8
‘n Wêreldwye Netwerk Posbus 126, Wolseley, Suid Afrika, Oakstraat, Huis Weich, 6830 www.fce.org.za VSA-konneksies Australië-konneksies Kanada-konneksies FCE Foundation for Cross-Cultural Education BELANGRIKE DATUMS DMT (Dissipelskap-Sendingopleidingskursus) 6 weke Wolseley: 8 Okt. – 18 Nov. 2012 NCTC (National Christian Teachers’ Convention) Bloemfontein: 29 Sept. – 1 Okt. 2012 www.natctc.co.za JULIE 2012 [email protected]

Nuusbrief Julie 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

fce_publications

Citation preview

Page 1: Nuusbrief Julie 2012

‘n Wêreldwye Netwerk

Posbus 126, Wolseley, Suid Afrika, Oakstraat, Huis Weich, 6830

www.fce.org.za

VSA-konneksies

Australië-konneksiesKanada-konneksies

FCEFoundat ion for Cross -Cul tura l Educat ion

BELANGRIKE DATUMSDMT (Dissipelskap-Sendingopleidingskursus) 6 wekeWolseley: 8 Okt. – 18 Nov. 2012NCTC (National Christian Teachers’ Convention) Bloemfontein: 29 Sept. – 1 Okt. 2012www.natctc.co.za

JULIE 2012

[email protected]

Page 2: Nuusbrief Julie 2012

Ek en Anita is veilig tuis na 3 maande in Australië, die VSA en Kanada. Ek moes die afgelope tyd dikwels die volgende vrae beantwoord: “Waarom spandeer julle so baie tyd in die buiteland? Is dit regtig die geld en die moeite werd?” En dan onthou ek hoe ek in die be-ginjare van FCE met hierdie selfde

vrae geworstel het, totdat die Here aan my openbaar het dat as Hy my ‘n opdrag gee, Hy heeltemal bekwaam is om die finansies en tydsaspek te hanteer. My enigste antwoord op hierdie vrae is dus: “Ek gaan in gehoorsaamheid aan Sy opdrag”. Uit ondervinding kan ek getuig dat ons Vader met ‘n goddelike plan besig is om Sy Koninkryk te bou. “Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die diens-werk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig.” (Hand: 20:24)

Ek vertrou hierdie foto-storie van ons besoek, gedurende April, Mei en Junie aan Australië, die VSA en Kanada gee julle ‘n kykie in hoe die Here ons gelei en geseën het met mense wat hul huise, hul voertuie, hulle tyd, hulle bedien-ings, hulle finansies tot ons beskikking gestel het en hulle vriende en families met ons gedeel het.

Hou in gedagte dat ons beperkte spasie het om net som-mige van die hoogtepunte van ons besoek uit te lig

Baie, baie dankie aan elkeen wat ons in hierdie tyd d.m.v. gebed, finansies en woorde van bemoediging gedra het, elke huis waar ons met liefde ontvang en bederf is en elke geleentheid wat vir ons geskep is om te getuig van wat God in en deur FCE doen.

Mag hierdie fotoverslag ‘n getuienis wees van hoe die Here FCE wêreldwyd gebruik om:

• met Christenskole, gemeentes en sendingorganisasies te netwerk; • mense vir sending te mobiliseer; • Christene bewus te maak van hul sendingverant- woordelikheid; • ‘n platform te skep van waar hul in sending betrokke kan raak en• jongmense in sending op te lei en uit te stuur.

Paar jaar gelede was ek een van die sprekers by ‘n onderwyskonferensie in Engeland. Na die tyd kom ‘n onbekende vrou na my toe met ‘n tekening. Terwyl ek gepraat het, het die Here vir haar ‘n beeld gegee – sy het begin lyne en strepe trek en toe sy klaar is, was dit ‘n spinneweb. Die Here het aan haar openbaar dat Hy my gaan gebruik om ‘n netwerk dwarsoor die wêreld te span. Ek moenie twyfel aan waarmee ek besig is nie, dit wat ek doen is van Hom en Hy het ‘n plan, ek moet net in gehoorsaamheid beweeg. Hierde toer was ‘n bevestiging van wat die Here destyds aan my openbaar het. Vandag staan ek in verwondering oor die netwerk wat ons deur die jare gespin het waarin Christus sentraal staan in die leefwêreld van Christene wêreldwyd.n

Page 3: Nuusbrief Julie 2012

AustraliëAndrew Evetts raak verlief op ‘n Suid-Afrikaanse meisie, Lizl de Jongh.

Die Here gryp in sy lewe in en hy beland by FCE, kom tot bekering en vol-tooi sy onderwys- en sendingopleiding by FCE in 2001. Vandag is hy ‘n skool-hoof by ‘n Christenskool in Ayr, Queensland. Deur die jare het hy en sy gesin betrokke gebly by die werk van FCE, dit ondersteun en sien hy FCE-vriende as sy mentors waar hy gebedsondersteuning kry en met raad bedien word.

Hulle is sedert 1997 by FCE betrokke. Hulle was die leiers van die eerste groep wat ons na Indië gestuur het. Hulle gaan in Australië voort

om FCE te bemark en is getrou in hul ondersteuning op verskeie terreine.

Hulle is ware staatmakers. Na hulle die dissipelskapsopleiding in Suid-Afrika gedoen het, kom hul gereeld vir ‘n paar maande per jaar na Zambië waar Andrew help met die houtwerkprojek en

Margaret goud werd is in die kombuis en by die bediening van die vrouens in die gemeenskap. Ons bly vir 2 weke in hulle huis en gebruik hulle voertuig, tydens ons verblyf in Mackay.

Die Evetts Gesin

William & Colleen Doble

Andrew & Margaret Robertson

Suid - Afrikaners in Mackay

Mackay

Ayr

konneksies

Josh is ‘n elektrisiën van Mackay. Hy is gefinansier en uitgestuur deur sy werkgewer, Brad, om die elektrisiteit op Koti ni Eden te installeer. Hulle beplan ‘n samewerkingsooreenkoms met FCE in die

toekoms. Josh is ook deur die Dissipelskap-Sendingopleiding en sy hart is in FCE.

Josh WoodhouseMackay

Max is n sending-veteraan wat sy familie, vriende en gemeenskap mobiliseer om praktiese werk op die sendingveld te doen. Max

is op die beheerliggaam van Pacific Hill Skool. Max en ‘n span kundi-ges vertrou die Here vir die finanies en beplan om vanaf 23 Julie – 18 Augustus twee huise by die Opleidingsentrum in Malawi af te rond.

Max MaddockYakandanda

Page 4: Nuusbrief Julie 2012

In 2002 ontmoet Neels vir Pastor Rob Booth-Jones die pastoor van Mackay Christian Family (MCF) en Craig Murison, die skoolhoof van MCC. Dit is 10 jaar later en MCC/MCF is steeds deel van die visie van FCE. Hulle het hul deure en hul harte vir ons oopgemaak en hul opleiding, talente en ondersteuning tot FCE se beskikking gestel.

Die Mackay Christian College (MCC)

Jacques du Toit, seun van Piet en Elma du Toit, voltooi sy vier jaar onderwys-opleiding aan die Central Queensland Universiteit met

lof - finansieel moontlik gemaak deur MCC en die Murisons. Hy is tans onderwyser by MCC en het ook onlangs in die huwelik getree met Jen-nifer, dogter van Pastore Rob en Denise Booth Jones.

Jacques & Jen du Toit

Ndjani, dogter van Brian en Barbara van Zambië, kry geleentheid om haar hoërskoolopleiding by MCC te voltooi. Sy word soos ‘n dogter

ontvang in die Murison huishouding.

Ndanji Singoi & Candace Murison

Craig Murison is aktief betrokke by die opleiding van FCE onder-wysers en tree ook dikwels as spreker op tydens onderwys

seminare in Suid-Afrika.

Craig Murison &sy dogter Catherine

Uitreikgroepe vanuit die skool en gemeente besoek gereeld ons opleidingsentrums

in Zambië om te help met praktiese werk en opleiding.

Uitreikgroepe

Die gemeente se gereelde finansiële bydraes het dit vir

ons moontlik gemaak om die skool op Koti ni Eden te bou en ook ander projekte te finansier.

Die Gemeente

Neels de Jager kry gereeld geleentheid om in die

gemeente en in die skool op te tree.

FCE onderwysstudente word verwelkom om hul prakties in

die skool te doen en FCE personeel het vrylik toegang tot die kurriku-lum en werkswyse van die skool

Neels de Jager Onderwys

Page 5: Nuusbrief Julie 2012

Aust

ralië

se C

hris

teno

nder

wys

-vet

eran

e

Dr Ted Boyce van Pacific Hills skool in Sydney maak deure vir ons oop in verskeie Christenskole. Hy mobiliseer en organiseer om die werk van FCE te bevorder en deur sy betrokkenheid word finansies vrygestel om studente te borg en Australiese onderwysers beskikbaar gestel om ons met hul talente te dien.

David Baskerville, skoolhoof van Parklands Christian College in Brisbane huisves FCE personeel en het ook as werkswinkel-aanbieder tydens 2010 se NCTC in Bloemfontein opgetree.

Rachael Greer word vanuit die MCF gemeente gestuur en werk

as suster by die kliniek op Koti ni Eden.

Rachael Greer

Bob Frisken, ‘n vader van Chris-tenonderwys in Australië het FCE bekend gestel aan die Christenonder-wysbeweging in Australië en hy het die sleutel geword tot FCE se betrok-kenheid in Australië.

Opleiding

FCE verskaf Dissipel-skap Sendingopleiding

aan onderwysers en ge-meentelede van MCC/MCF

Page 6: Nuusbrief Julie 2012

konneksies

Connie was die eerste Amerikaner wat die Dissipelskapskursus by FCE gedoen het. Sy het ‘n begrip van Christus-gesentreerde onderwys

gekry en is van ons sterkste mobiliseerders. Sy is ‘n lidmaat van die Cobb Community Kerk en deur haar toedoen het hierdie gemeente en baie van haar vriede agter ons ingeskuif.

Joseph Leopard is ‘n gemeentelid van die Cobb Community Kerk. Hy het die onderwysopleiding by FCE voltooi en is tans ‘n staatmaker-

onderwyser op Koti ni Eden. Joseph is intussen met ‘n Namibiese meisie getroud en beide dien op FCE se personeel.

Ons kry geleentheid om in Mark & Beth se gemeente op te tree. Ons sê vir hulle dankie dat hulle hierdie twee uitstuur

om ons te kom help met opleiding in Zambië. Hulle is tans op Koti ni Eden waar Mark studente oplei in sweiswerk en Beth betrokke is by die skool en vrouebediening.

Die Steidls was die eerste Amerikaners by wie ons in Amerika oorgbly het toe ons in 1991 navorsing oor Christen-onderwys gedoen het. Dit is 21 jaar later en steeds stel hulle belang in wat ons doen en is van ons getroue gebed-

sondersteuners.

Connie Brand & haar moeder

Joseph & Foibe Leopard

Mark & Beth Bauer

Frank & Judy Steidl

Atlanta

Idaho

Atlanta

San Diego

Pastoor Allen Daniels van die Cobb Community Kerk in Atlanta het ‘n paar jaar gelede ‘n uitreikgroep na Zambië gestuur. Dale en Ward was deel hiervan en ons mis nooit ‘n kuier saam met hulle as ons in Atlanta is nie. Hierdie ge-

meente het die eerste kamera vir ons mediadepartement geskenk.

Pastoor Allen DanielsAtlanta

VSA

Page 7: Nuusbrief Julie 2012

KANADAkonneksies

Chris is ‘n oud-leerling van Ladismith en soos ‘n seun vir my.. Ek huiwer nie vir een oomblik om op hul nommer te druk nie – hulle is

altyd daar en het deur die jare getrou in hul vriendskap met ons gebly.

Josef, Amanda Botha en hul drie dogters: Josef is een van my oud-leerlinge van Clanwilliam. Hy en sy gesin sorg vir ons vir verblyf,

reël afsprake met sleutelpersone, stel alles wat hy het tot ons beskikking en hulle bederf ons met elke besoek.

In 2008 kom Roy die dissipelskapskursus in Suid Afrika doen. Hy keer terug na Kanada waar hy besef hy het sy hart in Afrika verloor en dat

die Here hom roep vir voltydse sending. Roy is tans deel van ons Gasvry-heid en Toerisme Opleiding - hy het aangesluit as ‘n personeellid.

Riaan is ‘n oud-leerling van my van Prieska. Hy en sy vrou is in die mediese profes-sie in Kanada betrokke en is ware staatmakers. Hulle harte is in sending en hulle

hou niks terug om ons te ondersteun nie.

Chris & Johanna Oosthuizen

Josef & Amanda Botha

Roy Crawford

Riaan & Zelda du Plooy

Abbotsford

Red Deer

Lloydminster

Vancouver

Ansunette se ouers is jarelange vriende en ondersteuners van FCE. Matie en Ansu-nette is dokters in Kanada. Ons herlaai ons batterye by hulle en gesels lekker oor

die ou dae toe hulle nog kinders was.

Matie & Ansunette de Vries

“Werp jou brood op die waters en na vele dae sal dit na jou terugkeer” is ‘n werklikheid in my lewe.

Osoyoos

Page 8: Nuusbrief Julie 2012

Peter is ‘n boer in Vancouver-omgewing en ‘n uit-stekende mobiliseerder. Hy het strategiese afsprake

met belanghebbendes vir ons gereël. Hy het ook sy voertuig tot ons beskikking gestel wat dit vir ons moontlik gemaak het om by al ons afsprake in Kanada uit te kom.

Peter stel ons bekend aan die “Gleaners”, ‘n organisasie wat oorskot groente verwerk en droog en dan in dromme

verskeep na lande waar daar ‘n tekort aan voedsel is. FCE het ook van hierdie groente gekry en dit maak die voedsaamste soppe en bredies. Ons kon vir hulle gaan DANKIE sê.

Giselle Reneau het saam met haar pastoor Ben Dewbury op sendinguitreike na Zambië gekom en hulle het die klaskamers van Koti ni Eden Skool gemeubileer. Sy doen tans haar onderwysopleiding op Koti

ni Eden.

Shaun en Naomi en hul babatjie is tans in Zambië met ‘n uitreikgroep. Hulle gaan terug na hul gemeentes en maak mense bewus van hul verantwoordelikheid om die opdrag,

“om te gaan,” te gehoorsaam.

Peter & Denise Breederland

The Gleaners

Giselle Reneau

Shaun & Naomi Franklin

Vancouver

Vancouver

Edmonton

Calgary

Ons sluit ons toer op ‘n hoogtepunt af. My jongmansdroom, om eendag die Colorado-rivier in die Grand Can-yons in ‘n rubberboot aan te durf, word waar. John Mills van Luxemburgh nooi my om saam met vriende

van hom die ‘Real Men experience’ te smaak. Of ek die ‘real man-toets’ geslaag het, weet ek nie. Ek weet net dat dit ‘n onbeskryflike ondervinding was en dat ek dit in murg-en-been, en na siel-en-liggaam geniet het. Anita is

in daardie tyd deur John se vrou, Jessica en hul kinders bederf en sy kon tot verhaal kom.

Jannie Compion ontvang in Meimaand sy doktorsgraad aan die Noordwes Universiteit met sy proefskrif:

'n Droom word

Ons is terug in die tuig – baie dankbaar en met harte vol verwondering oor hoe ‘n wonderlike en groot God ons aanbid en dien. HY IS WAARDIG.waar

A strategy for a mini-education system to support transfor-mational development in a developing community. Jannie het onder moeilike omstandighede vasgebyt en deurgedruk en ons wens vir hom, Elise, Pierre en Johan baie geluk met hierdie prestasie. Hulle bring die eer aan die Here. Sy guns is op hulle.