die voertuig in terme van hierdie afdeling bestaan; en 3.2 dat die voertuig verseker is vir nie minder as die oorspronklike gelyste prys (uitgesluit afslag toegestaan en

ingesluit alle addisionele toerusting); en 3.3 dat die voertuig volgens Ons besluit, nie ekonomies herstelbaar is nie of die voertuig gesteel is en nie voor die

skikking teruggevind is nie; en 3.4 dat Jy die eerste geregistreerde eienaar is en die voertuig nie ouer as 12 (twaalf) maande is nie; en 3.5 dat die voertuig minder as 30 000 (dertig duisend) kilometer afgelê het; en 3.6 dat ’n soortgelyke nuwe voertuig op die plaaslike voertuig mark beskikbaar is; en 3.7 dat die voertuig nie voorheen in ’n ongeluk betrokke was nie. 3.8 Ons vergoeding is beperk tot: 3.8.1 die Nuwe Voertuie Pryslys wat nie die oorspronklike aankoopprys met meer as 10 (tien) persent sal

oorskry nie; of 3.8.2 die versekerde bedrag soos in die Bylae vermeld wat ookal die minste is vir dieselfde fabrikaat en model

voertuig.

4 MEDIESE UITgAWES Indien Jou voertuig in ’n ongeluk betrokke was en enige persoon binne-in die voertuig word beseer, sal Ons ’n bydrae maak

tot die mediese koste van elke beseerde persoon.

Indien die beseerde geregtig is op vergoeding van die Wet op Padongelukfonds, of soortgelyke wetgewing, moet hy/sy ’n eis daarteen instel en moet alle bedrae ontvang vanaf die genoemde eis aan Ons terug betaal word sodra die eis deur genoemde instansie afgehandel is.

Ons skadeloosstelling is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

5 NOODVERBlYf Ons vergoed Jou en die passasiers vir noodverblyf vir 2 (twee) nagte binne ’n 12 (twaalf) maande versekeringsperiode,

indien die reis nie voltooi word nie, as gevolg van ’n versekerde gebeurtenis en plaasvind buite ’n radius van 100 (een honderd) kilometers van waar die voertuig normaalweg gehou word.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

6 TRAUMABEHANDElINg Ons sal Jou skadeloos stel, indien Jy die slagoffer van ’n daad van geweld tydens diefstal, poging tot diefstal, aanhouding

of kaping is, wat professionele berading vir trauma behandeling benodig, op voorwaarde dat geen vergoeding van enige ander versekering of fasiliteit verhaalbaar is nie.

Ons skadeloosstelling is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

7 TOEVAllIgE DOOD Ons stel Jou of enige lid van Jou gesin wat normaalweg by Jou woonagtig is, skadeloos vir dood wat binne 90 (negentig)

dae na ’n ongeluk plaas vind, as gevolg van liggaamlike beserings daarin opgedoen.

Ons skadeloosstelling is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

8 REPATRIASIEKOSTE Indien Jou versekerde voertuig beskadig word buite die grense van die Republiek van Suid Afrika, maar binne die gebiedsgrense soos gedefinieer, vergoed Ons die koste wat deur Jou aangegaan is om die voertuig na die Republiek van Suid Afrika terug te bring, tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

9 VERlIES VAN SlEUTElS Ons vergoed vir die vervangingskoste van sleutels en slotte van Jou voertuig, insluitend afstandkontroles en vir die

programmeringskoste van sekuriteit stelsels, na die plaasvind van ’n verlies daarvan.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

10 4X4 DEKKINg Hierdie dekking geld slegs indien die voertuig in die Bylae vermeld word, uitsluitend gebruik van die voertuig in enige

georganiseerde 4x4 veld aktiwiteite soos tydrenne en wedrenne. Die dekking en beperkings soos vermeld onder “Uitbreidings tot Basiese Dekking, Spesifieke Klousules of Opsionele Uitbreidings”, is op hierdie 4X4 uitbreiding van toepassing, sowel as die volgende;

10.1 Gebiedsgrense Die gebiedsgrense vir hierdie opsionele uitbreiding is die Republiek van Suid Afrika, Namibië, Lesotho, Botswana,

Swaziland, Zimbabwe, Malawi, Zambië and Mosambiek. 10.1.1 Ons sal nie opdrag vir herstel vir Jou voertuig gee nie, tensy Jy die voertuig suksesvol teruggebring het

binne die gebiedsgrense van die Republiek van Suid Afrika. 10.1.2 Indien Jy die voertuig nie na die Republiek van Suid Afrika laat terug keer nie, moet Jy bewys dat die

voertuig onherstelbaar beskadig is, volgens metodes wat Ons aanvaarbaar vind, voordat enige vergoeding plaasvind.

10.1.3 Indien Ons aanspreeklikheid aanvaar, sal die wrakwaarde bereken word teen 20 (twintig) persent van die skikkingsbedrag, wat van die bedrag van die skikking afgetrek sal word.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld

Page 38: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

36 CIB/PER-AFR/25/03/15

OPSIONElE UITBREIDINgS (Slegs indien in die Bylae as ingesluit vermeld word en ’n premie betaal is)

1 TOEBEHORE (Voertuie/Karavane/Sleepwaens) Ons vergoed vir die verlies van of skade aan alle toebehore wat in die Bylae gespesifiseer is. Alle addisionele inhoud van karavane, sleepwaens asook motorfiets kleredrag, moet onder die Alle Risiko afdeling gespesifiseer word.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

2 KREDIET TEKORT DEKKINg 2.1 Dekking word verskaf vir enige voertuig soos in die Bylae vermeld en waarvoor dekking gekies is. 2.2 Dekking ten opsigte van krediet-tekort kan ingesluit word teen ʼn addisionele premie tot ʼn maksimum limiet van R

200 000 (twee honderd duisend rand) 2.3 Dekking sal voorsien word vir voertuie wat omvattend in terme van hierdie afdeling, verseker is; 2.3.1 teen diefstal of kaping (en nie fisies aan ons teruggegee is nie) of 2.3.2 beskadig is en geag word as ʼn afskrywing of onekonomies om te herstel 2.4 Ons vergoed die geregistreerde finansiële instansie, wat die aankoop van die voertuig gefinansier het, ten opsigte

van die verskil tussen die redelike herverkoopwaarde en die uitstaande aflosbedrag. Hierdie vergoeding is onderhewig aan die terme en voorwaardes van hierdie polis.

2.5 Die aflosbedrag word gedefinieer as die verskuldigde bedrag op ’n spesifieke datum, waarop die finale uitstaande skuld aan die finansiële instansie vereffen moet word, uitsluitend;

2.5.1 Enige addisionele bedrae bykomend tot die oorspronklike skuld wat meer is as die werklike koopprys van die voertuig en voertuig bybehore;

2.5.2 Agterstallige betalings en/of rente; 2.5.3 Enige addisionele finansieringskostes asook regskostes wat deur Jou aan die finansiele instansie

verskuldig is; 2.5.4 Boetes ten opsigte van vroeë afbetaling/s; 2.5.5 Enige ander bedrag wat terugbetaalbaar is aan Jou soos onderhoud \ diens- of waarborgdekkings \ planne

asook enige verbeterde produk \ diens of aanbiedinge ; 2.5.6 Enige tekort as gevolg van herfinansiering of voorskotte toegestaan onder die ooreenkoms; 2.5.7 Enige bedrag verskuldig waar verlaagde paaiemente aanvanklik betaalbaar is en ʼn hoër paaiement /

enkelbedrag op ʼn latere stadium betaalbaar sal wees. Ons sal u slegs vergoed vir die bedrag wat u sou skuld indien u vir ʼn huurkoopooreenkoms (paaiement betalings van gelyke bedrae) oor die termyn van die kontrak aansoek gedoen het. Enige rente en/of paaiemente, soos aangeteken is in die finansieringsooreenkoms, wat betaal sou gewees het as daar geen reswaarde / globalebedrag (“Balloon Payment”) was nie, sal bereken word vanaf die eerste paaiement datum van die krediet-ooreenkoms tot en met die maand waarin die eis plaasgevind het, en sal dan van die skikkingsbedrag afgetrek word

2.5.8 Enige bybetalings van toepassing in terme van die onderliggende polis, insluitend enige vrywillige- en/of verpligte bybetalinge.

2.6 Dekking onder hierdie uitbreiding is onderhewig aan: 2.6.1 Die aanvaarding van aanspreeklikheid onder die Voertuig Afdeling; 2.6.2 Dat Jy Ons binne 30 (dertig) dae van die verlies of skade voorsien van ʼn gesertifiseerde afskrif van die

kredietooreenkoms en ʼn staat van Jou rekening wat die uitstaande aflosbedrag aandui soos op die datum van verlies of skade.

3 MOTORHUUR Na die plaasvind van ’n gebeurtenis, sal Ons Jou skadeloos stel vir die huur van ’n voertuig op voorwaarde dat: 3.1 Ons die huur van die voertuig sal reël; 3.2 Die opsie vir die huur van ’n voertuig, in die bylae vermeld word; 3.3 Die huur op ’n onbeperkte afstand-grondslag is, maar met uitsluiting van die koste van brandstof en/of olies en/of

onderhoud, en/of enige brandstof deposito betaalbaar; 3.4 Die huurtydperk: 3.4.1 Begin binne 21 (een en twintig) dae vanaf die datum van diefstal of ongeluk; 3.4.2 Word beëindig op die dag waarop Jy die versekerde voertuig weer in ontvangs neem nadat herstelwerk

gedoen is wat deur diefstal veroorsaak is, of die maksimum dae soos in die Bylae vermeld na die aanvang van die huurtydperk, wat ook al eerste plaasvind.

3.4.3 Word beëindig op die dag nadat Jou eis, ingeval van diefstal of totale verlies, geskik is of die maksimum dae soos in die Bylae vermeld, wat ook al eerste plaasvind.

3.5 Jy aan al die voorwaardes van hierdie Polis, voldoen het; 3.6 Indien enige gebeurtenis plaasvind wat aanleiding gee tot ’n eis op die gehuurde voertuig gedurende die

huurtydperk, is Jy aanspreeklik vir die eerste bedrag betaalbaar ingevolge die motorhuurooreenkoms / kontrak.

Page 39: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

37 CIB/PER-AFR/25/03/15

VOORWAARDES

1 TIPE gEBRUIK

1.1 STRENg PRIVAAT Voertuie vir privaat gebruik is geëvalueer en is bevind dat die tarief voorsiening maak vir uitsluitlik privaat gebruik.

Daar is dus geen dekking vir enige ander gebruik nie. Ons moet onmiddellik in kennis gestel word indien die gebruik van die voertuig verander, sodat die dekking daarvolgens aangepas kan word. Indien Jy hierin versuim sal dit tot geen dekking lei.

1.2 SOSIAlE gEBRUIK INSlUITEND WERK TOE EN TERUg Voertuie vir sosiale gebruik, insluitend werk toe en terug, is geëvalueer en bevind dat die tarief voorsiening maak

vir sosiale gebruik alleenlik. Die dekking sluit privaat gebruik in en ritte na en van die werk. Ons moet onmiddellik in kennis gestel word indien die gebruik van die voertuig verander, sodat die dekking aangepas kan word. Indien Jy hierin versuim sal dit tot geen dekking lei.

1.3 PROfESSIONElE BESIgHEIDSgEBRUIK Voertuie vir professionele besigheidsgebruik is geëvalueer en bevind dat die tarief voorsiening maak vir uitsluitlik

professionele besigheidsgebruik. Die dekking sluit privaat gebruik in en gereelde besigheidsgebruik en word beperk tot die versekerde en sy/haar gade. Indien iemand anders die voertuig vir besigheid gebruik sal geen dekking bestaan nie. Ons moet onmiddellik in kennis gestel word indien die gebruik van die voertuig verander, sodat die dekking aangepas kan word. Indien Jy hierin versuim sal dit tot geen dekking lei.

1.4 BESIgHEIDSgEBRUIK Voertuie vir besigheidsgebruik is geëvalueer en bevind dat die tarief voorsiening maak vir uitsluitlik

besigheidsgebruik. Die dekking sluit sosiale, privaat, plesier, besigheid en professionele doeleindes in en word beperk tot die versekerde en sy/haar gade. Indien iemand anders die voertuig vir besigheid gebruik sal geen dekking bestaan nie. Ons moet onmiddellik in kennis gestel word indien die gebruik van die voertuig verander, sodat die dekking aangepas kan word. Indien Jy hierin versuim sal dit tot geen dekking lei.

2 gEREElDE BESTUURDER KlOUSUlE Ons gebruik die tersaaklike inligting van die gereelde bestuurder om die premie wat Ons per voertuig hef, te bereken.

Hierdie inligting sluit die persoon se ouderdom, motor bestuursgeskiedenis, motor bestuursvermoë, en finansiële status in. Jy moet Ons onmiddellik is kennis stel van enige van die volgende veranderinge:

2.1 Die gereelde bestuurder van ’n voertuig; 2.2 Die beroep van die gereelde bestuurder; 2.3 Verandering in gebruik van voertuig; 2.4 Die finansiële status van die gereelde bestuurder (met inbegrip van enige inligting in verband met vonnisse,

skuldigbevindings of indien die gereelde bestuurder insolvent verklaar of onder administrasie geplaas is); 2.5 Verandering van adres waar die voertuig oornag gehou word. Indien die risiko wesenlik verander word, sonder Ons skriftelike toestemming, mag Ons Jou skadeloosstelling of vergoeding

vir die verlies, skade of enige aanspreeklikheid onder hierdie afdeling, afkeur

3 UITSONDERlIKE VOERTUIE gENOMINEERDE BESTUURDER KlOUSUlE Ons gebruik die tersaaklike inligting van die vermelde gereelde bestuurder om die premie wat Ons per uitsonderlike

voertuig hef, te bereken. Hierdie inligting sluit die persoon se ouderdom, motor bestuursgeskiedenis, motor bestuursvermoë, en finansiële status in. Jy moet Ons onmiddellik is kennis stel van enige van die volgende veranderinge:

3.1 Die gereelde bestuurder van ’n voertuig; 3.2 Die beroep van die gereelde bestuurder; 3.3 Verandering in gebruik van voertuig; 3.4 Die finansiële status van die gereelde bestuurder (met inbegrip van enige inligting in verband met vonnisse,

skuldigbevindings of indien die gereelde bestuurder insolvent verklaar of onder administrasie geplaas is);

Indien die risiko wesenlik verander word, sonder Ons skriftelike toestemming, mag Ons jou skadeloosstelling of vergoeding vir die verlies, skade of enige aanspreeklikheid onder hierdie afdeling, afkeur.

4 KlASSIEKE VOERTUIE gENOMINEERDE BESTUURDER KlOUSUlE Ons gebruik die tersaaklike inligting van die vermelde gereelde bestuurder om die premie wat ons per klasieke voertuig hef,

te bereken. Hierdie inligting sluit die persoon se ouderdom, bestuurs geskiedenis, bestuursvermoë, en finansiële status in. Jy moet ons onmiddellik is kennis stel van enige van die volgende veranderinge:

4.6 Die gereelde bestuurder van ’n voertuig; 4.7 Die beroep van die gereelde bestuurder; 4.8 Verandering in gebruik van voertuig; 4.9 Die finansiële status van die gereelde bestuurder (met inbegrip van enige inligting in verband met vonnisse,

skuldigbevindings of indien die gereelde bestuurder insolvent verklaar of onder administrasie geplaas is); 4.10 Verandering van adres waar die voertuig oornag gehou word.

Indien die risiko wesenlik verander word, sonder Ons skriftelike toestemming, mag Ons Jou skadeloosstelling of vergoeding vir die verlies, skade of enige aanspreeklikheid onder hierdie afdeling, afkeur.

Page 40: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

38 CIB/PER-AFR/25/03/15

5 BESKIKBARE ONDERDElE Indien onderdele en/of toerusting wat vir herstelwerk aan die voertuig benodig word, nie as ’n standaard (reeds

vervaardigde) onderdeel in Suid Afrika beskikbaar is nie of nie meer beskikbaar is nie, betaal Ons ’n kontant bedrag gelykstaande aan die waarde van die onderdeel ten tye van die gebeurtenis, soos bepaal deur die mees onlangse katalogus of pryslys vir die betrokke voertuig, insluitend die redelike koste van vervoer. (Nie lugvervoer nie, tensy anders met Ons gereël.)

6 VEIlIgHEIDSMAATREËlS

6.1 BEVEIlIgINgSTOESTEllE Indien ’n beveiligingstoestel vir die betrokke voertuig volgens die Bylae vereis word, word verlies van of skade aan

die voertuig na diefstal slegs gedek indien die volgende voorwaardes nagekom is: 6.1.1 Die vereiste beveiligingstoestel is in of op die voertuig geïnstalleer; 6.1.2 Die vereiste beveiligingstoestel is in werkende toestand; 6.1.3 Die vereiste beveiligingstoestel is geaktiveer of in werking gestel terwyl die voertuig onbewaak gelaat was.

6.2 OPSPORINgSTElSEl Indien ’n opsporingstelsel vir die betrokke voertuig volgens die Bylae vereis word , word verlies van of skade

aan die voertuig na diefstal, kaping of poging tot diefstal of kaping slegs gedek indien die volgende voorwaardes nagekom is:

6.2.1 Die vereiste opsporingstoestel is in of op die voertuig geïnstalleer; 6.2.2 Jy en die verskaffer van die opsporingstoestel ’n geldige kontrak gesluit het, die kontrak van krag is en die

maandelikse fooie ten tye van diefstal, kaping of poging tot diefstal of kaping, ten volle betaal is; 6.2.3 Die vereiste opsporingstelsel is ten tye van diefstal, kaping of poging tot diefstal of kaping geaktiveer en in

werking; 6.2.4 Die diefstal of kaping is onmiddellik aan die verskaffer van die vereiste opsporingstoestel gerapporteer; 6.2.5 Die vereiste opsporingstelsel is óf selftoetsend óf jy het gereël dat dit ten minste elke ses maande getoets

word.

7 KREDIETOOREENKOMS Indien die versekerde voertuig, volgens Ons kennis, die onderwerp van ’n krediet- of enige soortgelyke ooreenkoms ten

tyde van die verlies is, dan sal Ons geregtig wees om enige gelde aan Jou verskuldig, eers aanwend vir die afbetaling van die skuld ingevolge die ooreenkoms en sal Ons die titelhouer slegs tot en met die uitstaande bedrag betaal. Die totale bedrag deur Ons betaalbaar, sal nie die limiet soos in die Bylae vermeld, minus die bybetaling, oorskry nie.

8 BEDRAg DEUR U BETAAlBAAR Jy is verantwoordelik vir die bybetaling en/of persentasie, soos in die Bylae vermeld, van elke gebeurtenis. Verwys ook

na “Algemene Voorwaardes” 14. Indien die basis van bydrae ’n persentasie verteenwoordig, sal dit bereken word teen die totale bedrag geëis, wat van die skikkingsbedrag afgetrek sal word.

HIERDIE AfDElINg DEK NIE DIE VOlgENDE NIE (VERlIES Of SKADE AAN DIE VOERTUIg)Verlies of skade is nie vir die volgende gedek nie, tensy anders in die Bylae vermeld:1 veroorsaak deur meganiese, elektriese of elektroniese onklaarraking, weiering of breekskade, asook enige gevolglike

verlies van of skade aan enige ander meganiese, elektriese of elektroniese komponente wat voortspruit uit gemelde onklaarraking, weiering of breekskade;

2 veroorsaak deur waardevermindering hetsy as gevolg van herstelwerk of andersins;

3 veroorsaak deur geleidelike verslegting (soos slytasie, roes, muf, korrosie en verrotting);

4 aan bande deur die gebruik van remme of deur lekkasie, snye of barste wat deur pad gevare veroorsaak word;

5 aan die veerstelsel as gevolg van ongelyke paaie of ander oppervlaktes of as gevolg van botsing met sulke ongelykhede;

6 aan die voertuig wat regstreeks ontstaan omdat die voertuig nie padwaardig is nie;

7 aan Gholfkarretjies wat op ’n openbare pad gebruik word;

8 wat ontstaan uit of verband hou met enige ruiltransaksie, kontant- of kredietverkoop transaksie, insluitende diefstal deur middel van valse voorwendsel en bedrog.

9 deur gebruik van die voertuig vir ’n doel wat nie in die gebruiksklas beskryf word wat in die Bylae vir daardie spesifieke voertuig aangedui word nie;

10 deur gebruik van die voertuig terwyl Jy onder die invloed van bedwelmende drank of verdowingsmiddels is, of Jou bloed of asem alkohol-konsentrasie die wetlike perk oorskry;

11 deur gebruik van die voertuig deur ’n ander persoon met Jou uitdruklike of stilswyende toestemming, wie volgens Jou wete onder die invloed van bedwelmende drank of verdowingsmiddels is of wie se bloed of asem alkohol-konsentrasie die wetlike perk oorskry;

Page 41: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

39 CIB/PER-AFR/25/03/15

12 deur gebruik van die voertuig en Jy het nie ’n rybewys om die voertuig te bestuur nie, ongeag waar die voertuig bestuur word;

13 deur gebruik van die voertuig deur ’n ander persoon met Jou uitdruklike of stilswyende goedkeuring en die persoon het nie ’n rybewys om die voertuig te bestuur nie, ongeag waar die voertuig bestuur word.

14 met betrekking tot alle Gebruiksklasse, word die volgende nie gedek nie: 14.1 enige gebruik in verband met motorhandel (behalwe in verband met die normale diens, onderhoud of herstel),

bestuurskool of sleep teen vergoeding, die vervoer van goedere vir handelsdoeleindes, behalwe voorbeelde, verhuring, vervoer van reisgeldbetalende passasiers, wedrenne, sportbyeenkomste, spoed of ander kompetisies of byeenkomste, of gebruik op enige renbaan ongeag of dit by ’n georganiseerde geleentheid is of nie;

14.2 verlies van of skade as gevolg van die vervoer van plofstof of ander gevaarlike goedere ingesluit, maar nie beperk tot, nitrogliserine of dinamiet, die vervoer van chemikalieë of drukgas of vloeibare gasse, die vervoer van gevaarlike afval of die aflewering van kommersiële vrag.

15 Ten opsigte van ’n eis as gevolg van ’n ongeluk in Mosambiek en Zimbabwe, sluit die dekking nie onderdele in nie wat van die voertuig gestroop word, terwyl dit op die toneel van die ongeluk onbewaak gelaat word nie, of terwyl in transito terug na die Republiek van Suid-Afrika.

16 vir verlies of skade aan die voertuig terwyl in transito oor water tussen hawens in die gebiedsgrense

AANSPREEKlIKHEID

1 VERgOEDINgSPERK Ons stel Jou skadeloos vir bedrae waarvoor Jy regtens aan ’n derde party verskuldig is, as gevolg van ’n gebeurtenis, wat

voortspruit uit die gebruik van die voertuig.

AANSPREEKlIKHEIDSlIMIETEVoordeel limiet Aanvullende Persoonlike Aanspreeklikheid

Voertuie Aanspreeklikheid teenoor 3de Partye R1,000,000.00 Soos in Bylae vermeldSagte Dak Voertuig Passasiers Aanspreeklikheid R250,000.00 UitgesluitMotorfietse Aanspreeklikheid teenoor 3de Partye R1,000,000.00 UitgesluitMotorfietse Passasiers Aanspreeklikheid Uitgesluit Uitgesluit Sleepwa/Karavaan Aanspreeklikheid teenoor 3de Partye R1,000,000.00 UitgesluitGholfkarretjies Aanspreeklikheid teenoor 3de Partye R1,000,000.00 UitgesluitGholfkarretjies Aanspreeklikheid teenoor 3de Partye

(dood en liggaamlike besering)R250,000.00 Uitgesluit

Gholfkarretjies Passasiers Aanspreeklikheid Uitgesluit Uitgesluit

Die skadeloosstelling wat deur hierdie gedeelte van die afdeling van die polis verleen word, is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld. Die perk sluit alle koste en uitgawes in wat deur Ons aangegaan is en koste deur Jou aangegaan, waarvoor Ons vooraf skriftelike toestemming verleen het.

2 REgSAANSPREEKlIKHEID

2.1 AANSPREEKlIKHEID TEENOOR DERDE PARTYE Ons sal Jou skadeloos stel vir regsaanspreeklikheid aan ’n derde party tot en met die bedrag soos in die Bylae

vermeld per voorval, vir die betaling van skadevergoeding, regskostes en ander kostes wat aangegaan is met Ons toestemming vir:

2.1.1 Dood of liggaamlike besering van enige persoon; 2.1.2 Skade aan eiendom; 2.1.3 Brand of ontploffing as gevolg van ’n ongeluk veroorsaak deur, of in verband met, ’n voertuig, of sleepwa of woonwa daaraan gehaak,

wat gespesifiseer is in die Bylae van Versekering, wat nie die skadeloosstellingsperk soos in die Bylae vermeld oorskry nie.

2.2 REgSAANSPREEKlIKHEID TEENOOR DERDE PARTYE INDIEN DIE VERSEKERDE VOERTUIg DEUR ’n ANDER PERSOON gEBRUIK WORD.

Ons stel enige persoon skadeloos wat deur Jou gemagtig is om Jou voertuig te gebruik, vir bedrae waarvoor hulle regtens aanspreeklik is aan derde partye as gevolg van ’n gebeurtenis waartydens Jou voertuig gebruik is, insluitende die op en aflaai van die versekerde voertuig in terme van hierdie afdeling, onderworpe aan die bedrae soos in die tabel vir “Vergoedingsperk” hierbo vermeld.

Die aanspreeklikheid hiervoor is onderworpe aan die volgende voorwaardes: 2.1.1 die persoon voldoen aan al die voorskrifte vervat in hierdie polis; 2.1.2 die persoon het die voertuig gebruik met Jou volle toestemming; 2.1.3 die persoon is nie geregtig op vergoeding vanaf enige ander versekering nie; 2.1.4 dat voertuig versekering, nooit voorheen vir die persoon geweier of voorwaardes daarop geplaas is nie.

Page 42: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

40 CIB/PER-AFR/25/03/15

Hierdie afdeling is ook onderworpe aan die voorwaarde dat indien die geleentheid bestaan om ’n eis teen die Pad Ongelukfonds Wet van 1996 of wysigings daaraan of enige ander betrokke wetgewing, in te stel, moet ’n eis daarteen ingestel word en alle mediese koste wat deur Ons betaal is, aan Ons terug betaal word, sodra genoemde eis gefinaliseer is.

2.3 REgSAANSPREEKlIKHEID TEENOOR DERDE PARTYE WEENS JOU gEBRUIK VAN ’n ANDER VOERTUIg Hierdie afdeling is ook uitgebrei om Jou skadeloos te stel vir bedrae waarvoor Jy regtens aanspreeklik is teenoor

derde partye, na ’n gebeurtenis waar: 2.3.1 Jy ’n voertuig gebruik wat nie in terme van die polis dekking geniet nie; en 2.3.2 Die sleep van ’n enkele voertuig, karavaan of sleepwa deur hierdie voertuig; en 2.3.3 Die op en aflaai van goedere van die voertuig deur jou in gebruik; 2.3.4 Onderworpe daaraan dat; 2.3.4.1 Jy die bestuurder van die voertuig was; 2.3.4.2 Die voertuig beantwoord aan die beskrywing vir voertuie soos vervat in die definisies in terme

van die afdeling; (verwys na die opskrif “Definisies”) 2.3.4.3 Jy nie die eienaar van die voertuig is nie; 2.3.4.4 Die voertuig nie onder bruikhuur is of aan jou verhuur word nie; 2.3.4.5 Jy die voertuig nie aankoop in terme van enige koopooreenkoms nie.

Neem kennis dat geen eie skade aan die voertuig, in terme van hierdie vergoedingsperk 2.3, betaalbaar is nie.

2.4 PASSASIERSAANSPREEKlIKHEID. Ons sal Jou skadeloos stel vir bedrae waarvoor Jy regtens aanspreeklik is vir persone, wat binne Jou voertuig

en nie op Jou voertuig vervoer word nie, ten opsigte van toevallige dood of liggaamlike besering. Let wel, enige persoon wat binne ’n sagte dak voertuig vervoer word, is beperk tot R250 000 (twee honderd en vyftig duisend rand).

Ons skadeloosstelling is beperk tot die bedrae soos in die vergoedingstabel vermeld.

3 VERTEENWOORDIgINg/VERDEDIgINg Ons is daarop geregtig om verteenwoordiging of verdediging te reël, vir enige saak wat die onderwerp van enige

skadeloosstelling in terme van hierdie afdeling is en verwys Jou na Algemene Voorwaarde 10.3, Subrogasie.

HIERDIE AfDElINg DEK NIE DIE VOlgENDE NIE (VOERTUIg AANSPREEKlIKHEID)Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir die volgende nie, tensy andersins in die Bylae vermeld:1 die bedrag van enige vergoeding wat ingevolge enige verpligte motor versekering wetgewing betaalbaar is;

2 wat ontstaan uit die gebruik van gereedskap of toerusting (insluitende enige masjinerie) wat aan die voertuig vasgeheg is;

3 vir enige persoon in Jou diens, as die dood of liggaamlike besering in die loop van die diens plaasgevind het;

4 vir enige lid van dieselfde huishouding as Jy;

5 van eiendom wat aan Jou behoort of deur Jou in trust gehou word of wat onder Jou toesig of beheer is;

6 aan eiendom wat deur ’n voertuig vervoer word, of daarop of daarvan af gelaai word;

7 ten opsigte van regskostes en -uitgawes aangegaan na die datum waarop Ons die eis geskik het, of nadat Ons die maksimum betaal het waarvoor Ons aanspreeklik was;

8 vir enige persoon wat ten tye van die gebeurtenis in of op ’n woonwa, sleepwa, motorfiets of ligte afleweringsvoertuig, behalwe as die passasier binne die bestuurderskajuit van die ligte afleweringsvoertuig, vervoer word;

9 vir enige persoon wat ten tye van die gebeurtenis in of op ’n voertuig wat op sleeptou is, vervoer word;

10 wat direk voortspruit uit die onpadwaardigheid van die voertuig.

11 indien die voertuig gebruik word vir ’n doel wat nie in die gebruiksklas beskryf word, soos in die Bylae vermeld, vir die spesifieke voertuig aangedui word nie;

12 indien die voertuig gebruik word terwyl Jy onder die invloed van bedwelmende drank of verdowingsmiddels is, of Jou bloed of asem alkohol-konsentrasie die wetlike perk oorskry;

13 indien die voertuig gebruik word deur ’n ander persoon met Jou uitdruklike of stilswyende toestemming, wie volgens Jou wete onder die invloed van bedwelmende drank of verdowingsmiddels is of wie se bloed of asem alkohol konsentrasie die wetlike perk oorskry;

14 indien die voertuig gebruik word terwyl Jy nie in besit is van ’n geldige rybewys, om die voertuig te bestuur nie, ongeag waar die voertuig bestuur word;

Page 43: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

41 CIB/PER-AFR/25/03/15

15 indien die voertuig gebruik word terwyl ’n ander persoon, met Jou uitdruklike of stilswyende goedkeuring, nie in besit is van ’n geldige rybewys om die voertuig te bestuur nie, ongeag waar die voertuig bestuur word.

16 passasiers wat op gholfkarretjies vervoer word.

17 vir verlies of skade aan die voertuig terwyl in transito oor water tussen hawens in die gebiedsgrense

Page 44: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

42 CIB/PER-AFR/25/03/15

Page 45: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

43 CIB/PER-AFR/25/03/15

AfDElINg 6 WATERVAARTUIE

DEfINISIES

“U/Uself/jou/Jouself” is die name soos in die Bylae vermeld, insluitend Jou gade en ander lede van Jou familie of Jou gade se familie wat normaalweg by Jou inwoon en finansieel van Jou afhanklik is.

“Ons” is RMB Structured Insurance Limited (RMBSI), die Versekeraar. RMBSI is ’n geregistreerde versekeraar vir die doeleindes van die Korttermyn Versekeringswet 1998 en ’n gelisensieerde finansiële diensteverskaffer vir doeleindes van die Finansiële Advies- en Tussengangersdienste Wet 2002 soos van tyd tot tyd gewysig.

“Watervaartuie” dit is die romp wat nie langer as 6 (ses) meter is nie, binneboordmotors en alle ander toebehore en/of toerusting wat gewoonlik met die Watervaartuig verkoop word, insluitend die sleepwa, maar uitgesluit bemanningsuitrusting deur die eienaar voorsien, sekstante, skeepvaartboeke, oliejas, seestewels en seiljagklere en ander addisionele of spesiale toerusting vermeld in die Bylae van Versekering.

“gebiedswaters” is die Republiek van Suid Afrika, Namibië, Mosambiek Lesotho, Botswana, Swaziland, Zimbabwe, Malawi, Zambië en binne 20km van die kuste van die Republiek van Suid Afrika, Namibië and Mosambiek.

BASIESE DEKKINgDie versekerde bedrag/limiete of skadeloosstellingsperk vermeld in die Bylae sal die maksimum bedrag wees wat deur Ons betaal word vir verlies of skade, maar hoogstens die redelike markwaarde van sodanige vaartuig en die toebehore en onderdele, ten tyde van die verlies, wat ook al die minste is.

1 Ons sal Jou vergoed vir verlies van of skade aan die watervaartuig terwyl: 1.1 Op see, in hawens en riviere of op binnelandse waters, met inbegrip van vasmeer, uit die dok bring, lansering,

uitsleep en terwyl gesleep word of die sleep van waterskiërs of watervaartuig in nood, op voorwaarde dat sodanige slepery of bergingsdienste nie onderneem is ingevolge ’n kontrak wat vooraf deur Jou ooreengekom is, of namens Jou of enige ander party nie;

1.2 In transito per pad, spoor, see of lug, insluitende die oplaai en aflaai daarvan, op voorwaarde dat die romp van die versekerde Watervaartuig nie 6 (ses) meter in geheel oorskry nie;

1.3 Gestrand, insluitende droogdok en by die perseel van kontrakteurs vir die doel van opknapping, te pas, instandhouding, herstel of ondersoek en waarvan die skade of verlies direk veroorsaak is deur eksterne ongelukke en/of toevallige wyse:

1.3.1 Stremming van weer, strand, sink of botsing; 1.3.2 Bars van ketels, brekasie van skagte en verlies of skade veroorsaak deur die nalatigheid van enige

persoon hoegenaamd maar met uitsluiting van die koste om enige defekte reg te maak as gevolg van nalatigheid of kontrakbreuk van enige herstelwerk of veranderings uitgevoer vir jou rekening of vir onderhoud;

1.3.3 Brand, weerlig of ontploffing; 1.3.4 Aardbewings of vulkaniese uitbarstings; 1.3.5 Storm, orkaan of vloede; 1.3.6 Kwaadwillige skade, seerowery 1.3.7 Diefstal of poging tot diefstal van: 1.3.7.1 Jou algehele Watervaartuig en/of die bote daarop 1.3.7.2 Die masjinerie en/of monterings en/of toerusting en/of buiteboordmotors van jou Watervaartuig

en/of die bote van jou versekerde Watervaartuig, op voorwaarde dat fisiese en sigbare skade deur diefstal plaasgevind het vanuit:

1.3.7.2.1 Onbewaakte Watervaartuie, motors en ander voertuie; 1.3.7.2.2 Huishoudelike buitegeboue sonder regstreekse toegang tot die private woning; 1.3.7.2.3 Enige ander bergingsplek; 1.3.7.2.4 Buiteboordmotor(s) terwyl geheg aan die Watervaartuig, met dien verstande dat dit

veilig aan die Watervaartuig of sy bote vasgesluit is deur ’n diefweringstoestel, addisioneel tot die normale metode van aanhegting;

1.3.8 Die afval van of oorboord val van die Watervaartuig se buiteboordmotor(s), met dien verstande dat dit stewig aan die Watervaartuig deur ’n ketting of ander veiligheidstoestel vasgeheg was, addisioneel tot die normale metode van aanhegting;

1.3.9 Botsing deur lugvaartuie of ander lugtoestelle, of artikels wat daaruit val.

Page 46: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

44 CIB/PER-AFR/25/03/15

UITgEBREIDE BASIESE DEKKINg

1 INSPEKSIE VAN DIE ROMP NA ’N VAARTUIg gESTRAND, gESINK Of gEBOTS HET Ons vergoed die werklike koste wat aangegaan word, ten einde die romp van die watervaartuig vir moontlike skade as

gevolg van stranding, sinking of botsing, te inspekteer.

2 KOSTE OM ’N VERlIES TE VERHOED Ons vergoed redelike koste en uitgawes wat aangegaan is, ten einde verlies of skade wat onder hierdie afdeling verseker

word, te voorkom of te verminder.

2 STOOR, BESKERM EN VERWYDERINgSKOSTE Ons vergoed Jou vir werklike koste ten opsigte van stoor, beskerming en verwydering van Jou watervaartuig na die naaste

hersteller, nadat ’n versekerde gebeurtenis in terme van hierdie afdeling, plaasgevind het.

3 AflEWERINg NA HERSTElWERK Ons vergoed Jou vir die werklike koste vir aflewering van Jou watervaartuig na die adres waar dit gewoonlik gehou word,

nadat herstelwerk afgehandel is.

4 HERWINNINgSKOSTE Ons vergoed vir die bergingskoste wat met Ons skriftelike toestemming aangegaan word, ten einde ’n verlies te voorkom

as gevolg van ’n gebeure wat verseker word onder die “Basiese Dekking” van hierdie afdeling, insluitend die uithaal, verwydering, en vernietiging van die wrak.

6 TERUgVINDKOSTE Ons vergoed vir die werklike koste wat met Ons skriftelike toestemming aangegaan is, om die watervaartuig, na verlies

deur diefstal of kaping terug te vind.

7 VlOT MAAK NA ’N VERlIES Ons vergoed vir die uitgawes verbonde aan die vlot maak van Jou versekerde Watervaartuig nadat dit gestrand, gesink of

in ’n botsing was, indien redelikerwys spesifiek vir daardie doel aangegaan, selfs al word geen skade gevind nie;

8 ONDERWATER VOORWERPE Ons vergoed Jou vir verlies of skade veroorsaak deur botsing met ’n onderwater voorwerpe.

SPESIfIEKE KlOUSUlES (Beperkings)

1 MEDIESE UITgAWES Ons bied skadeloosstelling, in die geval van toevallige liggaamlike beserings aan ’n persoon binne in of op die

Watervaartuig, veroorsaak deur die sink of botsing van die Watervaartuig met enige voorwerp, behalwe water.

Ons skadeloosstelling is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

2 NOODHERSTElWERK NA VERlIES Of SKADE Ons vergoed vir noodherstelwerk aangegaan, ten einde Jou reis voort te sit, indien die watervaartuig die onderwerp van ’n

geldige eis onder hierdie afdeling is en indien Jy Ons van ’n gespesifiseerde faktuur voorsien.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

3 NOODVERBlYf Ons vergoed vir tot 2 (twee) nagte se verblyf, vir Jou en enige passasiers wat saam met Jou reis, indien die reis in die

watervaartuig nie voltooi word nie as gevolg van verlies of skade deur ’n geldige eis, in terme van hierdie afdeling.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

4 TRAUMA BEHANDElINg Ons sal Jou skadeloos stel vir trauma behandeling nadat Jy ’n kaping of poging tot kaping van die watervaartuig beleef het.

Die traumabehandeling moet deur ’n geregistreerde professionele berader gegee word en daar geen moontlikheid bestaan van verhaling van die uitgawes vanaf enige ander versekering of fasiliteit nie.

Ons skadeloosstelling is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

Page 47: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

45 CIB/PER-AFR/25/03/15

OPSIONElE UITBREIDINgS (Slegs van toepassing indien die dekking in die Bylae vermeld word en ’n premie daarvoor betaal is)

1 BUITEBOORDMOTORS Ons vergoed vir verlies van of skade aan buiteboordmotors as die eiendom van die versekerde, soos in die Bylae vermeld.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

2 gESPESIfISEERDE TOEBEHORE (Soos waterskiërs en elektroniese toerusting) Ons vergoed vir die verlies van of skade van toebehore eie aan die watervaartuig, soos in die Bylae vermeld.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

VOORWAARDES

1 BESKRYWINg VAN gEBRUIK Ons is nie aanspreeklik nie vir enige ongeluk, besering, verlies, skade, aanspreeklikheid, kostes of uitgawes veroorsaak,

opgedoen of aangegaan terwyl die Watervaartuig of in verband waarmee, verseker ingevolge hierdie Afdeling van die Polis, vir ’n ander doel gebruik word as ooreenkomstig die volgende gebruiksbeskrywings:

1.1 Gebruik beskrywing klousule: Gebruik vir sosiale-, huishoudelike-, plesier- en privaatdoeleindes. 1.2 Met uitsluiting van: 1.2.1 Gebruik in verband met enige besigheid of handel of professie of terwyl die Watervaartuig of versekerde

eiendom verhuur, op verhuring of uitgeleen is; 1.2.2 Gebruik vir resies of spoedtoetse of wedrenne in verband daarmee; 1.2.3 Gebruik as ’n huisboot.

2 BESKIKBARE ONDERDElE Indien ’n onderdeel, toerusting of uitrusting, na verlies of skade plaasgevind het, benodig word om die watervaartuig te

herstel en nie as ’n standaard (reeds vervaardigde) artikel in die Republiek van Suid-Afrika beskikbaar is nie, betaal Ons ’n kontant bedrag gelykstaande aan die waarde van die onderdeel ten tye van die gebeurtenis, maar nie meer as die vervaardiger se pryslys nie. Die watervaartuig moet die onderwerp van ’n geldige eis wees en die bedrag sluit redelike vervoerkoste in, uitgesonder lugvervoer.

3 KREDIET OOREENKOMS Indien die versekerde Watervaartuig, volgens Ons kennis, die onderwerp is van ’n krediet- of enige soortgelyke

ooreenkoms ten tyde van die verlies, is Ons geregtig om enige gelde aan Jou verskuldig, eers aan te wend vir die afbetaling van die skuld ingevolge die ooreenkoms en sal Ons die titelhouer slegs tot en met die uitstaande bedrag betaal. Die totale bedrag betaalbaar deur Ons sal nie die skadeloosstellingsperk soos in die Bylae van Versekering vermeld, oorskry nie, minus die eerste bedrag betaalbaar.

4 BASIS VAN SKADElOOSSTEllINg Ons skik eise deur middel van herstelling, vervanging, kontant of ’n kombinasie van die drie metodes.

4.1 HERSTEllINg EN TENDER 4.1.1 Ons mag besluit op die hawe of plek waarheen Jou watervaartuig geneem sal word vir vasmeer,

herstelling met dien verstande dat Ons Jou sal terugbetaal vir enige addisionele uitgawes wat veroorsaak is deur die nakoming van Ons vereistes.

4.1.2 Ons mag die plek van herstel of herstelling verwerp en mag tenders neem of tenders vereis vir die herstel van Jou Watervaartuig.

4.2 TOTAlE VERlIES 4.2.1 Indien die ouderdom van die watervaartuig minder as 5 (vyf) jaar is, vergoed Ons Jou vir die vervanging

van watervaartuig of onderdele of met soortgelyke nuwe eiendom. 4.2.2 Indien die watervaartuig ouer as 5 (vyf) jaar is, vergoed Ons Jou vir redelike markwaarde daarvan. Die

waarde sal bepaal word deur twee kwotasies van erkende watervaartuig handelaars te bekom.

4.3 Ons vergoed Jou vir seile, beskermende oortreksels, opgestelde takelwerk, buiteboordmotors, binneboordmotors en batterye tot hoogstens die redelike markwaarde daarvan.

4.4 VERgOEDINgSPERK Ons vergoed Jou tot maksimum die bedrag soos in die Bylae vermeld.

Page 48: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

46 CIB/PER-AFR/25/03/15

5 AWERY Hierdie afdeling van die polis is onderworpe aan awery voorwaarde soos volg. 5.1 Indien die ouderdom van die watervaartuig minder as 5 (vyf) jaar is tydens die opdoen van verlies of skade en

die bedrag wat benodig word om die vaartuig met ’n soortgelyke te vervang, uitsluitend die seile, beskermende oortreksels, opgestelde takelwerk, buiteboord motors, binneboordmotors en batterye, meer as die versekerde bedrag beloop, betaal Ons die bedrag gelykstaande aan die versekerde bedrag. Jy word geag om Jou eie versekeraar te wees vir die verskil tussen die versekerde bedrag en die bedrag wat benodig word om die watervaartuig te vervang.

5.2 Indien die watervaartuig ouer as 5 (vyf) jaar is tydens die opdoen van verlies of skade en die bedrag wat benodig word om die vaartuig met ’n soortgelyke te vervang, uitsluitend die seile, beskermende oortreksels, opgestelde takelwerk, buiteboord motors, binneboordmotors en batterye, meer as die versekerde bedrag beloop, sal Jy geag word om ’n proporsionele gedeelte van die verlies of skade te dra. Sien Algemene Voorwaarde 13 vir die berekening van die proporsionele gedeelte deur Jou betaalbaar.

5.3 Hierdie voorwaarde geld afsonderlik op elke item soos in die Bylae van hierdie afdeling vermeld.

6 gEBIEDSWATERS Die Republiek van Suid Afrika, Namibië, Lesotho, Botswana, Swaziland, Zimbabwe, Malawi, Zambië, Mosambiek en binne

20 (twintig) km van die kuste beskryf van die gebiedsgrense soos hierbo beskryf.

7 BEDRAg DEUR JOU BETAAlBAAR Jy is verantwoordelik vir die bybetaling en/of persentasie, soos in die Bylae vermeld, van elke gebeurtenis. Verwys ook na

“Algemene Voorwaardes 14”.

Indien die basis van bydrae ’n persentasie verteenwoordig, sal dit bereken word teen die bruto bedrag geëis, wat van die skikkingsbedrag afgetrek sal word.

8 SUSTERSKIP Indien die Watervaartuig in ’n botsing betrokke is met of bergingsdienste ontvang van ’n ander Watervaartuig wat geheel of

gedeeltelik aan Jou behoort, of onder dieselfde bestuur is, sal Jy dieselfde regte ingevolge die afdeling geregtig wees, as of die ander Watervaartuig geheel en al die eiendom was van eienaars wat geen belang in jou Watervaartuig het nie.

9 TOEWYSINg Geen toewysing van, of aanspraak op, hierdie afdeling van die Polis of in enige geld wat betaalbaar is of mag wees

ingevolge hierdie afdeling, sal erken word deur of verpligtend wees op Ons tensy ’n gedateerde kennisgewing van sodanige toewysing of aanspraak geteken deur Jou en (in die geval van daaropvolgende toewysing) deur die oordraer, geëndosseer is op die Afdeling en die Polis met sodanige endossement voorsien word, voordat betaling van enige eis of terugbetaling van ’n premie daaronder gemaak word, maar niks in hierdie klousule sal die effek hê van ’n ooreenkoms deur Ons tot die verkoop of oordrag aan nuwe bestuur nie.

10 UIT VAART TYDPERKE Ons betaal nie enige premie terug vir enige tydperk wat Jou watervaartuig uit vaart is nie.

11 PlIg TOT VERSIgTIgHEID Jy waarborg dat Jy; 11.1 Alle redelike stappe sal doen om Jou watervaartuig te onderhou en in ’n seewaardige toestand te hou en dat die

dekking verbeur word indien die voorwaarde nie nagekom is nie; 11.2 Te alle tye alle redelike voorsorg sal tref om jou watervaartuig te beveilig; 11.3 Sal poog om verlies, skade en ongelukke te verhoed; en 11.4 Aan alle wetgewing, wat van toepassing is op die eienaarskap, besit en gebruik van die watervaartuig, sal

voldoen.

HIERDIE AfDElINg DEK NIE DIE VOlgENDE NIE (VERlIES Of SKADE AAN WATERVAARTUIE)Geen van die volgende is verseker nie, tensy in die bylae gespesifiseer:1 Verlies van, of skade, regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, of te wyte aan slytasie, waardevermindering deur

gebruik of na aanleiding van motte, knaagdiere of ongediertes, roes, onseewaardigheid en gevolglike verlies deur enige oorsaak hoegenaamd.

2 Verlies of skade aan of die herstellingskoste van: 2.1 Meganiese of elektriese onklaarraking, weiering of brekasies; 2.2 Motors en elektriese masjinerie en batterye en hulle verbindings (behalwe die skag en skroef), insluitend

verharding of herstelwerk daaraan, tensy veroorsaak deur: 2.2.1 Stranding, sinking uitbranding, aan die brand slaan, botsing betrokke of in kontak met enige eksterne

voorwerp (ys ingesluit) behalwe water, van Jou watervaartuig; 2.2.2 Diefstal van Jou watervaartuig of diefstal wat gepaard gaan met kragdadige en gewelddadige betreding of

verlating van die Watervaartuig of bewaarplek of diefstal van die buiteboordmotor wat stewig vasgesluit is aan Jou Watervaartuig deur ’n diefweringstoestel, addisioneel tot die normale metode van aanhegting, of deur brand in die bewaarplek op land, of terwyl Jou eiendom verwyder word van Jou watervaartuig;

2.2.3 Ontploffing, aardbewing, botsing deur lugvaartuie of ander lugtoestelle, of artikels wat daaruit val. 2.2.4 Verlies of skade aan seile en beskermende oortreksels wat deur die wind geskeur of weggewaai word,

terwyl dit opgestel is, tensy:

Page 49: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

47 CIB/PER-AFR/25/03/15

2.2.4.1 die watervaartuig gestrand, gesink, uitbrand, aan die brand slaan, in ’n botsing betrokke is of kontak maak met enige eksterne voorwerp (ys ingesluit) behalwe water;

2.2.4.2 veroorsaak deur skade wat aan die sparre, waaraan die seile vasgeheg is.

3 Skrape of kneusing en/of induiking en die koste van oorverf of hervernis, wat plaasvind gedurende transito of oplaai of aflaaiery;

4 Verlies of skade aangegaan vir die herstel van ’n defek in die ontwerp, of in die geval van skade veroorsaak deur foutiewe ontwerp en wat aanleiding gee tot ’n eis ingevolge die voorwaardes van hierdie polis, vir enige addisionele uitgawes aangegaan weens verbetering of verandering in ontwerp, of vir die koste en uitgawes van vervanging of herstel van enige onderdeel afgekeur slegs as gevolg van ’n latente defek of fout in ontwerp of konstruksie;

5 Enige boot wat nie permanent gemerk is met die naam van Jou watervaartuig (moeder watervaartuig);

6 Die bybetaling van enige eis soos in die bybetaling addendum of in die Bylae vermeld word, wat ook al die meeste is;

7 Verlies of skade aan die Versekerde Vaartuig terwyl die vaartuig gebruik word deur Jou of enige ander persoon, waar die alkohol konsentrasie van sodanige persoon die limiete oorskry soos voorgeskryf deur die Handelskeepvaart Wet Nr 57 van 1951 (die Nasionale Kleinvaartuig Veiligheid) regulasies 2007) soos gewysig en verander en soortgelyke regulasies uitgevaardig daaronder of waar die persoon onder die invloed van bedwelmende drank of dwelms met ’n narkotiese uitwerking is;

8 Verlies of skade aan die watervaartuig terwyl die watervaartuig navigeer word deur ’n persoon wat nie wetlik geregtig is om dit te doen nie, of enige persoon onder die ouderdom van 16 (sestien) jaar;

9 Verlies of skade aan die versekerde watervaartuig wat in professionele wedrenne gebruik word, tensy die polis spesifiek daarvoor voorsiening maak;

10 Verlies of skade terwyl die Watervaartuig gebruik word vir man-alleen navigasie buite die gebiedswaters soos in die Gebiedswater Definisie vermeld word;

11 Verlies of skade aan die watervaartuig terwyl dit gesleep word of terwyl dit ander watervaartuie sleep;

12 Verlies of skade as gevolg van sypeling en/of besoedeling;

13 Verlies of skade aan eiendom wat aan Jou behoort of verhuur word, deur Jou gehuur of geleen of in Jou beheer, vir bewaring in trust gehou word, of namens Jou, vervoer of op pad is om vervoer te word, in of op die watervaartuig, met uitsluiting van eiendom wat aan passasiers en waterskiërs behoort;

14 Verlies, skade, kostes, uitgawes of aanspreeklikheid van enige aard hoegenaamd regstreeks en/of onregstreeks veroorsaak deur, of bydraend tot, of as gevolg van gevangeneming, beslaglegging, arrestasie of aanhouding en die gevolge daarvan of enige poging daartoe;

15 Verlies of skade aan jetski’s of water motorfietse wat buite of op ’n sleepwa onbewaak gelaat word;

16 Verlies of skade as gevolg van skoonmaak, herstel, opknapping of onderhoud van enige aard of metode;

17 Verlies of skade aan seile en beskermende oortreksels wat deur die wind geskeur word of weggewaai word terwyl hulle gehys is;

18 Verlies of skade as gevolg van waardevermindering hetsy as gevolg van herstelwerk of andersins;

19 Verlies of skade as gevolg van of in verband met die ruil-, kontant- of krediet verkoopsooreenkoms, insluitend diefstal deur middel van valse voorwendsels en bedrog;

20 Verlies of skade indien die watervaartuig vir ’n ander doel gebruik word as wat in die Bylae vermeld word.

21 Verlies of skade, indien die volgend items nie genoegsaam teen water en elemente waaraan ’n watervaartuig gewoonlik aan blootgestel word, beskerm is nie;

21.1 Klerasie en persoonlike besittings; 21.2 Tuig van enige aard ook al; 21.3 Sport en ontspanningstoerusting; 21.4 Veiligheids- en mediese voorrade; 21.5 Seevaart items wat nie aan die watervaartuig geheg is nie; 21.6 Elektroniese en meganiese toerusting.

Page 50: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

48 CIB/PER-AFR/25/03/15

WATERVAARTUIg AANSPREEKlIKHEID

1 VERgOEDINgSPERK Die dekking is vir bedrae waarvoor Jy regtens aanspreeklik is, teenoor enige derde party, as gevolg van ’n enkele of reeks

ongelukke, deur of voortspruitend uit elke gebeurtenis of voorval waaruit skadeloosstelling ontstaan, onder meer as een uitbreiding, tydens die gebruik van die watervaartuig of die sleep van ’n gestrande watervaartuig.

Ons skadeloosstelling is beperk tot R250 000 (twee honderd en vyftig duisend rand). Die perk sluit alle koste en uitgawes in waarvoor Ons skriftelike toestemming verleen het.

2 PASSASIERSAANSPREEKlIKHEID Ons vergoed vir bedrae waarvoor Jy regtens aanspreeklik is, vir passasiers wat ten tye van die gebeurtenis in of op die

watervaartuig vervoer is. Ons skadeloosstelling is beperk tot R100 000 (een honderd duisend rand)

3 AANSPREEKlIKHEID VAN WATERSKIËRS Ons vergoed vir bedrae waarvoor ’n waterskiër of valskermskiër regtens aanspreeklik is, weens ’n gebeurtenis wat plaas

gevind het of ontstaan het, terwyl die water- of valskermskiër, deur die versekerde watervaartuig gesleep word. Ons skadeloosstelling is beperk tot R50 000 (vyftig duisend rand) per gebeurtenis. Ons is nie aanspreeklik nie: 3.1 indien die water- of valskermskiër op skadeloosstelling in gevolge ’n ander polis geregtig is; 3.2 vir toevallige dood van of liggaamlike besering aan of siekte van ’n persoon wat ’n lid van die water- of

valskermskiër se huishouding of gesin is of ’n persoon in diens van die water- of valskermskiër is; 3.3 vir toevallige fisieke verlies van of skade aan eiendom wat behoort aan of in trust gehou word deur of onder toesig

of beheer is van of in bewaring is van die water- of valskermskiër of enige lid van die water- of valskermskiër se huishouding of gesin of enige persoon in die water- of valskermskiër se diens;

3.4 indien die water- of valskermskiër nie die voorwaardes van hierdie polis voldoen nie.

4 DERDE PARTYAANSPREEKlIKHEID INDIEN IEMAND ANDERS DIE VERSEKERDE WATERVAARTUIg gEBRUIK Ons vergoed enige ander persoon, deur Jou gemagtig om die versekerde vaartuig te gebruik, vir bedrae waarop enige

derde party wetlik geregtig is om voor te eis en wat gebeur of ontstaan uit die gebruik van die versekerde watervaartuig tot die limiet soos in die Bylae vermeld.

Hierdie regsaanspreeklik is onderworpe aan die volgende voorwaardes: 4.1 die persoon voldoen aan die Algemene voorwaardes van die polis en die voorwaardes van hierdie afdeling; 4.2 die persoon gebruik die watervaartuig met Jou toestemming en bedryf nie of is nie werksaam by ’n seiljag of

motorboot klub of ’n verkoopsagent of soortgelyke organisasie nie; 4.3 die persoon nie geregtig is aan enige vergoeding van ander versekering nie; 4.4 geen watervaartuig versekering voorheen vir die persoon geweier was nie of voorwaardes geplaas nie; 4.5 die persoon voldoen aan alle wette, regulasies en wetgewing, wat Nasionaal, Provinsiaal of Plaaslik van

toepassing is en ouer as 16 (sestien) jaar is; 4.6 die persoon bedryf nie of is nie in diens van die operateur van ’n skeepswerf, herstelwerf of sleephelling nie.

UITgEBREIDE AANSPREEKlIKHEIDSDEKKINg

1 KOSTE, UITgAWES EN UITBREIDINgS 1.1 Die uitgawes deur Jou aangegaan, vanweë Jou belang in die watervaartuig, in verband met amptelike navrae en

geregtelike nadoodse ondersoeke; 1.2 Regskostes wat Jy, met Ons voorafgaande skriftelike toestemming, aangegaan het, vir die verdediging van enige

aksie of om aanspreeklikheid te betwis; 1.3 Alle bedrae waarvoor Jy regtens aanspreeklik mag word om te betaal en sal betaal in verband met ongelukke as

gevolg van of na bewering as gevolg is van, die Noodhulp behandeling deur Jou uitgeoefen of beskikbaar gestel, met dien verstande dat aanspreeklikheid as gevolg van verkeerde diagnose uitdruklik uitgesluit word;

1.4 Indien meer as een persoon in die Bylae as die versekerde vermeld word, dan sal elke party beskou word om skadeloos gestel te wees ooreenkomstig die skadeloosstelling verleen onder die Aanspreeklikheidsafdeling, asof afsonderlike versekering onder die afdeling, aan elke party uitgereik is en ons onderneem om afstand te doen van alle regte van subrogasie, wat Ons mag hê of mag verkry, teen elke sodanige party.

HIERDIE AfDElINg DEK NIE DIE VOlgENDE NIE (WATERVAARTUIE AANSPREEKlIKHEID)Geen van die volgende is gedek nie, tensy in die Bylae gespesifiseer is:1 Die bybetaling van enige eis soos in die bybetaling addendum of in die Bylae vermeld word, wat ook al die meeste is;

2 Verlies of skade aan die versekerde vaartuig terwyl die vaartuig gebruik word deur Jou of enige ander persoon, waar die alkohol konsentrasie van sodanige persoon die limiete oorskry soos voorgeskryf deur die Handelskeepvaart Wet Nr 57 van 1951 (die Nasionale Kleinvaartuig Veiligheid) regulasies 2007) soos gewysig en verander en soortgelyke regulasies uitgevaardig daaronder of waar die persoon onder die invloed van bedwelmende drank of dwelms met ’n narkotiese uitwerking is;

3 Aanspreeklikheid terwyl die Watervaartuig navigeer word deur ’n persoon wat nie wetlik geregtig is om dit te doen nie, of enige persoon onder die ouderdom van 16 (sestien) jaar.

Page 51: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

49 CIB/PER-AFR/25/03/15

4 Aanspreeklikheid terwyl die Watervaartuig in professionele wedrenne gebruik word, tensy die polis spesifiek daarvoor voorsiening maak;

5 Aanspreeklikheid terwyl die Watervaartuig gebruik word, vir man-alleen navigasie, buite die gebiedswaters soos in die Gebiedswater Definisie vermeld word;

6 Aanspreeklikheid wat ontstaan terwyl die watervaartuig gesleep word of terwyl dit ander watervaartuie sleep;

7 Dood of liggaamlike besering of siekte van: 7.1 enige persoon wat ’n lid is van dieselfde huisgesin as Jy of enige persoon wat ’n lid is van Jou familie; 7.2 Werksmense of enige persoon wat, in enige hoedanigheid hoegenaamd, in Jou diens is, voortspruitend uit en in

die loop van sodanige werksaamhede;

8 Verlies of skade aan eiendom: 8.1 wat aan Jou behoort of verhuur, gehuur of geleen is aan Jou of in Jou beheer, bewaring in trust gehou word

deur Jou, of namens Jou, vervoer of op pad is om vervoer te word in of op die Watervaartuig, met uitsluiting van eiendom wat aan passasiers en waterskiërs behoort;

8.2 Eise vir vergoeding vir reisgeldbetalende passasiers; 8.3 Aanspreeklikheid aanvaar deur Jou, by ooreenkoms, tensy sodanige aanspreeklikheid sou bestaan het

nieteenstaande die ooreenkoms; 8.4 enige advies of behandeling gegee of toegepas, behalwe Noodhulp, deur Jou of enige persoon wat namens Jou

optree; 8.5 Ongelukke wat voortspruit terwyl Jou watervaartuig in transito is per pad, of gehaak aan ’n motorvoertuig, of wat

afgebreek het of per ongeluk losgekom het van ’n motorvoertuig, met inbegrip van enige aanspreeklikheid wat die onderwerp is van skadeloosstelling ingevolge enige vorm van Motorvoertuig versekering (ongeag of sodanige versekering binne die bestek val van enige verpligte Motorvoertuig versekering wetgewing van toepassing op die gebiedsgrense nieteenstaande dat geen sodanige versekering van krag is of in werking getree het nie).

9 Regskoste en uitgawes wat aangegaan word, nadat ’n eis van die ander party geskik is of ’n aanbod gemaak is; 9.1 vir die bedrag soos in die Bylae aangetoon; of 9.2 vir die bedrag wat volgens ons mening genoegsaam is om die derde party se eis te skik.

10 Regskoste en uitgawe wat verhaalbaar is van enige ander afdeling van hierdie polis, of van enige ander versekering. ongeag of ’n eis ingestel is al dan nie;

11 Aanspreeklikheid as gevolg daarvan dat die watervaartuig nie seevaardig is. (nie veilig op water nie)

12 Indien die watervaartuig vir enige ander doel gebruik word as wat in die Bylae aangetoon word;

13 Aanspreeklikheid van enige aard hoegenaamd regstreeks en/of onregstreeks veroorsaak deur, of bydraend tot, of voortspruitend uit gevangeneming, beslaglegging, arrestasie of aanhouding en die gevolge daarvan of enige poging daartoe;

Page 52: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

50 CIB/PER-AFR/25/03/15

Page 53: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

51 CIB/PER-AFR/25/03/15

AfDElINg 7 PERSOONlIKE ONgEVAllE

DEfINISIES

“U/Uself/Jou/Jouself/Jy dit is die versekerde in wie se naam die polis uitgereik is en wie in die Bylae genoem word

“Ons” is RMB Structured Insurance Limited (RMBSI), die Versekeraar. RMBSI is ’n geregistreerde versekeraar vir die doeleindes van die Korttermyn Versekeringswet 1998 en ’n gelisensieerde finansiële diensteverskaffer vir doeleindes van die Finansiële Advies- en Tussengangersdienste Wet 2002 soos van tyd tot tyd gewysig.

“Dood” is dood wat binne 24 (vier en twintig) agtereenvolgende maande na die ongeval plaasvind en die enigste en direkte oorsaak van die ongeluk is.

“liggaamlike Besering” ’n besering wat veroorsaak is deur gewelddadige, toevallige, eksterne en sigbare wyse, nadat ’n ongeluk plaasgevind het.

“Ongeval” is ’n spesifieke, onvoorspelbare, ongewone en onopsetlike eksterne aksie.

“Permanente Ongeskiktheid” dit is permanente ongeskiktheid soos in die vergoedingskaal omskryf en wat binne 24 (vier en twintig) agtereenvolgende maande na die liggaamlike besering ontstaan.

“Tydelike Algehele dit is om tydelik onbevoeg te wees om Jou gewone besigheid of beroep te beoefen.Ongeskiktheid”

BASIESE DEKKINg

1 BETAlINg VAN SKADElOOSSTEllINg Indien Jy regstreeks as gevolg van gewelddadige, toevallige, eksterne en sigbare wyse, liggaamlike besering opdoen,

sal Ons (of in die geval van dood aan die genomineerde verteenwoordiger of indien geen verteenwoordiger genomineer is nie, Jou boedel) die versekerde bedrag soos in die Bylae vermeld, ten opsigte van sodanige besering betaal, indien sodanige besering binne 24 (vier-en-twintig) maande vanaf die datum van die ongeval plaasgevind het en die uitsluitlike en regstreekse oorsaak van die dood of ongeskiktheid is.

2 SKADElOOSSTEllINg 2.1 Dood Die versekerde bedrag soos in die Bylae vermeld. 2.2 Permanente Ongeskiktheid Die persentasie van die versekerde bedrag soos in die Bylae vermeld en bereken volgens die ondergenoemde

tabel. 2.3 Tydelike Algehele Ongeskiktheid Tydelike Algehele Ongeskiktheid wat Jou verhoed om betrokke te raak by of aandag te skenk aan Jou gewone

besigheid of beroep tot die bedrag per week vir sodanige algehele ongeskiktheidsperiode of beperk tot die aantal weke soos in die Bylae vermeld, wat ook al die minste is.

2.4 Mediese koste Mediese, chirurgiese, tandheelkundige, hospitaal, noodreddings en vervoeruitgawes, met inbegrip van kunsmatige

hulpmiddels en prostese wat aangegaan word as gevolg van liggaamlike besering soos hierbo gedefinieer.

Ons vergoeding is beperk tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

BESKRYWINg VAN PERMANENTE ONgESKIKTHEID PERSENTASIE VAN DIE VERSEKERDEBEDRAg BETAAlBAAR

Verlies deur fisiese skeiding by of bokant die gewrig of enkel van een of meer ledemate 100Verlies van vier vingers 70Verlies van duim albei litte 25

een lit 10Verlies van wysvinger drie litte 10

twee litte 8een lit 4

Verlies van middelvinger drie litte 6twee litte 4een lit 2

Verlies van ringvinger drie litte 5twee litte 4een lit 2

Page 54: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

52 CIB/PER-AFR/25/03/15

BESKRYWINg VAN PERMANENTE ONgESKIKTHEID PERSENTASIE VAN DIE VERSEKERDEBEDRAg BETAAlBAAR

Verlies van pinkie drie litte 4twee litte 3een lit 2

Verlies van middelhandbene

eerste of tweede (addisioneel) 3derde, vierde of vyfde (addisioneel) 2

Verlies van tone almal van een voet 30groottoon, albei litte 5groottoon, een lit behalwe groottoon, indien meer as een 2Vir elke toon verloor 1

Verlies van gehoor albei ore 100een oor 25

Verlies van hele oog 100sig in oog 100

Verlies van sig in een oog, behalwe waarneming van lig 75Verlies van spraak 100Beserings wat algehele verlamming of permanente ongeskiktheid of permanente bedlêendheid tot gevolg het

100

Permanente skending weens brandwonde aan(a) 100% (honderd persent) van die oppervlak van die kop en/of nek(b) 100% (honderd persent) van die oppervlak van die res van die liggaam

5025

Indien die persentasie skending ooreenkomstig item (a) of (b) minder as 100% (een honderd persent) van die oppervlak gebied is, sal Ons ’n persentasie van die betrokke voordeel bydrae, gebaseer op die verhouding waarin werklike skending tot 100% (honderd persent) skending staan op die betrokke voordeel toepas.

Ons is nie ingevolge item (a) of (b) aanspreeklik nie, tensy die mate van skending ingevolge (a) of (b) afsonderlik 10% (tien persent) oorskry en ook nie tot tyd en wyl die permanente uitwerking van mediese en/of chirurgiese behandeling vasgestel is nie.

Permanente algehele verlies aan gebruik van ’n ledemaat word as verlies deur skeiding beskou.

Indien die besering nie gespesifiseer is nie, sal Ons ’n persentasie ongeskiktheid toepas wat met die bepalings van hierdie tabel ooreenstem.

Die totaal van alle persentasies betaalbaar vir permanente ongeskiktheid ten opsigte van enige enkele ongeval sal nie 100% (honderd persent) van die bedrag betaalbaar ingevolge item 2.2 oorskry nie.

SPESIfIEKE KlOUSUlES (Beperkings)

1 REPATRIASIE Ons sal bo en behalwe die versekerde bedrag vir Dood die redelike en noodsaaklike uitgawes betaal vir die repatriasie van

Jou liggaam na Jou normale woonplek, tot die bedrag soos in die Bylae vermeld.

2 TRAUMA Ons stel Jou skadeloos, indien Jy die slagoffer van ’n gewelddadige diefstal, aanhouding, kaping of wederregtelike aanval

is wat professionele berading veroorsaak en hierdie koste nie verhaalbaar is vanaf enige ander versekering, insluitend enige fasiliteit waaroor Jy beskik.

Ons vergoeding is beperk tot ’n persentasie van die doodsdekking en ’n limiet soos in die Bylae vermeld.

3 DOOD VOORDEEl In die geval van ’n ongeluk wat aanleiding gee tot ’n dood eis, sal Ons aan Jou boedel die bedrag soos in die Bylae vermeld

vergoed.

4 lEWENSONDERSTEUNINg Die 24 (vier en twintig) maande-tydperk vermeld ingevolge Dekking Voorsien, sluit nie enige tydperk of tydperke in,

waartydens Jou dood vir ’n tydperk vertraag is deur die uitsluitlike gebruik van lewensondersteuningsmasjinerie, toerusting of apparate, vir ʼn periode of periodes minder as 3 (drie) agtereenvolgende dae nie.

5 VERDWYNINg Indien Ons, nadat daar ’n redelike tydperk verloop het en na ondersoek van alle bewyse wat deur ’n geregshof aanvaar is

wat Jou dood verklaar het en geen ander rede bestaan, maar om te veronderstel dat ’n ongeval plaasgevind het, sal Jou verdwyning as ’n eis beskou word. Indien daar op enige tydstip, nadat Ons ’n eis deur middel van uitbetaling geskik het, gevind word dat Jy nog lewe, moet enige bedrae wat ons in terme van die skikking betaal het, aan Ons terugbetaal word.

Page 55: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

53 CIB/PER-AFR/25/03/15

6 BlOOTSTEllINg Dood of liggaamlike besering as gevolg van uithongering, dors en/of blootstelling as ’n regstreekse of onregstreekse gevolg

van ’n ongeval word as ’n eis beskou.

7 gEDEElTElIKE BETAlINgS Betalings ten opsigte van tydelike algehele ongeskiktheid sal met tussenposes aan Jou gemaak word, met dien verstande

dat ’n bevredigende mediese verslag van die behandelde mediese praktisyn ten tyde van sodanige tydelike algehele ongeskiktheid by Ons ingedien word.

8 DUBBElE VERgOEDINg In die geval van Jou en Jou gade se dood binne 12 (twaalf) maande, uitsluitlik en regstreeks as gevolg van dieselfde

ongeval, sal Ons dubbele vergoeding ten opsigte van item 2.1 (Dood) betaal. Met dien verstande dat 8.1 Jy dekking vir items 2.1, 2.2, en 2.3 gekies het en dat die vergoeding vir 2.3 ten minste 1% (een persent) is van

item 2.1 (Dood); 8.2 Daar ’n oorlewende minderjarige kind is wat geheel en al van Jou en Jou gade afhanklik is 8.3 Jy en Jou gade en die kind ten tyde van die ongeval almal lede van dieselfde huishouding was.

VOORWAARDES1 Geen skadeloosstelling is betaalbaar nie; 1.1 ingevolge item 2.3 indien die ongeskiktheidstydperk korter as 7 (sewe) agtereenvolgende dae is. 1.2 ingevolge item 2.4 indien sodanige uitgawes minder as R100 (eenhonderd rand) beloop.

2 Skadeloosstelling ingevolge items 2.3 en 2.4 sal onmiddellik gestaak word 2.1 wanneer skadeloosstelling ingevolge item 2.1 betaalbaar word. 2.2 wanneer skadeloosstelling ingevolge item 2.2 betaalbaar word, met dien verstande dat die liggaamlike besering

wat die ongeskiktheid veroorsaak het sover as redelik moontlik genees is of gesond geword het.

3 Skadeloosstelling is nie ingevolge meer as een van items 2.1 en 2.2 ten opsigte van dieselfde ongeval betaalbaar nie

4 Betalings ingevolge item 2.3 sal gestaak word sodra Jy medies geskik beskou word of in staat is om na Jou gewone besigheid of beroep terug te keer.

5 Na betaling van enige eis ingevolge item 2.1 of item 2.2 waarvoor die skadeloosstelling vermeld in die permanente ongeskiktheid tabel 100% (eenhonderd persent) van die basiese versekerde bedrag vir daardie item is, word die versekering en enige verdere aanspreeklikheid onmiddellik gestaak.

6 Jy moet Ons in kennis stel; 6.1 van enige fisiese gebrek wat, na Jou wete, ’n uitwerking op Jou het; 6.2 sodra Jy na ’n gevaarliker beroep oorskakel.

7 Hierdie afdeling sal nie van krag bly nie, na die versekeringstydperk waarin Jy 75 (vyf en sewentig) jaar oud word of voor die ouderdom van 18 (agtien) jaar.

8 MEDIESE ONDERSOEKE 8.1 Jy moet so dikwels as wat Ons dit verlang, mediese ondersoeke op Ons onkoste ondergaan. 8.2 Sodra enige gebeurtenis plaas gevind het waarvoor skadeloosstelling betaalbaar is, moet Jy van die dienste van

’n geregistreerde mediese praktisyn gebruik maak en enige behandeling ondergaan wat die praktisyn nodig mag ag.

9 ANDER VERSEKERING Algemene Voorwaarde 23 “Ander versekering” geld nie vir hierdie afdeling nie.

10 In die geval van dood word die skadeloosstelling aan Jou boedel betaal.

HIERDIE AfDElINg DEK NIE DIE VOlgENDE NIEOns is nie aanspreeklik nie vir enige eis voortspruitend uit:1 Jou deelname aan 1.1 enige professionele sport; 1.2 valskermspring, valduik, “bungee”-spring, hangsweef, polo, hinderniswedloop, rugby, wintersport, yshokkie, stoei,

boks, duik, waterski of krygskunste; 1.3 renjaag, spoed of uithoudingstoetse in of op kragaangedrewe voertuie of vaartuie; 1.4 vlieg behalwe as ’n betalende passasier op ’n erkende lugredery op gereelde geskeduleerde lug roetes of lug

reise deur enige handelsvliegtuie wat behoorlik gelisensieer is as ’n erkende lugvervoerder; 1.5 bergklim indien die gebruik van toue of ’n gids nodig is; 1.6 vervaardiging of gebruik van plofstowwe; 1.7 motorfiets renjaag; 1.8 ondergrondse werk insluitend mynbedrywighede;

Page 56: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

54 CIB/PER-AFR/25/03/15

2 Enige liggaamlike gebrek, toestand of ongeskiktheid wat voor die aanvang van hierdie polis afdeling bestaan het;

3 Swangerskap, geboorte, miskraam, aborsie of enige gevolge van hierdie aktiwiteite;

4 Jou opsetlike wangedrag of terwyl Jy onder die invloed van bedwelmende drank of verdowingsmiddels is, of waar die alkohol vlak die wettige perk oorskry, ongeag die metode van meting;

5 die bestuur van ’n voertuig terwyl Jy onder die invloed van bedwelmende drank of verdowingsmiddels is, of Jou bloed of asem alkohol konsentrasie die wettige perk oorskry;

6 selfmoord, poging tot selfmoord of doelbewuste selfbesering;

7 kranksinnigheid, neurose of stresverwante toestande;

8 ’n ongeval veroorsaak deur of toeskryfbaar aan: 8.1 Jou deelname aan enige oproer, burgerlike beroering, arbeidsonluste, staking of uitsluiting of openbare onrus of

enige daad of aktiwiteit wat daarop bereken of gerig is om dit teweeg te bring; 8.2 die uitvoering of gepoogde uitvoering van: 8.2.1 enige daad, hetsy namens enige organisasie, liggaam of groep persone, wat daarop ingestel of gerig is

om enige staat of regering, of enige provinsiale, plaaslike of stamowerheid met dwang, of deur middel van vrees, terrorisme of geweld om ver te werp of te beïnvloed;

8.2.2 enige daad wat daarop ingestel of gerig is om vernietiging of skade of liggaamlike besering teweeg te bring ten einde enige politieke doelwit, mikpunt of saak te bevorder of om enige sosiale of ekonomiese verandering teweeg te bring of in protes teen enige staat of regering of enige provinsiale, plaaslike of stamowerheid of met die doel om vrees by die publiek of enige deel daarvan in te boesem.

9 Jou diens in die leër, vloot, polisie of lugmagdiens van enige land;

10 Jou diens as die bemanning van ’n skip, booreiland, raffineerdery, petroleum of ammunisie vervaardigers.

.

Page 57: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

55 CIB/PER-AFR/25/03/15

AfDElINg 8 PERSOONlIKE AANSPREEKlIKHEID(Indien die dekking in die Bylae vermeld word en Ons die premie ontvang het)

DEfINISIES

“U/Uself/Jou/Jouself/Jy” is die name soos in die Bylae vermeld, insluitend Jou gade en ander lede van Jou familie of Jou gade se familie wat normaalweg by Jou inwoon en finansieel van Jou afhanklik is.

“Ons” is RMB Structured Insurance Limited (RMBSI), die Versekeraar. RMBSI is ’n geregistreerde versekeraar vir die doeleindes van die Korttermyn Versekeringswet 1998 en ’n gelisensieerde finansiële diensteverskaffer vir doeleindes van die Finansiële Advies- en Tussengangersdienste Wet 2002 soos van tyd tot tyd gewysig.

“’Enige Persoon” is persone wat nie aan Jou verwant is nie en persone wat tydens die gebeurtenis nie in Jou diens was nie. Dit sluit egter persone in wat gewoonlik by Jou inwoon.

“Onderliggende Versekering” is ’n geldige versekeringspolis van krag by: 1 ’n geregistreerde Suid-Afrikaanse versekeraar (onderliggende versekeraar) wat persoonlike

aanspreeklikheid, eienaars van eiendomsaanspreeklikheid, huurdersaanspreeklikheid, motor aanspreeklikheid of watervaartuig aanspreeklikheid dekking bied;

2 enige versekeraar (onderliggende versekeraar) in die wêreld wat motor aanspreeklikheid, watervaartuig aanspreeklikheid of eienaars van eiendomsaanspreeklikheid vir motorvoertuie wat Jy huur, bruikhuur of deur Jou besit of vir ’n watervaartuig of eiendom wat Jy buite die Republiek van Suid-Afrika besit.

BASIESE DEKKINg

1 SKADElOOSSTEllINg Indien Jy regtens aanspreeklik gehou word om te betaal vir die toevallige dood, liggaamlike besering of siekte of toevallige

verlies of skade aan eiendom wat plaasvind gedurende die Versekeringstydperk, as gevolg van ’n voorval enige plek wêreldwyd, uitsluitend enige vonnis, boete, betaling of skikking gemaak of aangegaan in ’n land wat optree ingevolge die Verenigde State van Amerika of Kanada of onderworpe is aan enige bevel wat enige plek in die wêreld gemaak is, om sodanige vonnis, toediening, betaling of skikking of enige gedeelte daarvan uit te voer, met uitsluiting van enige bestraffende vergoeding, gedurende die versekeringstydperk,

tot die mate dat: 1.1 Sodanige aanspreeklikheid nie skadeloos gestel is ingevolge ’n ander polis nie; of

Ons sal: 1.2 Jou skadeloos stel tot en met die bedrag soos in die Bylae vermeld, maar nie meer as R3 000 000 (drie miljoen

rand) per ongeluk of reeks ongelukke wat voortspruit uit enige een voorval met inbegrip van regskostes en uitgawes.

1.2.1 Verhaalbaar deur of namens enige eiser teen Jou; en/of 1.2.2 Wat aangegaan is met Ons skriftelike toestemming, welke toestemming nie onredelik weerhou sal word

nie.

SPESIfIEKE KlOUSUlES (Beperkings)

1 HUURDERS Indien Jy regtens aanspreeklik gehou word as huurder, en nie as eienaar nie, vir: 1.1 Skade aan die gebou van ’n privaatwoning en die huishoudelike buitegeboue (insluitend vaste toebehore)

veroorsaak deur ’n versekerde gebeurtenis gespesifiseer onder die Huishoudelike Inhoud (Afdeling 2); 1.2 Toevallige skade aan vaste sanitêre ware of vaste glas; 1.3 Toevallige skade aan water-, gas-, riool-, elektrisiteits- of telefoonverbindings aan die privaatwoning of

buitegeboue;

Ons sal Jou skadeloos stel in terme van Basiese Dekking 1.2. hierbo genoem, tot en met die bedrag soos in die Bylae vermeld, maar hoogstens R3 000 000 (drie miljoen rand), per ongeluk of reeks ongelukke wat voortspruit uit een voorval.

2 SEKURITEITSMAATSKAPPYE 2.1 Ons sal Jou skadeloos stel in terme van Basiese Dekking 1.1 hierbo genoem, vir eise wat voortspruit uit die

eienaarskap, besit of gebruik van ’n elektriese omheining;

Page 58: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

56 CIB/PER-AFR/25/03/15

2.2 Ons sal Jou skadeloos stel vir aanspreeklikheid waarvoor Jy regtens verantwoordelik is, wat voortspruit uit ’n vrywaringsakte of soortgelyke onderneming om enige persoon wat ’n lid is van SAIDSA (Suid-Afrikaanse Indringer Opsporingstelsel- Assosiasie) of wie goedgekeur is deur SAIA Approved (Pty) Limited en met wie Jy gekontrakteer het om Jou van sekuriteitsdienste te voorsien (hierna verwys as die Akte), op voorwaarde dat:

2.2.1 Beide die Akte en die kontrak wat voorsiening maak vir die lewering van sekuriteitsdienste in skrif moet wees en gedateer voor die plaasvind van die gebeurtenis of gebeurtenisse wat aanleiding gegee het tot ’n eis wat teen Jou ingestel is ingevolge die akte;

2.2.2 Die gebeurtenis of gebeurtenisse wat aanleiding gee tot die eis te Jou in terme van die Akte en plaasvind by of in die nabyheid van die geboue geleë by die adres soos in die Bylae vermeld.

2.3 Buurtwag Aanspreeklikheid Ons sal Jou en enige lid van Jou familie wat normaalweg by Jou woonagtig is, by die adres soos in die Bylae

vermeld, skadeloos stel vir aanspreeklikheid waarvoor Jy regtens verantwoordelik is, wat: 2.3.1 Toevallige dood of liggaamlike besering van enige persoon, wat nie lede van Jou gesin is nie, wat

normaalweg by Jou woonagtig is, by die adres soos in die Bylae vermeld, of Jou huishoudelike werknemers;

2.3.2 Toevallige skade aan eiendom wat nie aan Jou behoort nie of in Jou besit, of enige lid van Jou gesin wat normaalweg by Jou woonagtig, by die adres soos in die Bylae vermeld, of Jou huishoudelike werknemer;

Wat voortspruit uit die arrestasie of deursoek van enige persoon tot die maksimum bedrag van R25 000 (vyf en

twintig duisend rand) ten opsigte van enige eis of reeks eise wat spruit uit een voorval. Ons sal Jou vergoed in terme van Basiese Dekking 1.2. hierbo genoem, tot en met die bedrag soos in die Bylae vermeld, maar hoogstens tot die bedrag van R3 000 000 (drie miljoen rand) per ongeluk of reeks ongelukke wat voortspruit uit een voorval.

2.4 Wederregtelike Inhegtenisneming Alle bedrae wat Jy regtens aanspreeklik is om te betaal vir skadeloosstelling in verband met die wederregtelike

inhegtenisneming, of beweerde wederregtelike inhegtenisneming, deur Jou of enige persoon anders as: 2.4.1 ’n Persoon onder dienskontrak of vakleerlingskap by Jou; 2.4.2 ’n Lid van Jou familie of huisgesin Wat voortspruit uit ’n aktiwiteit as lid van die buurtwag of blokwag groep of van enige soortgelyke vrywillige

organisasie sonder winsbejag; Met dien verstande dat die skadeloosstellingsbedrag vir alle aanspreeklikheid en alle kostes en uitgawes van litigasie en alle ander kostes en uitgawes in verband met dood, beserings, siektes, verlies en skade gely gedurende enige 12 (twaalf) maande periode van versekering, nie R50 000 (vyftig duisend rand) sal oorskry nie.

2.5 Sekuriteitsmaatskappy / Tuindienste Spesiale uitsluiting 4 is nie van toepassing op enige aanspreeklikheid aanvaar ingevolge ’n skriftelike kontrak wat

aangegaan is met enige organisasie wat sekuriteit, gewapende reaksie of tuindienste bied nie, met betrekking tot die eiendom verseker onder die Huishoudelike Inhoud en Huiseienaars afdelings nie.

Met dien verstande dat die skadeloosstellingsbedrag vir alle aanspreeklikheid en alle kostes en uitgawes van litigasie en alle ander kostes en uitgawes in verband met dood, beserings, siektes, verlies en skade gely gedurende enige 12 (twaalf) maande periode van versekering, nie R25 000 (vyf en twintig duisend rand) sal oorskry nie.

3 PERSOONlIKE REgSAANAPREEKlIKHEID VAN HUISHOUDElIKE WERKERS

Ons sal Jou skadeloosstel vir aanspreeklikheid waaroor Jy regtens verantwoordelik is vir dood of liggaamlike besering van Jou huishoudelike werknemer, voortspruitend uit of in die loop van hom/haar indiensneming.

Die skadeloosstelling sluit alle regs- en ander kostes in, waaroor Ons skiftelik toestemming verleen het. Ons skadeloosstelling vir ‘n enkele eis of reeks van eise, veroorsaak deur dieselfde gebeurtenisse wat gedurende die

versekeringsperiode plaasvind, tot die bedrag van R25 000 (vyf en twintig duisend rand)

OPSIONElE UITBREIDINgS (slegs van toepassing indien die dekking in die Bylae vermeld word)Dekking ten opsigte van aanspreeklikheid wat voortspruit as gevolg van die gebruik en/of eienaarskap van ’n versekerde voertuig word uitgebrei om enige organisasie van wie Jy die direkteur, ’n vennoot, ’n lid van die beheerliggaam van ’n beslote korporasie, of ’n alleen eienaar is, skadeloos te stel, op voorwaarde dat sodanige organisasie nie betrokke is in die verhuring van voertuie nie, of die vervoer van passasiers teen vergoeding, of die vervoer van reisgeldbetalende passasiers. Ons sal nie aanspreeklik wees vir verlies of skade wat deur die versekerde, of indien dit nie vir die bestaan van hierdie uitbreiding was nie, verseker word deur enige ander polis wat tans van krag is en op voorwaarde dat die voertuig gebruik word in ooreenstemming met die klas gebruik soos in die Bylae vermeld.

VOORWAARDES1 Die skadeloosstelling deur die afdeling toegestaan, is onderworpe daaraan dat onderliggende dekking in plek is ten tyde

van die gebeurtenis, ingevolge een van die afdelings van hierdie polis, wat in aansienlike mate dekking voorsien vir die tipe aanspreeklikheid waarvoor vrywaring hieronder gemaak word en dat Jy nie in stryd met die voorwaardes van sodanige dekking optree nie;

Page 59: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

57 CIB/PER-AFR/25/03/15

2 Die afdeling word in terme van die Republiek van Suid-Afrika se regstelsel beheer, waarvan hierdie howe eksklusiewe jurisdiksie het oor enige dispute tussen Jou en Ons;

3 Ons mag, ten opsigte van enige eis waarin Ons die verdediging oorneem, in Jou naam tot Ons voordeel optree en Ons beskik oor absolute diskresie om enige stappe te neem en eise te skik. Jy moet Ons van alle noodsaaklike inligting voorsien en bystand verleen wat Ons in die verband benodig;

4 Betalings in terme van hierdie afdeling geskied binne die Republiek van Suid-Afrika en ingevolge die geldeenheid wat van toepassing is in die Republiek van Suid-Afrika;

5 Ons mag in die geval van enige gebeurtenis, die maksimum skadeloosstellingsperk (minus enige bedrae reeds betaal) of enige verminderde bedrag waarmee die eis of eise geskik kan word, aan Jou betaal en Ons is daarna onthef van enige verdere aanspreeklikheid, ten opsigte van sodanige gebeurtenis;

6 Geen erkenning, aanbod, belofte of betaling in verband met ’n eis onder hierdie afdeling mag deur Jou of namens Jou sonder Ons skriftelike toestemming, gemaak word nie. Jy sal alle redelike stappe neem om te verseker dat Jy aan die voorwaardes voldoen en met Ons saamwerk in die verdediging en skikking van enige eis wat deur die afdeling vrywaring verleen, asook in die uitoefening van enige subrogasie regte.

7 Bedrag deur jou betaalbaar; 7.1 Die eerste R5 000 (vyf duisend rand) van enige eis ten opsigte van eiendom deur Jou gehuur, of geleen of

eiendom in Jou bewaring of beheer; 7.2 Vir die eerste R2 000 (twee duisend rand) van enige eis, voortspruitend uit die opskorting of beëindiging van

indiensneming van enige werknemer.

HIERDIE AfDElINg DEK NIE DIE VOlgENDE NIETensy anders in die Bylae vermeld, vergoed Ons nie vir regsaanspreeklikheid wat met die volgende verband hou:1 Skadeloosstelling reeds ontvang;

2 Verlies van, of skade aan, eiendom wat aan Jou of Jou huishulp behoort;

3 Aanspreeklikheid regstreeks of onregstreeks te wyte aan: 3.1 Jou beroep, besigheid of professie, insluitend die verkoop van goedere of die lewering van dienste teen ’n fooi,

of vir enige ander vergoeding. Hierdie uitsluiting is nie van toepassing op motor aanspreeklikheid nie, tensy sodanige aanspreeklikheid voortspruit uit die gebruik van enige motorvoertuig vir die vervoer van passasiers teen vergoeding of die vervoer van reisgeldbetalende passasiers nie;

3.2 Die eienaarskap van grond of geboue (buiten geboue verseker onder die Huiseienaars Afdeling en die grond waarop dit geleë is op voorwaarde dat die eiendom vir huishoudelike doeleindes gebruik word);

3.3 Die okkupasie van grond en geboue, behalwe Jou privaatwoning; 3.4 Die gebruik van enige voertuig, woonwa, sleepwa, lug of watervaartuig (behalwe ’n model lugvaartuig,

branderplank of waterski) wat aan Jou of Jou huishulp behoort, of in Jou of Jou huishulp se beheer of bewaring is.

4 Aanspreeklikheid deur ooreenkoms aanvaar, wat nie in die afwesigheid van die ooreenkoms sou bestaan nie (behalwe as dit spesifiek gedek is in terme van die klousules van hierdie afdeling).

5 Voortspruitend uit die uitleen of verhuring van enige roerende of onroerende eiendom of gedeelte daarvan teen ’n fooi, beloning of enige ander vergoeding;

6 Verlies of skade wat voortspruit uit Jou roekelose verontagsaming , of die moontlike gevolge van Jou optrede of versuim daarvan;

7 Verlies of skade voortspruitend uit: 7.1 een versekerde aan ’n ander; 7.2 aan enige voormalige versekerde in verband met enige voorval gedurende die tydperk waarin die voormalige

versekerde, verseker sou wees;

8 Verlies of skade aan eiendom tot die mate wat die aanspreeklikheid gevrywaar word deur enige ander versekeringspolis;

9 Verlies of skade voortspruitend uit die eienaarskap, of gebruik van enige lugvaartuig behalwe ’n model vliegtuig;

10 Verliese wat die onderwerp is van statutêre of soortgelyke wetgewing wat die gebruik van motorvoertuie of sleepwaens beheer en aanspreeklikheid waarvoor:

10.1 Jy verplig is om versekering aan te gaan of sekuriteit te bied; of 10.2 Die Staat of ’n ander Regeringsliggaam of Owerheid verantwoordelikheid aanvaar het;

11 Vir enige eis ten opsigte van motor aanspreeklikheid;

12 Enige persoon wat van enige motorfiets, bromponie, driewiel voertuig of vierwiel voertuig op-of afklim, of op die laai gedeelte van ’n ligte afleweringsvoertuig, waarvan die bruto voertuig massa meer as 3 500 (drie duisend vyf honderd) kg oorskry of enige passasier op ’n motorfiets, bromponie, driewiel voertuig of vierwiel voertuig, of op die laai gedeelte van ’n ligte afleweringsvoertuig, waarvan die bruto voertuig massa meer as 3 500 (drie duisend vyf honderd) kg oorskry nie;

Page 60: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

58 CIB/PER-AFR/25/03/15

13 Vir enige eis ten opsigte van watervaartuig aanspreeklikheid;

14 Vir verlies of skade aan enige selfaangedrewe voertuig, woonwa, sleepwa, water of lugvaartuig in Jou sorg, bewaring of beheer;

15 Aanspreeklikheid voortspruitend uit Jou oneerlike, bedrieglike of opsetlike daad of van fisiese aanranding of verleiding deur Jou gepleeg;

16 Betaling van enige boete, straf, veelvoudige, of bestraffende skadevergoeding of wat voortspruit uit gelikwideerde skade klousules, strafbepalings of prestasie waarborge, behalwe tot die mate wat dit bewys kan word dat aanspreeklikheid sou bestaan het, in die afwesigheid van sodanige klousules of waarborge;

17 Enige skuld;

18 Vir die versuim om, instandhouding of onderhoud of enige bedrae wat as gevolg van verbreking van belofte, te betaal;

19 Voortspruitend uit die koop, verkoop, ruilery of uitruiling van enige roerend of onroerend eiendom, of Jou versuim om aan enige verpligtinge in verband daarmee, te voldoen;

20 vir die eerste R2 000 (twee duisend rand) van enige eis voortspruitend uit die opskorting of beëindiging van dienste van enige huishoudelike werknemer;

21 Die eerste R5000 (vyf duisend rand) van enige eis met betrekking tot eiendom gehuur, op bruikhuur of deur Jou geleen of eiendom onder Jou kontrole en beheer.

Page 61: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

59 CIB/PER-AFR/25/03/15

AfDElINg 9 AANVUllENDE PERSOONlIKE AANSPREEKlIKHEID(Indien die dekking vermeld is in die Bylae en Ons die premie ontvang het.)

DEfINISIES

“U/Uself/Jou/Jouself/Jy” is die name soos in die Bylae vermeld, insluitend Jou gade en ander lede van Jou familie of Jou gade se familie wat normaalweg by Jou inwoon en finansieel van Jou afhanklik is.

“Ons” is RMB Structured Insurance Limited (RMBSI), die Versekeraar. RMBSI is ’n geregistreerde versekeraar vir die doeleindes van die Korttermyn Versekeringswet 1998 en ’n gelisensieerde finansiële diensteverskaffer vir doeleindes van die Finansiële Advies- en Tussengangersdienste Wet 2002 soos van tyd tot tyd gewysig.

“Onderliggende Versekering” is ʼn bestaande versekeringspolis, soos in die Bylae vermeld, en van krag is in samewerking met:

1 ʼn geregistreerde Suid Afrikaanse Versekeraar 2 enige Versekeraar wêreldwyd wat een of meer van die volgende dekking verleen: 2.1 Motor Aanspreeklikheid 2.2 Watervaartuig Aanspreeklikheid 2.3 Eiendomsaanspreeklikheid 2.4 Huurdersaanspreeklikheid

uitsluitend enige versekeringspolis ten opsigte van enige gehuurde motorvoertuig, op bruikhuur of deur jou besit, of enige watervaartuig of eiendom wat aan Jou behoort, buite die Republiek van Suid Afrika, Lesotho, Swaziland. Mosambiek, Zimbabwe, Botswana, Namibië en Malawi.

BASIESE DEKKINgOns sal Jou skadeloos stel tot die aanspreeklikheidsperk soos in die Bylae vermeld, vir skade waarvoor Jy regtens verplig is om te betaal, in ooreenstemming met die wetgewing in enige land (maar nie ten opsigte van enige vonnisse, boete, betaling of skikking, gemaak of aangegaan in lande wat onder die wette van Noord Amerika funksioneer nie) as gevolg van:1 Enige gebeurtenis wat wêreldwyd plaasgevind het gedurende die versekeringstermyn; 1.1 waar sodanige aanspreeklikheid nie betaalbaar is nie in terme van die geldende klousule en/of versekerde gevare

van enige onderliggende polis nie; of 1.2 waar die skadeloosstelling, die aanspreeklikheidsperk van die onderliggende polis oorskry, ten opsigte van die; 1.2.1 Persoonlike Aanspreeklikheid afdeling 1.2.2 Voertuig Aanspreeklikheid afdeling 1.2.3 Watervaartuig Aanspreeklikheid afdeling met betrekking tot derde partye en passasiers. Indien sodanige aanspreeklikheid nie volgens sodanige onderliggende versekering, uitgesluit word nie;

2 Die aanspreeklikheidsperk sluit alle regskostes en uitgawes in, wat: 2.1 deur of namens enige eiser (s) vanaf Jou, verhaalbaar is; of 2.2 deur Jou, met Ons skriftelike toestemming, aangegaan is en welke toestemming nie onredelik weerhou sal word

nie.

AANSPREEKlIKHEIDSPERKOns skadeloosstelling is beperk tot die aanspreeklikheidsperk of die beperking soos in die Bylae vermeld, wat ook al die minste is, vir ʼn enkele eis of ʼn reeks eise wat uit dieselfde gebeurtenis ontstaan, of alle gebeurtenisse wat gedurende die versekeringsperiode, plaasgevind het.

SESIAlE UITSlUITINgSGeen skadeloosstelling word vir aanspreeklikheid in terme van hierdie polis verleen nie;1 voortspruitend uit of gedurende die uitoefening van Jou beroep, besigheid of professie nie, insluitend maar nie beperk tot

die verkoop van goedere of die lewering van dienste teen ’n fooi nie , of vir enige ander vorm van vergoeding nie;

2 voortspruitend uit die verhuring en/of uit leen van; 2.1 enige roerende eiendom 2.2 nie roerende eiendom of gedeelte daarvan teen ʼn fooi, beloning of enige ander vergoeding nie, tensy sodanige

aanspreeklikheid vergoed kan word in terme van enige Onderliggende Versekering

3 vir die eerste R10 000 (tien duisend rand) van enige eis met betrekking tot eiendom deur Jou gehuur, op bruikhuur of geleen word.

4 uit Jou roekelose verontagsaamde optrede of versuim van optrede en die moontlike gevolge wat daaruit mag voortspruit;

Page 62: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

60 CIB/PER-AFR/25/03/15

5 oordrag 5.1 van Jouself aan ʼn ander 5.2 aan enige voormalige versekerde in verband met enige voorval gedurende die tydperk waarin die voormalige

versekerde, verseker sou wees;

6 voortspruitend uit verlies of skade aan eiendom tot die mate wat die aanspreeklikheid gevrywaar word deur enige ander versekeringspolis

7 voortspruitend uit verlies of skade van die eienaarskap, of gebruik van enige lugvaartuig, uitsluitend model vliegtuie of hang sweeftuie

8 behalwe vir enige vergoeding wat betaalbaar is ten opsigte van aanspreeklikheid vir die dood van, of liggaamlike beserings aan persone wat vervoer word binne of agter op ʼn voertuig, asook die op of afklim daarvan, vir ʼn besering wat;

8.1 die onderwerp is van wetgewing wat uitgevaardig is vir die doel om skadeloosstelling te verskaf vir die verlies of skade wat wederregtelik veroorsaak is deur die bestuur van ʼn motorvoertuig, of

8.2 die onderwerp is van wetgewing wat beheer uitoefen oor die gebruik van motorvoertuie of sleepwaens, ten opsigte van aanspreeklikheid wat;

8.2.1 Jy verplig om versekering uit te neem of ander sekuriteit te verskaf, of 8.2.2 die staat of ’n ander Regeringsliggaam of Owerheid verantwoordelikheid aanvaar het; 8.3 gely word as gevolg van ʼn emosionele skok wat deur ʼn ander persoon opgedoen is as die persoon wie beseer is,

wat as ooggetuie of waarnemer opgetree het of in kennis gestel is van beserings deur ander persone opgedoen, weens die bestuur van die motorvoertuig.

Hierdie spesiale uitsluiting sal van toepassing wees, ongeag dat geen versekering ingevolge sodanige wetgewing bestaan of van krag was nie, of dat geen skadeloosstelling plaasgevind het nie.

9 vir balans van derde party aanspreeklikheid op motor, tensy sodanige aanspreeklikheid meer is as die limiet wat deur die Onderliggende Versekering verskaf word en waarvoor skadeloosstelling hierin verleen word;

10 vir enige Watervaartuig aanspreeklikheid; 10.1 tensy sodanige aanspreeklikheid aanvaar is deur enige van die Onderliggende Versekering, behalwe indien ’n eis

uitgesluit is as gevolg van enige gebiedsgrense 10.2 waar die algehele lengte van die vaartuig 6 (ses) meter oorskry 10.3 buite die gebiedsgrense vir watervaartuie, soos in terme van hierdie polis gedefinieer. 10.4 enige vergoeding betaalbaar aan waterskiërs.

11 vir verlies of skade aan enige selfaangedrewe voertuig, woonwa, sleepwa, watervaartuig of lugvaartuig in Jou sorg, bewaring of beheer

12 wat voortspruit uit enige oneerlike, bedrieglike of opsetlike daad deur Jou, of daad van fisiese aanranding of aansporing daartoe.

13 betaling van enige boete, straf, veelvoudige, of bestraffende skadevergoeding of wat voortspruit uit gelikwideerde skade klousules, strafbepalings of prestasie waarborge, behalwe tot die mate wat dit bewys kan word dat aanspreeklikheid sou bestaan het, in die afwesigheid van sodanige klousules of waarborge;

14 vir enige skuld

15 vir die versuim om, instandhouding of onderhoud of enige bedrae wat as gevolg van verbreking van belofte, te betaal;

16 voortspruitend uit die koop, verkoop, ruilery of uitruiling van enige roerend of onroerend eiendom, of Jou versuim om aan enige verpligtinge in verband daarmee, te voldoen;

17 vir die eerste R5 000 (vyf duisend rand) van enige eis voortspruitend uit die opskorting of beëindiging van dienste van enige huishoudelike werknemer;

18 wat voortspruit uit enige voorwaarde direk of indirek veroorsaak deur of geassosieer met Menslike Immuniteitsgebrek Virus (MIV) of die mutasie, afgeleide of variasies daarvan of op enige wyse wat verband hou met Verworwe Immuniteitsgebrek Sindroom of enige Sindroom of toestand van ʼn soortgelyke aard wat dit ook al genoem word.

19 vir verlies, skade, koste of uitgawes van watter aard ook al, direk of indirek veroorsaak is deur, wat spruit uit of in verband hou met enige van die volgende, ongeag enige ander oorsaak of voorval wat gelyktydig of in enige ander volgorde tot die verlies bydrae;

19.1 oorlog, inval, die optrede van ʼn buitelandse vyand, vyandigheid of krygsverrigtinge (hetsy of oorlog verklaar is of nie) of siviele oorlog, rebellie, revolusie, opstand, burgerlike oproer, die aanvaarding van die proporsies van of ten bedrae van ʼn opstand, militêre of geüsurpeerde krag, muitery, militêre opstand, krygswet, staat van beleg of enige ander gebeurtenis wat die proklamering of handhawing bepaal vir die afkondiging van ʼn krygswet of ʼn staat van beleg in ʼn gebied.

19.2 enige daad van terrorisme Vir die doel van hierdie endossement sal ʼn daad van terrorisme beteken, ʼn daad, insluitend maar nie beperk tot

die gebruik van geweld of gewelddadigheid en/of die dreigement daarvan, of enige persoon of groep(e) persone, ongeag of hy alleen of namens of in verband met enige organisasie(s) of regering (s), gepleeg vir politieke, godsdienstige, ideologiese of soortgelyke doeleindes optree, insluitend die voorneme om enige regering en/of die publiek of enige deel van die publiek te beïnvloed en/of in vrees te laat.

Page 63: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

61 CIB/PER-AFR/25/03/15

19.3 verlies, skade, koste of uitgawes van watter aard ook al, direk of indirek veroorsaak deur, voortspruitend uit of in verband met enige aksie in beheer, voorkoming, onderdrukking of op enige wyse met betrekking tot uitsondering 19.1 of 19.2 hierbo.

Indien Ons beweer dat as gevolg van hierdie uitsluiting, enige verlies, skade, koste of uitgawe nie gedek word deur hierdie Versekering nie, berus die bewyslas op Jou om die teendeel te bewys.

20 vir verlies of vernietiging van of skade aan enige eiendom hoegenaamd, of enige verlies of uitgawe hoegenaamd, as gevolg van of voortspruitend daaruit of enige gevolglike verlies

20.1 van watter aard ook al 20.2 direk of indirek veroorsaak deur, of waartoe bygedra, of wat voortspruit uit ioniserende uitstralings of kontaminasie

deur radio-aktiwiteit van enige kernbrandstof of van enige kernafval deur die verbranding van kernbrandstof.

Vir die doeleindes van die uitsluiting sal verbranding alle selfonderhoudende kernsplitsingsproses insluit. Die skadeloosstelling van hierdie polis sal nie van toepassing wees of enige verlies insluit vir vernietigende skade of

regsaanspreeklikheid wat direk of indirek veroorsaak is deur of bygedra het tot of ontstaan het uit kernwapenmateriaal nie.

21 Noord Amerika Die Verenigde State van Amerika (synde die vyftig state van die unie plus die Distrik van Colombia), Kanada en enige

gebied wat onder die wette bestuur word of onderhewig is aan die jurisdiksie van die howe van die bogenoemde gebiede.

VOORWAARDES MET BETREKKINg TOT HIERDIE AfDElINg1 Die skadeloosstelling toegestaan deur hierdie afdeling is onderworpe daaraan dat onderliggende versekering van krag

is ten tyde van die gebeurtenis, wat vir wesenlike dekking voorsiening maak vir die tipe aanspreeklikheid waarvoor vergoeding in terme van hierdie versekering verleen word en dat Jy nie in stryd is met die voorwaardes van sodanige onderliggende polis nie.

2 Die afdeling is onderhewig aan die wetgewing van die Republiek van Suid-Afrika waarvan die howe eksklusiewe jurisdiksie het oor enige dispute tussen Jou en Ons.

3 Skriftelike kennis moet, so gou as moontlik, aan ons gegee word, van enige gebeurtenis wat aanleiding kan gee tot ʼn eis ingevolge hierdie afdeling en dat Jy Ons van sodanige verdere inligting wat redelikerwys benodig word, sal voorsien. Elke eis, lasbrief, dagvaarding of proses en alle verwante dokumente moet so gou as moontlik aan Ons gestuur word.

Onopsetlike versuim om kennis te gee soos hierbo vermeld, omdat Jy nie verwag het dat die gebeurtenis tot ʼn eis onder hierdie polis sou aanleiding gee nie, sal nie beskou word as ʼn skending van hierdie voorwaarde nie.

4 In die geval van enige eis waar ten minste gedeeltelik dekking, in terme van die onderliggende versekering bestaan, mag Ons die verdediging oorneem en in Jou naam tot Ons voordeel optree, en Ons sal absolute diskresie hê met enige stappe wat geneem word ter skikking van enige eis. Jy is verplig om al die noodsaaklike inligting en bystand te verleen wat deur Ons benodig word.

5 Indien skadeloosstelling verleen word deur enige ander aanspreeklikheid versekering, sal Ons nie meer betaal as Ons eweredige deel nie.

6 Indien enige eis in terme van hierdie afdeling in enige opsig bedrieglik is, sal alle voordeel kragtens hierdie afdeling ten opsigte van sodanige eis verbeur word.

7 Die behoorlike nakoming en die vervulling van alle voorwaardes soos in die afdeling vervat en wat bepaal wat Jy moet doen en waaraan Jy moet voldoen, sal enige aanspreeklikheid deur Ons voorafgaan, ten opsigte van enige gebeurtenis waarvoor Jy in terme van hierdie afdeling eis.

8 Ons mag in die geval van enige gebeurtenis, die maksimum skadeloosstellingsperk (minus enige bedrae reeds betaal) of enige verminderde bedrag waarmee die eis of eise geskik kan word aan Jou betaal en Ons sal daarna geen verdere aanspreeklikheid hê, ten opsigte van sodanige gebeurtenis nie.

9 Geen erkenning, aanbod, belofte of betaling in verband met ʼn eis onder hierdie afdeling mag deur Jou of namens Jou, sonder ons skriftelike toestemming gemaak word nie. Jy sal alle redelike stappe neem om te verseker dat onderliggende versekeraars aan die voorwaardes voldoen en met Ons saamwerk in die verdediging en skikking van eise wat deur albei, die onderliggende versekering en hierdie afdeling skadeloosstelling bied en in die uitoefening van enige regte van subrogasie. Die koste aangegaan in die uitoefening van sodanige regte en enige bedrae verhaal sal tussen die betrokke party verdeel word, volgens die bedrae betaal of betaalbaar ingevolge die dekking deur die onderskeie versekering verleen.

Page 64: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

62 CIB/PER-AFR/25/03/15

SASRIA BeperkReg. Nr. 1979/000287/06

SASRIA KOEPON POlIS VIR SPESIAlE RISIKO VERSEKERINg

DIE POlISAs vergoeding vir die vooraf betaling van die premie soos in die Bylae vermeld en die ontvangs daarvan deur, of namens, SASRIA Beperk (hierna verwys as SASRIA) en onderworpe daaraan dat die versekeraar se polis lopend en geldig is ten tyde van die effektiewe datum soos in die Bylae vermeld, sal SASRIA deur betaling en na hul keuse, die versekerde skadeloos stel deur herstelling gedurende die tydperk van versekering tot hoogstens die totale versekerde bedrag ten opsigte van elke item en hoogstens die gesamentlike totale versekerde bedrag gedurende die tydperk van versekering, of die gesamentlike aanspreeklikheidsperk soos in die voorwaardes hieronder vermeld, watter een ook al die minste is teen verlies van, of skade aan die versekerde eiendom regstreeks in verband met of veroorsaak deur:-(i) enige optrede (hetsy namens enige organisasie, liggaam of persoon, of groep persone) berekend of daarop gerig om enige

Staat of regering, of enige provinsiale, plaaslike of stamowerheid met gewelddadige, of by wyse van vrees, terrorisme of kragdadig, omver te werp of te beïnvloed;

(ii) enige optrede wat berekend of gerig is, om verlies of skade te veroorsaak ten einde enige politieke doel, oogmerk of saak te bevorder, of om enige maatskaplike of ekonomiese verandering te weeg te bring, of uit protes teen enige Staat of regering, of enige provinsiale-, plaaslike- of stamowerheid, of vir die doeleindes om vrees by die publiek, of enige sektor daarvan, in te boesem;

(iii) enige oproer, staking of openbare onrus, of enige daad of handeling wat daarop gemik of gerig is om enige oproer, staking of openbare onrus, te veroorsaak.

(iv) enige poging om enige handeling te verrig, soos na verwys word in klousule (i), (ii) of (iii) hierbo;(v) die optrede van enige wettig ingestelde owerheid in die beheer, voorkoming, onderdrukking van of terwyl daar op enige

ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna daar in klousule (i), (ii), (iii) of (iv) hierbo verwys word.

NEEM KENNIS: In die Koepon Polis, sal die term “Openbare Onrus” geag word om burgerlike beroering arbeidsonluste of uitsluiting in te sluit.

MET DIEN VERSTANDE DAT:Nieteenstaande enige iets teenstrydig hierin vervat, waar Een Versekerde verseker is deur een of meer lopende en geldige versekering (buiten Kontrak Werke en/of Konstruksie aanlegte en/of Motor) uitgereik is deur, of namens, SASRIA, sal die gesamentlike SASRIA aanspreeklikheid onder alle versekerings, beperk wees tot die bedrag van R300 000 000 (drie honderd miljoen rand) gedurende ’n kalenderjaar waar die versekerde eiendom in die Republiek van Suid-Afrika geleë is.

Vir doeleindes hiervan, beteken Een Versekerde:Enige enkele een verseker, of ’n beheermaatskappy en al die filiaalmaatskappye (soos eksklusief deur die Maatskappye Wet, 1973 beoog is). In die geval van Een Versekerde, buiten maatskappye, behou SASRIA die reg om te bepaal, wie die Een Versekerde vir hierdie doeleindes sal wees.

MET DIEN VERSTANDE dat die versekering nie die volgende dek nie:(a) gevolglike of indirekte verlies of skade, van enige soort of beskrywing hoegenaamd, buiten verlies van huurgeld, indien

spesifiek verseker, wat beperk sal wees tot ’n tydperk wat benodig word om die gebou verhuurbaar te maak;(b) verlies of skade veroorsaak deur totale of gedeeltelike werkstilstand, of die vertraging of onderbreking of staking van enige

proses of werksaamheid;(c) verlies of skade veroorsaak deur permanente of tydelike onteiening as gevolg van konfiskering, kommandering of opeiening

deur enige wettig ingestelde gesag.

SPESIAlE VOORWAARDES1 Dit is ’n voorwaarde wat enige aanspreeklikheid voorafgaan, dat ten tyde van die gebeurtenis van enige voorval, wat

aanleiding tot ’n verlies ingevolge die Koepon Polis gee, daar ’n onderliggende versekeraar se Polis van krag is wat die belang van die versekerde vir alle eiendom in terme van die Koepon Polis dek, teen verlies of skade deur brand.

2 Al die terme, voorwaardes, uitsluitings, uitsonderings en waarborge van toepassing op die Onderliggende versekeraar se polis, buiten:

(a) Uitsondering A(i), A(iii)(b), A(iv), A(v), A(vi) en A(vii) tot die mate wat A(vii) verwys na A(i), A(iii)(b), A(iv), A(v) en A(vi); en

(b) die bewyslas klousule vermeld in Uitsondering (a) tot die mate wat sodanige klousule verwys na die Uitsonderings in (a) hierbo, verwys;

(c) Enige bybetaling, aftrekbare of soortgelyke betalings waaraan die versekerde moet voldoen, ingevolge die Onderliggende Versekeraar se Polis, sal ingesluit wees, in hierdie Koepon Polis en sal as opskortende voorwaarde dien vir enige aanspreeklikheid hiervolgens in verband met en wat die versekerde ooreenkomstig moet nakom.

Page 65: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

63 CIB/PER-AFR/25/03/15

MEMORANDUM Die verwysing na Uitsluitings A(i), A(iii)(b), A(v), A(vi) en A(vii) en die Bewyslas-klousule in Uitsluiting A, verwysing na die Uitsonderings soos in die Standaard S.A.I.A. Uitsluitings vermeld wat die Onderliggende Versekeraar se polis herinkorporeer word. Indien die nommer verwysings in die Onderliggende Versekeraar se Polis nie ooreenstem met dié van die Standaard S.A.I.A. uitsonderings nie, sal bogenoemde verwysings van toepassing wees vir die ooreenstemmende Uitsonderings in die Onderliggende Versekeraar se Polis mutatis mutandis.

3 Indien die eiendom gedek ingevolge die aangehegte Bylae van Versekering, by die aanvang van enige vernietiging, of skade aan sodanige eiendom deur enige risiko dekking geniet, tesame van groter waarde is as die totale versekerde bedrag hierin vermeld, sal die versekerde beskou word as sy eie versekeraar vir die verskil en ’n eweredige deel van die verlies dra. Elke item, indien meer as een, sal afsonderlik onderhewig aan hierdie voorwaarde wees.

4 Enige wysiging van die Premie Klousule of voorwaarde in die Onderliggende Versekeraar se Polis sal nie op hierdie Koepon Polis van toepassing wees nie.

5 Geen wysiging van hierdie Koepon Polis is geldig nie, tensy onderteken deur ’n Direkteur van SASRIA.

6 Enige Herstellingswaarde Voorwaardes in die Genomineerde Versekerde se Polis sal van toepassing wees op hierdie Koepon Polis in terme van motor versekering.

7 Die dekking toegestaan in hierdie Koepon Polis is van toepassing op eiendom geleë in die Republiek van SuidAfrika.

KERN-/CHEMIESE-/BIOlOgIESE TERRORISME UITSlUITINg Effektief 01/01/2003

Dit word ooreengekom dat, ongeag enige bydraende oorsaak (-e), sal hierdie herversekering nie enige eis (-e) dek, wat enigsins veroorsaak is of waartoe bygedra is deur enige optrede van terrorisme wat die gebruik van enige kernwapen of kerntoestel of chemiese of biologiese middel of die dreigement daarvan nie.

Vir die doeleindes van hierdie uitsluiting beteken ’n daad van terrorisme, sonder beperking, die gebruik van geweld of krag of dreigement daarvan, van enige persoon of groep persone, hetsy daar alleen opgetree word of in verband met enige organisasie of regering of enige ander persoon of groep persone, wat gepleeg word vir politieke, godsdienstige, persoonlike of ideologiese redes of doeleindes, met inbegrip van enige daad wat gepleeg word met die bedoeling om enige regering te beïnvloed of om vrees by die publiek, of enige sektor van die publiek, in te boesem.

ndien die herversekeraars beweer dat die eis nie gedek word op grond van hierdie uitsluiting nie, sal die onus by die versekerde berus om die teendeel te bewys.

Page 66: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

64 CIB/PER-AFR/25/03/15

SASRIA BeperkReg. Nr. 1979/000287/08

SASRIA MOTORVERSEKERINgSPOlIS VIR SPESIAlE RISIKO’S TEN OPSIgTE VAN EIENDOM SOOS gEDEfINIEER

DIE POlIS

DEfINISIES1 Waar ook al die woord “Sasria” gebruik word sal dit na Sasria Beperk verwys.

2 Waar ook al die woord “eiendom” gebruik word sal dit beskou word om enige motorkar of –voertuig, sleepwa, apparaat of masjien van enige beskrywing vir spesifieke operasionele doeleindes met of sonder selfaangedrewe vermoë geskik om bestuur of gesleep te word op enige pad en enige toebehore of onderdele daarvan. NADEMAAL die versekerde die premie soos in die Bylae van die Polis vermeld, (welke Bylae ’n wesenlike deel vorm van hierdie Polis) aan Sasria as vergoeding vir die versekeringsvoordeel hierin betaal het ten opsigte van verlies of skade veroorsaak gedurende die Versekeringsperiode soos in die Bylae vermeld.

Hierdie polis sal die derde party alleenlik vergoed, indien die derde party voertuig nie oor Sasria dekking beskik nie en die verlies of skade deur ’n Sasria gevaar veroorsaak is.

DERHALWE verklaar hierdie Polis, onderhewig aan die bepalings, uitsluitings en voorwaardes hierin, dat Sasria die versekerde skadeloos sal stel teen verlies van of skade aan die eiendom soos in die Bylae vermeld, voortspruitend uit of veroorsaak deur: (i) enige optrede (hetsy namens enige organisasie, liggaam of persoon, of groep persone) berekend of daarop gerig

om enige Staat of regering, of enige provinsiale, plaaslike of stamowerheid met gewelddadige, of by wyse van vrees, terrorisme of kragdadig, omver te werp of te beïnvloed;

(ii) enige optrede wat berekend of gerig is, om verlies of skade te veroorsaak ten einde enige politieke doel, oogmerk of saak te bevorder, of om enige maatskaplike of ekonomiese verandering te weeg te bring, of uit protes teen enige Staat of regering, of enige provinsiale-, plaaslike- of stamowerheid, of vir die doeleindes om vrees by die publiek, of enige sektor daarvan, in te boesem;

(iii) enige oproer, staking of openbare onrus, of enige daad of handeling wat daarop gemik of gerig is om enige oproer, staking of openbare onrus, te veroorsaak.

(iv) enige poging om enige handeling te verrig, soos na verwys in klousule (i), (ii) of (iii) hierbo; (v) die optrede van enige wettig ingestelde owerheid in die beheer, voorkoming, onderdrukking van of terwyl daar op

enige ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna daar in klousule (i), (ii), (iii) of (iv) hierbo verwys word.

NEEM KENNIS: In hierdie Polis, word die term “Openbare Onrus” geag om burgerlike beroering, arbeidsonluste of uitsluiting in te sluit.

Sasria mag, na eie keuse, sodanige eiendom of gedeelte daarvan herstel, vervang of die bedrag van die verlies of skade in kontant betaal, tot hoogstens die redelike verkoopswaarde daarvan soos in die Bylae van die Polis vermeld, onderhewig aan Voorwaarde 8 van hierdie Polis. Indien die eiendom die onderwerp is van ’n huurkoop of soortgelyke ooreenkoms en die verkoper of verhuurder (hierna verwys na as “die Eienaar”) stel belang in enige vergoeding, wat aan die versekerde betaalbaar sou wees, ingevolge hierdie Polis ten opsigte van verlies of skade van die eiendom verseker (welke verlies of skade nie vergoed kan word deur herstel of vervanging nie) sal sodanige geld, indien skriftelik vereis word, betaal word aan die Eienaar en/of die versekerde tot die bedrag van hul afsonderlike belang, solank as wat hul belang in die eiendom bestaan en ontvangs deur hulle, sal Sasria in geheel onthef ten opsigte van sodanige verlies of skade. Soos uitdruklik hierin bepaal sal niks die regte en aanspreeklikhede van die versekerde of Sasria ingevolge of in verband met hierdie Polis of enige voorwaarde of bepaling daarvan, wysig of beïnvloed nie.

Indien ’n onderdeel, bybehore of monterings nodig vir die herstel of vervanging van die versekerde eiendom, nie beskikbaar is in Suid-Afrika as ’n reeds-vervaardigde standaard item nie of indien sodanige item vir enige rede aan die versekerde geweier word, sal Sasria se aanspreeklikheid gedelg word deur die betaling van ’n bedrag gelykstaande aan die waarde van daardie item, ten tyde van die plaasvind van die verlies of skade, tot hoogstens die vervaardiger se laaste gelyste prys, soos van toepassing in die Republiek van Suid-Afrika. Indien die versekerde eiendom, ingevolge hierdie Polis, onrybaar is as gevolg van enige verlies of skade, sal Sasria die redelike bewarings- en verwyderskoste na die naaste herstellers betaal. Sasria sal ook die redelike afleweringskoste aan die versekerde betaal, na herstel van sodanige verlies of skade, tot hoogstens die redelike kostes van vervoer na die versekerde se adres in die Republiek van Suid-Afrika.

Page 67: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

65 CIB/PER-AFR/25/03/15

TSONDERINgSDie Polis dek nie die volgende nie:1 Enige gevolglike skade, waardevermindering van enige aard wat ook vermindering in waarde insluit, hoe dit ook al ontstaan

van die versekerde eiendom as gevolg van volgehoue skade en voortduur na die herstel van sodanige skade, slytasie, meganiese of elektriese onklaarraking of breekskade.

2 verlies of skade veroorsaak deur permanente of tydelike onteiening as gevolg van konfiskering, kommandering of terughouding deur enige wettig ingestelde gesag;

3 Verlies of skade wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur of deur middel van of as gevolg van enige gebeurtenis waarvoor ’n fonds ingevolge die Wet op Oorlogskadeversekering en vergoeding gestig is;

4 Enige verlies of skade in verband met of veroorsaak deur: 4.1 oorlog, inval, die optrede van ’n buitelandse vyand, vyandelikhede of krygsverrigtinge (hetsy oorlog verklaar word

al dan nie) of burgeroorlog; 4.2 muitery, militêre of geüsurpeerde gesag, krygswet of ’n staat van beleg of enige ander gebeurtenis of oorsaak wat

die afkondiging of handhawing van krygswet of ’n staat van beleg bepaal; 4.3 die optrede van enige wettig ingestelde gesag by die beheer, voorkoming, onderdrukking van, of terwyl op enige

ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna verwys word in uitsondering 4.1 en 4.2 hierbo.

5 Enige eise wat voortspruit uit die aanvaarding van aanspreeklikheid deur die versekerde, deur ’n ooreenkoms, tensy sodanige aanspreeklikheid aan die versekerde toegedig sou wees, in die afwesigheid van sodanige ooreenkoms.

6 Verlies of vernietiging van of skade aan enige eiendom hoegenaamd, of enige verlies of uitgawes hoegenaamd, veroorsaak deur of voortspruitend uit of enige gevolglike skade regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, of waartoe bygedra word, deur of wat voortspruit uit ioniserende uitstralings of kontaminasie deur radioaktiwiteit wat afkomstig is van enige kernbrandstof of van enige kernafval, weens die verbranding of gebruik van kernbrandstof. Slegs vir die doeleindes van hierdie uitsluiting, sal verbranding enige selfonderhoudende kernsplytingsproses insluit. Die skadeloosstelling voorsien in hierdie Polis sal nie van toepassing wees op, of enige verlies, vernietiging of skade insluit, wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak is deur of wat voortspruitend is uit of waartoe bygedra word deur kernwapenmateriaal nie.

VOORWAARDES

1 EISE PROSEDURE By die plaasvind van ’n versekerde voorval, moet die versekerde, die onderliggende versekeraar, so gou as moontlik,

skriftelike daarvan in kennis stel. Die versekerde sal alle bewysstukke en besonderhede in verband met die eis, wat redelikerwys vereis word, aan Sasria voorsien.

2 SUBROgASIE Die versekerde sal, op aanvraag op Sasria se koste, doen en ooreenstem om te doen en toelaat om te doen, wat nodig

is, of wat redelikerwys deur Sasria vereis word, vir die doeleindes daarvan om enige regte en regsmiddels af te dwing of verligting verkry of skadeloosstelling vanaf ander partye te ontvang, waarop Sasria, of geregtig mag word of gesubrogeer op betaling van, of vergoeding van enige verlies of skade ingevolge die Polis, ongeag of sodanige optrede, noodsaaklik of ’n vereiste mag wees, voor of na die skadeloosstelling deur Sasria.

3 KONTRIBUSIE Indien ten tyde van die plaasvind van die gebeure daar enige ander versekering bestaan wat dieselfde verlies en skade dek

as hierdie Polis, sal Sasria nie aanspreeklik wees om meer as hul eweredige deel van enige verlies of skade te betaal of by te dra nie.

4 VOORSORg Die versekerde sal alle redelike stappe neem om voorsorg te tref teen verlies of skade aan die versekerde eiendom soos in

die Bylae van hierdie polis vermeld.

5 OORDRAg Geen ander persoon het enige regte, in terme van hierdie polis, teen Sasria nie, behalwe die versekerde. Sasria is nie

gebind aan die oordrag van die versekerde se belang nie, behalwe deur die dood of wetgewing.

6 ARBITRASIE 6.1 Indien enige verskil voortspruitend uit die bedrag wat ingevolge hierdie Polis betaalbaar is (aanspreeklikheid wat

andersins erken is), mag sodanige verskil verwys word vir Arbitrasie, ooreenkomstig die huidige Arbitrasie wette, wat in die Republiek van Suid-Afrika van krag is en by ’n plek wat deur Sasria bepaal word.

6.2 Indien enige verskil of dispuut, ingevolge paragraaf 6.1 hierbo, na ’n Arbiter verwys word, sal die beslissing van die Arbiter, finaal en bindend wees en die maak van sodanige beslissing geld as opskortende voorwaarde, ten opsigte van enige reg op aksie teen Sasria ingevolge hierdie Polis.

7 BEPERKINg Sasria sal nie, ingevolge hierdie Polis, na die verstryking van 12 (twaalf) maande nadat ’n voorval plaasgevind het,

daarvoor aanspreeklik wees nie, tensy die eis die onderwerp van Arbitrasie of hofverrigtinge is wat reeds ingestel was.

Page 68: DIE CIB DIENSVERBINTENIS - Perfect Deliveryperfectdelivery.co.za/documents/CIB Polisbewoording.pdf1 CIB/PER-AfR/25/03/15 DIE CIB DIENSVERBINTENIS INlEIDINg Die polis is die kontrak

66 CIB/PER-AFR/25/03/15

8 AWERY Indien die versekerde eiendom, ten tyde van die vernietiging of beskadiging van sodanige eiendom, van groter waarde is

as die totale waarde op risiko, soos in die Bylae tot die Polis vermeld, in die geval van ’n Motorhandelaar of Vlooteienaar, dan sal die versekerde beskou word as sy eie versekeraar vir die verskil en sal hy ooreenkomstig ’n eweredige deel van enige verlies of skade dra.

9 AlgEHElE VERlIES VAN EIENDOM Indien enige motorkar of ander voertuig soos gedefinieer in die woordomskrywing van “eiendom” as ’n algehele verlies

deur Sasria hanteer word, dan sal alle dekking ingevolge die Polis beëindig word ten opsigte van sodanige motorkar of voertuig vanaf die datum van sodanige algehele verlies en geen terugbetaling van die premie sal betaalbaar wees aan die versekerde nie.

10 PREMIE Nieteenstaande dat die Tydperk van Versekering soos in die Bylae van Versekering vermeld, minder as 12 (twaalf) maande

is, beloop die minimum premie betaalbaar deur die versekerde, die volle jaarlikse premie.

11 gElDIgHEID Die Polis is nie geldig nie, tensy dit medeonderteken is, deur die Genomineerde Versekeraar.

12 WYSIgINg VAN gEBRUIK VAN VERSEKERDE EIENDOM Sasria is nie aanspreeklik nie vir enige verlies van of skade aan die eiendom, indien die eiendom gebruik is deur die

versekerde, of enige persoon met die medewete van die versekerde, in enige manier wat normaalweg sou vereis dat die eiendom in ’n hoër berekende kategorie verseker moet wees, as wat gebruik is in die berekening van die premie soos in die Bylae vermeld.

13 gEBIEDSgRENSE Die dekking is beperk tot eiendom binne die Republiek van Suid-Afrika en indien die eiendom tydelik binne Namibië gehou

word, dit beteken nie langer as 60 (sestig) dae nie.

14 KANSEllASIE Die Polis mag ter enige tyd, op versoek van die versekerde gekanselleer word, maar in sodanige gevalle sal geen pro-rata

terugbetaling van premie betaalbaar wees nie.

15 BEDROg Indien die eis in enige opsig bedrieglik en indien enige bedrieglike metodes of toestelle gebruik word deur die versekerde,

of enige iemand wat namens hom optree, om enige voordeel ingevolge hierdie Polis te kry en indien enige vernietiging of skade veroorsaak is deur die kwaadwillige optrede en met die medewete van die versekerde, sal alle voordele ingevolge hierdie Polis verbeur word.

16 WANVOORSTEllINg Die Polis word nietig verklaar, in die geval van enige wesenlike wanvoorstelling, onjuiste beskrywing of nie-openbaarmaking

niet.

17 AANMElDINg VAN EISE BY OWERHEDE Alle gebeure wat tot ’n moontlike eis teen hierdie polis mag lei, moet binne ’n redelike tyd by die Suid Afrikaanse Polisie

aangemeld word.

KERN-/CHEMIESE-/BIOlOgIESE TERRORISME UITSlUITINg Dit word ooreengekom dat, ongeag enige bydraende oorsaak (-e), sal hierdie versekering nie enige verliese dek, wat enigsins veroorsaak is of waartoe bygedra is deur enige optrede van terrorisme wat die gebruik van enige kernwapen of kerntoestel of chemiese of biologiese middel of die dreigement daarvan nie. Vir die doeleindes van hierdie uitsluiting beteken ’n daad van terrorisme, sonder beperking, die gebruik van geweld of krag of dreigement daarvan, van enige persoon of groep persone, hetsy daar alleen opgetree word of in verband met enige organisasie of regering of enige ander persoon of groep persone, wat gepleeg word vir politieke, godsdienstige, persoonlike of ideologiese redes of doeleindes, met inbegrip van enige daad wat gepleeg word met die bedoeling om enige regering te beïnvloed of om vrees by die publiek, of enige sektor van die publiek, in te boesem. Indien die herversekeraars beweer dat die eis nie gedek word op grond van hierdie uitsondering nie, sal die onus by die versekerde berus om die teendeel te bewys.

SPESEfIEKE VOORWAARDEIndien in die loop van hierdie afdeling, enige rybewys aan die versekerde uitgereik of enige motor bestuurder, deur die versekerde gemagtig om die voertuig te bestuur, se rybewys geëndosseer, opgeskort of gekanselleer, of gedagvaar of skuldig bevind is aan nalatige of roekelose of onbehoorlike bestuur, moet die versekerde sodra hierdie feite aan hom/haar bekend word, die maatskappy onmiddellik, skriftelik daarvan in kennis stel.