11
1 Skriflesing: Psalm 111 Tygerpoort: 17 Junie 2012 Inleiding Soos alle ander groepe van mense, het christene ook bepaalde gewoontes. Ons het mos die hele eerste kwartaal van hierdie jaar lank en diep met mekaar gesels oor drie van die gewoontes. Toe het ons vir mekaar gesê, christene lees gereeld die Bybel, ons gesels graag saam met ander christenvriende oor ons geloof, en omdat ons so baie ontvang het, hou ons daarvan om te gee. En nou het ons die afgelope kwartaal gesels oor die een gewoonte wat almal van ons baie gereeld nakom, en dis om erediens te hou. Waarom hou ons erediens? Aan die hand van die kuier-metafoor het ons nagedink oor alles wat in die erediens gebeur.

Preek 17 Junie 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Dr Ferdie Clasen preek uit Psalm 111 met die tema: Kerk is soos kuier - afsluiting

Citation preview

Page 1: Preek 17 Junie 2012

1

Skriflesing: Psalm 111

Tygerpoort: 17 Junie 2012

Inleiding

Soos alle ander groepe van mense, het christene ook

bepaalde gewoontes.

Ons het mos die hele eerste kwartaal van hierdie jaar

lank en diep met mekaar gesels oor drie van die

gewoontes.

Toe het ons vir mekaar gesê, christene lees gereeld die

Bybel, ons gesels graag saam met ander christenvriende

oor ons geloof, en omdat ons so baie ontvang het, hou

ons daarvan om te gee.

En nou het ons die afgelope kwartaal gesels oor die een

gewoonte wat almal van ons baie gereeld nakom, en dis

om erediens te hou.

Waarom hou ons erediens?

Aan die hand van die kuier-metafoor het ons nagedink

oor alles wat in die erediens gebeur.

Page 2: Preek 17 Junie 2012

2

Maar agter alles wat ons doen lê daar natuurlik ‘n baie

belangrike vraag, en dit is: hoekom hou ons gereeld

erediens en hoekom doen ons in die erediens wat ons

doen?

Op die vraag is daar mos nou waarskynlik baie

antwoorde; een van die antwoorde is dat ons gereeld

erediens toe kom gewoon omdat dit ons help om ‘n

klomp belangrike goed te onthou.

Dit help ons veral om nie te vergeet wat die Here alles vir

ons gedoen het nie.

Hierdie ding van vergeet is mos nou maar nog altyd deel

van ons menswees.

Ook die gelowiges van die Ou Testament het gesukkel

om al die dinge wat die Here vir hulle gedoen het te

onthou.

Daarom het die Here van die vroegste tye af vir mense

tekens gegee wat hulle moes help om te onthou.

Page 3: Preek 17 Junie 2012

3

Hy weet van ons kort geheue, daarom sê vers 4 van die

psalm wat ons saam gelees het, die Here sorg self dat sy

magtige dade nie vergeet word nie.

Hy self help ons om te onthou.

In die tyd van die Ou Testament het Hy byvoorbeeld vir

hulle die teken van die besnydenis en die teken van die

pasga gegee.

Hy het ook vir hulle Psalm 111 gegee.

Psalm 111 help om te onthou …

Hierdie psalm moes die Israeliete help om veral 3 baie

belangrike dinge te onthou.

Dit moes hulle help om te onthou dat God alles gemaak

het wat bestaan.

Daarom lees ons byvoorbeeld in vers 2 “die werke van

die Here is groot”, en in vers 3 “sy dade is vol majesteit

en luister”.

Die Psalm moes hulle ook help om te onthou dat God

hulle vrygemaak het.

Page 4: Preek 17 Junie 2012

4

As die digter in vers 5 sê die Here voed dié wat Hom

dien, dan verwys hy waarskynlik na die tyd in die

woestyn toe die Here vir die volk manna en kwartels

gegee het om van te lewe.

In die volgende vers verwys hy heel duidelik na die intog

in die beloofde land as hy sê dat die Here aan hulle die

land van ander nasies gegee het.

En in vers 9 sê hy dit nog ‘n keer: “die Here het vryheid

vir sy volk bewerk”.

Die punt is duidelik: God wil hê die Israeliete moet onthou

dat Hy hulle gemaak het, maar hulle moet ook onthou dat

Hy hulle vrygemaak het.

Die derde ding waarmee Psalm 111 hulle moes help,

was om te onthou dat God hulle nooit sal los nie; dat Hy

altyd by hulle sal wees.

Hy het in ‘n verhouding met hulle getree, en hierdie

verhouding sal Hy nooit verbreek nie.

Page 5: Preek 17 Junie 2012

5

Die Bybelskrywers noem hierdie verhouding tussen ons

en God ‘n verbond en nou praat die digter van hierdie

verbond as hy in vers 3 sê die Here se trou staan vir

altyd vas.

En as hy in vers 5 sê Hy hou sy verbond altyd in stand.

En as hy weer in vers 9 sê die Here het sy verbond vir

altyd ingestel.

As ons dalk soms vergeet van die Here en alles wat Hy

vir ons gedoen het, dan kan ons verseker weet dat die

Here ons nooit sal vergeet nie.

Die erediens help ons om te onthou …

Soos Psalm 111, wil die erediens ons ook help om ‘n

klomp goed te onthou.

En ons moet dit onthou omdat die erdiens nie eindig

wanneer ons uit hierdie gebou uitstap nie.

Nee, as ons hier uitstap dan moet ons dit wat ons hier

gedoen het, aanhou doen in die gewone, alledaagse

lewe wat ons elke dag van die week leef.

Page 6: Preek 17 Junie 2012

6

Kom ons gaan kuier gou weer vir ‘n paar oomblikke in

elke vertrek en dan sê ons vir mekaar hoe ons dit wat

ons hier in die erediens doen, ook in die lewe daar buite

moet gaan doen.

In die voorportaal

Een van die goed wat ons in die voorportaal van die

erediens doen, is om te verklaar dat ons hier bymekaar is

in die Here se teenwoordigheid.

Maar nou weet ons mos die Here is nie net hier in hierdie

gebou as ons saam erediens hou nie.

Nee, die Here is altyd by ons …. ook Maandag en

Dinsdag en Woensdag op kantoor en by die huis en op

die sportveld en in die skool en as ons slaap en as ons

op die pad is.

Die probleem is dat ons partykeer vergeet daarvan en

dan leef ons van Maandag tot Saterdag asof die Here nie

ook daar is nie.

Page 7: Preek 17 Junie 2012

7

Daarom kom ons maar weer elke Sondag erediens toe

sodat ons mekaar kan herinner dat die Here regtig by

ons is en moedig ons mekaar aan om dit ook die res van

die week te onthou.

As ons die Here se teenwoordigheid Sondag in die

erediens ervaar en beleef, maar ons leef in die week asof

Hy nie ook daar is nie, dan het die erediens niks beteken

nie.

Kom ek sê dit meer positief: ons intense belewenis van

die Here se teenwoordigheid hier in die erediens, moet

ons help om die Here se nabyheid ook in die week te

ervaar.

En dit moet ons help om die hele week so te leef dat

ander mense deur ons lewe ook die Here se nabyheid en

sy liefde en sy sorg kan ervaar.

Dis een van die redes hoekom ons Sondag na Sondag

maar weer hier bymekaar kom.

Die erediens help ons om te onthou.

Page 8: Preek 17 Junie 2012

8

In die sitkamer

Een van die goed wat ons in die sitkamer van die

erediens doen, is om saam te bid.

Maar ons saambid hier in die erediens moet ons help om

te onthou dat ons ook gedurende die week kan aanhou

bid.

Meer nog: dat ons gebede nooit hoef op te hou nie.

Ek onthou nog hoedat prof Johan Heyns altyd in die klas

vir ons gesê het: soms moet julle julle oë toemaak en

julle hande vou en bid; maar daarna moet julle in

hemelsnaam weer julle oë oopmaak en julle hande

uitsteek ….. en verder bid.

Want ook ons werk is ‘n gebed.

As ons glo dat die Here altyd by ons is, dan kan ons ook

mos altyd in gesprek wees met Hom.

Ons gebede hou nie op wanneer ons by die kerk se

deure uitstap nie.

Die erediens moet ons help om dit te onthou.

Page 9: Preek 17 Junie 2012

9

In die eetkamer

Een van die goed wat ons in die eetkamer van die

erediens doen, is om ons offers te gee.

Ons het vir mekaar gesê dat ‘n hedendaagse offer dalk

sou kon beteken om met minder klaar te kom sodat

hierdie aarde wat God gemaak het ‘n beter kans het op

oorlewing, want ons verbruikerskultuur maak dat ons die

aarde letterlik opgebruik.

Miskien is dit een van die goed wat ons dalk die

maklikste vergeet wanneer ons by die deure van die

kerkgebou uitstap.

Om hier te bely dat die aarde aan God behoort en dat

ons dit wil oppas, is een ding.

Maar om die belydenis daar buite in ‘n

verbruikersamelewing te gaan uitleef, is nie so maklik

nie.

Om die rede sal ons in die jare wat voorlê maar gereeld

erediens toe moet kom, sodat ons mekaar kan help om

Page 10: Preek 17 Junie 2012

10

te onthou op wie se aarde ons nou eintlik woon en sodat

ons mekaar kan aanmoedig om ons offers te bring.

En ons sal dit op ‘n heel konkrete en op ‘n heel praktiese

manier moet doen.

As ek op ‘n Maandag besig is om al weer iets te koop wat

ek nie regtig nodig het nie, dan moet Sondag se erediens

my daaraan herinner dat ek nou eintlik besig is om met

die aarde te mors.

Ja, dit lyk vir my deel van ‘n groener leefwyse is om

gereeld erediens toe te kom sodat ons mekaar kan help

om te onthou …..

Op die stoep …

Ons sluit vanoggend hierdie kwartaal se reeks af op die

stoep.

Een van die goed wat op die stoep van die erediens

gebeur, is dat die Here ons met sy seën hier wegstuur.

Op ‘n manier is dit een van die wonderlikste momente in

die erediens.

Page 11: Preek 17 Junie 2012

11

Want wat gebeur nou eintlik wanneer die dominee sy

hande uitstrek en die een of ander rympie opsê?

Die wonderlike ding wat dan gebeur, en iets daarvan het

ons ook in Psalm 111 gelees, is dat God as’t ware vir ons

sê: in die week wat voorlê, sal julle dalk plek plek sukkel

om my te onthou, maar moenie bekommerd wees nie, ek

sal julle nooit vergeet nie.

Aan die einde van die erediens onderneem die Here as’t

ware dat Hy saam met ons hier uitstap en dat Hy in die

week wat voorlê elke oomblik by ons en tussen ons saam

met ons en binne-in ons sal wees.

As ons soms die Here vergeet, dan herinner die Here se

seën ons daaraan dat Hy ons altyd sal onthou.

Waar ons ookal is, en wat ons ookal doen.

Amen.