8
STRATEGIESE RIGTINGS 2016–2020 ’n Wêreldklasbiblioteek wat jou in staat stel om te ontdek, te deel, te leer en uit te blink

STRATEGIESE RIGTINGS 2016–2020library.sun.ac.za/SiteCollectionDocuments/Library... · STRATEGIESE RIGTINGS 2016 – 2020 Maart 2016 Biblioteek en Inligtingsdiens | Universiteit

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: STRATEGIESE RIGTINGS 2016–2020library.sun.ac.za/SiteCollectionDocuments/Library... · STRATEGIESE RIGTINGS 2016 – 2020 Maart 2016 Biblioteek en Inligtingsdiens | Universiteit

STRATEGIESE RIGTINGS 2016–2020’n Wêreldklasbiblioteek wat jou in staat stel om te ontdek, te deel, te leer en uit te blink

Page 2: STRATEGIESE RIGTINGS 2016–2020library.sun.ac.za/SiteCollectionDocuments/Library... · STRATEGIESE RIGTINGS 2016 – 2020 Maart 2016 Biblioteek en Inligtingsdiens | Universiteit

Inhoudsopgawe

Inleiding .........................................................................................................................................................3

Visie ................................................................................................................................................................5

Missie ...............................................................................................................................................................5

Waardes .........................................................................................................................................................6

Strategiese Doelwitte & Aksies .....................................................................................................................6

Page 3: STRATEGIESE RIGTINGS 2016–2020library.sun.ac.za/SiteCollectionDocuments/Library... · STRATEGIESE RIGTINGS 2016 – 2020 Maart 2016 Biblioteek en Inligtingsdiens | Universiteit

STRATEGIESE RIGTINGS 2016 – 2020 Maart 2016

Biblioteek en Inligtingsdiens | Universiteit Stellenbosch 3

Inleiding

Die plan Strategiese Rigtings 2016-2020 bou voort op die Biblioteek- en Inligtingsdiens se vorige plan vir die tydperk 2010-2015 sowel as die eksterne gehalteversekeringsoorsig van 2013.

In ’n snelveranderende wêreld – en biblioteekomgewing – hou ’n uitsluitlike klem op die onmiddellike strategiese terrein beduidende risiko in. Dit impliseer onder andere dat ’n kernbevoegdheidsbenadering maklik omvergewerp kan word indien die vermoëns wat vandag aansienlike waarde skep môre skielik uitgedien is. Die meeste (terrein)strategieë kyk gewoonlik van die hede na die toekoms. Daarteenoor begin trajekstrategieë by die toekoms, en werk dan terug na wat dít vir huidige optrede impliseer. Hierop het die Biblioteek- en Inligtingsdiens se strategiese sessie van 11-12 November 2015 gekonsentreer, met die klem op deelnemende strategiese gesprekvoering om met scenario’s vorendag te kom in plaas van blote metodiese strategieformulering. By ’n opvolgsessie op 21 Januarie 2016 is ’n nuwe visie en strategiese doelwitte opgestel en aanvaar.

Die Biblioteek- en Inligtingsdiens (hierna ‘die Biblio-teek’) sluit in die sentrale JS Gericke Biblioteek en die vyf takbiblioteke van USBI, Geneeskunde en Gesondheids-wetenskappe, Ingenieurswese en Bosbou, Musiek, en Teologie. Biblioteekpersoneel bestaan uit 102 permanente werknemers en sowat 40 studente-assistente. Hoewel ongeveer 80% van die Biblioteek se hulpbronne virtueel is, bevat dit ook fisiese hulpbronne, soos boeke, spesiale versamelings, bladmusiek en oudiovisuele lêers. Een van die Biblioteek se hooffunksies is die sogenaamde ‘uit en in’ van sy hulpbronne – om die Biblioteek se kennis uit te stuur in die wêreld, en die wêreld se kennis weer op te neem in die Biblioteek. Biblioteekruimte word beslaan deur bergplek, rekenaarkamers, studieruimte (die leersentrum en navorsingsentrum) sowel as samewerkende en gespreks-ruimtes (soos die ouditorium). Die Biblioteek handhaaf ’n aanlyn, virtuele teenwoordigheid deur sy webtuiste.

Kerndienste sluit in inligtings- en naslaandienste; navorsings-ondersteuning; onderrig-, leer- en geletterdheidsvaardig-hede; dokumentlewering en interbiblioteeklenings; digitale biblioteekdienste, en versamelingsbestuur.

In ’n snelveranderende wêreld – en biblioteekomgewing – hou ’n uitsluitlike klem op die onmiddellike strategiese

terrein beduidende risiko in.

inleiding

Page 4: STRATEGIESE RIGTINGS 2016–2020library.sun.ac.za/SiteCollectionDocuments/Library... · STRATEGIESE RIGTINGS 2016 – 2020 Maart 2016 Biblioteek en Inligtingsdiens | Universiteit

4

Die Biblioteek se kern-onsekerhede is soos volg:

1. Om tred te hou met tegnologie en/of ’n tree voor te bly

2. Kliënteverwagtings, onder meer wie die Biblioteek se toekomstige kliënte is en wat hulle sal verwag

3. Die toekomstige landskap waarin die Biblioteek sal funksioneer – sal dit samewerkend of mededingend wees?

4. Die verskuiwing na oop toegang – moet die Biblioteek dit saam met rolspelers verken, of is dit reeds ontgin?

5. Hoe leer siek studente, en hoe sal onderrig daar uitsien? Hoe sal navorsing gedoen word?

6. Sal die Biblioteek nog relevant wees in 2030?7. Om die groei en grootte van die Biblioteek met minder

hulpbronne te bestuur

Baie van die kern-onsekerhede hierbo – om by te bly met tegnologie, aan kliënteverwagtinge te voldoen, oop toegang te hanteer en te bestuur, en veral om die Biblioteek se inkomstebegrotings en besteding te bestuur – word as sogenaamde ‘higiënefaktore’ bestempel. Dit is kwessies wat bestuur en góéd bestuur moet word sodat die Biblioteek in die toekoms ’n suksesvolle en, in hierdie geval, relevante organisasie kan bly. Bykomende higiënefaktore is die inhoud van die Biblioteek en die rol wat die Biblioteek ter ondersteuning van die Universiteit Stellenbosch (US) en sy doelwitte speel. Hierdie higiënefaktore is in ’n sekere mate ‘bekende noodsaaklikhede’, maar kan ’n gans ander vorm aanneem in verskillende toekomstige scenario’s. Daarom is daar besluit om elke faktor in die verskillende scenario’s voor te stel en te verken.

Twee teenpole van die kern-onsekerhede is gevolglik uitgewys en op uitgebrei, naamlik ’n scenario waar die Biblioteek funksioneer in ’n supersamewerkende teenoor ’n supermededingende omgewing en wêreld, en waar die Biblioteek se kennisskepping en -verspreiding sowel as studenteleer en -onderrig plaasvind op ’n gefragmenteerde en plaaslike teenoor ’n oop en globale manier.

Deelnemers aan die strategiese gesprek was dit eens dat ’n ‘Grootse Nuwe Wêreld’ die gewenste toekoms vir die Biblioteek is. In so ’n samewerkende, globale en oop toekoms kan die Biblioteek tot sy reg kom en die soort dienste lewer wat die US vereis om hom sy doelwitte te help bereik. Die Grootse Nuwe Wêreld/Brave New World is beskryf as die Biblioteek se ‘natuurlike wêreld’ en die toekoms wat in die vooruitsig gestel en nagestreef behoort te word. Soos een deelnemer dit gestel het: Dit is moontlik om die Grootse Nuwe Wêreld te verwesenlik, want dit voel realisties.

Die oortuiging dat die Biblioteek beslis die kwantumsprong na ’n Grootse Nuwe Wêreld/Brave New World kan maak, het onder meer ontstaan uit wyle Rektor prof Russel Botman se siening dat die Biblioteek een van die afdelings is wat die Universiteit vorentoe neem. Die Biblioteek het

Sal die Biblioteek nog relevant wees in 2030?

inleid

ing

Page 5: STRATEGIESE RIGTINGS 2016–2020library.sun.ac.za/SiteCollectionDocuments/Library... · STRATEGIESE RIGTINGS 2016 – 2020 Maart 2016 Biblioteek en Inligtingsdiens | Universiteit

STRATEGIESE RIGTINGS 2016 – 2020 Maart 2016

Biblioteek en Inligtingsdiens | Universiteit Stellenbosch 5

’n uitmuntende diensgeskiedenis en het geslaag in wat hy hom vyf jaar gelede voorgeneem het om te bereik. Dít het hy gedoen deur sy strategie jaarliks stapsgewys aan te pas. Nou is dit tyd vir ’n nuwe fase van waagmoedige veranderinge.

’n Belangrike vraag is of die Biblioteek tans oor die organisatoriese struktuur beskik wat by ’n Grootse Nuwe Wêreld/ Brave New World pas. Dit sal moontlik ondersoek word en kan tot ’n herskikking van die organisatoriese struktuur lei. In die strewe na hierdie veranderinge sal voortdurende uitstekende kommunikasie met alle rolspelers, sowel as vertroue en gesonde verhoudings, van deurslaggewende belang wees.

Visie’n Wêreldklasbiblioteek wat jou in staat stel om te ontdek, te deel, te leer en uit te blink

MissieOm ’n wêreldklas- en innoverende inligtingsdiens en leerruimte aan die gemeenskap van die Universiteit Stellenbosch te bied

Nou is dit tyd vir ’n nuwe fase van waagmoedige veranderinge.

visiemissie

Page 6: STRATEGIESE RIGTINGS 2016–2020library.sun.ac.za/SiteCollectionDocuments/Library... · STRATEGIESE RIGTINGS 2016 – 2020 Maart 2016 Biblioteek en Inligtingsdiens | Universiteit

6

Waardes

Innovasie – om ontvanklik te wees vir verandering

en nuwe idees

Bemagtiging– om ontwikkeling en professionalisme

te bevorder

Kliëntgerigtheid– om kliënte se verwagtinge te

oortref

Uitnemendheid– om die beste en van wêreldgehalte te wees

in wat ons doen

Strategiese doelwitte en aksies1. Voorsien en ondersteun ultramoderne ruimtes

en tegnologieë wat gebruikers met uiteenlopende behoeftes in staat stel om kennis doeltreffend te vind en te skep

1.1 Ontwikkel groen, omgewingsvriendelike ruimtes vir alle biblioteke

1.2 Skep en ontwikkel aanpasbare ruimtes (fisies en virtueel, eksperimenteel en kreatief) in alle biblioteke om by gebruikers se veranderende behoeftes aan te pas, soos Makerspace

1.3 Voltooi die opknapping van die JS Gericke Biblioteek binne die goedgekeurde tydraamwerk

1.4 Voltooi die opknapping van die Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe-biblioteek binne die goed ge keurde tydraamwerk

1.5 Voltooi die opknapping van die Teologiebiblioteek binne die goedgekeurde tydraamwerk

1.6 Voltooi opknapping van/verbouings of bouwerk aan die Bestuurskoolbiblioteek (USBI), Bellvillepark-kampus

waard

esstr

ategie

se do

elwitte

Page 7: STRATEGIESE RIGTINGS 2016–2020library.sun.ac.za/SiteCollectionDocuments/Library... · STRATEGIESE RIGTINGS 2016 – 2020 Maart 2016 Biblioteek en Inligtingsdiens | Universiteit

STRATEGIESE RIGTINGS 2016 – 2020 Maart 2016

Biblioteek en Inligtingsdiens | Universiteit Stellenbosch 7

2. Ontwikkel en ondersteun vaardige, diverse, aan­pas bare en betrokke personeel

2.1 Lei personeel opnuut op en moedig lewenslange leer aan

2.2 Hanteer deurlopend diversiteitskwessies (soos perso neel werwing; inskerping van ’n gevoeligheid vir ras, godsdiens, seksuele oriëntasie, nasionale her-koms, geslag, gestremdheid en kulturele praktyke)

2.3 Stel doeltreffende mentor- en afrigtingsprogramme in werking om personeel te motiveer en te betrek

2.4 Stel uitruilprogramme vir personeel in werking2.5 Skep en ondersteun ’n buigsamer organisatoriese

struktuur om in die veranderende behoeftes van die hedendaagse inligtingsdienstelandskap te voorsien

2.6 Versterk die welweesprogramme en werk ten nouste saam met die Welweeskantoor om ’n positiewe organisatoriese klimaat te skep

3. Verseker beskikbaarheid, volhoubaarheid en opspoorbaarheid van inligtingshulpbronne

3.1 Ondersoek en implementeer nuwe en buigsame modelle om inhoud te bekom, onder meer korttermynverkryging van hoofstukke in boeke sowel as besigtig-en-betaal (“pay per view”)

3.2 Beveel alternatiewe vir publikasie in kommersiële akademiese vaktydskrifte by navorsers aan

3.3 Verhoog toegang tot en bevorder die gebruik van spesiale versamelings

3.4 Bou en diversifiseer spesiale versamelings deur nuwe versamelings te bekom

3.5 Verbeter opspoorbaarheid van alle inligtingshulp-bronne (soos gebruik van metadata in opsporings-instrumente, elektroniese brosjures vir spesiale versamelings, ensovoorts)

4. Lewer wêreldklas­, diverse, innoverende en kliëntgerigte dienste

4.1 Skakel met en kom meer te wete oor ons gebruiker- en niegebruikersgemeenskap om in hulle ontwikkelende behoeftes te voorsien

4.2 Werk saam met fakulteite en akademiese steundienste om e-leer te versterk

4.3 Span saam met fakulteite en ander navorsing- steundienste om die Biblioteek se navorsings- ondersteuning te versterk (soos navorsings-databestuur, nuwe vorme van navorsing)

5. Ontwikkel en handhaaf samewerkingsverhoudings met verskeie eksterne en interne rolspelers

5.1 Werk saam met vennote om werkvloei, produkte en dienste vir ’n verbeterde navorsings- en leeromgewing te ontwerp, te ontwikkel en in werking te stel

5.2 Bou strategiese vennootskappe om volhoubare toegang tot hulpbronne te verseker

5.3 Neem deel aan en dra by tot navorsing en ontwikkeling wat betref die groeiende biblioteek- en inligtingsdienstelandskap

5.4 Bevorder plaaslike, nasionale en internasionale inisiatiewe met betrekking tot oop vakkundigheid

Lewer wêreldklas-, diverse, innoverende en kliëntgerigte dienste

strategiese doelwitte

Page 8: STRATEGIESE RIGTINGS 2016–2020library.sun.ac.za/SiteCollectionDocuments/Library... · STRATEGIESE RIGTINGS 2016 – 2020 Maart 2016 Biblioteek en Inligtingsdiens | Universiteit

8

Hierdie publikasie is aanlyn beskikbaar byhttp://library.sun.ac.za/English/aboutus/libraryprofile/page/

Gedrukte weergawes is ook op aanvraag beskikbaar.

Universiteit Stellenbosch Biblioteek en InligtingsdienstePrivaaatsak X5036Stellenbosch, 7500+27 21 808 2486/3315www.sun.ac.za/libraryhttps://www.facebook.com/pages/Stellenbosch-University-Library-and-Information-Service/10150097437750623?https://twitter.com/stelbib