24

NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek
Page 2: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

NOTAS

Page 3: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

INHOUDSOPGAWE

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

1 Hoop in moeilike omstandighede

30 September 1

2

Hoop vir vandag en vir ewig 7 Oktober 3

3

Verheug jou in die hoop 14 Oktober 6

4

Hoop vir ons land

21 Oktober 9

5

Die Gees wys ons wie ons is en

wie God is 28 Oktober 12

6

Die Gees is die geskenk van God

se teenwoordigheid 4 November 14

7

Die Gees vernuwe en bring

vreugde 11 November 17

Page 4: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

30 September 2019 Les 1

Hoop in moeilike omstandighede

A. YSBREKER

Waarheen sal jy vir ‘n week wegbreek indien so ‘n geleentheid jou pad langs sou kom?

B. AANBIDDING

To worship is to experience Reality, to touch Life. It is to know, to feel,

to experience the resurrected Christ in the midst of the gathered

community. It is a breaking into the Shekinah of God, or better yet,

being invaded by the Shekinah of God.* - Richard Foster

*“Shekinah” means the glory or the radiance of God dwelling in the

midst of his people. It denotes the immediate Presence of God as

opposed to a God who is abstract or aloof.

Gebruik hierdie tyd van aanbidding om op God se teenwoordigheid te fokus. Julle

kan julle eie musiek- of sangkeuse maak, of ons speellys gebruik deur die volgende

skakel:

https://www.youtube.com/playlist?list=PLzDs0za9FoeTC_IrRgrF3IAjSfwubWSck

C. WOORD

• Lees die Skrifgedeeltes hardop voor, of dit kan in die voorafgaande week

deur elkeen op sy eie gelees word ter voorbereiding. Gee genoeg tyd om

die inhoud in te neem en te “verteer”. Lees daarna die vrae deur en

groeplede kry dan die geleentheid om te reageer op die vrae wat tot hulle

spreek.

• Moedig groeplede aan om die vrae met “ek …”-stellings te beantwoord –

nie vae veralgemenings soos “ons/hulle/mens …” nie.

Page 5: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

2

“Heeltemal sonder hoop kan ‘n mens nie leef nie. Om sonder hoop te

leef is dieselfde as om op te hou leef.” - Alexandre Dumas

“Weet jy dan nie dat die dagbreek ná die nag kom nie, dat reënbuie

ná droogte kom en dat die lente en somer op die winter volg nie?

Laat vaar dan jou wanhoop! Bly voortdurend op God hoop, want God

sal nooit jou hoop beskaam nie.” - Charles H. Spurgeon

Vraag: Watter uitnodiging ervaar jy uit die twee aanhalings hierbo?

Watter vrae het dit by jou losgemaak?

1. Hoop of hopeloos? Lees die volgende skrifgedeeltes en bespreek die vrae wat volg: Lukas 24:21-32 (NLV) 21Ons het bly hoop dat dit Hy is wat Israel gaan verlos. Maar dit is ook al vandag die derde dag vandat al hierdie dinge gebeur het. 22Sommige vroue uit ons geledere het ons nog boonop heeltemal verwar. Hulle was vanoggend baie vroeg by die graf, 23maar kon nie sy liggaam daar kry nie. Hulle het kom berig dat hulle ’n visioen van engele gesien het wat gesê het dat Hy lewe. 24Sommige van ons het na die graf toe gegaan en dit net so aangetref soos die vroue vertel het. Maar vir Hóm het hulle nie gesien nie.” 25Toe sê Jesus vir hulle: “O, hoe sonder begrip en traag van hart is julle om alles wat die profete gesê het, te glo!26Moes die Messias nie hierdie dinge ly om sy heerlikheid in te gaan nie?” 27Hierna het Jesus begin om vanaf Moses en al die profete al die Skrifgedeeltes wat oor Hom handel, vir hulle te interpreteer. 28Toe hulle naderkom aan die dorpie waarheen hulle op pad was, het Jesus voorgegee dat Hy verder wil reis.29Maar hulle het by Hom aangedring: “Bly by ons oor. Die son trek al water en die dag is verby.” Toe het Jesus by hulle ingedraai om saam met hulle oor te bly. 30Terwyl hulle saam met Hom aan tafel was, het Jesus brood geneem, gedank, dit gebreek en aan hulle gegee. 31Toe het hulle oë oopgegaan en hulle het Hom herken. Daarop het Hy voor hulle oë verdwyn. 32Hulle sê toe vir mekaar: “Was ons harte nie vuur en vlam in ons toe Hy met ons op pad gepraat en die Skrif vir ons geïnterpreteer het nie?”

Page 6: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

3

Vrae:

1. Hoe sal jy die hoop wat tans in jou lewe beskryf? 2. Het Jesus jou al verras soos Hy die Emmausgangers verras het (deur

Homself aan jou te wys/openbaar)? 3. Hoe voel jy daaroor om God te vra om jou hoop en verwondering te gee? 4. Was jou hart al vuur en vlam met hoop gewees? Wanneer? Wat het daarna

gebeur? Nog enkele ander tekste oor hoop: Esegiël 37:11-14; Romeine 5:2-5; Romeine 12:12; Spreuke 24:14; Handelinge 26:6-7.

2. Oefening van die week

Ontvang die nuwe oefening vir die komende week.

Eet hierdie week ten minste drie keer saam met vriende en familie aan tafel en gee elkeen die geleentheid om die volgende vraag te beantwoord: “Wat het jou vandag hoop gegee?”

3. Seëngebed

Hierdie seëngebed kan as die afsluitingsgebed gebruik word.

Mag Jesus Homself aan jou openbaar op verrassende maniere en jou met hoop vul. Mag jy oop wees daarvoor. Amen.

7 Oktober 2019 Les 2

Hoop vir vandag en vir ewig

A. YSBREKER

Hoe lyk jou energievlakke tans, gemeet teenoor ‘n ruk gelede?

Page 7: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

4

B. AANBIDDING

To worship is to experience Reality, to touch Life. It is to know, to feel,

to experience the resurrected Christ in the midst of the gathered

community. It is a breaking into the Shekinah of God, or better yet,

being invaded by the Shekinah of God.* - Richard Foster

*“Shekinah” means the glory or the radiance of God dwelling in the

midst of his people. It denotes the immediate Presence of God as

opposed to a God who is abstract or aloof.

Gebruik hierdie tyd van aanbidding om op God se teenwoordigheid te fokus. Julle

kan julle eie musiek- of sangkeuse maak, of ons speellys gebruik deur die volgende

skakel:

https://www.youtube.com/playlist?list=PLzDs0za9FoeTC_IrRgrF3IAjSfwubWSck

C. WOORD

• Lees die Skrifgedeeltes hardop voor, of dit kan in die voorafgaande week

deur elkeen op sy eie gelees word ter voorbereiding. Gee genoeg tyd om

die inhoud in te neem en te “verteer”. Lees daarna die vrae deur en

groeplede kry dan die geleentheid om te reageer op die vrae wat tot hulle

spreek.

• Moedig groeplede aan om die vrae met “ek …”-stellings te beantwoord –

nie vae veralgemenings soos “ons/hulle/mens …” nie.

“Christelike hoop is nie die hoop vir die beste nie. Dit is die

verwagting dat wat reeds waar is, in besit geneem kan word.” -

Johan Smit

Page 8: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

5

“Hoop is ‘n reservoir vir emosionele sterkte” - John Piper

“Daar is geen hopelose situasie nie, net mense wat hoop verloor

het met die situasie.” - W Barckley

1. Wensdenkery?

1 Korintiërs 15:19 (DB) 19As Christenskap net iets beteken terwyl ons nog op hierdie aarde is en daar vir ons niks meer oor is daarna nie, is ons ’n hopelose spul mense vir wie ander net baie jammer kan voel. 1 Timoteus 6:17-19 (NLV) 17Sê aan hulle wat ryk is in hierdie wêreld om nie trots te wees en op hulle geld te vertrou wat spoedig sal verdwyn nie. Maar hulle vertroue moet in die lewende God wees wat aan ons ryklik alles skenk wat ons nodig het om die lewe te geniet. 18Sê hulle moet hulle geld gebruik om goed te doen. Hulle moet ryk wees in goeie dade en moet ruim gee aan dié in nood; hulle moet altyd gereed wees om wat God aan hulle gegee het, met ander te deel. 19Deur dit te doen, sal hulle vir hulle ’n skat opbou – ’n goeie fondament vir die toekoms sodat hulle die egte lewe kan ontvang.

Vrae: 1. Wanneer mense na jou lewe kyk, in wat of wie sal hul sê, vind jy jou

hoop?

2. Wat veroorsaak tans dat jy hoop verloor?

3. Watter dinge het volgens jou ewigheidswaarde?

4. Wat dink jy wil God aan jou kommunikeer, in jou lewe, in terme van hoop?

Nog enkele ander tekste oor hoop: Psalm 59:10; Jesaja 33:2; Romeine 4:18-19;

Kolossense 1:27.

Page 9: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

6

2. Oefening van die week

Groeplede gee eerlike terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week.

Ontvang die nuwe oefening vir die komende week.

Maak hierdie week ‘n boks waarop jy die woord “hoop” skryf. Skryf dan elke dag ‘n gebed van hoop op ‘n papier en gooi dit in die boks. Dank God aan die einde van die week dat Hy jou hoop ken, en reflekteer op hoe ewig die dinge is waarvoor jy hoop.

3. Seëngebed

Hierdie seëngebed kan as die afsluitingsgebed gebruik word.

Mag God in jou ‘n ewige hoop plant wat jou daaglikse hoop aan die brand hou. Amen.

14 Oktober 2019 Les 3

Verheug jou in die hoop

A. YSBREKER

Was daar al in jou lewe ‘n werklike geleentheid/situasie waarin jy gehoop het jy kan daaruit ontsnap, soos om uit ‘n droom wakker te word?

B. AANBIDDING

To worship is to experience Reality, to touch Life. It is to know, to feel,

to experience the resurrected Christ in the midst of the gathered

community. It is a breaking into the Shekinah of God, or better yet,

being invaded by the Shekinah of God.* - Richard Foster

*“Shekinah” means the glory or the radiance of God dwelling in the

midst of his people. It denotes the immediate Presence of God as

opposed to a God who is abstract or aloof.

Page 10: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

7

Gebruik hierdie tyd van aanbidding om op God se teenwoordigheid te fokus. Julle

kan julle eie musiek- of sangkeuse maak, of ons speellys gebruik deur die volgende

skakel:

https://www.youtube.com/playlist?list=PLzDs0za9FoeTC_IrRgrF3IAjSfwubWSck

C. WOORD

• Lees die Skrifgedeeltes hardop voor, of dit kan in die voorafgaande week

deur elkeen op sy eie gelees word ter voorbereiding. Gee genoeg tyd om

die inhoud in te neem en te “verteer”. Lees daarna die vrae deur en

groeplede kry dan die geleentheid om te reageer op die vrae wat tot hulle

spreek.

• Moedig groeplede aan om die vrae met “ek …”-stellings te beantwoord –

nie vae veralgemenings soos “ons/hulle/mens …” nie.

1. ‘n Natuurlike uitvloeisel

Romeine 5:2-5 (NV) 2Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang

verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. 3Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

Klaagliedere 3:21-33 (NV) 21Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede

bly ek hoop: 22deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, 23dit is elke môre nuut. U trou is groot. 24Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. 25Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; 26dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here; 27dit is goed vir 'n mens om sy las in sy jeug te dra. 28Laat hy in sy eensaamheid geduldig bly as God hom die las opgelê het, 29laat hy hom diep verootmoedig — miskien is daar hoop — 30laat hy sy wang draai vir wie hom slaan, laat hy maar oorvloedig smaad ondervind. 31Die Here verstoot 'n mens nie vir altyd nie; 32as Hy beproewing oor 'n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer,

Page 11: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

8

want sy liefde is groot: 33dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring.

Vrae: 1. Watter werkwoorde kan die huidige vlak van jou hoop/geloof beskryf?

2. Hoe het hoop jou lewe verander as gevolg van jou geloof in God?

3. Kan teleurstelling/swaarkry jou hoop aftakel? Verduidelik jou gevoel hieroor.

4. Paulus sê ons moet ons in hierdie hoop verheug (in Grieks kan “verheug” selfs

vertaal word met “spog.”) Sou dit verkeerd wees om oor die hoop wat daar by

jou in God is, te spog? Hoe so?

Nog enkele ander teksgedeeltes oor hoop: Romeine 15:11-13; 1 Timoteus 4:10;

Efesiërs 1:18-21; 1 Petrus 1:13; Hebreërs 11:1-3

2. Oefening van die week

Groeplede gee eerlike terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week.

Ontvang die nuwe oefening vir die komende week.

Ons kan ons Christelike hoop as volg definieer: ‘n Opgewonde en volhardende geloofsverwagting dat God se beloftes oor die toekoms in vervulling sal gaan. Gebruik hierdie week om daagliks die inhoud van die teksverse hieronder by jou in te skerp deur dit vir jouself hardop te lees. ➢ Hoop op verlossing – 2 Korintiërs 1:8-10 ➢ Hoop op die wederkoms van Christus – Titus 2:13 ➢ Hoop op die opstanding uit die dood – 1 Tessalonisense 4:13-18

1 Johannes 3:2-3 ➢ Hoop op volkome heerlikmaking – Romeine 5:2 ➢ Hoop op die ewige lewe – Titus 1:1-2

Titus 3:7

3. Seëngebed

Mag jy steeds daagliks in hoop en geloof toeneem. Mag jy die hoop wat in jou leef, uitleef tot seën van ander. Amen.

Page 12: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

9

21 Oktober 2019 Les 4

Hoop vir ons land

A. YSBREKER

Wat maak jou moedeloos oor Suid-Afrika, of wat maak jou ‘’Proudly South -

African”?

B. AANBIDDING

To worship is to experience Reality, to touch Life. It is to know, to feel,

to experience the resurrected Christ in the midst of the gathered

community. It is a breaking into the Shekinah of God, or better yet,

being invaded by the Shekinah of God.* - Richard Foster

*“Shekinah” means the glory or the radiance of God dwelling in the

midst of his people. It denotes the immediate Presence of God as

opposed to a God who is abstract or aloof.

Gebruik hierdie tyd van aanbidding om op God se teenwoordigheid te fokus. Julle

kan julle eie musiek- of sangkeuse maak, of ons speellys gebruik deur die volgende

skakel:

https://www.youtube.com/playlist?list=PLzDs0za9FoeTC_IrRgrF3IAjSfwubWSck

C. WOORD

• Lees die Skrifgedeeltes hardop voor, of dit kan in die voorafgaande week

deur elkeen op sy eie gelees word ter voorbereiding. Gee genoeg tyd om

die inhoud in te neem en te “verteer”. Lees daarna die vrae deur en

groeplede kry dan die geleentheid om te reageer op die vrae wat tot hulle

spreek.

• Moedig groeplede aan om die vrae met “ek …”-stellings te beantwoord –

nie vae veralgemenings soos “ons/hulle/mens …” nie.

Page 13: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

10

“Geloof klim teen die trappe op wat liefde gebou het en sien die

toekoms deur ‘n venster wat hoop oopgemaak het.” - Charles H.

Spurgeon

“God se ontferming en genade gee vir my hoop – vir myself en die

vir die wêreld.” - Billy Graham

“Mense wat die meeste vir die huidige wêreld beteken, dié is wat in

die ewige lewe glo.” - C. S. Lewis

Vraag: Wat is jou gedagtes oor die stellings hierbo? Lees die volgende skrifgedeeltes en bespreek die vrae wat volg:

1. Baken van hoop?

1 Petrus 1:13-17 (NV) 13Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en

vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus. 14As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. 15Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. 16Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.” 17Aangesien julle Hom as Vader aanroep wat oor elke mens onpartydig volgens sy dade oordeel, lewe dan in eerbied vir Hom gedurende die tyd van julle vreemdelingskap in die wêreld.

1 Petrus 3:15-16 (NLV) 15Inteendeel, erken in julle harte Christus as die een

wat seggenskap het. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer. 16Doen dit egter taktvol en eerbiedig. Sorg dat julle gewete skoon bly. Wanneer mense dan sleg van julle praat, sal hulle

Page 14: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

11

skaam kry wanneer hulle agterkom hoe voorbeeldig julle leefstyl is omdat julle aan Christus behoort.

Vrae: 1. Watter stories uit die Bybel kan jou help om met meer hoop in ons land te

lewe?

2. Wat weerhou jou daarvan om in jou leefwêreld ‘n persoon van hoop te

wees?

3. Wie ken jy wat tans groot wanhoop beleef, en hoe dink jy wil God hulle

ontmoet?

4. Wat is God se hoop vir jou in jou huidige konteks/situasie?

Nog enkele ander tekste oor hoop: Hosea 12:7; Romeine 8:24-25; Romeine 15:13;

Hebreërs 6:18-19.

2. Oefening van die week

Groeplede gee eerlike terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week.

Ontvang die nuwe oefening vir die komende week.

Evalueer hoe jy in hierdie week, in jou daaglikse lewe, hoop uitgeleef het. Beantwoord elke dag die volgende vrae: Het jy hoop gepraat? Het jy hoop gedink? Het jy hoop geleef? Hoe word jou begeertes deur die ewigheid beïnvloed?

3. Seëngebed

Mag jy weet dat God naby is, dat Sy hoop en krag nie opraak nie, en dat Hy jou wil

gebruik om hoop en lig te wees in ons land. Mag jy dus in jou diepste binneste

hoop vind, sodat jy hoop kan deel. Amen.

Page 15: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

12

28 Oktober 2019 Les 5

Die Gees wys ons wie ons is en wie God is

A. YSBREKER

Wat sal jy sê is jou jaar se tema sover?

B. AANBIDDING

To worship is to experience Reality, to touch Life. It is to know, to feel,

to experience the resurrected Christ in the midst of the gathered

community. It is a breaking into the Shekinah of God, or better yet,

being invaded by the Shekinah of God.* - Richard Foster

*“Shekinah” means the glory or the radiance of God dwelling in the

midst of his people. It denotes the immediate Presence of God as

opposed to a God who is abstract or aloof.

Gebruik hierdie tyd van aanbidding om op God se teenwoordigheid te fokus. Julle

kan julle eie musiek- of sangkeuse maak, of ons speellys gebruik deur die volgende

skakel:

https://www.youtube.com/playlist?list=PLzDs0za9FoeTC_IrRgrF3IAjSfwubWSck

C. WOORD

• Lees die Skrifgedeeltes hardop voor, of dit kan in die voorafgaande week

deur elkeen op sy eie gelees word ter voorbereiding. Gee genoeg tyd om

die inhoud in te neem en te “verteer”. Lees daarna die vrae deur en

groeplede kry dan die geleentheid om te reageer op die vrae wat tot hulle

spreek.

• Moedig groeplede aan om die vrae met “ek …”-stellings te beantwoord –

nie vae veralgemenings soos “ons/hulle/mens …” nie.

Page 16: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

13

1. Het jy dit?

Romeine 8:15-17 (NLV) 15Die Gees wat julle ontvang het, is nie ’n Gees wat weer van julle vreesbevange slawe maak nie. Julle het die Gees van ware kindwees ontvang en deur hierdie Gees roep julle uit tot God: Abba – ons liewe Vader. 16Want die Gees self bevestig teenoor ons eie gees dat ons God se kinders is. 17En as ons God se kinders is, maak Hy ons ook sy erfgename. Saam met Christus deel ons in God se rykdom. As ons bereid is om saam met Christus te ly, sal ons sekerlik ook deel in sy heerlikheid Johannes 14:26- 29 (OV) 26maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie. 28Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek. 29En nou het Ek dit aan julle gesê voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur. Johannes 15:26-27 (NV) 26“Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. 27En julle moet getuig, want julle is van die begin af by My.” Johannes 16:13 (DB) 13Maar as die Heilige Gees eers hier is, sal Hy julle hand vat en julle met die paaie van die waarheid langs lei. Hy is immers die Gees wat die waarheid ken. Hy sal nie sommer ’n klomp los dinge uit sy eie vir julle vertel nie. Hy sal met julle praat oor wat Hy gehoor het. Verder sal Hy julle ook voorberei vir alles wat nog vir julle voorlê. Die Gees sal voortbou op wat Ek gesê en gedoen het.

Vrae: 1. Watter prentjies gebruik die Bybel om die Gees te verduidelik? 2. Wat is jou prentjie van die Heilige Gees? 3. Hoe beleef jy tans die Heilige Gees? 4. Op watter manier kan jy hierdie werking van die Gees tans in jou lewe

raaksien? (Die Gees wys ons wie ons is en wie God is) Nog enkele ander tekste oor die Heilige Gees: Rigters 3:9-10; Handelinge 1:7-8; Handelinge 2:1-4; Johannes 3:5-8; 1 Korintiërs 2:10-16.

Page 17: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

14

2. Oefening van die week

Ontvang die nuwe oefening vir die komende week.

Vra hierdie week ‘n paar vriende en mede-gelowiges wat hulle prentjie van die Heilige Gees is, en hoe hulle die Gees ervaar. Luister en ontvang hul belewenis, sonder om hulle te korrigeer, of in debatte betrokke te raak. Deel slegs jou eie siening wanneer hulle daarvoor vra. Bedank elke persoon dat hul met jou gedeel het.

3. Seëngebed

Hierdie seëngebed kan as die afsluitingsgebed gebruik word.

Mag die Heilige Gees se stem, wat jou herinner dat jy ‘n geliefde kind van God is,

in jou binneste vlamvat en mag jy God dieper en dieper leer ken deur die leiding

van die Gees. Amen.

4 November 2019 Les 6

Die Gees is die geskenk van God se teenwoordigheid

A. YSBREKER

Wat was die afgelope week in die nuus wat jou ontstel het?

B. AANBIDDING

To worship is to experience Reality, to touch Life. It is to know, to feel,

to experience the resurrected Christ in the midst of the gathered

community. It is a breaking into the Shekinah of God, or better yet,

being invaded by the Shekinah of God.* - Richard Foster

*“Shekinah” means the glory or the radiance of God dwelling in the

midst of his people. It denotes the immediate Presence of God as

opposed to a God who is abstract or aloof.

Page 18: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

15

Gebruik hierdie tyd van aanbidding om op God se teenwoordigheid te fokus. Julle

kan julle eie musiek- of sangkeuse maak, of ons speellys gebruik deur die volgende

skakel:

https://www.youtube.com/playlist?list=PLzDs0za9FoeTC_IrRgrF3IAjSfwubWSck

C. WOORD

• Lees die Skrifgedeeltes hardop voor, of dit kan in die voorafgaande week

deur elkeen op sy eie gelees word ter voorbereiding. Gee genoeg tyd om

die inhoud in te neem en te “verteer”. Lees daarna die vrae deur en

groeplede kry dan die geleentheid om te reageer op die vrae wat tot hulle

spreek.

• Moedig groeplede aan om die vrae met “ek …”-stellings te beantwoord –

nie vae veralgemenings soos “ons/hulle/mens …” nie.

1. Is jy teachable?

Lukas 11:10-13 (NV) 9“Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. 10Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. 11Is daar 'n pa onder julle wat as sy seun vir hom 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee in plaas van die vis? 12Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen sal gee? 13As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee — die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”

Trevor Hudson se kommentaar oor hierdie gedeelte: “And what is

Jesus trying to say? Jesus is simply trying to say our Heavenly Father is

better than us, is more generous than us, that God longs to give the

gift of Himself to you. God longs to do that. God deeply desires to give

the gift of the Holy Spirit, that’s His own spirit, His own presence, His

own power. He longs to give it to us.”

Page 19: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

16

Johannes 14:26 (NLV) 26 en wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom wat die Vader in my Naam sal stuur, sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. Romeine 8:26-27 (DB) 26Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie. 27Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal. Hy gaan sug en kla namens ons daar by God. En omdat God die Heilige Gees deur en deur ken, weet Hy presies hoekom sy Gees so ernstig vir ons bid. En God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid.

Vrae: 1. Op watter manier ervaar jy die Heilige Gees as ‘n geskenk? 2. Waarom dink jy is die Heilige Gees aan ons gegee? 3. Op watter manier help die Heilige Gees jou om ‘n verhouding met God te hê? 4. Waarmee/Waarin help die Heilige Gees jou?

Nog enkele ander tekste oor die Heilige Gees: 1 Kronieke 12:18-20; 1 Korintiërs 3:5-6; 2 Korintiërs 3:17-18; Lukas 24:45-49; Efesiërs 1:13-14.

2. Oefening van die week

Groeplede gee eerlike terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week.

Ontvang die nuwe oefening vir die komende week.

Gebruik hierdie week jou asemhaling om jou te herinner aan God se teenwoordigheid in en om jou, in die vorm van sy Heilige Gees. Kies ‘n aksie wat jy elke dag doen (bv. werk toe ry, kosmaak, honde kos gee, ens.) en wanneer jy dit dan doen, begin dit deur 10 keer diep asem te haal en raak net bewus dat God naby is.

3. Seëngebed

Hierdie seëngebed kan as die afsluitingsgebed gebruik word.

Mag jy hierdie week met ‘n nuwe bewustheid die Heilige Gees as ‘n geskenk beleef. Amen.

Page 20: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

17

11 November 2019 Les 7

Die Gees vernuwe en bring vreugde

A. YSBREKER Hoe bekommerd is jy tans?

of Wat verskaf jou tans groot vreugde?

B. AANBIDDING

To worship is to experience Reality, to touch Life. It is to know, to feel,

to experience the resurrected Christ in the midst of the gathered

community. It is a breaking into the Shekinah of God, or better yet,

being invaded by the Shekinah of God.* - Richard Foster

*“Shekinah” means the glory or the radiance of God dwelling in the

midst of his people. It denotes the immediate Presence of God as

opposed to a God who is abstract or aloof.

Gebruik hierdie tyd van aanbidding om op God se teenwoordigheid te fokus. Julle

kan julle eie musiek- of sangkeuse maak, of ons speellys gebruik deur die volgende

skakel:

https://www.youtube.com/playlist?list=PLzDs0za9FoeTC_IrRgrF3IAjSfwubWSck

C. WOORD

• Lees die Skrifgedeeltes hardop voor, of dit kan in die voorafgaande week

deur elkeen op sy eie gelees word ter voorbereiding. Gee genoeg tyd om

die inhoud in te neem en te “verteer”. Lees daarna die vrae deur en

groeplede kry dan die geleentheid om te reageer op die vrae wat tot hulle

spreek.

• Moedig groeplede aan om die vrae met “ek …”-stellings te beantwoord –

nie vae veralgemenings soos “ons/hulle/mens …” nie.

Page 21: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

18

Vreugde is die onfeilbare teken van God se teenwoordigheid in jou

lewe. – L. Bloy

1. Wees bruikbaar! Lees die volgende skrifgedeeltes en bespreek die vrae wat volg:

Romeine 15:13-15a (NLV) 13Ek bid dat dié God wat aan ons ’n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul. Ja, mag julle lewens tot oorlopens toe vol verwagting word deur die kragtige werking van die Heilige Gees. 14My broers en susters, ek is self deeglik bewus van julle goeie kwaliteite. Julle is trouens self so goed op hoogte van dinge dat julle mekaar sou kon onderrig. 15Ek was vrymoedig genoeg om sekere punte te beklemtoon alhoewel ek besef het dat dit eintlik net nodig was om julle geheue op te skerp. 1 Tessalonisense 1:4-6 (NV) 4Broers, ons weet dat God julle wat Hy liefhet, uitverkies het, 5want die evangelie wat ons aan julle verkondig het, het nie bloot met woorde tot julle gekom nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en met volle oortuiging. Julle weet trouens hoe ons by julle opgetree het, en dít om julle ontwil. 6En julle het ons voorbeeld gevolg en volgelinge van die Here geword. In baie moeilike omstandighede het julle die woord aangeneem met 'n blydskap wat van die Heilige Gees kom.

Galasiërs 5:22-23 (NLV) 22Maar die vrug wat die Gees voortbring, is:

liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid,

getrouheid,23sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is

daar nie ’n wet nie.

Vrae: 1. Van watter vrug van die Gees begeer jy meer van? 2. Waarin wil jy vir God vernuwing vra? 3. Is daar voorbeelde van hierdie werking van die Gees (wat vernuwing en

vreugde bring)?

Page 22: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

19

4. Hoe sal jy die vreugdevlakke in jou lewe beskryf?

Nog enkele ander teksgedeeltes oor die Heilige Gees: Miga 3:8; Johannes 16:7-15;

Handelinge 2:33; Handelinge 2:38-39; 1 Korintiërs 2:10-16; Romeine 8:5-6.

2. Oefening van die week

Groeplede gee eerlike terugvoer oor hulle suksesse en uitdagings betreffende die oefening van die vorige week.

Ontvang die nuwe oefening vir die komende week.

Asemhalingsgebed: Gebruik hierdie week weer jou asemhaling om jou te herinner aan die Heilige Gees. Kies ‘n aksie wat jy elke dag doen (bv. werk toe ry, kosmaak, honde kos gee, ens.) en wanneer jy dit dan doen, begin dit deur 10 keer diep asem te haal. Terwyl jy stadig inasem, bid: ‘’Hier is ek,” en terwyl jy stadig uitasem, bid: ‘’Vul my asseblief.’’

3. Seëngebed

Hierdie seëngebed kan as die afsluitingsgebed gebruik word.

Mag die Gees nuwe lewe in die droë gedeeltes van jou hart skep en mag jy aangenaam verras word wanneer jy die Gees vra om die vrug van vreugde in jou lewe te vorm. Amen.

Page 23: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

20

Die week van 11 November sal die laaste week van lesse wees. Julle is welkom om in die twee weke voor die skole sluit (4 Desember) ‘n lekker kleingroepafsluiting of social te hou. Die Kleingroepe sal dus dan sluit vir die Desembervakansie en weer die week van 23 Januarie 2020 hervat. Sterkte vir hierdie laaste stretch van 2019 en mag julle ‘n geseënde Kersgety geniet!

Page 24: NOTAS - LewenSentrum › wp-content › uploads › 2019 › 09 › KLEI… · 30 September 2019 Les 1 Hoop in moeilike omstandighede A. YSBREKER Waarheen sal jy vir n week wegbreek

21

HERDERS: Ruan Rabie (12-18 j.) [email protected] 076 793 0297 Leon Thiardt (19-26 j.) [email protected] 081 099 9154 Andries Minnaar (27-37 j.) [email protected] 082 463 1645 Francois Fouche (38-48 j.) [email protected] 063 179 5493 Willie Coetzee (49-60 j.) [email protected] 083 417 7792

Herman Coetser (61+ j.) [email protected] 083 268 7888