4
Ons het hoër geboue, korter humeure, wyer snel- weë en smaller sienings. Ons spandeer meer, maar het minder. Ons koop meer, geniet minder. Ons het groter huise, kleiner families, meer geleenthede, maar minder tyd. Ons het meer grade, maar gebruik nie meer ons gesonde verstand nie. Het meer ken- nis, maar minder oordeel, meer “spesialiste / ad- viseurs”, maar meer probleme. Meer medisyne, maar meer siektes! Ons drink baie, rook baie, leef roekeloos, lag te min, ry te vinnig, raak te gou kwaad, bly te laat op, word te gou moeg, lees te min, kyk te veel televisie, te veel op ons selfone en/of rekenaars én bid te min! Ons vermeerder ons eiendomme, maar verminder ons waardes. Ons praat te veel en toon te min liefde en haat te veel! Ons het ‘n leefstyl aangeleer, maar nie ‘n lewe nie. Ons voeg jare by ons lewe, maar nie lewe tot ons jare nie. Ons was tot by die maan en terug, maar het probleme om oor die straat te stap en nuwe bure te ontmoet. Ons het ‘n pragtige beeld wat ons uitstraal, hoe is jou eie ‘selfbeeld’. Ons doen groot dinge, wat van goeie klein dingetjies. Ons maak die omgewing skoon, maar besoedel ons siele. Ons skryf meer, maar leer minder. Ons beplan meer, maar bereik minder. Ons bou meer en groter rekenaars om meer inligting te stoor en inligting te bekom, maar kommunikeer minder en minder. Dit is tye van gemorskos, stadige vertering, groot manne en klein karakter. Tye van twee inkomstes, meer egskeidings, mooier huise, maar gebroke huise. Tye waar die vertoonlokaal vol is, maar daar geen voorraad is nie. Tye waarin tegnologie hierdie skrywe na jou kan bring, jy kan dit ‘delete’ of ‘share’. Uit die hoof se kantoor : Onthou : 1. Spandeer tyd saam met jou geliefdes, hulle is nie vir altyd daar nie. 2. Ondersteun jou kinders met liefde, hulle word groot en jy oud/alleen. 3. Ondersteun jou geliefdes / vriende wanneer hulle dit nodig het. 4. Die lewe word nie gemeet met hoeveel keer wat jy asemhaal nie, maar met die kere wat die lewe jou asem weggeslaan het. - George Carlin Datumlys : 20 Mei Welkom Volkskool skaak vs Senties (Weg) Skaak Ligawedstryde (Odensia) 21 Mei Tobie van Rooyen rugbydag in Welkom Landloop Interprovinsiaal (Bloemfontein) 23 Mei Goudveld Kunstefees: Gr. 1-3 leerlinge 24 Mei Goudveld Kunstefees: Gr. 4-7 leerlinge Rugby semi-finale by Bethleme Voortrekker Hoërskool 26 Mei Cheetah 0/12 en 0/13 rugbytoernooi in Bloemfontein Vaalpark netball (0/9 - 0/13) vs Senties (Weg) 27 Mei Cheetah 0/12 en 0/13 rugbytoernooi in Bloemfontein Senties skaak vs Brandwag (Tuis) 28 Mei Cheetah 0/12 en 0/13 rugbytoernooi in Bloemfontein 29 Mei Sedert 1847 sien ons vir die eerste keer ‘n “Groen maan”. No. 16 Mei 2016 Nuusbrief van Sentrale Volkskool Kroonstad Skoolhoof: Mnr LGH Welthagen Tel 056 2125 731 Hillstraat 92 [email protected] Die Nautilus Wiskundekamp vind weer op 4 Junie plaas in Bloemfontein. Gr. 4 - 7 leerlinge wat wil inskryf moet hul R150.00 inskrywings- geld voor 26 Mei by Juf. Carol inbetaal. Klasfoto’s : Klasfoto’s kan bestel word by registeronderwysers teen R20.00 Sluitingsdatum : 1 Junie 2016

Rooimier 16 - 2016

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusbrief 16

Citation preview

Page 1: Rooimier 16 - 2016

Ons het hoër geboue, korter humeure, wyer snel-weë en smaller sienings. Ons spandeer meer, maar het minder. Ons koop meer, geniet minder. Ons het groter huise, kleiner families, meer geleenthede, maar minder tyd. Ons het meer grade, maar gebruik nie meer ons gesonde verstand nie. Het meer ken-nis, maar minder oordeel, meer “spesialiste / ad-viseurs”, maar meer probleme. Meer medisyne, maar meer siektes! Ons drink baie, rook baie, leef roekeloos, lag te min, ry te vinnig, raak te gou kwaad, bly te laat op, word te gou moeg, lees te min, kyk te veel televisie, te veel op ons selfone en/of rekenaars én bid te min! Ons vermeerder ons eiendomme, maar verminder ons waardes. Ons praat te veel en toon te min liefde en haat te veel! Ons het ‘n leefstyl aangeleer, maar

nie ‘n lewe nie. Ons voeg jare by ons lewe, maar nie lewe tot ons jare nie. Ons was tot by die maan en terug, maar het probleme om oor die straat te stap en nuwe bure te ontmoet. Ons het ‘n pragtige beeld wat ons uitstraal, hoe is jou eie ‘selfbeeld’. Ons doen groot dinge, wat van goeie klein dingetjies. Ons maak die omgewing skoon, maar besoedel ons siele. Ons skryf meer, maar leer minder. Ons beplan meer, maar bereik minder. Ons bou meer en groter rekenaars om meer inligting te stoor en inligting te bekom, maar kommunikeer minder en minder. Dit is tye van gemorskos, stadige vertering, groot manne en klein karakter. Tye van twee inkomstes, meer egskeidings, mooier huise, maar gebroke huise. Tye waar die vertoonlokaal vol is, maar daar geen voorraad is nie. Tye waarin tegnologie hierdie skrywe na jou kan bring, jy kan dit ‘delete’ of ‘share’.

Uit die hoof se

kantoor :

Onthou : 1. Spandeer tyd saam met jou geliefdes, hulle is nie vir altyd daar nie. 2. Ondersteun jou kinders met liefde, hulle word groot en jy oud/alleen. 3. Ondersteun jou geliefdes / vriende wanneer hulle dit nodig het. 4. Die lewe word nie gemeet met hoeveel keer wat jy asemhaal nie, maar met die kere wat die lewe jou asem weggeslaan het.

- George Carlin

Datumlys : 20 Mei Welkom Volkskool skaak vs Senties (Weg)

Skaak Ligawedstryde (Odensia)

21 Mei Tobie van Rooyen rugbydag in Welkom

Landloop Interprovinsiaal (Bloemfontein)

23 Mei Goudveld Kunstefees: Gr. 1-3 leerlinge

24 Mei Goudveld Kunstefees: Gr. 4-7 leerlinge

Rugby semi-finale by Bethleme Voortrekker Hoërskool

26 Mei Cheetah 0/12 en 0/13 rugbytoernooi in Bloemfontein

Vaalpark netball (0/9 - 0/13) vs Senties (Weg)

27 Mei Cheetah 0/12 en 0/13 rugbytoernooi in Bloemfontein

Senties skaak vs Brandwag (Tuis)

28 Mei Cheetah 0/12 en 0/13 rugbytoernooi in Bloemfontein

29 Mei Sedert 1847 sien ons vir die eerste keer ‘n

“Groen maan”.

No. 16 Mei 2016

Nuusbrief van Sentrale Volkskool Kroonstad Skoolhoof: Mnr LGH Welthagen Tel 056 2125 731 Hillstraat 92

[email protected]

Die Nautilus Wiskundekamp vind weer op 4

Junie plaas in Bloemfontein. Gr. 4 - 7 leerlinge

wat wil inskryf moet hul R150.00 inskrywings-

geld voor 26 Mei by Juf. Carol inbetaal.

Klasfoto’s :

Klasfoto’s kan bestel word by

registeronderwysers teen R20.00

Sluitingsdatum : 1 Junie 2016

Page 2: Rooimier 16 - 2016

Sons

kyn

Sent

ie

van

die

wee

k

Jan Rabé

Koshuishoekie : Opsaal Koshuis is die enigste koshuis waar mens bederf word. Vir elke netjiese kind is daar ‘n belonging en vir elke morsjors ‘n straf. Vir elke koshuisprefek is daar ‘n werk. Geen prefek werk alleen nie (As almal mos saam werk, is ons vinnig klaar). Ons het ‘n DSTV waarop ons Animal Planet kyk asook Cartoon Network. Daar is elke dag twee studie sessies. Een in die middag en een in die aan. In die eksamens word jy toegelaat om in jou kamer te studier indien jy bo 70% op jou rapport kry. Niemand het ‘n verskoning om met onvoltooide huiswerk by die skool te kom nie. Ons het 2 koshuistannies wat ons so bederf en dan is daar nog die Onnies wat lekker saam ons speel. Die lekkerste ete is natuurlik aandete wat ons kan geniet na ‘n lang besige dag. Na aand studie kry ons lekker koffie en koekies om ons lekker warm te maak. Kom koshuis toe, moenie op die bederf uitmis nie.

- Elana Marx

SENTIES ONDERSTEUNERSKLUB

Ons wil graag hê elke ouer moet betrokke

raak by die ondersteunersklub. As jy

belangstel, stuur asb jou naam, nommer en

e-pos address na: [email protected] .

BOKKIEWEEK 2016 Sentie ouers! Hou hierdie datums oop: 4 – 8 Julie.

Die Ondersteunersklub het ‘n stalletjie by Bokkieweek gekry en - soos

die Sportdag - het ons elke ouer se hulp nodig om van hierdie geleen-

theid ‘n sukses te maak. Elke ouer wat beskikbaar gaan wees en hulle

pad oopsien om ons te kom help, stuur asb jou naam na: Maretha Pelser 082 576 6467. As jy nie kan kom help nie en voel jy wil vir ons ‘n by-

drae gee, stuur net ‘n boodskap na die nommer hierbo.

Kom ons gebruik sommer hierdie week as ‘n kenmekaar. As jy nog nie

inskakel by die skool nie, kom kyk net hoe lekker kan ons Sentie ouers

saam werk!

As daar iemand is wat ons kan help met die leen van ‘n yskas gedurende

die Bokkieweek sal ons dit baie waardeer. Ons sal dit self kom oplaai.

Sakel asseblief vir Maretha Pelser indien u ons kan help.

Semi - Finaal : Vrydag, 20 Mei te Witteberg

Baie sterkte aan Miya Jordaan en Shuan Morgan. Hou Senties se naam hoog!

Page 3: Rooimier 16 - 2016

Druk op die volgende skakel om die Google Kalender te aktiveer : https://calendar.google.com/calendar/embed?src=senties.co.za_8sc7h6sopq7o5tvbf5gr5ni1bs%40group.calendar.google.com&ctz=Africa/Johannesburg

Ons is opsoek na nog ‘n 10 000L tenk wat ons gedurende die

Bokkieweek kan gebruik. Ons is ook opsoek na

beddjies wat ons kan leen of huur vir die Bokkieweek. In-

dien u van enige iets weet kan u my gerus op 0722275707.

Ons sal dit self gaan haal as dit moet.

Baie dankie by voorbaat,

LGH Welthagen.

Senekal Redenaarsfees : 27 Julie

Inskrywings sluit 27 Mei 2016

Verlore Klere/Items :

Daar gaan voortaan nie meer ‘n “lost & found” boks

wees nie. Alle verlore klere/items kan slegs Maandae en

Vrydae vanaf 07:30 - 13:00 besigtig word onder toesig.

Vir meer inligting , kontak asseblief vir Kokkie J.v

Vuuren : 073 319 3112

Baie dankie.

Lynne Scheepers

TRUIDA KESTELL C&D NETBALTOERNOOI Datum: 26 Mei te Bethlehem Die volgende spanne neem aan bogenoemde deel: 0/9C en 0/12C + D. Wedstryde begin om 13:00. Program en inlig-ting volg in brief. NETBALWEDSTRYDE: VAALPARK Ouers neem asb. kennis dat bogenoemde wed-stryde verskuif na Donderdag, 26 Mei te Vaal-park, Sasolburg. Program en inligting volg sodra ons dit ontvang. Dit is die laaste ligawedstryde vir die seisoen. Spanne betrokke: 0/9 - 0/13 A en B.

Senties - Ondersteunersklub wens al die studente sterkte toe met hul eksamens asook die netball en

- rugbyspanne met die semi-finale wat voorlê.

Assessering :

Graad 4

24 Mei ENG Prepared Reading (Platinum pg. 69 & 70)

1 Junie AFR Boekverslag. Lees ‘n boek (op 10-jarige vlak) en bring die boek saam op 1 Junie. Jy gaan ‘n skriftelike boekverslag

in die klas doen.

2 Junie SW Geskiedenistoets : (Bl.100 – 107)

Graad 6

24 Mei ENG Language Test

26 Mei AFR Toets : Tema 8 (Bl.86, 87, 91, 92, 93, 96) Oranje

handbook (Bl.94 – 97)

Graad 7

24 Mei ENG Language Test

26 Mei AFR Toets : Hoofstuk 8 (Bl.86, 87, 89, 91, 92, 93, 96)

AMT (Bl.143 – 146)

BOKKIEWEEK - Hulp asb.

Page 4: Rooimier 16 - 2016

Uitslae vir

die week :

Skaak : A - span : St. Helena wen 1 - 5 B - span : Gelykop 3 - 3 Junior span : St. Helena wen 1 - 5

Landloop : Baie geluk aan Joret Olivier en Chelani Brink wat vir die Landloop Interprovinsiale span gekies is. Hulle hardloop Saterdag in Bloemfontein! Ons is trots op julle! Lekker hardloop!

Rugby : SVS vs. Welkom Volkskool Leeus : Welkom Volkskool wen Tiere : Welkom Volkskool wen 0/9 A : Welkom Volkskool wen 0/9 B : Welkom Volkskool wen 0/11 A : Welkom Volkskool wen 0/11 B : Welkom Volkskool wen 0/13 A : Sentraal wen 20 - 12 0/13 B : Gelykop 12 - 12

Netbal : SVS vs. Parys 0/7 A : Parys wen 2 - 3 0/7 B : Gelykop 3 - 3 0/8 A : Parys wen 6 - 4 0/8 B : Sentraal wen 1 - 0 0/9 A : Sentraal wen 6 - 4 0/9 B : Parys wen 5 - 2 0/10 A ; Parys wen 19 - 2 0/10 B : Gelykop 2 - 2 0/11 A : Parys wen 15 - 5 0/12 A : Sentraal wen 25 - 9 0/12 B : Sentraal wen 24 - 8 0/13 A : Parys wen 28 - 11 0/13 B : Sentraal wen 26 - 10

Rekenaar en NW taak - Gr. 6 , 7 Die meeste leerlinge se Expo taak vir die kwartaal vorder goed. Ons moet binne die volgende twee weke 'n uitdruk van die leerlinge se werk maak. Daar is egter leerlinge wat elke week kom sonder enige inligting. Geheueokkies met foto's is welkom. Die taak tel 100 punte vir Rekenaars en 50 punte vir NW.

Baie geluk aan die volgende leerders wat in verskeie

Bokkieweekspanne ingesluit is :

Rugby : Joubert Fourie, Janico van Coller, Jandré du Plessis.

Goudveld Kunstefees te Goudveld Hoërskool, Welkom.

Kleredrag: Swart Spraak- en

Dramahemp, swart langbroek.

Geen juwele. Bring jou gedig saam.

Gr. 1, 2, 3: 23 Mei 2016 om 11:00 in skoolsaal. Vertrek

om 9:30 vanaf skool. Sal om 17:00 terug wees.

Gr. 4, 5, 6, 7: 24 Mei 2016 om 8:45 in

skoolsaal. Vertrek om 7:30 vanaf skool. Sal 15:00 weer

terug wees by skool.

Ons vra asb. dat die ouers ons sover moontlik sal help

om die kinders na Welkom toe te vervoer.

Daar is ook 'n hele aantal leerlinge se R170 jaargeld

uitstaande. Ons betaal ons inskrywingsgelde en

eksamen hieruit. Die Kroon Kunstefees se geld moet

aan die einde Mei oorbetaal word en ons kan u kind

nie inskryf as sy jaarfooie nog uitstaande is nie.

By voorbaat dank vir almal wat so hard werk aan hul

gedigte. Kom ons maak 'n sukses hiervan.

Job 5 : 8 - 10

Maar wat my aangaan,

ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê,

aan hom wat groot dinge doen en ondeurgronddelike

wonders sonder getal : wat reën gee oor die aarde en

waters uitstuur oor die velde.