12
Tel (053) 831 2331 Woensdag 2 Julie 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant Charné Kemp DIE Gariep-Kunstefees wat vanjaar van 28 tot 31 Augustus sy 15de bestaansjaar vier, is nou geskool in die kunste. Met dié slagspreuk sal die fees ook die laaste keer in die Oppenheimertuin plaasvind voordat dit plek maak vir bouwerk aan die nuwe Sol Plaatje-universi- teit. Volgens Theuns Zimmermann, uitvoeren- de bestuurder, is volgende jaar se terrein nog nie vasgestel nie. “Ons ondersoek nuwe moontlikhede wat ’n permanente tuiste vir die Gariep Kunstefees sal wees.” Volgens die feesdireksie bied die program weer topvermaak aan. Van die kunstenaars wat optree, is Pieter Koen, ADAM, Ricus Nel, Mwah, 4Werke (Nicholis Louw, Elizma Theron, Ray Dylan en moniQue), Die Heuwels Fantasties, Theuns Jordaan, Bok van Blerk, BlackByrd, Jay, Juba, DJ Ossewa en Elvis se Seun. Denim en Michael Lowman tree vanjaar die eerste keer op. Ou gunstelinge soos die Radio Kalahari-Orkes is ook terug. Die bittereinders kan weer van Donderdag tot Saterdag van 00:00 tot 02:00 ’n after party by Hoffepark hou. Toegang van 22:00 af is R30 per persoon. Daar is musiekproduksies soos Stokoud en Splinternuut met David Kramer, Finding Emo met Emo Adams, Beste van Ses Snare en Jak de Priester sing Kramer, Krog en Kerkorrel. Daar is te kies en te keur tussen kome- dies en dramas soos Boesman, my Seun met die veteraanakteur Louis van Niekerk. Elize Cawood en Wilson Dunster speel in die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer? Oskar en die pienk tannie met Sandra Prinsloo het landwyd opslae gemaak. Waldemar Schultz speel Stander in Stander, die berugte bankrower van die 1970’s. Dowwe Dolla betaal belasting terwyl Chris Vorster raad gee in Affairs vir domkoppe. Hotel Vleispa- leis sal jou dalk laat bloos, skater of skelm laat giggel. Dowwe Dolla speel ook in die kinderstuk Liewe Heksie en die rolskaatse. Lollos en Lettie kom menseland toe ná die vorige uitverkoopte vertoning op die Gariep-Kun- stefees. David Kramer, Theuns Jordaan en Louis van Niekerk ontvang vanjaar ’n Diamant- stad-Sterreweg-eerbewys vir hul bydrae tot die bevordering van die kunste. Die Laerskool Eureka en die Laerskool Newton se skoolsale word vanjaar as teaters gebruik. Vroue kan die Clover-Da- mes-doe met Lizz Meiring in haar produk- sie Langpad en Lipstieks op 28 Augustus om 09:00 by die Flamingo-casino bywoon. Daar is twee gratis musiekverhoë. Die een is die RSG-verhoog met onder andere 3 Tons of Fun, Dewald Wasserfall, Johan C. Venter en Timothy Moloi. RSG sal op Vrydag 29 Augustus om 20:00 en Saterdag 30 Augustus van 21:00 af regstreeks van die fees af uitsaai. Die kunstenaars ten tyde van hierdie uitsendings is Ramaine Barreiro-Lloyd en Paul Amas. Pronkplek is die nuwe naam vir die voormalige Kultuurverhoog en Reënboogverhoog. Plaaslike kunstenaars gaan saam met gewilde sterre soos The Rockets en Bongi optree. Ná die hoofvertonings op Vrydag- en Saterdagaand sal DJ Bizzy B dié verhoog verder laat dreun. Die fees bied vanjaar ’n verlengde program by die Mayibuye-sentrum in Galeshewe aan. Die kunste word gratis aan dié gemeenskappe gebied. Tiro, Sibanye en Naz Holland gaan sing terwyl die kinders kan uitsien na Dennis die Nar en Kanoek- sie en Kadoeksie. Die Gospel-Koebaai is op die RSG-ver- hoog op Sondag 31 Augustus om 10:30. Pastoor ZD Büchling sal ’n boodskap bring. Alan Ladd, Tiro, Gerhard Steyn en Burgerd en Zita sal gospel sing. Toegang is gratis. Daar is ook weer ’n kuns-en-kosmark vir heerlike happies en drankies en interessan- te produkte om te koop. Daar is ook gesinsvermaak by die pretpark, waar daar ’n nuwe wipwa gaan wees. Die pretpark skuif na agter die hooggeregshof. Daar is ook kunsuitstallings in die William Humphreys-kunsmuseum (Whag) waar die personeellede van die Pallette-tee- kamer tee en koek sal aanbied. Die feesprogramboek, wat reeds beskik- baar is, bevat volledige inligting, ook oor jeug- en gemeenskapsprojekte. Toegang- en teaterkaartjies kan reeds by alle Computic- ket Money Market-toonbanke binne Shoprite en Checkers, www.computic- ket.com of telefonies by 0861-915-8000 gekoop word. Die fees se kaartjiekantoor in Kimberley open op 1 Augustus binne die Garden Court-hotel in Kimberley in Du Toitspanweg se klein konferensielokaal. ) Vir meer inligting en die volledige program, besoek die fees se webwerf by www.gariep- fees.co.za of skakel die feeskantoor by 053-832-5014/7. DIE Diamond Pa- vilion Mall in Kimberley het die naweek sy jaar- likse bruidskou gehou. Alles van troufoto’s tot ta- fels wat swierig gedek is en koeke met fleur was te sien. Hier is die fotograaf Louis Botha by een van die troufoto’s wat hy geneem het. Sien nog foto’s op bl. 7. Foto: Charné Kemp Gariepfees vier 15 jaar Program propvol musiek, drama, kuns en meer Bied die beste op bruidskou Charné Kemp ’n WINKELIER (34) wat die naweek van sy geld en ’n selfoon beroof is, het eiehandig een van die twee vermeende diewe aangekeer. Die voorval het Saterdag om- streeks 12:30 in Madeliefiestraat in Square Hillpark plaasgevind. Lt. Donald Mdhluli, polisiewoord- voerder, sê hulle soek nog na die ander verdagte. “Twee mans wat klapmusse gedra het, het die winkel ingekom. Hulle het die eienaar met ’n geweer gedreig en sy geld geëis.” Een van die vermeende diewe het die eienaar se selfoon gegryp. Die ander een het oor die toonbank gespring en ’n onbekende bedrag geld gevat. Die mans is daarna uit die winkel en het die veld in gevlug. “Die eienaar het die twee mans in sy eie voertuig agtervolg. Hy het gesien hoe hulle in hul voertuig, ’n Ford Leisure-bakkie, klim en wegry.” Mdhluli sê hulle is nog nie seker hoe nie, maar die eienaar het die mans se wegryplan ontwrig en hulle het uit die voertuig gespring. “Die eienaar het een man gevang, terwyl die ander een gevlug het.” Lede van die polisie is ontbied en het die verdagte is in hegtenis geneem. Die 28-jarige man is vermoedelik ’n buitelander. Genl.maj. Jean Abrahams het haar lede vir hul vinnige optrede bedank. Sy hoop dit sal ’n einde aan rooftogte by besighede in die gebied bring. As enigiemand inligting oor die ander verdagte het, kan hulle ao. Patrick Dibebe by 082-302-0407 bel. ) In ’n onverwante voorval het die polisie die naweek op dagga van R450 000 afgekom toe ’n verdagte voertuig Vrydagaand in Boshofweg voorgekeer is. Mdhluli sê die polisie het op ’n wenk gereageer. “ ’n Man (30) in ’n wit Toyota Tazz is voorgekeer en die polisie het op swart sakke vol dagga afgekom. Die sakke het sowat 87 kg geweeg. Die man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.” Mense met inligting kan Crime Stop by 10111 bel. Winkelier trek dief vas ná rooftog DIE polisie in Kimberley het op dag- ga van R450 000 afgekom. Die poli- sielede wat flink op ’n wenk gerea- geer het, is van links konst. Tshek- ogatso Elias, konst. Neil Jacobs, sers. Moshe Seboco, sers. Joseph Mahokoamotse, sers. Edward Bam en sers. Benny Basibalala. Foto: Verskaf

Noordkaapnk 20140702

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Noordkaapnk 20140702

Citation preview

Page 1: Noordkaapnk 20140702

Tel (053) 831 2331 Woensdag 2 Julie 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

Charné Kemp

DIE Gariep-Kunstefees wat vanjaar van 28tot 31 Augustus sy 15de bestaansjaar vier,is nou geskool in die kunste.

Met dié slagspreuk sal die fees ook dielaaste keer in die Oppenheimertuinplaasvind voordat dit plek maak virbouwerk aan die nuwe Sol Plaatje-universi-teit.

Volgens Theuns Zimmermann, uitvoeren-de bestuurder, is volgende jaar se terreinnog nie vasgestel nie.

“Ons ondersoek nuwe moontlikhede wat’n permanente tuiste vir die GariepKunstefees sal wees.”

Volgens die feesdireksie bied die programweer topvermaak aan. Van die kunstenaarswat optree, is Pieter Koen, ADAM, RicusNel, Mwah, 4Werke (Nicholis Louw, ElizmaTheron, Ray Dylan en moniQue), DieHeuwels Fantasties, Theuns Jordaan, Bokvan Blerk, BlackByrd, Jay, Juba, DJOssewa en Elvis se Seun.

Denim en Michael Lowman tree vanjaardie eerste keer op. Ou gunstelinge soos dieRadio Kalahari-Orkes is ook terug. Diebittereinders kan weer van Donderdag totSaterdag van 00:00 tot 02:00 ’n after partyby Hoffepark hou. Toegang van 22:00 af isR30 per persoon.

Daar is musiekproduksies soos Stokouden Splinternuut met David Kramer, FindingEmo met Emo Adams, Beste van Ses Snareen Jak de Priester sing Kramer, Krog enKerkorrel.

Daar is te kies en te keur tussen kome-dies en dramas soos Boesman, my Seun metdie veteraanakteur Louis van Niekerk.Elize Cawood en Wilson Dunster speel indie-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer? Oskar en diepienk tannie met Sandra Prinsloo hetlandwyd opslae gemaak. Waldemar Schultzspeel Stander in Stander, die berugtebankrower van die 1970’s. Dowwe Dollabetaal belasting terwyl Chris Vorster raadgee in Affairs vir domkoppe. Hotel Vleispa-leis sal jou dalk laat bloos, skater of skelmlaat giggel.

Dowwe Dolla speel ook in die kinderstukLiewe Heksie en die rolskaatse. Lollos enLettie kom menseland toe ná die vorigeuitverkoopte vertoning op die Gariep-Kun-stefees.

David Kramer, Theuns Jordaan en Louisvan Niekerk ontvang vanjaar ’n Diamant-stad-Sterreweg-eerbewys vir hul bydrae totdie bevordering van die kunste.

Die Laerskool Eureka en die LaerskoolNewton se skoolsale word vanjaar asteaters gebruik. Vroue kan die Clover-Da-mes-doe met Lizz Meiring in haar produk-sie Langpad en Lipstieks op 28 Augustusom 09:00 by die Flamingo-casino bywoon.

Daar is twee gratis musiekverhoë. Dieeen is die RSG-verhoog met onder andere3 Tons of Fun, Dewald Wasserfall, Johan C.Venter en Timothy Moloi. RSG sal opVrydag 29 Augustus om 20:00 en Saterdag30 Augustus van 21:00 af regstreeks van diefees af uitsaai.

Die kunstenaars ten tyde van hierdieuitsendings is Ramaine Barreiro-Lloyd enPaul Amas. Pronkplek is die nuwe naamvir die voormalige Kultuurverhoog enReënboogverhoog. Plaaslike kunstenaarsgaan saam met gewilde sterre soos TheRockets en Bongi optree.

Ná die hoofvertonings op Vrydag- enSaterdagaand sal DJ Bizzy B dié verhoogverder laat dreun.

Die fees bied vanjaar ’n verlengdeprogram by die Mayibuye-sentrum inGaleshewe aan. Die kunste word gratis aandié gemeenskappe gebied. Tiro, Sibanye enNaz Holland gaan sing terwyl die kinderskan uitsien na Dennis die Nar en Kanoek-sie en Kadoeksie.

Die Gospel-Koebaai is op die RSG-ver-hoog op Sondag 31 Augustus om 10:30.Pastoor ZD Büchling sal ’n boodskap bring.Alan Ladd, Tiro, Gerhard Steyn en Burgerden Zita sal gospel sing. Toegang is gratis.

Daar is ook weer ’n kuns-en-kosmark virheerlike happies en drankies en interessan-te produkte om te koop. Daar is ookgesinsvermaak by die pretpark, waar daar’n nuwe wipwa gaan wees. Die pretpark

skuif na agter die hooggeregshof.Daar is ook kunsuitstallings in die

William Humphreys-kunsmuseum (Whag)waar die personeellede van die Pallette-tee-kamer tee en koek sal aanbied.

Die feesprogramboek, wat reeds beskik-baar is, bevat volledige inligting, ook oorjeug- en gemeenskapsprojekte. Toegang- enteaterkaartjies kan reeds by alle Computic-ket Money Market-toonbanke binneShoprite en Checkers, www.computic-ket.com of telefonies by 0861-915-8000gekoop word. Die fees se kaartjiekantoor inKimberley open op 1 Augustus binne dieGarden Court-hotel in Kimberley in DuToitspanweg se klein konferensielokaal.) Vir meer inligting en die volledige program,besoek die fees se webwerf by www.gariep­fees.co.za of skakel die feeskantoor by053­832­5014/7.

DIE Diamond Pa­vilion Mall inKimberleyhet dienaweek sy jaar­likse bruidskougehou. Alles vantroufoto’s tot ta­fels wat swieriggedek is en koekemet fleur was tesien. Hier is diefotograaf LouisBotha by een vandie troufoto’swat hy geneemhet. Sien nogfoto’s op bl. 7.

Foto: Charné Kemp

Gariepfees vier 15 jaarProgram propvol musiek, drama, kuns en meer

Bied diebeste opbruidskou

Charné Kemp

’n WINKELIER (34) wat die naweekvan sy geld en ’n selfoon beroof is,het eiehandig een van die tweevermeende diewe aangekeer.

Die voorval het Saterdag om-streeks 12:30 in Madeliefiestraat inSquare Hillpark plaasgevind.

Lt. Donald Mdhluli, polisiewoord-voerder, sê hulle soek nog na dieander verdagte.

“Twee mans wat klapmusse gedrahet, het die winkel ingekom. Hullehet die eienaar met ’n geweergedreig en sy geld geëis.”

Een van die vermeende diewe hetdie eienaar se selfoon gegryp. Dieander een het oor die toonbankgespring en ’n onbekende bedraggeld gevat. Die mans is daarna uitdie winkel en het die veld in gevlug.

“Die eienaar het die twee mans insy eie voertuig agtervolg. Hy hetgesien hoe hulle in hul voertuig, ’nFord Leisure-bakkie, klim en wegry.”

Mdhluli sê hulle is nog nie sekerhoe nie, maar die eienaar het diemans se wegryplan ontwrig en hullehet uit die voertuig gespring.

“Die eienaar het een man gevang,terwyl die ander een gevlug het.”

Lede van die polisie is ontbied enhet die verdagte is in hegtenisgeneem. Die 28-jarige man isvermoedelik ’n buitelander.

Genl.maj. Jean Abrahams het haarlede vir hul vinnige optrede bedank.Sy hoop dit sal ’n einde aan rooftogteby besighede in die gebied bring.

As enigiemand inligting oor dieander verdagte het, kan hulle ao.Patrick Dibebe by 082-302-0407 bel.) In ’n onverwante voorval het die

polisie die naweek op dagga vanR450 000 afgekom toe ’n verdagtevoertuig Vrydagaand in Boshofwegvoorgekeer is. Mdhluli sê die polisiehet op ’n wenk gereageer.

“ ’n Man (30) in ’n wit Toyota Tazzis voorgekeer en die polisie het opswart sakke vol dagga afgekom. Diesakke het sowat 87 kg geweeg. Dieman is in hegtenis geneem en salbinnekort in die hof verskyn.”

Mense met inligting kan CrimeStop by 10111 bel.

Winkelier trek dief vas ná rooftog

DIE polisie in Kimberley het op dag­ga van R450 000 afgekom. Die poli­sielede wat flink op ’n wenk gerea­geer het, is van links konst. Tshek­ogatso Elias, konst. Neil Jacobs,sers. Moshe Seboco, sers. JosephMahokoamotse, sers. Edward Bamen sers. BennyBasibalala. Foto:Verskaf

Page 2: Noordkaapnk 20140702

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014

André Botha

DIE omstrede psigiatriesehospitaal in Kimberley gaaneindelik voltooi word nadatbouwerk in 2009 gestaak isen verlede jaar hervat is,het die premier, SylviaLucas, beloof.’n Rits probleme met

vorige kontrakteurs enernstige brouwerk met diebouery, wat meegebring hetdat van die mure afgebreekmoes word, het veroorsaakdat die aanvanklike kostevan R440 miljoen tot digbyR1 miljard opgeskiet het.Die bouwerk is gestaak

nadat die departement endie ontwikkelaars, Vista-park-ontwikkelaars enJo-Arch-beleggings, haakswas omdat spertye gereeldoorskry is. Andrew Scholtz,Bloemfonteinse sakeman eneienaar van Vistapark-ont-wikkelaars, het boonop dieNoord-Kaapse regering virsowat R53 miljoen gedagvaarvir betalings wat volgens

hom nog aan hom verskul-dig is.’n Nuwe kontrakteur is

aangestel wat verlede jaaraan die werk gespring hetom die gebou te voltooi.Lede van die nasionale

raad van provinsies sekomitee oor finansies is inJanuarie 2012 op besoek aandie hospitaal ingelig dat dievertragings met die bou-werk veroorsaak dat ’nbykomende R650 miljoen boen behalwe die begroteR440 miljoen bestee sal moetword.Deon Theys, toe waarne-

mende hoof van die gesond-heidsdepartement, hetkonstruksiefoute aan dielede uitgewys, soos vloerewat kraak en dakke watinsak. Van die komiteeledehet voorgestel dat die helegebou oorgebou moet word.Bouwerk aan die nuwe

kampus van die Sol Plaatje-universiteit gaan op 1September 2014 begin, hetLucas aangekondig.

Hospitaal gaannou voltooi word

SYLVIA LUCAS, dieNoord­Kaapse pre­mier, het verledeweek haar provinsi­ale rede gelewer. Le­de van die diploma­tieke korps wasteenwoordig. Vanlinks is Elise Auino(konsul­generaalvan Namibië), SugieHarijadi (konsul­ge­neraal van Indone­sië) en dr. Swati Kul­karni (konsul­gene­raal van Indië).

SYLVIA LUCAS, premier van die Noord­Kaap, tydens haar provinsiale rede. Lucashet die provinsiale redeopdie 59ste herden­king van die Vryheidsmanifes gelewer.

PAKES DIKGETSI,Cope­wetgewerliden nasionale voor­sitter van dié party,Mmabatho Mokau­se en Aubrey Baart­man, albei wetge­werlede van dieEkonomiese Vry­heidsvegters (EVV),is hier op pad na diesaal van die MittahSeperepere­konfe­rensiesentrum omna premier SylviaLucas se provinsialerede te gaan luister.

Foto’s: Emile Hendricks

Woon provinsiale rede by

Gaanna

www.noordkaap.co.za

omdeurvorige

uitgawesvandie

koerantteblaai.

Page 3: Noordkaapnk 20140702

NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014 3

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

Prices apply toGame Kimberley store only.

View this catalogue online at game.co.zaPrices valid 02 - 06 JULY 2014

We check 1000’s of prices every weekto make sure you

always get the LOWEST PRICES on your favourite products.

If you’ve found any item cheaper elsewhere, remember,

we will BEAT THAT PRICE! *See www.game.co.za for terms and conditions

Low Price Guarantee

Stewing BeefCubed5890

per kg

each

R

13MageuNumber 12l t "TTPSUFE each1790

D’lite MediumFat Spread Tub1kg

990each

Vita BelleSmooth Yoghurt6 x 100g t "TTPSUFE

Festive FreshWholebird

R

29per kg

LargeEggs 30’s

R

33per tray

PorkPack3990

per kg

Great ValueFrozen ChickenLeg Quarters5kg

R139per pack

Lamb Pack

6990per kg

per pack

R

13 Avocado’s1kg

per pack

R

15 Soup Pack

BUNDLE

DEAL

R

22Oranges Bag1kg, Lemons1kg andNaartjies1kg

for2

R

25

Potatoes 7kg

R

29

DIE Gariep Kunste­fees het vandees­week vanjaar sefees, met die temaGeskool in die Kun­ste, bekend gestel.Van links is, voor:Hanlie Krös, bemar­kingsbestuurder, Da­vid Molusi, uitvoe­rende burgemeestervan die Sol Plaatje­munisipaliteit, enBernice Sutton, ar­tistieke bestuurder;agter: Theuns Zim­mermann, uitvoe­rende bestuurder, enMarius Nagel, direk­sievoorsitter van dieGariep Kunstefees.

Foto: Lecrecia Prins

DIE Gariep Kunstefees, wat vanjaar van28 tot 31 Augustus sy 15de jaar vier, isnou Geskool in die kunste. Die fees saldie laaste keer in die Oppenheimertuinplaasvind voordat dit vir bouwerk aandie nuwe Sol Plaatje­universiteit plekmaak. Die bekendstelling van vanjaar sefees is vandeesweek by die LaerskoolNewton gehou. Hier is Nick Efstathiou(links), OFM se bestuurder en TheunsZimmermann, die uitvoerende bestuur­der van die fees. Foto: Charné Kemp

OP die bekendstelling van die GariepKunstefees is Bernice Sutton (links), dieartistieke bestuurder, en Hanlie Krös, diebemarkingsbestuurder. Foto: Charné Kemp

DIE Kimberley­kinderkoor het op Sondag 8 Junie aan die ATKV­kinderkoor­kompetisiedeelgeneem. Hulle het ’n goue medalje met ’n 87%­gemiddeld verower. Die koor het ookdeurgedring na die eindronde wat op 7 September in Kaapstad aangebied word. Hullehet verlede jaar ’n nuwe dirigent gekry en staan ook nou hier in hulle nuwe koorklere.Links voor is Matthew vanWyk, hul begeleier, en regs voor is Margie Spaumer (met serp),die ATKV­beoordelaar, en Estelle Vorster, die dirigent. Foto: Pieter Botha

MET die skole wat toe is en die koue weerkan kinders nogal verveeld raak by diehuis.Die Kimberley- en Greenpoint-biblioteke

bied vakansieprogramme aan vir kinderstussen 5 en 13 jaar.Programme by die Kimberley-biblioteek

begin om 10:00 en by die Greenpoint-biblio-teek om 09:30. Alle aktiwiteite is gratis.

Kimberley-biblioteek) Woensdag 2 Julie – DVD) Donderdag 3 Julie – Handewerk (In

samewerking met Hou Kimberley Skoon)) Vrydag 4 Julie – Nar-en-towerkuns-uit-

stalling) Maandag 7 Julie – Storietyd met ’n

twis) Dinsdag 8 Julie – Handewerk (In

samewerking met Hou Kimberley Skoon)) Woensdag 9 Julie – DVD) Donderdag 10 Julie – Handewerk (In

samewerking met Hou Kimberley Skoon)) Vrydag 11 Julie – DVD

Greenpoint-biblioteek) Maandag 7 Julie – Handewerk (In

samewerking met Hou Kimberley Skoon)) Dinsdag 8 Julie – Verf) Woensdag 9 Julie – Handewerk (In

samewerking met Hou Kimberley Skoon)) Donderdag 10 Julie – Handewerk

(Fotorame)) Vrydag 11 Julie – Legkaarte

Hou kinders besig

Stel kunstefees vir 2014 bekend

Page 4: Noordkaapnk 20140702

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014

DIE Griekwas is halfpad deur diekwalifiserende ronde vir ’n plekin die Curriebeker-kompetisie sePremierliga.Die span is met ’n enkele punt

voor die Luiperds, maar dit isnietemin ’n voorsprong.Ná verlede jaar se terugslag is

dit veral die wyse waarop dieGriekwas vanjaar onder afrigterPeter Engledow en kaptein WayneStevens in die Vodacombeker-reeks teruggeveg het, wat rugby-liefhebbers beïndruk.As ’n hegte eenheid het die span

deurlopend bestendig gespeel entoenemend die fynproewer-spelgelewer waarmee hulle die Leeusin die eindstryd kis gespeel het.Die spelers se motivering, deurset-tingsvermoë en geesdrif wasopsigtelik.Dit spreek ook boekdele dat die

span sy prestasie sonder enige

“groot” name kon vermag. HouFrancois Brummer, GouwsPrinsloo, Burger Schoeman,Marnus Schoeman en andere dop.’n “Veteraan” soos Hilton

Lobberts het ook weer soos vanouds gespeel. Om nie eens te praatvan spelers soos Ligtoring Land-man, Maks van Dyk, Ryno Barnesen Howard Mnisi in die Cheetahsse Superrugby-groep wat nog hulterugkeer Kimberley toe moetmaak nie.Só hou die Griekwas hul naam

gestand as ’n span wat geleenthe-de bied vir spelers wat hongerdaarvoor is – en dit aangryp.Hierop moet nou voortgebou

word in die drie oorblywendewedstryde in die kwalifiserings-reeks.En daardie tweede helfte teen

die Luiperds moet liefs vergeetword . . .

Vergenoegdheid deel ookHannes Nöeth

MY onlangse betrokkenheid by skole inRustenburg het my net weer laat besef hoemaklik ons ons bestaan en daaglikseversorging as vanselfsprekend aanvaar.Wat ’n enorme impak op ’n mens se lewe

as die inkomste skielik opdroog.Dit is veral sleg dat baie mense roekeloos

met hul werk omgaan en daardeur letterlikduisende mense onskuldig in moeilikeomstandighede plaas.Verhale van pyn en swaarkry is volop.

Rustenburg is maar net ’n voorbeeld vanhoe swaarkry nie van kleur, taal of kultuurafhanklik is nie. Honger is in enige taalhonger en swaar is swaar, maak nie saakwie en wat jy is nie.Hoe maklik gebeur dit nie dat ons begin

met lysies van wat ons alles nodig het nie.Ons moet eerder begin by dit wat ons het.As ons altyd wil begin met dit wat onskortkom, sal ons nooit vergenoeg kan weesnie.As ons egter begin by dit wat ons het,

word ons maklik tot skaamte gedwing. Diefokus val dikwels te veel op wat ons niehet nie in plaas van wat ons het.’n Goeie vraag vir vandag is nie wat jy

kortkom nie, maar wat jy nie kort nie.Die volgende vraag is: Is jy tevrede met

wat jy het? Daar is nogal ’n groot verskiltussen dit wat ons nodig het (of wat onsdink ons nodig het) en dit waarsonder onsnie kan klaarkom nie.Ons behoeftes verskil. Ons lysies van wat

ons benodig, verskil, maar daar is ’nbelangrike ooreenkoms wat daar altydmoet wees – of jy min het en of jy baie het:Wees dankbaar en tevrede.’n Belangrike woord is die woord

vergenoegdheid. Ons weet mos ’n stukkiedroë brood met vrede daarby is beter as ’nvetgemaakte os met ’n getwis.Die volgende belangrike vraag wat ons

moet kan antwoord, is of jy ook kanuitdeel. Soos ons van die swaarkry vanRustenburg hoor, so hoor ons ook die mooiverhale van deel en omgee vir mekaar, vanoop hande en baie liefde.Drie gewigtige lewensvrae: Wat het jy? Is

jy tevrede? Kan jy ook uitdeel?

KIMBERLEY BOYS’ HIGH is op 12April 1887 begin toe die KimberleyPublic Undenominational Schoolsvir seuns enmeisies gestig is. Wil­liam Norrie was die hoof van dieseunsafdeling in ’n gebou in DeBeersweg. Die twee afdelings hetin April 1888 na ’n permanente ter­rein in Laynon Terrace verskuif. In1913 is ’n nuwe skoolgebou vir dieseuns oorkant die Honoured DeadMemorial opdiehoekvanDalham­en Memorialweg opgerig. Dit isdeur William Timlin ontwerp. Dieterrein is deur De Beers geskenk.Die skool het in Januarie 1914 dienuwe gebou betrek (die foto hier­naas dateer vermoedelik uit 1914).Junior en senior seuns was tot in1970 deel van die skool, toe dieKimberley Boys’ Junior School ge­stig is. Dié skool het in 1977 metdie Belgravia Junior School forGirls saamgesmelt omdieKimber­ley Junior School te vorm. Dieskool het voor die stigting van dieHoërskool Diamantveld ook Afri­kaanse klasse gehad. Dié klasse isegter gestaak nadat Diamantveldgeopen het. Die ou koshuis van dieKimberley Teachers’ College isvoor 1935 as klaskamers gebruik,maar is ontruim met Diamantveldse stigting toe laasgenoemde diegebou oorgeneem het. Uitbrei­dings oor die jare heen was dieFrancis Oats Hostel (1921), dieswembad (1952) en die Memorial­biblioteek (1957). Die gebou is op16 Februarie 1990 tot ’n nasionalegedenkwaardigheid verklaar.Foto: Africana-biblioteek en Emile Hendricks

Karin Muller

VAN tyd tot tyd woon ’n mens’n begrafnis by van iemandwat ’n mens nog nooit ont-moet het nie of nie goed gekenhet nie.Vir sommige mense kan dit

klink na ’n vreemde ding omte doen, maar dit word ge-woonlik gedoen ter ondersteuning vanvriende of familie wat na was aan die eenwat begrawe word.Oorspronklik het ek geredeneer dat ek

nie te hartseer sou wees tydens dieroudiens van iemand wat ek nie geken hetnie. Ek was verkeerd.Eers toe die trane vrylik oor my wange

rol en ek uit my hart huil, het ek besefdat daar verskillende redes kan weeswaarom mense op begrafnisse huil.As dit iemand na aan jou is, huil jy oor

die leemte wat die mens gaan agterlaat. Jyhuil dalk oor onopgeloste woelinge wat jyvroeër wou hanteer, maar waarvoor die

regte oomblik nooit aange-breek het nie. Jy huil oor ditwat jy nog saam met diemens wou doen, wat nou niekan realiseer nie.As dit iemand is wat jy glad

nie of nie so goed geken hetnie, is die hartseer effensanders, maar ewe opreg.Jy huil uit empatie met die

mense wat na aan hierdie mens was endie aanpassings wat vir hulle wag. Jy huiloor die mense wat jy al begrawe het endié wie jy moontlik nog gaan begrawe.Dalk huil jy oor die seerkry in die wêreld.Jy huil oor onregverdigheid. Oor

liefdeloosheid. Oor onmin.Al die negatiewe emosies van vrees,

hartseer en woede versamel in jou binne-ste en stort in trane oor jou wange.Nie omdat jy nie glo nie. Nie omdat jy

nooit gaan herstel nie. Net omdat jy vanvoor af besef hoe kosbaar elke oomblikvan die lewe is en hoe maklik ’n mens ditvergeet.

Begrafnisse laatmens dink

Griekwas seveglus beïndruk

Ná baie jare steeds pragtig

Page 5: Noordkaapnk 20140702

NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014 5

SUSAN KEYTER, Kimberley:

NA aanleiding van u plasing “Boblink en onder stink” in die Noordkaap-koerant van 25 Junie die volgende:Ek as inwoner van Lindene, Kimber-

ley, bedank die Sol Plaatje-munisipali-teit hartlik vir al die moeite en werkwat nou in Kimberley gedoen word.Die verfraaiing is pragtig en ons

waardeer dit baie.Ek hoor wat mnr. Du Plessis oor die

gemors in Lindene sê, maar wil ook netsê ons as inwoners moet ook maar naons eie gewoontes kyk.Daar is Lindene-inwoners wat oop

stukke veld hul stortingsterrein maak –daar word van palmtakke, ou blare enselfs hondemis in inkopiesakke daargegooi.Die oop stuk grond tussen Rhodeslaan

en die supermark word vir tuinvullisgebruik. En dit maak nie saak hoe daarmet die tuinwerkers daaroor gepraatword nie, dit gaan net aan.Ek dink ons moet maar almal skrifte-

like waarskuwings kry, ons is almalopgevoede volwassenes en ons watonskuldig is, sal verstaan waaroor ditgaan en hopelik sal die skuldiges ietsdaaraan doen.Is dit regtig vir ons soveel moeite om

die sypaadjies om ons huise skoon ennetjies te hou? Dit is tog vir onsself watons dit doen. Sit jou tuinvullis in swartsakke en die skoonmakers laai ditMaandae met liefde vir jou op.Al ongerief is om die sakke ’n paar

dae tot die volgende Maandag in joumotorhuis of tuin te hou.Nogtans is daar van ons wat baie

dankbaar teenoor die Sol Plaatje-muni-sipaliteit is vir die moeite wat hy nouin Kimberley doen.Dit het effe lank geneem, maar ons

kan sien hy het nou erns met dié saak.

Briewe

Vee voor jou eie deurvoordat jy vinger wys

Karin Muller

DIE WilliamHumphreys-kunsga-lery (Whag) inCullinansingel,Kimberley, is ’ndikwels onderskattekosbare kleinood.Stap jy deur die

reuse-ingangsportaal,besef jy dat jy ’nwêreld van onskatba-re waarde betree.Die kunsgalery isnie net bekenddaarvoor dat hy aanSuid-Afrikaansekunstenaars sewerke voorkeur geenie, maar van diékunswerke word aaninternasionaleuitstallings geleen.“Die tentoonstel-

ling van die kuns-werke is ’n klein deel van die werk wat onshier doen,” sê Ann Pretorius, die direkteurvan die Whag.“Ons neem van die kunswerke na landeli-

ke gebiede om vir mense daar ’n smakie tegee van wat in die galery uitgestal word. Ditis vir hulle ’n gulde geleentheid om diekunswerke van naderby te sien – iets wathulle andersins nie sou kon doen nie. Nadatons met hulle oor die kunswerke gesels het,leer ons hulle om self iets kreatiefs te maak.”Die galery versamel kunswerke vir die

nasionale erfenis en word ook as een van diebeste in die land beskou. Dit is die enigstekunsgalery in Suid-Afrika met sy eieuitgebreide fliekteaterprojek. In die Whag-fliekteater word kunsflieks, musiekflieks enflieks oor kunstenaars vertoon wat nie bykommersiële teaters vertoon word nie. Daarword selfs gereeld konserte aangebied.“Ons bied kreatiewe klasse vir vroue en

kinders aan en ons help voorskoolse kindersmet ontwikkeling rakende vorms, kleur entekstuur. Kreatiwiteit stel jou in staat om in’n gebalanseerde mens te ontwikkel, jy hoefnie noodwendig ’n Picasso te word nie,” sêsy laggend.Benewens die kreatiewe projekte wat hulle

onder vrouegevangenes aanbied, help hulleonderwysers wat in hul vakgebied wilverbeter.“Ongelukkig word daar vandag onderwy-

sers in poste ingedruk wat nie noodwendig ’ngoeie grondslag in kuns het nie. As hulle omhulp aanklop, bemagtig ons hulle om ’nsukses te maak. Ons help ook leerlinge metprojekte en hou plaaslike kunskompetisies.”Pretorius is baie trots op die personeel wat

saam met haar werk.“Dit is onregverdig om ’n foto van my

alleen te neem, want al my kollegas is baieentoesiasties oor die werk wat ons hier doen.Hier is 18 werknemers by die WilliamHumphreys-kunsgalery wat altesaam 140 jaarse ondervinding in die bedryf het.”As jy tyd saam met vriende wil deurbring,

voldoen die galery ook aan dié behoefte. ThePalette is die koffiewinkel wat kos bied aandié wat die geriewe van die kunsgalery huuren is ook Saterdae van 10:00 tot 14:00 oop.

Kunsgalerykosbaar

ANN PRETORIUS,die direkteur van dieWilliam Hum­phreys­kunsgalery.

Foto: Karin Muller

THE Wildlife Society of Kimberley Girls’High participated in a clean-up session inSamaria Road where rubbish is dumped ona regular basis.According to Debbie Smith of the Kimber-

ley Equestrian Centre, citizens are dumpingtheir rubbish on the road and it hasbecome a sore eye for overseas tourists thatvisit the De Beers Dronfield Game Farmand Da Gama Game Lodge.It can also be very dangerous should the

cattle, game and horses of the surrounding

fields swallow the rubbish.The society didn’t hesitate to help clean

the road.“For young women to give up their

weekend, to help us clean up this road ismuch appreciated.“The road is now a pleasure to drive

through. Cameras have been sponsored sothat we can monitor the road, which willbe put up shortly. Until then, we hope thepeople who litter stay far away from ourclean road.”

Girls give their time to clean

THE Wildlife Society of Kimberley Girls’ High did not hesitate to jump in and help cleanupSamaria Road. From the left are PontshoNgakaditsile, SefaroMakepa, KeneilweMasire,Malesitsi Leokaoke, Lisa Philander and Reese James. Photo: Supplied

Page 6: Noordkaapnk 20140702

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014

THE Diamond Pavilion Shopping Mall, solelyowned by the JSE listed Resilient PropertyIncome Fund, will soon see more retailtogether with an additional third parkinglevel.

The mall, currently anchored by Checkers,Woolworths, Fruit & Veg: Food Lover’sMarket and Edgars, also houses an array ofnational retailers, such as Truworths,Foschini and the Mr Price Group.

The new premises will be constructed atEntrance 3 adjacent to Coricraft and Trap-pers. Deals have been concluded with Pick nPay Clothing and African Bank with twoothers to follow. The extension will increasethe size of the mall by 900 m² bringing it to

approximately 35 000 m² comprising a totalretail component of 96 stores. An additionalcustomer parking level will also be createdoffering additional free parking.

Benita Valkenborgh, the general managerof the Diamond Pavilion Shopping Mall,confirmed that as in the past, centre manage-ment would ensure the smooth implementa-tion and minimum disruption to the day today activities of tenants and customers.

The construction will be done behindclearly demarcated cordoned-off areas. Thepractical completion of the entire project isexpected to be the end of November.) Follow updates and progress on Facebookwww.facebook.com/DiamondPavilion.

Mall bigger, better

THE Diamond Pavilion Shopping Mall in Kimberley will soon be bigger and better withmore retail space and an additional third parking level. Photo: Supplied

Focus on Diamond Pavilion

Page 7: Noordkaapnk 20140702

NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014 7

Fokus op Diamond Pavilion

DIE Diamond Pavilion Mall se jaarlikse Bruidskou die afgelope na­week het groot belangstelling gelok. Hier is koekstilis AnnetteWallse pragtige koeke vir troues en kinderpartytjies.

LAAT jougaste spesiaal voel op jou troudag.Hier wys die Langberg­gasteplaas se uit­stalling op die Diamond Pavilion Mall seBruidskou hoe dit gedoen kan word.

SHIRLEY THERONhet op die DiamondPavilion Mall seBruidskou gewyshoe blomme tafelsop ’n huweliksont­haal mooi kan laatlyk.

Foto’s: Charné Kemp

Ideesvirtroudag

Page 8: Noordkaapnk 20140702

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014

Boipelo Mere

“IT was totally unexpected.When my name was calledduring the award ceremony,I realised that I was thewinner of the award in thecategory,” said GeorgePillay of the Media24Kimberley office.Pillay was named the

best local news salesrepresentative of the yearduring Media24’s LegendsNews Awards that washeld in Cape Town recent-ly.He had exceeded his

sales goal by 25% for theyear.

He said he could notdescribe how tough thecompetition had been thisyear and added that he hadworked hard as usual.Pillay won the same

award for the best salesrepresentative of the year in2012.“That was my best year,

but this time I had towork harder as the econo-my has not been up tostandard,” he said.The Legends competition

recognises and rewardsoutstanding achievements ofpersonnel in variouseditorial and advertisingcategories within Media24.

Hardwork pays off

GEORGE PILLAY won aLegends award.

THE Prestige Choir of Kimberley Girls’ High left for Austria on 24 June to take partin theMozart Cultural Festival and competition in Salzburg. The choir had to prepare21 songs for the festival. They will be performing in the Aula at the University ofSalzburg, the Salzburg Cathedral and the Mirabell Gardens.

To take part in Mozart Cultural Festival

Page 9: Noordkaapnk 20140702

NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014 9

ORANJE TOYOTA is die pasaangeër in dieNoord-Kaap, met meer as 50 voertuie watelke week verkoop word.Dit is geen wonder nie dat die onderne-

ming die tophandelaarskap binne dieToyota-groep in die Noord-Kaap is.Japie Zaaiman (verkoopsbestuurder) en

Annemie Loots (verkoopspersoon) is albeiToyota Knights, ’n titel wat aan die elite-per-soneel gegee word, met ander woorde, dieuitgesoekte verkoopspersoneel in die landwat as waardevolle bates vir hul handelaar-skap en Toyota Suid-Afrika beskou word.Hulle maak nie net ’n bydrae tot die

lewensvatbaarheid deur middel van wins tothul handelaarskappe nie, maar hullebevorder ook die beeld van die verkoopsper-soon en skep inspirerende vlakke vir anderverkoopspersoneel. Hul verantwoordelikhede(nou en in die toekoms) is om ’n voorbeeldvan gebalanseerde, professionele mense inhul werksomgewing, gemeenskap, maatskap-like en omgewingsbedrywighede te skep.Hulle maak ook bydraes tot die winsge-

wendheid van die handelaar deur hulprodukkennis en uitstaande diens aan hulklante en verkoopskollegas te wys.Oranje Toyota het ook pas twee eerbewyse

gewen. Dit is die Diamond Arrow Award2014 vir motorvoertuighandelaars virmotors, ligtehandelsvoertuie en sportnuts-voertuie, asook die Diamond Arrow Award2014 vir kommersiëlevoertuig-handelaars.

Toyotablink uitin NK

ORANJE TOYOTA se verkoopspersoneel. Van links is Johan Hamman, Marita van Tonder(F&I), Trevor Harrison, Annemie Roos (Knight), Wayne Openshaw, Raymond Mocumi enJapie Zaayman (verkoopsbestuur en Knight). Foto: Verskaf

TANYA FELDMAN,verkoopspersoneel­lid. Foto: Verskaf

JULIETTE DASOU­SA FERREIRA, ver­koopspersoneellid.

Foto: Verskaf

Motorredaksie

MET die gedreun van ’n Mirage wat laagoor jou kop duik, of die suidoos se gesuisom die vensters, wil Harley-Davidson syeerste tree in die era van elektriese motor-fietse gee.Fris Frik en die ander manne by die

plaaslike Harley chapter (of dan klub, soosons in Afrikaans sal sê) verstik seker in hulysterbaarde as hulle hoor waarmee diemotormaatskappy nou besig is.Maar Harley sê sy LiveWire-projek is nie

net ’n selfrugkrappery vir die 21ste eeu nie.Dit is die toekoms van die motorbedryf enhy wil graag relevant wees wanneer diemark vir elektriese motorfietse binnekortontplof.Waar ’n mens sou dink dat Harley met ’n

agterstand sou begin as dit kom by elektrie-se fietse, wat immers doodstil is terwyl ’nHarley juis bekend is om sy luide, skoffelen-de potato-potato-enjins, is die groep heelinnoverend hieroor.Die elektriese fiets, waarmee hy die res

van die jaar oor die hele Amerika wil toerom dit vir kommentaar aan ’n teikengroepklante bekend te stel, het ’n unieke klank.Anders as die diep gedreun van die

tradisionele V2-silinders het die elektriesefiets ’n hoë gegil wat klink soos ’n vegvlieg-tuig wat verbyswiep, of soos siniese kom-mentators sal sê, dit klink soos Knight Riderse Kitt.Hoe jy ook al daarna kyk, die klank is net

een aspek van die pakket. Harleys het ookhul kenmerkende voorkoms en dit het dievervaardiger in Milwaukee ook slim tot syvoordeel benut.Die fiets lyk soos ’n nuwe café racer, wat

nou so in die mode is. Dink aan Harley seretro-sportster Forty Eight en jy het ’n goeieidee. Daar is spieëltjies onder die handvat-sels, ’n gesonke saal, ’n lang en smalpetroltenk, vet bande soos ’n egte Harley enminimalistiese modderskerms voor en agter.Selfs die enkele, oop hooflig is rond soos

’n 1950’s-model s’n. Maar dié LED-meneerskyn deur ’n vertikale gleuf in die lens watsnags soos ’n katoog se pupil lyk.Dit is nie werklik so vreemd dat Harley

met so ’n projek vorendag kom nie. ’n Paarjaar gelede het sy impetus om te vernuwereeds posgevat toe hy sy projek Rushmorebegin het – moderne waterverkoelde enjinsom sy tradisionele lugverkoelde eenhedestelselmatig te vervang.Ook het hy pas in Europa sy nuwe

intreevlak-fietse, die Street 500 en 750,bekend gestel.Hulle is veral gemik op die Indiese,

Chinese en Suidoos-Asiatiese markte en isvolgende jaar in Suid-Afrika te kry.Harley het nog geen verrigtingsyfers vir

die elektriese fiets bekend gemaak nie.Maar alleenlik op grond van die voorkoms

en die vreemde gil-klank hou ons reeds vanhul gedagterigting.

Harley klinksoosMirage

Page 10: Noordkaapnk 20140702

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014

GEKLASSIFISEERDPERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

CONSOLIDATION.Loan online.Up to R23 000.Low credit score [email protected]

TE KOOP

ALLERLEI

1655

AANDAG ALLE BOERE:Ek verkoop immergroenRussiese gras en is opsoek na skape, bokke en oubakkies te koop vir kon-tant. 072 604 5219www.russiangrass.co.za

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITENK. Koel in somer, warmin winter. SABS. Gratiskwotasies. 082 388 0307of 053 832 9194.

SAKE

GELEENTHEDE

2415

SUCCESSFUL, PROFI-TABLE EXCITING oppor-tunities:Sweet distributionChocolate manufacturingMedical Aid kits.Myer 021 547 5767,[email protected]@gmail.com

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

BACHELOR FLAT:R2 400 p.m.Water and lights included.084 800 8046.

MANSPERSOON:*Water ingesluit.*Koopkrag*R2 800 p.m. Plus dep.Tel: 083 619 7669.

BETREKKINGS

3600

ADMINISTRATIEF

3605

ADMIN. CLERKSNEEDED for copy/pastework. SMS fullname/address to074 927 5124 or e-mail:[email protected]

ROUX WELGEMOED &DU PLOOY.Ons firma het 'n posbeskikbaar vir 'n kandi-daat-prokureur vir onsinvorderings/litigasieafde-ling. Moet onmiddellikdiens aanvaar. 'n LL.B-graad is nie 'n vereiste nieen ons is bereid om 'n 5-(vyf) jaar-kontrak met diesuksesvolle kandidaat tesluit. Stuur volledige CVna faks: 086 616 9514.E- pos:[email protected]

GESOEK

3601

HUISHULP/SKOONMA-KER soek werk inKimberley. Skakel 073079 4338.

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

TL SMITHIn die boedel van wyleTrevor Lawrence Smith,identiteitsnommer480310 5039 088, van Mer-rimanstraat 36A, DeBeers, Kimberley.Meester se verwysing:020344/2014.Alle persone metvorderinge teen die bover-melde boedel moet ditbinne 30 (DERTIG) daevanaf datum vanpublikasie hiervan by diebetrokke Eksekuteurinlewer.HPA VENTERDUNCAN & ROTHMANProkureurs vir EksekutrisePOSBUS 64KIMBERLEY8300Verw: HV/jm/Lod9/0001

BOEDELS:

LIKWIDASIE EN

DISTRIBUSIE4205

HJ SCHEEPERS.In die boedel van wyleHendrik JohannesScheepers.Identiteitsnommer:311102 5039 084.Van: Acacia Aftree - OordJacobsonlaan, Kimberley.Meester se verwysing:20021/2014.Die Eerste en FinaleLikwidasie enDistribusierekening in diebogemeldeboedel sal ter ter insae lete die kantore van dieMeester van dieHooggeregshofKIMBERLEY vir nperiode van 21(Een en Twintig) dae vanaf4 Julie 2014.HPA VENTERDUNCAN & ROTHMANProkureurs vir EksekuteurDUNCAN & ROTHMANCHAPELSTRAAT 39 - 43KIMBERLEY8301Verwysing: SCH178/0001

B

E

T

R

E

K

K

I

N

G

S

B

E

T

R

E

K

K

I

N

G

S

Page 11: Noordkaapnk 20140702

NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014 11

Available for a limited time only

KFC Famous BowlsHome cookingwithout the cooking

SYN

C/1

2414

YUM RestaurantCustomer Careline: 0860 100 222

www.kfc.co.za

KFC TelKFC Kimberley 2 (Cnr. George & Bulfontein Road)KFC Kimberley 3 (Cnr. Transvaal & Cecil Sussman Street)KFC Monument Heights (Cnr. Macdougal & Memorial Road)

053 832 9607053 831 2255053 832 9554

Hannes Nienaber

AS die Noordvaal-Bondedag enigsins as’n rigtingwyser beskou kan word, sal dieo.18-rugbyspan van Griekwaland-Wesvanjaar ’n veel hegter eenheid as dieafgelope tyd op die Cravenweek-rugby-toernooi wees.Die Poubloues het Saterdag hier in die

DP de Villiers-stadion die Luiperds met34-7 kafgedraf.Griekwas kom op die tweede dag van

die 51ste Cravenweek vir hoërskole van14 tot 19 Julie in Middelburg (Mpuma-langa) teen die melkkoeie van dietoernooi, Grens-platteland, te staan.

’n Gedugter Griekwa-span kan dalkvanjaar meer eer uit die stryd tree náafloop van hul drie wedstryde op vanjaar setoernooi.Teen die Luiperds het die span nie in die

eerste tien minute oortuig nie en het ditgelyk asof die geploeter van die afgelopepaar jaar maar vanjaar sal voortgaan.Die Luiperds het vroeg met 7-0 voorgeloop

nadat sy agtsteman, Edmund Rheeder,oorgeval het.Die span van die Noord-Kaap se skrum-

skakel, Brandon de Melim, het met ’n paarbreekslae om die losskrums sy span op dievoorvoet begin kry en toe hy vir sy span seeerste drie oorduik, was dit welverdiend.

Sy vonk het die vuur verskaf wat diePoubloues nodig gehad het.Die voorspelers het ook skielik die

oorhand begin kry en die slot Rikus Zwarthet in die lynstane en in die los uitgetroon.Die heelagter, Keaton Gordon, het sy span

se tweede drie gedruk nadat hy die bal netbuite sy span se doelgebied onderskep het.Die gereelde heelagter, Wilfred Bowers,

was op die vleuel soos gewoonlik gevaarlikop die aanval.Hy het ’n hele paar keer verdedigers na

die lug laat gryp met sy vaart en vinnigevoetwerk.Die feit dat die losskakel, Robbie Petzer,

sy skopskoene aangehad het, het ook

gehelp.Petzer het takties goed geskop en sy

stelskopwerk het die telbord aan die rolgehou.Die wenspan se versoolde binnesenter,

Gerhard Holtzhausen, verdien ook ’nklop op die skouer vir sy vertoning.Hy was verlede jaar dié span se

agtsteman op die Cravenweek in Polo-kwane.Griekwas 34 (20): Drieë: Brandon de

Melim, Keaton Gordon, Wilfred Bowers,George Sieberhagen. Doelskoppe:Robbie Petzer (4). Strafdoele: Petzer (2).Luiperds 7 (7): Drieë: Edmund

Rheeder. Doelskop: Markus Coetzer.

Luiperds se byt trekmin bloed

Page 12: Noordkaapnk 20140702

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014

SportSportDie Diamantstad se koerant

Johann de Jager

DIE Griekwas se lynstaandrywe waarmeehul flank Carel Greeff ’n driekuns aan drieëbehaal het, was Saterdag hier een te veelvir die Griffons.

Anders as die weghol-veldbrand net buitedie Noordwes-stadion wat later bedaar het,was die Poubloues onstuitbaar wanneerhulle aan’t drywe gegaan het. Dit het hullevier drieë besorg in die spanne se wedstrydter kwalifisering vir die Premierliga vandie Curriebeker-reeks.

Hulle het eindelik sewe drieë gedruk ommet 43-24 op koers vir kwalifisering te bly.

Die besoekers het reeds in die eerstehelfte, met ’n derde drie van ’n lynstaan af,hul bonuspunt aan drieë behaal en rustydmet 24-7 voorgeloop.

“Die drywe is een van ons sterk punte –dis iets wat vir ons baie goed gewerk het,”het Hawies Fourie, Griekwa-afrigter, gesê.

Griekwas het, ná hul welslae in dieverlede teen die Perses, nie twee keergedink nie.

“Dit werk teen die Griffons, maar dit isook oor die jare deel van Griekwas semanier van speel. Sedert Dawie Therondaar afgerig het, is Griekwas bekend virdrywe en die ouens het daardie tradisievoortgesit. Ons sal beslis nie daarvan afwyknie, maak nie saak teen wie ons speel nie.”

Fourie was net so in sy noppies met hullynstaanwerk self.

Eric Herbert, die hulpafrigter van dieGriffons, het gesê die gemors met hullynstane het telkens momentum beduiwel.

Daar het nie veel vir Griekwas in diemiddelveld gebeur nie. Dit had straks ietste make gehad met die teenwoordigheid vandie Griffons se makro-senter Japie Nel, wat’n slag ’n teenstander opgefrommel het.

Fourie erken hul agterlyn was as eenheidnie goed nie en het daarop gewys dat anderspelers speelkans gegee is.

Die heelagter Jacquin Jansen het lus virhardloop gelyk, terwyl Tian Meyer ’n grootverskil gemaak het toe hy as plaasvervan-ger-skrumskakel opgestuur is.

Greeff was die beste speler op die veld.Jonathan Adendorf (slot) sou hom goeie

mededinging gegee het as hy nie as voor-sorg weens ’n liesbesering afgehaal is nie.

Die Griffon-stut PW Botha is met dieafskop beseer, terwyl die flank Frans Sisitaook in die eerste helfte beseer is.

Joubert Engelbrecht (senter) en dieplaasvervanger-skrumskakel Boela Abra-hams was op hul stukke, terwyl ElandréHuggett (haker) gewoel het in die los.

Puntemakers:Griekwas 43 (24): Drieë: Carel Greeff (3),

Jonathan Andendorf, Ederies Arendse,Francois Brummer, Howard Mnisi. Doel-skoppe: Nico Scheepers (2), Brummer (2).

Griffons 24 (7): Drieë: Norman Nelson,Tertius Maarman, Japie Nel, Danie van derMerwe. Doelskoppe: Colin Herbert, PieterSteyn de Wet.

Griekwas dryf Griffons tot raserny

CARELGREEFF in aksie. Hywas Saterdag een van die sterre in Grie­kwas se oorwinning van 43­24 oor die Griffons, en het drie drieëgedruk. Griekwas het met dié sege nog ’n tree nader daaraan ge­kom om na die Premierliga van die Curriebeker­reeks terug te keer.

Foto: Louis Botha

GWK en Griekwaland­Wes se GW­streek­rugbytoernooi word tot vandag op GWK­park aangebied. Spanne van die verskillen­de streke in die Noord­Kaap neem in dieo.15­ en o.17­ouderdomsgroep aan die toer­nooi deel. JustinErasmusvandieHoërskoolHomevale en lid van die Kimberley­streek seo.17­span duik hier oor vir ’n drie in diewed­stryd teen Namakwaland.

BRADLEYTHAYNSMAvandieHoërskoolDiamantveld en lid vandieKimberley­o.17­streek­span in aksie in die span se kragmeting teen Namakwaland. Die wedstryd is Maandagas deel van GWK en Griekwaland­Wes se GWK­streektoernooi gespeel.

OLAF KRUGER van die Hoërskool Diamant­veld en die Kimberley­streek se o.17­spanbehaal een van sy span se drieë in die wed­stryd teen Namakwaland. Foto’s: Emile Hendricks

Duik en druk