76
NR. 4 VAN 2010 R16,95 (BTW ING.) GRATIS AAN LEDE www.solidariteit.co.za VAKBONDLEDE VAT VOOR MET VOORUITGANG (STU)KRAG ECONOMY SAK EN PAK NA PLATTELAND: IS DAAR WERK? * Consumers get Act (together) * Hiring plans: Cautious optimism * Welfare state not sustainable AFRIKAANS: JOU REGTE & ONDERRIG IN MOEDERTAAL AFRIKAANS: JOU REGTE & ONDERRIG IN MOEDERTAAL

Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Die Amptelike tydskrif van die vakbond Solidariteit in Suid-Afrika. The official magazine of the union Solidarity in South Africa.

Citation preview

Page 1: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

NR. 4 VAN 2010R16,95 (BTW ING.)GRATIS AAN LEDE

www.solidariteit.co.za

VAKBONDLEDE VAT VOOR MET VOORUITGANG

(STU)KRAG

ECONOMY

SAK EN PAK NAPLATTELAND:IS DAAR WERK?

* Consumers getAct (together)

* Hiring plans:Cautious optimism

* Welfare statenot sustainable

AFRIKAANS:JOU REGTE &ONDERRIG INMOEDERTAAL

AFRIKAANS:JOU REGTE &ONDERRIG INMOEDERTAAL

Page 2: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4
Page 3: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4
Page 4: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

helpendefokus op

hand

38

39

40

’n Ruimte waar almal gelukkig kan wees

Internasionale Afrikaanseg(e)roep vir vroue

Afrikaanse Entrepreneurs-konferensie kom

S

6 INTRAPSLAG: Dankie en totsiens7 KUBERKLETS: Hieroor word gegons8 SPREEKBUYS: Oplossing vir armoede, werkloosheid lê in verhoging van produksie34 MY GELD: Knikker die knellende kredietknyptang36 MY GESIN: Hoe veilig is jou huis?36 MY WERK: Wat is etiek?64 JY & DIE REG: Poligraaftoetse: Die jongste modewoord66 ARBEIDSAKE: Solidariteit Regsdienste: Hoe doen hul dit?68 DIE LEES WERD: Reise, rillers, raad vir leesgeesdriftiges70 HISTORIES GESPROKE: Die verhaal van Lizzie van Zyl (en ander)71 HISTORIES GESPROKE: Klein Kerkie met die groot storie van troos, erfenis73 STILW(O)ORD: ’n Plek waar die blare genesing bring

42 Bedryfsnuus: Alles en nog wat oor diebedrywe waarin Solidariteit funksioneer

52 Membership: A winning partnership72 Solidariteit-dienskantore tot u diens

gereeld

11

GEFOKUS

Lees vanaf bladsy 37 hoeHelpende Hand ’n daad-werklike verskil maak.

nuuswaardig

vakbondfokus

10 Vakbond vat voor met vooruitgang14 Hiring plans: Cautious optimism15 AfriForum kekkel, bulk op Solidariteit Radio16 Die ABC van digitale migrasie16 Solidariteit Navorsingsinstituut betree kuberruim18 Skud spanning af op die net18 Wat het van die Metroblitz geword?20 Solidariteit-segsman, strateeg en staatmaker22 Moedertaalonderrig: Steeds beste vir kind23 Solidariteit: Die tuiste vir wenners24 Vat jou goed en trek Ferreira – platteland toe28 Mynbou: 2010 propvol uitdagings30 Verbind tot die lang termyn30 Organiseerders in die mynboubedryf32 Nuwe handves gee nou mynboupas aan54 Sol-Tech-studente steek grens(e) oor54 Welgedaan en dankie, Sol-Tech54 Meer as net kollege55 Solidariteit pak self skaars vaardighede56 Ramp kan goudveld se glans verwater58 Taalregte en voorbeelde uit Europa60 Consumers get their Act (together)62 A welfare state is not sustainable

73

22

2866

INhoudN O M M E R 4 V A N 2 0 1 0

>>>

Page 5: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4
Page 6: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

ierdie was die moeilikste rubriekwat ek in my vyf jaar as redak-teur van Solidariteit Tydskrifgeskryf het. Die rede: Dit is mylaaste rubriek. Om totsiens te sêis moeilik, maar soos die Ame-

rikaanse politikus Ivy Baker Priest tereg gesêhet: “The world is round and the placewhich may seem like the end may also bethe beginning.” 31 Augustus beteken vir mydie einde van ’n wonderlike loopbaan bySolidariteit. Dit is egter ook die begin vanopwindende nuwe dinge vir my.

Abraham Lincoln, een van die grootsteleiers wat die VSA ooit opgelewer het, hetgesê: “The dogmas of the quiet past are in-adequate to the stormy present. The occa-sion is piled high with difficulty, and wemust rise with the occasion. As our case isnew, we must think anew and act anew.”

Ons leef in wonderlike tye, maar ookhartseer tye. Daar is wonderlike vooruitgang op soveel gebiede, maar ook geweldige agter-uitgang op ander. Die slegste vir my is die agteruitgang van die Afrikaner se kultuur, tradisies,waardes en instellings. Ons moet nogtans positief en hoopvol wees. Ons moet pres. PaulKruger se raad volg: “Soek in die verlede al die goeie en skone wat daarin ontdek is, vormdaarna u ideaal en trag om vir die toekoms daardie ideaal te verwesenlik.”

John Adams, Amerikaanse grondlegger, het iets soortgelyk gesê: “Without wishing to dampthe ardor of curiosity or influence the freedom of inquiry, I will hazard a prediction that, after

the most industrious and impartial re-searchers, the longest liver of you all willfind no principles, institutions or systemsof education more fit in general to betransmitted to your posterity than thoseyou have received from your ancestors.”Afrikaners moet, te midde van al hulle

ekonomiese en ander welslae, hulself opnuut daaraan herinner dat dit juis die swaarkry, pyn,lyding, harde werk en deursettingsvermoë van hul voorvaders was wat dinge vandag vir hullemoontlik gemaak het.

Ons moet terselfdertyd vorentoe kyk en nuwe oplossings vir vandag se probleme skep. Dit iswaarom ek vanaf 1 September 2010 as uitvoerende hoof van die Orania Beweging binne Suid-Afrika se talle werklikhede, insluitend die ekonomiese, demografiese, kulturele en historiesewerklikhede, vir Afrikaners ’n inklusiewe toekoms in Suid-Afrika wil help bou. In Orania gaanons die persepsies van verkramptheid, isolasie en meerderwaardigheid uitwis en die ideaal vanselfstandigheid, gemeenskapsontwikkeling, samewerking met ander volke in Afrika, hoëstandaarde, ontwikkeling in harmonie met die omgewing, en die behoud van ons taal, kultuur,tradisies en waardes, nie ten koste van enigeen nie, maar as aanwins vir die land, uitbou.

Dankie aan elke leser, kollega, vriend, familielid en kennis op wie se opbouende kritiek,hulp, vriendskap, mentorskap, geduld en kameraadskap ek die afgelope sewe jaar kon staat-maak. Mag my klein bydrae help om van Solidariteit in die toekoms ’n nog groter, invloed-ryker, maar ook verantwoordelike en verskilmakende instelling te maak.

r e d a k t e u r s b r i e f

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 6

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo virSirkulasie en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus

11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud magsonder die toestemming van die redakteur elders gebruik

word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geenverantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enigeaansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOORSOLIDARITY HEADOFFICE

H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig

Tel: 012 644 4300

www.solidariteit.co.za

0861 25 24 23

JACO KLEYNHANSREDAKTEUR

REDAKTEUR � EDITORJaco Kleynhans

NUUSREDAKTEUR � NEWS EDITORIlze Nieuwoudt

FOTOREDAKTEUR � PHOTO EDITORReint Dykema

WEBREDAKTEUR � WEB EDITORDaleen de Jager

ADVERTENSIES � ADVERTISEMENTSDenise Viljoen, tel: 082 352 7147Adrie van Dyk, tel: 082 850 6784

ADVERTENSIE-ONTWERP �

ADVERTISEMENT DESIGNMartie Maree

TAALVERSORGING, VERTALING �

LANGUAGE EDITING, TRANSLATIONChalize Moran, Anesta van Eeden

INTEKENARE � SUBSCRIPTIONSHeleen Robbertse

REKENINGE � ACCOUNTSElna Botes

MEDEWERKERS � CONTRIBUTORSMarietha Malan, Paul Joubert,

Magdaleen Kleynhans, Reint Dykema,Daleen de Jager, Ilze Nieuwoudt,

Moira-Marie Kloppers, Francois Calldo,Surika van Schalkwyk, Charl Oberholzer,

Danie Langner, Marnia Verwey,Grietjie Swanepoel, Phil Davel, Alana Bailey

UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE

tel: 082 445 [email protected]

DRUKWERK � PRINTINGPaarl Media Gauteng

VERSPREIDING � DISTRIBUTIONPrestige Bulk Mailers, Pretoria

FOTO

:YO

LAN

TER

BLA

NC

HE

jaco kleynhansINTRAPSLAG

Dankie & totsiens

h

“Ons moet terselfdertyd vorentoekyk en nuwe OPLOSSINGS virvandag se probleme SKEP.”

Page 7: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

k u b e r k l e t s

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an u m b e r 4 o f 2 0 1 0 7

KUBERKLETShieroor word gegons

Word deel van die gesprek by www.soldariteit-blog.co.za of op een van diesosiale netwerke. Of skryf aan Solidariteit Tydskrif, Posbus 11760, Centurion0046; of stuur e-pos na [email protected]. Die redakteur behou hom diereg voor om enige bydrae te verkort, te redigeer of glad nie te publiseer nie.

Solidariteit se sosiale mediawoel met menings, raad,voorstelle en kommentaar!Daar is reeds meer as 11 000vriende wat deel geword hetvan Solidariteit se groepe opFacebook, wat AfriForum,AfriForum Jeug en HelpendeHand se groepe insluit. Houaan kommentaar lewer, Soli-dariteit hou sy ore gespits!

POSBUSMH Botha skryf: Ek is ’n outannie wat nie eintlik instaat is om julle met geld ofgoed te help nie, maar toeek vanoggend vir julle bid,het ek die Here se hart sterkervaar. Ek dra dit oor in ver-troue dat dit julle sal be-moedig en versterk. Al is julle ’n kleinvakbond in die wêreld van magtige vak-bonde, omdat julle God volg, gebruik Hydit om magtige dinge te doen. Kies om diegeloof te behou te midde van die on-gelowige wêreld se geweldige teenstand.

Bid daagliks Efesiërs 6 sevolle wapenrusting oor jullewerknemers en werk, veraloor die hoofbestuur wat diemeeste verantwoordelikheiden gesag dra. Dit is ookhulle wat die sterksteaanvalle van die bose salervaar. Ek bid ook die geloofvir julle toe – 2 Kronieke 20

en veral 2:15-24. Ek ervaar ook sterk datsoos julle die bietjie wat julle het vir Homgee, Hy dit gebruik om “vissies enbroodjies”-wonderwerke te laat bewaar-heid. Oorvloedige salwing en seën wordjulle toegebid.

Facebook:

Reaksie op Afri-Forum wat FIFAoor die verkeerdegebruik van plek-name gepak het:

Fanie van HeerdenFIFA is net so belaglik soos die ANC.

Nicoline de BeerWonderlik, weer ’n bewys dat ons onsmonde moet rek en kla as dinge nie reg isnie. Dankie julle!

Pieter Schalk van WykMooi, die boelies kyk op hulle neuse. Won-der net watter skade reeds aangerig is?

Koos OppermanMooi AfriForum. Nog ’n merk op ons mikstok.

Die Sokkerwêreldbeker:

Steven MontgomeryEk het die openingskouspel van die Wêreld-beker baie rassisties gevind, aangesien daargeen volkspele of enige ander blanke rassese tradisies voorgehou is nie. Suid-Afrika isveronderstel om ’n reënboognasie te wees.

Kommentaar op Solidariteit Helpende Handse veldtog teen die beweerde verkragterJakobus September, oftewel Pepe:

Corrie HawkinsMaak hom voëlvry sodat die gemeenskapaan hom kan doen wat hy aan ander gedoenhet. Kriminele het dit lekker vandag, hullehet ’n koningstyd in die tronke terwyl dieslagoffers moet ly.

Woord van dank:

Naomi KrugerEk wil net baie baie dankie sê vir die hulpwat ek van Solidariteit Helpende Handontvang het. Ek het talle ander organisasiesal om hulp gevra, maar dit is net Solidariteitwat geantwoord en ons gehelp het.

Debat oor die wettiging van aborsie:

Melanie VoordewindWEG, WEG, WEG, WEG!

Mariëtte Potgieter BarwiseWeg met aborsie. Dit is God se kindertjies, onskan nie oor hulle lewe of dood oordeel nie.

Linda van RensburgAborsie is iets wat in elke geval nie deur ’nregering beheer moet word nie. Elke moedermoet self besluit of sy wil aborteer of nie. Dithet niks met enigiemand anders te doen nie,behalwe die pa.

Bernadette RobertsGelukkig bly ek in ’n land waar ek ook mymening mag lug. Terloops, ek is ’n EngelseSuid-Afrikaner.

FOTO

’S:i

STO

CK

PHO

TO.C

OM

Solidariteit maak dit voortdurendmakliker vir mense om by die vakbondaan te sluit. Jy kan ook aansluit deurbloot ’n SMS te stuur. Solidariteit sedienssentrum sal jou dan terugskakelen vinnig en maklik telefonies helpaansluit. Al wat jy hoef te doen, is omdie woord “LID” na 34388 te stuur.SMS’e kos R2.

Aansluiting net’n SMS ver!

Page 8: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

aie misdadigers gebruik problemesoos armoede, werkloosheid enongelykheid as verskoning om ge-weld teen ander te pleeg. Daar isegter nie ’n verskoning vir geweld

nie en dit moet met mag en mening teenge-staan word. Die feit bly dat ’n oplossing vir ar-moede en werkloosheid gevind moet word.

Die groot vraag is wat dié oplossings is.Die antwoord op hierdie vraag het die wêreldal ernstig verdeel en het al dikwels gelei totkonflik, soos die Koue Oorlog. Daar is breed-weg twee uiteenlopende oplossings wat aan-gebied word om mense uit armoede te lig.

Baie vereenvoudig, is die een oplossing datdie produksie van ’n land deur die privaat sek-tor verhoog moet word sodat die ekonomiegroter word en almal meer voordeel daaruitkan trek. Dit word gesien as ’n markekono-mie, en word ook kapitalisme genoem.

In só ’n stelsel is gelyke geleenthede viralmal die doelwit. Die ander oplossing is datverbruik van die armes verhoog moet worddeurdat die staat welvaart moet herverdeeldeur middel van belasting en ’n welsynstelsel.Dit word gesien as sosialisme, wat gelykeuitkomste vir almal ten doel het.

Waar gelykheid in die vrye mark ’n gelykewegspring beteken, is die gelykheid van so-sialisme gelyk by die wenpaal! In die praktykkan hierdie stelsels nie geheel en al geskeiword nie, en in Suid-Afrika is daar byvoor-beeld ’n gemengde stelsel.

Die privaat sektor neem aan die vryemark-stelsel deel en laat die ekonomie groei, waar-na die staat die 5,5 miljoen mense wat be-lasting betaal se geld met ’n herverdelendebelastingstelsel gebruik om toelaes, behuisingen basiese dienste aan sowat 15 miljoen ar-mes te finansier.

s p r e e k b u y s

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 8

ILLU

STR

ASI

E:iS

TOC

KPH

OTO

.CO

M•

FOTO

’S:R

EIN

TD

YK

EMA

b

Suid-Afrika is ’n mooi land met talle probleme soosarmoede, werkloosheid en ongelykheid. Die toekomskan nie rooskleurig wees as daar nie oplossings virdié probleme gevind word nie, skryf FLIP BUYS.

Oplossing vir armoede, werkloosheid lê in die

verhoging van produksie

flip buysSPREEKBUYS

Page 9: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

s p r e e k b u y s

Ander bronne van inkomste wat die staatgebruik, is maatskappybelasting, BTW, mu-nisipale belastings en belasting wat byvoor-beeld op brandstof en elektrisiteit gehef word.

PRODUSENTE-ORGANISASIESolidariteit voel sterk daaroor dat armoede enwerkloosheid beveg moet word, maar sien dieantwoord in die verhoging van produksie.Ons glo sosialisme is nie die oplossing nie,omdat die geskiedenis bewys het dat werkne-mers in sosialistiese lande baie slegter daaraantoe is as werkers in vrye ekonomieë.

Selfs die nuwe Kubaanse president, RaúlCastro, het onlangs gesê dat sosialisme na ge-lyke regte en geleenthede moet verander, ennie meer gelyke inkomste vir almal nie. Kubahet onder Raúl se broer Fidel gelykheid nage-streef, maar die gevolg was ’n gelykop ver-spreiding van armoede! Die gemiddeldeinkomste van Kubane beloop volgens TheEconomistminder as R200 per maand plus ’npaar beskeie welsynvoordele.

Omdat Solidariteit se lede by privaat maat-skappye werk waar hulle die ekonomie helpom te groei, is Solidariteit ’n produsente-orga-nisasie. Die rede daarvoor is dat ’n groeiendeekonomie meer werk skep. Boonop betaalmaatskappye wat wins toon meer belasting,wat die regering in staat stel om die land te be-stuur en ook vir die armes te sorg. ’n Produ-sente-organisasie glo ook dat almal goeieonderwys en opleiding moet ontvang, andersbeteken gelyke geleenthede niks. Ons staandus ook onbillike regstellende aksie teen aan-gesien dit tot ongelyke geleenthede lei.

SELFHELPDie doel van Solidariteit Helpende Hand isnie om aalmoese te gee vir mense wat nie wilwerk nie. Ons help mense om hulself te helpdeur beurse toe te ken, jongmense op te lei enberoepsleiding te gee ten einde mense metloopbaankeuses te help. Kinders word ookbemagtig om te leer deurdat Helpende Handkos aan honger skoolkinders voorsien enduisende skooltassies met skryfbehoeftes aanbehoeftige kinders versprei.

Aan die een kant help ons lede die ekono-mie groei deur te produseer, en aan die anderkant help Solidariteit sy mense om deel teneem aan produksie sodat hulle vir hulselfkan sorg. Ons glo dus aan opheffing deur op-leiding, en nie armoedeverligting deur welsynnie. Welsyn is net bedoel vir regtig weerlosegroepe soos gestremdes, kinders en bejaardeswat nie vir hulleself kan sorg nie.

Die snelweg na ’n beter toekoms vir almalloop deur die verhoging van produksie, watsal deurvloei na ’n verhoging van verbruik engevolglik ’n hoër lewenstandaard. S

IN MEMORIAMEen van Solidariteit-hoofkantoor se langsdienen-de personeellede, Marius Janse van Rensburg, isskielik op 21 Junie oorlede. Sy dood is ’n grootverlies vir sy kollegas asook vir Solidariteit asgeheel. Marius het in Februarie 1992 die leiselsby sy pa, Marius Janse van Rensburg sr., oorge-neem en het as rekenmeester ’n kernrol in diesuksesvolle bestuur van die vakbond en bewe-ging se finansies gespeel. Die oorskakelingspro-ses van die ou rekeningkundige handstelsel nadie elektroniese stelsel wat vandag gebruik word,is onder meer aan Marius se leiding te danke enhy het ook lank in die direksie van HelpendeHand gedien. Hy word oorleef deur sy vrouMelinda, wat ook ’n Solidariteit-werknemer is.

Marius Janse van Rensburg

n u m b e r 4 o f 2 0 1 0

TATA SilvertonTruck, bus & carDykorstraat 322,Silverton, PretoriaTel: 012 804 1314

Vic 082 055 3288Bradley 073 686 2757Ivan 071 083 4263

Page 10: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 10

Vakbond vat voor met vooruitgang

aar was kritiek, daar was pole-miek en toe was daar die Gau-trein. Ten spyte van sterk teen-kanting uit vele oorde oor ondermeer die koste, die behoefte aan

so ’n trein en die tyd waarin dié sneltrein-diens opgerig moet word, het die Gautreinamptelik op 8 Junie geopen.

Dit volg ná jare se beplanning en kon-struksie uiteindelik aan die eerste been vandie roete voltooi is. Die been loop tussenSandton en die OR Tambo InternasionaleLughawe in Kempton Park. Die opening vandie treindiens is met optimisme begroet ennagenoeg 40 000 passasiers het reeds dieeerste naweek wat die Gautrein ingestel is,die nuwe openbare vervoerstelsel uitgetoets.

Volgens Lee Coetzee, Solidariteit-organi-seerder in die metaal- en ingenieursbedryfverantwoordelik vir groot projekte, is Soli-dariteit-lede op verskeie vlakke by die Gau-trein-projek betrokke. “Die Gautrein-projekis ’n multidissiplinêre projek en een van diegrootste sneltreinprojekte. Die projek benutdie kennis van werknemers uit verskeiebedrywe, naamlik die mynbou-, siviele enmetaal- en ingenieursbedryf,” sê hy.

Maatskappye uit die mynbedryf is ondermeer verantwoordelik vir die tonnelwerk,terwyl maatskappye in die siviele sektor ver-antwoordelik is vir die oprigting van infra-struktuur soos stasies, brûe asook oorhoofseen ondergrondse betonstrukture. Wat diemetaal- en ingenieursbedryf betref, is maat-skappye hier onder meer verantwoordelikvir die aanmekaarsit en toets van die treine.

Hy beklemtoon dat die Gautrein uniekegeleenthede vir werknemers gebring het.“Hoewel dit nie noodwendig as deel van ’namptelike ooreenkoms vir vaardigheidsoor-drag gedoen is nie, het Suid-Afrikaanse werk-nemers ongekende blootstelling ontvang.Werknemers het byvoorbeeld die geleentheidgekry om opleiding op toerusting en dieinstandhouding daarvan te kry, wat hulle nouuiters gesog maak,” sê Coetzee. S

Die ontwikkeling van infrastruktuur het die afgelope paar jaar reeds vir talle verbeterings gesorg – of ditnou verbeterings aan paaie, die Gautrein, die oprigting van kragstasies, die uitbreiding van hawens ofbou van stadions is. Solidariteit se lede het boonop ’n onmisbare aandeel in al hierdie projekte gehad.

FEITE OOR DIE GAUTREIN• Die trein ry teen ’n spoed van tussen 160 en 180km/h.• Die eerste roete wat reeds voltooi is, loop tussen Sandton en die ORTambo

Internasionale Lughawe.• Die tweede roete sal tussen Johannesburg en Pretoria loop en na verwagting teen Junie

2011 in bedryf wees.• Die twee roetes sal uiteindelik drie hoofstasies hê – OR Tambo Internasionale Lughawe,

Pretoria en Johannesburg.• Die roete sal ook ’n verdere sewe stasies hê – Rosebank, Sandton, Marlboro, Midrand,

Centurion, Hatfield en Rhodesfield (in Kempton Park).• Die rit tussen Johannesburg en Pretoria sal nagenoeg 40 minute neem. Die rit tussen

Sandton en die lughawe neem nagenoeg 15 minute.• ’n Minimum van ses treine sal per uur in elke rigting tussen Pretoria en Johannesburg reis.• ’n Rit tussen Sandton en die lughawe kos tans R100, terwyl ’n enkelrit tussen Sandton en

Marlboro R16,50 kos. ’n Rit tussen Sandton en Rhodesfield kos R21.• Gautrein is nie ’n enkele trein nie, maar 25 afsonderlike treine met drie of vier waens elk.• Die treinstelsel is ’n multivlak-, multibaanstelsel.• Besoekwww.gautrain.co.za vir meer inligting oor roetes, treinroosters en busvervoer van

en na die stasies.

dGautrein

FOTO

’S:V

ERSK

AF

Deur Ilze Nieuwoudt

Page 11: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

ie Gautengse hoofwegverbete-ringsprojek (GFIP) is ’n inisiatiefvan die Suid-Afrikaanse pad-agentskap, SANRAL. Dié projekhet reeds voor die Sokkerwê-

reldbekerbod begin en is besig om Gautengse infrastruktuur ’n reuse-hupstoot te gee.Daar word 30 000 werkgeleenthede deurdie projek geskep en talle Solidariteit-ledeverdien hulle brood hiermee.

Solidariteit-lede is op verskeie vlakke enin verskillende fases besig met die bou vanpaaie, die uitbreiding van hoofweë en dieuitskakeling van verkeersknope. Die GFIPbehels onder meer die konstruksie en opgra-dering van hoofweë oor 561 km asook dieopknapping en uitbreiding van 34 wisselaarsin Gauteng. Verskeie Solidariteit-lede is oraloor Gauteng nou betrokke by die GFIP. Hier-die lede is werksaam by konstruksiekontrak-teurs soos Group Five, Basil Read, Esor-franki, WBHO en CMC da Ravina.

’n Solidariteit-lid by Basil Read het aan-

gedui dat hulle besig is met die opgraderingvan die N1-hoofweg, vanaf die Brakfontein-wisselaar, verby Atterburyweg en tot ander-kant Lynwoodweg. “Hierdie gedeelte be-hoort einde vanjaar klaar te wees, aangesiendaar nie tydens die Sokkerwêreldbeker-

toernooi aan die pad gewerk is nie,” het dielid gesê. Ander Solidariteit-lede het ook gesêdat hulle baie positief oor die GFIP is endat hulle trots voel om ’n bydrae tot dieopbou en herstel van Suid-Afrika se infra-struktuur te lewer. S

dGFIP

FOTO

’S:i

STO

CK

PHO

TO.C

OM

Deur Charl Oberholzer

Page 12: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 12

uid-Afrika se ekonomie is hoofsaak-lik in energie-intensiewe mynbou-en mineraalbedrywe gesetel endaarom is die grootste bedreiging

vir Suid-Afrika se ekonomiese groei ’n tekortaan volhoubare elektrisiteitvoorsiening.

Om hierdie bedreiging die hoof te bied,beplan Eskom om in die volgende 15 jaarmeer as ’n triljoen rand aan uitbreidingspro-jekte te bestee om teen 2026 sy elektrisiteit-voorsieningsvermoë te verdubbel. Dié uit-breidingsprojekte het reeds in 2006 begin toeEskom toestemming vir die bou van dieMedupi-kragstasie by Ellisras gekry het – dieeerste nuwe kragstasie wat in 20 jaar in Suid-Afrika gebou sal word. Eskom se uitbreidingssluit ook in die Kusile-kragstasie naby Wit-bank, en Ingula, en ’n hidro-pomp-en-opberg-kragsentrale naby Ladysmith.

Meer as 9 000 werknemers van meer as 19plaaslike en internasionale kontrakteurs ensubkontrakteurs uit die siviele en meganieseindustrieë werk volstoom aan die projek.

Danksy die regering se inisiatief vir ge-deelde groei (ASGISA) asook die projek se ar-beidsooreenkoms (PLA) kom talle van hierdiewerknemers uit die projekte se onmiddellikeomgewing. Die werknemers ontvang indiens-opleiding in verskeie ambagte en vaardighedewat onder meer passers, draaiers, sweisers,ketelmakers, raamwerkmonteerders, staalwer-kers, gehalte-inspekteurs en tegnici insluit.

Solidariteit het lede in letterlik elke afde-ling en fase van hierdie reuse-projek. Vansemigeskoolde jong manne tot ingenieurs,ambagsmanne en projekdirekteure metstringe nagraadse kwalifikasies en jare se on-dervinding. Bourekenaars bereken hoeveelsement nodig is en Solidariteit-lede in diefinansiële afdeling koop dit aan en doenfinansiële en strategiese beplanning. In dielaboratoriums toets nog ’n lid of die sementaan al die vereistes voldoen. Dan is daar voor-manne, veiligheidsinspekteurs en beroepsge-sondheid- en veiligheidspesialiste.

Volgens Lee Coetzee, Solidariteit-organi-seerder in die metaal- en ingenieursbedryfverantwoordelik vir groot projekte, is hierdiemense met hulle kennis en ervaring ook gesogin die buiteland.

“Ons lede wat by hierdie projekte betrokkeis, kies egter om ’n nalatenskap hier in Suid-Afrika te bou. Dit is nie maar net nog ’n projeknie. Dit is ’n projek van nasionale belang,”sê Coetzee. S

sElektrisiteit

Geen taak of projek tegroot vir Lee CoetzeeLee Coetzee, Solidariteit se organiseerder indie metaal- en ingenieursbedryf, is al ses jaarby groot ontwikkelingsprojekte soos die Gau-trein, Medupi en Kusile betrokke en was selfsindirek by dieHoogland-water-projek in Lesothobetrokke. Hy hetin 1986 as werk-nemer by MetalBox in die Vaal-driehoek by diedestydse Mynwer-kersunie aange-sluit en is ’n jaarlater as voltydseverteenwoordiger verkies. Hy het in sy tyd asverteenwoordiger in al die strukture van Soli-dariteit gedien en was onder meer vir sewejaar ’n voltydse verteenwoordiger by Nampak.Lee is sedert 2004 voltyds by die vakbondwaar hy meer as 3 500 lede onder sy vlerk het.FO

TO’S

:REI

NT

DY

KEM

A&

iSTO

CK

PHO

TO.C

OM

DIDYOUKNOW?• South Africa gener-

ates 45% of Africa’selectricity.

• For every 100 houses that are electri-fied, ten new jobs are created.

• South Africa’s electricity network ismade up of more than 300 000 kilo-metres of power lines.

• The Medupi and Kusile expansionprojects are the biggest of their kindin the world.

• The generator stator that forms an in-tegral part of the generator for Medupiweighs an enormous 368 tons.

• Four tractors, two to tow in front andtwo to push from behind, powered by700 HP Cummins diesel engines andtwo trailer units, each with over 200tyres, were used to carry the generatorstator to the site. Ninety tyres weredamaged or destroyed during the tripthat took 18 days to complete.

Lee Coetzee

Deur Moira-Marie Kloppers

Page 13: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4
Page 14: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n e w s w o r t h y

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 14

lthough the South African economy ex-panded by 4,6% during the first quarter of2010, a total of 171 000 jobs were stilllost in the first quarter of 2010, according

to the latest Quarterly Labour Force Survey (QLFS) ofStatistics South Africa which was published in May.

It further seems that with the global recession stillfresh in the minds of employers, they are very cautiouswhen it comes to hiring new employees. This trend canbe seen in the latest results of the Manpower Employ-ment Outlook Survey (MEOS) which is conducted quar-terly to measure the plans of 752 employers in SouthAfrica to increase or decrease the number of employeesin their workforce during the next quarter.

The latest MEOS which was published in June 2010shows that in the third quarter of 2010 there is a trendof cautious optimism among employers in respect ofhiring employees.

South African employers forecast a moderate head-count growth for the third quarter of 2010, with 14% ofemployers expecting to increase their headcount, 7%forecasting a decrease, and 78% expecting no changeduring the third quarter, bringing the net employmentoutlook for South Africa to +7%.

According to the MEOS, employers in five SouthAfrican regions – the Eastern Cape, Free State, Gauteng,the Western Cape and KwaZulu-Natal – forecast apositive headcount growth during the third quarter of2010. Employers in the Western Cape and Gautenghave the strongest hiring intentions at +8%, while em-ployers in the Free State reported an uncertain hiringclimate, with hiring intentions of only +2%. There arealso encouraging signs for jobseekers in the Eastern

Cape, where the outlook is +7%, and in KwaZulu-Natal, where employers reported a cautiously optimisticoutlook of +6%. The MEOS shows that employers ineight of the ten industry sectors forecast positive hiringactivity in the third quarter of 2010.

It seems that employers in the restaurant and hotelsector have the most optimistic hiring plans, with anoutlook of +22%. The wholesale and retail trade sectoralso expects a favourable hiring climate with an outlookof +19%, while employers in the mining and quarryingsector have a respectable outlook of +14%. Employersin the agriculture, hunting, forestry and fishing sectoranticipate a steady headcount growth, with an outlookof +11%. However, the MEOS indicates that employersin both the manufacturing sector and the constructionsector forecast negative headcount growth, with out-looks of -7% and -4% respectively.

For the manufacturing sector, which was hit hard bythe recession and lost a total of 202 000 jobs during2009, the prospect of more job losses is not good news.During the first quarter of 2010 the manufacturing sec-tor already shed 33 000 jobs according to the latestQLFS, making the 19 000 jobs created in the last quarterof 2009 insignificant.

The forecast of a negative headcount for the con-struction sector was to be expected, as many infrastruc-ture projects such as the upgrading of airports for theFIFA World Cup have been completed.

Therefore, although the South African economy isexpanding again, it seems that it will take some time be-fore companies start hiring people on a larger scale.• The complete report can be read at www.man-

power.co.za. S

Hiring plans: Cautious optimism

a By Francois Calldo

PHO

TOG

RA

PH:i

STO

CK

PHO

TO.C

OM

Page 15: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

w w w. s o l i d a r i t e i t . c o . z a15n u m b e r 4 o f 2 0 1 0

ulle begin hul program elke week met ’n kekkel en ’nbulk vir gekmakers en staatmakers in die gemeenskap.Dit is nou Kallie Kriel en Alana Bailey, wat die burger-regte-inisiatief AfriForum elke Dinsdag op SolidariteitRadio verteenwoordig.

Maak jy dié burgerregte-aktiviste die hoenders in of doen jy ’ndapper ding, dan staan Kallie en Alana elke week op Dinsdag-Forum reg om vir jou die nodige erkenning te gee! Kallie en Alanagesels oor alles wat Afrikanerharte warm laat klop. Hulle veg virdie behoud van Pretoria se naam, beland amper in die tronk met“Mugabe go home” en verklaar oorlog teen Julius Malema en dieomstrede “Skiet die Boere”-lied.

Nantes Kelder, hoof van AfriForum se afdeling vir gemeen-skapsveiligheid, gesels op sy beurt elke week veiligheidsake.Nantes takel misdaad kaalvuis en bemagtig DinsdagForum-luisteraars met die jongste inligting en nuus – van wenke oor hoeom jou huis te beveilig en kapers te fnuik, tot maniere om by ge-meenskapbeveiligingsprojekte betrokke te raak. Selfs ketting-boodskappe oor “misdadigers se nuutste truuk” wat deur e-posseen SMS’e versprei word, word oor dieselfde kam geskeer om tebepaal wat feit en wat fiksie is.

James Kemp, AfriForum se “groen” man, is woordvoerder ooromgewingsake en kampvegter vir ons omgewing. In AfriForumOmgewingsake word knelpunte oor omgewingsbewaring geïden-tifiseer en DinsdagForum-luisteraars kry praktiese raad oor hoe omgroener te leef.

Ernst Roets, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, doen elkeweek verslag oor die jeug se aktiwiteite. Moedertaalonderrig,rassisme en diskriminasie is kort-kort op die agenda en selfs JuliusMalema moet in sy pasoppens wees.

• Al die programme en insetsels wat op Solidariteit Radiouitgesaai word, kan weer ná die tyd op die webtuiste geluisteren afgelaai word. Besoek www.solidariteitradio.co.za.

AfriForum kekkel, bulkop Solidariteit Radio

hDeur Moira-Marie Kloppers

SPITS JOU ORE HIERVOOR• Weekdae om 08:00: Pitkos uit Sy hand –

’n oordenkingsrubriek.• Maandae om 12:00: Mense op Maandag –

Solidariteit Helpende Hand se program van hoop.• Dinsdae om 12:00: DinsdagForum –

AfriForum se aktualiteitsprogram.• Woensdae om 12:00: Wêreldwyd op Woensdag –

’n interessante verskeidenheidsprogram.• Donderdae om 12:00: Dirk op Donderdag –

Solidariteit-nuus, aangebied deur Dirk Hermann.• Vrydae om 12:00: Perspektief –

’n ondersoekende nuusprogram.• Vrydae om 13:00: In Solidariteit –

’n omnibus van die week se beste insetsels.

Page 16: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 16

igitale migrasie verwys na die oorskakelingvan analoog- na digitale televisie. VolgensBeeld neem die golwe waarop analoogseinegestuur word baie spasie (ook bekend asbandwydte) op. Daarenteen gebruik digitale

seine baie minder bandwydte, wat beteken dat sowatnege keer meer inligting in dieselfde spasie versend kanword as wat die geval met analoogseine is.

Die webwerf www.godigitalsa.co.za vergelyk band-wydte met verkeersbane op ’n hoofweg en beklemtoondat hoe meer spasie beskikbaar is, hoe meer inligtingkan uiteindelik oorgedra word.

Die spertyd wat deur die internasionale telekommu-nikasie-unie (ITU) gestel is, bepaal dat alle lande reedsteen 2015 die digitale migrasieproses moet voltooi.Verskeie lande soos Nederland, Finland en Swede hetreeds die oorskakeling gedoen.Volgens Digital Dzonga,die liggaam wat die oorskakeling in Suid-Afrika namensdie regering hanteer, is daar hoofsaaklik drie voordeleaan digitale TV verbonde, naamlik:• Beter gehalte TV wat ’n skerper en helderder beeld

en klank bied.• Aangesien digitale seine minder bandwydte gebruik,

sal dit die geleentheid bied vir ’n groter verskeiden-heid televisiekanale op dieselfde hoeveelheid spasie.

• Die dekodeerders (ook bekend as Set Top Boxes –STB’s) wat gebruik sal word om die digitale sein na’n analoogsein om te skakel, funksioneer as ’nunieke kommunikasietoestel wat ook met selfone,

geheuestokkies en modems kan kommunikeer.Volgens die ministeriële beleid wat vir die oor-

skakeling in Suid-Afrika vasgestel is, sou die oorska-keling oorspronklik reeds op 1 November 2008 beginhet, waarna die analoogseine teen 1 November 2011afgeskakel sou word. Die oorskakelingstydperk is lateruitgestel om op 1 April 2010 af te skop en teen 30 Maart2012 gefinaliseer te word. Die regering het egter inJunie vanjaar aanpassings aan die oorskakelingsplanaangebring, wat die oorskakeling nog verder sal uitstel.

Om die digitale seine in analoogseine te dekodeer,word ’n STB benodig. Volgens Digital Dzonga sal ditnie nodig wees om ’n nuwe televisie aan te skaf om diedigitale seine te ontvang nie. Die organisasie beklem-toon wel dat selfs die nuutste “digital ready”-televisiesook ’n SBT sal benodig om die digitale sein te ontvang.

Aangesien die digitale seine nie deur sateliettrans-missie oorgedra word nie, maar deur landelike uitsaai-infrastruktuur, vervang ’n satellietskottel nie die SBT nieen intekenare op DStv en TopTV sal steeds die SBT-de-kodeerders moet aankoop.

’n Dekodeerder sal na raming tussen R400 en R700kos. Die aankoop van die dekodeerder is nie gekoppelaan ’n maandelikse heffing soos in die geval van M-Netof DStv nie. Die regering het wel ’n subsidieplan saamge-stel om armer huisgesinne te help om die dekodeerder tekoop. Siphiwe Nyanda, minister van kommunikasie, hetin 2009 aangedui dat die regering sowat R400 miljoenvir dié subsidiëring beskikbaar gestel het. S

Die ABC van digitale migrasie

d

FOTO

:iST

OC

KPH

OTO

.CO

M

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) is in 2009 totstand gebring nadat die vakbond die ruimte gesien het virdie formulering en bevordering van openbare beleid. Dieinstituut se waardevolle navorsing is nou ook op dieinternet beskikbaar sodat meer mense daarby kan baatvind. Die SNI fokus veral op bestaande en nuwe rege-ringsbeleid asook op regeringsoptrede, of die gebrekdaaraan. Na aanleiding van sy navorsing lewer die SNItersaaklike kommentaar en maak toepaslike voor-

stelle. Die instituut se navorsingsareas behels onder meerarbeidsverhoudinge, arbeidsekonomie, grondwetlike enarbeidsreg, energiekwessies en sosio-politiek. Die SNI seomvattende navorsing word versprei deur middel vanverskeie publikasies, wysigingswetsontwerpe, konferen-sies, debatgeleenthede en nou ook ’n unieke webtuiste.• Klik op www.navorsing.co.za vir die Solidariteit

Navorsingsinstituut se jongste verslae oor aktueleonderwerpe.

Solidariteit Navorsingsinstituut betree kuberruim

Deur Ilze Nieuwoudt

Page 17: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

WAT KRY JY?

Stygende hospitaalkoste en mediese skema-premies wat die hoogte inskiet, het ’n bitter pil geword om tesluk, en talle mense is op soek na bekostigbare mediese dekking. Solidariteit Finansiële Dienste het die oplos-sing: Sapmeds Hospitaalversekering.

Sapmeds is ’n korttermyn-ongeluk-en-gesondheidspolis wat vasgestelde voordele betaal. Dit is spesifiekontwerp om ’n bekostigbare oplossing te bied aan Suid-Afrikaners wat op soek is na moeitevrye siekte- enongelukdekking. Lang toue om mediese sorg te bekom, is iets van die verlede met die toegang tot privaathospitale wat gebied word. Die premies en limiete is soos volg:

PLAN INDIVIDU FAMILIE VOORVAL-LIMIET JAARLIMIET

4 R420.00 R 700.00 R 30 000 R 350 000

5 R480.00 R 810.00 R 60 000 R 450 000

6 R520.00 R 970.00 R150 000 R 650 000

7 R570.00 R1 100.00 R200 000 R1 000 000

Sapmeds se familieplan dek ’n familie van 5 lede. Kinders word tot en met die ouderdom van 25 gedek (indienhul voltyds studeer). ’n Familie bestaan uit twee volwassenes en drie kinders.

• Spesiale bepalings is namens Solidariteit se lede met Resolution Underwriters onderhandel.• ’n Wagtydperk van 3 maande geld en voorafbestaande kondisies word uitgesluit vir 12 maande of langer.

Indien ’n lid reeds aan ’n mediese skema behoort en na Sapmeds skuif, sal daar nie ’n wagtydperk van3 maande wees nie.

• Die maksimum intree-ouderdom is 55 jaar.• Die bybetaling vir hospitalisering is R1 000.00 tot en met 55 jaar.• Indien ’n lid ouer as 55 jaar is, kan Solidariteit Finansiële Dienste vir meer inligting gekontak word.• Hierdie advertensie is slegs vir bemarkingsdoeleindes. Enige eise is aan die polisbewoording onderworpe.• Dag-tot-dag uitgawes word nie gedek nie.

Hierdie produk word onderskryf deur Resolution Underwriters (Pty) Ltd (FSP#4710) namens Resolution Insurance Company Limited.

PRODUKOORSIG

BELANGRIK OM TE WEET

• Toegang tot privaat hospitale.• Dit dek jou spesialis, hospitaal- en ander mediese

uitgawes met die vasgestelde voordeel.• Eise word vinnig én van dag 1 af betaal, sodra die

toepaslike dokumente ontvang is.• Opsionele dekking is beskikbaar vir swangerskap

en gevreesde siektes.• Dekking vir afhanklike kinders wat by tersiêre

instellings studeer.• Goeie onderskrywingsbeginsels om kliënte teen

skerp premiestygings te beskerm.• Verstaanbare polisdokumente.

OOK INGESLUIT:

• SASRIA-gevalle (beserings tydensoptogte, kapings, stakings).

• Internasionale reisversekering(maksimum 90 dae).

• Ongelukdekking (dood).• ER24-ambulansbystand (pad of lug).• Skakel die 24-uur noodnommer vir:

* Toelatingsnommer vir hospitaalopname.

* Mediese inligting of raad.

* Mediese bystand in krisissituasies.

Solidariteit Finansiële DiensteSel: 072 182 7505Tel: 012 664 8923Faks: 012 664 1126

E-pos: [email protected]

AK

SENT

MED

IA•

07/2010

Page 18: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 18

uwe media is die term wat gebruik wordvir kommunikasiemiddele op die in-ternet. Die nuwe media, oftewel sosialemedia, het ’n nuwe manier van kom-

munikasie meegebring en almal praat daaroor. Hierdiesoort kommunikasie maak jou deel van ’n nuwe sosialekring. Buiten jou normale sosiale omgang en kommu-nikasie met mense, kan jy ook ’n sosiale lewe op dieinternet handhaaf. En dit is ook be-langrik dat jy deelneem aan die“gekuier” op die web.

In ’n artikel deur Susan Wardvan die Small Business: CanadaGuide (http://sbinfocanada.about.com) skryf sy sosiale media isaanlynmedia wat kommunikasietussen mense aanmoedig. In teen-stelling hiermee, skryf sy, is die tra-disionele media, wat slegs inhoudoordra, maar nie lesers, kykers ofluisteraars laat deelneem aan dieontwikkeling van die inhoud nie.Om ’n sosiale lewe aanlyn te hê,het verskeie voordele:

Blogs:Volgens Scientific American (www.sciam.com)is dit lankal duidelik dat dit vir mense terapeuties is omoor hulle probleme, bekommernisse en gedagtes te skryf.Hulle sê ook dat dit jou help om van spanning ontslae teraak en dat dit goed is vir jou gesondheid. Wat nog meerhelp, is dat bloggers wat te doen het met dieselfdesituasies of probleme op jou bloginskrywings kan reageer,jou kan opbeur en bemoedig.

Facebook: Facebook is ’n aanlynkuierplek. Jy kan

mense uitnooi om jou Facebook-vriende te wees en enigetyd van die dag met hulle gesels deur boodskappe te stuurof op hulle Facebook-mure te skryf. Facebook is die idealemanier om jou vriende en familie op ’n gerieflike, goed-koop manier in te lig van gebeure in jou lewe, jou hart-seer en jou blydskap. Die terapie hieraan verbonde is datjou Facebook-vriende jou sal ondersteun en motiveer. Jykan ook saam met jou vriende lag op Facebook deur

snaakse foto’s, video’s of klankgrepemet hulle te deel.

Twitter: Twitter, ’n vorm vanmikroblogging, is die ideale manierom ’n vinnige opdatering van joulewe te gee wat dan aan die mensegestuur word wat gekies het om jouopdaterings, of tweets, te volg. Twit-ter is ideaal vir diegene wat nienoodwendig lief is vir skryf of sovaardig met woorde is nie, en virwie ’n blog te veel moeite sal wees,maar wat graag hulle gedagtes ofidees wil deel. Opdaterings kan ’nmaksimum van 140 karakters wees.Met Twitter kan jy persoonlike nuus

en skakels na interessante artikels of leesstof vinnig metander mense deel. Twitter het só gegroei dat die nuusoor die aardbewing in China vroeër vanjaar as’t wareeerste op Twitter met die res van die wêreld gedeel is –mense het ge-tweet terwyl die aardbewing besig wasom te gebeur!

Dit is belangrik om op die internet te kuier, omdat ditdie nuwe manier is om jou gedagtes en idees te deel, enselfs van frustrasie ontslae te raak. S

nFO

TO:i

STO

CK

PHO

TO.C

OM

Skud spanning af op die net

As jy gedink het die Gautrein is ’n slim plan om dieverkeersprobleme tussen Pretoria en Johannesburg op telos, goed en wel. Maar dié idee is niks nuuts nie. ’nArtikel wat op 12 Januarie 1984 in die destydse dag-blad Die Vaderland verskyn het, praat van ’n trein watvir die Suid-Afrikaner in 2010 soos ’n voorspelling vandie Gautrein sal klink. Die opskrif lees bloot:“Metroblitz bestorm stede teen 160 km/h”.

Dié treindiens is, soos die hedendaagse Gautrein,ontwikkel sodat pendelaars “blitsig” tussen Johannes-burg en Pretoria kon reis. Luidens die artikel is die treinamptelik op Maandag, 16 Januarie 1984 ingestel nadatdit ’n paar dae vantevore deur die destydse minister vanvervoer, Hendrik Schoeman, geopen is. Die trein konbinne 42 minute tussen Pretoria en Johannesburg reis.

Daarbenewens het ’n treinkaartjie slegs R2,50 gekos.Die Metroblitz was blykbaar ’n eksperimentele

sneltreindiens. Dit was die opvolger van die soge-naamde Jakarandasnel wat in Julie 1979 tussen Pretoriaen Johannesburg ingestel is. Die Jakarandasnel konoorspronklik die 69,4 km-roete in 65 minute voltooi enlater in 58 minute. Teen 1983 is toetse onderneem om’n vinniger treinstelsel in te stel, wat tot die ontwik-keling van die Metroblitz gelei het.

Luidens ’n studie wat in 2003 oor die lewens-vatbaarheid van die Gautrein gedoen is, word verdui-delik dat die Metroblitz hoofsaaklik weens twee redesgestaak is: die ontwrigting van ander treinroetes wat opdieselfde spore bedryf is en die marginale inkomste watdaaruit gegenereer is. S

Wat het van die Metroblitz geword?Deur Ilze Nieuwoudt

Deur Daleen de Jager

Page 19: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4
Page 20: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 20

Jaco Kleynhans, hoof van kommunikasie by Solidariteit en redakteur van Solidariteit Tydskrif, verlaatdie vakbond op 31 Augustus. Ilze Nieuwoudt het met hom oor sy loopbaan by die vakbond gesels.

Solidariteit-segsman, strateeg, staatmaker

Jy was vir vyf jaar redakteur van SolidariteitTydskrif en hoof van die vakbond se kommu-nikasie-afdeling. Daar was in dié tyd grootvooruitgang op alle kommunikasiegebiede virSolidariteit.Wat was van die hoogtepunte endie geheim vir dié welslae?Wanneer iemand vir sy of haar werkgewerkwaad is en besluit om van werk te veran-der, is die weggaan redelik maklik. Wanneerjy egter ’n wonderlike werkgewer op diehoogtepunt van jou loopbaan verlaat, is ditnie so maklik nie. Die afgelope sewe jaar envier maande wat ek by Solidariteit gewerkhet, en in die besonder my vyf jaar as afde-lingshoof, was vol hoogtepunte. Ek het diegeleentheid gehad om tydens ’n tydperk vanongelooflike onwikkeling in die kommuni-kasiewêreld aan die hoof te staan van diekommunikasie-afdeling van een van Suid-Afrika se mees dinamiese organisasies. Dítalleen sal ’n groot hoogtepunt bly. Die ge-heim vir die welslae van die afdeling lêprimêr daarin dat die leierskap van Solidar-iteit tot goeie kommunikasie met lede, diepubliek, belangrike rolspelers soos die rege-

ring en natuurlik hul eie werknemers ver-bind is. Om dié rede was hulle altyd bereidom Solidariteit se kommunikasie-afdeling uitte brei ten einde beter te kommunikeer.

Hoogtepunte sluit in die uitbou van Soli-dariteit Tydskrif tot ’n spogproduk; die tot-standkoming van talle goeie webtuistes ennuusbriewe binne die Solidariteit-beweging;die skep van Solidariteit Radio, S-tube en dieSolidariteit-blog; Solidariteit se goeie media-verhoudings; en die mate waartoe ons deurkommunikasie ’n uitstekende diens aan onslede kon bied en nuwe lede kon werf.

As vakbondwoordvoerder het jy waarskynlik’n paar komiese oomblikke gehad.Een voorval was tydens ’n regstreekse onder-houd op ’n anderstalige radiostasie. Ons het’n mediakonferensie oor probleme byTelkom

gehad en toe die radio-onderhoud met my ge-reël is, het ek aangeneem dit gaan oorTelkom.Dit gaan toe egter oor ’n mediaverklaring watons die vorige dag oor afleggings by Cloveruitgestuur het. Die aanbieder het sy inleidingin ’n taal gedoen wat ek nie verstaan nie.Daarna het hy vrae oor Clover gevra en ek hetantwoorde oorTelkom gegee. Gelukkig het ekgou my fout agtergekom. Sommige inwonersvan Limpopo dink nou nog dat Telkom-werknemers oor lae melkpryse wou staak!

Wie sou jy sê het die grootste invloed opjou beroep tot nou toe gehad en hoekom?Agter elke suksesvolle persoon is ’n gedul-dige mentor. As dit nie vir Dirk Hermann,adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit,was wat my van my eerste dag af gelei hetnie, sou ek nie vandag gewees het waar ekis nie. Dirk het strategieë op sy briljante wy-se uitgedink en ek het met my behoefte omvan idees werklikhede te maak daardie stra-tegieë in kommunikasieboodskappe omge-skep. Dirk sal altyd vir my ’n mentor en ’nvriend bly.

JACO KLEYNHANS

“Om ’n wonderlike werkgewer opdie hoogtepunt van jou loopbaante verlaat, is nie so maklik nie.”

FOTO

S:R

EIN

TD

YK

EMA

Page 21: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

Jy het ’n pos aanvaar as hoof van die OraniaBeweging. Hoekom hierdie skuif?Ek glo in groter selfstandigheid. Ek glo ook indie krag van gemeenskappe wat van hul eieinisiatief vir oorlewing afhanklik is en nie van’n eksterne instelling nie. Orania is ’n selfstan-dige gemeenskap wat binne die werklikheidvan ’n groter Suid-Afrika ’n toekoms vir Afrika-ners probeer skep. Dit is ’n gemeenskap watnie teen iets is nie, maar eerder vir die voort-bestaan van Afrikanerskap. Niks in Oraniaword ten koste van ander gedoen nie, maarwel in die belang van die mense wat Oraniahulle tuiste noem. Ek het besluit om Oraniamy nuwe tuiste te maak, juis vanweë die be-hoefte om in harmonie met alle Suid-Afri-kaners ’n plek te skep waar Afrikaners hulselfkan wees en waar my kinders in veilige om-standighede kan grootword en onderrig van’n hoë standaard in Afrikaans kan ontvang.

Wat wil jy nog in jou loopbaan bereik?Ek wil eendag onthou word vir die verskilwat ek gemaak het. Ek sal graag wil sien datmy klein bydrae help verseker dat Afrikaners’n toekoms in Suid-Afrika kan hê – ’n toe-koms waar die volgende generasies ook trotsop hul taal, kultuur, monumente, waardes,tradisies en Afrikanerskap is. S

“Ek glo in groter selfstandigheid. Ek glo ook in die krag vangemeenskappe wat van hul eie inisiatief vir oorlewing afhanklik is

en nie van ’n eksterne instelling nie.”

Page 22: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 22

aar is vandag ’n algemene wan-persepsie dat ’n kind in ’n Afri-kaanse skool nie Engels kanpraat nie en dat Afrikaanse on-derrig jou kind isoleer in ’n

wêreld wat Engels is.Duitsers praat Duits, die Franse praat

Frans en die Spanjaarde praat Spaans, maarin Suid-Afrika is ons skepties oor Afrikaans.Volgens die Instituut vir Rasseverhoudingeis Afrikaans die taal wat tweede meeste inSuid-Afrika gepraat word naas Zoeloe.Engels is slegs die vyfde grootste taal in Suid-Afrika, terwyl die meeste mense in diewêreld Mandaryns praat, nie Engels nie.

Luidens nie-amptelike syfers van dieSouth African Guide is daar ongeveer 20miljoen mense in die wêreld wat Afrikaanskan praat. Ander bronne, soos Wikipedia,reken dat daar tot 23 miljoen mense in diewêreld is wat dié taal kan praat. LuidensStatistiek Suid-Afrika se 2001-bevolking-sensus praat sowat 6 miljoen mense in Suid-Afrika, dit wil sê 13,3% van die bevolking,Afrikaans as ’n huistaal.

Om jou kind in ’n Afrikaanse skool teplaas, beteken dat hy deel word van ’n grootgroep Afrikaanse moedertaalsprekers, dat hymeertaligheid bevorder deur Afrikaans enEngels (en moontlik ’n ander Afrikataal ook)te leer. Boonop is daar bewyse dat moeder-taalonderrig baie voordele inhou wat ’n kindse akademiese potensiaal betref.

Vuyokazi Nomlomo, adjunkdirekteurvan die Universiteit van die Wes-Kaap seonderwysfakulteit, sê dat blootstelling aanEngels in die vroeë jare van ’n kind se op-voeding geen taalkundige of akademiesevoordeel inhou nie, maar dat opvoeding in’n kind se moedertaal wel voordele inhou.

Dr. Kathleen Heugh, wat internasionalenavorsing oor moedertaalonderrig gedoenhet, het bevind dat kinders wat agt jaar semoedertaalonderrig ontvang veel beter vaar invergelyking met kinders wat ses jaar, vier jaarof geen moedertaalonderrig ontvang nie.

AfriForum het Afrikaanse ouers vroeërvanjaar aangemoedig om hulle kinders inAfrikaanse skole te plaas, aangesien verledejaar se matriekuitslae weer bewys het datkinders beter vaar wat opvoeding in hullemoedertaal ontvang.

“Leerders kan nuwe begrippe en vaardig-hede die maklikste in hulle moedertaal aan-leer. Hierdie vaardighede kan dan later

maklik na ’n tweede taal soos Engels oorge-dra word,” meen Kallie Kriel, uitvoerendehoof van AfriForum.

Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidari-teit, het ook al telkemale die gebrek aanmoedertaalonderrig in die onderwysstelselas die sondaar vir swak prestasie uitgewys.“Slegs 16,9% van al die gr. 12-leerders watelke jaar matriek skryf, slaag aan die eindevan die jaar met vrystelling om by ’n hoër-onderwysinstelling te gaan studeer.”

In oorsese lande word moedertaalonderrigas ononderhandelbaar beskou. Buiten dieakademiese argument oor moedertaalon-derrig, is daar nog ’n groot rede waarom Afri-kaners aan Afrikaans moet vasklou: Dit is deel

van ons identiteit. Ons taal is ’n kosbaregeskenk wat deur die geskiedenis altyd teenalle verwagtings oorleef het.

Oudpres. Nelson Mandela het gesê: “As jymet ’n man praat in ’n taal wat hy verstaan,praat jy met sy verstand. Maar as jy met homin sy eie taal praat, praat jy met sy hart.” Diéstelling geld ook opvoedkunde en die onder-wys. Oudpres. MT Steyn het op sy beurt dievraag gevra: “Hoe kan een Afrikaner neutraalbly terwyl ’n ander een bereid is om vir Afrikate sterf?” Dié vraag is steeds van toepassing –hoe kan een Afrikaner neutraal bly terwyl ’nander een veg vir sy taal wat bedreig word?• Lees ook die artikel op bladsy 58 oor taal-

regte en wat elders ter wêreld gebeur. S

EDUCATION IN MOTHER TONGUE STILL BESTInternational research continues to endorse the view that mother tongue educationis the best way to go. Although outcome-based education in South Africa introduces Englishto children for whom it is not a home language from Grade 1 instead of Grade 3, researchshows that children must first learn their mother tongue before they are introduced toEnglish. Children should be taught in their mother tongue for as long as possible, because,as Dr Kathleen Heugh suggests, it is then easier to transfer high-level literacy skills to a lan-guage of wider communication such as English, French, Spanish, Arabic or Mandarin.

dMoedertaalonderrig: Steeds beste vir kind

Deur Charl Oberholzer

FOTO

:iST

OC

KPH

OTO

.CO

M

Page 23: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

olidariteit bied van tyd tot tyd kom-petisies aan om mense aan te moe-dig om deel van ons wenspan teword. By Solidariteit staan jy nie net

die kans om pryse te wen nie, maar as jy bydie vakbond aansluit, wen jy ’n vriend in diewerkplek, ’n klomp voordele wat baie meerwerd is as jou lidmaatskapgeld en ’n onder-steuningstelsel, want ons beskerm ons mense.

In die jongste kompetisie kon mense watdeur Solidariteit se webtuiste aansluit ’nGPS, yskas of skottelgoedwasser wen.

Die gelukkige wenner was Douw Geyervan Pretoria. Douw kon een van die driegroot pryse kies en het op die skottelgoed-wasser besluit. Baie geluk, Douw!

Moenie ons volgende kompetisie mis-loop nie. Maak seker jy klik gereeld opwww.solidariteit.co.za. Daar is ook opwin-dende pryse wat gewen kan word deur opwww.solidariteitverwysings.co.za te klik. S

Solidariteit: Die tuiste vir wenners

s Deur Daleen de Jager

Douw Geyer, wenner van ons werwingskompetisie.

FOTO

:REI

NT

DY

KEM

A

Page 24: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 24

ir die Nortjé’s is dit Parys indieVrystaat en vir die Steyns isdit Hendrina in Mpumalanga.Twee uiteenlopende gesinne

met uiteenlopende behoeftes. Tog het hulleeen ding gemeen – hulle het hul stadsmo-tors gepak en getrek. Hulle het egter nie dietrek na die vreemde uithoeke van die aardeaangepak nie, maar eerder na die Suid-Afri-kaanse platteland. Is hulle dalk deel van dievolgende Groot Trek-generasie, oftewelsemigrasie-generasie?

FINANSIËLE SINDie Nortjé’s het om verskeie redes besluitom platteland toe te trek. Dié jong gesin, watoorspronklik van Pretoria is, het meer as ’njaar gelede Vanderbijlpark toe getrek, maarwou baie graag eiendom koop. Met die be-sef dat huispryse op die platteland goed-koper is as in die stede het Johan en Yolandabesluit om hulself in die pikante Vrystaatsedorpie Parys te vestig.

Johan, wat opleiding by ’n ingenieurs-maatskappy inVanderbijlpark doen, pak nouwel daagliks die tog van nagenoeg 50 kmwerk toe aan, maar volgens Yolanda houhulle trek na die platteland verskeie voor-dele in. “Dit het eerstens vir ons finansieelmeer sin gehad, maar dan is dit beslis ookveiliger hier. Hoewel veiligheid maar relatiefis, sien jy nog ou tannies alleen in die stratevan Parys loop,” verduidelik sy.

Dit was ook hulle besluit om met ’n gesinte begin wat ’n rol gespeel het. “Ons het nou’n 11 maande oue seun en dit is net soveelnader aan die natuur hier en ons kan som-mer net afloop na die rivier om met hom tegaan stap,” sê sy. Intussen het Yolanda, watvoorheen by ’n rekenmeesterspraktyk ge-werk het, besluit om tuis te bly met hulseuntjie en sy werk nou van die huis af.

WEG VAN DIE GEJAAGAnnelize Steyn, redakteur van ’n Afrikaansevrouetydskrif, en haar man Ernest, ’n me-diese verteenwoordiger, het vroeër vanjaarbesluit om hulle en hul twee kinders se tassete pak en vanuit die gejaag in Pretoria pad tegee en na ’n plaas buite Hendrina in Mpu-malanga te trek.

“Ons besluit om plaas toe te trek, is aan-gevuur deur die dag-tot-dag gejaag en dielewe van die een salaristjek tot die volgendewat ons in die stad gehad het. ’n Gejaag na

wind. Ons kindertjies is jonk en was in ’nkleuterskool. Ons het hulle so min gesien,”verduidelik sy.

“Toe die geleentheid hom voordoen omplaas toe te trek, was dit die vanselfspreken-de besluit. Om onsself ’n toekoms te gee enom ons kinders die wonderlike geleentheidte gee om die plaaslewe te kan ervaar en ’nplattelandse leefwyse te lei.”

Wat werkgeleenthede betref, meenAnnelize daar is wel vir mense geleenthedeom ’n bestaan op die platteland te maak.Hoewel Ernest self die boerdery op die plaashanteer, is daar steeds vir Annelize geleent-heid om op haar beroep te fokus.

“Ek dink die feit dat die wêreld so kleingeword het, maak dit vir soveel meer mensemoontlik om ’n lewe op die platteland te lei.Ek is ’n joernalis en dit is die eenvoudigsteding om van daar af te skryf. Daar is abso-luut geen grense nie!”

MAAR IS DAAR WERK?Die dae wat mense by die kantoor vasge-ketting sit, is in baie gevalle iets wat in dietwintigste eeu tuishoort. Die snelle veran-dering in die wêreld van tegnologie maak ditmoontlik om letterlik honderde kilometervan “die kantoor” te werk.

Daar is talle uitdagende werkgeleenthedeop die platteland. Soms verg dit net moeiteom die geleenthede uit te snuffel. ’n Nuttigewebtuiste is www.countrycareers.co.za.

Dié webtuiste bied eenvoudige soek-funksies vir beskikbare poste op die platte-land. Dit verwys ook na die uittog vanstedelinge na die platteland as “semigrasie”.Luidens die webtuiste is die aantal werk-geleenthede wel minder, maar daar is tallegeleenthede in kleiner dorpe en stedebeskikbaar, wat aan mense die geleentheidbied om van die woeste gejaag van die grootstede weg te kom.

Vat jou goed en trek Ferreira – platteland toe

v Deur Ilze Nieuwoudt

FOTO

’S:i

STO

CK

PHO

TO.C

OM

Page 25: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

WEEG SELFVOORDELE• Die platteland bied gewoonlik ’n rustiger atmosfeer.• Sekere misdaad, soos veral geweldsmisdaad, kom in die algemeen minder op die

platteland voor.• In sommige gevalle is die omgewing meer geskik vir kinders.• Jy ken nog jou bure oorkant die straat en langs jou, die slagter, die bankklerke en min

of meer elke tweede persoon wat jy op straat raakloop.• Uitgawes soos behuising is in baie gevalle goedkoper as in die stad (dit hang natuurlik

af in watter plattelandse dorp jy woon).• Dit is soms afgeleë (ja, dit is beslis ’n voordeel!)

NADELE• Dit is soms afgeleë en jy kan selfs honderde kilometer van die naaste groot stad wees.• Keuse is beperk tussen winkels en skole.• Salarisse op die platteland is in baie gevalle laer as in die stede.• Werkgeleenthede is meer beperk (hoewel die internet hierdie leemte in werk-

geleenthede toenemend vul).

• “Ek het hier grootgeword en daarna 18jaar in die stad gebly tot ons weer terugplatteland toe is. Pleks van emigreer, trekplatteland toe. Ons weet feitlik nie vangeweld nie. Hier staan die karre nog metsleutels in en die kinders speel in diestrate. Om winkel toe te gaan is ’n sosiale

uitstappie, want almal knoop eers ’n ge-selsie aan.” – Juliet van Dyk

• “Ek en my man het destyds uit die stadgevlug, maar ek moet ongelukkig waar-sku: Werk is skaars en betaling swak. Dieplatteland is ook nie altyd rustiger (as ditby werk) kom nie. Skole bied nie die-

selfde vakkeuses as stedeaan nie en sport is uitersbeperk. Jou kinders (wat rus-tig moes grootword) moet heel moontlikkoshuis toe gaan. Winkels is beperk en ’nmens sukkel om eenvoudige goedjies indie hande te kry.” – Denise S

SÓ SÊ SOLIDARITEIT-BLOGGERS

FOTO

’S:i

STO

CK

PHO

TO.C

OM

Page 26: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 26

In ’n artikel oor die koste van die Sokker-wêreldbeker maak die Suid-AfrikaanseInstituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) ditduidelik: Suid-Afrika en sy belastingbe-talers sal vir dekades nog aan dié toernooimoet afbetaal. Die SAIRR is nie net ne-gatief oor die waarde wat dié geleentheidvir Suid-Afrika bied nie. Volgens diéinstituut sal die verandering in persepsiesoor die land en die vasteland wat die suk-ses van die toernooi inhou van onskatbarewaarde wees. Hulle meen egter dat daarernstige vrae oor die besteding gevra moetword en of geld wat vir die aanbiedingvan die toernooi benut is, nie meer doel-treffend op onder meer maatskaplike enekonomiese opheffing bestee kon wordnie. Die SAIRR beklemtoon dat die ver-wagte hupstoot in die bruto binnelandseproduk (BBP) wat die invloei van toeristena die land sou bring, oorskat is. Dit ishoofsaaklik te wyte aan die nadraai van

die ekonomiese afswaai van die afgelopetwee jaar. Intussen word die koste virbelastingbetalers vir die opgradering enoprigting van infrastruktuur vir die toer-nooi op ’n yslike R30 miljard gereken. Togis die SAIRR nie net pessimisties oor dietoernooi nie, want volgens hulle het dietoernooi die geleentheid gebring om dieland se beeld te poets, terwyl infrastruk-tuur soos die Gautrein ook langtermyn-voordele vir Suid-Afrikaners inhou.

Hoe ouer, hoe gelukkiger’n Studie wat deur Deloitte onderneem isas deel van die Deloitte Best Company toWork for-opname toon dat werknemersse werktevredenheid met jare toeneem.Tevredenheid verbeter luidens die studiemet posvlak en ouderdom. Senior perso-neel het luidens die studie hoë vlakkevan werktevredenheid getoon. Dit volgwaarskynlik weens die buigsaamheid watdié werknemers in hul werkomgewingervaar en die invloed wat hulle kan uit-oefen. Daarbenewens het werknemerswat 60 jaar en ouer is die hoogste vlakkevan werktevredenheid getoon. Die studiewat onder werknemers van verskeie be-drywe by Suid-Afrikaanse maatskappyeonderneem is, toon ook dat vroulikewerknemers in die algemeen hoër vlakkevan werktevredenheid het as manlikewerknemers. Die dienstydperk van werk-nemers by ’n spesifieke maatskappy hetook luidens die studie ’n uitwerking opwerknemers se tevredenheid. Werkne-mers wat drie jaar en minder by ’n enkelemaatskappy werk, toon hoë vlakke vantevredenheid, terwyl werknemers se te-vredenheid in die daaropvolgende jareafneem. Dit is egter interessant dat werk-nemers wat tien jaar en langer by ’n en-kele maatskappy werk weer ’n toenamein werktevredenheid aangemeld het.

KORTLIKSDie regering se planne om ’n nasionalegesondheidsorgplan te implementeer, kandie gehalte van privaat gesondheidsorg inSuid-Afrika benadeel. So meen die Suid-Afrikaanse Instituutvir Rasseverhoudinge(SAIRR). Volgens dieSAIRR se adjunk-uit-voerende hoof, FransCronjé, is die rege-ring se tydsbereke-ning vir die imple-mentering van so ’nplan nie geskik nie,aangesien daar be-wyse is dat Suid-Afrika se openbaregesondheidsdienste tans in wanordeverkeer. Die SAIRR het in Junie vanjaar ’nverslag bekendgestel wat onder meer dieekonomiese lewensvatbaarheid van dieinstelling van ’n nasionale gesondheid-sorgplan ondersoek. Volgens Cronjé saldie oplossing van probleme wat open-bare hospitale en klinieke in die gesigstaar net soveel vir die verbetering vangesondheidsdienste vir arm mense kanbeteken as wat enige nasionale gesond-heidsorgplan sal kan. Die verslag beklem-toon onder meer dat die privaat gesond-

heidsbedryf ’n baie belangrike rol in dieSuid-Afrikaanse ekonomie vertolk en datdie oorhaastige instelling van die na-sionale gesondheidsorgplan die lewens-

vatbaarheid en voor-treflikheid van dieprivaat gesondheid-sorgbedryf in Suid-Afrika kan ondermyn.Cronjé voeg voorts bydat die finansiëlehaalbaarheid van dieplan bevraagtekenmoet word. Die im-plementering van dieplan kan na verwag-ting tot soveel as

R465 miljard per jaar kos as daar gepoogword om voordele gelykstaande aan diévan privaat mediese skemas te bied. Dieverslag beklemtoon dat die plan niebekostigbaar sal wees nie aangesien slegs11% van die bevolking ’n belasbareinkomste verdien. “Lande met nasionalegesondheidsorgplanne het gewoonlik ’nhoë netto inkomste, lae werkloosheid en’n groot en bestendige belastinggrond-slag,” verduidelik Cronjé. Hierdie ele-mente is egter nie kenmerkend vanSuid-Afrika se ekonomie nie.

Rasinstituut sê oor nasionale gesondheidsorgplan

Was sokker-pap die sous werd? Ja én nee, sê SAIRR

FOTO

’S:i

STO

CK

PHO

TO.C

OM

Page 27: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4
Page 28: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

f o k u s o p m y n b o u

uid-Afrika word beskryf as een vandie lande met die rykste mineralehulpbronne ter wêreld. Mynbouwas ook vir die laaste meer as 100

jaar een van die grootste ekonomiese dryf-vere in Suid-Afrika. Tog as jy dorpe naby dieVrystaatse goudvelde besoek, lyk dit of diegoud net uitgehaal is en niks van die wel-vaart oorgebly het nie.

Die drie grootste rolspelers in die myn-bedryf, naamlik die staat, mynmaatskappyeen georganiseerde vakbonde, het hulle inJunie weer verbind tot die uitbou van diebedryf met die herbekendstelling van diemynbouhandves. Al die betrokke rolspelershet vooraf oor die handves onderhandel om’n balans tussen groei en transformasie in diebedryf te vind. As een van die drie grootvakbonde in die bedryf het Solidariteit aktiefaan dié proses deelgeneem.

Suid-Afrika het ook deurgeloop onder diewêreldwye resessie en ekonome raam datsowat 1 miljoen werkers hulle werk in veral2009 verloor het. Werkverliese in die myn-

bousektor word op 50 000 gereken. Diegrootste inisiatief wat meer afleggings in hier-die sektor verhinder het, was die stigting vandie Mining Industry Growth, Developmentand Employment Task Team (MIGDETT). Asdeel van dié inisiatief het die staat, georgani-seerde arbeid en besigheid ondersoek ingestelna hoe werkverliese verhinder kon word.

Met goud wat deurgaans bo R290 000/kgverhandel, is die meeste goudmyne winsge-wend. Tog is daar produsente soos Simmer &Jack wat afskalings doen by van sy Buffels-fontein-skagte en Harmony wat van sy mar-ginale skagte sluit. Verder vind geen grootafleggings tans plaas nie.

Mynveiligheid is altyd ’n groot prioriteitin die mynbedryf. Op 12 Julie was daar 66sterftes in die bedryf teenoor die vorige jaarse 84 vir dieselfde tydperk, wat neerkom op’n 29%-daling in sterftes – ’n positiewetendens vir die jaar. Die dalings is te dankeaan die Inspekteur van Myne wat nie huiwerom die myne waar ongelukke plaasgevindhet vir lang periodes met artikel 54-kennis-gewings te sluit nie.

Daar word ook met nuwe oë na waarde-toevoeging in die bedryf gekyk. Die departe-ment van mynbou plaas groot klem daaropdat grondstowwe langer in die land moet blyen só met werkskepping moet help. Hierdiestrategie geniet egter nog nie die steun van aldie rolspelers nie. S

Mynbou: 2010 propvol uitdagings

s Deur Reint Dykema

FOTO

:REI

NT

DY

KEM

A

Page 29: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4
Page 30: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

f o k u s o p m y n b o u

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 30

Louis Pretorius Samantha van Tonder Joseph Kidson

HOOFKANTOOR

KLERKSDORP

Willie Marais Pieter Burger Manie Lourens

Willie van Rensburg

KATHU PIETERSBURG

Gert vanWyk Eric Schoeman

RUSTENBURG WITBANK

Jan du PlessisJohan Nell Theunis van Staden

CARLETONVILLE

Organiseerders

FOTO

’S:R

EIN

TD

YK

EMA

olidariteit se voorganger, dieMynwerkersunie, is al in1902 gestig. Sedertdien hetdie vakbond en sy lede

deurentyd aktiewe rolspelers in diemynboubedryf gebly. Solidariteit selede voorsien ’n hoë vlak van tegniese,spesialis- en bestuurskundigheid aandie bedryf. Die vakbond se lede isverbind tot ’n langtermynverhouding,net soos wat die ontwikkeling van ’nmyn ’n langtermynprojek is.

Solidariteit het sy verbintenis nogverder gevoer met die stigting van sy eieopleidingskollege, Sol-Tech, wat am-bagslui aan die bedryf voorsien. Daar istans 500 studente wat opleiding inskaars en kritieke beroepe soos elek-trisiën, dieselwerktuigkundige en meul-maker ontvang. Solidariteit is ook dieenigste vakbond in die land met sy eieafdeling vir beroepsbeserings.

Solidariteit het kantore en organi-seerders in al die groot mynboustrekewat kollektief en individueel na dielede se behoeftes omsien. Die struk-tuur word ondersteun deur die hoof-kantoor, wat toegerus is met ’n regs-afdeling, navorsingsafdeling, kommu-nikasie-afdeling en dienssentrum.Daarbenewens ondersteun SolidariteitHelpende Hand lede in nood, soostans by die Aurora-myne aan die Oos-Rand en in Orkney die geval is.• André van der Merwe is die be-

dryfshoof van die mediese bedryfen die mynboubedryf.

sVerbind totlang termyn

Deur André van der Merwe

André van der Merwe

in die mynboubedryf en die mediese bedryf

Page 31: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

a d v e r t o r i a l

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an u m b e r 4 o f 2 0 1 0 31

Page 32: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

f o k u s o p m y n b o u

Nuwe mynbouhandves is inJunie in Pretoria deur belang-hebbendes in die mynbedryfaanvaar. Die aanvaarding van

die handves kom ná maande se beraadslagingdeur insluitende die departement van myn-bou, die Kamer van Mynwese, SAMDA(South African Mineral Development Asso-ciation), asook die National Union of Mine-workers (NUM), die United Association ofSouth Africa (Uasa) en Solidariteit.

Die handves bied ’n balans tussen trans-formasie en die uitbreiding van infrastruk-tuur en is onder die wakende oog vanminister Susan Shabangu onderteken.

Suid-Afrika is ’n land wat besonder ryk isaan minerale. Volgens Citibank word dieland se mineralerykdom op R18 triljoengeraam. Die doel van die mynbouhandvesis juis om beleggings te bevorder deur dievestiging van ’n meganisme wat die lang-termynontwikkeling van infrastruktuur salbewerkstellig.

Ingevolge die nuwe handves moet inno-

vering bevorder en die tempo van ontgin-ning van die minerale versnel word. Verdermoet waardetoevoeging aandag kry. Diehandves poog ook om Suid-Afrika as voor-keurbeleggingsland te vestig. Voorts bepaaldie handves dat vaardigheidsontwikkelingmoet plaasvind en gelyke indiensneming be-vorder word. Gemeenskappe naby die mynemoet ook ontwikkel word.

Kragtens die handves moet enkelwoon-kwartiere teen 2014 in familiewoonkwar-tiere omskep word. Ondernemings moetook voordeel trek deur aankope. Daarbene-wens moet swart eienaarskap in die mynbe-dryf teen 2014 op 26% staan.

Wit vroue is nie uit die definisie vanvoorheen benadeelde werkers gelaat nie. Ditkom nadat Solidariteit beswaar aangetekenhet toe van die belanghebbende partyegereken het dat wit vroue onnodig bevoordeelword en nie deel van gelyke indiensnemingmoet wees nie. Daar is bepaal dat dievoorheen benadeelde deel die minimum-doelwit van 40% ten opsigte van senior

bestuur, skaars en kritieke vaardighede, mid-delbestuur en juniorbestuur teen 2014 moetbereik. Verder moet ’n omgewing en kultuurbinne elke maatskappy geskep word wattransformasie in die hand werk.

Steve Scott, Solidariteit-president, het ty-dens die ondertekening van die handves gesêSuid-Afrika is ’n land van potensiaal en dat diefoute van die verlede reggestel moet word.

Die groot voordeel wat die handves aanwerknemers bied, is dat maatskappye opnuutna werknemeraandeleskemas, of Esops, gaankyk om die bemagtigingsteiken van 26% tebereik. Esops het in die verlede ’n kleinergedeelte van bemagtigingstransaksies uitge-maak. Weens die langtermynbestendigheidwat die werkmag bied, sal werkers in ’n grotermate as vennote in bemagtigingstransaksiesbetrek word. AngloGold Ashanti het reeds dieBokomosa Trust en Gold Fields het begin metdie heronderhandeling van ’n Esop met syvakbonde. In die platinumbedryf is daar Esopsby Anglo Platinum, Impala Platinum enNortham Platinum. S

Nuwe handves gee nou mynboupas aan

’nDeur Reint Dykema

Page 33: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

Omdie droom van aftrede ’n werklikheid te maak, is soos om ’n legkaart te bou. ’n Mens sien eersdie volle prentjie as die legkaart voltooi is. Dit verg visie en goeie beplanning om die legkaart tevoltooi. Dit verg ook verantwoordelike optrede, anders gaan die legkaart nooit voltooi word nie enword die stukkies in die houer teruggesit en bo in ’n kas gebêre. Die houer word met die volgendetrek op die ashoop gegooi.

Om die laaste goue stuk van die legkaart te plaas, moet met die eerste stuk begin word.

Dit is in jou hande: Die eerste en veral die laaste stuk.

Solidariteit het instruksies om diebou van die legkaart te vergemaklik:• Lae minimumbydraes• Lae administrasiekoste• Goeie boublokke• Solidariteit-verteenwoordiging op trustees• Betroubare advies

Solidariteit Finansiële Dienste

0861 101 005E-pos: [email protected]

Solidariteit Aftreeplan

AK

SENT

MED

IA•

07/2010

Page 34: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

jekkaarte, kredietkaarte, brandstof-kaarte, klererekenings, fliekkaarte,klubkaarte, selfoonkontrakte enkontant. Die dae van eenvoudi-ge ruiltransaksies vir sake doen is

lank reeds vergete. Vandag ryg ons die eenhelderkleurige kaart na die ander uit omdit wat ons graag wil hê aan te skaf,want “plastiek is geduldig” en watvan al die bonuspunte, spesialeaanbiedings en afslag wat jy inruil vir dié aankope kan ontvang?

Maar dan gebeur daardie on-voorsiene uitgawe. ’n Geiserwat bars. ’n Motor wat breek.’n Siek kind wat in die hos-pitaal opgeneem moet word.’n Onverwagse rekening.Skielik besef jy jou oortrokkebankrekening gaan nie hierdiemaand se debietorderlopie oor-leef nie. Klink dit bekend?

Volgens André Snyman, uitvoe-rende hoof van Consumer Assist, hetSuid-Afrika sowat 18,7 miljoen aktie-we kredietverbruikers waarvan slegs so-wat 7,3 miljoen op datum is met hulpaaiemente. Sowat 2,5 miljoen mense isminstens ’n maand agterstallig met hulpaaiemente, terwyl ’n verdere 3,1 miljoenreeds meer as drie maande agterstallig is.Altesame 2,6 miljoen kredietverbruikers isreeds by kredietburo’s gelys vir niebetalingen ’n verdere 2,4 miljoen is onder admini-strasie geplaas.

Dit is belangrik om ’n gunstige kredietre-kord op te bou, maar te veel krediet is beslisook nie goed nie. Elke keer as jy vir kredietaansoek doen, word ’n kredietnavraag oor jougedoen. Elke kredietnavraag asook die resul-taat daarvan – of die krediet toegestaan of af-gekeur is – verskyn vir twee jaar lank op joukredietrekord en elke wanbetaling wordaangeteken. Vonnisse bly vir vyf jaar op jourekord en indien jy onder administrasie ge-plaas word, bly daardie inligting vir ’n volletien jaar op jou rekord. Selfs dispute met diekredietburo’s oor inligting wat op jou kre-dietrekord verskyn, word aangeteken.

Wat krediet betref, is jou geld dus beslisnie meer net jou saak nie. Maak dus altydseker dat jy die krediet waarvoor jy aansoekdoen kan bekostig, ken jou regte en maakseker dat jy ’n getroue betaler is. S

m y g e l d

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 34

WAT JY MOET WEET• Elke verbruiker is geregtig op een gratis kredietverslag per jaar. Maak

seker dat daar nie foutiewe inligting, wat jou kredietrekord kanbenadeel, op jou kredietverslag verskyn nie.

• Elke verbruiker het die reg om te weet waarom ’n aansoek om krediet afgekeur is.• Dispute oor jou kredietrekord kan by die ombudsman aangemeld word.• Verbruikers het die reg om met kredietverskaffers te onderhandel en kan ook die hulp

van skuldberaders hiervoor inroep.• Moet nooit op die beloftes en praatjies van kredietverskaffers staatmaak nie. Slegs dit

wat in die geskrewe ooreenkoms verskyn, is geldig.• Die kredietwet vereis dat alle kredietooreenkomste en kontrakte in verstaanbare taal

en op skrif aan jou beskikbaar gestel moet word. Moet niks teken wat jy nie 100%verstaan nie.

• Vergelyk die verskillende vorms van krediet wat beskikbaar is. Neem veral dierentekoerse en afbetalingstydperke in ag.

tKnikker die knellende kredietknyptang

Deur Moira-Marie Kloppers

ILLU

STR

ASI

E:iS

TOC

KPH

OTO

.CO

M

MY GELD

Page 35: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4
Page 36: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

m y g e s i n • m y w e r k

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 36

ekerheidskomplekse, alarmstelsels,skole met hoë heinings en veilig-heidswagte. “Moenie met vreemdemense gesels nie. Kyk links en regs

voordat jy oor die pad stap. Bly waar ek joukan sien!”

Ouers bekommer hulle elke dag oor aller-hande gevare wat die veiligheid van hul kin-ders bedreig, maar die gevaarlikste dinge inkinders se lewe is nie noodwendig dié waar-teen ouers hulle kinders elke dag waarsku nie.Die gevare wat vir 70% van alle hospitaalbe-soeke deur kinders jonger as vier verantwoor-delik is, is egter in jou kombuis, jou badkamer,jou tuin en jou motorhuis. Buiten motoronge-lukke is ongelukke by die huis die hoofoor-saak van sterftes by kinders jonger as veertien.

Die vier topoorsake van sterftes in en omdie huis is motorongelukke, gevolg deur ver-drinking, brandwonde en vergiftiging. Motor-ongelukke eis jaarliks duisende kinderlewensomdat ouers dikwels nalaat om hul kindersreg in motorstoeltjies vas te maak. Vir elkekind wat verdrink, is daar nog vier wat ’n noueontkoming met verdrinking het. Kinders watin brande omkom, sterf meestal as gevolg vangiftige gasse en rookinaseming eerder as

brandwonde. Kinders wat as gevolg van ver-giftiging sterf, het gewoonlik per ongeluk eenof ander skoonmaakmiddel of medikasieingekry.

Hierdie soort ongelukke gebeur vinnig enkan binne minute noodlottig wees. Die bestemanier om jou kind te beskerm, is om onge-lukke te probeer voorkom deur jou huis te be-veilig en voorbereid te wees om noodgevalleas gevolg van ongelukke te hanteer:• Maak seker dat jy basiese noodhulpbe-

ginsels kan toepas en altyd ’n toegerustenoodhulpkissie tuis het.

• Hou noodnommers vir die ambulans-diens, brandweer, jou huisdokter en fa-milielede en vriende by die telefoon.

• Hou medikasie en skoonmaakmiddels intoe houers, buite die bereik van kinders in’n kas wat gesluit kan word.

• Wees altyd op die uitkyk vir klein ding-etjies wat rondlê waaraan kinders kanverstik.

• Nat vloere en los matte is gevaarlik vironvaste voetjies. Hou vloere droog.

• Hou kragproppe toe en buite bereik vanklein vingertjies.

• Hou swembadhekke altyd toe. S

Wat is etiek?

Elke werkdag bestaan uit ’n reeks etiesebesluite, maar in vandag se samelewingis etiek dikwels die eerste om by diedeur uit te stap wanneer geld en suksesinstap. Baie mense verwar etiese gedragin die werkplek met vriendelikheid engoeie maniere. Wat is eties en reg in diewerkplek, en wat is die verskil tussenetiese gedrag en vriendelikheid?

Vriendelikheid, goeie maniere enetiek is nie dieselfde nie. ’n Vriendelikeatmosfeer in ’n kantoor of onderne-ming is wel voordelig vir dié wat daarwerk en sake doen, maar wanneersakebesluite geneem en kontrakte toe-geken word “ter wille van goeie ver-houdings”, kan dit beslis nie as etiesegedrag bestempel word nie.

Woordeboeke beskryf etiek as ge-drag wat eerbaar is en volgens ’n stelmorele waardes uitgevoer word. Etiekis dus meer as vriendelikheid of goeiemaniere. Etiese gedrag verseker ’n pro-fessionele werkomgewing waar almal,ongeag hul persoonlike voorkeure,vriendskappe of oortuigings, saam kanwerk om ’n gemeenskaplike doel tebereik wat almal bevoordeel. Etiek indie werkplek word ’n al groter kwessiein die huidige Suid-Afrika en veral diemedia maak hulle dikwels aan onetie-se joernalistiek skuldig.

Dit is deesdae nodig om krities naberigte in die media te kyk en jou eienavorsing te doen voordat jy ’n meningoor ’n saak vorm, want joernalistiekeetiek is by baie publikasies aan die uit-sterf. Joernalistieke foute word deesdaelinks en regs begaan. In soveel gevalleis onderhoudgewers ongelukkig metdie wyse waarop joernaliste hulleweergee. Hier is twee kenmerke vanetiese joernalistiek:• ’n Goeie joernalis sal moeite doen

om die waarheid op ’n nieskadelikemanier oor te dra.

• ’n Goeie joernalis gebruik veelvou-dige en geloofwaardige bronne engee die inligting dan so objektiefmoontlik weer sodat die leser sy ofhaar eie gevolgtrekkings kan maak.

Hoe veilig is jou huis?

s Deur Moira-Marie Kloppers

Deur Marnia Verwey

MYWERK

MY GESIN

FOTO

’S:i

STO

CK

PHO

TO.C

OM

Page 37: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

helpendefokus op

hand

38

39

40

’n Ruimte waaralmal gelukkigkan wees

InternasionaleAfrikaanseg(e)roep vir vroue

AfrikaanseEntrepreneurs-konferensie kom

Page 38: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

s o l i d a r i t e i t h e l p e n d e h a n d

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 38

ie Carnegie-saal in New York isvolgepak. Daar is ’n tasbare af-wagting onder die konsert-gangers voor die verskyning vandie wêreldberoemde pianis Pa-

derewski. ’n Seuntjie glip weg tot voor diegroot vleuelklavier. Die skare sit geskok regop.’n Eenvoudige tokkelwysie klink op: Chop-sticks! “Kom weg daar!” brom die gehoor.

Paderewski verskyn op die verhoog. “Houaan met speel,” fluister hy saggies. In volkomeharmonie met die seun se deuntjie speel Pa-derewski die mooiste melodie. Die toejuigingvan die skare is oorverdowend. Die beroemdepianis buig en wys met sy hand na die seun:“Hy verdien die applous; dit was hy.”

Ruimte is nie net ’n plek iewers anderkantdie sterre nie. Die HAT omskryf ruimte ook as“’n plek om jou uit te brei, te beweeg, dieonbegrensde waarin alle dinge hulle plek heten ’n gevoel van vryheid... sonder druk.”

Reeds in Genesis 26:19 lees ons vanruimte. ’n Hewige rusie het tussen Isak en sybure ontstaan oor putte wat hy gegrawe het.As gevolg daarvan het Isak die eerste putRusie genoem. Die tweede put het hy Klagtegenoem. Die derde put het Isak egter Ruimtegenoem want, het hy gesê: “Nou het dieHere vir ons ’n blyplek gegee waar ons ge-lukkig kan wees.”

Daar is te veel voorbeelde van rusie- enklagteputte om ons. Dink maar net aan dierusies tussen nasies. Dan praat ons nie eersvan die klagtes van generasie X,Y of Z nie ennog minder van Sussie wat nie eers virBoetie in haar kamer wil toelaat nie.

Dit is ook nie meer nodig vir bobbejaanom so haastig en lastig die berg te klim om

die Boere te vererg nie. Noem maar netwoorde soos Zimbabwe, plaasbesettings,grondhervorming en die boer soek sy roer.Dit is glad nie meer veilig vir Suikerbossieen hartjie-my-liefie om so stadig onder deurdie maan te stap nie. Met geweld, misdaad,roof en kapings is dit veiliger vir Suikerbos-sie en hartjie-my-liefie om agter die gesloteruimte van diefwering, doringdrade en tra-liehekke eerder na kykNET te kyk.

Afrikaners is ook nie meer aldag so plesie-rig nie. Of dit nou die taaldebat, kerkdebat,bly-of-gly-debat, intimidasie, konfrontasie,transformasie, taalverraaiers, volksverraaiers,hensoppers, hanskakies of beskuldigings vanvolstruispolitiek is – Afrikaners het maar minruimte om partytjie te hou. Ons snak in diewoorde van Antjie Krog na “Asem... Aasem...Aaaah... sem... in Afrikaans”.

’n Mens voel sommer lus om jou handein die lug te gooi en luidkeels saam metJohannes Kerkorrel te sing “dis ’n donker,donker land”, maar tog is dit my oortuigingdat daar in hierdie geknelde land van ons ’nruimhartige oplossing is.

Gister is vir ons kinders van vandag inbaie opsigte ’n vreemde land. Ons geslagstaan midde-in die 21ste eeu en ons isgewillig om ons plig te doen. Dit is nie virons ’n opsie om soos Ferreira ons goed te vaten te trek nie. Nog minder kan ons $20 mil-joen bekostig om soos Mark Shuttleworthagt dae lank in die hemelruim deur te bring,en van rusie- en klagteputte het ons genoeggehad. Dalk is die oplossing om op die ruimvlaktes van NP van Wyk Louw se “wye endroewe land... onder die groot suidersterre”nog ’n put te grawe. ’n Derde put – nie in

die grond nie, maar in ons harte. Ja, onsmoet grawe! Grawe deur al die pessimisme;grawe deur jare se rusie, twis, haat, voor-oordeel en persepsies.

Aanhou grawe tot in die onbegrensderuimte van God se hart waar alle dinge – ja,ook almal van ons – ’n plek het. In die ruim-te van God se hart vind ons nie net diéruimte waarin ons kan reik tot by die sterrenie, maar daar vind ons ook die ruimte watnodig is vir mekaar. Soos Paderewski kanons dan aan ander ’n plek op ons verhooggee en ons applous met hulle deel.• Dr. Danie Langner is uitvoerende direk-

teur van Solidariteit Helpende Hand. S

HANDE WAT HELPdr. Danie Langner

d’n Ruimte waar almal gelukkig kan wees

FOTO

’S:i

STO

CK

PHO

TO.C

OM

Page 39: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

s o l i d a r i t e i t h e l p e n d e h a n d

olidariteit Helpende Hand maakin Augustus geskiedenis met diebekendstelling van die eerste in-ternasionale Afrikaanse vroue-

organisasie. Die organisasie, HelpendeHand Dames in Aksie, gaan die moderneAfrikaanse vrou op internasionale, nasionaleen plaaslike vlak bemagtig om aktief by tedra tot die opheffing van Afrikaanse gemeen-skappe regoor die wêreld.

Dames in Aksie gee dinamiese Afrikaansevroue ’n staanplek om deel te wees van op-lossings vir die huidige armoedevraagstuk.“Ons land is in ’n krisis. Dit is tyd dat Afri-kaanse vroue op nasionale vlak saamstaan,standpunt inneem en deel word van die gro-ter prentjie om die armoedevraagstuk aan tepak,” sê dr. Maryn Botha, nasionale voor-sitter van Helpende Hand Dames in Aksie.Botha is reeds vir 20 jaar by die opheffingvan Afrikaanse vroue betrokke.

Volgens haar is daar ’n reuse-behoefte omarmoede op ’n maatskaplike, kulturele en

geestelike vlak aan te pak. Afrikaner-armoedehet sedert 1994 met 150% toegeneem.

Volgens prof. Flip Smit, ’n bekende demo-graaf, is sowat 600 000 Afrikaners besig omin armoede te verval. “Die geskiedenis bewysdat vroue telkemale ’n sleutelrol gespeel hetom die armoedesirkel deur die opheffing vangemeenskappe te verbreek,” sê Botha.

Volgens Lindie Strydom, skakelbeamptevan Dames in Aksie, is dit nodig dat vrouedeel moet wees van die groot droom van ’noplossing vir armoede. “Dames in Aksie geevir die moderne vrou die platform om haarroeping uit te leef en deur diensbaarheid ’nverskil te maak in haar gemeenskap en haargesin beter te ondersteun,” sê Strydom.

Behalwe dat Dames in Aksie ’n doen-organisasie is, bied dit aan vroue die ge-leentheid om ’n spreekbuis te wees vir dieAfrikaanse vrou in Suid-Afrika. “Dit is be-langrik dat vroue eienaarskap neem om sterkmorele waardes oor te dra aan hulle ge-meenskappe, en standpunt inneem oor mo-

rele kwessies wat hulle gesinne en gemeen-skappe raak,” sê Strydom.

Volgens Botha is daar ’n dringende be-hoefte aan ’n Afrikaanse vroue-organisasiewat openbare standpunt kan inneem oor diebelange van die Afrikaanse vrou.

“In hierdie stadium is slegs 2% van Afri-kaanse vroue by ’n formele vroue-organi-sasie betrokke. Dit is nodig dat vroue hullemoue oprol en aktief arm gemeenskappe inSuid-Afrika ophef.Vroue se kreatiewe insetteen aanslag is broodnodig om hierdie pro-bleem aan te pak,” sê Botha

Sy beklemtoon hoe belangrik dit is datAfrikaanse vroue die ware prentjie vanarmoede in Suid-Afrika raaksien, asook waarhulle binne hierdie prentjie diensbaar kanwees. “Daar is dinge in Suid-Afrika wat niemeer reg gepraat kan word nie. Dit is tyd datdie Christen Afrikaanse vrou in Suid-Afrikaopstaan en beweging gee aan hoop.”• Vir meer inligting, skakel Lindie Strydom

by 012 644 4390. S

Internasionale Afrikaanse g(e)roep vir vroue

s Deur Surika van Schalkwyk

Tel: 082 445 4513

[email protected]

Aanstap Rooies...

Nie saam met

Aksent Media nie!

Kies koers deur

die miernes en laat

Aksent Media

jou publikasie,

handelsmerk én

maatskappy na ’n

splinternuwe

vlak neem!

die pad is lank en swaar...

Page 40: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

s o l i d a r i t e i t h e l p e n d e h a n d

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 40

olidariteit Helpende Hand seeerste Afrikaanse Entrepreneurs-konferensie word op 17 Augustusaangebied vir voornemende en

huidige studente regoor Suid-Afrika.Verskeie sakekenners soos die ekonoom

Dawie Roodt; die voormalige uitvoerendehoof van Absa, Steve Booysen; en die uit-voerende hoof van Sanlam, Johan van Zyl,gaan as sprekers optree.

Die konferensie is ’n uitvloeisel van Hel-pende Hand se Reddingsdaadkongres wat inOktober 2009 by die Voortrekkermonumentgehou is. Vanuit die Reddingsdaadkongreshet die behoefte aan suksesvolle Afrikaansesakemanne, wat as rolmodelle vir onsvoormalige en hedendaagse entrepreneurskan dien, na vore gekom.

Volgens dr. Danie Langner, uitvoerendedirekteur van Solidariteit Helpende Hand, isdie doel van die geleentheid om veral jong-mense aan die wêreld van entrepreneurskapbloot te stel. “Ons beoog nie net om jong-mense te inspireer deur die suksesverhale vanlegendes in die sakewêreld nie, maar hoopook dat hulle die lewenslesse van die sprekerster harte sal neem,” sê Langner.

Langner meen dit is belangrik dat jong-

mense op ’n vroeë ouderdom leer om entre-preneuries te dink. “Dit is nodig om te besefhoe belangrik dit is om jou eie werklikheidin Suid-Afrika te skep. Afrikaanse jongmensein die land is nie meer verseker van werksoos ’n paar jaar gelede nie,” sê Langner.

Volgens hom is Solidariteit HelpendeHand daartoe verbind om die kundigheidvan Afrikaanse jongmense te ontwikkel omsodoende werkskepping en ekonomiesevooruitgang te stimuleer. “Daar moet weg-beweeg word van die idee van werk-nemersekuriteit na die gedrewenheid omaanstelbaar te wees. Hoe meer vaardighedejy het, hoe makliker kan jy jou vaardighedein werkgeleenthede omskep. Sodoende vry-waar jy jouself outomaties van regstellendeaksie,” voeg hy by.

Volgens Jan-Harm Schutte, bestuurdervan Helpende Hand se Beroepsleidings-dienste, kan die politieke klimaat wat tans inSuid-Afrika heers deur jongmense as ’n ge-leentheid of ’n bedreiging gesien word. “Asjy nie deur die politieke klimaat bevoordeelword nie, is jy as ’t ware vry om entrepre-neuries te dink. Op dié manier word jy deelvan ’n nuwe werklikheid wat deel is van dieoplossing vir ’n beter Suid-Afrika.” S

s Deur Surika van Schalkwyk

FOTO

:iST

OC

KPH

OTO

.CO

M

Helpende Handbied Afrikaansekonferensie virentrepreneurs

BESPREEK JOU PLEKSolidariteit Helpende Hand se AfrikaanseEntrepreneurskonferensie vind op Dins-dag, 17 Augustus by die Suid-AfrikaanseReserwebank in Pretoria plaas. Die kon-ferensie duur van 08:00 tot 17:00 en diekoste beloop R150. Daar is beperkteplek beskikbaar, so bespreek gou omteleurstelling te voorkom.• Bel Arina Stoker by 012 644 4390

of stuur e-pos na [email protected].

Sprekers sluit in:• Dawie Roodt – bekende ekonoom

en televisie-aanbieder.• Steve Booysen – voormalige uit-

voerende hoof van Absa.• Christo Wiese – onder meer direk-

teur van KWV en Metropolitan Lifeen eksterne direkteur van Sasol.

• Johan van Zyl – uitvoerende hoofvan Sanlam.

• Stef Coetzee – uitvoerende direkteurvan die Afrikaanse Handelsinstituut(AHI).

• Bertie du Plessis – kunstenaar,ontwerper, skrywer en die stigter vanMindPilot.

• Henk Schalekamp – adjunk-uitvoe-rende hoof van Solidariteit.

Page 41: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

PREMIES & DEKKING

UNIEKE KENMERKE

Solidariteit Finansiële Dienste

0861 867 335

Onderskryf deur Centriq Life Insurance Company Ltd • Registrasienommer: 1943/016409/06 • FSP-nommer: 7370

Solidariteit se lede het die behoefte uitgespreek aan ’n bietjieekstra kontant by die afsterwe van ’n geliefde – broodnodigegeld, veral in situasies waar bankrekenings gevries word.

Die vakbond het daarom ’n produk ontwikkel omin hierdie behoefte te voorsien:

Die Solidariteit Aanvullende Begrafnisdekking.

• Keuse tussen twee vlakke van dekking – R9 000 of R18 000 vir hooflid

teen onderskeidelik R13,83 en R27,65.

• ’n Gesin van 6 geniet dekking

(hooflid, gade en vier kinders) teen slegs R32,59 per maand.

• Voorsiening word gemaak vir die byvoeging van ouers en skoonouers.

• Premies van so min as R14 per maand.

• Maklike aansoekproses met geen mediese of bloedtoetse.

• Vinnige uitbetaling.

• Skema slegs vir lede wat die begrafnisvoordeel by Solidariteit geniet.

• Maksimum intree-ouderdom vir volwasse afhanklikes is 70 jaar.

DEKKING PREMIE DEKKING PREMIE

R9 000 R13,83 R18 000 R27,65

R32,59 R65,18

R9 000 R18 000

R7 472 R14 944

R7 472 R14 944

R4 202 R 8 404

R4 202 R 8 404

R2 911 R 5 822

R5 000 R20,74 R 5 000 R20,74

R5 000 R30,81 R 5 000 R30,81

Hooflid

Familie

(Hooflid, gade en maksimum 4 kinders)

Hooflid

Gade

Kinders 14-21

Kinders 6-13

Kinders 1-5

Kinders 1 en ongebore babas

Volwasse afhanklikes 65 >

Volwasse afhanklikes 65 <

AK

SENT

MED

IA•

07/2010

Page 42: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 42

b e d r y f s n u u s

oofopskrifte in die media lui:“Wie lei Eskom nou?”, “Werkne-mers dreig met staking”, “Vonkeby Eskom verwag”, “Eskom hetdringend ’n plan nodig” en

“Eskom-base kan vet tjeks kry”. Te middevan die polemiek rondom leierskap en lonewat soos ’n donker wolk oor Eskom hang,trek Eskom se werknemers steeds aan diekortste ent. Maar wat presies is die werk-nemers se gevoel terwyl hulle in die koe-rante lees hoe Eskom-base in die geld rol enhoe die traak-my-nieagtigheid van hullewerkgewer voortduur?

’n Opname wat Solidariteit onder sy ledeby Eskom gedoen het, dui daarop dat 95%van lede voel dat Eskom nie omgee vir sywerknemers nie. Sowat 85% van lede hetaangedui dat Eskom nie sy werknemersmarkverwant vergoed nie en bykans 74%van lede het aangedui dat hulle die krag-voorsiener sal verlaat indien hulle dieselfdesalaris elders kan kry. In antwoord op ’nvraag oor die onmin tussen werknemers endie Eskom-bestuur, het 92% aangedui dat ’nskeuring wel plaasgevind het. Die gevolg-trekking is dat Eskom sy geloofwaardigheid,sy trots en die vertroue van sy arbeidsmagverloor het.

Die feite is daar: Werknemers is onge-lukkig en Eskom jaag goeie vaardighedeweg, met of sonder regstellende aksie. ’npaar Eskom-werknemers vertel hulle kantvan die storie:

’n Werknemer by Eskom se Medupi-krag-stasie naby Lephalale (Ellisras) vertel:“Die werknemers is beslis negatief hier. Geenvan die werknemers wil enigiets met die be-

stuur bespreek nie. Ons vertrou hulle nie. Diewerknemers is kwaad. Die behuisingsaan-vraag in Ellisras het die hoogte ingeskiet enpaaiemente wat R3 000 per maand was, isnou in sekere gevalle tot R2 000 of R3 000meer. Werknemers praat onder mekaar oorhoe hulle nie meer hul huise kan bekostig nie,terwyl ons in die koerante moet lees watterbonusse die topbestuur ontvang. Al laat staanhulle die loonverhogings kan hul ten minstevir ons beter behuisingsubsidies gee.”

’n Werknemer by Eskom se Hendrina-krag-stasie vertel:“Ons het al memorandums oorhandig oorons ongelukkigheid met die bestuur, maarons kry nooit enige terugvoer nie. Menseword selfs hier aangestel sonder die nodigedokumentasie en wanneer ons hulle daarooraanvat, dan staan hulle met ’n bek vol tandeen sê jammer. Maar steeds bly die persoononregverdig in die pos aangestel. Werk-nemers hier wil hulself ontwikkel en ver-beter, maar dié versoeke word alewigafgekeur, terwyl werknemers in ander afde-lings gedurig geleenthede kry. Almal wordnie oor dieselfde kam geskeer nie. Ons ismoeg, moeg vir die Eskom-bestuur se praat-jies. Werknemers kry ook minder lone hieras wat in die koerante geskryf word. Baiewerknemers sal die pad vat as hulle kan,veral die jongmense. Maar vir die ander isdit maar vat wat jy kry.”

’n Werknemer by Eskom in KwaZulu-Natalvertel:“Die moraal is laag. Die Eskom-bestuur kry’n R5 000-behuisingstoelae en sokkerkaar-tjies en bly in luukse hotelle as hulle op

sakebesoeke Johannesburg toe gaan. Diejonger kundiges gaan soek almal eerder ’nander heenkome. Die element van rassismeis ook duidelik sigbaar. Jou velkleur speel ’nreuse-rol. Bestuurders gee voorkeur aanswart en Indiër-werknemers en die dissipli-nêre prosesse is ook deurspek met rassisme.Boonop word bestuurders aangestel watglad nie oor die nodige vaardighede beskiknie en aan niemand verslag doen nie. Diekersie op die koek is dat Eskom sowaar ’nwins vir die afgelope boekjaar getoon het enbestuurders tot R1 miljoen se bonusse ont-vang, terwyl ons die werk doen. Ek is nega-tief, almal is negatief. Die bestuur verrykhulself ten koste van die werknemers.”

Hierdie is dieselfde werknemers wat indie moeilikste omstandighede vir jare lankSuid-Afrika se elektrisiteitnetwerk aan diegang moes hou. Dieselfde werknemers hetverhinder dat Suid-Afrika tydens die Sokker-wêreldbekertoernooi in donker gehul was.Terwyl Eskom-base in hulle duur losies bySoccer City gesit het, het Solidariteit-ledegewerk om die ligte aan te hou. Hierdie on-gelukkigheid onder werknemers is onge-kend. Pleks daarvan om arbeidsverhoudingsreg te bestuur, het Eskom eerder besluit om’n deksel op die kookpot te sit. Werknemersvoel gevolglik dat hulle nie toegelaat wordom aan hulle frustrasies uiting te gee nie endie gevolg is ’n drukkoker wat wag om teontplof omdat daar geen uitlaatklep is nie.

Brian Dames, nuutverkose uitvoerendehoof van Eskom, is in die posisie om ver-houdings reg te ruk. Eskom het miljarde randse finansiering gekry om in sy infrastruktuur tebelê, maar dieselfde tyd en geld is nodig omin sy werknemers te belê. S

Rassisme en geld: Eskom-werknemers sê

hDeur Charl Oberholzer

FOTO

’S:i

STO

CK

PHO

TO.C

OM

Page 43: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

b e d r y f s n u u s

an ’n klein dorpie in die Karooin die Noord-Kaap, Britstown,tot vandag se uitvoerende hoofvan Eskom in die hart van Jo-

hannesburg. Brian Dames het die suksesleergeklim en is nou aan die stuur van Suid-Afrika se primêre elektrisiteitverskaffer.

Dié 44-jarige apolitiese fisikus het met syMBA-graad bestuursposte by verskeie krag-stasies beklee, onder meer by die Duvha-,Matimba- en Koeberg-kragstasies. Hy wasook die afgelope tydperk die algemene be-stuurder van Eskom nadat hy voorheen virdie topposisie oorgesien is.

Dames het egter die afgelope jaar steunvan binne en buite Eskom begin kry. Vakbon-de soos die National Union of Mineworkers(NUM) en Solidariteit het die bestendigheidverwelkom wat Dames kan bied. Hoewel dieANC nie ’n gunstelingkandidaat vir die posbekendgemaak het nie, geniet Dames diesteun van grootkoppe in die ANC. Of dit voor-delig gaan wees of nie, sal net die tyd kan leer.

Intussen is dit geen geheim dat Dames ’nomstrede maatskappy met talle probleme oor-neem nie. Die grootste is sekerlik die standvan arbeidsverhoudings by Eskom.Volgehouedruk wat vakbonde soos Solidariteit op Eskomuitoefen, plaas dié semi-staatinstelling se swakpunte in die kollig. Buitensporige bestuurs-bonusse, onregverdige behandeling van diearbeidsmag en konflik in die leierskorps hetdaartoe gelei dat Eskom-werknemers se mo-raal laag is.

Boonop is Eskom se loononderhandelingsaltyd taai en onvoorspelbaar. Die uitdaging virdie Eskom-bestuur gaan wees om ’n kultuurvan selfverantwoordelikheid te vestig en so-doende bitter verhoudings met vakbonde,werknemers en die publiek te verbeter.

Dames se sterk punt is sy tegniese vaar-digheid. Boonop skort daar niks met sy on-dervinding nie en dit mag dalk vir hommakliker wees om Jacob Maroga se skoenevol te staan as wat die meeste mense souverwag. S

Nuwe Eskom-hoof kan bestendigheid bring

v Deur Charl Oberholzer

Brian Dames, nuwe Eskom-hoof.

FOTO

:VER

SKA

F

Page 44: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 44

b e d r y f s n u u s

ie Goedvoel-projek wat deurSolidariteit se mediese bedryfbegin is, het die breiwerk van hulvrywilligers aan Helpende Handse Akasia-tak oorhandig. Daar

was groot belangstelling in die projek, waar-voor R10 000 se wol aangekoop is. Tallebreiers het sommer hul eie wol gebruik.

Die vrywilligers het 24 stelle nagklere,203 truie, 40 musse, 35 mus-en-truistelle,114 pare slaapsokkies, 9 kombersies, 30poppies en 300 serpe gebrei. Een dame hetook 11 handgemaakte duvets en 20 sweet-pakke vir die projek geskenk.

Die mense wat die meeste gebrei het,woon in die Ruimtesig- en Equistra-aftree-oorde asook Huis Herfsblaar in Pretoria. Dievoltooide artikels is afgelewer by SalonVille-ria, waar die werknemers en van die kliënteook gebrei het.

“Almal wat help brei en wol geskenk het,word bedank. Die geesdrif en die gesindheiden die welslae van die projek het alle verwag-tings oortref. Die artikels wat gelewer is, is vanhoogstaande gehalte,” sê Samantha vanTonder, organiseerder van die projek.

“Al die artikels is geskenk aan behoeftigemense en veral kinders wat dit die nodigstehet hierdie winter. Dit is ’n baie koue winteren die breiwerk het ’n groot verskil gemaak,”vertel sy.

’n Tweede besending gebreide klere gaanaan Solidariteit-organiseerder Willie Maraisvan Klerksdorp oorhandig word om daar aandie Helpende Hand-tak te versprei. S

Goedvoel-projek oorhandig breiwerkDeur Reint Dykema

d

Jackie Oosthuizen (mediese bedryf), Jackie Heaton (mediese bedryf), André van der Merwe(bedryfshoof: mediese bedryf), Andy van derWalt (mediese bedryf), Cassie en Corrie van der Merwe(Helpende Hand-tak in Akasia), en Samantha van Tonder (organiseerder van die Goedvoel-projek).

Blackie Swart (52), ’n legendariese vakbond-man wat die afgelope twee dekades ’n grootbydrae in die bandebedryf en in Solidariteitgelewer het, is ná ’n kort siekbed op 1 Julieoorlede. Sy dood is nie net vir die vakbondnie, maar vir elke lid wat hy daagliks bedienhet ’n onmeetbare verlies.

Swart, oud-hoofraadslid en voltydse ver-teenwoordiger van Solidariteit, het as ’n vak-leerling by die vakbond aangesluit en teendie laat 1980’s is hy reeds tot voltydse ver-teenwoordiger verkies. Volgens Piet Veldt-man, Solidariteit-organiseerder in Despatch,wat nou saam met Swart gewerk het, was dit

juis Swart se uitsonderlike ledediens watverseker het dat hy keer op keer as voltydseverteenwoordiger verkies is.

Swart was tot 2009 lid van Solidariteit sehoofraad voordat hy weens persoonlike om-standighede sy amp in die raad neergelê het.

Swart was onder meer verteenwoordig inverskeie rade van die Merseta en was trustee-lid van die voorsorgfonds asook verskeie me-diese skemas by Goodyear. Daarbenewenswas hy die voorsitter van Solidariteit se be-dingingspan in die bandebedryf.

Swart laat sy bejaarde ma, sy vrou entwee kinders agter.

Legendariese vakbondman se dood laat groot leemteDeur Ilze Nieuwoudt

FOTO

’S:R

EIN

TD

YK

EMA

Blackie Swart

Page 45: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

b e d r y f s n u u s

igitale migrasie (die oorskakelingvan analoog- na digitale televi-sie) moet wêreldwyd reeds teen2015 gefinaliseer wees, maarvrese bestaan nou onder groot

maatskappye soos M-Net en e.tv dat Suid-Afrika moontlik hierdie spertyd gaan mis-loop omdat die Suid-Afrikaanse regering inJunie aangekondig het dat ’n alternatiewestandaard nou oorweeg word.

Die oorskakeling word wêreldwyd ge-doen. Verskillende tegnologieë (oftewelstandaarde) word gebruik, afhangende vandie spesifieke behoeftes en vereistes van elkeland. Suid-Afrika het ná meer as twee jaar senavorsing besluit om van die Europese stan-daard (DVB-T) gebruik te maak. Intussen isdaar in Junie aangekondig dat die regeringnou eerder ondersoek gaan instel na dieJapannese standaard (ISDB-T).

Kort ná die aankondiging het M-Net ene.tv gewaarsku dat die regering se besluit omnou ’n alternatiewe standaard te ondersoek

’n vermorsing van tyd en geld is. Nie netloop Suid-Afrika die gevaar om die spertydvir die afskakeling van analoogseine mis teloop nie, maar die waardevolle finansiëlebelegging van sowat R250 miljoen wat reedsin die ondersoek na die Europese standaardgesit is, sal verlore gaan. Luidens media-berigte is alle toetse wat sedert 2007 gedoenis vir die oorskakeling in Suid-Afrika opDVB gedoen.

Solidariteit het in Junie gewaarsku dat dieregering die oorskakelingsproses onnodigvertraag en dat die besluiteloosheid oorwatter standaard gebruik moet wordmaatskappye wat dekodeerders (oftewel SetTop Boxes – SBT’s) wil ontwikkel en ver-koop, in die duister laat.

“Hierdie proses kan beteken dat plaaslikeinligtingstegnologiemaatskappye wat reedsmet die ontwikkeling van dekodeerdersbegin het, moontlik verliese kan ly as daarop ’n ander standaard besluit word,” verdui-delik Marius Croucamp, Solidariteit se

bedryfshoof vir die inligtings-, kommuni-kasie- en tegnologiebedryf.

Hoewel Siphiwe Nyanda, minister vankommunikasie, volhou dat ’n oorskakeling nadie Japannese standaard net ’n verandering indie programmatuur en nie apparatuur salbeteken nie, meen Solidariteit dat dit ook ’nnoemenswaardige koste-implikasie vir inlig-tingstegnologiemaatskappye sal inhou.

“Aansienlike tyd en geld is reeds deurmaatskappye bestee om die STB’s volgensdie Europese standaard te ontwikkel en diemoontlikheid dat die Japannese standaardnou gebruik gaan word, gooi die beplanningvan koers af en kan geweldige finansiëleverliese vir die maatskappye inhou. Daarbe-newens loop die maatskappye ook die ge-vaar om nie betyds die tegnologie plaaslikte kan vervaardig nie en sal verbruikersmoontlik ingevoerde tegnologie aankoopwat verdere finansiële implikasies vir plaas-like maatskappye inhou,” sê Croucamp.• Lees ook die artikel op bladsy 16. S

Regering mors só tyd en geld met digitale migrasieDeur Ilze Nieuwoudt

d

Page 46: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 46

b e d r y f s n u u s

PETROLEUMGroot rolspelers soos Sasol Synfuels, Engen enPetroSA maak deel uit van die chemiese be-dingingsraad. Geen loononderhandelings hetvanjaar in die petroleumsektor plaasgevindnie. Ingevolge die tweejaarloonooreenkomswat verlede jaar met vakbonde bereik is, salwerknemers vanaf 1 Julie 2010 ’n verhogingvan 7,25% ontvang, aangesien inflasie virApril onder 5,75% gedaal het; en in Januarie2011 sal hul ’n bykomende 0,5% op Junie2010 se salarisskaal ontvang.

NYWERHEIDSCHEMIKALIEËOnderhandelings in dié sektor was omtrent’n taai tameletjie en het afgeskop op ’naanbod van 6,1% van die werkgewer. Diepakketaanbod het die aanpassing van ’nminimumloon van R3 756,96 tot R4 000 permaand en die instelling van spesiale verlofvan drie dae per jaar vir voorgeboortelikeondersoeke ingesluit. Solidariteit was niehiervoor te vinde nie en het ná afloop van ’ndispuutronde die volgende aanvaar, nadat ’nmandaat van die lede verkry is:• ’n Loonverhoging van 7,5% vir imple-

mentering in Julie vanjaar; en• ’n bykomende 0,5%-verhoging op grond

van werknemers se Junie 2010-salarissevir implementering in Januarie 2011.

Die nywerheidschemikalieësektor bestaanuit maatskappye soos Afrox, verskeie Sasol-eenhede, Karbochem, Safripol en Omnia.

GLASBekende glasmaatskappye soos die PG GlassGroup en Consol word in die glassektor vandie chemiese bedingingsraad verteenwoordigen loononderhandelings in dié sektor is her-vat. ’n Klousule in die tweejaarooreenkomswat verlede jaar bereik is, bepaal dat onder-handelings in die tweede jaar van die oor-eenkoms hervat moet word indien inflasie virApril onder die 5,5%-vlak beweeg. Inflasie virApril is op 4,8% gereken. Solidariteit en dieander vakbonde in die sektor het reeds ’nlooneis van 9,5% aan werkgewers voorgelê.In dié stadium bied werkgewers ’n loonver-hoging van 6,25% aan. S

Taai onderhandelings in chemiese bedryf gevoerSolidariteit is druk besig om loonooreenkomste in verskillende sektore in die Nasionale Be-dingingsraad vir die Chemiese Bedryf (NBCCI) te bereik. Hoewel loononderhandelings dikwels ’nsenutergende proses is, het Solidariteit die knoop deurgehak en ooreenkomste in die nywerheids-chemikalieësektor bereik, terwyl die petroleum- en glassektore nog midde-in tweejaarloonoor-eenkomste is, berig Charl Oberholzer.

The National Bargaining Council for the Chemical Industry (NBCCI) is basedin Johannesburg and serves the chemical sector nationally. The primary aim ofthe NBCCI is to enhance labour peace in the chemical industry throughprocesses of dispute prevention and resolution. Solidarity entered a 7,3% wageagreement with chemical companies such as Afrox, several Sasol units and Omnia. Tradeunions in the NBCCI include Solidarity, the Chemical, Energy, Paper, Printing, Woodand Allied Workers Union, the General Industries Workers Union of South Africa and theSouth African Chemical Workers Union. Trade unions represent more than 50% ofemployees in the chemical industry as defined in the constitution of the NBCCI.

FOTO

:iST

OC

KPH

OTO

.CO

M

Page 47: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

b e d r y f s n u u s

olidariteit het hom vanjaar vir dieeerste keer op die finansiële bedryfbegin toespits – en ná net eenloononderhandelingseisoen kon

Solidariteit as nuweling in dié bedryf toesiendat lede by die Mine Pension Fund Manage-ment Services (MPF) met ’n welkome loon-verhoging vergoed word. Die MPF hanteervolgens die fonds se webtuiste tans die be-lange van meer as 17 000 lede en meer as22 000 pensioenarisse in die myn- en myn-verwante bedrywe. 51 werkgewers is deel vandié fonds.

Volgens Derek Mans, Solidariteit-organi-seerder in die inligtingskommunikasieteg-nologie- en finansiële bedryf (IKTF), wat dieloononderhandelings namens lede hier han-teer het, het Solidariteit reeds ’n groot verskilby die MPF gemaak. “Die vorige vakbondwat hoofsaaklik by die maatskappy geor-ganiseerd was, Sasbo, het nagenoeg 40%-verteenwoordiging in die MPF gehad. Dievakbond het egter onlangs sy erkenning hier

verloor. Met Solidariteit se toetrede tot dieMPF het ons besef dat ons uit die foute moetleer wat reeds hier gemaak is,” sê Mans.

Dié troefkaart het reeds vrugte gedra enSolidariteit verteenwoordig reeds 84% vandie werknemers in die bedingingseenheid.

Ingevolge die loonooreenkoms wat inJunie onderteken is, ontvang werknemersvanjaar ’n verhoging van 9%. Die verhogingis gekoppel aan werknemers se prestasie,posvlak en die skaarsheid van die werkne-mers se vaardighede. Dié eenjaarooreen-koms is vanaf 1 Julie in werking gestel.

Mans is verheug oor die welslae van dieloononderhandelings by die MPF. “Die ver-hoging is gegrond op meriete en hoewel dieooreenkoms ’n verhoging van 9% behels,het werknemers vanweë hul prestasies selfsmeer ontvang. Nagenoeg 74% van Solidari-teit-lede het ’n loonverhoging van 9% enmeer ontvang,” sê Mans.

Solidariteit is besig om die erkennings-ooreenkoms met die MPF te finaliseer. S

Solidariteit behaal welkome loonoorwinning by MPF

s Deur Ilze Nieuwoudt

... EN BYMEDI-CLINICSolidariteit het loononderhandelings bynog twee Medi-Clinic-hospitale afge-handel. Die vakbond het die eerste keerin die geskiedenis by die Hart-hospitaalin Pretoria onderhandel. Die loonskik-king bevat ’n vertroulikheidsklousulewat bepaal dat die presiese persentasienie bekend gemaak mag word nie. On-derhandelings het ook plaasgevind bydie Emfuleni Medi-Clinic inVanderbijl-park, waar ’n loonooreenkoms ook be-reik is. By albei hospitale is verhogingsbo 9% beding.

FOTO

:iST

OC

KPH

OTO

.CO

M

Page 48: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

olidariteit se lugvaart, chemiese, enprofessionele (LCP) bedryf hetvanjaar ’n nuwe rigting ingeslaan.Jahni Cowley, organiseerder in dié

bedryf, het hand aan die ploeg geslaan enhaar fokus in die professionele dienste ver-breed deur veral werknemers by universiteiteen kolleges te nader om by Solidariteit aan tesluit. Professionele dienste verteenwoordiglede by ’n verskeidenheid maatskappye watenigiets van landbounavorsingsinstitute totuniversiteite insluit. Jahni Cowley het metSolidariteit Tydskrif gesels oor die taak wat syhet om professore, doktors en akademici teoorreed dat hulle Solidariteit se beskermingnodig het.

Wat behels jou werk in die LCP-bedryf?Ek is toegewys aan die tersiêre onderwys-sektor. Dit beteken ek is verantwoordelik virdie werwing en organisering van takke byuniversiteite en kolleges. Ons konsentreerop die oomblik op Gauteng.

By watter universiteite is jy tans besig omlede te werf?Die Universiteit van Pretoria (UP), dieTshwane Universiteit van Tegnologie (TUT)en die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).Solidariteit het ook ’n sterk teenwoordigheidby ander universiteite soos die Universiteitvan Stellenbosch en die Universiteit vanJohannesburg. Ek is ook besig met werwingby ’n paar ander kleiner maatskappye.

Hoe oorreed jy professore en akademici dathulle Solidariteit nodig het?Dit is nie altyd maklik nie! Gelukkig het dievakbond ’n goeie beeld en Solidariteit sereputasie loop hom vooruit. Werknemers(akademies en nie-akademies) by univer-siteite begin al meer besef dat hulle die hulpvan ’n sterk, onafhanklike vakbond nodighet. Ek gesels gewoonlik met hulle oor dieSolidariteit Beweging en dit is regtig ietswaarby mense betrokke wil raak.

Hoekom is dié bedryf jou passie?Ek glo dat daar nie in alle omstandighedegenoeg beskerming vir personeel by uni-versiteite is nie. Dit is waarlik ’n sektor waarSolidariteit kan groei. Die LCP-bedryf is mypassie, want ek glo dat die mense in diebedryf werklik omgee. Ek het die afgelopevier en ’n half jaar so baie geleer en gegroei.

Dit is te danke aan uiters kundige kollegasen ’n baie dinamiese bedryfshoof.

Wat is jou doelstellings vir dié bedryf teeneinde 2011?Ek wil seker maak dat Solidariteit erkenningingevolge die Arbeidswet by die groot uni-versiteite kry. Daarna wil ek goed gevestigdetakke by dié universiteite op die been bring.

Hoekom moet werknemers by universiteiteby Solidariteit aansluit?Solidariteit bied beskerming en gespesia-liseerde hulp vir werknemers; geen andervakbond in die sektor bied dit nie. Die Soli-dariteit Beweging in sy geheel bied ’nunieke geleentheid aan werknemers om ’naktiewe verskil in ons land te maak en sohulle eie toekoms te beskerm.

Wat is jou stokperdjies?Ek lees graag en ek sorg dat ek gereeld

oefening kry. Ek spandeer tyd saam met myman en dogtertjie. Om te gaan fliek is ook’n baie gewilde tydverdryf vir die Cowley-gesin!

Het jy ’n mentor? Indien wel, wie?Ek het ’n lang lys van mentors. Ek leer sobaie by my mede-organiseerders soos Ma-rius Croukamp, Raymond Holland-Chap-man, Fanie Vosloo en die bedryfshoofGerhard Ceronie. Ek maak ook baie staat opmy huidige kollegas in Pretoria, Connie Ba-denhorst en Schalk de Bruin. As ek ’n saakmet vreemde feite moet hanteer, druk ek opZirk Gous of Gerhard Cloete se knoppie.

Hoe kan iemand by Solidariteit aansluit?Die heel maklikste is deur die webtuiste bywww.solidariteit.co.za of om die dienssen-trum te skakel. Belangstellendes kan my bydie Pretoria-kantoor of vir FanieVosloo by dieBoksburg-kantoor skakel. S

b e d r y f s n u u s

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 48

Vakbond se visier op universiteite gerig

s Deur Charl Oberholzer

GELEENTHEDE BY UPSolidariteit het ’n lang geskiedenis by dieUP. In 1998 het die UP byna die helftevan sy personeel afgelê in ’n tyd toeheelwat werknemers nie aan ’n vakbondbehoort het nie. Dié afleggings het nuweinterne vakbonde tot gevolg gehad enSolidariteit, destyds die Mynwerkersunie(MWU), het geleidelik meer steun onderwerknemers begin geniet. Interne vak-bonde soos die Universiteit van PretoriaWerknemersorganisasie (UPWO) orga-niseer steeds op die kampus. Die Uni-versiteit van Pretoria Personeel (UPP) hetintussen ontbind. Solidariteit het ’n goeieverhouding met die UP en verteen-woordig lede dikwels met betrekking totonbillike ontslag-sake en dissiplinêreverhore. Die National Education Healthand Allied Workers Union (Nehawu),wat by Cosatu geaffilieer is, en dieUPWO geniet tans volle erkenning bydie UP. Aangesien die UPWO en andervakbonde toenemend steun verloor, hetSolidariteit nou die geleentheid om meerlede onder die universiteit se werk-nemers te werf.

Jahni Cowley

FOTO

:REI

NT

DY

KEM

A

Page 49: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

b e d r y f s n u u s

oewel die resessie die motorbedryfin Suid-Afrika verlede jaar ’n aan-sienlike knou gegee het, is die her-stel hier reeds duidelik en ditoortref kenners se verwagtings.

Luidens die jongste syfersvir motorverkope wat in dieeerste week van Julie vry-gestel is, vaar motorverkopein Suid-Afrika relatief goed.Die National Association ofAutomobile Manufacturers ofSouth Africa (Naamsa) is egterversigtig optimisties oor diéverbetering en meen dat dieverbetering in die vlak vanmotorverkope teen die uitermatige laevlakke van 2009 gemeet moet word. Daar isegter reeds in die eerste ses maande van diejaar ’n noemenswaardige verbetering in dievlakke van motorverkope.

Altesame 26 810 nuwe motors is ge-durende Junie vanjaar in Suid-Afrika verkoop.

Dié verkope dui op ’n 25,8%-toename(oftewel meer as 5 500 eenhede) teenoordieselfde tyd verlede jaar.

Daar is ook ’n verbetering in die verkopevan ligte kommersiële voertuie, bakkies en

minibussies asook in die af-deling vir medium en swaarvragmotors aangeteken.

Volgens Naamsa het ver-skeie faktore tot die ver-betering in die bedryf gelei.Die organisasie meen datbestendige rentekoerse, meerbestendige pryse van nuwemotors en die toename in diegoedkeuring van finansiering

die bedryf ’n hupstoot gegee het.Hernieude vertroue in die motorbedryf is

ook sigbaar in motorvervaardigers se bereid-willigheid om te belê. Volgens Deon Reyne-ke, hoof van Solidariteit se metaal- en in-genieursbedryf, is hierdie vooruitsigte posi-tiewe nuus vir die Suid-Afrikaanse ekono-

mie. Hy beklemtoon dat die voordeel watverdere belegging vir werknemers in hierdiesektor gaan inhou veral noemenswaardig is.

Dit volg nadat Europa se grootste motor-vervaardiger, Volkswagen (VW), in Junieaangekondig het dat hy sy Uitenhage-aanlegen die verspreidingsentrum buite Pretoriagaan uitbrei. Die vervaardiger beplan omnagenoeg €70 miljoen in dié uitbreiding tebelê. In die afgelope vier jaar het VW reedssowat €500 miljoen in sy Suid-Afrikaansebeen gestoot. Luidens mediaberigte vormhierdie finansiële inspuiting deel van diemaatskappy se strewe om die grootste mo-torvervaardiger ter wêreld te word.

Die uitbreiding sal onder meer tot ’n ver-dubbeling in produksie by die Uitenhage-aanleg kan lei, het Martin Winterkom, diemaatskappy se voorsitter, gesê.

Reyneke voeg by dat Solidariteit vol ver-troue is dat hierdie uitbreiding ook tot ’nverhoging in die aantal werkgeleenthede bydie maatskappy sal lei. S

Motorbedryf begin sy kop optel ná moeilike jaar

hDeur Ilze Nieuwoudt

FOTO

:iST

OC

KPH

OTO

.CO

M

Page 50: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

b e d r y f s n u u s

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 50

ie mynbedryf het tydens dieSuid-Afrikaanse Tuberkulose-konferensie wat in Junie gehouis in die spervuur gekom. Terwylsommige meen dat tuberkulose

(TB) op Suid-Afrikaanse goudmyne ’n “on-geëwenaarde openbare gesondheidsrisiko”is, is daar ander wat meen die Suid-Afri-kaanse goudmyne is ’n TB-fabriek.

Luidens ’n studie wat op 1 Junie deur dieOxford Universiteit bekendgestel is, toon na-vorsing dat verhoogde vlakke van mynbou-produksie met verhoogde vlakke van TBonder die algemene publiek ooreenstem. Diestudie voer aan dat die mynbedryf vir meer as700 000 voorvalle van TB in Afrika suid vandie Sahara verantwoordelik kan wees.

Daarbenewens is ’n verwantskap tussenMIV en TB gevind in lande waar daar ’n hoëvoorkoms van MIV is. Navorsers meen datswak ventilasie in die myne die risiko virinfeksie verhoog.

Volgens die menseregtegroep AIDS andRights Alliance for Southern Africa (ARASA)is werknemers in die goudbedryf meer vat-baar vir TB weens die hoë vlakke van sili-kastof wat in die goudmynproses vrygestelword. Volgens die departement van gesond-heid het tussen 3 000 en 7 000 uit elke100 000 mynwerkers na raming TB.

Volgens Paul Mardon, hoof van Soli-dariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en-veiligheid, moet die kwessies van TB, sili-kose (’n longsiekte wat deur die inasemingvan silikastof veroorsaak word) en MIV/vigsin die Suid-Afrikaanse mynbedryf holistiesondersoek word. Hy beklemtoon dat hoeweldaar reeds talle inisiatiewe is om dié kwes-sies in die mynbedryf aan te pak, moet heel-wat werk nog gedoen word.

Mardon meen egter dit is nie korrek omdie mynbedryf as ’n “TB-fabriek” te bestem-pel nie. “Myne is in wese onveilige werk-plekke en die voorkoms van silikose is ookin wese deel van Suid-Afrikaanse myne.Weens die omstandighede in myne is ditook ’n teelaarde vir onder meer TB, maar ditvorm nie ’n wesenlike deel van mynbou nie.

“Die probleem kan wel deur maatskap-like projekte opgelos word. Daar was in dieafgelope vyf jaar beslis ’n afname in die aan-tal voorvalle van silikose, TB en MIV/vigsonder mynwerkers, maar daar is nog ’n langpad om te stap. Dit is egter verblydend datmyne nou toenemend hulle verantwoor-

delikheid in hierdie verband begin besef,”beklemtoon Mardon.

Hanlie van Vuuren, ook van Solidariteitse afdeling vir beroepsgesondheid enveiligheid, meen dat die oplossing vir dieprobleem van TB by myne nie deur Suid-Afrika alleen aangepak kan word nie. “Suid-Afrika kan nie die stryd alleen aansê nie endaarom is die hulp en bystand van interna-sionale organisasies soos die Wêreldgesond-heidsorganisasie en die Internasionale Ar-beidsorganisasie nodig om die probleemhok te slaan,” verduidelik sy.

Sy meen voorts dat werkgewers beslis ’n

aandeel in die proses moet hê deur beleids-besluite te neem en toe te pas.

Volgens Van Vuuren is mense se vatbaar-heid vir siektes en die vlak van siektever-spreiding hoofsaaklik aan sosio-ekonomieseomstandighede te wyte. Sy meen ook dat dieoorspronklike verwysing na TB as mynteringaan die onkunde oor die siekte toegeskryfkan word.

Van Vuuren benadruk dat hoewel diegoudmynbedryf swaar onder voorvalle vanTB gebuk gaan, dit nie die enigste bedryfis wat met dié siekte onder werknemersworstel nie. S

Goudmynbedryf ’n tuberkulosefabriek?

dDeur Ilze Nieuwoudt

SKOKKENDE SYFERS• Studies het bevind dat dit nie net werknemers in die goud-

mynbedryf is wat hoërisiko-kandidate vir TB is nie, maar ookhul gesinne.

• Die onderbreking van behandeling is uiters gevaarlik aangesien dit tot dieontwikkeling van uiters weerstandige TB kan lei.

• Volgens ’n navorser van die Universiteit van Kalifornië het een studie getoondat een uit elke drie werknemers in die goudbedryf reeds binne hul eerste 18werkmaande in die bedryf met MIV/vigs besmet kan wees. Dit betekenuiteindelik dat dié werknemers ’n selfs hoër risiko het om TB op te doen.

FOTO

:iST

OC

KPH

OTO

.CO

M

Page 51: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

p r o m o s i e - a r t i k e l

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an u m b e r 4 o f 2 0 1 0 51

ekostigbaarheid in die gesond-heidsorgbedryf is wanneer dieverlangde vlak van dekking inewewig is met hoeveel dié dek-king kos. Sodra hierdie twee as-

pekte in balans is, ervaar die lid dat hywaarde vir geld by sy of haar mediese skemaontvang.” Só sê Anton Rijnen, uitvoerendehoof van Medihelp, op twee na Suid-Afrikase grootste oop mediese skema.“Die maandelikse premie van ’n voorde-

le-opsie styg gewoonlik soos wat dekkingmeer omvattend raak. Daarom is dit belangrikdat ’n lid ’n voordele-opsie kies wat aan sy ofhaar spesifieke behoeftes voldoen. Deur ’nopsie te kies met omvattende dekking wat on-nodig is, betaal die lid vir voordele wat hy ofsy waarskynlik nie gaan gebruik nie. Dit beïn-vloed die waarde vir geld wat die lid ont-vang,” sê Rijnen.Om waarde-vir-geld-opsies te kan bied,

moet ’n mediese skema al die basiese dingereg doen. Dit sluit in finansiële prestasie,ledegroei en dienslewering. “Wat finansiesen ledegroei betref, presteer Medihelp be-sonder goed. Ons kon in 2009 daarin slaagom ons ledetal met 18% te verhoog tot meer

as 220 000 mense en ons bied tans mediesedekking aan meer as 236 000 mense. Boon-op is ons solvensieverhouding hoër as dievoorgeskrewe minimum van 25%,” sê hy.BuitenMedihelp se goeie vertoning wat fi-

nansies en groei betref, het die skema ookgoed presteer op die gebied van kliëntediens,handelsmerkbewustheid, eisebetalingsver-moë, en as werkgewer. Wat kliëntediens be-tref, is Medihelp reeds die afgelope vyf jaar ’nleier in die bedryf in vergelyking met anderskemas asook maatskappye in die algemeen.“Omdat daar min te kies is tussen die ba-

siese dekking wat skemas se opsies bied,word kliëntediens een van die onderskei-dende kenmerke wanneer dit by die keusevan ’n mediese skema kom,” sê Rijnen.’n Integrale deel van die skema se diens is

sy vermoë om eise vinnig en doeltreffend tebetaal. Medihelp verwerk meer as 250 000eise per maand – binne gemiddeld 5,4 dae náontvangs en daar word drie keer per maandbetalings aan lede en diensverskaffers gemaak.Dié doeltreffendheid het daartoe bygedra datMedihelp ’n gradering van AA- vir sy eise-betalingsvermoë van die wêreldbekende Glo-bal Credit Rating ontvang het, meen Rijnen.

Medihelp – ’n bekostigbare gesondheidsorgkeuse

b

Anton Rijnen, uitvoerende hoof van Medihelp.

Medihelp is meer as ’n mediese skema. Ditis ’n maatskappy wat besef dat gesondheid’n geskenk is wat gekoester moet word.In pas hiermee het Medihelp ’n reeks

van 13 DVD’s getiteld “Living With“ oorverskeie geestesiektes bekendgestel. Diéunieke reeks vertel die ware verhale vanmense wat met toestande saamleef wat diemeeste van ons nie verstaan nie. Dit bied’n intieme kykie in hierdie mense se le-wens asook insig in dit waarmee hul elkedag moet saamleef.Titels wat in die DVD-reeks van 13 epi-

sodes onder die loep geneem word, sluit inaandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom,alkoholmisbruik, bipolêre gemoedsver-steuring, demensie, dwelmmisbruik, Down-

sindroom, major depressie, obsessief- kom-pulsiewe persoonlikheidsversteuring,posttraumatiese stresversteuring, skisofrenie,sosiale angssiekte en Tikverslawing. Diereeks is vervaardig deur die bekende Suid-Afrikaanse rolprentregisseur Katinka Heyns.Wat die “Living With”-reeks so uniek

maak, is dat kundiges se raad deel van elkedokumentêr vorm. Hulle gee raad oorwatter oplossings as beste praktyk geagword en bied kliniese insig in die persoonse ervarings en gedrag.Die kenners bespreek ook die medi-

syne- en behandelingsregime wat ’n suk-sesvolle uitkoms sal verseker. Hierbe-newens word die persone se geliefdes vanwaardevolle inligting voorsien oor hoe om

die persoon se fisieke en emosionele be-hoeftes te hanteer.Elke DVD sluit ook ’n inligtingsgids

propvol nuttige inligting in.Medihelp het vanjaar besluit om op die

DVD-reeks voort te bou en ’n geselspro-gram op kykNET te borg. Jy kan dieindividue in die DVD’s se besondere reisevolg in die kykNET-reeks “’n Lewe met...”Die reeks, bestaande uit 13 episodes, wordDinsdae om 21:00 op kanaal 111 op DStvuitgesaai en aangebied deur die gesouteaanbieder Ruda Landman.• Jy kan die DVD’s bestel deur die woordDVD na 32291 te SMS. Of besoek dieLiving With-webtuiste by www.medi-helplivingwith.co.za.

Medihelp help koester jou gesondheid as geskenk

FOTO:VERSKAF

SMS “Kontak my” na 32291 asjy meer inligting oor Medihelp

se uitstekende voordele-opsies verlang.

Page 52: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

m e m b e r s h i p

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 52

LENDING A HAND

This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership. The benefits are subject to theconstitution and policies of the union, as well as the rules as contained in the rule book and may beamended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provideproof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joiningSolidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where suchmembers are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits maybe imposed by the Executive Council at its discretion.

a winningPARTNERSHIP

CAR AND HOUSEHOLDINSURANCEThis group scheme offers members ex-cellent premiums at Auto & General.Phone 0860 34 62 53 for a free no-obligation quote.

SOLIDARITY LEGALAID PACKAGEMembers and their dependants can enjoyfull legal cover outside the labour contextfor an additional premium of only R65per month. This benefit covers civil andfamily matters, negotiating and applyingfor bail, bail up to R5 000, criminal lawand assistance in obtaining firearm li-cences.• Call 0861 SOL REG(0861 765 734).

SOLIDARITY RETIREMENT PLANSolidarity Financial Services handle themarketing of the Solidarity RetirementPlan. This product was developed as aresult of the few people that are able toretire independently.• Call 0861 000 777 or send e-mail tosolidariteit [email protected]

WILLS AND ESTATEADMINISTRATIONEvery member is entitled to the free draw-ing up of a will. The administration of themember’s estate can also be done at amarket-related fee.• Phone 012 644 4300.

EMPLOYMENT AGENCY:EXPRESS EMPLOYMENT PROFESSIONALSEvery member has access to Solidarity’s labour brokerage andpersonnel agency that helps unemployed people to find jobs.• Phone 012 664 8923 if you know of vacancies or if you are looking for work.

SOLIDARITY HELPING HANDSolidarity Helping Hand supports needy children, pensioners and widows. Every appli-cation is considered on merit. Written applications may be addressed to: Solidarity Hel-ping Hand, PO Box 11760, Centurion, 0046.• Contact 0861 25 24 23.

BURSARIESThe trade union annually makes bursaries available for the children of members. Pref-erence is given to the dependants of needy widows and pensioners. The income andperiod of membership of the applicant are taken into account when bursaries areawarded. Address applications to: Solidarity Bursaries, PO Box 11760, Centurion, 0046.• Phone 012 644 4300.

HOWMUCH DOESMEMBERSHIPCOST?

• Individual members –R72 per month

• Collective members –R70 per month

AT YOUR SERVICE

PHOTOGRAHPS:iSTOCKPHOTO

Page 53: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

m e m b e r s h i p

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an u m b e r 4 o f 2 0 1 0 53

DON’T HESITATE, JOIN TODAY!• Phone 0861 25 24 23; visit our website – www.solidarity.co.za;SMS the word “SOL” and your name to 35960; or visit a local branch.

COLLECTIVE MEMBERSCollective members are em-

ployed by a company with which Sol-idarity has a recognition agreement,or at a workplace that is incorporatedby Solidarity in the collective division.Most members belong to this category.Collective members qualify for allbenefits, regardless of their age.

INDIVIDUAL MEMBERSIndividual members are mem-

bers who are younger then 50 years atthe date of joining and who are em-ployed at a workplace where there isno recognition agreement and that isnot considered by Solidarity to be col-lective. An individual member whoturns fifty after joining remains an in-dividual member. Individual membersqualify for all Solidarity benefits.

CONTINUED MEMBERS(RETIRED)

Current Solidarity members may applyfor continued membership withinthree months after retirement. Thesemembers qualify for all relevant ben-efits. At the death of the member a de-pendant may apply to stay on as amember. The cash disbursement be-nefit of continued members who pay areduced premium will be applicablewhen the main member dies only.

SUPPORTINGMEMBERSThis membership category was

introduced in response to requests frompeople who support Solidarity’s vision,but who do not qualify for one of theother categories, i.e. individual mem-bers who are over the age of 50 yearsat the date of joining. Supporting mem-bers enjoy certain benefits, excludingbenefits such as collective bargaining,the sickness and accident scheme, per-manent disability, maternity benefitsand the death benefit.

1

2

3

4

MEMBERSHIPCATEGORIESWith four membershipcategories Solidarityoffers a homefor everybody!

LABOUR MATTERSFree legal aid with labour casesMembers are advised by experts on alllabour matters, e.g. disciplinary investiga-tions, injuries on duty and labourproblems. Free legal representation isprovided for labour matters referred to theCCMA or the Labour Court.• Website: www.legalservices.co.za

Assistance with investigationsAssistance is provided in connection withinvestigations by the Medical Bureau forOccupational Diseases and benefits en-quiries of the Compensation Commis-sioner and Rand Mutual, as well aswork-related disability claims.

Collective bargainingCompetent and experienced Solidaritystaff members undertake collective bar-gaining to negotiate better conditions ofemployment and salaries for members.

DEATH BENEFIT (DOVES)Funeral benefit• A dignified funeral is provided for everymember and his/her spouse. This in-cludes a superior coffin and the funeralservices.

• For cremations a coffin and the usualundertaking services are provided.

• A funeral of the same standard as thatof adults is provided for a member’sdependent children up to the age of 21years.The undertaking services are providedsolely by Doves funeral services.

• The spouse may apply to continue as amember after the death of themainmem-ber.

Cash disbursements additional tothe funeral benefit• At the death of paid-up members a cashamount of R3 000 is paid to the surviv-ing spouse or dependent children.

• At the death of the spouse of a paid-upmember who pays full membership an

amount of R2 000 is paid to themember.

• Cash payments to full members at thedeath of children are:* Children aged between 14 and 21years – R1 500

* Children younger than 14 years– R1 000

• Cash payments vary when bothhusband and wife are members ofSolidarity.

Funeral arrangementsThe burden of funeral arrangements is al-leviated by the fact that Solidarity andDoves will make the arrangements.

Rebate on headstonesA 10% rebate on headstones has been ne-gotiated with Doves.

PERMANENT MEDICALDISABILITYMembers with 12 months’ uninterruptedSolidarity membership, who providespecialist reports and proof from theiremployers that they are permanently unfitfor any work in the labour market, receivea once-off amount of R1 500.

SICKNESS BENEFITSickness benefits in the amount of R12per day are paid to members from thedate on which the employer discontinuesremuneration.

MATERNITY BENEFITA maternity benefit of R1 250 is paid foreach confinement to female memberswith 12 months’ uninterrupted member-ship of Solidarity. Applications must besubmitted within 60 calendar days afterthe confinement.

SOLIDARITY MAGAZINEMembers receive quarterly copies ofSolidarity Magazine in which topicalissues from the workplace as well as Sol-idarity’s activities are published.

WORKING FORYOU

Terms and conditions apply.

Page 54: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 54

Handjievol bevoorregte Sol-Tech-studente het die ge-leentheid gehad om sesmaande se praktiese onder-

vinding buite die land se grense op te doen.Vier studente is begin vanjaar sak en pak

Namibië toe om by Airport InterfaceTechnologies (AIT) te gaan werk. Twee vandie studente het met Solidariteit Tydskrif oorhulle ervarings gesels.Leon Joubert sê dit was sy eerste besoek

aan die buiteland. Hy en die ander vak-leerlinge het geleer om lugverkeerbeheer-stelsels te installeer en het goeie leiding vanervare senior personeel ontvang. Hy sê ookdat sy tegniese en handvaardighede noe-menswaardig verbeter het. Joubert is van eending oortuig en dit is dat hy dié geleentheidvir geen geld in die wêreld sou verruil nie.Nog ’n student, Jannie Jacobs, vertel hoe

hy die eerste twee maande in Namibië bydie installering van ’n “multilateration sys-tem” betrokke was.“Ek het baie geleer van beplanning en die

meganiese uiteensetting van die stelsels,” sêJacobs. Wanneer die studente nie in die

werkwinkels besig was nie, het hulleelektriese toetse geskryf.Elbie Liebenberg, hoof van Sol-Tech,

beklemtoon dat dit ’n groot prestasie is omvir AIT gekeur te word.

“Ons is trots op die geleentheid en dieblootstelling wat ons studente in die buite-land opdoen. Dit is ’n goeie weerspieëlingvan die hoëgehalte-opleiding wat die stu-dente by Sol-Tech ontvang,” sê sy. S

Sol-Tech-studente steek grens(e) oor

Daniel Smith, Jannie Jacobs, Ignatius van der Berg en Leon Joubert.

Roni Botha skryf: Ek het die afgelope jare in regstreekse kontak gekom metvan die mense wat met die studente by Sol-Tech werk en wil graag myopregte dank aan Elbie en haar personeel oordra. Hulle het absoluut die vaardigheidom met studente te werk en het ook baie moeite gedoen om my kind te help en sekergemaak dat hy by die betrokke werkomgewing inpas. Welgedaan Sol-Tech. Dankie,Solidariteit, dat julle daar is vir ons!

E. Smit skryf: My seun is gekies om vir passer en draaier te gaan studeer en ons het opdie ingewing van die oomblik die kampus gaan besoek. Wat ’n verrassing. Behalwe datdie opset professioneel, skoon en netjies is, wil ons graag dankie sê vir die vriendelikheidwaarmee ons ontvang is, en nie net deur die personeel nie, maar ook deur die studente.Die atmosfeer was warm, ontspannend en verwelkomend. Die studente het so tuis gelyk.Ek is so dankbaar my seun het by Sol-Tech vir opleiding ingekom. Baie dankie.

’nDeur Charl Oberholzer

Tel: 012 664 8923www.sol-tech.co.za

Welgedaan en dankie, Sol-Tech Meer as net kollegeSol-Tech word oorstroom met telefo-niese komplimente, dankiesêbriewe(soos dié elders op hierdie bladsy) en e-posboodskappe waarin ouers vertel watSol-Tech vir hulle kinders beteken.“Sol-Tech was van meet af aan meer

as net ’n tegniese kollege. Ouers en stu-dente is voortdurend beïndruk met diepersoonlike en geestelike leiding watSol-Tech bied,” meen Paul van Deven-ter, besturende direkteur van Sol-Tech.Van Deventer voel die gehalteon-

derrig is te danke aan die buitengewoongoed gekwalifiseerde personeel watwerklik ’n passie vir jongmense het.Flip Buys, uitvoerende hoof van Soli-

dariteit, beaam dit.“Ons doel was nog altyd om jong-

mense vir hulle roepings toe te rus ennie nét vir hulle beroepe nie. ’n Goeietegniese kwalifikasie verseker ’n werk,maar ’n gevormde karakter verseker’n loopbaan.”

FOTO:REINTDYKEMA

Page 55: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an u m b e r 4 o f 2 0 1 0 55

FOKUS OP ELEKTRISIËNWERK

lektrisiënwerk is ’n uiters skaarsvaardigheid in Suid-Afrika. Ditis een van die kursusse wat Sol-Techmet groot welslae aanbied,

en boonop in Afrikaans.Die kursus fokus nie net op omvattende

vakvaardighede nie, maar ook lewensvaar-dighede. Studente leer oor wetgewing, be-dryfstelsels en hoe om probleme deur diegebruik van wiskundige, tegniese en teore-tiese toepassings op te los.Die kursus behels teoretiese asook prak-

tiese of simulasie-opleiding en neem driejaar om te voltooi. Daar is drie vlakke, waar-van elke vlak een jaar neem om te voltooi.Indien ’n student die enkelfasebedradingsli-sensie in sy tweede jaar bekom, kwalifiseerhy as ’n konstruksie-elektrisiën.Ná die derde jaar lê studente ’n vaktoets

by ’n geakkrediteerde vaktoetssentrum af omas elektrisiëns te kwalifiseer. Studente werkin goed toegeruste werkwinkels en Sol-Techword voortdurend geprys vir die goeie ge-halte van sy personeel.Dit is geen geheim dat Suid-Afrika ’n

breindrein ervaar nie. Heelwat Suid-Afri-kaners wat die land sedert 1994 verlaat het,was tussen die ouderdom van 25 en 45.Engeland, die VSA, Kanada, Nieu-Seelanden Australië is besig om Suid-Afrika se kun-digheid af te rokkel. Dit is nie meer net dieregering se plig om Suid-Afrikaners, en spe-sifiek Afrikaners, se vaardighede in Suid-Afrika te hou nie.Sol-Tech is ’n voorbeeld van hoe daar self

verantwoordelikheid geneem word om deurmiddel van opleiding in skaars vaardighede’n beter alternatief vir emigrasie te skep. S

eSolidariteit pak self skaars vaardighede

Deur Charl Oberholzer

BETER OPLEIDING“In die moderne wêreld is dit nood-saaklik dat elke nuwe geslag beter op-gelei is as die vorige een. Die probleemis dat die opleidingstoneel in Suid-Afrikaheeltemal verander het en dat Afrikanersmoet aanpas of verarm. Naskoolse oplei-ding raak vir baie jongmense ’n kwaliktoeganklike luukse wat al hoe moeilikerbereikbaar is. Die omwenteling ná 1994is hoofsaaklik hiervoor verantwoordelik.Daar is so bemagtig, getransformeer enreggestel, dat die vaardigheidstekort indie land nou krisisafmetings aanneem.”

– Flip Buys, uitvoerendehoof van Solidariteit.

FOTO’S:REINTDYKEMA;iSTOCKPHOTO.COM

Page 56: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n u u s w a a r d i g

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 56

et meer as 150 jaar seintensiewe mynbou-bedrywighede agterdie rug het die ooste-

like kom van dieWitwatersrand se goudveld’n goue lopie gehad.Vandag dreig daar egter’n grootskaalse natuurramp wat verreikendegevolge vir die natuur aan die Oos-Rand kaninhou.Hoewel kundiges reeds vir dekades lank

waarsku oor die moontlike negatiewe uitwer-king wat besoedelde mynwater op die streekkan hê, is die werklikheid van die gevaar indie afgelope paar maande skielik tuis gebringmet die opskorting van mynbou by AuroraEmpowerment Systems se Grootvlei-mynbuite Springs. Mynboubedrywighede is reedsvroeg vanjaar hier opgeskort, maar intussen isnagenoeg 100 werknemers by Grootvlei se nr.3-skag steeds verantwoordelik vir die uitpompvan mynwater uit die myn.Die Grootvlei-myn se nr. 3-skag is die

enigste oorblywende pompstasie aan diehele Oos-Rand en is dus verantwoordelik virdie daaglikse uitpomp van miljoene literwater uit die myn. As dit gestaak sou word,sal die mynwater die myne in die streek oor-spoel en vernietig.Dié gevaar is nou ’n moontlikheid, aan-

gesien die oorblywende werknemers toene-mend gefrustreerd raak met Aurora se leëbeloftes. Werknemers het in Februarie laassalarisse ontvang, maar bly intussen steedsverantwoordelik vir dié noodsaaklike taakby die myn. Werknemers se frustrasie het inJunie kookpunt bereik toe daar op ’n stakinggegaan is en werknemers aangedring het ombetaal te word alvorens die pompwerk her-vat sal word.Luidens ’n verslag van die departement

van omgewingsake en toerisme wat in 2008vrygestel is, het besoedelde mynwater ver-skeie negatiewe gevolge vir die natuur endie gemeenskap. Suur mynwater word ge-kenmerk deur ’n baie lae pH en hoë vlakkevan stowwe soos yster en mangaan. Diéwater is uiteindelik in baie gevalle verant-woordelik vir die besoedeling van bo- enondergrondse waterbronne en die verswak-king van grondgehalte.’nVerslag van die Gautengse departement

van omgewingsake beklemtoon ook dat asmyne in die Gauteng-streek oorvloei, besoe-delde mynwater na die grondoppervlak sal

vloei en in strome en vleilande sal beland.Die pompstelsel by Grootvlei pomp ge-

suiwerde mynwater in die Blesbokspruit en isvan die grootste uitvloeipunte van gesuiwerdemynwater in Gauteng. Dié spruit vormuiteindelik deel van dieVaalrivier-stelsel.Gideon du Plessis, adjunk-uitvoerende

hoof van Solidariteit, hou vol dat die pomp-stelsel by Grootvlei tans ’n wesenlike gevaarinhou. Die stelsel is oud en weens ’n tekort

aan finansies word instandhouding ookafgeskeep.Kenners meen dat sou die pompstelsel by

Grootvlei vernietig word, die myn oorspoelsal word en dat ongesuiwerde mynwaterbinne slegs drie tot vyf jaar reeds op dieoppervlak sal uitloop.Besoedelde mynwater sal eindelik veroor-

saak dat die eens goue droom van die Oos-Rand in ’n donker nagmerrie verander. S

Ramp kan goudveld se glans verwater

m FEITELIK• Die westelike kom van die Witwatersrand toon reeds die afgelopepaar jaar die gevaar van besoedelde mynwater. Teen die einde van Junie2009 was die kom so vol dat die watervlak skaars 0,6 m van die oppervlakbereik het. Dit skep ’n ernstige gevaar vir die besoedeling van strome en riviere indie omgewing.

• Daar is reeds bewyse dat die Tweelopiespruit naby Krugersdorp aan dieWes-Randdeur besoedelde mynwater besoedel word.

• Suur mynwater het ’n kenmerkende rooibruin kleur as gevolg van die hoë vlakkevan yster in die water.

• Luidens ’n mediaberig wat in 2009 gepubliseer is, is die watervlak in die oostelikekom tans sowat 750 m van die oppervlak en sou die pompwerk by Grootvleigestaak word, sal die suur mynwater binne ’n paar jaar by verskillende plekkebegin uitvloei. Een van dié uitvloeipunte is in die middel van Nigel geleë.

• Suur mynwater word volgens kundiges gevorm deur die chemiese reaksie wat volgas gouddraende rots – wat ryk is aan sulfied – in aanraking met water en suurstofkom. Dié reaksie veroorsaak dat die water suur word en dat nog skadelike mineralein die rots kan oplos.

Deur Ilze Nieuwoudt

FOTO:iSTOCKPHOTO.COM

Page 57: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4
Page 58: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z a58

n u u s w a a r d i g

n o m m e r 4 v a n 2 0 1 0

oewel die Suid-Afrikaanse Grond-wet die regte van al elf Suid-Afrikaanse landstale beskerm,gebeur dit nie in die praktyk nie.Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad

(Pansat), wat tot stand gebring is om Suid-Afrikaners se taalregte te beskerm, het ’n hondsonder tande geword. Dit het nie die nodigemag, geld of kundigheid om doeltreffend teenskendings van taalregte op te tree nie en ’nklag wat by dié liggaam ingedien word, hetselde meer as simboliese waarde.Die staat se onvermoë en onwilligheid om

die Grondwet se taalvoorskrifte na te kom, isaan die kaak gestel met die Hoogge-regshofuitspraak in Maart 2010 in die saakvan Cerneels Lourens, ’n prokureur van Brits,oor die staat se versuim om sy grondwetlikeplig teenoor alle landstale na te kom. Dieregter het in sy uitspraak gesê dat die staatduidelik nie sy grondwetlike taalverpligtingenakom nie. Die minister van kuns en kultuuris gelas om binne twee jaar toe te sien dat dieverpligtinge wel nagekom word.Hoewel dié uitspraak al drie maande oud

is, word meer en meer klagtes oor die staat setaalregtevergrype daagliks deur AfriForumontvang. Die privaat sektor handhaaf ook toe-nemend die vals standpunt dat Engels diemees geskikte akademiese en saketaal in Suid-Afrika is. Dít in weerwil daarvan dat die driegrootste moedertaalgroepe in Suid-AfrikaZoeloe, Xhosa en Afrikaans is.In Europa is al verder met die saak van

taalregte gevorder. In België word baie moeitegedoen om Frans enVlaams gelyk te beregtig– plek- en straatnaamborde is tweetalig, so

ook die aankondigings op openbare vervoer-stelsels. Die saak is so ernstig vir die Belge, dathulle nuwe regering in April 2010 tot ’n valgekom het oor politieke en taalregte.In September 2009 het die leier van die

Vrye Demokrateparty (FDP) in Duitsland,Guido Westerwelle, die wenkbroue laat ligtoe hy geweier het om Engels met ’n joerna-lis van die BBC te praat. Tog het baie Brittelater toegegee dat ’n Britse politikus nieDuits met ’n Duitse joernalis in Engeland salpraat nie en dat die omgekeerde dus ook nieverwag kan word nie.In Europa word die regte van nie alleen

landstale nie, maar ook streekstale toenemenderken. ’n Lid van AfriForum berig dat laer-skoolonderwysers aan die weskus van Ierlandeers ’n kursus in Gaelies moet slaag voordathulle mag skoolhou. Die gebied se pad-predikante is ook tweetalig Gaelies en Engels.In Nederland word die regte van Fries en

Limburgs tans sterk bevorder. In Maastrichtis die straatname tweetalig Nederlands enLimburgs. Tog voer Nederlands ’n swaarstryd teen die invloed van Engels. Neder-lands is die agste grootste taal in die Euro-pese Unie (EU) (Engels is maar die derdegrootste taal hier, met Duits en Frans onder-skeidelik in die eerste en tweede plek in dieEU), die moedertaal van 23 miljoen menseen die 40ste grootste taal uit die sowat 6 000tale wat in die wêreld gepraat word. Tog isalle aanwysings op die Schiphol-lughaweslegs in Engels en word baie advertensies opNederlandse televisiestasies net in Engelsuitgesaai. Nederlandse taalaktiviste stry toe-nemend vir die regte van hulle taal. Neder-

landse en Afrikaanse taalaktiviste kan heel-wat baat vind by kontak met mekaar. ’nRondetafelgesprek in Amsterdam op 28 Mei2010, waar AfriForum deur Alana Bailey enSolidariteit Helpende Hand deur dr. DanieLangner verteenwoordig is, het juis same-werkingsmoontlikhede ondersoek.Dikwels word die moedswillige vraag

gevra of eentaligheid nie tog maar die mak-likste en goedkoopste uitweg is nie. Dieprobleem is dat ’n taal nie bloot ’n kommu-nikasiemiddel is nie, maar ook die draer vanidentiteit en die setel van kennissisteme.Gaan ’n taal verlore, verdwyn ’n groot deelvan sy sprekers se erfenis en kundigheiddaarmee saam.Om hierdie rede kan Suid-Afrikaners nie

bekostig om ter wille van Engels die andertien landstale summier af te skryf nie. Mo-derne metodes, soos rekenaarvertaling ensimultane tolkdienste, bestaan waardeurdienslewering in al elf landstale moontlik is.Van die tien inheemse Suid-Afrikaanselandstale is Afrikaans die een wat reeds syplek as hoëfunksietaal op wetenskaplike enakademiese gebied volstaan. Ons mag nietoelaat dat Afrikaans hierdie posisie verloornie – elke Afrikaanssprekende het die pligom die taal te bevorder, beginnende by diemedium waarin ons kinders op skoolonderrig word. As ons dit nie doen nie, is nienet die toekoms van ons taal in die gedrangnie, maar ook ons identiteit.• Klagtes oor taalvergrype kan gestuurword na [email protected] ook die artikel oor moedertaalon-derrig op bladsy 22. S

Taalregte en voorbeelde uit Europa

hDeur Alana Bailey

FOTO:iSTOCKPHOTO.COM

Page 59: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4
Page 60: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n e w s w o r t h y

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 60

here is some good news for the cash-strapped South African consumer.New legislation in the form of theConsumer Protection Act of 2008

comes into effect on 25 October 2010. Thisact is ostensibly aimed at “[promoting] and[advancing] the social and economic wel-fare of consumers in South Africa”.An important principle in economic

theory is that equal distribution of informa-tion about all the important aspects of atransaction increases the chances of an op-timal outcome. This is because economictheory is largely based on assumptions aboutrational behaviour by people and withoutcorrect and complete information, truly ra-tional choices are impossible to make.Government intervention in the free mar-

ket usually in itself leads to sub-optimal out-comes, but when it comes to promotingequal distribution of information, govern-ment intervention can actually promote free-market principles.Section 15 of the act deals with fairer dis-

tribution of information. It specifies that acustomer whose property (a car, for exam-ple) is being repaired or maintained by aservice provider cannot be charged for ser-vices performed without pre-authorisation.This means that the customer will have theright to decline to pay for services performedwhich were not requested when the proper-ty was left in the care of the service provider.In section 67 the act also specifies that aservice provider must return to the customerall parts removed from a customer’s propertyduring the course of repairs or maintenance.These are strong disincentives for unscrupu-lous service providers to add nonexistentitems to a repair invoice in the hope that alayperson will simply pay up without a fight.The act also deals with a consumer’s right

to return products. The act broadly givesconsumers the right to return products if,after the transaction has been completed,the consumer inspects or uses the productand finds that it is of inferior quality orotherwise unsuitable for its intended pur-pose. This corrects the imbalance of infor-mation where a supplier may know that aproduct is inferior, but a consumer can onlygain the same knowledge after buying andtrying the product, by which time it wouldordinarily be too late to do anything about it.Sections 22 to 28 of the act concern the

duty of suppliers to provide clear and under-standable information and prices. Informa-tion has to be given in plain language andprices have to be displayed clearly. The actappears to favour consumers very strongly inthese sections, but it is in fact only fair thatthis should be the case. The supplier knows(or should know) everything about theproducts on sale and expecting the supplierto transfer this knowledge truthfully to theconsumer is perfectly reasonable.The act clearly defines and prohibits con-

duct that misleads consumers. From 25Octo-ber it will be illegal to hold “sham com-petitions”, so getting a call about the car thatyou have miraculously won even though youdid not enter any competition will be a thingof the past. Many people will also be glad tohear that their legal right to require a telemar-keter to never contact them again in future isenshrined in section 11 of the act.In the case of overbooking (a relatively

common practice among airlines), the sup-plier will now not only be liable for givingthe customer a refund, but will also be liablefor any direct losses suffered by the customer

as a result of being unable to travel on theoriginal date or time.Strict conditions also apply to advertise-

ments for “alternative work schemes”, inorder to prohibit claims about the possibilityof earning extravagant income “whileworking from home in your spare time”.Pyramid schemes and schemes that promiseriches through supernatural or pseudoscien-tific means are also clearly defined. This willmake the spread of such misleading infor-mation much easier to stop than is currentlythe case.A National Consumer Commission will

be established in addition to existing indus-try ombudsmen in order to handle com-plaints and disputes arising from the newlegislation.Because of all these reasons, consumers

can look forward to 25 October. This is notbecause the principle of caveat emptor(buyer beware) will be replaced by caveatvenditor (seller beware), but because bothprinciples will from then on apply equally,thus leading to a better economic outcomefor everyone involved. S

Consumers get their Act (together)

t

PHOTOGRAPH:iSTOCKPHOTO.COM

By Paul Joubert

Page 61: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4
Page 62: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

n e w s w o r t h y

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 62

he South African government hascreated a social grant system of suchlarge proportions that it hasprompted some commentators to

call South Africa the “biggest welfare state”in the world. The social grant expenditure isestimated to be R89 billion for the 2010/11fiscal year.The total number of social grants, accor-

ding to the South African Social SecurityAgency as at 30 January 2010, was approxi-mately 13,8 million, whilst there were ap-proximately 9,6 million beneficiaries. Theavailable grants in South Africa include childsupport grant, care dependency grant, fosterchild grant, disability grant, older personsgrant, war veteran’s grant and grant-in-aid.However, due to South Africa’s high un-

employment rate (25,2% for Q1:2010) andthe fact that many South Africans live in ex-treme poverty, the ANC government’s allevi-ation of poverty doesn’t end with socialgrants. There is also free healthcare, freehousing and free basic services such aswater and electricity supply. Therefore, al-though not all South Africans who live inpoverty are receiving monetary support fromthe government, they do receive some sortof free basic services, which is making themdependent on the government. This putsenormous pressure on South Africa’s econo-my and its taxpayers.The whole grant system is not sustain-

able. Even economist Mike Schüssler said inFebruary 2010 that the South African de-pendency ratio of three people to one tax-payer and is unsustainable.The previous governor of the South

African Reserve Bank, Tito Mboweni, wenteven further and said in September 2009:“From a politician’s point of view it is goodto point out that the number of peoplebenefiting from social grants has grown, butfrom the point of view of the total de-velopment of the person, the dignity andconsciousness that we talk about of aperson, is this the direction that we shouldbe going?” This is a valid question.According to the South African Institute of

Race Relations (see “Chasing the Rainbow”,2010) the government has paid little attentionto promoting a sense of individual responsi-bility. Instead, its focus on socio-economicrights and affirmative action has helped to en-

courage a mentality of entitlement.This entitlement and non-payment men-

tality is having a negative impact on the fi-nances of local municipalities and com-panies such as Eskom. The problem of non-payment is so severe that Eskom said in June2010 that it wants the government to applymore political pressure and willpower toconvince electricity consumers in previouslydisadvantaged areas to pay their debts.Mr Paul O’Flaherty, Eskom’s financial di-

rector, said that Eskom currently have baddebt of R2,3 billion on its books. More than60% of this comes from Soweto alone.O’Flaherty further said there is an activecampaign among previously disadvantagedpeople, especially in areas in Soweto, to en-courage people not to pay Eskom.However, Eskom is asking the wrong peo-

ple for help. Why would the ANC ask itsvoters to pay for services? It would be politicalsuicide. It is the sameANC that preached to itspeople during the struggle that liberationshould come before education and for thesake of short-sighted political gain created aculture of non-payment since coming intopower in 1994.We are now reaping what theANC has been sowing.It is also questionable whether the ANC’s

poverty interventions truly helped to liberatethe poor or rather served to increase theirdependency on the government.However, the question that South

Africans should rather ask themselves iswhether the ANC truly wants to liberate anduplift the people from poverty. After all, aslong as the people are dependent on theANC, the people will vote for the ANC,which might not be the case if people wereself-sufficient.In a recent article (“ANC’s blank cheque

to buy votes”, Business Day, May 2010)Moeletsi Mbeki said that no organisation onthe South African political landscape is bet-ter positioned than the ANC. If its voters re-main poor, the ANC wins because theyreceive votes. Mbeki stated that ANC votersdo not vote for the party because of ideolog-ical or policy reasons; they vote for the ANCprimarily because of their material depend-ence on the ANC-controlled government.According to Mbeki, this was brought

into sharp focus by a recent study conductedby South Africa’s leading market researchcompany, Ipsos Markinor. The study re-vealed that 67% of people who vote for theANC do not work, and that 69% either haveno education at all or have not completedhigh school.Therefore, as long as the majority of poor

people think that only the ANC can providethem with a “better” life (dependent on theANC) and that there is no political alterna-tive, it seems that the welfare state will con-tinue to expand at the expense of the SouthAfrican economy and job creation. S

A welfare state is not sustainableBy Francois Calldo

t

PHOTOGRAPH:iSTOCKPHOTO.COM

Page 63: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

Tyd is geld>> Weet jy hoeveel jou pensioen vandag werd is?

>> Weet jy hoeveel geld jy met aftrede nodig gaan hê?

>> Weet jy wat die uitwerking van inflasie op jou inkomste is?

>> Weet jy wat die tydwaarde van geld beteken?

>> Weet jy of jy enigsins onafhanklik gaan aftree?

Indien jy NEE op enige van hierdie vrae geantwoord het, isdaar ’n probleem waarvan jy moontlik nie eers weet nie!

Neem beheer en skakel Solidariteit Finansiële Dienste vandag nogvir ’n oplossing wat vir jou ’n oudag vol gemoedsrus sal verseker.

Solidariteit Finansiële Dienste

0861 101 005E-pos: [email protected]

Solidariteit Aftreeplan

AKSEN

TMEDIA•07/2010

Page 64: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

a r b e i d s a k e

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 64

aryke Buytendorp, ’nlid van Solidariteit, isvroeër vanjaar gedwingom ’n poligraaftoets by

haar werkgewer te ondergaan. Volgens haarhet die werkgewer die poligraaftoets as be-wys gebruik om dit as ’n ontslag te laat kwa-lifiseer. “Ek moet seker wag vir die uitslagvoor ek kan appelleer? Hulle sê die vertrou-ensverhouding is verbreek en hulle kan nieinsien hoe ’n harmonieuse atmosfeer kan ge-skied as daar nie vertroue tussen werkne-mers is nie,” vertel Buytendorp.Poligraaftoetse is ’n relatief nuwe ver-

skynsel in Suid-Afrika, veral wat die aan-wending van poligraaftoetse in die werkplekbetref. Dit word deesdae algemeen en selfsarbitrêr deur werkgewers aangewend omwerknemers wat onder verdenking staan vandiefstal, oneerlikheid, bedrog, korrupsie,ernstige alkoholmisbruik of die gebruik vanverbode narkotiese middels in die werkplekskuldig of onskuldig te bevind.Toetse om te bepaal of mense die waar-

heid praat of nie is niks nuuts nie. Die ideedat daar sekere fisiologiese tekens is as ie-mand oneerlik is of leuens vertel, is al sowat2 000 jaar oud. In Wes-Afrika is beskuldig-des gevra om ’n voël se eier per hand ondermekaar aan te stuur. Die persoon wat dieeier gebreek het, was geag die skuldige partyte wees op grond van senuweeagtigheid. InAntieke China moes ’n persoon wat van ’nmisdryf aangekla word ’n hand vol rys inhaar mond hou terwyl die aanklaer haaraankla. Omdat geglo is dat spanning joumond droog maak, is jy skuldig geag indiendie rys in jou mond droog bly. Poligraaf-toestelle is eers in die 1900’s ontwerp deurmense soos dr. James Mackenzie van Skot-land en William Marston van die VSA.

HOE WERK POLIGRAAFTOETS?’n Poligraaftoets is tegnies gesproke een vanvele leuenverklikkertoetse. Dit beteken let-terlik “baie geskrifte” en verwys na ’n toestelwat opnames maak van fisiologiese veran-derings in asemhaling, bloeddruk, polsslagen velreaksie terwyl ’n persoon antwoordeop ’n aantal vrae gee. Dit werk op die outo-nome senuweestelsel wat beteken dat dietoestel die aspekte van die menslike liggaamwat outomaties en onbeheersd verander,soos ’n verhoogde hartklop, sweterige hand-palms en vergrote pupille, tydens vrees of

hoër bloeddruk meet. Die poligraaftoetsbestaan uit drie fases:• ’nVoortoetsonderhoud waar die persoonwat die toets ondergaan sielkundigvoorberei word.

• Die toetsfase waar die toets afgelê word.Drie sensortoestelle word aan die per-soon gekoppel – een om sy asemhalingen beweging van die bolyf te toets; eenwat sy vel se onbewustelike reaksie opdie vrae monitor; en een wat sy bloed-druk en hartklop monitor. Die persoonword die toetsvrae minstens twee keergevra en alle fisiologiese reaksies wordgemonitor. Die inligting wat versamelword, word deur ’n skootrekenaar opge-neem wat dit numeries verwerk, waarnadie uitslag uitgedruk en deur ’n poligrafisontleed word.

• Die natoetsonderhoud waartydens dieuitslag van die toets bespreek word.

’n Poligraaftoets duur sowat twee ure.

WAAR LÊ DIE PROBLEEM DAN?Die probleem lê by die aanname dat mis-leiding bepaal kan word uit veranderings infisiologiese aktiwiteit – daar bestaan nog

geen toestel wat dit kan meet nie. Een-voudiger gestel, poligraaftoetsing is gegrondop die veronderstelling dat fisiologiese akti-witeite (soos asemhaling, bloeddruk, pols-slag en velreaksie) toeneem as ’n persoon ’nleuen vertel en dat poligraaftoetse gebruikkan word om hierdie misleiding te meet. Dieveronderstelling gaan selfs nog verder,naamlik dat as dit moontlik is om deur dietoename (of afname) van fisiologiese akti-witeit te bepaal of ’n persoon ’n leuen vertel,dit gevolglik moontlik sal moet wees om tebepaal tot watter mate die persoon nie diewaarheid praat nie.Poligraaftoetse geniet min geloofwaardig-

heid onder wetenskaplikes. Ten spyte vanbewerings dat poligraaftoetse tussen 80% en95% akkuraat is, glo kritici dat die prosedureslegs neerkom op ’n niestandardiseerbareondervragingstegniek waarvan die akku-raatheid nie bepaal kan word nie.Prof. David Martin van die Universiteit

van Noord-Carolina in die VSA het bevinddat mense die poligraaftoets verkeerdelik ge-bruik om menslike emosies te probeer meet.Hy glo dit is ’n valse aanspraak omdat selfsnie eens sielkundiges presies kan bepaal

Poligraaftoetse: Die jongste modewoord (Deel 1)

m Deur Phil Davel

FOTO’S:iSTOCKPHOTO.COM

Page 65: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

a r b e i d s a k e

JY & DIE REGStuur jou vrae na SolidariteitTydskrif: Jy & die reg, Posbus11760, Centurion 0046; stuur

e-pos na [email protected];of stuur ’n faks na 012 664 1102.

watter emosies ’n mens het nie – nog minder’n poligraaftoets.Hoewel daar stawende argumente teen

poligraaftoetsing gebring kan word, word ditwel met vrug binne ’n gekontroleerde omge-wing gebruik. Poligraaftoetse kan bydra tot diedaarstelling van regspraak. Gevolglik wordpoligraaftoetse regoor die wêreld gebruik.

POLIGRAAFTOETSING OORSEEVSAWeens die onderliggende probleme met diegeloofwaardigheid van poligraaftoetse wasdie VSA een van die eerste lande wat poli-graaftoetsing deur middel van wetgewingbegin reguleer het. Die Employee PolygraphProtection Act of 1988 verhinder werk-gewers in die algemeen om leuenverklik-kertoetse te gebruik in onderhoude asooktydens die duur van ’n dienskontrak. Die wetmaak wel voorsiening vir uitsonderings soosdie gebruik van poligraaftoetse om bystandte verleen in gevalle wat gelei het tot eko-nomiese verlies of skade vir die werkgewer(die werknemer moet egter toegang hê totdie perseel wat onderhewig is aan die on-dersoek en die werkgewer moet ’n redelikevermoede omtrent die werknemer hê). ’n

Verdere uitsondering is die gebruik vanpoligraaftoetse in sake voortspruitend uitdiefstal of verlies as die werkgewer handeldryf in wetlik beheerde middels. In UnitedStates v. Scheffer (1998) het die hoogge-regshof dit aan individuele jurisdiksies gelaatom te besluit of hulle poligraaftoetse as be-wysmateriaal in regsake wou toelaat.

EuropaIn die meeste Europese lande word poli-graaftoetse nie as betroubare bewysmateri-aal beskou nie. In die meeste sake wordenige party toegelaat om ’n sielkundige ver-slag gegrond op ’n poligraaftoets as bewysin te handig. Die federale geregshof inDuitsland het die gebruik van poligraaftoetseas getuienis verbied.

Kanada en AustraliëIn Kanada word poligraaftoetse gereeldgebruik, veral as forensiese middel in straf-sake asook in werkonderhoude vir staatsor-ganisasies. In Australië is poligraaftoetse asgetuienis in sake al deur die howe verbiedomdat dit op hoorsê gegrond is.• Deel 2 verskyn in die volgende uitgawevan Solidariteit Tydskrif. S

Page 66: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

a r b e i d s a k e

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 66

olidariteit Regsdienste lewer diebelangrikste diens aan Solidari-teit-lede deur hierdie lede se werkte beskerm.Wat stel hulle in staat

om byna 11 000 skriftelike en telefonieseregsnavrae per jaar te hanteer? Hoe kry Soli-dariteit dit reg om duisende hofstukke elkejaar op te stel, duisende konsultasievergade-rings te hou, honderde hofsake by te woonen jaar ná jaar ’n rekordaantal uitbetalingsin vergoeding vir lede te behaal? Die geheimis 34 toegewyde advokate, prokureurs enlitigante wat elke minuut van die dag virSolidariteit-lede veg. Hier is twee voorbeel-de van hoe hulle dit doen.

BYNA R50 000 AAN LID TOEGEKENSolidariteit Regsdienste het dié keer hullestempel inWitbank afgedruk nadat ’n lid vanSolidariteit onbillik deur ’n bekende seker-heidsmaatskappy ontslaan is. Die werk-nemer, wat deur Solidariteit verteenwoordigis, was sedert 2003 ’n projekbestuurder bydie betrokke maatskappy.Die rede vir die ontslag was tweeledig.

Eerstens het die werkgewer beweer dat diewerknemer versuim het om sy pligte uit tevoer en tweedens is daar beweer dat diewerknemer die maatskappy se reputasiegeskaad het.“Die werknemer is gelukkig ’n lid van

Solidariteit. Ons het die lid bygestaan en diekommissaris het bevind dat die lid aan albeiklagtes onskuldig is,” het Adéle Botha, ’nlitigant van Solidariteit Regsdienste se alge-mene litigasie-afdeling, gesê.Ter vergoeding is ses maande se salaris,

wat byna R50 000 beloop het, aan die lidtoegeken.

JONGWEDUWEE KRY GOU PENSIOEN’n Weduwee in Evander het ná die tragiesedood van haar man haar pensioen binne vyfmaande ontvang. Die man was ’n vragmo-torbestuurder en het ondersoek ingestelnadat die vragmotor se enjin probleme ge-gee het. Die enjinkap het op hom geval enhy is daarna oorlede. Die man (22) laat sy20-jarige vrou en eenjarige kind agter.Solidariteit Regsdienste se afdeling vir be-

serings aan diens het die weduwee byge-staan om ’n eis vir pensioen te registreer.Solidariteit het die nodige dokumente spoe-dig deurgestuur en namens die weduweevolgehoue druk op die vergoedingskommis-saris geplaas om te verseker dat die pensi-oengeld so gou moontlik uitbetaal word.Pensioenuitbetalings kan maklik sloer enneem gewoonlik een tot twee jaar voordatdit uitbetaal word. Solidariteit Regsdienstewas daar om in ’n tyd van nood ’n daad-werklike verskil te maak. S

Solidariteit Regsdienste: Hoe doen hulle dit?

sKlik op www.regsdien-ste.co.za vir jou een-stopdiens in arbeidsreg:• Skerp jou kennis opoor arbeidswette.

• Lees weeklikse regsvrae wat beant-woord word.

• Bestudeer voorste navorsingsarti-kels deur verskeie advokate.

• Sien die sektorale vasstellings vanminimum lone.

• Skakel regstreeks met Solidariteit seregsafdeling.

• Lees die jongste artikels oor ar-beidsreg.

• Maak gebruik van waardevolleskakels na die KVBA, Juta Law ennog vele meer.

Solidariteit-lede moet beslis van diéwebtuiste gebruik maak, aangesienbelangrike kennisgewings rakendewerkgewers hier kan opduik. Bemag-tig jouself deur op die hoogte van jouregte te bly. Jy kan selfs agteroor sit enna video’s en foto’s kyk.

REGSDIENSTE BIEDBOBAAS-WEBTUISTE

Deur Charl Oberholzer

FOTO’S:iSTOCKPHOTO.COM

Page 67: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4
Page 68: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

d i e l e e s w e r d

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 68

Met die Sokkerwêreldbeker en die klank van die vuvuzelas nog vars in die geheue, kyk ons in die geeshiervan na die wonders wat Afrika bied. Die winterkombersweer noop ons ook om ’n spanningsverhaalnader te trek. En in ’n tyd wat kinders al meer blootgestel is, is daar ook ’n moet-hê-boek vir elke ouer.

WONDERLIKE AFRIKADawid van Lill

Wou jy nog altyd deur Afrika toer ofwens jy soms net jy kon ’n bietjiemeer weet van die vasteland en symense? Wonderlike Afrika (R200)bied ’n oorsig van Afrika – die lande,die mense en algemene agtergrond.Lees oor verskillende lande se kultuur,klimaat, musiek, samestelling en an-der interessante feite. Leer meer oorelke land se vlag, landswapen, geld-eenheid, tale en ander algemeneinligting. Die kleurfoto’s regdeur dieboek sorg vir ’n opwindende ontdek-kingsreis op jou sitkamerbank. Hier-die bygewerkte en hersiene uitgawevan dié gewilde boek wat in 2005verskyn het, kan help met skooltake.Dit kan jou algemene kennis verbreeden sal jou gaste beïndruk wanneer jydit op die koffietafel sit.

VEILIG EN VREESLOOSNaomie van Wyk

Ons lees gereeld in die koerante van kinders watmisbruik is deur familielede, onderwysers, vrien-de en vreemdelinge. Veilig en vreesloos (R100)bied aan ouers die basiese beginsels en veilig-heidsmaatreëls om kinders teen seksuele mis-bruik te beskerm. Die boek fokus nie op dieterapie en behandeling van kinders wat reedsseksueel misbruik is nie, maar op die voorkomingdaarvan. Die boek sluit onder meer in:• Feite en statistiek oor seksuele misbruik;• ’n oorsig van wat seksuele misbruik is en hoedie oortreder lyk;

• persoonlike veiligheid in elke ontwikkelings-fase – van die voorskoolse tot tienerfase;

• internet- en selfoonveiligheid;• raad indien seksuele misbruik plaasgevind het;• hulpbronne; en• hoe om te verhinder dat jou kind self ’nseksuele oortreder word.

Reise, rillers, raad vir leesgeesdriftiges

Om dié of ander Afrikaanse spogboeke van LAPA Uitgewers te bestel, skakel 012 401 0700 of klik op www.lapa.co.za

VUURVRETERLeon van Nierop

Henno Barnard woon en werk heel rustig op syrivierboot aan die Botswana-kant van die Chobe-rivier. Hy fotografeer die dierelewe vir die natuur-leweprogram van die SABC. Wanneer hy hoor dieprogram word gestaak, bied die beeldskone en ge-vaarlike Kim Joubert, ’n vervaardiger van Johannes-burg, aan om hom te kom touwys maak oor ’nnuwe afsetgebied vir sy insetsels. Sy werk is glogoed, sê sy, maar nog nie op standaard nie. Dit kortdrama. Daarvan kry Henno skielik sy volle kwota.Verskeie moorde word in die omgewing gepleeg enHenno besef dat almal nie is wie hulle voorgee omte wees nie. Leon van Nierop is ’n bekroonde skry-wer wat reeds 23 vollengte romans geskryf het,asook verskeie radiovervolgverhale, TV-reekse, dra-mas, rubrieke, boek- en rolprentresensies, kort-verhale en akademiese boeke. Vuurvreter (R150)stel beslis nie teleur nie.

Page 69: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

p r o m o s i e - a r t i k e l

• Voel jy moedeloos oor jou finansies?• Is jou finansies ’n nagmerrie wat joudag en nag bekommer?

• Kom jy nie meer by al jou verplig-tings uit nie?

• Moet jy aan noodsaaklikhede sooskruideniersware sny om by jou skuld-verantwoordelikhede uit te kom?

Skuldprobleme hier met menslikheid opgeloskuld vreet nie net ’n gat in jou saknie, maar ook in jou gemoed.Terwyl duisende mense verkiesom op hulle eie stoom oplossings

vir hul skuldprobleme te soek, lewer dit tel-kens nie die gewenste resultate nie en belandhulle selfs dieper in die maalkolk van skuld.Dit, meen Theresa Postma, skuldberader

van Theresa Skuldberaders, hoef nie die ge-val te wees nie. Sy hou vol dat mense by ’ngeregistreerde skuldberader moet aanklopsodra hulle opmerk dat hul begrotings niemeer klop nie. Teen dié tyd is daar reedsskuldprobleme, maar as dit vroegtydig aan-gepak word, sal dit waarskynlik met groterwelslae bestuur kan word.Theresa se kundigheid, kennis en menslik-

heid is waarskynlik die rede vir die ge-moedsrus wat kliënte ervaar wat met skuld-probleme by haar aanklop. Theresa, ’n

praktiserende prokureur, doen moeite metelke saak juis aangesien kliënte hier nie net ’ngesiglose nommer is nie, maar ’n individumetunieke omstandighede en behoeftes.Sy glo kliënte moet deurentyd ingelig bly

van elke tree wat in die skuldberadingsprosesgeneem word. “Kliënte is dikwels ontevredemet die diens wat hulle by skuldberaders ont-vang omdat daar nie doeltreffend gekommu-nikeer word nie. Daarom word baie sorg aandie dag gelê om te verseker dat kliënte presiesweet hoe die proses vorder,” sê sy.Sy beklemtoon dat die koste van skuld-

berading mense nie moet afskrik nie. Diestelsel is juis ontwerp vir mense wat nie geldhet nie en daarom is tariewe deur die Nasio-nale Kredietreguleerder vasgestel.Te veel skuld is nie die einde van die

wêreld nie en Theresa voel bevoorreg omdeel van die oplossing te kan wees.

s

Klop aan byTheresa Skuldberaders en raak ontslae van jou skuld op die verantwoordelike manier. Eerste konsultasies is gratis.Kontak Theresa Skuldberaders by 012 803 9928 of 084 505 3069 of stuur ’n e-pos na [email protected].

FOTO:iSTOCKPHOTO.COM

Page 70: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

h i s t o r i e s g e s p r o k e

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 70

izzie van Zyl se uitgeteerde liggaampiespreek boekdele. Dié sewejarige Boere-meisie is in die geskiedenisboeke vere-wig juis vanweë haar bittere lyding endood wat gedurende die Anglo-Boere-oorlog in die Bloemfonteinse konsen-

trasiekamp afgespeel het.Lizzie is vandag die simbool van die

lyding wat derduisende kinders gedurendedie oorlog moes deurmaak. Haar verhaal iseen van wreedheid en tot vandag toe nogbring die bekende foto van Lizzie op haarsterfbed die werklikheid tuis van die on-geregtigheid wat teenoor kinders gedurendedie oorlog gepleeg is.Die Britse aktivis Emily Hobhouse, wat

vanaf Januarie tot Junie 1901 ses verskillen-de konsentrasiekampe besoek het, het ookbesoek afgelê by die Bloemfontein-kamp.Dit was hier waar sy die sterwende Lizzieteëgekom het.Oor dit wat Emily gesien het, skryf sy

later breedvoerig. Sy vertel dat sy Lizzie ge-reeld gesien het waar sy op ’n klein ma-trassie al hygend na asem gelê het. Emily hetopgemerk hoe Lizzie se ma, met die min watsy tot haar beskikking gehad het, probeer hetom na haar dogter om te sien.Sy skryf ook later oor Lizzie: “Sy was ’n

brose, verswakte klein kindjie wat desperaatgoeie sorg nodig gehad het. Maar omdathaar ma een van die ongewenstes was –aangesien haar pa nie oorgegee het of symense verraai het nie – was Lizzie op dielaagste rantsoen geplaas. So het sy gekwynvan die honger en ná ’n maand in die kampis sy na ’n nuwe klein hospitaal oorgeplaas.Hier is sy wreed behandel. Die Engelsedokter en sy verpleegsters het nie haar taalverstaan nie en sy kon nie Engels praat nie.Hulle het haar as ’n idioot bestempel hoe-wel daar niks met haar verstand geskort hetnie. Die een dag het sy neerslagtig na haarma geroep waarna ’n mevrou Botha na haargeloop het om haar te vertroos. Dié het diekind vertel dat sy gou weer haar ma sousien, maar Botha is deur een van die ver-pleegsters onderbreek wat haar vertel het datdie kind ’n lastigheid was.” Lizzie is kort náhierdie voorval oorlede.Die foto van die sterwende Lizzie is in ’n

stadium aan die Britse media versprei enhoewel Emily se doel was om die omstan-dighede in die konsentrasiekampe oop tevlek, het sy in haar tuisland baie teenkanting

ontvang. Sommige het selfs teen Lizzie sema en ander soos sy uitgevaar en moedersvan wreedheid teenoor hulle eie kindersbeskuldig. Daar is met alle mag en meninggepoog om mense in Brittanje te oortuig datdie skuld vir die lyding en uithongeringeintlik op die Boere-moeders geplaas moetword. Daar is selfs gemeen dat dit weens diemoeders se eie onnoselheid en agterlosig-heid gebeur het.Die foto van Lizzie van Zyl op haar

sterfbed is in die Bloemfonteinse konsen-trasiekamp geneem. In haar arms lê ’n kleinporseleinpoppie wat volgens oorleweringdeur Emily Hobhouse aan Lizzie gegee is.Luidens ’n navorsingstuk wat deur navorsersaan die Universiteit van Kaapstad oor diekonsentrasiekampe opgestel is, is Lizzie inMei 1901 oorlede. Die studie beklemtoondat aangesien kampregisters by die Bloem-fontein-kamp nie goed bygehou is nie, is ditnie presies seker wie Lizzie was nie. Daarword egter beweer dat sy Elizabeth Ceciliavan Zyl was wat oorspronklik van die plaasTwitsniet in die Ventersburg-omgewing af-komstig was.Lizzie was luidens navorsing een van sewe

kinders en deel van ’n bywonersgesin.Ten tye

van Lizzie se dood was haar ma 31 jaar oud.Lizzie was nie die enigste kind in dieVan Zyl-gesin wat gesterf het nie. Teen Februarie 1902sterf Hester Wilhemina (wat waarskynlikLizzie se suster was) en in Maart 1902 hethaar boetie Hermanus Egbert gesterf.Lizzie is in 1901 in die Bloemfonteinse

konsentrasiekamp oorlede. Die kampstelselhet tot die dood van nagenoeg 28 000 Boeregelei. Hiervan was nagenoeg 22 000 kin-ders. Daar is tydens en ná die oorlog baiegeskryf oor die haglike omstandighede in diekampe asook die hospitale waarin Boerebehandel is.In die boek Stemme uit dieVerlede word

die ervaring van vroue in die oorlogoorgedra. Die een verduidelik: “Ons isbanger vir die hospitale as vir die dood.”Nog ’n persoon skryf oor die kampe: “Dithet dikwels gebeur dat pasiënte wat slegs ’ngeringe siekte onder lede gehad het, metgeweld van die protesterende moeder offamilielede se tente weggehaal is om hospi-taal toe vervoer te word. Ná ’n paar dae ishulle meestal grafwaarts gedra.” ’n Ander sê:“Dit was eenvoudig ’n wonderwerk as ’nkindjie na die hospitaal gegaan en weerlewend uitgekom het.” S

Die verhaal van Lizzie van Zyl (en ander)

lDeur Ilze Nieuwoudt

“Sy was ’n brose, verswakte klein kindjiewat desperaat goeie sorg nodig gehad het.”

– Emily Hobhouse

Page 71: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

h i s t o r i e s g e s p r o k e

www. s o l i d a r i t e i t . c o . z a71n u m b e r 4 o f 2 0 1 0

n Nylstroom staan daar vandag ’n kerkmuseum wat in dieomgewing as die Klein Kerkie bekendstaan. Dié kerkgebouen -museum is op die terrein van Gereformeerde KerkWater-berg (op die hoek van Kerk- en Calvynstraat) en het ’n uniekeen kleurryke geskiedenis.Die nuwe kerkmuseum is op 14 Februarie 2009, tydens die

150-jarige feesvierings van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA), in gebruik geneem. Sover bekend huisves diémuseum die enigste uitstalling oor die geskiedenis van die Bybelin Suid-Afrika.Daar is ook ses ander uitstallings wat die geskiedenis van die

kerkie en die gemeente van die Gereformeerde Kerk Waterbergsedert 1859 uitbeeld.Die kerkie is oorspronklik in die vorm van ’nT gebou en is op 23

November 1889 feestelik in gebruik geneem met pres. Paul Krugeras een van die eregaste. Die totale koste vir die oprigting van diekerk was £765 (oftewel R1 530).Die maak van die preekstoel het £65 gekos en die kerkbanke £7

en 5 sjielings. Met die ingebruikneming van die gebou was daarvolgens kerkbronne 323 belydende en ’n onbekende aantaldooplidmate in die gemeente.Tydens Nagmaal was dié kerk en terrein behoorlik ’n miernes

van bedrywighede en ossewaens het van tot 300 km ver inge-stroom vir die geleentheid. Paaie vanuit die noorde moes somsoopgekap word om by Nylstroom uit te kom.Nagmaal was kampeertyd, kuiertyd en feestyd waar kerkmense

byeengekom het en waarvoor daar lank vooraf beplan is. Meel,ingelegde vrugte, soutvleis, biltong, beskuit, botter en selfsspeelgoed vir die kinders is ingepak vir die kamp langs die KleinKerkie.Teen 1898, kort voor die Anglo-Boereoorlog, was die kerkie te

klein en is aanbouings aan die noordelike vleuel gedoen. Geskrewerekords oor die tyd van die Anglo-Boereoorlog ontbreek egter. Watwel bekend is, is die feit dat die Klein Kerkie in die oorlogstyd deurdie Engelse gebruik is om vroue en kinders gevange te hou. Later isdie kerkgebou as hospitaal en die konsistorie as lykshuis gebruik.Op 31 Mei 1901 word die Nylstroom-konsentrasiekamp reg

langs die Klein Kerkie geopen.Nagenoeg 540 mense is uiteindelik in dié tyd van onbeskryflike

leed en lyding in hierdie kamp oorlede. Familie is nie toegelaatom hul siekes te versorg nie en pasiënte het weens onder meerverwaarlosing en hongerte gesterf.Die doel van die Klein Kerkie-kerkmuseum is om die waarheid

van die Bybel uit te dra. Dieselfde Bybel wat ons voorouers deurswaar tye, oorlogellende, droogtes en armoede gedra het, is steedsmet ons. Dit is ons troos.Die Klein Kerkie is dus ’n monument met ’n klein begin, maar

met ’n groot troos en erfenis vir vandag. S

Klein Kerkie metdie groot storievan troos, erfenis

iDeur Grietjie Swanepoel

Page 72: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

t o t u d i e n s

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an o m m e r 4 v a n 2 0 1 0 72

Kantore – legendaries, lojaal en landwyd!BELLVILLE

Ettienne Pio, Raymond Holland-Chapman,Anton Gerretsen, Bennie Harmse,Mike GoussardAdministratiewe beampte: Nicole HarmseTel: 021 946 4440/4478Faks: 021 949 4259E-pos: [email protected]: Du Toitstraat 18, Bellville

KATHUGert van WykAdministratiewe beampte: Jaatjé ShermanTel: 053 723 1604Faks: 053 723 1407E-pos: [email protected]: Rietbokstraat, Kathu

RUSTENBURGTheunis van Staden, Johan NellAdministratiewe beampte: Christelle GroblerTel: 014 592 4336Faks: 014 592 4371E-pos: [email protected]: H.v. Heystek- enThabo Mbekistr. Heystek Ontwikkelaars,Kantoor 4, Total Garage, Rustenburg

BOKSBURGFrancois van Heerden, Zirk Gous, HennieVosloo,Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek MansAdministratiewe beamptes:Marlindie Booyens,Natasha van HeerdenTel: 011 913 0783/1101Faks: 011 913 3850E-pos: [email protected]: Rondebultweg 232, Libradene

NEWCASTLEJohan BothaAdministratiewe beampte: Elize BronkhorstTel: 034 312 9711/9917Faks: 034 312 5170E-pos: [email protected]: Hardingstraat 79,Sanlampark, Blok B, Newcastle

SECUNDA

CARLETONVILLEWillie van RensburgAdministratiewe beampte: PetroWatsonTel: 018 788 4861/018 786 2785Faks: 011 788 5102/011 388 9854E-pos: [email protected]:Van Zyl Smitstraat 74,Oberholzer, Carletonville

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR

Tel: 012 644 4300Tel: 0861 25 24 23E-pos: [email protected]: www.solidariteit.co.zaStraatadres: H.v. DF Malanrylaan enEendrachtstraat, KloofsigPosadres: Posbus 11760,Centurion, 0046

DESPATCHPiet Veldtman, Wynand StrydomAdministratiewe beampte: Marlene VeldtmanTel: 041 933 5144/5145Faks: 041 933 5539E-pos: [email protected]: Hoofstraat 91, Despatch

PIETERSBURGEric SchoemanAdministratiewe beampte: Arlene LourensTel: 015 297 0287Faks: 015 297 1589E-pos: [email protected]: Biccardstraat 79 (3A),Pietersburg

VAALDRIEHOEKJaco van den Berg, JohanVenter,Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee CoetzeeAdministratiewe beamptes: Nadia Coetzee,Rika CronjeTel: 016 931 3160/2/4Faks: 016 931 3171/011 252 7271E-pos: [email protected]: Rossini-boulevard 130

ELLISRASJan PretoriusTel: 014 763 9511Faks: 014 763 9511E-pos: [email protected]

PRETORIAJack Loggenberg, Jahni Cowley, Keith Rossouw,Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter,Connie Badenhorst, Johan BothaAdministratiewe beamptes:Christa Louw,Anke CloeteTel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002E-pos: [email protected]: H.v. Lambert Lee- &Van Rensburgstraat, Mayville

WELKOMCoen SchoonraadAdministratiewe beamptes: Sue NelTel: 057 352 6839Faks: 057 357 2072E-pos: [email protected]: Grondvloer, Haddad-gebou,h.v. Buiten- en Elizabethstraat, Sakesentrum

KLERKSDORPManie Lourens, Willie MaraisAdministratiewe beampte: Nicoline CraffordTel: 018 468 8533Faks: 018 468 8563E-pos: [email protected]: Buffeldoringlaan 48,Eenheid 2, Buffelparksentrum, Klerksdorp

RICHARDSBAAIFanie van HuyssteenAdministratiewe beampte:Chantelle van der MerweTel: 035 789 0968/9Faks: 035 789 0967E-pos: [email protected]: Liralinkstraat, Eenheid 7,Montego Park, Richardsbaai

WITBANKCornelius van Leeuwen, Jan du PlessisAdministratiewe beamptes: Irma Oberholzer,Sonja BekkerTel: 013 656 3871Faks: 013 656 6846E-pos: [email protected]: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel,Route N4 Business Park, Ben Fleur X11

Kobie de VilliersAdministratiewe beampte: Sandra ScheepersTel: 017 634 5296Faks: 017 634 5297E-pos: [email protected]: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- enMoorestraat, Uitbreiding 22,Secunda

Page 73: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4

s t i l w ( o ) o r d

w w w . s o l i d a r i t e i t . c o . z an u m b e r 4 o f 2 0 1 0 73

ns voete knars op die kerk-paadjie op pad na die hek-kie. Op die sypaadjiedwarrel die wind droë blarerond. Die kerkklok slaan

een maal hard, finaal. Ek kyk op na die kerk-toring; verwag half dat die uur iets dramatiessoos halftwaalf gaan wees – maar nee, dismaar net halftwee. Halftwee op ’n gewoneWoensdagmiddag. Die lewe gaan voort, onsmoet huis toe. Die begrafnis is verby.Begrafnis.Die woord voel so heeltemal uit pas met

’n jong lewe. Sokkie, gradeplegtigheid, ver-jaarsdag, toets – dit is almal tog woorde wateerder sinoniem is met die lewe van ’n jongseun; nee, ’n jong man op universiteit. Enwas hy nie pragtig nie! In die kerk het ekgesit en blaai deur die foto-collage in diebegrafnisbrief. Gelukkig dat ek by voorbaat’n stewige voorraad snesies in my baadjiesakgesteek het, want die trane het onwillekeuriggerol toe ek na die foto’s kyk.Die blonde seuntjie met die diepblou

ogies. Saam met sussie Jolani. Fris matriek-seun met wit hemp en skooldas. Matriek-afskeidfoto. Laggend saam met maats inlawwe situasies; duidelik besig om die lewete geniet. Foto’s so pynlik soortgelyk aan myeie seun se foto’s wat hy so gereeld op dierekenaar vir my wys. Kyk Ma, dit is nou soen so. Hier het ons so gelag, want... Sien Madaardie ou, hy is in ons gang...Daar is boodskappies ook in die begraf-

nisbrief. Hulle veroorsaak so ’n aanslag opmy snesie-voorraad dat ek hulle nie klaarkan lees nie. Die eerste een is van sy bestevriend. Ek kom net by die eerste sin uit:“Hey ou, hoe kan jy my alleen los...” begindit. Ek maak die begrafnisbriefie liewer toe,en sien Ria (sy ma) sê: “Seuna”, begin dit,“Gelukkig het ek en jy ons prate gepraat toejy nog gelewe het.” Verder as dit kry ek ooknie gelees nie.In die kar op pad terug dink ek aan my-

self, en aan soveel ander mense met prag-tige, lewende jong kinders. Leef jy elke dagmet hulle asof dit die laaste dag is? Praat jyjou prate? Doen jy jou doene? As die Herehulle kom haal, sal jy met vrede in jou ge-moed kan sê: “Ek het alles gedoen wat ekkon om hierdie kind vir U gereed te kry”?Sal jy spyt wees oor verspilde tyd; oor ver-keerde prioriteite; oor vrae wat nie beant-woord is nie; oor ’n aanraking of mooiwoorde waarvoor dit nou te laat is?

Meer as tweeduisend jaar gelede het diegeboë figuurtjie van ’n ma langs die kruisgestaan waaraan haar Seun gespyker is. Hyhet Sy kop gelig en haar hartseer gesien. Sagspreek Hy haar aan; vra Sy beste vriend omna haar om te sien. Joh. 19:27: “Daarop sêHy vir die dissipel: ‘Dáár is jou moeder!’ En

van daardie uur af het die dissipel haar in syhuis geneem.”Toe Hy sterf, roep Hy: “Dit is volbring!”

Dit was drie-uur, die middel van ’n gewonemiddag. Tog het dit pikdonker geword, en indie tempel het die voorhangsel vanselfmiddeldeur geskeur.Dit is volbring... sodat jy, Diaan, nie die

donker nie, maar die lig kon tegemoetgaan.Sodat jy na ’n plek toe kon gaan waar daargeen droë blare ronddwarrel nie. ’n Plekwaar die bome altyd groen bly; waar dieblare van die boom van die lewe vir almalgenesing bring. ’n Plek waar die klokke aan-houdend beier; die kore vir altyd sing enjeug en lewensvreugde totaal iets anders ashier op aarde is. ’n Plek waar daar geen be-grafnisse is nie. En ons?Vir ons is dit nog nie tyd nie. Dis nou eers

halftwee. Ons moet nog hier lewe; ons moetnog hier werk. Ons moet nog kinders groot-maak. Onsmoet nog lag en liefhê, bid en huil.Ons voete knars op die paadjie na môre.Here, wees U vir ons die middagson in

die winter sodat ons U warmte met mekaarkan deel terwyl ons tyd het; voordat dieblare aan ons aardse boom verdroog en indie wind ronddwarrel.Voor die winter. En voor die begrafnis. S

STILWO(O)RDmarietha malan

o’n Plek waar die blare genesing bringFOTO’S:YOLANDÉTERBLANCHE;iSTOCKPHOTO.COM

Page 74: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4
Page 75: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4
Page 76: Solidariteit Tydskrif 2010 #4 | Solidarity Magazine 2010 #4