22
1. INLEIDEND Die pasafgelope jaar het vele hoogtepunte opgelewer waaronder die matriekgroep van 2014 wat 'n 100% slaagsyfer behaal het en 'n hele paar sportspanne wat hul seisoene onoorwonne afgesluit het. Die Eistedfodd was beslis ook een van die hoogtepunte op kultuurgebied. Alhoewel die kwessie van die daling in getalle vir die meeste Afrikaans medium skole in die groter Durban area 'n uitdaging bly, is ons dankbaar oor die feit dat ons getalle sedert 2012 met 90 toegeneem het. Ons huidige leerdertal is 722 2. LEERDERTAL Die skool het tans 722 leerders, terwyl die leerdertal op die tiende skooldag 707 was. Hiervan is 419 primêre leerders en 303 sekondêre leerders. Die leerdertal van die onderskeie grade sien tans as volg daaruit: Seuns Dogters Totaal 1 34 32 66 2 32 27 59 3 34 27 61 4 41 25 66 5 23 28 51 6 22 31 53 7 29 34 63 8 24 30 54 9 26 44 70 10 21 40 61 11 36 30 66 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 Ons is opgewonde oor die feit dat ons hoof voedingskool, Kokkewiet Pre-primêr, ook beduidende groei toon. Die grootste uitdaging ten opsigte van groei in Afrikaanse skole se getalle, is die feit dat 'n toenemende aantal ouers besluit om hul kinders reeds op pre-primêre vlak in Engels medium skole te plaas. Hierdie leerders is dan in die meeste gevalle verlore vir Afrikaans medium skole. 3. PERSONEELAANGELEENTHEDE Ons is bevoorreg om toegewyde personeel te hê wat bereid is om die spreekwoordelike ekstra myl te loop in belang van ons kinders. Die feit dat ons tans oor 'n mengsel van ervare sowel as 'n goeie kwota jong personeel beskik, bring 'n gesonde dinamika na die personeel. Die tekort aan onderwyspersoneel bly 'n uitdaging en dra daartoe by dat die skool sy onderwyspersoneel ten alle koste moet probeer behou. Die tekort aan personeel oor die algemeen blyk uit die feit dat ons hierdie jaar 'n Geografie- sowel as Toerisme pos vir die senior grade in die nasionale nuusmedia adverteer het. Nie 'n enkele bruikbare aansoek is vir enige van hierdie poste ontvang nie Ons is tans geregtig op 22 departementele opvoederposte, 1 sekretaresse en 1 arbeider wat deur die staat vergoed word. Die voorgestelde aantal personeel wat in 2016 deur die beheerliggaam vergoed word sien as volg daaruit: Pos 2014 2015 Opvoeder 14 14 Administratief 3 3 GELOFTE SKOOL JAARVERSLAG: 2015 Leerders Graad

GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

1. INLEIDEND

Die pasafgelope jaar het vele hoogtepunte opgelewer waaronder die matriekgroep van 2014 wat 'n 100%

slaagsyfer behaal het en 'n hele paar sportspanne wat hul seisoene onoorwonne afgesluit het. Die Eistedfodd was

beslis ook een van die hoogtepunte op kultuurgebied. Alhoewel die kwessie van die daling in getalle vir die

meeste Afrikaans medium skole in die groter Durban area 'n uitdaging bly, is ons dankbaar oor die feit dat ons

getalle sedert 2012 met 90 toegeneem het. Ons huidige leerdertal is 722

2. LEERDERTAL

Die skool het tans 722 leerders, terwyl die leerdertal op die tiende skooldag 707 was.

Hiervan is 419 primêre leerders en 303 sekondêre leerders.

Die leerdertal van die onderskeie grade sien tans as volg daaruit:

Seuns Dogters Totaal

1 34 32 66

2 32 27 59

3 34 27 61

4 41 25 66

5 23 28 51

6 22 31 53

7 29 34 63

8 24 30 54

9 26 44 70

10 21 40 61

11 36 30 66

12 19 33 52

Totaal: 341 381 722

Ons is opgewonde oor die feit dat ons hoof voedingskool, Kokkewiet Pre-primêr, ook beduidende groei toon.

Die grootste uitdaging ten opsigte van groei in Afrikaanse skole se getalle, is die feit dat 'n toenemende aantal

ouers besluit om hul kinders reeds op pre-primêre vlak in Engels medium skole te plaas. Hierdie leerders is

dan in die meeste gevalle verlore vir Afrikaans medium skole.

3. PERSONEELAANGELEENTHEDE

Ons is bevoorreg om toegewyde personeel te hê wat bereid is om die spreekwoordelike ekstra myl te loop in

belang van ons kinders. Die feit dat ons tans oor 'n mengsel van ervare sowel as 'n goeie kwota jong personeel

beskik, bring 'n gesonde dinamika na die personeel. Die tekort aan onderwyspersoneel bly 'n uitdaging en dra

daartoe by dat die skool sy onderwyspersoneel ten alle koste moet probeer behou. Die tekort aan personeel

oor die algemeen blyk uit die feit dat ons hierdie jaar 'n Geografie- sowel as Toerisme pos vir die senior grade in

die nasionale nuusmedia adverteer het. Nie 'n enkele bruikbare aansoek is vir enige van hierdie poste ontvang nie.

Ons is tans geregtig op 22 departementele opvoederposte, 1 sekretaresse en 1 arbeider wat deur die staat

vergoed word. Die voorgestelde aantal personeel wat in 2016 deur die beheerliggaam vergoed word sien

as volg daaruit:

Pos 2014 2015

Opvoeder 14 14

Administratief 3 3

GELOFTE SKOOL

JAARVERSLAG: 2015

LeerdersGraad

Page 2: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

Ondersteuningspersoneel 5 5

Invorderaar 1 1

Maatskaplike werkster 1 1

Media personeel 2 2

Terreinbestuurder 1 1

Tien van die 22 departementele poste is primêre aanstellings en 12 sekondêre aanstellings. Ons behoort

ons departementele toewysing ten opsigte van onderwysposte te behou gesien in die lig daarvan dat ons

tiende skooldag getalle gestyg het van 666 in 2014 na 707 in 2015.

Die gedetaileerde inligting oor ons personeelsituasie sien tans as volg daaruit:

Graad/Vak Aantal leerders Aantal personeel

1 66 3

2 59 2

3 61 3

4 66 3

5 51 2

6 53 2

7 63 2

8 54 2

9 70 2

10-12

Afrikaans 178 2½

Engels 178 2½

Wiskunde/WGL 178 2½

Fisiese Wetenskap 45 1

Lewenswetenskap 73 1

Rekeningkunde 37 1

Besigheidstudies 65 1

Gasvryheidstudies 40 1

Lewensoriëntering 178 1½

Ingenieursgrafika 64 1

Geografie 66 1

Toerisme 78 1

Rekenaartoepassing 66 1

Die volgende opvoederpersoneel sal in 2016 in beheerliggaamposte dien:

Personeellid Vakgebied

Botha C Senior Primêr

Du Plessis S Grondslagfase

Els C Grondslagfase

Human M Senior Primêr

Koen C Lewenswetenskap

Kriel D Engels

Murray M Toerisme

Nagel H Senior Primêr

Nel L Grondslagfase

Pienaar M Afrikaans/Engels

Smidt W Wiskunde

Steenekamp L Senior Primêr

Van Rooyen C Grondslagfase

Page 3: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

3.1 Personeelverlies

Die volgende personeel het ons aan die einde van 2014 of in die loop van 2015 verlaat. In ander gevalle

sal die personeel ons aan die einde van 2015 verlaat.

Personeellid Vakgebied/Taak Rede vir vertrek

Badenhorst C Grondslagfase Bedanking

Biggar D Senior Primêr Verhuising

Dawson T Toerisme Verhuising

De Bruyn M Grondslagfase Verhuising

Du Toit K Grondslagfase Aftrede

Martin T Senior Primêr Aflospos

Myburgh E Sekondêre Mediasentrum Bedanking

Nortje J Toerisme Bedanking

Stadler E Senior Primêr Verhuising

Uys F Geografie Verhuising

Ons wil bogenoemde personeel graag bedank vir hul bydra en onvermoeide ywer.

3.2 Nuwe personeel

Die volgende personeel het in die loop van die jaar by ons aangesluit.

Personeellid Vakgebied/Taak

Badenhorst C Grondslagfase

Fourie M Afrikaans

Martin T Senior Primêr

Murray M Senior Primêr

Nortje J Toerisme

Pienaar M Afrikaans/Engels

Smidt W Wiskunde

Die KZNDO het die vakante departementshoofpos sowel as die vakante adjunkhoofpos in 'n onlangse

gazette geadverteer. Die beheerliggaam is tans besig met die proses om personeel in hierdie poste aan te

beveel en indien die KZNDO hou by die bestuursplan, behoort hierdie poste teen Januarie 2016 gevul te

wees.

4. LEERDERAANGELEENTHEDE

4.1 Akademiese uitslae

Die slaagsyfer vir die onderskeie grade aan die einde van 2014 het as volg daar uitgesien:

Graad Aantal leerders Aantal druipelinge % Slaag

1 61 5 92

2 56 2 96

3 67 0 100

4 46 0 100

5 51 0 100

6 53 0 100

7 60 3 95

8 59 0 100

9 59 1 98

10 61 1 98

11 52 0 100

12 49 0 100

Totaal 674 12 98

Page 4: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

Die matrieks van 2014 het 'n gemiddelde % van 62,9% behaal met 71,4% van die leerders wat ge-

slaag het met matrikulasievrystelling. Een leerder het geslaag met 'n A-gemiddeld en 9 met

'n B-gemiddeld. Chantelle van Aswegen was ons top kandidaat met 5 onderskeidings en 'n gemiddelde %

van 81,4%. Jeané, Marga Roloff en Lizalda van Wyk het elk drie onderskeidings behaal.

Daar was 47 vakonderskeidings. Een en vyftig persent van die matrieks het geslaag met 'n gemiddeld van

60% of hoër. In een vak was die vakgemiddeld hoër as 70% en in nog agt hoër as 60%. Baie geluk

aan die matriekgroep van 2014 met pragtige uitslae.

Die volgende leerders was die top presteerders in die onderskeie grade aan die einde van 2014:

GRAAD ALPHA LEERDER GEMIDDELDE %

4 Linamarie Nothnagel 95.5%

5 Ruan Radley 93.3%

6 Tian Nothnagel 92.0%

7 Ané de la Rey 93.0%

8 Leamé Hattingh 91.4%

9 Olga Hougaard 90.9%

10 Megan Tolmay 89.7%

11 Simoné Heenop 94.4%

12 Chantelle van Aswegen 81.4%

Ons leerders neem ook jaarliks deel aan olimpiades in sommige vakke.

Ons streef daarna om hoë akademiese standaarde te handhaaf. Die gevolg hiervan is soms dat leerders en

ouers onder geweldige druk geplaas word. In 'n poging om die druk te verlig versprei, ons tans 'n volledige

program vir elke kwartaal se assessering op 'n kwartaallikse basis aan ouers en poog ons om die hoeveel-

heid assesseringsaktiwiteite, binne die raamwerk van departementele beleid, te verminder.

4.2 Vakkeuses

Leerders kan die volgende vakkeuses uitoefen:

* Leerders in grade 1-9 volg die voorgeskrewe vakpakkette soos deur die departement vereis. Leerders

in grade 7 - 9 neem Spraak en Drama asook Rekenaargeletterheid as verrykingsvakke. Leerders in

grade 1-6 neem ook Rekenaargeletterdheid.

* Leerders in graad 10 - 12 neem Afrikaans, Engels, Wiskunde/WGL en LO en kies drie ander vakke uit:

Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Geografie, Rekenaartoepassingstegnologie, Rekeningkunde

Toerisme, Besigheidstudies, Gasvryheidstudies, en Ingenieursgrafika.

Die beskikbaarheid van bepaalde vakkeuses hang af van die aantal leerders wat die betrokke vak wil

aanbied.

4.3 Skoolbywoning

Getroue skoolbywoning is 'n belangrike komponent in sover dit 'n leerder se akademiese prestasie betref.

'n Leerder wat daagliks in die klas teenwoordig is raak die kurrikuluminhoude makliker baas en sal ook

vind dat hy/sy makliker voorberei vir toetse en eksamens. Gesien in die lig hiervan is dit hartseer dat enkele

ouers gladnie erns maak met hul kinders se skoolbywoning nie en selfs bereid is om namens die leerders

'n leuen te vertel om die leerders toe te laat om tuis te bly. Sommige leerders word ook op 'n gereelde

basis vroeg uitgeteken sonder enige werklike grondige rede. Daar is leerders wat tot op datum hierdie

jaar reeds meer as 50 dae afwesig was.

Onderstaande gee 'n aanduiding van die onderskeie grade se % skoolbywoning tot op datum hierdie jaar.

Graad JTD

1 94.9

2 95.1

3 94.8

Page 5: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

4 94.4

5 92.5

6 92.2

7 93.1

8 92.8

9 93.3

10 90.0

11 92.3

12 90.1

Skool 93.0

Bogenoemde syfers sluit nie statistiek in van leerders wat gereeld laatkom of vroeg uitteken nie.

5. EKSAMINERING EN TOETSING

Alle leerders vanaf graad 4-12 het aan die einde van 2014 eksamen geskryf. Leerders word deur-

lopend geëvalueer aan die hand van toetse sowel as informele evaluering. Leerders in verskeie grade

was veronderstel om die departementele JNA eksamen in September te skryf. Die eksamen is egter

na 'n dispuut met die onderwysunies na die eerste week in Desember verskuif.

In die huidige stelsel skep ouers se betrokkenheid by hul kinders se informele evaluering soms 'n probleem

aangesien sommige ouers se insette in die finale projek te groot is en dit dus nie 'n ware weerspieëling

is van 'n kind se vermoë nie. Die nuwe KABV behoort hierdie probleem in 'n groot mate te ondervang

aangesien die informele komponent 'n kleiner deel van die finale punt sal uitmaak.

6. BEHEERLIGGAAM

Die huidige beheerliggaam is in Maart 2015 verkies en dien 'n driejaar termyn. Leerderlede dien slegs vir 'n jaar.

Die volgende persone dien tans op die beheerliggaam:

Sean Martin Voorsitter

André Britz Onder-Voorsitter

Renier Meintjes Finansies

Leonie Botha Tegnologie

Robert Moffat Terrein

Adele Swarts Bemarking

Tertia du Plessis Projekte

Pieter Grundling Sport

Charmain Hefer Opvoeder

Riette Havemann Opvoeder

Wentie Gordon Opvoeder

Daleen Coetzee Nie-opvoeder en sekretaresse

Rudolph Torlage Leerder

Zelmari Janse van Rensburg Leerder

Johan Kriek Leerder

Danie Strydom Skoolhoof

Die beheerliggaam funksioneer aan die hand van die volgende komitees:

6.1 DAGBESTUUR

Die dagbestuur vergader slegs by hoë uitsondering om besluite te neem oor sake wat dringende aan-

dag verg.

6.2 FINANSIES

Die skool se finansies is kerngesond. Die algemene verarming van die Afrikaanssprekende gemeen-

skap raak egter ook die skool en plaas dit uiteraard 'n beperking op nuwe projekte wat aangepak kan

word en die onderhoud van bestaande fasiliteite en toerusting. Dank word uitgespreek teenoor sovele

ouers wat bereid is om die hand dieper in hul eie sakke te steek in belang van die skool. Detail m.b.t.

die skool se finansies word aangespreek in die begrotingsverslag.

6.3 SPORT EN KULTUUR

Page 6: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

Uitstappies en toere het tans so duur geraak dat ons nie 'n ander keuse het as om te herbesin oor ons

ouergemeenskap se vermoë om die koste van hierdie toere/uitstappies te dra nie. Gesien in die lig van

die huidige ekonomiese klimaat raak dit ook toenemend moeiliker om borge/skenkings te bekom. Ons

streef egter steeds daarna om ons leerders wel blootstelling te gee deur hulle op toere en uitstappies te

neem waar moontlik.

Leerders kan betrokke raak by die volgende kultuuraktiwiteite: Landsdiens, koor, VCSV, skaak, debat

en redenaars. Ons leerders presteer ook op kultuurgebied pragtig.

NAAM AKTIWITEIT PRESTASIE

ADENDORFF RIKUS LANDSDIENS KZN

ALBERTYN AMINÉ LANDSDIENS KZN

BRAND LOUISE LANDSDIENS INTERPROVINSIAAL

DE LA REY ANÉ REDENAARS STREEKKOMPETISIE

DU PREEZ BARNARD REDENAARS STREEKKOMPETISIE

DU PREEZ JANNELIE REDENAARS STREEKKOMPETISIE

HEENOP SIMONE REDENAARS STREEKKOMPETISIE

HEFER LEHAN LANDSDIENS KZN

HENNING ZANDER LANDSDIENS KZN

MARAIS ANSONEL LANDSDIENS KZN

MARAIS LEZAAN LANDSDIENS KZN

MOFFAT KAELYN REDENAARS STREEKKOMPETISIE

MURRAY MEGAN REDENAARS STREEKKOMPETISIE

MYBURGH JEANE LANDSDIENS SPRINGBOK

NOTHNAGEL LINAMARIE REDENAARS STREEKKOMPETISIE

POTGIETER RUBEN REDENAARS STREEKKOMPETISIE

SMIT DEWALD LANDSDIENS KZN

TOLMAY MEGAN REDENAARS STREEKKOMPETISIE

TORLAGE RUDOLPH JEUGKOOR KZN

VAN DER WALT DAWID LANDSDIENS KZN

VAN GRAAN ANRI LANDSDIENS KZN

VAN HUIZEN AJ LANDSDIENS KZN

VAN STADEN CHARLIZE REDENAARS JUNIOR SPRINGBOK

Ons het hierdie jaar 'n Eistedfodd aangebied en 'n skatkis van talent onder ons leerders ontdek.

Komplimente is uit verskeie oorde ontvang en ons is oortuig dat dit ook 'n beduidende bydra

gelewer het om die skool se naam uit te dra na die breër gemeenskap. Ons leerders se deelname aan

eksterne- sowel as 'n interne redenaarskompetisies het weer eens bewys dat die Loffies hul woord

kan doen in beide Afrikaans en Engels.

Die wintersport aandreeks groei in statuur met meer skole en spanne wat deelneem. Die aandreeks het

sodanig gegroei dat meer as 50 spanne en 20 skole aan hierdie jaar se aandreeks deelgeneem het. Alhoewel

ons nie oor ons eie swembad beskik nie, presteer ons swemmers pragtig en vaar ons beter in die galas as

skole wat wel oor swembaddens beskik. Dit is suiwer te danke aan ouers wat bereid is om hul kundigheid

tot die skool se beskikking te stel. Die aandatletiekbyeenkoms het ook gegroei van drie skole wat in die

eerste jaar deelgeneem het, na vyf skole wat hierdie jaar deelgeneem het.

Ons sportspanne het gemengde welslae behaal. Enkele spanne het hul seisoene onoorwonne afgesluit

terwyl ander slegs enkele wedstryde verloor het. Ons wil ons dank uitspreek teenoor elke Loffie wat getrou

oefeninge bygewoon het en elke wedstryd hul beste gegee het. Baie dankie ook aan elke ouer wat uit hul

pad gaan om dit moontlik te maak vir hul kinders om van geleenthede by die skool gebruik te maak. Een

van die klein spreekwoordelike jakkalsies wat 'n uitdaging veroorsaak vir afrigters is die feit dat 'n klein

groepie ouers soms, sonder om die skool in te lig, bloot besluit om nie hul kinders na wedstryde te bring nie.

Hierdie tendens veroorsaak uiteraard geweldige ontwrigting veral in spansporte.

'n Hele aantal leerders het pragtig presteer deur verteenwoordigende spanne te haal in skoolsporte

sowel as in sportsoorte wat buite die skool aangebied word.

Page 7: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

NAAM AKTIWITEIT PRESTASIE

BOTHA JAN HARM KARATE KZN

DE JAGER KARIN KARATE KZN

DE JONGH DENISE NETBAL ETHEKWINI

DE JONGH DENISE ATLETIEK ETHEKWINI

DETTMER ROBYNLEE GIMNASTIEK KZN

ENGELBRECHT DEIDRE-LEIGHNETBAL ETHEKWINI

FAUGHT AIDEN GIMNASTIEK KZN

FOURIE LOUIS RUGBY PADSSA

GROESBEEK THYZE AKSIE-NETBAL KZN

HEFER LEHAN RUGBY HIGHWAY

HEFER NADINE ATLETIEK KZN

HEFER NATHAN KLUBRUGBY KZN

HERMAN JADE LEE KARATE KZN

HEYMANS MARNA SWEM RSA

HUMAN ELKE KARATE RSA

HUMAN ZANDER KARATE RSA

JACOVIDES JOANNE NETBAL ETHEKWINI

J V RENSBURG RENE ATLETIEK PADSSA

J VAN RENSBURG ZELMARIENETBAL ETHEKWINI

JACOBS CLARINDA NETBAL ETHEKWINI

JACOBS CLARINDA ATLETIEK ETHEKWINI

LE ROUX REECE RUGBY PADSSA

MARAIS ANSONEL HOKKIE PADSSA

MEECHAN MICHELLE KARATE KZN

NDWANDWE WONDERBOY RUGBY PADSSA

NEL RENCHE NETBAL PADSSA

NOTHNAGEL LINAMARIE ATLETIEK PADSSA

SMIT MARCEL KLUBRUGBY KZN

SOUTHEY CINDY HOKKIE PADSSA

STEYL ANRU ATLETIEK PADSSA

TOLMAY MERIZE HOKKIE PADSSA

VAN DER WALT DAWID KARATE KZN

VAN JAARSVELD ANNERIENNETBAL ETHEKWINI

VAN JAARSVELD LIANDRIE NETBAL KZN

VAN RENSBURG CHAD RUGBY PADSSA

VAN RIJSWIJK ANIKE NETBAL ETHEKWINI

WILMANS MADELEIN ATLETIEK KZN

WIGGILL JUSTIN GHOLF KZN

Leerders kon aan die volgende aktiwiteite deelneem:

Atletiek, landloop, rugby, hokkie, mini-hokkie, mini-krieket, netbal, gholf, krieket, swem en tennis. Ons het

oorweging geskenk daaraan om die aantal sportsoorte wat aangebied word uit te brei. Ons getalle skep

egter probleme in hierdie verband aangesien dit kan veroorsaak dat ons nie voldoende spelers het om die

onderskeie spanne vol te kry indien ons te veel sportsoorte in dieselfde seisoen aanbied. Die beskikbaar-

heid van kundige en bekostigbare afrigters bly ook 'n uitdaging. Ons het hierdie jaar vir die eerste keer ook

'n dogterskrieketspan wat aan ligawedstryde deelneem.

'n Ondersteunersklub is vroeër hierdie jaar gestig met die doel om 'n geleentheid te skep vir oud-skoliere

en ander ondersteuners wat behoefte het om betrokke te bly en/of te raak by die skool. 'n Minimale fooi

word jaarliks van lede verhaal waarvan die inkomste uitsluitlik vir die ontwikkeling van sport en sport-

fasiliteite by die skool geoormerk sal word.

Page 8: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

Verskeie toere het daartoe bygedra om ons leerders se vaardighede op te skerp en hul horisonne te

verbreed. Dank aan al die afrigters en ouers wat bereid was om ons leerders op hierdie toere te vergesel.

Die volgende toere is in die loop van die jaar onderneem: Sekondêre en primêre 1ste netbal en hokkie

spanne asook die primêre 1ste rugbyspan. Leerders het ook Landsdienskampe en akademiese uitstappies

onderneem en verskeie van ons graad 5 en graad 9 leerders het die Reg vir Môre leierskamp bygewoon.

Aangesien ons sport by Gelofte bestuur met die hulp van 'n deeltydse sportbestuurder wil ons graag 'n

besondere woord van dank rig tot elke personeellid, ouer en kundige wat oor die afgelope jaar by afrgting of

die organisasie van sport by Gelofte betrokke was. U insette, dikwels sonder enige vergoeding, word opreg

waardeer en maak 'n reuse verskil in ons kinders se lewens.

6.4 TERREIN EN FASILITEITE

Die terreinkomitee is verantwoordelik vir die instandhouding van ons terrein en fasiliteite. Ons tuine en

terrein vertoon tans besonder netjies en dra daartoe by dat ons in 'n aangename omgewing kan werk.

Ons is deurlopend besig om aandag te skenk aan die opknapping van die skool se badkamers en ander

fasiliteite. Die volgende fasiliteite is tans op die prioriteitslys vir oprigting of opknapping in die nabye toekoms.

* Herstel van die saal se verhoog wat deur termiete vernietig is.

* Verf van sportkleedkamer.

* Herstel van die werkswinkel se plafon en dak na reënskade.

* Vervanging van die skadunet by die krieketnette.

* Herstel van die geute.

* Verf van die skool.

* Vervanging van vloedligte by rugbyveld se rame waaraan die vloedligte geheg word.

* Motorisering van uitgangshek.

Die volgende projekte is reeds afgehandel in die loop van die jaar:

* Herstel van die Grondslagfase se klimrame.

* Herstel van veiligheidsvloedlig.

* Beskikbaarstelling van werksoppervlaktes vir leerders onder afdakke.

* Uitgangshek se spoor is herstel.

* Diefwering by Gasvryheidstudielokaal.

* Herstel van stukkende panele by pawiljoen.

* Aanbring van veiligheidsrelings by trappe aan kante van pawiljoen.

Nadat ons vir baie jare nie tuiswedstryde op die krieketblad kon speel nie, het die hervestiging van die blad

sodanig gevorder dat ons met die aanvang van die krieketseisoen in die eerste kwartaal tuiswedstryde

kon speel.

Die skool se 35 sitplek bus het na dekades 'n punt bereik waar dit bloot nie meer veilig is om leerders in die

bus te vervoer nie, ten spyte van gereelde onderhoud. Die beheerliggaam het, in die lig hiervan, besluit om die

bus te verkoop.

6.5 TEGNOLOGIE

Rekenaars en die onderhoud van rekenaarsentrums bly ongelukkig 'n duur en deurlopende uitgawe. Ons

is bevoorreg om te beskik oor twee pragtige rekenaarsentrums. Leerders het ook toegang tot rekenaars

en die internet in die sekondêre mediasentrum. Danksy Klub 100 is alle klaslokale toegerus met data-

projektors. Ons het reeds met meer as een maatskappy in gesprek getree oor die daarstelling van infra-

struktuur wat dit vir ons moontlik sal maak om oor te skakel na die gebruik van elektroniese handboeke.

Die beplanning is om binne die volgende drie jaar oor te skakel na elektroniese handboeke. Hierdie bly

egter 'n aangeleentheid wat nie oorhaastig aangepak moet word nie aangesien die infrastruktuur geweldig

duur is en vele skole getuig dat die stelsel nie sonder groeipyne en deurlopende uitdagings geskied nie.

Page 9: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

Die beheerliggaam het besluit om alle rekenaars in die sekondêre rekenaarsentrum teen die einde van 2015

te vervang. Hierdie uitgawe is noodsaaklik aangesien die KZNDO die kurrikulum vir Rekenaartoepassings-

tegnologie sodanig gewysig het dat die sagteware nie op die bestaande rekenaars, wat reeds vir etlike jare

in gebruik is, gelaai kan word nie. Die bestaande sekondêre rekenaars sal na die primêre rekenaarsentrum

verskuif word aangesien die hardeware meer as voldoende is vir die sagteware wat deur die primêre leerders

gebruik word.

Die bestaande dupliseerfasiliteite is onlangs opgradeer deur die installering van meer koste effektiewe

masjiene.

6.6 BEMARKING

Die bemarkingspan fokus op die opstel van 'n bemarkingsplan wat daartoe sal lei dat die skool se visie

naamlik: Verbind tot Uitnemendheid uitgeleef sal word en dat die skool se getalle en finansiële inkomste sal

groei.

Die bemarkingspan bestaan uit personeel en ouers wat vir 'n geruime tyd reeds besig is met die finalisering

van die skool se bemarkingsplan. Gereelde wisseling wat die voorsitter van hierdie komitee betref het daar-

toe aanleiding gegee dat die bemarkingsplan nog nie gefinaliseer is nie.

Baie werk is reeds gedoen ten opsigte van die bemarkingsplan en agt kommunikasiedoelwitte is beskryf.

Aksieplanne om leerdergedrag en die fasiliteite aan te spreek word reeds geïmplementeer alhoewel daar nog

afrondingswerk aan die bemarkingsplan gedoen moet word. Die verbetering van ouer- en onderwyser-

verhoudinge geniet ook aandag.

Bemarking van die skool geskied deur die webblad, nuusmedia, opedae en "Communicator". Ondervinding

het egter geleer dat die beste bemarkingsmeganisme van die skool gelukkige en tevrede ouers is wat die

skool bemark onder vriende en nuwe intrekkers. Die koop van advertensieruimte in plaaslike koerante het

in die verlede geen vrug opgelewer nie. Die beskikbaarstelling van beurse aan leerders wat nie tans

ingeskrewe leerders is nie, was ook vrugteloos. Ons doen 'n beroep op ouers en Loffies om die skool

passievol te bemark onder nuwe intrekkers maar ook in hul daaglikse doen en late. Die beste bemarker

van enige produk bly die mondelingse bemarking deur tevrede kliënte.

6.7 PROJEKTE

Die grootste projekte in terme van fondsinsameling is die jaarlikse kaskarwedren, die wintersport aandreeks,

die gholfdag en die verkoop van die groot advertensiebord. Die beheerliggaam poog om projekte daar te

stel wat fokus op eksterne bronne van inkomste bo en behalwe ons eie ouergemeenskap.

6.8 VEILIGHEIDSKOMITEE

Die veiligheidskomitee bestaan uit ouerlede van die beheerliggaam, die terreinbestuurder sowel as

onderwyspersoneel. Die komitee vergader kwartaalliks en hanteer sake wat die veiligheid van leer-

ders, ouers, personeel en ander betrokkenes raak. Kommer heers oor leerders wat dikwels laatmiddag

nog by die skool is nadat alle personeel reeds die terrein verlaat het. Ons het begrip daarvoor dat ouers

lang ure werk maar daar kan ongelukkig nie van personeel verwag om 'n gratis nasorg diens beskikbaar te

stel nie.

Inbrake en motordiefstal op die terrein het afgeneem oor die afgelope jaar. Die beheerliggaam het kundiges

se advies ingewin in 'n poging om van die knelpunte rondom die veiligheid van die leerders sowel as die

skool se eiendom in te win. Daar word beoog om met ingang van 2016 'n hekwag by die uitgangshek te

plaas wat toegang tot die skool tydens skoolure sal reguleer. Die feit dat ons 'n gekombineerde skool is

veroorsaak dat ouers oor 'n lang periode toegang moet verkry tot die skoolterrein om leerders op te laai in

die middae, wat daartoe aanleiding gee dat beide die toegangshek en die uitgangshek dan oop moet wees.

Hierdie situasie bied uiteraard bepaalde uitdagings wat die toegangsbeheer tot die terrein betref.

Page 10: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

Die beheerliggaam ondersoek ook die moontlikheid van CCTV kameras om die diefstal van leerders se

eiendom tydens skoolure hok te slaan. Die verbetering/versterking van die huidige veiligheidsmaatreëls by

die rekenaarsentrums is as prioriteit geïdentifiseer. Die ideaal sou wees om die skool se omheining sodanig

op te gradeer dat dit die deurloop van ongewenste elemente oor die skoolterrein vanaf die B-velde on-

moontlik sal maak. Verskeie opsies is al oorweeg, maar dit blyk óf baie duur óf onprakties te wees.

6.9 DISSIPLINêRE KOMITEE

Die dissiplinêre komitee van die beheerliggaam bestaan uit twee ouerlede van die beheerliggaam. Hier-

die komitee hanteer ernstige oortredings van leerders wat nie deur die bestuurspan en personeelkorps

van die skool hanteer kan word nie, aangesien dit aanbeveling tot skorsing tot gevolg kan hê. Behalwe

vir die daaglikse kleiner dissiplinêre probleme wat deur die bestuurspan en personeel hanteer word,

is daar min ernstige probleme. Gedurende 2015 is enkele sake na die komitee verwys en moes drie

leerders gemeenskapsdiens verrig tydens die Julie skoolvakansie.

Die handhawing van gesonde dissipline is ononderhandelbaar aangesien effektiewe onderrig daar-

sonder bloot nie moontlik is nie. Ouers se ondersteuning van die skool is hierin van kardinale belang.

Die handhawing van dissipline word toenemend 'n uitdaging by skole landswyd. 'n Groot deel van die

oorsaak hiervan lê daarin dat sommige ouers die skool nie ondersteun in die toepassing van die skool

se dissiplinêre stelsel nie, selfs wanneer die skool onomwonde bewyse het van die kind se skuld. Dit skep

by die kind die valse gevoel dat hy die verontregte is en die skool die skuldige. Hierdie tipe optrede deur

ouers doen, op die langtermyn, onberekenbare skade aan hul kinders. Ons maak sodoende 'n geslag groot

wat nie gesag kan aanvaar nie en hulle lewe deurgaan as die verontregtes in elke ongemaklike situasie waar-

in hulle beland in die toekoms. Ouers het tog sekerlik 'n verantwoordelikheid om in bepaalde omstandighede

vir hul kinders daarop te wys dat hul optrede verkeerd was en dat hulle daarom die gevolge met waardig-

heid moet aanvaar. Skole landswyd ervaar egter toenemend dat ouers nie bereid is om hierdie lewens-

waarde by hul kinders te vestig nie en eerder ten alle koste die skool die spreekwoordelike "vark in die

verhaal" sal maak. Ons doen ons kinders daardeur 'n geweldige onreg aan in hul vorming vir die toekoms.

Dit dra verder daartoe by dat onderwysers toenemend 'n stryd voer om dissipline te handhaaf in die klas

aangesien hulle "gedreig" word met die ouers indien die onderwyser die kind aanspreek oor onaanvaarbare

gedrag.

Die skool is steeds besig met 'n projek waar ons poog om weg te beweeg van 'n hoofsaaklik reëlgedrewe

skool na 'n waardegedrewe skool. Vir hierdie projek om te slaag moet elke rolspeler by die skool, nl.

personeel, ouers en leerders inkoop en die projek ondersteun. Die projek kan slegs slaag indien die ouers

saam met die personeel verantwoordelikheid aanvaar om gesonde waardes by ons kinders te vestig soos

onder andere respek, betroubaarheid, toewyding, ens. Kom ons vat hande in hierdie verband in belang

van ons skool en ons gemeenskap.

Ons spreek graag langs hierdie weg ons dank uit teenoor elke beheerliggaamlid wat sy/haar komitee met

passie bestuur en sodoende bydra tot die uitbouing en verbetering van die skool.

7. MAATSKAPLIKE EN ANDER AANGELEENTHEDE

Die maatskaplike werkster bly 'n groot bate vir die skool en dra beslis daartoe by dat ons leerders ook

maatskaplik en geestelik versorg is. Ons opregte dank aan die onderskeie gemeentes en weldoeners wat

die daarstel van hierdie pos beskikbaar maak. Die feit dat privaat praktisyns in sover dit 'n sielkundige en

fisioterapeut betref, per afspraak op die terrein beskikbaar is, vergemaklik toegang tot hierdie dienste

beduidend vir ons leerders sowel as ouers.

8. MOEDERSKOMITEES

Ons moederskomitees bly 'n geweldige bate vir die skool wat onvermoeid fondse insamel en projekte

loods by die skool. Ons opregte dank aan hierdie groep ouers vir hul onbaatsugtige diens. Sommige van

die projekte wat hierdie jaar reeds afgehandel is, is die opknapping van enkele kantore in die administratiewe

blok.

9. KLUB 100

Page 11: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

Ons dra graag weer eens ons opregte dank oor aan hierdie klein groep entoesiastiese en lojale onder-

steuners van die skool wat onvermoeid hul tyd, kundigheid en fondse tot die skool se beskikking stel.

'n Besondere woord van dank aan almal wat betrokke was by die jaarlikse wildsfees. Hierdie funksie het

nie net 'n besondere fondsinsamelingspoging geword nie, maar dra ook daartoe by dat die skool ver buite

ons grense bemark word. 'n Mens hoef maar net op die terrein rond te beweeg om te besef watter geweldige

bydra die lede van Klub 100 oor die afgelope 25 jaar gelewer het tot die verbetering van bestaande fasiliteite

en die daarstelling van nuwe fasiliteite. Ons waardeer hul lojaliteit en ondersteuning.

10. KOMMUNIKASIE

Ons vertrou dat hierdie een aspek is waaroor daar waarskynlik min krtiek gelewer kan word. Inligting

word op 'n verskeidenheid wyses, elektronies en andersins, beskikbaar gestel. Ons maak tans gebruik van

die webblad, Communicator, bulk SMS en van harde kopieë om inligting na ouers te versprei. Ons poog

ook om inligting oor die skool se prestasies in die plaaslike nuusmedia te publiseer. Ons vind egter dat, ten

spyte daarvan dat inligting oor 'n breë spektrum media beskikbaar gestel word, sommige ouers steeds die

skool skakel en kommer uitspreek oor die skool se gebrek aan kommunikasie. Die realiteit is egter dat die

skool slegs soveel kan doen om inligting by die ouers uit te kry en dat ouers ook 'n verantwoordelikheid het

om moeite te doen om die inligting wat versprei word te lees.

11. GELOFTE EN DIE TOEKOMS

Die daling in getalle neem ernstige afmetings aan vir alle Afrikaanse skole in Durban. Ons is bevoorreg dat

ons getalle oor die afgelope aantal jare stadig maar seker gestyg het. Dit hou bepaalde voordele in vir die

skool onder andere wat sportdeelname betref. Skole landswyd spring egter ook nie die uitdagings vry wat

met 'n sukkelende ekonomie gepaard gaan nie en ons vind toenemend dat daar 'n groeiende aantal nuwe

sowel as bestaande ouers is wat nie die skoolgeld ten volle of enigsins kan betaal nie. Dit plaas uiteraard

druk op die ouers wat wel die vermoë het om te betaal maar ook op die skool se finansies in die algemeen.

12. DANKIE

'n Woord van hartlike dank aan die volgende:

13.1 Ouers vir hul lojaliteit en onvermoeide ywer. Die skool kan doodgewoon nie effektief funksioneer

sonder u insette op sovele terreine nie. Dankie ook aan ouers wat agteroor buig om hul finansiële

verpligtinge teenoor die skool na te kom. Ons is deeglik bewus daarvan dat dit dikwels groot

opoffering vra.

13.2 Personeel wat met entoesiasme, toewyding en deernis hul rol as opvoeders volvoer. Die bydrae van

personeel, dikwels onder moeilike omstandighede, moet nie gering geskat word nie.

13.3 Leerders wat deur harde werk en toewyding, op welke terrein ookal, 'n bydrae gelewer het om

Gelofte se belange te bevorder.

13.4 Lede van die beheerligaam wat met onvermoeide ywer ure spandeer in belang van die skool. Sonder

hierdie insette en opoffering kan die skool nie effektief funksioneer nie.

13.5 Ouers wat by die onderskeie moederskomitees betrokke is en werk van onskatbare waarde doen

by die skool.

13.6 Ouers en ondersteuners wat betrokke is by Klub 100 en van hul kosbare tyd opoffer in belang van

ons leerders.

13.7 Dankie ook aan sovele ouers wat bereid is om eksamentoesig te doen en beskikbaar te wees as

aflospersoneel. U maak ons taak soveel makliker.

13.7 'n Woord van hartlike dank ook aan Jeane Staude wat vir jare diens gedoen hetas "tuinier". Weens

gesondheidsredes kan sy nie meer persoonlik betrokke wees op die terrein nie, maar ondersteun sy die

skool steeds met 'n finansiële bydra wat die koste van die tuindienste dra.

13.8 Dankie aan elke ouer wat bereid is om op komitees te dien en sodoende hul tyd en kundigheid tot

die skool se beskikking stel.

13.9 Ons Hemelse Vader wat ons weer eens op sovele terreine gedra en geseën het.

Page 12: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

die nasionale nuusmedia adverteer het. Nie 'n enkele bruikbare aansoek is vir enige van hierdie poste ontvang nie.

Page 13: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika
Page 14: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika
Page 15: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

vind dat hy/sy makliker voorberei vir toetse en eksamens. Gesien in die lig hiervan is dit hartseer dat enkele

Page 16: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika
Page 17: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

groepie ouers soms, sonder om die skool in te lig, bloot besluit om nie hul kinders na wedstryde te bring nie.

Page 18: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

Atletiek, landloop, rugby, hokkie, mini-hokkie, mini-krieket, netbal, gholf, krieket, swem en tennis. Ons het

Page 19: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

besondere woord van dank rig tot elke personeellid, ouer en kundige wat oor die afgelope jaar by afrgting of

fasiliteite. Die volgende fasiliteite is tans op die prioriteitslys vir oprigting of opknapping in die nabye toekoms.

Nadat ons vir baie jare nie tuiswedstryde op die krieketblad kon speel nie, het die hervestiging van die blad

Die skool se 35 sitplek bus het na dekades 'n punt bereik waar dit bloot nie meer veilig is om leerders in die

bus te vervoer nie, ten spyte van gereelde onderhoud. Die beheerliggaam het, in die lig hiervan, besluit om die

Page 20: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

te vervang. Hierdie uitgawe is noodsaaklik aangesien die KZNDO die kurrikulum vir Rekenaartoepassings-

verskuif word aangesien die hardeware meer as voldoende is vir die sagteware wat deur die primêre leerders

naamlik: Verbind tot Uitnemendheid uitgeleef sal word en dat die skool se getalle en finansiële inkomste sal

Aksieplanne om leerdergedrag en die fasiliteite aan te spreek word reeds geïmplementeer alhoewel daar nog

Bemarking van die skool geskied deur die webblad, nuusmedia, opedae en "Communicator". Ondervinding

Die grootste projekte in terme van fondsinsameling is die jaarlikse kaskarwedren, die wintersport aandreeks,

Page 21: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

wat nie gesag kan aanvaar nie en hulle lewe deurgaan as die verontregtes in elke ongemaklike situasie waar-

in hulle beland in die toekoms. Ouers het tog sekerlik 'n verantwoordelikheid om in bepaalde omstandighede

die projekte wat hierdie jaar reeds afgehandel is, is die opknapping van enkele kantore in die administratiewe

Page 22: GELOFTE SKOOLgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/10/... · 2015. 10. 15. · 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 ... Gasvryheidstudies 40 1 Lewensoriëntering 178 1½ Ingenieursgrafika

ons grense bemark word. 'n Mens hoef maar net op die terrein rond te beweeg om te besef watter geweldige

bydra die lede van Klub 100 oor die afgelope 25 jaar gelewer het tot die verbetering van bestaande fasiliteite