4
NUUSFLITSE WAT GEBEUR VANDAG 0900 : Erediens (Stephan Joubert) 13:00 : Afrikatale Erediens 18:30 : Aanddiens (Ryno Meyer) VOLGENDE SONDAG 08:00 - Erediens (Ouditorium) 08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3) 09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7) 10:00 - Erediens (Ouditorium) 10:00 - Kinderdiens (3j – Gr.3) 13:00 - Erediens (Afrikatale) 17:00 - Groepe (Gr.8 – Gr.11) 18:30 - Aanddiens www.pvr.co.za www.facebook.com/ pvrgeloofsfamilie www.twitter.com/ PvRGeloofsfam Ek weet nie van jou nie, maar ek is nogal lief om Masterchef te kyk. Die program nader sy einde en elke episode raak meer intens. Hier- die week was daar ‘n uitdunrondte tussen Sarel en Sue-Ann. Hulle moes ‘n baie moeilike dis met ’n resep namaak. Dit was spannend, want net voor die tyd op was het Sarel besef dat hy een van die belangrikste elemente van die gereg nie gemaak het nie. Daar was nie tyd om dit reg te stel nie. Sue-Ann se gereg het al die elemente gehad, alhoewel alles nie perfek was nie. Toe die beoordelaars moes kies tussen die twee disse het Sarel se dis verloor omdat dit wat hy vergeet het, so ‘n belangrike rol gespeel het om die hele dis te laat werk. Dit het my laat dink aan my lewe. Baie keer is ek so besig dat ek die belangrikste mis: Jesus. Ek is so gefokus om dinge gedoen te kry dat ek Jesus mis in dit waarmee ek besig is. Jesus het ook nie verniet vir die Fariseërs (en vir my) gesê: “Julle is pynlik presies oor hoe julle kerk hou en julle werk julle tiendes tot op die laaste sent uit. Maar as dinge gedoen moet word wat regtig vir God saak maak, skitter julle in julle afwesigheid. Ek praat van dinge soos om vir almal ‘n regver- dige kans te gee; of dat julle so vir mense omgee dat julle hulle graag wil help; of dat mense weet dat hulle julle kan vertrou. Ek sê nou nie die ander dinge wat julle doen, is noodwendig verkeerd nie, maar dit is niks werd as julle nie ook die dinge doen wat regtig vir God saak maak nie” (Mat 23:23). Jesus roep ons om in verhouding met Hom te leef, want Hy is die belangrikste wat alles in ons lewe sin gee. Dit help nie ek is besig met die dinge van die Here, maar nie die Here self nie. Ons primêre doel is tog om Christus in alles te ontdek en te leef. As ons verder oor kos dink, wonder ek wat se speserye proe die mense om ons? Maak ons “sout” ‘n verskil in hulle lewe wat heling bring of het ons sout laf geword. Markus 9:50 sê juis: “Sout is goed, maar as sout sy krag verloor het, waarmee sal ’n mens dit weer sout maak? Julle moet werklik sout wees en in vrede met mekaar lewe.” Mag jy hierdie week Jesus ontdek wat sin gee in al die ander dimensies van jou lewe. Masterchef—Al die elemente? CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00 Tel: 012 662-1708 [email protected]

Nuusflitse 15 Julie 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusflitse van 15 Julie 2012

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 15 Julie 2012

NUUSFLITSE

WAT GEBEUR VANDAG

0900 : Erediens

(Stephan Joubert)

13:00 : Afrikatale Erediens

18:30 : Aanddiens

(Ryno Meyer)

VOLGENDE SONDAG

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j – Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 – Gr.11)

18:30 - Aanddiens

www.pvr.co.za

www.facebook.com/

pvrgeloofsfamilie

www.twitter.com/

PvRGeloofsfam

Ek weet nie van jou nie, maar ek is nogal lief om Masterchef te kyk.

Die program nader sy einde en elke episode raak meer intens. Hier-

die week was daar ‘n uitdunrondte tussen Sarel en Sue-Ann. Hulle

moes ‘n baie moeilike dis met ’n resep namaak. Dit was spannend,

want net voor die tyd op was het Sarel besef dat hy een van die

belangrikste elemente van die gereg nie gemaak het nie. Daar was

nie tyd om dit reg te stel nie. Sue-Ann se gereg het al die elemente

gehad, alhoewel alles nie perfek was nie. Toe die beoordelaars

moes kies tussen die twee disse het Sarel se dis verloor omdat dit wat

hy vergeet het, so ‘n belangrike rol gespeel het om die hele dis te

laat werk.

Dit het my laat dink aan my lewe. Baie keer is ek so besig dat ek die

belangrikste mis: Jesus. Ek is so gefokus om dinge gedoen te kry dat

ek Jesus mis in dit waarmee ek besig is. Jesus het ook nie verniet vir

die Fariseërs (en vir my) gesê: “Julle is pynlik presies oor hoe julle kerk

hou en julle werk julle tiendes tot op die laaste sent uit. Maar as

dinge gedoen moet word wat regtig vir God saak maak, skitter julle

in julle afwesigheid. Ek praat van dinge soos om vir almal ‘n regver-

dige kans te gee; of dat julle so vir mense omgee dat julle hulle

graag wil help; of dat mense weet dat hulle julle kan vertrou. Ek sê

nou nie die ander dinge wat julle doen, is noodwendig verkeerd nie,

maar dit is niks werd as julle nie ook die dinge doen wat regtig vir

God saak maak nie” (Mat 23:23).

Jesus roep ons om in verhouding met Hom te leef, want Hy is die

belangrikste wat alles in ons lewe sin gee. Dit help nie ek is besig met

die dinge van die Here, maar nie die Here self nie. Ons primêre doel

is tog om Christus in alles te ontdek en te leef.

As ons verder oor kos dink, wonder ek wat se speserye proe die

mense om ons? Maak ons “sout” ‘n verskil in hulle lewe wat heling

bring of het ons sout laf geword. Markus 9:50 sê juis: “Sout is goed,

maar as sout sy krag verloor het, waarmee sal ’n mens dit weer sout

maak? Julle moet werklik sout wees en in vrede met mekaar lewe.”

Mag jy hierdie week Jesus ontdek wat sin gee in al die ander

dimensies van jou lewe.

Masterchef—Al die elemente?

CD VERKOPE

Plaas gerus ’n bestelling vir

oudio opnames van die

eredienste.

Kontant by bestelling

Kerkkantoor:

Ma: 11:00–16:00

Di–Do: 08:00–16:00

Vr: 08:00–13:00

Tel: 012 662-1708

[email protected]

Page 2: Nuusflitse 15 Julie 2012

Bid asseblief saam met ons vir die volgende

mense:

• Die familie van Hendrik Cloete na sy

afsterwe.

• Alwyn Kruger wie se ma oorlede is.

• Wilma Hechter wie se pa oorlede is.

• Ian Truter wat herstel na brandwonde.

• Tannie Anna Schoeman wat tuis aansterk

na skoueroperasie.

• Ina Rautenbach wat tuis aansterk.

• Amelia Visagie wat tuis aansterk na ‘n

nekoperasie.

• Pieter Scheepers wat herstel na rugoperasie.

• Oom Hennie Beetge wat ernstig siek is.

• Danie McLachlan se kanker is in remissie.

• Ronnie v Deventer wat met kanker worstel.

• Jannie Botha wat met kanker worstel.

• Hannie Ferreira wat behandeling ontvang.

• Hennie Kaltwasser wat steeds in versorgings-

eenheid is.

Die Here is naby die gebrokenes,

Hy help die moedeloses.

Psalm 34:19

BYBELSTUDIE

Ons begin weer komende

Dinsdag. Tema vir die

kwartaal is Psalms

Kom ontdek die Woord

saam met vriende in ‘n

ontspanne

atmosfeer.

Elke Dinsdag om 09:00

HUWELIKSNAWEEK : 27-29 JULIE 2012

Wil jy en jou man/vrou julle huwelik versterk, laat groei of dalk

herstel?

Die naweek van 27 - 29 Julie bied die Sentrum vir Lewenskuns ‘n

huwelikswerkswinkel aan om jou presies hierin te begelei.

Vrydagaand 18:00-21:00: “oop vir

almal” @ R120 p.paar.: Inset oor die

Bybelse perspektief van die huwelik ; ‘n

kort oorsig oor die inhoud van die hu-

welikswerkswinkel wat op Sa.en So.

volg en ‘n demonstrasie van ‘n Imago

frustrasie dialoog. (dit is vir die van julle

wat nog nie seker is of julle die

werkswinkel as geheel wil meemaak

nie en dit by ‘n vlg. geleentheid sou

wou doen)

Saterdag en Sondag (8:00–18:00) die volledige Huweliks-

werkswinkel @ R1 300 per paar (insluitend Vrydagaand, twee

ligte maaltye, koffie,tee en versnapperinge asook lesingmate-

riaal. Die eerste 8 pare wat ‘n 50% deposito betaal het, sal die

spesifieke werkswinkel bywoon. Volgende werkswinkels sal,

afhangend van die behoefte, kwartaalliks aangebied word.

Besprekings en betalings geskied by Amanda by die

kerkkantoor.

Vrouekamp

19 – 21 Oktober

By Meulstroom Lodge

(anderkant Bronkhorstspruit)

www.meulstroomlodge.co.za

Spreker: Thea Coetzer

Onderwerp: “Wie is ek in

God se hart?”

Kostes: R600 per persoon,

sluit alle etes en akkommo-

dasie in

Bespreek asb vroegtydig jou

plek by Amanda. Net 70

plekke beskikbaar

VROUEBEDIENING BYEENKOMS:

20 Augustus om 19h00 in Ouditorium

Spreker: Madelein Greyling -

Voorkomskonsultant en stillis

Onderwerp: Klere, kleure, hare en

grimering

Kaartjies: R30 per persoon, te koop by

Kerkkantoor.

Page 3: Nuusflitse 15 Julie 2012

4 AUGUSTUS 2012 14:00 Fondsinsamelinsprojek ten bate van:

Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Lyttelton en Rusoord Centurion (agter Doringkloof)

Hoe jy kan deelneem op die dag:

Jy kan 'n gasheer/gasvrou wees van 'n lapa van 40 mense. 'n Lapa kos R4000 en kan 40 mense vat.

Dus is kaartjies R100 per persoon, plus 'n bottel wyn as skenking vir die wynveiling wat by die fees

gaan plaasvind. Jy kan die lapa koop en mense ontvang, of 40 kaartjies per lapa verkoop en mense

ontvang. Van die gasheer/gasvrou word verwag om potjie te maak op die dag en die lapa te ver-

sier. Die feeskommitee voorsien elke gasheer/vrou met 'n starter pack/handleiding wat al die detail

van die fees bevat en duidelike riglyne vir elke persoon gee. Die kommitee voorsien alle bestandele

van alles wat gemaak moet word. Dit is om die werk van gasheer/vrou makliker en meer vervullend

te maak.

Jy kan 'n eksotiese dis gaar maak vir mense om aan te proe. "The sky is the limit"!

Jy kan 'n kaartjie koop en gaan bywoon en die vermaak geniet.

Hoe jy vooraf kan deelneem, en nie op die dag nie:

Jy kan bak vir Tant Kitty se kombuis. Enigiets wat mens sal vind by 'n plek met 'n naam soos "Tant Kitty

se kombuis", wees kreatief en droom groot.

Lapas verkoop aan enigeen wat sal baat vind by die ervaring van die wildsfees.

Kaartjies verkoop en adverteer. Weereens, kreatiewe maniere is altyd welkom.

Wat jy kan skenk as jy wil:

Wildsvleis, Droë wors, Groente, Margarien, Suiker, Melk, Kruie en speserye, Charcoal en brik-

kette, vuuraanstekers, broodrolle vir ‘Hot dogs’, Brood-buns vir Hamburgers, Hamburger

Patties, Viennas vir ‘Hot dogs’

Vir besprekings van ‘n Lapa of kaartjies

kontak:

DANIE STEYN: 083 271 6378 /

GAWIE MARAIS: 082 376 2098

Byeenkoms: Versorgingsbediening

Ons wil graag ons Versorgingsbediening in ons geloofsfamilie

uitbrei, want dit is belangrik dat ons mekaar in die gemeente

versorg en dien. Ons wil graag op Woensdag 25 Julie om

19:00 saam nadink oor hierdie bediening. Daarom nooi ons

jou om deel hiervan te wees.

Wat behels hierdie bediening:

• Om mense te besoek in die hospitaal

• Om tuisbesoeke te doen by mense wat tuis aansterk

• Om kontak te maak met mense in die gemeenskap

• Om te help waar hulp nodig is

Hierdie bediening wil poog om ‘n verskil in die gemeenskap

te maak saam met die bedieningspan. Kom wees deel van

die begin van ‘n bediening wat versorging aan ons

geloofsfamilie en gemeenskap bied.

Begeleiding en opleiding sal voorsien word.

Vir verdere navrae, kontak asseblief Amanda by

012 662 1708 of Henk by 012 662 5619 / 082 336 7555.

Page 4: Nuusflitse 15 Julie 2012

Is jou kind depressie-fiks?

Deel 5

Wat doen ek dan nou, as de-

pressie sy voet in die deur

het.

Jy sal beslis nie vir ‘n diabeet

of kankerleier se: Ag weet jy,

ruk jouself net reg. Of kom

net oor dit, nie.

Depressie is ‘n siekte wat vol-

gens die WGO, die nommer 1

siekte gaan wees teen 2015.

Nie te ver weg nie…

Met verloop van tyd het ek

agtergekom dat daar 3

belangrike elemente is wat

beslis waardevol is in die ver-

sorging van Depressie. Medi-

kasie (mediese dr.), Terapie

(sielkundige of terapeut) en

‘n Ondersteuningsgroep

(gesin en gemeenskap). Dit

werk soos ‘n driehoek:

MEDIKASIE

TERAPIE

ONDERSTEUNINGSGROEP

Indien daar net medikasie is,

“val” die driehoek om en

balanseer dan op ‘n gevaar-

lik dun puntjie. So ook met

die ander 2. Daar moet ‘n

goeie balans wees tussen die

3 punte.

Soms is dit ‘n lewenslange

siektetoestand, wat voor-

durend deur professionele

persone en ander kundiges

behandel moet word.

Gun jouself, jou kind en ge-

meenskap hierdie Versorging.

Solo Vetkoekverkope

Sondag 22 Julie 2012 tussen

die twee dienste

R10.00 met maalvleis

R5.00 plain

Kan voor die tyd bestel word

Kontak Lizette – 078 077 9394

Die rede hoekom ek, en elke jeugwerker, in die JEUGBEDIENING

is , is om te sien dat elke jongmense en kind die vreugde beleef

om in ‘n egte lewende verhouding met God te wees, daardie

tipe verhouding wat as jy dit eers het jy GLAD nie sonder kan leef

nie. My droom is dat die 3V’s so deel word van ons jongmense en

kinders se daaglikse lewens dat vrees, minderwaardigheid, hart-

seer en pyn nie meer die hoofrol in hulle lewens speel nie, maar

dat hulle verhouding met God en God se liefde op die voor-

grond is. Die bevestiging dat jeugbediening, sonder die vennoot-

skap van die ouers en huisgesin, vrugteloos is, word keer op keer

bevestig in gesprekke, kursusse wat ek bywoon en boeke wat ek

lees. Ja, jeugbediening is groot pret. Kinders neem aan baie akti-

witeite deel, hulle gaan op kampe, hulle geniet die sang en

musiek. Selfs die peuters en kleuters word op wonderlike maniere

bedien, maar daar is meer. Ek begin nou met ‘n 18 maande kur-

sus by die Emmaus Sentrum vir Geloofsvorming en Familie- en Ge-

meentelike bediening. Die kursus is; “’n Nuwe Vennootskap tus-

sen die Gemeente en Huisgesin/Familie en Gesinsvriendelike

kinder-en jeugbediening.”

Elmarie van Wyk het ‘n Ouerleiding groep op die website begin.

Daar is ongelooflike artikels geplaas oor verhoudings en kommu-

nikasie met ons kinders. Ons gaan sommer vroeg in die kwartaal

afskop met ‘n paar ouerleiding gesprekke, Sondae tussen 9 en

10. Gaan sluit aan by die groep, lees die artikels en kom gesels

lekker saam. – Hanlie Boshoff

Rolstoel beskikbaar

Een van ons geloofsfamilie-

lede het 'n rolstoel geskenk.

As jy belangstel, is jy welkom

om hom te kom haal vir

welke rede ookal. Kontak asb

die kerkkantoor.