1
7 DIE KLETSKOUS DIE KLETSKOUS EERSTE UITGAWE EERSTE UITGAWE 11 APRIL 2013 11 APRIL 2013 SPARSENTRUM Tel: 013 235 2153 Sel: 082 543 0039 Faks: 013 235 2154 KOBUS JOUBERT (B. Pharm) Vir vriendelike en professionele diens en raad 24 -uur `n dag Onthou - ons is so ver soos die naaste telefoon! As jy so na die opgewonde gesiggies op die foto kyk, sal jy wonder waar kry jy soveel vreugde bymekaar? Nêrens anders as in Graad R nie! Toe ek na die voorskoolse klasse gegaan het, het ek 4 wonderlike Juffrouens ontmoet. Hulle is Juffrouens Sonja, Kalinka, Ané en Juffrou Maruel by die Engelse klassie. Juffrou Sonja sê die eerste dag was daar baie min trane in haar klas, maar die Maandag na die eerste naweek was daar meer wat gehuil het – seker toe hulle besef het daar lê nog 12 jaar voor! In Juffrou Sonja se klas was Simoné eerste om vir my te vertel van haar ervaring sover: “Skool is baie lekker, want ons speel baie lekker met al die maatjies.” Ek het gevra wie is die soetste, die seuntjies of dogtertjies? Sonder twyfel het sy geantwoord: “Die dogtertjies. Die seuntjies is stout, want hulle jaag ons en slaan ons as hulle ons vang!” Nou ja? Is dit nie hoe die liefde begin nie? Carli het ook gesê skool is baie lekker, hulle speel lekker, knip en kleur in, en nee, hulle kan nog nie skryf nie, maar sy kan al lees! Een maatjie het gesê sy't gehuil, want sy't haar mamma gemis. In Juffrou Kalinka se klas het Diané, Jané en Nathan dieselfde antwoord gehad op al my vrae, hulle hou almal van die skool, Juffrou, speel lekker en sal môre weer kom! Melandie het gesê sy hou die meeste van die sandput en trots gesê hulle kan al hulle name skryf. Ewan Fritz in juffrou Ané se klas sê hulle doen werkies in die klas soos sirkels knip, sing en juffrou lees vir hulle boek, maar hy hou die meeste van inkleur. 'n Blinkoog, opgewonde dogtertjie in Juffrou se klas, Theriso, kan nie genoeg vertel hoe wonderlik alles is nie: die lekker speel, die maatjies en die werk in die klas. Op my vraag wat hulle in die klas leer, het Lulu dadelik geantwoord: “We learn to listen in class so that we can learn.” Is dit nou nie mooi nie? Dis tog waaroor skool regtig gaan, maar hulle Juffrouens maak leer so lekker vir hulle dat hulle dit nie eers agterkom nie! Maruel GRAAD R’e IS WENNERS Mnr Franco is hierdie jaar my Lewensvaardigheid onderwyser. Hy't sommer al in die eerste periode belowe dat ons pret gaan hê. Ons het begin met heerlike inkleurwerk en ek was mal oor die instrumente wat ons vir kuns moes maak, maar nooit het ek gedink dat Lewensvaardigheid ook hierdie jaar fisiese oefeninge gaan insluit nie. Met die eerste dubbel periode is ons almal rugbyveld toe en dis hier waar die pret begin het! Eers moes ons rek en strek, wat ek heel gemaklik kon doen, daarna het dit begin snaaks raak. Meneer het gesê gr. 4's moet al op hulle koppe kan staan, dit gaan glo alles oor balans. Eers moes ons op een been balanseer, daarna op ons hande staan en toe, kan jy dit glo, op ons koppe! Nou kyk, ek is nou nie juis die atletiese tipe nie en as ek 'n keuse het, verkies ek om op my voete, eerder as my kop, te staan! Ek het nogal gewonder hoe meneer dink ek dit gaan reg kry, maar met sy aansporing en motivering het ek toe wel probeer. Dit was miskien nou nie die beste wat hy al gesien het nie, maar ek het probeer! Ek kan nie wag om te sien watter snaakse dinge ons hierdie jaar nog alles gaan aanvang nie… LEWENSVAARDIGHEID - `N LEKKER LAG VAK - Mandea Oosthuizen gr.4DP - Mandea Oosthuizen gr.4DP GRAAD R’e STRAAL VAN VREUGDE Natasha van Aswegen 082 782 0570 [email protected] * Nutrition * Weight Control * Skin Care * Energy Business Opportunity Free Samples Links agter: Liam Fourie, Pieter Maritz, Jacques Roux Links voor: Lianette Thomas, Elzoné Smith en Katelyn Howe is die wenners van die inkleurkompetisie geborg deur Santie Smith van Zani’s borduring Die leerlingraad van hierdie jaar is op en gereed vir 2013. Ons jaar het sommer goed begin met `n vreeslike lekker kamp saam met mnr Gerben, juffrou Helloise en mnr Riaan vanaf 4-5 Januarie 2013. Ons het vroeg die oggend gery na Hannas Game Lodge net buite Ohrigstad waar ons baie pret gehad het. Ons het vreeslike interessante speletjies gespeel soos eiergooi, hindernisbane en 30 leiers moes op `n vierkante meter bord inpas. Dit was darem baie beknop en ons moes van vashou weet, hoor! Later die middag het ons met water en emmers gespeel en lekker sopnat geword. Ons sluit toe die dag af deur harnasse aan te trek en 14 m hoog in die lug te klim en het ook by 'n “zipline” afgegly. Al die onnies het ook af gegaan. So teen 6 uur die middag vertrek ons na Lapamanti om slaapplek te kry. Tente is opgeslaan en 'n vuurtjie aan die gang met die magies toe lekker vol, het die ogies gou toe gegaan. LEERLINGRAAD GAAN KAMP - Stephanie Nel gr.7RJ Op die laaste dag gaan stap ons op die treinspoor en leer bietjie oor leierskap. Ons gaan swem daarna in die yskoue rivier om af te koel, eet lekker hamburgers en vertrek terug huis toe. Ons arriveer veilig terug by die skool waar die ouers op ons gewag het. Ons leiers het `n wonderlike kamp gehad en die laaste paar daggies van die vakansie lekker ontspan by ons huise. Dries Els rus `n bietjie deur hom te balanseer op die bande Ons is baie bly en vreeslik gelukkig om die leerling- raad vir 2013 te wees. Soos Nicole Grobler sê “Smile and wave.” Sterkte met julle jaar verder en lewe voluit. Hierdie jaar kom net eenkeer. Links: Stephanie Nel in aksie op die hindernis- baan LYDENBURG MEUBELVERVOER Ons diens is ons Voorsprong Joubertstraat 26 Lydenburg Tel: 013 235 1717 Faks: 086 651 2067 email: [email protected] Links: Zantedeschia Swanepoel, Lyandri Scott, Nicole Botha en Carmen Roux FOR ALL YOUR TRAVELING NEEDS!! Accommodation, Flights, ship cruises, car rentals, tours, etc. [email protected] www.dalistravel.co.za Linky Ras 079 431 6605

Kletskous Mei 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Laerskool Lydenburg Koerant

Citation preview

Page 1: Kletskous Mei 2013

7DIE KLETSKOUSDIE KLETSKOUSEERSTE UITGAWEEERSTE UITGAWE11 APRIL 201311 APRIL 2013

SPARSENTRUM

Tel: 013 235 2153 Sel: 082 543 0039 Faks: 013 235 2154KOBUS JOUBERT (B. Pharm)

Vir vriendelike en professionele diens en raad 24 -uur `n dag

Onthou - ons is so ver soos die naaste telefoon!

As jy so na die opgewonde gesiggies op die foto kyk, sal jy wonder waar kry jy soveel vreugde bymekaar? Nêrens anders

as in Graad R nie!

Toe ek na die voorskoolse klasse gegaan het, het ek 4 wonderlike Juffrouens ontmoet. Hulle is Juffrouens Sonja, Kalinka, Ané en Juffrou Maruel by die Engelse klassie. Juffrou Sonja sê die eerste dag was daar baie min trane in haar klas, maar die Maandag na die eerste naweek was daar meer wat gehuil het – seker toe hulle besef het daar lê nog 12 jaar voor!In Juffrou Sonja se klas was Simoné eerste om vir my te vertel van haar ervaring sover: “Skool is baie lekker, want ons speel baie lekker met al die maatjies.” Ek het gevra wie is die soetste, die seuntjies of dogtertjies? Sonder twyfel het sy geantwoord: “Die dogtertjies. Die seuntjies is stout, want hulle jaag ons en slaan ons as hulle ons vang!” Nou ja? Is dit nie hoe die liefde begin nie? Carli het ook gesê skool is baie lekker, hulle speel lekker, knip en kleur in, en nee, hulle kan nog nie skryf nie, maar sy kan al lees! Een maatjie het gesê sy't gehuil, want sy't haar mamma gemis.In Juffrou Kalinka se klas het Diané, Jané en Nathan dieselfde antwoord gehad op al my vrae, hulle hou almal van die skool, Juffrou, speel lekker en sal môre weer kom! Melandie het gesê sy hou die meeste van die sandput en trots gesê hulle kan al hulle name skryf.Ewan Fritz in juffrou Ané se klas sê hulle doen werkies in die klas soos sirkels knip, sing en juffrou lees vir hulle boek, maar hy hou die meeste van inkleur.'n Blinkoog, opgewonde dogtertjie in Juffrou se klas, Theriso, kan nie genoeg vertel hoe wonderlik alles is nie: die lekker speel, die maatjies en die werk in die klas. Op my vraag wat hulle in die klas leer, het Lulu dadelik geantwoord: “We learn to listen in class so that we can learn.”Is dit nou nie mooi nie? Dis tog waaroor skool regtig gaan, maar hulle Juffrouens maak leer so lekker vir hulle dat hulle dit nie eers agterkom nie!

Maruel

GRAAD R’e IS WENNERS

Mnr Franco is hierdie jaar my Lewensvaardigheid onderwyser. Hy't sommer al in die eerste periode belowe dat ons pret gaan hê. Ons het begin met heerlike inkleurwerk en ek was mal oor die instrumente wat ons vir kuns moes maak, maar nooit het ek gedink dat Lewensvaardigheid ook hierdie jaar fisiese oefeninge gaan insluit nie.Met die eerste dubbel periode is ons almal rugbyveld toe en dis hier waar die pret begin het! Eers moes ons rek en strek, wat ek heel gemaklik kon doen, daarna het dit begin snaaks raak. Meneer het gesê gr. 4's moet al op hulle koppe kan staan, dit gaan glo alles oor balans. Eers moes ons op een been balanseer, daarna op ons hande staan en toe, kan jy dit glo, op ons koppe! Nou kyk, ek is nou nie juis die atletiese tipe nie en as ek 'n keuse het, verkies ek om op my voete, eerder as my kop, te staan! Ek het nogal gewonder hoe meneer dink ek dit gaan reg kry, maar met sy aansporing en motivering het ek toe wel probeer. Dit was miskien nou nie die beste wat hy al gesien het nie, maar ek het probeer!Ek kan nie wag om te sien watter snaakse dinge ons hierdie jaar nog alles gaan aanvang nie…

LEWENSVAARDIGHEID -`N LEKKER LAG VAK

- Mandea Oosthuizen gr.4DP- Mandea Oosthuizen gr.4DP

GRAAD R’e STRAAL VAN VREUGDE

Natasha van Aswegen 082 782 0570

[email protected]

* Nutrition * Weight Control* Skin Care * EnergyBusiness Opportunity

Free Samples

Links agter: Liam Fourie, Pieter Maritz, Jacques RouxLinks voor: Lianette Thomas, Elzoné Smith en Katelyn Howe is die wenners van die inkleurkompetisie geborg deur Santie Smith van

Zani’s borduring

Die leerlingraad van hierdie jaar is op en gereed vir 2013. Ons jaar het sommer goed begin met `n vreeslike lekker kamp saam met mnr Gerben, juffrou Helloise en mnr Riaan vanaf 4-5 Januarie 2013. Ons het vroeg die oggend gery na Hannas Game Lodge net buite Ohrigstad waar ons baie pret gehad het. Ons het vreeslike interessante speletjies gespeel soos eiergooi, hindernisbane en 30 leiers moes op `n vierkante meter bord inpas. Dit was darem baie beknop en ons moes van vashou weet, hoor!Later die middag het ons met water en emmers gespeel en lekker sopnat geword. Ons sluit toe die dag af deur harnasse aan te trek en 14 m hoog in die lug te klim en het ook by 'n “zipline” afgegly. Al die onnies het ook af gegaan. So teen 6 uur die middag vertrek ons na Lapamanti om slaapplek te kry. Tente is opgeslaan en 'n vuurtjie aan die gang met die magies toe lekker vol, het die ogies gou toe gegaan.

LEERLINGRAAD GAAN KAMP

- Stephanie Nel gr.7RJ

Op die laaste dag gaan stap ons op die treinspoor en leer bietjie oor leierskap. Ons gaan swem daarna in die yskoue rivier om af te koel, eet lekker hamburgers en vertrek terug huis toe. Ons arriveer veilig terug by die skool waar die ouers op ons gewag het. Ons leiers het `n wonderlike kamp gehad en die laaste paar daggies van die vakansie lekker ontspan by ons huise.

Dries Els rus `n bietjie deur hom te balanseer op die bande

Ons is baie bly en vreeslik gelukkig om die leerling-raad vir 2013 te w e e s . S o o s Nicole Grobler sê “ S m i l e a n d wave.” Sterkte met julle jaar verder en l e w e v o l u i t . Hierdie jaar kom net eenkeer. Links: Stephanie Nel in aksie op die hindernis-baan

LYDENBURG MEUBELVERVOER

Ons diens is ons Voorsprong

Joubertstraat 26 Lydenburg

Tel: 013 235 1717Faks: 086 651 2067

email: [email protected]

Links: Zantedeschia Swanepoel, Lyandri Scott, Nicole Botha en Carmen Roux

FOR ALL YOUR TRAVELING NEEDS!!

Accommodation, Flights, ship cruises,

car rentals, tours, etc.

[email protected]

www.dalistravel.co.za

Linky Ras

079 431 6605