36
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye. *IVISDM*

GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

  • Upload
    others

  • View
    49

  • Download
    3

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

NOVEMBER 2014

VISUELE KUNSTE V1

PUNTE: 100 TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

*IVISDM*

Page 2: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

2 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

RIGLYNE: Dit word in hierdie eksamen van jou verwag om die volgende te demonstreer: x Die gebruik van korrekte kunsterminologie x Die gebruik en aanwending van visuele analise en kritiese denke x Skryf- en navorsingsvaardighede binne ʼn historiese en kulturele verband x Die plasing van spesifieke voorbeelde binne ʼn kulturele, sosiale en historiese

verband x Die begrip van kenmerke/besondere kreatiewe styl x Die identifisering van die professionele praktyk van plaaslike kunstenaars

INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord: 1. Daar is AGT vrae in hierdie vraestel. 2. Beantwoord enige VYF vrae vir ʼn totaal van 100 punte. 3. Vrae en onderafdelings moet duidelik en korrek genommer word. 4. Vrae verskyn op die linkerhandse bladsye, met visuele bronne op die

regterhandse bladsye. 5. Maak seker dat jy na die gereproduseerde visuele bronne verwys waar dit

verlang word. 6. Inligting reeds in een vraag bespreek, sal nie punte verdien indien dit in ander

antwoorde herhaal word nie. Kruisverwysings na kunswerke is toelaatbaar. 7. Benoem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde

bespreek. Onderstreep die benaming van ʼn kunswerk of die naam van ʼn gebou.

8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Antwoord in volsinne en paragrawe, volgens die instruksies vir elke vraag.

MOET NIE PUNTSGEWYS ANTWOORD NIE.

Page 3: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

WOORDELYS Gebruik die volgende woordelys/terme om te verseker dat jy verstaan hoe om ʼn spesifieke vraag te benader: Evalueer: Dui die RELEVANTE positiewe, negatiewe, elemente en

beginsels van die werk aan en gee tot ʼn mate evaluerende kommentaar oor waarom en hoe dit slaag al dan nie, in die breër prentjie van kunsgeskiedenis oor die algemeen, d.w.s. jy moet in staat wees om die groter prentjie van wêreldkuns te sien om evaluerende kommentaar te lewer.

Analiseer: ʼn Uitvoerige en logiese bespreking van die formele

elemente soos lyn, kleur, toon, formaat en komposisie van die kunswerk, met insigryke kommentaar oor waarom en hoe dit slaag.

Vergelyk: Dui verskille en ooreenkomste aan in ʼn ordelike volgorde

binne dieselfde argument. Kontekstualiseer: Verband tot, of afhanklikheid van die inligtingsraamwerk;

verband tot die situasie, tyd (era) en plek waartoe die inligting behoort.

Sê: Stel direk wat jy dink – gee jou mening sowel as ʼn

verduideliking. Bespreek: Bied jou standpunt aan met redes vir jou stellings. Verduidelik: Verskaf verklarende redes met jou uiteensetting. Interpreteer: Analiseer en evalueer (verskaf ʼn ingeligte mening van) ʼn

kunswerk. Plaas dit binne historiese, kulturele, sosiale ens. verband en staaf jou bevindings deur na spesifieke soortgelyke voorbeelde te verwys.

Staaf: Om te bevestig met ondersteunende bewyse. Vermeld: Verskaf presiese feite en sê reguit wat jy dink – gee jou

mening asook ʼn verduideliking. Visuele bronne: Die gereproduseerde afbeeldinge wat in die

eksamensvraestel verskaf word.

Page 4: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

4 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 1 OORSIG VAN DIE 19de EEUSE KUNS IN EUROPA Gedurende die 19de eeu is die Neo-Klassieke kuns beskou as ʼn kuns om die mense op te voed. Dit is aangewend as ʼn reaksie teen die speelsheid van Rococo. Ander Europese kunstenaars het individualisme verheerlik, soos die Romantisisme kunstenaars wat met nuwe onderwerpe, komposisies en tegnieke geëksperimenteer het, en die Pre-Raphaeliete wat die eerlike eenvoud van die Italiaanse Raphael nageboots het. Die Realiste het na waarheid en akkuraatheid gestreef. 1.1 Vertel in ʼn kort paragraaf wat die onderwerp vir die Neo-klassieke skildery

van FIGUUR 1a is, en verduidelik hoe die komposisie en die individuele figure oorkom as ʼn intellektuele boodskap. (6)

1.2 Die Spaanse kunstenaar van Romantiek, Fransisco Goya, het lig en

skadu aangewend om dieper waarheid weer te gee as ondersteuning vir die onderliggende boodskap. Bespreek die belangrikheid van toon in sy werk en verduidelik wat hy daardeur oordra. Sien FIGUUR 1b. (4)

1.3 Verwys na die skildery deur Courbet, “Die Klipbrekers,” en verduidelik

hoe die uitleg (struktuur) bydra tot die impak van sy boodskap. Verduidelik wat jy deur boodskap verstaan. Sien FIGUUR 1c. (4)

1.4 Analiseer in ʼn kort opstel van minstens twee paragrawe beide Suid-

Afrikaanse werke van FIGURE 1d en 1e, met verwysing na Europese invloed in TEGNIEK sowel as boodskap. Benoem die individuele werk terwyl jy besig is met analisering. (6)

[20]

Page 5: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 1a: Jacques Louis David, Die

Eed van Horatii, 1784–’85, Olie op doek FIGUUR 1b: Fransisco Goya,

Die Derde Mei, 1808, 1815, Olie op doek

FIGUUR 1c: Gustave Courbet, Die

Klipbrekers, 1849, Olie op doek FIGUUR 1d: Dumile Feni, Vrees,

Houtskool op papier

FIGUUR 1e: Willie Bester, Oop-Deur

Beleid, 1990,Gemengde media

Page 6: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

6 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 2 DIE GEBOORTE VAN MODERNISME Tot diep in die 1800’s het akademiese instellings voorskriftelik oor kunstenaars geheers en slegs werke vir uitstallings aanvaar wat aan hulle tradisies en verwagtinge voldoen het. In Frankryk het Keiser Napoleon III ʼn spesiale uitstalling laat plaasvind vir die werke wat nie deur die Akademie aanvaar is nie. Toe die akademici en die tradisionele mense van die publiek die uitstalling bywoon, was hulle geskok en het met alles die spot gedryf. Omdat hierdie uitstalling nie gereeld plaasgevind het nie, het hierdie alternatiewe kunstenaars ook begin uitstal by ʼn goedgesinde fotograaf se ateljee. Selfs vandag nog strek invloede van hierdie nuwe beweging ver. 2.1 Wat was die naam van die uitstalling waarna hierbo verwys word? Brei

ook uit oor wat jy kan onthou aangaande die kritiek deur Louis Leroy oor die sensasionele skildery deur Claude Monet. (3)

2.2 Bespreek kortliks in ʼn paragraaf die werk in FIGUUR 2a deur George

Pemba in die lig van Westerse invloede in styl, medium en tegniek. (3) 2.3 Bespreek in ʼn kort opstel van ongeveer EEN bladsy, die benadering deur

Pissarro in die Neo-Impressionistiese werk in FIGUUR 2b, sowel as die benadering van August Rodin in sy beeld in FIGUUR 2c as vordering na modernisme. Benoem telkens die werk onder bespreking. (8)

2.4 Auguste Renoir wou aangename onderwerpe in sy kuns weergee, en dit

is duidelik sigbaar in sy plesierige werk “Boot-Partytjie”. Renoir se “Boot-Partytjie” word na verwys in William Kentridge se werk in FIGUUR 2d, waar hy die onaangename situasie voorstel, wat hy ondervind met sy terugkoms in Suid-Afrika vanaf Parys.

Lewer in ʼn opstel van minstens ʼn halwe bladsy kommentaar hierop met

verwysing na die werk van FIGUUR 2d. (6) [20]

Page 7: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 2a: George Milwa Pemba, Geen Werk, 1948,Waterverf op papier

FIGUUR 2b: Camille Pissarro, Hooi Oes, olie op doek

FIGUUR 2c: August Rodin, Die Burgers

van Calais, (1884-ca. 1889)

FIGUUR 2d: William Kentridge, Die Boot Partytjie, 1965, Pastel op Papier

Page 8: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

8 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3 VROEG 20ste EEUSE KUNS Voor die 20ste eeu, was kunstenaars en hulle werke deel van die kulturele ondervinding van die gemeenskap. Toe die massa media egter begin om die kulturele behoeftes van mense te vervul, het slegs die elite en die ingeligtes oor die konteks van die kunstenaar en die kwessies deur hom aangespreek, die vreemde konseptuele werke aanvaar. Een van die kunstenaars het gesê: “As ek groen verf, beteken dit nie gras nie; as ek blou verf, beteken dit nie lug nie." 3.1 Let op na die benadering te sien in die werk van FIGUUR 3a. Skryf ʼn

opstel van ongeveer EEN bladsy oor die verskillende benaderings van die individuele kunstenaars van hierdie besondere styl. Sluit die volgende in, in jou opstel:

x wat hierdie kunstenaars gepoog het om te vermy

x hoe individuele kunstenaars in hul mikpunte geslaag het x reaksie van die publiek x noem voorbeelde met spesifieke verwysings waar nodig. (6)

3.2 Evalueer die werk van FIGUUR 3a om die grootste bydrae tot

Modernisme van sulke werke te staaf. (3) 3.3 Kies EEN van die twee werke in FIGURE 3b en 3c en verduidelik in

ongeveer ʼn halwe bladsy die intens ekspressiewe boodskap deur te verwys na verskillende elemente in die werk. Lig duidelik die DRIE hoofkenmerke van Ekspressionisme uit waar dit opvallend is in die werk. (4)

3.4 Analiseer die werk deur Delaugney in FIGUUR 3d en dui die

spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy bestudeer het en bespreek

duidelik die eienskappe, terwyl jy verduidelik hoe dit deur Kubisme beïnvloed is. Die werk van jou keuse mag 2-dimensioneel of 3-dimensioneel wees. (4)

[20]

Page 9: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 3a: Henri Matisse, Vrou Met ʼn Hoed, 1905, Olie op doek

FIGUUR 3b: Kathe Kollwitz, Moeder met Dooie Kind

FIGUUR 3c: Penny Siopis, Skande

reeks, 2002, Gemengde media op papier FIGUUR 3d: Delaugney, Eiffel-Toring,

1914, Olie op doek

Page 10: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

10 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 4: ARGITEKTUUR Frank Lloyd Wright het geglo dat vorm en funksie gekombineer moes word, wat dus eerlike argitektuur moontlik maak. Elk van ʼn aantal ander leidende argitekte van Modernisme en Post-Modernisme eras het ook individuele beginsels onderrig. 4.1 Vind poëtiese aanwending van kunsbeginsels in Wright se ontwerp van

die gebou te sien in FIGUUR 4a en skryf ʼn kort opstel van minstens ʼn halwe bladsy, waarin jy sy skulpturele benadering verduidelik. (6)

4.2 Bespreek die drie hoofbeginsels van die Internasionale Styl soos

waargeneem in die werk in FIGUUR 4b. Verduidelik in ʼn opstel van ongeveer EEN bladsy ook die volgende: x Benadering x Materiale x Kenmerke wat uitstaan as tipies van die 20ste eeu x Visuele aantrekking x Reaksie van die publiek (8)

4.3 Analiseer hoë tegnologie-kenmerke soos bevat in die werk FIGUUR

4c, terwyl jy die voordele en nadele van die styl evalueer in ʼn opstel van nie minder as ʼn halwe bladsy nie. (6)

[20]

Page 11: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 11

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 4a: Frank Lloyd Wright,

Guggenheim Museum, New York, 1959 FIGUUR 4b: Mies van der Rohe, Seagram Gebou, New York, 1958

FIGUUR 4c: Renzo Piano en Richard Rogers, Pompidou Sentrum, Parys, 1971–77

Page 12: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

12 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 5 TUSSEN DIE WÊRELDOORLOЁ 5.1 Alhoewel na Dada verwys is as ʼn absurd gemoedstoestand, is die invloed

daarvan op Modernisme baie duidelik. Herroep in ʼn kort opstel van twee paragrawe wat jy bestudeer het aangaande die verskynsel van Dada, met verwysing na FIGURE 5a en 5b. Onthou om die kunstenaar of gekose werk te benoem wanneer jy uitbrei oor: x die benaderings x materiaal x tegnieke toegepas in elke voorbeeld. (6)

5.2 Bespreek minstens VIER kenmerke van Surrealisme met verwysing

na die werke te sien in FIGURE 5c en 5d. Annoteer duidelik die elemente onder bespreking oor elkeen van die twee werke en dui jou begrip aan van die effek van individuele mediums aangewend in elke werk. (8)

5.3 Analiseer ʼn werk van jou keuse van Surrealisme deur ʼn bekende

Suid-Afrikaanse kunstenaar. Onthou die volgende: x Benoem die werk en kunstenaar x Verwys na spesifieke kenmerke van Surrealisme in die werk x Dui moontlike betekenis en impak aan, met stawing vir jou

evaluering. (6) [20]

Page 13: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 13

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 5a: Duchamp, Fontein,1917 FIGUUR 5b: Kurt Schwitters, Merz

Prent 29A Prent met Flywheel, 1920

FIGUUR 5c: Joan Miro, Karnival van

Harlekyn, 1924 FIGUUR 5d: Salvador Dali, Die

Reënerige Taxi, 1938

Page 14: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

14 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 6 OORSIG VAN POST-1946 KUNS “... die doek het vir een Amerikaanse skilder na die ander as ʼn arena voorgekom waarin opgetree kon word – eerder as ʼn ruimte om in te reproduseer …” – Harold Rosenberg 6.1 Ondersoek die werk van Hans Hofmann in FIGUUR 6a in ʼn kort

opstel van ongeveer ʼn halwe bladsy om die sintese van Kubisme en Fauvisme te vind in hierdie Abstrakte Ekspressionisme-werk. Noem hoe die werk deur die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Kevin Atkinson, in FIGUUR 6b verband hou met Amerikaanse Abstrakte Ekspressionisme. (6)

6.2 Beskryf in ʼn opstel van EEN bladsy hoe onderwerpmateriaal die

“Amerikaanse droom” definieer in die werke van FIGURE 6c en 6d, om jou insig van Pop-kuns weer te gee. (8)

6.3 Evalueer die kenmerke van Superrealisme in die werk van FIGUUR 6e,

met verwysing na die hantering van kunsbeginsels en die gebruik van media. (6)

[20]

Page 15: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 15

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 6a: Hans Hofmann, “Die Goue

Muur”, 1961, Olie op doek FIGUUR 6b: Kevin Atkinson, van ʼn reeks, Olieverf op bord, laat 1980`s

FIGUUR 6c: Arnold Skolnick, Plakkaat vir

die Woodstock Fees FIGUUR 6d: Tom Wesselman, “Stil

Lewe #30”,1963, Gemengde media

FIGUUR 6e: Duane Hansen, “Vrou Eet”,

1971

Page 16: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

16 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 7 NUWE MEDIA “ʼn Kunstenaar is nie ʼn geïsoleerde stelsel nie. Om te oorleef, moet hy gedurig interaksie hê met die omringende wêreld ... Teoreties is daar geen beperkinge vir sy betrokkenheid nie.” – Hans Haacke 7.1 Verduidelik hoe Kosuth gepoog het om die aandag van die kyker te

vestig op die gedagte-prosesse in die werk van FIGURE 7a en noem ook hoe hy die kyker voorgeskryf het om voortdurend interaksie met die idee van die kunswerk te hê, eerder as om te fokus op die formele komponente van die werk. (6)

7.2 Verduidelik en beskryf die betrokkenheid van die kunstenaar

wanneer jy kyk na die voorbeeld in FIGUUR 7b. Benoem en beskryf in ʼn tweede paragraaf ʼn ander voorbeeld van ʼn kunswerk wat jy bestudeer het, waar die fisiese teenwoordigheid van die kunstenaar onontbeerlik was. Raak aan die volgende wanneer jy sy betrokkenheid en die belangrikheid daarvan verduidelik: x Buitengewone media x Onderwerpmateriaal x Tegniek x Boodskap (8)

7.3 Analiseer die aspekte van installasiekuns wat jy identifiseer in

minstens EEN van die werke in FIGURE 7c en 7d, met die aanhaling van Hans Haacke aan die begin van Vraag 7, in gedagte. Verwys na die volgende: x Komposisie en ruimte x Ander kunselemente x Interaksie/ impak. (6)

[20]

Page 17: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 17

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 7a: Joseph Kosuth, “Een en

Drie Stoele”, 1965, Gemengde media FIGUUR 7b: Andy Warhol, “Slaap”,

1963, Stil-film

FIGUUR 7c: Tracey Emin, “My Bed” 1988,

Installasie FIGUUR 7d: Yayohi Kusama, Installasie “Kolle Obsessie-Nuwe Eeu”, 2000,

Page 18: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

18 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 8 DIE KUNSWÊRELD Met moderne tegnologie, is grense onbeperk en vermaak en visuele kunste word versmelt op verstommende wyses. Dikwels word die sogenaamde kyker van visuele kunste ʼn interaktiewe rolspeler met die kunstenaar, nie meer slegs ʼn waarnemer, koper of kritikus nie. 8.1 Met verwysing na die werk in FIGUUR 8a, vertel hoe die kyker

betrek kan word binne die komposisie van Andries Botha en interaktief die kunstenaar se toepassing van kunsbeginsels kan ervaar. (6)

8.2 Met die doel van die beeldhouer van die werk in FIGUUR 8b in

gedagte, beskryf en verduidelik die sukses of mislukking met redes vir jou mening. (4)

8.3 Evalueer in ʼn kort paragraaf beide die gevolglike werke van FIGURE 8c

en 8d in verband met die volgende: x Doel x Media x Interaksie. (4)

8.4 Skryf ʼn kort oorsig as ʼn kunskritikus oor die voor- en nadele van modern

tegnologie, met die klem op minstens TWEE kunswerke wat jy bestudeer het. Stel dit duidelik WAAROM jy glo elke werk ʼn bate is vir die kunswêreld al dan nie, met verwysing na die volgende: x Doel x Impak x Tydloosheid x Waarde. (6)

[20]

Page 19: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 19

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

FIGUUR 8a: Andries Botha, “Jy kan my

Hart en my Siel Koop”, Dryfhout, De Panne Strand, België

FIGUUR 8b: Lawrence Argent, “Ek Sien wat Jy Bedoel”, Publieke Installasie, Colorado Konvensie-sentrum

FIGUUR 8c: Poolse straatkunstenaar,

Konglomeraat van borrels FIGUUR 8d: Peter Erskine, “Spektrum van Tyd”, permanente reënboog sonwyser kalender, Installasie

TOTAAL: 100

Page 20: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

NOVEMBER 2014

VISUELE KUNSTE V1 MEMORANDUM

PUNTE: 100

Hierdie memorandum bestaan of 17 bladsye.

Page 21: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

2 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

RIGLYNE: Dit word verwag van die KANDIDAAT om die volgende te demonstreer: x Enige VYF vrae te beantwoord vir ʼn totaal van 100 punte. x Vrae en onderafdelings duidelik en korrek te nommer. x Inligting reeds bespreek in een vraag, nie te herhaal in ander antwoorde nie.

Indien herhaal, word punte slegs die eerste maal toegeken. Kruisverwysings na kunswerke is toelaatbaar

x Dat antwoorde in volsinne en paragrawe sal wees, volgens die instruksies vir elke vraag. PUNTE-TABELLE SAL MINIMALE PUNTE VERWERF.

x Die gebruik van korrekte kunsterminologie. x Die gebruik en implementering van visuele analise en kritiese denke. x Skryf- en navorsingsvaardighede binne ʼn historiese en kulturele konteks. x Plasing van spesifieke voorbeelde binne ʼn kulturele, sosiale en historiese

konteks. x ʼn Begrip van eienskappe/besondere kreatiewe styl. x Die identifisering van die professionele praktyk van plaaslike kunstenaars. Dit word verwag van die MERKER om die volgende te demonstreer: x Aanvaarding van bewese beredenering binne die konteks van die vraag. x Inligting in gedagte te hou wat reeds bo-aan sommige vrae verskaf is. x Volgens bostaande gidslyne aan die kandidate na te sien.

Page 22: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 1

OOORSIG VAN 19de EEUSE KUNS IN EUROPA Gedurende die 19 de eeu is die Neo-Klassieke kuns beskou as ʼn kuns om die mense op te voed. Dit is aangewend as ʼn reaksie teen die speelsheid van Rococo. Ander Europese kunstenaars het individualisme verheerlik, soos die Romantisisme kunstenaars wat met nuwe onderwerpe, komposisies en tegnieke geëksperimenteer het, en die Pre-Raphaeliete wat die eerlike eenvoud van die Italiaanse Raphael nageboots het. Die Realiste het na waarheid en akkuraatheid gestreef. 1.1 Hierdie is ʼn lae-orde vraag. In ʼn kort paragraaf oor FIGUUR 1a, moet

die onderwerpmateriaal gebaseer op vroeë Romeinse geskiedenis, genoem word as die Horatti broers wat hul eed aflê van gewilligheid om te sterf vir hul land, met hul hande na die swaarde in die hand van hul vader, voor die stryd teen die Curatii broers. Tipiese Romeinse soldaat-uniform bevestig dit, sowel as die klassieke argitektuur in die agtergrond, wat subtiel die krag van die boodskap versterk deur die weergawe van die gespierde figure teenoor die skaduwees. Die komposisie reflekteer die Neo-klassieke benadering van die opvoeding van die kyker, dat moed en patriotisme hoër geag moet word as gevaar of pyn, soos weergegee deur die gespierde figure van die vier mans, sterk kontrasterend teenoor die gekromde figure van die huilende vroue, waarvan een verloof was aan een van die vyande van haar broers, wetende dat sy in ieder geval ʼn geliefde sou verloor. Die grafiese struktuur van liniariteit, driehoeke, chiaroscuro en gladde verfaanwending versterk die boodskap in hierdie Neo-klassieke benadering. (6)

1.2 Hierdie is ʼn medium orde vraag. Ten opsigte van FIGUUR 1b, moet die

leerder aandui hoe die kunstenaar lig aangewend het op die klere van die hoofkarakter, waar die ligte tone ondersteundend is van sy onskuld, teenoor die donker tone van die omgewing en agtergrondskaduwees. Die kyker behoort met gemak die offer van Christus te herroep met sy uitgestrekte arms tydens kruisiging, wat die rede is vir hierdie benadering deur Goya. Die kunstenaar beklemtoon dit deur die weerkaatsende lig vanaf die lantern op die sentrale figuur, wat empatie aanwakker teenoor die Spaanse burger wat die gesiglose, gevoellose soldate in die gesig staar, wat soos een masjien opereer in die donkerte van die nag, met hul wapens genadeloos gerig. Die onderliggende boodskap word versterk deur die baie donker tone van bruin tot swart, wat bydra tot die gevoel van dreigende gevaar vanuit die skaduwees, met die baie ligte area aan die linker rand van die skildery, maar baie klein, tog baie duidelik in die platheid en min toonwaardes, verwysend na krag van erge boosheid teenoor die goeie. (4)

Page 23: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

4 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.3 Hierdie is ʼn medium orde vraag. In die beskrywing van die uitleg van

die komposisie in FIGUUR 1c, moet die leerder begrip toon vir die boodskap van swoeg. Die skadu oor die heuwel in die agtergrond, beklemtoon dat die klipbrekers skaars bewus is van hul omgewing, behalwe vir wat hul verplig is om te doen en te ly. Die sterk jong man wat reeds moeg is, het nodig om die klip op sy knie te stut. Die ou man kniel terwyl hy kap, met sy rug wat waarskynlik pyn. Die toneel, asof van links na regs, op die voorrand, betrek die kyker dadelik soos in ʼn drama op `n verhoog. Die herhaling van vorms in arms, bene, gereedskap en klippe, weerspiëel die moeisame ritme van hul uitputtende werk. (4)

1.4 Hierdie is ʼn hoë orde vraag. In ʼn kort opstel van minstens twee

paragrawe, kan die analise van beide Suid-Afrikaanse kunswerke van FIGURE 1d en 1e, met verwysing na Europese invloed in TEGNIEK sowel as boodskap, die volgende insluit: In FIGUUR 1d pas Feni grafiese lyne vryelik en ekspressionisties toe, wat distorsie in die vergrote hande en voete, asook in die te groot mond van die kleiner figuur toon, met die idee van ʼn poging tot selfbeskerming, wat die emosie van vrees verhoog, siene dat gevaar skynbaar dreig. Die feit dat die groter figuur oënskynlik gesigloos is, kan die begeerte om weg te kruip, impliseer. Sterk houtskoolmerke dra by tot die tekstuur en hierdie tegniek in ekspressionisme ondersteun die sterk emosionele reaksie vir die kyker. In FIGUUR 1e gebruik Bester collage in gemengde media en kon wel deur beide Dada en Ekspressionisme beinvloed gewees het, te siene aan die verwronge gesig van die polisieman, met ʼn regte waterkraan as neus, ʼn werklike ketting en slot elders in die komposisie, ʼn vergruisde blikkie en ander gevonde objekte, aangewend op ʼn baie ekspressionistiese wyse oor collage prente, wat baie emosie aanwakker met die duidelike boodskap van ondervraging en polisiëring. Individuele werke moet benoem word wanneer hul ge-analiseer word. Aanvaar enige ander logiese verduideliking met stawing. (6)

[20]

Page 24: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 2 DIE GEBOORTE VAN MODERNISME Tot diep in die 1800`s het akademiese instellings voorskriftelik oor kunstenaars geheers en slegs werke aanvaar vir uitstallings volgens hulle tradisies en verwagtinge. In Frankryk het Keiser Napoleon III ʼn spesiale uitstalling laat plaasvind vir die werke wat nie deur die Akademie aanvaar is nie. Toe die akademici en die tradisionele mense van die publiek die uitstalling bywoon, was hulle geskok en het met alles die spot gedryf. Omdat hierdie uitstalling nie gereeld plaasgevind het nie, het hierdie alternatiewe kunstenaars ook begin uitstal by ʼn goedgesinde fotograaf se ateljee. Selfs vandag nog strek invloede van hierdie nuwe beweging ver. 2.1 Hierdie is ʼn lae orde vraag. Die naam van die uitstalling, “Salon des

Refuses”, was deur die publiek met skok genoem, met verwysing na die onaanvaarbaarheid van die werke wat as vreemd beskou is, soos Louis Leroy die skildery deur Claude Monet, bekend as “Impression Sunrise”, gekritiseer met verwysing daarna as nie veel meer as ʼn skets nie. (3)

2.2 Hierdie is ʼn medium-orde vraag. Die spel van lig op kleur is duidelik in die

ligkolle op die diep bruin vel met kontrasterende blou, delikaat in die wit vermeng. Hierdie spel van lig op kleur, die vae rande van die geboue in die agtergrond, asook die atmosfeer van hartseer in die seun se gesig, toon duidelik die invloed van Westerse Impressionisme. Die sagte medium van waterverf, asook die sensitiewe kontraste en subtiele gradering van toonwaardes en kleure, is uiters effektief in Impressionisme. (3)

2.3 Hierdie is ʼn lae-orde vraag en ʼn medium-orde vraag gekombineer. In ʼn

kort opstel van ongeveer EEN bladsy, moet die benaderings van twee kunstenaars bespreek word. In hierdie Neo-Impressionistiese landskap van FIGUUR 2b, benader Pissarro die komposisie intellektueel met definitiewe beplanning en besonderhede, met divisionisme vir optiese illusies, eerder as vlietende kleur ontwerpe van Impressionisme. Ook is pointellisme te sien in die klein spatseltjies wat sistematies aangewend is, wat dit ʼn wetenskaplike benadering maak, waar kleure helderder en kragtiger voorkom. In die benadering van August Rodin met sy beeldhouwerk van FIGUUR 2c, waar die figure ontwikkel nader aan modernisme, met voue van hul draperings nie glad en reguit nie, maar eerder atmosferies, asof roerend in die wind. Dit veroorsaak ook dat lig op die oppervlak van elke figuur opgebreek word in klein kolletjies, asof die figure in die lig beweeg. Met geen harde rand nie, vang selfs die gesigte oënskynlik die atmosfeer vas met klem op die oë en lyftaal, eerder as ander definitiewe gelaatstrekke, wat die kyker toelaat om die baie sterk emosies gewaar te word van die burgers wat op die punt is om tereggestel te word. Rodin het die voetstuk van die basis of beeld verwyder, wat die kyker tot oogkontak in staat stel. (8)

Page 25: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

6 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.4 Hierdie is ʼn hoë orde vraag. Met al die onaangename dinge wat in die

wêreld gebeur, wou Auguste Renoir aangename kuns weergee en die Suid-Afrikaner, William Kentridge het hierdie vrolike “Boating Party” van Renoir gebruik om ʼn onaangename situasie weer te gee met sy terugkeer vanaf Parys na Suid-Afrika, om die kyker te skok, waar kranksinnigheid bekoring verplaas in die werk van FIGURE 2d. Onder analise kan die greep van ʼn noodtoestand in Suid-Afrika bemerk word aan die brandende motorband wat afkom op ʼn bokskryt in die eerste panel van die triptiek, verteenwoordigend van die stryd gedurende Apartheid en die dreigende beheer van hulle wat die blanke regering sou omverwerp deur eenheid in getalle, terwyl in die eerste en tweede panele die ongeërgde eters gemaklik verkeer, onbewus dat hul eintlik in ʼn bokskryt is, terwyl hul hul absurd waardelose aktiwiteite beoefen. Onbewus dat die omringende area geplunder, verskeur en verbrand word, word gewone gedrag weergegee binne ʼn baie kwesbare opset. In die eerste paneel koester ʼn vrou ʼn jong bosvark, in die tweede paneel hou ʼn hand rou vleis vas en in die derde paneel staar sy opwaarts na ʼn verskroeide kop van ʼn vark. Hierdie kontras van oënskynlik gewone omstandighede teenoor vreesaanjaende stryd, woede en gevaar, word ondersteun deur die medium en keuse van kleure, sowel as die subtiele hantering daarvan. Ander toepaslike aspekte wat gestaaf word is ook aanvaarbaar. (6)

[20]

Page 26: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3 VROEG 20ste EEUSE KUNS

Voor die 20 ste eeu, was kunstenaars en hulle werke deel van die kulturele ondervinding van die gemmenskap. Toe massa-media egter begin om die kulturele behoeftes van mense te vervul, het slegs die elite en die ingeligtes oor die konteks van die kunstenaar en die kwessies deur hom aangespreek, die vreemde konseptuele werke aanvaar. Een van die kunstenaars het gesê: “As ek groen verf, beteken dit nie gras nie, as ek blou verf, beteken dit nie lug nie.” 3.1 Hierdie is ʼn lae orde vraag. In ʼn opstel van ongeveer EEN bladsy, word

invloede herroep, soos moderne wapens, vervoer, spoed, tegnologie, elektrisiteit, mediese prestasies, massa media en verstedeliking. Hierdie en ander invloede het kunstenaars buite perke laat begin kyk na die wêreld. Die leerder moet noem dat hierdie kunstenaars naturalisme wou vermy, wat gelei het tot hul bevryding van kleur. Arbitrêre keuses van kleur is soms onverdund in suiwer tone direk uit die buis aangewend en dikwels is voorgrond en agtergrond ewe helder weergegee. Vorm was ondergeskik aan kleur, wat onberekend gekies en emosioneel aangewend is. Daar moet na sommige van die individuele kunstenaars se benaderings in hierdie eiesoortige 20ste eeuse styl verwys word, soos die cloisonné van kleure vasgevang binne donker buitekontoere in sommige areas van individuele kunswerke. (6)

3.2 Hierdie is ʼn hoë orde vraag. In die werk van FIGUUR 3a het Matisse ʼn vrou

weergegee met ʼn deftige hoed, soos talle ander kunstenaars gedoen het, maar sy benadering weerspiëel die grootste bydrae deur die sogenaamde Fauves tot Modernisme in die suiwer erg helder oranje-rooi in haar nek en op haar lyf, wat aandag vestig op haar swart oë by wyse van die omringende suiwer kleure. Kontrasterende kleure gee vorm weer, lig en diepte, waar laasgenoemde anders is as in naturalisme waar geleidelike tonalisering aangewend sou word om drie-dimensionaliteit te skep. Distorsie is duidelik aan die hoed waar realistiese perspektief geheel en al afwesig is. (3)

3.3 Hierdie is ʼn medium orde vraag. EEN van die twee werke van FIGURE

3b en 3c moet gekies word en die intense Ekspressiewe boodskap verduidelik word in ongeveer ʼn halwe bladsy, met verwysing na verskillende elemente in die werk, met duidelike klem op die DRIE hoofkenmerke van Ekspressionisme en waar dit duidelik is in die werk. Merk-makery in die werk van FIGUUR 3b is energiek en duidelik, weerspiëlend van die sterk smart van die treurende moeder, wat tevergeefs haar liggaam beskermend oor die dooie kind vou. Saam met die lyne op die gesig wat die pyniging weergee, is die sterk donker tone van die monochromatiese medium. Die verwronge vorm van die verenigde liggame is die ander tipiese eienskap van ekspressionisme. Let daarop dat OF FIGUUR 3b OF 3c bespreek moet word. In die geval van FIGUUR 3c, is die sterk kwasmerke in die area van die kop en gesig, asook die distorsie van oë wyd uitmekaar geplaas en ʼn te groot hand met verwronge vingers, tesame met die sterk aanwending van kras rook- en bleek wit, beklemtoning van die emosionele staat van skaamte en opgelegde swye. (4)

Page 27: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

8 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.4 Hierdie is ʼn hoë orde vraag. Met analisering van die werk deur

Delaugney in FIGUUR 3d, kan die leerder uitwys hoe die Eiffeltoring letterlik uittoring bokant die wolkekrabbers, met wolkagtige pofferige vorms om die boonste gedeelte van die toring. Laasgenoemde word gewys soos die blik van ʼn voël, terwyl die laer area vertoon word asof deur die oog van ʼn wurm. Hierdie verskillende hoeke word weergegee binne een komposisie meteens, terwyl ander eienskappe die gefragmenteerde areas is wat oorvleuel en in mekaar inbloei in sommige ruimtes. Die abstrakte gedeeltes saamgevoeg tot herkenbare argitektoniese beelde, plaas die werk in die Sintetiese fase. (3)

3.5 Hierdie is ʼn medium orde vraag. In ʼn kort bespreking van Futurisme,

mag die gekose werk 2-dimensioneel of 3-dimensioneel wees. Die afwesigheid van vroulikheid, passiwiteit en konvensionaliteit, is sommige van die anti-beweging kenmerke wat uitgewys sou kon word in die gekose werk, waar aggressiewe, sterk, manlike en tegnologiese geïnspireerde temas en elemente geïndentifiseer kan word, soos in die moderne beeld “Unieke Vorms van Kontinuiteit in Ruimte” deur Boccioni, waar vlamagtige dele geheg aan sterk gewrigte, ʼn manlike figuurvorm wat die toekoms instap skep. ʼn Skildery mag ook gekies word, waarin die positiewe houding tot tegnologie weergegee word in ritmiese beweging, spoed of dinamies aksie. Die werk en kunstenaar moet benoem word vir een punt. Let op dat die invloed van Kubisme kortliks verduidelik moet word, in hoe divisionisme aangewend is en met fragmentasie in Futurisme, waar die dele nie gesentraliseer is nie, maar verspreid ter wille van ritmiese beweging. (4)

[20]

Page 28: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 4: ARGITEKTUUR Frank Lloyd Wright het geglo dat vorm en funksie gekombineer moes word, wat dus eerlike argitektuur moontlik maak. Elk van ʼn aantal ander leidende argitekte van Modernisme en Post eras het ook individuele beginsels onderrig. 4.1 Hierdie is ʼn lae orde vraag. Die leerder moet in ʼn kort opstel van minstens ʼn

halwe bladsy, die argitek se skulpturele benadering uitwys, asook die poëtiese aanwending van kunsbeginsels in sy ontwerp van die gebou, soos te sien in FIGUUR 4a: Die ritme van herhaalde sirkelvorms in ʼn definitiewe patroon asof van ʼn skulp, met die kontras van die reghoekige gedeelte binne die sirkelvorm aan die linkerkant van die gebou, skep gelyktydig kontras en klem en toon die ritmiese patroon van ʼn gedig of ʼn musiekstuk. Die ruimtes tussen die horisontale sirkelvormige bande, is soos toepaslike intervalle tussen verse. Die vyf kurwes van die spiraal reflekteer die beginsel van kontinuiteit en oor die algemeen koppel die administrasieblok aan die museum deur ʼn horisontale betonband, wat die genoemde beginsel herhaal. (6)

4.2 Hierdie is ʼn medium orde vraag waar die drie hoofbeginsels van die

Internasionale Styl, soos waargeneem in die werk van FIGUUR 4b, bespreek moet word in ʼn opstel van ongeveer EEN bladsy, verduidelikend oor die belangrikheid van: x Benadering x Materiale x Kenmerke as uitstaande van die 20ste eeu x Visuele aantreklikheid x Reaksie van die publiek Sober styl van kubus-vorms met gebrek aan gegote vorms, het standaardisering moontlik gemaak, soos gesien kan word in die baie massa-vervaardigde eenderse vensterruite, die herhaling van eenderse modulêre eenhede en die massa-vervaardigde gewapende beton blokke wat die konstruksie van liggewig wolkekrabbers op slank pilare moontlik maak, asof gewigloos, met die ondersteuning van die gewapende beton vrydraende balk. Die wegspring van die skeletstruktuur, wat die gewig van dakke en vloere dra, verskaf onbeperkte openinge in mure wat die byna ontelbare groot vensters bemoontlik en ʼn gordynmuur vorm, wat tesame met die onversierde struktuur, ʼn gladde masjienagtige afwerking weergee. Teen die 1970s was die bekostigbaarheid van massabehuising en die helder refleksies van die omgewing op die gordynmure, nie meer genoegsaam om die 20ste eeuse publiek van tuinstede te beïndruk nie. Hulle het die kubustiese aard van die strukture en funksionele binneruimtes vervelig gevind en die ru, onbedekte materiaal en onpersoonlike aard van eenvormigheid, taamlik brutaal. (8)

Page 29: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

10 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.3 Hierdie is ʼn hoë orde vraag wat in nie minder as ʼn halwe bladsy

beantwoord moet word nie, waar analise van die “High Tech” eienskappe soos vervat in die werk van FIGUUR 4c, ge-evalueer word en die voor- en nadele van die styl uitgewys word. Hierdie pragmatiese hoë tegnologie gebou het sterk gekontrasteer met die baie geskiedkundige strukture in die area van Parys, met ontblote anatomie aan die buitekant van die gebou, wat die “metabolisme” daarvan vertoon met kleurgekodeerde pype en buise wat dienste aandui van lugreëling, water, besoekersverkeer soos die massiewe Perspex hysbakke aan die buitekant, wat honderde besoekers na die boonste vlakke neem op ʼn speelse wyse, asof hulle ʼn reuse meccanostel geniet, eerder as ʼn tradisionele statiese pophuis, wanneer hul kom deelneem aan wat die talle uitstallingsfasiliteite te bied het. Die onderliggende dienspunte en vrye vloerspasie vir uitstallings en werkswinkels van kuns, musiek, film, teater, moderne kuns, industriële ontwerp, publieke biblioteek en akoestiese navorsing, is verteenwoordigend van ʼn reuse vliegtuigskuur, ondersteun deur ʼn staalpyp- raamwerk. Gebaseer op aerodinamika tegnologie, is die blootgestelde struktuur lig en sterk deur die aanwending van swaar geïsoleerde muurpanele, staal en aluminium-rame, spiëelglas in neoprene pak-plate, vlekvrye staal, chroom, plastiek en verskeie metale. Die ingewikkeldheid van ontwerp en hoë tegnologie waarvoor verskeie ontwerp- en konstruksie-spesialiste saamgewerk het vanuit verskillende lande, veroorsaak hoë kostes. (6)

[20]

Page 30: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 11

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 5 TUSSEN DIE WÊRELDOORLOЁ 5.1 Hierdie is ʼn lae orde vraag, waar die leerder in twee paragrawe moet vertel

van die benaderings, materiale en tegnieke aangewend in die werke van FIGURE 5a en 5b, waarvan hulle die verskynsel van Dada bestudeer het. Die absurde gemoedstoestand verhef ʼn industriëel-vervaardigde urinaal tot openbare vertoon, geplaas op ʼn voetstuk, geteken en gedateer en ingeskryf vir ʼn kunskompetisie, wat die anti-kuns benadering weergee van die sogenaamde “ready-made” stukke, so dikwels deur Duchamp gebruik in verkleinering van die idee van uniekheid van kunsstukke sowel as die stelsel van kunsmuseums, deur die verklaring dat enige iets kuns is, wat lei tot die niksheid van kuns. In hul weerstand teen die Eerste Wêreldoorlog en tradisionele waardes, was die proteswerke doelbewus uitdagend en skokkend, ook teen logika en rede. In die ondersoek van die onderbewussyn, is die briefhoof van die KomMERZ-bank gedeeltelik herwin in hierdie werk van Schwitters, saam met weggegooide verpakking, tremkaartjies en ander rommel, gecollage tot ʼn komposisie wat vrae aanwakker oor die effektiwiteit van sake, soos die onfunksionele vliegwiel. (6)

5.2 Hierdie is ʼn medium orde vraag, waar minstens VIER eienskappe van

Surrealisme te sien in die werke van FIGURE 5c en 5d, geannoteer en die elemente bespreek word, reflekterend van begrip van die effek van individuele media aangewend in elke werk. In FIGUUR 5c laat Miro die onlogiese heers, terwyl die onderbewuste ondersoek word waar die droomwêreld fantasië, eerder as die logiese en die rasionele, die kyker uitnooi om saam met die kunstenaar te ontsnap van die chaos van die tyd, na ʼn hoër realiteit van ʼn surrealistiese gemoedstoestand. Die kunstenaar beweer dat hy hallusinasies gehad het as gevolg van honger en gee sy sensasies weer van sy tuiskoms die aand, met ʼn venster en tafel in ʼn kamer, met vreemde groepe insekagtige kreature wat met musiek speel en dans, waarvan een ʼn menslike gesig met verspotte snor het. Die eerste fase van sy benadering is vry en onbewustelik, waarna hy die verf toelaat om asof spontaan te ontwikkel, en dan doelbewus manipuleer in die tweede stadium. Hy glo dat automatisme hom die vryheid gegee het om sy drome en fantasieë uit te beeld. In FIGUUR 5d is ʼn installasie deur Dali van ʼn regte verlate motor, wat onder normale omstandighede geassosieer sou word met alleenheid en ruwe omstandighede van leweloosheid, gewysig deur die plasing van lewensgroot poppe, een ʼn spookagtige histeriese vrou op die agterste sitplek en die ander ʼn onverstoorde bestuurder. Erg groen rankplante kruip binne en buite energiek rond, sowel as werklike slakke binne in die water-deurdrenkte motor, wat die snaakse verbeeldingsvlugte van die onderbewussyn, wat dikwels eienaardige teenoorgesteldes tot realiteit weergee, soos in ʼn nagmerrie, waar waarheid en fiksie versmelt op vreemde wyses. (8)

Page 31: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

12 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5.3 Hierdie is ʼn hoë orde vraag, waar enige welbekende Suid-Afrikaanse

kunstenaar van Surrealisme benoem moet word, asook ʼn werk wat bestudeer was. Spesifieke kenmerke van Surrealisme in die werk moet geanaliseer word en die moontlike betekenis en impak moet gestaaf word in die evaluering. Moontlike keuses mag ʼn werk wees van Alexis Preller, Fred Page, of ander Suid-Afrikaanse kunstenaar wat definitief bestudeer is. (6)

[20] VRAAG 6

OOORSIG VAN POST-1946 KUNS

“... die doek het vir een Amerikaanse skilder na die ander as ʼn arena voorgekom waarin opgetree kon word – eerder as ʼn ruimte om in te reproduseer…” – Harold Rosenberg

6.1 Hierdie is ʼn lae orde vraag. Die leerder moet in ʼn kort opstel van ongeveer

ʼn halwe bladsy, die werk van Hans Hofmann in FIGUUR 6a ondersoek om die sintese van Kubisme en Fauvisme, soos te sien in hierdie Abstrakte Ekspressionisme werk, uit te wys, asook die werk deur die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Kevin Atkinson in FIGUUR 6b, oor hoe dit skakel met Amerikaanse Abstrakte Ekspressionisme. Met sy invloed van Kubisme, Fauvisme en Ekspressionisme, het die Amerikaanse Hofmann, die proses van skilder beklemtoon, deur die gebruik van fragmentasie van gedeeltes tot vorms, soos in Kubisme gedefiniëer deur ʼn geometriese benadering, oorvleueling en versmelting in sommige areas. Hierdie oorvleueling en versmelting is ook duidelik in die aanwending van kleur. Aan die linkerkant van die komposisie veral word duidelike vorms getoon met diepte van oorvleueling en agter die groot reghoek in blou, subtiele tone van warm kleure wat die illusive van diepte skep. Soos in Fauvisme, is die emosionele kleure bykans lukraak aangewend en in baie suiwer tint. In FIGUUR 6b wend Atkinson ʼn verskeidenheid helder, byna primêre kleure aan, asook swart en ligbruin. Die kwashale in verskillende rigtings dui lae aan. Soos in ander werke van hom, verteenwoordig die fisiese ruheid van merkmaking energie, krag of selfs frustrasie. Die skokkende hale en kolle herrinner aan die aksie verwery van Jackson Pollock, wie se komposisies ook tot buite die rande van die doek verbystrek. (6)

Page 32: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 13

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.2 Hierdie is ʼn medium orde vraag. Hierdie opstel van EEN bladsy, behoort ʼn

beskrywing te wees van hoe onderwerpmateriaal die “Amerikaanse droom” definieer in die werke van FIGURE 6c en 6d om begrip van Pop-kuns te reflekteer. Die gees van rebellie teen sosiale konservatisme en middelklas kultuur kan gesien word in die plakkaat van FIGUUR 6c waar die woord “Aquarian” politieke en humanitêre veranderinge en die ideale van menslike gelykheid kan voorstel. In die vermaaklikheids-industrie in die besonder, het daar rebellie gekom teen middelklas voorspoed komende van tegnologiese ontwikkeling en gevolglike massa-produksie terwyl die ekonomië van die Westerse wêreld begin herleef het na Tweede Wêreldoorlog. Die “Beat” generasie het gelei tot anti-kulturele waardes en die ondersteuning vir ʼn vrye lewensstyl met min erg aan verantwoordelikhede, is gepropageer by die “3 days of peace and music” aanhaling. Die wit duif is simbolies van vrede eerder as oorlog en die hand met kitaar-arm, die simbool vir pret eerder as werk. Die plakkaat verteenwoordig die begeerte van die rebelse jeug om NIE betrokke te wees by die Amerikaanse droom van werk en verdien van `n goeie tuiste in ʼn voorstad met moderne apparaat, ʼn nuwe motor elke paar jaar en `n stabiele en verantwoordelike gesinslewe nie. In die werk van FIGUUR 6d, het Wesselman humoristies die binnekant van ʼn middelklas kombuis gecollage met gedrukte advertensies, ʼn koelkasdeur van emalje en sintetiese polymer verf op bord en plastiek 7-Up bottels, sowel as plastiekblomme. Dit beklemtoon beslis die oppervlakkigheid van die najaag van rykdom. Die kombuis opwasbak en elektriese stoof verteenwoordig sommige van die ander begeerlike stukke apparaat wat veronderstel is om die lewe te vergemaklik, maar met al die oordaad, vermeerder verantwoordelikheid, soos die nodigheid vir ʼn koelkas om die te veel kos te red van bederwing. Hierdie werk mag ook meer positief vertolk word, mits dit gestaaf word. (8)

6.3 Hierdie is ʼn hoë orde vraag. Die kenmerke van Super Realisme in die werk

van FIGUUR 6e, moet ge-evalueer word met verwysing na die hantering van kunsbeginsels en die aanwending van media. Veselglas-versterkte polyester resin was deur Hanson gebruik om lewensgroot replikas van mense te maak, wat hy dan foto-realisties geverf het met olieverf. Daarna het hy hulle aangetrek met regte klere en bybehore en hul geplaas in publieke areas as super-realistiese installasies. Die impak hiervan is treffend in die uitstekende balans in die wyse waarop die mollige vrou diep sit op die stoel, met haar voorarms rustend op die klein tafeltjie. Die klein items op die tafel kontrasteer nie net met haar grootte nie, maar dra by tot verskeidenheid van vorms en groottes. Die horisontale tafelblad verskaf ritme in die herhaling van die stoelblad, die vloer en die klein swart houer op die tafel. Die inkopiesak en handsak balanseer mekaar en die inkopiesak bring ook balans aan die voorkant waar, daarsonder, dit te leeg sou wees en die klein objekte op die tafel sou te sterk met die swaar vrou gekontrasteer het. Die gladde tafelblad, krullerige hare en gepatroneerde rokmateriaal, asook die sokkies en skoene verskaf verskeidenheid van tekstuur. Ander aspekte wat kunsbeginsels bevestig, mag aanvaar word. (6)

[20]

Page 33: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

14 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 7 NUWE MEDIA

“ʼn Kunstenaar is nie ʼn geisoleerde stelsel nie. Om te oorleef, moet hy gedurig interaksie hê met die omringende wêreld ... Teoreties is daar geen beperkinge vir sy betrokkenheid nie.” – Hans Haacke 7.1 Hierdie is ʼn lae orde vraag. Die student moet herroep hoe Kosuth

gepoog het om die aandag van die kyker op die gedagte-prosesse te vestig in die werk van FIGUUR 7a en ook sê hoe hy die kyker onderrig om aan te hou met interaksie met die idée van die kunswerk in plaas daarvan om op die formele komponente van die werk te fokus. In hierdie werk gaan dit nie oor die estetiese waarde soos met tradisionele kunswerke nie, maar die eenvoud van die installasie wat ʼn in-diepte ondersoek oor die stelsel van simbole wat deur alle mense op aarde gebruik word, behoort aan te wakker Die kunswerk bestaan uit ʼn werklike stoel tussen ʼn foto van dieselfde stoel en ʼn vergrote woordeboekverklaring oor wat ʼn stoel is. Daar is ook ʼn diagram met instruksies aan die kyker. Hierdie diagram en die kopie van die woordeboekverklaring, is beide geteken deur Kosuth en hierdie twee stukke is die enigste elemente van hierdie werk wat dieselfde sal bly wanneer die instruksies van die kunstenaar uitgevoer word. Die opdrag aan die kyker is om homself betrokke te kry deur presies dieselfde te doen as wat die kunstenaar gedoen het, maar met die verstandhouding dat die stoel vervang kan word met ʼn ander een en dat die foto dus ooreenstemmend sal verander. Die stoel, die terrein en daarom ook die foto, sal gedurig verander word, maar die werk van kuns sal essensiëel dieselfde bly. (6)

7.2 Hierdie is ʼn medium-orde vraag. Die betrokkenheid van die kunstenaar

moet herroep en beskryf word en in ʼn tweede paragraaf, moet ʼn ander kunswerk wat bestudeer is, as voorbeeld benoem en beskryf word, waar die fisiese teenwoordigheid van die kunstenaar onontbeerlik was. Sê wat sy betrokkenheid en die belangrikheid of impak daarvan was, met aanraking van die volgende:

x Eiesoortige media x Onderwerpmateriaal x Tegniek x Boodskap Andy Warhol het konseptuele kommentaar gelewer op die onderwerpmateriaal van slaap, deur homself te laat verfilm terwyl hy vir meer as vyf ure geslaap het, soos te sien in FIGUUR 7b, wat op verrassende wyse interaksie met die kyker verkry, wat die teenwoordigheid van die kunstenaar se beeld en asemhaling, uitnodigend tot reaksie kon ervaar in verband met die konsep van slaap, op ʼn uiters intieme wyse. Vir die tweede paragraaf sal die leerder ʼn punt verdien vir die naam van die kunstenaar en die titel van die werk wat bespreek word volgens die punte hierbo genoem. (8)

Page 34: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 15

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.3 Hierdie is ʼn hoë-orde vraag. In die analisering van aspekte van installasie

kuns wat geïdentifiseer moet word uit minstens EEN van die werke van FIGURE 7c en 7d, met in gedagte die aanhaling van Hans Haacke aan die begin van die vraag, moet verwys word na die volgende: x Komposisie en ruimte x Ander kunselemente x Interaksie/impak In die werk van FIGUUR 7c, het Emin haar bed gerangsik vir openbare besigtiging, met die aanwending van drie-dimensionele ruimte waarbinne sy haar onvolmaaktheid blootstel en dit asook onsekerheid erken in ʼn baie persoonlike omgewing. Met die objekte om haar bed gestrooi, vertel sy haar storie van ʼn senuwee-ineenstorting, waarmee die kyker tydelik gekonfronteer word. Die kyker word aspekte van ondervinding aangebied soos tekstuur, ruimte, met die tema-verwante konsep, in hierdie geval ʼn baie persoonlike kwessie. Die lyne van die kussings en die rande van die bed, kontrasteer met die gekreukelde laken en wanorde op die mat. Daar spreek die pop met die gesig na onder op die rand van die mat, waarskynlik van die verlies van kinderlike onskuld en vertroue, gesien in die lig van die koerant deels bedek onder die neergesmyte laken, wat verwys na dreigende kwessies. Die wanorde op en om die bedtafeltjie skep ʼn emosionele en ekspressiewe patroon. In die werk van FIGUUR 7d, het Kusama ʼn sensoriese omgewing geskep met elf ballonne, viniel kolle en veranderlike installasie dimensies. Die titel verklap ʼn obsessie wat elemente van herhaling en opeenhoping weergee, met baie energieke beweging wat aan die kyker ʼn plesierige sensoriese ondervinding bied. Hoewel die ballonne binne ʼn struktuur behou word, skep die wit van die voering ʼn illusie van aanhoudende ruimte wat verby die kolle strek wat daarop afgedruk is. Die verskillende groottes kolle skep verskeidenheid en die herhaling daarvan sprankelende kleure wat ook bydra tot verskeidenheid en kontras. Die verskillende vorms van die ballonne skep subtiele kontras. (6)

[20]

Page 35: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

16 VISUELE KUNSTE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 8 DIE KUNSWÊRELD

Met moderne tegnologie, is grense onbeperk en vermaak en visuele kunste word versmelt op verstommende wyses. Dikwels word die sogenaamde kyker van visuele kunste nou ʼn inter-aktiewe rolspeler met die kunstenaar, nie meer slegs ʼn waarnemer, koper of kritikus nie. 8.1 Hierdie is ʼn lae orde vraag. Met verwysing na die werk in FIGUUR 8a, moet

die kyker se moontlike betrokkenheid in die komposisie van Andries Botha en die interaktiewe ondervinding as gevolg van die toepassing van kunsbeginsels deur die kunstenaar, vertel word. Botha het ʼn klein trop lewensgroot olifante uit dryfhout geskep, as die mees gepaste materiaal in ʼn omgewing waar hout wat heen en weer deur die see gespoel kon word, van dieselfde tekstuur sou wees. Plasing in die spesifieke omgewing, met baie ruimte tussen die positiewe objekte, roep na strandwandelaars om vryelik onbedreig tussen hierdie reuse diere rond te beweeg in die atmosfeer van familie-aktiwiteit van die teerhartige reuse. Die rigting van plasing water toe, is uitnodigend en die herhaling van grotes en kleintjies skep gebalanseerde ritme. Met moderne tegnologie, is die organiese materiaal gekonstrueer met anorganiese draad en boute en moere, wat die kunstenaar in staat stel om sy komposisie te installeer op hierdie kragtige wyse. (6)

8.2 Hierdie is ʼn medium orde vraag. Met die doel van die beeldhouer van die

werk in FIGUUR 8b in gedagte, moet die leerder die sukses of mislukking van die beeldhouer in sy doel beskryf en verduidelik met redes vir sy opinie. Die groot skaal van die beer en die onrealisties kleur, veroorsaak ʼn reuse weerkaatsing op die glasgordyn, wat ongetwyfeld met plesier deur sowel kinders as volwassenes waargeneem sal word. Elke waarnemer kan identifiseer met die nuuskierige aard van die loerende beer en mense word uitgenooi om ook uit te vind wat moontlik binne die gebou aan die gang is. Die titel is duidelik humoristies en in daardie opsig sal elke verbyganger plesier ervaar in die genot van die beeld in ʼn nuwe media, wat herrinner aan klei-modelle deur kinders gevorm van hul gunsteling verhalende karakters. (4)

8.3 Hierdie is ʼn medium orde vraag. In ʼn kort paragraaf word evaluering van

die werke in beide FIGURE 8c en 8d verwag ten opsigte van doel, media en interaksie. In FIGUUR 8c skep die kunstenaar speelse patrone met sy kleurvolle borrels van verskillende vorms en groottes, met die doel om die kykers plesier te verskaf met die aanhoudende beweging en verandering, die weerkaatsings van gesigte en omgewing, wat impressionisties is in die tydelike bestaan van elke geblaasde borrel. In FIGUUR 8d is die doel van die kunstenaar om die voortdurend veranderende posisie van individuele kleure, wat natuurlik nooit verdwyn totdat die kunstenaar sy installasie verwyder nie, as ʼn kalender weer te gee. In hierdie media word die beginsel van prismatiese ligbreking toegepas, wat die kyker in staat stel om interaktief deur die lig te wandel, as’t ware geweek in kleur, terwyl tyd stadig voortbeweeg. (4)

Page 36: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 VISUELE KUNSTE V1besteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-11/V...spesifieke kenmerke van Kubisme daarin aan. (3) 3.5 Benoem ʼn werk van FUTURISME wat jy

(NOVEMBER 2014) VISUELE KUNSTE V1 17

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

8.4 Hierdie is ʼn hoë orde vraag. Die leerder moet in ʼn kort oorsig en die voor-

en nadele van moderne tegnologie evalueer, deur te fokus op minstens TWEE kunswerke wat bestudeer is. WAAROM hy/sy glo dat elke werk ʼn aanwins is vir die kunswêreld al dan nie, moet gestaaf word deur te raak aan die volgende: x Doel x Impak x Tydloosheid x Waarde (6)

[20] TOTAAL: 100