6
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 26 13 20 November 2020 BEGROTING 2021: [RESOLUSIES] Met die Ouerbegrotingsvergadering wat op 6 November 2020 gehou is, is die skool- en koshuisbegroting vir 2021 deur die ouers teenwoordig aanvaar. Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: Skool- en koshuisgeld is streng vooruitbetaalbaar. Januarie 2021 betalings moet voor of op 26 Januarie betaal wees en elke maand daarna voor die 7de. (Skool) Koshuisbetalings per maand moet op die eerste dag van elke maand betaal wees. Geen toelating sal tot die koshuis verkry kan word indien u koshuisgelde van 2020 nie op datum betaal is nie, asook die betaling van Januarie 2021. Alle addisionele gelde is ook met die dag van registrasie betaalbaar. Neem asseblief deeglik kennis van die dokument wat by die nuusbrief ingesluit is. Ons heg ook die uiteensetting van die Skool- en koshuisgelde vir 2021 aan vir u kennisname. SKOOL- EN KOSHUISLEIERS 2021: Ons is baie trots op die skool- en koshuisleiers wat vir 2021 verkies is. Ons stel ons vertroue in julle om ware Jakkie ambassadeurs te wees. Sterkte met die harde werk en ekstra verantwoordelikhede wat vir julle in 2021 voorlê. Baie geluk aan die ouers van hierdie leerders. Neem asseblief ook kennis dat die ouers (pa en ma!) van SKOOL- EN KOSHUISLEIERS die nuwe OUERLEIERKOMITEE vir 2021 vorm. NB! Hierdie ouers het ‘n kort vergadering na afloop van die Prysuitdeling op Vrydag, 20 November. Hoof- en onderhoofleiers van die skool en koshuis word tydens die Prysuitdeling aangekondig. SKOOL: SEUNS: DOGTERS: Luther Bruwer Jané Burger Jaco de Waal Johandri de Wet Lehan Hugo Mariet du Plessis Nico Smith Machné Kotze Hanco Sutherland Zanté Oertel Riko Swart Layla Rheeder Francois Williams Leilah Snyman KOSHUIS: SEUNS: DOGTERS: Luther Bruwer Jané Burger Jaco de Waal Mariet du Plessis Lehan Hugo Zanté Oertel Stephan van der Merwe Layla Rheeder Francois Williams Leilah Snyman Medialeiers sal met die eerste skooldag in 2021 tydens saalperiode aangewys word. GRAAD 3 OUERBESOEKE: Graad 3-leerders se ouers word uitgenooi na die oriëntasie vir graad 4s van 2021 wat op Maandag, 16 November om 14:00 in die skoolsaal plaasvind. Kom asseblief vroeg genoeg sodat almal betyds geskandeer en gesaniteer kan word. EKSAMENROOSTER/-WERK: [ROOSTER] Leerders het hulle eksamenwerk skriftelik ontvang. Die eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. INBETALINGS: Die volgende twee inbetalings is gedoen met die volgende verwysings: 21 Oktober: Skoolfonds R985.00 27 Oktober: Cash Deposit R1500.00 Ons het geen idee wie die inbetalings gemaak het nie? Kontak asseblief die finansiële kantoor indien u vermoed dat dit dalk u kan wees. Verwysings moet asseblief as volg wees: U kind se naam en van en waarvoor die inbetaling is. PRYSUITDELING: Ons Prysuitdeling vind op Vrydag, 20 November plaas. Sien asseblief die rooster wat by die nuusbrief ingesluit is. Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: Slegs gr. 6 & 7 ouers word na die gr. 6/7 afdeling uitgenooi en sal ‘n skakel op hulle selfone kry met n vorm om te voltooi en in te stuur voordat hulle die funksie mag bywoon. (Covid-19 skanderingsvorm) Kom asseblief ‘n bietjie vroeër sodat almal betyds geskandeer en gesaniteer kan word. Alle gr. 1 3 leerders moet die Prysuitdeling bywoon (almal kry pryse en almal verdaag saam om 10:00)

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL no 26.pdfJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 26 13 – 20 November 2020 BEGROTING 2021: [RESOLUSIES] Met die Ouerbegrotingsvergadering wat op 6 November 2020

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 26 13 – 20 November 2020 BEGROTING 2021: [RESOLUSIES] Met die Ouerbegrotingsvergadering wat op 6 November 2020 gehou is, is die skool- en koshuisbegroting vir 2021 deur die ouers teenwoordig aanvaar. Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende:

    Skool- en koshuisgeld is streng vooruitbetaalbaar.

    Januarie 2021 betalings moet voor of op 26 Januarie betaal wees en elke maand daarna voor die 7de. (Skool)

    Koshuisbetalings per maand moet op die eerste dag van elke maand betaal wees.

    Geen toelating sal tot die koshuis verkry kan word indien u koshuisgelde van 2020 nie op datum betaal is nie, asook die betaling van Januarie 2021.

    Alle addisionele gelde is ook met die dag van registrasie betaalbaar.

    Neem asseblief deeglik kennis van die dokument wat by die nuusbrief ingesluit is. Ons heg ook die uiteensetting van die Skool- en koshuisgelde vir 2021 aan vir u kennisname.

    SKOOL- EN KOSHUISLEIERS 2021: Ons is baie trots op die skool- en koshuisleiers wat vir 2021 verkies is. Ons stel ons vertroue in julle om ware Jakkie ambassadeurs te wees. Sterkte met die harde werk en ekstra verantwoordelikhede wat vir julle in 2021 voorlê. Baie geluk aan die ouers van hierdie leerders. Neem asseblief ook kennis dat die ouers (pa en ma!) van SKOOL- EN KOSHUISLEIERS die nuwe OUERLEIERKOMITEE vir 2021 vorm. NB! Hierdie ouers het ‘n kort vergadering na afloop van die Prysuitdeling op Vrydag, 20 November. Hoof- en onderhoofleiers van die skool en koshuis word tydens die Prysuitdeling aangekondig.

    SKOOL: SEUNS: DOGTERS:

    Luther Bruwer Jané Burger

    Jaco de Waal Johandri de Wet

    Lehan Hugo Mariet du Plessis

    Nico Smith Machné Kotze

    Hanco Sutherland Zanté Oertel

    Riko Swart Layla Rheeder

    Francois Williams Leilah Snyman

    KOSHUIS:

    SEUNS: DOGTERS:

    Luther Bruwer Jané Burger

    Jaco de Waal Mariet du Plessis

    Lehan Hugo Zanté Oertel

    Stephan van der Merwe Layla Rheeder

    Francois Williams Leilah Snyman

    Medialeiers sal met die eerste skooldag in 2021 tydens saalperiode aangewys word. GRAAD 3 OUERBESOEKE: Graad 3-leerders se ouers word uitgenooi na die oriëntasie vir graad 4’s van 2021 wat op Maandag, 16 November om 14:00 in die skoolsaal plaasvind. Kom asseblief vroeg genoeg sodat almal betyds geskandeer en gesaniteer kan word. EKSAMENROOSTER/-WERK: [ROOSTER] Leerders het hulle eksamenwerk skriftelik ontvang. Die eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. INBETALINGS: Die volgende twee inbetalings is gedoen met die volgende verwysings: 21 Oktober: Skoolfonds – R985.00 27 Oktober: Cash Deposit – R1500.00 Ons het geen idee wie die inbetalings gemaak het nie? Kontak asseblief die finansiële kantoor indien u vermoed dat dit dalk u kan wees. Verwysings moet asseblief as volg wees: U kind se naam en van en waarvoor die inbetaling is. PRYSUITDELING: Ons Prysuitdeling vind op Vrydag, 20 November plaas. Sien asseblief die rooster wat by die nuusbrief ingesluit is. Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende:

    Slegs gr. 6 & 7 ouers word na die gr. 6/7 afdeling uitgenooi en sal ‘n skakel op hulle selfone kry met ‘n vorm om te voltooi en in te stuur voordat hulle die funksie mag bywoon. (Covid-19 skanderingsvorm) Kom asseblief ‘n bietjie vroeër sodat almal betyds geskandeer en gesaniteer kan word.

    Alle gr. 1 – 3 leerders moet die Prysuitdeling bywoon (almal kry pryse en almal verdaag saam om 10:00)

  • Leerders in gr. 4 – 7 wat nie pryse kry nie, hoef nie daardie dag skool toe te kom nie.

    Na elke afdeling kan leerders huis toe gaan. (Sien program)

    Geen leerders in vierkant tydens die Prysuitdeling nie. NETBALPALE: Baie baie dankie aan die volgende ouers wat vir ons netbalpale geskenk het: Jacques en Eliska Geldenhuys Jannie en Delia du Plessis NETBALPROEWE: Netbalproewe vind op Woensdag, 18 November vanaf 14:30 tot 15:15 plaas. ‘n Voorlopige toerspan vir 2021 sal aangewys word. Alle huidige graad 5- en 6-leerders is welkom. Reël asseblief met jou ander buitemuurse afrigters. Onthou jou tekkies, water en ‘n hoed. SWEMBAD: Ouers wat swembadsleutels het moet asseblief kennis neem dat die swembad steeds toe is weens Covid-regulasies. Ons sal u dadelik in kennis stel as die regulasies verander het. FOTO-CD: [AFSKEURSTROKIE] Ouers wat belangstel om kwartaal 1 & 4 se foto’s @ R30 op ‘n CD te bestel kan dit met die afskeurstrokie doen. Handig die strokie saam met R30 by die klasonderwysers in. .......................... Mnr PW Tait SKOOLHOOF

    GEBEDSLYS:

    Dirk Kotze (Operasie) Amy van den Heever (bosluiskoors)

  • HUIS TE KOOP:

    (Lubbestraat 44 Jacobsdal) Reg oorkant Laerskool Koshuis [R800 000] 3 Slaapkamers - 2 kamers het volmuur kaste

    2 Badkamers, Sitkamer, Televisiekamer, Kombuis Enkel motorhuis, Afdak

    Matte, Isolasie in dak, diefwering, veiligheidshekke, alarm, omhein,

    onlangs geverf Eie water, sinkdam - tuin is onder besproeiing

    Kontakpersoon : Mnr Alex Flemming, Telefoonnr 053 5910813 Sel nr.: 0714330009

  • PRYSUITDELINGPROGRAM

    20 November 2020

    TYD: GRAAD: OUERS:

    8:00 1 Geen

    2 Geen

    3 Geen

    IK-Klas Geen

    Graad 1 – 3 leerders verdaag almal saam om 10:00

    10:00 4 Geen

    5 Geen

    GRAAD 4 & 5 LEERDERS VERDAAG

    11:00 6 Een seremonie

    Ouers word uitgenooi na die gr. 6 & 7 Prysuitdeling.

    7

    Landboudalbeurse

    Top 3 toekennings

    Hoof- en onderhoofleiers word aangekondig

    NB: Nuwe leiers vir 2021 se ouers (Ouerleierkomitee)

    het ‘n kort vergadering na afloop van die Prysuitdeling.

    TENNISKLINIEK

    Theuns van Rensburg en sy span bied vanaf 11 – 14 Januarie 2021’n tenniskliniek aan.

    Plek: Laerskool De Aar Koste: R2400 per kind

    Slegs 40 plekke beskikbaar

    Gr R – 3 ook welkom: Halfdag 7:00 tot 12:00 R1600 per kind Gr 2 & 3 wat al goed kan speel kan die voldag doen.

    Kontakpersoon: Marie Visser

    0764739573

    Indien u belangstel om u kind/kinders in te skryf, moet u asseblief vir Marie direk kontak. Sy sal dan alle inligting aan u verskaf.

    AFSKEURSTROKIE: FOTO-CD (KW 1 & 4) OUER: ______________________________________ LEERDER: ___________________________________ WIL GRAAG _____ (AANTAL) FOTO-CD @ R30 ELK BESTEL. INGESLUIT ‘N BEDRAG VAN R ________ HANDTEKENING VAN OUER: ____________________

  • JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL: SKOOL- EN KOSHUISGELDE - 2021 SKOOLGELDE: ENB 52561347174 1 LEERDER 2 LEERDERS 3 LEERDERS 4 LEERDERS

    PER JAAR: [R1 070 .00 oor 11 maande] R11 770 .00 R23 540 .00 R35 310 .00 R47 080 .00

    PER KWARTAAL: Kwartaal 1 R3 210 .00 R6 420 .00 R9 630 .00 R12 840 .00

    Kwartaal 2 R3 210 .00 R6 420 .00 R9 630 .00 R12 840 .00

    Kwartaal 3 R3 210 .00 R6 420 .00 R9 630 .00 R12 840 .00

    Kwartaal 4 R2 140 .00 R4 280 .00 R6 420 .00 R8 560 .00

    PER MAAND (R1070 oor 11 maande) R 1070 .00 R2 140 .00 R3 210 .00 R4 280 .00

    Skoolgeld streng vooruitbetaalbaar op die eerste skooldag van elke kwartaal, daarna voor of op die 7de van elke maand. (1 Jan tot 1 Nov)

    Aansoek om kwytskelding van skoolgeld geskied volgens Departementele beleid en moet by die Beheerliggaam ingehandig word voor 7 Februarie 2021. (Met die nodige dokumentasie) Navrae: Finansiële Assistent

    KAREEHOF KOSHUIS: ENB 52560006664 1 LEERDER 2 LEERDERS 3 LEERDERS 4 LEERDERS

    Koshuisgelde maandeliks betaalbaar: Slegs met skriftelike aansoek & toestemming van die Beheerliggaam

    PER KWARTAAL Kwartaal 1 R4 905.00 R9 810.00 R14 715 .00 R19 620.00

    Kwartaal 2 R4 905.00 R9 810.00 R14 715 .00 R19 620.00

    Kwartaal 3 R4 905.00 R9 810.00 R14 715 .00 R19 620.00

    Kwartaal 4 R3 270.00 R6 540.00 R9 810 .00 R13 080.00

    PER MAAND (R1 635.00 oor 11 maande) R1 635.00 R3 270.00 R4 560.00 R6 080.00

    Koshuisgelde vir die kwartaal moet vooruitbetaal word op die eerste skooldag van elke kwartaal.

    Streng vooruitbetaalbaar op die 1ste maandeliks (1 Jan tot 1 Nov)