4
NUUSFLITSE Behalwe vir pappa, mamma, en myne, is ja en nee waarskynlik van die eerste woorde wat ons leer en besig, asook van die woorde wat ons waarskynlik tot aan die heel einde van ons le- wens gaan gebruik. Ja en Nee is eie aan die mens. Geen ander skepsel het die ver- moë om met woorde 'n vrye keuse uit te oefen soos die mens nie. Nee is 'n vryheidswoord. Met een woord kan ons besluit om nie aan iets deel te neem nie, want ons het die vryheid om daardie woord te kan sê. Ja is 'n aanvaardingswoord. Ons gebruik dit wanneer ons instem om deel te raak van dit wat voor ons is. Ons gebruik dit wanneer ons 'n uitnodiging aanvaar. Ja beteken nie altyd ons het die be- heer nie, maar dit beteken altyd dat ons instem vir wat ookal. Om 'n volgeling van Jesus te wees vra 'n definitiewe nee en 'n definitiewe ja van ons. Ons sien dit in die woorde van Jesus in Mar- kus 8: "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil be- hou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie ver- loor, sal dit behou." (MARKUS 8:34, 35 AFR83) Ons defnitiewe nee as dissipels, sê ons vir onsself. Nee vir 'n lewe wat om my draai, nee vir my eie belange, selfsug en gemak, nee vir 'n lewe waar ek volle beheer het en die uitkomste van alles bepaal. Ons definitiewe ja as dissipels, sê, ons vir Jesus. Ja vir 'n lewe van transformasie deur Sy Gees, ja vir 'n lewe van diens en opoffering, ja vir 'n lewe wat poog om iets van die Koninkryk vir mense te wys, ja vir 'n lewe van verhoudings met alles wat die Here gemaak het. Ons nee bevry ons van 'n lewe wat op die einde op niks/dood uit- loop, en ons ja bevestig dat ons 'n lewe van ewigheid in God se teenwoordigheid aanvaar, en dat 'n vervullende lewe nie by ons lê nie maar by God. Ek vang myself dikwels dat my "nee's" en my "ja's" omgeruil word. Ek sê ja vir luiheid en uitstel, en nee vir liefde en omgee vir ander. Hoe werk dit? Ek sê ja vir opgaar en spaar, en nee vir weggee en seën. Dit kan mos nie... Mag elkeen van ons die Here vra om ons te help om ons defini- tiewe nee en definitiewe ja volgens Sy wil te sê en daarby te hou. Ryno WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens : NAGMAAL (Jan Venter) 08:00 : Geen Kinderkerk 10:00 : Erediens : NAGMAAL (Jan Venter) 10:00 : Geen Kinderkerk 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens: NAGMAAL (Ryno Meyer) KERKKANTOOR CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling Ja en Nee HET JY IETS VERLOOR? DAAR IS VERSKEIE VERLORE ITEMS OP DIE TAFELS BY DIE DEUR REGS AGTER IN DIE OUDITORIUM

Nuusflitse 18 November

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Afkondigings vir die week

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 18 November

NUUSFLITSE

Behalwe vir pappa, mamma, en myne, is ja en nee waarskynlik

van die eerste woorde wat ons leer en besig, asook van die

woorde wat ons waarskynlik tot aan die heel einde van ons le-

wens gaan gebruik.

Ja en Nee is eie aan die mens. Geen ander skepsel het die ver-

moë om met woorde 'n vrye keuse uit te oefen soos die mens nie.

Nee is 'n vryheidswoord. Met een woord kan ons besluit om nie

aan iets deel te neem nie, want ons het die vryheid om daardie

woord te kan sê.

Ja is 'n aanvaardingswoord. Ons gebruik dit wanneer ons instem

om deel te raak van dit wat voor ons is. Ons gebruik dit wanneer

ons 'n uitnodiging aanvaar. Ja beteken nie altyd ons het die be-

heer nie, maar dit beteken altyd dat ons instem vir wat ookal.

Om 'n volgeling van Jesus te wees vra 'n definitiewe nee en 'n

definitiewe ja van ons. Ons sien dit in die woorde van Jesus in Mar-

kus 8: "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën,

sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil be-

hou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie ver-

loor, sal dit behou." (MARKUS 8:34, 35 AFR83)

Ons defnitiewe nee as dissipels, sê ons vir onsself. Nee vir 'n lewe

wat om my draai, nee vir my eie belange, selfsug en gemak, nee

vir 'n lewe waar ek volle beheer het en die uitkomste van alles

bepaal.

Ons definitiewe ja as dissipels, sê, ons vir Jesus. Ja vir 'n lewe van

transformasie deur Sy Gees, ja vir 'n lewe van diens en opoffering,

ja vir 'n lewe wat poog om iets van die Koninkryk vir mense te wys,

ja vir 'n lewe van verhoudings met alles wat die Here gemaak het.

Ons nee bevry ons van 'n lewe wat op die einde op niks/dood uit-

loop, en ons ja bevestig dat ons 'n lewe van ewigheid in God se

teenwoordigheid aanvaar, en dat 'n vervullende lewe nie by ons

lê nie maar by God.

Ek vang myself dikwels dat my "nee's" en my "ja's" omgeruil word.

Ek sê ja vir luiheid en uitstel, en nee vir liefde en omgee vir ander.

Hoe werk dit? Ek sê ja vir opgaar en spaar, en nee vir weggee en

seën. Dit kan mos nie...

Mag elkeen van ons die Here vra om ons te help om ons defini-

tiewe nee en definitiewe ja volgens Sy wil te sê en daarby te hou.

Ryno

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens : NAGMAAL

(Jan Venter)

08:00 : Geen Kinderkerk

10:00 : Erediens : NAGMAAL

(Jan Venter)

10:00 : Geen Kinderkerk

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior

Geselsgroepe

(Gr 8–11)

18:30 : Aanddiens: NAGMAAL

(Ryno Meyer)

KERKKANTOOR

CD VERKOPE

Plaas gerus ’n bestelling vir

oudio opnames van die

eredienste.

Kontant by bestelling

Ja en Nee

HET JY IETS

VERLOOR?

DAAR IS VERSKEIE

VERLORE ITEMS OP

DIE TAFELS BY DIE

DEUR REGS AGTER

IN DIE OUDITORIUM

Page 2: Nuusflitse 18 November

Bid asseblief saam met ons vir die volgende

mense:

• Ben van Wyk, seun van Elmarie van Wyk, wat

steeds kritiek in die hospitaal is.

• Gerrie Pelser wat ernstig siek is.

• Cobus Willers wat tuis aansterk.

• Koba Kilian wat tuis aansterk na rugoperasie.

• Les Steel wat met sy gesondheid sukkel.

• Oom Hennie Beetge wat ernstig siek is.

• Ronnie v Deventer wat met kanker worstel.

• Marthie Kitshoff wat na rugoperasie tuis is.

• Mynhardt Kitshoff wat chemo ontvang.

• Hannie Ferreira wat behandeling ontvang.

• Piet Burger wat aansterk na rugoperasie.

• Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid

is.

Here my God wat my altyd help, ek roep elke

dag om hulp, elke nag bid ek tot U

(Psalm 88:2)

Jy word hartlik uitgenooi

na ons Kersviering op

25 November 2012. Nie

alleen gaan ons die

wonderlike talente van

ons eie musikale maes-

tro's (sangers en

instrumentaliste) beleef

nie. Ons soliste vir die

diens is Esperance

Grobler (Mezzo Sopraan)

en ons eie Jan Venter

(Tenoor). Daar is ook ver-

skeie genooide instru-

mentaliste (Dwarsfluit,

Saksofoon, Tjello, Trom-

pet) wat ons in staat

gaan stel om 'n musikale

feesviering van Kers-

musiek en die Kers-

boodskap te bied. Maak

seker dat jy daardie Son-

dag jou sitplek vroegty-

Voetspore Omgeegroep Posbus 5676, Middelburg, 1050

Tel: 0822127081

Die Bestuur

Pierre van Ryneveld Gemeenskaps Kerk

6 November 2012

Meneer

SKENKING VAN KLERE

Hiermee wil ek u bedank vir die skenking van klere namens

die Voetspore Omgeegroep.

Ons het as groep aan die begin van die jaar besluit om by

Lelievlei in Lydenburg betrokke te raak. Dit is ’n wit

plakkerskamp. Ons het elke 2-3 maande ’n uitreik na hulle toe

en help met klere, linne en kos.

Nogmaals wil ons u hartlik dank vir die skenking. Glo vir my

dit word opreg waardeer uit daardie mense se harte.

Vir enige navrae kan u my gerus kontak.

Die uwe

RUDOLPH UYS

TEL: 082 212 7081

Page 3: Nuusflitse 18 November

KOSKAS :

Baie dankie aan almal wat

so getrou tot die koskas

bydra. Ons waardeer dit

opreg. Ons het tans so on-

geveer 6 gesinne wat op

‘n maandelikse basis ‘n

kospakkie ontvang asook

verskeie persone wat op ‘n

ad hoc basis kom vra vir ‘n

kospakkie. Dit is amper die

einde van die jaar en ons

koskas is baie leeg. Ons

gebruik hiermee die vry-

moedigheid om weer te

vra vir enige kosbydraes.

Indien jy sou verkies, kan jy

‘n inbetaling in die kerk se

rekening maak en

“koskas” as verwy-

sing gebruik . Skakel asb

vir Frieda 0832760353 of

Amanda by die kerkkan-

toor vir enige navrae.

YA’s

Ons kamp die naweek

van 30 Nov tot 2 Des by

die Rhino Park.

Vir meer inligting

kontak: Lizelle Faber

0823752033

Jakob se Put

Jakob se Put is 'n multi-dissiplinêre ondersteuningsbediening vir mense tussen werk en poten-

siële entrepreneurs. Daar is reeds 14 takke gevestig, nog 12 is in die pyplyn om gestig te word,

en Jakob se Put is in gesprek met omtrent 120 kerke oor die uitbreiding van hulle bediening.

Jakob se Put bied onder andere aan:

1) Entrepreneurs-opleidingskursusse wat aan potensiële entrepreneurs die basiese vaar-

dighede van besigheid leer.

2) 'n Opleidingsentrum wat relevante gratis opleiding vir mense tussen werk bied. Hier is

o.a. onderwerpe soos finansiële bestuur, CV-samestelling, internet-ondersteunde

werksoekgeleenthede, maksimale benutting van werksonderhoude, bykomende reke-

naar-opleiding, en seminare oor verskeie onderwerpe.

3) Inkubators wat geselekteerde entrepreneurs help om hulle eie besighede van die

grond te kry.

Jakob se Put het ook 'n tak hier by ons gemeente en is Donderdae om 08:00 in die saal tot u

diens beskikbaar.

Kontak gerus vir Nicolean Steyn 0798983057 vir enige navrae.

Jeug — Seniors

Ons is besig met ons

laaste Puzzles.

Ons sluit almal saam af

met ‘n lekker verrassing

Sondag, 25 November

Jeug — Juniors

Sondag, 25 November

Kom hou saam Kerssang-

diens in die groot kerk.

Onthou hulle gaan julle

vorentoe roep om saam

te sing.

Page 4: Nuusflitse 18 November

www.pvr.co.za

www.facebook.com/

pvrgeloofsfamilie

www.twitter.com/

PvRGeloofsfam

Kerkkantoor:

Ma: 11:00–16:00

Di–Do: 08:00–16:00

Vr: 08:00–13:00

Tel: 012 662-1708

[email protected]

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j – Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 – Gr.11)

18:30 - Aanddiens

BANKBESONDERHEDE

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Centurion

Rek no.: 600 591 355

Takkode: 630 445

Stuur betalingsbewys na:

(012) 662 0104

[email protected]

Bybelreis CD’s 2012

Kan elkeen wat in 2012

Bybelreis CD’s bestel het,

dit asb by die kerkkan-

toor kom afhaal.

Vir enige

navrae skakel Amanda

by die kerkkantoor by

0126621708

JUNIOR EN SENIORS

MENTORS:

Nuwe bloeisels,

bring nuwe seisoene

EN die 2013 Jeugseisoen is

oop.

As jy geroep word en in die

wêreld van jongmense in

gestuur word, is hierdie die

geleentheid om ‘n nuwe

ritme in jou lewe te kweek

waar jy tot seën kan wees vir

‘n klomp jongmense.

Van 3 jaar tot 17 jaar, kort jou

liefde. As jy die gevoel kry is jy

geroep. KOM SLUIT AAN.

Gr11 begin ‘n nuwe ritme

kweek met ‘n klomp lekker

“lyfskywe”.