3
Beste Ouers GELUKKIGE VERJAARSDAG, ST PAULUS NUUSBRIEF #5 14 Februarie 2020 STRATEGIESE BEPLANNING EN FOKUSGROEP BESPREKING WERKSWINKELS Ons het op Dinsdag, 11 Februarie ons 58 ste verjaarsdag gevier. Ons Kapellaan, Msgr Marc, het ons Mis gevier en almal het saam vir ons skool gesing. Ons wens vir St Paulus is dat dit sal voortgaan om te groei en te ontwikkel en dat, in sy verbintenis tot geregtigheid, gelykheid en inklusiwiteit, dit sal voortgaan om as ‘n baken van hoop vir ons kinders - die volwassenes van die toekoms - te skyn. GRAAD 4 OUER-KIND STUDIEMETODES WERKS- WINKEL GRIEKSE SKOOL Griekse lesse word op Donderdae- middae in die Voorskool klaskamers aangebied. Daar is ‘n klas vir ons Voorskool leerlinge, vanaf 14:00 - 15:00, en twee klasse vir ouer leerlinge op verskillende vlakke, van 15:00 - 16:00. Vir enige iemand wat belangstel om ‘n kind in te skryf of meer inligting benodig, kontak asseblief vir Penny: 082 602 5720, of die Pretoria Helleniese Gemeenskaps- kantoor: 012 362 1400 Onthou-die-datum: Ouers en hulle Graad 4 kinders word uitgenooi om ‘n oggend saam met Sharon Wartenweiler deur te bring wat beide ouers en hulle kinders sal help om kinder-vriendelike Studiemetode Vaardighede te bekom. Saterdag: 4 April 08:00 - 12:30 Koste: R280 waarvan die skool R140 per kind sal borg. Dankie aan die Raadslede, personeel en ouers wat verlede Saterdag ons Werkswinkel bygewoon het. Die energie was tasbaar soos die groepe idees gedeel en voorstelle gemaak het. Sodra die terugvoer bymekaar gesit is, sal die Raad en SBS tyd moet wei daaraan om ‘n uitrol-plan met spesifieke tydsraamwerke uit te werk. Ons sal terugvoer hieroor gee. Dit beloof om ‘n waardevolle en besige jaar te wees! Die skool het Graad-spesifieke WA Groepe geskep sodat elke graad boodskappe en graad-spesifieke inligting aan ouers kan stuur. Die besluit om hierdie WA groepe te stig is geneem in reaksie op vrae en kommentaar van ons ouers in die 2019 opname. Hierdie groepe is “uitsaai alleenlik” so daar is nie twee-rigting kommunikasie nie en ouers loop dus nie die gevaar dat hierdie groepe ‘n swaar las vir hulle word nie. Daar is geen antwoorde, emojis en “duim- op” of “duim-af” wat oorgesein kan word nie. Daar is tyd bestee om alle ouers se kontak besonderhede op elke graad foon te laai, en alhoewel sommige grade reeds aktief was - die Graad 7 groep is gebruik om boodskappe en fotos te stuur terwyl die Graad Sewes op kamp was - is ander nog nie so aktief nie. As u nie deel van die groep wil wees nie, is dit elke persoon se keuse om die groep te verlaat. Ons sal voortgaan om hierdie vorm van kommunikasie te benut omdat baie van ons ouers die kort boodskappies van waarde vind. GRAAD-SPESIFIEKE “UITSAAI ALLEENLIK” WA GROEPE

NUUSBRIEF #5 14 Februarie 2020 - St Paulus · 2020. 2. 21. · Beste Ouers GELUKKIGE VERJAARSDAG, ST PAULUS Ons het op Dinsdag, 11 Februarie ons 58 die gevaar dat hierdie groepe ‘n

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • Beste Ouers

    GELUKKIGE VERJAARSDAG, ST PAULUS

    NUUSBRIEF #5 14 Februarie 2020

    STRATEGIESE BEPLANNING EN FOKUSGROEP

    BESPREKING WERKSWINKELS

    Ons het op Dinsdag, 11 Februarie ons 58ste verjaarsdag gevier. Ons Kapellaan, Msgr Marc, het ons Mis gevier en almal het saam vir ons skool gesing. Ons wens vir St Paulus is dat dit sal voortgaan om te groei en te ontwikkel en dat, in sy verbintenis tot geregtigheid, gelykheid en inklusiwiteit, dit sal voortgaan om as ‘n baken van hoop vir ons kinders - die volwassenes van die toekoms - te skyn.

    GRAAD 4 OUER-KIND STUDIEMETODES WERKS-

    WINKEL

    GRIEKSE SKOOL Griekse lesse word op Donderdae-middae in die Voorskool klaskamers aangebied. Daar is ‘n klas vir ons Voorskool leerlinge, vanaf 14:00 - 15:00, en twee klasse vir ouer leerlinge op verskillende vlakke, van 15:00 - 16:00. Vir enige iemand wat belangstel om ‘n kind in te skryf of meer inligting benodig, kontak asseblief vir Penny: 082 602 5720, of die Pretoria Helleniese Gemeenskaps-kantoor: 012 362 1400

    Onthou-die-datum: Ouers en hulle Graad 4 kinders word uitgenooi om ‘n oggend saam met Sharon Wartenweiler deur te bring wat beide ouers en hulle kinders sal help om kinder-vriendelike Studiemetode Vaardighede te bekom. Saterdag: 4 April 08:00 - 12:30 Koste: R280 waarvan die skool R140 per kind sal borg.

    Dankie aan die Raadslede, personeel en ouers wat verlede Saterdag ons Werkswinkel bygewoon het. Die energie was tasbaar soos die groepe idees gedeel en voorstelle gemaak het. Sodra die terugvoer bymekaar gesit is, sal die Raad en SBS tyd moet wei daaraan om ‘n uitrol-plan met spesifieke tydsraamwerke uit te werk. Ons sal terugvoer hieroor gee. Dit beloof om ‘n waardevolle en besige jaar te wees!

    Die skool het Graad-spesifieke WA Groepe geskep sodat elke graad boodskappe en graad-spesifieke inligting aan ouers kan stuur. Die besluit om hierdie WA groepe te stig is geneem in reaksie op vrae en kommentaar van ons ouers in die 2019 opname. Hierdie groepe is “uitsaai alleenlik” so daar is nie twee-rigting kommunikasie nie en ouers loop dus nie die gevaar dat hierdie groepe ‘n swaar las vir hulle word nie. Daar is geen antwoorde, emojis en “duim-op” of “duim-af” wat oorgesein kan word nie. Daar is tyd bestee om alle ouers se kontak besonderhede op elke graad foon te laai, en alhoewel sommige grade reeds aktief was - die Graad 7 groep is gebruik om boodskappe en fotos te stuur terwyl die Graad Sewes op kamp was - is ander nog nie so aktief nie. As u nie deel van die groep wil wees nie, is dit elke persoon se keuse om die groep te verlaat. Ons sal voortgaan om hierdie vorm van kommunikasie te benut omdat baie van ons ouers die kort boodskappies van waarde vind.

    GRAAD-SPESIFIEKE “UITSAAI ALLEENLIK” WA GROEPE

  • Gelukkige Valentynsdag aan al ons families. Mag u ‘n

    vredevolle, besonderse naweek saam met u kinders

    geniet.

    Soos almal bewus is, is weerlig ‘n krag wat baie ernstig opgeneem moet word. Daar was al baie beserings, en selfs sterftes, op sportvelde by skole, op golfbane en ontspanningsgeriewe. Dit is altyd ‘n nugtere ervaring om van ‘n onlangse weerlig-verwante sterfte of ernstige besering te hoor, maar nie almal van ons neem die verantwoordelikheid van weerlig besering so ernstig op soos wat ons moet nie. By St Paulus het ons baie duidelike Weerlig Protokol wat deur almal op ons kampus gevolg moet word. Wat dit moeilik maak is dat hierdie maatreëls in plek moet bly totdat weerlig waarskuwings verder as ‘n 20 km radius van ons is, aangesien hierdie die geadviseerde afstand is voordat ons weer veilig na buite kan geweeg. Wanneer die weerlig sirene afgaan, of as een van ons sleutel personeellede ‘n weerlig waarskuwing van die Apps wat op ons selfone gelaai is, ontvang, moet al ons leerlinge, personeel en ouers die weerlig protokol waarneem. Die belangrikste stappe is om die velde en swembad area te ontruim, om weg te beweeg van staal strukture en bome, en om na die naaste aangewese area te beweeg. Ons is werklik midde-in die reënseisoen en ons reën gaan dikwels gepaard met stormagtige toestande, so ons skuif deesdae dikwels kinders van sportvelde en die swembadarea. Ons prioriteit is om almal veilig te hou, so ons mag nodig hê om kinders op kort kennisgewing onder dak te kry, wat dit moeiliker maak vir ouers om hulle kinders te vind. As u nie onmiddellik u kind kan kry nie, kom asseblief na die administratiewe kantoor waar iemand u sal help. Help ons asseblief om ons kinders te beveilig deur hulle aan te moedig om die Weerlig Protokol na te kom en, as u op die perseel is wanneer die waarskuwing sirene loei, aanvaar asseblief dat die protokol ook op ouers van toepassing is. In die namiddae het Juffrou Elizabeth, ons Nasorg Toesighouer, die mees uitdagende werk, want sy moet al die Nasorg leerlinge onderdak kry, en sy word ook gekonfronteer met die feit dat baie ander leerlinge van die sportvelde en swembad na Nasorg geskuif word. Dit is haar verantwoordelikheid om die sportpersoneel te help om kinders te skuif na aangewese areas soos die Media Sentrum of na klaskamers waar kinders onder toesig sal wees totdat ouers arriveer. Daar is baie Weerlig Protokol kennisgewings op ons kampus. ‘n Kopie van ons: “Weerlig Protokol” is by die nuusbrief aangeheg sodat almal hulleself kan vergewis van die prosedures wat ons volg.

    WEERLIG PROTOKOL

    Vrydag, 14 Februarie:

    Valentynsdag Mark Swemgalas: A- en B-Spanny @ Woodhill C-Span by St Paulus Saterdag, 15 Februarie: CST Vergadering [Hoof en Skoolraad] Nuwe Personeel Oriëntering by Loreto Nana Sita Maandag, 17 Februarie: Tennis Liga: Dogters Ope by St Paulus Seuns Ope by Lynnwood Ridge O11 Seuns by St Paulus Krieketwedstryd vs CBC: O12B by St Paulus vs CBC Voog SOR, CPC, CCC [tot Donderdag, 20 Februarie] Dinsdag, 18 Februarie: Krieket vs CBC en PCS: O13A by St Paulus O12A by Pretoria Chinese School Wednesday, 19 February: Cricket vs CBC & PCS:

    Woensdag, 19 Februarie: Krieket vs CBC en PCS: O11A by St Paulus O10A by CBC Donderdag, 20 Februarie: Krieket vs CBC en PCS: O9A by CBC Vrydag, 21 Februarie: Swemgalas: A- en B-Spanne by St Paulus C-Span by LSQ Saterdag, 22 Februarie: Inter-Huis Gala

    WAT VOORLÊ

  • SPORT UITSLAE

    Dinsdag, 11 Februarie Krieket vs Waterkloof/Crawford/WHPS: St Paulus O13A vs Waterkloof O13A – St Paulus verloor met 6 lopies; St Paulus O12A vs WHPS O13C – St Paulus verloor met 41 lopies; St Paulus O12 B vs Crawford O13A – St Paulus verloor met 4 paaltjies Woensdag, 12 Februarie Krieket vs Jacaranda/WHPS: St Paulus O11A vs WHPS O11A – St Paulus verloor met 5 paaltjies St Paulus O10A vs Jacaranda O10A – St Paulus verloor met 50 lopies St Paulus O9B vs Crawford O9A – St Paulus verloor met 3 paaltjies (2de laaste boulbeurt) Donderdag, 13 Februarie Krieket vs Waterkloof/Crawford/WHPS: St Paulus O9A vs Jacaranda O9A – St Paulus wen met 22 lopies

    Vrydag, 24 Januarie A-Span 2de uit skole (het teen A-Spanne geswem) B-Span 2de uit 3 skole (het teen B-Spanne geswem C-Span – 3de uit 3 skole (het teen B-spanne geswem) Vrydag, 31 Januarie A-Span – 1ste met 341 punte B-Span – 3de met 157 punte (het teen A-spanne geswem) C-Span - Vriendskaplike Gala Saterdag, 1 Februarie Mini-Krieket by St Paulus Maandag, 3 Februarie Tenniswedstryde: Seuns Ope vs PTA Oos – St Paulus wen O11 Seuns vs Edu Plex – St Paulus wen Dinsdag, 4 Februarie Krieket vs Copperleaf en Irene: St Paulus O13A vs Irene O13A – St Paulus wen met 45 lopies: Jenson Breetzke - 42 lopies Clayton Koorbanally - 29 lopies St Paulus O12A vs Copperleaf O13A – St Paulus wen met 9 paaltjies: Benjamin d’Oliveira - 24 lopies St Paulus O12B vs Irene O13B – St Paulus verloor met 1 paaltjie: Daniel Farrell - 32 lopies Woensdag, 5 Februarie Krieket vs Copperleaf en Irene: St Paulus O11A vs Irene O11A – St Paulus wen met 119 lopies: Jacob Breetzke - 46 lopies Brennan Naidu - 51 lopies (nie uit nie) St Paulus O10A vs Irene O10A – St Paulus wen met 78 lopies: Declyn Jones - 31 lopies en 3 paaltjies gevat James Joubert - 39 lopies Donderdag, 6 Februarie Krieket vs Copperleaf en Irene: St Paulus O9A vs Irene O9A – St Paulus (Wedstryd gekanselleer weens weersomstandighede) St Paulus O9B vs Copperleaf O9A – St Paulus (Wedstryd gekanselleer weens weersomstandighede) Saterdag, 8 Februarie Mini-Krieket by St Paulus – (Wedstryd gekanselleer weens weersomstandighede) Maandag, 10 Februarie Tenniswedstryde: Seuns Ope vs Die Krans – St Paulus wen O11 Seuns vs L/S Queenswood – St Paulus wen

    GRAAD 7 KAMP