19

Gelukbringers

  • Upload
    ekerk

  • View
    212

  • Download
    0

Embed Size (px)

DESCRIPTION

'n Ekerk tendens verslag

Citation preview

Page 1: Gelukbringers
Page 2: Gelukbringers

The art of being happy lies in the power of extracting happiness from common things.

~ H Beecher

Page 3: Gelukbringers

Geluksmites — leuens oor ons gemoedstoestandIn sy nuwe boek, The Antidote: Happiness for people who can’t stand positive thinking1 beskryf Oliver Burkeman vyf van die mites wat ons glo oor ons eie geluk en positiewe gemoedstoestand.

Heelwat van hierdie mites is in ons gedagtes gevestig deur die modernistiese bewegings van ‘mind over matter’ en ‘positive thinking’. Nuutste navorsing bewys dat hierdie benaderings geen invloed het op ons basiese geluk by die werk of by die huis nie. Inteendeel, hierdie denke plaas net addisionele stres op ’n reeds stresvolle situasie, en verminder eintlik ons kans op geluk!

Burkeman som die vyf hoof mites en leuens oor hoe ons ons geluk kan bevorder soos volg op:

1. Dis belangrik om ’n positiewe gesindheid te handhaaf.2. Volg ambisieuse doelstellings met ywer na.3. Die sleutel tot geluk by die werk is om werk meer pret te maak.4. Toenemende geluk is direk eweredig aan ’n hoë selfbeeld.5. Wees gelukkiger deur pessimiste en enige negatiwiteit te vermy.

Al het die wêreld ons geleer dat jy jou eie professionele en persoonlike geluk deur die bostaande beginsels kan opwek, skryf Burkeman dat hierdie geforseerde metodes bloot spanning verhoog en ’n onregverdige verwagting skep.

Ons kort nuwe meetinstrumente vir geluk.

1. http://www.fastcompany.com/3021264/work-smart/5-big-happiness-myths-debunked

Page 4: Gelukbringers

Geluk by die werk - is dit moontlik?In teenoorstelling met Oliver Burkeman, skryf Kevin Kruse dat geluk by die werk meestal te doen het met die kandidaat se vermoë om sy of haar werksomgewing intensioneel te benader en te ‘engage’.

In sy boek Employee Engagement for Everyone: 4 Keys to Happiness and Fulfillment at Work2 beweer Kruse dat enige werknemer geluk en vervulling in ’n werksomgewing kan beleef deur die regte houding te kweek, veral teenoor negatiewe kollegas en bestuurders.

In sy opinie hang ons geluk van onsself af, en kan ons ons geluksvlakke laat styg deur bloot self verantwoordleikheid te neem vir ons eie houdings, optredes en opinies van ons omgewing.

Op eie bodem het FNB onlangs op hulle Twitter bladsy3 die volgende gevra:

Tweet us a tip using #FNBHappy on how to achieve Happiness@Work & you could win tickets to the Happiness@Work Conference from FNB.

Die vraag het 25 antwoorde ontlok, en heelwat mense het ook die tweet aangestuur.

Antwoorde op FNB se vraag het dinge ingesluit soos om negatiwiteit te vermy, konsidererende gedrag te kweek, komplimente uit te deel, te resoneer met die maatskappy se waardes, en ’n positiewe persoonlike werksetiek.

Hierdie bewys net dat die soeke na geluk ook op plaaslike bodem ’n ontluikende kwessie is.

2. http://www.amazon.com/Employee-Engagement-Everyone-Happiness-Fulfillment-ebook/dp/B00CRTRNNY/ref=pd_sim_b_13. https://twitter.com/rbjacobs/status/375221024691728384

Page 5: Gelukbringers
Page 6: Gelukbringers

Ry fiets op jou pad na gelukDie World Happiness Report het die inwoners van Denemarke as die gelukkigste op aarde aangewys4.

Die verslag is saamgestel deur die United Nations Sustainable Development Solutions Network, en neem faktore soos finansiële inkomste, lewensverwagting, vryheid, sosiale ondersteuning en vrygewigheid in aanmerking.

Dis interessant om te weet dat meer as helfte van die Deense populasie fietsry na hulle daaglikse bestemmings toe, insluitende skole, werke en winkels. Dit is die verslag se opinie dat die gevolglike besparing van $34 miljoen jaarliks, sowel as die positiewe effek op besoedeling, verkeer, fiksheid en gesondheid, ’n noemenswaardige bydrae maak tot die algemene geluk van die inwoners van Denemarke.

4. http://blogs.bicycling.com/blogs/thehub/2013/11/07/bikes-happiness/

Page 7: Gelukbringers

Meer oor die World Happiness ReportDie tweede jaarlikse World Happiness Report is sopas vrygestel, en dit lys die mees ‘gelukkige’ nasies in die wêreld, sowel as die faktore wat bydra of afbreek doen aan algemene geluk in ’n land.

Die eerste ding om op te merk is dat finansiële welstand amper geen rol speel by die geluk van ’n groepering of land nie. Alhoewel geld ’n kleiner invloed uitoefen in die geluk van individue, is daardie invloed weglaatbaar klein wanneer die inkomste van ’n land in ag geneem word.

In die 2013 verslag wen die Noorse lande by verre, met onderskeidelik Denemarke, Noorweë, Switserland, Nederland en Swede as die top vyf gelukkigste lande in die wêreld. Die verslag neem ses hoof kategorieë in ag, naamlik:

1. Inkomste per individu2. Lewensverwagting3. Het jy iemand om op te reken?4. Vryheid om eie lewensbesluite te maak5. Vryheid van korrupsie6. Geneigdheid tot vrygewigheid

Die verslag vergelyk ook geluk in die gemete lande tussen die tydperke 2005-2012, en merk dat 60 lande toegeneem het in

algemene geluk, en 40 lande afgeneem het. Die meeste toenames het gebeur in Sub-Sahara Afrika, en Latyns-Amerika.

Algemene geluk word deur die verslag gereken nie as ’n ekonomiese gevolg nie, maar wel as ’n potensiële oorsaak vir ekonomiese welstand. Gelukkiger nasies produseer beter, spandeer versigtiger, en maak oor die algemeen beter persoonlike besluite.

5. http://www.fastcoexist.com/3017037/the-10-happiest-countries-in-the-world-and-why-were-not-one-of-them

Page 8: Gelukbringers

Wat het jou brein met geluk te doen?Die areas van neuro-wetenskap en breinkunde is natuurlik nog ’n manier om te ondersoek hoekom en wanneer ons geluk ervaar.

Heelwat kenners beweer dat geluk ’n funksie van die brein is, en dat ons ons breine kan oefen om geluk te ervaar, nieteenstaande ons omstandighede of huidige realiteite.

In ’n onderhoud met Dr Rick Hanson van die Universiteit van Berkeley, het Julie Beck hom gevra oor hierdie en ander bevindinge wat hy gepubliseer het in sy boek Hardwiring Happiness: The New Brain Science of Contentment, Calm, and Confidence.

In teenstelling met ‘positive thinking’, beskryf Dr Hanson ’n praktyk wat hy noem ‘taking in the good’ waartydens ons daagliks tyd afsonder om die goeie en gunstige omstandighede in ons lewe in ons gedagtes vas te lê. Die brein prosesseer pyn en negatiwiteit meer as dubbel so vinnig as positiewe ervarings, en daarom moet ons baie intensioneel fokus op die goeie dinge in ons lewens, anders sal ons breine ons outomaties oorweldig met al die negatiewe aspekte daarvan.

Hanson verduidelik verder dat die drie oorwegende faktore vir geluk in die lewe, naamlik veiligheid, vervulling en verhouding, ingekleur kan word as beide positief of negatief, afhangende van watter emosies en ervarings ons kies om meeste op te fokus.

Dis interessant om op te merk dat sy definisie van geluk, sowel as die weg daarheen, bloot as ’n biologiese funksie van die brein beskou word, wat deur deurlopende neuro-praktyke versterk en vasgelê kan word.

6. http://www.theatlantic.com/health/archive/2013/10/how-to-build-a-happier-brain/280752/

Page 9: Gelukbringers

Doodgewone dinge wat jou wetenskaplik meer gelukkig maakOns sal verbaas wees om te weet watter alledaagse praktyke ’n invloed het op ons persepsie van geluk.

In die boek “The How of Happiness: A New Approach to Getting the Life You Want”, skryf Sonja Lyubomirsky dat enige persoonlike geluk bepaal word deur 50% genetiese neigings, 10% omstandighede en realiteite, en 40% deur ons eie optredes en houdings.

Sy stel vyf-en-twintig praktyke voor wat wetenskaplik bewys is om op neurologiese maniere ons emosies en gedagtes positief te beïnvloed, en ons gevolglik meer gelukkig te maak. Meeste van hierdie praktyke het te doen met die drie basiese boustene van geluk: veiligheid, vervulling en verhouding, en sluit onder andere in:

1. Fokus op gesonde kos2. Wees bewus van jou gedagtes en hou dit positief3. Omring jouself met positiewe en gelukkige mense4. Wees daagliks te doen met grond, plante en die natuur

5. Spandeer geld op heelwat klein luukshede, in plaas van enkele duures6. Wees netjies, skoon en in beheer van jou persoonlike spasies7. Oefen gereeld8. Wees in ’n seksuele verhouding met slegs een ander toegewyde persoon9. Doen moeite om meer vrye tyd en minder verkeer te beleef10. Wees vrygewig met jou tyd en geld.

7. http://www.businessinsider.com/science-backed-things-that-make-you-happier-2013-8?op=1

Page 10: Gelukbringers

Kan jou stad jou gelukkig maak?Bogota, Columbia is histories een van die mees misdaad gevulde stede in die wêreld. Inwoners kon dit nie op die strate waag nie, en om buite te wees was ’n sekere manier om jouself as ’n misdaad slagoffer te verseker.

Dit was totdat die burgemeester, Enrique Peñalosa, besluit het dat daar ’n onlosmaaklike verband is tussen stedelike beplanning en ontwerp, en die algemene geluk van die stad se inwoners.

Deur versigtige herontwerp, ’n omvattende misdaadvoorkomingsplan, en veranderinge wat die stad meer gebruikersvriendelik maak vir natuur— en sportliefhebbers, het die stedelike atmosfeer verander, en die algemene geluk van die Bogotane drasties toegeneem.

Die stedelike transformasie, en die beginsels daaromtrent, is vasgevang in Charles Montgomery se boek, Happy City: transforming our lives through urban design, waarin hy die volgende skryf:

There is increasing claims that the secret to successful city living lies in the intersection between urban design and the emerging science of happiness. From how saying hello to neighbours is just as important to your mental health as contact with close friends and family, to how gardens make us kinder, and how simple changes in road design can alter the hormonal state of commuters, this movement shows that simple changes can make all the difference.

8. http://www.theguardian.com/society/2013/nov/01/secrets-worlds-happiest-cities-commute-property-prices9. http://www.guardianbookshop.co.uk/BerteShopWeb/viewProduct.do?ISBN=9781846143205

Page 11: Gelukbringers

Geluk en die TED KonferensieJaarliks kom die wêreld se beste denkers byeen om globale kwessies en oplossings te bespreek.

Mees onlangs was die tema van geluk, en hoe om dit te kweek, een van die mees dinamiese gesprekke. Soveel so, dat die organiseerders van die konferensie ’n tematiese video album saamgestel het wat al die kenners se wyshede oor moderne geluk uiteensit.

Sprekers soos Malcolm Gladwell, Dan Gilbert, Michael Norton en Barry Schwartz spreek hulself uit oor die rol wat dinge soos keuse, geld, verhoudings en besittings in ons alledaagse persepsies van geluk speel.

Toesprake genaamd The paradox of choice, How to buy happiness, Less stuff more happiness, en The surprising science of happiness onderskryf alles wat ons sovêr oor geluk, en hoe mens dit teweegbring, gelees het.

10. http://www.ted.com/playlists/4/what_makes_us_happy.html

Page 12: Gelukbringers

There is increasing claims that the secret to

successful city living lies in the intersection between

urban design and the emerging science of

happiness.

Page 13: Gelukbringers

IMPLIKASIE EN TOEPASSINGIndien ons nou in die verslag oorbeweeg deur moontlike implikasies en faktore aan te dui wat na hierdie tendens van geluk-nastreef kon lei, dan sal dit eers nodig wees om te kyk na die Webster Dictionary se beskrywing van happiness:

Good luck; good fortune; prosperity. An agreeable feeling or condition of the soul arising from good fortune or propitious happening of any kind; the possession of those circumstances or that state of being which is attended with enjoyment; the state of being happy; contentment; joyful satisfaction; felicity; blessedness.

Indien ons die woord prosperity en good fortune opsoek, dan sien ons die volgende verduidelikings:

The state of being prosperous; advance or gain in anything good or desirable; successful progress in any business or enterprise; attainment of the object desired; good fortune; success; as, commercial prosperity; national prosperity. Good fortune “an auspicious state resulting from favorable outcomes.”

In hierdie eerste verduideliking van geluk, sien ons dat geluk situasie gebonde is, of “per-toeval” gebonde is. Dit word bepaal deur gunstige omstandighede.

Die vorige tendense, internasionaal en plaaslik, het vir ons gewys dat ons afhanklikheid of bron van geluk basies in vier kategorieë geplaas kan word naamlik ekonomie, verhoudings, vryheid en vrygewigheid.

Die ekonomie kategorie sluit die World Happiness Report in wat inkomste per individu meet, sowel as werksekuriteit. Ja, daar word geluk gevind deur hierdie aspekte, maar hierdie meetbare instrument vir geluk is egter fluktuerend en hang van ander situasies en mense af. Dus is dit ook situasie gebonde. Indien ons geluk meet met hierdie instrument, dan gaan ons baie vinnig slagoffers wees van ons fluktuerende omstandighede wat direk ons geluk gaan beïnvloed.

Indien ons egter na die verdere beskrywing van geluk kyk, dan is dit ’n gevoel, ’n lewensstyl van tevredenheid.

“Contentment” via Webster Dictionary:

1. The state of being contented or satisfied; content.

2. The act or process of contenting or satisfying; as, the contentment of avarice is impossible.3. Gratification; pleasure; satisfaction.

Is verhoudings, vryheid en vrygewigheid dalk nie ’n beter bron van geluk nie?

Page 14: Gelukbringers

IS GELUK NIE DIREK EWEREDIG AAN JOU VERHOUDINGS NIE?Daar’s ’n verskil tussen happiness en joy. Eersgenoemde is meestal situasie gebonde soos hierbo genoem. Joy of vreugde is verhoudingsmatig. Geluk is nie slegs emosioneel nie, anders word ons spoedig die slagoffers van ons fluktuerende emosies.

So sien die Global Happiness Organisation dit ook:

“Social relations play an important role in our happiness. In a study of very happy people, researchers Seligman and Diener found that good social relations was the most important thing to them. Our wellbeing increases when we spend time with friends — both introverted and extroverted people gain equal amounts of wellbeing from social activities. Loving relations are also important. For example, married and common-law spouses tend to be happier than single people.”

VRYHEID VS. GELUKDie World Happiness Report sien vryheid as van kardinaal in hulle meet van geluk. So stem Victor Frankl ook saam in sy boek Man’s Search for Meaning wanneer hy skryf oor sy ervarings in Auschwitz. In sy boek skryf hy dat “everything can be taken from a man but one thing, the last of human freedoms — to choose one’s attitude in any given set of circumstances.”

Martin Seligman help ons hiermee as hy aandui dat diep geluk altyd ’n byproduk van ’n goed geleefde lewe voor God en tussen ander mense is. So is dit nodig om vrede te maak met wie jy is en daardie lewensmusiek te vind wat die Here net vir ons wil laat speel in ons eie stukkie speeltyd op aarde.

11. http://www.globalhappiness.com/en/about-happiness/how-can-we-become-happier

Page 15: Gelukbringers

VRYGEWIGHEID GEE JOU GELUKSo help Stephan Joubert [sien artikel hieronder] ons deur aan te dui dat daar ’n skuif nodig is vanaf “sukses” na “significance” na “service”. Dus moet geluk jou laat eindig in diensbaarheid en vrygewigheid. Eers wanneer ons die doel leer van ons lewe is die weggee van onsself en die dien van ander ’n katalisator tot innerlike geluk. Jesus se totale aardse bestaan is een van prysgawe en diens. Hy het al sy volgelinge bedraad om soos Hy te leef. Derhalwe is dit deel van ons nuwe DNA om ons selfsug in te ruil en ander te dien. Om sulke geluksroetes te vind, moet ons onsself omring met mense wat die mooi in ander raak sien. So is geluk afhanklik van hoe jy in verhouding staan met ander mense, asook hoe jy hierdie beskou en waarneem. Mense is baie meer gelukkig indien hulle voel hulle leef in ’n vriendelike en harmonieuse wêreld.

DIE VERHOUDING TUSSEN GELOOF EN GELUKOns geloof nooi ons direk uit om in ’n verhouding te staan met die lewendige God, asook ons naaste. Ons geloof is gebaseer en gebou op hoe ons in verhoudings staan met die mense waarmee ons elke dag mee in aanraking kom. Gelowiges het dus die voorste sitplekke as dit kom by ’n gelukkige lewe. Ons moet onsself net elke dag gee in hierdie verhoudings. Geluk word geskep deur diens, doelbewuste keuses tot vreugde saam met met ander, die keuse om saam met opbouende mense te leef.

Page 16: Gelukbringers

KAN KERK ’N MENS GELUKKIG MAAK?Die faktore en gevolge van geluk, kan en moet deur die kerk ontgun, geleer en geleef word. Die kerk se primêre rol is om so in die gelowiges se lewens in te speel dat hulle floreer in verhoudings met God, mekaar en die omgewing waarin hulle is. Die plaaslike gemeente moet juis die draer van hierdie geluk wees in die omgewing deur die gelowiges se diepe tevredenheid met hulself en met God. Dit moet gedoen word deur te help dat die gelowiges in ’n vriendelike verhouding staan met die mense in die plaaslike gemeenskap. So sal die gemeenskap ’n gelukkiger een wees.

Dan word daar nog nie eers gesels oor die rol van die “gee van die gelowige” nie. Hier word daar nie noodwendig gepraat van die lidmate se tiendes nie. Hier moet die gelowiges, hulself so gee vir mekaar en vir die koninkryk, dat dit die katalisator is wat die gemeenskap transformeer deur die liggaam van Christus.

Page 17: Gelukbringers

GELUK IS RELASIONEELdeur Stephan Joubert

Ek dink geluk is relasioneel. Daar’s ’n verskil tussen happiness en joy. Eersgenoemde is meestal situasie gebonde; dit word bepaal deur gunstige omstandighede. Laasgenoemde is verhoudingsmatig... Geluk is nie slegs emosioneel nie, anders word ons spoedig die slagoffers van ons fluktuerende emosies. Baie Christene trap juis in hierdie slaggat. Hulle stel hul Christelike gevoelens en ervarings gelyk aan God se nabyheid, maar beleef hulle eie “emosionele downs” as God se afwesigheid.

Diep gevoelens van geluk loop hand aan hand met tevredenheid met wie en wat ek is en vrede voor God met my menswees. Geluk groei as ek begin afstand neem van my selfgesentreerde behoeftes en die najaag van meetbare simbole van uiterlike sukses en “consumerist” behoefte bevrediging. Daar is ’n skuif vanaf “sukses” na “significance” na “service” nodig.

“Significance” gebeur wanneer ek vrede maak met wie en wat ek is. Dan verdwyn ’n blamerende houding in my binneste waar ek vingerwysend na ander leef as die oorsaak vir my eie slegte omstandighede. Terugslae en teenstand is dan net tydelike “setbacks” en mensgemaak. Maar dis nie “karakter-flaws” in myself of ander nie.

Geluk gebeur nie as ons dit doelbewus nastreef nie. Dit bevind groot navorsers soos Martin Seligman: Diep geluk is altyd ’n byproduk van ’n goed geleefde lewe voor God en tussen ander mense. Derhalwe is dit nodig om vrede te maak met wie onsself

is en daardie lewensmusiek te vind wat die Here net vir ons wil laat speel in ons eie stukkie speeltyd op aarde.

Daar is nog ’n skuif nodig vir gelowiges, en dit is vanaf “significance” na “service”. Eers wanneer ons leer die doel van ons lewe is die weggee van onsself en die dien van ander, breek geluk groot deur. Jesus se totale aardse bestaan is een van prysgawe en diens. Hy het al sy volgelinge bedraad om soos Hy te leef. Derhalwe is dit deel van ons nuwe DNA om ons selfsug in te ruil, om te dien en om te deel. Om sulke geluksroetes te vind, moet ons onsself omring met mense en connoisseurs wat die mooi in ander raaksien, wat lig sien terwyl almal in die donker strompel, wat hoopstories vertel terwyl almal die koerantopskrifte hersirkuleer, wat glo as almal ophou met glo...

Geluk vra ook om vasbyt... resilience. Dit vra doelbewuste aksies soos om elke dag saam met Alice in Wonderland en the Mad Hatter “a very merry unbirthday party” te hou. Immers kan dit 365 dae van die jaar gevier word. Toe the Mad Hatter juis by Alice hoor dis haar “unbirthday”, reageer hy dadelik — “what a small world.” Dis syne ook! Toe vier hulle fees.

Geluk word geskep deur diens, doelbewuste keuses tot vreugde saam met ander, die keuse om saam met opbouende mense te leef, resilience, gereelde lag sessies — want navorsing wys dat mense wat kies om te lag gelukkiger is en aanhoudend dien en gee soos Jesus. Geluk is verhoudings met Hom en ander. Dis ’n leefstyl, ’n wete en ’n aanhoudende keuse.

Page 18: Gelukbringers

MEER OOR EKERK NAVORSINGEkerk het ten doel om leiers van kerke, nie-winsgewende organisasies en besighede te help om 'n groter impak in die koninkryk te maak. Deur middel van navorsing, opnames, publikasies en seminare, fasiliteer ons leer- en ervaringsgeleenthede waar leiers versigtig kan luister na die wêreld waarin hulle leef, vinnig kan leer hoe om hulle impak te vergroot, en uiteindelik hulleself en hulle organisasies kan begelei om voluit te leef.

Om deel te word hiervan kan jy:

1. Meer gaan lees op die ekerk webblad.2. Inskryf op die maandelikse ekerk navorsing nuusbrief.3. Die nuutste tendens verslae gratis aflaai.

As jy meer betrokke wil raak, of as jy enige vrae of voorstelle het, kan jy direk vir Mynhardt kontak by [email protected], of by 082.853.6483.

Page 19: Gelukbringers

© Ekerk Vereniging 2013

Saamgestel deur Dries Cronje, Pierre Engelbrecht, Stephan Joubert & Mynhardt van Pletsen.

Vir meer inligting oor Ekerk Navorsing, besoek gerus www.ekerk.org. Om hierdie inhoud in seminaar vorm te laat aanbied, kontak gerus vir [email protected].

Dankie dat jy gelees het!