28
Vorderingsverslag

Tabelle - Skoleondersteuningsentrum€¦ · Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) het in November 2018 die eerste Gestandaardiseerde

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Vorderingsverslag

TABEL 1 >> Die slaagpersentasie, gemiddeld en gewig per afdeling – Graad 4TABEL 2 >> Die slaagpersentasie, gemiddeld en gewig per afdeling – Graad 5TABEL 3 >> Die slaagpersentasie, gemiddeld en gewig per afdeling – Graad 6TABEL 4 >> Die slaagpersentasie, gemiddeld en gewig per afdeling – Graad 7TABEL 5 >> Die slaagpersentasie, gemiddeld en gewig per afdeling – Graad 8TABEL 6 >> Die slaagpersentasie, gemiddeld en gewig per afdeling – Graad 9

060810131517

GRAFIEK 1 >> Die persentasie Graad 4-leerders wat slaag teenoor dié wat druipGRAFIEK 2 >> Die verspreiding van Graad 4-leerders se simboleGRAFIEK 3 >> Die slaagsyfer en gemiddeld per afdeling – Graad 4GRAFIEK 4 >> Die persentasie Graad 5-leerders wat slaag teenoor dié wat druipGRAFIEK 5 >> Die verspreiding van Graad 5-leerders se simboleGRAFIEK 6 >> Die slaagsyfer en gemiddeld per afdeling – Graad 5GRAFIEK 7 >> Die persentasie Graad 6-leerders wat slaag teenoor dié wat druipGRAFIEK 8 >> Die verspreiding van Graad 6-leerders se simboleGRAFIEK 9 >> Die slaagsyfer en gemiddeld per afdeling – Graad 6GRAFIEK 10 >> Die persentasie Graad 7-leerders wat slaag teenoor dié wat druip – Vraestel 1GRAFIEK 11 >> Die persentasie Graad 7-leerders wat slaag teenoor dié wat druip – Vraestel 2GRAFIEK 12 >> Die verspreiding van Graad 7-leerders se simbole – Vraestel 1 en 2GRAFIEK 13 >> Die slaagsyfer en gemiddeld per afdeling – Graad 7GRAFIEK 14 >> Die persentasie Graad 8-leerders wat slaag teenoor dié wat druip – Vraestel 1GRAFIEK 15 >> Die persentasie Graad 8-leerders wat slaag teenoor dié wat druip – Vraestel 2GRAFIEK 16 >> Die verspreiding van Graad 8-leerders se simbole – Vraestel 1 en 2GRAFIEK 17 >> Die slaagsyfer en gemiddeld per afdeling – Graad 8GRAFIEK 18 >> Die persentasie Graad 9-leerders wat slaag teenoor dié wat druip – Vraestel 1GRAFIEK 19 >> Die persentasie Graad 9-leerders wat slaag teenoor dié wat druip – Vraestel 2GRAFIEK 20 >> Die verspreiding van Graad 9-leerders se simboleGRAFIEK 21 >> Die slaagsyfer en gemiddeld per afdeling – Graad 9GRAFIEK 22 >> Die gemiddelde persentasie per provinsieGRAFIEK 23 >> Die Wiskunde-deurvloeisyfer van Graad 4 tot Graad 9GRAFIEK 24 >> Die gemiddelde persentasie behaal in 2019 teenoor 2018GRAFIEK 25 >> Die gemiddeld vir leerders wat in Afrikaans skryf teenoor Engels – Graad 4 tot Graad 9GRAFIEK 26 >> Die gemiddeld vir leerders wat in enkelmediumskole is teenoor dubbel- en parallelmedium

060607080809101011

Tabelle

Grafieke

1212121314141415161616171819192020

Voorwoord: 4NR vereis selfgerigte leerDoel van die navorsing MetodiekGraad 4-uitslae >> Resultate per afdeling 1. Slaagsyfer per afdeling 2. Gemiddelde persentasie per afdeling 3. Die slaagsyfer van Afrikaanse leerders teenoor Engelse leerdersGraad 5-uitslae >> Resultate per afdeling 1. Slaagsyfer per afdeling 2. Gemiddelde persentasie per afdeling 3. Die slaagsyfer van Afrikaanse leerders teenoor Engelse leerdersGraad 6-uitslae >> Resultate per afdeling 1. Slaagsyfer per afdeling 2. Gemiddelde persentasie per afdeling 3. Die slaagsyfer van Afrikaanse leerders teenoor Engelse leerdersGraad 7-uitslae >> Resultate per afdeling 1. Slaagsyfer per afdeling 2. Gemiddelde persentasie per afdeling 3. Die slaagsyfer van Afrikaanse leerders teenoor Engelse leerdersGraad 8-uitslae >> Resultate per afdeling 1. Slaagsyfer per afdeling 2. Gemiddelde persentasie per afdeling 3. Die slaagsyfer van Afrikaanse leerders teenoor Engelse leerdersGraad 9-uitslae >> Resultate per afdeling 1. Slaagsyfer per afdeling 2. Gemiddelde persentasie per afdeling 3. Die slaagsyfer van Afrikaanse leerders teenoor Engelse leerdersSamevatting >> Persentasie van leerders volgens provinsie >> Deurvloei van leerders >> Jaar-op-jaar vergelyking >> Die invloed van moedertaalonderrigGevolgtrekkings: Wiskunde-eksamen in ‘n neutedopAanbevelings: Hoe gemaak vorentoe?Vooruitsigte vir 2020

04

Inhoudsopgawe

0505

06070707

06

08090909

08

10111111

10

13131313

12

15151515

14

17171717

16

1818

181920

222324

B L A D S Y 4

Voorwoord

Johan KoekemoerHoof: Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW)

Die Vierde Nywerheidsrevolusie (4NR) vereis van leerders om selfgerig te leer, sonder die hulp van ’n onderwyser. Die 4NR is dus nie soos vorige stelsels onderwyser-gesen-treerd of selfs leerder-gesentreerd nie, maar wel leer-gesentreerd. Assessering moet

dus gesien word as ’n medium wat lig kan werp op areas waar verbetering nodig is. Alle partye wat direk of indirek by die assessering betrokke is, moet bydra tot die oplos van probleemareas. Dit is juis dié betrokkenheid wat aan asses-serings soos die Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamen waarde gee.

Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) is trots op al sy lede wat aan die Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamen deelgeneem het. Dit wys dat ons lede aanhou streef na uitnemendheid tot voordeel van die leerervaring van hul leerders. Die VAW besef dit is ’n brawe stap deur onderwysers om deel te neem aan ’n eksamen waarin hulle geen inspraak het nie.

Onderwysers word dikwels gemeet aan die hand van die uitslae van hul leerders, sonder om ander rolspelers soos

die ouerhuis, skool en departement aan dieselfde streng standaard te hou. Daar word soms ’n ongesonde klem op die uitslae van assessering geplaas. Assessering is beslis nie ’n stok waarmee onderwysers geslaan kan word nie. Asses-sering is inteendeel ’n hulpmiddel wat gebruik moet word om leer te ondersteun en om die sukses daarvan te meet.

selfgerigte leer(ders)

vierde nywerheidsrevolusie vereis

B L A D S Y 5

Doelstellingsdie doel van die navorsing

Ve

r e n i g i n g v i r Af r i k

aa

ns

e W

isk

un

de-onderwyse

rs

Danksy die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen (NSS) het Suid-Afrikaanse hoërskole jaarliks die geleentheid om hul akademiese prestasie met dié van ander skole te vergelyk. Deur dié vergelyking van hulle relatiewe prestasie kan skole, en die onderskeie departemente, verstellings maak om tekortkominge aan te pak – ’n luuksheid wat laerskole

nie het nie.

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) het in November 2018 die eerste Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamen vir Graad 4, 5 en 7 in 43 skole reg oor die land geloods, om aan laerskole die geleentheid te gee om hulself aan hul eweknieë te meet. In 2019 is die Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamen uitgebrei na 89 skole en Graad 6, 8 en 9 is vir die eerste keer ingesluit.

Die SOS bied talle SACE-geakkrediteerde opleidingsgeleenthede aan vir Wiskunde-onderwysers wat lid is van die VAW. Die uitslae van die Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamen help op sy beurt om Wiskundige leemtes te identifiseer waarvolgens die SOS in 2020 sy opleiding aan onderwysers aanpas.

Metodiek

Meer as 16 000 Graad 4- tot 9-leerders uit 89 skole het die VAW se Gestandaardiseerde Eksamen afgelê. Skole kon besluit of hulle die ek-

samen saam met hul interne eksamen wou skryf, of in die plek van hul eie finale eksamen. Volledige uitslae is aan die VAW verskaf en die identiteit van die leerders is beskerm. Skole het ook self besluit watter grade sou deelneem. Skole wat lid is van die SOS se vakverenigings het die vraestel gratis ontvang, terwyl nielede ʼn fooi betaal het. Die vraestelle en die voorgestelde memorandum is twee dae voor die eksamendatum uitgereik. Skole moes die korrekte aantal vraestelle self uitgedruk het vir die aantal leerders.

Die vraestelle is deur verskeie van die land se beste Wiskunde-onderwysers opgestel en gemodereer aan die hand van die KABV-kurrikulum. Vraestelle is deurlopend deur die VAW se spesialiste gekontroleer om gehalte en balans te verseker. Elke graad het ’n span van vier Wiskunde-onderwysers gehad – drie opstellers en een moderator, wat die finale vraestel saamgestel het. Die drie moderators is uiters ervare Wiskunde-onderwysers wat

saam oor meer as 50 jaar se Wiskunde-onderwyservaring beskik. Vraestelle is streng volgens die KABV-voorskrifte opgestel en het uit vyf afdelings bestaan, naamlik:• Afdeling A: Getalle, Bewerkings en Verwantskappe• Afdeling B: Patrone, Funksies en Algebra• Afdeling C: Ruimte en Vorm• Afdeling D: Meting• Afdeling E: Datahantering.

Hoewel die verskillende vraestelle almal oor die bostaande vyf afdelings beskik het, is die gewig wat die onderskeie afdelings dra, verskillend vir elke graad. Die vraestelle is beskikbaar gestel in Afrikaans en Engels. Die 2019-eksamen is deur 14 575 (88%) leerders in Afrikaans afgelê en 1 927 (12%) in Engels.

Daar kan aanvaar word dat leerders wat die Gestan- daardiseerde Wiskunde-eksamen in Afrikaans geskryf het, hoofsaaklik Afrikaans-moedertaalsprekers is, terwyl leerders wat die vraestel in Engels afgelê het, in die meeste gevalle tweedetaalsprekers is.

B L A D S Y 6

AFDELING SLAAG %PER AFDELING

GEMIDDELDE %PER AFDELING

GEWIG % PERAFDELING

Getalle, Bewerkings en Verwantskappe 83.5% 62.5% 48%

Patrone, Funksies en Algebra 93.2% 78.2% 10%

Ruimte en Vorm 98.4% 82.6% 15%

Meting 74.5% 55.4% 17%

Datahantering 83.6% 68.8% 10%

In 2019 het altesaam 2 250 Graad 4-leerders deelgeneem, teenoor die 2 598 wat die vraestel in 2018 afgelê het. Die gemiddeld vir 2019 was 66.6%, teenoor die 62.5% wat in 2018 behaal is. Die Graad 4-vraestel het uit 14 vrae bestaan met ’n

totaal van 60 punte en moes binne 90 minute voltooi word. Die meeste Graad 4-leerders (37%) behaal tussen 80% en 100% vir die eksamen en die totale groep behaal ’n gemiddeld van 66.6% vir die vraestel. Die afdeling waarin die Graad 4- leerders die swakste gevaar het, is Afdeling D: Meting, wat Meetkunde insluit. Afdeling B: Patrone, Funksies en Algebra is op sy beurt die beste beantwoord.

GRAFIEK 1: Die persentasie Graad 4-leerders wat slaag teenoor dié wat druip.

SLAAGPERSENTASIE

Slaag Druip

91%

9%

700

600

500

400

300

200

100

0

GETA

L LE

ERDE

RS

GETAL LEERDERS EN PERSENTASIE BEHAAL

0-29% 30-39% 40-49% 50-59% 60-69% 70-79% 80-100%

PERSENTASIE BEHAAL

GRAFIEK 2: Die verspreiding van Graad 4-leerders se simbole.

Resultate per afdeling

TABEL 1: Die slaagpersentasie, gemiddeld en gewig per afdeling – Graad 4.

uitslaeGRAAD 4

52

147

244

290

412

493

612

B L A D S Y 7

Afdeling A: Getalle, Bewerkings en Verwantskappe dra die meeste gewig in die Graad 4-vraestel en 83.5% slaag hierdie afdeling. Die tweede grootste afdeling, Afdeling D: Meting, is die afdeling wat leerders die moeilikste slaag. Slegs 74.5% van die leerders slaag dié afdeling. Die slaagsyfer vir Meting is baie laer as die gemiddelde slaagsyfer van 91% vir al vyf die afdelings.

1. Slaagsyfer per afdeling

Afdeling C: Ruimte en Vorm is die afdeling waar leerders die beste presteer, met ’n gemiddeld van 82.6%. Die swakste gemiddelde persentasie in ’n afdeling is 55.4% vir Afdeling D: Meting. Die data toon duidelik dat Afdeling A: Getalle, Bewer- kings en Verwantskappe en Afdeling D: Meting die twee kommerpunte in die Graad 4-groep is. Aangesien Afdeling A: Getalle, Bewerkings en Verwantskappe die grootste gewig in die Graad 4-Wiskunde-sillabus dra, is die data kommerwekkend.

2. Gemiddelde persentasie per afdeling

’n Totaal van 1 756 leerders het die vraestel in Afrikaans afgelê en 494 het dit in Engels geskryf. Leerders wat die vraestel in Afrikaans beantwoord, presteer 8.1% beter as hul eweknieë wat die vraestel in Engels beantwoord. Slegs 8% van die leer-ders (199) wat in Afrikaans geskryf het, druip die vraestel.

3. Die slaagsyfer van Afrikaanse leerders teenoor Engelse leerders

100

90

80

70

60

50

40

30

20

10

0

SLAA

GSYF

ER E

N G

EMID

DELD

BEH

AAL

SLAAGSYFER EN GEMIDDELD PER AFDELING

Getalle, Bewerkingsen Verwantskappe

Patrone, Funksiesen Algebra

Ruimte en Vorm Meting Datahantering

AFDELING

GRAFIEK 3: Die slaagsyfer en gemiddeld per afdeling – Graad 4.

66.6% 8.1%91%

91% van die Graad 4-leerders slaag die vraestel.

Die groep van 2 250 leerders behaal ’n

gemiddeld van 66.6%

Die leerders vaar die swakste in

Afdeling D: Meting.

VYF VINNIGE SYFERS

55.4% 37%

37% van die leerders behaal

tussen 80% en 100%.

Afrikaanse leerders presteer 8.1% beter

as Engelse eweknieë.

Slaagsyfer GemiddeldV

er e n i g i n g v i r A

f r i ka

an

se

Wis

ku

n

de-onderwyse

rs

62.5% 78.2% 82.6% 55.4% 68.8%

83.5%

93.2% 98.4%

74.5% 83.6%

B L A D S Y 8

AFDELING SLAAG %PER AFDELING

GEMIDDELDE % PER AFDELING

GEWIG % PERAFDELING

Getalle, Bewerkings en Verwantskappe 88.5% 68.3% 50%

Patrone, Funksies en Algebra 76.0% 55.0% 10%

Ruimte en Vorm 94.9% 68.9% 14%

Meting 59.4% 47.9% 16%

Datahantering 80.6% 57.2% 10%

In 2019 skryf 2 434 Graad 5-leerders die vraestel, teenoor 2 317 leerders in 2018. Daar is ’n drastiese styging in die 2019-slaagpersentasie van die Graad 5-leer-ders. In 2019 styg die gemiddelde persentasie met 12.4% vanaf 50.8% in 2018

tot 63.2%. Die styging kan moontlik gedeeltelik toegeskryf word aan die feit dat die 2019-vraestel se standaard meer normaal verdeel was as in 2018. Altesaam 87% van die Graad 5-leerders slaag Wiskunde in vergelyking met 91% leerders wat die vraestel in Graad 4 slaag. 27% van die leerders behaal tussen 80% en 100%. Die vraestel bestaan uit 17 vrae met ’n totaal van 70 punte, wat die leerders binne 90 minute moes voltooi.

GRAFIEK 4: Die persentasie Graad 5-leerders wat slaag teenoor dié wat druip.

SLAAGPERSENTASIE

Slaag Druip

700

600

500

400

300

200

100

0

GETA

L LE

ERDE

RS

GETAL LEERDERS EN PERSENTASIE BEHAAL

0-29% 30-39% 40-49% 50-59% 60-69% 70-79% 80-100%

PERSENTASIE BEHAAL

GRAFIEK 5: Die verspreiding van Graad 5-leerders se simbole.

Resultate per afdeling

TABEL 2: Die slaagpersentasie, gemiddeld en gewig per afdeling – Graad 5.

uitslaeGRAAD 5

199

286

421

417

457

535

119

13%

87%

B L A D S Y 9

Die slaagpersentasie vir die Graad 5-groep bly relatief hoog met 87% van die leerders wat die eksamen slaag. Daar is egter ’n duidelike afname in die persentasie leerders wat Afdeling D: Meting (59.4%) en Afdeling B: Patrone, Funksies en Algebra (76.0%) slaag.

1. Slaagsyfer per afdeling

Soos met die Graad 4-vraestel vaar leerders die swakste in Afdeling D: Meting (47.9%). Afdeling A: Getalle, Bewerkings en Verwantskappe is ook in die Graad 5-vraestel die afdeling wat die swaarste weeg, met ’n gemiddeld van 68.3% wat die Graad 5-groep hierin behaal. Dit is ook die enigste afdeling wat nie ’n daling van Graad 4 af getoon het nie. Daar is ’n gemid-delde daling in prestasie van 10% van Graad 4 tot Graad 5. Daar is ’n duidelike afname (23.3%) in die gemiddeld wat leerders vir Afdeling B: Patrone, Funksie en Algebra behaal.

2. Gemiddelde persentasie per afdeling

2 201 leerders het die vraestel in Afrikaans afgelê teenoor 233 wat in Engels geskryf het. In Graad 5 is die gaping tussen leerders wat in Afrikaans of Engels skryf kleiner as in die ander grade. Die Afrikaanse leerders behaal ’n gemiddeld van 63.2% en Engelse leerders behaal 58.9%.

3. Die slaagsyfer van Afrikaanse leerders teenoor Engelse leerders

100

90

80

70

60

50

40

30

20

10

0

SLAA

GSYF

ER E

N G

EMID

DELD

BEH

AAL

SLAAGSYFER EN GEMIDDELD PER AFDELING

Getalle, Bewerkingsen Verwantskappe

Patrone, Funksiesen Algebra

Ruimte en Vorm Meting Datahantering

AFDELING

GRAFIEK 6: Die slaagsyfer en gemiddeld per afdeling – Graad 5.

63.2% 4.3%87%

87% van die Graad 5-leerders slaag die vraestel.

Die groep van 2 434 leerders behaal ’n

gemiddeld van 63.2%

Die Graad 5’s vaar ook die swakste in Afdeling D: Meting.

VYF VINNIGE SYFERS

47.9% 27%

27% van die leerders behaal

tussen 80% en 100%.

Afrikaanse leerders presteer 4.3% beter

as Engelse eweknieë.

Slaagsyfer GemiddeldV

er e n i g i n g v i r A

f r i ka

an

se

Wis

ku

n

de-onderwyse

rs

68.3% 55.0% 68.9% 47.9% 57.2%

88.5% 76.0%

94.9%

59.4% 80.6%

B L A D S Y 10

AFDELING SLAAG % PER AFDELING

GEMIDDELDE %PER AFDELING

GEWIG % PERAFDELING

Getalle, Bewerkings en Verwantskappe 83.0% 61.6% 50%

Patrone, Funksies en Algebra 60.3% 52.5% 10%

Ruimte en Vorm 94.7% 69.2% 15%

Meting 53.1% 41.4% 15%

Datahantering 77.2% 62.1% 10%

Vanjaar was die eerste jaar wat die Graad 6-leerders toegang gehad het tot die Gestandaardiseerde Eksamen. Die gemiddeld vir die vraestel is 58.8%. Die vraestel het bestaan uit 16 vrae met ’n totaal van 80 punte, wat leerders

binne 90 minute moes voltooi. Altesaam 1 832 leerders het die Graad 6-vraestel geskryf. Meetkunde bly ’n uitdaging en die Graad 6-leerders het soos die Graad 4- en Graad 5-leerders die swakste in dié afdeling gevaar. Die gemiddeld wat die Graad 6-leerders in dié afdeling behaal het, was 41.4%. Altesaam 15.8% van die Graad 6-leerders behaal tussen 80% en 100%, terwyl 18% minder as die slaag-vereiste van 40% behaal.

GRAFIEK 7: Die persentasie Graad 6-leerders wat slaag teenoor dié wat druip.

SLAAGPERSENTASIE

Slaag Druip

400

350

300

250

200

150

100

0

GETA

L LE

ERDE

RS

GETAL LEERDERS EN PERSENTASIE BEHAAL

0-29% 30-39% 40-49% 50-59% 60-69% 70-79% 80-100%

PERSENTASIE BEHAAL

GRAFIEK 8: Die verspreiding van Graad 6-leerders se simbole.

Resultate per afdeling

TABEL 3: Die slaagpersentasie, gemiddeld en gewig per afdeling – Graad 6.

uitslaeGRAAD 6

195

261

325

356

272

290

133

18%

82%

B L A D S Y 11

Soos met Graad 4 en 5, bly die Meetkunde in Afdeling D: Meting ’n uitdaging. Hierdie afdeling het die swakste resultate be-haal, met 41.4% van Graad 6-leerders wat die afdeling slaag. Afdeling C: Ruimte en Vorm is weer die afdeling wat die meer-derheid van die leerders (94.7%) slaag. Afdeling B: Patrone, Funksies en Algebra daal egter aansienlik vanaf die slaagpersen-tasie van Graad 5 – slegs 60.3% slaag dié afdeling, in teenstelling met die 76% wat dié afdeling in Graad 5 slaag.

1. Slaagsyfer per afdeling

Leerders se gemiddelde in die onderskeie afdelings volg dieselfde patroon as die slaagpersentasie van die afdelings. Afdeling A, B en D daal, terwyl leerders in Graad 6 beter vaar in Afdeling C en D as in Graad 5.

2. Gemiddelde persentasie per afdeling

Dit is opvallend dat leerders wat die vraestel in Afrikaans voltooi het 9.3% beter as hul Engelse eweknieë presteer. Die slaag- syfer van die leerders wat die Afrikaanse vraestel geskryf het, is 60.1% in vergelyking met die Engelse vraestel waar leerders slegs 50.8% behaal het. Daar het 1 575 leerders die vraestel in Afrikaans afgelê teenoor 257 wat in Engels geskryf het.

3. Die slaagsyfer van Afrikaanse leerders teenoor Engelse leerders

100

90

80

70

60

50

40

30

20

10

0

SLAA

GSYF

ER E

N G

EMID

DELD

BEH

AAL

SLAAGSYFER EN GEMIDDELD PER AFDELING

Getalle, Bewerkingsen Verwantskappe

Patrone, Funksiesen Algebra

Ruimte en Vorm Meting Datahantering

AFDELING

GRAFIEK 9: Die slaagsyfer en gemiddeld per afdeling – Graad 6.

Slaagsyfer Gemiddeld

58.8% 9.3%82%

82% van die Graad 6-leerders slaag die vraestel.

Die groep van 1 832 leerders behaal ’n

gemiddeld van 58.8%

Die leerders vaar die swakste in

Afdeling D: Meting.

VYF VINNIGE SYFERS

41.4% 15.8%

15.8% van die leerders behaal

tussen 80% en 100%.

Afrikaanse leerders presteer 9.3% beter

as Engelse eweknieë.

Ve

r e n i g i n g v i r Af r i k

aa

ns

e W

isk

un

de-onderwyse

rs

83.0% 60.3%

94.7%

53.1% 77.2%

61.6% 52.5% 69.2% 41.4% 62.1%

B L A D S Y 12

Die Graad 7’s skryf twee vraestelle wat bestaan uit Vraestel 1 wat Afdelings A en B dek, en Vraestel 2 wat Afdelings C, D en E dek. Vraestel 1 bestaan uit 8 vrae met ’n totaal van 75 punte wat leerders binne een en ’n halwe uur moes

voltooi. Vraestel 2 bestaan uit 8 vrae met ’n totaal van 75 punte wat leerders binne 90 minute moes voltooi.

Altesaam 2 227 Graad 7-leerders het deelgeneem aan die Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamen. Die gemiddelde persentasie wat die Graad 7-leerders behaal, is 59.7% vir Vraestel 1 en 59.9% vir Vraestel 2. Die gemiddeld van die 1 750 leerders wat in 2018 deelgeneem het, was aansienlik laer op 49.6%.

Die groepgemiddeld van die Graad 7-eksamen is bykans 10% beter as die groep-gemiddeld van 2018. Uitvalle by Afdeling D is selfs groter in die Graad 7-groep. Dié afdeling word graad ná graad al hoe swakker beantwoord.

Vanaf Graad 7 is daar ’n drastiese daling in die leerders se punte. Een moontlike ver-duideliking hiervoor is dat dit die eerste jaar is wat daar geen herhaling van onderwer-pe is nie. In Graad 4 tot 6 word afdelings ’n paar keer in die jaar weer behandel en kry leerders kans om leemtes wat ontstaan het, weer in te haal. In Graad 7 is die kurriku-lum baie voller en is daar nie tyd vir die herhaling van onderwerpe nie.

Graad 7 is ook die eerste graad in die nuwe fase en bied baie meer uitdagings vir die leerders. Die grootste groep van die Graad 7-leerders (23%) behaal ’n onderskeiding vir Vraestel 1 en 21% behaal ’n onderskeiding vir Vraestel 2. Slegs 20% (Vraestel 1) en 17% (Vraestel 2) van die leerders behaal minder as die 40% wat nodig is om Wiskunde te slaag.

GRAFIEK 11: Die persentasie Graad 7- leerders wat slaag teenoor dié wat druip – Vraestel 2.

SLAAGPERSENTASIE

Slaag Druip

700

600

500

400

300

200

100

0

GETA

L LE

ERDE

RS

GETAL LEERDERS EN PERSENTASIE BEHAAL

0-29% 30-39% 40-49% 50-59% 60-69% 70-79% 80-100%

PERSENTASIE BEHAAL

GRAFIEK 12: Die verspreiding van Graad 7-leerders se simbole – Vraestel 1 en Vraestel 2.

SLAAGPERSENTASIE

Slaag Druip

GRAFIEK 10: Die persentasie Graad 7- leerders wat slaag teenoor dié wat druip – Vraestel 1.

Vraestel 1 Vraestel 2

uitslaeGRAAD 7

150

236

209

232

359

383

283

341

320

361

296

298

464

522

20%

80%

17%

83%

B L A D S Y 13

AFDELING SLAAG %PER AFDELING

GEMIDDELDE % PER AFDELING

GEWIG % PERAFDELING

Getalle, Bewerkings en Verwantskappe 77.7% 58.7% 29%

Patrone, Funksies en Algebra 81.1% 61.1% 21%

Ruimte en Vorm 91.7% 69.2% 27%

Meting 54.5% 45.2% 13%

Datahantering 67.5% 53.8% 9%

Resultate per afdeling

Daar is ’n drastiese styging (19.8%) in die getal wat Afdeling B: Patrone, Funksies en Algebra slaag in vergelyking met Graad 6.

1. Slaagsyfer per afdeling

In Graad 7 is daar vir die eerste keer ’n styging (3.8%) in die gemiddeld wat leerders vir Afdeling D: Meting behaal. Daar is ook ’n styging (8.6%) in Afdeling B: Patrone, Funksies en Algebra. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat die sillabus verdeel en in twee vraestelle geskryf word. Afdeling A en Afdeling D word in Graad 7 geskei. Leerders het dus meer tyd om voor te berei.

2. Gemiddelde persentasie per afdeling

In Graad 7 is die verskil in prestasie van leerders wat in Afrikaans skryf en dié wat in Engels skryf, minder opmerklik. 2 026 leerders het die vraestel in Afrikaans afgelê teenoor 201 wat in Engels geskryf het. Die gemiddeld vir Afrikaanse leerders is 59.8% (Vraestel 1) en 59.5% (Vraestel 2). Daarenteen behaal dié wat in Engels geskryf het, 57.8% (Vraestel 1) en 58.2% (Vraestel 2).

3. Die slaagsyfer van Afrikaanse leerders teenoor Engelse leerders

TABEL 4: Die slaagpersentasie, gemiddeld en gewig per afdeling – Graad 7.

100

90

80

70

60

50

40

30

20

10

0

SLAA

GSYF

ER E

N G

EMID

DELD

BEH

AAL

SLAAGSYFER EN GEMIDDELD PER AFDELING

Getalle, Bewerkingsen Verwantskappe

Patrone, Funksiesen Algebra

Ruimte en Vorm Meting Datahantering

AFDELING

GRAFIEK 13: Die slaagsyfer en gemiddeld per afdeling – Graad 7.

Slaagsyfer Gemiddeld

Ve

r e n i g i n g v i r Af r i k

aa

ns

e W

isk

un

de-onderwyse

rs

58.7% 61.1% 69.2% 45.2% 53.8%

77.7% 81.1%

91.7%

54.5% 67.5%

B L A D S Y 14

Soos in Graad 7, bestaan die Graad 8-eksamen uit Vraestel 1 wat Afdelings A en B dek, en Vraestel 2 wat Afdelings C tot E dek. Vraestel 1 bestaan uit 8 vrae met ’n totaal van 75 punte, wat leerders binne 90 minute moes voltooi.

Vraestel 2 bestaan uit 10 vrae met ’n totaal van 75 punte, wat leerders ook binne 90 minute moes voltooi.

Die VAW se Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamen is in 2019 vir die eerste keer in hoërskole geskryf. Die Graad 8’s was die grootste groep wat aan die eksamen deelgeneem het, met 4 537 leerders. Die groep se gemiddeld is 49.7% (Vraestel 1) en 48% (Vraestel 2). Meer as ’n derde (35%) van die groep druip die eksamen. Slegs 10% (Vraestel 1) en 12% (Vraestel 2) van die Graad 8-leerders behaal ’n punt van meer as 80% in die eksamen.

Die gemiddelde slaagpersentasie per afdeling is 61.7% met Afdeling D: Meting op 43.6%, net bokant die minimumvereiste om Wiskunde op Graad 8-vlak te slaag. Wat kommerwekkend is, is dat daar ’n 10%-daling in al die afdelings se slaagpersentasie is, met ’n gemiddelde daling van meer as 13% as dit met Graad 7 vergelyk word.

GRAFIEK 15: Die persentasie Graad 8- leerders wat slaag teenoor dié wat druip – Vraestel 2.

SLAAGPERSENTASIE

Slaag Druip

1400

1200

1000

800

600

400

200

0

GETA

L LE

ERDE

RS

GETAL LEERDERS EN PERSENTASIE BEHAAL

0-29% 30-39% 40-49% 50-59% 60-69% 70-79% 80-100%

PERSENTASIE BEHAAL

GRAFIEK 16: Die verspreiding van Graad 8-leerders se simbole – Vraestel 1 en Vraestel 2.

SLAAGPERSENTASIE

Slaag Druip

GRAFIEK 14: Die persentasie Graad 8- leerders wat slaag teenoor dié wat druip – Vraestel 1.

Vraestel 1 Vraestel 2

uitslaeGRAAD 8

35%60%

60% van die Graad 8-leerders slaag Vraestel 2.

35% van die 4 537 Graad 8’s druip die eksamen.

Slegs 10% behaal meer as 80% in

Vraestel 1.

10%

840

1189

646

703

703

869

499

698

562

586

381

387

454

557

34%

66%

40%

60%

B L A D S Y 15

AFDELING SLAAG %PER AFDELING

GEMIDDELDE % PER AFDELING

GEWIG % PERAFDELING

Getalle, Bewerkings en Verwantskappe 66.4% 49.5% 37%

Patrone, Funksies en Algebra 66.2% 50.3% 13%

Ruimte en Vorm 67.1% 51.6% 25%

Meting 43.6% 38.9% 14%

Datahantering 65.0% 51.4% 11%

Resultate per afdeling

Die gemiddelde slaagpersentasie is 61.7% met Afdeling D: Meting weer eens die laagste afdeling op 43.6%.

1. Slaagsyfer per afdeling

Die gemiddelde persentasie wat die Graad 8-groep vir Afdeling D: Meting behaal, is 38.9%. Dit beteken dat die Graad 8-groep se gemiddeld ’n druippunt is. Ook hier toon die persentasie per afdeling ’n gemiddelde daling van bykans 10%. Die daling kan moontlik toegeskryf word aan leemtes wat ontwikkel het op laerskoolvlak en ook omdat die kurrikulum aansienlik voller is.

2. Gemiddelde persentasie per afdeling

4 033 leerders het die vraestel in Afrikaans afgelê, teenoor 504 wat in Engels geskryf het. Die slaagsyfer van leerders wat die vraestel in Afrikaans beantwoord het, is weer hoër as hul Engelse eweknieë. Die gemiddeld vir Afrikaanse leerders is 50.8% (Vraestel 1) en 49.5% (Vraestel 2), terwyl die Engelse leerders se gemiddeld onderskeidelik 40.7% (Vraestel 1) en 34.8% (Vraestel 2) is.

3. Die slaagsyfer van Afrikaanse leerders teenoor Engelse leerders

TABEL 5: Die slaagpersentasie, gemiddeld en gewig per afdeling – Graad 8.

100

90

80

70

60

50

40

30

20

10

0

SLAA

GSYF

ER E

N G

EMID

DELD

BEH

AAL

SLAAGSYFER EN GEMIDDELD PER AFDELING

Getalle, Bewerkingsen Verwantskappe

Patrone, Funksiesen Algebra

Ruimte en Vorm Meting Datahantering

AFDELING

GRAFIEK 17: Die slaagsyfer en gemiddeld per afdeling – Graad 8.

Slaagsyfer Gemiddeld

Ve

r e n i g i n g v i r Af r i k

aa

ns

e W

isk

un

de-onderwyse

rs

66.4% 66.2% 67.1% 43.6% 65.0%

49.5% 50.3% 51.6% 38.9% 51.4%

B L A D S Y 16

Die Graad 9-eksamen het uit twee vraestelle bestaan met Vraestel 1 wat Afde- lings A en B dek, en Vraestel 2 wat Afdelings C tot E dek. Vraestel 1 bestaan uit 6 vrae met ’n totaal van 75 punte, wat leerders binne een en ’n halwe uur

moes voltooi. Vraestel 2 bestaan uit 7 vrae met ’n totaal van 75 punte, wat die leer-ders binne 90 minute moes voltooi.

Dit is die eerste keer dat die Graad 9-groep ingesluit is in die VAW se Gestan- daardiseerde Wiskunde-eksamen en 3 222 leerders het deelgeneem. Die groep het ’n gemiddeld van 44.4% (Vraestel 1) en 48.2% (Vraestel 2) behaal.

Dit is kommerwekkend dat byna die helfte van die Graad 9-groep (47% vir Vraestel 1 en 41% vir Vraestel 2) minder as 40% behaal en dus die eksamen druip. Onder-skeidings word deur slegs 11% (Vraestel 1) en 14% (Vraestel 2) van die Graad 9- leerders behaal. Leerders het albei vraestelle moeilik gevind, aangesien alle afdelings swak beantwoord is. Die Graad 9-groep het as geheel die swakste in die Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamen gevaar.

Die invloed van taal het deurlopend ’n beduidende invloed op die prestasie van die leerders. In Graad 9 is die gemiddeld vir leerders wat die vraestelle in Engels afgelê het, ’n druippunt, terwyl dié wat in Afrikaans geskryf het, albei vraestelle slaag.

GRAFIEK 19: Die persentasie Graad 9- leerders wat slaag teenoor dié wat druip – Vraestel 2.

SLAAGPERSENTASIE

Slaag Druip

1400

1200

1000

800

600

400

200

0

GETA

L LE

ERDE

RS

GETAL LEERDERS EN PERSENTASIE BEHAAL

0-29% 30-39% 40-49% 50-59% 60-69% 70-79% 80-100%

PERSENTASIE BEHAAL

GRAFIEK 20: Die verspreiding van Graad 9-leerders se simbole – Vraestel 1 en Vraestel 2.

SLAAGPERSENTASIE

Slaag Druip

GRAFIEK 18: Die persentasie Graad 9- leerders wat slaag teenoor dié wat druip – Vraestel 1.

Vraestel 1 Vraestel 2

uitslaeGRAAD 9

Dit is kommerwekkend dat byna die helfte van die Graad 9-groep minder as 40% behaal en dus die ek-samen druip. Engelse leerders se gemiddeld is ‘n druip-punt, terwyl Afrikaanse leerders albei vraestelle slaag.

864

1085

438

448

429

472

324

353

349

362

257

279

340

444

41%

59%

47%

53%

B L A D S Y 17

AFDELING SLAAG %PER AFDELING

GEMIDDELDE % PER AFDELING

GEWIG % PERAFDELING

Getalle, Bewerkings en Verwantskappe 54.7% 45.5% 16%

Patrone, Funksies en Algebra 51.2% 44.0% 34%

Ruimte en Vorm 56.3% 47.5% 29%

Meting 50.8% 44.6% 12%

Datahantering 72.9% 56.0% 9%

Resultate per afdeling

Daar is wel ’n styging in die slaagpersentasie van Afdeling D: Meting en Afdeling E: Datahantering, maar die res van die afde- lings het ’n daling van meer as 10% getoon teenoor die Graad 8-uitslae.

1. Slaagsyfer per afdeling

Die gemiddelde prestasie van die Graad 9-leerders toon dieselfde patroon as die slaagpersentasie, hoewel die daling in vergelyking met die Graad 8-leerders se prestasie minder prominent is.

2. Gemiddelde persentasie per afdeling

Vir die Afrikaanse vraestelle is die gemiddelde prestasie 45.2% (Vraestel 1) en 50.4% (Vraestel 2), terwyl dié wat in Engels geskryf het, 34.5% (Vraestel 1) en 32.4% (Vraestel 2) behaal het – dus ’n druippunt vir albei vraestelle. Daar het 2 984 leer-ders die vraestel in Afrikaans afgelê teenoor 238 leerders wat in Engels geskryf het.

3. Die slaagsyfer van Afrikaanse leerders teenoor Engelse leerders

TABEL 6: Die slaagpersentasie, gemiddeld en gewig per afdeling – Graad 9.

100

90

80

70

60

50

40

30

20

10

0

SLAA

GSYF

ER E

N G

EMID

DELD

BEH

AAL

SLAAGSYFER EN GEMIDDELD PER AFDELING

Getalle, Bewerkingsen Verwantskappe

Patrone, Funksiesen Algebra

Ruimte en Vorm Meting Datahantering

AFDELING

GRAFIEK 21: Die slaagsyfer en gemiddeld per afdeling – Graad 9.

Slaagsyfer Gemiddeld

Ve

r e n i g i n g v i r Af r i k

aa

ns

e W

isk

un

de-onderwyse

rs

45.5% 44.0% 47.5% 44.6% 56.0%

54.7% 51.2% 56.3% 50.8% 72.9%

B L A D S Y 18

SamevattingPersentasie van leerders volgens provinsie

80

70

60

50

40

30

20

10

0

PERS

ENTA

SIE

GEMIDDELDE PERSENTASIE PER PROVINSIE

KwaZulu-Natal

PROVINSIE

GRAFIEK 22: Die gemiddelde persentasie per provinsie.

Limpopo Mpuma-langa

Gauteng Noord-Kaap

Noordwes Oos-Kaap

Vrystaat Wes-Kaap

Namibië

Die verspreiding van skole maak dit problematies om afleidings te maak oor die provinsies se afsonderlike prestasies. Die grootste getal deelnemende skole was in Gauteng geleë, gevolg deur die Wes-Kaap. Die punte wissel tussen die Oos-Kaap waar leerders ’n gemiddeld van 40.8% behaal het, tot Limpopo (63.1%) en Noordwes (67.2%). Hierdie

twee provinsies se syfers is egter abnormaal hoog vanweë die klein aantal skole wat aan die eksamen deelgeneem het. Daar het egter ook skole van Namibië deelgeneem. Hoewel skole hier ’n ander kurrikulum volg, het hulle steeds ’n gemiddelde persentasie van 63.5% behaal.

Deurvloei van leerders

Die slaagpersentasie en gemiddelde prestasie van leerders wat die Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamen aflê, daal jaar-op-jaar met ongeveer 5%. Leerders begin in Graad 4 met ’n slaagpersentasie van 91%. Teen die tyd dat leerders die Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamen in Graad 9 aflê, daal die slaagpersentasie tot 60%. Die groepgemiddeld

daal vanaf 66% in Graad 4 tot 44% in Graad 9.

63.5% 12.4%67.2%

Skole in Noordwes het die hoogste gemid-

deld behaal.

Skole in Namibië behaal ‘n gemiddeld

van 63.5%

Die daling in die slaagsyfer van

Graad 4 tot Graad 9.

VYF VINNIGE SYFERS

31% 22%

Die daling in die groepgemiddeld van Graad 4 tot Graad 9.

Die verbetering in Graad 5-gemiddeld van 2018 tot 2019.

57.9

%

41.6

%

63.1

%

50.6

%

51.0

%

67.2

%

40.8

%

54.0

%

53.6

%

63.5

%

B L A D S Y 19

100

90

80

70

60

50

40

30

20

10

0

PERS

ENTA

SIE

DEURVLOEI VAN LEERDERS

Graad 4

GRAAD EN VRAESTEL

GRAFIEK 23: Die Wiskunde-deurvloeisyfer van Graad 4 tot Graad 9.

Graad 5 Graad 6 Graad 7Vraestel 1

Graad 7Vraestel 2

Graad 8Vraestel 1

Graad 8Vraestel 2

Graad 9Vraestel 1

Graad 9Vraestel 2

Jaar-op-jaar vergelyking

In 2018 was die Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamen slegs gefokus op Graad 4, 5, 7 en 8. In 2019 is die eksamen uit-gebrei om alle grade vanaf Graad 4 tot 9 te akkommodeer. Hoewel daar dus sekere inligting ontbreek, is daar ’n duidelike verbetering in die gemiddelde persentasie wat leerders behaal.

80

70

60

50

40

30

20

10

0

GETA

L LE

ERDE

RS

GEMIDDELDE PERSENTASIE BEHAAL IN 2019 TEENOOR 2018

GRAFIEK 24: Die gemiddelde persentasie behaal in 2019 teenoor 2018.

2018 2019

Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7Vraestel 1

Graad 7Vraestel 2

Graad 8Vraestel 1

Graad 8Vraestel 2

Graad 9Vraestel 1

Graad 9Vraestel 2

GRAAD EN VRAESTEL

Slaagpersentasie Gemiddeld

Ve

r e n i g i n g v i r Af r i k

aa

ns

e W

isk

un

de-onderwyse

rs

62.5

%

50.8

%

49.6

%

48.0

%

66.6

%

63.2

%

58.8

%

59.8

%

59.5

%

49.7

%

48.0

%

44.4

%

48.2

%

66.6% 63.2% 58.8% 59.8% 59.5% 49.7% 48.0% 44.4% 48.2%

91.0% 87.0% 82.0% 80.0% 83.0% 66.0% 60.0% 53.0% 59.0%

B L A D S Y 20

Die invloed van moedertaalonderrig

Leerders wat die Gestandaardiseerde Wiskunde-vraestel in Afrikaans aflê, word tradisioneel gesien as voorbeelde van leerders wat moedertaalonderrig ontvang. Dit is ’n bewese feit dat leerders wat in hul moedertaal onderrig word, beter presteer as leerders wat in ’n tweede of derde taal onderrig word. Konsepte wat in ’n kind se moedertaal vasgelê is,

kan makliker in enige ander taal baasgeraak word. Die uitslae van die Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamen bevestig dit. In Graad 8 is daar vir albei groepe ’n daling in hulle gemiddelde punte, maar die daling van Afrikaanse leerders se punte is meer gelykmatig en gebalanseerd as dié van die Engelse leerders.

In skole waar parallelmediumonderrig aangebied word, is dit opvallend dat leerders selfs swakker gevaar het in die ek-samen as leerders in enkelmedium- Engelse skole. Onderwysers in die parallelmedium- en dubbelmediumskole, was in meeste van die gevalle Afrikaanse onderwysers wat ook in hul tweede of derde taal onderrig moes gee.

80

70

60

50

40

30

20

10

0

PERS

ENTA

SIE

ENKELMEDIUMSKOLE TEENOOR DUBBEL- EN PARALLELMEDIUM

Graad 4

GRAAD EN VRAESTEL

GRAFIEK 26: Die gemiddeld vir leerders wat in enkelmediumskole is teenoor dubbel- en parallelmedium.

Graad 5 Graad 6 Graad 7Vraestel 1

Graad 7Vraestel 2

Graad 8Vraestel 1

Graad 8Vraestel 2

Graad 9Vraestel 1

Graad 9Vraestel 2

80

70

60

50

40

30

20

10

0

PERS

ENTA

SIE

AFRIKAANSE TEENOOR ENGELSE LEERDERS

Graad 4

GRAAD

GRAFIEK 25: Die gemiddeld vir leerders wat in Afrikaans skryf teenoor Engels – Graad 4 tot 9.

Graad 5 Graad 6 Graad 7 Graad 8 Graad 9

Afrikaans Engels

Enkelmedium Dubbel- en parallelmedium

68.4% 63.2% 60.1% 59.7% 49.5% 50.4%

60.3% 58.9% 50.8% 58.0% 34.8% 32.4%

69.3% 63.2% 60.9% 59.9% 59.6% 52.2% 48.1% 45.8% 49.4%

62.0% 60.5% 51.8% 58.5% 58.6% 39.0% 47.7% 34.4% 37.1%

B L A D S Y 21

Kry jou eie onnie by die huis!

Wil jy jou FISIESE WETENSKAPPE-

of WISKUNDE-PUNTE verbeter?

Besoek www.wolkskool.co.za

en spring 2020 in eerste rat weg!

skole.co.za

B L A D S Y 22

Gevolgtrekkingswiskunde-eksamen in ‘n neutedop

1. Moedertaalonderrig dra by tot die bemeestering van Wiskunde. Daar moet doelgerig gepoog word om

leerders in hul moedertaal te onderrig en om Wiskunde-onderwysers op te lei wat in hul moedertaal onderrig kan gee.

2. ’n Oorvol kurrikulum lei tot vlak werk ten koste van die vaslegging van diep konseptuele begrip. Om die kurrikulum te voltooi, behandel onderwysers onderwer-pe oppervlakkig, wat dan lei tot ’n gebrek in steierwerk.

3. Meetkunde is deurgaans die afdeling waarin leerders die swakste presteer. Die gebrek aan meetkundige insig en ruimtelike oriëntasie van die leerders is waarskynlik die oorsaak van ’n gebrek aan konkrete spel met 2D en 3D in vroeë kinderontwikkeling.

Die uitslae van die Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamen wys dat daar Afrikaanse skole en onderwysers is wat puik werk doen en wie se leerders uitstekend vaar. Waar leerders swakker uitslae behaal het in die Gestan- daardiseerde Wiskunde-eksamen as normaal, kan dit gedeeltelik toegeskryf word aan leerders wat vertroud geraak het met hul eie onderwysers se styl van asses-sering. ’n Vraestel wat deur ʼn buitestander opgestel is, kan dus as vreemd ervaar word. Dit kan ook daarop dui dat daar leemtes is in die metodes waarop sekere afdelings van die kurrikulum onderrig en ingeoefen word.

Dit was opvallend dat leerders op ’n vroeë ouderdom reeds sukkel met 2D-vorms en begrippe soos lengte, massa en kapasiteit wat onder Afdeling D: Meting val. Daarom fokus die VAW vanjaar in die besonder op hierdie tema, ten einde Afrikaanse onderwysers dieper insig oor Meting te bied.

Afrikaanse leerders sal die beste kans hê om te presteer in hierdie afdelings, waar hul onderwysers ’n diep begrip het van die onderwerp, asook van onderrigmetodes wat tydens elke fase benut kan word om die konsepte vas te lê.

Ofskoon die VAW versigtig te werk gaan met veralge-menings tussen oorsaak en gevolg, is daar wel duidelike rooi ligte vir Wiskunde-onderrig by parallel- en dubbel-mediumskole.

Die meerderheid van die leerders by parallel- en dubbel-mediumskole wat die vraestel(le) in Engels geskryf het, presteer swakker as hul Afrikaanse eweknieë. In Graad 4 is die verskil in prestasie van Afrikaanse en Engelse leerders in dieselfde skool, weglaatbaar klein, maar die verskil in prestasie groei tot ’n kommerwekkende gaping van meer as 10% in Graad 9. Hierdie resultate strook met die bevindinge van UNESCO se Global Education Monitoring Report (2016) dat huistaal en onderrigtaal wat verskil, toetsuitslae nadelig beïnvloed.

Wiskunde is ’n unieke vak waarin nie alle leerders ewe goed kan vaar nie. Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) wil verseker dat elke kind sy volle vermoë verwesenlik en geen kind één punt minder kry as dít waartoe hy of sy in staat is nie. Daarom fokus die VAW vanjaar in die besonder op die ontwikkeling van onderwysers in drie probleemareas:

B L A D S Y 23

Die Departement van Basiese Onderwys (DBO)• Koester skole wat moedertaalonderrig ondersteun en

bou al die amptelike tale op akademiese vlak uit.• Fokus daarop om skole, waar moontlik, enkelmedium te

hou om daardeur die gehalte van onderrig te verbeter. • Desentraliseer alle vorme van deurlopende vakinhoud-

assessering sodat onderwysers ruimte het om die vermoëns van die leerders voor hulle in ag te neem wanneer hul onderrig en assesseer.

• Voorsien skole met fisieke hulpbronne en speelruimtes waar leerders perseptuele ruimte kan ontwikkel wat sal dien as ’n konkrete basis vir meetkundige denke.

Die skool• Veg, waar moontlik, vir die grondwetlike reg om moeder- taalonderrig te bied. Maak seker die beheerliggaam verstaan die nagevorsde realiteite van moedertaalonderrig.• Werk saam met departementshoofde om, per fase, die

kurrikulum te herverpak sodat dit opvoedkundig voor-delig vir dieper leergeleenthede is.

• Laerskole moet nie in die versoeking kom om die hoërskoolkurrikulum aan te bied nie. Al is die bedoeling suiwer, is dit tot die kind se nadeel.

• Onderwysers moet nie aan die hand van die uitkomste van assesserings gemeet word nie, maar eerder op die gehalte en diepte van hul onderrig.

• Aandag kan geskenk word aan spesiale Wiskunde-kampe in die begin van Graad 8 om die oorgang na die hoërskool se groot abstrakte Wiskunde te vergemaklik en ook om die fondasies te versterk vir Wiskunde op hoërskoolvlak.

Die onderwysers• Besef dat Wiskunde as ’n vakgebied ’n taal is wat natuurlike patrone omskryf en praat die taal met outoriteit. Maak ook seker dat die leerders die geleent-

heid gebied word om die taal baas te raak.• Besef dat dit beter is om die helfte van die werk 100%

onder die knie te kry as 100% van die werk halfpad. Beweeg weg van ’n silo-mentaliteit en werk saam met al die Wiskunde-departementslede om ’n groter doel te bereik. Werk eerder in die klas as om huiswerk te gee – daar is geen navorsing wat huiswerk as doeltreffend bevestig nie. Doen dus minder, maar poog om dit met diepte te behandel.

• Moenie die opvoedkundige waarde van konkrete afde- lings soos die bou van nette en konstruksies onderskat nie. Bestee baie tyd aan konkrete werk, veral op ’n jonger ouderdom, sodat werk kan steier.

Die ouers• Plaas jou kind in ’n skool wat jou moedertaal as die

enkelmediumonderrigtaal in hul beleid vervat. Gebruik webtuistes soos Die Wolkskool om vaslegging

te ondersteun.• Ondersteun jou skool se Wiskunde-onderwysers se

opvoedkundige leiding.• Laat jou kinders fisies speel ná skool. Veral as hulle in

die laerskool is. Huiswerk moet nooit gesinstyd vervang nie.

Let daarop dat die verslag nie die terrein van die rol van die leerder betree nie.

Dit is nodig dat probleemareas in Wiskunde-onderrig wat in hierdie verslag uitgewys word, deur alle rolspelers aangepak word om dit suksesvol die hoof te bied: Dit sluit in die Departement van Basiese Onderwys, die skool, onderwysers en ouers.

Aanbevelingshoe gemaak vorentoe?

Ve

r e n i g i n g v i r Af r i k

aa

ns

e W

isk

un

de-onderwyse

rs

B L A D S Y 24

Vooruitsigte

Dit is ’n alombekende feit dat die Wiskunde-kurriku-lum oorvol is en onderwysers nie behoorlik tyd het om temas in diepte te behandel nie. Daarom moet

die VAW in samewerking met Wiskunde-onderwysers bepaalde afdelings identifiseer wat beklemtoon moet word, in ooreenstemming met dáárdie afdelings se belangrikheid vir die toekoms. Hiervoor moet onderwysers van verskillen-de grade ook deeglik met mekaar kommunikeer oor wat die verwagtings en vereistes vir die hoër grade is, sodat onderwysers in die laer grade leerders behoorlik hierop kan voorberei.

Dit is belangrik dat onderwysers tyd maak vir die teken van vorms en bou van modelle, ten einde die begrip van Wiskundige konsepte wat meetkundig van aard is, beter vas te lê. Onderwysers moet gereeld opleiding van goeie gehalte bywoon. Die VAW spits hom daarop toe om opleiding aan te bied wat spesifiek gefokus is om bogenoemde uitdagings aan te pak.

Die volgende Gestandaardiseerde Eksamen gaan weer

fokus op leerders vanaf Graad 4 tot 9. Die VAW sal weer ’n streng assesseringsraamwerk aan moderators en opstellers verskaf om te help verseker dat vraestelle nie te moeilik of te lank is nie. Alle vraestelle sal steeds in Engels en Afrikaans beskikbaar gestel word.

Die VAW stel sy meertalige eksamen beskikbaar aan die DBO indien hulle hul planne deurvoer om skole vanjaar te verplig om gestandaardiseerde eksamens af te lê. Die VAW is bereid om dit kosteloos in Afrikaans en Engels aan skole landwyd beskikbaar te stel.

Skole vanuit alle provinsies word aangemoedig om weer in 2020 deel te neem aan die Gestandaardiseerde Wiskunde-eksamen. Die VAW verwag dat daar vanjaar meer as 30 000 leerders aan die eksamen gaan deel-neem. Dit bied aan vakadviseurs, skoolhoofde, departe-mentshoofde en vakhoofde die geleentheid om hul skole te meet aan die hand van ’n uitnemende standaard soos voorgeskryf deur die KABV. Registrasies vir toegang tot die VAW se Gestandaardiseerde Eksamen open in Mei 2020.

Om te registreer vir vanjaar se Gestandaardiseerde Wiskunde-

eksamen, stuur ‘n e-pos na [email protected]

*

Ve

r e n i g i n g v i r Af r i k

aa

ns

e W

isk

un

de-onderwyse

rsNotas

“Wiskunde gee ons die HOOP dat elke probleem ‘n OPLOSSING het.”

B L A D S Y 26

SOS MAAK ONDERWYSERS SE LAS LIGTER

t. 012 612 0234 e. [email protected]  skole.co.za

Besoek www.onderwysers.co.za Lidmaatskap strek vanaf 1 Januarie tot 31 Desember

Die SOS spog met 10 vakverenigings. Dié verenigings bied ’n tuiste vir onderwysers, waardeur hulle professionele ondersteuning en persoonlike ontwikkelingsgeleenthede ontvang.

R239 per onderwyser per vak per jaar as jou skool aansluit.R409 per vak per jaar as ʼn onderwyser individueel aansluit.

Sluit aan by een van die SOS se vakverenigings en kry toegang tot verskeie voordele:

» Werkkaarte, toetse en vraestelle » Lesbeplanning » SACE (SARO)-geakkrediteerde opleiding » Jaarlikse SOS-kongresse teen afslagtariewe

Die vakverenigings waaruit jy kan kies, is:

LV Leierskapsvereniging - skoolhoofde, adjunkhoofde en departementshoofde

AGV Grondslagfase - Graad R tot 3

AHV EBW, Rekeningkunde, Besigheidstudies en Ekonomie

GeRAT Afrikaans Huistaal

VAW Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid en Tegniese Wiskunde

WETO Natuurwetenskappe, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe

TV IGO, Meganiese, Elektriese en Siviele Tegnologie

SW Sosiale Wetenskappe, Geskiedenis en Geografie

JAPIE Robotika en Kodering

AOV Algemene Onderwys Vakvereniging – algemene vereniging vir alle ander personeellede

VAKVERENIGINGS

NAVORSERSJohan Koekemoer – Hoof: Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers • [email protected]

Marlien van der Westhuizen • [email protected]

HOOF: ONTWIKKELINGMelanie Buys • [email protected]

HOOF: OPLEIDINGHugo Vermeulen • [email protected]

HOOF: INNOVASIEValentyn van der Merwe • [email protected]

SKAKELBEAMPTESarina Prinsloo • [email protected]

GRAFIESE ONTWERP & UITLEGAksent Media • [email protected]

Hoewel die grootste sorg geneem is om die akkuraatheid van die uitslae asook hierdie verslag te verseker, mag tegniese foute ingesluip het. Kontak ons gerus indien u ‘n tegniese fout vermoed.

SOS MAAK ONDERWYSERS SE LAS LIGTER

t. 012 612 0234 e. [email protected]  skole.co.za

Besoek www.onderwysers.co.za Lidmaatskap strek vanaf 1 Januarie tot 31 Desember

Die SOS spog met 10 vakverenigings. Dié verenigings bied ’n tuiste vir onderwysers, waardeur hulle professionele ondersteuning en persoonlike ontwikkelingsgeleenthede ontvang.

R239 per onderwyser per vak per jaar as jou skool aansluit.R409 per vak per jaar as ʼn onderwyser individueel aansluit.

Sluit aan by een van die SOS se vakverenigings en kry toegang tot verskeie voordele:

» Werkkaarte, toetse en vraestelle » Lesbeplanning » SACE (SARO)-geakkrediteerde opleiding » Jaarlikse SOS-kongresse teen afslagtariewe

Die vakverenigings waaruit jy kan kies, is:

LV Leierskapsvereniging - skoolhoofde, adjunkhoofde en departementshoofde

AGV Grondslagfase - Graad R tot 3

AHV EBW, Rekeningkunde, Besigheidstudies en Ekonomie

GeRAT Afrikaans Huistaal

VAW Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid en Tegniese Wiskunde

WETO Natuurwetenskappe, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe

TV IGO, Meganiese, Elektriese en Siviele Tegnologie

SW Sosiale Wetenskappe, Geskiedenis en Geografie

JAPIE Robotika en Kodering

AOV Algemene Onderwys Vakvereniging – algemene vereniging vir alle ander personeellede

VAKVERENIGINGS

V e r e n i g i n g v i rA f r i k a a n s e

W i s k u n d e - o n d e r w y s e r s

Te l : 0 1 2 6 1 2 0 2 3 4E - p o s : a d m i n @ s k o l e . c o . z a

s k o l e . c o . z a