7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 18 – 25 Mei 2018 OUERS: WINTERSDRAG: Leerders moet vanaf Maandag, 21 Mei die korrekte wintersdrag aanhê. Geen dri-macs of vreemde baadjies/skoene/broeke nie. Leerkragte gaan inspeksie hou. Seuns se somers gryshemde wat te klein is of u nie meer gebruik nie, kan by die klerewinkel ingehandig word om aan ‘n minderbevoorregte skool/kinderhuis te skenk. SKOOLTERREIN/KLASKAMERS: Ouers moet asseblief kennis neem dat die skoolterrein en Klaskamers ‘n rookvrye area is en dat u nie toegelaat sal word om naby ons kinders te rook nie. RUGBY- EN NETBALAFSLUITING / WILDSVEILING: [AFSKEURSTROKIE] Op Donderdag, 31 Mei word die laaste rugby- en netbalwedstryde teen Newton hier op ons veld/bane gespeel. Ons hou dan daardie aand ons jaarlikse afsluiting wat ‘n Wildsveiling en dans insluit. (Nie op 6 Junie soos op die kwartaalprogram aangedui nie.) Die funksie begin om 17:30 vir 18:00 en ouers kan die afskeurstrokie invul om te bevestig of u die geleentheid gaan bywoon. GEEN KOSTES! Ouers bring hulle eie eetgerei en drinkgoed saam en potjiekos is op die spyskaart. Fondse wat ingesamel word, gaan vir ons BUSFONDS. Indien u weet van mense wat sou belangstel in jagpakkette vir die winter, kan u hulle van die veiling in kennis stel en dalk namens hulle bie. Pakkette sal op volgende week se nuusbrief uiteengesit word. CHRISTUSFEES: Ouers word uitgenooi om hierdie besondere geleentheid op Vrydag, 25 Mei om 7:30 in die skoolsaal by te woon. Dit sal deur die Grondslagfase aangebied word. “JAKKIES GOT TALENT”: Jakkies Opwaarts Sentrum bied weer vanjaar “Jakkies got talent” aan op Donderdag, 7 Junie. Kry jou talent in rat en kom wys ons wat jy kan doen! Inskrywings kan by juffrou Rina gedoen word en kos R10 per leerder. Sluitingsdatum vir inskrywings: Donderdag, 31 Mei. KLEREWINKEL: Vanaf Maandag, 21 Mei sal die Klerewinkel weer op die volgende tye oopmaak: Maandae: 7:30 tot 9:00 Vrydae: 12:00 tot 13:00. Ons vra ouers om asseblief by hierdie tye te hou aangesien slegs een persoon vir die volgende week of twee die klerewinkel hanteer in Maritza se afwesigheid. NOORDKAAP KUNSWEDSTRYD: [AFSKEURSTROKIE] Die Noordkaap Kunswedstryd (voordrag) vind weer vanjaar van 13 - 17 Augustus te Newton Laerskool in Kimberley plaas. Leerders mag gediggies in Afrikaans of Engels voordra. Dit is ‘n wonderlike geleentheid vir leerders om ook hierdie besondere vaardigheid aan te leer.

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 18 – 25 Mei 2018 OUERS: WINTERSDRAG: Leerders moet vanaf Maandag, 21 Mei die korrekte wintersdrag aanhê

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 18 – 25 Mei 2018 OUERS: WINTERSDRAG: Leerders moet vanaf Maandag, 21 Mei die korrekte wintersdrag aanhê

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 18 – 25 Mei 2018OUERS: WINTERSDRAG:Leerders moet vanaf Maandag, 21 Mei die korrekte wintersdrag aanhê. Geen dri-macs of vreemde baadjies/skoene/broeke nie.Leerkragte gaan inspeksie hou.Seuns se somers gryshemde wat te klein is of u nie meer gebruik nie, kan by die klerewinkel ingehandig word om aan ‘n minderbevoorregte skool/kinderhuis te skenk.

SKOOLTERREIN/KLASKAMERS: Ouers moet asseblief kennis neem dat die skoolterrein en Klaskamers ‘n rookvrye area is en dat u nie toegelaat sal word om naby ons kinders te rook nie.

RUGBY- EN NETBALAFSLUITING / WILDSVEILING:[AFSKEURSTROKIE]Op Donderdag, 31 Mei word die laaste rugby- en netbalwedstryde teen Newton hier op ons veld/bane gespeel. Ons hou dan daardie aand ons jaarlikse afsluiting wat ‘n Wildsveiling en dans insluit. (Nie op 6 Junie soos op die kwartaalprogram aangedui nie.) Die funksie begin om 17:30 vir 18:00 en ouers kan die afskeurstrokie invul om te bevestig of u die geleentheid gaan bywoon. GEEN KOSTES!Ouers bring hulle eie eetgerei en drinkgoed saam en potjiekos is op die spyskaart. Fondse wat ingesamel word, gaan vir ons BUSFONDS. Indien u weet van mense wat sou belangstel in jagpakkette vir die winter, kan u hulle van die veiling in kennis stel en dalk namens hulle bie. Pakkette sal op volgende week se nuusbrief uiteengesit word.

CHRISTUSFEES:Ouers word uitgenooi om hierdie besondere geleentheid op Vrydag, 25 Mei om 7:30 in die skoolsaal by te woon. Dit sal deur die Grondslagfase aangebied word.

“JAKKIES GOT TALENT”:Jakkies Opwaarts Sentrum bied weer vanjaar “Jakkies got talent” aan op Donderdag, 7 Junie. Kry jou talent in rat en kom wys ons wat jy kan doen! Inskrywings kan by juffrou Rina gedoen word en kos R10 per leerder. Sluitingsdatum vir inskrywings: Donderdag, 31 Mei.

KLEREWINKEL:Vanaf Maandag, 21 Mei sal die Klerewinkel weer op die volgende tye oopmaak:Maandae: 7:30 tot 9:00 Vrydae: 12:00 tot 13:00.Ons vra ouers om asseblief by hierdie tye te hou aangesien slegs een persoon vir die volgende week of twee die klerewinkel hanteer in Maritza se afwesigheid.

NOORDKAAP KUNSWEDSTRYD: [AFSKEURSTROKIE]Die Noordkaap Kunswedstryd (voordrag) vind weer vanjaar van 13 - 17 Augustus te Newton Laerskool in Kimberley plaas. Leerders mag gediggies in Afrikaans of Engels voordra. Dit is ‘n wonderlike geleentheid vir leerders om ook hierdie besondere vaardigheid aan te leer.

Slegs 10 leerders per graad per skool word toegelaat om in te skryf. Inskrywingsgeld beloop R30 per leerder en moet by die klasonderwysers inbetaal word. Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag, 25 Mei.Ouers moet asseblief let op die volgende:

Ouers moet self hulle kinders se gediggies uitsoek/kies. ‘n Afskrif van hierdie gediggie moet saamgeneem word as u kind optree.

Ouers moet self hulle kinders afrig of iemand anders kry om dit te doen.

Geen onttrekkings gaan toegelaat word nie. Indien uitsonderlike omstandighede voorkom dat ‘n kind noodwendig moet onttrek, verbeur die ouer die inskrywingsgeld.

Ouers moet self hulle kinders Kunswedstryd toe neem. Leerders sal later in die kwartaal geleentheid gegee word om tydens

saalperiode hulle gediggies op te sê vir oefening. NS: Neem net in ag dat ons Revue op Donderdag, 16 Augustus

in Bloemfontein plaasvind.

KOSHUIS:‘n Groot dankie aan Theuns en Retha Schutte wat die boorgatprojek by die koshuis geïnisieer het en aan René van Loggen van die Departement Landbou wat die boorgat by die koshuis gratis kom boor het. Ons waardeer dit verskriklik baie! Dit gaan baie help om die watertekort by die koshuis aan te vul.

OUERHULP - TUISWEDSTRYD:Die OLK vra ouerhulp met die maak en verkoop van verversings op Dinsdag, 22 Mei teen Eureka.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 18 – 25 Mei 2018 OUERS: WINTERSDRAG: Leerders moet vanaf Maandag, 21 Mei die korrekte wintersdrag aanhê

Ons vra al die NETBALMAMMAS om vanaf 13:00 in die verversingslokaal te kom help. Jy kan wegglip as jou kind speel!Mammas wat nie kan kom help nie, kan die volgende produkte skenk asb:KANEEL BAKPOEIER OLIE MAALVLEIS BLATJANG

(Stuur asseblief die produkte na die boekstoor)As jy nog nooit iets gegee het nie, is dit nou jou kans! Baie dankie by voorbaat!!iMBEWU PROVINSIALE WETENSKAPUITSTALLING 2018:Hierdie uitstalling bied aan leerders die geleentheid om hul wetenskaplike ondersoeke en projekte in Natuurwetenskappe, Wiskunde, Geesteswetenskappe en Tegnologie te vertoon.Leerders van graad 1 tot 12 kan aan die uitstalling in verskeie kategorieë deelneem.Leerders word aangemoedig om individuele projekte in te skryf, maar kan ook twee (2) leerders per projek en/of kompetisie inskryf.Leerders van graad 1 tot 6 kan ook in spanne aan ‘n tegnologie kompetisie deelneem. Leerders van graad 1 tot 3 moet ‘n brug van LEGO bou en leerders van graad 4 tot 6 gaan ‘n huisie van leë toiletrolle bou. Materiale sal voorsien word.Hierdie kompetisie vind op Vrydag, 31 Augustus 2018 by Laerskool Postmasburg plaas. Inskrywingsgeld beloop R20 per leerder. Deelnemers is verantwoordelik vir eie vervoer.Sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 10 Augustus 2018. Indien u enige verdere inligting benodig, kan u mnr. Jaco Erasmus of juf. Tersia Mostert kontak.

LEERDERDEELNAME:NOORDKAAP SWEM:Baie geluk aan Retana Swart en Izeldi Jacobs wat vir Noordkaap half ereklere in swem gekwalifiseer het.

GW RUGBY:Veels geluk aan Phillip Noeth wat in die finale groep van 30 spelers opgeneem is vir die GW 0/13-span. Baie sterkte met die finale proewe.

RUGBY EN NETBAL:UITSLAE Rugby:

SPAN: PESCODIA: ROODEPAN:0/11B Wen 27 - 5 Wen 39 - 00/13B Wen 22 - 10 Wen 24 - 12

Netbal:Ons netbalspanne het ‘n heerlike dag op Koffiefontein gehad en het heelwat wedstryde gespeel en baie goed gevaar. Baie dankie aan ons ouers wat hulle kinders na Koffiefontein geneem het. Ons waardeer dit!

WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK: [AFSKEURSTROKIES]Die volgende spanne speel op Dinsdag, 22 Mei teen Eureka hier op ons veld/bane:Rugby: 0/11B en 0/13BNetbal: 0/7A en B, 0/8, 0/9, 0/10, 0/11, 0/12, 0/13A en B. ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit.

Die volgende spanne speel op Woensdag, 23 Mei teen Hopetown op hulle veld/bane:Rugby: 0/7, 0/9, 0/11A en 0/13A (Oranje Diamant het van die B-liga onttrek)Netbal: 0/7A en B, 0/8, 0/9A en B, 0/10, 0/11, 0/12, 0/13A en B. Vul asseblief die afskeurstrokie in om u kinders se vervoer te bevestig. Busgeld van R50 is vooraf betaalbaar. ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit. Die skool verdaag op Woensdag, 23 Mei vir almal om 12:00, en die bus sal om 12:15 vertrek.

Die 0/7 en 0/8 netbal- en rugbyspanne neem op Saterdag, 26 Mei aan die McDonalds toernooi by Newton deel. Afrigters sal die program op hulle onderskeie “whatsapp”-groepe aan ouers deurgee. Busgeld: R30

EKSTRA OEFENING: Al die netbalspanne oefen op Maandag, 21 Mei op hulle gewone tye, asook die 0/7 en 0/9 rugbyspanne. Die 0/11A en 0/13A rugbyspanne oefen op Dinsdag, 22 Mei net na die wedstryde om 16:00.

LANDLOOP: [AFSKEURSTROKIE]Geluk aan die volgende atlete wat met die eerste liga-wedstryd onder die eerste 6 plekke gekom het:Beginners – 1km: SW Engelbrecht – 2de, Janae Nothnagel – 2de, Claire Combrink – 3de en Wimpie Moolman – 5de0/9 – 2km: Luné Fourie – 2de, Chané Fourie – 3de en Leo Wilkinson – 3de.0/10 – 2km: Lize-Mari Ferreira – 2de, Karla Cloete – 3de en Eldrin de Koker 6de.0/11 – 3km: Louis-Harm Fourie – 1ste en Simoné Somers 4de.0/12 – 3km: Justine Rampaleng – 3de.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 18 – 25 Mei 2018 OUERS: WINTERSDRAG: Leerders moet vanaf Maandag, 21 Mei die korrekte wintersdrag aanhê

0/13 – 3km: Marine Cloete – 3de.0/13 – 4km: Wessel van Niekerk – 5de0/15 – 4km: Jan-Adriaan Venter – 5de.Daar is ‘n ekstra landloopoefening op Woensdag, 23 Mei van 14:30 – 15:00 by die tennishuisie vir almal wat kan kom.

LANDLOOPDATUMS:BLOEMFONTEIN: KIMBERLEY

Liga 1 4 Mei 10 MeiLiga 2 11 Mei 24 Mei (NJ Heyns)Liga 3 25 Mei (UFS) 31 Mei (NJ Heyns)Liga 4 1 Junie (UFS) 19 Julie (Newton)Liga 5 27 Julie (UFS) 26 Julie (Newton)Liga 6 3 Aug (UFS)VS Proewe 18 Aug (Bloemfontein)

Ouers is welkom om hulle kinders ook na die Bloemfontein liga’s te neem. U moet net die inskrywingsgeld daar betaal en nie hier by ons skool nie. Alle prosedures met kaartjies en nommers moet ook daar gevolg word. Hou in gedagte dat ons skool as ‘n span op 1 Junie aan die Bloemfontein liga gaan deelneem. ‘n Bloemfontein ligaprogram word by die nuusbrief ingesluit vir u kennisname. Neem asseblief kennis van die afstande! (0/13 dogters) Ons landloopspan bestaan tans uit 40 atlete!

STERKTE aan die atlete wat op Donderdag, 24 Mei aan die ligabyeenkoms by NJ Heyns gaan deelneem. Vul asseblief die afskeurstrokie in en stuur dit op Maandag, 21 Mei na die klasonderwysers om u kind se vervoer te bevestig. Atlete moet onthou om die kaartjie, saam met jou R10 by die byeenkoms in te handig. Jou nommers word voor- en agterop jou hempie vasgesteek. As jy nie ‘n atletiekhempie het nie neem jy in jou sporthempie deel.

Baie dankie aan Irene Wilkinson wat baie van haar tyd opoffer om ons atlete fiks te kry en so baie doen om landloop by ons skool te bevorder. Ons waardeer jou Irene!

TENNIS:Tennisoefening Maandag, 21 Mei:0/9: 14:00 by die tennismuur (skool) 0/11 en 0/13: 15:30 – 16:30 by bane

BYBELVASVRA:Sterkte aan die Bybelvasvraspan wat op Maandag, 21 Mei die eerste rondte vraestel van die Nasionale Bybelvasvrakompetisie skryf. Julle moet asseblief om 14:30 in die saal wees.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Niemann gesin – Juhan vd Westhuizen (Pa en oupa

in hospitaal)Maritza du Plooy (operasie)

Petro Cloete

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 18 – 25 Mei 2018 OUERS: WINTERSDRAG: Leerders moet vanaf Maandag, 21 Mei die korrekte wintersdrag aanhê

AFSKEURSTROKIE: MCDONALDS SPORTDAG (0/7 & 0/8) (Saterdag, 26 Mei - Netbal en rugby)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

SPELER SE NAAM EN VAN __________________________________

AFSKEURSTROKIE: RUGBY EN NETBAL TEEN HOPETOWN (Woensdag, 23 Mei)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

SPELER SE NAAM EN VAN __________________________________

EK GAAN MY EIE KIND/ERS NA HOPETOWN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

MY KIND BENODIG VERVOER NA HOPETOWN:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Busgeld: R50

AFSKEURSTROKIE: NOORDKAAP KUNSWEDSTRYD (13 - 17 Augustus)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

LEERDER SE NAAM EN VAN _________________________ GR ___

HIERMEE WIL BOGENOEMDE LEERDER INSKRYF VIR DIE NOORDKAAP KUNSWEDSTRYD. ONS ONDERNEEM OM ALLE VOORWAARDES, SOOS IN DIE NUUSBRIEF UITEENGESIT, NA TE KOM.

INGESLUIT DIE INSKRYWINGSGELD VAN: R _______

HANDTEKENING VAN OUER: _____________________________

DATUM: _____________

INSKRYWINGSGELD: R30

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 18 – 25 Mei 2018 OUERS: WINTERSDRAG: Leerders moet vanaf Maandag, 21 Mei die korrekte wintersdrag aanhê

AFSKEURSTROKIE: MCDONALDS SPORTDAG (0/7 & 0/8) (Saterdag, 26 Mei - Netbal en rugby)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

SPELER SE NAAM EN VAN __________________________________

AFSKEURSTROKIE: LANDLOOP LIGA (24 Mei)

OUER: ____________________________________________________

ATLEET: __________________________________________________

WIL AAN DIE LANDLOOPLIG OP DONDERDAG, 24 MEI DEELNEEM.

EK GAAN MY EIE KIND/ERS NA KIMBERLEY VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

MY KIND BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING VAN OUER: _____________________________

DATUM: _____________ BUSGELD: R30

AFSKEURSTROKIE: RUGBY- EN NETBALAFSLUITING (31 Mei)

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 18 – 25 Mei 2018 OUERS: WINTERSDRAG: Leerders moet vanaf Maandag, 21 Mei die korrekte wintersdrag aanhê

Geen kostes!Bring eie eetgerei en drinkgoed

Verskeie wildspakkette beskikbaar!Fondse wat ingesamel word gaan vir die

BUSFONDSKOM GENIET DIE AAND SAAM MET ONS!

AFSKEURSTROKIE: RUGBY- EN NETBALAFSLUITING (31 Mei)