20
REFORMASIE Martin Luther 500

REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

REFORMASIE

Martin Luther

500

Page 2: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

Inhoudsopgawe

Kort biografie van Martin Luther 1

Die 95 stellings, 31 Oktober 1517, Wittenberg, Duitsland 2

Luther se brief aan Staupitz, 30 Mei 1518 8

Die geskiedenis van die aflaatstryd soos deur Luther self beskryf in die 11voorwoord van die publikasie van 'n eerste versameling van sy geskrifte

Page 3: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

Inhoudsopgawe

Kort biografie van Martin Luther 1

Die 95 stellings, 31 Oktober 1517, Wittenberg, Duitsland 2

Luther se brief aan Staupitz, 30 Mei 1518 8

Die geskiedenis van die aflaatstryd soos deur Luther self beskryf in die 11voorwoord van die publikasie van 'n eerste versameling van sy geskrifte

Page 4: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

1

Kort biografie van Martin Luther

Martin Luther (10 November 1483–18 Februarie 1546 in Eisleben, graafskap Mansfeld) was 'n Duitse monnik en Rooms-Katolieke priester wat in die 16de eeu die grondlegger was van die Protestantse Hervorming in die Christendom. Hy was sterk gekant teen die idee dat kwytskelding van God se straf vir sonde met geld gekoop kan word.

Hy het geleer dat redding nie met goeie dade verdien kan word nie, maar slegs deur God se genade plaasvind vanweë 'n geloof in Jesus Christus, asook dat die Bybel die enigste bron van goddelike kennis is. Op 31 Oktober 1517 het hy sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker. Hierin verklaar hy dat die Rooms-Katolieke leer oor saligheid verkeerd is deur Bybelse tekste aan te haal en dit te verduidelik.

Sy teologie het die gesag van die Katolieke pous ondermyn. Sy weiering in 1520 om alles wat hy geskryf het terug te trek op bevel van pous Leo X en keiser Karel V van die Heilige Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het.

Sy vertaling van die Bybel, die Lutherse Bybel, in die spreektaal in plaas van Latyn, het dit toegankliker gemaak en het dus 'n enorme invloed op die laat Middeleeuse en vroeë moderne samelewing, wat oorspronklik deur die Rooms-Katolieke Kerk oorheers is, en die Duitse kultuur gehad. Dit het gelei tot die ontwikkeling van 'n standaardweergawe van Duits, verskeie beginsels van die kuns van vertaling en 'n Engelse weergawe van die Bybel, die King James Bible. Sy gesange het die ontwikkeling van sang in kerke beïnvloed en sy huwelik met Katharina von Bora het meegebring dat Protestantse kerklikes toegelaat is om te trou.

Eindelik het 'n skeuring in die Kerk plaasgevind en het naas Evangelies-Lutherse kerke ook ander Protestantse denominasies ontstaan.

Page 5: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

Page 6: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

1Die 95 stellings, 31 Oktober 1517, Wittenberg, Duitsland

Uit liefde vir die waarheid en met die begeerte om die waarheid openbaar aan die orde te stel, sal daar in Wittenberg oor die volgende stellings gedebatteer word onder die voorsitterskap van die eerwaarde monnik Martinus Luther, met 'n magistergraad in Vrye kunste (geesteswetenskap) sowel as in die heilige teologie, tans volle professor te Wittenberg. Daarom versoek hy die mense wat nie teenwoordig kan wees en mondelings met ons kan debatteer nie, om dit in hulle afwesigheid skriftelik te doen.

In die Naam van ons Here Jesus Christus.

1. Omdat ons Here en Meester Jesus Christus sê: “Doen boete” (Bekeer julle) (Matt. 4:17) wou Hy gehad het dat die hele lewe van gelowiges 'n lewe van boetedoening (bekering) moet wees.

2. Hierdie woord (bekering)* kan nie in die betekenis van die sakramentele boetedoening verstaan word nie. (Dit is in die sin van bieg en vergoeding wat deur die amp van die priester uitgevoer word.)

3. Nogtans beteken dit (bekering volgens Matt. 4:17), nie slegs 'n innerlike bekering nie. Eintlik is die innerlike bekering niks werd as dit nie uiterlik op baie wyses die afsterwing van die vlees bewerk nie.

4. Dus bly die straf daar, net so lank as wat die vyandskap teen jou self bly. (Dit is die ware innerlike bekering.) Dit beteken dit bly tot met die binnegaan in die hemelryk in.

5. Die pous kan en wil geen ander soort straf kwytskeld as die soort straf wat hy volgens sy eie besluit of volgens die kerkreg opgelê het nie.

6. Die pous kan sondeskuld op geen ander manier vergewe as om net te verkondig en te bevestig dat dit deur God vergewe is nie. Die pous kan tog sekerlik net vergewe in die sake waarin hý die reg voorbehou. Minag 'n mens hom hierin, dan bly die (hierdie tipe) skuld verseker voortbestaan.

7. Eintlik vergewe God nie een se skuld wat hom nie terselfdertyd aan die priester as God se verteenwoordiger geheel en al deemoedig onderwerp nie.

8. Die kerkregtelike boetebepalings is net van toepassing op mense wat lewe. Mense wat gesterf het, mag nie aan kerkregtelike bepalings onderwerp word nie.

9. Die Heilige Gees bewys deur die pous sy goedheid vir ons daarin dat wanneer die pous dekrete uitvaardig, hy elke keer die dood en uiterste noodsaak uitsluit (uit sy regsbevoegdheid uit).

10. 'n Priester wat vir mense wat gesterf het steeds kerkregtelike boetestraf laat voortbestaan tot binne-in die vagevuur, tree onkundig en sleg op.

11. Die onkruid – dit is die verandering van kerkregtelike boetedoening in boetestraf tot binne-in die vagevuur – is heel duidelik gesaai gewees omdat die biskoppe aan die slaap was (Matt. 13:25).

12. Vroeër was die kerkregtelike boetedoening nie ná nie, maar vóór die opheffing van sondeskuld opgelê, dit is om die opregtheid van die berou te toets.

13. Deur die dood word 'n mens wat sterf van alles vry; ook vir die kerkregtelike bepalings is 'n mens klaar dood en regtens is 'n mens van hierdie bepalings onthef.

14. Die onvolmaakte goedheid of liefde van 'n sterwende mens, maak 'n mens bang en inderdaad is ons meer bang hoe minderwaardiger die goedheid of liefde was.

15. Hierdie vrees en ontsteltenis is alleen genoeg (sonder om van ander dinge nog te praat) om die smart van die vagevuur op te roep, want dit is baie naby aan die verskrikking van wanhoop.

16. Dit lyk asof 'n mens die hel, die vagevuur en die hemel van mekaar kan onderskei net soos wat 'n mens wanhoop, naderende wanhoop en sekerheid van mekaar kan onderskei.

17. Daarom lyk dit noodwendig dat vir die siele in die vagevuur op dieselfde wyse hulle ontsteltenis minder word en hulle liefde groei.

18. Daarom lyk dit ook nie bewysbaar óf deur ons verstand óf deur bewyse uit die Skrif nie, dat hierdie siele hulle buite 'n posisie bevind om verdienste te kan verwerf of nie in die liefde te kan groei nie.

19. Dit lyk ook nie of dit bewys kan word, of ten minste is dit nie vir almal bewese nie, dat hierdie siele van hulle saligheid gewis en seker is, net omdat ons daarvan ten volle seker is.

20. Met die “volkome kwytskelding van alle strawwe” bedoel die pous nie eenvoudig alle strawwe nie, maar hy bedoel net die strawwe wat hy self opgelê het.

21. Daarom fouteer alle aflaatpredikers wat sê dat deur die aflaat van die pous word die mens vry van alle straf en word 'n mens salig (gered).

22. Dit is veel eerder so dat die pous nie 'n enkele straf waarvolgens die siele tydens hulle lewe boete moes oor gedoen het volgens kerkordelike bepalings, in die vagevuur kan kwytskeld nie.

23. As aan enige iemand die kwytskelding van alle straf toegestaan kan word, dan kan dit net aan die volmaakste mense toegestaan word en dit is dan net aan 'n baie klein klompie mense.

24. Die onvermydelike gevolgtrekking hieruit is dat die grootste deel van die volk bedrieg word deur hierdie vertonerige belofte van algehele kwytskelding van straf vir almal.

25. Dieselfde gesag wat die pous oor die algemeen oor die vagevuur het, het elke biskop en elke sieleversorger (geestelike werker) in sy eie gebied of in besonder binne sy eie gemeente.

26. Die pous tree regtig reg op wanneer hy die siele (in die vagevuur) vergifnis laat toekom, nie op grond van die sleutelmag nie (die sleutelmag kom nie vir die pous hiervoor toe nie), maar net by wyse van voorbidding.

27. Mense wat sê: “Wanneer die muntstuk in die geldtrommel klingel, vlieg die siele dadelik uit die vagevuur uit” preek leerstellings van mense.

28. Wat wel seker is, is dat wanneer die muntstuk in die geldtrommel klingel winsgierigheid en hebsug kan toeneem; die voorbidding van die kerk hang egter slegs van beskikking van God af.

29. Wie weet hoegenaamd of alle siele uit die vagevuur losgekoop wíl word? Met die heilige Severinus en Paskal (volgens vertelling) sou dit nie die geval gewees het nie.

30. Niemand kan van die opregtheid van sy berou seker wees nie, nog minder kan 'n mens seker wees dat jy volkome kwytskelding van sonde verkry het.

31. Net so min as wat daar iemand is wat 'n opregte bekeerde is, net so min is daar iemand wat op die regte manier aflate koop. Dit gebeur uiters selde.

32. Iemand wat glo dat sy saligheid verseker is (gered is) deur aflaatbriewe, is saam met die een wat hom so geleer het, verdoem.

33. 'n Mens moet uiters versigtig wees vir diegene wat sê dat die aflate van die pous die een enkele onskatbare gawe van God is waardeur mense met God versoen word.

34. Want die genade wat deur aflate verkry word, het slegs betrekking op die tipe strawwe wat gaan oor sakramentele genoegdoening en dit is net deur mense vasgestel.

32

1 “Ausgewählte Schriften” van Karin Bornkamm en Gerhard Ebeling, bl. 26–37.

Page 7: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

Page 8: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

35. Die persone wat leer dat berou hoegenaamd nie nodig is om siele (uit die vagevuur) los te koop of om vergifnis deur bieg te verkry nie, is besig met onchristelike prediking.

36. Elke Christen wat ware berou ervaar, het volkome kwytskelding van straf en skuld ook sonder dat hy 'n aflaatbrief het.

37. Elke Christen, of hy nou leef of reeds dood is, het deel aan al die heilsgawes van Christus en die kerk; God waarborg 'n mens dit ook sonder dat hy aflaatbriewe het.

38. Nogtans moet 'n mens die kwytskelding en vergoeding deur die pous geensins gering ag nie. Omdat dit (soos ek gesê het) die verkondiging van die goddelike vergewing (vergewing deur God) is.

39. Dit is uiters moeilik vir selfs die geleerdste teoloog om die ryke oorvloed van die aflate en die opregtheid van berou vir die volk gelyktydig aan te prys.

40. Opregte berou soek en bemin (omhels) straf. Die oorvloed van die aflate daarteenoor skeld die straf kwyt en veroorsaak 'n teensinnigheid daarteen, of ten minste gee dit aanleiding daartoe.

41. Oor die apostoliese kwytskelding (van die pous) moet met versigtigheid gepreek word, sodat die volk nie verkeerdelik meen dit kry voorkeur bo ander werke, naamlik die goeie werke van die liefde nie.

42. 'n Mens moet Christene leer dat dit nie die oortuiging van die pous is dat die koop van aflaatbriewe in enige opsig met barmhartigheidswerk gelyk gestel kan word nie.

43. 'n Mens moet Christene leer dat dit beter is om aan armes iets te gee of aan behoeftiges iets te leen as om aflaatbriewe te koop.

44. Want deur 'n liefdesdaad groei liefde en word die mens beter; deur aflate daarteenoor word die mens nie beter nie, maar net vryer van straf.

45. 'n Mens moet Christene leer: wie 'n behoeftige sien en hom nie sy nood aantrek nie, maar in plaas daarvan aflate koop, verkry nie die kwytskelding van die pous nie, maar ontvang die toorn van God.

46. 'n Mens moet Christene leer: as hulle nie baie geld het nie, is hulle verplig om dit vir die noodsaaklike huishouding uit te hou en op geen manier mag hulle dit op aflate mors nie.

47. 'n Mens moet Christene leer: die koop van aflate is vrywillig, nie verpligtend nie. 48. 'n Mens moet Christene leer: die pous het dit baie meer nodig, en wens ook dat daar

ernstig vir hom voorbidding gedoen sal word met die toestaan van aflate, as wat hy die gerief van inkomste nodig het.

49. 'n Mens moet Christene leer: die aflate van die pous is nuttig as jy nie jou vertroue daarin stel nie, maar dit is uiters skadelik as 'n mens as gevolg van aflate jou ontsag vir God verloor.

50. 'n Mens moet Christene leer: as die pous sou geweet het hoe die aflaatpredikers die geld invorder, sou hy liewers die Sint Pieterskerk tot as laat verval het, as om dit met die vel, vleis en bene van sy skape te gebou het.

51. 'n Mens moet die Christene leer: die pous sal, omdat dit sy plig is, bereid wees om van sy rykdomme af te staan aan – en as dit nodig is selfs die Sint Pieterskerk te verkoop – diegene wat nou in groot getalle van hulle geld deur aflaatpredikers afgerokkel word.

52. Die vertroue om deur aflaatbriewe gesalig (gered) te word, is tevergeefs, selfs al gee die aflaatkommissaris, ja, selfs die pous hulle siele as waarborg daarvoor.

53. Hulle wat reël dat die Woord van God in ander kerke (in ander gemeentes) heeltemal stil moet word (glad nie gepreek mag word nie) ter wille van die aflaatprediking (in 'n ander gemeente) is vyande van Christus en die pous.

54. Die Woord van God word beledig as in een en dieselfde preek vir die aflaat dieselfde of meer tyd ingeruim word as vir die Woord van God.

55. Dit is onvermydelik dat dit die pous se oortuiging moet wees dat as 'n mens die aflaat (wat die onbelangrikste is) met 'n klok, 'n optog en 'n erediens vier, 'n mens die Evangelie (wat die belangrikste is) met 'n honderd klokke, 'n honderd optogte en 'n honderd eredienste sal vier.

56. Die skat van die kerk waaruit die pous die aflaat uitdeel, is vir die volk van Christus nie bekend of nie presies voldoende duidelik of bekend nie.

57. Dit is heel duidelik nie aardse skatte nie, want dit deel predikers nie so vrygewig uit nie, maar hulle gaar dit eerder net op.

58. Dit kan ook nie die verdienste van Christus en die Heiliges wees nie, want dit bewerk sonder die pous altyd genade vir die innerlike mense soos wat dit kruisiging, dood en hel bewerk vir die uiterlike mense.

59. Die Heilige Laurentus dui die armes as die skat van die kerk aan, maar hy praat maar net volgens die taalgebruik van sy tyd.

60. Ons dui met volle oortuiging hierdie skat aan as die sleutelmag van die kerk. (Hierdie skat is aan die kerk geskenk deur Christus se verdienste.)

61. Dit is egter duidelik dat vir die kwytskelding van strawwe en met die gevalle waarin die pous die reg voorbehou, die vryspraak van die pous alleen genoegsaam is.

62. Die ware skat van die kerk is die hoogheilige Evangelie van die heerlikheid en genade van God.

63. Hierdie skat is met goeie rede uiters gehaat, omdat dit van dit wat die eerste is die laaste maak (Matt. 20:16).

64. Die skat van die aflaat is daarteenoor met goeie rede uiters geliefd, omdat dit van dit wat die laaste is, die eerste maak.

65. Daarvolgens is die skat van die Evangelie die net waarmee 'n mens voorheen kosbare mense mee gevang het.

66. Die skat van die aflaat daarenteen is die net waarmee 'n mens vandag die rykdomme van mense vang.

67. Die aflaat wat die predikers as die hoogste genade uitbasuin, kan inderdaad as sulks aangesien word, in so ver as wat dit geldelike wins bevorder.

68. Tog is dit in der waarheid, gemeet aan die genade van God en die barmhartigheid van die kruis, die onbelangrikste.

69. Dit is verpligtend om die biskoppe, sieleversorgers (geestelike werkers) en die kommissarisse van die apostoliese aflaat alle eerbied te betoon.

70. Hulle is egter nog meer verplig om hulle oë gevestig en ore gespits te hou dat hulle nie hulle eie waanbeelde preek in plaas van die opdragte van die pous nie.

71. Wie teen die waarheid van die apostoliese aflaat (die evangelie) iets sê, is verdoem en vervloek.

72. Wie egter die willekeur en die onbeheerstheid van die toesprake van aflaatpredikers uitjou, is geseën.

73. Soos wat die pous tereg die banvloek slinger teen hulle wat allerlei kunsstreke tot nadeel van die aflaathandel uithaal,

74. Net so wil hy nog veel meer hulle met die banvloek tref wat onder die voorwendsel van die aflate die heilige liefde en waarheid benadeel.

75. Om te dink dat die pouslike aflaat so werk dat dit 'n mens ook sou kon kwytskeld wanneer 'n mens – om die onmoontlike te stel – die moeder van God verkrag het – is kranksinnigheid.

76. Ons stel daarteenoor: die pouslike aflaat kan nou eenmaal nie die geringste een van die toelaatbare sondes uitwis wat die skuld van sonde betref nie.

77. Dat 'n mens sê dat ook die heilige Petrus kon, as hy nou die pous sou wees, geen groter genade uitdeel (as aflate) nie, is lastering teen die heilige Petrus en die pous.

54

Page 9: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

Page 10: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

78. Ons stel daarteenoor: die huidige en elke ander pous het groter genade, naamlik die Evangelie, die charismatiese gawes, die gawe van genesing ensovoorts, soos dit in 1 Korintiërs 12:28 aangetoon word.

79. Die bewering dat die aflaatkruis wat hoog opgestel is, versier met die pouslike embleem, dieselfde krag as die kruis van Christus besit, is godslasterlik.

80. Die biskoppe, sieleversorgers en teoloë wat sulke leringe vir die volk toelaat, sal eendag rekenskap moet gee.

81. Sulke roekelose aflaatprediking maak dit vir selfs geleerde mense nie maklik om die nodige eerbied vir die pous te verdedig of dan ten minste die pous teen die venynige vrae van die gewone lidmate te verdedig nie.

82. Hulle vra byvoorbeeld: Hoekom maak die pous nie die vagevuur uit heilige liefde en ter wille van die hoogste nood van die siele leeg nie? Dit is tog die mees gegronde rede! Dit terwyl hy tog ontelbaar baie siele ter wille van onheilige geld verlos wat vir die bou van die Sint Pieterskerk gegee word. Dit is as sodanig tog die mees ongegronde rede!

83. Verder: Waarom word Nagmaalsviering vir die dooies en die kerklike feesdae vir die afgestorwenes steeds onderhou, en waarom gee hy nie die spesifieke donasies daarvoor terug nie, dit wil sê, laat hy die teruggee toe nie, wanneer dit tog verkeerd is om vir siele wat uit die vagevuur verlos is nog verder te bid?

84. Verder: Wat se nuwe tipe barmhartigheid van God en die pous is dit wat goddeloses en mense wat God vyandig gesind is, toelaat om vir geld 'n vroom siel vir wie God liefhet te verlos, maar wat hierdie vroom en geliefde siel nie omrede hulle eie nood uit vry geskenkte liefde verlos nie?

85. Verder: Waarom word die kerkregtelik boetebepalings, wat saaklik en deur ongebruik lankal reeds ongeldig en dood is, nogtans deur die toestaan van aflate met geld afgelos, asof hierdie boetebepalings effektief nog geldig is?

86. Verder: Waarom bou die pous nie liewers, wat vandag ryker is as die rykste miljoenêr (Crassus), nie ten minste een deel van die Sint Pieterskerk met sy eie geld eerder as met die geld van arm gelowiges nie?

87. Verder: Wat skeld die pous diegene vry of waaraan gee hy hulle aandeel aan wat deur volkome berou aanspraak het op volle vergifnis en volle vergoeding (deur God het)?

88. Verder: Sou dit nie die beste vir die kerk gewees het as die pous, soos hy dit eens op 'n tyd gedoen het, 'n honderd keer op 'n dag elke gelowige kwytskelding en vergoeding waarborg nie?

89. As dit tog vir die pous met aflate meer om die heil van die siele gaan as om geld, waarom verklaar hy vroeëre briewe en aflate ongeldig alhoewel hulle tog net so effektief was?

90. Om hierdie uiters pynlike besware van die gewone lidmate net met geweld te onderdruk, maar nie met gegronde inligting uit die weg te ruim nie, beteken die kerk en die pous word aan die bespotting van die vyande uitgelewer en Christene word ongelukkig gemaak.

91. As die aflaat daarom in die gees en bedoeling van die pous gepreek word, sal hierdie besware maklik weerlê word, ja, hierdie besware sal glad nie eers gestel word nie.

92. Weg daarom met al die profete wat vir die volk van Christus sê: “Vrede, vrede” en daar is geen vrede nie (Jer. 6:14).

93. Salig is al die profete wat vir die volk van Christus sê: Kruis, kruis, ook as daar van die kruis niks te merk is nie.

94. 'n Mens moet die Christene vermaan dat hulle Christus hul hoof, deur lyding, dood en hel moet probeer navolg.

95. En om nog meer daarop te vertrou om eerder deur baie beproewinge in die hemel in te gaan as deur die sekerheid van 'n skynvrede.

Die aanhalings wat skuinsgedruk is, is ter verduideliking ingevoeg deur die vertaler ds. PJ Kriel. Die aanhalings wat nie skuinsgedruk is nie, is Martin Luther se eie toeligting. Vertaal deur ds. PJ Kriel (06.01.2008).

'n Verduideliking van die betekenis van die 95 stellinge deur Karin Bornkamm in die versameling “Augewählte Schriften” wat heruitgegee is deur Karin Bornkamm en

2Gerhard Ebeling:“Op die 31ste Oktober 1517, aan die datum moet 'n mens vashou ten spyte van die

nuwerwetse polemiek, het Martin Luther 'n kennisgewing met 95 stellinge aan die deur van die kasteelkerk van Wittenberg opgesit. Hy wou, soos dit toe die gebruik was, aan die kennisgewingbord van die universiteit (die deur van die kasteelkerk) 'n akademiese bespreking uitroep.

Niemand het opgedaag nie. Die stellinge het egter vinnig bekend geword, dit is in Duits vertaal, herdruk en het in stormagtige haas die hele Duitsland deurkruis. Meteens was die onbekende monnik en professor in die afgeleë Wittenberg op almal se lippe.

Die Roomse kardinaleraad het, nadat hulle op Luther bedag gemaak is, met die aanvoorwerk van 'n kettervervolgingsproses teen Luther begin.

Die rede vir Luther se openbare stellinginname in die aflaatvraagstuk waarin hy self nog geen finale mening gestel het nie, was die verkoop van 'n nuwe tipe pouslike aflaat vir die bou van die Sint Pieterskerk in Rome in die gesamentlike gebied van Mainz en Maagdenburg van die aartsbiskop, asook die gebied Brandenburg.

Die uitwerking van die verkoop van die aflate in hierdie gebiede het Luther mee te doen gekry tydens die bieggeleenthede wat hy as priester waargeneem het. Die finale strooi was die instruksie wat die aartsbiskop en keurvors, Albrecht van Mainz, toegelaat het wat nog erger was as die amptelike kerklike aflaatleer.

Boetedoening het uit die Middeleeuse biegpraktyk en lering oor die bieg ontwikkel tot een van die sewe sakramente van die kerk.

Boetedoening behels die berou in die hart, die erkenning van sonde by 'n priester, wat deur die toesegging van vergifnis van sonde van sonde deur die priester gevolg is en opgevolg moes word deur die vergoeding vir sonde deur goeie werke.

Deur die toesegging van vergifnis deur die priester word die sondaar sy skuld vergewe asook van die ewige goddelike straf in die hel onthef. Deur die vergoeding moes die sondaar die tydelike strawwe van God of die kerk voor vergoed, eers in die aardse lewe maar die res wat nie voor genoegdoening voor bewerk was nie, moes in die vagevuur voor vergoed word.

Aflaat was die moontlikheid om die vergoeding wat eers opgelê was as boetedoening deur ligter vergoedings te vervang, in die laat Middeleeue dan selfs deur betaling met geld. En dan ook nie meer net vir jouself nie, maar ook vir afgestorwenes wat binne-in die vagevuur was.

Met hierdie instelling het die kerk veral in Duitsland vir hulle 'n onuitputlike bron van inkomste geskep.

Luther se stellinge spreek die misbruik van die aflaatstelsel aan, maar die stellinge is eintlik gemik op die kern van die boetedoenings en aflaatleer self. Luther het nog met die opstel van hierdie stellinge geglo dat hy die pous met die vernedering van die aflaatpraktyk kon uithelp.

Met die stellinge het Luther nog vasgehou aan die noodwendigheid van die Absolusie, die toesegging van vergifnis deur die priester, al was dit nou nie meer so seer as deur die bemiddeling van die priester nie, maar deur die verkondiging van vergifnis deur die priester.

76

2 “Ausgewählte Schriften” van Karin Bornkamm en Gerhard Ebeling, bl. 26–37.

Page 11: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

Page 12: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

98

Ja, ek het vordering gemaak en ingesien, dat μετανοια nie maar net bloot van “post” en “mentem” nie, maar ook van “trans” en “mentem” afgelei kan word (al mag dit ook natuurlik geforseerd wees) sodat dit lyk dat μετανοια 'n volledige verandering van gedagte en gesindheid beteken, wat nie net die verandering van gesindheid nie, maar ook die manier waarop die verandering plaasvind, dit beteken deur God se genade, insluit.

Want alle verandering van hart, dit is naamlik die werklike boetedoening, word in die heilige Skrif hoog aangeslaan. Dit het die pasga in die verlede aangetoon, dit het Christus aangetoon, en lank voor dit was Abraham ook daarvan 'n voorbeeld gewees, toe hy

5“transitor”, dit beteken in Hebreeus, om (oor) te begin. Hy het naamlik van Mesopotamië weggegaan soos wat Paulus Burgos dit op 'n baie geleerde wyse uitgewys het. Dit kom ook ooreen met die opskrif van Psalms 39, 62 en 77 waar die sanger begin met die woord “Jedutun”, dit beteken “om bo oor te kom”.

Ek hou daaraan vas en waag die mening dat hulle wat dwaal, dit is hulle wat die boetedoeningsdade so beklemtoon, dat hulle vir ons van werklike boetedoening feitlik niks oor laat bly nie behalwe feitlik die onbelangrike genoegdoeningsdade en die buitengewoon moeilike bieg.

Hulle het hulle naamlik deur die Latynse woord “poenitentiam agere” laat mislei wat meer klink na iets wat jy moet doen as 'n hartsverandering en glad nie aan die Griekse

6woord μετανοια, (bekering) , enigsins reg laat geskied nie. Terwyl my mening so heen en weer rondgeval het, kyk, het skielik rondom ons die

basuin wat die nuwe Aflaat laat weerklink het, ja, laat weergalm het, begin en is vergifnis uitbasuin. Hierdie basuin besiel ons egter tog nie tot die regte ywer vir hierdie stryd (oor

7vergifnis) nie. Kort opgesom! Hulle skuif doodeenvoudig die leer oor ware boetedoening eenkant toe

en matig hulle aan om, nie oor iets van die boetedoening nie, ook nie eers oor die geringste deel daarvan, dit is die genoegdoening nie, maar oor die kwytskelding van die geringste deel daarvan grootpraterig te roem, soos 'n mens nog nie iemand hoor roem het nie.

Ja, hulle verkondig godlose, valse en ketterse dinge met so groot gesag (ek sal dit eerder vermetelheid noem) dat diegene wat net daarteen murmureer dadelik as 'n ketter tot die vuurdood en ewige vervloeking deur God veroordeel is.

Omdat ek hierdie raserny nie kon teengaan nie, het ek besluit om my mening, wat hiervan afwyk, beskeie bekend te maak en hulle leringe te bevraagteken. Dit het ek met die vertroue in die oordeelsvermoë van al die geleerdes en die hele kerk gedoen, om in te sien dat dit beter is om genoegdoening te doen as om genoegdoening kwyt te skeld, dit is, deur aflate te koop.

Op daardie stadium het niemand anders so 'n standpunt oor aflaat ingeneem nie.Daardeur het ek die debat aangevoer, dit beteken dan eintlik het ek almal wat enige

vorm van gesag gehad het, van die hoogste tot die laagste vorm van gesag, opgerui om my 8ondergang te bewerk, sover as wat hierdie geldjagters (ag, eintlik moes ek seker maar gesê

het sielevangers) dit kon laat gebeur en bewerkstellig het.Op hierdie manier het hierdie dierbare mense kaf gepraat oor wat ek sou gesê het, met

die houding van blatante sluheid dat hulle nie kan lieg nie, dit is dat ek die gesag van die pous deur my openbare debat sou geskend het.

Dit is rede, eerbiedwaardige vader, waarom ek nou heeltemal teen my eie wense in die openbaar optree. Ek het nog altyd my eie hoekie liefgehad en ek het nog altyd daarin

Luther se brief aan Staupitz, 30 Mei 1518

Martin Luther, u broer en u leerling, wens die eerbiedwaardige en ware vader, Johan Staupitz, professor in die heilige teologie, vikaris van die Augustynse orde, seën toe en gee myself aan u.

Ek herinner my daaraan, eerbiedwaardige vader, dat tydens u gesprekke met my, wat so diep indruk op my gemaak het en so heilsaam was, waardeur die Here Jesus my so wonderbaarlik getroos het, per geleentheid die woord “boetedoening” genoem is.

Dit het ons gewete baie tot rus gebring en elke laksman (waarskynlik 'n sarkastiese 3verwysing na homself en ander as priester), wat met ondraaglike voorskrifte 'n

biegvoorskrif, soos hulle dit noem, oplê.Ons het egter wat u gesê het, aanvaar asof daar van die hemel self met ons gepraat

word: “dat die ware boetedoening slegs met die liefde tot geregtigheid en tot God begin. Wat almal as die doel en die afsluiting van boetedoening beskou het, dit is veel eerder net die begin van boetedoening.”

Hierdie opmerking van u het in my vasgeslaan “soos die pyl van 'n kragtige” (Ps. 120:4) en ek het begin om dit met opeenvolgende Skrifgedeeltes wat oor boetedoening handel, te vergelyk.

Dit was 'n besondere aangename werksaamheid. Want van alle kante af het woorde na my toe gekom, hulle het heeltemal by hierdie opvatting gepas en aangesluit.

Die resultaat hiervan was dat waar daar voorheen vir my nie 'n bitterder woord was as die woord “boetedoening” nie (natuurlik het ek myself baie ywerig voor God voorgehou en het ek probeer om 'n geveinsde en gedwonge liefde vir God te wys), kan daar nou nie 'n woord soeter en aangenamer gehoor word as die woord “boetedoening” nie.

Want die Gebooie van God word vol bekoring wanneer ons erken dat dit nie bloot net iets is wat in boeke gelees word nie, maar wat in die wonde van ons geliefde Heiland gelees moet word.

Bowendien gebeur dit toe dat ek deur die bemoeienis en guns van baie geleerde mense, wat ons ywerig Grieks en Hebreeus geleer het, geleer het dat hierdie woord in Grieks,

4μετανοια, (bekering ) beteken. Dit is saamgestel uit twee woorde μετα en νουν, dit wil sê, in Latyn van “post” en “mentem”.

Boete, oftewel dan “bekering”, beteken dan om weer reg te kom en die insig in jou eie onvolkomenheid te kry, nadat 'n mens die straf gedra en jou fout ingesien het.

Dit kan egter onmoontlik gebeur sonder dat jou gees en eie liefde nie verander word nie. Dit alles stem so presies ooreen met Paulus se teologie, dat, nie soos wat ek dit voorhou nie, maar volgens Paulus self, niks dit beter kan verklaar nie.

Die geloof in die vagevuur het hy mettertyd bevraagteken.Nogtans het hy alreeds deur die 95 stellinge die boetedoening uit die mag van die

sakramentele en hiërargiese mag van die kerk bevry deur dit weer in die persoonlike verhouding van die enkeling met God toe te wys.”

Vertaal deur ds. PJ KrielNG Gemeente Levubu

3 Vertaler ds. PJ Kriel se interpretasie van die sin.4 Vertaler se byvoeging.

5 Vertaler se invoeging en interpretasie.6 Vertaler se invoeging.

7 Vertaler se invoeging en interpretasie.8 Luther verwys hier sarkasties na die aflaatpredikers as geldjagters en sielevangers.

Page 13: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

Page 14: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

Die geskiedenis van die aflaatstryd soos deur Luther self beskryf in die voorwoord van die publikasie van 'n eerste

versameling van sy geskrifte

“Vorrede zum ersten Band der Wittenberger Ausgabe der lateinischen Schriften Luthers 1545” (Voorwoord in die eerste deel van die Wittenbergse uitgawe van die Latynse

9geskrifte van Martin Luther, 1545).

“Martin Luther groet die godsdienstige leserEk het heftig en lank teengestribbel teen die mense wat my boeke, of beter gestel, my

nagtelike deurmekaar geskrywery, wou heruitgee. Aan die een kant wou ek nie hê dat die skryfwerk van vroeëre skrywers deur my nuwighede vervang word en dit die leser daarvan weerhou om daardie skrywers te lees nie. Aan die ander kant is daar nou deur God se genade baie sistematies geordende boeke beskikbaar waarvan die Loci communes van Phillip Melancton die mees uitstaande is.

Deur hierdie werk kan 'n teoloog en predikant voortreflik en oorvloedig opgebou word om toegerus te wees om die vroomheidsleer (godsdiensleer) te preek, veral ook nou dat die Heilige Skrif selfs amper in elke taal beskikbaar is.

My boeke is egter, soos wat dinge wat gebeur die gebrek aan orde meebring, ja ordeloosheid afdwing, net so 'n regte woeste en ongeordende chaos. Om dit selfs nou nog te orden, is nie vir my maklik nie.

Hierdie oorwegings laat my wens dat al my boeke eerder vir altyd vergete en begrawe sou wees om vir beter boeke plek te maak. Tog het ander mense my met hulle beswaarloosheid en opdringerige hardkoppigheid lastig geval: dit sal daarop uitloop dat wanneer ek nie in my eie leeftyd die heruitgawe toelaat nie, dit nogtans na my dood verseker deur diegene heruitgegee sal word wat hoegenaamd niks meer van die oorsake en die verloop van die gebeure weet nie, en so sal uit een verwarring daar maar net baie meer verwarring wees. (het hulle gesê)

Hulle beswaarloosheid (oor die ongeordenheid) het gewen en ek het die heruitgawe toegelaat. Die wil en bevel van ons verhewe vors Johan Frederik, Keurvors e.a. het terselfdertyd hiermee saamgeval. Dit was hy wat die drukkers opdrag gegee het, ja, hulle letterlik nie net gedwing het om die uitgawe te druk nie, maar selfs om die herdruk te bespoedig.

Ek versoek tog veral vir die goedgesinde leser – en ek bid dit ter wille van ons Here Jesus Christus – om dit met begrip, ja, met baie geduld te lees. En die leser moet bewus wees dat ek eers 'n monnik en uiters fanatieke pousgesinde was toe ek hierdie saak aangepak het. Ek was so dronk van die pouslike leerstellings gewees, ja, ek was so in hulle versuip, dat ek, sou ek dit kon doen, sonder aarseling bereid sou gewees het om almal wat die pous net 'n bietjie teengaan, dood te maak of om met diegene wat hulle doodmaak, saam te werk en hulle te verplig om dit te doen.

Ek was op dieselfde wyse 'n Saulus, soos wat daar tot vandag toe nog baie mense soos 'n Saulus is. Ek was nie so ysig as persoon in die verdediging van die pousdom soos Eck gewees nie, wat ek dink die pous eerder ter wille van sy eetlus verdedig het, as wat hy die saak ernstig aangevoer het, ja, dit lyk vir my steeds vandag asof hulle oor die pous eintlik lag, ja, soos mense wat net op genot ingesteld is. Ek het die saak (die Rooms-Katolieke geloof) met erns bedryf as iemand wat die oordeelsdag met ontsteltenis gevrees het en tog van harte gewens het om gered te wees.

1110

verlustig om 'n toeskouer te wees van die spel wat die begaafde mense van ons tyd in die openbaar speel eerder as wat ek self raakgesien en bespot word.

Egter, soos ek dit nou sien, ter wille van die sieraad en skoonheid moes die slegte groente tussen die goeie raakgesien word en swart teenoor wit gestel word.

Daarom versoek ek u, aanvaar hierdie onbeduidende werkstuk van my en doen moeite om dit aan die goeie pous Leo die Tiende te stuur. Op hierdie manier kan dit my teen die voornemens van kwaadwillige mense help. Ek wil u egter nie in my eie gevaar laat verstrengel word nie, en doen dit op my eie risiko.

Christus sal dit duidelik laat blyk of dit wat ek gesê het, Syne of myne is, sonder Christus se aanwysing kan die pous nie iets te sê hê nie en kan die koning ook nie iets besluit nie. Want ek verwag dat Christus self die regter sal wees wat deur die gesag van die pous sy uitspraak sal gee.

Verder het ek niks anders vir daardie vriende wat my bedreig te sê as die spreuk van Reuchlin nie: “Wie arm is, vrees niks nie, want hy kan niks verloor nie.”

Ek het nie besittings nie en begeer dit ook nie. Die goeie naam en respek wat ek gehad het, het ek vir altyd verloor. Net dit is oor: my swak en moeë liggaam deur aanhoudende swaarkry. Vernietig dit dan maar deur geweld of listigheid (want daardeur word aan God mos 'n diens bewys), miskien word my lewe daarmee een of twee ure korter gemaak. Ek is vergenoegd met my geliefde Verlosser en Versoener, my Here Jesus Christus. Hom wil ek my hele lewe lank besing.

Wanneer iemand egter nie saam met my wil sing nie, wat het dit met my te doen? As hy daarvan hou om te huil, kan hy maar huil.

Hy, die Here Jesus bewaar U vir ewig, my geliefde vader.

WittenbergOp die dag van die Heilige Drie-eenheid30 Mei 1518

Vertaal in Afrikaans deur ds. PJ KrielLevubu13.06.2016

9 “Ausgewählte Schriften” van Karin Bornkamm en Gerhard Ebeling, bl. 3 ̶ 11.

Page 15: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

Page 16: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

So sal u in my vroegste geskrifte ontdek, hoeveel ontsag ek die pous deemoedig betoon het, wat ek toe later en nou nog steeds sien as die hoogste vorm van godslastering en 'n gruwel en dit verwens. U sal ook, goedgesinde leser, hierdie dwaling, of soos hulle lasterlik sê: hierdie teenstrydigheid, aan die tydstip (waarin dit geskryf is) en my onervarenheid moet toeskryf.

Ek was in die begin heeltemal alleen gewees en was vir die aanvoer van so 'n groot strydsaak sonder twyfel baie ongeskik en nie geleerd genoeg gewees nie. Ek het toevallig by hierdie gewoel betrokke geraak, nie omdat ek dit wou nie of met opset nie. Hiervoor roep ek God self as getuie aan.

Nou toe dan, toe daar in 1517 in hierdie omgewing aflaat verkoop word – ek bedoel verkondig word, ter wille van skandelike geldmakery, was ek predikant, en soos 'n mens sê, 'n jóng doktor in teologie. Ek het begin om mense af te raai om aflate te koop en om hulle te keer om na die geskree van aflaatpredikers te luister. Ek het gedink dat ek seker kon wees dat ek hierin die pous as my beskermheer het, op wie se betroubaarheid ek toe nog heeltemal gesteun het. Hy veroordeel tog helder en duidelik in sy afkondiging die onbeheersdheid van sy belastinginvorderaar soos wat hy die aflaatprediker noem!

Ek het gou twee briewe geskryf. Een aan die aartsbiskop in Mainz, wat die helfte van die aflaatgeld gekry het, dat die pous die ander helfte gekry het, het ek nie toe geweet nie. Die ander brief het ek aan my plaaslike Ordinarius, soos mens dit genoem het, geskryf, dit is die plaaslike biskop Hieronimus van Brandenburg. Ek het versoek dat hulle die skaamtelose en godslasterlike bedrywe van die belastinginvorderaars moet vasvat.

Maar die arme monnikbroeder het net minagting gekry. Ek het, nadat ek geen reaksie waardig geag is nie, 'n debatskennisgewing uitgegee en terselfdertyd 'n preek oor aflate gelewer en gou daarna ook verduidelikings daaroor. Hiermee wou ek tot eer van die pous nie daarna strewe om die aflate te verwerp nie, maar dat goeie werke en die liefde voorkeur kry bo aflate.

Dit het egter gemaak dat die hemel inmekaarval en die wêreld in vlamme opgaan. Ek is by die pous aangekla, 'n dagvaarding na Rome is op my bedien en die ganse pousdom het teen my as enkele mens opgestaan.

Hierdie dinge het in die jaar 1518 gebeur terwyl Maximilaan se ryksdag te Augsburg gehou was, waartydens kardinaal Kajetan as afgevaardigde namens die pous bedrywig was. Die verhewe hertog van Sakse, Frederik, keurvors, het hom oor my saak genader en dit deurgekry dat ek nie gedwing sou word om na Rome te gaan nie. Hy sou my eerder oproep, my aangeleentheid ondersoek en bylê. Die Ryksdag het gou daarna verdaag.

Intussen, omdat al die Duitsers moeg was om die leegplundering, die gekwanselary en die ontelbare bedrieëry van die Roomse grootdoenerigheid te verdra, het hulle met gespanne aandag gewag op die uitkoms van so 'n gewigtige aangeleentheid wat nie óf 'n biskop óf 'n teoloog nog vantevore gewaag het om aan te roer nie. En trouens, die volkstemming het my ten goede gekom omdat elke skelmstreek en die tipiese Roomse woelinge waarmee hulle die ganse wêreldrond tot vervelens toe vervul het, van nou af deur almal gehaat was.

Op hierdie wyse het ek te voet en as 'n arm man na Augsburg gekom, voorsien met reisgeld en aanbevelingsbriewe van vors Frederik aan die raad en party voortreflike manne. Ek het myself daar drie dae besig gehou voor ek na die kardinaal toe gegaan het.

Want daardie opregte manne het my gekeer en my ten sterkste afgeraai om nie sonder die versekerde begeleidingsbelofte van die keiser na die kardinaal toe te gaan nie, alhoewel hy my elke dag deur 'n tussenganger uitgenooi het. Dit het vir my regtig hinderlik geword: Ek moes net (alles) herroep, dan sou alles weer in orde gewees het. Egter, solank as wat die onreg aanhou, solank hou die jakkalsdraaie ook aan.

Die derde dag kom hy toe uiteindelik en verwag 'n antwoord daaroor waarom ek nie na die kardinaal toe gaan wat my goedgunstiglik verwag nie. Ek het geantwoord dat ek die voorstelle van edele manne volg, wat deur keiser Frederik by my aanbeveel is. Hulle raad was egter ek moes op geen manier sonder die beskerming van die keiser of sonder die amptelike begeleidingsbelofte na die kardinaal toe gaan nie. Wanneer dit gewaarborg sou wees – hulle het met die keiserlike raad onderhandel om dit te verkry – sou ek dadelik kom. Hy het kwaad terug geantwoord: “Wat sê jy? Bedoel jy werklik vors Frederik sal om jou ontwil na die wapen gryp?” Ek het gesê: “Dit wil ek glad nie hê nie.” Hy sê toe: “En waar sal jy dan bly?” Ek het geantwoord: “Onder die blou hemel.” Daarop stel hy: “Wanneer jy die pous en die kardinale in jou mag sou hê, wat sal jy dan doen?” “Ek sou hulle,” het ek gesê “alle eerbied en eer bewys.” Daarop het daardie man toe, nadat hy op die Italiaanse manier vir my 'n beledigende vinger gewys het, gesê: “Ag, gaan weg en moet nooit weer terugkom nie!”

Op dieselfde dag het die keiserlike raad die kardinaal meegedeel dat die keiserlike beskerming of vrye begeleiding aan my toegestaan is, en het die vermaning bygevoeg om nie te hard teen my op te tree nie. Hy sou geantwoord het: “Dit is goed, ek sal egter nogtans optree volgens my aanstelling.” Dit was die begin van hierdie storm. Die res van die gebeure is te sien uit die volgende publikasie.

Maximilaan het in die volgende jaar, 1519, gesterf en volgens die ryksreg is Hertog Frederik as waarnemende keiser aangestel. Die storm het daarom vir 'n kort tyd opgehou woed, maar stadigaan het die minagting vir die ekskommunikasie, dit beteken die pouslike banvloek, die vors aangegryp.

Want toe Eck en Carraciola uit Rome die pouslike bul wat Luther veroordeel, oorgebring en bekendgestel het, daardie een hier en die ander een daar by keurvors Frederik, wat toe juis in Köln was om saam met die ander vorste die jong verkose keiser Karel te ontvang, was die keurvors uiters verontwaardig en het daardie Roomse grootmond onverskrokke en onbuigsaam verwyt: gedurende sy afwesigheid het hulle altwee, hy en Eck, die regeringsgebied van sy broer Johan en sy eie in onrus gedompel. En hy het hulle so afgejak dat hulle met skaamte en in skande van hom weg is.

Want die vors, wat met 'n ongelooflike skerp verstand begaafd is, het die skelmstreek van die Roomse amptenary deurgekyk en geweet hoe om die menere gepas te behandel. Hy het 'n uiterse fyn aanvoeling daarvoor gehad en kon die onraad baie beter en veel verder vermoed as wat die Rooms-Katolieke dit kon verwag of besorg oor kon wees.

Daarom het hulle heeltemal daarvan afgesien om dit met hom te probeer. Want ook die sogenaamde “goue roos” ('n spesiale pouslike toekenning vir diens deur vorste aan die kerk) wat deur Leo die tiende aan hom in dieselfde jaar gestuur is, het hy geen verdere waarde aan geheg nie, ja, hy het dit selfs bespotlik gemaak, sodat die Rooms-Katolieke hulle self gedwing gevoel het om hulle pogings om so 'n vors te mislei as tevergeefs opgegee het.

En onder die beskerming van hierdie vors het die Evangelie 'n goeie toekoms gekry en verder uitgebrei. Sy aansien het baie mense beïnvloed. Dit is net by hatige mense wat so 'n wyse en heldersiende vors verdag gemaak kon word as sou hy kettery of ketters koester en beskerm. Dit het die vir die pousdom groot skade veroorsaak.

In dieselfde jaar het die debat in Leipzig plaasgevind waartoe Eck vir beide my en Karlstadt uitgedaag het. Tog kon ek nie deur een van my briewe 'n begeleidingsonderneming van Hertog Georg bewerkstellig sodat ek nie om te debatteer nie, maar slegs as toeskouer onder die toegestande begeleiding van Karlstadt na Leipzig kon gaan. Wie die debatsgeleentheid vir my verydel het, weet ek nie. Want toe was Hertog

1312

Page 17: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

Page 18: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

Georg my nog nie vyandiggesind nie. Dit weet ek verseker.Hier het Eck my in die herberg kom opsoek en gesê hy het gehoor ek weier om debat te

voer. Ek het geantwoord: “Hoe sal ek kan debatteer wanneer ek geen geleide van hertog Georg kan bekom nie?” Daarop het hy gereageer: “As ek nie met jou mag debatteer nie, wil ek ook nie met Karlstadt debatteer nie, want dit is oor jou dat ek hierheen gekom het. Wat sal gebeur as ek vir jou vrye geleide bewerk? Sal jy dan met my debatteer?” “Kry dit,” het ek gesê “en dit sal gebeur.” Toe het hy weggegaan en gou daarna is ook aan my vrye geleide verseker en het dit vir moontlik gemaak om te debatteer.

Ek het dit gedoen omdat hy al klaar sy oorwinning verseker gesien het as gevolg van my stellings waar ek dit bestry het dat die pous volgens goddelike reg die hoof van die kerk sou wees. Hier het vir hom 'n wye terrein oopgegaan en die beste geleentheid geskep om die pous met sukses te vlei en sy guns te wen en my terselfdertyd met haat en argwaan te oorlaai. Dit het hy ook doelbewus dwarsdeur die hele debat gedoen terwyl hy nie sy eie stellings bewys het of myne weerlê het nie sodat selfs hertog Georg tydens 'n ontbyt saam met Eck en my gesê het: “Of hy nou volgens menslike of goddelike reg die pous is, hy is tog die pous.” Hy sou nie hierdie uitspraak gemaak het as hy nie deur die argumente beïndruk sou gewees het nie, maar net Eck alleen sou tereg gegee het nie.

Kyk nou net hier in my geval in besonder hoe moeilik dit is om jouself uit dwalinge los te wikkel en te bevry wat deur die voorbeeld van die hele wêreld vasgelê is en wat deur ou gebruik as 't ware in 'n geaardheid verander is. Hoe waar is tog die spreekwoord wat sê: “Om 'n gewoonte te verander is swaar.” En: “Gewoontes is ons tweede natuur.” Hoe waar sê Augustinus dit nie: “Gewoonte word dwang as 'n mens dit nie teenstaan nie.” Wat my betref, het ek al toe intussen sewe jaar lank die heilige Skrif persoonlik en amptelik met aandagtigheid gelees en geleer sodat ek amper alles kon memoriseer.

Verder het ek ook die beginsels oor die kennis van Christus en van die geloof uit die Skrif gevind, naamlik dat ons nie deur werke nie, maar deur die geloof in Christus geregverdig en salig word. En skielik verdedig ek dit waarvan ons nou praat: dat die pous nie volgens goddelike reg die hoof van die kerk is nie, in die openbaar. Tog het ek nie die gevolgtrekking wat daaruit volg raakgesien nie, naamlik dat die pous dan noodwendig van die duiwel is. Dit wat nie van God kom nie, dit moet van die duiwel wees.

Omdat ek self so meegevoer was, soos reeds gesê is, deur die voorbeeld en die hoë aansien van die heilige kerk, asook deur my eie gewoonte, het ek vir die pous 'n menslike reg vergun wat as dit tog nie deur goddelike gesag begrond is nie, 'n leuen en 'n werktuig van die duiwel is. Want ons luister na ouers en ampsdraers, nie omdat hulle uit hulle self ons beveel nie, maar omdat dit die wil van God is (1 Pet. 2:13).

Dit is hoekom ek met taamlike gelatenheid die mense kan verduur wat steeds hardnekkig die pousdom aanhang, veral hulle wat nog nie die heilige Skrif of mense se boeke daaroor gelees het nie, omdat ek self oor soveel jare die heilige Skrif so deeglik bestudeer het en ten spyte daarvan nog so hardnekkig die pousdom aangehang het.

In die jaar 1519 het Leo die tiende, soos gesê is, die goue roos deur Karel von Miltitz oorgebring, wat baie met my onderhandel het sodat ek my weer met die pous sou versoen. Hy het sewentig pouslike plakkate by hom gehad om, indien vors Frederik my aan hom sou uitlewer, wat die pous deur die Roos probeer bereik het, in elke stad een daarvan op te sit om my so verseker na Rome te kon bring.

Hierteenoor het hy tog sy vertroulike menings aan my meegedeel waardeur hy vir my gesê het: “Ag, Martin, ek het gedink jy is een of ander stokou teoloog wat so by die stoof sit en met homself redeneer. Maar nou sien ek, dat jy nog in die fleur van jou lewe en nog met jou volle krag is. Al sou ek 25 000 bewapendes gehad het, sou ek my steeds nie in staat geag het om jou na Rome te kon bring nie. Het ek tog met my hele reis na die opvatting van die

mense navraag gedoen waarvan hulle van jou hou. “Kyk nou, waar ek een gevind het wat die vir pous opkom, het terselfdertyd drie hulle

teen die pous uitgespreek.” Dit was werklik lagwekkend. Hy het ook ou vrouens en jong meisies in die gastehuise ondervra wat hulle van die Roomse stoel dink. Omdat hulle egter nie hierdie uitdrukking geken het nie en aan hulle stoel by hulle huise gedink het, het hulle geantwoord: “Hoe kan ons weet watter soort stoele hulle in Rome het, of dit van hout of steen gemaak is?

“Daarom het hy my versoek dat ek aan dit moet dink wat die vrede sal bevorder. Hy sal al die moeite doen sodat die pous dieselfde sal doen. Van my kant af het ek tegemoetkomend belowe dat ek bereid is om alles te doen wat ek net enigsins kon vermag sonder om my gewete oor wat waar te belas. Ek het ook vir vrede gewens en het daarvoor moeite gedoen terwyl ek met geweld in hierdie gestryery ingetrek is, het ek alles net noodgedwonge moes gedoen het wat ek gedoen het. Dit is nie my skuld nie!”

Vertaal deur ds. PJ KrielNG Gemeente Levubu

1514

Page 19: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

Page 20: REFORMASIE 500 Martin Luther - FAK · 2019. 3. 13. · Romeinse Ryk, het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het

Afrikanerjoernaal neem sy leser op 'n reis wat elke uithoek van die Afrikanergeskiedenis se landskap besoek – 'n jaar lange verkenningstog wat die

volle spektrum van die Afrikaner se historiese geheue in herinnering roep.

Sluit aan as 'n FAK-vriend en ontvang jou eenstop-geskiedenisdagboek GRATIS!

SMS BOEK na 45730 (R1.50)

Afrikanerjoernaal 'n Vervolgverhaal in 365 episodes

nou beskikbaar