12
Tel (053) 831 2331 Woensdag 24 September 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant André Botha KIMBERLEY se eens bloeiende teaterkultuur kan herleef wanneer die Noord-Kaap-teater oor ’n paar maande heropen. En dit sal spoggeriger as vantevore wees. “Dít is die beste nuus in jare,” sê Theuns Zimmermann, uitvoerende hoof van die Gariep Kunstefees, oor die hervatting van bouwerk aan die teater. Die teater is reeds in 2009 weens veiligheidsredes deur die departement van arbeid gesluit en staan sedertdien ongebruik. Dit het meegebring dat talle kunstenaars nie in die stad wou optree nie en dat die Gariep Kunstefees nie soos vroeër jare topproduksies in die teater kon aanbied nie. Skoolsale is die afgelope paar jaar hiervoor gebruik. Morapedi Sekhoane, woord- voerder van die departement van sport, kuns en kultuur, sê die bouwerk sal op 1 Oktober hervat word nadat dit in 2011 weens ’n tekort aan geld gestaak is. Sowat R16 miljoen is reeds aan die bouwerk bestee. Dit was sowat 85% voltooi toe dit gestaak is. ’n Verdere R12 miljoen is nou van die nasionale departement van kuns en kultuur gekry. Sekhoane sê die departement is optimisties dat die bouwerk binne ses maande voltooi sal wees. Die departement van paaie en openbare werke sal die bouwerk, wat deur Mahlangu Constructors gedoen sal word, moniteer. Die teater sal ná voltooiing topgehalte-sitplekke in die ouditorium hê. Voorsie- ning word ook die eerste keer vir gestremdes gemaak. Dit sluit spesiale sitplekke vir gestrem- des en ’n oprit na die agterkant van die verhoog in. Die voor- portaal word vergroot en die orkesput verbeter, geriewe agter die verhoog word verbeter en die dak word vervang. Daar sal ook ’n raadsaal wees. Sekhoane sê die jaarlikse bedryfskoste van die teater sal sowat R8 miljoen wees. Zimmermann sê dit was een van Kimberley se grootste skandes dat hier nie ’n teater beskikbaar was nie. Dit het ’n groot leemte by teaterliefheb- bers gelaat. “Dit is wonderlike nuus. Ons sal dit beslis vir die fees aanwend, afhangende van of ’n ooreenkoms hieroor bereik word.” Safiyia Stanfley, DA-woord- voerder oor sport, kuns en kultuur, sê skakeling tussen die teater, die Mayibuye-sentrum, die kollege vir voortgesette onderwys en opleiding en die Sol Plaatje-universiteit sal meebring dat Kimberley se kinders nie meer loopbane in die kunste in ander provinsies hoef te volg nie. Die heropening van die teater sal kuns en kultuur ’n broodno- dige hupstoot gee. Die DA is egter besorg oor die eindelike koste van die projek. Die teater is in die 1950’s opgerig en is destyds as een van die beste teaters in die land beskou. Kunstenaars het dikwels hier opgetree, skole het opvoerings gehou en amateurtoneelgroepe het die teater gebruik. Die des- tydse Kaapse Raad vir Uitvoe- rende Kunste (Kruik) het ook opvoerings in die teater gehou. Teater herleef Kultuur blom weer WARE mans dra pienk, veral as dit vir ’n goeie doel is. Griekwas se tradisionele poubloutruie word Saterdag vir pienk verruil. Dit is ter ondersteuning van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se veldtog vir die bevordering van kankerbewustheid. Griekwas pak die Leeus Saterdag in Kimberley. Hier wys Francois Brummer en Elzaan van Wyk, Kansa se matrieknooi vir 2013, hoe die truie lyk. Ver- teenwoordigers van Kansa sal ook Saterdag op GWK-Park wees, en onder meer pienk bandanas ver- koop waarmee mense hul steun vir die Kansa-veldtog kan wys. En as touskouers ook pienk dra, des te beter. Tien lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wenSMS jou naam en van, NK en Griekwas na45533. Foto: André Botha Bloos nie om pienk te dra

Noordkaapnk 20140924

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Noordkaapnk 20140924

Citation preview

Page 1: Noordkaapnk 20140924

Tel (053) 831 2331 Woensdag 24 September 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

André Botha

KIMBERLEY se eens bloeiendeteaterkultuur kan herleefwanneer die Noord-Kaap-teateroor ’n paar maande heropen. Endit sal spoggeriger as vantevorewees.“Dít is die beste nuus in

jare,” sê Theuns Zimmermann,uitvoerende hoof van die GariepKunstefees, oor die hervattingvan bouwerk aan die teater.Die teater is reeds in 2009

weens veiligheidsredes deur diedepartement van arbeid gesluiten staan sedertdien ongebruik.Dit het meegebring dat talle

kunstenaars nie in die stad wouoptree nie en dat die GariepKunstefees nie soos vroeër jaretopproduksies in die teater konaanbied nie.Skoolsale is die afgelope paar

jaar hiervoor gebruik.Morapedi Sekhoane, woord-

voerder van die departementvan sport, kuns en kultuur, sêdie bouwerk sal op 1 Oktoberhervat word nadat dit in 2011weens ’n tekort aan geldgestaak is.Sowat R16 miljoen is reeds

aan die bouwerk bestee. Dit wassowat 85% voltooi toe ditgestaak is.’n Verdere R12 miljoen is nou

van die nasionale departementvan kuns en kultuur gekry.Sekhoane sê die departement

is optimisties dat die bouwerkbinne ses maande voltooi salwees. Die departement vanpaaie en openbare werke sal diebouwerk, wat deur MahlanguConstructors gedoen sal word,moniteer. Die teater sal návoltooiing topgehalte-sitplekkein die ouditorium hê. Voorsie-

ning word ook die eerste keervir gestremdes gemaak. Dit sluitspesiale sitplekke vir gestrem-des en ’n oprit na die agterkantvan die verhoog in. Die voor-portaal word vergroot en dieorkesput verbeter, geriewe agterdie verhoog word verbeter endie dak word vervang. Daar salook ’n raadsaal wees.Sekhoane sê die jaarlikse

bedryfskoste van die teater salsowat R8 miljoen wees.Zimmermann sê dit was een

van Kimberley se grootsteskandes dat hier nie ’n teaterbeskikbaar was nie. Dit het ’ngroot leemte by teaterliefheb-bers gelaat. “Dit is wonderlikenuus. Ons sal dit beslis vir diefees aanwend, afhangende vanof ’n ooreenkoms hieroor bereikword.”Safiyia Stanfley, DA-woord-

voerder oor sport, kuns enkultuur, sê skakeling tussen dieteater, die Mayibuye-sentrum,die kollege vir voortgesetteonderwys en opleiding en dieSol Plaatje-universiteit salmeebring dat Kimberley sekinders nie meer loopbane indie kunste in ander provinsieshoef te volg nie.Die heropening van die teater

sal kuns en kultuur ’n broodno-dige hupstoot gee. Die DA isegter besorg oor die eindelikekoste van die projek. Die teateris in die 1950’s opgerig en isdestyds as een van die besteteaters in die land beskou.Kunstenaars het dikwels hieropgetree, skole het opvoeringsgehou en amateurtoneelgroepehet die teater gebruik. Die des-tydse Kaapse Raad vir Uitvoe-rende Kunste (Kruik) het ookopvoerings in die teater gehou.

TeaterherleefKultuur blomweer

WARE mans dra pienk, veral as dit vir ’n goeie doel is. Griekwas se tradisionele poubloutruie wordSaterdag vir pienk verruil. Dit is ter ondersteuning van die Kankervereniging van Suid­Afrika (Kansa)se veldtog vir die bevordering van kankerbewustheid. Griekwas pak die Leeus Saterdag in Kimberley.Hier wys Francois Brummer en Elzaan van Wyk, Kansa se matrieknooi vir 2013, hoe die truie lyk. Ver­teenwoordigers van Kansa sal ook Saterdag op GWK­Park wees, en onder meer pienk bandanas ver­koop waarmee mense hul steun vir die Kansa­veldtog kan wys. En as touskouers ook pienk dra, deste beter. Tien lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wenSMS jou naam en van, NK en Griekwas na45533.

Foto: André Botha

Bloos nie om pienk te dra

Page 2: Noordkaapnk 20140924

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

André Botha

HOE kan Kimberley as ’n voorkeur-beleggingsbestemming bemark word?Dit is die tema vir ’n belegging-

seminaar wat vir 2015 in die stadbeplan word terwyl beleggings vanbykans R400 miljard reeds in dievolgende tien jaar in die Noord-Kaapverwag word.Die doel van die seminaar sal wees

om Kimberley en omstreke seekonomiese grondslag te versterk enuit te brei.Die voorlegging oor die seminaar,

wat aan die Sol Plaatje-raad gedoenis, stel dit ’n beleggingseminaar is ’nuitdrukking van vertroue in dieplaaslike ekonomie.Die geleentheid sal gebruik word

om die stad se hulpbronne, liggingen ander voordelige eienskappe tebeklemtoon.Die mededingende voordele van die

plaaslike ekonomie sal bekend gestelword om verdere beleggings aan temoedig.Die munisipaliteit se sub-eenheid

voer reeds ’n veldtog om beleggersna Kimberley te lok. Van al diemaniere beskikbaar om beleggingste bevorder is ’n seminaar waarskyn-lik die doeltreffendste, lui dievoorlegging.Die seminaar sal waarskynlik in

April of Mei 2015 gehou word.Volgens die voorlegging staan die

Noord-Kaapse ekonomie aan dievooraand van ’n “massiewe golf vanbeleggings” oor die volgende tienjaar in die myn- en energiebedryf.Daarmee saam kom beleggings in

agri-besigheid.Die verwagte gekombineerde

waarde van beleggings oor dievolgende tien jaar is R400 miljard.Net vir die mynbedryf is dit sowatR250 miljard.

Kimberley se ekonomie lewer diegrootste bydrae tot die brutobinnelandse produk (BBP) van dieNoord-Kaap.Terwyl die stad se ekonomie

grootliks op die tersiêre bedryfberus, kom ’n aansienlike deel vandie provinsie se BBP van dieprimêre sektore, naamlik mynbou enlandbou.Sowel mynbou as landbou leun

sterk op Kimberley se beperkte(maar doeltreffende) nywerheidsektorwat as die hoofdienstesentrum viralbei dié sektore in die res van dieprovinsie dien, lui die voorlegging.’n Beleggingseminaar sal die pas

aangee vir plaaslike ekonomieseontwikkeling in die kritieke rol om’n geleentheid vir werkskepping enekonomiese uitbreiding te verskaf.’n Netto toename in die belasting-

basis sal help om ontwikkelingpro-jekte te finansier.

Belegging in Kby bekyk

DAN SKINSTAD, die sere­braal gestremde avonturierwat ’n kajakreis van2 300 km om Ysland onder­neem het, is op 2 Oktoberdie Jeneka­vroueorganisa­sie se gas op ’n ete by dieHoërskool Diamantveld.Skinstad was saammet dieavonturier Riaan Manserdie eerste Suid­Afrikanerswat in ’n kajak om Yslandse kus geroei het en ook dieeerste spanmet ’ngestrem­de mens aan boord. Die ge­leentheid kos R150 per per­soon, die ete ingesluit. BelMarian van der Westhuizenvoor 22 September by 083­633­6446 om plek en kaart­jies te kry.

Foto: Verskaf

DIE Hoërskool Noord­Kaap het sy bestuursko­mitee vir 2015 aange­wys. Van links is, voor:Thiven Padayachy (voor­sitter), Michelle Kenny(voorsitter), Jessica duPlessis (ondervoorsitter)en Ruben Umpierrez Du­ran (ondervoorsitter);tweede ry: Tshweu Se­phiri, Levert Koopman,Zeena Martin, Joy Mok­goroane, Pride Geco, Si­mone Jacobs en LeatitiaHuman; derde ry: Markvan Staden, Klensch Lu­cas, Cecilia Fiedler, Min­ke Helena, Robyn­Leevan Zyl, Aiden Botha enDaniel Gorrelkin; agter:Jakon Changfoot en To­ny Mashilo. Foto: Verskaf

Lei skool in 2015

Page 3: Noordkaapnk 20140924

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014 3

Popping deals to get you celebrating!

Valid From 25 September to 5 October 2014.All quoted prices are in South African Rand and inclusive of VAT unless otherwise stipulated

Free State: Bodi Café Heilbron (058 853 5800), Bus Stop (051 448 1036), CHH Knauff (051 541 0052),Clarens (058 256 1957), Colesburg (051 753 1468), Commando (057 352 9041), Douglas (053 2982281), Fichardt Park (051 522 9515), Five Star Supermarket (058 303 1360), Flair (057 352 1733),Mini Rama Hartbeesfontein (018 431 0196), Hoopstad (053 444 1938), Kakamas (054 431 0889),Kimberley Pantry (053 832 2732), Koffiefontein (053 205 0761), Manny’s Kroonheuwel (056 2123372), Manny’s Welkom (057 396 5695), Pofadder Vleis (054 933 0062), Protea Stores (061 088 7855),Riebeeckstad (057 388 1269), Super Spaar (051 522 1971), The Village Shop (054 335 4383), YiangouGrocers (051 991 0106) Northern Cape: Imperial (053 497 3961), Jacobsdal (053 591 0795), Keimoes(054 461 1150), Postmasburg (053 313 0554) Northern Cape: Imperial (053 497 3961), Jacobsdal (053591 0795), Keimoes (054 461 1150), Postmasburg (053 313 0554),

/SaveriteSupermarket /YourSaverite [email protected] www.saverite.co.za SAV005

SMS “Birthday”, your name, andSaverite store name to 41729.

(eg: Dash, Vuyo, Springs)

SMS cost R1.00 Ts & Cs apply

Plus more prizes up for grabs. See in-store / Facebook for more details

Win 1 of 5 DOUBLE TROLLEY DASHESfor you andyour friend!

for more details

Win 1 of 5 DOUBLE TROLLEY DASHES

win!win!

Limited to 6 per customer26.90

CocaColaRange2L

Buy 2for

17.00All GoldTomatoSauce700ml 69.00Ricoffy

750g

29.90SurfWashingPowderFlexibag2kg

DAS

H DEAL

ASSEEN

ONTV

17.00Sta-softFabricSoftenerRefill500ml

Each

ASSEEN

ONTV

ASSEEN

ONTV

20.00Handy AndyLiquid Refill 750ml +Sunlight DishwashingLiquid Pouch350ml

SMS cost R1.00. Terms and conditions apply

SMS“Braai”, your name and your Saverite Store(i.e Braai, Vuyo, Springs) to 41624

Stand achance to wina Weber braaiworth R1200

Stand achance to wina Weber braaiworth R1200

9.00CadburySlabAssorted80g

Each

Madelein Venter

INSKRYWINGS vir vanjaar seBloemnuus-Roosknoppie-kompeti-sie kom flink in en die eersteinskrywing uit Kimberley wordvandag geplaas.

As jy nog nie ’n inskryfvormhet nie, kry dit op www.noord-kaap.co.za.

Opskud, want die kompetisiesluit reeds op Maandag 29 Septem-ber om 12:00 en geen laat inskry-wings sal aanvaar word nie.

Foto’s van deelnemers sal in dieNoordkaap en sy susterspublika-sies Kroonnuus, Maluti, Bloem-nuus, Vista en Kalahari Bulletin,geplaas word, afhangend van waardie meisietjie bly.

Die wenner van die kompetisievir fraai, jong meisietjies van drieen vier jaar oud word op 25Oktober op die Rosefees in dieLoch Logan-waterfront in Bloem-fontein aangewys.

Die 30 semi-finaliste moet ookop Vrydag 24 Oktober beskikbaarwees om aan ’n uitdunronde deelte neem, waarna die tien topfina-liste aangewys sal word. Diesemi-finaliste word deur leserstem-me en die organiseerders bepaal.

Lesers sal ná die sluitingsdatumvan die kompetisie ’n geleentheidkry om aanlyn vir hul gunstelingete stem. Die top-30 sal bestaan uitdie top-20 onder die leserstemmeen tien finaliste wat deur dieorganiseerders gekies word.

Die organiseerders se besluit isfinaal en geen korrespondensie salhieroor gevoer word nie.

Die inskryfgeld van R30 wordaan Volksblad en sy plaaslikekoerante se Ons gee om-fonds(voorheen die Volksblad-Kers-

fonds) geskenk.Ouers word versoek om hulle

van die reëls op die inskryfvormte vergewis en daarby te hou.

Jy kan jou inskrywing pos of byVolksblad se kantoor inhandig.S Rig alle navrae aan MadeleinVenter deur ’n e-pos te stuur [email protected].

Opskudmetinskrywings

MIGNON DU PREEZ (4) van Kim­berley is die dogter van Welma enJohan du Preez.

HIER is hulle, die wenners vanNoorkaap se baba-en-kleuterkom-petisie. Die kompetisie is deur dieDiamond Pavilion Shopping Mall,Louis Botha-fotografie, dieUniversiteit van die Vrystaat (UV)

se Joolgemeenskapsdiens enNoordkaap aangebied. Al die foto’sis deur Louis Botha van LouisBotha-fotografie geneem. Baiegeluk aan die wenners, en dankieaan almal wat gestem het.

Wenners bekend

MCKAYLAVANDERLINDE, wenner: 5tot 6 jaar.

KEEGAN PIETERSE,tweede plek.

NATHAN JANSEVAN RENSBURG,derde plek.

ETHAN FOUCHÉ,wen kategorie drietot vier jaar.

GENEVIEVÉ ERAS­MUS, tweede plekin dié kategorie.

JUANDRE VANNIEKERK, derdeplek.

ZAVIAN LOOTS,wen afdeling eentot twee jaar.

KAIDEN FOURIE:wen tweede plek.

RIANNÉ POPE wenderde plek.

ELIZE HOUGH is vandees-week die wenner vanNoordkaap en die DiamondPavilion Shopping Mall seSoek-en-wen-kompetisie. Sykan haar R200-geskenkbewysby die sentrumkantoor gaanafhaal.

Deelnemers moet sekermaak hulle gee die kompeti-sie-antwoord (die bladsynom-mer waarop die logo ver-skyn), asook hul naam envan. Indien dié besonderhedenie daar is nie, kan hulle nievir die trekking in aanmer-king kom nie.

Die logo is die een waarin’n klein diamant verskyn, niedie logo wat as deel van diesentrum se advertensieverskyn nie.

Hou volgende week se uit-gawe vir die volgende rondevan die kompetisie dop.

Soeklogo, wen

MARINDI FOURIE en CeciliaPretorius is die eerste wennersvan ’n geskenkpak van Coca-Cola.

Nog ses lesers van Noordkaapkan elk oor die volgende drieweke ’n geskenkpak wen.

Interessante geskenke en Cokein die nuwe bottel (330 ml) is deelvan die geskenkpak.

Om deel te neem stuur ’n SMSna 45533.

Die SMS moet begin met NK,dan ’n spasie gevolg deur Coke,met nog ’n spasie en jou naam envan. Mense het tot Vrydag 12:00kans om hulle in te skryf.

Onthou, sonder jou naam en vankan jy nie vir die prys in aanmer-king kom nie.

Prys ’n lafenis

Page 4: Noordkaapnk 20140924

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

DIT is voorwaar goeie nuus datbouwerk aan die Noord-Kaap-tea-ter eindelik hervat gaan word.Kimberley het vroeër jare ’n

ryk teatertradisie gehad, selfs indie vroegste jare van die stad sebestaan.Die Theatre Royal, wat in 1930

afgebrand het, is in sy tyd as eenvan die beste en swierigste in dieland beskou.Maar selfs die Noord-Kaap-tea-

ter, voorheen die Kimberley-tea-ter, is hoog aangeslaan toe dit in1953 geopen het.Die teater is gereeld deur skole,

plaaslike amateurgroepe en selfsbesoekende toneelgroepe gebruik.Meer onlangs is teaterproduk-

sies as deel van die GariepKunstefees hier aangebied.Die afgelope byna sewe jaar

staan die teater egter onbenut.Dit het ’n groot leemte in die

kultuurlewe van die stad gelaat.Die Gariep Kunstefees moes

skoolsale gebruik, die Diamant-koorfees moes ’n ander tuistevind en kunstenaars het Kimber-ley begin vermy, omdat hier niebehoorlike geriewe was nie.Dit was ’n verleentheid vir die

stad dat hier, in die Noord-Kaap-se hoofstad, nie ’n behoorliketeater was nie en skoolsale kannie dié rol vervul nie.Hopelik sal die departement

van sport, kuns en kultuur (diékeer) by sy woord hou en saldie teater vroeg in 2015 voltooiwees.Beter geriewe as voorheen word

beloof.Daarmee kan die teater weer ’n

sieraad vir die stad word enweer ’n groot bydrae tot kultuurlewer.Net soos vroeër jare.

Sal jy kan sêwat jy ‘post’?Hannes Noëth

ONS leef in ’n wonderlike wêreld vantegnologie. Die wêreld is klein en onskommunikeer maklik met mekaar.Dit maak nie saak of die kinders oorsee

is en of hulle naby is nie, maak nie saakof jou familie drie huise van jou af bly ofin ’n ander dorp nie – hulle is net ’nboodskap ver.Hierdie klein tegnologiese wêreld is

egter ook gevaarlik. Die afgelope weekgesels ek met iemand wat só seergekryhet. Die rede: mense wat eenvoudig,onnadenkend net ’n boodskap stuur.Ons moet almal besef dat daar met die

druk van ’n knoppie om iets te stuur of teplaas ook ’n groot verantwoordelikheidgepaardgaan.Onthou, die mens of mense wat jou

boodskap lees, verstaan nie noodwendigjou bedoeling nie.Daarom moet ’n mens versigtig wees

wat jy aanstuur en vir wie jy dit stuur.Jy kan een mens om verskoning vra,maar jy kan nie elkeen wat ’n boodskapgelees het, opsoek nie.Die wêreld van tegnologie maak dit

onmoontlik. Daarom betaam dit ’n mens

met integriteit om te dink wat hy of syoor die elektroniese media heen versprei.Die belangrikste is dat jy nooit weer ’n

boodskap wat gestuur is, kan beperk ofonttrek nie. Die skade wat gedoen is, isgedoen.Seer is seer en neem soms lank om te

genees. Die Bybel noem dit moordwanneer jy jou naaste se naam ’n oneeraandoen.Met dit alles in gedagte is die ander

kant natuurlik ook waar: Jy kan dietegnologiese wêreld gebruik om mense selewe positief aan te raak. Daarom is diegroot vraag nie wat ek waarop plaas enstuur nie, maar wat daar in my hart leef.As daar sagtheid en vrede is, sal dit ook

in my boodskappe wees, waar ek dit ookal heen stuur.Miskien is die grootste vraag: Kan ek

alles wat ek tik, plaas, aanstuur, of hoeook al versprei, kan ek dit self vir iemandsê?

DIEMcGregor­museum inAtlasstraatse geskiedenis is net so ryk soos diegeskiedenis wat binne uitgebeeldword. Dit is in 1897 as sanatoriumop­gerig en het dié rol tot 1908 vervul.Tydens die Anglo­Boereoorlog wasdie sanatorium ’n wyle ook CecilJohnRhodes se tuiste toe hy ’n slaap­kamer hier gehad het. Die ou foto isin dié tyd geneem met Rhodes watlinks staan. Let op die sandsakkewaarmee die gebou beskerm is. In1908 het dit die Hotel Belgrave ge­word. In dié tyd het heelwat bekendemense hier tuisgegaan, insluitendadellikes uit Brittanje en selfs diekroonprins van Portugal. In 1933 hetdie ConventHighSchool, voorheen inDutoitspanweg, die gebou betrek.Die skool was in die gebou totdat ditin 1969 gesluit het. Daarna het ditdeel van die uitgebreide McGregor­museumgeword. Diémuseumhet syontstaan in Chapelstraat gehad in ’ngebou wat steeds gebruik word. DieMcGregor­museum bestaan vandaguit verskeie eenhede, nie net in Kim­berley nie, maar verspreid oor dieNoord­Kaap. Dit maak die museumeen van die grootstes in die land. Diegebou se voorganger was die be­roemde Halfway House wat in 1872op dié perseel begin is. Toe die sana­torium opgerig is, het die HalfwayHouse oorkant die straat geskuif nadie perseel waar dit steeds is.

Foto’s: Africana-biblioteek en André Botha

Ryk verlede

Karin Muller

HY lyk jonger as wat ek verwag het, maartoe hy my motor kom haal om versien teword kon ek dadelik hoor hy weet wat in ’nmotor se ingewande aangaan. Voordat ek diemotorsleutel oorhandig, val dit my by dat ek,in opdrag van Manlief, moet uitvind wanneerhy die koppelaar kan herstel.“Ek verstaan die oom het jou van die

koppelaar gesê,” vra ek.Die jong man staar my vraend aan. “Nee,

Tannie, ek weet nie daarvan nie.”Hy draai die blikkie koeldrank in sy hand

ingedagte in die rondte. Ek stamel effens,want ek het verstaan Manlief het hom reedsgesê. Lomp begin ek beduie die motor is,voordat ek dit tweedehands gekoop het,versien en dat die ratkas nie reg vasge-skroef is nie, daarom het die koppelaarskade gekry en is ons genoodsaak om ditte vervang.Die lig skyn in sy reeds blink oë. “O,

Tannie praat van die clutch. Hy glimlag.“Ja-nee, die oom het my van die clutch

gesê,” sê hy vriendelik.“Ons sal dit volgende week vir Tannie kan

regmaak. Dit gaan ’n hele dag duur, wanthulle sal eers die flywheel moet skim voordatons die clutch kan insit.”Die glimlag sprei verby my mondhoeke.“Dan is dit afgespreek. Ons sal reël dat dit

so gou moontlik gedoen word.”Ek oorhandig die sleutel en waai vir hom

toe hy wegry. Ingedagte stap ek terugkantoor toe. Ek glimlag terwyl ek wonderhoe ek die arme kind sou verwar het as ekflywheel en skim in Afrikaans probeervertaal het. Geen wonder daar is soveelverwarring oor die wêreld heen met al dieverskillende tale en nasies wat bestaan nie.Gelukkig oorbrug ons sonder inspanning

die meeste daarvan. Ongelukkig nie alles nie.

Almal se taal nie dieselfde

Bouwerk aanteater hervat

Page 5: Noordkaapnk 20140924

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014 5

Page 6: Noordkaapnk 20140924

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

Lecrecia Prins

SOWAT 70 leerlinge tussen 4 en 11 jaar oudvan Kimberley en De Aar het gewyswiskunde is nie vir hulle so moeilik nie.

Dié leerlinge het aan die nasionalewiskunde-kampioenskapsbyeenkoms van dieC-maths-soroban- (abakus) breinontwikke-lingsprogram deelgeneem.

Volgens Dawid de Greeff, koördineerdervan die program in Kimberley, is dieJapanse telraam (soroban) soos ’n visuelesakrekenaar.

Die leerlinge kry verskillende tye waarinhulle verskillende vraestelle moet aflê,sommige met die gebruik van die sorobanen ander met hul “denkbeeldige” soroban.

Terwyl die toekomstige klein wiskundigesen wetenskaplikes diep gekonsentreer hetom hul vraestelle in die toegelate tyd tevoltooi het doodse stilte in die saal geheers.Al wat hoorbaar was, was die rondskuiferyvan krale op die soroban waarop hulle metgroot akkuraatheid en spoed 20 somme soos45 + 67 + 82 + 17 + 21=? in drie minute

moes voltooi.Terwyl die ouers wat gesit en toekyk het

hoe hul kinders die somme doen, gespannevoorgekom het, het die kleingoed heel ophul gemak gelyk. Hier en daar was daar ’nsenuweeagtige gesig, maar almal het goedkop gehou.

De Greeff sê die leerlinge was met diebegin van die program in Kimberleyskrikkerig vir syfers, maar deesdae skrikdit hulle nie meer af nie. Die kinders seselfvertroue kry ’n groot hupstoot deurdathulle die antwoorde op ’n logiese en visueleof fisieke manier kan ervaar en besef hullekan wiskunde vinnig en akkuraat doen.

Vier van die leerlinge in Kimberley isgekies om Suid-Afrika op 30 Desember indie internasionale Pama-kompetisie inJohannesburg te gaan verteenwoordig.

Hulle is Raynard Steenkamp en ScottFrancis (albei van die Laerskool Newton),en Samah Taleb en Safee Taleb (albei vandie Kimberley Junior School).

Hulle sal teen leerlinge van 14 anderlande meeding.

Somme nie ’n probleem

VAN links is Helene Wiid, Annchen de Lange en Blaiz Joseph wat hier ’n denkbeeldigeSoroban (Anzan) gebruik waarop hulle met groot akkuraatheid en spoed die somme kanuitwerk. Foto: Verskaf

Page 7: Noordkaapnk 20140924

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014 7

TALLE belanghebbendes sal einde Oktoberin Bloemfontein bymekaarkom met eendoel voor oë: om ’n oplossing vir dielandbouprobleme in Suid-Afrika te kry.Landbouweekblad, in samewerking met

Volksblad, bied op 30 en 31 Oktober ’nlandboukonferensie met die tema Oplossingvir die Landbou by die Universiteit van dieVrystaat (UV) aan.

Van die skerpste verstande in die land-bou-, sake- en sportwêreld kom twee daebymekaar om te praat, te debatteer en tebesin oor waar die antwoorde lê vir ’nbedryf wat oor die afgelope 20 jaar ’ndrastiese afname in getalle beleef het.

“Ongeag dat Suid-Afrika van die besteboere ter wêreld het, het die land seboeregetal van omtrent 120 000 in die 1980’stot sowat 35 000 gedaal,” sê Chris Burgess,Landbouweekblad se hoofredakteur.

“Boere het ’n groot geleentheid om teleer van sakelui wat in vandag se strawweomstandighede gedy.”

Onderwerpe wat bespreek sal word, sluitGrondhervorming, Energie, Grondbewaringen -bewerking, Beesboerdery en Tydsbestuurin.

Sprekers soos Louis van der Watt,wild- en beesboer en stigter van dieAtterbury-groep, en die voormaligeSpringbokafrigter en bestuurskenner NickMallett sal hul kennis met konferensiegan-gers deel.

Uit boerderygeledere is daar CharlSenekal, Suid-Afrika se grootste suiker-rietboer en energie-pionier, Vito Rugani,die land se grootste wortelboer en arbeid-spesialis, en Anthony Muirhead, dievader van minimum bewerking in Suid-Afrika.

Die rubriekskrywer Gerrit van Zyl vanLandbouweekblad kom vertel hoekom hyas een van die land se voorste beesboerebeskou word.

Theo de Jager, Agri SA se ondervoorsit-ter en die dryfkrag agter die landbou segrondplanne, kom doen ook verslag oorhoe boere sake oor grondsake behoort tebenader.

Wetenskaplike bydraes sluit in die vandr. Michael Bradfield, ’n topveekundige,Rikus Kloppers, vooraanstaande plantpa-toloog van Pannar, Stephanus Malherbe,die jong laboratoriumhoof van die grootlandboumaatskappy ZZ2, en AdriaanDreyer van SGS NviroCrop, ’n baanbrekerin minimum bewerking in die westelikesaaigebiede.

Woolworths se Kobus Pienaar sal oordié supermarkreus se benadering totvolhoubare landbou kom gesels en HaroldBurgess van die die Dawn-energie-groepsal kom vertel hoe boere energiedoeltref-fend kan boer sonder om ’n sonpaneel aante bring.

Dit kos R1 710 per persoon en 15%-kor-ting word gegee vir groepbesprekings van20 of meer mense.

Verblyf kan deur Landbouweekblad sereisklub gereël word. Kontak 011-886-9545of [email protected].

Kontak Patricia Potgieter vir plekbespre-king of meer inligting by 021-406-2298 [email protected].

Kundigeslig boerein Bfn in

DIT is groot name in die rugbywê-reld wat op 23 Oktober op dieHoërskool Diamantveld se JamesStander-manneaand gaan optree.

André Markgraaff, oud-Springbok-afrigter, -Griekwa-afrigter en -leer-ling van die skool, tree die aand askoördinerende spreker op.

Saam met hom dié aand is Williele Roux, Springbok- en oud-Griekwa-rugbyspeler, Izak van der Westhui-zen, voormalige Cheetah-speler enoud-Diamantvelder, Willie Britz,Leeus-speler en oud-Diamantvelder,Hawies Fourie, Griekwa-afrigter, enPeter Engledow, Griekwa-hulpafrig-ter.

Die manneaand word in dieHorseshoe Inn gehou.

Dit kos R250 per persoon of R2 500per tafel van tien mense.

’n Kontantkroeg is op die geleent-heid beskikbaar.

Die drag is netjies informeel.Bel Ina Olivier by 082-440-3303 om

plek te bespreek.

Grotes oprugby-aand

DIE leerlinge van dieHoërskool Diamant­veld is gekies vir dieSuid­AfrikaanseRugbyunie (Saru) seo. 18­sewesspanwat op 6 en 7 Okto­ber aan die nasiona­le toernooi in Kru­gersdorp gaan deel­neem. Van links isJanco Cloete, GercoNortje, Johan Jou­bert, Etdeon Grey­vensteyn en KeatonGordon.

Foto: Verskaf

Haal SAspan

Page 8: Noordkaapnk 20140924

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

MOTORS

DIE RUIMTE IN: Land Rover en VirginGalactic bied die kans vir ’n kompetisie-wenner en drie vriende om die aarde teverlaat. Mense van oor die wêreld heen kan

hulle inskryf met ’n video (30 sek.) of fotovan hul avontuurlikheid. Elke deelnemermoet drie vriende noem en die inskrywingop landrover.com/gotospace indien.

Andries Groenewald

HYUNDAI AUTOMOTIVE SUID-AFRIKAhet in effe gedempte ekonomiese omstandig-hede nogal ’n sweempie opwinding verskaftoe hy aangekondig het hy het meer asR100 miljoen in sy kommersiële voertuigaf-deling belê.Dit sluit ’n splinternuwe monteeraanleg

aan die Oos-Rand in wat Hyundai reken dieideale plek is om sy sakestrategie teversterk. Dit behels die uitbreiding en dievolhoubaarheid van die mark vir kommer-siële voertuie.Die maatskappy sê dit bevestig ook sy

toenemende verbintenis tot die Suid-Afri-kaanse ekonomie.Die plaaslike montering van voertuie

beteken die maatskappy spaar belastingge-wys heelwat, omdat komponente nou inplaas van volledige voertuie ingevoer word.Die nuwe aanleg sal ook as ’n basis vir

uitbreiding en uitvoer na ander Afrika-lan-de dien.Terselfdertyd reken die vervaardiger dit

dra by tot die verbetering van plaaslikekundigheid en werkskepping in ’n ekono-mie wat na sulke geleenthede smag.Die motivering vir die aanleg in die

Apex-nywerheidsgebied van Benoni is omHyundai mededingender in die mark vir

kommersiële voertuie te maak en om sybelegging in die plaaslike ekonomie tevergroot.Die aanvanklike mikpunt is om 600 HD65-

en HD72-vragmotors per jaar te monteer,volgens Hyundai.Dit sal binne die afsienbare tyd met die

plaaslike montering van sowat 4 400H100-bakkies per jaar uitgebrei word.Die moontlikheid word ook ondersoek om

die Hyundai Xcient-voorhaker, wat verledejaar bekend gestel is, plaaslik te monteer.Daar is nie nou planne om enige passasiers-voertuie in Suid-Afrika te monteer nie.In die stadium is die meeste van die

plaaslik gemonteerde vragmotors vir dieplaaslike mark bestem, maar na verwagtingsal sowat 20% in ander lande in Suider-Afrika, soos Botswana en Namibië, bemarkword. Ondersoek word ook oor uitvoer-moontlikhede na ander lande in Afrika suidvan die Sahara gedoen.Hyundai sê die groep het reeds 30 mense

in diens geneem wat binne die afsienbaretyd waarskynlik sal verdubbel.) First Automotive Works (FAW) vanChina het onlangs ’n vragmotormonteeraan-leg van meer as R600 miljoen by Koega indie Oos-Kaap geopen. FAW vervaardig, soosHyundai, vragmotors, ligte handelsvoertuieen passasiersvoertuie.

Hyundai belê grootHYUNDAI se nuwe monteeraanleg vir handelsvoertuie het pas in Gauteng geopen.

Foto: Verskaf

RANGE ROVER se reeds blitsige Sport hetpas ’n fris kraginspuiting gekry. Diesupervinnige veldryer het nou genoegkilowatts om enige mededinger in ’n0-tot-100 km/h-wedloop onder die stof teloop.Die frisgemaakte enjin, wat ook in

blitsige Jaguar-topmodelle ingespan word,sal die nuwe Range Rover Sport-vlagskipmet die SVR-benaming aandryf.Die standaardvyfliter-V8 met ’n drukaan-

jaer skop in die SVR ’n allemintige 405 kWuit met 680 Nm se wringkrag. Dit is ’nekstra 30 kW en 55 N teenoor die bestaandetopmodel.Boonop word die wa se reeds sportiewe

klankbaan verder aangepas om ekstra hardte brul wanneer jy jou voet op die petrolpe-daal plant.Die ekstra krag beteken die Sport kan

nou in net 4,3 sekondes by 100 km/huitkom, vinniger as sy grootste mededin-gers, die Porsche Cayenne Turbo S enMercedes-Benz se ML63 AMG.Die vervaardiger beperk sy snelheid tot

261 km/h, wat baie nagte in die tronkbeteken as jy nie op ’n Duitse Autobahn isnie.Ook die SVR se ratkas – ’n agtgang-ZF-

eenheid – en die veerstelsel is onder handegeneem en fyner ingestel om die ekstrapoeier onder die enjinkap te kan hanteer.Jy kan boonop jou supervinnige Rangie

met nuwe 22 duim-vellings (295/40) bestel asjy nie van die standaard-21-duimers (275/45)hou nie. Die 22-duimers is vir vinnigeteerpadry bedoel, terwyl die 21’s ook virveldrywerk geskik is.Binne is die standaard-kwota luukses soos

net die Britte dit kan gee. Die grootstenuwigheid binne is sportsitplekke.

Range Rovernou kragtiger

Page 9: Noordkaapnk 20140924

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014 9

RENAULT het pas die eerste formele foto’suitgereik van sy nuwe Twingo wat eersdaagsin Europa by handelaars te kry sal wees.

Dit is Renault se derde Twingo sedert dieeerste weergawe in 1993 bekendgestel is.

Renault sê Suid-Afrika het die tweedemodel plaaslik gekry, maar verkope wounooit vlamvat nie; nie teen die markoorheer-sing van die Volkswagen Polo en die ToyotaTazz (destyds) nie.

Die nuwe Twingo is egter heelwat andersas sy twee voorgangers en dit geld meer asnet sy wipstert-bakkies.

Sy enjin sit nou agter én hy word met dieagterwiele aangedryf.

Daar is boonop nou vyf deure teenoor dievorige modelle se driedeur-uitleg.

Bitter min vervaardigers sit deesdae hulenjin agterin ’n motor. Renault sê egter dithet hom gehelp om meer binneruimtebeskikbaar te stel. Kyk net na die syfers: Alis hy nou 10 cm korter is die kajuitruimte33 cm langer – ’n hele liniaallengte.

Die enjin-agterbeginsel het dit vir Renaultook moontlik gemaak om die wiele 12 cmverder uitmekaar te plaas wat met beterbeenruimte en ’n gemakliker rit help.

Die voorkoms is lekker kordaat. Die neusis regaf en die agterruit ook sterk vertikaal.Na gelang van watter model en afwerkings-pakket ’n mens kies, sal jou Twingo ookmisligte, LED-lampies by die hoofligte,kleurpassende kantspieëls en handvatsels enplakkers teen die deure hê.

Drie weergawes en twee enjins sal te kieswees: die Expression, die Play en dieDynamique. Die Expression en die Play kry’n nuwe, normaal geaspireerde eenliterenjin

(drie silinders), terwyl die Dynamique dieClio se eenliterturbo kry. Almal is met ’nsesganghandratkas gekoppel.

Die basiese toerustingvlak is nogalindrukwekkend. Kragstuur, elektriesbeheerde ruite voor en ’n besterat-aanduiderlangs die spoednaald is alles standaard. ’nElektroniese stabiliteitstelsel, vier lugsakke,’n banddrukmonitor en ’n vashoufunksie virwanneer ’n mens teen ’n bultjie moetwegtrek, is ook by die buks ingesluit.

Die deftige Dynamique kry misligte, ’nbaanverlaat-gonser, spoedbeheer en ’nstopry-funksie by. Die meters soos vir spoeden die toerenaald is digitaal. Duurdermodelle kry’n raakskerm wat die satnav-funksie, radio en lugversorging beheer.

Renault sê ’n mens kan ook na ’n internet-radiostasie luister deur jou tablet of foonkoordloos met die stelsel te verbind. Sê net’n kontaknaam op jou adreslys en jou motorbel hom vanself.

Die enjin-agterbeginsel was wel ’n uitda-ging vir die ingenieurs. Renault moes dieenjin met 49° vorentoe kantel om dit in dieknap ruimte (onder die agterste sitplekke,maar voor die agteras) in te pas. Sodoendehet hy 15 cm se vertikale ruimte teenoor ’ngewone, regop plasing van die enjin gespaar.Kostebesparing is deesdae ’n groot oorwe-ging. Met die Twingo het Renault dit vermagdeur met Mercedes-Benz saam te werk.

Dit is nog onbekend of Renault die Twingona Suid-Afrika gaan bring. Die sterk euro engroot (prys)mededinging van die Polo Vivo,Ford Figo en Renault se eie Sandero kanteen hom tel. Oorsee kos hy reeds R180 000,en dit is nog sonder invoerkoste.

Twingo kordate buksRENAULT se nuwe Twingo. Foto: Verskaf

MOTORS

www.noordkaap.co.za

Page 10: Noordkaapnk 20140924

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

PICKING OUTPERFORMANCEWemake a point of recognising success.

www.humanjobs.co.za Human Communications 111437

SENIOR SPECIALIST: BUSINESS PROCESS FRAMEWORK,KUMBA IRON ORE, KOLOMELA MINE, NORTHERN CAPE

BAND 6Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality ironore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes,we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborneiron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leadingglobal mining company.

Kolomela embarked on implementing the Business Process Framework (BPF), anextensive work management system that aims at reducing variations and providingclarity through ensuring that the right work is performed at the right time and in theright way to deliver the required performance. The BPF theory states that whenwork is planned, scheduled and properly resourced ahead of execution, the desiredoutcome will be achieved more consistently and at lower cost. The BPF is furtherunderpinned by the belief that an engaged workforce will be the most productive.

You will be responsible for supporting the implementation of the BPF at the site in linewith the approved implementation schedule, provide advice and coach the operationsstaff on the use of the BPF tools to support the execution of the site BPF strategy andaddress gaps in BPF implementation. Furthermore, you will implement improvementsin the application of the BPF at the site, monitor the understanding and use of BPF,and intervene where departmental practices are not aligned with BPF methodology.

To be successful, you must be in possession of a technical degree (Mechanical,Electrical, Industrial, Mining, Metallurgical, Chemical, Geology), experience in theimplementation of operating models at a mine and practical experience in the miningindustry (preferably open pit mining). Relevant project management experience andholistic knowledge of open pit iron ore mining, processing and logistics are essential,along with experience in identifying and implementing business improvementopportunities and projects at mines. An in-depth understanding of statistical tools,TOC principles and analysis would be advantageous. Ref: K710287

Grow your career with Kumba Iron Ore Ltd by visitingwww.angloamerican.com/careers before 6 October 2014 andfollowing the links to tools/vacancies/job search, entering the above referencenumber/job title and continuing. Internal applicants can apply online via Eureka.

Appointment will be made in line with Employment Equity considerations.

If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, pleaseconsider your application unsuccessful.

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

TE KOOP

ALLERLEI

1655

UTILITY RUBBER STAMPS:SAME-DAY SERVICE.TEL./FAX: 053 832 1951.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

PLAFONISOLASIE:THERMGUARD LITENK. Koel in somer, warmin winter. SABS. Gratiskwotasies. Skakel 082 3880307 of 053 832 9194.

BETREKKINGS

3600

ALGEMEEN

3680

NUWE MANSKLERE-WINKEL benodigbestuurder met minimum3 jaar ondervinding inklerehandelverkope.Moet rekenaarvaardig enselfgemotiveerd wees enspertye kan haal.Handig persoonlik CV in op25 September by TrappersDiamond Pavillion Mall enwees gereed vir 'n onder-houd.

CLUB MONA LISAbenodig kroegmeisies,dansers en escorts.Salaris R15 000 p.m.Gratis verblyf, vervoer.084 363 9399. BFN.

NUWE MANSKLERE-WINKEL benodig ver-koopspersoneel metondervinding van mans-klere, moet rekenaar- en'Point of Sale'-vaardigwees. Hardwerkend enselfgedrewe. Handig CVpersoonlik in op Vrydag 26September by TrappersDiamond Pavillion Mall enwees gereed vir 'n onder-houd.

VERKOPE &

BEMARKING

3760

POSITIONS VACANT:SALES PERSON, FUR-NITURE DEPARTMENT*Flair for interiordecorating essential*Must be fluent inEnglish and Afrikaans

*Energetic and of plea-sant nature.Collect application formfrom cashier at 46 Mar-ket Square, Kimberley.PARSONS HOMEAPPLIANCE ANDFURNITURES.

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

LIKWIDASIE EN

DISTRIBUSIE4205

HS HENNINGIn die boedel van wyleHendrik StephanusHenning, identiteitsnom-mer 340907 5042 085, ennagelate gade ElizabethSusanna Henning, identi-teitsnommer 320407 0031088, van Reg de Villiers-straat 37, MonumentHoogte, Kimberley, Mees-ter se verwysing3778/2011Die gewysigde eerste enfinale likwidasie- endistribusierekening in diebogemelde boedel sal terinsae lê by die kantore vandie Meester van die Hoog-geregshof, KIMBERLEY, vir'n periode van 21 (een entwintig) dae vanaf 26 SEP-TEMBER 2014.HPA VENTERDUNCAN & ROTHMANProkureurs vir eksekuteursDUNCAN & ROTHMAN-GEBOUCHAPELSTRAAT 39 - 43KIMBERLEY8301Verwysing:HV/jm/Hen17/00054.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 11: Noordkaapnk 20140924

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014 11

DIE Kimberley-tak van die Vroue-landbou-vereniging (VLV) het op die jaarliksekongres van die VLV in Upington goed inkompetisies gevaar.Margaret Smith het ’n eerste plek in die

woordkuns-afdeling met haar gedig oor dienatuur behaal. Soekie Hauptfleisch se weef-werk het ’n algeheel tweede plek behaal enhaar Tunisiese gehekelde inkopiesak ’nderde plek in die afdeling vir hekelwerk.Die VLV se 85ste verjaardag is met die

kongres se tema, Vroue met visie, gevier.Die openingspreker was Dawie Roodt wat

oor vroue se plek in die ekonomie gepraathet.Ekonomiese bestuur begin by die vrou en

ma wat die beplanning van die helehuishouding moet hanteer, het hy gesê.

Hy het verder klem daarop gelê dat ditin die huidige ekonomiese toestandebelangriker is om ’n vaardigheid te hê as’n kwalifikasie.Ander sprekers op die kongres was

Herman Lensing, kosredakteur van Sarie,die skrywer Riana Scheepers, ChristieneFerreira, redakteur van Leef, en CarlAlbrechts, hoof van kankernavorsing vandie Kankervereniging van Suid-Afrika(Kansa).Afskeid is op die kongres geneem van die

VKV Kaapland se president, Erika Lubbe,wat ná 11 jaar as president die tuig neerlê.Die VLV is ’n vroueorganisasie en bied

aan sy lede die geleentheid vir persoonlikegroei en gemeenskapsdiens. Die doel vandie VLV is om vroue te ondersteun en op

verskeie terreine kundiger te maak. Ledekan hierdeur ’n gesonde gesins-leefstylhandhaaf, help om behoeftes in die gemeen-skap te identifiseer en te help waar hy kan.Die VLV bied interessante maandelikse

programme aan in die vorm van demonstra-sies, praatjies, uitstallings en besprekings,asook uitstappies wat onderwerpe soosKuns en Handvlyt, Leefstyl, Openbare Sake,Opvoeding en Kultuur en Landbou enTuinbou behels.) Op 27 September gaan Heleen Meyer,koskonsultant en gereelde spreker oorRSG, ’n kosdemonstrasie by die NG kerkBakenskop hou.Mense wat die geleentheid wil bywoon of

by die VLV betrokke wil raak, kan KittiePotgieter by 083-236-3782 bel.

NOORD-KAAPSE talent is behoorlik op dieVroue-lenteteeparty – wat die HoërskoolNoord-Kaap verlede week aangebied het –ten toon gestel.Sisca Julius, die skool se gewese onder-

hoofmeisie en wenner van die PUK-kanse-lierstrustprys vir prosa, het almal met haarongelooflike skryftalent beïndruk. Boonophet sy haar eie skryfstukke, Gerty Girls’en Hier slaap ek met een oog oop, opgevoer.Die gehoor het behoorlik geskaterlag.Jeanette Blomerus, seremoniemeester, het

gesê Sisca is ’n ambassadeur en ’n uitvoer-produk vir die skool en die Noord-Kaap.Die gehoor is meegevoer met ’n voorle-

sing deur Charné Kemp, skrywer vanMoord op Griekwastad – Die storie van dieSteenkamp-treurspel. Die boek vertel dieverhaal van Don Steenkamp, wat onlangs 20jaar effektiewe tronkstraf vir die moordevan Deon, Christel en Marthella Steenkamp,Marthella se verkragting en regsverydelingopgelê is. Baie vrae is oor die oorsaak vandie raaiselagtige moorde, wat op GoeieVrydag op Griekwastad gepleeg is, gevra.Roelien Faber het kleurballonne gebruik

om die somerkleure te demonstreer. Blou inal sy skakerings is dié somer hoogmode.Sy het benadruk vroue moet nie die

waarde van goeie onderklere onderskat watbates op hul beste laat vertoon nie. Goeieonderklere en die gepaste kledingstukketrek ook die aandag van minder goeie batesaf.Goeie velsorg – daagliks en weekliks – is

uiters belangrik en Charica Smit (ook ’noudleerling) se raad met grimering wasom dit natuurlik te hou en om onnodigeswart strepe op die oë of wenkbroue tevermy.

Volgens haar laat dit ’n vrou hard enonnatuurlik lyk.Die susters Charissa en Chanel Cloete se

sang het diegene teenwoordig hoendervelgegee.Elsa Deetlefs, die skool se woordvoerder,

het gesê die oggendteeparty was ’n grootsukses en sal nou ’n jaarlikse geleentheidword.

DIE MinervaGardens-aftreeoordhou weer basaar.Die sentrum, wat

al agt jaar bestaan,hou op 1 November’n geldinsamelings-projek vir geld vir’n verkoelingstelselen om in andermense se behoefteste voorsien.Op die basaar sal

alles van braaivleisen worsrolle totkoeke en terte tekoop wees.Maaitjie Burmeis-

ter, oordbestuurder,sê hulle wil ook ’nveiling hou waaropmense ’n skaap ofspringbok, skilderyeen antieke ware kankoop.Die oord bied

24-uur-versorging.Van die bejaardeskan nog na hulselfkyk, maar van dieander is heeltemalverswak. Verpleeg-dienste word deuropgeleide personeel-lede voorsien, asookskoonmaakdienste.Sy sê mense wat

ware soos koppies,pierings en bakkieshet wat hulle nienodig het nie, kandit aan die oord inCapitolstraat skenk.

Oord houbasaar

Teeparty leersaam

VROUE op die oggendteeparty is van linksJeanette Blomerus, seremoniemeester,Charné Kemp, skrywer vanMoord op Griek­wastad – Die storie van die Steenkamp­treurspel, en Blomerus se dogter, JeanriDaffue. Foto: Verskaf

Upington se VLV-vroue vat voor

LEDE van die Kimberley­tak van die Vroue­landbouvereniging (VLV) het goed met hulkompetisie­artikels op die jaarlikse kongresin Upington gevaar. Soekie Hauptfleisch(links) se weefwerk was algeheel tweedeen haar Tunisiese gehekelde inkopiesakderde in die afdeling vir hekelwerk. Marga­ret Smith was eerste in die woordkuns­af­deling met haar gedig oor die natuur.

Page 12: Noordkaapnk 20140924

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

SportSportDie Diamantstad se koerant

Stephen Nell

DIE Griekwas se breier, Hawies Fourie,staal hom vir ’n “oorlewingstryd” nadat dieWestelike Provinsie sy span in Saterdag seCurriebeker-rugbywedstryd op Nuwelandmet 36-12 uitgestof het.“Ons is uit die wedloop om tussen die

voorste vier spanne te eindig en dit gaannou om oorlewing. Indien ons nie minstenssesde eindig nie, sal ons aanstaande jaarweer in die kwalifiseringsrondes móét speelom in die Premierliga te wees,” het Fouriegesê.Die Blou Bulle, wat vanweë hul status as

franchise-span vir die Superrugby-reeks indie Premierliga verskans is, beklee diesesde plek en is net drie ligapunte voor dieGriekwas.Hulle pak mekaar in die laaste ronde van

ligawedstryde op Loftus Versfeld, maar voordan is die Bulle slegter daaraan toe. DiePretorianers speel weg teen die Vrystaat endie Pumas, terwyl die Griekwas vir dieGoue Leeus en OP-Kings gasheer speel.Fourie sal intussen op hete kole wees oor

beserings aan een van sy flanke, MarnusSchoeman, en die loskopstut, Steph Roberts.Dit was ’n gevoelige slag toe ’n bebloedeSchoeman in die 28ste minuut van die veldis, want hy maak ’n groot verskil by dieafbreekpunte.Die telling was toe al 24-0 nadat die WP

se linkervleuel, Justin Geduld, flankSikhumbuzo Notshe en vaskopstut, BrokHarris, afgerond het.Die Griekwas het in daardie tydperk

uiters swaar in die skrums geleef, maar hetbeter gevaar toe Janro van Niekerk Robertsná sowat ’n halfuur vervang het.Die vroeë Blitzkrieg deur die Streeptruie

het enige hoop op ’n skouspelagtige wed-stryd in die kiem gesmoor. Al vraag wattoe beantwoord moes word, was wanneerdie WP sy bonuspunt-drie gaan druk.Dit het eers in die 59ste minuut gebeur,

toe Notshe die tweede keer van ’n rolmaal-

beweging afgerond het.Die Griekwas het ook nie baatgevind by

die gesamentlike besluit deur die blaser,Pro Legoete, en die TV-skeidsregter, ShaunVeldsman, dat hul vaskopstut, Maks vanDyk, koelkas toe moes gaan nadat handsak-ke geswaai is nie.Terwyl hulle waarskynlik reg was dat dit

Van Dyk was wat eerste skoor gesoek het,was dit te gering vir ’n geel kaart.Harris het die Streeptruie se derde drie

onmiddellik daarna gedruk en daar was virdie Griekwas nie ’n pad terug nie.Ten minste het die spelers van die

Noord-Kaap die veggees gehad om een tesoek en dít sal Fourie hoop gee dat diesesde plek nie buite sy span se bereik isnie.Die Griekwas behoort ook Maandag te

hoor oor die beskikbaarheid van hullosskakel en kaptein, Francois Brummer.Brummer het sy dyspier teen die WPbeseer.Puntemakers:Westelike Provinsie 36 (24): Drieë:

Justin Geduld, Sikhumbuzo Notshe (2),Brok Harris, Cheslin Kolbe. Doelskoppe:Demetri Catraklis (3), Kurt Coleman.Strafdoel: Catrakilis. Griekwas 12 (0):Drieë: Ruaan Lerm, Abrie Griesel. Doel-skop: Dean Grant.

Span veg omoorlewing

QUINTON FRIENDvan die Vrystaatboul in die oefen­wedstryd tussen dieVrystaat en dieGrie­kwas, die tweespanne wat saamdie Knights­franchi­se vorm. Die wed­stryd is in Kimberleygespeel en het on­beslis geëindig.

Foto: Emile Hendricks

Die Griekwas het ook nie baatge­vind by die gesamentlike besluitdeur die blaser, Pro Legoete, en

die TV­skeidsregter, ShaunVeldsman, dat hul vaskopstut,

Maks van Dyk, koelkas toe moesgaan nadat handsakke geswaai

is nie.

Slyp hul vaardighedeSlyp hul vaardighede