26
Inhoudsopgawe Inleiding 9 Hoofstuk 1 RAMPSPOED: Die vrees vir natuurrampe 15 Hoofstuk 2 SIEKTE: Die vrees vir ernstige siekte 40 Hoofstuk 3 SKULD: Die vrees vir finansiële ondergang 64 Hoofstuk 4 NEDERLAAG: Die vrees vir mislukking 87 Hoofstuk 5 SKEIDING: Die vrees vir alleen-wees 111 Hoofstuk 6 VEROORDELING: Die vrees vir verwerping 135 Hoofstuk 7 GEVAAR: Die vrees vir skielike krisisse 157 Hoofstuk 8 DEPRESSIE: Die vrees vir geestelike ineenstorting 179 Hoofstuk 9 DIE DOOD: Die vrees vir doodgaan 201 Hoofstuk 10 GODHEID: Die vrees vir God 224 Epiloog 247 Erkennings 251 Eindnote 253

Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

Inhoudsopgawe

Inleiding 9

Hoofstuk 1 RAMPSPOED: Die vrees vir natuurrampe 15

Hoofstuk 2 SIEKTE: Die vrees vir ernstige siekte 40

Hoofstuk 3 SKULD: Die vrees vir fi nansiële ondergang 64

Hoofstuk 4 NEDERLAAG: Die vrees vir mislukking 87

Hoofstuk 5 SKEIDING: Die vrees vir alleen-wees 111

Hoofstuk 6 VEROORDELING: Die vrees vir verwerping 135

Hoofstuk 7 GEVAAR: Die vrees vir skielike krisisse 157

Hoofstuk 8 DEPRESSIE: Die vrees vir geestelike

ineenstorting 179

Hoofstuk 9 DIE DOOD: Die vrees vir doodgaan 201

Hoofstuk 10 GODHEID: Die vrees vir God 224

Epiloog 247

Erkennings 251

Eindnote 253

Page 2: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

HOOFSTUK 1

RAMPSPOED:Die vrees vir natuurrampe

Ons sal nie bang wees nie, al bewe die aarde,al verskuif die berge diep in die see.

Psalm 46:3

Ten minste het die Trowbridges ’n plek gehad om te skuil – ’n

buur man se kelder. Kelcy, haar man en hulle drie kinders het in

die koel, donker vertrek ingegaan, onder ’n kombers saamgebon-

del en na die waarskuwingsirene geluister wat deur die Maan-

dagmiddag in Mei 2013 geskree het. Die Trowbridges het in die

voorstede van Oklahoma City gebly en daar was ’n dodelike tor-

nado op pad.

Die gesin kon net sit, hande vashou en luister na die sirenes

wat verdoof is deur harder en baie meer vreesaan jaende klanke.

Skreeuende winde het op die huis afgekom en daar was ’n ge-

welddadige gehamer teen die kelderdeur. Die kinders het begin

huil. “Sjuut, dit is net puin,” het Kelcy gesê. “Los dinge wat rond-

gewaai word en die mure tref.”

Ná ongeveer 40 minute het daar ’n onheilspellende stilte neer-

gedaal. Die Trowbridges het uitgestap in ’n wêreld wat hulle glad

nie herken het nie. Die woonbuurt was verwoes. Waar was hulle

huis? Dit was platgevee, soos rye ander huise in hulle straat.

Page 3: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

16 Waarvoor is JY bang?

Waar was hulle gesinsmotor? Hulle het later ontdek dat dit in die

lug opgelig, in die straat afgewaai en toe op sy dak neergegooi is.

Een vir een het die bure uitgekom, almal sprakeloos. Waar

voëls moes sing, was daar net die klank van gesmoorde snikke.

Hier was die oorblyfsels van hulle lewe en die verlies van gemak-

like illusies van stabiliteit en sekuriteit in ’n rasionele wêreld.

Mnr. Trowbridge was nie iemand wat net kon rondstaan nie.

Hy het dadelik aan die werk gespring om te red en uit te sorteer.

Maar na ’n oomblik het hy skielik teruggetree.

“Bel die polisie,” het hy toonloos gesê.

Daar, tussen die bakstene en pype en rommel was ’n klein kind-

jie – ’n dogtertjie niks ouer as twee of drie jaar nie. Sy was dood.

Mnr. Trowbridge was emosieloos totdat die polisie opgedaag het.

Toe het hy dit net verloor. Hy het gehuil vir die dogtertjie, vir sy

gesin, vir die gewelddadigheid van die aarde.

Intussen het Stuart Earnest jr. naby Plaza Tower Elementary

dinge gesien en gehoor wat hy geweet het vir die res van sy lewe

by hom sou spook. Die skool was direk in die pad van die tor-

nado. Sewe kinders is dood, en Earnest kon nie die klank van die

tragedie uitblok nie. Hy kon die stemme hoor van dié wat om

hulp roep, asook die ewe hartverskeurende uitroepe van dié wat

hulle probeer help.

’n Graadvierleerder, Damian Britton, was een van die oorle-

wendes van die Plaza Towers, danksy ’n dapper onderwyser wat

sy lewe gered het. Dit het vir Damian gevoel of al die gruwels

binne ’n kwessie van vyf minute gebeur het voordat die leerders

uit hul wegkruipplekke begin kom het. Dit was min of meer die-

selfde vir almal – vyf kort minute vir kleintjies, of enigiemand

anders, om so ’n belangrike les oor die lewe en verlies te leer.

Ek moet vir jou sê dit is moeilik om daardie stories oor te ver-

tel. Dit sal soveel makliker wees om ’n ligte en gemaklike toon

te handhaaf, selfs in ’n boek oor vrees. Die probleem is natuurlik

dat al hierdie stories waar is, en ons weet dit. En dit kan weer

gebeur, binne die volgende vyf minute of môre of oormôre. Elke

jaar herinner die nuus ons daaraan dat die natuurkragte wat hier-

die aarde beheer onrustig en onstabiel is.

Ons leef in ’n soort noodsaaklike ontkenning. Ons gaan met

ons daaglikse lewens voort asof ons waarborge van sekuriteit het

Page 4: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

17

wat doodeenvoudig nie moontlik is in hierdie lewe nie. Ons wens

onsself geluk vir die indrukwekkende tegnologiese voortuitgang

wat ons gemaak het, en ons gee voor dat ons elke lewensuitda-

ging en gesondheidsuitdaging oorwin het. Maar dit is nie waar

nie. Die natuur is pragtig en inspirerend – en ook afgryslik en

on menslik.

In 2004 was die groot tragedie die tsunami in die Indiese Ose-

aan wat tot die dood van 230 000 mense gely het. Ek kan nie oor

daardie getal kom nie. In 2005 het ons Orkaan Katrina beleef.

En wie kan 2010-2011 vergeet? Die aardbewing in Haïti het nog

220 000 mense se dood veroorsaak; die tsunami in Japan ten min-

ste 15 000.

Maar dit is bloot die weergebeurtenisse wat die hoofopskrifte

gehaal het. Daar is te veel aardbewings, brande, vloede, orkane,

tornado’s, hongersnode, storms en tsunami’s vir ons om selfs te

tel. Natuurrampe woed in ons wêreld en kos ontelbaar miljoene

dollars en, nog belangriker, honderde duisende lewens.

Natuurrampe veroorsaak baie vrae oor die aard van ons se-

ku riteit, oor ons vrees van die onbeheerbare, en veral oor die ka-

rakter van God. Hierdie vrae het antwoorde nodig. Ek wil die

gesprek egter begin deur iets te deel oor ’n Bybelse karakter wat

twee natuurrampe binne ’n kwessie van 24 uur beleef het. Sy

naam was natuurlik Job.

NATUURRAMPE IN JOB SE LEWE

Job het die tipiese model geword vir uithou in rampspoed, en

as daar al ooit iemand was wat ons gedink het dit nie verdien

nie, was dit Job. Die eerste vier verse in sy boek getuig oor vier

areas in Job se lewe. Ons leer heel eerste van Job se geloof: “Hy

het onberispelik geleef en was ’n man met integriteit. Hy het God

gedien en nie die verkeerde gedoen nie” (Job 1:1). Job was nie

sondeloos nie, maar hy was volwasse in karakter en ’n man van

geregtigheid.

Job is ook bekend om sy fortuin: “Hy het ook 7 000 skape, 3 000

kamele, 500 spanne trekosse, 500 donkiemerries en baie slawe ge-

had – sowel mans as vroue. Hy was die rykste man in daardie

omgewing” (Job 1:3).

RAMPSPOED: Die vrees vir natuurrampe

Page 5: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

18 Waarvoor is JY bang?

In Job se tyd is rykdom gemeet in terme van grond, diere en

slawe, en Job het ’n oorvloed van al drie gehad. Hy was die rykste

man van sy tyd.

Hy was nie net ’n man met rykdom nie, maar ook ’n familie-

man. Die eerste hoofstuk sê vir ons hy het seuns en dogters groot-

gemaak wat baie geheg was aan mekaar. Hulle het groot verjaars-

dagpartytjies vir mekaar gehou, waarna hulle pa namens hulle

brandoffers vir God sou bring. Hy het gesê: “Miskien het my kin-

ders gesondig en God in hulle gedagtes gevloek” (Job 1:5). Vir

hom was geloof en familie ineengevleg.

Laastens het hy baie vriende gehad. Sommige is bekend om

hulle rol in Job se boek, maar daar is ongetwyfeld baie wat nie

eers genoem word nie. Job 2:11 vertel hoe ’n groep van sy naaste

vriende opgedaag het om saam met hom te rou oor die groot ver-

liese wat hy gely het. As jy enigiets van Job se storie weet, sal jy

onthou dat hierdie vriende hom uiteindelik in die steek gelaat

het. Tog was hulle sy vriende, en hulle het van ver gekom om

hom in sy tyd van nood met raad te bedien.

Hulle was reg om by hom te sit en te help dra aan die las van

sy rou. Wat hulle verkeerd gedoen het, was om eenvoudige ver-

duidelikings en oplossings te probeer gee vir ’n situasie wat alles-

behalwe eenvoudig was. Op die ou einde het hulle die ergste in

plaas van die beste in Job uitgebring. Tog lees ons dat hy hulle

vergewe het en dat daar versoening was (Job 42:9-11).

Wat daardie vriende nie kon weet nie – wat Job self nie kon

weet nie – was dat geestelike magte betrokke was ver bo hulle

begrip. Die besonderhede word in Job 1:8-12 (1983-vertaling) ge-

gee:

Die Here vra toe vir die Satan: “En my dienaar Job, het jy hom

raakgesien? Sy gelyke kry jy nie op aarde nie: hy is vroom en

opreg, hy dien My en vermy die kwaad.”

Toe antwoord die Satan die Here: “Dit is nie sonder rede dat

Job U dien nie! U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U

maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig

aan. Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in

u gesig vervloek nie.”

Toe sê die Here vir die Satan: “Alles wat hy het, gee Ek in

Page 6: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

19

jou mag oor. Net aan hom self mag jy nie raak nie.”

Die Satan het daarna van die Here af weggegaan.

Gewapen met God se toestemming het Satan aan die werk ge-

spring en Job se ongeluk het vinnig gevolg met vier rampe op

een dag. Die volgende voorwaardes het gegeld: Satan kon Job

se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot

eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik

is wie in beheer is van die wêreld. Die duiwel kan vir Job toets,

maar nie sonder God se toestemming nie. Ons God regeer en ons

kan nie bekostig om dit te vergeet wanneer ons oor rampspoed

praat nie – of enige ander tyd nie.

Wat gee jy vir die man wat alles het? Rampspoed – dit was iets

wat Job nog nie vantevore ervaar het nie. Dit begin tydens een

van daardie partytjies waar die seuns en dogters almal saam is en

lag en mekaar se geselskap geniet.

’n Boodskapper bring vir Job ontstellende nuus. Mense uit

Skeba het op Job se grond gekom en al sy beeste gesteel en sy

sla we doodgemaak. Net hierdie slaaf het oorleef om die storie te

vertel (Job 1:13-15).

Nog voordat die boodskapper sy storie klaar vertel het en Job

alles kon inneem, gaan die deur oop en nog ’n boodskapper staan

daar. Hy is bleek, sy oë wyd gesper en hy fl uister: “Weerlig het

van God af uit die hemel geslaan en al u skape en al die skaap-

wagters doodgeslaan” (Job 1:16).

Op daardie oomblik lyk dit of Job se dag nie erger kan word

nie. Maar ’n derde boodskapper daag op. Die frase “hy was nog

besig om te praat” kom drie keer in hierdie gedeelte voor. Vir Job

is die ou spreekwoord waar: teëspoed kom in drieë.

Die derde boodskapper bring nuus dat hulle deur die Galdeërs

ingeval is. Hulle het die kamele gesteel, die slawe doodgemaak

en een ontstelde slaaf agtergelaat (Job 1:17).

Baie het vir Job verkeerd geloop – ramp op ramp het gevolg.

Maar voordat hy sin kan maak van alles, wat nog te sê ’n herstel-

plan saamstel, volg die doodsteek:

Hy was nog besig om vir Job van die tragedie te vertel toe

nog ’n boodskapper met die nuus kom: “U seuns en dogters

RAMPSPOED: Die vrees vir natuurrampe

Page 7: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

20 Waarvoor is JY bang?

het partytjie gehou in die huis van hulle oudste broer. Skielik

was daar ’n baie sterk wind wat van die woestyn se kant af

gewaai het. Dit het die huis van alle kante getref, en die huis

het inmekaargeval. Al u kinders is op slag dood. Ek was die

enigste wat oorleef het om dit vir u te vertel.”

– Job 1:18-19

Saam met alles moes Job geseën gewees het met ’n sterk hart. Kan

jy jou voorstel jy kry sulke nuus? Hy was toegewy aan sy kinders

en het hulle geduring voor die Here gebring. Ten spyte van al sy

intersessie, het hulle almal in een fel slag gesterf. Hy kom te staan

voor tien vars grafte en ’n pynlike stilte uit die hemel. Waarom,

God?

Die boek Job was nog altyd die boek wat gelees is om mense

te help om die bestaan en werke van die bose baas te raak. Aan

die begin wys die boek vir ons drie groot bronne van boosheid.

Eerstens is daar bose individue soos die mense van Skeba en die

Galdeërs wat Job se slawe doodgemaak en sy beeste en donkies

gesteel het. Dan wys dit die verwoestende boosheid van natuur-

rampe in die vuur wat Job se kleinvee en wagters verwoes het

en die windstorm wat Job se kinders doodgemaak het. En agter

al hierdie gebeure sien ons boosheid op ’n kosmiese vlak in die

hand van die Satan wat, met God se toestemming, die hele ramp

georkestreer het.

Aangesien kenners Job as die oudste boek in die Bybel beskou,

weet ons dat die probleem met natuurrampe al so lank deel van

ons is as wat die mens die aarde bewandel. Die Bybel verdoesel

nie die moeiliker vrae oor die lewe nie; dit probeer nie ons oë

afwend nie. Ons word uitgenooi om saam met Job in die begraaf-

plaas te staan, af te kyk op die as van sy verbrande drome en vir

God te vra: Hoekom? Die eerste vraag wat hierdie storie in die

besonder en natuurrampe in die algemeen oproep, is: Wat sê hier-

die herhalende rampe van God?

NATUURRAMPE EN DIE REALITEIT VAN GOD

God kan nie van rampe geskei word nieDaar is mense wat sê God moet nie eers ingesluit word in ’n be-

Page 8: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

21

spreking oor rampe nie, aangesien Hy niks met sulke boosheid te

doen sal hê nie. Die verduideliking klink soos volg: God het die

wêreld geskep, maar Hy is nie betrokke in die werking daarvan

nie. Hierdie fi losofi e word deïsme genoem. Dit aanvaar God se

bestaan en sy goedheid, maar verwyder Hom van enigiets wat

gebeur in die wêreld wat Hy geskep het.

Ek dink baie Christine aanvaar ’n tipe deïsme in ’n poging om

God vry te stel. Dit laat ons toe om God se goedheid te bevestig

in die aangesig van aaklige boosheid deur eenvoudig te sê dit is

nie sy skuld nie. Hy het ’n goeie wêreld geskep, en Hy moet nie

blameer word as dinge skeefl oop nie. Maar die Bybel sê duidelik

God is aktief aan die werk in die heelal (Job 37).

’n Ander manier waarop ons God vrystel van enige verant-

woordelikheid vir enige rampe is om Satan vir alles te blameer.

Uit ons studie van Job weet ons egter dat Satan niks sonder God se

toestemming kan doen nie (Job 1:8-12). As Satan by God toestem-

ming moet kry om te doen wat hy doen, is God steeds in beheer

en heers oor sake wat die mens betref. Mense voel sy beheer oor

alles aan wanneer hulle na natuurrampe verwys as “handelinge

van God”.

Vir ons om dus te sê dat God nie betrokke is in hierdie ramp-

spoedige gebeurtenisse nie is te eenvoudig om al die feite te

verduidelik. Of dit gemaklik is of nie, ons moet hierdie onder-

werp met teologiese integriteit bespreek. Die Bybel leer ons

dat God soewerein is – Hy heers in die goeie oomblikke, maar

ook in die oomblikke wat nie so goed is nie. Kom ons kyk na

’n klompie redes hoekom rampspoed bestaan in ’n wêreld wat

God beheer.

GOD GEBRUIK DIE ELEMENTE VAN DIE NATUUR IN DIE WERKING VAN DIE WÊRELD

Die Bybel het baie verse wat die idee dat God die natuur in bewe-

ging gebring het en dit nou vry laat loop, weerlê. Hierdie verse

bied ’n God wat graag die leisels hou en intiem betrokke is in die

beheer en onderhouding van alle gebeurtenisse in die natuurlike

wêreld. Hier is enkele voorbeelde:

RAMPSPOED: Die vrees vir natuurrampe

Page 9: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

22 Waarvoor is JY bang?

Die Here doen wat Hy wil, in die hemel en op die aarde, op

die see en in die diepste oseane. Hy laat wolke oor die aarde

saampak. Hy maak weerlig vir die reën en bring die wind uit

sy stoorkamers.

– Psalm 135:6-7

Hy laat immers sy son opgaan oor slegtes en goeies. En Hy laat

sy reën val op dié wat reg doen, maar ook op dié wat verkeerd

doen.

– Matteus 5:45

Hy laat die sneeu val op die aarde, en beveel die reën om

neer te stort. Die asem van God stuur die ys. Die waters vries

kliphard. Hy laai die wolke met vog. Hy verlig die wolke met

sy weerlig. Die wolke draai en draai soos Hy hulle beveel.

Hulle doen wat Hy beveel oor die hele aarde.

– Job 37:6, 10-12

GOD GEBRUIK DIE NATUURELEMENTE OM DIE BOOSHEID TEË TE STAAN

God gebruik nie net die natuurelemente om die wêreld aan die

gang te hou nie, Hy gebruik dit ook as straf of om sy mense na

geregtigheid te dryf.

Vroeg in die Bybel sien ons hoe God ’n vloed stuur om ’n son-

dige wêreld te verwoes en net die regverdige Noag en sy familie

red (Gen. 6-8). Later, toe die Israeliete in die woestyn gedwaal

het, het God vir Datan, Abiram en Korag wat Hom verwerp het,

geoordeel. Die aarde het sy mond oopgemaak en hulle en hulle

besittings ingesluk (Num. 16:32).

God het vuur gestuur om Sodom en Gomorra as gevolg van

hulle boosheid te verwoes (Gen. 19:24); Hy het plae gestuur om

Egipte te straf (Eks. 7-12); Hy het ’n plaag gebruik om 70 000 mans

dood te maak omdat Dawid die mense laat tel het (2 Sam. 24:15);

Hy het ’n woeste storm gestuur om Jona se aandag te trek en hom

tot inkeer te bring (Jona 1:4-17).

In Amos 4 is daar ’n lang gedeelte wat beskryf hoe God die

on gehoorsaamheid van sy mense hanteer. As ons ooit in die ver-

soeking kom om God van natuurrampe te skei, sal hierdie ge-

Page 10: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

23

deelte ons in ons spore stuit. Hier is Die Boodskap se weergawe

van die gedeelte:

“In al julle dorpe het Ek gemaak dat daar nie kos is om te eet

nie. Ek het gesorg dat daar in al julle blyplekke niks brood is

om te eet nie. Maar nogtans het julle nie daaraan gedink om

terug te kom en by My kos te kom vra nie,” sê die Here.

“Drie maande voor die oes het Ek die reën laat wegbly. Ek

het dit by die een dorp laat reën en glad nie by die volgende

dorp nie. Die een stuk grond het mooi reën gekry. Die ander

een het uitgedroog, omdat dit glad nie daar gereën het nie.

Twee-twee en drie-drie het mense van dorp tot dorp gekruip

om water te kry. Daar was nie water vir hulle dors nie. Hulle

het dors gebly. En al het dit alles gebeur, het julle nie daaraan

gedink om na My toe terug te kom en by My water te vra nie,”

sê die Here.

“Ek het ’n verskriklike warm wind oor julle tuine laat waai.

Ek het siektes in julle druiwe laat kom. Sprinkane het julle

vyebome en olyfbome kaalgevreet. Ten spyte van dit alles het

julle nie na My toe gekom en My gevra om julle te help nie,”

sê die Here.

“Ek het rampe oor julle laat kom soos daar destyds in Egipte

rampe gekom het. Ek het julle jong soldate wat op perde veg,

in die oorlog laat omkom. Daar in die kamp het die stank van

die goed wat dood was, dit vir julle ondraaglik gemaak. Maar

julle het nie eens daaraan gedink om na My toe terug te kom

nie,” sê die Here.

“Ek het julle dorpe verwoes, soos Ek Sodom en Gomorra

van die aarde afgevee het. Party kon nog betyds wegkom,

soos ’n stuk hout wat jy betyds uit die vuur uitruk voordat dit

heeltemal verbrand.

“En al het dit alles gebeur, het julle nie ’n oomblik daaraan

gedink om My te kom vra om julle te help nie,” sê die Here.

– Amos 4:6-11, Die Boodskap

Wanneer ons God distansieer van die verantwoordelikheid vir

die rampe in die wêreld, beweer ons meer as wat ons weet. Want

as God nie in beheer is van die wêreld se rampe nie, hoe kan ons

RAMPSPOED: Die vrees vir natuurrampe

Page 11: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

24 Waarvoor is JY bang?

op Hom staatmaak om in beheer te wees van ons lewens en die

toekoms? Hy is óf betrokke by al die werkinge van die wêreld óf

by niks nie.

Voordat ons aanbeweeg, is dit belangrik dat ek iets sê oor God

se algemene oordeel oor die sonde van die mensdom en sy ver-

onderstelde oordeel oor spesifi eke mans en vroue. Dit is reg om

te sê God oordeel altyd oor sonde en dat Hy rampe gebruik om

oordeel te fel. Dit is egter nie reg om te sê dat elke spesifi eke ramp

die gevolg is van sy oordeel oor ’n spesifi eke persoon of nasie se

spesifi eke sonde nie.

Ná 9/11 het sommige mense baie gou gesê die ramp is die

gevolg van God se oordeel oor Amerika se opstand teen Hom.

Selfs al was dit waar, hoe sal enigiemand op aarde ooit weet?

Amper al die rampe en tragedies wat Amerika oor die afgelope

klompie jare getref het, het die een of ander geleerde aangehits

om te verklaar dat die tragedie ’n oordeel is oor ’n spesifi eke son-

de wat in die onmiddellike konteks van die ramp gepleeg is. Die

waarheid is, ons ken nie die geheimenisse van God se hart en

wil nie. In die Evangelie van Lukas waarsku Jesus ons daarteen

om leunstoel-profete te wees. Pilatus het Galileërs doodgemaak

en ander is dood toe die toring van Siloam omgeval het. Toe Hy

daaroor gevra is, het Jesus gesê:

“Dink julle daardie Galileërs was groter sondaars as die ander

mense van Galilea?” het Hy gevra. “Is dit waarom hulle geboet

het? Glad nie! En julle sal ook omkom tensy julle tot inkeer

kom. En wat van die agtien mans wat gesterf het toe die toring

van Siloam op hulle geval het? Was hulle die ergste sondaars

in Jerusalem? Nee, en Ek sê weer vir julle, as julle nie tot inkeer

kom nie, sal julle almal ook net so omkom.”

– Lukas 13:2-5

Jesus herinner ons dat tragedies in ons gevalle wêreld gebeur en

dat dit nie onderskei tussen goeie en slegte mense nie. Dit is nie

ons reg om die een as ’n ongeluk of die ander as God se oor-

deel te klassifi seer nie, maar net om die sondes in ons eie harte te

oordink, soos Jesus uitgewys het.

Page 12: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

25

Rampe kan God nie in oneer bring nieSommige mense verwyder God natuurlik heeltemal uit die verge-

lyking; Hy bestaan eenvoudig nie, redeneer hulle, en rampe is die

enigste bewys wat ons nodig het. Die apologeet Dinesh D’Souza

som hierdie manier van redeneer soos volg op in sy boek What’s So Great about Christianity:

As God bestaan, is Hy almagtig. As Hy almagtig is, is Hy in ’n

posisie om ’n einde te maak aan boosheid en lyding. Ons weet

egter uit ervaring dat boosheid en lyding voortgaan, skandelik,

ge na deloos, sonder ’n teken van verhouding of geregtigheid.

Daar om kan daar nie ’n alomteenwoordige wese wees in staat

om te keer dat dit alles gebeur nie, want as daar was, sou hy

dit sekerlik doen. Daarom bestaan God nie.1

Die ateïs George Smith praat namens dié wat die saak met netjiese

logika probeer maak: “Die probleem met boosheid is dit … As

God weet daar is boosheid, maar dit nie kan voorkom nie, is Hy

nie alomteenwoordig nie. As God weet daar is boosheid en dit

kan voorkom, maar kies om dit nie te doen nie, is Hy nie alom-

wel willend nie.”2

Soms is dit emosie eerder as die uitgemaakte redenasies wat so

’n gevolgtrekking uitlok. Ná die 2010-tsunami het ’n kommenta-

tor in ’n Skotse koerant, The Herald, geskryf:

God, as daar ’n God is, moet Homself skaam. Die absolute

af gryslikheid van die tsunami-tragedie in Asië, die sterftes,

verwoesting en chaos wat dit veroorsaak het, die graad van

ellende wat dit veroorsaak het, moet sekerlik selfs die stand-

vastigste gelowige se geloof toets … Ek hoop ek is reg … dat

daar geen God is nie, want as daar is, sal Hy die blaam moet

dra. In my boek sal Hy so sondig soos die houtjie van die galg

wees en ek sal niks met Hom te doen wil hê nie.3

Maar wag ’n oomblik, nie so vinnig nie. C.S. Lewis, wat eens self

’n ateïs was, het rampe nie as bewys teen die bestaan van God

gesien nie, maar as werklike bewys van God se bestaan:

RAMPSPOED: Die vrees vir natuurrampe

Page 13: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

26 Waarvoor is JY bang?

My argument teen God was dat die heelal net so wreed en

onregverdig voorgekom het. Maar hoe het ek op hierdie idee

van regverdig en onregverdig gekom? ’n Mens sê nie ’n lyn is

skeef as hy nie weet hoe ’n reguit lyn lyk nie. Waarmee het ek

die heelal vergelyk toe ek dit onregverdig genoem het? As alles

van A tot Z onregverdig was, waarom het ek, wat veronderstel

is om deel te wees van die vertoning, so ’n hewige reaksie

daar op? … In die poging om te bewys dat God nie bestaan

nie – met ander woorde, dat die hele realiteit sinloos is – het

ek dus ontdek dat ek gedwing is om te aanvaar dat een ge-

deelte van die realiteit – naamlik my idee oor regverdigheid –

sinvol was. Daarom is ateïsme te eenvoudig. As die hele heel-

al betekenisloos is, sou ons nooit ontdek het dat dit geen be-

tekenis het nie; so ook as daar geen lig in die wêreld was en

dus geen skepsels met oë nie, sou ons nooit weet dit is donker

nie. Donker sou geen betekenis hê nie.4

Die feit dat ons ’n sterk idee het van regverdigheid en volmaakt-

heid in ’n wêreld vol onregverdigheid en onvolmaaktheid gee

oortuigende bewys dat ’n goeie God wel bestaan.

Een waarheid wat ons dikwels miskyk, is dat groot hoeveel-

hede sterftes deur rampe veroorsaak, God net so min verdag kan

maak as ’n enkele sterfte. Ons weet wie dood in die wêreld inge-

bring het, en dit was nie God nie. Ons moet onthou dat elke mens

wat in die Haïti-aardbewing gesterf het in elk geval uiteindelik

sou gesterf het. Die feit dat hulle gelyktydig gesterf het, is regtig

niks tragieser as wanneer hulle sterftes oor die volgende klompie

dekades versprei sou gewees het nie. Dit is net dat die skielike en

onverwagte sterftes ons meer skok.

Rampe kan God nie defi nieer nieIn die afl oop van elke ramp, hoor ons dikwels iets soos: “Ek kan

nooit in ’n God glo wat toelaat dat iets so aakligs met sy skepsels

gebeur nie.”

Die God waarin hierdie mense wil glo, is die “helikopter-ouer”

God wat altyd net bo ons hang en ons soos ’n oorbeskermende

pa beskerm teen enige onaangenaamheid. Hulle wil ’n God hê

wat veiligheid, sekuriteit en geluk verseker, en ons beskerm teen

Page 14: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

27

tragedie en pyn en selfs dissiplinerende pyn. God is beter as dit.

Hy gee nie toe aan al ons eise nie, maar pas eerder dissipline toe

wat ons sal help om die tipe skepsels te word wat ’n heerlike

ewig heid kan beleef.

Dié wat God bloot defi nieer volgens die boosheid wat Hy toe-

laat, kyk die anderkant van die klagte mis. Ja, daar is boosheid in

die wêreld, maar daar is ook baie goedheid. As God nie goed is

nie, soos hulle beweer, hoe verduidelik hulle al die goeie dinge?

Is dit regverdig om Hom te oordeel vir die boos heid wat Hy toe-

laat, maar nie vir Hom erkenning te gee vir die goeie nie?

In sy boek Where Was God? skryf Erwin Lutzer:

Dikwels sal dieselfde mense wat ná afl oop van ’n ramp vra

waar God was, ondankbaar weier om Hom te eer en aanbid vir

die jare se vrede en kalmte wat hulle ervaar het. Hulle ignoreer

God in goeie tye, maar dink dit is sy plig om ons te help

wanneer slegte tye ons tref. Hulle glo die God wat hulle minag

wanneer hulle gesond is, moet hulle gesond maak wanneer

hulle siek is; die God wat hulle ignoreer wanneer hulle ryk is,

moet hulle red wanneer armoede hulle in die gesig staar; en

die God wat hulle weier om te aanbid wanneer die aarde stil

is, moet hulle red wanneer dit begin skud.

Ons moet erken God is ons niks verskuldig nie. Voordat ons

God daarvan beskuldig dat Hy nie omgee nie, moet ons vir

Hom dankie sê vir daardie kere wat sy sorg baie duidelik was.

Ons word altyd omring deur onverdiende seëninge. Selfs in sy

stilte seën Hy ons.5

In ’n wêreld met tragedies, moet ons besef dat daar baie meer

seëninge is. ’n Bietjie nugter denke beklemtoon die punt dat ons

ander nie kan toelaat om God vir ons te defi nieer nie. Die Bybel

en gesonde verstand verwyder baie verwarring.

Ons kan nie ontken dat ons in ’n wêreld bly waar baie slegte

dinge gebeur nie, en baie daarvan lyk onverdiend. “Waarom ge-

beur slegte dinge met goeie mense?” vra Dinesh D’Souza. “Die

Christelike antwoord is dat daar geen goeie mense is nie. Nie een

van ons verdien die lewe wat ons het nie, wat ’n gratis geskenk

van God is.”6

RAMPSPOED: Die vrees vir natuurrampe

Page 15: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

28 Waarvoor is JY bang?

God is liefdevol en sy gawes kom volop in ons wêreld voor.

So ook sy tug. Daarom moet ons weier dat net een kant van die

vergelyking God vir ons defi nieer.

Rampe kan God nie verslaan nieWanneer rampe gebeur, kom ons soms in die versoeking om te

dink dat God se doel gedwarsboom is. Kom ons laat God toe om

self sy sê te sê oor die onderwerp:

Ek is God. Daar is geen ander nie. Ek is God. Niemand is soos

Ek nie. Ek maak bekend wat gaan gebeur nog voor dit gebeur.

Wat Ek besluit, voer Ek uit. Wat Ek wil, doen Ek. Uit die ooste

roep Ek ’n roofvoël, ’n man uit ’n ver land, wat my opdrag sal

uitvoer. Wat Ek gesê het, sal Ek laat gebeur. Wat Ek beplan, dit

sal Ek doen.

– Jesaja 46:9-11

Een rede waarom ons rampe vrees, is omdat hulle dit laat voor-

kom of God nie in beheer is nie, dat dinge op ’n manier buite sy

beheer geraak het. In sulke tye moet ons onthou dat ’n enkele

garingdraad in ’n tapisserie nie die volledige patroon kan gee nie.

Ons het ’n te beperkte uitsig om die uiteindelike betekenis van

enige ramp te kan verstaan – hoe ons huidige lyding in God se

groot doel inpas. Tog, soos Paulus vir ons sê: “Ons weet dat God

alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle

wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe” (Rom. 8:28).

Soos elke ander stukkie van hierdie verstrikte onderwerp, is

dit maklik om die betekenis van hierdie vers verkeerd te ver-

staan. Soos James Montgomery Boice vir ons sê, Paulus sê nie

bose dinge is goed nie:

Die teksgedeelte leer ons nie dat siekte, lyding, vervolging,

droefheid of enige ander sulke dinge goed is nie. Inteendeel,

hierdie dinge is boos. Haat is nie liefde nie. Die dood is nie lewe

nie. Droefheid is nie vreugde nie. Die wêreld is vol boosheid.

Wat hierdie vers ons leer … is dat God hierdie dinge gebruik

om sy goeie doel vir mense te bereik. God laat goed uit die bo-

se vloei.7

Page 16: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

29

God het die werke wat Satan bedoel het om Job se geloof te ver-

woes, vir die goeie gebruik. Hy het ook die aaklige werklikheid

van die kruisiging van ’n volmaakte Christus gebruik vir ’n won-

derlike doel. In God se wyse en kragtige hande word bose ge-

beurtenisse as instrumente gebruik om ’n goeie doel te bereik.

Die leidraad lê in hoe die woorde in die oorspronklike taal ge-

rangskik word: “Ons weet vir dié wat God liefhet,” lees in die

Griekse teks: “Hy is besig om te werk.” Met ander woorde, God

is oneindig, energiek en doelbewus aktief namens ons. Hy is be-

trokke; Hy is besig om ’n heerlike bestemming te skep vir dié wat

Hom liefhet.

Die frase wat Paulus gebruik om te beskryf hoe God om ons

onthalwe werk, is interessant. Hy sê dat “alles ten goede mee-

werk”. Hierdie uitdrukking word vertaal van die Griekse woord

sunergeo, waarvan ons die woord “sinergie” kry. Sinergie is die

samewerking van verskeie elemente om ’n groter effek, en dik-

wels totaal ander effek, te produseer as die som van die elemente

indien hulle apart sou funksioneer.

Sommige dinge werk nie net op die een of ander manier uit

as ons die natuur sy gang laat gaan nie. God laat hierdie sinergie

gebeur. Hy is die Een wat die mengsel roer. Dit is hoekom rampe

nie vir God kan oorwin of sy planne en doelwitte kan ontspoor

nie. Alles in die natuur is onder sy beheer: álles werk ten goede

mee. Die Een wat die natuur beheer, hou ons in sy hande.

Donald Grey Barnhouse verduidelik dat die “ons weet”-ge-

deelte van Romeine 8:28 ’n uitstekende teenmiddel is vir die

vrees vir rampspoed:

Dit is op hierdie oomblik vir ons moontlik om te weet dat al-

les ten goede meewerk vir ons. Wanneer ons aan hierdie feit

vashou, bring dit kalmte in die onstuimigheid, en stilte en

selfvertroue in die hele lewe. Niks kan my raak tensy dit binne

God se wil is nie. God het ’n plan vir my lewe. God werk

volgens ’n vasgestelde, ewige doelwit.8

In die volgende gedig gebruik Annie Johnson Flint die ingewik-

kelde werkinge van masjiene in ’n fabriek om vir ons ’n kreatiewe

beeld te gee van God se volkome beheer oor “alle dinge”:

RAMPSPOED: Die vrees vir natuurrampe

Page 17: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

30 Waarvoor is JY bang?

In a factory building, there are wheels and gearings,There are cranks, pulleys, belts either tight or slack –Some are whirling swiftly, some are turning slowly,Some are thrusting forward, some are pulling back;Some are smooth and silent, some are rough and noisy,Pounding, rattling, clanking, moving with a jerk;In a wild confusion in a seeming chaos,Lifting, pushing, driving – but they do their work,From the mightiest lever to the smallest cog or gear,All things move together for the purpose planned; And behind the working is a mind controlling,And a force direction, and a guiding hand.So all things are working for the Lord’s beloved;Some things might be hurtful if alone they stood;Some might seem to hinder some might draw

us backward;But they work together, and they work for good,All the thwarted longings, all the stern denials,All the contradictions, hard to understand.And the force that holds them, speeds them and

retards them,Stops and starts and guides them – is our

Father’s hand.9

’n Klompie jare gelede is ek en my vrou herinner aan ’n inspire-

rende voorbeeld van ’n paartjie wat God se beheer oor alle dinge

vertrou het. Terwyl ons Jerusalem besoek het, het vriende ons vir

middagete na die American Colony Hotel geneem. Toe ons aan

die tafel gaan sit, is daar ’n klein brosjure vir ons gegee waarin die

storie van die hotel en restaurant vertel word.

Ek was geskok om te ontdek dat die hotel aan Horatio Spaf-

ford se familie behoort, die man wat die woorde vir my gunste-

ling gesang geskryf het, “It Is Well with My Soul”. Ek het al dik-

wels die storie vertel van die tragiese gebeure wat te doen het met

die skryf van die lied, maar die brosjure het feite gegee wat ek nie

geken het nie. Hier is die storie.

In 1871 het Horatio Spafford in Lake View, ’n voorstad van

Chi cago, gebly. Hy was ’n jong prokureur, met ’n vrou, Anna, en

Page 18: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

31

vier klein dogtertjies. In Oktober van daardie jaar is die hele mid-

destad van die stad in ’n brand verwoes. Niemand is seker hoe

die brand begin het nie, maar dit het honderde mense se dood

veroorsaak en groot dele van die stad verwoes.

Oor die hele stad heen het mense haweloos en honger rondge-

stap. Die Spaffords was baie nou betrokke om die gesinne wat in

soveel nood was te help. Maar dit was nie ’n korttermyn-bedie-

ning nie. Twee jaar later, uitgeput van hulle werk, het hulle ’n reis

na Europa beplan om te rus. Maar op die laaste oomblik het werk

Horatio verhoed om saam te gaan. Anna en hulle vier dogters het

aan boord van die skip gegaan en uit die hawe gevaar.

Laat een nag tydens die reis, het ’n ander skip die stoomboot

getref wat dit binne 20 minute laat sink het. Anna, net een van 47

mense wat gered is, is bewusteloos tussen die wrakstukke uit die

water ge trek. Maar die vier Spafford-meisies het gesterf. Anna

het vanuit Parys vir haar man ’n telegram gestuur: “Alleen gered.

Wat moet ek doen?” Sy het vir ’n ander passasier gesê God het vir

haar vier dogters gegee en hulle almal weggevat en dat sy dalk

eendag sal verstaan hoekom.

Horatio het aan boord van ’n skip gegaan om sy vrou huis toe

te bring. Toe die skip op die plek kom waar sy dogters gesterf

het, het die kaptein hom na sy kajuit laat kom en dit vir hom

ge sê. Horatio, diep geraak, het ’n stukkie papier gekry van die

ho tel waarin hy voor die vaart gebly het. Hy het die woorde neer-

geskryf vir “It Is Well with My Soul”, nou een van die wêreld se

gewildste gesange.

Terug in Chicago het die paartjie probeer om oor te begin. Daar

is vir hulle ’n seun gebore en toe nog ’n dogter. Dalk was die

ergste verby. Maar toe tref nog ’n tragedie hulle: die seun het op

vier jarige ouderdom aan skarlakenkoors gesterf.

Onverklaarbaar het die gesin se kerk die mening gehuldig dat

hierdie tragedies sekerlik die straf moet wees van ’n woedende

God vir die een of ander ongespesifi seerde sonde wat die Spaf-

fords gepleeg het. Horatio, ’n ouderling in ’n kerk wat hy help

bou het, is gevra om weg te gaan in plaas daarvan dat hulle deur

’n genesende gemeenskap ingeneem en vertroos is.

In 1881 het die klein gesin die Verenigde State verlaat om ’n

nuwe lewe in Jerusalem te begin. Hulle het ’n huis in die Ou Stad

RAMPSPOED: Die vrees vir natuurrampe

Page 19: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

32 Waarvoor is JY bang?

gehuur met die doelwit om die lewe van die eerste-eeuse Chris-

tene so na moontlik na te boots. Baie gou was die gesin alom-

be kend vir hulle liefde en diens aan behoeftiges, asook hulle

toewyding aan die Skrif. Tot vandag dien die Spafford Children’s

Center Jerusalem en die Wesbank deur gesondheidsorg en op-

voedkundige ondersteuning jaarliks aan ongeveer 30 000 kinders

te bied onder die leierskap van die Spaffords se nasate.10

Anna en Horatio se geloof is geweldig beproef, maar hulle het

nie vir God vir hulle lyding blameer nie. Hulle het geweet Hy is

in beheer van alle dinge en omdat Hy nie verslaan kan word nie,

kon hulle ook nie. Hulle geloof het hulle toegelaat om uit hulle

beproewings te leer en om hulle pyn te gebruik om ander te seën

en die evangelie te versprei.

Ek hoop hierdie gedeelte het die mis gelig wat ons begrip

van God se verband met rampspoed verberg. Wanneer ons pyn

veroorsaak dat ons dink Hy is onbetrokke in rampspoed, mag-

teloos om dit te beheer, of daardeur verslaan, het ons die tak af-

gesaag wat ons ondersteun en verval ons in vrees. Dit laat ons

hooploos, want ’n almagtige God is ons enigste troos in hartseer

tye.

Nou gaan ons kyk na maniere waarop rampe ons eintlik seën.

NATUURRAMPE EN DIE MENS SE VERANTWOORDELIKHEID

Te midde van pyn en verdriet is dit moeilik om te besef dat ram-

pe ook belangrike voordele inhou. Net soos verwoestende bos-

brande die onderbos skoonmaak wat uiteindelik die bome sal

smoor, kan rampe in ons lewe ons help om ons blinde kolle te

sien en hulle met duideliker visie aan te pak.

Rampe leer ons om ons sonde te belyVroeër in hierdie hoofstuk het ons ’n geleentheid in Lukas 13

be spreek waarin Jesus verwys na twee tragedies van hulle tyd.

Het die slagoffers gesterf omdat hulle sondiger was as die oorle-

wendes? Nee, antwoord Hy; ons sterf almal tensy ons bely. Met

ander woorde, die grootste van alle natuurrampe het in die Tuin

van Eden gebeur; die res is indirekte skade. Die sondeval maak

Page 20: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

33

ons almal slagoffers tensy ons Jesus Christus toelaat om die pro-

bleem van ons sonde te hanteer.

Wanneer jy lees van mense wat hulle lewe verloor in brande,

vloede, orkane, tornado’s en tsunami’s, wonder jy ooit hoeveel

van hulle gereed was om hulle God te ontmoet? Veroorsaak die

vraag dat jy jou eie gereedheid ondersoek (2 Kor. 13:5)? Ons ge-

reedheid om God te ontmoet, verminder ons vrees vir rampe aan-

sienlik.

Daar is baie faktore aan die werk in ’n ramp, maar een daar-

van is sekerlik die werk van God wat ons aandag op Hom wil

vestig. Om die waarheid te sê, ons word omring deur onerkende

tragedies en rampe: ’n donker, seks-obsessiewe, wrede kultuur;

die vinnige verval van moraliteit; die agteruitgang van Christe-

like invloed in ons wêreld. Hoeveel meer is slagoffers van hierdie

mensgemaakte gif as van die kragte van wind en weer? Soms is

die dramatiese krag van ’n orkaan of ’n ander natuurkrag nodig

om ons aandag te trek en ons gedagtes te vestig op sake van die

ewigheid.

God gebruik rampe en tragedies om sy volmaakte wil in ons

en deur ons te bereik – en ook soms om ons eerstens nader aan

Hom te trek. In die kerk waar ek leraar is, het amper almal wat

hulle geloofsgetuienis lewer by hulle doop een ding in gemeen:

’n moeilike ervaring het hulle nader aan Christus gebring. Dit is

dikwels die verlies van ’n geliefde of ’n egskeiding of werksver-

lies. God gebruik struikelblokke en rampspoed om die aandag te

trek van dié wat Hy soek.

Hoe werk dit? Erwin Lutzer sê vir ons:

Rampspoed kan sommige mense dalk wegdryf van God af,

maar vir ander het dit net mooi die teenoorgestelde uitwerking

en dryf hulle in Jesus se arms in. Die verwoesting van die

natuur help hulle onderskei tussen die tydelike en die ewige.

Rampe herinner die lewendes dat die toekoms onseker is;

daarom moet ons vandag vir die ewigheid voorberei. Vandag

is die aanvaarde tyd; vandag is die dag van verlossing.

Wanneer rampe kom, is dit nie God wat in die beskul dig-

debank staan nie, maar óns.11

RAMPSPOED: Die vrees vir natuurrampe

Page 21: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

34 Waarvoor is JY bang?

Rampe leer ons om God se goedheid te oordinkWanneer ons na berigte oor natuurrampe kyk, dink ek altyd

eerste aan die lewensverlies en gesinne wat uitmekaargeskeur

is. Ek ervaar ook ’n gevoel van dankbaarheid dat my familie en

men se wat ek ken nie deur die gebeure geraak is nie.

Ek het in die verlede skuldig gevoel, net soos ek skuldig gevoel

het oor mense wat kanker gekry het op dieselfde stadium as wat

ek dit gekry het, maar nie oorleef het nie. Ek het sedertdien egter

tot die besef gekom dat dit reg is om dankbaar te wees omdat ek

oorleef het al treur ek oor dié wat verlore is.

Mark Mittelberg skryf:

Dit is algemeen om midde-in ’n droogte te vergeet dat reën

die norm is. Of in die middel van ’n vloed om te vergeet dat

vloede selde voorkom. Of wanneer ’n dokter slegte nuus het,

te vergeet dat dit vir die meeste van ons na jare se relatiewe

goeie gesondheid kom.12

God se seëninge is volop; hulle is die norm, en dit is reg om te alle

tye dankbaar te wees daarvoor, ongeag die omliggende omstan-

dighede.

Rampe leer ons om op seerkry te reageerDie Suid-Kaliforniese brande van 2003 en 2007 het verskeie ge-

sinne in ons gemeente se huise verwoes en ’n gemeenskap in die

ber ge bokant ons kerk so te sê vernietig. Ek het nog nooit iets er-

vaar wat ons kerk so direk geraak het nie.

Tot vandag toe praat mense steeds oor die manier waarop hulle

lewens ten goede verander is deur ’n gebeurtenis wat oënskynlik

nie slegter kon wees nie. Wanneer die duiwel ’n weghol brand

stuur, stuur God die heilige vuur van Geesvervulde volgelinge

van Christus. Wanneer die duiwel ’n vloed stuur, stuur God ver-

frissende, lewende water.

Tydens daardie tragiese gebeurtenisse het baie van ons mense

gedoen presies wat Job se vriende aan die begin gedoen het: hulle

het by stukkende mense gesit. Soms is stille teenwoordigheid die

kragtigste bediening. Wanneer mense byvoorbeeld treur, kan

geestelike rasionalisering en die aanhaal van algemene teksverse

Page 22: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

35

platval. Mense het nie ons antwoorde nodig nie, hulle het net ons

skouer nodig om op te huil, ons teenwoordigheid in die duis-

ternis. Dit is in sulke tye wat die kerk van Jesus Christus op sy

beste is. En wanneer iemand uiteindelik na ons toe draai en vra

hoekom, kan ons sê: “Ek sal daarvan hou om binnekort saam met

jou oor ’n koppie koffi e aan hierdie vrae te werk. Op die oomblik

is ek egter hier om jou te dien. Wat kan ek doen?”

In 1940 het C.S. Lewis sy eerste populêre boek oor die Christe-

like doktrine, The Problem of Pain, gepubliseer. Dit was ’n intellek-

tuele aanval op die siening dat lyding en boosheid die bestaan

van God negeer. Dit was ’n boek wat die verstand geraak het – en

’n goeie een. Dit het egter nie die hart geraak nie; dít het 21 jaar

later gekom, toe Lewis ’n baie ander boek geskryf het.

In A Grief Observed straal Lewis se gebroke hartseer en selfs

woede uit elke bladsy. Hy het sy geliefde vrou aan beenkanker

verloor en hy was oorweldig deur die hartseer. Hy het nie meer

belanggestel om oor die punte te redeneer nie; nou was sy hart

gebreek. Hierdie nuwe boek het meer vrae as antwoorde gebied.

Dit het gelees soos ’n reis deur rou wat op ’n manier by ’n veilige

hawe vir geloof aangekom het.

Toe hy klaar geskryf het, het Lewis verstaan dat die wêreld

hom nog nooit so rou en emosioneel gesien het nie. Hy het besluit

om A Grief Observed onder die skuilnaam N.W. Clerk te publiseer.

Baie gou het verskeie welmenende vriende egter vir hom “Clerk”

se boek gebring en gesê: “Hier, dalk sal hierdie klein bundeltjie

jou help.” Lewis moes agter sy skuilnaam uitkom en erken dat hy

die outeur is, asook die persoon wie se pyn so duidelik is. Dit is ’n

boek gebore uit pyn, selfs meer as die boek met die intellektuele

antwoorde, wat ander wat gely het, bedien het.13

Rampe voer ’n pynlike operasie op ons diepste innerlike uit,

maar die Geneesheer se hand is teer en seker. Hy wil ons beter

maak, sterker, nog meer in staat om te dien in ’n wêreld vol ge-

broke harte. Wanneer ons voorsien in ons eie en ander se pyn,

word ons baie gelyk aan die Verlosser wat pyn genees het oral

waar Hy dit teëgekom het.

Rampe leer ons om God se beloftes te onthouGod het vir ons ’n pragtige, allesomvattende belofte gegee wat die

RAMPSPOED: Die vrees vir natuurrampe

Page 23: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

36 Waarvoor is JY bang?

primêre geneesmiddel gee vir ons vrees vir rampe. Openba ring

21:3-4 (1983-vertaling) sê: “Toe het ek ’n harde stem van die troon

af hoor sê: ‘Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy

sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle

wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die

dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar

nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.’”

Rampe herinner ons daaraan dat dit nooit God se bedoeling

was dat hierdie gevalle wêreld met sy dood, rampe en korrupsie

ons permanente tuiste moet wees nie. Soos ’n ou geestelike gesê

het: “Hierdie wêreld is nie my tuiste nie; ek is net op reis daar-

deur.” Die rampe wat ons hier ervaar, is net tydelike verskynsels.

Elke ramp herinner ons dat ’n rampvrye ewigheid op ons wag, en

inspireer ons harte om daarna uit te sien.

Paulus bevestig hierdie verlange: “Die skepping smag na

daardie dag wanneer God sy kinders openlik bekend sal stel. Ons

weet immers dat die ganse skepping nog steeds aan die kreun is

soos iemand met geboortepyne” (Rom. 8:19, 22).

Dinesh D’Souza som op hoe hierdie belofte van God ons uit-

eindelike oorwinning oor rampspoed verseker:

Die enigste manier waarop ons werklik oor boosheid en lyding

kan triomfeer, is om vir ewig te bly op ’n plek waar daardie

dinge nie bestaan nie. Die Christendom beweer dat daar so

’n plek bestaan en dat dit beskikbaar is vir almal wat daarna

soek. Niemand kan dit ontken nie, as hierdie bewering waar is,

word boosheid en leiding ontmasker as tydelike teëspoed en

ongeregtighede. Hulle is so verganklik soos ons kort, sterfl ike

lewens. In hierdie geval het God vir ons ’n manier gewys om

te seëvier oor die boosheid en lyding wat uiteindelik oorkom

word in die lewe wat volg.14

Rampe leer ons om op God se teenwoordigheid en sy krag te vertrou Ons het hierdie hoofstuk begin deur na die aaklige ervarings van

’n man met die naam Job te kyk. Dit is gepas dat ons terugkeer

na sy lewe om te ontdek hoe die tragiese gebeurtenisse in sy lewe

volledig afl oop.

Job ervaar erge depressie en hy sukkel om sy verliese te hanteer.

Page 24: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

37

Tog vind hy gou ’n kragtige, vertrouende toewyding aan God:

“Al sou God my doodmaak, ek kan nie wag nie, ek moet my saak

vir Hom stel” (Job 13:15, 1983-vertaling).

Deur God se genade kry Job dit reg om sy sterk geloof op en

vertroue in God te handhaaf, seker dat daar iets beters op hom

wag:

Ek weet dat my Verlosser leef, en dat Hy aan die einde op die

aarde sal staan. Nadat my liggaam vergaan het, sal ek per-

soonlik God sien! Ek sal Hom self sien. Ja, ek sal Hom sien met

my eie oë. Dié gedagte oorweldig my!

– Job 19:25-27

Uiteindelik praat God met Job en sy vriende. Maar in plaas daar-

van dat Hy sy weë verduidelik, verklaar Hy sy almagtige krag

en steek hulle sukkelende pogings om lyding te verduidelik in

die skande. Die oomblik toe Job God se stem hoor, het hy hom

verootmoedig en berou getoon omdat hy God bevraagteken het:

Tot nou toe het ek net met my ore van U gehoor, maar nou het

ek U met my eie oë gesien. Nou verag ek myself en het berou

in stof en as.

– Job 42:5-6

Maar dit was nie die einde van Job se storie nie. In die laaste hoof-

stuk van sy boek lees ons “die Here het die laaste deel van Job se

lewe voorspoediger gemaak as die eerste” deur vir hom ’n oor-

vloed vee te gee en nog tien kinders (Job 42:12-15, 1983-vertaling).

Job was dus ruim beloon vir sy geduld, sy geloof en sy volkome

vertroue in God se krag.

Ons moenie dink dit beteken dat almal wat rampspoed beleef

alles in hulle lewe herstel sal sien nie. Die belofte is: Ongeag wat

dié wat God liefhet, ly, daar kom ’n tyd wanneer God se seëninge

sal veroorsaak dat ons elke pyn wat ons al ooit ervaar het, sal

vergeet.

Bekende skrywer Hannah Whitall Smith is geteister deur erge

pyn en onbeantwoorde vrae. Dit wou vir haar voorkom, net soos

vir my en jou, of niemand kon verstaan wat sy ervaar nie. Sy het

RAMPSPOED: Die vrees vir natuurrampe

Page 25: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

38 Waarvoor is JY bang?

nie geweet waar om om hulp aan te klop nie, totdat sy gehoor het

van ’n diep Christelike vrou wat naby haar woon:

Ek het dus een middag my moed bymekaargeskraap en haar

gaan sien; my hart voor haar uitgestort met die verwagting dat

sy natuurlik baie in my sou belangstel en alles in haar vermoë

doen om my te help. Toe ek my storie klaar vertel, en ’n oomblik

stilbly, vol verwagting dat sy simpatie en sorgsaamheid sou

toon, sê sy: “Ja, alles wat jy sê, is baie waar, maar ten spyte van

dit alles, is God daar.”

Ek het ’n rukkie gewag vir iets meer, maar daar was niks,

en my vriend en onderwyser het gelyk of sy alles gesê het wat

nodig was. “Maar,” het ek voortgegaan, “jy verstaan sekerlik

nie hoe ernstig en verwarrend my probleme is nie.”

“O ja, ek verstaan,” het sy geantwoord. “Tog sê ek vir jou

God is daar.” Ek kon haar nie sover kry om nog ’n antwoord te

gee nie. Dit was vir my baie teleurstellend en onbevredigend.

Ek het gevoel dat so ’n eenvoudige stelling nie in my bui ten-

gewone en werklik hartverskeurende ervarings kon voor sien

nie. “Ja, maar daar is God.”

Uiteindelik het ek geleidelik begin glo dat aangesien Hy my

Skepper en Verlosser is, Hy genoeg moet wees. Uiteindelik het

ek oortuig geraak dat Hy regtig genoeg is en my oë is weer

oopgemaak vir die feit van die absolute en volkome ge noeg-

saamheid van God.15

God is genoeg. Klink hierdie woorde van leiding vir jou soos dit

die eerste keer vir Hannah geklink het: effens oorvereenvoudi-

gend? Hulle kan so gesien word tot ons, soos Hannah, ’n bietjie

dieper dink. Die feit is, God móét genoeg wees, want as Hy nie

is nie, waar vind ons plan B? As die God van die hemel en die

aarde – wat magtiger is as al die weermagte van die wêreld, wat

die aarde in die see in kan smelt – nie die Here van jou krisis is

nie, is jy in groot moeilikheid. En ek ook.

God ís voldoende. Hy is in beheer. Hy hou die lotsbestemming

van die sterrestelsels in sy hande, terwyl Hy ook presies weet

hoeveel hare daar op jou kop is. Bo alles, het Hy jou lief en het Hy

gekies om daardie liefde uit te stort.

Page 26: Inhoudsopgawe - CUM Books · 2015-03-12 · se besittings aanvat, maar nie vir Job self nie. En so het die groot eksperiment begin. Maar wat ons reeds sien, is dat dit duidelik is

39

So laat die winde waai. Laat die aarde self onder ons oopskeur.

Ons vind ons vesting net by God … en Hy is genoeg:

God is ons toevlug en ons krag; in nood is Hy gereed om te

help. Daarom sal ons nie bang wees nie, al bewe die aarde, al

verskuif die berge diep in die see; al bruis en skuim die waters,

al skud die berge as die waters styg!

– Psalm 46:2-4

RAMPSPOED: Die vrees vir natuurrampe