17
Uitgawe 10 van Jaargang 22 April 2014 Kyk! Hy het waarlik opgestaan! Skakels wat saak maak Inhoudsopgawe SINODE NUUS Kalender April – Mei 2014 Oproep tot gebed vir ons land asook die verkiesing Gebedsversoek vir die werk van die CMD ‘n ‘Herkoutjie’ van Ds Petrus Fouche van Kokstad Wie is die NG Kerkfamilie? Databasis vir verkondigingsvaardighede Blog vir verkondigingsvaardighede Bevoegdheidsaangeleenthede vir alle gelegitimeerdes Pinkster 2014 Verklaring van KZNCC Sinodale eNuusbrief : NG Kerk in KZN

Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewDit impliseer ʼn proses van radikale. ... Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word ook genooi om steeds voort te gaan met die reis,

  • Upload
    ngodung

  • View
    237

  • Download
    12

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewDit impliseer ʼn proses van radikale. ... Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word ook genooi om steeds voort te gaan met die reis,

Uitgawe 10 van Jaargang 22 April 2014

Kyk! Hy het waarlik opgestaan!

Skakels wat saak maak

Inhoudsopgawe

SINODE NUUS Kalender April – Mei 2014Oproep tot gebed vir ons land asook die verkiesingGebedsversoek vir die werk van die CMD‘n ‘Herkoutjie’ van Ds Petrus Fouche van KokstadWie is die NG Kerkfamilie?Databasis vir verkondigingsvaardighedeBlog vir verkondigingsvaardighedeBevoegdheidsaangeleenthede vir alle gelegitimeerdesPinkster 2014Verklaring van KZNCC

Algemene Sinode 2013: notule, besluiteregister en kerkorde

NUUS UIT GEMEENTES

Predikante verjaarsdae‘n Damesoggend saam met Liesel Krause Wiid

Sinodale eNuusbrief : NG Kerk in KZN

Page 2: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewDit impliseer ʼn proses van radikale. ... Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word ook genooi om steeds voort te gaan met die reis,

NUUS UIT ANDER OORDE Jeugfokus publikasies vir gemeentesLees in Kerkbode van 4 AprilLees in die Mei Uitgawe van LiG

HERHALINGS Spesiale Sinodesitting vir KZNGeloofsreis vir Predikante

SINODE NUUS

Kalender vir April en Mei 2014 

Msinga Vennootskap                                25-26 AprilVryheidsdag                                                   27 AprilOpenbare vakansiedag                                28 AprilSkole vakansiedag                                        29 AprilSkole vakansiedag                                       30 April

Werkersdag 1 MeiGeloofsreis Groep 1 5-7 MeiVerkiesing 7 MeiWerkgroep Predikante konferensie (Tel verg) 8 MeiModeratuur en SOS vergadering 12 MeiKZN CMD Jaarvergadering 14 MeiSBS Vergadering 15 MeiAdmin Konferensie ( by NGK Hayfields) 20-21 MeiMentorsgroep 26-27 MeiHemelvaart 29 Mei

Inhoud

Gebed vir ons land en die Algemene verkiesing: Sondag 27 April 2014Dr Kobus Gerber, Algemene sekeretaris van die NG Kerk, rig namens die moderatuur ‘n versoek dat gemeentes op Sondag 27 April 2014 moet gebruik om tydens eredienste vir ons land 20 jaar na 1994, asook die komende Nasionale en Provinsiale Verkiesing te bid. Gemeentes word vriendelik versoek om hieraan aandag te gee binne hulle eie kontekste.Inhoud

Oproep tot gebed vir die werk van die Christelike Maatskaplike Dienste (CMD)Henrietta Hefer, maatskaplike werker en kantoorhoof van die CMD Kantoor in PIetermaritzburg sê daar is ‘n geweldige toename in probleme in gesinne wat mens net meer en meer bewus daarvan maak dat die ondersteunende en versterkende gebede van medegelowiges nodiger is as ooit Sy doen ‘n beroep op selgroepe, Bybelstudiegroepe en individuele Christene om almal saam te staan, en te bid vir die beveiliging van ons kinders en ons gesinne in hierdie land. Sonder die Hemelse Vader se beskermende liefde sê sy is dit onmoontlik om hierdie verwoestende aanslag teen te staan. Lees meer oor hoe kinders

Page 3: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewDit impliseer ʼn proses van radikale. ... Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word ook genooi om steeds voort te gaan met die reis,

so jonk as 7 jaar dagga verkoop aan kinders by hulle skole. Hoe kinderhuise en skole sukkel om hierdie gedragsmoeilike kinders te bestuur.Inhoud

Wat sou Jesus doen? Ds Petrus Fouche van Kokstad stuur aan ons ‘n ‘herkoutjie’:

Wat sou Jesus doen? Dis die groot vraag in ons poging om ander te help en God se liefde uit te leef. Besef vandag dat sendingstasies vroeër jare gewerk het omdat die gelowiges tussen mense gaan woon en leef het. Dit was samewerking en versorging. Vandag wil ons uitreik en iets doen sonder om tussen hulle te leef - uit ons meerderheidsposisie hulle beindruk. En as dit faal, is ons gou om te se: “wat help dit? Ek mors net my gedl en tyd en energie”. Mense soek ons harte, ons "lywe", nie ons aardse besittings nie, hulle wil Jesus se hart,  die genuineness van Sy lyf beleef, nie aardse dinge nie....Ons moet tussen mense gaan woon as ons sendingwerk wil doen, ons hele menswees – hart en lyf en lewe – vir hulle gee as ons sendelinge vir Christus wil wees ....   en dissipelskap is gelyk aan sendelingwees. (Ai hoe faal selfs ek dikwels omdat ek mooier en beter en nuwer en groter wil hê, eerder as om saam met ander in eenvoud te lewe) Groete Petrus.Inhoud

Wie is die NG Kerkfamilie?

Kerklike kommunikasie verwys dikwels na die NG Kerkfamilie. Hierdie familie sluit vier lidkerke in. Hulle is:

NGKDie Nederduitse Gereformeerde Kerk – klik hierNGKADie Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika – klik hierRCADie Reformed Church in Africa – klik hierVGKSADie Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika – klik hier.

(Oorgeneem uit Vrydagnuus amptelike nuusbrief van Wes-en-Suid Kaapland)Inhoud

Verkondigingsvaardighede.Ons is besig om 'n databasis saam te stel van persone wat die kursus in Verkondigingsvaardighede voltooi het of nog besig is daarmee. Ons versoek alle kerkkantore om asseblief die kontakbesonderhede van sulke persone in jou gemeente dringend aan ons deur te gee na die volgende E-posadres: [email protected]

Kontak ons gerus by die adres of by 082 771 4925 indien jy enige vrae het.

Louis Nel

Page 4: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewDit impliseer ʼn proses van radikale. ... Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word ook genooi om steeds voort te gaan met die reis,

Inhoud

BLOG vir Verkondigingsvaardighede.Ons is baie opgewonde dat daar nou 'n kommunikasiekanaal geskep is vir elkeen in KZN wat die kursus in Verkondigingsvaardighede voltooi het of moontlik nog besig is daarmee.

Ek gaan poog om gereeld belangrike nuus en enige inligting wat van belang is op hierdie blog te plaas.

Die blog gaan egter oor baie meer as slegs inligting – ons het mekaar nodig om mekaar te versterk, moed te gee, raad te gee en inligting en staaltjies uit te ruil. Dit is dus van kardinale belang dat jy sal kommentaar lewer op die artikels wat geplaas word sodat ons op hierdie wyse van mekaar kan leer. Dit is ook baie belangrik dat persone inligting, wenke, frustrasies ensomeer vir my stuur. Deel gerus ook met almal hoe jy jou taak in jou gemeente beleef. Ek sal dit op die blog plaas sodat ander ook daarin kan deel.

Die adres van die Blog is: www.verkondig.blogspot.comMy E-pos adres is [email protected] my gerus by die adres of by 082 771 4925 indien jy enige vrae het.Louis NelInhoud

Bevoegdheidsaangeleenthede van alle gelegitimeerdes

Tydens die Algemene Sinodesitting 2013 is die werk van die ABR uitgebrei om ‘n omvattende diens vir alle gelegitimeerdes en die breë kerkverband te lewer.

Voortaan sal alle sake wat gelegitimeerdes raak deur die Steunspan: Predikantesake hanteer word.  Die Algemene Bevoegdheidsraad (ABR) as sub-taakspan vir Predikantesake, hanteer steeds alle bevoegdheidsaangeleenthede van alle gelegitimeerdes. Dit sluit in die jaarlikse aanmelding, registrasiefooie en bevoegdheidsnavrae.

Die kantoor vir Predikantesake, wat by die Algemene Sinode gehuisves word, is elke weeksdag vanaf 08:00 – 12:00 beskikbaar vir navrae.

Inligting oor jaarlikse aanmelding is op die webblad beskikbaar.Klik hier vir die ABR-bevoegdheidstabelKlik hier vir riglyne vir getuigskrif

Kontak asb vir Ester Steyn vir alle navrae.

Tel:            +27 (012) 342 0092Faks:         +27 (012) 342 0380Sel:            083 325 4088E-pos:       [email protected]

Pinkster 2014

Page 5: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewDit impliseer ʼn proses van radikale. ... Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word ook genooi om steeds voort te gaan met die reis,

Dr Johan Botha van die Verenigde Diensgroep Diens en Getuienis (VDDG) het laat weet van die Pinksterreeks wat binnekort beskikbaar sal wees.  Dit is deur prof Nico Koopman, dekaan van die Universiteit van Stellenbosch se Fakulteit Teologie geskryf.

Die oorhoofse tema is: Noodkrete om ‘n menslike lewe

Die klem is op ‘n menslike/menswaardige lewe, aan die hand van die logika in die Ons Vader gebed, en het 11 sub temas:

'n Noodkreet om te behoort 'n Noodkreet om vreemde vaderlikheid 'n Noodkreet om die Naam wat ons waardig maak 'n Noodkreet om die koninkrykslewe 'n Noodkreet om die wil wat die aarde hemel maak 'n Noodkreet om brood vir elke dag 'n Noodkreet om te leef as vergeefde 'n Noodkreet om te leef as vergewende 'n Noodkreet om bevryding van die Bose 'n Noodkreet om mense wie se aandag nie afgelei word nie 'n Noodkreet om 'n angsvrye lewe Inhoud

Verklaring van KZNCC"Die KwaZulu-Natal Christian Council (KZNCC) het die verklaring hiermee saam uitgereik met die oog op Paasfees. Alhoewel Paasfees reeds verby is, is dit tog goed dat ons kennis neem van wat ons broers en susters in die ekumeniese wêreld te sê het. Ons as NG Kerk is immers ook lede van die KZNCC. Maak asseblief die inhoud hiervan so wyd as moontlik bekend. Lees die volle verklaring hier. Inhoud

NUUS UIT GEMEENTES

Predikante wie verjaar 11 - 25 April 201413 April Lourens Schoeman Sel: 0837856405 [email protected] April Tewie Willemse Sel: 0829400866 [email protected] April Pieter Raath Sel: 0837089079 [email protected] April Francois Neethling Sel: 0837099919 [email protected] April Mike Dames Sel: 0823771696 [email protected] April Willie Pieters Sel: 0716809249 [email protected] April Nico van Rensburg Sel: 0829275742 [email protected] April Charle Rossouw Sel: 0823959395 [email protected]

Mag dit vir jou ‘n vreugdevolle dag wees en ‘n nuwe lewensjaar met goeie gesondheid en vrede. Baie geluk.Inhoud

Page 6: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewDit impliseer ʼn proses van radikale. ... Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word ook genooi om steeds voort te gaan met die reis,

‘n Damesoggend saam met Liesel Krause WiidBallito Gesinskerk bied op Saterdag 10 Mei ‘n Damesoggend saam met Liesel Krause Wiid aan.  Dit beloof om ‘n inspirerende oggend te wees.  Kaartjies beloop R100 en is beskikbaar by die kerkkantoor of die oggend by die deur. Vir meer besonderhede kontak Leonie Spangenberg 032 946 1198/Anna Venter 082 958 2049

Groete Leonie SpangenbergSkriba KassierInhoud

ANDER NUUS

Jeugfokus-publikasies vir elke gemeente

 By BM is ons opgewonde oor die nuwe Bybelstudie-reeks wat by opvolg-aanbiedings van #Imagine-geleenthede gebruik kan word.Daarmee saam is die fokus ook op die jongste Kerkbode en die Mei-uitgawe van LiG.

#Imagine – materiaal vir gebruik in groepe/gemeentes

#Imagine Movement – Groepgids (gebruik by groot byeenkomste)Jesus het Petrus “die rots” genoem, en op hierdie rots sou Hy sy kerk bou. Ons weet die fondasie bepaal hoe sterk ’n gebou sal wees. Daarom moet ons ook ons geloof op die regte fondasie

bou, met Jesus as ons hoeksteen en die kerk as ons rots.Die #imagine-reis begin deur in die apostel Petrus se voetspore te volg. Deur sy lewensverhaal is hy vir jongmense ’n gids en mentor op hulle geloofsreis na ’n egte verhouding met God.Prys: R20,00 (BTW en posgeld ingesluit)

Die drie Bybelstudieboeke wat saam met die #imagine-beweging gaan.By http://imagine.bybelmedia.org.za gee die skrywer meer inligting oor die materiaal.

Boek 1: Ontdek jou plek in hierdie lewe ... Rudolph GroblerImagine die Here nooi jou uit om nuut te dink oor Hom en jouself – en só die regte jy en jou regte plek in hierdie lewe te ontdek. Imagine jy ontdek wie jy volgens God se plan bedoel is om te wees. Imagine hoe jou lewe sal wees wanneer jy die plek vind wat God spesiaal vir jou geskep het.Jy hoef nie te imagine nie. God wil vir jou sê wie jy is en vir jou wys wat jou plek in sy plan is.Prys: R20,00 (BTW en posgeld ingesluit).

Boek 2: Leef met passie ... Rudolph Grobler

Page 7: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewDit impliseer ʼn proses van radikale. ... Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word ook genooi om steeds voort te gaan met die reis,

Imagine ’n lewe waarin jy voluit met passie kan leef; waarin jy alles wat jy aanpak met oorgawe kan doen; waarin jy die beste van elke geleentheid kan maak. God wil vir jou so ’n lewe gee. Hy het sý passie vir jou gewys deur vir Jesus vir jou aan die kruis te laat sterf. Daarom kan jy nou nuut en met passie in jou wêreld en verhoudings gaan leef, veral in …

jou verhouding met God jou verhouding met jouself jou verhouding met ander mense jou verhouding met die omgewing en natuur.

Prys: R20,00 (BTW en posgeld ingesluit)

Boek 3: Leef God se droom vir jou ... Rudolph GroblerImagine jy kan jou droom uitleef.Imagine jy kan elke passie in jou hart voluit volg. Imagine nou nog verder: God het ’n droom vir jou. Sy droom vir jou is baie groter as wat jou drome vir jouself ooit kan wees. En God nooi jou uit om sy droom vir jou te ontdek. Hy roep jou, en in sy roeping kan jy die lewe leef wat Hy vir jou bedoel het. Prys: R20,00 (BTW en posgeld ingesluit).

Inhoud

Lees in die Kerkbode van 4 April

#Imagine – Die beweging het begin  #Imagine het met twee energieke jeugfeeste afgeskop. Lees wat buite Pretoria en Malmesbury gebeur het tydens die twee feeste en deel in die gebeure deur die foto’s wat daar geneem is. Lees ook ‘n paar uiteenlopende reaksies op #imagine op Kerkbode se brieweblad. Lees ook:

Paasfees is die hoogtepunt op die kerklike jaar. Lees meer oor die Groot Heilige Week in die aanloop tot Opstandingsondag – die rykste week op die kerklike kalender.

Vir ’n groeiende groep kerkmense wat op soek is na sinvoller maniere om as Christen in hierdie wêreld te leef, het Shane Claiborne ’n inspirasie geword. Jaco Strydom het met hom gesels.

Alan Hirsch praat oor hamers, krimpvarkies en die kerk. Die pad vorentoe met die kerk se belydenisgrondslag. 10 Vrae aan Lindie Strydom Vergelyk die Direkte Vertaling van die Bybel met ander vertalings.

Inhoud

Lees in die Mei-uitgawe van LIG:Heléne Lombard: “My lewe tussen die manne”

Page 8: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewDit impliseer ʼn proses van radikale. ... Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word ook genooi om steeds voort te gaan met die reis,

Heléne se menswees is wêrelde verwyder van die glansryke, afsydige karakters wat sy dikwels vertolk. Sy is byvoorbeeld ’n toegewyde ma. Ilse Salzwedel het gaan kuier, en vertel meer. Lees ook:

Miskraam – die stille seer Hoe meer ma’s, hoe meer vreugde! Kinders, kontant – en kwaliteit Strijdom van der Merwe – in vennootskap met Moeder Natuur

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

Skakel 0860 26 33 42 óf 021 873 0822 Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected]

Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.zaInhoud

HERHALINGS

Inhoud

‘n Reis wat jy moet reis ….. (Geloofsreis vir predikante)Die Geloofsvormingsreis (verkort: Geloofsreis) vir predikante word reeds ʼn aantal jare as ʼn VBO kursus deur Communitas (Stellenbosch) in samewerking met die Sentrum vir Geloofsvorming aangebied. Hier in KZN begin 'n tweede groep met hierdie Geloofsreis op 23-26 Junie by Jacob's Well te Bothashill naby Durban. Vier jaar gelede het die eerste groep predikante in KZN met die Geloofsreis begin en almal getuig van 'n lewensveranderende reis. Ons glo dat die Geloofsreis ook vir die nuwe groep hier in KZN net so baie sal beteken.Geloofsvorming is ʼn lewenslange reis saam met Jesus. Dit impliseer ʼn proses van radikaleInnerlike transformasie wat uitloop op diens aan die naaste en die skepping. Dit kan aan die hand van vierpunte omskryf word:

1. HerontdekkingGeloofsvorming gaan oor ʼn “herontdekking” van Jesus en ʼn eerstehandse leer leef met Hom. Dallas Willard sê in sy boek, The Divine Conspiracy: “My hope is to gain a fresh hearing for Jesus, especially among those who believe they already understand Him”.

2. InnerliketransformasieDaar vind ʼn voortdurende innerlike transformasie van ons lewens plaas – in Willard se woorde:“Becoming a new kind of person”.

3. Groter emosionele gesondheid

(LW ons het ‘n Spesiale Sinode in KZN, 5 November 2014, om oor die verandering van Art 1 te praat en te stem).

Page 9: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewDit impliseer ʼn proses van radikale. ... Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word ook genooi om steeds voort te gaan met die reis,

’n Baie belangrike aspek van hierdie transformasie is ons innerlike genesing en heling en groter emosionele gesondheid.

4. LiefdesdiensGeloofsvorming loop altyd uit op liefdes diens aan jou naaste en die skepping.

Die Geloofsreis het ʼn aanvanklike curriculum van 3 jaar waar predikante op 4-dag retraites waar hulle in ʼn rustige omgewing begelei word aan die hand van al vier hierdie punte. Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word ook genooi om steeds voort te gaan met die reis, en daar word dus nog 2 retraites bygevoeg.Die koste van elke retraite is ongeveer R1,500 per persoon. Inskrywingsvorms met die presiese koste sal nader aan die tyd beskikbaargestel word.

As jy oorweeg om saam te reis, (meer besonderhede) en teken die datums nou al in jou dagboek aan en laat die kerkraad begroot hiervoor (ongeveer R3,000 per jaar). Dit is maar 'n klein bedrag vir 'n "nuwe" predikant.Gryp hierdie geleentheid aan. Die volgende groep sal waarskynlik eers weer in 2017 begin.Enige verder navrae: Ben van Dyk 033 3452276 [email protected] van Niekerk. 034 9822855 [email protected]

GeloofsreisGeloofsreis Jaar 1 - 2014Retraite 1.1: Emosioneel gesonde spiritualiteit en die innerlike reis: vals self vs ware self 23-26 Junie 2014Een die grootste struikelblokke vir ons lewe saam met God is ons gebrek aan selfkennis. In hierdie retraite ontdek ons ons emosionele ongesondheid aan die hand van die werk vanScazzero. Boeke aanbeveel: Pete Scazzero: Emotional healthy spirituality en Emotional healthy church (Die laaste een opsioneel)

Groter emosionele heelheid van ons verwonding is van kardinale belang vir geloofsvorming.Boeke: Basil Pennington: False Self vsTrue Self; Brennan Manning: Abba’s ChildBegeleier: Gys van Schoor

Retraite 1.2: Ons het ons misgis met Jesus27-30 Oktober 2014Ons herontdek saam Jesus se evangelie.Boeke: NT Wright: Simply Jesus en How God became KingBegeleier: Gys van Schoor

Geloofsreis Jaar 2 - 2015Retraite 2:1: EnneagramDatum sal in samewerking met die groep bepaal word iewers in die tweede kwartaal.Weereens word hier gefokus op selfkennis.Begeleier: Sal nog bepaal wordRetraite 2:2: Dissipelskap en GeloofsvormingDatum: iewers in derde of vierde kwartaal.Dallas Willard help ons met ons eie Dissipelskap en GeloofsvormingBoek: Dallas Willard: The Great OmissionBegeleier: Gys van Schoor

Geloofsreis Jaar 3 - 2016Retraite 3:1: Kontemplatiewe SpiritualiteitDatum: iewers in tweede kwartaal.

Page 10: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewDit impliseer ʼn proses van radikale. ... Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word ook genooi om steeds voort te gaan met die reis,

Willem lei ons in die kontemplatiewe wêreld in.Begeleier: Willem NicolRetraite 3:2: Die praktiese implikasies van die Geloofsreis vir jou bedieningDatum: derde of vierde kwartaal.Hier word nagedink oor die implikasies van die Geloofsreis vir die breër kerk, maar veral vir jou gemeente.Begeleier: Gys van Schoor

Vir mense wat verder reis na die 3 jaar is daar 2 stoppe:Stop 1: Seisoene van die sielDatum: Tweede kwartaal 2017Riaan hanteer sy boekie oor spiritualiteit.Begeleier: Riaan van der Merwe

Stop 2: Stilte retraiteDatum: Derde of vierde kwartaal 2017.Hierdie Geloofreis fokus eerstens op predikante. Eggenotes is egter ook welkom. Vanjaar wil ons ook sleutelleiers in gemeentes uitnooi. Dis egter nie 'n ope uitnodiging nie. Ons vra dat jy as predikant leiers wat hier by kan baatvind, persoonlik sal uitnooi.Inhoud

Oproep tot gebed vir CMD (vervolg)

Ons raak al hoe meer bewus daarvan dat die ellendes in ons samelewing geweldig toeneem. Ons was nog selde so oorval met molestering sake van volwassenes met kinders, maar ook nou kinders met kinders. Ons groot frustrasie is dat ons hulpbronne so min en onvoldoende is. Kinderhuise wil nie gedragsmoeilike kinders inneem nie en KZN beskik nie oor terapeutiese sentrums waar hierdie kinders gehelp kan word nie. Sulke kinders kan ook moeilik in pleegsorg geplaas word en skole het ook probleme om hierdie gebroke kinders te bestuur. Kinders so jonk as 7 jaar verkoop dagga aan kinders by hulle skole. Kinderhuise bars uit hulle nate en pleegours sien nie meer kans vir die gedragsmoeilike kinders in hulle sorg nie.Ons het veral probleme om ons Afrikaans en Engelssprekende kinders geplaas te kry, omdat kinderhuise al hoe meer Zoeloe-sprekende personeel en kinders het, wat veral nie Afrikaans magtig is nie. Die meeste kinderhuise is ook ver vanaf Pietermaritzburg, wat dit moeilik maak om die band tussen ouers en kinders te versterk.Dit is met groot waardering dat ons dankie sê vir al ons gemeentes, nie net vir die finansiële steun wat ons ontvang nie, maar ook vir vrywilligers wat hulp aanbied en ook skenkings wat ons gereeld ontvang asook gereelde gebede. Hiermee kan ons ‘n verskil maak in mense se lewens.

Hierdie geweldige toename in probleme in ons gesinne maak ons net meer en meer bewus daarvan word dat ons in ‘n geestelike oorlog betrokke is. Ons kan nie die geveg alleen veg nie en het die ondersteunende en versterkende gebede van ons medegelowiges nodig. So, ons vra mooi dat selgroepe, Bybelstudiegroepe en individuele Christene almal saamstaan, dat ons bid vir die beveiliging van ons kinders en ons gesinne in hierdie land. Sonder ons hemelse Vader se beskermende liefde staan ons geen kans nie.Deur dit alles staan ons nog daagliks verstom oor mense se gewilligheid om te help, om ‘n verskil te maak en om die gebrokenes te omhels. Kom ons leef elke dag so, dat ander Christus se liefde in ons kan sien.

CMD groete

Page 11: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewDit impliseer ʼn proses van radikale. ... Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word ook genooi om steeds voort te gaan met die reis,

Henrietta HeferCMD KantoorhoofInhoud

Easter as a Response towards Corruption

Easter Season is the time where Christians are called, to celebrate Jesus’ victory over sin and

death, and ‘a new birth into a living hope through the resurrection of Jesus Christ from the

dead (1 Peter 1: 3)’. According to Census 2011, about 76% of South African population

claim to be Christians. This means that about 76% of South Africans are celebrating over this

season, celebrating Jesus’ victory over sin and death. Having said all that, according to 2013

survey on Corruption Perception Index (CPI), South Africa is ranked number 72 out of 177

countries in terms of corruption. This is quite alarming statistics, given the fact that majority

of people living in South Africa claim to be Christians.

First of all let us define corruption and give examples of corruption, which takes place in all

spheres of our lives. The simplest definition is: Corruption is the misuse of public power (by

elected politician or appointed civil servant) for private gain. In order to ensure that not only

public corruption but also private corruption between individuals and businesses could be

covered by the same simple definition: Corruption is the misuse of entrusted power (by

heritage, education, marriage, election, appointment or whatever else) for private gain.

This broader definition covers not only the politicians and the public servants, but also the

CEOs and CFOs of a company, the notary public, the team leaders at workplaces, the

administrators or admissions-officers to private schools or hospitals, the coaches of soccer

teams, etcetera.

Lesa from New Zealand in his article voiced out his concern about corruption in his country,

and he said “corruption has infiltrated many spheres of our society to a point where it seems

to be widely accepted and even taken as the norm. In many instances, there is a very thin line

that many people tread between right and wrong”. When looking at our statistics in South

Africa, this means Christians have crossed that line of corruption with their eyes wide open

knowing quite very well the consequences that come with the decision to do so. Others have

been forced to ignore that line altogether and others have changed the margins of that line to

suite their preferences. What do I mean by this? Christians have crossed that line by

Page 12: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewDit impliseer ʼn proses van radikale. ... Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word ook genooi om steeds voort te gaan met die reis,

continuously and perpetually accepting corruption to the extent that it has become a norm.

This kind of mentality has robbed those who are marginalised, poor and homeless in our

society, an opportunity to live like normal human beings.

The invitation to fellow Christians of South Africa is for them to remember the sacrifice that

Jesus has made for the entire humanity. Christians according to their religion have an

obligation to be exemplary. Leading by example comes from a renewal of the mind walking

in newness of life and obeying from the heart, the doctrines and teachings to which Christians

were delivered and convicted. During this season of Easter many people are going to travel

throughout the country. Every year we are faced by the same problem of accidents on the

road. Some people bribe traffic cops when they are caught be it for speeding, drunken driving

or for cars that are not road worthy. Other people engage in substance abuse and become

abusive. Some decide to engage in robberies and others misuse public power for private gain.

These as well as greed, dishonesty and inequality are examples of the many forms of

corruption, even though on a lighter scale, the examples show a decay in the decision-making process as well as growing decay in our societies. Corruption starts small, when

we get away with it and move on to bigger and bigger cases of corruption we become more

and more a corrupt society.

As we start Easter, KwaZulu Natal Christian Council urges all people faithful to God to lead

by example in terms of being the whistle blowers when we witness elements of corruption.

We urge all to stand for honesty, truth and justice! Pope Francis once said, “Corruption is worse than any sin because it hardens the heart against feeling shame or guilt and hearing God’s call for conversion”.

(MazwenkosiNomxego is a Methodist intern at KwaZulu Natal Christian Council and writes

reflecting on recent reflections at the Christian Council. He can be contacted on

[email protected] or on [email protected])

Inhoud