1
NEWS & VIEWS Friday 14 January ‘11 Kruger2Canyon 5 VERKOOPSADVISEUR HOEDSPRUIT (Verw:11/0005) Die suksesvolle kandidaat sal aan die Takbestuurder rapporteer. Verantwoordelikhede: Hantering van verkope en dienslewering aan kliënte; Plaas van bestellings en opvolg daarvan; en Voorraadbestuur. Vaardighede en kwalifikasies: Graad 12 kwalifikasie sal as vereiste dien; Uitstekende kommunikasievaardighede asook goeie mense- verhoudinge; en Rekenaarvaardigheid op ʼn hoofraamstelsel en kennis van MS Office programme. Obaro bied die geskikte kandidaat ’n mededingende pakket, gebaseer op totale koste van indiensneming. Belangstellendes kan hulle aansoeke en ʼn kort CV, van nie meer as drie bladsye nie, aan Mnr. Michael van der Merwe faks na 086 653 0596 of e-pos na [email protected]. Gebruik asb. die toepaslike posverwysing vir die pos waarvoor u aansoek doen. Sluitingsdatum: Maandag 24 Januarie 2011. LEPHALALE - Die nuwe voorgestelde Wetsontwerp op Verblyfsekerheid vir Plaasarbeiders is die dag voor Kersfees verlede jaar deur die Parlement goedgekeur en vir kommentaar oopgestel. Die wetsontwerp is ‘n poging van die regering om die huidige konsepwetgewing oor die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (Esta) te verbeter en sodoende beter beskerming en volhoubare sekuriteit aan plaaswerkers te bied. Indien dit aanvaar word sal plaaswerkers en hulle gesinne die reg hê om vee aan te hou, gewasse aan te plant en huise te bou. Hulle sal ook reg op water en elektrisiteit hê. In reaksie hierop het AgriSA hierdie week ‘n verklaring uitgereik waarin hulle hulle weereens verbind tot vreedsame samewerking tussen boere, plaaswerkers en die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming. Hulle is egter bekommerd oor hofsake wat al jare sloer en wat weens die moontlike nuwe wetgewing verder uitgestel kan word. AgriSA is ook bekommerd dat die wetsontwerp net meer druk op boere sal plaas, aangesien gesinne van plaaswerkers Verblyfwet kan boerderye kelder geakkommodeer moet word. Dat gesinne die reg sal hê om vee aan te hou en gewasse aan te plant, is volgens AgriSA nie prakties uitvoerbaar nie. Die drakrag en geskiktheid van grond word volgens hulle nie in berekening gebring nie. Agri Lephalale se voorsitter, Francois van den Berg, meen dat die nuwe wetsontwerp onbillike eise aan boere stel. ‘Die staat verwag dat boere werkers en hulle gesinne op hulle plase moet huisves. Dit kan letterlik honderde mense wees. Dit beteken dat water en elektrisiteit ook aan die gesinne se vee voorsien moet word. Boere word dus nou ‘n welsynsorganisasie om die probleme wat die staat met behuising het, te help oplos. Dit is doodeenvoudig onaanvaarbaar! Mense moet billik behandel word en daarmee stem ons saam - boere is ook mense!’ Die wetsontwerp bied ook ‘n nuwe definisie van uitsetting. Uitsetting sluit nou in die weiering van toegang tot ‘n woning, die sluiting van ‘n skool, die inmenging by die uitvoer van kulturele aktiwiteite, die weiering van elektrisiteit en water, die weiering om ‘n persoon op die plaas te begrawe, die weiering dat ‘n werker vee mag aanhou, die afbreek van ‘n huis, om gesinne te dwing om saam te bly en gedwonge hervestiging. Volgens AgriSA behoort die sluiting van ‘n skool, die inmenging by die uitvoer van kulturele aktiwiteite en die weiering om ‘n persoon op die plaas te begrawe nie by die definisie ingesluit te word nie. Hulle maak ook beswaar teen die feit dat ‘n uitsetting slegs mag geskied indien die regering alternatiewe behuising en grond aan werkers kan bied. Volgens AgriSA het die meeste munisipaliteite nie die vermoë of geld om gesinne te hervestig nie. AgriSA sê die regte van plaaswerkers moet nie swaarder weeg as die regte van ‘n plaaseienaar en die behoefte aan voedselsekuriteit in die land nie. Die wetsontwerp is te sien op www.ruraldevelopment. gov.za en belangstellendes kan kommentaar daarop lewer deur ‘n e-pos te stuur na Landtenure securitybill@ruraldevelopmen t.gov.za of deur ‘n faks te stuur na 0866 92 88. Volgens die departement sal openbare vergaderings vroeg in 2011 gehou word. – LiN Nuusburo/Bosveld Bulletin PRETORIA – The Gravelotte area in Ba-Phalaborwa Municipality, Limpopo, has been declared free of Foot and Mouth disease. In August last year, a dairy farm in the area had the first outbreak of the disease. ‘The provincial Department of Agriculture wishes to inform all concerned that the Gravelotte area … is free of Foot and Mouth disease as from 10 January Limpopo free of Foot & Mouth disease 2011,” Limpopo agriculture spokesperson, Kenny Mathivha, said. Mathivha said the report of the first suspected outbreak was initially sent by a private veterinarian, who had inspected a herd following a complaint of lameness in the animals. A departmental vet also went to the farm to investigate. Tissue and blood samples were taken to Onderstepoort Veterinary Institute in August last year, and it was later confirmed that there indeed was an outbreak of the disease. ‘The department wishes to thank all the people of Limpopo for their cooperation during the inconveniences of roadblocks and restrictions. The Joint Operations team of various units worked tirelessly to contain and control the disease,’ Mathivha said. - BuaNews KENNISGEWING AAN KREDITEURE IN BESTORWE BOEDELS NOTICE TO CREDITORS IN DECEASED ESTATES Alle persone met vorderinge teen ondervermelde boedel moet binne 30 dae (of soos aangedui) vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke Eksekuteur inlewer. All persons having claims against the undermentioned estate must lodge it with the Executor concerned within 30 days (or as indicated) from date of publication hereof. A. Boedelno./Estate No.: 9236/2010. Meesterskantoor/Master’s Office: Polokwane Van/Surname: Kruger Voorname/Christian names: Willem Abram Geboortedatum/Date of birth: 1959/01/11 Identiteitsno./Identity No.: 590111 5051 08 2 Laaste adres/Last address: Kampersrus, Hoedspruit Datum oorlede/Date of death: 2010/10/04 B. Slegs van toepassing indien oorledene *in gemeenskap van goedere/onderworpe aan die aanwasbedeling, getroud was. Only applicable if deceased was married *in community of property/subject to the accrual system. Voorname en van van nagelate eggenoot/eggenote/Christian names and surname of surviving spouse: Maria Jacoba. Geboortedatum/Date of birth: 1960/06/24 Identiteitsno./Identity No.: 600624 0013 087 C. Naam en (slegs een) adres van Eksekuteur of gemagtigde agent/Name and (only one) address of Executor of authorised agent: AB Burger Prokureur, Moosestraat 166, Hoedspruit, 1380. D. Tydperk toegelaat vir lewering van vorderings, indien anders as 30 dae/Period allowed for lodgement of claims, if other than 30 days: - E. Adverteerder en adres/Advertiser and address: AB Burger Prokureur, Moosestraat 166, Hoedspruit, 1380. Datum/Date: 2011/01/10 Tel No.: 015 793 1113 Publiseer in die Staatskoerant van/Publish in the Government Gazette of: 28 January 2011. NELSPRUIT - Die jaarlikse Maroelafees van die Nederduitsch Hervormde Kerk, Nelspruit waarna die hele gemeenskap elke jaar uitsien, word vanjaar nog groter! Op 29 Januarie word die Maroelafees op die gronde van die Nelspruit Rugbyklub gehou. Benewens die maroelaprodukte wat in alle vorme te sien en te proe sal wees, is daar stalletjies met elke lekkerny waaraan ‘n mens op ‘n basaar kan droom om te smul. Maroelafees 2011 Daar sal vermaak aan klein en groot verskaf word, onder meer ‘n pretpark vir die kleingoed, ‘n regte spookhuis met spoke, ritte op ponies en perde, ‘n hondevertoning, ‘n gholf ‘chipping’-kompetisie, maroelapit vêrspoeg- kompetisie, ‘n veteraanmotor- uitstalling en nog vele meer. Die fees word vanjaar uitgebrei met ‘n buitelug-ekspo waaraan verskeie verskaffers van buitelewe toerusting en voertuie gaan deelneem. Woonwaens, tente, kampeertoerusting en kragopwekkers sal uitgestal word. Daar word ‘n motorfiets ‘Breakfast Run’ aangebied vir die manne en dames met ysterperde wat om 07h00 vanaf die Rugbyklub vertrek, en via ‘n baie interessante roete deur die Laeveld weer na die Rugbyklub sal terugkeer. Die hekke open om 07h00 en die fees hou aan tot 16h00. Dit is ‘n geleentheid wat ‘n mens sommer nou al op die kalender moet aanteken en beslis nie vergeet nie. Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor by 013 741 1455.

Vol 9 Issue 5, January 14

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Vol 9 Issue 5, January 14

NEWS & VIEWS Friday 14 January ‘11 Kruger2Canyon 5

VERKOOPSADVISEURHOEDSPRUIT (Verw:11/0005)

Die suksesvolle kandidaat sal aan die Takbestuurder rapporteer.

Verantwoordelikhede:

• Hantering van verkope en dienslewering aan kliënte;• Plaas van bestellings en opvolg daarvan; en• Voorraadbestuur.

Vaardighede en kwalifi kasies:

• Graad 12 kwalifi kasie sal as vereiste dien;• Uitstekende kommunikasievaardighede asook goeie mense- verhoudinge; en• Rekenaarvaardigheid op ʼn hoofraamstelsel en kennis van MS Offi ce programme.

Obaro bied die geskikte kandidaat ’n mededingende pakket,gebaseer op totale koste van indiensneming.

Belangstellendes kan hulle aansoeke en ʼn kort CV, van nie meer as drie bladsye nie, aan Mnr. Michael van der Merwe faks na 086 653 0596 of e-pos na [email protected]. Gebruik asb. die toepaslike posverwysing vir die pos waarvoor u aansoek doen. Sluitingsdatum: Maandag 24 Januarie 2011.

LEPHALALE - Die nuwe voorgestelde Wetsontwerp op Verblyfsekerheid vir Plaasarbeiders is die dag voor Kersfees verlede jaar deur die Parlement goedgekeur en vir kommentaar oopgestel. Die wetsontwerp is ‘n poging van die regering om die huidige konsepwetgewing oor die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (Esta) te verbeter en sodoende beter beskerming en volhoubare sekuriteit aan plaaswerkers te bied. Indien dit aanvaar word sal plaaswerkers en hulle gesinne die reg hê om vee aan te hou, gewasse aan te plant en huise te bou. Hulle sal ook reg op water en elektrisiteit hê. In reaksie hierop het AgriSA hierdie week ‘n verklaring uitgereik waarin hulle hulle weereens verbind tot vreedsame samewerking tussen boere, plaaswerkers en die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming. Hulle is egter bekommerd oor hofsake wat al jare sloer en wat weens die moontlike nuwe wetgewing verder uitgestel kan word. AgriSA is ook bekommerd dat die wetsontwerp net meer druk op boere sal plaas, aangesien gesinne van plaaswerkers

Verblyfwet kan boerderye keldergeakkommodeer moet word. Dat gesinne die reg sal hê om vee aan te hou en gewasse aan te plant, is volgens AgriSA nie prakties uitvoerbaar nie. Die drakrag en geskiktheid van grond word volgens hulle nie in berekening gebring nie. Agri Lephalale se voorsitter, Francois van den Berg, meen dat die nuwe wetsontwerp onbillike eise aan boere stel. ‘Die staat verwag dat boere werkers en hulle gesinne op hulle plase moet huisves. Dit kan letterlik honderde mense wees. Dit beteken dat water en elektrisiteit ook aan die gesinne se vee voorsien moet word. Boere word dus nou ‘n welsynsorganisasie om die probleme wat die staat met behuising het, te help oplos. Dit is doodeenvoudig onaanvaarbaar! Mense moet billik behandel word en daarmee stem ons saam - boere is ook mense!’ Die wetsontwerp bied ook ‘n nuwe defi nisie van uitsetting. Uitsetting sluit nou in die weiering van toegang tot ‘n woning, die sluiting van ‘n skool, die inmenging by die uitvoer van kulturele aktiwiteite, die weiering van elektrisiteit en water, die weiering om ‘n persoon op die plaas te begrawe, die weiering

dat ‘n werker vee mag aanhou, die afbreek van ‘n huis, om gesinne te dwing om saam te bly en gedwonge hervestiging. Volgens AgriSA behoort die sluiting van ‘n skool, die inmenging by die uitvoer van kulturele aktiwiteite en die weiering om ‘n persoon op die plaas te begrawe nie by die defi nisie ingesluit te word nie. Hulle maak ook beswaar teen die feit dat ‘n uitsetting slegs mag geskied indien die regering alternatiewe behuising en grond aan werkers kan bied. Volgens AgriSA het die meeste munisipaliteite nie die vermoë of geld om gesinne te hervestig nie. AgriSA sê die regte van plaaswerkers moet nie swaarder weeg as die regte van ‘n plaaseienaar en die behoefte aan voedselsekuriteit in die land nie. Die wetsontwerp is te sien op www.ruraldevelopment.gov.za en belangstellendes kan kommentaar daarop lewer deur ‘n e-pos te stuur na [email protected] of deur ‘n faks te stuur na 0866 92 88. Volgens die departement sal openbare vergaderings vroeg in 2011 gehou word. – LiN Nuusburo/Bosveld Bulletin

PRETORIA – The Gravelotte area in Ba-Phalaborwa Municipality, Limpopo, has been declared free of Foot and Mouth disease. In August last year, a dairy farm in the area had the fi rst outbreak of the disease. ‘The provincial Department of Agriculture wishes to inform all concerned that the Gravelotte area … is free of Foot and Mouth disease as from 10 January

Limpopo free of Foot & Mouth disease2011,” Limpopo agriculture spokesperson, Kenny Mathivha, said. Mathivha said the report of the fi rst suspected outbreak was initially sent by a private veterinarian, who had inspected a herd following a complaint of lameness in the animals. A departmental vet also went to the farm to investigate. Tissue and blood samples were taken to Onderstepoort Veterinary

Institute in August last year, and it was later confi rmed that there indeed was an outbreak of the disease. ‘The department wishes to thank all the people of Limpopo for their cooperation during the inconveniences of roadblocks and restrictions. The Joint Operations team of various units worked tirelessly to contain and control the disease,’ Mathivha said. - BuaNews

KENNISGEWING AAN KREDITEURE IN BESTORWE BOEDELSNOTICE TO CREDITORS IN DECEASED ESTATES

Alle persone met vorderinge teen ondervermelde boedel moet binne 30 dae (of soos aangedui) vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke Eksekuteur inlewer.

All persons having claims against the undermentioned estate must lodge it with the Executor concerned within 30 days (or as indicated) from date of publication hereof.

A. Boedelno./Estate No.: 9236/2010.Meesterskantoor/Master’s Offi ce: PolokwaneVan/Surname: KrugerVoorname/Christian names: Willem AbramGeboortedatum/Date of birth: 1959/01/11Identiteitsno./Identity No.: 590111 5051 08 2Laaste adres/Last address: Kampersrus, HoedspruitDatum oorlede/Date of death: 2010/10/04

B. Slegs van toepassing indien oorledene *in gemeenskap van goedere/onderworpe aan die aanwasbedeling, getroud was.Only applicable if deceased was married *in community of property/subject to the accrual system.

Voorname en van van nagelate eggenoot/eggenote/Christian names and surname of surviving spouse: Maria Jacoba.

Geboortedatum/Date of birth: 1960/06/24Identiteitsno./Identity No.: 600624 0013 087

C. Naam en (slegs een) adres van Eksekuteur of gemagtigde agent/Name and (only one) address of Executor of authorised agent: AB Burger Prokureur, Moosestraat 166, Hoedspruit, 1380.

D. Tydperk toegelaat vir lewering van vorderings, indien anders as 30 dae/Period allowed for lodgement of claims, if other than 30 days: -

E. Adverteerder en adres/Advertiser and address: AB Burger Prokureur, Moosestraat 166, Hoedspruit, 1380.Datum/Date: 2011/01/10Tel No.: 015 793 1113Publiseer in die Staatskoerant van/Publish in the Government Gazette of: 28 January 2011.

NELSPRUIT - Die jaarlikse Maroelafees van die Nederduitsch Hervormde Kerk, Nelspruit waarna die hele gemeenskap elke jaar uitsien, word vanjaar nog groter! Op 29 Januarie word die Maroelafees op die gronde van die Nelspruit Rugbyklub gehou.Benewens die maroelaprodukte wat in alle vorme te sien en te proe sal wees,is daar stalletjies met elke lekkerny waaraan ‘n mens op ‘n basaar kan droom om te smul.

Maroelafees 2011 Daar sal vermaak aan klein en groot verskaf word, onder meer ‘n pretpark vir die kleingoed, ‘n regte spookhuis met spoke, ritte op ponies en perde, ‘n hondevertoning, ‘n gholf ‘chipping’-kompetisie, maroelapit vêrspoeg-kompetisie, ‘n veteraanmotor-uitstalling en nog vele meer. Die fees word vanjaar uitgebrei met ‘n buitelug-ekspo waaraan verskeie verskaffers van buitelewe toerusting en voertuie gaan deelneem. Woonwaens, tente, kampeertoerusting en kragopwekkers sal uitgestal

word. Daar word ‘n motorfi ets ‘Breakfast Run’ aangebied vir die manne en dames met ysterperde wat om 07h00 vanaf die Rugbyklub vertrek, en via ‘n baie interessante roete deur die Laeveld weer na die Rugbyklub sal terugkeer. Die hekke open om 07h00 en die fees hou aan tot 16h00. Dit is ‘n geleentheid wat ‘n mens sommer nou al op die kalender moet aanteken en beslis nie vergeet nie. Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor by 013 741 1455.