5
Sondag 13 Oktober 2013 NG Tygerpoort Oggenddienste Ek glo in gee daarom deel ek uit! Matteus 12: 41-44 Laasweek Wat beteken dit om in afhanklikheid van God te glo Ons gesels uit die Bergrede Ons het die beginsels rondom wat Jesus in die Bergrede vir mense leer beginne uitpak: dit gaan nie net oor die tegniese nakom van die wet nie, maar ook oor die hart agter dit. ‘n Hele nuwe lewe Die teksgedeelte het gegaan oor die geheim: ons afhanklikheid lê nie in die eerste plek in ons salaris aan die einde van die maand nie, maar in ons vry word van die “spel van hierdie reld”. Hoe kom jy weg van die besittings en materialisme van hierdie wêreld.... Jy leer om te gee! Soek allereers na die Koninkryk van GOD Vandag gesels ons oor: EK GLO IN GEE! DAAROM DEEL EK UIT! Die konteks van die teks Markus 11 en 12 se konteks Intog in Jerusalem Reiniging van die tempel Die vyeboom Vraag oor Jesus se gesag 41 Jesus het toe regoor die offergawekis gaan sit en kyk hoe die mense geld daarin gooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi. 42 Daar het toe 'n arm weduwee gekom en twee muntstukkies ingegooi. Dit was baie min werd. 43 Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het. 44 Hulle het almal uit hulle oorvloed iets in gegooi, maar sy het in haar gebrek alles in gegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.”

Preekzvdw13102013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Dr Zander vd Westhuizen preek uit Markus 12:41-44 met die tema: Ek glo in gee daarom deel ek uit

Citation preview

Page 1: Preekzvdw13102013

Sondag 13 Oktober 2013 NG Tygerpoort Oggenddienste

Ek glo in gee daarom deel ek uit! Matteus 12: 41-44

Laasweek

Wat beteken dit om in afhanklikheid van God te glo

Ons gesels uit die Bergrede

Ons het die beginsels rondom wat Jesus in die Bergrede vir mense leer beginne uitpak: dit gaan nie net oor die tegniese nakom van die wet nie, maar ook oor die hart agter dit.

‘n Hele nuwe lewe

Die teksgedeelte het gegaan oor die geheim: ons afhanklikheid lê nie in die eerste plek in ons salaris aan die einde van die maand nie, maar in ons vry word van die “spel van hierdie wêreld”.

Hoe kom jy weg van die besittings en materialisme van hierdie wêreld....

Jy leer om te gee! Soek allereers na die Koninkryk van GOD Vandag gesels ons oor: EK GLO IN GEE! DAAROM DEEL EK UIT! Die konteks van die teks

Markus 11 en 12 se konteks Intog in Jerusalem Reiniging van die tempel Die vyeboom Vraag oor Jesus se gesag

41 Jesus het toe regoor die offergawekis gaan sit en kyk hoe die mense geld daarin gooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi.

42 Daar het toe 'n arm weduwee gekom en twee muntstukkies ingegooi. Dit was baie min werd.

43 Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het.

44 Hulle het almal uit hulle oorvloed iets in gegooi, maar sy het in haar gebrek alles in gegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.”

Page 2: Preekzvdw13102013

Die gelykenis van die boere en die wingerd Die vraag oorbetaal van belasting Vraag oor die opstanding Grootste gebod? Vraag oor Seun van Dawid? Waarsku oor die Skrifgeleerdes Die arm weduwee se gawe Wat gebeur? Die spanning tussen Jesus en die opponente

Eer en skaamte

Uitdagings in die publiek

Wys hoe hulle nie eerbaar is nie

Hoe hulle nie die wet verstaan nie

Hoe Jesus die eerbare ene is Geregtigheid Die reiniging van die tempel is eintlik die sleutel om die hele gedeelte te bekyk....

Tempel: ‘n Instituut wat bestaan om eie gewin en geld maak uit steel en ongeregtigheid en uitbuiting.

Vyeboom: Jy moet seker wees wat jy glo – en jy moet sonder twyfel opstaan vir geregtigheid gebasseer op wat God wil hê.

Alles gaan oor eer en skaamte

Om iemand te onteer of skaam te maak is sonde

Praktyke wat mense onteer soos uitbuiting, korrupsie en om hul arm te maak is sonde.

Dit wat in die tempel gebeur, is sonde... want dit onteer mense.

Die praktyke van die tempel om weduwees se huise en boedels te bestuur vir eie gewin deur die priesters.

Belasting: Die muntstukke wat die keiser se kop op het, mag nie deur die kerk gegaan het nie... dit was slegte geld. Hulle hou dit vas....

So die tempel wat mense moet insluit en help... het mense uitgebuit en armer gemaak

Die tempel wat moes omgee vir armes, het nie.

Eie gewin....

En die Fariseërs het nog rondgeloop en spog met hulself.... En dan kry ons die kortverhaal van die weduwee:

Page 3: Preekzvdw13102013

Die weduwees... armstes, kon niks doen nie ens.

Het die minste gehad

Sy gee baie min

Maar dit kos haar die meeste

Jesus sê: sy het meer in gegooi as enige van die ander mense.

Hulle het uit hul oorvloed gegee

Sy het alles ingegooi Binne die konteks van die afgelope 2 hoofstukke... is dit amper die hoogtepunt van Jesus se uitwysing van hoe die hele sisteem mense uitbuit... En die weduwee steeds binne die korrupte sisteem vir die regte redes gee.... Sy gee want sy is aan God gehoorsaam... En verstaan wat dit vra! Beginsels van gee

Uitgangspunte 1. Hoe meer jy het – hoe groter is jou verantwoordelikheid

Ons het laasweek hieroor gesels.

Gaan dit net weer vinnig verduidelik

Koek... en almal moet hieraan deel.

Heeltemal ‘n ander sisteem

Die beginsel bly: hoe meer jy het – hoe groter jou verantwoordelikheid 2. Gee gaan nie net oor geld nie.

Alhoewel hierdie gedeelte nou oor geld gaan en ons meestal oor geld praat, moet jy verstaan dat gee nie net oor geld gaan nie.

En nou gaan ek dalk vir jou ‘nmoeilike ding sê: en dalk glo jy my nie.

Maar partykeer dink ek dit is vir party mense makliker om geld te gee as om iets van hulself aan te bied...

Dit is makliker om die tjek uit te skryf as om self te help...

Want daar is ‘n duurder eenheid waarin ons vandag moet handel dryf: en dit is tyd!

So, gee gaan nie net oor geld nie

Gee gaan oor alles wat jy bereid is om op te offer! 3. Gee moet jou iets kos

Hierdie gelykenis se hele boodskap lê opgeneem in wat dit hierdie vrou gekos het om te gee.

Page 4: Preekzvdw13102013

Dit kos haar amper alles wat sy het om daardie twee min munstukke te gee.

Jesus sê die ander wat iets ingegooi het, kon dit doen uit hul oorvloed uit... dit het nie eintlik iets van hulle gevra nie..

Vir haar kos dit alles

As jy gee om net iets te gee... en dit kos jou nie eintlik iets nie.... dan het jy in die eerste instansie eintlik nie verstaan hoekom jy gee nie...

Dit moet kom uit die besef dat die Here alles vir jou gegee het

Jy het die hart daarvan gemis...

Nêrens het jy geproe daaraan om afhanklik van die Here te wees om los te kom van dit wat jy besit nie....

Wat gebeur as jy begin gee?

Persoonlik

1. Gee maak jou vry

Laasweek baie daaroor gesels...

Maar ten diepste begin jy God se spelreëls volg van Sy koninkryk wanneer jy begin gee

En so word jy vry van hierdie wêreld se spelreëls waarin besittings en geld alles is

En skielik besit jou geld en besittings jou nie – jy besit hulle...

Ten diepste maak gee jou vry Maar meer belangrik is wat begin gebeur as jy gee.... Gemeenskap

1. Gee kan mense vry maak

Hoe sou hierdie vrou se verhaal anders gelyk het, as sy nie uitgebuit was deur ‘n godsdienstige sisteem wat haar armer gemaak het nie?

Hoe sou dit anders gelyk het as die vrou deur die tempel gehelp is?

Sy sou ook kon vry wees... van armoede.

Gee maak mense vry.

Dit maak dit moontlik dat sekere goed kan gebeur...

Boschkop....

Seekamp....

Kleuterskool...

Naskool...

Page 5: Preekzvdw13102013

Projekte...

Kyk wat gebeur in mense se lewens wanneer jy begin gee...

2. Gee kan die koninkryk van God laat kom

Gee maak dit moontlik dat die koninkryk van God kom

Op soveel vlakke....

Kyk wat gebeur as iemand hoor en bewus raak van God as jy beginne gee....

Kyk wat gebeur net op individuele basis...

Deur te gee in die kerk en deur die kerk... kan ‘n klomp werk gebeur... kan ‘n klomp dinge moontlik raak vir die koninkryk van God om te kom....

Baie mense dink ons gee... maar nie vir die water en ligte nie... nie vir die personeel nie....

Maar dink net aan wat dit moontlik maak as die ligte hier brand en die personeel hier kan aanhou besig wees om namens jou ‘n klomp werk te doen in mense se lewens.... wat die Koninkyk van God kan laat kom!!

Wat raak alles moontlikhede?

Dink net wat kan alles moontlik raak as jy begin gee!

As jy regtig glo in gee... en jy begin gee.... en almal van ons gee....

Kan ons vryheid laat gebeur in ons eie lewens...

Kan ons vryheid laat gebeur in ander mense se lewens...

Kan ons die koninkryk van God laat kom.... Ons kan ons gemeenskap beter dien Ons kan by meer mense geestelik uitkom Ons kan ons fasiliteite beter gebruik om in mense se lewens ‘n verskil te maak Ons kan soveel doen.... As ons net begin om te gee!

WAT GLO JY....?? AMEN