76
95% van Sol-Tech se studente kry gou werk! bladsy 50 OORLEWING OORKOM DIE UITDAGINGS VAN 2016: GELD GESIN WERK TOEKOMS TER WILLE VAN WENKE NOMMER 1 VAN 2016 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede SOLIDARITY GROWING BIGGER, BETTER, STRONGER WITH OUR MEMBERS’ HELP! DROOGTEHULP BEWEGING SKENK MEER AS R1 MILJOEN OM BOERE TE HELP WEN REIS NA VN OM SAAM MET ONS TEEN REGSTELLENDE AKSIE TE VEG

Solidariteit Tydskrif Uitgawe 1 - 2016

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

www.solidariteit.co.za1Issue 1 of 2016

95%van Sol-Techse studente

kry gou werk!bladsy 50

OORLEWINGOORKOM DIE UITDAGINGS VAN 2016: GELD • GESIN • WERK • TOEKOMS

TER WILLE VAN

WENKE

NOMMER 1 VAN 2016www.solidariteit.co.zaR16,95 (BTW ingesluit)

Gratis aan lede

SOLIDARITY GROWINGBIGGER, BETTER, STRONGERWITH OUR MEMBERS’ HELP!

DROOGTEHULPBEWEGING SKENK MEER AS

R1 MILJOEN OM BOERE TE HELP

WEN REIS NA VNOM SAAM MET ONS TEEN

REGSTELLENDE AKSIE TE VEG

Uitgawe 1 van 2016

www.solidariteit.co.za3Issue 1 of 2016

inhoudNOMMER 1 VAN 2016

10 Beweging skenk R1 miljoen vir droogtehulp12 Dié munisipaliteite dop leefbaarheidstoets13 SAPS’s employment equity plan unconstitutional – court14 Growing bigger, better, stronger with your help15 VN hoor klagte oor rassediskriminasie aan16 Saamstaan nodig vir toekomspad18 Pak ekonomiese uitdagings só in 201620 Bespaar elektrisiteit só by die huis21 Elektrisiteit: Lewensbloed van die moderne wêreld22 Rek vanjaar só jou mediese rande23 Maak oefening deel van jou dag op kantoor24 Verdubbel kos se raklewe: 5 wenke25 Spaar brandstofkoste sonder sukkel26 Akademia: Vyfde jaar, talle mylpale

28 Arbeidsverhoudinge: Só lyk sake in 201629 Aanstelling van buitelanders roof plaaslike poste30 Mining industry lacks leadership – Solidarity31 Vakbondverhinderduisendeafleggings32 Groei deur hoë minimumloon is wensdenkery34 Opleiding ná matriek verbeter werkkanse35 The business of business resque36 Quotas for medical students illegal40 Change and the impact on health and safety41 Enorme skikking in mediese bedryf beklink

42 Rolprent plaas ANC-geweld in perspektief44 Almal raas nou weer oor ras!50 95% Sol-Tech-ambagslui kry werk – navorsing52 Jy en die reg: Kan ‘n bestuurder ‘n vakbondlid wees?53 Nog twee moet opdok vir Aurora-debakel54 Kinders die bank waarin Helpende Hand belê55 Toer 21: Só bied SOS wêreldgehalte-opleiding56 5 perde en ruiters, 620 km, 19 dae58 Staat, aftreefondse en Cosatu – vernietigende alliansie60 Gordel vas vir stamperige geldrit in 201661 Gee jou onderneming ‘n stewige e-hupstoot62 Agt doendinge om ‘n gelukkiger gesin te verseker63 How to start the new year the right way64 Bucketsfullofbenefitsforourmembers66 Lees en leer lekker in Afrikaans @ Maroela Media67 ‘n Splinternuwe blik op nuwejaarsvoornemens68 Afrikaner se kruispaaie en die wil om te oorleef69 Vyf tekens dat jy ‘n welverdiende blaaskans nodig het70 Solidariteit-dienskantore: Diens op jou voorstoep72 Die storie van Oom Paul, sy soldate, die plein73 In retrospek: Mosaïekstukkies: Mooi, maar gebroke

GROTER, BETER EN STERKERSÓ HELP EN BOU ONS OM 2016 TE OORLEEF

OORLEEF

NUUSWAARDIG

BEDRYFSNUUS

IN BEWEGING

spreekBuysSolidariteit is ’n organisasie

waar lede mekaar help om steen vir steen aan die toekoms te bou. Daardeur

wil ons hoop skep en HOOPDRAERS wees in ’n

land waar almal oor die toekoms bekommerd

is, skryf Flip Buys.

Die Solidariteit Beweging se ledeinstellings het meer as R1 miljoen ingesamel vir droogtehulp en daardeur bewys dat lede ʼn groot verskil tydens die DROOGTE kan maak.

ʼn Perderit deur 5 ruiters en 5 perde, oor 620 km en 19 dae in Desember 2015, het opnuut bewusmaking geskep oor die BEWARING van ons lande se monumente en erfenisterreine.

www.solidariteit.co.za5Issue 1 of 2016

www.solidariteit.co.za6Uitgawe 1 van 2016

Soos dit gaan tydens die eerste weke van ’n nuwe jaar, word daar talle voornemens gemaak om beter te eet, meer tyd saam met die gesin deur te bring, dalk daardie studies of verdere opleiding aan te pak

wat jy al jare lank beoog... By die werk gaan dit dieselfde: ’n Klomp vergaderings word gehou waartydens die jaar se doelwitte beplan, bespreek en in besonderhede uitgepluis word.

Teen Maart voel dit egter of al daardie voornemens en beplanning darem ’n baie groot hap was om af te byt, maar Solidariteit glo dat uitdagings geleenthede skep. Net soos jy voornemens maak en beplanning doen vir die jaar, so ook doen Solidariteit beplanning deur struikelblokke in die werkplek en in die land te identifiseer en met jou samewerking ’n oplossing daarvoor te probeer vind.

Ons glo ook dat die nodige wilskrag en motivering ’n mens in staat stel om enige uitdaging te oorkom. Natuurlik is dit belangrik om ingelig te wees en om nie toe te laat dat wanopvattings jou denke en dade beïnvloed nie.

Daarom lê Solidariteit weer in Augustus vanjaar besoek af by die Verenigde Nasies (VN) in Genève om die klag van rassediskriminasie teen die Suid-Afrikaanse regering aan te hoor.

Benewens die stryd wat die bekwame span van Solidariteit gaan aanpak, kan jy ook nou direk betrokke raak by hierdie massiewe veldtog. Een gelukkige lid van Solidariteit gaan die publiek by die VN in die geveg teen onbillike diskriminasie verteenwoordig!

Daar is reeds ’n veldtog van stapel gestuur om 2016 op die regte manier aan te pak, nie net aan die begin van die jaar nie, maar vir die volle 12 maande lank. Lees ons wenke hiervoor in hierdie lekkerleesuitgawe.

Die droogte wat ons hierdie jaar ervaar, is op almal se lippe. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het tereg gesê dat “elke druppel help”, en die Solidariteit Beweging se ledeinstellings kon reeds saam meer as R1 miljoen vir droogtehulp skenk en daardeur bewys dat elke druppel wel ’n groot verskil tydens die droogte kan maak. Ons voorbladfoto is een van die foto’s wat die vakbond Solidariteit onlangs opgeveil het ten bate van droogtehulp. Lees ook wat die ander instellings gedoen het op bladsy 10.

Een van die eerste reuse-oorwinnings van die jaar vir Solidariteit is reeds in Januarie behaal toe die arbeidshof in Johannesburg in Solidariteit se guns beslis het dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se diensbillikheidplan onwettig is. Die

hof het bevind dat die plan op ’n kwotastelsel neerkom en dus strydig met die Wet is. Lees gerus meer daaroor op bladsy 13.

Daar is nog vele meer uitdagings wat in 2016 vir ons voorlê. Lees in hierdie uitgawe alles wat aan die gebeur is by Solidariteit en die Solidariteit Beweging. Mag die reis van 2016 vir ons almal ’n gelukkige een wees, en mag jy hierdie volgepakte uitgawe van ons tydskrif geniet.

My gebed vir al ons planne en voornemens vir die jaar is soos volg: Almagtige Here, Skepper van die hemel en die aarde, die see en alles daarin – Steek u hand uit en bewerk genesing, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus. – Handelinge 4.

Ek sluit af met die hierdie woorde van een van ons groot Afrikaanse geeste, C.J. Langenhoven: Doen wat reg is en maak die Voorsienigheid aanspreeklik vir die gevolge – in plaas van, soos nou, te maak soos jy lekkerkry en die Here die skuld te gee vir die gevolge.

CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR

Groter, beter én sterker in 2016Namens almal hier by Solidariteit wens ek jou ’n voorspoedige en geseënde 2016 toe. Mag jy hierdie nuwe jaar wat voorlê groter, beter en sterker beleef as ooit tevore.

Cilleste

Foto

’s: Re

int D

ykem

a &

isto

ckph

oto

.com

Redakteursbrief

www.solidariteit.co.za7Issue 1 of 2016

HOE ERG HET DIE DROOGTE JOU GERAAK? Dit het my baie erg geraak. Ek het dit beleef omdat my tuin droog was, maar nie verder nie. Ek is glad nie hierdeur geraak nie.

Seepkis Word deel van die gesprek by www.blog.solidariteit.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan: Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na [email protected]

SolidariteitSolidarity

SOLIDARITEIT-HOOFKANTOORSOLIDARITY HEAD OFFICEH.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, KloofsigTel: 012 644 4300 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za

REDAKTEUR | EDITORCilleste van Dyk

WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITORDaleen Gouws

ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTSDenise Viljoen – tel: 082 352 [email protected]

ADVERTENSIE-ONTWERP | ADVERTISEMENT DESIGNMartie Maree

INTEKENARE | SUBSCRIPTIONSHeleen Nortjé

REKENINGE | ACCOUNTSElna Botes

MEDEWERKERS | CONTRIBUTORSElmien Ackerman, Flip Buys, Jennifer Calonia, Lindie de Beer, Gideon du Plessis, Reint Dykema, Susan Lombaard, Marietha Malan, Martie Maree, Leigh McMaster, Ilze Nieuwoudt, Appie Pienaar, Alet Rademeyer, Francois Redelinghuys, Johan Roos, Riaan Roux, Francois Smit, Inge Strydom, Solette Swanepoel, Anja van den Berg, Juran van den Heever, Cilleste van Dyk en Thinus Vollgraaff

UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO |LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION

Tel: 082 445 4513 | [email protected]

DRUKWERK | PRINTINGPaarl Media Gauteng

VERSPREIDING | DISTRIBUTIONProsort

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

ONS BESKERM JOU WERKBELANGE DEUR DIK EN DUN!

Sluit maklik by Solidariteit aan deur ’n SMS te stuur. Soli dariteit se vriendelike diens sentrum agente sal jou terug-skakel en jou vinnig help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34802 te stuur. SMS’e kos R2. Ons be skerm nie net jou werk nie, maar maak ’n daadwerklike verskil sodat ons lede en hul geliefdes vry, veilig en voorspoedig kan wees – net hier aan die suidpunt van Afrika! Verander jou adres by [email protected].

Hoop is geloof gerig op toekoms

MENINGSPEILING

abc

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m

Hoop is ʼn moderne gonswoord… Die moderne mens hoop vir alles! Almal hoop, ryk en arm. Mense hoop vir vrede, meer tyd, minder stres, meer geld. In Suid-Afrika

hoop ons vir ʼn Christenpresident en beter toekomsvooruitsigte.

Om te hoop, is onontbeerlik, want as ons niks van die toekoms verwag nie, verloor ons lewe sin en betekenis. Wanneer ons hoop verloor, verloor ons alles. Hoop is ʼn oortuiging dat daar iets goeds in die toekoms is.

God het ’n plan vir Solidariteit, maar hy het ook ʼn plan vir jou lewe, jou opvoeding, jou huwelik, jou gesondheid. Dit is ’n plan met ewigheidsbetekenis.

God bevestig hierdie plan in Jeremia 29:11: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here; voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!”

Wanneer die Bybel van hoop praat, verwys dit na ʼn vaste oortuiging dat God sy beloftes gaan vervul – dit is ʼn versekering van wat sal gebeur. Hierdie hoop besit ons as ʼn veilige en onbeweeglike lewensanker (Hebreërs 6:19).

Met die opstanding het Jesus ons wanhoop in hoop op ʼn ewige toekoms verander. Ons leer ʼn belangrike les hieruit: ten spyte van lyding en swaarkry moet die Christen steeds bly hoop, want God is getrou.

Tot die wederkoms het die kinders van God drie belangrike dinge waarop ons moet fokus: • Geloof: Ons moet ons verhouding met God

deurlopend verbeter. • Hoop: Ons moet vashou aan die sekerheid

dat Hy sy beloftes altyd sal nakom.• Liefde: Ons moet ons eie, maar ook ander

se persepsies deur liefde verander.Mag God, die bron van hoop, julle deur julle

geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees (Romeine 15:13)!

Die Solidariteit Beweging moet nog groter droom, nog meer doen, nog meer op ons Hemelse Vader vertrou, Hom in alles ken, aan Hom alleen al die eer gee en so moet ons bly hoop, want anders is ons verlore.

Ons moet saam glo, saam bid en natuurlik saam hoop… of ons sal almal val. Ons God sal ons help om ons drome en planne suksesvol uit te voer, want ons kan nie anders nie.

SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

Indien ons 2016 suksesvol wil aanpak, móét ons hoop op ‘n toekoms, skryf JOHAN BÖNING.

SolidariteitBeweging

www.solidariteit.co.za8Uitgawe 1 van 2016

spreekBuys

Vanjaar is die eerste jaar van die Solidariteit Beweging se “Helpmekaar 2020”-vyfjaarplan. Solidariteit is ’n Helpmekaar-organisasie waar lede mekaar help

om steen vir steen aan die toekoms te bou. Daardeur wil ons hoop skep en hoopdraers wees in ’n land waar almal oor die toekoms bekommerd is. Kom ons kyk na die boustene van hierdie bouplan, want dit is waarvoor jou ledegeld aangewend word.

In die werkplekSolidariteit sien om na lede se werkbelange, en ons landwye netwerk van dienskantore help lede met hul werk, hul diensvoorwaardes en hul werkomstandighede. Omvattende regsdienste, beroepsgesondheid en -veiligheid, toesig oor pensioen- en mediese fondse, hulp en raad oor werksake, en stelsels soos die Solidariteit Wêreld om lede met ’n goeie werk te help, is deel hiervan. Ons lede kry in ’n gemiddelde jaar meer as R200 miljoen kontant terug in die vorm van vergoeding vir beroepsbeserings en -siektes, regsake en byvoordele. Dis baie meer as die vakbond se totale inkomste aan ledegeld. Solidariteit beywer homself vir die welstand van werkendes, en ons personeel beantwoord meer as 414 000 werkverwante navrae per jaar.

Jou ledebydrae help jaarliks duisende mense soos jy met hul werk. Dit is belangrik, want ’n land se welstand word immers bepaal deur die welstand van sy werkmag.

ByvoordeleSolidariteit het verlede jaar R7,5 miljoen uitbetaal aan begrafnisvoordele vir die afhanklikes van lede wat daarvoor kwalifiseer. Sowat 90% van lede en hul afhanklikes kwalifiseer vir hierdie voordeel wat by hul ledegeld ingesluit is. Solidariteit bied ook talle ander ledevoordele, soos goedkoper korttermynversekering, afslagvakansies en baie meer. Die afslag wat duisende lede met versekering kry, “betaal” sommer hul ledegeld.

Helpende Hand-studiefonds Solidariteit Helpende Hand het vanjaar R31 miljoen se rentevrye studiehulp aan 1 250 studente gegee. R5 van elke lid se ledegeld word maandeliks in Solidariteit se studiefonds vir lede gestort. Lede en hul afhanklikes geniet voorkeur by aansoeke. Baie lede gee boonop iets ekstra vir Helpende Hand om hul medemens te help. In totaal het dié bydraes dit moontlik gemaak dat Helpende Hand oor die afgelope sewe jaar meer as 4 000 studente met R104 miljoen se studiehulp kon bystaan!

Sol-TechSolidariteit se tegniese kollege, Sol-Tech, is teen ’n koste van meer as R50 miljoen opgerig. Die kollege word vanjaar tien jaar oud, en daar word al meer as 1 000 studente per jaar opgelei. Die geld is afkomstig van R10 per lid wat maandeliks vanuit ledegeld in Solidariteit se Boufonds inbetaal word. Die Boufonds koop vanjaar nog R2,5 miljoen se toerusting aan om Sol-Tech op die voorpunt van tegniese opleiding te hou. Helpende Hand ken jaarliks R3 miljoen se studie- en verblyfbeurse toe aan lede se kinders wat by Sol-Tech studeer. Lede se kinders geniet boonop voorkeur met aansoeke by Sol-Tech en met studiehulp.

AkademiaDit is al moeiliker vir Afrikaanse studente om toegang tot universiteite te kry. Solidariteit het Akademia vier jaar gelede begin en gaan dit tot ’n volwaardige wêreldklas universiteit uitbou. Hier kan jongmense universiteitsopleiding van hoë gehalte kry, in ’n veilige omgewing waar hulle tuis voel en in Afrikaans hul graad verwerf. Akademia het pas ’n nuwe kampus in Centurion gekoop, en het reeds sewe landwye studiesentrums waar studente met behulp van regstreekse en interaktiewe uitsendings kan klasloop by dosente wat in Centurion gesetel is. Die op- en inrig van

Werkende mense betaal maandeliks duisende rande aan belasting vir die regering, sonder om genoeg waarde vir hul

swaarverdiende geld te kry. Vergelyk gerus dit wat Solidariteit met jou maandelikse bydrae (R109 of R112) regkry

met die waarde wat jy vir jou belasting of enige ander produk of diens kry, skryf FLIP BUYS.

Jou ledegeld geeaan duisende vlerke

vir die TOEKOMS

Foto

’s: Re

int D

ykem

a &

isto

ckph

oto

.com

www.solidariteit.co.za9Issue 1 of 2016

FLIP BUYSis voorsitter van die

Solidariteit Beweging

Akademia het tot dusver R50 miljoen gekos, wat gedra is deur die Boufonds en ons inkomste uit korttermynversekering. Helpende Hand verleen boonop jaarliks byna R6 miljoen se studiehulp aan Akademia-studente. Lede se kinders kry voorkeur met toelating en ontvang 20%-afslag vir hul studies.

Jou maandelikse bydrae aan die Boufonds en die studiefonds help al jaarliks meer as 2 000 studente om te studeer. Dit bestaan uit die studente van Sol-Tech en Akademia, asook dié wat jaarliks studiehulp kry om by enige geregistreerde instelling te studeer. Só help jou bydrae om duisende jongmense se toekomsdrome te bewaarheid.

200 000 kinderlewens geraak’n Kind se geleenthede in die lewe word bepaal deur die gehalte van sy onderwys en opleiding. Daarom het Helpende Hand ’n Skoleondersteuningsentrum (SOS) begin wat dienste aan meer as 500 skole lewer. Dit behels daaglikse voedingshulp aan 4 400 kleuters deur die Kosblikkieprojek, die jaarlikse verskaffing van 5 000 skooltassies propvol skryfbehoeftes, noodsaaklike persoonlike benodigdhede vir 3 400 meisies, ’n omvattende reeks onderwyshulpmiddels soos e-boeke, rekenaar-, lees- en wiskundetegnologie, beroepsvoorligting, hulp met assistentonderwysers in skole en talle professionele opleidingsessies vir onderwysers. Die SOS se projekte raak daagliks die lewe van sowat 190 000 leerlinge.

Die SOS huisves ook die Vereniging van Afrikaanse Wiskunde-onderwysers met 1 000 wiskunde-onderwysers as lede, met voltydse kundiges wat jaarliks 1 700 onderwysers oplei en toerus met die nuutste kennis en tegnologie in hul veld. Daarbenewens het Helpende Hand ’n landwye netwerk van kantore, personeel en 150 takke wat mense in nood bystaan. Helpende Hand het ook al duisende lede en hul gesinne bygestaan met noodvoeding tydens rampe en grootskaalse afleggings, soos nou met die Highveld-sluiting in Witbank toe ons onder meer 8 ton kos aan Solidariteit-lede versprei het. Ons is ook ’n vennoot van die Rapport Onderwysfonds, wat al 1 784 onderwysers met hul studiekostes gehelp het.

Hierdie enorme projekte is net moontlik danksy die maandelikse bydraes van duisende van ons lede. Baie dankie daarvoor!

Gelyke geleenthedeDie owerhede se rassewette diskrimineer onbillik teen wit- en bruinmense, onder die vaandel van regstellende aksie en

“employment equity”. Die Grondwet se bepaling oor “gelykheid” het in die praktyk “verteenwoordigendheid” geword. Jou ledebydrae maak dit vir ons moontlik om hierdie onreg in die howe te beveg, en die saak na die Verenigde Nasies te neem omdat die regering internasionale verdrae oor rassediskriminasie oortree.

Ons sal nie opgee voordat daar regverdigheid geskied nie.

Waghondrol Suid-Afrika mag nie ’n tweede Zimbabwe word nie. Daarom speel Solidariteit ’n belangrike waghondrol oor sake soos regeringskorrupsie, staatsverval, ons lede se pensioenfondse, wetgewing, ekonomiese beleid, die univer-siteitswese, eiendomsreg, die regsorde, en verbruikersake soos hoë bankkoste. Die Solidariteit Navorsingsinstituut hou alles dop wat in die land gebeur, doen deeglike navorsing, en help ons hele Beweging om betyds aksie te neem. Solidariteit se waghondrol kom veral in die openbare media sterk na vore.

Maroela MediaMaroela Media is die grootste gratis Afrikaanse kuierplek op die internet, met bykans ’n miljoen lesers per maand. Solidariteit is ’n aandeelhouer in Maroela Media, en het dié instansie as ’n selfstandige mediahuis begin om Afrikaans as die taal van die meerderheid van ons lede te bevorder. Laai Maroela se app gratis af op jou foon, lees en geniet! Jou bydrae bevorder Afrikaans.

PretoriaFMSolidariteit help om PretoriaFM uit te bou tot die land se grootste onafhanklike radiostasie. Hierdie stasie se doel is om Christelike waardes, Afrikaans, Afrikaanse musiek en Afrikanerbelange te bevorder. Dit is reeds die land se grootste gemeenskapstasie, en ondersteun die Beweging se helpmekaar-projekte soos ons veldtog om boere met water en noodhulp te help.

Christelike waardesSolidariteit is geskoei op Christelike waardes en streef daarna om dit daagliks uit te leef. Van hierdie projekte is die verspreiding van Christelike inligting deur ons sosiale media, Maroela Media se verskaffing van Skrifoordenkings aan 42 gemeenskapsradiostasies, ons publikasies en baie meer. Die belangrikste is dat ons geloof bevorder deur wat ons elke dag doen.

Afrikaans, geskiedenis en erfenis Die FAK is ook deel is van die Solidariteit Beweging en staan aan die voorpunt van die bevordering van die regte Afrikanergeskiedenis deur hul internetmuseum. Talle projekte om Afrikaans te bevorder word aangepak, soos die Afrikaanse Ekspo wat ons taal in honderde skole bevorder. Solidariteit is ook ’n lid van die Erfenisstigting, wat die Voortrekkermonument en talle ander standbeelde en monumente bewaar. Ons is ook ’n aandeelhouer in Kraal Uitgewers wat goeie gehalte boeke oor Afrikaans en die geskiedenis uitgee.

Beweging skep ’n toekomsDeur jou lidmaatskap van Solidariteit is jy deel van die Solidariteit Beweging met byna 350 000 lede, met ons vlagskipprojek “Helpmekaar 2020” waarmee ons ʼn toekoms wil skep waarbinne ons almal blywend vry, veilig en voorspoedig kan leef. Daardeur het ons reeds bewys dat eenheid moontlik is, en dat eendrag mag maak! Daarom werk AfriForum as deel van ons Beweging landwyd om munisipale dienste aan die gang te hou, veiligheidstrukture te skep, plaasmoorde te beveg en ons geskiedenis te bevorder.

Die meeste vir die minste!Hierdie is maar net ʼn kort opsomming van hoe Solidariteit jou ledegeld aanwend en wat die dienste is wat jy, jou gesin en jou gemeenskap daarvoor kry.

Onthou dat die organisasies in die Solidariteit Beweging op hul eie bene staan en nie deur ledegeld gesubsidieer word nie. Die ledebydraes wat tot fondse soos die Boufonds en die Studiefonds gemaak word, is regstreeks tot voordeel van ons lede. Dit is hoekom ons oortuig is dat Solidariteit as organisasie die meeste waarde vir die minste geld lewer.

Lede kry hierdie dienste alles teen minder as byvoorbeeld net die administrasiekoste van ’n mediese fonds. Dit alles is net moontlik omdat Solidariteit ’n Helpmekaar-organisasie is, met die bestaansrede om ons gemeenskap te dien. Alles en meer word teruggeploeg in ons lede en gemeenskap. Ons is deurlopend met die ontwikkeling van bykomende dienste besig, met die doel om lede met hul werk, loopbane en lewenswelstand te help.

Dit is vanjaar die eerste jaar van ons Helpmekaar 2020-plan. Ons weet daar lê nog ’n taai opdraande voor ons, maar die syfers, getalle en welslae wys daar is hoop vir ’n toekoms waarin ons én ons kinders vry, veilig en voorspoedig kan wees. S

SPREEKBUYS

www.solidariteit.co.za10Uitgawe 1 van 2016

Die Solidariteit Beweging se ledeinstellings het altesaam meer as R1 miljoen ingesamel vir droogtehulp en daardeur bewys dat hierdie organisasie

en sy lede ʼn groot verskil tydens die droogte kan maak. AfriForum het R200 000 aan die TLU-SA droogtefonds geskenk nadat hulle ʼn SMS-veldtog van stapel gestuur het. Solidariteit Helpende Hand het R600 000 se studiefondse beskikbaar gestel vir boere in nood en die vakbond Solidariteit het R254 700 tydens ʼn fotoveiling ingesamel.

Solidariteit het vier fotograwe – Riaan Roux, Reint Dykema, Willem de Lange en Hendrik van der Merwe – gekontrakteer om die dorre paaie van Suid-Afrika te gaan verken om die droogtekrisis op film vas te lê om Suid-Afrikaners bewus te maak van wat werklik aan die gang is.

Tydens ʼn veiling van dié foto’s wat op 28 Januarie vanjaar in die Atterbury-teater in Pretoria gehou is, het Solidariteit R254 700 ingesamel om droogtehulp te bied aan boere wat deur die landwye droogte geraak word. Die opbrengs van die geleentheid is per tjek aan die TLU-droogtefonds oorhandig ná afloop van die veiling. Die foto wat die meeste by die veiling behaal het, is teen R50 000 deur ʼn anonieme koper gekoop.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, was die terugvoer rakende die veldtog oorweldigend. “Die foto’s dokumenteer een van die ergste droogtes wat Suid-Afrika nog beleef het sedert opnames van reënval in 1904 begin het. Dit was verblydend om te sien hoeveel mense bereid was om hierdie projek te steun en by te dra om die uitwerking daarvan op boere, wat die winkelrakke moet volhou, te versag,” het Hermann gesê.

Solidariteit se Navorsingsinstituut (SNI) het ook tydens die fotoveiling ʼn droogteverslag bekendgemaak. In hierdie verslag het dr. Eugene Brink, senior navorser by die SNI, die oorsprong van die droogte en die uitwerking daarvan op die landbousektor, maatskaplike bestendigheid en die Suid-Afrikaanse publiek saamgevat. Hy het ook aangedui wat dit vir die toekoms inhou.

Volgens Brink sal 4 miljoen ton mielies waarskynlik ingevoer moet word, terwyl kleiner en bestaansboere sukkel met huishouding-voedselsekerheid. Slegs ʼn beraamde 60% van die benodigde mielies is aan die einde van Desember geplant, het Brink gesê. S

Beweging skenk R1 miljoen vir droogtehulp

Stof tot stofOor dor maretla’s tril die son vandag weer eens so erg

van douvoordag tot koperskemer oor die berg.

Die grond skeur oop, bars breed in uitgerekte sug: Geen wind, geen wolk, geen reëngerug in gloeiblou lug.

“Droogte by die Molopo” – C.S. Steenkamp

Deur Juran van den Heever

Foto

’s: Ri

aan R

ou

x

NUUSWAARDIG

www.solidariteit.co.za11Issue 1 of 2016

www.solidariteit.co.za12Uitgawe 1 van 2016

10987653Munisipale bestuur, dienslewering en leefbaarheid in die Vrystaat is maar bra treurig. Daarby is misdaad, veral geweldmisdaad, buite beheer

en is die gehalte van drinkwater in die algemeen swak. Dít is die bevindings van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se Leefbaarheidsmonitor vir die Vrystaat wat onlangs bekendgestel is.

Volgens dr. Eugene Brink, senior navorser by die SNI, het slegs 4 uit die 20 munisipaliteite in die Vrystaat ʼn punt van 5 of meer uit 10 vir hul leefbaarheid ontvang. Die Mangaung- metropolitaanse munisipaliteit (Bloemfontein) en Metsimaholo- plaaslike munisipaliteit (Sasolburg) het die beste leefbaarheidstelling, naamlik 6½ uit 10, ontvang. Brink sê munisipaliteite in die Vrystaat het ʼn gemiddelde punt van 3 uit 10 vir leefbaarheid ontvang.

“Sommige munisipaliteite het lae tellings verwerf ten spyte daarvan dat hulle goed tot uitnemend op sekere gebiede gevaar het. Hulle het egter so swak op sekere ander gebiede gevaar dat dit hul algehele telling laat daal het.

“Indien die munisipaliteite se rade strategies ingryp, kan hulle hul leefbaarheidstellings aansienlik verhoog. Sommige sukkel egter met strukturele uitdagings soos lae skolingsvlakke en nypende armoede wat nie gou gaan verdwyn nie,” sê Brink.

Die Vrystaatse Leefbaarheidsmonitor is die sesde aflewering in ’n reeks. Vorige provinsies wat gemeet is, sluit in Gauteng, Noordwes, die Wes-Kaap, Mpumalanga en Limpopo. Die Wes-Kaap, waarvan nie een munisipaliteit ʼn telling van minder as 5 uit 10 behaal het nie, is tot dusver die enigste provinsie wat relatief goed gevaar het wat leefbaarheid betref.

Volgens Brink is die doel van die monitor om die leefbaarheid van die provinsie op munisipale vlak te meet. Leefbaarheid word aan die hand van ʼn stel sleutelaanwysers, met subaanwysers wat daaronder ressorteer, ontleed. Die monitor vorm deel van Solidariteit se verbintenis om belastingbetalers te voor-sien van inligting oor hoe hul belastinggeld aangewend word. Die vakbond speel veral deur navorsing ʼn waghondrol om die besteding van werkers se belastinggeld te monitor. S

Dié munisipaliteite dop leefbaarheidstoets

Mangaung- metropolitaanse munisipaliteit (Bloemfontein)

Metsimaholo- plaaslike munisipaliteit (Sasolburg)

Matjhabeng- plaaslike munisipaliteit (Welkom)

Dihlabeng plaaslike munisipaliteit (Bethlehem)

Moqhaka- plaaslike munisipaliteit (Kroonstad)

Tswelopele- plaaslike munisipaliteit (Hoopstad)

Maluti-a-Phofung- plaaslike munisipaliteit (Harrismith)

Naledi- plaaslike munisipaliteit (Wepener)

Ngwathe- plaaslike munisipaliteit (Parys)

Mantsopa- plaaslike munisipaliteit (Ladybrand)

Mafube- plaaslike munisipaliteit (Frankfort)

Nketoana- plaaslike munisipaliteit (Reitz)

Phumelela- plaaslike munisipaliteit (Vrede)

Kopanong- plaaslike munisipaliteit (Trompsburg)

Mohokare- plaaslike munisipaliteit (Zastron)

Letsemeng- plaaslike munisipaliteit (Petrusburg)

Nala- plaaslike munisipaliteit (Bothaville)

Setsoto- plaaslike munisipaliteit (Senekal)

Masilonyana- plaaslike munisipaliteit (Theunissen)

Tokologo- plaaslike munisipaliteit (Dealesville)

MUNISIPALITEITE SE LEEFBAARHEIDSTELLINGS UIT 101 2 4

VRYSTAAT

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m

NUUSWAARDIG

www.solidariteit.co.za13Issue 1 of 2016

The court ruled that the plan amounted to a quota system and therefore contravened the Employment Equity Act. The plan also violates the equality clause in

section 9(2) of the Constitution. Solidarity Deputy General Secretary

Johan Kruger said the ruling will prevent the SAPS from discriminating unfairly against any employee. “The unfair affirmative action practices of the SAPS will be nipped in the bud by the ruling. The ruling is furthermore significant since it provides the necessary legal basis for all future unfair discrimination cases. The ruling also highlights the duty of employers to align their employment equity plans with the relevant legislation,” Kruger said.

Solidarity has been conducting several

unfair discrimination court cases on behalf of twelve of its members against the SAPS since 2005. The trade union has consistently argued that the SAPS’s employment equity plan is inconsistent with the provisions of the Employment Equity Act as it is based only on the national race demographics. Solidarity contends that, in the process, its members are being unfairly discriminated against.

Kruger said the judgment on the SAPS’s employment equity plan have a bearing on another twelve court cases of unfair discrimination Solidarity has been contesting against the SAPS since 2005. “This judgment by the Labour Court is a huge victory for Solidarity, and the knowledge that the courts are not tolerating the unfair implementation of affirmative action, is reassuring,” Kruger said. S

SAPS’s employment equity plan unconstitutional – courtSolidarity recently had a huge victory against the unlawful employment equity plan of the South African Police Service (SAPS). The Johannesburg Labour Court in January this year ruled in favour of Solidarity that the employment equity plan of the SAPS was, in fact, unlawful. INGE STRYDOM reports.

Polisielede op NasionalePolisiedag vereer vir werk

Deur Francois Redelinghuys

Solidariteit het onlangs ’n veldtog van stapel gestuur om polisiemanne en -vroue wat werklik ’n bydrae

in hul gemeenskap lewer, te vereer. Solidariteit sal hierdie beamptes ook by sy jaarlikse kongres vereer. Die nominasies het ingestroom, maar uit die talle verdienstelike nominasies kon daar helaas net vier polisielede as sterre in hul gemeenskap vereer word.• Stoffel Holtzhausen van Pretoria-

Noord: Stoffel het die meeste nominasies ontvang en is ’n ware ster in die gemeenskap. In sy gemeenskap is Stoffel bekend vir die harde werk wat hy elke dag verrig.

• Koos Marx van Port Edward: Koos Marx is ’n speurder verbonde aan die Port Edward-polisiestasie. Koos het met sy vinnige optrede en flink speurwerk verseker dat die moordenaars van twee bejaardes vasgetrek word en aan die pen ry.

• A. Verster van Sinoville: Kaptein Verster is bekend vir haar passie vir haar beroep en haar toegewydheid om die gemeenskap te dien. Kaptein Verster se hande staan vir niks verkeerd nie en sy dien die gemeenskap met oorgawe.

• Chriselie van der Linde van Boipatong: Chriselie is ’n speurder van Boipatong. Dié wat haar ken, vertel sy kla nooit oor haar werk nie en sy dien met trots. Chriselie het op Oujaarsaand verlede jaar ’n eenjarige kindjie in die straat opgetel en versorg totdat alternatiewe versorging gereël kon word. Chriselie word beskryf as iemand met ’n sagte hart wat ’n ware weldoener is. S

Foto

’s: m

aRti

e maR

ee

NEWSWORTHY

www.solidariteit.co.za14Uitgawe 1 van 2016

Solidarity is helping to build a bright future by becoming bigger, better and stronger. The essence of the service Solidarity offers its members is to build a larger world of work within which

Solidarity members, their communities and other minority groups can be free, safe and prosperous.

Solidarity can however only fulfil this promise with your help. Thanks to thousands of monthly contributions from Solidarity members and supporters, small change becomes big money, and in this way, invaluable contributions can be made towards building a future that is free, safe and prosperous.

Solidarity’s approach is not to wait for things to improve but to help create a better future

through the development of its self-reliant Helpmekaar institutions. With the help of your membership fees we are building a university, a safe and fair work environment, and a trained workforce.

Solidarity’s membership fees increase on 1 March 2016. Solidarity’s membership fees for individual and collective members will increase by R8 and will be as follows:• Individual members: R112• Collective members: R109

Through your membership fees you are contributing to the development of a plan of hope for the future. An entire world of membership benefits awaits you in 2016.• Phone 0861 25 24 23 for more information. S

Membership fee increase in March 2016

Growing bigger, better, stronger with your help

illu

stRa

tio

n &

pho

tog

Raph

: isto

ckph

oto

.com

Deel jou spaarwenke en wen koopbewys

Die jaar 2015 sal in die annale aangeteken word as een van die droogste jare wat Suid-Afrika al

ooit beleef het. Die aarde is plek-plek verskroei en tot stof vertrap. Suid-Afrikaanse boere is op hul knieë gedwing en hoewel ’n paar druppels reën hier en daar al ’n bietjie verligting gebring het, is daar reeds groot skade gely.

Met talle misoeste en vee wat nie die droogte oorleef het nie, begin elke Suid-Afrikaner nou ook die uitwerking van die droogte aan die lyf voel weens kospryse wat die hoogte inskiet. Ons het jou wenke nodig om die impak hiervan te versag.

Enige en elke wenk oor hoe om geld te spaar wanneer jy kruideniersware koop, is welkom!

Hoe neem ek deel?Stuur ’n SMS met die woord Tydskrif-kompetisie, jou naam, van en jou wenk aan 34802. SMS’e kos R2.

Wat is op die spel?Met elke nuwe wenk wat jy instuur, staan jy die kans om ’n R2 000-koopbewys van Pick n Pay te wen.

SluitingsdatumDie sluitingsdatum is 31 Maart 2016. S

WEN!WEN!WEN!

OORLEEF

NEWSWORTHY

www.solidariteit.co.za15Issue 1 of 2016

Solidariteit se klagte van rasse-diskriminasie teen die Suid-Afrikaanse regering sal in Augustus 2016 deur die Verenigde Nasies (VN) aangehoor word. As jy direk betrokke wil raak

by die grootste veldtog teen die onbillike toepassing van regstellende aksie in Suid-Afrika, is dit nou jou kans! Een gelukkige lid van Solidariteit kan die publiek in Augustus by die Verenigde Nasies in die geveg teen onbillike diskriminasie verteenwoordig.

Die vakbond het die klag in September verlede jaar ingevolge die internasionale konvensie vir die uitskakeling van alle vorme van rassediskriminasie by die VN in Genève ingedien. Suid-Afrika is ʼn ondertekenaar en lidland van die konvensie en moet elke twee jaar verslag doen oor die land se voldoening aan die konvensie.

Burgerlike organisasies kan ʼn skaduverslag in reaksie op ’n regering se verslag indien. Die waghondkomitee oor die konvensie kan dan aanbevelings aan die lidland doen. Dié aanbevelings moet geïmplementeer word en die betrokke

land moet oor die implementering verslag doen. Solidariteit se klag neem die vorm van ʼn skaduverslag aan, na aanleiding van die regering se verslag wat in Desember 2014 ingedien is. Die regering het sy verslag agt jaar laat ingedien.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, verduidelik dat Solidariteit as deel van die klagteprosedure sy verslag aan die genoemde komitee van die VN sal voorlê gedurende die komitee se sitting in Augustus vanjaar.

“Ons sal onder meer aandui dat die Suid-Afrikaanse regering die internasionale reg op verskeie plekke oortree. Ons sal voorts daarop wys dat dit ons demokratiese plig is om dit onder die aandag van die tersaaklike forums te bring,” sê Hermann.

Die klag volg onder meer op Renate Barnard se nege jaar lange stryd teen rassekwotas in die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat sy uiteindelik in die konstitusionele hof verloor het. Die Solidariteit-klag fokus egter ook in die algemeen op die regering se gebruik van rassekwotas wat aan die hand van die land se nasionale rassedemografie gemeet word. S

VN hoor klagte oor rassediskriminasie aanVlieg saam met Solidariteit na die VN

Steek rassekwotas jou dwars in die krop? Jy kan dalk

die persoon wees wat die publiek in Augustus vanjaar in die geveg teen onbillike regstellende aksie by die VN gaan verteenwoordig, saam met die afvaardiging van Solidariteit. Besoek die webblad www.vliegsaam.co.za en vul jou besonderhede in, saam met ʼn kort motivering waarin jy verduidelik waarom jý Solidariteit na die VN wil vergesel, of SMS die woord “vlieg” na 34802 (SMS’e kos R2). Die prys sluit vliegtuigkaartjies, etes en verblyf ter waarde van R40 000 in. Bepalings en voorwaardes geld. Maak gou! Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 4 April 2016. Geen laat inskrywings word aanvaar nie. S

WEN!WEN!WEN!

Foto

: isto

ckph

oto

.com

NUUSWAARDIG

www.solidariteit.co.za16Uitgawe 1 van 2016

Die koerante is vol daarvan: die verswakkende rand, landwye droogte, kwynende voedselsekerheid, stygende rentekoerse, hoër inflasie,

misdaad, afleggings en werkloosheid. Die boodskap is hard en duidelik: Suid-Afrikaners moet hul staal vir ’n taai jaar propvol uitdagings. Solidariteit Tydskrif het met dr. Dirk Hermann en Flip Buys gesels oor vanjaar se uitdagings en hoe ons dit moet aanpak.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, beaam dat 2016 volgens alle aanduidings ’n moeilike jaar gaan wees. “Ons kan politieke onstabiliteit verwag, die uitwerking van die droogte gaan gesien word, Suid-Afrika se kredietgradering gaan waarskynlik afwaarts aangepas word en die rassisme-kitaar gaan meer en meer geslaan word,” sê Hermann.

Hermann sê die antwoord op al hierdie uitdagings lê in die woordjie solidariteit. “Solidariteit beteken saamstaan. Baie is beter as een. Omdat ons saamstaan, kan ons ’n nuwe universiteit bou, kan ons honderde ambagslui by

Sol-Tech oplei, kan ons duisende skooltassies versprei, kan ons mense se werk beskerm, kan ons die staat se rasse-ideologie aanpak, kan ons miljoene in die vorm van studiehulp uitbetaal en nog vele, vele meer,” sê Hermann.

Hermann voeg by: “Deur Solidariteit of saamstaan, raak ons al hoe minder afhanklik van die staat en kan ons vir ons ’n toekoms skep waarin ons vry, veilig en voorspoedig kan wees.”

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, benadruk ook die idee van “saamstaan” te midde van die groeiende krisis waarin ons onsself bevind. “Ons probleme is soms te groot om alleen aan te pak. Dis gelukkig nie nodig om alleen oor die berge te probeer spring nie. ’n Berg word tree vir tree geklim tot bo. Maar ons kan mekaar help om ons ingesteldheid te verander van “ek vir my” na “ons vir jou” en “ons vir mekaar”. Dit is waar die “helpmekaar” inkom wat so sentraal in ons Beweging se waardes staan,” sê Buys.

Buys het as voorbeeld daarop gewys dat Solidariteit met die maandelikse tienrande wat lede bydra, al ’n tegniese kollege én ’n

universiteit op die been gebring het. “Die beste helpende hand sit aan die punt van ons eie arms – nie ’n gebalde vuis of ’n bedelhand nie, maar ’n helpende hand,” sê Buys.

Kom ons bou toekoms in 2016!

Solidariteit het aan die begin van die jaar ’n veldtog genaamd “Oorleef 2016” van stapel gestuur om die

nodige ondersteuning, raad en kennis aan sy lede beskikbaar te maak sodat hulle vanjaar se talle uitdagings die hoof kan bied. Die doel van die veldtog is tweeledig: Eerstens bied dit aan lede en ondersteuners raad oor hoe om hul welstand, werk, gesin en geldsake teen 2016 se aanslae te beskerm. Tweedens skep dit bewustheid by die publiek van kwessies wat alle Suid-Afrikaners se voorspoed in 2016 bedreig, om sodoende die regering tot verantwoording te roep. Besoek www.solidariteit.co.za. S

Saamstaan nodig vir toekomspadDeur Inge Strydom

OORLEEF

Foto

: isto

ckph

oto

.com

“Die beste helpende hand sit aan die punt van ons eie arms – nie ’n gebalde vuis of ’n

bedelhand nie, maar ’n helpende hand.”

NUUSWAARDIG

www.solidariteit.co.za17Issue 1 of 2016

www.solidariteit.co.za18Uitgawe 1 van 2016

OORLEEF

Hoër belasting Roodt meen die impak van verhoogde belasting kan teengewerk word deur so min as moontlik belasting te betaal, natuurlik binne die perke van die wet. Dit behels byvoorbeeld dat belastingbetalers al die aftrekkings waarvoor hulle in aanmerking kom in hul jaarlikse belastingopgawe aandui. Roodt meen dat die publiek, veral lede van die laerinkomstegroep, ’n verhoging in belasting op toegevoegde waarde (BTW) ten sterkste sal teenstaan en dat die regering dit daarom waarskynlik nie sal deur- voer nie.

Stygende rentekoerseVolgens Roodt gaan rentekoerse nog lank bestendig bly voordat dit sal styg. “Wanneer dit uiteindelik styg, is dit belangrik om in gedagte te hou dat hoër rentekoerse voor- en nadele

inhou. Die voordeel daarvan is dat ’n mens meer rente op spaargeld en sekere beleggings sal verdien. Die nadeel is natuurlik dat premies op bestaande skuld sal verhoog. Dit is daarom ’n goeie idee om so gou as moontlik ontslae te raak van skuld wat nie ’n inkomste genereer nie,” sê Roodt.

Skerp styging in inflasieRoodt meen die bespiegelings dat die koers van inflasie vanjaar tot bo 10% sal styg, is hoogs onwaarskynlik. Hy reken egter dat ’n drastiese verhoging in voedselinflasie weens die heersende droogte beslis verbruikers se sakke sal ruk. “Verbruikers moet liefs nie probeer om hul eie groentetuine of vee te onderhou nie, aangesien die koste daaraan verbonde waarskynlik hoër sal wees as om die items by ’n supermark aan te skaf,” waarsku Roodt. Hy raai

verbruikers aan om eerder hul eetgewoontes aan te pas en hul inkopielyste in te kort.

Swak ekonomiese groeiRoodt raai gesinne aan om ’n “familieplan” in te stel. Só ’n plan moet onderafdelings bevat, waaronder ’n maandelikse begroting, aftreebeplanning en voorsiening vir kinders se tersiêre opleiding. Die plan moet voortdurend gewysig word om by die verswakkende ekonomie aan te pas. Dit is belangrik dat gesinne waar moontlik koste bespaar en uitgawes verminder.

Verswakkende randRoodt meen lede van die hoër- en middelinkomstegroep kan hulle teen die verswakkende rand verskans deur hul beleggings te diversifiseer en toenemend na die buiteland te skuif. S

Pak ekonomiese uitdagings só in 20162016 gaan een van die mees uitdagende jare vir elke Suid-Afrikaner wees. Selfs die superrykes word deur die trae ekonomiese groei, verswakkende rand, hoër rentekoerse en inflasie, asook die heersende droogte geraak. INGE STRYDOM het met Dawie Roodt (foto), ’n onafhanklike ekonoom, gesels oor hoe individue die impak van dié uitdagings op hulself en hul gesinne kan versag. Hy plaas die uitdagings in perspektief en besweer verskeie wanopvattings oor die land se ekonomie.

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m &

VeR

skaF

• B

yko

men

De B

Ron: n

etw

eRk2

4

Só gaan wêreldekonomie GROEI, voorspel Moody’s

0%Moody’s voorspel

dat Suid-Afrika vanjaar en in 2017 byna geen

groei gaan toon nie.

2,6%Die groeiverwagting vir 2016 in die G20-lande se bruto binnelandse

produk (BBP).

2,3%Die groeiverwagting

vir die VSA se BBP. Die verwagte groeisyfer

vir 2017 is 2,5%

*NUUSWAARDIG

www.solidariteit.co.za19Issue 1 of 2016

Solidariteit Helpende HandTel: (+27) 12 644 4390

Faks: (+27) 12 664 1295NPO-nommer: 046-086-NPO

Registrasienr: 2005/026344/08

www.helpendehand.co.za

Die Markplein » Hier laai onderwysers vraestelle wat leerders en ouers kan aankoop om hulle te help voorberei vir eksamens. Besoek www.markplein.co.za

Die Loopbaansentrum » Maak seker jy maak die regte besluite vir jou toekomstige loopbaan deur aanlegtoetse en beroepsleiding. Besoek www.loopbaan.co.za

Solidariteit Helpende HandSolidariteit Helpende HandSolidariteit Helpende HandSolidariteit Helpende HandSolidariteit Helpende HandSolidariteit Helpende HandSolidariteit Helpende HandSolidariteit Helpende HandSolidariteit Helpende HandSolidariteit Helpende Handse Skoleondersteuningsentrum bied aan:

Wiskunde-app » ‘n Wonderlike hulpmiddel vir hoërskoolleerders wat ‘n voorsprong wil hê in hul wiskundestudies.

Lees-apps » Help jou kleinding speel-speel leer lees! Besoek www.leesapp.co.za » Laai die apps gratis af!

*

www.solidariteit.co.za20Uitgawe 1 van 2016

Ons is almal bewus van Suid-Afrika se energiekrisis en die invloed daarvan op die verbruiker se sak. Volgens Power Optimal, ’n elektrisiteitsverbruik- en

-heffingbestuursmaatskappy, het elektrisiteits-tariewe van 2008 tot 2015 met 300% gestyg. As elektrisiteitstariewe in 2016 en 2017 weer so skerp styg, beteken dit dat die verbruiker binne die bestek van ’n dekade 495% meer vir krag sal betaal as in 2007.

Volgens Power Optimal kan ons in die volgende paar jaar verwag dat die vraag na elektrisiteit steeds groter as die aanbod sal wees. Prysstygings sal ook hoër as die inflasiekoers wees. Ons as verbruikers moet begin dink hoe ons die vraag na elektrisiteit kan verminder.

As jy meen dat elektrisiteitsbesparing tuis net ’n druppel aan die emmer is, dink ’n bietjie hieroor: As die hele land se elektriese geisers gelyk afgeskakel word, kan die elektrisiteit wat bespaar word vir Johannesburg, Durban en Bloemfontein tegelyk van krag voorsien.

’n Paar veranderings tuis sal nie net die vraag na elektrisiteit verminder nie, maar sal ook jou rekening beduidend verlaag. Hier is ’n paar gratis of bekostigbare maniere om elektrisiteit te bespaar:

Geiser• Jou geiser kan vir tot 60%

van jou elektrisiteitsrekening verantwoordelik wees.

• Draai die termometer af na 60 ˚C om krag te bespaar.

• Gebruik warm water spaarsamig – stort in

plaas van om te bad en was jou hande met koue water.

• Skakel die geiser af wanneer jy met vakansie gaan.

• Installeer ’n reguleerder om gebruik tydens spitstye (06:00-08:00 en 17:00-21:00) te vermy.

Kragproppe• Trek die kragproppe van

alle elektriese toebehore uit ná gebruik. Toebehore wat in gereedheid (standby) is, verbruik soveel as 50% van die elektrisiteit wat dit sou gebruik as dit aangeskakel was.

Beligting• Skakel ligte af wanneer jy ’n

vertrek verlaat.• Gebruik vroeg soggens

natuurlike beligting.• Vir slegs R50 kan

jy tradisionele gloeilampe met elektrisiteitsbesparende LED-gloeilampe vervang, wat tot 80% minder elektrisiteit gebruik.

Wasmasjien• Belê in ’n voorlaaier. Dit

gebruik minder water as ’n bo-laaier en dit kos minder om te gebruik.

• Was ’n hele bondel wasgoed. Wasmasjiene gebruik dieselfde hoeveelheid elektrisiteit om ’n enkele item te was as ’n hele bondel.

• Was jou klere in koue water. Ongeveer 85% van elektrisiteit wat deur ’n wasmasjien verbruik word, word gebruik om die water te verhit.

Yskas en vrieskas• Stel die yskas op 3 °C.• Moenie die deur onnodig

oopmaak nie.• Die yskas en vrieskas moet

so ver weg as moontlik van die stoof af staan.

• Ontvries die vrieskas ten minste twee keer per jaar sodat dit optimaal kan werk.

• In die geval van beurtkrag: Bêre bederfbare kos in die vrieskas. Dit kan, ten spyte van die kragonderbreking, vir ’n geruime tyd koud bly.

Kook• Moenie die oond oopmaak

voordat die kos gaar is nie.• Gebruik die mikrogolfoond

om klein hoeveelhede kos warm te maak en die konvensionele oond vir groter maaltye.

• Skakel die stoof af voor jou kos klaar gekook is. Plate behou hitte goed en jou kos sal vir nog ’n rukkie lank kook.

Swembad• Verminder die aantal ure

wat die swembadpomp aan is na vier tot ses ure ’n dag.

• Bedek jou swembad. Sodoende sal sand en blare nie daarin val nie en sal die pomp minder gebruik hoef te word. S

OORLEEF

Bespaar elektrisiteit só by die huisDeur Solette Swanepoel

300%Die persentasie waarmee elektrisiteitstariewe tussen 2008 en 2015 gestyg het.

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m

www.solidariteit.co.za21Issue 1 of 2016

OORLEEF

Dis haas onmoontlik om jou ’n lewe sonder elektrisiteit voor te stel. Hierdie veelsydige bron van energie speel ’n belangrike rol in bykans alle fasette van ons

ekonomie en alledaagse lewe.’n Gebrek aan elektrisiteit, soos ons

tydens Eskom se beurtkragsessies ervaar, veroorsaak groot ontwrigting en ongerief, maar langdurige elektrisiteitstekorte kan ’n land se ekonomie lamlê. Die onsekerheid oor stabiele elektrisiteitsvoorsiening het trouens reeds ’n aansienlik negatiewe uitwerking op die Suid-Afrikaanse ekonomie gehad.

Om elektrisiteit vir ’n land soos Suid-Afrika op te wek, vereis groot kragsentrales en uitgestrekte elektrisiteitsnetwerke. Sulke infrastruktuur is uiters duur en benodig groot-skaalse beleggings, ook van regeringskant.

Soos in talle ander lande word elektrisiteit in Suid-Afrika ook as ’n noodsaaklike publieke diens geag, en dít word saam met die hoë koste verbonde aan elektrisiteitsinfrastruktuur as regverdiging vir ingrypende staatsregulering van elektrisiteitsopwekking aangevoer. Gevolglik het die staatsbeheerde maatskappy Eskom in die praktyk ’n monopolie op kragvoorsiening bekom.

Een van die gevolge van só ’n staats-monopolie is natuurlik ’n gebrek aan mede-dinging. Buite die markproses word besluite oor elektrisiteitsinfrastruktuur hoofsaaklik op burokratiese en tegnokratiese oorwegings gegrond. Probleme soos foute in vooruitskatting en beplanning kan dan vir jare lank voortduur en wydverspreide skadelike gevolge hê. Krag-tekorte en ondoeltreffende infrastruktuur, soos wat tans by Eskom die geval is, is die resultaat hiervan.

In ’n vrye mark is daar egter aansporings vir die kostedoeltreffende aanwending van kapitaal. Hier word sakefoute ook relatief vinnig deur verliese uitgewys en kan remediërende stappe betyds gedoen word. By ’n staatsbeheerde maatskappy soos Eskom is dit nie die geval nie. Verbruikers is dus uitgelewer aan een groot staatsgereguleerde kragvoorsiener waar dit moontlik is om die koste van berekeningsfoute eenvoudig van belastingbetalers en gebonde kragverbruikers te verhaal.

Hoewel staatsregulering van elektrisiteit veronderstel was om ’n bestendige en kostedoeltreffende kragnetwerk vir die land daar te stel, is die realiteit dat Eskom

’n riskante kragvoorsiener met twyfelagtige doeltreffendheid is. Dit laat individue, huishoudings en sakelui onseker oor die bestendigheid van elektrisiteitsvoorsiening en die stygende koste daarvan.

Gelukkig maak vooruitgang in tegnologie

dit vir meer mense moontlik om hul teen dié risiko’s te verskans. Son- en windkrag asook ander oplossings vir energie-onafhanklikheid raak al hoe gewilder en makliker bekombaar, en bied ’n mate van beskerming teen die staat se monopolie op kragopwekking. S

Elektrisiteit: Lewensbloed van moderne wêreld

Solidariteit ondersteun inisiatiewe soos die jaarlikse Kragdag-ekspo waar mense talle van dié oplossings vir energie-onafhanklikheid kan besigtig. Die volgende SOLIDARITEIT KRAGDAG-EKSPO vind van 16 tot 18 Junie 2016 by die Diamantvallei Landgoed net buite Pretoria plaas. Besoek gerus www.kragdag.co.za vir meer inligting.

SolidariteitSolidarity

Foto

: isto

ckph

oto

.com

NUUSWAARDIG

www.solidariteit.co.za22Uitgawe 1 van 2016

OORLEEF

As koste bespaar moet word, is baie mense geneig om hul mediese fonds te kanselleer, maar dié besluit kan jou duur te staan kom. Jy kan dalk ’n doktersbesoek

of griepmedisyne by die apteek bekostig, maar wat as daar ’n mediese noodgeval is wat omvattende behandeling vereis? Hier is ’n paar wenke om jou mediese rande te rek en om seker te maak dat jy al die mediese voordele benut wat jou fonds bied.

Sluit aan by werkgewer se skemaDie Jaarverslag van die Raad op Mediese Skemas (RMS) toon dat werkers wat lid van hul werkgewer se mediese skema is, beter daaraan toe is as dié wat lid van ander mediese skemas is. Werkgewers kan beter tariewe met mediese skemas beding, wat beteken dat jy meer voordele kan geniet.

Kies plan wat jou pasAs jy jonk, fiks en gesond is, sal ’n hospitaalplan met ’n spaarrekening heel moontlik die regte opsie wees vir jou. As jy bril dra, gereeld sukkel met tandpyn en chroniese medisyne gebruik, kies dan ’n plan met meer voordele vir dag-tot-dag mediese uitgawes. Sommige planne het spesifieke voordele vir as jy gereeld die tandarts of oogkundige moet besoek.

Gebruik jou voordele regMaak seker jy verstaan hoeveel dekking jy vir medisyne, prosedures en konsultasies het. As jou plan byvoorbeeld nuwe brillense ter waarde van R800 dek, sorg dat jy wel lense in daardie prysklas kies. Registreer ook jou chroniese medikasie of toestande vir Voorgeskrewe Minimum Voordele (indien dit kwalifiseer).

Oorweeg generiese medisyneAndrew Edwards, uitvoerende hoof van Liberty Mediese Skema, sê dat jy die bedrag wat jy aan chroniese medisyne bestee met tot 30% kan besnoei deur die generiese weergawe te gebruik. Vra gerus vir jou apteker of daar ’n goedkoper generiese middel is vir die medikasie wat jou dokter voorgeskryf het. Só kan jy jou mediese uitgawes so laag as moontlik hou.

Gebruik voorkeurverskaffersAs jy ’n dokter, spesialis, apteker of tandarts moet besoek, kies een uit die lys van dokters

wat jou mediese skema aanbeveel. As jy een van jou skema se voorkeurdiensverskaffers besoek, word die diens gewoonlik deur jou mediese fonds betaal en nie uit jou spaarrekening nie. Dit sal jou mediese rande baie verder rek. As jy wel ’n ander dokter wil besoek, maak seker dat die dokter en ander gesondheidsorgverskaffers medieseskematariewe vra. Sommige dokters en spesialiste vra meer as die mediesefondskoers, dus sal dit jou baat om ’n bietjie rond te vra en met jou dokters oor hul tariewe te onderhandel.

Medisyne by die supermarkMedisyne soos hoofpynpille, vitamienaanvullings en sooibrandmiddels kan baie goedkoper by jou naaste supermark gekoop word. Dié tipe winkels koop medisyne in grootmaat aan, wat verseker dat die prys wat jy betaal, aansienlik minder is.

Voorsorg beter as nasorgDie meeste mediese fondse betaal vir jaarlike toetse soos bloeddruk- of cholesteroltoetse wat by apteekgroepe soos Dis-Chem of Clicks se klinieke gedoen kan word. Dit is goedkoper as om vir ’n dokterskonsultasie te betaal en verseker ook dat enige moontlike probleme vroegtydig bespeur word. Dit sal jou op die lange duur nie net geld bespaar nie, maar kan jou lewe red. Ondergaan jaarliks dié toetse wat by jou ouderdomsprofiel pas, soos cholesterol-, insulien- en bloed-druktoetse, asook mammogramme en prostaatondersoeke. Besoek ook die tandarts en oogarts jaarliks.

Kies die mediese plan wat by jou pas en maak seker jy gebruik al die voordele waarvoor jy betaal. Op dié manier sal jy sorg dat jy nie net fiks en gesond bly nie, maar ook heelwat koste bespaar. S

Rek vanjaar só jou mediese randeDeur Elmien Ackerman

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m

“Gesonde mense is die grootste bate waarvoor

enige land kan vra.”~ Winston Churchill ~

NUUSWAARDIG

OORLEEF

Maak oefening deel van dag op kantoorDeur Anja van den Berg

’n Sittende leefstyl is ongelukkig die neweproduk van vandag se kor-poratiewe en tegnologiegedrewe wêreld. Sit is die hoofaktiwiteit van die dag. Ons pendel per motor

na ons kantoorwerk, ons is vir ure aanmekaar lessenaargebonde voor ons rekenaars, ons sit terwyl ons huis toe ry en, les bes, sit ons voor die televisie (terwyl ons ons aandete eet!) voor-dat ons gaan slaap.

In ’n perfekte wêreld sou ons almal minstens een uur per dag gehad het om aan ons fisiese fiksheid te bestee, maar in die regte wêreld is vier en twintig uur skaars genoeg tyd vir werk, skool en gesin, laat staan nog oefen!

Om aktief te wees, is makliker as wat jy dink. Eksperimenteer met die volgende slim maniere om oefening by jou besige skedule in te glip.

Sneloefening in etenstydGebruik jou etenstyd om te ontstres en lewe te kry. Om deur ’n dag te worstel sonder om behoorlik te rus, sal uiteindelik lei tot ’n afname in produktiwiteit en meer uitputting. Gebruik die eerste 30 minute van jou pouse om die een of ander soort oefening te doen: ’n vinnige spinklas, ’n paar lengtes in die swembad of ’n vinnige stappie om die blok. Daar is dalk ’n gimnasium by jou werk, of jy het dalk toegang tot ’n nabygeleë swembad of selfs pluimbalbane. Maak seker dat jy tyd vir ’n gesonde middagete inruim!

Verander jou kantooromgewingOns kantore is dikwels só ingerig dat dit mense aanmoedig om te sit. Ruimtes word ontwerp met die onuitgesproke versoek om te sit terwyl jy werk. Navorsers by die Washington Universiteit in

St. Louis rapporteer dat groepe wat saam aan ’n projek werk terwyl hulle staan meetbaar meer betrokke en minder territoriaal is as wanneer hulle sit. Oorweeg dit om die uitleg van jou kantoor te verander: meubileer die konferensie-saal op so ’n wyse dat dit staande vergaderings ondersteun, of bied Switserse balle aan in plaas van stoele.

Omseil die uitnodiging om te sitPleks daarvan om uit gewoonte te sit ter-wyl werkopdragte hersien word, bespreek projekidees met kollegas terwyl julle loop. Staan terwyl jy oor die telefoon praat. Loop na medewerkers se lessenaars pleks daarvan om e-posse te stuur en klim trappe pleks daarvan om met die hysbak te ry. Waarvoor wag jy? Maak 2016 ’n aktiewe en gesonde jaar! S

NUUSWAARDIG

www.solidariteit.co.za24Uitgawe 1 van 2016

1. Vries broodJy kan brood se raklewe van ’n paar dae tot ’n paar maande verleng deur dit te vries. Bêre brood in die vrieskas pleks van die koelkas as skimmel ’n probleem is. Volgens die Britse bakkersfederasie kan brood redelik gou oud word in ’n yskas, waar die gemiddelde temperatuur 5 °C is. Daarteenoor kan brood vir tot drie maande lank in ’n vrieskas vars bly. Dit is maklik om snye brood teen kamertemperatuur of in ’n roosteroond te ontvries. ’n Hele brood kan ook by kamertemperatuur ontvries word, of in foelie toegedraai en in die oond geplaas word om die proses te versnel.

2. Berg piesangs afsonderlikSekere vrugte en groente gee gasse af wat die langtermynberging van voedsel teenwerk. Een so ’n gas is etileen, wat natuurlik deur vrugte soos piesangs afgegee word as deel van die rypwordproses. As piesangs dus saam met ander vrugte en groente geberg word wat vir etileen sensitief is, kan dit die rypwordtyd van die ander produkte verkort. Appels en tamaties word byvoorbeeld deur etileen geraak.

3. Bêre jou eiers hierNuwe yskaste is futuristies ontwerp om soveel kruideniersware as moontlik te berg. Die ingeboude eierhouers in yskasdeure

is egter nadelig vir goeie voedselberging. Eiers vereis te alle tye ’n gelykmatige en lae temperatuur en word daarom gouer sleg indien dit in die yskasdeur geberg word, omdat die gedurige oop- en toemaak van die deur ’n temperatuurwanbalans skep wat die raklewe van eiers verkort. Volgens voedselbergingsriglyne moet eiers in hul oorspronklike kartonhouers gehou word en verkieslik onder en agter in die yskas waar dit die koudste is.

4. Verkoel kos onmiddellikVan temperatuur gepraat, hoë temperature kry dikwels die skuld vir kos wat sleg word. Sommige mense beweer dat warm kos wat direk van die oond onmiddellik in die koelkas gesit word, vinniger sal sleg word en boonop ander items in die koelkas sal laat bederf.Die departement van gesondheid van die deelstaat Washington verduidelik egter dat dit eintlik meer kwaad as goed doen deur gekookte kos op die kombuistafel te laat afkoel voordat jy dit in die koelkas plaas. As sulke warm kos per abuis langer as twee uur op die tafel gelaat word, kan dit ’n teelaarde vir bakterieë word en moet dit weggegooi word. Die departement waarsku ook dat voedsel wat in temperature van 32 °C of meer gelaat word, binne ’n uur weggegooi moet word. Groot stukke gaar kos moet altyd in kleiner dele

verdeel word sodat die temperatuur daarvan gelykmatig in die koelkas kan stabiliseer.

5. Weet om vervaldatums te leesDie woord “vervaldatum” word algemeen aanvaar as die datum wanneer voedsel en drank nie meer veilig ingeneem kan word nie. Daar kom egter drie verskillende datums op verpakte voedsel voor, insluitend die “beste voor”-datum en “verkoop teen”-datum. • Verkoop teen: Dit is die laaste datum

waarop winkels die produk op hul rakke mag uitstal vir verkoop. Jy behoort ’n item voor die “verkoop teen”-datum te koop.

• Beste indien gebruik teen (of voor): Om die beste geur of gehalte te verseker, gebruik vervaardigers ’n “beste indien gebruik teen”-datum sodat verbruikers die beste ondervinding van hulle produkte kry. Die departement van landbou in die VSA beklemtoon dat dit nie ’n koop- of veiligheidsdatum is nie.

• Gebruik teen: Dié datum dui ook net die piekgehaltetyd van ’n produk aan. Dit word deur die vervaardiger van die produk bepaal en items wat verby hulle “gebruik teen”-datum is, behoort weggegooi te word.

• Geslote of gekodeerde datums: Hierdie datums is die vervaardigers se verpakkingsnommers en hou nie met die varsheid van die produk verband nie. S

Verdubbel kos se raklewe: 5 wenke ’n Studie oor voedselvermorsing deur die National Resources Defense Council (NRDC) in die VSA het bevind dat 40% van dié land se kos weggegooi word – dit is ongeveer 9 kg vermorste kos per persoon elke maand. Die vermorsing van kos en geld kan vermy word met die regte voedselbergingsplan. JENNIFER CALONIA bied wenke:

Foto

: isto

ckph

oto

.com

OORLEEF

www.solidariteit.co.za25Issue 1 of 2016

Dié van ons met motors en verantwoordelikhede soos werk het geen keuse as om brandstof te gebruik nie, want ons moet by die werk kom, kinders skool toe

neem, vriende en familie besoek (dikwels in verafgeleë plekke) en na die supermark ry om kos te koop. Die swak rand sal nie gou herstel nie en die hoë brandstofpryse is dus hier om te bly. Dit is daarom gebiedend noodsaaklik dat ons moet probeer om ons brandstofuitgawes te besnoei, want elke sent gespaar is ’n sent gewin. Gelukkig is daar ’n horde eenvoudige maniere om dit te doen, soos om te let op hoe en wat ons bestuur, maar dissipline en beplanning is veral nodig:

1. Vermy kort ritteDie VSA se departement van energie sê motoriste behoort een keer te ry om verskillende take af te handel. Dit spaar tyd, geld en brandstof. Die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) stem saam en sê kort ritte is “brandstofvampiere”, want ’n koue enjin gebruik meer brandstof omdat ’n deel van die energie in die brandstof gebruik word om die enjin warm te maak. Deur een rit na een area te maak, sal dus baie goedkoper wees as om drie verskillende kort ritte te maak.

2. Vermy verkeer, versnellingVerkeer is ’n uitdagende werklikheid vir die meeste stedelinge, maar daar is maniere om dit te hanteer en gevolglik brandstof en selfs tyd te spaar. Volgens die AA mors onnodige luiering meer brandstof as om te ry. Dit is dus verstandig om swaar verkeer sover moontlik te vermy omdat dit is waar die meeste luiering plaasvind. Steve Huntingford, redakteur van Telegraph Cars, beaam dit: “Elke keer as jy stop en wegtrek in die verkeer, het jou kar die eerste rat en ’n groot klomp brandstof nodig om weer te begin beweeg. Tweede rat is nie veel beter nie. Die beste oplossing is om nie gedurende spitstyd te ry nie.” Hy sê ’n mens moet leer om die verkeer voor jou te “lees”. Jy kan dan egalig teen ’n lae spoed ry in plaas van om die heel tyd te versnel en rem. Dit kan ’n groot verskil maak deur ’n bietjie vroeër te begin werk of selfs net ’n halfuur later werk toe ry. Probeer ’n nuwe reëling en kyk watter een werk die beste.

3. Maak die vensters toeDie AA sê al die “ekstras” aan die buitekant van jou voertuig veroorsaak sleur en moet sover moontlik uitgeskakel of minder gemaak word. Dieselfde geld vir oop vensters en sondakke. Dakrakke en swaar vragte wat nie in of op jou kar hoef te wees nie, moet verwyder word.

4. Oorweeg meer ekonomiese wiele, of vat die pad saam met iemandAs jy probeer byhou by die bure maar jou huidige motor se brandstofverbruik is hemelhoog, steek jou trots in jou sak en oorweeg iets meer ekonomies. Dit is raadsaam om ’n dieselmodel aan te skaf as jy baie en ver moet ry. Hibriedmotors is ook ’n opsie, of jy kan eenvoudig ’n kleiner karretjie koop wat steeds aan jou vereistes voldoen. Saamryklubs met kollegas is nog ’n opsie om brandstofkoste te versprei en slytasie van jou voertuig te verminder. Betroubare en billik geprysde openbare vervoer soos die Gautrein kan ook oorweeg word.

5. Versien jou motor gereeld, gaan banddruk naVolgens die AA is bande wat te pap is nie net gevaarlik nie, maar dit verhoog ook die rolweerstand tussen die voertuig se bande en die pad. Om hierdie sleur uit te skakel, moet die enjin harder werk en meer brandstof gebruik. ’n Motor met verslete onderdele word ’n duur las. As jy jou voertuig se werkverrigting en brandstofverbruik ’n prioriteit wil maak, is dit kritiek belangrik om aandag te gee aan verstopte filters, swak olieverbruik en emissiekontroles. S

Spaar brandstofkoste sonder sukkelOlie word nie om dowe neute “swart goud” genoem nie en hoewel die olieprys gedurig wipplank ry, wissel die brandstofprys net van hoog tot hoër. TINUS VOLLGRAAFF berig.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

OORLEEFNUUSWAARDIG

www.solidariteit.co.za26Uitgawe 1 van 2016

Toe Akademia vanjaar op 2 Februarie sy deure vir die vyfde akademiese jaar oopgemaak het, het dit met verskeie mylpale gepaardgegaan: Daar was meer studente as ooit,

meer programme as ooit, meer personeel as ooit en alles vir die eerste keer op sy eie perseel.

Te midde van bekommernisse oor die handhawing van akademiese aktiwiteite by die meer bekende universiteite in Suid-Afrika, het Akademia se studentetalle vanaf 2015 tot 2016 met 70% gegroei. Waar Akademia in 2015 net 273 studente gehad het, het meer as 460 in Februarie vanjaar met klasse begin.

Vanweë die geweldige toename in studentetalle, wat ook personeeluitbreidings moontlik gemaak het, het dit in 2015 noodsaaklik geword dat Akademia ’n nuwe perseel betrek. Met die ondersteuning van die Solidariteit Beweging se Kampustrust en die bydraes wat lede van Solidariteit maandeliks daartoe lewer, is ’n eie perseel in Centurion aangeskaf. Bestaande geboue op die perseel is heringerig om voorsiening te maak vir vier professionele doseerateljees, ’n studiesentrum en kantore vir akademiese en administratiewe personeel. Wat toeganklikheid betref, is die gebou uitstekend geleë, binne twee kilometer van Supersport Park en die Gautrein-stasie.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het Akademia gelukgewens met die vestiging van sy eie perseel. “Op die nuwe kampus wink die toekoms vir Akademia as volwaardige Afrikaanse universiteit. Met die aankoop van die geboue doen die Solidariteit Beweging se Kampustrust ’n belegging van etlike miljoene rande in Akademia – ’n belegging waarin ons baie vertroue plaas.”

Verskeie bykomende personeel het hulle in 2016 by Akademia aangesluit. Op bestuursvlak het Piet le Roux, voorheen van die Solidariteit Navorsingsinstituut, as akademiese hoof by Akademia aangesluit. Voltydse dosente in rekeningkunde, statistiek, ondernemingsbestuur, ekonomie en die regte is aangestel, sowel as bykomende administratiewe personeel. “Saamgetel met die bestaande en ervare akademiese personeel, sowel as verskeie deeltydse doserende personeel, is dit duidelik dat Akademia ’n al duideliker stempel in plaaslike hoër onderwys druk,” sê Le Roux.

Le Roux sê Akademia het veral twee onderskeidende kenmerke: Ten eerste

is dit ’n gemeenskapsinstelling eerder as ’n staatsuniversiteit, wat beteken dat Akademia sy verband met sy gemeenskap koester en geen staatsubsidie ontvang nie; ten tweede is Akademia op die voorpunt van onderwystegnologie danksy optiesevesellynverbindings na verskeie sentrums regoor Suid-Afrika wat dosente in staat stel om met studente in regstreekse, interaktiewe klasverband in verbinding te tree. “Dit is iets om te aanskou: hoe tegnologie die koste van universiteitsonderwys drasties laat daal en terselfdertyd ’n heel nuwe dimensie tot die

onderrigervaring voeg.”“Met die gemeenskap se steun, het

Akademia ’n blink toekoms om ’n gerekende universiteit te word. Ons het immers meer as ’n eeu se trotse tradisie van universiteitsonderwys in die Afrikaanse gemeenskap waarop ons kan voortbou. Terwyl universiteite in Suid-Afrika, deels in navolging van wêreldwye tendense en deels vanweë politieke druk, vandag geneig is om bande met hul gemeenskappe los te maak, sal Akademia opnuut vanuit die gemeenskap ’n brug na die internasionale kenniswêreld slaan,” sê Le Roux. S

Akademia: Vyfde jaar, talle mylpale

Oor AkademiaAkademia is ’n privaat Afrikaanse hoëronderwysinstelling in die Solidariteit Beweging en is by die Raad op Hoër Onderwys geregistreer. Akademia aanvaar tans inskrywings vir 2017 in BCom-grade in Bestuursrekeningkunde, Ondernemingsbestuur en Ekonomie en Regte; ’n Diploma in Projekbestuur; sowel as Hoër Sertifikate in Rekeningkunde en Kantooradministrasie. Nog grade en kwalifikasies is in ’n gevorderde stadium van akkreditasie en aankondigings kan eersdaags verwag word. Vir meer inligting, besoek www.akademia.ac.za.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Akademia se studentetal het

die afgelope jaar gegroei met

70%

NUUSWAARDIG

www.solidariteit.co.za27Issue 1 of 2016

www.solidariteit.co.za28Uitgawe 1 van 2016

Nuus oor al die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.Bedryfsnuus

Wat arbeidsverhoudinge betref, het 2015 redelik vreedsaam verloop; die ironie is dat die grootste werkeroorwinning in

2015 deur protesterende universiteitstudente behaal is. Die klasgeldprotesaksie deur studente het onder meer ook aanleiding gegee tot die instemming van verskeie universiteite om dienste wat uitgekontrakteer is, weer intern te lewer. Cosatu poog reeds die afgelope dekade om die kontrakwerkerbedeling te verander, met weinig sukses. Die studente se welslae moet dus die universiteitevakbond, die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu), slapelose nagte oor sy toekomstige relevansie gee.

Solidariteit se laagtepunt vir 2015 wat arbeidsverhoudinge betref, het betrekking op die National Union of Mineworkers (NUM) se staking in die steenkoolsektor. Solidariteit en die United Association of South Africa (Uasa) het reeds aan die begin van die steenkoolonderhandelings besef die NUM gaan staak om ’n hupstoot aan hul militante geloofwaardigheid te gee. Ons lede het toe gedurende die NUM-staking die myne aan die gang gehou om beurtkrag te voorkom.

Met die beëindiging van die simboliese staking het die Kamer van Mynwese ’n groot partytjie vir die NUM gehou; daarteenoor is die niestakende vakbonde tydens die ondertekeningseremonie met totale minagting bejeën. Dit is nog ’n bewys dat die Kamer sy morele kompas verloor en ruggraatloos geword het – geen wonder dat verskeie mynhuise reeds genoem het dat hulle voortaan nie weer onder die Kamer se vaandel sal onderhandel nie.

Amcu moet dopgehou word Benewens die debat oor ’n minimumloon wat in 2016 op die spits gedryf gaan word, moet veral die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) vanjaar dopgehou word. Amcu sit tans met ’n sogenaamde stakingsertifikaat omdat hy die enigste vakbond is wat nie die onlangse goudloonooreenkoms aanvaar het nie. Die grondvlakgerug was dat Amcu se goudstaking op 26 Januarie 2016 sou begin. Amcu se risiko is egter dat hy slegs by Sibanye Gold ’n beskermde staking mag reël aangesien hy nie die meerderheidsvakbond by AngloGold Ashanti en Harmony Gold is nie.

As die goudmaatskappye hul woord gestand doen en stakende Amcu-lede wat hul wangedra gaan afdank en geen toegewings aan Amcu gaan maak nie, is dit die einde van Amcu se opmars, want dit sal beteken dat Amcu met die 2013- en 2015-goudonderhandelings niks beter as ander vakbonde vir sy lede kon beding nie. Amcu-lede sal dan die vraag vra of daar enige voordeel daarin was om van die NUM na Amcu oor te skakel.

By Sasol se steenkoolafdeling staar Amcu dieselfde dilemma in die gesig nadat hy – ten spyte van indrukwekkende beloftes − nog nooit by Sasol iets beter as die ander vakbonde vir sy lede kon beding nie, al dring Amcu elke jaar daarop aan om afsonderlik van ander vakbonde te onderhandel.

Onderhandelings in platinumsektorDie groot loononderhandelings vir 2016 sal egter in die platinumsektor plaasvind wanneer die driejaarloonooreenkoms met Amcu einde Junie 2016 verstryk. Die onderhandelings sal vir beide Amcu en die werkgewers ’n kritieke situasie wees. Saam met ander eksterne faktore het Amcu se vyf maande lange staking in 2014 vir Amplats, Impala Platinum en veral Lonmin op hul knieë gebring.

Amplats het ná die Amcu-staking gepoog om sy risiko te verklein deur van sy myne aan Sibanye Gold te verkoop; die oordrag sal egter nie voor Junie 2016 plaasvind nie, wat beteken Amplats moet steeds vir dieselfde myne as in 2013-’14 onderhandel. Daar sal dus meer druk op Amplats

wees, want Sibanye sal die mandaat verskaf vir ’n skikking by die myne wat hulle gaan oorneem.

Lonmin se situasie is beroerd en die maatskappy kan nie ’n dag se staking bekostig nie, want een van die voorwaardes van sy aandeelhouerreddingsplan is juis arbeidstabiliteit en ’n lae loonskikking. Amcu daarenteen erken sy aandeel in die kwynende platinumsektor ná sy vernietigende 2014-staking en Amcu sal sy lede se verwagtinge moet afbestuur nadat verregaande toekomsbeloftes ná die 2014-staking aan lede gemaak is. Amcu sal sy lede op ’n inflasieverwante verhoging of verdere afleggings moet voorberei.

Onderhandelings by Telkom en EskomDit gaan ook interessant wees om vanjaar die onderhandelings by Telkom en Eskom dop te hou. Telkom se onderhandelings behoort teen Februarie 2016 ’n aanvang te neem en dit gaan vir die militante Communication Workers Union (CWU) die geleentheid bied om verlore aansien te herwin en wraak te neem op die wyse waarop Telkom laasjaar die herstruktureringsproses op ’n onderduimse wyse gestoomroller en vakbonde ondermyn het.

Dan gaan die vonke ook spat tydens die Eskom-onderhandelings wat ongeveer April 2016 sal begin. Eskom is die voormalige Cosatu-bondgenote, die NUM en die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa), se gunstelinggevegsfront, waar hulle hul eksterne vakbond- en politieke verskille (Numsa is EFF-gesind en die NUM skaar hom by die ANC) besleg en mekaar by die onderhandelingstafel probeer verkleineer en uitpresteer. Al is Eskom as ’n noodsaaklike diens geklassifiseer en mag geen beskermde stakings daar plaasvind nie, het die twee vakbonde reeds verklaar dat hulle gaan staak en kragvoorsiening gaan belemmer – kom wat wil.

Die arbeidsverhoudingeveld was in 2015 rustiger as in vorige jare, want die Marikana-gebeure in 2012 het aanleiding gegee tot die verhoogde arbeidsonrus gedurende 2013 en 2014 en dit het in 2015 genormaliseer. Nou gaan die 2015-studenteprotesaksie weer gevaarlike energie aan 2016 se salarisonderhandelings verleen – die onlangse arbeidsonrus deur Nehawu-lede wat by die Parlement werk, bied ’n goeie voorsmakie van wat vanjaar voorlê.• Du Plessis is hoofsekretaris van Solidariteit. S

Arbeidsverhoudinge: Só lyk sake in 2016Deur Gideon du Plessis

Foto

: isto

ckph

oto

.com

www.solidariteit.co.za29Issue 1 of 2016

Die regering het onlangs bekend-gemaak dat daar besluit is om nagenoeg 1 000 vakmanne uit Thailand aan te stel om werk hier te kom verrig. Na wat berig word, is

die besluit geneem omdat daar nie op eie bodem genoeg werkers is wat oor die nodige vaardighede beskik om die gespesialiseerde werk te verrig nie. Die gevolg is dat die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika net nog verder gaan styg.

Dit het ook vroeër aan die lig gekom dat die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, besluit het om Kubaanse tegnici te kontrakteer om instandhouding en herstelwerk aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se voertuie te verrig.

Die maatskappy wat voorheen vir die taak gekontrakteer was, het vakbonde onlangs in kennis gestel dat hulle grootskaalse herstrukturering moet implementeer weens die SANW se beëindiging van sy kontrak met die maatskappy.

“Benewens die feit dat die gebruik van die Kubaanse tegnici belastingbetalers R1,5 miljoen per voertuig uit die sak jaag teenoor die R100 000 per voertuig wat dit met plaaslike arbeid sou kos, kon die Kubane verlede jaar slegs 21 van die verpligte 3 600 voertuie gevegsgereed kry terwyl die norm voorheen 3 000 voertuie per jaar was,” sê Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit.

“Met die eng werkloosheidsyfer wat tans op

25,27% staan, is dit verregaande dat die minister bereid is om buitelandse vaardighede te werf in plaas daarvan om Suid-Afrikaners aan te wend wat wel oor die nodige vaardighede en kennis beskik om die werk te verrig,” sê Du Plessis.

Hierdie onthulling volg op die besluit van die departement van water en sanitasie in 2015 om 34 Kubaanse ingenieurs op ’n tweejaarkontrak aan te stel. Die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, het destyds dié ingenieurs in Suid-Afrika verwelkom en gesê dat hulle hul vaardighede en kennis met Suid-Afrikaners sou kon deel. Volgens ’n berig deur Media24 sou die koste van hierdie ingenieurs die belastingbetaler ongeveer R34 miljoen uit die sak jaag. S

Aanstelling van buitelanders roof plaaslike posteDit is deesdae mode vir die regering om buitelanders te kry om in Suid-Afrika te kom werk. Verskeie tegnici is die afgelope jaar vanuit die buiteland verkry om kontrakwerk in Suid-Afrika te verrig, ongeag die feit dat Suid-Afrika se werkloosheidsyfer ’n raps oor die 25% is. FRANCOIS REDELINGHUYS berig.

Kubaanse tegnici kon verlede jaar slegs 21 van die verpligte 3 600 voertuie gevegsgereed kry terwyl die

norm voorheen 3 000 voertuie per jaar was.

R1,5 miljoenWat dit die SA belastingbetalers per voertuig kos. Plaaslike arbeidskoste sou R100 000 per voertuig beloop.

Foto

: isto

ckph

oto

.com (t

eR il

lust

Rasie

)

BEDRYFSNUUS

www.solidariteit.co.za30Uitgawe 1 van 2016

Local stakeholders are hampering the progress of the local mining industry through poor leadership and decision-making. This is according to Gideon du Plessis, General Secretary of

Solidarity, who spoke at the annual Mining Indaba in Cape Town.

Du Plessis was member of a panel including Trade and Industry Minister Rob Davis and Mineral Resources Minister Mosebenzi Joseph Zwane, who addressed roughly 200 investors on the first day of the week long indaba. The theme of this year’s indaba was “Investing in African Mining”.

During his speech, Du Plessis said South African stakeholders are the biggest enemy of the mining sector when it comes to their handling of controllable factors influencing the prosperity of the industry. “Stakeholders in the mining industry have the tendency to undo all the good work and initiatives done previously through poor leadership and decision-making. This is turning the South African mining industry into a sunset industry despite the fact that we possess some of the world’s largest mineral reserves,” Du Plessis said.

Du Plessis went on to discuss several instances where local stakeholders hampered the success of constructive initiatives in the mining indstry. These include:1. Eskom’s recent announcement that load

shedding was a thing of the past was initially met with elation. However, Eskom last year called for a massive tariff hike that could amount to the loss of 40 000 jobs in the mining industry. Furthermore, it slowly became clear that over the past few months Eskom had entered into questionable coal supply deals with ineligible coal providers.

2. Three prominent mining unions reached a wage agreement during the 2015 gold and coal negotiations which took the sustainability of the mining sector into consideration. The agreement involved an increase equal to or just above the rate of inflation. However, another trade union, with no interest in the sustainability of the mining sector, opted to reject the wage offer. The union is now holding the industry to ransom during all other wage negotiations.

3. In 2015 the Department of Mineral Resources initiated a process whereby stakeholders were urged to agree to a ten point plan to save jobs, in a bid to curb retrenchments. However, since the start of

2016, unions are flooded with retrenchment notices from several different mining companies.

4. With the creation of the Mining Consultative Forum, government created a favourable opportunity for social dialogue among mining stakeholders. Meanwhile, the government delegation tried their best to appease international investors at the recent World Economic Forum in Davos. However, investors were still left with a considerable degree of doubt and concern given the recent introduction of harmful mining regulations and laws that impede property rights in South Africa.

5. Global mining houses advocate their

commitment to South Africa and deny that they are disinvesting from the country. However, it seems as though international investors are increasingly using the tough economic climate as excuse to drastically reduce their business interests in South Africa. In some instances, investors have admitted that they find it difficult and frustrating to run a mine in South Africa and that they prefer to rather invest outside the borders of the country. In conclusion, Du Plessis urged all

stakeholders to reconfirm their commitment to the future of the South African mining industry and to truly embrace the wealth of opportunities that the industry has to offer. S

Mining industry lacks leadership – Solidarity

pho

tog

Raph

: isto

ckph

oto

.com

“Stakeholders in the mining industry have the tendency to undo all the good work and initiatives done previously through poor leadership and decision-making.”

INDUSTRY NEWS

Issue 1 of 2016 www.solidariteit.co.za31www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014 37

BEDRYFSNUUS

olidariteit het onlangsná drie rondesonderhandelings byonderskeidelikMediclinic Paarl en

Mediclinic Emfuleni ’n loonoor -eenkoms van tussen 7,1 en 7,5%vir sy lede daar bereik. Solidariteitverteenwoordig 122 lede byMediclinic Paarl en 116 lede byMediclinic Emfuleni. Die oor -eenkoms, wat vroeg in Julie bereikis, behels die volgende:• ’n Gemiddelde verhoging van

7,5% vir verpleegpersoneel.• ’n Gemiddelde verhoging van 7,1% vir administratiewe personeel.• ’n Verhoging van 9,4% vir die aankoop van uniforms. Die nuwe

toelaag is R1 630 om sodoende ook vir die aankoop van skoenevoorsiening te maak.

• Die werkgewer se mediesefondsbydrae het met 9% verhoog, watreeds geïmplementeer is.

• ’n Totaal van 12 studieverlofdae (18 skofte) sal toegestaan wordaan werknemers wat deeltyds studeer om voor te berei vireksamens, take of projekte.

• Verskeie forums is gestig waar lede se besware en enige anderkwessies bespreek kan word. S

Gesonde verhogingby Mediclinic beding

SDeur Inge Strydom

Werkplekforum by ATNS eerste van soortie bestuur van Air Travel andNavigation Systems (ATNS) hetonlangs ingewillig om ’n werkplek -

forum vir werknemers by die maatskappy testig. Die doel van die forum is om werkne -mers ’n stem in die werkplek te bied engroter deursigtigheid rakende werkaange -leenthede en werkkwessies te verseker.

Volgens Derek Mans, organiseerder indie lugvaartbedryf by Solidariteit, is die forum anders as normalewerkgewer- en vakbondkomitees.“Die doel van die forum is omdie werkgewer te dwing om beleide en praktyke te oorweeg inoorleg met die forumlede, waarvan Solidariteit een is. Waarbeleide, soos dié oor diensbillikheid, in die verlede bloot deur diebestuur van die maatskappy geïmplementeer is, mag Solidariteitnou insae daarin hê voordat dit in werking tree.”

Die forum, waaroor daar in Junie 2014 ooreengekom is, salnasionaal by al die takke van die maatskappy ingestel word.Solidariteit verteenwoordig meer as 1 000 werknemers by diemaatskappy. S

D

FOTO

’S: IS

TOC

KPH

OTO

.CO

M

2014 Uitgawe4 p27-50:Layout 1 8/7/14 4:18 PM Page 37

Die vakbond Solidariteit se organiseerders in onderskeidelik die Metaal-en-Ingenieurswese- en Kommunikasiebedryf het in 2015 ’n enorme taak op hande gehad. Albei hierdie bedrywe het grootskaalse afleggings ondervind, met 30 812 mense se werksekuriteit by

123 verskillende maatskappye wat in gedrang was. Volgens Marius Croucamp, bedryfshoof van die Metaal-en-Ingenieurswese- en die Kommunikasiebedryf by Solidariteit, is die span organiseerders egter nie afgeskrik deur die uitdaging om die meer as 450 afleggingsvergaderings by te woon en alles in die stryd te werp om dapper te veg om lede se werk te red nie.

“Die vergaderings en konsultasies het soms deur nagte en oor naweke gestrek, en het net geen einde gehad nie,” vertel Croucamp. “Maar dit was ’n sukses en ’n ramp is afgeweer.”

Uiteindelik het slegs 1 960 van die moontlike 30 812 geforseerde afleggings plaasgevind. Dit was net moontlik danksy die harde werk van Anton Gerretsen, Wynand Strydom, John Smith, Amanda Hattingh, Hennie Vosloo, Francois van Heerden, Francois Calldo, Lee Coetzee, Johan Venter, Helgard Cronjé, Cornelius van Leeuwen, Linda Senekal en Chris Roodt.

Die Solidariteit-verteenwoordigers in die werkplekke wat saam geveg het, verdien ook ’n spesiale woord van dank. Wat ’n span! S

Vakbond verhinder duisende afleggings

Deur Cilleste van Dyk

Die mynreus De Beers het in Februarie aangekondig dat hy met ʼn grootskaalse afleggingsproses gaan begin. Dié maatskappy, wat deur Anglo American besit word, beplan

om 152 poste by sy Venetia-myn buite Musina af te skaf. Daarby beoog die maatskappy om sowat 214 poste by van sy ander myne in Suid-Afrika af te skaf.

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, is hierdie aankondiging gemaak kort voor Anglo American se inligting-sessie waartydens die maatskappy gesê het dat sy finansiële posisie die afgelope ruk geweldig verswak het.

“Anglo American wil sy 53 myne wêreldwyd tot slegs 16 ver-minder. Daarby wil Anglo American sy platinummyne in Suid-Afrika tot slegs vyf verminder, en beplan die maatskappy om Kumba Iron Ore te verkoop. Voorts wil die maatskappy ook al nege sy steen-koolmyne in Suid-Afrika verkoop,” sê Du Plessis.

Du Plessis het in reaksie hierop ’n beroep op die maatskap-pye wat Anglo American se myne gaan oorkoop gedoen om die maatskappy se goeie standaarde en diensvoorwaardes op ʼn verant-woordbare wyse te eerbiedig.

Du Plessis het ook ʼn beroep op Anglo American en soortgelyke mynmaatskappye gedoen om eerlik te wees oor die werklike redes vir die afskaling van hul Suid-Afrikaanse bedrywighede. “Indien Anglo American se afskaling eintlik met die ongunstige politieke en ekonomiese klimaat in Suid-Afrika te make het, moet die bestuur van die maatskappy dit openlik verklaar,” het Du Plessis gesê. S

De Beers wil aflê, Anglo wil inkort

BEDRYFSNUUS

www.solidariteit.co.za32Uitgawe 1 van 2016

Die idee dat ’n hoë nasionale minimumloon stukrag aan volgehoue ekonomiese groei kan verleen, is bloot wensdenkery. Die vakbond Solidariteit het aangedui

dat ’n vasgestelde minimumloon noodwendig afruilings tussen die koste van arbeid en ander faktore soos die vlak van indiensneming of die vlak van investering inhou.

Solidariteit het gereageer op die ANC se onlangse aankondiging dat ’n nasionale minimumloon vanjaar ingestel sal word.

Volgens Paul Joubert, senior ekonomiese navorser van Solidariteit, laat diegene wat aanvoer dat ’n hoër minimumloon bevorderlik vir ekonomiese groei en indiensneming sal wees, ’n belangrike deel van die prentjie buite rekening.

“Die werkers wat meer betaal moet word, se hoër vergoeding moet van iewers af kom. Die moontlike bronne is vanuit ander werkers se lone, vanuit die werkgewer se begroting vir instandhouding en/of uitbreiding, vanuit die aandeelhouer se sak, of vanuit die verbruiker van die produk se sak deur middel van hoër pryse,” sê Joubert.

Indien die hoër lone vanuit ander werkers se vergoeding verhaal word, beteken dit dat sommige werkers afgedank of minder betaal moet word sodat ander werkers meer betaal kan word. Totale besteding styg dus nie; dit word slegs van een groep werkers na ’n ander verskuif.

Indien die hoër vergoeding vanuit die besigheid se begroting vir instandhouding of uitbreiding verhaal word, verswak dit die kapitaalstruktuur van die ekonomie en lei dit uiteindelik tot verlaagde of minder geskikte produksie, wat lewenstandaarde verswak.

Indien dit uit die aandeelhouer se sak verhaal word, lei dit tot ’n verlaging in die vraag na goedere en dienste, of ’n verlaging in investering deur die aandeelhouer, met soortgelyke gevolge as hierbo genoem.

Indien die hoër lone in die vorm van hoër pryse uit die verbruiker se sak verhaal word, word enige moontlike verbetering in die lewenstandaard van werknemers verydel, aangesien die werknemers se addisionele lone deur die hoër pryse opgebruik word.

Joubert voeg by dit kan soms tydelik voorkom asof ’n hoër minimumloon ’n stimulus vir ekonomiese groei is, aangesien maatskappye se reaksie op die negatiewe afruilings nie onmiddellik gebeur nie. “Sommige maatskappye reageer op die hoër besteding op sekere goedere en dienste deur uit te brei. Mettertyd

word sulke uitbreidings egter as onvolhoubaar ontbloot, wanneer ander maatskappye later, weens die negatiewe gevolge van die verpligte minimumlone, gedwing word om af te skaal,” sê Joubert.

Joubert voeg by dat ’n voortreflike siklus van volhoubare, reële loonverhogings dus nie uit minimumloonvasstellings spruit nie, maar uit stygende investering in vaardighede en die innoverende gebruik van kapitaalgoedere.

Solidariteit het vroeër reeds teen die negatiewe impak van industriewye minimumlone gewaarsku. Die vakbond het

gesê dat ooreenkomste oor intreevlaklone tussen instemmende partye – werkgewers, werknemers en hul vakbonde – ’n sinvolle arbeidspraktyk kan wees, en dat dit eers as nadelig beskou moet word sodra dit op nie-instemmende partye afgedwing word.• Die volledige Arbeidsmarkrapport is op die

SNI se webwerf gelaai by: https://navorsing.solidariteit.co.za/category/publikasies/. Kontak ook gerus vir Gerhard van Onselen per e-pos by [email protected] om op die elektroniese verspreidingslys geplaas te word vir elke uitgawe. S

Groei deur hoë minimumloon is wensdenkery

Die minimumloon vir bosbou- en landbouwerkers styg in Maart vanjaar met 88c per uur – van R13,37 tot R14,25 per uur. Werknemers wat nege uur per dag werk en daagliks betaal word, kan nou R128,26 per dag verdien. Die minimum week-likse loon word tot R641,32 verhoog en die maandelikse loon tot R2 778,83.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

BEDRYFSNUUS

KRAG VAN DIE WET KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT!

SolidariteitFinansiële Dienste

SolidariteitBeweging

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 15556

SolidariteitFinansiële Dienste

Kry die KRAG van die WET aan jou kant!

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 5277

SolidariteitBeweging

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

REGSHULPVERSEKERING

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffervan finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

Daarom bied Solidariteit Finansiële Diensteregshulpversekering in samewerking metLegal X om jou te help om die krag van die wetaan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureurin jou diens teen slegs R82 per maand.*

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag.• Regsverteenwoordiging ter waarde

van R45 000 per jaar.• Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie.• Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

SFD_LegalXBW:Layout 1 7/24/13 11:01 AM Page 1

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer vanfinansiële dienste • FSP-nommer: 5277

REGSHULPVERSEKERING

Solidariteit Finansiële Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legal X.

Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen

slegs R105 per maand.*

Telefoniese regshulp –

24 uur per dag

Regsverteenwoordiging ter waarde van

R45 000 per jaar

Onbeperkte toegang tot

regsdokumentasie

Afslag op eiendomsoordragte

3

4

1

2

* Bepalings en voorwaardes geld

0861 765 734www.legalex.co.za

www.solidariteit.co.za34Uitgawe 1 van 2016

Die matrieks van 2015 wil uiteenlopende dinge ná matriek gaan doen. Sommige gaan, soos hulle reeds beplan het, begin studeer, terwyl ander se planne

deur hul matriekuitslae in die wiele gery is. Daar is ook ’n groep wat geen planne vir verdere opleiding het nie en dadelik wil gaan werk – soos hul voormalige skoolmaats wat die skool reeds vóór matriek verlaat het.

Suid-Afrika gaan al dekades lank onder uiters hoë werkloosheid gebuk. Hierdie werklikheid maak dit dikwels vir jongmense moeilik om werk te kry, aangesien die aanbod van werkers, veral werkers met min opleiding en ondervinding, die huidige vraag ver oorskry.

“Suid-Afrika se arbeidsmark word reeds dekades lank gekenmerk deur ’n groot ooraanbod van mense met geen of min opleiding. Hoewel die eng werkloosheidskoers in Suid-Afrika op 25,5% staan, is dit meer kommerwekkend dat die werkende groep nie eens 44% van die totale getal mense van werkouderdom uitmaak nie. In ’n welvarende land moet hierdie persentasie nader aan 65% wees,” verduidelik Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut.

Die Suid-Afrikaanse arbeidsmark is ongelukkig steeds in ’n swak toestand. Hoewel werkloosheidsvlakke en ander aanwysers van maand tot maand en van kwartaal tot kwartaal verander, is daar steeds geen sterk verbetering nie. Werkloosheid is in die algemeen hoog en onder jongmense nóg hoër. In die arbeidsmark vaar matrikulante nie veel beter as hul maats wat hul skoolloopbane reeds vroeër beëindig het nie. Soos in vorige jare is die goeie nuus

egter dat mense wat oor ’n tersiêre kwalifikasie in die een of ander vorm beskik – selfs net ’n diploma of ’n sertifikaat – wél meer sukses in die arbeidsmark het as diegene wat slegs oor matriek beskik.

’n Matrieksertifikaat is ongelukkig nie werklik goeie voorbereiding vir die moderne werkomgewing nie. Een van die redes hiervoor is dat ’n baie klein getal matrikulante elke jaar goeie uitslae in sleutelvakke soos Rekeningkunde, Wiskunde, Lewenswetenskap en Fisiese Wetenskappe behaal. Hierdie groep matrikulante is tipies ook die groep wat nie direk ná skool die arbeidsmark wil betree nie maar wat eerder verder wil studeer. Inkomstedata toon egter dat selfs jongmense wat ná verdere studies die arbeidsmark betree, nie moet verwag om onmiddellik hoë salarisse te verdien nie, hoewel salarisse (veral vir diegene met verdere opleiding) wel vinnig styg namate ouderdom, en dus ondervinding, toeneem.

Soveel as 75% tot 80% van alle mense wat oor die een of ander vorm van tersiêre opleiding beskik, het wel werk. Tersiêre opleiding verbeter ’n persoon se kans op indiensneming tot ’n baie groot mate – veel groter as met matriek alleen. Tersiêre opleiding verhoog boonop potensiële verdienste omdat ’n persoon met meer kennis en die vermoë om daardie kennis toe te pas, meer waarde kan toevoeg. Ons samelewing is op kennis gebou – dit is die bron van vooruitgang en beter lewensomstandighede. Mense wat oor die kennis beskik om ’n bydrae tot hierdie verbetering te lewer, sal altyd daarvoor vergoed word. Dit is waarom mense soveel tyd en geld, en potensiële verdienste, sal opoffer om skool toe te gaan en verder opgelei te word. Hulle

oordeel korrek dat die moeite, geld en tyd wat hulle in opleiding belê, later ’n veelvuldige opbrengs sal lewer. Gesien teen die agtergrond van ’n moderne kennisekonomie, verbaas die hoë werkloosheidskoers in Suid-Afrika dus nie, aangesien skaars 13% van die volwasse bevolking oor tersiêre opleiding beskik.

“Van al die werkende mense met matriek as hoogste kwalifikasie het slegs sowat 30% in 2011 meer as R6 400 per maand verdien, terwyl meer as 50% van die groep werkende mense wat oor matriek asook ’n sertifikaat of diploma beskik, ’n inkomste van meer as R6 400 per maand verdien het. Wanneer persone egter oor ’n graad beskik, verhoog die persentasie tot bo 80%,” verduidelik Joubert.

Sonder verdere opleiding sal die matriek-sertifikate van die grootste groep van 2015 se matrikulante ongelukkig van min waarde wees. ’n Matrieksertifikaat is wel ’n administratiewe vereiste vir die meeste soorte tersiêre studie en word ook benodig vir toelating tot sommige beroepe. Mense met ’n matrieksertifikaat kry wel ietwat makliker werk as mense daarsonder, maar nie naastenby tot dieselfde mate as mense met hoër kwalifikasies nie.

Natuurlik word niemand hiermee afgeraai om wel vir werk te soek nie. Enige werk is beter as niks. Navorsing toon egter dat die beste opsie bly om verdere opleiding te bekom. Selfs diegene wat nie matriek slaag nie en nie kans sien om dit te herhaal nie, kan hulle verder bekwaam, aangesien naskoolse opleiding nie aan ’n universiteit hoef te wees nie. ’n Sertifikaat of diploma in talle tegniese en beroepsgerigte rigtings, wat aan ’n betroubare instelling verwerf is, kan in sommige gevalle selfs meer waarde as ’n matrieksertifikaat bied. S

Opleiding ná matriek verbeter werkkanse In sy jongste verslag oor werkvooruitsigte vir matrikulante, het die Solidariteit Navorsingsinstituut beklemtoon dat die moderne ekonomie veel meer kennis van jongmense vereis as dít wat ’n matriekkwalifikasie bied, skryf FRANCOIS REDELINGHUYS.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

www.solidariteit.co.za35Issue 1 of 2016

Business rescue proceedings aim to aid a company which is in financial distress by allowing it to reorganise and restructure its affairs, assets, equity, debts and liabilities. Solidarity Magazine sought out

the knowledge of the company Hogan Lovells (SA) Inc. to learn more about the topic.

The recently implemented Companies Act 71 of 2008 (“the Act”) introduces “business rescue” as a replacement to the previous method of judicial management, bringing South Africa more in line with the global trend of restructuring companies which are in financial distress.

The first goal of effective business rescue proceedings is to rescue a company from financial distress and avoid liquidation. If this is not possible, then the implementation of a business rescue plan should result in a better return of the creditors of the company or shareholders than immediate liquidation would.

Business rescue is a remedy that is available either to the board of a financially distressed company or to any of the company’s affected parties that allows for the possible restructure and reorganisation of the company’s affairs so as to make the company a financial success.

Business rescue is facilitated through the appointment of a Business Rescue Practitioner (BRP). The BRP has wide ranging powers and effectively replaces the board of a company. This person is obliged to develop a plan that will restructure a company’s affairs so as to make the company a viable concern. It is enjoined with the authority to restructure the company’s debts, restructure the company’s management, issue more shares in order to raise further capital, restructure the company’s shareholding, or sell the company’s assets. The BRP must outline his plan to rescue the company in a business rescue plan that must be approved by the majority of the company’s creditors and shareholders. If approved, the plan is binding on all concerned parties and the BRP and company are bound to act in accordance with the plan.

Business rescue is meant to be a quick procedure and the Act envisages that the process last no more than three months from start to finish. It is a remedy that looks at turning a company around before it is forced to go into liquidation.• For more information on the effect and benefits

of the business rescue process as well as the business rescue practitioner and his/her duties, visit www.solidariteit.co.za and do a search with the phrase “business rescue”. S

The business of business rescueA PHOENIX RISES

Almost four years ago MasterCare, the national appliance repair company, was on

the brink of liquidation. It owed creditors about R80 million and while turnover was

high, costs were even higher. A severe cash flow crisis meant the company

battled to pay suppliers and customers waited months for their repairs. Staff were

not paid on time and morale was at an all-time low. MasterCare was then placed

under business rescue and today the company is trading successfully

and has been profitable for the last 18 months.

pho

tog

Raph

: isto

ckph

oto

.com

INDUSTRY NEWS

www.solidariteit.co.za36Uitgawe 1 van 2016

The selection of prospective medical students at the University of Stellenbosch (US) is apparently done on the basis of their race. The trade union Solidarity has commenced with legal action against the university in reaction to this selection criteria.

This follows after the trade union obtained information through its selection quota campaign which indicated that 67% of places available for medical students at the US are reserved for coloured, black and Indian applicants who applied for medicine, while only 33% of the places are available for any applicant, regardless of race. Although the 33% is available for all, a white person has percentage-wise a much smaller chance to obtain admission because of the large number of competitors who meet the minimum requirements and submit applications.

According to Anton van der Bijl, head of Solidarity’s Centre for Fair Labour Practices, this selection process is based on a rigid application of a quota system. “A person’s admission is solely evaluated by a rigid numerical goal that was set. A white person, regardless of his/her performance and how disadvantaged the specific individual was or is, will always have only a 33% chance to study medicine at Stellenbosch,” Van der Bijl says.

Van der Bijl also said the Labour Court found in Solidarity’s favour in a recent case against the SAPS by stating that affirmative action pursuing groundless and absolute goals, without taking any other factors into consideration, is illegal and invalid. “The US management obviously supports a quota system, which has been proved to be unconstitutional. The system must be revised to be aligned with the law, “ he stated. S

Quotas for medical students illegal

pho

tog

Raph

: isto

ckph

oto

.com

Arbitrasiebevel by UJSolidariteit skop 2016 af met ’n arbitrasiebevel wat die Universiteit van Johannesburg (UJ) se bestuur gaan dwing om teen einde Februarie aan te dui of Solidariteit op dieselfde vlak erkenning sal geniet binne die universiteit as die ander vakbonde. Solidariteit hoop dat die UJ se bestuur die regte besluit sal neem, met die oog op konstruktiewe arbeidsverhoudinge in ’n baie uitdagende tyd in die tersiêre onderwys.

Companies announce restructuringThree Northern Cape mining companies, all based in Kathu, have announced that they are applying for restructuring. This comes after Aveng Moolmans as well as the Tau and Khumani iron ore mines recently notified trade unions of their planned restructuring. The restructuring is expected to affect some 600 employees at Aveng Moolmans, 175 workers at Tau and 250 workers at the Khumani Mine.

Groot herstrukturering by KumbaKumba-myn het onlangs aangekondig dat grootskaalse herstrukturering by sy Sishen-myn geïmplementeer sal word. Volgens Deon Reyneke, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris van energie, beoog Sishen om net 3 197 van sy werkers by die myn te behou. Die beoogde getal afleggings wat genoodsaak is om koste by die myn te verlaag, sal 2 633 werknemers wees. Die myn se totale werkmag is tans 5 830.

Koop van Highveld Steel van die baanDie bestuur van Highveld Steel het gesê dat die Chinese maatskappy International Resources Limited (IRL) nie meer die staalmaatskappy sal koop nie. Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, het Highveld Steel se bestuur aangedui dat IRL nie voldoen aan die vereistes van die sakereddingsplan wat die koop rugsteun nie. Croucamp sê Solidariteit sal sy lede wat deur die proses geraak word, bystaan.

WVF moet fokus op oorspronklike doelSolidariteit is van mening dat die Werkloosheidsversekeringfonds (WVF) nie sy oorspronklike mandaat – om bydraers wat hul werk verloor, finansieel by te staan – mag verander nie. Solidariteit het dié stelling gemaak nadat die Portefeuljekomitee van Arbeid onlangs publieke insette rakende die Wysigingswet op Werkloosheidversekering aangehoor het. Volgens Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, maak die voorgestelde wysigings voorsiening daarvoor dat die surplusfondse wat die WVF tot sy beskikking het, beskikbaar gemaak word om ander skemas vir “weerlose werkers” te finansier. “Die opgehoopte reserwes van die WVF is nie geld waarmee die Fonds kan maak wat hy wil nie – die geld is spesifiek vir werkloosheidsversekering deur werknemers inbetaal,” sê Joubert.

Tourism will take long to recoverIt is believed that the tourism industry will take about four to five years to recover from the damage caused by the immigration regulations implemented by the Department of Home Affairs in 2015. Although the Department has since reversed its decision to require an unabridged birth certificate when travelling with a minor, the reputation of the South African tourism industry has suffered almost irreparable damage. S

KORTLIKS • BRIEFLY

38Uitgawe 1 van 2016

Making an impact protecting hearing

FOR MORE INFORMATION, PLEASE CONTACT US ON:

Tel: 012 348 9350

Fax: 012 348 9251

[email protected]

www.noiseprotection.co.za

pho

tog

Raph

s: is

tock

pho

to.co

m

Noise-induced hearing loss (NIHL) has since been established as a major occupational and social concern for decades now. Efforts to reduce the incidence of NIHL in

the workplace, particularly the mines, have been ineffective thus far – failing to completely eradicate the incidence of occupational NIHL cases.

Currently statistics from the Department of Mineral Resources (DMR) indicate that, on average, 1 600 cases of new hearing loss cases are reported each year. In particular, NIHL in the mining sector appears to be most prominent. Suggestions are that this is a result of action plans that are perhaps not comprehensive, hence ineffective. There is therefore a need for far more comprehensive & integrated programs to establish successful efforts of combating NIHL – besides the generic fitment of custom hearing protection devices alone.

Interesting to note is the role that social noise exposure plays in the whole battle against NIHL. While programs implemented in the workplace to combat incidence of occupational NIHL may be effective and thorough, these efforts are often fruitless as long as there is a chance of social noise exposure among employees. These included, but are not limited to, rock concerts, target shooting sports and hunting; loud music from car stereos and personal music players. It becomes a problem trying to separate NIHL from occupational or

social noise exposure as individuals are often exposed concurrently.

As such, comprehensive hearing conservation programs must not only be aimed at occupational noise exposure, but should include efforts targeted at social noise exposure as well so the “risk” is addressed from all angles. Such efforts are often lacking in most hearing conservation programs as emphasis is mainly placed on the custom hearing protective devices, and not the social aspect. As long as efforts towards combating NIHL are centred on occupational noise exposure, but exclude social noise exposure, the battle against NIHL is one that may never be won. At Impact Noise Protection, our Protec program attempts to address the issue of NIHL from both the occupational and social perspective.

How can Protec Program assist you?

The protect program consists of five different aspects targeted at first identifying a possible risk – both occupationally and socially, then devising means to address and eliminate the risk.

Risk identificationRisk for each employees will be identified through annual noise surveys and annual hearing screenings.

Risk eliminationThrough careful selection, Impact Noise Protection will fit your employees with our Ukuthula custom hearing protective devices to attenuate the noise employees are exposed to a level that is not detrimental to their hearing. These devices are moulded on site, and made custom for each individual ear. The devices will be serviced annually.

Addressing of social risks of NIHLThis aspect aims to address possible situations where employees may be exposed to hearing loss socially, so that their social behaviours do not counteract the employer’s efforts to ensure there is no incidence of NIHL in the workplace. This process will involve informative sessions, trainings, and distribution of brochures for all employees to raise awareness and promote better social behaviour. Each of the 5 aspects will be discussed in greater detail, allowing you, the employer, to have a more successful hearing conservation program for your employees.

The Protec Program – A customised, comprehensive solution to the battle against NIHL

ADVERTORIAL

www.solidariteit.co.za40Uitgawe 1 van 2016

The year 2015 was probably one of the toughest years in the last two decades for the global extractive industry. Global mines were under constant pressure due to weak

commodity prices and ever-increasing input costs. Many large multinational companies had to restructure their asset portfolios and operating models, whilst marginal mining operations were either closed or mothballed.There was however some good news despite all these challenges. The South African mining industry once again saw a remarkable improvement in Occupational Health and Safety.

The previous lowest ever number of fatalities in a calendar year in the South African mining industry was recorded in 2014, when 84 mineworkers were killed.

On 28 January 2016, the Minister of Mineral Resources released the 2015 health and safety statistics for the mining industry which indicated that 77 mineworkers lost their lives during the 2015 calendar year.

There was a slight increase in the number of mining injuries compared to the previous year, although the fatality frequency rates (FFR) and lost time injury frequency rates (LTIFR) showed a marginal decrease compared to 2014. This could be attributed to the following:

1. Spending on critical health and safety controls remained constant despite continuous efforts to cut operating costs.

2. Employees remained vigilant during times when continuous job threats and other organisational stressors impacted on their well-being.

3. Managers were still committed and focused on sound risk management despite a depletion of financial resources, human resources and skills.Stakeholders in the mining industry have

adopted the so-called zero harm health and safety milestones under the auspices of the Mine Health and Safety Council. These milestones and the additional action plans have enabled stakeholders and companies to achieve significant improvements in health and safety over the last two decades.

An in-depth analysis of the figures for 2015 can provide greater insights into the sustainable improvements that are required across various incident agencies to prevent injuries and fatalities.

Emerging risksAs the industry faces tough operating challenges and continuous change through restructuring and downsizing, new risks will emerge through the loss of critical skills and the impact of

these changes on the psychosocial wellness of employees.

Employers will have to manage these risks within their current risk management systems whilst considering multi-disciplinary input for holistic risk management solutions.

Large mining companies have laid a solid foundation for managing health and safety, and they should continue to build on this. Organisations like Anglo American have seen vast improvements over the last decade after investing heavily in risk management controls and putting programmes in place to ensure holistic worker involvement.

These types of initiatives have not yet been fully adopted by mid-tier and smaller operators. Statistics show that the eight biggest mining operators in South Africa have jointly accounted for approximately 57% of all fatalities whilst the remaining 43% of fatalities have occurred at 23 of the smaller mining companies in South Africa.

Mining companies will have to focus intensely on their leading indicators and critical control management as well as the implementation of industry action plans in 2016 if we are to see further improvements in occupational health and safety.• Leigh McMaster is Head of Sustainable

Development. S

Change and the impact on health and safetyBy Leigh McMaster

pho

tog

Raph

: isto

ckph

oto

.com

77 mineworkerslost their lives in 2015.

This is

8%less than the

84 mineworkersthat lost their lives in 2014.

57%of all fatalities occured at the

eight biggest mining operators in South Africa.

www.solidariteit.co.zaIssue 1 of 2016

Solidariteit het in Januarie die grootste skeidingspakket nóg namens ’n lid in die mediese bedryf beding. Die lid, wat vir 45 jaar in die maatskappy se diens was, sal ’n skeidingspakket van net meer as R650 000 ontvang.

Sta-sia Engelbrecht, organiseerder in die mediese bedryf by Solidariteit, verduidelik dat die werkgewer met Solidariteit ooreengekom het om 24 maande se volle salaris bykomend tot een week se salaris vir elke voltooide diensjaar as deel van die skeidingspakket aan die lid te betaal. Dit sluit alle salarisverhogings, bonusse en pensioenbydraes in wat die lid in die tydperk sou ontvang.

“Dit is vir ons as Solidariteit belangrik dat ons lede wat afgelê word, finansieel kop bo water kan hou terwyl hulle ander geleenthede soek. Die Suid-Afrikaanse arbeidsmark gaan nou deur baie diep waters en dit is nie maklik vir ’n persoon wat afgelê is om vinnig weer werk te kry nie. Intussen moet dié persoon egter sy finansiële verpligtinge nakom en sy afhanklikes onderhou,” sê Engelbrecht.

Engelbrecht wys daarop dat die mediese bedryf, soos talle ander bedrywe in Suid-Afrika, erg deur die verswakkende ekonomie geraak word. “Die swakker rand en wêreldwye ekonomiese krisis beïnvloed alle plaaslike bedrywe negatief. Gevolglik moet verskeie maatskappye noodgedwonge hul ondersteunende, nienoodsaaklilke funksies besnoei om koste te bespaar en winsgewend te bly,” verduidelik Engelbrecht. S

Enorme skikking in mediese bedryf beklinkDeur Inge Strydom

Foto

: isto

ckph

oto

.com

“Dit is vir ons as Solidariteit belangrik dat ons ledewatafgelêword,finansieelkopbowater

kan hou terwyl hulle ander geleenthede soek.”

BEDRYFSNUUS

www.solidariteit.co.za42Uitgawe 1 van 2016

in Beweging Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.

Tainted Heroes vertel die verhaal van die ANC se oneerbare verlede en vergrype vanaf 1976 met die Soweto-opstande tot en met die inhuldiging van Nelson Mandela

in 1994. Die rolprent is gegrond op die boek People’s War van dr. Anthea Jeffery, senior navorser by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV). Dit fokus op die ANC se strategie om mag te bekom deur middel van geweld, betogings, moorde, halsmoorde, boikotte, opstande, ondergrondse selle en die plant van bomme wat tot onskuldige mense se dood gelei het.

Die rolprent wys ook hoe die ANC geweld, vrees en propaganda teen politieke teenstanders soos die Swart

Bewussynsbeweging en die IVP gebruik het om hom as die enigste verteenwoordiger van swart aspirasies in Suid-Afrika te vestig.

Meer as 500 gaste, waaronder talle meningsvormers in die land, het die film se première bygewoon. Mangosuthu Buthelezi, leier van die IVP, en Strike Thokoane, adjunkpresident van Azapo, wat belangrike bydraes tot die film gelewer het, was ook onder die gaste.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, het ná afloop van die film gesê dit is noodsaaklik dat die wêreld kennis neem van die feit dat die ANC deur propaganda en ’n seleksie van feite ’n prentjie skep wat verskil van die werklikheid.

“Die film is nader aan die werklike realiteit van wat gebeur het en dit sal bydra om

balans te bring.”Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA,

meen die film wys die realiteit van swart geweld destyds, wat vandag steeds voortduur.

Prof. Rabelani Dagada, DA-lid, politieke ontleder en dosent aan die Universiteit van die Witwatersrand, het gesê die inhoud van die film hou ’n bedreiging vir die ANC in. Hy meen egter dit is noodsaaklik dat daar nie by dié verlede en deel van die land se geskiedenis vasgeval word nie.

“Ons moet erken wat gebeur het, maar ons beywer om die demokrasie te maak werk. Daar is ’n persepsie dat net die ANC die land bevry het. Dit is verkeerd. Wit en swart het dit gedoen deur te onderhandel. As dit nie gebeur het nie, was ons nie vandag hier nie.”

Rolprent plaas ANC-geweld in perspektief Forum Films se dokumentêr oor die ANC se gewelddadige optrede as bevrydingsbeweging het fliekgangers in Pretoria onlangs aangegryp. Tainted Heroes is die eerste film van Forum Films, wat deel van die burgerregte-organisasie AfriForum is, skryf ALET RADEMEYER.

Katlego Chale, akteur in Tainted Heroes

Steve Hofmeyr en sy vrou, Janine. Flip Buys en Pieter Groenewald

www.solidariteit.co.za43Issue 1 of 2016

AfriForum

Steve Hofmeyr, akteur, sanger en aktivis, het gesê: “Die film is ’n grafiese argief wat die totale laagtepunte uitbeeld van mense wat by apartheid moes oorneem. As jy steeds dink die somtotaal van Suid-Afrika se geskiedenis is dat een groep skuldig is en die ander onskuldig, sal dié film dit vir jou regstel.”

Katlego Chale, akteur in Tainted Heroes, het gesê die film gaan sonder twyfel omstrede wees. “Dis belangrik dat die storie vertel word. Dis deel van die geskiedenis wat ons nie op skool vertel is nie. Mandela is as ’n held sonder blaam voorgehou. Daar is baie mense wat nie weet van die geweld waarby die ANC betrokke was nie en vir ons demokrasie is dit nodig dat mense kennis daarvan neem. As die inhoud in die film nie waar is nie, moet die ANC na vore

kom en die teendeel bewys.”Dr. Johan Burger, senior navorser by die

Instituut vir Sekerheidstudies, meen die film is baie ewewigtig en plaas die geskiedenis

van Suid-Afrika sedert die sestigerjare tot en met demokrasie in 1994 in ’n beter perspektief as wat groepe soos die ANC voorhou.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum en vervaardiger van Tainted Heroes, sê die projek is aangepak om die politieke debat in die land in perspektief te plaas. “Met die film wys ons dat die geskiedenis nie so eenvoudig is nie en dat daar ’n narratief bestaan wat vandag onder die mat ingevee word.”• Vir meer inligting oor

wanneer en waar die film vertoon sal word, besoek www.taintedheroes.co.za. S

Opwindende wedstryd vir skole aangebied

Deur Alet Rademeyer

AfriForum het ʼn nuwe veldtog, Wandel met Waardigheid, vir die bevordering van goeie dissipline

in skole bekendgestel. Die doel is om leerlinge te oortuig dat goeie dissipline van toepassing moet wees op ʼn waardegedrewe lewe en dat ʼn waardegedrewe lewe baie vir jou as jongmens gaan beteken later in jou lewe, sê Carien Bloem, koördineerder van onderwysveldtogte by AfriForum.

AfriForum poog om skole aan te moedig om waardegedrewe instellings te wees waar waardegedrewe landsburgers van die toekoms ontwikkel kan word. Die veldtog is in die vorm van ’n wedstryd. Dit werk so:• Kategorie A: Skryf jou skool se

gedragskode of dissiplinêre beleid in, vergesel van ʼn motiveringsbrief en kort video wat verduidelik hoe die beleid op die skoolterrein en in die klaskamer toegepas word. Maak gebruik van leerlinge om die video te vervaardig.

• Kategorie B: Skryf een of meer onder-wyser in jou skool in wat uitsonderlike dissipline in sy of haar klas handhaaf. Sy of haar inskrywing moet vergesel wees van ʼn motiveringsbrief van die skoolhoof asook ʼn foto van die onderwyser.

• Kategorie C: Jy as leerling word die geleentheid gebied om jou eie dissiplinêre beleid saam te stel volgens wat JY dink waaroor leerlinge aangespreek en waarvoor hulle beloon moet word.Die skool met die beste dissiplinêre

beleid, sal lugtyd op Pretoria FM se skole-program kry, asook ʼn gratis optrede vir die skool deur die kunstenaars Bouwer Bosch en Deon Meiring van Dans dans Lisa!

Die onderwyser wat as wenner aangewys word, wen ʼn gratis naweek vir vier persone by die gewilde Kokoriba-wildreservaat buite Brits.

Die leerling(e) met die beste en mees uitvoerbare dissiplinêre beleid, wen ʼn naweek vir vier persone by Kokoriba asook ’n onderhoud op Pretoria FM. Indien ʼn groep leerlinge wen, sal die prys dienooreenkomstig aangepas word.• Vir verdere inligting oor die wedstryd kan

die AfriForum-webblad besoek word by www.afriforum.co.za of stuur ’n e-pos aan Bloem by [email protected]. S

Katlego Chale

Mangosuthu Buthelezi

IN BEWEGING

44Uitgawe 1 van 2016 www.solidariteit.co.za

Almal raas nou weer oor ras! Maar die regte manier om ’n standpunt in te neem, is om by die beginsel te begin. Soos Paul Kruger gesê het, een mens met ’n beginsel is

’n meerderheid. Baie van die wilde stellings wat nou gemaak word, sê meer van die spreker se eie politieke standpunt as van die onderwerp. Vir my is die beginsel dat rassisme verkeerd is. Punt. Ons bly saam in hierdie land en dit kos niks om almal met respek te behandel nie. Behandel ander soos wat jy behandel wil word. Dit is nie ’n verskoning om byvoorbeeld Malema se stellings of Zuma se korrupsie te gebruik om jou eie rassistiese stellings te probeer regverdig nie. Dit gaan immers nie oor hul waardes nie – dit gaan oor jou eie waardes. Kom ons mik maar ’n bietjie hoër as om onsself met platvloerse rassiste te vergelyk en dan self rassisties op daardie rassisme te reageer.

ANC en rasDie ANC-leierskap is die laaste mense wat ander van rassisme moet beskuldig, soos wat ’n agbare minister onlangs gedoen het. Die ANC se amptelike beleid is dat hulle regeer in belang van “Afrikane in die besonder en swart mense in die algemeen”. Dit bly nie net by praatjies nie – hulle het ras weer die maatstaf vir beleidsbepaling in die land gemaak. Daar is na skatting weer oor die honderd rassewette terug op die wetboek, natuurlik met die politieke kamoeflering dat dit nodig is om die ongelykhede van die verlede te herstel. Dit is egter lankal duidelik dat hulle baie verder as regstelling mik en eintlik maar net hul eie rassenasionalisme wil probeer regverdig, ongeag die gevolge vir die land en al sy mense.

Die sosioloog prof. Lawrence Schlemmer het die ANC se siening oor ras treffend soos volg bewoord: “The ANC has perfected a code in responding to the issue of race. It invariably starts off from the position of non-racism, and it then qualifies this with a commitment to closing racial gaps in order to achieve a legitimate basis for non-racialism, and from there it proposes a range of race-based affirmative action and empowerment policies to give effect to this. In the latter aspect it is able to assure its African or black supporters that, although ‘non-racial’, it is ‘on their side’.”

“Demokratiese” rassismeDie Amerikaanse politieke wetenskaplike Pierre

Vanderberghe het dit wat “demokratiese rassisme” genoem kan word, soos volg verwoord: “If your constituency has the good fortune to contain a demographic majority, racism can easily be disguised as democracy. A racially-defined majority is a far cry of a majority made up of shifting coalitions of individuals on the basis of a commonality of beliefs and interests.”

TweedeklasburgerskapDaarmee saam het prof. Pierre du Toit van Stellenbosch al aangetoon dat die ANC se transformasie- en rassebeleid wit mense se burgerskap inderwaarheid tot tweedeklasstatus verlaag het. Dit spruit voort uit die party se beleid dat alle instellings verteenwoordigend van die bevolking moet wees en onder “Afrikaan-beheer” moet wees.

John Kane-Berman van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het verder gesê dat die ANC se beleid van “African hegemony” daarop dui dat hulle swart oorheersing uitdruklik nastreef.

Die feit dat die ANC hul rassebeleid amptelik met staatsmag en -bronne bevorder, kom daarop neer dat hulle weer na ’n beleid van “institusionele rassisme” terugbeweeg het. Die werklike rede waarom die ANC en die EFF swart mense op grond van ras mobiliseer, is eenvoudig omdat hulle hul kiesers se stemme probeer verseker.

Nuwe bestuurDie Afro-Amerikaanse ekonoom prof. Thomas Sowell vat die hele vraagstuk van rassisme ten beste saam in hierdie stelling: “Racism has been tried for a long time and it is a bad policy, we should get rid of it rather than put it under new management”.

Laat ons nie ons goeie saak met swak argumente bederf nie, en laat ons ander behandel soos wat ons behandel wil word. Solidariteit veg talle belangrike hofsake teen onbillike rassewette en ons sal sorg dat ons altyd aan die regte kant van die argument bly. Dit beteken nie dat ons polities korrek sal stilbly oor EFF- of ANC-rassisme nie, maar dat ons dit daadwerklik en op die regte manier sal bly aanvat. Ons het dit al talle kere in die verlede gedoen, en ons sal weer sterk optree – want dit help nie net om te raas oor ras nie. S

Almal raas nou weer oor ras!Deur Flip Buys

“Racism has been tried for a long time and it is a bad policy, we should get rid of it rather than put it under new management.”

Foto

: isto

ckph

oto

.com

IN BEWEGING

www.solidariteit.co.za45Issue 1 of 2016

Uitgawe 1 van 2016

www.solidariteit.co.za47Issue 1 of 2016

www.solidariteit.co.za48Uitgawe 1 van 2016

Negester Klein-Kariba, met sy pragtige Bosveld-fauna en -flora, lê in die Waterberg-biosfeer wat ook ʼn UNESCO-erfenisgebied is. Dié beveiligde en volhoubare

leefstyl-landgoed vir vyftigplussers grens aan die ATKV-Klein-Kariba Vakansieoord en is naby Bela-Bela (Warmbad) geleë, net ʼn uur se ry van Pretoria af. Daarby bied die Bela-Bela- en Waterberg-omgewing jou boonop die verdere voordele van ʼn heerlike klimaat, goeie winkels, ʼn private hospitaal, topklas gholfbane en ʼn verskeidenheid natuurreservate!

Simfonie vir die sintuieBy Negester Klein-Kariba is die ontwerpstyl van geboue ’n kontemporêre vertolking van historiese Laeveldse plaasargitektuur en pas mooi in by die omgewing en landboukonteks. Verder word die natuurlike eienskappe van die leefstyl-landgoed grootliks onversteurd gelaat met geboue wat ontwerp is om ʼn lae visuele en fisiese impak op die bosveld-bioom te hê. Die leefstyl-landgoed se dorpsgebied beslaan ongeveer 83 ha met 405 voltitel plotte plan-eenhede wat in vier fases ontwikkel word.

Met Fase 1 se 95 erwe uitverkoop en die bouery wat reeds volstoom aan die gang is, kan belangstellende kopers nou in Fase 2 en 3 hul voltitel-eiendomme reserveer. Erfpryse begin by R342 800 en huisgroottes wissel van ±92 m² tot 225 m². Ingesluit by die prys van die erf is goedgekeurde huisplanne, argiteksfooie en oordragkoste (munisipale indieningsfooie van ±R2 000 is uitgesluit).

Dan bied Negester Klein-Kariba nog ʼn opwindende opsie, naamlik 38 deeltitel-duette. Hierdie eenhede is gerieflik binne die leefstyl-landgoed geleë – naby die mediese sorgsentrum, die hoofingang en ʼn voorgenome gemeenskapsentrum met ʼn biblioteek, ʼn

dameskroeg en sportfasiliteite (wat tennisbane, ʼn swembad en rolbalbane insluit). Die pryse van hierdie duette met standaardafwerkings begin by R775 000. ʼn Wooneenheid is 77 m2 groot (hierby ingesluit is ʼn stoepie van 9 m2 en ʼn motorafdak van 18 m2). Behalwe vir oordragkoste, is geen BTW of munisipale indieningsfooie betaalbaar nie.

ATKV as vennoot vir gemoedsrusVolgens Schalk Cilliers, die ATKV-sake se besturende direkteur, het die ATKV-direksie ongeveer ses jaar gelede ʼn diversifikasiestrategie aanvaar en daarom ook betrokke begin raak by die ontwikkeling van aftreebehuising. “Dit is die ATKV se strategie om ʼn voetspoor van aftreebehuising in Suid-Afrika te vestig en Negester Klein-Kariba is die begin van die uitvoering van hierdie strategie,” sê Cilliers.

Die ontwikkeling bied voltitel-eiendom aan belangstellende kopers met spesifieke fokus op die vyftigplusser-groep. Dawid Malherbe van Negester sê hulle fokus daarop om ʼn wen-wen-vennootskap te sluit waar beleggers, die ATKV en Negester meewerk om gewaardeerde en volhoubare leefstylbestemmings vir vyftigplussers te ontwikkel. “Met behulp van die

ATKV het ons toegang tot keur-eiendomme waarvan Negester Klein-Kariba ʼn sprekende voorbeeld is.”

Negester en stedeligDie naam Negester is afgelei van DJ Opperman se gedig Negester en stedelig, en het grotendeels as inspirasie vir die ontwikkeling van die Negester-handelsmerk en slagspreuk gedien. “Skyn helder!” Ingevolge die Negester-visie word daar gestreef na die “ontwikkeling en bestuur van volhoubare, beveiligde, ekologies-sensitiewe en gewaardeerde leefstyl-landgoedere waar die totale menswees van die vyftigplusser-groep versorg, verbeter en gekoester kan word.” En, soos met Opperman se gedig, “Onthou altyd aan jou dade grens ʼn ewigheid [...] en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter,” glo Negester Klein-Kariba dat sy leefstyl-landgoed juis so ʼn volhoubare omgewing aan sy inwoners bied.• Vir navrae, besoek Negester Klein-Kariba se

webtuiste by www.negester.co.za/klein-kariba, of kontak vir Carin Boshoff by 071 612 9129 ([email protected]) of Hansie Boshoff by 082 419 4642 ([email protected]).

Negester Klein-Kariba bied Bosveld op sy beste

www.solidariteit.co.za49Issue 1 of 2016

Sol-Tech

Dié feite het duidelik geblyk uit navorsing wat die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) onder afgestudeerde Sol-Tech-studente aangepak het. Die navorsing het

aan die lig gebring dat ʼn allemintige 94,7% van die gekwalifiseerde Sol-Tech-studente werk het.

Altesame 30% van die gekwalifiseerde ambagslui studeer self verder in hul onderskeie ambagte.

Met sulke welslae speel Sol-Tech ʼn baie belangrike rol in die Solidariteit Beweging se opleidingsplan. ʼn Goeie kwalifikasie van ʼn gesaghebbende opleidingsinstelling is een van die beste maniere waarop werksoekers hulself beter vir die huidige arbeidsklimaat kan toerus.

“Ons opleidingstrategie by Sol-Tech is eenvoudig: Hoë gehalte opleiding deur ervare opleiers op moderne toerusting,” sê Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech.

“Dis ʼn unieke opleidingsmodel met goeie korporatiewe bestuur wat ‘n balans handhaaf tussen gehalte en bekostigbaarheid. Voeg daarby gemotiveerde en toegewyde studente wat opgelei word in heelwat meer fasette as die minimum vereiste, en jy het ʼn Sol-Tech-student wat eenvoudig uitstaan bo enige ander opleidingsinstansie se studente. Dis ons suksesresep.”

Die navorsing wat aangepak is deur Nicolien Welthagen, senior navorser by die SNI, het gepoog om by Sol-Tech-studente uit te vind hoe hulle die arbeidsmark ervaar ná hul opleiding by Sol-Tech, en of ʼn kwalifikasie van dié instansie hulle bemagtig het vir hul beroep.

“’n Sol-Tech-kwalifikasie het vir die meeste van die studente deure oopgemaak en geleenthede geskep. Die respondente se mening oor hul Sol-Tech-opleiding was dat dit goed was, dat hulle baie geleer het en dat hulle dit geniet het,” vertel Welthagen.

Een van die unieke dienste wat aan Sol-Tech-studente gelewer word deur Ajani, ʼn geregistreerde private maatskappy wat die plasing van ambastudente hanteer, is om studente te plaas by ʼn instansie waar hulle praktiese ervaring kan opdoen. Uit hierdie plasings word 55,7% van die afgestudeerde studente dadelik ná hul kwalifikasie aangestel by die instansie waar hulle

95% Sol-Tech-ambagslui kry werk – navorsingʼn Kwalifikasie by Sol-Tech, die Solidariteit Beweging se eie tegniese opleidingskollege, is een van die beste maniere waarop werksoekers in die tegniese veld hulself kan toerus vir die arbeidsmark. Jongmense wat ʼn Sol-Tech-kwalifikasie het, is ná hul studies nie net indiensneembaar nie – hulle staan in die industrie uit as goed afgeronde, gesogte ambagslui, skryf CILLESTE VAN DYK.

op my eie/vir myself

virʼnondernemingmet250+ werknemers

virʼnondernemingmet50-250 werknemers

virʼnondernemingmet25-50 werknemers

virʼnondernemingmet10-25 werknemers

virʼnondernemingmetminder as 10 werknemers

20,2%

37,2%

13,2%

9,3%

11,6%

8,5%

Ek werk...

Pos aangebied waar prakties gedoen is?

JA55,7%

NEE44,3%

Is daar ‘n tekortaan ambagslui?

JA93,1%

NEE6,9%

redelik tevrede

baie tevrede

ontevrede

baie ontevrede 0,9%

Salaris: Ek is...

17,9%

20,5%

60,7%

Foto

: isto

ckph

oto

.com

IN BEWEGING

Uitgawe 1 van 2016 50 www.solidariteit.co.za

prakties gedoen het omdat hul werketiek en vaardigheid van so ʼn hoë gehalte is.

Buiten die 56,7% afgestudeerde ambagslui wat aangedui het dat hulle dadelik begin werk ná die voltooiing van hul studies, het die ander 35,4% binne ses maande werk gekry. Volgens Welthagen het 75,8% van die respondente aangedui dat hulle daarna van werk verander het omdat hulle ʼn beter pos by ʼn ander maatskappy gekry het, terwyl 15,2% aangedui het dat hulle bevorder is.

Daarbenewens verduidelik Welthagen dat die respondente gemiddeld R16 628 (ná aftrekkings) per maand verdien, maar dat sommige tot R40 000 verdien. Altesame 46,4% verdien ook nog wisselende vergoeding (byvoorbeeld oortyd, skoftoelae ensovoorts).

Die grootste groep respondente, 83%, het

aangedui dat hulle hul kwalifikasie as ʼn goeie kwalifikasie beskou en dat Sol-Tech se opleiding vir geen ander instansie hoef terug te staan nie.

Volgens Welthagen sê die studente dat die sillabus goed uiteengesit is en dat hulle goeie ondervinding en kennis opgedoen het. Hulle meen dat dit juis die hoë standaard van opleiding by Sol-Tech is wat vir hulle werkgeleenthede geskep het.

As jy beplan om jou as ambagspersoon te bekwaam, maar bekommerd is dat daar nie vir jou werkgeleenthede gaan wees nie, kan jy ontspan. Navorsing onder die afgestudeerde studente van Sol-Tech het dit bevestig.

93,1% het gereken dat daar wel ʼn tekort aan ambagslui in Suid-Afrika is. Hoewel daar baie ander vakmanne is, het 40% van die respondente gesê die ander gekwalifiseerdes is dikwels

baie swak in hul vakmanskap. Daar is dus baie ambagslui, maar min wat die werk kan doen.

“Uit hierdie navorsing kan die afleiding gemaak word dat Sol-Tech ʼn gerespekteerde instansie is wat opleiding van gehalte bied en vir baie studente loopbaangeleenthede skep,” vertel Welthagen.

Van Deventer is trots op dit wat Sol-Tech in sy eerste 10 jaar se bestaan bereik het. “Ons is die trotsste op die welslae van ons oudstudente. Dit verg harde werk om ʼn goeie ambagspersoon te wees, en Suid-Afrika se arbeidsomgewing is uitdagend.

“Ons probeer geensins die prentjie skets dat dit maanskyn en rose is nie, maar met die navorsing bewys ons minstens dat daar hoop is vir jongmense wat die regte opleiding het en bereid is om hard te werk,” het hy gesê. S

IN BEWEGING

www.solidariteit.co.za52Uitgawe 1 van 2016

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046;stuur ‘n e-pos na [email protected]; of faks na 012 664 1102.

Kragtens artikel 187(1) van die Wet op Arbeidsverhoudinge is ontslag op grond van vakbondlidmaatskap outo- maties onbillike ontslag. Artikel 5 van hierdie wet beskerm enige werkne-

mer se reg om aan vakbonde te behoort. Dié reg word boonop deur die Grondwet beskerm as die reg tot vryheid van assosiasie. Dus mag enige werknemers, wat senior bestuurders insluit, tot ʼn vakbond behoort sonder om viktimisasie of ontslag te vrees.

In die saak IMATU & others v. Rustenburg Tran-sitional Council [1999] 12 BBLR 1299 (LC) het die werkgewer ʼn beleid geïmplementeer wat senior bestuurders verbied het om aan ʼn vakbond te be-hoort. Die arbeidshof het egter bevind dat niks op hul reg van vryheid van assosiasie inbreuk kan maak nie – ongeag hul posisie in die maatskappy.

Hoewel senior bestuurders ook vakbond-beskerming geniet, moet hulle steeds hul geme-

nereg-verantwoordelikheid teenoor die werkge-wer nakom; hulle moet, met ander woorde, steeds hul werk na die beste van hul vermoë doen.

ʼn Saak soos dié van Kelhwar v. SANCA (1991) 12 ILJ 816 (IC) maak die kwessie van botsende belange duideliker. In dié saak is ʼn bestuurder ont-slaan omdat sy nie wou bedank uit ʼn personeelfo-rum en is ontslaan. Die werkgewer het aangevoer dat daar ʼn botsing van belange ontstaan het en dat hulle die bestuurder daaroor ontslaan het. Die arbeidshof het egter bevind dat haar optrede nie strydig was met die belange van die werkgewer nie; as dit wél so was, sou die bestuurder se ont-slag geregverdig gewees het.

Kan Solidariteit my verteenwoordig as ek ’n werkgewer is?Ongelukkig nie, maar daar is wel ander voordele van Solidariteit-lidmaatskap waarby jy as werkgewer kan baat vind. Solidariteit is

’n werknemersorganisasie. Dit beteken dat ons in die belang van werknemers teen hul werkgewers optree. Ons sal dus nie namens ’n werkgewer teen sy werknemers optree nie. Seesa is ’n werkgewersorganisasie wat namens werkgewers optree. Hulle kan gekontak word by 086 117 3372.

Hoe kan ek Solidariteit ondersteun indien ek ’n werkgewer is?Indien jy as werkgewer baie passievol oor Solidariteit se werksaamhede is en iets wil doen om jou steun te wys, kan jy dit oorweeg om die Solidariteit Regsfonds of Solidariteit Boufonds finansieel te ondersteun met ʼn maandelikse debietorder. Jy kan ook eenmalige skenkings aan hierdie twee langtermynprojekte maak. Skakel Solidariteit se dienssentrum by 0861 25 24 23 om uit te vind wat dié twee fondse behels en hoe jy hulle kan ondersteun. S

Kan ‘n bestuurder ‘n vakbondlid wees?

jy & die Reg

ʼn Lid wil weet: “Ek is ʼn senior bestuurder en wil graag by ʼn vakbond aansluit. Is daar iets wat my verhinder om dit te doen?” JOHAN ROOS antwoord.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Nog twee individue sal ingevolge ’n terugbetalingooreen-koms wat in Februarie bereik is vir hul onregmatige bevoordeling uit die voormalige Pamodzi-myne boet. Kragtens die ooreenkoms moet Mohamed Firoze Limbada en Zeenat Ebrahim Laher binne sewe dae R400 000

aan die likwidateurs van die myne terugbetaal, waarna hulle ʼn verdere R3,6 miljoen in maandelikse paaiemente van R150 000 moet terugbetaal.

Dié skikking volg kort op die ooreenkoms wat vroeër met ses lede van die Bhana-familie bereik is. Hiervolgens moet hulle R6 miljoen aan die likwidateurs terugbetaal.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sê hoewel dit steeds as ’n oorwinning beskou kan word, is die R10 miljoen se skadevergoe- ding wat ná ʼn regstryd van ses jaar ingewin is, slegs ʼn druppel aan die emmer. “Byna R180 miljoen het net uit die voormalige Pamodzi-myne se bankrekening ‘verdwyn’ gedurende die tyd wat Aurora Empowerment Systems die Pamodzi-myne bestuur het. Daarbenewens is daar geduren-de hierdie tyd R1,7 miljard se skade aan die Pamodzi-mynbates aangerig,” verduidelik Du Plessis.

Du Plessis het voorts ’n beroep op die voormalige Aurora-direkteure, veral Khulubuse Zuma, Zondwa Mandela en Thulani Ngubani, gedoen om nou ook na die tafel te kom en ʼn skikkingsvoorstel te maak. “Indien hulle nie binnekort met ʼn voorstel vorendag kom nie, is sekwestrasie hul voorland. Dit is veral Khulubuse Zuma – ʼn baie vermoënde sakeman – wat nou sy trots in sy sak moet steek en soos sy oom, pres. Jacob Zuma, sy skuld moet begin betaal,” sê Du Plessis.

“Solidariteit sal nie ophou om die saak te dryf totdat geregtigheid ge-skied het en die voormalige Pamodzi-werkers hul uitstaande geld ontvang het nie,” sê Du Plessis. S

Nog twee moet opdok vir Aurora-debakel

R180 miljoenhet uit die voormalige

Pamodzi-myne se bank-rekening “verdwyn”

Solidariteit en Helpende Hand het in Februarie in Witbank inge- gryp met ’n noodplan om die 300 Solidariteit-lede by te staan wat hul werk in een van Suid-Afrika se grootste afleggingstrage-

dies verloor het. Die vakbond ondersteun lede met CV-opdaterings en Helpende Hand het kospakkies voorsien. Nagenoeg 2 187 mense is deur die afleggings by onderskeidelik Highveld Steel en Vanchem Vanadium Products geraak, waarvan 300 Solidariteit-lede is. Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf, moes baie van die afgelegdes reeds sonder hul laaste maand se salaris gaan en het hulle geen skeidingspakkette ontvang nie.• Jy kan help deur “Witbank” na 38969 te SMS en R10 aan die

noodfonds te skenk. Of besoek www.helpwitbank.co.za vir Helpende Hand se bankbesonderhede om groter skenkings te maak. S

Vakbond, Helpende Hand help in Witbank

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Issue 1 of 2016 www.solidariteit.co.za53

www.solidariteit.co.za54Uitgawe 1 van 2016

SolidariteitHelpende Hand

Om die heel eerste skooldag van 2016 aan te pak, kan baie intimiderend vir nuwe leerders wees, maar vir heelparty graadeens landwyd het dié

dag heel goed afgeloop danksy Solidariteit Helpende Hand.

Dié organisasie bied elke jaar ’n skooltas propvol skryfbehoeftes aan behoeftige Afrikaanse graadeens. Die projek, wat al 26 000 skooltassies uitgedeel het, is net een van die maniere waarop Helpende Hand in 2016 Afrikaner-armoede gaan aanpak.

Volgens dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, glo die organisasie dat armoede die hoof gebied kan word deur in opleiding te belê, en dit begin reeds met die gevoel van hoop wat by graadeens geskep word wanneer hulle die nodige skoolgoedjies kry. “Júlle is die bank waarin ons ons geld belê,” het Brink aan die leerders gesê. “Ons rente is jul suksesvolle toekoms as dokters, onderwysers en rugbyspelers.”

Weens toenemende ekonomiese druk is dit

vir talle ouers moeilik om kop bo water te hou, en sukkel hulle om basiese skryfbehoeftes vir die skool te koop of skoolgeld te betaal. Die gevolg is dat talle graadeens hul eerste skooljaar sonder die nodige skoolbenodigdhede moet begin.

Helpende Hand het in 2007 met die reusetaak begin om Afrikaanse graadeens van ’n skooltassie met die nodige basiese skryfbehoeftes te voorsien, wat hierdie leerlinge in staat stel om hul eerste skooljaar op gelyke voet met hul medeleerders te begin. Daar word ook toegesien dat die tassie die regte akademiese inhoud bevat sodat behoeftige kinders akademies kan vorder.

Bakkies Botha, bekende rugbyspeler en ambassadeur van die Skooltassieprojek, het ’n tassie-uitdeelaksie in Pretoria bygewoon en van die geleentheid gebruik gemaak om toekomstige rugbyspelers te identifiseer deur ’n lynstaan met die nuwe leerders te oefen.

“Ek kan tot vandag toe nog my eerste skooldag onthou. Ek het ’n gróót tas op my rug gedra en ek wou nie regtig skool toe gaan nie,” het Botha vertel. “Om vanoggend deel te

wees van hierdie geleentheid is ongelooflik. Om die kindertjies se opwinding en onsekerheid te ervaar, het my aan my skooldae herinner.

“Dit het my hart ook bly gemaak om skryfbehoeftes uit te deel aan die graadeentjies wat dit nie kan bekostig nie, want dit is belangrik dat kinders nie moet sukkel omdat hulle daarsonder oor die weg moet kom nie. Op dié manier kan ons ’n verskil maak in die kinders se toekoms.”

Helpende Hand het ’n opname gedoen onder meer as 200 skole wat in 2016 tassies gaan ontvang waaruit dit duidelik blyk dat ’n gebrek aan perseptuele en motoriese vaardighede die grootste rede is waarom graadeens uitval. Om motoriese vaardighede aan te help, het Helpende Hand Unifix-blokkies by die skooltassie ingesluit. Daarby word kinders se perseptuele vaardighede verbeter deur die legkaart en wit skryfbord wat ook deel van die tassie is.• Vir inligting, skakel Margolé Riekert, projek-

organiseerder, by 012 644 4390 of stuur e-pos na [email protected]. S

Kinders die bank waarin Helpende Hand belê

Foto links: Bakkies Botha saam met die graadeens van Laerskool Simon Bekker. Bakkies en Corné Riekert doen ’n lynstaan saam met die graadeens.

IN BEWEGING

www.solidariteit.co.za

In 2016 kry Afrikaanse onderwysers die geleentheid om van Suid-Afrika se beste professionele opleiding in die onderwys te ervaar wanneer Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) dinamiese middagseminare oor twee dae hou. Die seminare sal fokus op die professionele ontwikkeling van alle Afrikaanse

onderwysers, maar veral Wiskunde- en Afrikaansonderwysers.

Die SOS wil graag alle hoër- en laerskoolonderwysers ondersteun sodat Afrikaanse skole kan voortbestaan en onderriginstansies van wêreldgehalte bly. Gedurende 2016 sal die organisasie 21 dorpe en stede landwyd besoek as deel van Toer 21 om onderwysers eerstehands in te lig en op te lei.

Tydens die middagseminare sal daar onder meer aandag gegee word aan Office-rekenaaropleiding in Word, Excel en PowerPoint asook opleiding in Wspel, die gebruik van tegnologie in die klaskamer en blootstelling aan toepassings wat Helpende Hand ontwikkel het (veral vir die Grondslagfase).

Wiskunde-opleiding wat verband hou met spesifieke inhoud, soos Breuke, Verhoudinge en Eweredigheid asook GeoGebra, word ook ingesluit. GeoGebra is dinamiese sagtewareprogramme wat onontbeerlik vir die Wiskunde-onderwyser is.

Opleiding in Afrikaans Huistaal vind ook plaas en gaan fokus op assessering (met wenke oor hoe om assesserings kreatief en vinnig af te handel), bespreking van letterkunde, wenke vir die opstel van vraestelle asook die nasien van letterkundevraestelle.

As deel van die seminare gaan Kobus Neethling-breinprofielontledings ook gedoen word om onderwysers te help om suksesvolle heelbrein-onderwysers te wees. Die seminare bied praktiese tegnieke aan asook didaktiese aanbevelings wat onderwysers kan toepas in hul beroep en persoonlike lewe.

Vir skoolhoofde, adjunkhoofde en departementshoofde word ’n leierskapsessie aangebied. Dit bied aan hoofde die geleentheid om te put uit die kennis en ervarings van vorige skoolhoofde om byvoorbeeld uit te vind wat effektiewe skoolhoofde anders doen, hoe moeilike ouers hanteer kan word en hoe belangrik professionalisme in die onderwys is.

Vir leerlinge sal psigometriese toetse teen baie billike pryse by die seminare aangebied word asook opleiding in die skep van selfoontoepassings.

Die koste verbonde aan die bywoning van die seminare beloop R100 per dag, maar lede van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (VAW) en die Genootskap van Regte Afrikaanse onderwysers (GeRAT) kan dit gratis bywoon. Besoek www.helpendehand.co.za vir meer besonderhede.

Die eerste rondte seminare is reeds aan die gang. Toer 21 besoek die dorpe hieronder op die volgende datums:• 25-26 April Nelspruit• 9-10 Mei Potchefstroom• 11-12 Mei Vryburg• 23-24 Mei Kroonstad• 25-26 Mei Bloemfontein• 27-28 Mei Kimberley• Vir meer inligting oor Toer 21, skakel vir Hugo Vermeulen by 012 644 4390 of stuur e-pos na [email protected]. S

Toer 21: Só bied SOS wêreldgehalte-opleiding

sos SkoleondersteuningsentrumSolidariteitHelpende Hand

®

www.skolesentrum.co.za’n Inisiatief van Solidariteit Helpende Hand

Foto

: isto

ckph

oto

.com

Issue 1 of 2016 www.solidariteit.co.za55

IN BEWEGING

www.solidariteit.co.za56Uitgawe 1 van 2016

ʼn Perderit van 19 dae in Desember verlede jaar het nuwe bewusmaking geskep oor die bewaring van monu-mente en erfenisterreine in Suid-Afrika, skryf CILLESTE VAN DYK.

Die vyf ruiters, Johan Nell, Theunis van Staden, Fiona van Staden, Bea Hildebrand en Heki Beukes, het op 28 November by die Voortrekkermonument in Pretoria

die herdenkingsrit van 620 km met hul perde aangepak. Terwyl die meeste mense luilekker vakansie gehou het, het dié vyf ruiters in uiterse hitte te perd deur die land gereis. Die rit het op 16 Desember by die Vrouemonument in Bloemfontein geëindig.

Die eerste herdenkingsrit van dié aard is in 2012 gedoen, toe ruiters van die Voortrekkermonument na Bloedrivier gery het, vertel Nell. Met hierdie ritte wil die groep die boodskap tuisbring dat daar ʼn plek is vir almal se geskiedenis, kultuur en etnisiteit, en dat almal se erfenis bewaar moet word.

Volgens Nell het hulle die verwoestende hitte en droogte wat die land oor Desember getref het, in sy volle intensiteit beleef. “Die meeste dae het ons in hitte van 39°C gery, selfs teen skemeraand,” vertel hy.

ʼn Rit soos hierdie verg deeglike beplanning en strategie, en die groep het baie lesse geleer

uit hul voorgangers wat in 2012 saamgery het. Tydens die 2012-rit het die ruiters stadiger gery, wat tot gevolg gehad het dat die perde minder tyd gehad het om tussenin te rus. Vanjaar het die ruiters ʼn gemiddeld van 35 km per dag teen ʼn vinniger spoed afgelê, sodat die perde genoeg tyd kon hê om te rus voor die volgende skof.

Ondersteuning vir hierdie herdenkingsrit groei elke jaar. Naas die afskeidsfunksie wat met die groep se vertrek by die Voortrekkermonument gehou is, is ’n kerkdiens by Paardekraal gehou. Tydens hul tog deur Parys is belangstellende ruiters uit die omgewing die geleentheid gebied om saam te ry en die groep ʼn ent buite die dorp af te sien.

Daarbenewens is ’n kranslegging op die laaste dag van die uithourit, 16 Desember, by die Vrouemonument in Bloemfontein gehou.

Gerhard Hildebrand, wat logistieke ondersteuning tydens die rit gebied het, vertel dit was vir die span ʼn riem onder die hart om mense se gasvryheid en ondersteuning tydens die rit te beleef. “Die gasvryheid van die gemeenskappe en boere wat ons gedurende die rit ontvang het, was iets besonders,” vertel hy.

“Uit die 17 aande wat ons iewers oorgeslaap het, het ons slegs vier keer self aandete gemaak. Baie dankie vir die gasvryheid wat ons gedurende ons tog van meer as 620 km beleef het.”

5 perde en ruiters, 620 km, 19 dae

Foto

’s: ist

ock

pho

to.co

m &

VeR

skaF

www.solidariteit.co.za57Issue 1 of 201657issue 4 oF 2015 • www.solidariteit.co.za

ʼn Paar van die monumente en erfenisgebiede wat tydens die rit besoek is:• Voortrekkermonument, Pretoria• Danie Theron-monument, Fochville • Paardekraal-monument,

Krugersdorp • Sarel Cilliers-monument, Kroonstad• Vrouemonument, Bloemfontein• Brandfort-konsentrasiekamp,

Brandfort• J.B.M. Hertzog-standbeeld• C.R. de Wet-standbeeld,

Bloemfontein. S

IN BEWEGING

www.solidariteit.co.za58Uitgawe 1 van 2016

Om die wetgewing (die Wysi- gingswet op Belastingadmini- strasie) onwillekeurig uit te stel oor dreigemente van massa- aksie deur ʼn vakverbond, lei

daartoe dat al dié miljoene rande vermors is, en nou lei tot nuwe spandering aan dieselfde on-derwerp. Cosatu, die ANC se eie alliansieven-noot, lei hulle nou aan hul neuse rond. Boonop het die private sektor miljoene spandeer om hul stelsels te verander om die nuwe wetgewing te akkommodeer. Dit behoort enige mens se ver-stand te bowe te gaan dat niemand vir Cosatu teëgaan nie.

Wat sou op 1 Maart 2016 verander het vir lid van aftreefonds?1. Indien jy op 1 Maart 2016 reeds ouer is as

55 is, sou niks verander het nie.2. Met al jou geld in ʼn aftreefonds tot en met

1 Maart 2016, NIKS.3. Beter belastingvoordele op jou bydraes tot

aftreefondse vanaf 1 Maart 2016.4. Indien jy jonger as 55 jaar oud is, aan ʼn

voorsorgfonds behoort en naby aftrede is, vir ten minste 5 jaar ook NIKS.

Veranderings in voorsorgfondse in perspektief1. Voordat die 1/3-, 2/3-reël wat voorgestel is

vir voorsorgfondse by aftrede ʼn invloed uit- oefen, moet ʼn persoon wat aan só ʼn fonds behoort vir die volgende 10 jaar elke maand ongeveer R1 200 in die fonds stort teen ʼn gemiddelde opbrengs van 10% per jaar.

2. Indien só ʼn persoon die volle 27,5% belas- tingaftrekking vir die bydraes gebruik,

beteken dit die persoon se vergoeding moet R4 363 per maand wees.

3. Die werklikheid is egter dat baie min mense 27,5% van hul inkomste vir aftrede spaar. Indien dieselfde persoon se R1 200 byvoorbeeld 15% van sy inkomste uitmaak, moet die persoon se vergoeding R8 000 per maand wees.Om op te som: Die nuwe wetgewing sal

dus ʼn persoon wat R8 000 per maand verdien en 15% van sy vergoeding in ʼn voorsorgfonds belê teen ʼn opbrengs van 10% per jaar, in die volgende 10 jaar nie raak nie.

Wat is Cosatu se probleem met die hervorming?Cosatu beweer dat daar nie voldoende met hulle gekommunikeer is oor die voorgestelde veranderings nie, en dat die regering terugge-gaan het op sekere beloftes wat by Nedlac gemaak is. Dit is wat hoofberigte in die media is, maar die ware agenda is in die opmerkings wat terloops en onder die radar gemaak word.

Dit wil eerder blyk of Cosatu ʼn probleem

het met die feit dat húlle nie die kundigheid het om hul lede te adviseer en vir hulle ʼn goeie beleggingsplan te maak nie. Dié wat nou wel die kundigheid het, en Cosatu se lede van waar-devolle hulp kan wees, word uitgekryt as mense wat in lugverkoelde kantore in Pretoria sit en niks doen nie. Of hulle verwys na ʼn uitsteken- de private sektor of na hul alliansievennoot, “honourable ruling party” se Public Investment Commissioner, sal niemand weet nie. S

Dit moes die nasionale tesourie miljoene rande van Suid-Afrikaanse belastingbetalers se geld aan man-ure gekos het om ʼn stelsel soos die voorgestelde hervorming van aftreefondse te ontwikkel en te implementeer, skryf FRANCOIS SMIT, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste (SFD).

Foto

: isto

ckph

oto

.com

IN BEWEGING

Staat, aftreefondse en Cosatu – vernietigende alliansie

www.solidariteit.co.za59Issue 1 of 2016

SolidariteitBeweging

0861 10 10 05www.solidariteit.co.za

Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelingsmaak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!

IS U:

> bates beskerm teen brand, diefstal of ongelukskade?

> lewe verseker om uself en u gesin te versorg in die gevalvan ’n lewensveranderendegebeurtenis?

> seker u kan eendag onafhanklik aftree?

PROFESSIONELEFINANSIËLE

ADVIES

MOTOR- ENHUISINHOUD-VERSEKERING

RISIKODEKKING

BELEGGINGS

> brand> diefstal> ongelukskade

> lewens> ongeskiktheid> inkomste-

beskerming

> doelgerigte beleggings

> spaar vir aftrede

> inkomste ná aftrede

> hulpbronne> ontledings> oplossings

SolidariteitFinansiële Dienste

akse

nt m

edia

• 08

2 44

5 45

13

2014 Uitgawe4 p27-50:Layout 1 8/7/14 4:13 PM Page 31

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556

www.solidariteit.co.za60Uitgawe 1 van 2016

Vanjaar het uit ’n finansiële oogpunt beskou, nie goed begin nie: ’n Landwye droogte wat ons boere seermaak en wat ’n beduidende invloed op voedselinflasie vir die

jaar sal hê, die JSE wat vroeg in Januarie die laagste punt in 52 weke bereik het, en die Reserwebank se monetêre beleidskomitee wat die rente-uitleenkoers met 0,5% verhoog het hou niks goeds in vir die verbruiker nie.

Alles dui daarop dat 2016 ’n stamperige rit gaan wees. Boonop is die langtermynvooruitsigte ook nie rooskleurig nie. Ekonome wys daarop dat ons in ’n langtermynfase van stygende rentekoerse is – sommige ekonome meen dat die rentekoers met tot 2% kan styg in die volgende 12 maande.

Hoe moet ons hierop reageer? Die een belangrike antwoord is dat elkeen van ons verantwoordelikheid vir ons eie finansies moet neem. Om te kla, sal seker help om van die emosionele bagasie ontslae te raak, maar dit gaan nie jou finansiële probleme oplos nie. Die volgende wenke mag moontlik help om die situasie te verlig:• Stel ’n begroting op. Gebruik die

kontantkomponent van jou salaris wat in

jou bankrekening inbetaal word as basis en besluit hoe dit bestee moet word: Maak eerste voorsiening vir verpligte betalings soos die huispaaiement, huur, water en ligte, en skoolfonds, en dan vir diskresionêre uitgawes soos vermaak, klere en kruideniersware.

• Hou rekord van jou uitgawes. ’n Baie belangrike aspek van finansiële bestuur is om te weet waarop jy jou geld spandeer. ’n Praktiese manier om dit te doen, is om in die gewoonte te kom om alle aankoopstrokies in jou beursie te bêre en die uitgawes dan een maal ’n week op ’n spreiblad aan te teken. Aan die einde van die maand kan jy dan ’n rekonsiliasie doen van jou bankbalans, jou salaris en jou uitgawes sodat jy weet waarheen jou geld verdwyn.

• Moet geen skuld aangaan tensy dit vir ’n langtermynbate soos ’n huis of ’n voertuig is nie. As jy nie ’n televisie of ’n meubelstuk kontant kan betaal nie, moet dit nie koop nie. Dit sal geen skade doen as jy eers daarvoor spaar en dit ’n jaar later kontant koop nie. Vermy ook om uitgawes met ’n kredietkaart te finansier. ’n Kredietkaart is nuttig en noodsaaklik vir internettransaksies en vir ’n

kontantkrisis, maar in alle ander gevalle moet dit uiters omsigtig gebruik word.

• Ondersoek jou uitgawes noukeurig om te sien waarop jy kan bespaar. ’n Mens is geneig om deur die jare onnodige uitgawes te vergaar, soos lidmaatskapgeld van klubs wat jy nooit meer besoek nie, ongesonde leefstyluitgawes soos drank en rook (met gepaardgaande duur gesondheidsprobleme op jou oudag!) en onnodige uiteetsessies en lekkernye. Selfs motorversekering kan soms verminder word deur seker te maak dat jou premie afwaarts aangepas word soos wat jou voertuig verouder.

• Oorweeg dit om jou inkomste uit ander bronne aan te vul. ’n Onbenutte buitekamer wat verhuur word, ’n leë motorhuis wat as stoorruimte verhuur word, of ’n ekstra werkie oor naweke kan baie help om ’n paar gate toe te stop.

• Onthou om ’n deel van jou inkomste te belê. Die geskiedenis het bewys dat daar selfs onder die moeilikste omstandighede altyd mense is wat beter daaraan toe is wanneer die krisistyd verby is. Dit is mense wat geleenthede raaksien of skep wanneer ander moedeloos raak. S

Gordel vas vir stamperige geldrit in 2016!Deur Appie Pienaar

Foto

: isto

ckph

oto

.com

MY GELD

OORLEEF

www.solidariteit.co.za61Issue 1 of 2016

Soos met enige jong maatskappy het jy as nuwe entrepreneur waarskynlik nie die geld tot jou beskikking om vir ʼn groot advertensiebord langs die hoofweg te betaal nie. Jou kapitaal

is beperk, en jy moet vir jou organisasie die meeste bemarking teen die laagste moontlike koste kry. Elektroniese bemarking bied talle nuwe maniere waarop jy jou sakeonderneming aanlyn kan bemark. Boonop sal dit jou die minimum kos. Hier is wat jy kan doen om jou nuwe onderneming onder internetgebruikers se aandag te bring:• Jou webblad: Dit is uiters belangrik dat

jou nuwe onderneming ʼn webblad moet hê. Mense sal vandag veel eerder inligting oor en kontakdetails van jou maatskappy op die internet gaan soek as om van ʼn besigheidskaartjie gebruik te maak. ʼn Platform wat jou kan help om teen ʼn minimale koste ʼn webblad vir jou onderneming te ontwerp, is www.wix.com.

Dié webblad laat jou toe om ʼn webblad-templaat te kies wat jy kan mooimaak volgens jou onderneming se kleurskema en handelsmerk. Al wat jy moet doen, is om alles rond te skuif tot jy dink dit lyk mooi. In ʼn kwessie van ʼn dag is jou nuwe onderneming se webblad op die internet gereed vir besigheid. Onthou net, jou webblad gaan waarskynlik nie dadelik heel bo lê wanneer jy dit soek met ʼn Google-soektog nie, maar soos meer en meer mense jou webblad besoek, sal dit hoër opskuif.

• Facebook: Daar is al baie artikels geskryf oor hoe jy Facebook in jou sakestrategie kan aanwend. Wat jy ook al met Facebook doen, benut dit – dis immers grotendeels verniet. Sodra jou webblad gereed is en jou maatskappy se handelsmerk en kleurskema is gefinaliseer, is dit tyd om vir die maatskappy ʼn Facebook-blad te skep. Op dié blad kan jy in detail verduidelik watter produkte of dienste jou maatskappy lewer, en hoe jy

gekontak kan word. Onthou, dis noodsaaklik dat jy jou Facebook-blad daagliks met nuwe inligting moet opdateer en dat jy mense gereeld moet herinner om na jou webblad toe te gaan. As besigheidseienaar moet jou doelwit met Facebook wees om soveel moontlik besoekers vanaf Facebook na jou webblad te kanaliseer. Sodra mense op jou webblad is en al jou produkte en dienste sien, sal hulle terugkeer vir meer inligting. Facebook bied jou ook die opsie om advertensiespasie te koop. Jy kan kies hoeveel jy graag wil spandeer. Die gekoopte advertensies versprei soos blits op Facebook en word vertoon aan mense uit jou gekose teikengroep. Die opsie is opsioneel en is nie dadelik ʼn moet nie.Daar is soveel opsies om jou onderneming

aanlyn te bemark, maar om te begin met die bogenoemde twee, is al reeds ʼn groot stap.• Kontak [email protected] vir meer

inligting. S

Gee jou onderneming ‘n stewige e-hupstootAl meer mense skep deesdae vir hulself werk, pleks daarvan om vir ʼn organisasie te gaan werk. Entrepreneurs is besig om die mark oor te neem met nuwe, kreatiewe idees, produkte en dienste, skryf LINDIE DE BEER.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

WEB-WYS

IN BEWEGING

www.solidariteit.co.za62Uitgawe 1 van 2016

Ná die familie se heerlike samesyn tydens die somervakansie slaan elke lid van die huishouding gewoonlik in Januarie weer hul eie rigting in wanneer hulle die

nuwe jaar met ywer aanpak. Elkeen het nuwe verantwoordelikhede en nuwe uitdagings wat oorkom moet word. In die harwar van die nuwe jaar gebeur dit dan dat gesinslede kontak met mekaar verloor. Volgens die webtuiste familylives.org is daar agt dinge wat ’n mens kan doen om ’n gelukkiger familie te verseker:

Balanseer werk- en persoonlike tydDit is nie altyd maklik om ’n gesonde balans tussen jou werklewe en jou gesinslewe te vind nie, maar dit is van kardinale belang dat jy as ouer en as eggenoot tyd vir jou gesin sal inruim. Dit kan ’n daadwerklike verskil maak in jou verhouding met jou geliefdes.

Sien om na jouselfAs ouer is jy dikwels genoop om na almal anders se behoeftes om te sien terwyl jy jou eie behoeftes afskeep. Erken dat jy ook behoeftes

en gevoelens het wat aandag moet geniet. Knyp dus elke dag ’n tydjie af net vir jouself, wanneer jy kan doen waarvoor jy lus het.

DissiplineDissipline moenie gesien word as ’n straf nie, maar eerder as ’n middel om jou kinders te leer. Hoewel dit soms moeilik is, is dit belangrik om nooit uit woede op te tree nie. Probeer altyd om kalm en beredeneerd te bly wanneer jy jou kinders dissiplineer.

Stel grenseOuers stel dikwels grense om hul kinders teen leed te beskerm. Dit is egter belangrik om vir jou kind te verduidelik hoekom sekere grense gestel word eerder as om net opdragte uit te deel.

KommunikasieKommunikasie is seker een van die belangrikste aspekte wat nodig is om ’n gelukkige huishouding te vestig. Luister na jou kinders en na jou egge-noot, en probeer werklik verstaan wat hulle aan

jou probeer kommunikeer. Jou verhouding met jou kinders sal ook baie verbeter as hulle voel dat jy na hulle luister en hul belange op die hart dra.

GehaltetydHierdie aspek sluit aan by die handhawing van ’n gesonde balans. Probeer om jou skedule só te organiseer dat julle as gesin ’n paar keer per week gehaltetyd saam kan deurbring. Deur selfs net saam vir ete aan te sit, is reeds ’n stap in die regte rigting.

Wees daarHierdie aspek is eenvoudig en voor die hand liggend, maar word steeds dikwels afgeskeep. Dit is belangrik dat julle as familie daar is vir mekaar om mekaar te ondersteun in die goeie en slegte tye.

Maak tyd vir jou lewensmaatDit is belangrik dat jy en jou lewensmaat tyd alleen deurbring. Dit kan ’n uitdaging wees, met kinders in die huis en beide van julle wat besige skedules het, maar maak ’n punt daarvan om tyd opsy te sit net vir jou geliefde. S

Agt doendinge om ’n gelukkiger gesin te versekerDeur Francois Redelinghuys

Foto

: isto

ckph

oto

.com

MY GESIN

www.solidariteit.co.za63Issue 1 of 2016

Getting back to the daily grind after the December holidays rarely fills anyone with excitement, and the prospect of going to work every morning

can leave you feeling miserable and depressed. What approach should you adopt to remain positive at work this year? According to the renowned job searching site AOL Jobs, the following five pointers can help you get off to a good start in 2016:

Set targetsMake an honest assessment of where you are in your career right now and where you want to be by next year this time. Then set realistic, attainable targets to help you reach your goal. It’s important to know where you want to go, otherwise it will be very difficult to get there.

Document your successesBy documenting your achievements you will stay motivated to reach your goals. Include all your accomplishments on your CV and online profile so you’re always ready to impress potential employers.

List skills you have to acquireTo move forward in your career you’ll probably need to acquire new skills. Make a list of everything you need to learn, experience and practise in order to improve your career prospects.

Manage your reputationYour reputation can make or break your career. If you stick to the basics – working hard, keeping your promises and going the extra mile – you will soon earn a reputation as someone who can be trusted. Also make sure to maintain an immaculate reputation on social media platforms.

Plan for the futureDetermine how your study field or career will grow or change over the next five years, and start making plans right now to accommodate these changes. This will give you a major advantage over your competitors later on. S

How to start the new year the right way

pho

tog

Raph

: isto

ckph

oto

.com

MY WORK

Every accomplishment starts with the decision to try.

SURVIVEIN BEWEGING

www.solidariteit.co.za64Uitgawe 1 van 2016

This is a summary of the BENEFITS attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules as contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

Buckets full of benefits for our members

www.solidariteit.co.za65Issue 1 of 2016

Independent Financial AdviceSolidarity Financial Services has an in-dependent financial advice department who can assist clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax planning, risk and retirement planning as well as investment planning in general. The department has trained professionals that will assist with all your needs.• Phone 0861 101 005

R105 per

IN BEWEGING

mar elamedia

LEWER 2 SOSATIES

BESTANDDELE

2 sosatiestokkies van hout4 (± 225 g) jongaartappels’n bietjie aangemaakte mosterd of basielpesto4 repe (± 125 g) maer spekvleis4 (± 100 g) klein, bruin sampioene10 ml olyf- of avokado-olie

METODE1. Week die sosatiestokkies in water.2. Voorverhit die oond tot 200 ˚C of kry die braaivleiskole

gereed.3. Kook die aartappels met die skil in soutwater tot gaar.4. Smeer aangemaakte mosterd of pesto op elke reep

spekvleis.5. Plaas ’n jongaartappel op elke spekvleisreep en rol dit

op. Ryg die aartappels en sampioene afwisselend op die sosatiestokkies.

6. Verf die sosaties met olie en plaas dit op ’n bakplaat (vir oondrooster) of braairooster (vir die braaivleiskole).

7. Rooster dit vir 10 minute lank of totdat die spekvleis gaar is. Draai die sosaties een keer om en verf met olie indien nodig.

WENKMaak meer sosaties indien daar ’n bietjie van alles in die verpakking oorbly. Die sosaties behoort binne 24 uur geëet te word. Indien dit nie direk ná voorbereiding warm geëet word nie, moet dit verkoel gehouword. Bevriesing word nie aanbeveel nie.

Uit: Uitpakkos deur Hilda LateganUitgewer: Lapa UitgewersPrys: R255,00 S

SPEK-EN-AARTAPPEL-

SOSATIES

Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ont-dek? By Maroela Media kan jy (gratis) nuus lees, op die hoogte bly met wat in die Afrikaanse musiekwêreld gebeur en selfs jou gunsteling rugbyspan ondersteun. Daar is eg Suid-Afrikaanse resepte, vuurwarm debatte en nuus oor Afrikaanse boeke. Skop jou skoene uit en smul saam by maroelamedia.co.za!

Toets jou taalkennistinteltonnetjieBETEKENISKlein, gepunte beentjie in die elmboog waaroor ’n besonder gevoelige senuwee loop; gonnabeentjie.

Lees en leer lekker inAfrikaans @ Maroela

DIE HEEL MOOISTE AFRIKAANSE LIEFDESGEDIGTESaamgestel deur Fanie Olivier

Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte, uitgegee deur Human & Rousseau, is ’n versamelbundel van die gewildste en bekendste liefdesgedigte in Afrikaans. Die bundel volg op Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte wat oorspronklik in 1986 verskyn het en in 1992, 2001 en 2010 bygewerk en heruitgegee is. Hierdie bundel word weereens saamgestel deur die digter Fanie Olivier en is opnuut bygewerk. Die bundel kos R250 en bevat nie slegs gedigte uit die kanon nie, maar nou ook verse wat sedert 2010 verskyn het. Die digters in Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte sluit in Boerneef, N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Elisabeth Eybers, Ingrid Jonker, Breyten Breytenbach, Antjie Krog, Lina Spies, Wilma Stockenström, T.T. Cloete, Daniel Hugo en Philip de Vos.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

IN BEWEGING

www.solidariteit.co.za66Uitgawe 1 van 2016

www.solidariteit.co.za67Issue 1 of 2016

Nuwejaarsvoornemens is iets wat ons vroeg in Januarie maak, maar wat ongelukkig laat in Januarie ernstig begin spoed verloor wanneer die lewe met

ons gebeur. Volgens navorsing is die gewildste nuwejaarsvoorneme om gewig te verloor. Gedagtig aan die grappie wat om en by Kersfees op sosiale media die ronde gedoen het, dat mense moet ophou om Kersfees die skuld te gee vir hul vetrolletjies want “you were fat in August”, wonder ’n mens egter tot in watter maand hierdie nuwejaarsvoorneme nou eintlik tyd het om gestalte te kry.

Volgens die webwerf Statistic Brain Research Institute was die tien algemeenste nuwejaarsvoornemens vir 2015 die volgende:• Verloor gewig• Raak beter georganiseerd• Spandeer minder; spaar meer• Geniet die lewe voluit• Bly fiks en gesond• Leer iets opwindend doen• Hou op rook• Help ander om hul drome te verwesenlik• Raak verlief• Bring meer tyd saam met my gesin deur.As ’n mens na die mense om jou kyk, is daar maar min van hulle wat in 2015 by enige van hierdie voornemens gehou het. Daar is ’n paar wat mooi maer geword het, een of twee wat sedertdien verlief is of begin oefen het, en

enkeles wat op ’n opwindende oorsese toer was, maar oor die algemeen het mense se lewenstyl nie veel verskil van hoe dit in 2014 gelyk het nie.

’n Mens kan hierdie toptien nuwejaars-voornemens op allerlei interessante maniere saamgroepeer: Daar is drie wat gaan oor fisieke gesondheid, vier wat fokus op emosionele en geestelike welstand, en drie wat handel oor praktiese aspekte en lewensgehalte.

Slegs een van dié tien nuwejaarsvoornemens laat val die fokus op iemand anders – die ander nege is selfgesentreerde voornemens.

In die lig van die huidige rassespanning, ekonomiese druk, droogte en staatsverval in die land (om net ’n paar van ons groot uitdagings te noem) wek dit kommer dat so min van ons nuwejaarsvoornemens oor ander mense gaan.

Ons hier by Maroela Media het dus die vrymoedigheid geneem om vir Solidariteit Tydskrif se lesers ’n lysie praktiese, uitvoerbare nuwejaarsvoornemens saam te stel:• Dink voor jy praat. Lees jou kommentaar op

sosiale media mooi deur voor jy “Stuur” klik. Wees beleef teenoor ander.

• Speel die bal, nie die man nie. Bly by die punt en moenie persoonlik raak in jou kommentaar op sosiale media nie.

• Wees gaaf met ons by Maroela Media. Moenie vloek nie (want dan moet ons dit uitvee). Stuur vir ons nuuswenke, melktert en biltong. Ons adres is op die webwerf.

• Groet iemand in die straat, of in die winkel.

Dit maak nie saak watter ras, ouderdom of geslag die persoon is nie.

• Hou kleingeld in jou kar om karwagte te beloon. Hulle staan heeldag in die son, maar hol steeds nader om jou pakkies te dra as jy by Spar se deur uitstap. Sê dankie.

• Deel Maroela Media se stories met jou vriende op sosiale media sodat hulle ook kan saamgesels om die braaivleisvuur.

• Praat goeie goed oor jou skool se onderwysers voor jou kinders. Só kweek jy ’n kultuur van respek by jou kind.

• Vat jou eie koffiebeker wasbak toe – by die huis en by die kantoor. En maak sommer vir ’n kollega koffie, terwyl jy in die kombuis is.

• Belê in gesinstyd. Prop die televisie uit en koop ’n klomp bordspeletjies en ’n pak kaarte. Los dit sommer op die eetkamertafel.

• Raak iewers betrokke, vandag nog. Hou op dink en wroeg oor waar die beste plek is. Bel jou naaste ouetehuis en hoor hoe jy kan help, sluit aan by ’n Helpende Hand-tak, bied aan om broodjies te maak vir die skool se broodjie-projek, teken ’n debietorder vir ’n goeie saak, neem jou kind se maatjie wat sonder ’n pa grootword onder jou vlerk, ry ’n sakkie kruideniersware in jou kar rond om langs die pad uit te deel. Daar is baie maniere, en jy hoef min te dink om dit te doen.

Kom ons maak Suid-Afrika in 2016 ’n beter plek!• Susan Lombaard is uitvoerende hoof van

Maroela Media. S

Splinternuwe blik op nuwejaarsvoornemensDeur Susan Lombaard

Foto

: isto

ckph

oto

.com

www.solidariteit.co.za68Uitgawe 1 van 2016

Volgens dr. Leopold Scholtz staan die kwessie van oorlewing sentraal in die Afrikaner se geskiedenis. Die Afrikaner se stryd om oorlewing is duidelik in onder meer die vestiging

van die Boererepublieke, die besluit om Afrikaans as taal te vestig, die herwinning van politieke mag in 1948 en uiteindelik die verlies van mag teen 1994.

Scholtz se nugtere benadering tot verskeie sensitiewe kwessies uit die Afrikaner se verlede, insluitend die destydse keuse vir apartheid, bied ’n unieke maar noodsaaklike blik op die Afrikaner. Kruispaaie poog nie om onskuld aan die kant van die Afrikaner te bepleit nie, maar bied ’n omvattende perspektief op die omstandighede van die tyd waarin die keuses geneem is.

Die ondersoek na die Afrikaner se vernaamste “kruispaaie” begin by die keuse vir die totstandkoming van die Boererepublieke in die 1800’s. Hierna kom die keuse van oorlewing en die besluit om teen die magtige Brittanje in ’n oorlog betrokke te raak onder die loep. Verdere sake soos die besluit om Afrikaans as ’n amptelike taal onafhanklik van Nederlands te vestig, die destydse besluit om apartheid in te stel en die besluit om dit af te skaf, word in diepte in Kruispaaie ondersoek.

Die boek fokus egter nie net op die Afrikaner se besluite en keuses uit die verlede nie, maar stel ook vrae aan die moderne Afrikaner oor die toekoms. “Ná 1994 het die Afrikaners in ’n situasie beland wat soortgelyk is as dié van ná die nederlaag van 1902. Iemand anders – wat bowendien onsimpatiek teenoor hulle staan – slaan nou die kitaar. Hoe het ons in hierdie situasie beland? Dit is die oorkoepelende vraag wat ek wil beantwoord, en dié antwoord kan slegs in ons verlede gevind word,” volgens Scholtz.

Maar hét die Afrikaner die nodige wil, leierskap of instellings om sy toekoms te verseker, kan gevra word? Hieroor is Scholtz duidelik – net die toekoms sal dit kan leer. “Die Afrikaners het nie meer erkende ‘volksleiers’ nie. Enersyds is dit goed, want sommige van daardie ‘volksleiers’ was, by wyse van spreke, rottevangers van Hamlin wat die Afrikaners op verkeerde paaie gelei het. Andersyds is dit

problematies, want daar is nie eintlik mense wat die voortou kan neem nie.

“Die naaste hieraan is die Solidariteit Beweging, wat op ʼn ander manier werk. Hy ontgin die krag onder die Afrikaners kollektief om nie meer afhanklik van ʼn – dikwels vyandige – owerheid te wees nie, maar om die antwoord

vir oorlewing vanuit hulself te skep. Dit is die enigste lewensvatbare pad, maar of dit kan slaag, kan alleen die toekoms leer,” meen hy.• Kruispaaie word in April 2016 bekendgestel.

Besoek www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting oor dié en ander opwindende nuwe Kraal-publikasies. S

Afrikaner se kruispaaie en die wil om te oorleefDie Afrikaner het deur die jare voor verskeie keuses te staan gekom wat nie net die geskiedenis in ’n sekere rigting gelei het nie, maar ook dié groep se wil om te oorleef beklemtoon het. ’n Nuwe boek getiteld Kruispaaie uit die pen van die bekende joernalis en geskiedkundige dr. Leopold Scholtz verskyn binnekort by Kraal Uitgewers en ondersoek juis hierdie draaipunte in die Afrikaner se geskiedenis tot waar dit in 2016 loop, skryf ILZE NIEUWOUDT.

Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 is ’n onontbeerlike DVD vir elkeen wat in die Boereoorlog-geskiedenis belangstel. ULULA-produksies se DVD bied ’n blik op dié geskiedkundige oorlog soos jy dit nog nie gesien het nie. Uitsonderlike videomateriaal en foto’s skep ’n realistiese beeld van dié wrede oorlog. Dit vertel van die dae van angs en onsekerheid, maar wys ook die ligter oomblikke gevul met musiek. Teks en aanbieding word gedoen deur prof. Fransjohan Pretorius met die medewerking van talle ander prominente ABO-historici, insluitend proff. Andries Raath, André Wessels, Hermann Giliomee en dr. Jackie Grobler. Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R140 (R20-posgeld uitgesluit).• Besoek www.kraaluitgewers.co.za, stuur e-pos

na [email protected] of skakel 012 644 4329 om jou bestelling te plaas.

NOU BESKIKBAAR BY KRAAL UITGEWERS!

Die volgende stop is ’n prettige, lag-tot-jy-lê- bordspeletjie vir die hele gesin en is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R280 (R40-posgeld uitgesluit). Reis Suid-Afrika van hoek tot kant plat met hierdie unieke speletjie waarin jou beste stomstreektegnieke, algemene kennis en blitsverduidelikings van eiesoortige en eg Suid-Afrikaanse plekke, idees en selfs spreekwoorde nuttig te pas sal kom. Dis die ideale tydverdryf vir almal wat 10 jaar en ouer is, of hul nou ervare reisigers of tuisblyers is. Dié duursame bordspel sluit 300 aktiwiteits- en vraagkaarte in vir ure se speelgenot. Maak seker dat die pret selfs nóg langer hou deur Die volgende stop: Reeks 2-aktiwiteits- en vraagkaarte aan te skaf (beskikbaar teen R120, R20-posgeld uitgesluit). Met 300 nuwe vrae en aktiwiteite sal jy selfs meer kopkrap en skater.

IN BEWEGING

www.solidariteit.co.za69Issue 1 of 2016

Klein foutjies glip oral inJy vergeet dalk om daardie belangrike dokument te proeflees en ʼn tikfout glip deur; of jy vergeet om ʼn eenvoudige boodskap oor te dra wat slegte nagevolge het. Enigiemand kan sulke foute maak, maar as jy agterkom dat dit meer gereeld gebeur, is dit tyd om weg te breek.

Jy voel oorweldigAs jy na jou doenlysie staar en wil huil omdat daar eenvoudig te veel goed is om te doen, is dit vir seker ʼn teken dat jy ʼn vakansie nodig het. Wanneer jy terugkom van ʼn vakansie, sal daardie doenlysie glad nie meer so oorweldigend lyk nie.

Jy is geïrriteerd Wanneer jy jouself nog voor jy by die werk aankom opwerk oor daardie kollega wat jou gedurig met nietighede pla, is dit tyd vir ʼn blaaskans. Wanneer ʼn mens oorwerk is, irriteer goed wat jou normaalweg glad nie sou pla nie, jou baie vinniger.

Jy kan nie konsentreer nieAs jy agterkom jy staar soms net na jou rekenaarskerm of slimfoon terwyl jy eintlik besig is met iets baie belangrik, kort jy ook ʼn blaaskans. As jy uitgerus is, is dit baie makliker om op die taak wat jy verrig te fokus sonder om jouself te onderbreek.

Jy het nie motivering nieAs jy goed voel, werk jy hard en voel jy gemotiveerd om die ekstra myl te loop. Maar as jou motivering verminder, kan dit jou soms ʼn ewigheid vat om ʼn opdrag af te handel, of jy voel jy moet gedurig ʼn blaaskans neem. Dan is dit tyd om ʼn wegbreek te beplan. S

Vyf tekens dat jy welverdiende blaaskans nodig hetJy mag maar dol wees oor jou werk, maar dit beteken nie dat jy soos ʼn masjien vir lang ure en weke aanmekaar kan werk nie. Jy kort nou en dan ʼn blaaskans om jou kragte en motivering weer op te bou. Hier is vyf gevaartekens wat daarop dui dat jy daardie welverdiende blaaskans nodig het:

Indien jy ’n lid van een van die Beweging se instansies is, kwalifiseer jy vir ’n korting van 20% by die Kokoriba-wildreservaat, 38 km vanaf Brits; of Aan De Vliet, ’n gesinsoord 8 km buite Hazyview. Besoek www.aandevliet.co.za of www.kokoriba.co.za vir meer inligting. Verskaf jou lidnommer wanneer jy jou bespreking doen.

OORLEEFIN BEWEGING

www.solidariteit.co.za70Uitgawe 1 van 2016

Ettienne Pio (litigant), Deon de Jager (junior litigant), Anton Gerretsen, Raymond Holland-Chapman, Bennie Harmse• Administratiewe beampte: Nicole Harmse• Tel: 021 946 4440/4418• Faks: 021 949 4259• E-pos: [email protected]• Adres: Du Toitstraat 18, Bellville

BELLVILLE

Adele Rossouw• Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman• Tel: 053 723 1604• Faks: 053 723 1407• E-pos: [email protected]• Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

KATHU

John Smith• Administratiewe beampte: Karin van der Watt• Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936• Faks: 035 753 1937• E-pos: [email protected]• Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

RICHARDSBAAI

Pieter Burger• Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus• Tel: 051 430 6152/3• Faks: 051 430 6163• E-pos: [email protected]• Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

BLOEMFONTEIN

Quintus Sliep• Administratiewe beampte: Bianka Broodryk• Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985• Faks: 013 235 1814• E-pos: [email protected]• Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

LYDENBURG

Eric Schoeman, Tommy Wedderspoon, Johan Nell (litigant), Lucindi Pretorius (litigant)• Administratiewe beampte: Carisma Breet, Jumarie Palm• Tel: 014 592 4336• Faks: 014 592 4371• E-pos: [email protected]• Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

RUSTENBURG

Francois van Heerden, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Gibbs du Toit, Derek Mans, Herman de Jongh, Dana Viljoen (litigant), Thinus Jacobs• Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Elize Pohlman• Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850• E-pos: [email protected]• Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

BOKSBURG

• Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst• Tel: 034 312 9711/9917• Faks: 034 312 5170• E-pos: [email protected]• Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

NEWCASTLE

Andy O’Toole, Leandri Streit (litigant)• Administratiewe beampte: Sandra Scheepers• Tel: 017 634 5296• Faks: 017 634 5297• E-pos: [email protected]• Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

SECUNDA

• Administratiewe beampte: Arlene Lourens• Tel: 015 296 0335• Faks: 015 296 0335• E-pos: [email protected]• Posadres: Posbus 849, Faunapark, Polokwane, 0787

PIETERSBURG

Riaan Visser, Coenie Rheeder• Administratiewe beampte: Petro Watson• Tel: 018 788 4861/018 786 2785• Faks: 011 388 9854/018 788 5102• E-pos: [email protected]• Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

CARLETONVILLE

Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee, Nadia Coetzee• Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent• Tel: 016 931 3160• Faks: 016 931 3171 / 016 981 6718• E-pos: [email protected]• Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

VAALDRIEHOEK

Hennie Kommer• Administratiewe beampte: Sue Nel• Tel: 057 352 6839• Faks: 057 357 2072• E-pos: [email protected]• Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WELKOM

Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis• Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker• Tel: 013 656 3871• Faks: 013 656 6846• E-pos: [email protected]• Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11

WITBANK

Deon Viviers• Administratiewe beampte: Mariaan Pretorius• Tel: 014 763 1174• Faks: 014 763 1264• E-pos: [email protected]• Adres: Winkel 4A, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

ELLISRAS

Coenie Rheeder, Danny Schutte• Administratiewe beampte: Nicoline Crafford• Helpende Hand-kliëntediensbeampte: Leanne Meyer• Tel: 018 468 8533/9• Faks: 018 468 8563• E-pos: [email protected]• Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp• Posadres: Posbus 15440, Flamwood Walk, 2571

KLERKSDORP

Wynand Strydom• Administratiewe beampte: Yvette Stroebel• Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225• Faks: 041 364 2927• E-pos: [email protected]• Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057• Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PORT ELIZABETH

Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Jahni Cowley, Helgard Cronje,Inge Labuschagne, Sta-Sia Engelbrecht• Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete• Tel: 012 335 9051/2• Faks: 012 335 9002• E-pos: [email protected]• Adres: H.v. DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion

PRETORIA

Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep

IN BEWEGING

www.solidariteit.co.za71Issue 1 of 2016

Op die rype ouderdom van 112 jaar slaan Zuid-Afrikaans Hospitaal weer ’n nuwe blaadjie om – dié keer in die

vorm van ’n splinternuwe spreekkamer-kom-pleks wat teen einde vanjaar voltooi sal wees.

Die hospitaal is in 1904 gestig deur Genl. Koos De la Rey, Christiaan de Wet en CF Beyers as ’n 6-bed verpleegfasiliteit vir die gewonde boere wat graag in Afrikaans verpleeg wou word. Vandag spog ZAH met 140 bed-dens, twee teaterkomplekse, 400 permanente personeel en groot, rustige tuine.

Behalwe die agt teaters het hulle ook twee kateteriseringlaboratoriums (“catheterization laboratory” of “cath lab”) waar diagnostiese beelding soos x-strale gebruik word vir die diag-nose en behandeling van verskeie siektes.

Kardiologie en kardiotorakale chirurgie is twee van die spesialiteite wat ZAH saam met die pediatrie-eenheid op die kaart sit. Verder word die hospitaal ook geken vir sy ortopediese en neuro-chirurgiese afdelings, sowel as die uit-nemende algemene chirurge en oor-, neus- en keelspesialiste wat by die hospitaal praktiseer.

“Ons is baie trots op ons hospitaal en veral Afrikaans – dit is immers so deel van ons geskiedenis.” sê Tienie van den Berg, besturende direkteur. “Dit beteken nie dat ons nie Engels met ons Engelse pasiënte praat nie, maar ons motiveer alle personeel om met ’n pasiënt in die pasiënt se moedertaal te praat. Sodoende voel die pasiënte vinniger tuis. Ons is einde verlede jaar deur Discovery Health as een van die twintig tophospitale in Suid-Afrika aangewys, die enigste hospitaal in Pretoria met hierdie erkenning. Dit wys my ons doen iets reg.”

Ná 112 jaar is Zuid-Afrikaans Hospitaal nog perdfris en gesond

PROMOSIEARTIKEL

www.solidariteit.co.za72Uitgawe 1 van 2016

Die Kruger-standbeeld se verhaal begin in 1895 toe die Joodse sakeman Sammy Marks in ’n brief aan Paul Kruger te kenne gegee het dat hy besluit het om £10 000

aan Pretoria te skenk vir die oprigting van ’n marmerbeeld van dié staatshoof.

Volgens Die geskiedenis van die Krugerstandbeeld deur J.H. Breytenbach het Kruger op Burgerspark as die geskikte plek vir so ’n standbeeld besluit. Ná verdere oorweging is ook besluit dat ’n koperbeeld meer geskik as ’n marmerbeeld sou wees vir die Transvaalse weersomstandighede en is die jong Anton van Wouw as geskikte beeldhouer vir die projek aangewys.

In 1899 is daar egter op Marks se aandrang besluit dat Kerkplein die geskikte plek vir dié beeld sou wees. Marks se standpunt was dat die beeld moes staan “in het centrum der stad” waar “ieder bezoeker van onze hoofdstad direct het beeld in het oog krijgen zal”. Dit sou egter vele jare se gesoebat kos voordat dit uiteindelik sou gebeur.

Kort voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in Oktober 1899 was die reusebeeld en sy vier Boeresoldate voltooi, maar die gegote beelde wat uit Europa verskeep is, moes vir tyd en wyl in die hawe in Delagoabaai lê. Met die oorlog in volle swang en Pretoria wat uiteindelik deur die Britte ingeneem is, het Marks se hoop vervaag dat die standbeeld ooit opgerig sou word.

Toe die Britse leëroffisier Herbert Kitchener tydens die Slag van Donkerhoek Marks se plaas Swartkoppies as hoofkwartier ingeneem en hom versoek het om die vier beelde aan die Britte te skenk, het Marks ingegee. “Daar lê hulle in Delagoabaai, hulle kos baie geld en bergloon, vat hulle maar weg,” was Marks se antwoord aan Kitchener.

Die vier Boeresoldate is na Brittanje verskeep, maar die Kruger-beeld het in die hawe agtergebly. Die soldate is voor die Woolwich- en Sandhurst- militêre kollege opgerig, maar ná protes is dit na Chatham se School of Military Engineering verskuif. Hierna is die beelde weer verskuif: Twee is aan die skool geskenk, terwyl Kitchener twee na sy private landgoed verskuif het.

“En so het die bronsbrandwagte, wat

bestem was om die figuur van Paul Kruger te bewaak, nou in groot tuine in Engeland – o.a. ook in dié van die Britse opperbevelhebber wat die twee Republieke vernietig het – gepryk,” skryf Breytenbach.

Ná Kruger se dood het genl. Louis Botha hom daarvoor beywer om tog die Kruger-beeld te laat oprig en het hy Kitchener versoek om die soldaatbeelde terug te gee. Kitchener was egter nie hiervoor te vinde nie. Die stadsraad van Pretoria het ook pogings aangewend om die beeld te laat oprig en planne is beraam om die soldaatbeelde te laat hergiet, maar hiervan het niks gekom nie.

Hoewel Marks nie ten gunste daarvan was om die Kruger-beeld sonder sy soldate te laat oprig nie, het hy uiteindelik ingestem en het die Kruger-standbeeld die eerste keer op 24 Mei 1913 op Victoriadag staanplek in Prinsepark gekry. Tydens die inhuldiging het verskeie sprekers dit duidelik gemaak waar die standbeeld eintlik hoort, naamlik op Kerkplein.

Ten spyte van verskeie pogings om die vier soldaatbeelde na Suid-Afrika terug te bring, was daar ná jare steeds geen sukses nie. Genl. Jan Smuts, teen dié tyd eerste minister van die Unie van Suid-Afrika, het later aktief by die pogings betrokke geraak. Danksy sy versoeke is daar uiteindelik op 18 Januarie 1921 boodskap ontvang dat al vier beelde terugbesorg sal word, en teen 12 September 1921 het die beelde en alle stukke van die

monument in Pretoria gearriveer.Weereens was die planne om Kruger

en sy manne op Kerkplein op te rig egter gekelder. Teen 1920 het steun vir die oprigting van ’n oorlogsgedenkteken op Kerkplein vir gevalle Suid-Afrikaanse soldate van die Eerste Wêreldoorlog gegroei. Kruger-ondersteuners het egter steeds gehoop om die Kruger-standbeeld eendag hier op te rig. Om die situasie te ontlont, is ’n nuwe terrein vir die oorlogsmonument by die Uniegebou uitgewys en is Kruger ’n staanplek voor die Pretoria-stasie gegee. Kruger is derhalwe van Prinsepark verskuif en op die stasieplein laat staan. Kruger se nuwe staanplek is op 10 Oktober 1925 onthul – presies 100 jaar ná die oudpresident se geboorte.

Dit sou nog ’n verdere bykans 30 jaar duur voordat die volledige monument op sy teenswoordige plek op Kerkplein opgerig sou word. Sammy Marks se droom in 1895 om ’n standbeeld van Paul Kruger op die sentrale bymekaarkomplek van die hoofstad te laat oprig, is uiteindelik nagenoeg 60 jaar later verwesenlik toe die beeld, volledig met sy vier soldate, in 1954 in sy volle bedoelde glorie onthul is. En terwyl dié beeld nou met sy gesig na die noorde (in plaas van die oorspronklik beplande ooste) staar, woed ’n nuwe storm, in ’n nuwe era, om hom heen en lyk dit of Oom Paul en sy soldate dalk eersdaags weer ’n nuwe tuiste sal hê. S

Die storie van Oom Paul, sy soldate, die pleinTerwyl daar steeds storms oor die geskiedenis woed en die protesteerders met spuitverf in die hand rondom Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria dans, staar dié ou staatshoof maar net rustig en in stilte in die verte. Sy klipvoete staan dalk nou (nog) rustig op Kerkplein met sy Boeresoldate neffens hom, maar die pad wat tot op dié plein gelei het, was nie ’n maklike een nie, skryf ILZE NIEUWOUDT.

Foto

: isto

ckph

oto

.com

IN BEWEGING

www.solidariteit.co.za73Issue 1 of 2016

in Retrospek MARIETHA MALANis ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.

Hulle was maar altyd dáár. My ma was voor die naaimasjien, besig om dirigentklere te maak, of by ’n funksie, besig om tuintjies te bou met klippe en plante. Het jy

narkose gehad om die een of ander rede, was haar gesig die eerste wat jy sou sien as jy jou oë oopmaak. Dan sou sy by wees met yswater of ’n waslappie op jou voorkop. Maak jy pouse jou kosblik oop, was daar dikwels ’n spesiale ietsie in – ’n stukkie biltong of ’n skon… Sondae was daar ’n lekker tert of beskuit en vir middagete ’n skaapboud.

My pa was met die stophorlosie langs die atletiekbaan of langs die hokkieveld, al speel ek net derde span. Met gevoude arms sou hy staan terwyl sy asem wolkies maak in die Vrystaat-winterlug. Moes jy ’n toespraak vir skool skryf, was hy die man om vir raad te vra. As daar nie tyd was om die toespraak oor te skryf nie, moes jy die volgende dag mooi mik om sy aanmekaarvloeiende handskrif met die krulletjie hier en daar te lees.

Kersfees 2015 is die hele familie op die

plaas. My pa se hare is amandelbloeisel-wit. Hy loop skielik deesdae met so ’n skuifelgang. Hy stap nog na die watertenk toe as dit oorloop, maar dit neem langer, en agterna sit hy eers ’n rukkie. Hy gee nog sy opinie oor dinge, maar soms raak hy stil en kry hy net ’n veraf-kyk in sy fletsblou oë …

Mammie staan versigtig op en stap moeisaam. Sy is nie meer so gedurig agter die kospotte nie. Sy sit en lees, en neem gereeld ’n oggendslapie. Haar kenmerkende rustigheid is nog daar, maar tog ook ’n bietjie van ’n moegte.

’n Gewig kom lê in my bors as ek na hulle kyk. Hoe lank sal hulle nog daar wees vir my, vir ons almal?

Maar dan kyk ek om my, en besef: Vir altyd! Hulle is binne-in ons, in ons kinders en kleinkinders. My kleinkindjie, Carli, het ietsie van Oupa se rooierige hare. Broer Dirk het sy vurigheid. Broer Thinus het Mammie se rustige ewewigtigheid en Christien haar praktiese insig. Ek is die familie se toespraakmaker. Kleinsus Moira het Mammie se emosionele intelligensie en Pa se brein. Die meeste kleinkinders het van

Oupa se leierseienskappe, en is nie bang om dit te gebruik nie. Stukkies van hierdie kosbare twee mense is in ons almal vas-gemosaïek.

Ons Here Jesus het, toe Hy opgevaar het na die hemel, baie meer as net mosaïekstukkies vir ons agtergelaat. Hy het vir ons Iemand agtergelaat wat ons al hoe meer soos Hom moet maak: Die Heilige Gees. Ons ma en pa se mosaïekstukkies is mooi, maar gebroke. Die Gees maak daardie stukkies een aanmekaar spieël, waarin ons Hom moet weerkaats. Dit is ook waarom Hy, toe Hy opvaar, kon sê: “Ek is by julle tot by die voleinding van die wêreld.”

Eendag, dalk gouer as wat ons dink, gaan ons pa en ma se silhoeëtte nie meer teen die geel maan gesien kan word nie. Nee, hulle gaan afgeteken wees teen die heerlikheid van Sy ewige lig. Steeds langs mekaar, glo ek, sal die kort kapsel en die handvatsel-ore gedraai wees na die troon van die Skepper, wat hulle vir ons geleen het.

En ons hier? Ons silhoeëtte sal voor ons kinders en kleinkinders uitgaan. Tot ons hier-wees oorbodig en ons daar-wees nodig raak. S

Mosaïekstukkies: Mooi, maar gebrokeDis donker. Die mielielande buite flits verby. ’n Volmaan gloei geel in die naghemel. Ek lê met my kop half teen die motorruit. Van agter sien ek hul silhoeëtte: My pa en ma. Sy bakore staan soos handvatsels aan die kante van sy kop uit. My ma se kort haarstyl is onlangs gedoen. Dis ’n bietjie hoër as gewoonlik op haar kop. ’n Woordelose eenheid bind hulle daar langs mekaar. Ek voel veilig; ek kan insluimer; hulle is daar ….

Foto

: isto

ckph

oto

.com

* MMAP – Maximum Medical Aid Price

Generiese medisyne

Oorspronklike medisyne

waar geen generiese

middel beskikbaar is nie

Vrywillige gebruik van oorspronk-

like medisyne waar generiese

ekwivalente wel beskikbaar is

100% van die MMAP*, onderhewig aan

beskikbare voordele

80% van die MMAP, onderhewig aan

beskikbare voordele

70% van die MMAP, onderhewig aan

beskikbare voordele

Geniet volle dekking vir generiese medisyne

Wat is generiese medisyne?Mense vergelyk dikwels oorspronklike en generiese medisyne met mekaar, maar is daar regtig ’n verskil? Daar is net een verskil – die prys. Generiese medisyne is presies dieselfde as die oorspronklike medisyne, maar dit kos minder.

Waarom is generiese medisyne goedkoper?Voordat nuwe medisyne aan die publiek verkoop mag word, moet omvattende navorsing gedoen word om te verseker dat dit doel-treffend en veilig is. Hierdie navorsing beloop miljoene rande, en farmaseutiese maatskappye registreer dus ’n patent op die medisyne om ’n deel van dié navorsings- en ontwikkelingskoste terug te vorder.

Nadat die patentreg verstryk het, mag ander farmaseutiese firmas dieselfde doseringsvorm, aktiewe bestanddele en sterkte gebruik, maar met ’n ander handelsnaam. Hierdie maatskappye hoef nie weer al die navorsing te herhaal nie, wat beteken dat die generiese middel heelwat goedkoper is.

Die vervaardiger van die generiese middel moet bewys dat die middel net so doeltreffend en van dieselfde gehalte as die oor-spronklike medisyne is.

Meer voordele vir jouVra jou dokter of apteker vir die generiese ekwivalent van die oor-spronklike medisyne. Jy sal daarby baat vind deurdat jou bybetalings verminder en jou voordele langer hou:

Kyk na ’n video oor generiese medisyne of lees die pamflet by www.medihelp.co.za

Doseringsvorm

Aktiewe bestanddele

Sterkte

Koste

Generies Oorspronklik

Medihelp is altyd op soek na maniere om WAARDE VIR LEDE te bied en bydraes uit hul eie sak te verminder. In 2016 sal jy 100% voordele van die MMAP* geniet indien jy generiese medisyne gebruik.

PROMOSIEARTIKEL

Uitgawe 1 van 2016 www.solidariteit.co.za74

www.solidariteit.co.za75Issue 1 of 2016

Uitgawe 1 van 2016