Die Kwart-Voor-Sewe-Lelie karakterlys en eienskappe

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Beskrywing van die karakters in Die Kwart-Voor-Sewe-Lelie deur Eleanor Baker

Citation preview

Megan Thomas

Langvraag2

Die Kwart-Voor-Sewe-Lelie

Iris is die hoofkarakter, die verteller en die fokalisator in die verhaal. Iris se naam gee ook n besondere betekenis aan haar lewe, die blom wat net een keer n jaar blom, die skerpsinnige, die godin van die renboog, dienares van hore gode en martelaar. Dit is alles betekenisse wat haar baie lank sou laat twyfel oor die keuses wat sy moet maak. Sy sien haarself as aleenloper en bly ontevrede met haarself. Iris ondergaan n karakteronwikkeling van n jong meisie met baie onsekerhede oor die lewe, die huwelik, haar doel in die wreld en die vraag oor haar blomtyd tot n volwasse, getroude vrou wat vrede maak met haar omstandighede en die mense om haar. Sy word redelik volledig aan die leser geopenbaar deur haar eie vertelling, handeling, verhoudings en gedagtes. Sy voel niemand luister ooit werklik na haar nie, behalwe die Engel wat sy van haar ouma gerf het. Sy skep van vroeg af n fantasie wreld om van die daaglikse oninterssanthede te kan ontsnap. Sy filosofeer oor die lewe en veral oor die feit dat sy ook graag wil blom. Die iris is n embleem wat deur die eeue gebruik is veral in derokatiewe kuns. Dit is ook die Griekse godin van die renboog. Iris het n romantiese en verbeeldingryke uitkyk op die lewe en vind dit moeilik om haar met haar susters te vereenselwig. Sy het nooit die aanbod om in Amerika en in Frankryk as foto-model te posseer aangegryp nie, en voel sy het die geleentheid deur haar vingers laat glip, aangesien sy haarself nie as mooi beskou nie. Sy twyfel sterk of om te trou die beste ding is wat sy ooit kan doen. Sy weet sy het n onvermoe om met kinders te werk sy voel sy is self nog jonk en onervare. Sy vibreer van plesier onder Peter se aanraking, sy maak kennis met hartseer na n egskeiding. Sy hunker nog steeds om daardie een keer te blom. Sy beleef interessante oomblikke saam met die Engel wat ook soms kommentaar op haar lewe lewer. Die Engel faal glo soms haar verwagtinge van die funksie en rol van n beskermengel. Haar verhoudinge met mans help met die identifikasie van haar karakter en dra by tot haar uitkyk op die huwelik. Sy beleef ook n eksistensile periode i.v.m haar soeke na die sin van haar bestaan die wag op die enkele volmaakte magiese oomblik. Haar hunkering na die blomtyd van haar lewe loop soos n goue draad deur die verhaal en word dan die motief. Sy roep die Engel se hulp in om haar innerlike konflikte op te los. Die gevolg was dat die fantasiekarakters uit haar lewe verdwyn het hoe meer sy op die Engel se hulp begin steun het. Iris voel soos Apoestertjie en is n dromer, naef, kinderlik eerlik en impulsief. Sy wil haar emansipeer van die beperkings van die middelklas gesin, maar het nie die moed om dit deur te voer nie. Sy lewe in afwagting op haar groot blomoomblik. Sy is op soek na meer as net die doodgewone bestaan van n doodgewone huisvrou. Sy twyfel oor die waarde van die huwelik en haar verhoudings is nie almal fisiek en emosioneel nie. Sy ervaar die verlies van haar maagdelikheid as traak-my-nie-agtig. Eduard is n fantasie karakter wat die sjarmante strooijonker word op Elsa se troue. Greta is Iris se alter-ego, die verbeelde voorstelling van haarself in n verhouding met Eduard. Eduard word langsamerhand betrek by die ervaringe van Greta by wie sy broer Peter n buite-egtelike kind verwek het. Iris gee baie aandag aan klein

Megan Thomas Langvraag2 Die Kwart-Voor-Sewe-Lelie besonderhede soos kleredrag en die uiterlike van haar fantasie karakters. Dit is alles wat sy in werklike lewe nie doen nie. Die fantasie wreld is dus n regstelling of verbetering van dit wat sy in die werklikheid beleef en ook haar droom of illusie van hoe die werklikheid moet wees. Sy verwar soms die fantasie met werklikheid. Toe sy Peter ontmoet, was dit vir haar n verrassing omdat die werklike Peter nie veel van die fiktiewe karakter verskil nie. Iris raak later moeg vir haar eie stories en besluit om vroeg van Eduard en Greta ontslae te raak. Frederik Dr. Anders se vennoot lyk egter baie soos Eduard en die saga van Greta gaan voort met n ander storielyn nou is Greta onvrugbaar. n Mens kan aan n fantasiestorielyn verander soos jy wil, inteenstelling met die werklikheid. Iris droom van n verhouding met haarself en Peter en sy verloofde, n vrou genaamd Marie, en dit het haar laat besef dat sy vir Peter meer aantreklik begin vind as haar fantasieheld, Eduard, en sodoende het werklikheid oorhand begin kry oor fantasie. Haar werklikheid het dis meer aanvaarbaar geword as haar fantasi en selfs interessanter. Sy besef uiteindelik die lewe is nie n storieboek nie. Eduard en Greta en daarmee saam haar fantasiewreld verdwyn ook omdat hulle nie meer bestand is teen Peter se fisiese werklikheid, sy humorsin en sy meerdimensionaliteit nie. Die uitbeelding van die fantasiewreld in die roman dui dus op sekere karaktertrekke van Iris en ook die verandering wat sy ondergaan. Sy was eers jonk en onvolwasse en word volwasse en aanvaar haar verantwoordelikheide en trou selfs. Die Engel is reeds vroeg al in die verhaal belangrik wat ook die motto van die verhaal word Angels can fly because they take themselves lightly. Die Engel is een van die belangrike karakters in hierdie roman wat ook verskillende funksies vervul hy is deel van die magiese realisme. Die Engel se veskyning en gesprekke word op dieselfde vlak as haar werklikheid vertel. Sy dink en fabriseer hom nie doelbewus nie. Sy praat met hom. Die Engel is n man. Die dokter het dit as kaf beskou maar Ma het ges dat die Engel selfs al saam met hul geet het. Sy eerste verskying aan Iris was in Frankryk toe sy op pad Peter toe was. In New York en Vermont was die Engel deurentyd teenwoordig as n beskermengel en raadgewer. Hy gee vir haar advies en sy het eers later begin om na hom te luister. Hy het veroorsaak dat die fantasie karakters van Greta en Eduard verdwyn en ook dat hy tussen die werklike Peter en die fantasie Eduard begin inbeweeg het. Eers in die hospitaal met n gebreekte enkel, begin Iris werklik met die Engel te kommunikeer waar hy haar tot belangrike insig laat kom. Hy lei haar tot die werklikheid en sy besef sy moet van die fantasie wreld ontslae raak en dat sy self verantwoordelikheid moet vat vir haar besluite. Dit is ook een van die temas van die roman. Hy was teenwoordig nog tot na haar troue met Peter. Peter was in n ongeluk en sy was kwaad vir die Engel omdat hy Peter nie beskerm het nie. Iris was heel tevrede aan die einde met n tuin waarin die kwart-voor-sewe-lelie een keer per jaar blom en n engel in die tuin sweef. Ma is n vergeetagtige en verstrooide karakter en woon half in n wreld van haar eie in is as ma half onbeholpe en onbetrokke. Haar kinders word eerder deur die huishulp groot gemaak. Baie eienaardige groep waarby sy haar later aansluit.

Megan Thomas Langvraag2 Die Kwart-Voor-Sewe-Lelie Pa is ietwat gewoon, stil en rustig. Begin na sy aftrede n nuwe begin op n wildsplaas en kom slegs Kersfees huis toe. Hy en ma het nog n verhouding. Speel n baie klein rol in die verhaal. Elsa is Iris se oudste suster. Het rooi hare en sproete. Sy is onderwyseres. Sy verteenwoordig die deursnee Suid-Afrikaanse huisvrou uitgebeeld met n droom man, droom huis en kinders, ens. Sy trou met Hannes, het n seun Johan en later n drieling. Kara is middel suster van Iris. Sy is n blondine wat op n stadium n non wou word. Sy verteenwoordig weer die eksotiese en haar lewe beeld weer die meer opwindende droom van n Fransman, kuns en n lewe en werk oorsee in Frankryk. Sy is min gepla oor die politieke situasie in haar tuisland en het ook n kleurgrens verhouding. Sy is baie emosioneel en diepsinnig. Ook n feminis. Sy wou nooit kinders h nie, maar raak swanger met Claude se buite egtelike kind en nou wil sy n huis vol kinders h. Sy en Claude trou onseremonieel en sonder dat haar ouers weet. Johanna is die bruin huishulp. Ma se regter hand. Inwonend en bekkig. Vorm deel van die huisgesin en baie openlik oor haar opinie. Sy trou nooit en het nooit kinders van haar eie. Sy het die kinders groot gemaak, hul gesond gedokter en as klankbord opgetree vir die dogters. Sy was meer soos n ma en vriendin as n huishulp. Polder 1 en 2 Hollandse honde wat net op Hollandse bevele reageer. Hannes en Claude onderskeidelik Elsa se man en Kara se bruin Fransman. Peter is Iris se krel en later haar verloofde en toe haar trou man. Hy is n siviele ingenier en doen sy Doktorsgraad in Amerika. Iris en hy ontmoet by n partytjie. Iris vlieg na 2 jaar van glad nie mekaar sien Amerika toe en ontmoet hom weer. Hul het getrou sonder dat hul ooit eintlik n verhouding of romanse gehad het. Brian en Bettie Amerikaners wat Iris ontmoet in Vermont een Kersfees saam met Peter. Brian is groot en jolig en geskeide man met twee kindes en in verhouding met Bettie wat nie wil trou nie. Sy sukkel om met Brian se kinders oor die weg te kom. Bettie is baie emosioneel. Merel is met Peter se broer getroud. Sy is van Hollandse afkoms. Prakties, nugter en sterk.Sy het haar geboorteland verlaat om n nuwe begin in Suid- Afrika te maak. Dr. Anders Iris werk as assistent by die tandardts. Presiese, wetenskaplike, metodiese mens. Hy is besig om te skei. Hy flankeer met jonger vrouens en tel later n prostaatprobleem op wat hom dwing om rustiger te lewe en terug te gaan na sy eksvrou. Frederik is die jong locum wat in Dr. Anders se plek waarneem en later vennoot word. Hyis verlief op Iris en is die aantreklike Eduard in Iris se fantasie. Hy is lank en donker soos n prentjieboek held. Hy is erg frustreerd op Iris omdat sy nie toelaat dat hul verhouding verder gaan nie en is ook jaloers op Peter. Riekie is n werlike karakter wat vervang word met Richard n karakter vry van alle menselike swakehede.

Megan Thomas .

Langvraag2

Die Kwart-Voor-Sewe-Lelie

Die New Yorkse taxi bestuurder, Billy, Maria, die Mexikaanse vrou met wie Iris in New York gesels, Iris se eerste krel Riekie, die man wat vuurhoudtjiedosies versamel, die New Yorkse fotograaf Joe, Peter se vriende, die dokter en verpleegster in Vermont, Peter se ma en pa, Peter se broer Jonsie verleen verder kleur aan die verhaal. Uiterlike konflik is nie veel teenwoordig in die verhaal nie. Daar is min emosie, hetsy positief, byvoorbeeld die liefde, of negatief, byvoorbeeld die rusie. Daar is egter spanning tussen Iris en Peter waargeneem, want die leser wonder of die twee by mekaar gaan uitkom of nie. Innerlike konflik speel n groter rol as uiterlike konflik in die verhaal. Die innerlike konflik in Iris word deurgaans waargeneem in haar soeke na wie sy werklik is en wil wees en haar afwagting op die blomtyd. Gesprekke met die Engel, wat haar alterego of onderbewussyn simboliseer, verhef en beklemtoon hierdie innerlike konflik. SLOT: Hierdie roman is dus n interssante roman met n kronkelende intrige en die leser wonder aan die einde of Iris toe uiteindelik geblom het of nie. Dit is dus n oop slot en die leser word met heelwat vrae agter gelaat.