4
NUUSFLITSE WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Jan Venter) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Jan Venter) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens (Herman Matthee) KERKKANTOOR SAL GESLUIT WEES OP MAANDAG 30 APRIL 2012 CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling Spoed? Nou oefen ons—2 "Paulus skryf in 1 Tim 4:8 "Om jou liggaam te oefen, het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en die toekoms." As ons dink aan die spoed van ons eie lewens en die verhoudingsgevare wat daar- mee gepaard gaan, kom ons oefen dan om dit anders te begin doen. Oefening vir die week: Kies doelbewus die stadiger opsie êrens hierdie week. Staan in die langer ry by die Spar. Wag vir iemand om klaar petrol in te gooi, en gooi dan petrol in, moenie jaag vir die oop pomp nie. Stap êrens heen, los die motor in die motorhuis. Herhaal ten minste twee keer. Strekoefening vir die week: Stilte. Normale Pierre van Rynevelder 1: "Hoe gaan dit met jou?" Nor- male Pierre van Rynevelder 2: "Goed dankie, net baie besig!!" Ons ken hierdie "normale" dialoog baie goed. Die rotresies, nor- male lewe, die uitdagings van ons tyd; hoe ookal jy dit wil noem, ons is almal baie bekend met dit en voel dikwels die swaar juk wat "besig wees" en die spoed van die wêreld op ons plaas. Alles raak al hoe vinniger, dit weet ons, maar wat gebeur in hier- die gejaag met ons verhoudings? Is dit moontlik om sinvolle, ver- soenende verhoudings met mekaar te hê as ons teen 60km/h in die woonbuurt by mekaar verbyjaag en die vriendelike wuif doen? Ek twyfel... Ons manipuleer alles in ons lewens sodat ons vinniger kan aanskuif na die volgende ding, ongelukkig ons ver- houdings ook. Versoenende, sinvolle verhoudings vra vir minder spoed. Dit vra dat ons stop, en regtig luister. Dat ons teenwoordig sal wees, en nie reeds dink hoe ons ons volgende taak gaan uitvoer nie. Ver- houdings is nie net nog iets in ons besige lewens nie, dit is alles! Die feit dat Jesus 30 jaar spandeer het as gewone lid van 'n ge- wone gemeenskap waarin verhoudings baie belangrik is, en ook ten minste 3 jaar voltyds saam met net 12 dissipels teen loop- spoed en sitspoed, dwing my tot stilstand en selfondersoek. As verhoudings vir Jesus so belangrik was, moet dit tog vir my ook wees! Miskien moet ek doelbewus my lewe stadiger maak en ophou om verhoudings "kits" te maak. Miskien moet ek ophou om alles kits te maak...

Nuusflitse 22 April

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusflitse

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 22 April

NUUSFLITSE

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens

(Jan Venter) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7)

10:00 : Erediens (Jan Venter)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior Geselsgroepe

(Gr 8–11)

18:30 : Aanddiens

(Herman Matthee)

KERKKANTOOR

SAL GESLUIT WEES OP

MAANDAG 30 APRIL 2012

CD VERKOPE

Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die

eredienste.

Kontant by bestelling

Spoed?

Nou oefen ons—2

"Paulus skryf in 1 Tim 4:8 "Om jou liggaam te oefen, het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding

aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en

die toekoms." As ons dink aan die spoed van ons eie lewens en die verhoudingsgevare wat daar-

mee gepaard gaan, kom ons oefen dan om dit anders te begin doen.

Oefening vir die week: Kies doelbewus die stadiger opsie êrens hierdie week. Staan in die langer ry

by die Spar. Wag vir iemand om klaar petrol in te gooi, en gooi dan petrol in, moenie jaag vir die

oop pomp nie. Stap êrens heen, los die motor in die motorhuis. Herhaal ten minste twee keer.

Strekoefening vir die week: Stilte.

Normale Pierre van Rynevelder 1: "Hoe gaan dit met jou?" Nor-

male Pierre van Rynevelder 2: "Goed dankie, net baie besig!!"

Ons ken hierdie "normale" dialoog baie goed. Die rotresies, nor-

male lewe, die uitdagings van ons tyd; hoe ookal jy dit wil noem,

ons is almal baie bekend met dit en voel dikwels die swaar juk

wat "besig wees" en die spoed van die wêreld op ons plaas.

Alles raak al hoe vinniger, dit weet ons, maar wat gebeur in hier-

die gejaag met ons verhoudings? Is dit moontlik om sinvolle, ver-

soenende verhoudings met mekaar te hê as ons teen 60km/h in

die woonbuurt by mekaar verbyjaag en die vriendelike wuif

doen? Ek twyfel... Ons manipuleer alles in ons lewens sodat ons

vinniger kan aanskuif na die volgende ding, ongelukkig ons ver-

houdings ook.

Versoenende, sinvolle verhoudings vra vir minder spoed. Dit vra

dat ons stop, en regtig luister. Dat ons teenwoordig sal wees, en

nie reeds dink hoe ons ons volgende taak gaan uitvoer nie. Ver-

houdings is nie net nog iets in ons besige lewens nie, dit is alles!

Die feit dat Jesus 30 jaar spandeer het as gewone lid van 'n ge-

wone gemeenskap waarin verhoudings baie belangrik is, en ook

ten minste 3 jaar voltyds saam met net 12 dissipels teen loop-

spoed en sitspoed, dwing my tot stilstand en selfondersoek. As

verhoudings vir Jesus so belangrik was, moet dit tog vir my ook

wees! Miskien moet ek doelbewus my lewe stadiger maak en

ophou om verhoudings "kits" te maak. Miskien moet ek ophou

om alles kits te maak...

Page 2: Nuusflitse 22 April

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense:

• Marie Grove wie se broer oorlede is. • Herman van Heerden wat ernstig in ICU

opgeneem is. • Cas Castelyn wat steeds in ICU opgeneem is.

• Daleen Wessels se pa, Dolf Nel, wat ernstig siek is met kanker.

• Elmo Pienaar wie se pa oorlede is. • Hennie Kaltwasser wat steeds in versorgings-

eenheid is.

• Danie McLachlan se kanker is in remissie en

hy sterk tuis aan.

• Tienie van Niekerk en Ronnie van Deventer wat met kanker worstel.

• Elsa Kruger wie se pa met kanker gediagno-seer is. Alwyn Kruger se ma wat ook met kanker worstel.

Bid gedurig

(1 Tessalonisense 5:17)

KAN JY HELP?

Ons gemeente het 'n klerekas. Die klere in die kas word op

verskeie maniere aan mense gegee en word van verskeie

plekke as donasies gekry. Soos enige kas, moet die

klerekas onderhou en netjies gehou word. Tot op hede het

Rina Niemand dit vir ons gedoen, en sy het nou besluit om

haar "klerekas" stewels op te hang.

Een van die dames in ons geloofsfamilie het hand opge-

steek om die nuwe kaskampioen te wees, ons is baie bly

daaroor. Nou is ons opsoek na iemand wat haar kan help.

Kan jy ons dalk daarmee help? Dit behels slegs die onder-

houd en netjies hou van die kas, met die ordening en

sortering van nuwe klere wat inkom soos dit verlang word.

Kontak asb vir Ryno by 0824602103 indien jy belangstel.

Ons het ook 'n sopkombuis elke Vrydag 09:30. Buti het 'n

span mense wat elke week sop maak, broodjies smeer, en

ook sop en brood bedien om 09:30 op Vrydae. Kan jy asb

op een van hierdie maniere help?

Jou hulp sal nie elke week nodig wees nie, en soos jy kan

help sal in orde wees. Kontak asb vir Buti by 0826242689 of

vir Ryno by 0824602103.

GEROEP EN GESTUUR!

Jy kan bly soos jy is vir die res van

jou lewe ..... of jy kan wegbreek! Ek

en jy is nie gebore net om te OOR-

LEEF vir die tyd wat ons hier op

aarde is nie.

Ons is geskep om met OORGAWE

te LEEF! Ons kan alleen so leef as

ons verstaan waartoe die Here ons

elkeen roep en waarheen Hy ons

stuur.

Die “Geroep en Gestuur” ervaring

is ’n fantastiese geleentheid om dit

te beleef. Dit word in Afrikaans

aangebied deur Elmarie van Wyk

en ons droom daaroor dat elkeen

in ons geloofsfamilie die ervaring

kan meemaak.

Ook jy! Vir meer inligting kontak

Amanda of een van die predi-

kante. Die volgende datums is

1/2 Junie en 16 Junie. Sien jou!

SENIORBURGER BYEENKOMS

Die volgende byeenkoms vind plaas op 26 April.

Suster Ida Bester gaan gesels oor : Hoe berei ek voor vir die wintermaande en oor Artritis.

Vir inligting skakel Jan Cilliers 0826727610. Kom kuier saam!

VOETSPORE .... DIS DIE VOLGENDE TREE!

Het jy al die “Geroep en Gestuur” ervarings deurloop en wil jy

graag ’n volgende tree gee? Hierdie is die volgende tree wat jy

net MOET waag! “Voetspore” is ’n ervaring wat spesifiek gevorm

is om jou ’n dieper en meer sinvolle belewenis van dissipelskap te

laat ervaar. Kom leer hoe om Jesus te volg en Hom raak te sien in

die alledaagse van jou lewe!

Kontak vir Jan 0823336552 of Amanda 012 662-1708 by die kerk-

kantoor vir meer inligting.

Page 3: Nuusflitse 22 April

KAALKOP DEUR DIE LEWE! ‘n OGGEND met Nataniël

Plek: PvR Gemeenskapskerk Tyd: 09h30 vir 10h00 Koste: R120 (verversings ingesluit.)

Geen onder 15-jariges? Nataniël se versoek : Hy gebruik geen vuil

taal of grappies - kinders is vir hom steurend. Manne en vroue is welkom.

Nataniël items te koop. Kaartjies by die kerkkantoor beskikbaar. KAARTJIES WAT REEDS BESPREEK IS, MOET ASSEBLIEF AFGEHAAL EN

BETAAL WORD teen 30 April. Kaartjie verkope sluit 13 Mei 2012.

MANNE - "IETS ANDERS" 2012

Jagter of nie-jagter. Jy word genooi om deel te word van die jag! Jag self of stap net saam en deel in die

ervaring.

27 April tot 1 Mei. Kom "skouer-skuur" saam en word

deel van die stories.

Kontak Dewald 083 325 9307 of Deon 083 645 9326 vir meer

inligting.

Ons DOOP gewoonlik die eerste Sondag van die

maand en herinner graag aan voornemende doopouers om te registreer vir ons doopgesprek.

Die volgende doopgesprek vind op Dinsdagaand 24 April om 19:00 by die kerk plaas. Die registrasiefooi vir die

kursus is R100. Vir navrae skakel Henk by 082 336 7555.

TOE NIE ‘N VYEBOOM NIE… Vir my was dit toe nie ‘n vye-

boom nie. Ook nie ‘n braam-bos, ‘n komkommer rank of ‘n ashoop nie. Nee, vir my was dit ‘n appelboom. En dit was wel in die fluistering van ‘n

Karoo briesie, die wydheid en varsheid van ‘n oop en on-belemmerde uitspansel. Hier het my ore duideliker gehoor, kon my hart onbevange

asemhaal en my sig helder en ver sien. Hier sit ek , wees ek…is ek. God se kind. En ek vra na die sin in my lewe, na die “kuns

van lewe”. Helder, en vredig sag, hoor ek:” Moenie vra wat is die sin van jou lewe nie, hoor hoe vra die Lewe: “ hoe bring jy My sin na die lewe?” Hoe graag ek ookal in die

oopte, eenvoud en stilte sou wou bly, voel ek die sagte, dog dringende Hand op my skouer wat my laat terugloop na daar waar Hy vir my sal

wys ek diensbaar moet wees.

Ek wonder, is dit vir jou dalk ‘n

vyeboom of sommer net ‘n

koppie mooi tee, die vlegsel

van jou dogtertjie of die

plooie in die sonverdroogde

vel van die motoroppasser?

Elsa Kruger het aan die einde van Maart 2012 vier jaar diens as Lid van die GEMEENTERAAD voltooi en moes dus uittree. Ons wil haar

bedank vir haar gesindheid en positiewe deelname aan die sake wat hierdie Geloofsfamilie raak. Ons sal haar opgewektheid, glimlag en betrokkenheid baie mis!

Ons maak dus bekend dat daar ‘n vakature ontstaan het op die GEMEENTERAAD en word die Gemeente versoek om nominasies te maak van persone wat u graag as Lid van die Gemeenteraad wil voorstel.

Daar is twee weke tyd hiervoor en nominasievorms is by die kerkkantoor beskikbaar – dit kan ook op versoek elektronies aan u versend word.

Fotografie Bediening:

Kom speel saam met spoed, vinger op die knoppie – hou net moed! Daar’s groot ligte

& goeters wat breek en beweeg – enige kamera sal deug!

Sien jou in die Boma 24 April om 7uur, vir pret wat nog lank gaan duur!

Izette 0828237524

Page 4: Nuusflitse 22 April

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j – Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 – Gr.11)

18:30 - Aanddiens

Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00

Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00

Tel: 012 662-1708

[email protected]

www.pvr.co.za

www.facebook.com/pvrgeloofsfamilie www.twitter.com/PvRGeloofsfam

Ek lees in die week weer die waar woorde van Haim Gi-

nott: “OUERS se eerste verantwoordelikheid is nie om hulle kinders gelukkig te laat voel nie, maar om hul karakter en waardesisteem

te ontwikkel.”

By die jeugbediening het ons wéér besef dat

waardes die grondslag is waarop jongmense se le-wens gebou word. Ons het ‘n lys van belangrike waardes identifiseer

waarop ons die jaar fokus, en respek is een.

Ons moet ons kinders van

kleins af die belangrikheid van waardes leer. Ons moet jong dames die waarde van respek vir hulself en hul liggame leer. As hul nie re-

spek het vir hulself nie, hoe sal mans hul met respek be-handel. Kleredrag, grimer-ing, taalgebruik, en optrede bepaal met hoeveel respek

ander mense teenoor hulle optree.

By die juniors sien ons dat

die kinders nie vir mekaar kansie gee om te praat nie, luister nie vir die groepleier nie en is moeilik as hulle nie hul sin kry nie. Onderwysers

kla oor dieselfde dinge.

Kom ons doen dié week moeite en gesels met ons

kinders en jongmense oor die waarde van respek. Re-spek vir hulleself, vir hulle mede maats, vir gesag, vir ander rasse, vir die natuur

en eerstens vir ons on-gelooflike Skepper en God.

Onthou om Elmarie se blog

oor ouerskap te gaan lees.

MIA- “Moving into Action”

www.mia2012.co.za

Van 25 Junie tot 6 Julie

gaan meer as 100 spanne

gelyktydig in 19 verskillende

Afrikalande uitreik.

Die plan is om met soveel as

moontlik mense gelyktydig

Noord te gaan met die

evangelie en bestaande

sendelinge en organisasies

te help en te versterk met

dit wat hulle reeds besig is

om te doen.

Ryno en Mari is die toesig-

houers van MIA vir Namibië.

Daar gaan moontlik 6

spanne na drie uitreikpunte:

Gobabis, Outjo en Groot-

fontein. Die uitreik gaan

sendingstasies se hande

sterk maak met onderhoud,

kinderbediening, sport

bediening en vriendskap

evangelisasie.

Kontak vir Ryno vir inligting

“FAIRSQUARE”

www.fairsquare.co.za Ons koop graag. Die skok-

kende realiteit is egter dat

ons produkte koop vir ons

eie plesier en bevrediging

sonder om te dink en te vra

waar die produk vandaan

kom of waarheen die geld

gevloei het.

Dikwels verdien die persoon

wat die produk maak die

minimum loon, en die per-

soon wat dit verkoop ver-

dien die maksimum wins,

wat onregverdig is.

Fairsquare poog om

plaaslike materiaal, ver-

vaardigers en modieuse

ontwerpe bymekaar te

bring vir produkte wat

kopers tevrede stel, maar

regverdige wins maak wat

die werkers bevoordeel.

Raak deel van die

beweging. Kontak vir Ryno

as jy meer wil weet!

Pierre van Rynevelders styg uit

By die pas afgelope MTN Radio-toekennings is “Jubel en Juig” op Radio Kansel, waarvan Francois Botha ’n aanbieder is, aangewys is as die beste

“Gemeenskapstasie Musiek Program”. Baie geluk Francois!