72
1 Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! Jan Roos

Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

1

Hoofstuk 11:

Hemel of Hel – Dit is jou keuse!

Jan Roos

Page 2: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

2

Page 3: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

3

Hoofstuk 11:

Hemel of Hel – Dit is jou keuse!

My seun, neem aan wat ek jou sê,

maak wat ek jou voorskryf jou eie,

hou jou ore oop vir die wysheid,

span jou in om te verstaan.

Roep insig by, vra na gesonde begrip.

Soek dit soos jy silwer sou soek,

spoor dit op soos 'n verborge skat.

Dan sal jy weet hoe om die Here te dien,

sal jy ontdek wat dit is om God te ken.

(Spr. 2:1-5)

Jan Roos

Posbus 43792

Heuwelsig

Bloemfontein

9332

Page 4: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

4

“Baie Suid-Afrikaners is op pad na die hel! – Wat moet ek doen?”

deur dr. J.C. Roos.

Eerste uitgawe 2013.

Geen kopiereg word op hierdie boek voorbehou nie. Die materiaal kan gebruik, gedupliseer en versprei word met die voorwaarde dat erkenning aan die outeur verleen word en geen veranderings aan die teks aangebring word nie.

Tensy anders aangedui is skrifaanhalings in die publikasie geneem uit die

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling): Bybelgenootskap van Suid-Afrika © 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Met dank aan die Bybelgenootskap – http://www.bybel.co.za/home/.

Asook skrifaanhalings uit die 1953-vertaling (OV); ‘Die Boodskap’ – Die Bybel in hedendaagse Afrikaans (2002), uit die “King James Version” (KJV) Bybel (e-Sword) en die New King James Version (NKJV).

Hierdie boek (elektroniese weergawe, PDF) kan gratis op die Webblad

gelees en afgelaai word by: www.hemelofhel.co.za

Dankbetuigings:

Aan my vrou (Bertie) vir geduld, kommentaar en liefde.

Aan al my broers en susters in die geloof. In besonder vir boeta Martin Taljaard, Johan du Toit en Andrew de Wet wat tegniese en taalversorging gedoen het.

Aan God die Heilige Gees vir my entoesiasme, wysheid, insig, kennis, raad, sterkte en eerbied vir die Here.

E-pos: [email protected]

Faks: 086 695 6850

Jan Roos

Mei 2013

Page 5: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

5

Voorwoord

Hierdie boek het op my hart kom lê nadat God Sy lig op my hart laat skyn het en my verlig het met Sy kennis. Ek moet dringend, maar uit liefde, vir my medemens waarsku dat die meeste nie op die regte pad is nie. Ek weet dit want ek was self daar. Baie Suid-Afrikaners dwaal en is mislei, hul prioriteite is nie reg nie en het nie ‘n idee wat hulle in die geestelike sfeer (realm) doen nie. Baie verstaan nie hulle geestelike roeping nie, is verblind, lou, en is op ‘n pad van vernietiging (na die hel), maar baie besef dit nie! Die mense sê: “Ons het niks van iemand nodig nie, want kyk net wat het ons alles!” Ai, al hierdie gespog maak dat julle heeltemal

blind is vir hoe pateties dit regtig met julle gaan. ‘n Mens wil eintlik

sommer oor julle aan die huil gaan. Kyk net hoe lyk julle: julle is

geestelik brandarm en bankrot. Boonop besef julle dit nie eens nie, want

julle is soos blindes.” (Openb. 3:17, Die Boodskap). En ons weet wat word van hulle – word uitgespoeg!

Let wel, ek sê op pad na die hel – so, daar is nog kans om ‘n rigting-verandering te doen – bekeer! Daarom wil ek, namens God sê: ‘Mense word wakker – draai weg van die sonde na God!’ Kyk wat sê die Woord: “Word wakker, word wakker, ruk jou reg, Sion (voeg jou naam hierin).” (Jes. 52:1). “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.” (Ef. 5:14).

En die kerk vertroos ons met woorde soos ‘ons is maar net nietige sondaars en almal oortree, maar as jy net probeer is dit genoeg solank jy net gedoop (baba besprinkeling), voorgestel en aangeneem is!’ Onthou, jy word nie as ‘n Christen gebore nie, jy word nie ‘n Christen met jou babadoop nie, jy is nie ‘n Christen omdat jy kerk toe gaan nie. As iemand sê hy is ‘n Christen, maak dit hom nie ‘n Christen nie!

Ek is nie ‘n filosoof, teoloog, of sielkundige nie, maar ‘n wedergebore Christen wat kan lees en skryf! Ek het ‘n doktorsgraad in die natuurwetenskappe gedoen, maar genadiglik tot die besef gekom ek het nie die ewige LEWE nie! God het Sy goedheid aan my betoon en my uit die duisternis na die lig gebring en ek prys my God wat my gered het. Na wedergeboorte en eenwording met Christus (nuwe lewe), is jy geroepe as gesant (ambassadeur) van Christus en is dit ‘n voorreg en eer om in Sy plek te handel. (2 Kor. 5:20).

Page 6: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

6

Toe ek uit die duisternis na lig gebring is, was ek verbaas en hartseer om al die dooie bene om my te sien (familie, vriende, mede-kerkgangers wat morsdood is; net soos ek was) – soos die volk Israel in Esegiël (Eseg. 37). Maar die goeie nuus is dat God deur Sy Gees weer hieruit ‘n weermag kan bou! Dis eintlik die opdrag wat God ons gee om te doen. Daarom bid ek vir ‘n herlewing in elkeen se hart – herlewing vir ons land, Suid-Afrika.

Baie Suid-Afrikaners sê en dink hulle is ware Christene; maar is dit in werklikheid nie! Hulle is wêreldse (vleeslike) Christene (‘carnal Christians’) wat oppervlakkig in die siel en nie in die gees funksioneer nie. Hulle is nie met Christus verenig nie. Wat bedoel ek? Dit beteken dat ‘n persoon is nog nie wedergebore nie (‘n nuwe mens). Jy is nog ‘n sondaar voor God, jy is sonder die Heilige Gees en jy is sonder hoop – want die Bybel sê die ongeredde sondaar se toekoms is verdelging.

Die satan het geweldige beheer op aarde (Joh. 12:31 & 14:30) en dit sien ons in al die sfere van die samelewing. Daar is baie valse profete (dwaalleraars) en antichriste vandag (2 Pet. 2:1; 1 Joh. 4:1 & 1 Joh. 2:22), mense leef in ‘n leuen, en die wêreld is in vyandskap teen God! Mense leef in vrees, het baie bekommernisse en baie probleme. Mense is opsoek na geluk en wonder oor die geheim van die lewe? Maar Psalm 111:10 in Die Boodskap sê dit mooi: “Om gelukkig te wees moet jy die Here dien. Dit is die goue reël van die lewe. As jy dit doen, verstaan jy die geheim

van die lewe.” Hoeveel Suid-Afrikaners doen dit?

Daar is baie gelowe/godsdienste (‘religions’) en basies probeer hul almal om die gaping tussen God en die mens te oorbrug. Maar daar is net een, die Evangelie (‘gospel’) van Christus, waarin God na die mens uitreik. Godsdiens gaan jou nie red nie; om ’n goeie lewe te leef, red jou nie – jy het ’n Verlosser (Jesus) nodig. Min Christene verstaan bv. die verlossings proses en wedergeboorte. Jy kan nie verlossing verdien nie, jy kan dit nie koop nie, jy kan dit net deur geloof as ’n geskenk van God ontvang. Met dié boek wil ek my ervaring deel en die groter prentjie te wys.

Baie mense se ken-en-verstaan van die Bybel is piering vlak en dit lei tot hul eie vals redenasies, bv. hul sal sê: “Jesus het vir almal se sonde gesterf en sal ons uiteindelik almal weer in ‘n regte verhouding met God gestel word.” Maar nee, dis ‘n vals redenasie – dis nie wat die Bybel sê nie. Dis waar dat Christus vir almal se sondes gesterf het, maar as jy nie bekeer en Hom nie as jou persoonlike Verlosser aanvaar nie, dan is die vergifnis van sonde nie op jou van toepassing nie en gaan jy in die verderf beland! “Die HERE staan gereed om my (jou) te verlos.” (Jes. 38:20 OV).

Page 7: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

7

God het ons ‘n vrye will/keuse gegee: jy kies vir Hom en dan kies jy die ewige lewe (hemel) of jy kies teen Hom en gaan die dood (hel) tegemoet (Deut. 30:19). Dit is ‘n eenvoudig keuse, maar ‘n moeilike besluit! Hoekom? Omdat die satan en al sy demone (die magte van duisternis) jou wil verhoed om die lewe te kies. As jy dus hel toe gaan is dit omdat jy daarvoor gekies het (Jesus verwerp). Jou keuse sal deur God gerespekteer word en jy kry die loon vir die sonde wat die dood is (Rom. 6:23).

Die Bybel is een van die grootste geskenke van God aan die mens. Die Bybel is ‘n groot en komplekse boek (66 boeke deur 40 skrywers oor meer as duisend jaar), en dit is ‘n groot uitdaging wat baie tyd en wysheid vereis om dit reg te verstaan. Maar min mense wat ek ken, ken die kern waarhede en begrippe van die Bybel en baie mites word geglo. Algemeen word gesê: “Eva het ‘n appel in die tuin van Eden geëet”, maar die Bybel sê nie dit was ‘n appel nie – dit sê net ‘n ‘vrug’. Of daar word gepraat van ‘een paar van elke dier in Noag se ark’, maar daar staan ‘sewe pare van die rein diere en voëls’ (Gen. 7:2-3). Nog ‘n voorbeeld is dat ‘Noag 40 dae in die ark was.’ Nee, dit het 40 dae gereën; hulle was meer as ‘n jaar lank in die ark (377 dae).

Baie Suid-Afrikaners is op ‘n pad van vernietiging – die breë weg! (Matt. 7:13). Ons leef volgens die wêreld se valse reëls. My oproep en hartewens is daarom: moet nie verder tyd mors deur om doelloos op die leë, selfsugtige breë weg van die vleeslike lewe te wandel nie, want dit lei na die verderf! “Maak jou klaar om voor jou God te kom verskyn!” (Amos 4:12).

Die eindtyd waarin ons leef, sal gekenmerk word aan bandeloosheid, geweld, chaos; net soos dit vandag alreeds is en dit sal net erger word, want terwyl die gelowiges al hoe meer die heerlikheid van Christus deelagtig sal word, sal diegene wat sonder Hom leef, al meer en meer aan die satan gelykvormig word!

Daar is ‘n groot verantwoordelikheid op elke persoon om vas te stel waar hy of sy met die Here staan. Ondersoek opnuut jouself of jy werklik in die geloof is, in liefde leef, en of jy deur ‘n lewe van heiligmaking (transformasie) en geestelike groei, ‘n bruikbare getuie (‘n dissipel) vir Jesus Christus is. Is die Heilige Gees jou leidsman? Jou ewige lewe hang hiervan af! Lees die res van die boek. Moet nie dat die godsdienste gees (van die duiwel) jou verhinder om verder te gaan nie. Leer die Waarheid ken, en die Waarheid sal jou vrymaak! (Joh. 8:32).

Page 8: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

8

Ons as Christene het krag en glorie (heerlikheid) op ‘n manier wat nie beskikbaar was voor die Kerk op Pinksterdag begin het nie. Die Heilige Gees, God self, is nou binne ons! Christene is nie net “volgelinge van Christus” nie. Ons is deur die Gees met Christus verenig, ons het ‘n identiteit met Hom. Hy het ons sondigheid en swakheid verruil vir Sy sterkte en krag – ons is vrygemaak! “Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en

dood.” (Rom. 8:2).

En nou as individuele lede van Sy Liggaam (kerk), as mense met Christus in ons, as Sy verteenwoordiger, laat ons ons opnuut verbind om Christus in die wêreld in te bring deur ons. Die wederkoms is baie naby, die oes is groot, maar die arbeiders is min, laat ons inspring en werk. Die wêreld het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei.

Ek hoop, vertrou en bid dat hierdie boek jou sal help om werklik in ‘n geestelik eenheid en harmonie met die Drie-enige God; Vader, Seun en Heilige Gees te kom en in vrede en vreugde te lewe.

Liefde in Jesus Christus die Here,

Jan Roos

Page 9: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

9

Hoofstuk 11:

Hemel of Hel – Dit is jou keuse!

1.1 Inleiding:

Ons het in voorafgaande hoofstukke heelwat na die hemel en hel verwys en in Hoofstuk 1 probeer aantoon wat blokkeer baie mense om in ‘n regte verhouding met God te kom en wat hou ons uit die hemel. En in Hoofstuk 3 aangetoon dat baie mense, insluitende predikers, nie meer aan ‘n hel glo nie! Maar die Bybel vertel van beide – so, jy kan nie net aan die hemel glo en dan nie aan die hel nie!

Die voorlopers van die valse profeet (in Openbaring) is nou al intensief met geestelike misleiding en breinspoeling van hierdie aard besig. Daar is in Suid-Afrika verskeie teoloë wat klaar deur die mag van satan se monistiese en integrerende denkwyse vasgevang is. Hulle kan nie meer onderskeid tussen konsepte soos die hemel en die hel tref nie, daarom ontken sommige van hulle die bestaan van beide. (Malan, 2005).

Die kerke is deesdae baie versigtig om oor die hel te preek, want dit maak mense ongemaklik, dit maak hulle kwaad en dan kan hulle dalk (met hul geld) weggaan; maar dis ‘n groot fout! – dit is wat die satan wil hê! Wanneer laas het jy ‘n preek oor die hel gehoor? König (2010) stel dit duidelik: ondanks al die uitsprake van Paulus in die Bybel en mense se interpretasies “bly die hel ‘n skokkende maar ook ‘n onmiskenbare deel van die boodskap van die Bybel. En dit hang saam met die feit dat die universele versoening net geld vir dié wat dit aanvaar.”

Meer kerke breek weg van die waarheid van die Woord en stem saam met wat die “Sataniese Bybel” op bladsy 33 sê: “There is no heaven of glory bright, and no hell where sinners roast. Here and now is our day of torment! Here and now is our day of joy! Here and now is our opportunity! Choose ye this day, this hour, for no redeemer liveth.” (in Liebenberg, 2008).

Dit is belangrik dat ek aan die begin moet sê dat ek nie vrees wil verkondig nie, maar verlossing. Alhoewel, vrees vir die hel kan dalk help om jou aandag te kry! Maar, dit moet nie ‘n geval wees van jy sien die hel as ‘n plek van pyn en lyding met geen toekoms en nou besluit jy om gou ‘n paar goedjies te doen net om dit vry te spring nie – jy wil net brandversekering uitneem! Nee, jy moet uit die mag van die duisternis kom en oorgebring word in die Koninkryk van die Seun van Sy liefde! Jy moet in die regte verhouding (in harmonie) met God kom!

Page 10: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

10

Om aan die hemel te glo, het geen waarde as ons nie glo in die opstanding van die Een wat die hemel geskep het en die hemelpoorte oopmaak vir almal wat wil binnegaan nie! Ek dien nie God omdat ek bang is vir die hel nie, maar uit dankbaarheid vir wat Hy alles aan my geskenk het uit Sy liefde en genade.

o “Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van Sy Seun wat Hy liefhet.” (Kol. 1:13).

o God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.” (Jes. 12:2-3).

Hemel en hel is, soos al die ander onderwerpe wat ons in die boek aangeraak het, baie komplekse onderwerpe en dik boeke is al hieroor geskryf, maar ek wil net die breë belangrike beginsels vaspen. In die Bybel is daar egter baie duidelike uitsprake oor die hemel én die hel.

1.2 Dit gaan eintlik oor lewe en dood – ewige lewe en ewige dood:

Niemand het die lewe in homself nie (Joh. 6:53), alleen God het die ewige lewe (1 Tim. 6:16).

o “Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.” (Rom. 6:23)

o “God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” (Joh. 3:16)

o “Dié wat die oorwinning behaal, sal beslis nie deur die tweede dood getref word nie.” (Openb. 2:11) “…die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.” (Openb. 21:8).

Die dood vir die gelowige is nie die einde nie; dit is die begin van die Lewe en dit ’n lewe in oorvloed! (Joh. 10:10). M.a.w. soos daar ’n tweede en hoër Lewe is, so is daar ook ’n tweede en dieper dood. En soos dáár na daardie lewe geen dood meer is nie, so is daar ná daardie dood geen lewe meer nie.

1.2.1 Dit gaan oor ’n Persoon – Jesus Christus:

Jesus het nie aan die kruis gesterf vir mense se sonde sodat hulle aan die hemel kan glo nie, maar sodat hulle in Hom kan glo. Die hemel red nie siele nie … dit versamel siele. En as jy dink dit is belaglik om te glo dat die lewe oor die dood sal triomfeer, dan moet jy nie met Christenskap sukkel nie, want jy kan nie ‘n Christen wees as jy dit nie glo nie!

Page 11: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

11

Nadat Lasarus al vier dae lank in die graf was, demonstreer Jesus Sy opstandingskrag deur Lasarus uit die dood op te wek. Toe Hy by die graf kom, het Hy met ‘n harde stem uitgeroep: “Lasarus, kom uit!” en Lasarus het uit die graf gekom en voor die skare gaan staan (Joh. 11:43). Dit het Jesus se mag oor die dood bewys – en ook die waarheid van Sy belofte aan ons:

o “Ek (Jesus Christus) is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?” (Joh. 11:25-26).

“To know God is to cut the cords of death.” (Urantia, 2008).

• Dit beteken ook gehoorsaamheid: o “Gehoorsaamheid aan God lei tot die lewe, dit is 'n pad wat nie na die dood lei nie.” (Spr. 12:28)

o “Wie in die Seun (Jesus Christus) glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.” (Joh. 3:36).

“People who would be happy in heaven if Christ is not there, will not be there. The gospel is not a way to get people to heaven; it is a way to get people to God. It’s a way of overcoming every obstacle to everlasting joy in God. If we don’t want God above all things, we have not been converted by the gospel.” John Piper – God is the gospel.

1.2.2 Dit gaan oor Lig (God) wat lewe gee en duisternis (satan) wat dood gee!

o “Ek (Jesus) is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” (Joh. 8:12)

o “Jy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die satan tot God kan bekeer.” (Hand. 26:18).

En onthou, daar is net twee koninkryke (heerskappye) op aarde. Die koninkryk van die Lig en die koninkryk van die duisternis. As jy ongehoorsaam is aan die koninkryk van Lig, dan is jy gehoorsaam aan die koninkryk van duisternis. Deur gehoorsaam te wees aan die koninkryk van duisternis sal dit deure van duisternis open in jou en jou familie se lewens en dit ly tot die ewige verderf. Dus uiteindelik gaan dit oor die keuses wat ons maak!

“Take care of your life and the Lord will take care of your death.” – George Whitefield.

Page 12: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

12

1.3 Wat na die dood – eerste fisiese (liggaamlike) dood?

God het in elkeen van ons ‘n innerlike wete geplaas dat die lewe op aarde nie die einde is nie. Die Bybel stel dit duidelik:

o “Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd.” (Pred. 3:11).

Die mens kan hierdie waarheid onderdruk of ontken, maar ons gewete kan nie stilgemaak word nie. Die ‘klein, stil stemmetjie’, van God sê vir ons – diep binne-in – dat dit steeds waar is (1 Kon. 19:12).

Ons moet nooit daardie innerlike stem ignoreer nie, maar liewer dit wat ons glo met die skrif vergelyk, want dit is waar Hy hierdie waarhede aan ons openbaar. (Graham, 2012).

Meeste gelowe glo dat as mens dood gaan, gaan jy na een of ander paradys, gewoonlik hemel. Volgens ‘n onlangse peiling het getoon dat 81% van die Amerikaners glo aan ‘n lewe na die dood en 74% glo daar is ‘n hemel en ‘n hel (Shook, 2008). Dis waarskynlik ‘n persentasie wat ook ongeveer (miskien laer %) op Suid Afrikaners van toepassing sal wees.

Ons weet dat ons net tydelik hier op aarde is en dat ons (gelowiges) ewige bestemming saam met God is. Ons almal weet dat die mens ‘n sterflike wese is – net tydelik op aarde, maar ons as Christene glo dat as jy dood gaan, gaan jou gees terug na God wat dit gegee het en gaan ons saam met Hom woon – Die Hemel is ‘n fisiese plek!

Maar onthou jy word nie ‘n engel soos die flieks wys nie – jy is hoër as ‘n engel, jy is ‘n kind van God, mede erfgenaam saam met Christus en gaan oor die engele oordeel.

So, Christene wat dood gaan, gaan onmiddellik na die hemel en wag vir die opstanding van hul slapende (dooie) liggame (2 Kor. 5:8; Filip. 1:21-24; Hebr. 12:22-23; Openb. 6:9-11). Wanneer Christus die hemel verlaat en neerdaal na die aarde (met die wegraping), kom die heiliges wat in die hemel is saam met Hom (“dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.” 1 Tess. 4:14) en word verenig met hul liggame wat in ‘n oomblik opgewek gaan word (1 Tess. 4:14, 16, 17; 1 Kor. 15:51-58).

o “Die tyd wanneer die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.” (Pred. 12:7).

o “Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem.” (1 Tess. 4:14).

Page 13: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

13

o “Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie, want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon.” (2 Kor. 5:6-8).

• Ons weet daar is lewe na die dood omdat God dit in Sy Woord belowe, ons gees daarvan getuig en bo alles, omdat Jesus Christus dit met Sy lewe, dood en opstanding bevestig het. Kyk dus na Jesus. Deur Sy opstanding, sê die Bybel, het Hy:

o “…die mag van die dood gebreek en deur die evangelie die onverganklike lewe aan die lig gebring.” (2 Tim. 1:10).

• God, in Sy groot liefde, maak dit vir ons moontlik om die oorwinning te behaal oor die dood, ten spyte van die feit dat ons daardeur moet gaan. Die Bybel sê vir ons die dood kan nie die gelowiges in God skei van die liefde van God nie.

o “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.” (Rom. 8:38-39).

• Een van die grootste waarhede in die Bybel is dat God ons nie slegs vir hierdie wêreld geskep het nie. Ons is vir die hemel bedoel – ja, die hemel is ons uiteindelike tuiste. (Graham, 2012). Jesus het gesê:

o “…kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Joh. 14:3).

Dit is nie nodig om die dood te vrees nie indien jy jou lewe aan God gegee het nie. Neem vertroue in die waarheid van God. Trouens Hy wil dat jy saam met Hom moet lewe in oorvloedige vreugde vir ewig en altyd. En Hy sal dit laat gebeur – indien jy Hom toelaat!

“Death is only the beginning of an endless career of adventure, an everlasting life of anticipation, an eternal voyage of discovery.” (Urantia, 2008).

1.3.1 Is ons onmiddellik by die Here in die hemel wanneer ons doodgaan, of het ons ‘n tyd van ‘sieleslaap’ voordat ons in God se teenwoordigheid ingaan?

God het beloof om ons na Hom toe te neem wanneer ons sterf. Die Bybel sê:

o “Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar 'n tent is, afgebreek word, ons 'n vaste gebou in die hemel het. Dit is 'n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan.” (2 Kor. 5:1).

Page 14: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

14

• Die Bybel leer ons: o “… om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon.”

(2 Kor. 5:8 OV).

Paulus skryf uit die tronk dat hy verlang na die heerlikheid wat op hom wag wanneer Sy liggaam doodgemaak sou word en hy in die Here se teenwoordigheid sou wees:

o “ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste.” (Filip. 1:23).

• Jesus het aan die berouvolle sondaar wat saam met Hom gekruisig is gesê: o “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

(Luk. 23:43) – en hy was; kyk die bespreking onder oor die kompartemente van die doderyk (11.9).

Waar is die mense van Sodom en Gemorra? Nie in ’n sieleslaap nie maar brand in die hel:

o “As waarskuwing vir almal word hulle nou gestraf met die vuur wat ewig brand.” (Jud. 1:7b)

Die apostel Johannes het ‘n ander ervaring in die tronk gehad. Toe hy ‘n visioen van die hemel gesien het, het hy ‘n vlugtige blik op die siele gehad “… van die mense wat doodgemaak is omdat hulle aan die Woord van

God… vasgehou het.” (Openb. 6:9). Dit was die Christen-martelare, en Johannes het hulle hoor uitroep en vra wanneer die Here hul bloed gaan wreek. Johannes het die Stem hoor sê dat hulle “… nog ‘n klein tydjie

moes rus…” (Openb. 6:11 OV).

Hierdie is ‘n beeld van siele wat rus in die teenwoordigheid van God. Hoewel hul liggame nog in die graf is in afwagting op die laaste opstanding, vertroos God se Gees hulle geeste omdat Hy die God van alle troos is. Hier het ons nog ’n bewys dat die siele van afgestorwenes welbewus voortbestaan na die dood en dat hulle wél kennis dra van wat op die aarde gebeur, soos ook die woorde van Christus getuig in Luk. 16:19-31). Jesus het gesê: “Hy is nie ‘n God van dooies nie maar van lewendes” (Matt. 22:32; Mark. 12:27).

• Engele vergesel die afgestorwenes na die hemel:

Ons kry in werklikheid ‘n vlugtige blik daarop in die verhaal wat Jesus vertel het van die ryk man en die bedelaar, Lasarus. Toe die bedelaar gesterf het, het Jesus gesê, is hy:

o “deur die engele weggedra na die ereplek langs Abraham.” (Luk. 16:22).

Page 15: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

15

Baie beskrywings vertel van sterwende gelowiges wat vrede ervaar het as gevolg van hierdie engele-teenwoordigheid. Om te glo dat God hierdie engel troosters sal stuur om ons uit hierdie wêreld te begelei na die volgende een, moet groot vrede bring in ons siel (Graham, 2012).

Heidi Baker (2008) skryf ook: “When babies die in our arms, there is a mourning deep within our spirits, but we know that the babies go straight from our arms into the arms of Jesus.”

• Die Bybel sê: o “Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.” (Ps. 121:7-8 OV).

Maar die ryk man se liggaam is begrawe, terwyl sy siel en gees in die hel was. Hy was nie in ‘n sieleslaap en gewag vir die oordeelsdag nie. En wie het hom soontoe geneem – die engele of die demone? As engele die gelowiges wegdra na hul dood, dan maak dit vir my sin dat demone ongelowiges wegdra soos deur Baxter (1993) beskryf word:

“When you die on earth, if you are born again by the Spirit of God, your soul goes to heaven. If you are a sinner when you die, you go immediately to a burning hell. Demons with great chains will drag your soul through the gateways of hell, where you will be thrown into the pits and tormented. In time, you will be brought before Satan. You know and feel all things that happen to you in hell.”

1.3.2 Die toekomstige oordeel:

En die dag as jy doodgaan of weggeraap word, dan is die volgende wat vir jou wag die oordeel. Ons moet weet dat oordeel kom – die Bybel is baie duidelik hieroor. So, jou liggaam is dood en sal vergaan (van stof na stof), maar jou gees en siel bly leef.

o “'n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel.” (Hebr. 9:27).

o “God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer, want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.” (Hand. 17:30-31).

o “Maar deur jou verharding en jou onbekeerlike hart is jy besig om vir jouself straf op te gaar vir die oordeelsdag, wanneer God Sy regverdige oordeel sal uitspreek.” (Rom. 2:5)

Page 16: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

16

• So, maak jou klaar om jou God te ontmoet: o “maak jou klaar om voor jou God te kom verskyn!” (Amos 4:12).

• Geen ompaaie:

Baie mense laat hul mislei deur valse leringe soos bv. reïnkarnasie en sulke ompaaie, want daardeur probeer hulle die oordeel vryspring en hoef hul aan niemand rekenskap te gee of aan iemand te verduidelik wat hul met hul lewe gemaak het nie. Nee, moet jou nie deur die leuens laat mislei nie. Wat ons op aarde doen, sal deur die ewigheid eggo.

Ja, elkeen sal verantwoording doen vir sy dade. ‘Ons sal moet rekenskap gee van elke ligsinnige woord – én van elke ligsinnige stilte.’ (Benjamin Franklin).

o “Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor Sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.” (Hebr. 4:13).

o “Hulle sal rekenskap moet gee aan Hom wat klaar staan om oor die lewendes en die dooies te oordeel.” (Openb. 20:12).

o So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” (Rom. 14:11; Jes. 45:23).

• Maar ons as gelowiges het niks om te vrees vir die oordeelsdag nie: o “Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want in hierdie wêreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus.” (1 Joh. 4:17)

• Want ons weet Sy (Jesus) se oordeel is regverdig! o “Ek oordeel soos Ek dit van die Vader hoor, en my oordeel is regverdig.”

(Joh. 5:30).

• Beoordeel of veroordeel?

Voordat jy geoordeel word, moet jy eers uit die dood opstaan en fisies verander word – verheerlikte liggaam. Dit is soos as jy ruimte toe wil gaan moet jy eers ‘n ruimtepak aantrek.

o “Hierdie verganklike liggaam moet met die onverganklike beklee word, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike.” (1 Kor. 15:53).

Die Bybel beskryf twee opstandings. Met die wegraping staan die gelowiges op uit die grafte en die wat nog lewe word in ‘n oogwink verander (1 Kor. 15:52) – die eerste opstanding. Ontmoet Christus in die lug en gaan na die Hemel en verskyn voor die ‘regterstoel’ of ‘Bema’.

Page 17: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

17

Die ongeredde dooies sal met die tweede opstanding (na die duisendjarige vrederyk) uit hulle grafte opstaan, in veroordeling voor God verskyn (Groot wit troon), en dan vir ewig in die poel van vuur gewerp word (Dan. 12:2; Openb. 20:11-15).

o “So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.” (Matt. 13:49-50).

• Die ongereddes sal dus net so seker as die gereddes uit die dood opgewek word. o “Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom 'n tyd wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal hoor en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word.” (Joh. 5:28-29).

Dié wat Christus ontvang het, sal vir ewig by Hom leef. Dié wat Christus verwerp het, sal vir ewig afgesonder van Hom leef. Dit is die harde werklikheid.

o “Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie.” (1 Joh. 5:12).

• Wat is die “BEMA” oordeels sitplek? (Liebenberg, 2008)

Rondom die Griekse Olimpiese stadium was daar groot pawiljoene. Daar was ook ‘n spesiale pawiljoen vir die eregaste. In dié pawiljoen was daar “‘n spesiale platform of ‘n verhoog, die amptelike sitplek vir ‘n regter”. Al die wenners was na dié spesiale verhoog gebring en deur die eregaste geluk gewens en is met ‘n lourierkrans om hul nek beloon. Dieselfde sal basies eendag met die wedergebore gelowige gebeur, dit is net die beloning wat gaan verskil.

Paulus verwys na ‘n soortgelyke plek in 2 Kor. 5:10 en gebruik die Griekse woord “BEMA.” In Afrikaans en Engels het ons nie ‘n woord wat die “BEMA” kan beskryf nie, en “regterstoel” is toe gebruik wat ‘n totale verkeerde boodskap uitstuur. Die gevolg is dat die meeste mense dink dat die kind van God voor ‘n regterstoel gaan staan en sien ‘n beeld van ‘n regter met ‘n rooi jas wat hom gaan oordeel.

Wat gaan gebeur is dat die regverdige direk na die Wegraping homself voor die “Bema” gaan bevind, waar hy dan beoordeel (nie veroordeel) gaan word volgens sy goeie dade en dan sy kroon ontvang. Dit sal plaasvind voor Y’shua Ha’Mashiach (Jesus Christus) in die hemel, wat alle gelowiges wat ooit geleef het insluit.

Page 18: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

18

Die vraag is net waar bevind jy jou oor 100 jaar en vir altyd? Die Bybel sê daar is net 2 bestemmings. Hemel of Hel; Koninkryk of doderyk – “Smoking or non-smoking?”

1.4 Alle paaie lei nie na Rome nie!

1.4.1 Daar is slegs twee paaie, twee hekke (poorte), twee eind-bestemmings:

Daar is baie godsdienste (baie paaie), maar daar is fundamenteel net twee om van te kies: die een wat reg is (ewige lewe) of die een wat verkeerd (verderf) is! Kyk Tabel 11.1.

o “Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.” (Gal. 6:8).

Daar is net twee tipe saad – dié van die slang (verderflike saad) of die van die vrou (onverganklike saad). Ateïste, agnostici, Hindoes, Boeddhiste, Islam, en Taoïste is saad van die slang.

o “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad.” (Gen. 3:15).

Onthou, die satan sal nie vir jou ‘n bordjie opsit wat sê: �‘Na die Hel’ nie!’

o “Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.” (Spr. 14:12 OV).

• Maar Jesus sê jy moet by die nou poort ingaan – dit lei na die lewe! o “Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min. (Matt. 7:13-14).

Die breë pad is vir die ‘happy go lucky crowd’ – die vrolike groepe wat vry is om te maak wat hulle wil, en dié pad is baie besig maar moenie verlei word om die skare te volg nie, want dit lei na die verderf! Om te weier om God se wil na te streef en vir Hom te leef, is die pad na die ewige verderf.

• Kies die enigste pad wat lei na die deur van die hemel:

Jesus het gesê: “Ek is die weg …” (Joh. 14:6); Jesus het gesê: “Ek is die ingang …” (Joh. 10:9); en Hy het ook gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” (Matt. 4:17). Hy het aan ons gedink toe Hy uit die hemel na die aarde gekom het. Hy het ons in gedagte gehou toe Hy na die kruis toe gegaan het.

Page 19: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

19

Jesus gee om vir ons terwyl Hy afkyk uit die hemel. Vra Hom om in jou hart in te kom sodat jy vir ewig by Hom kan woon.

Ja, op die smal pad werk dit anders – jy moet alleen deur die smal hekkie gaan, met moeite; jy moet naak wees (sonder bagasie), in self ontkenning, gestroop van jouself (geen trots), van jou sonde bekeer en totaal oorgegee aan God, dus nie vir supersterre nie!

Bekerend: Jy moet vergifnis van jou sonde kry – ook jou medemens vergewe anders kan God nie met jou werk nie – jy is nie vir Hom aanvaarbaar met jou sonde en onvergifnis nie! Jy moet wegdraai van die sonde en die lewende God dien.

• Totaal oorgegee aan God: Jy moet God se wil soek – soos Jesus. o “Uit my eie kan Ek niks doen nie: Ek oordeel soos Ek dit van die Vader hoor, en my oordeel is regverdig, omdat dit nie My wil is wat Ek nastrewe nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.” (Joh. 5:30).

o “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” (Matt. 5:3).

o “maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.” (Matt.

25:46).

Luister gerus na die uitstekende preek van John MacArthur: “Heaven! Narrow or Broad Gate?” (2005) – beskikbaar op www.sermonaudio.com.

Tabel 11.1: Vergelyking van die breë pad met die smal pad.

Die BREË pad Die SMAL pad

Menslike godsdiens (‘religion’) – mens gemaak

Goddelike weg – volgens die Woord

Menslike prestasies God doen alles in Christus

Werke – eie pogings Genade – onverdiend

Vlees – verstand – siel Geloof – hart – gees

Onafhanklik – self in beheer Afhanklik van God

Lei tot vernietiging – geen toekoms

Lei tot lewe – hoopvolle toekoms

Baie mense Min mense

Boom van kwaad; Vrugte – sleg Boom van die lewe; Vrugte – goed

Bouers – dwaas Bouers – wys

Fondasie – sand Fondasie – Rots (Christus)

Page 20: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

20

1.5 Dis nie maklik om in die Hemel te kom nie! o “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemel is.” (Matt. 7:21).

• Baie gaan probeer, maar dit nie regkry nie! o “Toe vra iemand Hom: “Here, is dié wat gered word, maar min?” Hy sê vir hulle: “Span al julle kragte in om by die smal deur in te gaan. Baie, verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie.” (Luk. 13:22,23).

o “Baie is immers geroep, maar min is uitverkies.” (Matt. 22:14).

• Moeitevol – Jy moet reg lewe! o “Tot op Johannes was dit net die wet en die profete. Van toe af word die koninkryk van God verkondig, en elkeen probeer so hard as hy kan om daar in te kom.” (Luk. 16:16).

o “As 'n gelowige beswaarlik gered word, wat word dan van 'n goddelose en 'n sondaar?” (1 Pet. 4:18).

• Span al jou kragte in! o “Hy sê vir hulle: “Span al julle kragte in om by die smal deur in te gaan. Baie, verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie.” (Luk. 13:24).

o “Hulle het die gelowiges geestelik versterk en hulle aangespoor om getrou te bly in die geloof. “Ons sal eers deur baie verdrukking moet gaan voordat ons in die koninkryk van God kom,” het hulle gesê.” (Hand. 14:22)

• Volhard tot die einde! o “Maar wie tot die einde volhard, sal gered word.” (Matt. 24:13; 10:22).

o “Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het.” (Hebr. 3:14).

o “En laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.” (Hebr. 12:1-2).

• Moet nie net sê: “Ek Glo nie”

Dis te maklik – enige iemand kan dit sê. Waarin glo jy? Of in wie glo jy? Jy moet bekeer en dan moet jy ook so leef!

“Having faith in Jesus is not simply believing that He is our Savior; it is believing His message, His promises, His instructions”.

Page 21: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

21

Daar is ongelukkig mense wat dink dat bekering nie nodig is nie, en dat ons net in die Here Jesus moet glo om gered te word. Geloof in Christus vereis noodwendig bekering, want ‘n persoon kan nie sê dat hy in Jesus Christus glo terwyl hy steeds die ou weë bewandel en nog nie sy sondes bely en laat staan het nie. Paulus bevestig ook die noodsaaklikheid van bekering:

o “God… verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer.” (Hand. 17:30)

Die Here Jesus wil nie passiewe volgelinge hê wat net in Hom glo en verder niks vir die uitbreiding van Sy koninkryk in ‘n verloregaande wêreld doen nie. Hulle moet getuies van Sy reddende genade wees en ook ‘n aktiewe gebedslewe lei. Jesus waarsku duidelik:

o “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is” (Matt. 7:21).

o “So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.” (Jak. 2:17).

Deur die krag van die Heilige Gees is dit moontlik om ‘n godvrugtige lewe te lei en die wil van ons hemelse Vader te doen. Hy wil hê dat ons, geestelik gesproke, die lig van die wêreld moet wees. (Malan, 2006).

o “Vra na die wil van die Here, dan sal julle lewe! As julle dit nie doen nie, sal die Here vir Josef soos 'n vuur tref, 'n vuur wat vir Bet-El sal verteer sonder dat iemand dit kan blus.” (Amos 5:6).

“A man’s destiny on Judgment Day will depend not on whether he has known God’s will, but on whether he has done it.”

• En baie is onder die illusie dat hulle op die regte pad is! o “Dan sal julle sê: ‘Ons het saam met U geëet en gedrink, en op ons strate het U die mense geleer.’ Maar Hy sal weer vir julle sê: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Niemand van julle het gedoen wat reg is nie. Maak dat julle van My af wegkom!’” (Luk. 13:26,27).

1.6 Wat belowe die Here oor die toekoms?

• Hy belowe ewige geluk en lewe vir Sy mense. o “Dan sal die Koning vir dié aan Sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur My Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit... maar dié wat die wil van God gedoen het, (ontvang) die ewige lewe.” (Matt. 25:34, 46).

Page 22: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

22

o “Salig (geseënd) is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.” (Openb. 22:14 OV).

• Maar die ewige straf vir die goddelose: o “Dan sal die Koning vir dié aan Sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en Sy engele voorberei is... En hierdie mense sal die ewige straf ontvang.” (Matt.

25:41, 46).

o “En gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.” (Matt. 25:30).

So, as jy nutteloos (lou, dof, jou sout verloor het) geword het vir God, dan word jy weggegooi – op die ashoop om verbrand te word. Die Hel is dus God se verbrandingsoond (‘incinerator’).

• Wie is die nuttelose wat gestraf gaan word? o “Wanneer die Here Jesus met Sy magtige engele in 'n vuurvlam uit die hemel verskyn. Dan sal Hy die mense straf wat nie vir God ken nie en dié wat die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie. Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here en van Sy wonderbaarlike mag.” (2 Tess. 1:7-9).

o “Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.” (Matt. 7:23).

Ons eindbestemming is dus net óf in die teenwoordigheid van God, in Sy koninkryk (= Hemel) óf geban uit Sy teenwoordigheid (= Hel).

1.7 Die Hemel:

In die Bybel is daar verwysings na drie hemele (2 Kor. 12:2):

(1) Die atmosfeer rondom die aarde (die biosfeer), waarin die voëls van die hemel vlieg en die wolke is (Jer. 4:25; Eseg. 38:20; Hos. 2:17; Matt. 6:26; 13:32).

(2) Die sterrehemel (Gen. 1:14-19; 15:5; Ps. 8:4; Eseg. 32:7; Matt. 24:29; Openb. 8:10).

(3) Die derde hemel – die planeet Hemel (2 Kor. 12:1-7), wat die hoogste hemel is waar God woon (Luk. 2:14; 2 Kor. 12:2-4; Ef. 4:10). Dit is die woonplek van die Drie-enige God: God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees – Sy heilige woning. Hy het dit geskep, Hy woon daar, en eendag sal alle gelowiges ook daar woon. (Deut. 26:15; Pred. 5:1; Matt. 5:16; Luk. 24:51; Hand. 7: 55-56; Ef. 6:9; Kol. 4:1; 1 Tess. 1:10; 4:16; 2 Tess. 1:7; Hebr. 8:1;

Page 23: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

23

1 Pet. 1:12; 1 Joh. 5:7). Dit is ook die woonplek van die engele. (Matt. 22:30; Luk. 2:15, 22:43).

Die woord ‘hemel’ kom 533 keer in die Bybel voor; van die eerste vers in die Bybel tot die laaste boek (Openb. 21:10). Trouens 54 van die 66 boeke in die Bybel praat van die hemel – ons enigste gesaghebbende bron van inligting oor die hemel. Jesus praat 66 keer van die hemel net in die Evangelie van Mattheus.

Die idee van 7 hemele is vals – dit kom uit die ou astrologie en word deur sekere vals godsdienste geglo, soos Hindoes en Islam, want die Koran noem die bestaan van 7 hemele.

1.7.1 Het ons ‘n idee waar die Hemel en hel is?

Ja, die Bybel vertel ons waar die Hemel en die Hel is:

o “'n Verstandige mens se pad loop boontoe, na die lewe toe; hy ontkom die doderyk daar onder.” (Spr. 15:24).

Die Hemel is bo en die Hel onder, in die hart van die aarde en nie soos sommige denominasies ons leer, in jou kop nie. Dit is bokant die sterre; aan die uithoeke van die noorde; dit is bo die hoogtes van die wolke (Jes. 14:13-14)

Moses het gebid: “Kyk tog af, Here, uit u heilige woonplek, uit die hemel… (Deut. 26:15) en Jesus het ons harte bewus gemaak van die werklikheid van die hemel toe Hy na die hemel opgekyk het en gebid het: “Ons Vader wat in die hemel is…” (Matt. 6:9).

Net voordat Stefanus gesterf het, het hy “…opgekyk na die hemel en die

heerlikheid van God gesien …” (Hand. 7:55).

“To those of you who think that hell is here on earth – well, you are right – it is! Hell is in the center of the earth, and there are souls in torment there night and day.” (Baxter, 1993).

o “Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal.” (Ps. 55:16)

1.7.2 Die huidige Hemel is ‘n planeet!

• Ek noem net ‘n paar interessante feite:

o Ligging: in die noordelike deel van die heelal, in verhouding tot die wêreld (Jes. 14:12-14; Ps. 75:6-7), bokant (1 Kon. 8:23) en in die hoogste deel van die skepping (Job 22:12; Luk. 2:14; Ef. 1:21; 4:10)

Page 24: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

24

o Vorm: Rond (Job 22:14; Ps. 19:6) soos die aarde (Jes. 40:22; Pred. 1:6)

o Grootte: Onbekend, maar waarskynlik groter as die aarde, afgelei van die grootte van die stede (Openb. 21:9-27) en van die aantal inwoners (Jer. 33:22; Hebr. 12:22-23).

o Dit het regte stede (Hebr. 11:10-15; 13:14; Openb. 21:2, 9-27)

o Het tempels (Ps. 11:4; Openb. 3:12; 7:15; 11:19; 14:17; 15:5; 16:1, 17; Jes. 6:1)

o Fonteine van water (Openb. 7:17)

o Riviere van water (Openb. 22:1)

o Diere (2 Kon. 2:11; 6:17; Sag. 1:8, 10; 6:1-5; Openb. 19:11, 14, 21)

o Bome en strate (Openb. 2:7; 22:1-3)

o Berge (Sag. 6:1; Hebr. 12:22-23; Openb. 14:1), bv. Dit is duidelik dat daar ‘n Sionsberg in die hemel is: “Maar julle het wel gekom

by Sionsberg en die stad van die lewende God, dit is die hemelse

Jerusalem met Sy miljoene engele, by die feestelike samekoms.” (Hebr. 12:22)

o ens. Kyk Dake (2010) se 50 feite oor die Planeet Hemel.

Die hemel is ‘n letterlike plek. Dit is nie ‘n denkbeeldige land of ‘n fantasiewêreld om in te bly nie. God het die hemel geskep met ‘n lang lys van outentieke eienskappe. Jesus het nie opgevaar na ‘n droomwêreld iewers in die lug nadat Hy uit die dood opgestaan het nie, maar teruggekeer om te sit aan die regterhand van God.

o “Nadat die Here Jesus dit vir hulle gesê het, is Hy in die hemel opgeneem en het Hy aan die regterhand van God gaan sit.” (Mark 16:19).

Ds. De Kock (1955) skryf: “Ek het altyd gedink dat die Hemel baie ver weg is en dat dit ‘n lang reis daarheen sou wees. Maar nou weet ek dat die hemel baie naby is – net maar ’n stap van ons verwyder. In ‘n oogwink word die kind van God ‘n kind van die Hemel.”

• Wat kan jy in die Hemel verwag?

Wetenskap-fiksie skrywer Isaac Asimov het geskryf, “I don’t believe in the afterlife, so I don’t have to spend my whole life fearing hell, or fearing heaven even more. For whatever the tortures of hell, I think the boredom of heaven would be even worse.”

Tragies, dat mense so ‘n siening van die Hemel het. Hartseer dat mense sonder hoop leef; hoe leeg en betekenisloos maak dit jou lewe!

Page 25: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

25

Dis duidelik uit onkunde, want mense se visie van die hemel is gewoonlik beperk tot ‘n Hollywood wanvoorstelling of ‘n vervelige, ongeïnspireerde kerkdiens. Op ‘n manier het die hemel nie ons verbeelding aangegryp en ons lewens getransformeer nie. Die belonging vir geregtigheid is nie om, soos in die Hollywood voorstellings, in die hemel rond te sweef op ‘n wolkie en harpmusiek vir ewig te speel nie!

Die gebrek aan ‘n ewigheid perspektief kan ons – en veral jongmense – ontmoedig en verswak tot sonde. So baie mense dink daar is sekere plesiertjies wat, indien jy dit nie nou ervaar nie, sal jy dalk nooit. En aangesien God ons sondes sal vergewe, hoekom nie probeer en leef daarin nie? So baie dink en leef vir seks, geld, dwelms, menslike prestasies en gewildheid. Maar ons is in werklikheid geskep om in ‘n verhouding met God en ons medemens te wees, nou en uiteindelik in die hemel. Om hierdie waarheid te mis, kan katastrofiese gevolge vir jou lewe hê.

In sy uitdagende boek ‘Heaven’, toon Randy Alcorn aan dat ‘n onbybelse siening van die Hemel die kerk geïnfiltreer het. Trouens, hy sê dat van satan se gunsteling leuens is omtrent die Hemel, want satan weet dat as ons werklik die realiteit van die Hemel verstaan, sal dit ons lewens radikaal verander – soos mense wat die Hemel en of hel gesien het in doodservaring (NDE, Near Death Experiences) – kyk hieronder.

1.7.3 Die Bybel skets ‘n totaal ander prentjie van die hemel!

Kyk die pragtige beskrywing van die troonkamer in Openbaring 4 en 5. Johannes word uitgenooi “kom op hierheen” (4:1) en kom kyk hoe lyk die hemel, ‘n voorreg van ‘n paar in hul leeftyd (Paulus het ‘n soortgelyke ervaring; 2 Kor. 12:1-6). Dit is die plek vanwaar God regeer en beheer. Die ‘Troon’ is die kernwoord en dit kom 16 keer voor. Let op die klem op ‘sit’ (4:2, 9, 10; 5:1). Dit is die beheersentrum van die ‘Koninkryk van die hemel’. Dis vuurfakkels, weerligstrale, ’n see van glas soos kristal, ‘n groen reënboog om die troon (met die glans van smarag), ens.

Pawson (2007) beskryf dit baie mooi: “The scene is breathtakingly beautiful, almost defying description. Green rainbows (!), golden crowns, thunder and lightning, blazing lamps – one can almost imagine John’s eyes darting from one striking feature to another as he grazes in awe and wonder. In trying to describe what he can see of God himself, he can only compare this with two of the most brilliant gemstones he has ever seen before (jasper and carnelian). Above all, there is a peaceful aspect to the whole scene, expressed as a ‘sea of glass’, stretching to the horizon”.

Page 26: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

26

Daar is heerlike geure van brandende wierook in die hemel: o “Die rook van die wierook wat deur die engel geoffer is, het saam met die gebede van die gelowiges opgestyg voor God.” (Openb. 8:4).

Onthou, as ware Christen gelowige is jy ‘n kind van God; jy het dus ‘n volmaakte Pa, die Koning van die heelal, die rykste Pa in die kosmos en jy erf alles van Hom – van Sy eienskappe tot Sy eiendom! Jy bly in ‘n herehuis in ‘n stad van goud en pêrels – jy heers saam met jou oudste broer, Jesus, oor die nasies en die heelal. Jy ervaar ewige geluk, vreugde, en vrede. Jy vier fees! Dit gaan die verstand te bowe om jou net te probeer indink aan die uitbundige fees wat vir ons wag wanneer ons in die hemel aankom! Ek sien uit hierna! As jy nog nie ’n deelgenoot is nie, maak seker dat jy deel word van hierdie vreugdevolle gemeenskap van gelowiges!

Die Bybel verklaar: o “Alles behoort aan julle.” (1 Kor. 3:21),

o “Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie.” (Ps. 84:12).

Want hoekom is jy gebore? Jy is gebore om ‘n verheerlikte, onsterflike lid van God se familie te word – gelykvormig te word aan die Seun (Jesus Christus); te lewe, te dien en te regeer saam met die Vader, Seun en Heilige Gees in vreugde sonder einde, en helder te skyn soos ‘n ster vir altyd en ewig!

1.7.4 Daar is soveel opwindende beloftes oor die hiernamaals saam met God – ek noem ‘n paar:

• God belowe ewige geluk en vreugde vir Sy mense. o “Salig (geseënd) is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.” (Openb. 22:14 OV).

o “Vir die regverdiges lê daar vreugde voor; die goddeloses het geen toekoms nie.” (Spr. 10:28)

• Die hemel is ‘n plek van diens:

En hulle wat soontoe gaan verlang daarna om Hom te hoor sê:

o Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!” (Matt. 25:21).

o “Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en Sy dienaars sal Hom dien.” (Openb. 22:3).

Page 27: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

27

• Ons ontvang God se genade deur ons hoop: o “Vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.” (1 Pet. 1:13).

• Daar sal geen duisternis wees nie: o “Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want

die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is Sy lamp … daar sal nie meer nag wees nie.” (Openb. 21:23, 25).

• Die wil van God heers daar: o “Maar ons leef in die verwagting van 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers.” (2 Pet. 3:13).

• En almal sal Hom dien en gehoorsaam wees: o “Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader.” (Openb. 1:5-6).

o “Die heerskappy en mag en grootheid van al die koninkryke op aarde sal gegee word aan die heilige volk van die Allerhoogste. Sy koninkryk is 'n ewige koninkryk, en al die regeerders sal Hom dien en Hom gehoorsaam wees.” (Dan. 7:27).

• Daar is blydskap in die hemel. Daar is blydskap in die hemel oor elke persoon wat gered word en sodoende ‘n lid van hierdie wonderlike koninkryk word:

o “Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.” (Luk. 15:7).

Die blydskap van die heiliges sal volkome wees wanneer hulle met hemelse opstandings-liggame beklee sal wees, wat ver bokant die beperkings van hulle aardse bestaan verhewe is.

o “Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar 'n tent is, afgebreek word, ons 'n vaste gebou in die hemel het. Dit is 'n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan. Terwyl ons in die tentwoning leef, sug ons, want ons verlang daarna dat ons woning uit die hemel ons sal oordek.” (2 Kor. 5:1-2)

o “Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos Sy verheerlikte liggaam te wees.” (Filip. 3:21).

As een dag in die tempel beter is as ‘n duisend daarbuite – hoeveel te meer nie vir die Hemel nie!?

o “Waarlik, één dag in U tempel is beter as duisend daarbuite.” (Ps. 84:11).

Page 28: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

28

• Daar is geen dood, trane, pyn of smart nie o “Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie.” (Openb. 21:4)

• Daar word musiek gemaak en lofliedere gesing (‘praise & worship’):

Want ons sien dat elke verloste gelowige ‘n harp (siter) sal hê. o “Die geluid wat ek gehoor het, was ook soos dié van siterspelers wat op hulle siters speel.” (Openb. 4:2)

o “En ek het iets soos 'n spieëlgladde see met vuur daarin gesien. Die mense wat die oorwinning behaal het oor die dier en sy beeld en die getal van sy naam, het by die spieëlgladde see gestaan met siters wat hulle van God gekry het.” (Openb. 15:2).

Daar word ook baie in die hemel gesing, bv. net in Openbaring 4 en 5 word vyf liedere gesing:

1) ‘n Lied van aanbidding (Openb. 4:8), 2) ‘n Lied van God se Skeppende mag (4:11), 3) ‘n Lied deur die gelowiges (5:9-10), 4) ‘n Lied deur die Engele (Openb. 5:12) en 5) ‘n Lied gesing deur die hele Skepping (5:13).

Ja, ons sal sing in die hemel, en ons sal selfs vir Jesus hoor sing: o “Die HERE jou God is by jou, ’n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in Sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.” (Sef. 3:17 OV).

• God voorsien aan al jou behoeftes: o “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens Sy

wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” (Filip. 4:19).

• God sal alles in almal wees; alles wees vir alles! o “Wanneer alles dan aan die Seun onderwerp is, sal Hy Hom ook self onderwerp aan die Vader wat alles aan Hom onderwerp het. So sal God alles wees vir alles.” (1 Kor. 15:28).

• God in Sy heerlikheid sien en daarin deel:

Ons sal baie wonderlike dinge in die hemel sien, maar die wonderlikste van alles sal die Verlosser van die wêreld in Sy heerlikheid wees.

o “Jou eie oë sal 'n koning sien in al Sy prag en 'n land wat wyd lê.” (Jes. 33:17).

o “Aangesien ons deel het aan Sy lyding, sal ons ook deel hê aan Sy heerlikheid.” (Rom. 8:17).

Page 29: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

29

• Wanneer Hy Sy arms oopmaak om Sy kinders binne te nooi, sal Hy na Sy Vader draai en sê: o “Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is.” (Joh. 17:22).

‘Ons sal Sy deurboorde hande aanskou, aan Sy voete val en van vreugde in trane uitbars en Sy wonderlike Naam prys. Dit is wat ons in die hemel sal sien’ (Graham, 2012).

• Hemel as ‘n plek van gemeenskap (‘Community’)

Daar sal gemeenskap wees in die Hemel. Sonder die teenwoordigheid van sonde sal ons vry wees om meer en makliker verhoudings aan te gaan as nou. Die Hemel is nie soos die Boeddhiste sê Nirvana, waar mense hul individuele persoonlikheid verloor nie. Nee, ons sal waarskynlik ons identiteit behou, geheue, gawes, en passie om te gebruik vir God se glorie en tot voordeel van die groter gemeenskap.

Ons gaan saam eet – saam met die groot gelowiges van die eeue. Party mense glo jy sal nie ander herken in die Hemel nie, maar die onderstaande vers sê jy sal duidelik weet:

o “Ek sê vir julle: Baie sal van die ooste en die weste af kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel.” (Matt. 8:11).

o “En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.” (Luk. 16:23).

• En ons is die Bruid van Jesus en sal saam met Hom ‘n huweliks-onthaal hou! o “Skryf op: Geseënd is hulle wat na die bruilofsmaal van die Lam uitgenooi is.” (Openb. 19:9).

Die Nuwe Jerusalem in die Hemel word dikwels beskryf as ‘n stad met verbysterende skoonheid, ’n ongelooflike mooi stad (Hebr. 12:22; Openb. 21:2). Stede is vol bewoners, strate, geboue, lofprysing byeenkomste, ontspanning en ander gemeenskap byeenkomste. Die hemel sal die positiewe aspekte van ‘n stad hê sonder die misdaad, armoede, besoedeling en korrupsie wat stede vandag kenmerk. De Kock (1955) skryf ook: “Hier op aarde leef ons in die skaduwee van die ewige dinge. Wat ons hier sien en belewe is slegs ‘n afskynsel van die werklikheid. Daar (hemel) is alles baie natuurlik en in ‘n volmaakte toestand. Dit is eintlik die lewe soos dit hier moes gewees het. Hierdie aarde sou hemel gewees het as dit nie vir die sonde was nie.”

Page 30: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

30

Om ‘n mens so ‘n mooi gemeenskap te verbeel is om ‘n groot stap vorentoe te neem om die koninkryk te visualiseer wat God beplan om tot stand te bring as gevolg van die dood en opstanding van Jesus.

• Hemelse skatte: Loon sal in die hemel aan diegene gegee word wat op aarde verdrukking ter wille van Christus verduur het:

o “Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het.” (Openb. 22:12).

o “Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel.” (Matt. 5:12).

o “Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens. Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde, want vir julle is daar groot beloning in die hemel. Hulle voorvaders het immers met die profete net so gemaak.” (Luk. 6:22-23).

• Maar onthou, jy kan nou al vir jou skatte in die Hemel bymekaar maak – trouens jy word aangemoedig, deur bv. die werk van die Here finansieel te ondersteun, armes te help en dinge te doen wat ewigheidswaarde het. Die dag as jy dood gaan, kan jy niks saamvat nie, maar jy kan die skatte vooruit stuur want jy het rentmeesterskap oor alles wat God jou gee.

o “Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes. Skaf vir julle 'n beurs aan wat nie leeg raak nie, 'n onuitputlike rykdom in die hemel, waar geen dief dit kan bykom en geen mot dit kan verniel nie.” (Luk. 12:33; 18:22; 2 Kor. 8:9; 9:6-7).

o “Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie.” (Matt. 6:20).

o “Jesus het hom geantwoord: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My.” (Matt. 19:21).

“We make a living by what we get; we make a life by what we give.” – Winston Churchill.

1.7.5 En God sal jul ryklik beloon! Hy beplan vir ons ‘n onbeskryf-like toekoms!

o “Wie hom oor 'n arm mens ontferm, gee 'n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed.” (Spr. 19:17)

Ek wil ook bid soos Paulus dat julle die toekoms helder sal sien:

o “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop Sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het. (Ef. 1: 18).

Page 31: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

31

Onthou Jesus het gegaan om vir ons ‘n wonderlike woonplek voor te berei – ‘n ewige stad vir ons om te geniet:

o “In die huis van My Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Joh. 14: 2-3).

o “Maar hulle het na 'n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie; trouens, Hy het vir hulle 'n stad gereed gemaak.” (Hebr. 11:16).

o “Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar 'n tent is, afgebreek word, ons 'n vaste gebou in die hemel het. Dit is 'n woning wat nie deur mense gemaak is nie, maar deur God, en dit bly ewig staan.” (2 Kor. 5:1).

En Jesus Christus beloof ongelooflik baie aan die wat getrou is – wat die oorwinning behaal.

En God gee ons Sy Gees as waarborg van wat ons nog sal ontvang: o “God het ons vir Hom afgesonder, ons as sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang.” (2 Kor. 1:21-22).

1.7.6 Ja! gelowiges leef met ‘n toekomsverwagting! – kyk wat sê die Bybel:

o “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.” (Jer. 29:11 OV)

o “Vir die regverdiges lê daar vreugde voor; die goddeloses het geen toekoms nie.” (Spr. 10:28)

o “Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.” (Rom. 8:18)

o “Om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.” (1 Tim. 4:8)

o “Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.” (1 Pet. 1:3-4)

o “Maar ons leef in die verwagting van 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers.” (2 Pet. 3:13)

o “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.” (1 Kor. 2:9)

Page 32: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

32

o “Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.” (2 Kor. 4:17)

o “God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.” (Filip. 1:6)

o “Wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is.” (1 Joh. 3:2)

o “Daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees. Troos mekaar dan met hierdie woorde.” (1 Tess. 4:17-18) – verwysing na die wegraping.

o “So sal ons uiteindelik almal soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.” (Ef. 4:13).

En ons Loof en Prys Hom daarvoor: o “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In Sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. .” (1 Pet. 1:3).

1.7.7 Beloftes aan die oorwinnaars – gelowiges wat volhard tot die einde:

Mense hier op aarde droom altyd van rykdom, ewige geluk, onsterflikheid, ewige jeugdigheid (‘for ever young’), perfektheid, skoonheid, streef na mag en volmaakte kennis, ‘superster status’, ens – en hier kry jy dit alles – verniet!

1.7.7.1 Hy laat jou uit die dood opstaan en Hy gee die ewige lewe: o “Aan dié wat in goed doen volhard en op dié manier soek na ewige heerlikheid, eer en onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe.” (Rom. 2:7).

o “Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.” (Joh. 6:40).

En onthou die ewige lewe is nie net om vir altyd te leef nie:

o “En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.” (Joh. 17:3).

1.7.7.2 Ons word ‘n onsterflike geestelike wese: o “Dié wat die oorwinning behaal, sal beslis nie deur die tweede dood getref word nie.” (Openb. 2:11).

o “Hulle kan ook nie meer sterwe nie; hulle is soos die engele. Hulle is kinders van God, omdat hulle uit die dood opgestaan het.” (Luk. 20:35).

Page 33: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

33

1.7.7.3 Ontvang ‘n verheerlikte liggaam soos Christus: o “Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos Sy verheerlikte liggaam te wees.” (Filip. 3:21).

1.7.7.4 Christus openbaar Hom aan jou: o “En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.” (Joh. 14:21).

1.7.7.5 Christus verklaar dat jy aan Hom behoort: o “Ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort.” (Openb. 3:5)

o “Daarby sal Ek vir elkeen wat die oorwinning behaal, die môrester gee.” (Openb. 2:28) – Christus is die môrester (Openb. 22:16; 2 Pet. 1:19).

1.7.7.6 Jy ontvang finale genade: o “Vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.” (1 Pet. 1:13).

1.7.7.7 Jy kry ‘n Nuwe naam: o “Aan elkeen wat die oorwinning behaal, … en daarby sal Ek vir hom 'n wit steentjie gee met 'n nuwe naam daarop gegraveer, wat niemand anders ken nie, net hy wat dit kry.” (Openb. 2:17).

1.7.7.8 Jou naam bly in die boek van die lewe: o “Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie.” (Openb. 3:5)

1.7.7.9 Jou naam is in Sy handpalms: o “Ek het jou naam in my handpalms gegraveer.” (Jes. 49:16).

1.7.7.10 En Sy naam op jou voorkop: o “Hulle sal Hom sien, en Sy Naam sal op hulle voorkoppe wees.” (Openb.

22:4). Dit is ons seël van ewige eienaarskap!

1.7.7.11 Word geklee met wit klere: o “Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. ... en Ek sal voor my Vader en voor Sy engele verklaar dat hy aan My behoort.” (Openb. 3:5). ‘Hulle sondes is vir hulle vergewe en hulle sal die wit kleed

van geregtigheid ontvang.’

1.7.7.12 Jy het vrye en feestelike toegang tot die ewige koninkryk: o “En dan sal daar vir julle vrye en feestelike toegang wees tot die ewige koninkryk van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.” (2 Pet. 1:11).

o “Geseënd is dié wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.” (Openb. 22:14).

Page 34: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

34

1.7.7.13 Ontvang die ‘alles oortreffende heerlikheid’: o “Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.” (2 Kor. 4:17; Rom. 8:18).

o “Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry!” (Openb. 21:7).

1.7.7.14 Ons kennis sal volmaak wees! o “Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.” (1 Kor. 13:12).

1.7.7.15 Jy sal soos Christus wees– Hy maak ons Heilig en volmaak! o “Wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees.” (1 Joh. 3:2).

o “So sal ons uiteindelik almal soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.” (Ef. 4:13).

1.7.7.16 Ontvang ‘n kroon – kan tot 5 krone ontvang:

o Die kroon van heerlikheid: Die kroon vir dié wat gewillig die kudde voer/vir getroue dienaars. “En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang.” (1 Pet. 5:4).

o Die onverganklike oorwinnaarskroon: Die kroon vir dié wat die ou natuur bemeester/vir ‘n seëvierende lewe van reinheid. “Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike.” (1 Kor. 9:25).

o Die kroon van die geregtigheid: Die kroon vir dié wat Sy

verskyning/Sy Wederkoms lief het. “Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat Sy verskyning liefgehad het.” (2 Tim. 4:8 OV).

o Die kroon van die lewe: Die kroon vir dié wat getrou is tot die dood toe/vir Gelowige martelare. “Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.” (Openb. 2:10). “Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.” (Jak. 1:12 OV).

o Die kroon van roem vir siele wenners: Die kroon vir dié wat siele wen. “Want wie anders as julle is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by Sy wederkoms?” (1 Tess. 2:19).

Page 35: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

35

1.7.7.17 Jy sal skitter soos die sterre: o “Die verstandige leiers sal skitter met die glans van die hemel self, en dié wat baie mense op die regte pad gelei het, sal vir altyd skitter soos die sterre.” (Dan. 12:3).

1.7.7.18 Skitter soos die son: o “Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son.” (Matt. 13:43)

1.7.7.19 Jy sal ‘n Pilaar in die tempel wees: o “Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek 'n pilaar in die tempel van my God maak.” (Openb. 3:12).

1.7.7.20 Jy kry ‘n groot woning (‘mansion’):

Dit sal groter wees as enige aardse paleis of herehuis!

o “In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie.” (Joh. 14:3).

1.7.7.21 Jy sal eet van die boom van die lewe: o “Sal Ek te ete gee van die boom van die lewe, wat in die paradys van God is.” (Openb. 2:7).

o “Salig (geseënd) is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.” (Openb. 22:14 OV).

1.7.7.22 Jy drink nuwe wyn in die koninkryk van God: o “Ek sê vir julle: Van nou af sal Ek nie weer van hierdie wyn drink nie tot op die dag wanneer Ek saam met julle die nuwe wyn in die koninkryk van my Vader sal drink.” (Matt. 26:29).

1.7.7.23 Eet van die verborge manna: o “Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek van die verborge manna gee.” (Openb. 2:17).

1.7.7.24 Drink uit die fontein met die water van die lewe: o “Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet.” (Openb. 21:6)

1.7.7.25 Hy maak ons erfgename van alles wat God geskep het: o “Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus”. (Rom. 8:17).

o “Die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.” (1 Pet. 1:4).

o “Alles behoort aan julle.” (1 Kor. 3:21),

Page 36: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

36

o “Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.” (Openb. 21:7).

‘To truly exercise dominion over all things – including the raging thermonuclear furnaces of 50 billion trillion suns and every subatomic particle of every atom of every molecule in the cosmic expanse – requires the omnipotent power of God’.

1.7.7.26 Hy gee jou ‘n koninkryk! o “Net soos my Vader 'n koninkryk aan My bemaak het, so bemaak Ek 'n koninkryk aan julle.” (Luk. 22:29).

o “Dit was die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee.” (Luk. 12:32)

o “Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit.” (Matt. 25:34)

1.7.7.27 Jy kry mag en gesag oor die nasies – heerskappy: o “Aan elkeen wat die oorwinning behaal en tot die einde toe volhou om te doen wat Ek wil hê, sal Ek mag en gesag oor die nasies gee.” (Openb. 2:26).

o “U het hulle 'n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer.” (Openb. 5:10).

o “Maar die heiliges van die Allerhoogste sal die koninklike heerskappy ontvang en dit vir altyd besit.” (Dan. 7:18).

1.7.7.28 Jy oordeel oor die wêreld en engele: o “Of weet julle nie dat die gelowiges oor die wêreld sal oordeel nie?”

(1 Kor. 6:2).

o “Weet julle nie dat ons oor die engele sal oordeel nie?” (1 Kor. 6:3).

1.7.7.29 Hy gee ons Sy Goddelike eienskappe ten volle: o “Mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.” (Ef. 3:19).

o “…maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken”. (1 Kor. 13:12).

1.7.7.30 Jesus maak ons konings!

Hy laat jou op God se troon sit! Wie sit op ‘n troon? – ‘n Koning!

o “Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op Sy troon gaan sit het.” (Openb. 3:21) – dit is gedurende die 1 000 jarige vrederyk.

Page 37: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

37

1.7.8 Gevolgtrekking:

So, nee ons gaan nie in die hiernamaals op wolkies rondsweef en verveeld rondsit nie!

Ja, die wêreld het geen idée wat God alles vir ons beplan nie!

Nog niemand (selfs nie Hollywood regisseurs nie) kon dit uitdink, begryp, verbeel of voorstel wat in toekoms op die kinders van God wag nie!

o “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.” (1 Kor. 2:9).

Maar aan ons (gelowiges), is dit deur die Gees geopenbaar:

o “Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.” (1 Kor. 2:10).

Daar is egter baie mense wat die rykdom en plesier van hierdie lewe nou dadelik wil hê en enige gesprek oor die ewige lewe en die dinge wat met die ewigheid te doen het, is vir hulle totaal belaglik.

o “Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word.” (1 Kor. 2:14).

• Die hemel is ‘n werklikheid – jy kan dit nie ignoreer nie!

Die apostel Paulus skryf oor hoe gevaarlik dit is om God se waarhede to ontken:

o “Wat 'n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik gebring. Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat Sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie.” (Rom. 1:19-20).

Jesus sê aan Sy gelowiges: “Gaan en vertel vir die mense dat daar 'n hemel en 'n hel is!” (Sarah, 2012).

• Mag God julle verligte oë van julle verstand gee om die blink toekoms te kan sien! o “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop Sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het.” (Ef. 1:18).

Page 38: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

38

• Wat is ons eindbestemming, doel van ons bestaan? – dit word mooi hieronder opgesom:

“Our ultimate destiny, the purpose of our existence, is to become the divine children of God, who is our Father. He wants to share His very life with us – desiring that we ultimately inherit not only all that He has, but even what He is. Could anything be greater than that? What more could anyone possibly wish for?” (UCG, 2009).

Ons moet dus elke dag leef om God te behaag – toegewy wees! Dien Hom, volg Hom, Hy is Waardig en Heilig. Ons moet vir Hom lief wees. Daarom moet ons Sy Woord aanvaar en volgens Sy wil Leef! Jesus het gesê:

o “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.” (Joh. 14:23).

o “Lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig”. (Ef. 4:24).

Onthou, om deel van God se familie te word moet ons wedergebore wees! Ons word nie met die Heilige Gees gebore nie, ons moet Hom van God ontvang! Dis ‘n bonatuurlike geskenk van God uit genade. Dan word jou gedagtes en gees nuut; is jy ‘n nuwe mens!

Luister met jou ore na die stem van God (Pred. 5:1).

Reageer op Christus se klop aan die deur van jou hart (Openb. 3:20).

Kom in ‘n verhouding met die Here Jesus (1 Kor. 1:9). Dit is hemel! (Graham, 2012).

1.7.9 Gaan ons vir altyd in die Hemel wees?

Nee, die gelowiges gaan na die wegraping, net vir 7 jaar in die huidige 3de Hemel wees. Daarna kom Jesus van die hemel (en ons saam met Hom), voer oorlog en veg in die slag van Armageddon, oorwin die bose en verower die aarde. Die dier (antichrist) en die valse profeet word gevang en in die poel van vuur gegooi! (Openb. 19:11-21). Jesus rig Sy paleis op in die nuwe herboude Jerusalem en regeer vir ‘n duisend jaar oor die hele aarde met ‘n ystersepter. (Ps. 2:9; Openb. 2:27; 12:5; 19:15).

Hierdie 1 000 jaar koninkryk is “Die duisend jarige vrederyk” (“the Millennial Kingdom”). Daarna word die satan losgemaak vir ‘n ruk en dan sal daar weer ‘n groot oorlog wees – die satan word nou ook finaal uit die weg geruim – in die poel van vuur gegooi (Openb. 20:7-10).

Page 39: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

39

Nou volg die tweede opstanding en die oordeelsdag voor die groot wit troon. Daarna daal die Ewige Stad (Die nuwe Jerusalem) uit die Hemel neer, waarin die wat gered is, sal woon vir altyd. Let daarop dat die Hemel nie na die aarde toe kom nie, maar net ‘n reuse stad (die nuwe Jerusalem) – nie die hemel self nie (Openb. 21:1-3).

Maar natuurlik gaan dit nou Hemel op aarde wees want God self, met Sy majesteit, heerlikheid en krag, woon nou by ons! (Openb. 21:23).

Kyk Hoofstuk 12 oor die verloop van die toekoms.

1.8 Hoe kom ek in die Koninkryk van die Lig?

Dit is presies wat ek in die hele boek probeer verduidelik! Dat ons moet wegkom van godsdiens en in ‘n verhouding met die Drie-enige God kom. “Get out of religion into a relationship!”

Hoeveel mense het die afgelope jaar in jou kerk tot bekering gekom en daaroor getuig?

“I want to know one thing, the way to heaven; how to land safe on that happy shore. God Himself has condescended to teach the way; for this end He came from heaven. He hath written it down in a book. Give me that book! At any price give me the Book of God!” – John Wesley.

Ek het juis probeer aantoon waar lê die probleme met ons wêreldse Christenskap – valse fondasies en lou ‘Christene’ (Hoofstuk 1), gewys waar ons afgedwaal het (Hoofstuk 3 & 4), wat ons alles verkeerd doen (Hoofstuk 5) wie jou lewe wil steel (Hoofstuk 6) en wat ons moet doen (Hoofstuk 7) – die verloop van die verlossings proses (Hoofstuk 8); jou nuwe identiteit in Christus (Hoofstuk 9) en jou oorgawe aan God en beheer deur die Heilige Gees (Hoofstuk 10).

Ek het vroeër al aangetoon (Hoofstuk 7) dat dit uiteindelik gaan oor die keuses wat jy maak. Jy moet kies!

1.8.1 God gee jou twee opsies om van die kies – lewe of dood: o “Ek het vandag die lewe en die voorspoed, die dood en die teenspoed aan jou voorgehou. As jy die Here jou God liefhet en Sy wil doen deur Sy gebooie, Sy voorskrifte en Sy bepalings wat ek jou vandag gegee het, te gehoorsaam, sal jy lewe en baie word en sal die Here jou God jou voorspoedig maak in die land wat jy in besit gaan neem. (Deut. 30:15-16).

Die aanbeveling is: Kies die Lewe! o “Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe.” (Deut. 30:19).

Page 40: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

40

Jesus sê/belowe baie keer: glo in My, doen My wil en jy sal lewe! Hy sê nie ‘glo in My en gaan Hemel toe nie’. Want dit gaan oor God en Sy Heerlikheid, nie oor die Hemel nie – die Hemel is ‘n bonus op jou gehoorsaamheid!

o “En dít is wat die Seun ons belowe het: die ewige lewe.” (1 Joh. 2:25)

o “En elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?” (Joh. 11:26)

o “God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur Sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe.” (1 Joh. 5:10)

o “Die wat in die Seun glo, sal nie verlore gaan nie maar sal die ewige lewe hê.” (Joh. 3:16)

o “Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie.” (Joh. 10:28)

o “Dít verseker Ek julle: As iemand My woorde ter harte neem, sal hy in alle ewigheid nooit sterwe nie.” (Joh. 8:51).

• Is jou naam in dié Boek? o “Daar is ook 'n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe.”

(Openb. 20:12).

Net dié wie se name in die boek van die lewe, die boek van die Lam geskrywe staan sal in die hemel inkom:

o “Niks onreins en niemand wat iets losbandigs en vals doen, sal ooit daarin kom nie, maar net dié wie se name in die boek van die lewe, die boek van die Lam geskrywe staan.” (Openb. 21:27).

As jou naam nie in die boek van die lewe is nie, word jy in die hel gegooi!

o “En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.” (Openb. 20:15).

Die apostel Johannes sê baie mooi, dat daar ’n sekere teken is waaraan ons kan merk of ons op die pad van verlossing is en dit is: ‘elkeen wat hierdie hoop op Hom het’:

o “...wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is. Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is.” (1 Joh. 3:2-3).

o “Van een ding is ons seker: Jesus kom weer. Dan gaan ons Hom in Sy grootheid sien soos Hy regtig is en ons self gaan ook soos Hy word. Vertrou jy Jesus so dat jy dít van Hom verwag? Wel, maak dan Jesus se optrede die patroon van jou lewe: soos Sy lewe skoon en sonder fout was, so moet joune ook wees.” (1 Joh. 3:2-3, Die Boodskap).

Page 41: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

41

Hy wil jou help met die moeilike vraag: Staan my naam wel in die boek van die lewe van die Lam? Dit is immers ál mense wat eenmaal waardig geag sal word om daardie stad binne te gaan. Behoort jy aan: “die vergadering van die eersgeborenes wie se name in die hemel

opgeteken is”? (Hebr. 12:23).

Wel, vra jouself af, ondersoek jou lewe, en as jy ja kan antwoord op die vraag: Is ek reeds besig om myself te reinig, soos Hy rein is? – dan hoef daar geen twyfel meer in jou gees te bestaan nie.

So, as jy jou lewe aan Jesus Christus gegee het, is jou naam reeds daarin geskryf. Verder het Jesus beloof dat as jy aan Hom behoort, kan niks ooit jou naam uit daardie bladsye haal nie, Hy het gesê:

o “Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor Sy engele verklaar dat hy aan My behoort.” (Openb. 3:5).

Hierdie belofte moet op elke gelowige se hart geskryf staan!

1.8.2 Dit gaan oor wie jy kies – die lewende God of die valse verleier, satan:

Baie mense kies nie, want hulle wil met hul een voet in die wêreld en een in die geloof of ‘hemel’ staan, maar God sê jy kan nie twee gode dien nie, jy moet kies; want onthou God is jaloers oor jou – Hy deel jou met niemand.

o “Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.” (Matt. 6:24; Luk. 16:13).

o “Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons

laat woon, heeltemal vir Homself wil hê?” (1 Kor. 10:21).

o “Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan 'n gelowige dieselfde belange hê as 'n ongelowige?” (2 Kor. 6:15).

Dit word bepaal deur wie jy nou kies om te dien, God of Baäl? o “Hoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hóm; maar as dit Baäl is, volg hóm.” (1 Kon. 18:21).

o “Julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe.” (Rom. 6:22).

En die gawes van God (krag) help ons om te oorwin: o “Daardeur (gawes geskenk) kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is.” (2 Pet. 1:4).

Page 42: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

42

Natuurlik is daar mense wat sê, maar ek wil niemand dien nie – nie God nie, nie die duiwel nie – niemand nie! Ek is my eie baas! Maar soos ek vroeër genoem het, is geen keuse ‘n keuse vir die duiwel, want dan gehoorsaam jy hom – hy sê jy hoef nie te kies nie!

o “Wie nie aan My kant is nie, is teen My.” (Matt. 12:30).

Baxter (1993) sê ook: "My child," said the Lord, "satan uses many devices to destroy good men and women. He works day and night, trying to get people to serve him. If you fail to choose to serve God, you have chosen to serve the devil. Choose life, and the truth will set you free."

Diegene wat egter nie ‘n verhouding met God begeer nie, is mense wat die Heilige Gees se werking in hulle lewens verwerp en is daarom mense wat ook nie die dinge van God verstaan nie (1 Kor. 2:12-15).

Onthou: “If you miss heaven you can never miss hell...think about it.”

1.8.3 Die keuse behels jy moet ook iets doen! – dis nie werke nie – dis ‘n wilsbesluit.

Ons dien ‘n voorwaardelike God! (Uitgesonder Sy liefde). As jy dit doen, dan sal Hy Sy deel doen!

Ons word in sommige kerke baie keer net die helfte van die storie vertel, bv. ‘God het ons almal baie lief – daar is niks wat jy kan doen om dit minder of meer te maak nie!’ Reg so, maar dis die een helfte van die storie. Nou het jy ‘n verantwoordelikheid om op hierdie liefde te antwoord. Jy moet sê: “Ja, Here ek aanvaar U liefde, en is ook baie lief vir U”, en nou wandel jy in gehoorsaamheid saam met Hom – doen Sy wil. En nou beloof Hy jou die ewige lewe en verblyf saam met Hom in alle ewigheid – dis Hemel! Indien jy nie positief reageer op die liefdes aanbod nie – dit verwerp, gaan jy die verderf tegemoet!

o “Om die Here jou God lief te hê, Hom te gehoorsaam en Hom aan te hang, sal vir jou lewe gee en jou lank laat woon in die land wat die Here met 'n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het om aan hulle te gee.” (Deut. 30:15 – 20).

Die Here sê:

• As jy jou sonde bely, dan sal Hy jou vergewe: o “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” (1 Joh. 1:9).

Page 43: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

43

• As jy Jesus bely en glo, dan sal jy gered word: o “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.” (Rom. 10:9).

o “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.” (Joh. 6:35)

o “Wie bely dat Jesus die Seun van God is – God bly in hom en hy in God.” (1 Joh. 4:15).

• As jy Jesus aanneem en in Hom glo, dan sal jy ‘n kind van God word: o “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh. 1:12).

• As jy God liefhet, dan sal jy lewe! o “As jy die Here jou God liefhet en Sy wil doen deur Sy gebooie, Sy voorskrifte en Sy bepalings wat ek jou vandag gegee het, te gehoorsaam, sal jy lewe en baie word en sal die Here jou God jou voorspoedig maak in die land wat jy in besit gaan neem.” (Deut. 30:16).

• As jy mense vergewe, dan sal God jou ook vergewe: o “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.” (Matt. 6:14-15).

• Ken Hom en dien Hom, dan sal jy lewe! o “Sy Goddelike krag (die Heilige Gees) het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur Sy heerlikheid en mag. Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het.” (2 Pet. 1:3-4).

o “En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.” (Joh. 17:3). Die ewige lewe het niks te doen met tyd nie!

• As jy jou voor God verneder, dan sal Hy jou verhoog: o “Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.”

(Jak. 4:10).

• As jy wegdraai van afgode en jou afsonder, dan sal God jou aanneem: o “Daarom: “Gaan van hulle (afgode) af weg en sonder julle af,” sê die Here, “en moenie wat onrein is, aanraak nie.” “Dan sal Ek julle aanneem, en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees,” sê die Here, die Almagtige.” (2 Kor. 6:17-18).

Page 44: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

44

1.8.4 Die Woord van God is duidelik met betrekking tot verlossing. Jesus het gesê:

o “Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie … Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.” (Joh. 3:18, 36).

Hierdie verse sê basies dat daar twee groepe mense in die wêreld is; die wat in Jesus glo en die wat nie in Hom glo nie. Die wat Hom gehoorsaam en die wat ongehoorsaam is. Die wat in Hom glo word nie veroordeel nie en ontvang die ewige lewe. Die wie nie in Jesus glo nie, word veroordeel en sal nie die lewe sien nie, maar die straf van God bly op hom. Dit is duidelik dat Jesus die sleutel tot die ewige lewe is.

o “Hý (Jesus) bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.” (Hand. 4:12).

o “Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.” (Joh. 14: 6-7).

Ons lewe hier op aarde is maar kortstondig en die aarde en aardse goedjies het min waarde, daarom moet ons op die langtermyn fokus; op die ewigheid! – nie op die tydelike vleeslike nie, maar op die ewige geestelike wêreld en ons moet nou daaraan werk. So, moenie jou lewe op die tydelike bou nie en alleen op tydelike rig nie!

1.9 Die Hel:

Wat sê die Bybel oor die hel? Wat is die hel? Die hel is die uiterste teenpool van die hemel – as daar liefde heers in die hemel, dan is daar haat in die hel; as vrede en vreugde in die hemel is, is daar onrus en pyn in die hel, ens. – Kyk die vergelyking tussen hemel en hel punt (11.10).

Die Bybel gee ons verskeie beskrywende beelde van die hel – dis ’n plek van straf – soos om dit te noem ‘n plek van:

• Vuurwat jou ewig brand o As waarskuwing vir almal word hulle nou gestraf met die vuur wat ewig brand.” (Jud. 1:7).

o “Dan sal die Koning vir dié aan Sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is.” (Matt. 25:41)

o “... en na die hel toe gaan, in die onblusbare vuur.” (Mark. 9:43).

Page 45: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

45

• Geen water– ewige dors en honger: o “Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur.” (Luk. 16:24).

• Duisternis en geweldige pyn en lyding:

o “… in die diepste duisternis daarbuite … waar hulle sal huil en op hulle tande sal kners.” (Matt. 8:12; 13:42; 22:13)

o “Toe hy (ryk man) in die doderyk in pyn verkeer... sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie.” (Luk. 22:23, 28).

• Weg van God – vir ewig: o “Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd geban uit die teen-woordigheid van die Here en van Sy wonderbaarlike mag.” (2 Tess. 1:9)

• Geen hoop nie: o “Those who go down to the pit cannot hope for Your truth.” (Isaiah

38:18 NKJV). ‘No hope, and the truth is Jesus. He is the truth.’

Die Afrikaanse vertaling (1983) is ongelukkig swak hier:

o “die wat in die kuil neerdaal, sal op u trou nie hoop nie.” (Jes. 38:18).

Daar is dus geen lig nie – geen hoop nie! Nie eers die hoop om dood te gaan nie of uit te brand nie! Die opskrif by die hel se ingang (poort) is: Die einde van alle hoop! “Abandoning hope for all who enter here.”

• Wurms (maaiers) wat aan jou vreet! o “Die wurms wat aan hulle vreet, sal nie vrek nie, en die vuur waarin hulle brand, sal nie geblus word nie; hulle sal iets afgrysliks wees vir al wat leef.” (Jes. 66:24).

• Geen rus, geen vrede – geen slaap: o “Die rook van hierdie pyniging styg tot in alle ewigheid op, en hierdie mense het dag en nag geen rus nie.” (Openb. 14:11).

o “Vir die goddeloses is daar geen vrede nie, sê my God.” (Jes. 57:21).

• Geen lewe – woesteny: o “Die hele land is verbrand, dis swael en sout! Niemand saai daar nie, daar groei niks, daar kom nie eers 'n groenigheid op nie. Dit is verwoes soos Sodom en Gomorra, soos Adma en Sebojim wat deur die Here in sy gloeiende toorn verwoes is.” (Deut. 29:23).

• Ewige pyniging: o “Die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swael gegooi, daar waar die dier en die vals profeet ook is. Hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.” (Openb. 20:10).

Page 46: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

46

1.9.1 Die vyf kompartemente in die doderyk is (saamgestel en verwerk van Dake, 2010 en Liebenberg, 2008):

Maar baie mense sal verras wees om te weet dat die Bybel vyf helle (gevangenes) of 5 kompartemente (kamers) in die onderwêreld (onder die aarde) beskryf. Die ‘probleem’ is dat verskillende Hebreeuse of Griekse terme gebruik word waarvoor daar nie Engelse of Afrikaanse woorde (terme) bestaan nie en word dit net as hel of doderyk vertaal.

Sommige mense argumenteer dat die hel waarna in die Bybel verwys word eintlik maar net die graf is, maar kyk Dake (2010) se 88 feite wat bewys dat die hel nie die graf is nie.

1) Tartarus:

Hierdie gevangenes is spesiaal vir die gevalle engele wat voor die vloed gesondig het. Geen menslike wese of demoon gaan na die gevangenis nie. (1 Pet. 3:19; 2 Pet. 2:4; Jud. 6-7).

o “God het selfs die engele wat gesondig het, nie gespaar nie. Hy het hulle in die hel gestort en hulle laat boei om in die duisternis gevange gehou te word vir die oordeel.” (2 Pet. 2:4)

Nie al die gevalle engele is hier opgesluit nie, slegs dié wat by die dogters van die mens geslaap/vermeng het. Net hulle wat die bloedlyn wou besoedel. Die ander hordes is nog vry en beweeg in die lug saam met hulle prins, satan.

2) Paradys: (bv. Luk. 16:19-31; 23:43).

Dit word ook genoem die ‘boesem van Abraham’ (Luk. 16:22 OV) en paradys (Luk. 23:43). Hierdie was die tuiste van die regverdige siele na hul fisiese dood waar hul gevange gehou is deur die duiwel teen hul wil (Hebr. 2:14-15) totdat Christus die dood, graf en hel oorwin het. Dit is nou leeg van regverdiges wat nou hemel toe gaan met hul dood, aangesien Christus die gevangenes hieruit bevry en saam met Hom Hemel toe geneem het met Sy hemelvaart.

Na die hemelvaart van Christus gaan die siele van die gelowiges dan ook nie meer ondertoe, na die doderyk nie, maar op na die hemel, waar ons die siele van die martelare vind (Openb. 6:9; Filip. 1:23).

Dit was ‘n skuilplek weg van God se oordeel na dood (Job 14:13; Luk. 16:19-31), ‘n plek sonder vuur, maar met water en ander geriewe (Eseg. 31:16; Luk. 16:19-31). Die eerste wat in die paradys was, was Abel. Lasarus het ook hierheen gegaan, maar natuurlik sy liggaam na die graf.

Page 47: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

47

Abraham was ook saam met Lasarus in dié kompartement van die doderyk.

Die paradys is waar Jesus vir drie dae in die hart van die aarde was (Matt. 12:40). Christus en die berouvolle dief was hier in die paradys (Ps. 16:10; Matt. 12:40; Luk. 23:43; Ef. 4:8-10). Nou kan ‘n mense Jesus se belofte aan die misdadiger aan die kruis verstaan. “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” (Luk. 23:43).

Sommige mense gebruik die vers om te ‘bewys’ die Woord is nie heeltemal korrek nie, want ons weet dat Christus nie die dag wat Hy dood is hemel toe is nie. Maar dis omdat hulle nie weet dat die paradys waarna hier verwys word nie die hemel is nie.

Terwyl Christus hier was het Hy vir die engele in Tartarus gepreek, wat bewys dat die hel waarin Hy was nie die graf was nie (Ps. 16:10; 1 Pet. 3:19).

Jona het ook hierheen gegaan terwyl sy liggaam dood was in die maag van die vis (Jona 2:2). Engele het die regverdiges se siele na hierdie kompartement gedra, maar mense dra hul liggame na die graf. Die bedelaar was deur die engele gedra na Abraham se boesem, wat in die paradys was.

3) Hel – Hades & Sheol: (bv. Matt. 16:18; Luk. 16:19-31):

Hierdie is die martelkamer van Hades-Sheol. Daar is geen enkele Engels of Afrikaanse woord vir “Sheol” of “Hades” nie en soms word dit vertaal met “doderyk”, wat eintlik al die kamers in die onderwêreld insluit. Die sondige siele het en sal, tot die einde van die millennium hierheen gaan, soos die Engelse en Afrikaanse Bybels soveel keer sê ‘… Hel toe gegaan.’ Daarna sal hul gedurende die 2de opstanding met hul opgestane onsterflike liggame verenig word, voor die Wit troon verskyn en in die poel van vuur gegooi word. (Openb. 20:11-15).

“Sheol” is die korrekte Hebreeuse woord en elke verwysing na die Hel in die OT moet eintlik “Sheol” lees. (Die OT is in Hebreeus geskryf).

“Hades” is die korrekte Griekse woord en elke verwysing na die Hel in die NT moet eintlik “Hades” lees. (Die meeste van die Boeke in die NT is in Grieks geskryf). Dit verwys na dieselfde plek as “Sheol” (die derde deel van die vyf kamers van die doderyk). Die woord ‘hell’ kom in 54 verse van die King James Bybel voor.

Page 48: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

48

Die ryk man het sy oë in die hel – “Hades” oopgemaak (wat langs die Paradys was). Die ryk man kon Lasarus sien, terwyl hy in pyn was.

Toe Jesus na die doderyk neergedaal het, het hy gegaan om satan te stroop van sy mag. Hy het die siele, wat daar deur satan in die Paradys aangehou was, verlos. Jesus het die sleutels van die dood sowel as die sleutels van “Hades” gevat sodat ons die ewige lewe kon hê (Openb. 1:18).

4) Abyss of bodemlose put: (Luk. 8:26-31; Rom. 10:7; Openb. 9:1-3, 11; 11:7; 17:8; 20:1-10).

Tussen “Hades” en die Paradys is ‘n “groot kloof” ('n onoorbrugbare kloof), wat die “Afgrond” genoem is of die “Bodemlose put” (Openb. 9:1-2, 17:8) en niemand kan van die een na die ander oorgaan nie (dit is die vierde deel van die vyf kamers in die doderyk).

Die plek word in die Ou Testament (Job 26:6, 28:22, 31:12; Ps. 88:12) “Abaddon” genoem, in die oorspronklike Hebreeus. Die Afrikaanse Bybel gee dit aan as “die plek van vertering” In Grieks is dit “Abyssos” en beteken letterlik “die put van die afgrond”. Die term word nege keer in die NT gevind. Weereens word die algemene woord “onderwêreld” gebruik, asook “afgrond” en meer akkuraat “die put van die afgrond” (Luk. 8:31; Rom. 10:7; Openb. 9:1,2,11, 11:7, 17:8, 20:1,3).

In elk geval, dit is ‘n plek of kompartement onder “Sheol/Hades” om wesens (bose geeste) wat onder God se oordele kom, gevange te hou. Hulle word in die Verdrukking losgelaat. Die demone vra vir God in Luk. 8:31: “En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die onderwêreld (Abyssos) af te vaar nie”. Hulle vrees en angs vir die put (Abyssos) was so groot dat hulle liewer in varke ingestuur wou word. Satan sal binnekort vir ‘n 1 000 jaar in die “Bodemlose Put” toegesluit word nadat Christus die antichris en valse profeet by Armageddon verslaan het.

5) Poel van vuur – Gehenna:

Hierdie is die ewige tuiste van die gevalle engele, demone, en sondige verlore siele. Die Poel van Vuur (Gehenna in Grieks; Tofet in Hebreeus) is die plek wat vir die duiwel en sy engele voorberei was (Matt. 25:41) en waar die antichris en die Valse Profeet eerste sal wees, om lewendig ingegooi te word. (Die laaste van die vyf kamers in die doderyk; Matt. 5:22, 29,30, 10:28, 18:9, 23:15, 33.).

Page 49: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

49

Satan en sy demone weet hulle gaan “Poel van Vuur” toe. (Matt. 8:29). Aan die einde van die 1 000 jaar (vrederyk) sal satan in die Poel van Vuur, “Gehenna” gewerp word, waar hy vir ewig sal wees. (Dit gebeur ‘n 1 000 jaar nadat die antichris en Valse Profeet reeds in die poel van vuur gegooi is en hulle is nog steeds daar.)

Dis interessant dat Mary Baxter in haar boek “A divine revelation of Hell” (1993) ook die hel beskryf as ‘n plek met verskillende kompartemente – basies vyf, met die vorm van ‘n menslike liggaam met twee arms, twee bene en ‘n maag/hart deel. Soms met presies afmetings: ‘Jesus spoke. "We will soon be to the belly of hell. This part of hell is seventeen miles (~27 km) high and three miles (~5 km) around like a circle." Jesus gave me the exact measurements.’ The cells are seventeen miles high. ‘n Mens gaan nie hier uitkom nie!

1.9.2 Is die hel ‘n fisiese plek?

Jesus het meer oor die Hel as oor die Hemel gepraat! Sy waarskuwings oor die verskriklike gevolge van sonde is die reguitste en skerpste in die hele Bybel. Lees stellings deur Jesus oor die hel in: Matt. 5:22; 10:28; 13:40-42; 49-50; 23:33; 25:41,46; Mark. 9:43-49; Luk. 16:19-31.

Die meeste mense wat ek ken, weet die hel is ‘n verskriklike plek en ‘n plek van lyding! Maar ek het ook baie hoor sê dis nie noodwendig ‘n fisiese plek nie – dis net ‘n toestand. Maar die ryk man in die hel het geweet (jou geheue is intakt) dat hy nie net in een of ander geestelike toestand verkeer nie, want hy wou sy broers laat waarsku dat hulle nie ook “in hierdie plek van pyniging kom nie.”

Die hel is dus nie ‘n toestand nie, dit is ‘n plek. Dit word duidelik as ‘n plek van liggaamlike smarte beskryf (Luk. 16:22-28).

o “Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en sien vir Abraham daar in die verte en vir Lasarus langs hom en hy roep: ‘Vader Abraham, ontferm u oor my. Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur.’” (Luk. 16:23-24).

Dit is van ’n fisiese liggaam (hande en voete) in die hel wat die Here Jesus gepraat het toe Hy gesê het dat sondaars in die helse vuur gewerp sal word, want voor die finale oordeel gevel word oor enige mensekind, sal egter sy siel, gees en sy liggaam verenig word (1 Kor. 15:50, 53).

o “As jou hand of jou voet jou van My afvallig maak, kap hom af en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om vermink of kreupel die lewe in te gaan as om met altwee jou hande of voete in die ewige vuur gegooi te word.” (Matt. 18:8).

Page 50: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

50

Maar ons moet nie mense vrees nie, want hulle kan net die liggaam doodmaak, maar nie die siel nie. Daarom moet ons God vrees (heilig ontsag hê) omdat Hy mense tot die hel kan veroordeel (Matt. 10:28). Net God het die mag oor die dood en hel.

Die duiwel het egter mense wat God se Woord nie ken nie, mislei om te glo dat die hel ‘n onwerklike, spookagtige plek is waar daar wél ‘n bietjie ongerief verduur sal word, maar nie bewuste lyding en fisiese smarte nie. Sodoende word alle vrees vir die oordele van God by mense weggeneem. Mag die Here ons help om te besef dat die geweldigste marteling op die verdoemde siele wag wat Christus as Verlosser verwerp het en as gevolg daarvan hel toe sal gaan.

1.9.3 Hoekom is daar ‘n hel?

Die hel is in die eerste plek vir die satan en sy demone geskep, maar ook vir die wat satan (duiwel) gevolg het:

o “Dan sal die Koning vir dié aan Sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is.” (Matt. 25:41)

o “Hulle is sterre wat uit hulle baan geslinger is. God hou vir hulle plek gereed in die duister dieptes, waar hulle ewig sal bly.” (Jud. 1:13).

o “Die doderyk is die bestemming van die skuldiges, van al die nasies wat aan God nie dink nie.” (Ps. 9:18).

Hoekom moet daar dan hoegenaamd ‘n hel wees as God dan werklik ‘n God van liefde is? God is ‘n regverdige God en kan nie sonde ongestraf laat bly nie. Dit is een van die reëls wat God self gemaak het en nie kan oortree nie. Maar wanneer mense egter begin besef dat God niemand kan forseer om hom lief te hê nie (daar bestaan nie iets soos “geforseerde liefde” nie) en dat mense die keuse het om God nie lief te hê nie en daarom nie iets met Hom te doen wil hê nie, dan sal God daardie keuse respekteer.

Hoe verskriklik dit ook al mag wees om eendag in die hel te moet wees, is die hel ‘n bewys van hoe God mense se keuses respekteer en niemand dwing om op ‘n plek soos die hemel te wees waar hulle nie wil wees nie (omdat dit ‘n plek is waar God in sy volle glorie is). En soos vroeër verduidelik is die tragiese dat die mense wat hel toe gaan se sondes alles vergewe is deur Jesus se kruisdood, maar hulle het dit net nooit aanvaar nie! So, hulle kan net hulself blameer vir waar hulle hul self bevind.

Wenk: “To prevent sin burn, use Son screen!”

Page 51: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

51

Die hemel kan dus beskryf word as ‘n plek waar sekere mense ‘n ewige verhouding met God het. Omdat God niemand egter forseer om ‘n verhouding met Hom te hê nie (alhoewel God almal uitnooi tot so ‘n verhouding), maak dit sin dat daar ook ‘n plek is waar mense sal wees waar hulle nie in God se teenwoordigheid hoef te wees nie. So ‘n plek word die hel genoem. En jy maak die keuse waar jy die ewigheid gaan spandeer!

1.9.4 Sal God Sy kinders in die hel gooi?

Deesdae sê al meer mense dat hulle nie aan die hel glo nie, want hoe kan ‘n liefdevolle en genadige God dit aan sy kinders doen – gewone mense is nie eers so wreed met hul kinders nie! Ongelowiges sê graag dat hulle wat swak, sondige mense is, nie hulle kinders hel toe sal stuur nie, en dat as God Sy kinders liefhet, Hy hulle ook nie hel toe sal stuur nie.

Maar die ongeredde sondaars is egter nie God se kinders nie. Niemand is ‘n kind van God voordat hy weergebore is nie. Die ongeredde mense is die kinders van die toorn. Jesus het aan die Fariseërs gesê: “Julle het die duiwel as vader” (Joh. 8:44). God se kinders gaan nooit hel toe nie, maar die duiwel se kinders gaan wél.

Hoe dwaas is dit nie om God van verkeerde optrede te beskuldig omdat mense hel toe gaan. Die hel is die gevolg van mense se sonde. Hulle gaan hel toe omdat hulle behoort te gaan, en nie omdat God hulle haat nie.

Sonde is ‘n gehate onderwerp vir diegene wat nie van die Bybelse leer oor die hel hou nie, omdat sonde die oorsaak van die hel is (Rom. 6:23; Eseg. 18:4). Jy kan goed (wat jy doen en dink) vir mense wegsteek, maar jy kan niks vir God wegsteek nie en daar is ook nêrens ‘n wegkruip plek nie!

o “Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas.” (Ps. 139:7-10).

As jy daaroor nadink, besef jy mense stuur eintlik hulself na die hel deur hul opstandigheid en ongeloof in Jesus Christus. Maar ek kan jou verseker: Dit is nie God se wil dat ons daarheen moet gaan nie. God stuur niemand na die hel nie. Mense verdoem hulleself tot die hel, deur Christus as hulle persoonlike Saligmaker te verwerp en God se “verlossingsplan” te minag.

Page 52: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

52

Ons weet dat Jesus gehuil het oor mense wat verlore gaan en dat Hy vandag nog vir elkeen van ons pleit en ek glo dat dit met trane gepaard gaan. Na ’n besoek aan die hel skryf Sarah (2012) dat Yeshua begin praat met trane in Sy oë, Hy huil en sê: "EK HET 'N EINDE AAN AL HIERDIE DINGE GEMAAK aan die kruis, niemand het nodig om hierdeur te gaan nie, niemand! Bekeer julle en draai na my, gee julle oor aan My, kom na My toe.”

Nee, mense moet julle nie deur die duiwel laat mislei nie. God gaan nie besluit of jy hel tot gaan of nie – dis net jy self. Jy moet kies vir God en gaan hemel toe of jy kies teen God en jy gaan hel toe. So eenvoudig soos dit!

• Baie mense beland hier uit onkunde!

Die hel is ‘n werklikheid en baie gaan daar eindig! – soos reeds vroeër bespreek. Die Here sê: “My volk gaan verlore a.g.v. ‘n gebrek aan kennis…” Die hel sluk baie in! Baie sal uiteindelik besef: “Hell – you’ve got it all wrong!”

o “Omdat My volk My nie wil ken nie, sal hulle in ballingskap weggevoer word. Volk en leiers sal saam van honger sterf, omkom van dors. Die doderyk maak sy keel wyd oop vir hulle, hy sper sy bek groot oop. Daarin sak die vooraanstaandes en die gewone burgers weg, die hele rumoerige gepeupel.” (Jes. 5:13-14).

1.9.5 Is die hel ‘n ewige vuur en straf?

Jesus praat van die hel as ‘n plek waar die wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie (Mark. 9:48). Ons word ook meegedeel dat die hel ‘n ewige vuurpoel is wat met swawel brand (Openb. 14:10-11; 19:20). Daar is dus baie sterk aanduidings dat die ‘helse’ vuur 'n ewige vuur is – vergelyk die 10 verse hieronder:

o “En dink ook aan die mense van Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle. Net soos daardie engele het hulle onsedelike dade gepleeg en omgang gesoek met vreemde wesens. As waarskuwing vir almal word hulle nou gestraf met die vuur wat ewig brand.” (Jud. 1:7).

o “Dan sal die Koning vir dié aan Sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is.” (Matt. 25:41)

o “En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.” (Matt. 25:46).

Page 53: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

53

o “Wanneer hulle uit die stad uitgaan, sal hulle die lyke sien van die mense wat hulle teen My verset het. Die wurms wat aan hulle vreet, sal nie vrek nie, en die vuur waarin hulle brand, sal nie geblus word nie; hulle sal iets afgrysliks wees vir al wat leef.” (Jes. 66:24).

o “Hulle is sterre wat uit hulle baan geslinger is. God hou vir hulle plek gereed in die duister dieptes, waar hulle ewig sal bly.” (Jud. 1:13).

o “Hulle sal as straf ondergaan ’n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte.” (2 Tess. 1:9 OV).

o “Die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swael gegooi, daar waar die dier en die vals profeet ook is. Hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.” (Openb. 20:10)

o “As jou hand jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy vermink in die lewe ingaan as dat jy altwee jou hande het en na die hel toe gaan, in die onblusbare vuur.” (Mark. 9:43)

o “En as jou oog jou van My afvallig laat word, pluk hom uit! Dit is beter dat jy met een oog die koninkryk van God ingaan as dat jy altwee oë het en in die hel gegooi word. Daar gaan die wurm nie dood nie en word die vuur nie geblus nie.” (Mark. 9:47, 48).

o “In die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam sal hy met vuur en swael gepynig word. Die rook van hierdie pyniging styg tot in alle ewigheid op, en hierdie mense het dag en nag geen rus nie, hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en dié wat die merk van sy naam aanvaar.” (Openb. 14:11).

Spurgeon sê in een van sy preke (1855): “They are for ever – for ever – for ever – lost! On every chain in hell, there is written "for ever." In the fires, there blaze out the words, "for ever." Up above their heads, they read "for ever." Their eyes are galled, and their hearts are pained with the thought that it is "for ever." Oh! if I could tell you tonight that hell would one day be burned out, and that those who were lost might be saved, there would be a jubilee in hell at the very thought of it. But it cannot be – it is "for ever" they are "cast into utter darkness."

Die toestand van vuur blyk dus sonder enige twyfel 'n ewige toestand te wees waarin die ongelowiges in 'n bewustelike toestand verkeer om die pyniging te ervaar. Wat die presiese aard van daardie toestand is, en wat die vlak van bewustheid is, is nie heeltemal duidelik nie, want daar is verskillende grade van straf in die hel, maar ek dink dit kan met redelike sekerheid afgelei word dat mense steeds hulle siel (geheue) gaan behou.

Page 54: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

54

1.9.6 Annihilisme?

Hierdie lering sê dat God die goddelose totaal en al vernietig, en dat hulle nie 'n ewige marteling sal ondergaan nie, maar in hulle totale menswees vernietig gaan word, d.i. die persoon gaan net soos ‘n stuk hout uitbrand en dan is alles verby. Hierdie lering word gebaseer op gedeeltes soos Openb. 20:14 wat verwys na die "tweede dood." Soos ons gesien het, verwys hierdie "tweede dood" nie na 'n werklike fisiese dood nie, maar na die pyniging en marteling wat die goddelose te beurt val, waarvan onder meer in Openb. 20:11-14 gepraat word.

Ander argumente berus op tekste soos bv. Joh. 3:16, wat sê: "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan (letterlik: vergaan / vernietig word) nie, maar die ewige lewe kan hê." Die ander argument wat gebruik word is om na die karakter van God te verwys. Volgens hierdie argument sou dit ondenkbaar wees dat 'n God van liefde iemand vir ewig sal martel vir sy sonde.

Hierdie lering kan egter nie staande bly in die lig van die Skrif nie, want buiten dat daar 'n oorvloed getuienis is wat daarop dui dat die straf, pyniging en vuur vir ewig is, is dit uiters gevaarlik om grense ("constraints") vir 'n lering te trek op grond van jou eie dogma oor hoe jy dink God behoort te wees. Ons kan nie vir God in 'n reglynige menslike skema indruk nie. God is beide 'n God van liefde en oordeel. God is beide genadig en 'n verterende vuur.

God moet aanbid word maar ook gevrees word. God is ‘n regverdige God en sonde moet gestraf word. God is meer as wat ons in ons menslike verstand kan vasvat.

Mens sou in elk geval in 'n teenargument kon sê dat annihilisme 'n soort "maklike straf" is vir goddelose mense, en dat dit nie werklik die omvang van God se toorn oor die sonde verteenwoordig nie.

Die ander waarskuwingslig gaan op as mens kyk watter groepe hierdie lering aanhang: groepe soos die Sewende Daagse Adventiste, Jehova Getuies, Plain Truth/Herbert Armstrong, Christadelfiërs, Mormone, Spiritualiste, Hindoes, Boeddhiste, ens. (Du Toit, 2008).

• Jy gaan self ‘n getuie wees:

Ons, die heiliges, gaan self sien hoe die goddelose vernietig gaan word – die straf van God oor die sondaars wat Hom nie aanvaar het nie! – en hulle sal die Here aanbid vir Sy geregtigheid!

Page 55: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

55

o “Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word.” (Ps. 91:8).

o “Wanneer hulle uit die stad uitgaan, sal hulle die lyke sien van die mense wat hulle teen My verset het. Die wurms wat aan hulle vreet, sal nie vrek nie, en die vuur waarin hulle brand, sal nie geblus word nie; hulle sal iets afgrysliks wees vir al wat leef.” (Jes. 66:24).

1.9.7 Wat is jou siel werd?

Die Here Jesus het gesê dat ‘n mens se siel meer werd is as al die skatte van die wêreld (Mark. 8:36-37). Sondaars het alles verloor as hulle hul siele verloor het. Ongelukkig is daar baie mense na hierdie grusame bestemming op pad (Matt. 7:13-14). Die vorm godsdienstiges en valse profete sal baie verbaas wees om hulle oë hier oop te maak (Matt. 7:21-23). En dan sal hulle wil bid, maar dan is dit te laat!

“If any of you should ask me for an epitome (‘kortbegrip’) of the Christian religion, I should say that it is one word – Prayer. Live and die without prayer, and you will pray long enough when you get to hell.” – C.H. Spurgeon.

• Is daar goeie mense? – gaan hulle ook hel toe?

Nee, daar is nie goeie mense nie! (Ps. 14:1). Jesus sê self:

o “En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.” (Matt. 19:17; Mark. 10:18; Luk. 18:19).

Dit is nie goeie mense wat na die Hemel gaan en slegte mense na die hel nie.

• Onthou God kyk na die hart (jou bedoelinge):

Op die webwerf (http://www.bibleguidance.co.za) word die bose hart van die mens duidelik beskryf:

Ongeredde mense is altyd boos, maar bestempel graag mekaar as baie goed en opreg. Die Bybel beskryf egter die verdorwe toestand van die natuurlike mens in duidelike terme (Jes. 53:6; Jer. 17:9; Mark. 7:21-22; Rom. 3:10,23). Die ryk man het verdien om hel toe te gaan. Hy was ‘n sondaar. Uiterlik mag hy ordentlik, opreg, intelligent en aangenaam gewees het. In sy hart, waar net die Here kan sien, was hy egter ‘n opsetlike, slegte, hardkoppige, aanhoudende en onbekeerlike sondaar teen God.

Page 56: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

56

Onthou dat dit verfynde, geleerde, beskaafde, godsdienstige en biddende manne was wat Christus oorgelewer het om gekruisig te word. Hulle was wolwe in skaapsklere. Wat die Here Jesus van hulle gesê het, beskryf die hart van die beste morele mens wat nie sy vertroue vir redding in Christus gestel het nie (Matt. 23:13, 27-28).

Mense wat nie ‘n hartsverandering ondergaan het nie, mag vir ons moreel, skoon of goed lyk, maar dit is net uiterlik so. Die Here, wat die harte van mense ken, weet van die ongeredde hart wat daar in só ‘n mens skuil.

Dit was om hierdie rede dat Hy vir Nikodemus, een van die ongeredde godsdiensleiers van Israel, gesê het dat hy weergebore moet word (Joh. 3:3). Jesus het verduidelik waarom sondaars tot bekering moet kom as hulle nie op ‘n ewige verdoemenis wil afstuur nie (Joh. 3:19-20). Wenk: “Turn or burn!”

Die beste bewys van ’n persoon se bose hart is die feit dat hy nog nie na Christus gekom het nie. Die enigste eerlike rede wat enige persoon kan gee waarom hy nog nie na Jesus gekom het nie, is dat hy die sonde liefhet en nie na die Lig wil kom sodat sy sonde bestraf kan word nie. Mense sonder God mag aangename en fyn beskaafde mense wees, maar wat die innerlike mens betref, is hulle beslis nie goed nie. Hulle is sleg omdat hulle dit verkies.

Die verlore persoon se hart is boos genoeg om vir Christus, die Lig van die wêreld, te haat. Mense verwerp Christus doelbewus omdat hulle sonde liefhet. As hulle nie tot bekering kom nie, gaan sulke bose sondaars hel toe.

Jesus het gesê dat dit ‘n tevergeefse poging is om God én die sondige wêreld lief te hê, omdat niemand twee here kan dien nie (Matt. 6:24). Die ryk man is nie hel toe omdat hy uiterlik ‘n slegte lewe gelei het nie. Die Bybel sê nie dat hy owerspel of moord gepleeg het, gedobbel, gedrink of gevloek het nie. Sy probleem was innerlik. Soos alle ongeredde mense het hy ‘n bose hart gehad. In sy verborge hart was hy teen God. Onthou dat hy nie hel toe gegaan het omdat hy ryk was nie. Hy is daar omdat hy nie gered is nie! Hy het geweet dat sy broers gered moes word om die hel vry te spring. Hy het dus geweet dat hy in die hel is omdat hy ongered is (Luk. 16:30).

Die Here wil nie hê dat enige sondaar verlore gaan nie (Joh. 3:17; 2 Pet. 3:9; 1 Tim. 2:3-4; Eseg. 33:11; Joh. 3:16). Bekeer jou vandag nog tot die Here Jesus en ontvlug sodoende die oordeel van die hel!

Page 57: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

57

Baxter (1993) skryf: "Believe Me," Jesus said, "if you sin, you have an advocate with the Father. If you repent of your sins, I will be faithful to cleanse you of all unrighteousness. But if you will not repent, I will come in a time you think not, and you will be cut off with the unbelievers and cast into outer darkness."

Frustreer satan! “Die hel raak so woedend en gefrustreerd wanneer mense hulle bekeer en waarlik belei, dit is wat hulle die meeste haat en vrees, gehoorsaamheid en beleidenis!” (Sarah, 2012).

1.10 Samevatting:

Tien punte van vergelyking tussen Hemel en Hel (aangepas van ‘n lering deur dr. Curt Daniel, 2009):

1. Die Bybel vertel van beide – so, jy kan nie net in aan die Hemel glo en dan nie aan die Hel nie!

2. Beide is vir ewig – Hemel is ewige lewe; Hel is ewige straf (Jes. 66:24; Mark. 9:48; Matt. 25:46).

3. In die Hel is daar geen plesier nie, net pyn. In die Hemel is daar net plesier en geen pyn nie. In die hemel ewige harmonie, waar die liefde die band is wat almal saambind. In die hel die verderf van ewige haat en onderlinge vervloeking. In die Hemel word feesgevier; in die hel kou jy jou tong van pyn. Lig van heerlikheid in die hemel; duisternis in die hel. In die hemel, strome van lewende water; in die hel absoluut geen water en ’n ewige verskriklike dors!

4. God het beide geskep – om Sy glorie te verklaar; in Hemel deur Sy genade en liefde en in Hel deur Sy geregtigheid/regverdigheid (‘justice’) en toorn.

5. Al dié wat God gekies het (in die verre verlede) gaan na die Hemel, en die wat Hy nie gekies het nie, gaan na die Hel as hul uiteindelike bestemming. Onthou, God kies jou op grond van die besluit wat jy geneem het – Hy kan die begin en die einde gelyktydig sien, daarom het Hy toe al geweet wat jy gaan kies!

6. Al die gelowiges, maar net gelowiges, is in die Hemel; alle ongelowiges, en slegs ongelowiges is in die hel.

7. Daar is ook engele in die Hemel en hulle is heilig; onheilige gevalle engele (satan en demone) se finale bestemming is in die hel.

Page 58: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

58

8. Almal verdien om Hel toe te gaan. Dit is nie goeie mense wat na die Hemel gaan en slegte mense na die hel nie. Daar is nie goeie mense nie! Ons is almal sondaars! Die mense wat in die Hel is kan net hulself blameer; en die mense in die Hemel kan net God dank.

9. Daar is allerhande soorte mense in die hemel en in die hel ongeag hul status, ouderdom, ras, geleerdheid, volk, taal, ens.

10. Daar is verskillende grade van pyn en lyding in die Hel en verskillende grade van verheerliking in die Hemel. (Matt. 5:19; 10:15; Hebr. 10:29; 1 Kor. 15:41).

Baxter (1993) som die hel soos volg op: “There are no parties in hell. No love. No compassion. No rest. Only a place of sorrow beyond your belief.”

Die nuwe hemel en nuwe aarde wat in Openbaring 21 en 22 beskryf word, asook die ewige poel van vuur in Openbaring 21:8, dui die finale bestemmings van alle mense aan – diegene wat hulle op die Here se smal weg bevind het sowel as die miljoene mense op satan se breë weg.

• Gevolgtrekking m.b.t. die hel

Die woorde wat in die Bybel oor die hel en die verdoemenis van verlore mense gebruik word, is nie woorde met ‘n betekenis van tydelikheid nie. Hulle dui almal ‘n ewigheid van smarte aan (Dan. 12:2; Mark. 3:29; Openb. 14:10-11). Hoe diep moet ‘n Christen nie geraak wees wanneer hy aan die hel dink, en aan al die miljoene wat daarheen op pad is nie!

Dit is geen wonder dat die moderne Christendom hulle passie vir die redding van sondaars verloor het nie: hulle het die Bybelse leer oor die hel vergeet. Predikers het die foltering van die verdoemdes weg verklaar!

Hoe sterk moet ons motivering vir gebed, prediking en sielewinning nie wees nie wanneer ons daaraan dink dat elke verantwoordelike mens wat hierdie aarde sonder ‘n besliste hartsverandering verlaat, sy oë in die ryk van die verdoemdes sal oopmaak, onderweg na die ewige poel van vuur.

Wat wel vanuit die Bybel afgelei kan word is (Du Toit 2008):

1) Dit is die eindbestemming vir die goddelose mense: diegene wat verlore gaan.

2) Die ewige, geestelike dood, verwyderd van God se teenwoordigheid is God se straf vir die sonde.

Page 59: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

59

3) Hierdie straf is ewig. Die pyniging en die smart, wat verbeeld word met verwysings na die onuitbluslike vuur en die wurms / maaiers wat nooit gaan sterf nie, duur vir ewig.

4) Diegene wat die straf deurmaak gaan dit bewustelik ervaar.

5) Die huidige fisiese dood is 'n tussenfase tot en met die laaste oordeel, wanneer God alle ongereddes sal opwek om die ewige vuur en oordeel binne te gaan.

6) Ons kan nie 'n teologie bou oor 'n geestelike realiteit op grond van menslike vooroordele van hoe ons dink God behoort op te tree nie, maar moet ons deur die Skrif en die Heilige Gees self laat lei.

Maar ons weet: “You and your sins must separate, or you and your God will never come together!”

1.11 Visioene van hemel en hel:

Daar is baie boeke, videos en getuienis van mense wat vir ‘n tyd lank in die hemel en of hel was; gewoonlik as iemand in ‘n traumaties situasie was soos ‘n ernstige siekte, operasie of ongeluk wat jou na aan die dood bring, sogenaamde NDEs (Near Death Experiences). Interessant die Bybel vertel ook van Stefanus, die eerste persoon om vir sy geloof in Christus gemartel te word. Terwyl die skare besig was om hom te stenig, het hy verklaar: “… ek sien die hemel geopen en die Seun van die mens

wat aan die regterhand van God staan.” (Hand. 7:56).

Een van die aangrypende DVDs wat handel oor die hemel en hel en NDEs is “The Lazarus phenomenon” (www.eternalpictures.com). In hierdie video word verskeie getuienisse gegee van mense wat dit beleef het.

Een van die mooi stories is die pastoor wat in die hemel is en dan die pragtige sang hoor, maar geen mense sien wat sing nie, en dan sien hy dis die pragtigste helderkleurige blomme wat heen en weer beweeg, wat sing!

’n Ander moet sien getuienis van die hel (nie NDE) is deur Bill Wiese (‘23 Minutes in Hell’). Hy verduidelik in sy getuienis dat daar reuse demone (3-4 m) wat jou martel. Hulle is ’n duisend keer sterker as ’n mens en jy het geen kans om iets aan hulle te doen nie. Jou vleis word van jou afgeskeur. Daar is nie bloed of water in die hel nie, want bloed en water is lewe en daar is net dood. Jy smag voortdurend na net ’n druppel water. Die hitte in die selle (buite die vuur) is ondraaglik. Die stank is onuitstaanbaar van die vleis wat brand en die swawel – wat stink soos vrot eiers en riool.

Page 60: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

60

Die voortdurende pyniging maak dat daar angswekkende gille en harde geskreeu konstant gehoor word van biljoene mense in die hel en jy kan nie daarvan weg kom nie. Mense in die hel is naak. Jy is in duisternis. Jy is in voortdurende vrees en haat wat jou oorweldig! Hy sê: “The worse thing about Hell is that there was absolutely no hope of ever getting out.” Hy sê verder: “Even if you don’t believe my story, I hope you will believe the Scriptures and avoid hell just the same.” Kyk sy webwerf asook op YouTube (http://www.soulchoiceministries.org/).

Vroeër is hierdie NDEs deur medici afgemaak as bloot hallusinasies omdat die pasiënte onder sterk medikasie is, maar as dit net ‘n ‘droom’ was dan bly dit net ‘n storie en verander nie die persoon se lewe nie, maar die mense wat werklik hierdie NDE gehad het, se lewens verander drasties en permanent en het ‘n nuwe verhouding met God.

Een van die mooi getuienisse wat ek gelees het was van ‘n ds. M. J. De Kock van Fouriesburg wat so ‘n NDE gehad het gedurende 1921 en ‘n boek geskryf het (1955) met die titel “Op die grense van die ewigheid”. Hy vertel baie interessante stories – van hoe God hom gewys het hoe die mens se brein werk en alles wat jy sê of dink geregistreer word en dit dan met die oordeelsdag presies klokhelder aan jou terug gespeel gaan word!

Hy vertel van die vreugde wat hy ervaar het toe hy een van die swart vroue, wat onder ds. Andrew Murray tot bekering gekom het en later deur ds. De Kock gedoop is, in die hemel gesien het en hom kom groet het. Hy sê die hemelse musiek was lieflik om na te luister. Rondom die mure van die Hemelstad was daar die soet klanke van ‘n koor wat gedurig sing.

Daar is baie bedrywigheid in die Hemel, maar geen onrus of onvrede nie. Alles gaan ordelik en stigtelik. Die verlostes dra elkeen ‘n blink, wit kleed. Dit is net die teenoorgestelde van die toekoms in die hel, waar almal naak en onordelik in ‘n onbestendige golf van rustelose onvrede, heen en weer geslinger word. Hiermee sy duidelike beskrywing van die hel.

1.11.1 Die Hel:

“Selfs as evangelie dienaar het ek onder die indruk verkeer dat hel as ewige straf nie alte streng opgeneem moet word nie. Maar daar op die grens van die ewigheid is die waarheid aangaande die verdoemenis en al sy vreeslikheid aan my getoon. Waar daar ‘n ewige hemel is, is daar ook ‘n ewige hel. Ek het nog nooit ‘n boek oor die hel gelees nie. Wat ek hier meedeel is bloot wat ek daar gesien en ondervind het.

Page 61: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

61

Die hel is ‘n verskriklike werklikheid! O, dis ‘n vreeslike plek. Dit is baie beslis nie ‘n ‘Toestand’ nie, maar ‘n werklike ‘Plek’. Dit gaan van diepte tot diepte, en dit wou voorkom asof daar verskillende stadia van ellende en duisternis was. Dit is ‘n vuur wat van binne en buite brand – die tweede dood.

Die vraag is al dikwels aan my gestel of die verdoemenis ‘n materiële vuur is. Nee, dit is ‘n geestelike vuur. Geen aardse vuur het ooit so gegloei nie. Die grootste vuur wat ooit op aarde kan voorkom, sal maar flou vertoon in vergelyking met hierdie vuur.

Maar hoewel die vuur met gloeiende hitte brand, verkeer die verlorenes in die duisternis. Soms word dit aan hulle vergun om ‘n blik oor die klowe heen te werp tot in die heerlikheid wat hulle verbeur het, en wat nou vir hulle vir ewig verlore is. Daardeur word hulle ellende nog verder vergroot.

O, die hel is ‘n vreeslike plek. Die gekerm en gekla van die ongelukkige siele wat daar verkeer, styg voortdurend uit die vlamme op. Daar kom nooit een oomblik van rus nie. Dit woel en werskaf gedurig. Vir die goddelose is daar geen vrede nie. Dikwels het ek die duiwel hoor sê: ‘Ek sal hom agter die poorte inbring, en daar sal hy nooit weer uitkom nie.’ Ek het ook self hierdie poorte gesien.

Uit die dieptes van die hel het ek die jammerkrete, die getwis en die verwyte van die doemelinge gehoor – die stemme van kinders wat hulle ouers verwyt, mans wat hulle vrouens, en vrouens wat hulle mans verwyt; vader teen seun en dogter teen moeder. Die een beskuldig die ander vir sy ongelukkige toestand. Dit is verskriklik om aan te hoor.

Uit die smartlike dieptes van verlorenheid kom daar telkens wanhopige uitroepe soos die volgende: “O, help my, ek vergaan!” of ook “daar is geen hel nie!” en dan weer, “Daar is nog ‘n kans!” Terwyl al die kanse vir ewig verby is.

Die dronkaard roep steeds om sterk drank, maar vind geen bevrediging vir sy brandende dors nie. “Gee my, gee my om te drink” kom dit desperaat oor sy droë lippe – maar hy sal in alle ewigheid dors bly.

Daar in die verdoemenis het ek persone gesien wat ek nie daar verwag het nie – vooraanstaande mense! Mense wat op aarde eer en aansien geniet en aan die kerklewe deelgeneem het. Mense wat eervol begrawe is – maar wat sonder Christus gesterf het. O, hoe ontsettend om te dink dat ons daagliks tussen mense beweeg wat reeds op pad is na die ewige, afgryslike verderf!”

Page 62: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

62

1.11.2 Ander boeke:

Een van die boeke wat opslae gemaak het, is “Heaven is so real” deur Choo Thomas (2006). Dis ook in Afrikaans beskikbaar: “Die Hemel is ‘n werklikheid”, waar sy vertel van haar ervarings wat sy saam met Jesus gehad het tydens haar besoeke aan die hemel. Choo sê: “Die Here self het my in ‘n getransformeerde, geestelike liggaam op 17 afsonderlike geleenthede hemel toe geneem. Daar het Hy ontelbare dinge vir my gewys wat Hy vir Sy kinders voorberei het. Hy het die hel ook twee keer vir my gewys, sowel as dinge wat tydens die groot verdrukking gaan gebeur nadat Hy Sy kinders hemel toe geneem het. Aan die einde van al hierdie visioene het Hy die wegraping vir my gewys.”

‘n Onlangse boek deur Todd Burpo (2011) wat in Afrikaans vertaal is “Die Hemel is werklik”; die oorspronklike titel was “Heaven is for real”.

Dit vertel van sy vier jarige seuntjie (Colton Burpo) wat ‘n NDE gehad het gedurende ‘n blindederm operasie. Hy het vertel van hoe hy hemel toe is en mense ontmoet het wat hy nog nooit op aarde ontmoet het nie, en vertel van dinge wat gebeur het nog voordat hy gebore is. Hy het sy ouers ook verstom met beskrywings en besonderhede van die hemel wat presies met die Bybel ooreengekom het, al kon hy nog nie lees nie. ‘n Paar interessante dinge wat hy sy pa vertel het was: Het pa geweet Jesus het ‘n nefie – sy naam is Johannes die doper! Hy het sy ma vertel dat hy sy een sussie in die hemel gesien het – die ma het byna van haar stoel afgeval, want dit is ‘n baba dogter wat sy met ‘n miskraam verloor het – daar is geen manier hoe die outjie dit kon weet nie.

Baxter (1993) praat ook oor babas en aborsies: "From the time there is life in the womb, I know. I know about the babies that are murdered while they are still in their mother's bodies-the aborted lives that are cast off and unwanted. I know about the stillborn and those children who are born with crippling defects. From the time of conception, that is a soul.”

Die verhale in die boeke verskil baie van mekaar – elkeen ervaar dit op ‘n ander manier – maar daar is ook heelwat ooreenkomste bv. die pragtige helder kleure wat in die hemel is, die musiek – die vrede en ongelooflike liefde wat jy ervaar as jy in Jesus se oë kyk – die vrees en angs as jy ingetrek word deur die kragte van die duisternis in die hel.

Een van die moet lees boeke oor die hel is die boek van Mary K. Baxter “A divine revelation of hell!” (1993). Video, audio en teks beskikbaar op haar webwerf: http://spiritlessons.com/ mary_k_baxter_a_divine _revelation_of_hell.htm.

Page 63: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

63

Maar wees gewaarsku, hier word rowwe verhale vertel – ‘n tragiese een is die vrou (pastoor) wat in onvergewensgesindheid geleef het wat in bitterheid en haat oorgespoel het met tragiese gevolge:

• Onvergewensgesindheid is dodelik: “In the next pit was the form of another skeleton. I smelled the odor of death

even before we arrived. This skeleton looked the same as the others. I wondered

what this soul had done that it should be lost and hopeless, with no future except

an eternity in this dreadful place. Hell is for eternity. As I heard the crying of the

souls in torment, I cried too.

I listened as a woman spoke to Jesus from the flames of the pit. She was quoting

the Word of God. "Dear Lord, what is she doing here?" I asked. "Listen," said

Jesus.

The woman said, "Jesus is the Way, the Truth and the Life. No man comes to the

Father but by Him. Jesus is the Light of the World. Come to Jesus, and He will

save you."

When she spoke, many of the lost souls around her listened. Some swore and

cursed at her. Some told her to stop. Still others said, "Is there really hope?" or

"Help us, Jesus." Great cries of sorrow filled the air.

I didn't understand what was happening. I did not know why the woman was

preaching the gospel here.

The Lord knew my thoughts. He said, "Child, I called this woman at the age of

thirty to preach My Word and to be a witness of the gospel. I call different ones

for different purposes in My body. But if man or woman, boy or girl doesn't want

My Spirit, I will depart.

"Yes, she did answer My call for many years, and she grew in the knowledge of

the Lord. She learned My voice, and she did many good works for Me.

She studied the Word of God. She prayed often, and she had many prayers

answered. She taught many people the way of holiness. She was faithful in her

house.

"The years went by until one day she found out that her husband was having an

affair with another woman. And even though he asked for forgiveness, she grew

bitter and would not forgive him and try to save her marriage. True, her husband

was wrong, and he did commit a very grave sin.

"But this woman knew My Word. She knew to forgive, and she knew that with

every temptation there is a way of escape. Her husband asked her to forgive him.

She would not. Instead, anger took root. Anger grew inside her. She would not

turn it over to Me. She turned more bitter each day and said in her heart, 'Here I

am serving God all the way, and my husband is running around with another

woman! 'Do you think that is right?' She said to Me.

Page 64: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

64

"I said, 'No, it is not right. But he came to you and repented and said he would

never do that again. "I told her, 'Daughter, look inside yourself, and see that you

have caused this yourself”

"'Not me, Lord,' she said, 'I am the holy one, and he is the sinful one.' She would

not listen to Me.

"Time went on, and she wouldn't pray to Me or read the Bible. She became angry

not only at her husband, but also at those around her. She quoted the Scriptures,

but she would not forgive him.

"She would not listen to Me. Her heart grew bitter, and great sin entered in.

Murder grew in her heart where love had once been. And one day, in her anger,

she killed her husband and the other woman. Satan then took her over

completely, and she killed herself. "

I looked at that lost soul that had given up Christ and condemned her soul forever

to the flames and the pain. I listened as she responded to Jesus. "I will forgive

now, Lord,” she said. "Let me out. I will obey You now. See, Lord, I am

preaching Your Word now. In an hour demons will come to take me to be

tormented even worse. For hours they will torture me. Because I was preaching

your Word, my torments are worse. Please, Lord, I beg You to let me out."

I cried with the woman in the pit and asked the Lord to please keep me from all

bitterness of heart. "Don't let me allow hatred to come into my heart, Lord

Jesus,” I said. "Come, let us go on," Jesus said.”

1.11.3 Afsluiting – NDEs:

Ek wil afsluit met ‘n aanhaling uit Mary Baxter (1993) se boek; met die volgende boodskap van die Here:

• Die boodskap van die Here aan ‘n verlore wêreld is dit: "I do not desire that you go to hell. I made you for My own joy and for everlasting fellowship. You are My creation, and I love you. Call upon Me while I am near, and I will hear and answer you. I want to forgive you and bless you."

• Aan die wat wedergebore is, sê die Here: "Forget not the assembling of yourselves. Come together and pray and study My Word. Worship Me in the spirit of holiness."

• Die Here sê aan die kerke en al die nasies: "My angels fight always for the heirs of salvation and for those who will become heirs. I do not change. I am the same yesterday, today and forever. Seek Me, and I will pour out My Spirit upon you. Your sons and your daughters will prophesy. I will do great things among you."

Page 65: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

65

• Indien jy ongered is: “Please take the time right now to kneel before the Lord and ask Him to forgive you of your sins and make you His child. Whatever the cost, you should determine now to make heaven your eternal home. Hell is awful, and hell is real.”

Ek wens almal kon een of ander NDE ervaring beleef, want soos Benny Hinn (2004) sê: “After all, who wants to go to hell after they’ve been to heaven?”

Maar Jesus het gesê:

o “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.” (Joh. 20:29).

1.12 Maak ‘n persoonlike toewyding (Malan, 2006)

Ek besef opnuut dat die ewige hemelse vreugde op die gereddes wag, en die ewige straf van die hel op al die ongereddes. Die smal pad lei na die hemel, terwyl die breë pad onwrikbaar op die poel van vuur afstuur. Ek verbind myself by hernuwing aan die groot opdrag om die boodskap van die Here Jesus se reddende genade aan ‘n verloregaande wêreld te verkondig, sodat meer mense uit die koninkryk van die duisternis na die koninkryk na die lig kan oorkom. Hoeveel vorm godsdienstiges is daar nie, wie se lewens op valse fondamente gebou is.

Ook hulle moet die waarskuwing aan Nikodemus ernstig ter harte neem dat geen mens die koninkryk van God sal sien as hy nie weergebore is nie. As ons die goddeloses nie waarsku nie en hulle gaan verlore, sal die Here hulle bloed van ons hand eis (Eseg. 33:7-9).

Laat ons die Woord van die Here só verkondig dat mense sal besef wat in die ewigheid op hulle wag. Dit is ondenkbaar om ‘n ewigheid in die poel van vuur deur te bring, terwyl die Here Jesus se reddende genade aan almal gebied word. Die fokus van dié boek is om die Bruid van Jesus voor te berei, want Jesus kom terug vir ‘n Heilige regverdige Bruid en jy is deel van die Bruid!

1.12.1 Ongeloof blok jou – geloof verander alles!

Die dood is nie die einde vir enigiemand nie, ongeag wie ons is. Ons leef voort – in die hemel by God of in daardie plek van totale wanhoop wat die Bybel die hel noem. Dit is ongeloof wat die deur na die hemel toemaak en die deur na die hel oopmaak. Dit is ongeloof wat die Woord van God verwerp en weier om Christus as Verlosser te aanvaar. Dit is ongeloof wat mense ‘n dowwe oor laat draai na die evangelie. Net een antwoord sal ‘n persoon die sekere voorreg van toegang tot die hemel gee:

Page 66: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

66

‘Ek glo in Jesus Christus en aanvaar Hom as my Verlosser en Here.’ Dit is die liggaam wat opgewek sal word in heerlikheid, mag en oorwinning. (Graham, 2012).

• Onthou daar is nie ‘n tweede kans nie!

Sommige mense en sekere kerke (soos Katolieke) glo aan ‘n vagevuur om jou van sonde te reinig voordat hulle die hemel binnegaan (’n tweede kans). Die Bybel leer ons nêrens van ‘n vagevuur “purgatory” nie.

Die idee het in die Middeleeue ontstaan met die doel om ‘n plek te benoem waar dié wat reeds gesterf het, gestuur is om gereinig te word van hul sonde. Maar dit sal afbreek doen aan Christus se werk aan die kruis!

Die Bybel sê:

o “Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het.” (Kol. 2:13).

• Jesus Christus se offer was volkome: o “Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit… Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vry gemaak.” (Hebr. 10:12, 14).

Niks kan ons meer regverdig maak in God se oë as wat ons reeds deur die reinigende bloed van Jesus Christus is nie. Met Sy dood en opstanding het Hy vir ons verlossing betaal – ten volle en volkome.

Daar is geen plek soos ‘n vagevuur waar jy gereinig kan word, in die hele Bybel, soos sekere denominasies leer nie. Na jou dood kan jy nie meer jou saak met God regmaak nie. Die dood is die afsnypunt van genade en is dus onherroeplik. Ons geleenthede is aan hierdié kant van die graf, enige ander lering is uit die put van die hel! (Liebenberg, 2008).

1.12.2 God het die oplossing!

God het vir ons ‘n ontsnappingsroete gegee – Sy verlossingsplan – deur Sy seun Jesus Christus – die goeie nuus! In besonderhede bespreek in Hoofstuk 8.

o “God our Savior...desires all men to be saved and to come to the knowledge of the truth” (1 Tim. 2:3-4).

Hy wil ons Sy kinders maak, deel van Sy familie: “Our becoming children of God the Father – is the heart and core of God’s incredible plan for humanity!”

Page 67: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

67

Petrus sê: “Die Here… wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar

dat almal tot bekering moet kom” (2 Pet. 3:9). Daar is nie so iets dat sommige mense vir die hemel uitverkies is en al die ander voor die grondlegging van die wêreld tot die hel verdoem is nie. Niemand is by voorbaat vir die poel van vuur bestem nie, behalwe satan en sy engele wat reeds tot ‘n finale val gekom het. Wat die mensdom betref, het God ons “nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here

Jesus Christus” (1 Tess. 5:9).

Dr. Jan van Wyk het gesê: “Bokant die Poort van die Hemel staan: ‘Almal wat wil, kan inkom’ en as jy deurgestap het en jy kyk terug, dan staan daar: ‘Uitverkies deur die voorkennis van God.’

Die Here wíl hê dat alle mense gered moet word (1 Tim. 2:4). Plaas jou vertroue in Jesus Christus ons Verlosser! “Wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede.” (Ps. 103:4 OV).

Met ’n besoek aan die hel vertel Sarah (2012): “Yeshua begin praat met trane in Sy oë, Hy huil en sê: "EK HET 'N EINDE AAN AL HIERDIE DINGE GEMAAK aan die kruis, niemand het nodig om hierdeur te gaan nie, niemand! Bekeer julle en draai na my, gee julle oor aan My, kom na My toe.”

Dit is egter ‘n saak van keuse, omdat elke mens ‘n vrye wil het. Elkeen kan self besluit waar hy of sy die ewigheid wil deurbring. Elke besluit wat ons neem, het ewige gevolge, so ons moet wyse keuses maak. Ons word vriendelik uitgenooi om na Jesus Christus te kom, ons sondes te bely en die ewige lewe by Hom te ontvang. Het jy al op dié uitnodiging gereageer? “…laat elkeen wat wil, die water van die lewe neem, verniet” (Openb. 22:17). Moenie hierdie saak ligtelik opneem nie, want hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid verontagsaam het? (Hebr. 2:3). Moenie as gevolg van jou geestelike onverskilligheid die oordeel van die duiwel en sy engele met hulle deel nie! (Malan, 2005).

Onthou: “Life without God is like an unsharpened pencil – it has no point!” – Billy Graham.

1.12.3 Die Evangelie (‘Gospel’) opgesom:

Die Evangelie is so fundamenteel, só belangrik, kom ons som dit net gou weer op – dit behoort elke Christen te ken, glo en te verstaan – want jy moet dit kan verkondig!

Page 68: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

68

• Almal is sondaars en jy kan jouself nie red nie (Rom. 3:23), • Jesus Christus, die Seun van God, is die enigste volkome verlosser van sondaars – selfs die slegste. (Joh. 6:37-44; Hebr. 7:25),

• Jesus Christus het gesterf vir sondaars (ons), is begrawe, en het op die derde dag weer opgestaan (1 Kor. 15:1-4). Hierdeur die dood en satan oorwin,

• Die evangelie is die krag van God tot redding van elkeen wat glo. (Rom. 1:16),

• Verlossing/redding (‘salvation’) kom slegs deur Jesus Christus (Hand. 4:12),

• Verlossing is ‘n geskenk van God uit Sy genade alleen en deur geloof in Jesus Christus, en nie deur enige werke wat jy doen nie (Ef. 2:8-9; Tit. 3:4-7),

• Verlossing kom deur die bloed van Christus, wat die sondaar regverdig maak voor God (in ‘n regte verhouding met God plaas) en dit bring versoening en vrede met God (Rom. 3:25; 5:9),

• Verlossing kom op die oomblik wanneer die sondaar sy sonde bely en in die evangelie glo (Rom. 10:9-13; Ef. 1:13-14),

• Verlossing word deur God gegee en deur God verseël/verseker deur Sy Heilige Gees (Joh. 10:27-30),

• Jesus het alles perfek gedoen en al die werke voltooi wat nodig is om ‘n sondaar soos ek en jy te red. (Joh. 19:30),

• Verlossing is alleenlik van God en nie van ‘n mens in enige opsig nie, en dit is om God alleen te verheerlik (Rom. 8:28-30; Ef. 1).

As jy dit alles glo en doen, sal jy gered word en ontvang jy die ewige lewe en word God se kind – dié wat dit nie glo nie, sal verlore gaan.

o “Ons het die blye boodskap ontvang net soos hulle, maar hoewel hulle die prediking gehoor het, het dit hulle niks gebaat nie, omdat

hulle nie geglo het wat hulle gehoor het nie... In my rus sal hulle

beslis nie ingaan nie.” (Hebr. 4:2-3).

• Hy verlos jou van:

Die sonde, die bose (satan), die verderf (hel), die dood, verdrukking, jou vyande (duiwel), geweld, jou onreinhede, jou krankhede (siektes) en die toekomstige toorn van God.

• Hy verlos jou uit:

Die mag van die duisternis, die slawehuis, al jou node, versoeking, die hand van die hater, vervolging en lyding, angs en doodsgevaar.

Page 69: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

69

1.12.4 Nog nie die besluit geneem nie? – doen dit nou!

Die lotgevalle van mense, in seën én in oordeel, staan in ‘n direkte verband met hulle verhouding teenoor Christus. Dit geld vir alle mense op aarde – Hy is óf jou Redder, óf Hy sal jou Regter wees wat jou weens jou sonde en ongeloof tot die ewige poel van vuur sal veroordeel.

o “Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val.” (Hebr. 10:31).

Ons is nou nog in genadetyd en kan van die duisternis af oorkom na die Here se wonderbare lig. Dan sal Jesus Christus nie vir ons tot ‘n val wees nie, maar tot ‘n opstanding in ‘n nuwe lewe.

o “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” (Matt. 3:2).

Moet nie dat dat die satan vir jou sê: ‘jy is nie goed genoeg nie’ – ‘jy is ‘n mislukking en kan dit nie maak nie’ – ‘dis onmoontlik dat Hy ‘n slegte ou soos jy sal red’ – ‘jy weet in elke geval nie wat jy nou moet doen nie!’

Nee, Jesus – God sê:

o “Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.” (Matt. 19:26).

Kom ons loof, dank en eer die ewige almagtige God (YHWH) – die Drie-enige God – Vader, Seun en Heilige Gees vir die verlossing wat Hy skenk: “Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde Sy heerlikheid te laat aanskou, aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen.” (Jud. 24-25).

Ek wil hierdie Hoofstuk afsluit met die woorde van John Hyatt op sy sterfbed: “I thank every one of you; and above all, I beg you, if there be reason or sense in what I have said, bethink yourselves of what you are, and may the Blessed Spirit reveal to you your state! May he show you that you are dead, that you are lost, ruined. May he make you feel what a dreadful thing it would be to sink into hell! May he point you to heaven! May he take you as the angel did of old, and put his hand upon you, and say, "Flee! flee! flee! Look to the mountain; look not behind thee; stay not in all the plain." And may we all meet in heaven at last; and there we shall be happy for ever.”

Page 70: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

70

Page 71: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

71

Page 72: Hoofstuk 11: Hemel of Hel – Dit is jou keuse! · het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop,

72

Jesus Christus is die weg en die waarheid en die lewe.

Niemand kom na die Vader toe behalwe deur Hom nie.

(Joh. 14:6)