33
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 EKONOMIE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 EKONOMIE V1 - Best Education · 4.2.3 Omskryf die begrip betalingsbalans. (2) 4.2.4 Waarom word netto gouduitvoere aangeteken as ʼn aparte item en nie as deel

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

SEPTEMBER 2015

EKONOMIE V1

PUNTE: 150 TYD: 2 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae as volg:

AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE uit die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord enige EEN uit die twee vrae.

2. Skryf die vraagnommer boaan elke vraag. 3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik word.

4. Lees die vrae sorgvuldig en begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Laat 2−3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 6. Beantwoord vrae in volsinne en verseker dat die uitleg en inhoud van

jou antwoorde ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die vrae.

7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde

waarin dit in die ANTWOORDEBOEK voorkom.

9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 3

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE − 20 MINUTE 1.1 Verskeie moontlike opsies word as antwoorde tot die volgende vrae

gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A, B of C) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1−1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

1.1.1 Belastings en subsidies op ... word in berekening gebring

wanneer die BBP teen basiese pryse bereken word. A uitvoere B produksie C kommoditeite 1.1.2 Faktore wat hul oorsprong van buite die plaaslike

ekonomiese stelsel het, word na verwys as ... faktore. A inheemse B eksogene C endogene 1.1.3 Dit is NIE een van die probleme van openbare sektor

voorsiening NIE: A Prysbeleid B Privatisering C Nasionalisering 1.1.4 Doelbewuste optrede deur die Suid-Afrikaanse

Reserwebank om die waarde van die rand te laat daal, staan bekend as ...

A devaluasie. B depresiasie. C appresiasie. 1.1.5 Die oprigting van ʼn onderneming deur een land in ʼn ander

land, word buitelandse ... genoem. A onderneming B handel C direkte investering 1.1.6 Die regeringsinisiatief wat ingestel is om werkskepping te

verhoog, ekonomiese groei te bevorder en inkome te herverdeel:

A Asgisa B HOP C GEAR

4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

1.1.7 Ekonomiese ontwikkeling ... A lei tot ʼn toename in armoede. B is dieselfde as ekonomiese groei. C is ʼn toename in die vlak van ekonomiese welsyn. 1.1.8 Die aanwyser wat gebruik word om die prestasie van die

ekonomie te meet, word die ... aanwyser genoem. A sosiale B sloerende C ekonomiese (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas.

Skryf slegs die korrekte letter (A−I) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.2.1−1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Ekstrapolasie A staat en semi-staat

ondernemings 1.2.2 BNI B ʼn proses waar mense beweeg

van plattelandse na stedelike gebiede

1.2.3 Parastatale C ʼn monetêre beleidsinstrument

1.2.4 Belasting D om die voorspellings van

toekomstige sakesikluspatrone te baseer op voriges

1.2.5 Verstedeliking E totale inkome ontvang deur

permanente inwoners 1.2.6 Rentekoerse F dit is ʼn nywerheidspark wat

buite die plaaslike doeane- gebied val

1.2.7 Spesiale

Ekonomiese Sone G skakel ʼn onderneming in

staatsbesit oor na ʼn besigheid met beperkte aanspreeklikheid en ʼn winsmotief

1.2.8 Herstrukturering H ʼn fiskale beleidsinstrument I nuut opgerigte nywerheid (8 x 1) (8)

(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 5

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

1.3 Gee die ekonomiese term/begrip vir elk van die volgende omskrywings.

Skryf slegs die term/begrip langs die ooreenstemmende vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer.

1.3.1 Die vloei van inkome en besteding in ʼn kringloop 1.3.2 Hierdie siklusse word glo veroorsaak deur veranderinge in

aktiwiteite in die bou- en konstruksie nywerheid 1.3.3 Optimale toekenning van hulpbronne 1.3.4 Die toepassing van ʼn handelsbeleid waar die staat die invoer van sekere goedere ontmoedig 1.3.5 Daarop gemik om ekonomiese lewensbestaan van sekere

gebiede te verhoog 1.3.6 Verkoop van goedere in ʼn buitelandse mark teen prys wat laer is

as die produksiekoste in die land van oorsprong (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30

6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE redes vir regeringsinmenging in die ekonomie.

(2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe sal jy die begrip vermenigvuldiger verduidelik? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

Inflasie %

10 PK1 PK

6 A

2 B

0 2 4 6 8 10 12

Werkloosheid %

2.2.1 Benoem die grafiek wat hierbo voorgestel word. (1) 2.2.2 Watter punt op die grafiek toon die oorspronklike natuurlike

werkloosheidskoers aan? (1) 2.2.3 Wat is die gevolg van PK1 wat by punt D sny? (2) 2.2.4 Noem enige aanbodkant beleidsmaatreël wat aangewend kan word

om PK na PK1 te verskuif. (2) 2.2.5 Verduidelik die verhouding tussen werkloosheid en inflasie in die

bostaande grafiek. (4) [10]

14

DE C

(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 7

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

2.3 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. NASIONALE REKENINGE SYFERS R (miljard) Finale verbruiksbesteding deur huishouding 1 907,2 Bruto vaste kapitaalvorming 604,4 Veranderinge in voorrade 8,2 Finale verbruiksbesteding deur algemene

owerheid 707,0 Oorblywende items 24,6 Bruto binnelandse besteding (A) 2.3.4 Uitvoere van goedere en dienste 891,6 Invoere van goedere en dienste 987,8 Bruto Binnelandse Produk @ markpryse 3 155,2 Primêre inkome van die res van die wêreld 48,5 Primêre inkome aan die res van die wêreld 118,5 Bruto Nasionale Inkome @ markpryse 3 085,2 Verbruik van vaste kapitaal 404,9 Netto Nasionale inkome @ markpryse 2 680,3

[Bron: Bereken uit Suid-Afrikaanse Reserwebank, 2013] 2.3.1 Watter berekeninsmetode van die BBP is in die bostaande

tabel toegepas? (2) 2.3.2 Waarom word invoere van die BBB syfers afgetrek? (2) 2.3.3 Wat moet gedoen word om die BBP teen markpryse om te

skakel na die BNP teen markpryse? (2) 2.3.4 Bereken die Bruto Binnelandse Besteding in die bostaande

tabel, aangedui as (A). (4) 2.4 Bespreek kortliks oneffektiwiteit en ondoeltreffendheid as eienskappe/

kenmerke van openbare sektor mislukking. (4 x 2) (8) 2.5 Hoe kan veranderinge in wisselkoerse gebruik word om

betalingsbalans-onewewigtigheid uit te skakel? (4 x 2) (8) [40]

8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE van Suid-Afrika se nywerheidsontwikkeling

beleide. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe sal ʼn toename in arbeidproduktiwiteit ekonomiese groei

beïnvloed? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat

volg. INDUSTRIËLE ONTWIKKELING

Die klere-, tekstiel- en motorvoertuigsektore is geïdentifiseer as sleutel strategiese sektore waarvoor die Departement van Handel en Nywerheid sal voortgaan om aansporingskemas te bied, ten einde vervaardigingskapasiteit ʼn hupstoot te gee en om werkskepping te ondersteun.

Nywerheidsbeleid-inmenging om ontwikkelingsdoelwitte te ondersteun, sal ondersoek word. Die uitdaging is om die vlak van nywerheidsbeleid-inmenging aansienlik in ʼn klomp sektore te verhoog, en gesamentlik die nodige vermoë in die Departement te bou om hierdie opgradering te kan bestuur. In verband met aansporings vir nywerhede en ondernemings, word verdere werk beplan om die nywerheidsfinansieringsregime in lyn te bring met die nywerheidsbeleidsdoelwitte. Produksie-aansporings in die klere-bedryf en tekstiel- en motorvoertuigsektore, sal toenemend gebaseer word op toelaes, wat dus die afhanklikheid van belastingaansporings sal verminder.

[Bron: Jaarboek van Suid-Afrika] 3.2.1 Noem enige EEN sleutelsektor uit die uittreksel. (1) 3.2.2 Wat is die rol van die Departement van Handel en Nywerheid

volgens die uittreksel? (1) 3.2.3 Verduidelik die betekenis van die begrip

nywerheidsontwikkeling. (2) 3.2.4 Noem TWEE aansporings wat die regering gebruik om

nywerheidsontwikkeling aan te moedig. (2 x 1) (2) 3.2.5 Hoekom sou die regering hierdie finansiële aansporings

aanbied? (4)

(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 9

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

3.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat

volg.

[Bron: Menslike Ontwikkelingsverslag 2013] LEWENSVERWAGTING Mense wat in modern ontwikkelende lande bly, sal oor die

algemeen ʼn langer lewensverwagting, gemeet in jare, hê as diegene wat in arm, onderontwikkelde lande woon. Byvoorbeeld, die ‘Development Economics Web Guide’ het lewensverwagtinge in die Verenigde Koninkryk, Ghana en Zambië saamgestel. VK inwoners het ʼn gemiddelde lewensverwagting van ongeveer 78 jaar, wat baie hoër is as Ghana se 56 en Zambië se 41. Faktore wat lewensverwagting beïnvloed, sluit in armoede, genoegsame voedselvoorraad en siektes. ʼn Toename in lewensverwagting dui op verbeterde sosiale en ekonomiese toestande.

[Bron: Menslike Ontwikkelingsverslag, 2012] 3.3.1 Wat is die uitwerking van ʼn styging in lewensverwagting? (1) 3.3.2 Wat is die gemiddelde lewensverwagting van mense wat in

die Noordverdeel bly? (1) 3.3.3 Noem enige TWEE aanwysers wat gebruik word om

lewenstandaard te meet. (2 x 1) (2) 3.3.4 Maak ʼn voorstel hoe om lewensverwagting te verhoog. (2) 3.3.5 Vergelyk die lewenstandaard tussen die Noord- en die

Suidverdeel. (4) 3.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.

(2 x 4) (8) 3.5 Evalueer Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe in Suid-Afrika. (4 x 2) (8) [40]

10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE voorbeelde van nywerheidsontwikkeling-sones

in Suid-Afrika. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan ʼn leidende sakesiklusaanwyser in vooruitskatting

gebruik word? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. LOPENDE REKENING 2012 R (miljard) 2013 R (miljard) Jaar Kw 1 Kw 2 Kw 3 4th Kw 4 Goedere

uitvoere 744 802 826 885 901

Netto gouduitvoere 71 67 70 63 56

Goedere

invoere -854 -941 -983 -1 039 -1 002

Handelsbalans -39 -72 4.2.5 -91 -45 Netto dienste,

inkome en lopende oordrag betalings

-125 -116 -120 -125 -134

Saldo op

lopende rekening

-164 -187 -207 -216 -179

Persentasie van BBP -5,2 -5,7 -6,2 -6,4 -5,8

[Bron: SARB Junie 2013 Kwartaallikse Bulletin] 4.2.1 Benoem die sub-rekening wat in bostaande tabel aangetoon

word. (1) 4.2.2 Wat beteken ʼn negatiewe syfer as ʼn handelsbalans? (1) 4.2.3 Omskryf die begrip betalingsbalans. (2) 4.2.4 Waarom word netto gouduitvoere aangeteken as ʼn aparte

item en nie as deel van die goedere-uitvoer nie? (2) 4.2.5 Bereken die handelsbalans vir die tweede kwartaal van

2012. (4) [10]

(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 11

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

4.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat

volg. NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN

Die Beplanningskommissie het die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) in 2011 aangekondig. Die NOP fokus op die uitdaging om armoede en inkome-ongelykheid in Suid-Afrika te verlig. Die NOP het ʼn duidelike visie dat die privaatsektor die mees belangrikste rolspeler in die ekonomie is. Die regering moet die toestande skep waarbinne die privaatsektor kan blom en werksgeleenthede skep − 11 miljoen teen 2030 teen ʼn jaarlikse ekonomiese groeikoers van 5,4%.

[Bron: Jaarboek van Suid-Afrika] 4.3.1 Noem ʼn Wet wat in Suid-Afrika toegepas word om gelykheid

te bevorder. (1 x 2) (2) 4.3.2 Verduidelik EEN doelwit van die NOP. (1 x 2) (2) 4.3.3 Op watter manier behoort hierdie doelwitte ontplooi te word? (2) 4.3.4 Verduidelik hoekom jy dink Suid-Afrika hierdie doelwitte van

die NOP sal bereik. (2 x 2) (4) 4.4 Onderskei tussen geldmark en kapitaalmark. (2 x 4) (8) 4.5 Evalueer enige TWEE Suid-Afrikaanse benaderings om

sakedoeltreffendheid te verbeter. (2 x 4) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80

12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling. STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-

TOEKENNING Inleiding

x ʼn Goeie beginpunt sal wees om die begrip of sleutelwoord van die vraag te definieer.

x Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.

x Moenie ʼn inleidende gedeelte van die vraag insluit nie. Maks. 2

x Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud herhaal nie.

x Vermy dit om in die inleiding te vertel wat in die inhoud bespreek gaan word.

Inhoud:

Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

Maks. 26

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor/Gebruik die inligting en redeneer, debatteer evalueer ...

Maks. 10

Slot: x Die slot is ʼn samevatting van die bespreking van die

onderwerp in die inhoud en word beskou as ’n hoër kognitiewe reaksie.

x Die slot kan die vorm aanneem van ʼn eie opinie,

voorbeelde om jou bespreking te ondersteun of ʼn teenstellende uitkyk daarop wat bespreek is.

Maks. 2 x Geen gedeelte van beide die inleiding en die inhoud

mag in die slot ingesluit word nie.

TOTAAL: 40

(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 13

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Vryhandel het sy voordele, maar lande het vir baie jare struikelblokke daargestel om vrye internasionale handel te beperk. Daarom gebruik meeste lande ʼn mengsel van vryhandel en beskerming. x Bespreek die argumente ten gunste van vryhandel. (26) x Hoekom is dit belangrik vir Suid-Afrika om deel van BRICS te wees? (10) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE Sosiale aanwysers meet die vlak of vordering van ontwikkeling oor ʼn tydsperiode en word deur die regering aangewend om beleide te vorm, doelwitte te stel en die sukses van beleide te monitor. x Bespreek Suid-Afrikaanse sosiale prestasies gebaseer op die volgende

aanwysers:

o Demografie o Voeding en gesondheid o Onderwys o Dienste (26)

x Stel VYF oorwegings voor wat in ag geneem moet word wanneer die

ekonomie geassesseer word. (10) [40]

TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

SEPTEMBER 2015

EKONOMIE V1 MEMORANDUM

PUNTE: 150

Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye.

2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 B 99 produksie 1.1.2 B 99 eksogene 1.1.3 C 99 Nasionalisering 1.1.4 A 99 devaluasie. 1.1.5 C 99 direkte investering 1.1.6 C 99 GEAR 1.1.7 C 99 is ʼn toename in die vlak van ekonomiese welsyn. 1.1.8 A 99 ekonomiese (8 x 2) (16) 1.2 PAS-ITEMS 1.2.1 D 9 om die voorspellings van toekomstige

sakesikluspatrone te baseer op voriges

1.2.2 E 9 totale inkome ontvang deur permanente inwoners 1.2.3 A 9 staat en semi-staat ondernemings 1.2.4 H 9 ʼn fiskale beleidsinstrument 1.2.5 B 9 ʼn proses waar mense beweeg van plattelandse na

stedelike gebiede

1.2.6 C 9 ʼn monetêre beleidsinstrument 1.2.7 F 9 dit is ʼn nywerheidspark wat buite die plaaslike doeane-

gebied val

1.2.8 G 9 skakel ʼn onderneming in staatsbesit oor na ʼn besigheid met beperkte aanspreeklikheid en ʼn winsmotief (8 x 1) (8)

1.3 IDENTIFISEER DIE BEGRIP 1.3.1 Geldvloei 9 1.3.2 Kuznetsiklus 9 1.3.3 Pareto doeltreffendheid/allokatiewe doeltreffendheid 9 1.3.4 Beskerming 9 1.3.5 Streekontwikkeling/Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief (ROI) 9 1.3.6 Storting (Dumping)�9 (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30

(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 3

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

AFDELING B (Beantwoord TWEE vrae uit hierdie afdeling.) VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 2.1.1 Noem enige TWEE redes vir regeringsinmenging in die

ekonomie. x Voorsien openbare goedere en dienste 9

x Voorsien meriete goedere 9 x Beskerm natuurlike hulpbronne 9 x Herverdeling van inkome en rykdom 9 x Bestuur die ekonomie 9 x Moedig mededinging aan 9 (Enige 2 x 1) (2)

2.1.2 Hoe sal jy die begrip ‘vermenigvuldiger’ verduidelik? Wanneer ʼn klein verandering in besteding lei tot ʼn groter

proporsionele toename in nasionale inkome. 99 (Aanvaar enige toepaslike verduideliking) (1 x 2) (2)

2.2 DATA RESPONS 2.2.1 Benoem die grafiek wat hierbo voorgestel word.

Phillipskurwe 9 (1) 2.2.2 Watter punt op die grafiek toon die oorspronklike natuurlike

werkloosheidskoers aan? Punt C 9 (1)

2.2.3 Wat is die gevolg van PK1 wat by punt D sny?

Die natuurlike werkloosheidskoers daal van 14% tot 9%. 99 (2) 2.2.4 Noem enige aanbodkant beleidsmaatreël wat aangewend kan

word om PK na PK1 te verskuif. x Verbeterde onderwys 99

x Doeltreffende opleiding 99 x Minder wetlike beperkings op besighede 99 x Minder beperkings op die immigrasie van geskoolde

werkers 99 (Enige 2 x 1 ) (2) 2.2.5 Verduidelik die verhouding tussen werkloosheid en inflasie in

die bostaande grafiek? Omgekeerde verhouding 33

As werkloosheid toeneem van A na B na C, daal inflasie van 6% na 2% na 0%. 99 (Enige 2 x 2) (4)

[10]

4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

2.3 DATA RESPONS 2.3.1 Watter berekeningsmetode van die BBP is toegepas in die

bostaande tabel? Bestedingsmetode 99 (2)

2.3.2 Waarom word invoere afgetrek van die BBB syfers? Geld word nie spandeer aan invoere binne die grense van Suid-

Afrika nie, daarom moet dit nie ingesluit word by BBB nie. 99 (2) 2.3.3 Wat moet gedoen word om die BBP teen markpryse om te

skakel na die BNP teen markpryse? BBP teen markpryse plus Primêre inkome van die res van die

wêreld 9 minus primêre inkome aan die res van die wêreld. 3 (2) 2.3.4 Bereken die Bruto Binnelandse Besteding in die bostaande

tabel, aangedui as (A). BBB = R1907,2 + R 604,4 + R8,2 + R707,0 + R24,6 33

= R3251,4 miljard�99 (4) [10] 2.4 Bespreek kortliks oneffektiwiteit en ondoeltreffendheid as

eienskappe/kenmerke van openbare sektor mislukking Oneffektiwiteit

x Gebeur wanneer openbare sektor nie effektief is in die toekenning van hulpbronne nie.�99

x Openbare sektor vermors meer as die privaat sektor in die toekenning en gebruik van hulpbronne.99

x Dit mag gebeur in verhouding tot beskerming, sosiale, ekonomiese en administratiewe dienste waarvoor geld toegestaan word in die begroting.�99

x Gee direk of indirek nie om vir die omgewing nie en menseregte word nie eerbiedig nie.�99

x Die openbare sektor neig om minder produktief te wees as die privaat sektor. 99 (Enige 2 x 2) (4)

Ondoeltreffendheid

x Gebeur wanneer beleide van die openbare sektor nie die voorafgestelde doel bereik nie.�99

x Verwys na die openbare sektor wat onvoldoende is en vir wie dit onmoontlik is om die verwagte uitwerking op die ekonomie te hê.�99

x Byvoorbeeld doelwitte wat nie bereik word nie, met verwysing na inflasie, groei en werkverskaffing.�99

x Onbevoegdheid in die gebruik van monetêre en fiskale beleid, grondgebruik beleid, nywerheidsbeleid, streek ontwikkelingsbeleid en handelsbeleid.��99���������������������������������������������������������(Enige 2 x 2) (4)

(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 5

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

2.5 Hoe kan veranderinge in wisselkoerse gebruik word om

betalingsbalans onewewigtigheid uit te skakel?

Vry swewende wisselkoerse�9 x Dit werk outomaties.�99 x As invoere toeneem, neem die vraag na buitelandse valuta

toe.99 x Die geldeenheid depresieer as gevolg van die werking van

markkragte.�99 x Depresiasie maak invoere duurder in die depresiërende land en

uitvoere goedkoper in die buiteland. 99 x Invoere neem af en uitvoere neem toe en die geldeenheid

appresieer. �99 Beheerde swewende wisselkoerse 9

x Sentrale banke gebruik hulle reserwes om depresiasie en appresiasie toe te pas. �99

x Oor die langtermyn moet geldeenhede hulle ewewigsvlak vind. 99 Vaste wisselkoerse 9 x Geldeenhede word gedevalueer en gerevalueer.��99

x As reserwes min raak, word die geldeenheid gedevalueer wat dieselfde uitwerking het as depresiasie.��99

x As reserwes te veel raak en inflasie veroorsaak, revalueer hulle en dit het dieselfde uitwerking as appresiasie.�99

x Om te devalueer en revalueer is doelbewuste aksies wat deur die Sentrale bank toegepas word om die vaste wisselkoers aan te pas. 99 (Enige 4 x 2) (8)

[40]

6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 3.1.1 Noem TWEE van Suid-Afrika se nywerheidsontwikkeling

beleide. x Raamwerk vir ʼn Nasionale Nywerheidsbeleid (NIPF)�9 x Nywerheidsbeleid Aksieplan (IPAP) 9 (2 x 1) (2)

3.1.2 Hoe sal ʼn toename in arbeid produktiwiteit ekonomiese groei

beïnvloed? x Arbeid produktiwiteit is uitset per werker in ʼn sekere tydsperiode

soos ʼn dag/week. 33 x Dit word gemeet deur die reële BBP te deel deur die aantal werkers in diens. 33 x Toename in reële BBP sal ekonomiese groei laat toeneem. 33 (Aanvaar enige toepaslike inligting.) (Enige 1 x 2) (2)

3.2 DATA RESPONS 3.2.1 Noem enige EEN sleutelsektor uit die uittreksel.

x Klere 3 x Tekstiele 3 x Motorvoertuig 3 (Enige 1 x 1) (1)

3.2.2 Wat is die rol van die Departement van Handel en Nywerheid

volgens die uittreksel? Om aansporingskemas te bied, ten einde vervaardigings kapasiteit

ʼn hupstoot te gee en om werkskepping te ondersteun. �9�������������� (1) 3.2.3 Verduidelik die betekenis van die begrip

nywerheidsontwikkeling. Nywerheidsontwikkeling verwys na beplanning van en bou van nuwe nywerhede in sekere gebiede, sowel as om bestaande nywerhede in sekere gebied uit te brei. 99

(2) 3.2.4 Noem TWEE aansporings wat die regering gebruik om

nywerheidsontwikkeling aan te moedig. x Klein- en medium ondernemings ontwikkelingsprogram

(KMOOP/SMBDP) 9 x SEDA Tegnologie Programme (STP)�9 x Vaardigheid ondersteuningsprogram (VOP/SSP) 9 x Program vir Kritiese Infrastruktuur (PKI/CIF) 9 x Tariefvrye aansporings 9 x Buitelandse Investering Toelae (BID/FIG)�9 x Strategiese Investering Plan (SIP)�9 x Business Process Services (BPS��9 (Enige 2 x 1) (2)

(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 7

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

3.2.5 Hoekom sou die regering hierdie finansiële aansporings

aanbied? x Om nuwe besighede te vestig 99 x Betrek plaaslike en oorsese besighede in die regering se

ROI’s. 99� x Bevorder nywerheidsontwikkeling 99 x Bevorder werkverskaffings en -skeppingsprogramme��99 x Vestig volhoubare besighede wat plaaslik en internasionaal

kan meeding. 9 9 (Enige 2 x 2) (4) 3.3 DATA RESPONS 3.3.1 Wat is die uitwerking van ʼn styging in lewensverwagting?

Verbetering in sosiale en ekonomiese toestande 3

(1) 3.3.2 Wat is die gemiddelde lewensverwagting van mense wat in

die Noord-verdeel bly? 78 jaar 3 (1) 3.3.3 Noem enige TWEE aanwysers wat gebruik word om

lewenstandaard te meet. x Per capita inkome 3 x Onderwys 3 x Lewensverwagting 3 (Enige 2 x 1)

(2) 3.3.4 Maak ʼn voorstel hoe om lewensverwagting te verhoog.

x Voldoende voedselvoorrade. 33 x Verminder armoede. 33 x Beheer siektes. 33 x Gesondheidsbewusmaking-programme. 33 (Aanvaar enige toepaslike voorstel) (Enige 1 x 2)

(2) 3.3.5 Vergelyk die lewenstandaard tussen die Noord en die Suid

verdeel. x In die Noord-verdeel is die lewenstandaard hoog − 85% van

die wêreld se totale inkome word verdien deur 15% van die wêreld se bevolking. 33

x In die Suide is die lewenstandaard laag − 85% van die wêreld se bevolking lewe op 15% van die wêreld se inkome.33

(Aanvaar enige toepaslike verduideliking.) (4)

8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

3.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling. Ekonomiese groei Ekonomiese ontwikkeling x Proses waardeur die produksie

vermoë van die ekonomie oor tyd toeneem. 99�

x Proses wat konsentreer op mense se lewenstandaard, selfrespek en vryheid van keuse.�99

x Word gemeet as persentasie verandering in reële BBP.�99

x Handel met kwessies soos onderwys, geletterdheid, gesondheidsorg, werkverskaffing en omgewingsvol- houbaarheid. 99�

x Het te doen met goedere en dienste.�99

x Het te doen met mense en menslike ontwikkeling. 99

Is ʼn noodsaaklike inset vir ekonomiese ontwikkeling. 99 (Enige 2 x 2)

x Groei behoort te lei tot ontwikkeling. 99����������������������������(Enige 2 x 2) (8)

3.5 Evalueer Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe in Suid-Afrika.

x ROI verwys na nasionale regerings programme wat daarop gemik is om inherente en onderbenutte ekonomiese ontwikkelings potensiaal van sekere ruimtelike gebiede in Suid-Afrika te ontsluit.�99

x Stimuleer investering deur privaat sektor besighede.�99 x Skep werkloosheid en groei in uitgesoekte gebiede.�99 x Ontwikkel infrastruktuur projekte in die uitgesoekte gebiede.�99 x Voorsien hoë vlak ondersteuning vir ontwikkeling in die uitgesoekte

gebiede.�99 x Versprei ekonomiese aktiwiteit na swak ontwikkelde gebiede wat die

potensiaal vir ontwikkeling het.�99 x Vestig privaat-openbare-vennootskap. �99 (Enige 4 x 2) (8)

[40]

(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 9

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 4.1.1 Noem voorbeelde van nywerheidsontwikkelingsones in Suid-

Afrika.

x Coega – staal en motorvoertuig komponente�9 x OR Tambo Internasionale Lughawe – hoë tegnologie

nywerhede�9 x Oos Londen– voertuie 9 x Richardsbaai – metale 9 x Mafikeng NOS – agri-prosessering, saadolie en bio-

brandstowwe 9 x Saldanhabaai – voorgestelde haalbaarheidstudie in 2012

voltooi 9 (Enige 2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan ʼn leidende sakesiklus aanwyser gebruik word in

vooruitskatting? (2) Hulle bereik die piek voordat die piek in die totale ekonomiese

aktiwiteit bereik word en hulle bereik dit trog voordat die totale ekonomiese aktiwiteit die trog bereik. 99 Hulle gee vooraf waarskuwing oor verandering in totale ekonomiese aktiwiteite. 99 (Aanvaar enige toepaslike verduideliking.) (Enige 1 x 2) (2)

4.2 DATA RESPONS 4.2.1 Noem die sub-rekening wat in bostaande tabel aangetoon

word. Lopende rekening 9

4.2.2 Wat beteken ʼn negatiewe syfer as ʼn handelsbalans?

Wanneer die waarde van invoere meer is as uitvoere/wanneer daar ʼn tekort is 9 (1)

4.2.3 Omskryf die begrip betalingsbalans.

Betalingsbalans is ʼn staat van ʼn land se handels- en finansiële transaksies met die res van die wêreld oor ʼn periode van tyd. 99 (2)

4.2.4 Waarom word netto goud uitvoere aangeteken as ʼn aparte item

en nie as deel van die goedere uitvoer nie? x Suid-Afrika is die wêreld se grootste goudprodusent. 33 x Dit is die netto uitvoere van goud en daarom is die bedrag positief. 33 x Historiese belangrikheid van goud vir Suid-Afrika maak dit ʼn hoofverdiener van buitelandse valuta.33 x Die groot rol wat goud in die verlede gespeel het. 33 x Tendense kan geïdentifiseer word. 33 (Enige 1 x 2) (2)

10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

4.2.5 Bereken die handelsbalans vir tweede kwartaal van 2012.

Handelsbalans = (Goedere uitgevoer + Netto goud uitvoere) – Goedere ingevoer

(R826 miljard + R70 miljard) – R983 miljard 93= -R87 miljard 33 (4) 4.3 DATA RESPONS 4.3.1 Noem ʼn wet wat in Suid-Afrika toegepas word om gelykheid te

bevorder. x Wet op Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging 93 x Wet op Grond Hervorming 93 x Wet op Gelyke Indiensneming 93 (Enige 1 x 2) (2)

4.3.2 Verduidelik EEN doelwit die NOP. x Werkskepping 9 3

x Brei infrastruktuur uit 93 x Gebruik hulpbronne behoorlik 93 x Inklusiewe beplanning 93 x Gehalte onderwys 93 x Gehalte gesondheidsorg 93 x Bou verantwoordelike staat 93 x Beveg korrupsie 93 x Verenig die nasie 93 x Verbeter integrasie 39 x Verminder besoedeling 93 x Verbeter gelykheid 93 x Verbeter veiligheid 93 (Aanvaar enige toepaslike verduideliking) (Enige 1 x 2) (2)

4.3.3 Op watter manier behoort hierdie doelwitte ontplooi te word? In ʼn manier wat voorspoed en gelykheid aanmoedig 99 (2) 4.3.4 Verduidelik hoekom jy dink Suid-Afrika hierdie doelwitte van

die NOP sal bereik. x Dit het begin om ekonomiese geleenthede uit te brei 93deur

investering in infrastruktuur, 93 meer innovasie, 33 private investering en entrepreneurskap 33 x Die NOP het ʼn duidelike visie dat die privaat sektor die mees belangrikste rolspeler in die ekonomie is. 33

(Aanvaar enige toepaslike verduideliking) (Enige 2 x 2) (4)

(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 11

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

4.4 Onderskei tussen geldmark en kapitaalmark. Geldmark x Is die mark vir korttermynbesparings en lenings (drie jaar en korter).�99

x Dit ontstaan wanneer partye, spesifiek verbruikers en produsente, vraag-en korttermyn deposito’s maak en leen oor die korttermyn.�99

x Dit ontstaan ook wanneer deposito’s en nie-deposito tussengangers, besighede en Korporasie vir Openbare Deposito’s betrokke raak in kommunikasie wat die prys van korttermynfondse beïnvloed.�99

x Die SARB is ʼn sleutel instelling in die geldmark.�99 x Tussen-bank lenings maak ʼn groot deel van die geldmark uit.�99 x Die volgende soorte sekuriteite verwissel hande in die geldmark:

korttermyn maatskappy skuldbriewe, korttermyn staatseffekte, bankiers aksepte, skatkiswissels en Reserwebank skuldbriewe. 99

(Enige 2 x 2) (4) Kapitaalmark

x Ontstaan wanneer verbruikers en produsente langtermyn deposito’s maak en oor die langtermyn leen, soos verbandlenings.�99

x Dit ontstaan ook wanneer deposito’s en nie-deposito tussengangers, besighede betrokke raak in kommunikasie wat die prys van langtermyn fondse beïnvloed. 99

x Kapitaalmark transaksies word op soortgelyke maniere hanteer as dié in die geldmark.�99

x Die Johannesburg Sekuriteitebeurs (JSE) is ʼn sleutel-instansie in die kapitaalmark.�99

x Maatskappy aandele en ander skuld wat gelys is, word verhandel. 99 (Enige 2 x 2) (4)

12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

4.5 Evalueer enige TWEE Suid-Afrikaanse benaderings om sake

doeltreffendheid te verbeter. ¾ Belastings 9

x Vermindering in korporatiewe en persoonlike belasting 99 x Daar is aandag geskenk aan ‘kategorie bekruiping’ by persoonlike

inkomstebelasting.�99 x BTW word al vir ʼn lang tydperk vasgestel op 14%.�99

¾ Kapitaalvorming 9

x Waardevermindering is hersien en behoort investering aan te moedig.�99

x Aanvangskapitaal en lenings verskaf aan KMMO’s.�99 x Dien as aansporings om doeltreffendheid aan te moedig.�99

¾ Menslike hulpbronne�9

x Skoolonderwys is getransformeer.�99 x Setas is ingestel om te help met werkverwante opleiding.�99 x Wet op Arbeidsverhoudinge – ter bevordering van sosiale

regverdigheid en vredevolle arbeidsverhoudinge.�99 ¾ Gratis adviesdienste�9

x Advies oor ontwikkeling van uitvoermarkte, bestuur en bedryf van KMMOs, landbou produksie, ens.�99 (Enige 4 x 2) (8)

[40] TOTAAL AFDELING B: 80

(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 13

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

AFDELING C Kandidate moet EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling beantwoord. STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-

TOEKENNING Inleiding

x ʼn Goeie beginpunt sal wees om die begrip of sleutelwoord van die vraag te definieer.

x Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.

x Moenie ʼn inleidende gedeelte van die vraag insluit nie. Maks. 2

x Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud herhaal nie.

x Vermy dit om in die inleiding te vertel wat in die inhoud bespreek gaan word.

Inhoud:

Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

Maks. 26

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor/Gebruik die inligting en redeneer, debatteer evalueer ...

Maks. 10

Slot: x Die slot is ʼn samevatting van die bespreking van die

onderwerp in die inhoud en word beskou as ’n hoër kognitiewe reaksie.

x Die slot kan die vorm aanneem van ʼn eie opinie,

voorbeelde om jou bespreking te ondersteun of ʼn teenstellende uitkyk daarop wat bespreek is.

Maks. 2 x Geen gedeelte van beide die inleiding en die inhoud

mag in die slot ingesluit word nie.

TOTAAL: 40

14 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE Vryhandel het sy voordele, maar lande het vir baie jare struikelblokke daargestel om vrye internasionale handel te beperk. Daarom gebruik meeste lande ʼn mengsel van vryhandel en beskerming. Bespreek die argumente ten gunste van vryhandel. Hoekom is dit belangrik vir Suid-Afrika om deel te wees van BRICS? INLEIDING Vryhandel geskied wanneer handel plaasvind sonder enige beskermende aktiwiteite of handelsversperrings tussen lande 99 OF Besighede is vry om goedere in- en uit te voer, asook om in ander lande te investeer, sonder die toepassing van beperkende tariewe. 99� (Aanvaar enige toepaslike inleiding) Maks. (1 x 2) (2) INHOUD Die argumente ten gunste van vryhandel: 1. Spesialisasie 9 x Vryhandel laat lande toe om te spesialiseer in nywerhede waarin hulle ʼn

vergelykende voordeel het.�99 x Spesialisasie sal lei tot wêreldhandel en verbruik maksimeer. 99

2. Skaalvoordele 9 x Handel laat toe dat skaalvoordele maksimeer en kostes daal.�93

x Skaalvoordele is ʼn bron van vergelykende voordeel. 99 3. Keuse 9

x Handel laat verbruikers toe om te kies wat hulle wil koop in die hele

wêreld, hulle is nie beperk tot plaaslike geproduseerde produkte nie.�99 x Verbruikers welsyn neem toe. 99 x Sommige verbruikers verkies om eerder ingevoerde goedere te koop as

plaaslike goedere.�99

(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 15

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

4. Innovering�9

x Vryhandel impliseer mededinging.�99 x ʼn Gebrek aan vryhandel lei dikwels daartoe dat plaaslike markte

gedomineer word deur ʼn paar ondernemings wat mededinging onder hulleself vermy.�99

x Voorsien ʼn kragtige aansporing vir innovasie.�99 x Dit lei tot beter produksiemetodes wat produsente in staat stel om

kostes te sny en kwaliteit en betroubaarheid van goedere verhoog.�99 Maks. 22 (Indien slegs genoem Maks. 4 punte) (26)

ADDISIONELE GEDEELTE

Hoekom is dit belangrik vir Suid-Afrika om deel te wees van BRICS?

x Suid-Afrika het in 2011 as ʼn volwaardige lid by die ander BRICS-lande aangesluit. 99� x SA het by vier van die sewe grootste ekonomieë in die wêreld aangesluit. 99� x Dit behels die lande wat heel waarskynlik die middelpunt sal wees van die wêreld ekonomie in die komende dekades. 99 x Suid-Afrika geniet handel- en investering voordele en invloed in die wêreld forum. 33 x Om ʼn belangriker rol in die wêreld ekonomie te speel. 33 x Suid-Afrika se lidmaatskap tot hierdie liggaam het BRICS geografies en inter kontinentaal uitgebrei. 33 x Om sy streeksintegrasie program asook die verwante kontinentale infrastruktuur program te bevorder. 33 x Om sy nasionale belang te bevorder. 33 (Aanvaar enige toepaslike verduideliking) Maks. 10 (10)

SLOT Vryhandel en beskerming speel ʼn beduidende rol in die Suid-Afrikaanse internasionale handelsbeleid. 99 Maks. 2 (2)

(Aanvaar enige toepaslike slot.) [40]

16 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES Sosiale aanwysers meet die vlak of vordering van ontwikkeling oor ʼn tydsperiode en word deur die regering aangewend om beleide te vorm, doelwitte te stel en die sukses van beleide te monitor. Bespreek Suid-Afrikaanse sosiale prestasies gebaseer op die volgende aanwysers: x Demografie x Voeding en Gesondheid x Onderwys x Dienste Stel VYF oorwegings voor, wat in ag geneem moet word wanneer die ekonomie geassesseer word. INLEIDING Sosiale aanwysers is statistieke wat die vlak en vordering van die sosiale ontwikkeling van menslike welsyn in ʼn land omskryf.�99����������������������������� (Aanvaar enige toepaslike definisie) Maks. 2 (2) INHOUD 1. Demografie:��

¾ Bevolkingsgroei 9� x Suid-Afrika se bevolking was 50,5 miljoen in 2011. Daar word geskat

dat dit sal groei tot 55 miljoen teen 2021.�99 x Die groeikoers het gedaal tot slegs 1,19% in 2011.�99

¾ Lewensverwagting 9

x Druk die aantal jare uit wat ʼn nuutgebore baba sal lewe, indien heersende patrone van mortaliteit, regdeur die persoon se lewe, konstant sal bly. �99

x In Suid-Afrika het lewensverwagting gedaal van 62,8 jaar in 1991 tot 47 jaar in 2005. Dit het weer tot 52 jaar in 2011 gestyg.�99

2. Voeding en gesondheid

x Voeding is ʼn belangrike aanwyser vir die welstand van babas en jong

kinders.�99

¾ Kinder wanvoeding 9 x Word op twee maniere uitgedruk: gewig vir ouderdom (ondergewig)

en lengte vir ouderdom (dwergie).�99 x Die verhouding kinders wat ondergewig is, is die belangrikste

aanwyser van wanvoeding.�99 x Dit is belangrik om gewig te monitor omdat om ondergewig te wees,

verhoog die risiko van dood en beperk die kognitiewe ontwikkeling by kinders.�99

(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 17

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

¾ Oorgewig kinders�9

x Die voorkoms van oorgewig kinders is ʼn toenemende probleem.�99 x Daar is ʼn verband tussen vetsug in kinderjare en die hoë voorkoms

van diabetes, longkwale, hoë bloeddruk en psigologiese en ortopediese toestande.�99

x Om oorgewig te wees kan lei tot verskeie gesondheidstoestande, wat mense se vermoë om te werk en na hulle self om te sien beïnvloed. 99

x Vetsug is ʼn moordenaar.�99

¾ Gesondheid x Aanwysers word nasionaal sowel as internasionaal gebruik om die

gesondheid van ʼn bevolking te monitor.�99

¾ Kindermortaliteit�9 x Gemeet kragtens die aantal babas wat voor die ouderdom van 1

jaar, per duisend lewendige geboortes, in ʼn gegewe jaar sterf.�99 x In Suid-Afrika was dit 34 (per 1 000) in 2010.�99

¾ Onder-vyf mortaliteit 9

x Gemeet kragtens die moontlikheid dat ʼn nuutgebore baba sal sterf voordat die ouderdom van 5 jaar bereik word.�99

x Die moontlikheid word uitgedruk as ʼn aantal per duisend. In Suid-Afrika was dit 50 (per 1 000) in 2010.�99

¾ Gesondheidsbesteding 9

x Gemeet kragtens die bedrag openbare en private besteding op gesondheidsorg as ʼn persentasie van die BBP.�99

x In 2009 was SA se besteding 8,4% in vergelyking met 6,6% in sub-Sahara Afrika en 5,3% in Noord-Afrika.�99

¾ Toegang tot veilige drinkwater 9

x Gemeet kragtens die persentasie van die bevolking wat redelike toegang tot veilige drinkwater het.�99

x In 2009 het 91% van Suid-Afrika se bevolking toegang gehad in vergelyking met 60% in sub-Sahara Afrika en 92% in Noord-Afrika.�99

18 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

Toegang tot sanitasie-fasiliteite 9

x Gemeet in terme van die persentasie van die bevolking met die

minste voldoende sanitasie-fasiliteite, wat kontak met mense, diere en insekte doeltreffend kan verhoed.�99

x In 2009, het 77% van Suid-Afrika se bevolking toegang gehad tot verbeterde sanitasie in vergelyking met 31% in sub-Sahara Afrika en 89% in Noord-Afrika.�99

x ʼn Gesonde bevolking bespaar op mediese en ander kostes, lewer ʼn inkome en lewer ʼn bydrae tot ʼn sterker ekonomie. �99

3. Onderwys

x Mense se lewenstandaard hou direk verband met hulle vlak van onderwys. �99

¾ Openbare bestedingspersentasie�9 x Toon die persentasie van openbare besteding wat direk aan

onderwys toegestaan word.�99 x Dit sluit openbare sektor inset in, maar sluit privaat besteding uit.�99 x Persentasies van hoë ontwikkelde lande is nie werklik vergelykbaar

met dié van middel of lae ontwikkelende lande nie.�99

¾ Sekondêre inskrywings persentasie 9 x Toon die persentasie van die aangewese ouderdomsgroep wat by

sekondêre onderwys (hoërskool) betrokke is.�99 x Daar word beskou as ʼn voorvereiste vir toegang tot

werksgeleenthede vir die semi-geskoolde.�99 x In hoë ontwikkelde lande, woon leerder van ʼn jong ouderdom

sekondêre onderwys by.�99 4. Dienste

¾ Elektrisiteit 9 x Die Nasionale Elektrisiteitreguleerder rapporteer dat 83,1% van

huishoudings in Suid-Afrika in 2010 toegang tot elektrisiteit gehad het. 99

x Hierdie syfer was 50% in 1995. 99 ¾ Watervoorsiening 9 x Ongeveer 80% van huishoudings het toegang to skoon water in 2010

gehad.�99 x Dit is die gemiddelde van stedelike en plattelandse toegang tot ʼn

verbeterde waterbron.99 x ʼn Verbeterde waterbron verwys na ʼn voldoende hoeveelheid water

van bronne soos huishoudelike konneksies, krane binne die erf, openbare krane, boorgate, veilige putte, veilige mineraalwaterbronne en reënwaterberging. 99

(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 19

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

¾ Vullisverwydering 9�

x Ongeveer 61% van huishoudings in Suid-Afrika het toegang tot �weeklikse vullisverwydering deur plaaslike owerhede. 99���

¾ Sanitasie�9 x Meer as 70% van huishoudings in Suid-Afrika het toegang tot

funksionele basiese sanitasie in 2010.99� x Dit sluit spoeltoilette, chemiese toilette en puttoilette met ventilasie

pype, in.�99 x Alle ander sanitasie-fasiliteite word as sub-standaard beskou. �99

(As slegs gelys maks. 8 punte) Maks. 26 ADDISIONELE GEDEELTE: Stel VYF oorwegings voor, wat in ag geneem moet word wanneer die ekonomie geassesseer word. ¾ Prestasie �9 x Ons gebruik ekonomiese aanwysers om te bepaal hoe die ekonomie

doen.�99 x In ekonomiese terme verwys prestasie na produksie of uitset. 99� ¾ Vergelyking�9 x Daar is baie aanwysers, bv. vir uitset, pryse, rente, geld, krediet, ens. 99 x Hulle word in syfers uitgedruk. 99 x Alhoewel syfers op sigself ʼn storie vertel, vertel dit ons eintlik min,

byvoorbeeld, as die prysindeks 25 is, sê dit eintlik niks vir ons nie. 99 x Dit is wanneer aanwysers verander, dat dit die aandag trek. 33 x As ons weet wat dit was en wat dit nou is, dan begin dit betekenis kry. 33 x Ons kan dit ook vergelyk met soortgelyke syfers van ander lande, dan dui

dit op ons relatiewe prestasie. 33

¾ Spesifikasie 3 x Om betekenisvol te wees, moet aanwysers volgens die reëls van

samestellings saamgestel word. 99 x Byvoorbeeld, ons kan nie net die uitset van alle produkte van alle

produsente bymekaartel en dan aflei dat ons die BBP bereken het nie.�99

x Reëls moet so toegepas word vir sodanige berekening, dat intermediêre uitset afgetrek word en slegs uitset wat binne die grense van ʼn land geproduseer is, bygetel word.33

x Wanneer ons aanwysers gebruik, moet ons weet wat die spesifikasies is om hulle te saam te stel. �99

20 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

¾ Doel 3 x Jy moet weet wat die doel is hoekom aanwysers bereken word. 33 x Byvoorbeeld, die VPI word bereken om die prysstygings van

verbruikersgoedere aan te dui en reflekteer die lewenskoste.33 x Dit is verkeerd van besighede om die VPI te gebruik om hul prysstygings

op te baseer.33 x As jy nie die doel weet waarom ʼn spesifieke aanwysers voor ontwerp is

nie, kan jy dit nie in verband bring met die toepaslike prestasie nie. 33 ¾ Voorsorg 3 x Jy behoort drie metodes toe te pas om voorsorg te tref vir die

akkuraatheid van jou aanwysers: x Kontroleer die periode wat van toepassing is: Byvoorbeeld, finansiële

statistiek van die regering mag vir ʼn finansiële jaar (April tot Maart) en nie vir ʼn kalenderjaar (Januarie tot Desember) wees nie. 33

x Kontroleer of die data hersien moet word: Nasionale rekening data word eers finaal na vier jaar. 33

x Oor hierdie tydperk, mag sommige lede voortgaan of kwartaalliks of jaarliks te verander. 33

x Kruis-kontroleer: Dit is moontlike om sommige data kruis te kontroleer deur twee bronne te gebruik, soos die Kwartaallikse Bulletin en SA Statistieke. 33

x Doen berekening, byvoorbeeld as jy met die reële BBP werk, kontroleer jou syfers deur die VPI af te trek van die nominale BBP. 33 (Indien slegs gelys maks. 5 punte) Maks. 10 (10)

SLOT Uit bogenoemde bespreking is dit duidelik dat sosiale aanwysers ʼn beduidende rol in Suid-Afrika speel. Dit is daarom van uiterste belang dat ons hierdie gebruike in detail bestudeer. 9 9 (Aanvaar enige toepaslike slot.) Maks. 2 (2)

[40]

TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150