4
13 September 2015 Rapport Sport 1 Hoop van ’n nasie Hoop van ’n nasie Jean de Villiers (k) Willem Alberts Schalk Brits Schalk Burger Damian de Allende Lood de Jager Bismarck du Plessis Jannie du Plessis Fourie du Preez Eben Etzebeth Bryan Habana Jesse Kriel Pat Lambie Willie le Roux Francois Louw Frans Malherbe Victor Matfield Tendai Mtawarira Lwazi Mvovo Trevor Nyakane Coenie Oosthuizen Rudy Paige Ruan Pienaar JP Pietersen Handré Pollard Morné Steyn Adriaan Strauss Duane Vermeulen Heyneke Meyer (afrigter) Pieter-Steph du Toit Zane Kirchner Siya Kolisi WÊRELDBEKER-UITHAALGIDS Hendrik Cronjé E astbourne (Engeland). – Vanweë die geweldige uittog van Suid-Afrikaan- se spelers én afrigters na Ja- pan, het rugby in dié land se- dert 2011 se Wêreldbeker-toer- nooi in Nieu-Seeland ’n gedaanteverwisseling onder- gaan. Só sê Jean de Villiers, die Springbok-kaptein, aan die vooraand van Suid-Afrika se eerste wedstryd in vanjaar se skouspel. De Villiers-hulle pak die Bra- ve Blossoms Saterdag in die Brighton-stadion in ’n kragme- ting in Groep B en volgens dié veteraan-senter durf die manne in Groen en Goud dié kapokkie nie onderskat nie. Volgens De Villiers is hy en sy spanmaats veral deeglik be- wus van die positiewe invloed wat Bokke soos Fourie du Preez, Heinrich Brüssow, Elton Jantjies, Andries Bekker, JP Pie- tersen en Jaque Fourie – ’n paar van die groot name wat die afgelope paar jaar hul heil in die Ooste gesoek het – op Ja- panse rugby gehad het. “Hulle is vir seker ’n sterker span as wat die geval in 2011 was,” het De Villiers gister, kort ná die Bokke se aankoms in Engeland, aan Rapport gesê. “Ek dink ouens soos Fourie- hulle het terselfdertyd daar iets geleer én waardevolle ervaring opgedoen. “Hulle het uiteraard ook hul ervaring met die spelers daar gedeel. Japan het in Eddie Jo- nes ’n goeie afrigter en ons sal hulle beslis nie onderskat nie.” Verskeie van Du Preez se spanmaats by Suntory Sungo- liath sal Saterdag van sy teen- standers wees en dus het hy eersterangse ervaring van Ja- pan se moontlike swak- en sterkpunte. Vanweë die sterk jen, sal Ja- pan altyd ’n aanloklike keuse vir Bok-spelers wees. Drie spe- lers wat nog deur die Bokke in vanjaar se Wêreldbeker-toer- nooi hier in Brittanje betrek kan word – Frans Steyn, Lionel Mapoe en Jantjies – is juis tans in Japan waar hulle saam met hul onderskeie klubspanne voorberei. Nóg ’n Suid-Afrikaner wat moontlik deur die Bokke ont- bied kan word as ’n losvoor- speler beseer raak, Marcell Coetzee, het ook vroeër ’n kontrak met ’n Japanse span gesluit en sal binnekort sy rug- by daar speel, sodra hy ten volle van ’n kniebesering her- stel het. “Ons wil die eerste wedstryd teen Japan gebruik om mo- mentum vir die res van die toernooi op te bou,” het De Villiers vroeër aan Christo Buchner gesê. “Dis nodig dat ons ’n verto- ning lewer wat ons met selfver- troue vir die res van die toer- nooi sal vul. “Vir ons is dit belangrik om sommer uit die staanspoor te wys waartoe ons in staat is. Daarom kan ons nie poer-poer en dinge aanvanklik rustig be- nader nie. “Ons moet van daardie eer- ste oomblik af soos ’n span speel wat die kampioen kan word. “Ons wil sommer teen Japan al gemaklik met ons strukture voel en dinge doen soos wat ons dit in ’n eindstryd sal moet uitvoer.” De Villiers meen ook dit sal belangrik vir spelers soos hy- self en van die ander beseer- des wees – wat ’n geruime tyd buite aksie was – om waarde- volle wedstrydoefening te kry. “Ek is nie by die spankeuses betrokke nie en kan my dus nie uitlaat oor hoe die span teen Japan gaan lyk nie,” sê hy. ) Die Bok-afrigter, Heyneke Meyer, het bevestig dat hy die Japanners se laaste paar wed- stryd “met groot belangstelling dopgehou” het. Hy is ook deeglik bewus dat Japan se wedstrydskerpheid – vanweë sy onlangse wedstryde – beter as Suid-Afrika s’n sal wees. Die Bokke se laaste kragme- ting was op 15 Augustus in Buenos Aires teen Argentinië. “Ons is besig om die Japan- ners se wedstryde te ontleed. Ons weet hulle speel hul rugby teen ’n vinnige tempo. Geluk- kig het baie van ons spelers al teen hulle gespeel en weet ons dus wat om te verwag,” sê Meyer. Jones-hulle sal egter bekom- merd wees oor al die ‘Bok-spi- oene’ wat tans in Japan afrig en name soos Allister Coetzee, Os du Randt, Jimmy Stonehou- se en Albert van den Berg in- sluit. Japan het Saterdagmiddag in Brighton geoefen en Jones het reeds vroeër gesê sy span se Wêreldbeker-veldtog sal as suk- sesvol beskou word as hy tot die kwarteindstryd kan deur- dring. Maklik sal dit beslis nie vir Jones-hulle wees nie, aangesien Skotland ook in Groep B saam met Samoa, die Bokke en die VSA is. Die Bokke is die gunsteling om bo-aan Groep B se punte- leer te eindig en vir ’n moontli- ke kwarteindstryd op Twicken- ham teen waarskynlik Enge- land of die Wallabies te kwalifiseer. ) ) De Villiers meen Japan is nou veel sterker as in 2011 se toernooi ) ) ‘Bok-spioen’ Du Preez moet Jones se geheime verklap voor stryd ‘‘ Japan het in Eddie Jones ’n goeie af- rigter en ons sal hulle beslis nie on- derskat nie. Sportredaksie Japan was wel nog net een keer in 24 Wêreldbeker-wedstryde aan die wenkant, maar dié span se afrigter, Eddie Jones, glo van- jaar se veldtog sal aansienlik meer vreugde oplewer. Jones, wat volgens gerugte ná die Wêreldbeker-toernooi die Stormers se breier gaan word, het aan die amptelike WB-web- tuiste gesê die Japanners is posi- tief nadat hul voorbereiding vir hul agtste Wêreldbeker-toernooi – wat Saterdag met ’n groot uit- daging teen die Springbokke be- gin – volgens plan verloop het. “Ons het hard aan die vaste fa- sette gewerk en is nou besig om ’n paar klein probleempies in ons agterlyn uit te stryk. Die kommunikasie in die span is goed en dis duidelik dat die spe- lers gefokus is,” sê Jones. Volgens hom hoop die Ooster- linge om persepsies oor hulle by vanjaar se toernooi te verander. “Die media is oor die alge- meen nie positief oor Japanse rugby nie. Ek onthou ons het twee jaar gelede ’n wedstryd teen die All Blacks gereël en die eerste vraag wat ek daaroor ge- kry het, was: ‘Waarom reël jy hierdie wedstryd? Dit kan net die reputasie van Japanse rugby skaad’. “Ons taak by hierdie Wêreld- beker-toernooi is om aan almal te wys Japan kán ’n geagte rug- bynasie word.” Japan se voorspeler-afrigter, Steve Borthwick, het aan Sky Sports gesê die span wil sy men- se by die huis trots maak en in- spireer. “Ons probeer ’n groot oomblik in die geskiedenis van Japanse rugby skep,” sê Borthwick. “Ons vertoningslys in Wêreld- beker-toernooie is nie goed nie – trouens dis eintlik aaklig. “Daarom wil ons dié keer ’n goeie toernooi hê, want nie net wil ons onsself en die land trots maak nie, ons moet ook die vol- gende generasie spelers in Japan inspireer.” – Jean de Villiers Eddie-hulle het reuse-opskudding in visier Eddie Jones

Wbr2015 uithaalgids

  • Upload
    beeld

  • View
    254

  • Download
    14

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Rapport-Sport: WBR-Uithaalgids

Citation preview

Page 1: Wbr2015 uithaalgids

13 September 2015 Rapport Sport 1

Hoop van ’n nasieHoop van ’n nasie

Jean  de  Villiers  (k) Willem  Alberts Schalk  Brits  Schalk  Burger  Damian  de  Allende Lood  de  Jager  Bismarck  du  Plessis  Jannie  du  Plessis 

Fourie  du  Preez  Eben  Etzebeth  Bryan  Habana  Jesse  Kriel  Pat  Lambie 

Willie  le  Roux  Francois  Louw  Frans  Malherbe Victor  Matfield Tendai  Mtawarira  Lwazi  Mvovo  Trevor  Nyakane Coenie  Oosthuizen 

Rudy  Paige  Ruan  Pienaar JP  Pietersen  Handré  Pollard  Morné  Steyn Adriaan  Strauss  Duane  Vermeulen  Heyneke  Meyer  (afrigter)

Pieter­Steph  du  Toit  Zane  Kirchner  Siya  Kolisi 

WÊRELDBEKER­UITHAALGIDS

Hendrik  Cronjé

Eastbourne (Engeland). –Vanweë die geweldigeuittog van Suid-Afrikaan-

se spelers én afrigters na Ja-pan, het rugby in dié land se-dert 2011 se Wêreldbeker-toer-nooi in Nieu-Seeland ’n gedaanteverwisseling onder-gaan.

Só sê Jean de Villiers, die Springbok-kaptein, aan die vooraand van Suid-Afrika se eerste wedstryd in vanjaar se skouspel.

De Villiers-hulle pak die Bra-ve Blossoms Saterdag in die Brighton-stadion in ’n kragme-ting in Groep B en volgens dié veteraan-senter durf die manne in Groen en Goud dié kapokkie nie onderskat nie.

Volgens De Villiers is hy en sy spanmaats veral deeglik be-wus van die positiewe invloed

wat Bokke soos Fourie du Preez, Heinrich Brüssow, Elton Jantjies, Andries Bekker, JP Pie-tersen en Jaque Fourie – ’n paar van die groot name wat die afgelope paar jaar hul heil in die Ooste gesoek het – op Ja-panse rugby gehad het.

“Hulle is vir seker ’n sterkerspan as wat die geval in 2011 was,” het De Villiers gister, kort ná die Bokke se aankoms in Engeland, aan Rapport gesê.

“Ek dink ouens soos Fourie-hulle het terselfdertyd daar iets geleer én waardevolle ervaring opgedoen.

“Hulle het uiteraard ook hulervaring met die spelers daar gedeel. Japan het in Eddie Jo-nes ’n goeie afrigter en ons sal hulle beslis nie onderskat nie.”

Verskeie van Du Preez se spanmaats by Suntory Sungo-liath sal Saterdag van sy teen-standers wees en dus het hy

eersterangse ervaring van Ja-pan se moontlike swak- en sterkpunte.

Vanweë die sterk jen, sal Ja-pan altyd ’n aanloklike keuse vir Bok-spelers wees. Drie spe-lers wat nog deur die Bokke in vanjaar se Wêreldbeker-toer-nooi hier in Brittanje betrek kan word – Frans Steyn, Lionel Mapoe en Jantjies – is juis tans in Japan waar hulle saam met hul onderskeie klubspanne voorberei.

Nóg ’n Suid-Afrikaner wat moontlik deur die Bokke ont-bied kan word as ’n losvoor-speler beseer raak, Marcell Coetzee, het ook vroeër ’n kontrak met ’n Japanse span gesluit en sal binnekort sy rug-by daar speel, sodra hy ten volle van ’n kniebesering her-stel het.

“Ons wil die eerste wedstrydteen Japan gebruik om mo-

mentum vir die res van die toernooi op te bou,” het De Villiers vroeër aan Christo Buchner gesê.

“Dis nodig dat ons ’n verto-ning lewer wat ons met selfver-troue vir die res van die toer-nooi sal vul.

“Vir ons is dit belangrik omsommer uit die staanspoor te wys waartoe ons in staat is. Daarom kan ons nie poer-poer en dinge aanvanklik rustig be-nader nie.

“Ons moet van daardie eer-ste oomblik af soos ’n span speel wat die kampioen kan word.

“Ons wil sommer teen Japanal gemaklik met ons strukture voel en dinge doen soos wat ons dit in ’n eindstryd sal moet uitvoer.”

De Villiers meen ook dit salbelangrik vir spelers soos hy-self en van die ander beseer-des wees – wat ’n geruime tyd buite aksie was – om waarde-

volle wedstrydoefening te kry. “Ek is nie by die spankeuses

betrokke nie en kan my dus nie uitlaat oor hoe die span teen Japan gaan lyk nie,” sê hy.

) Die Bok-afrigter, HeynekeMeyer, het bevestig dat hy die Japanners se laaste paar wed-stryd “met groot belangstelling dopgehou” het.

Hy is ook deeglik bewus datJapan se wedstrydskerpheid – vanweë sy onlangse wedstryde – beter as Suid-Afrika s’n salwees.

Die Bokke se laaste kragme-ting was op 15 Augustus in Buenos Aires teen Argentinië.

“Ons is besig om die Japan-ners se wedstryde te ontleed. Ons weet hulle speel hul rugby teen ’n vinnige tempo. Geluk-kig het baie van ons spelers al teen hulle gespeel en weet ons dus wat om te verwag,” sê Meyer.

Jones-hulle sal egter bekom-merd wees oor al die ‘Bok-spi-oene’ wat tans in Japan afrig en name soos Allister Coetzee, Os du Randt, Jimmy Stonehou-se en Albert van den Berg in-sluit.

Japan het Saterdagmiddag inBrighton geoefen en Jones het reeds vroeër gesê sy span se Wêreldbeker-veldtog sal as suk-sesvol beskou word as hy tot die kwarteindstryd kan deur-dring.

Maklik sal dit beslis nie vir Jones-hulle wees nie, aangesien Skotland ook in Groep B saam met Samoa, die Bokke en die VSA is.

Die Bokke is die gunsteling om bo-aan Groep B se punte-leer te eindig en vir ’n moontli-ke kwarteindstryd op Twicken-ham teen waarskynlik Enge-land of die Wallabies te kwalifiseer.

)) De Villiers meen Japan is nou veel sterker as in 2011 se toernooi

)) ‘Bok-spioen’ Du Preez moet Jones se geheime verklap voor stryd

‘‘ Japan het in Eddie Jones ’n goeie af-rigter en ons sal hulle beslis nie on-derskat nie.

Sportredaksie

Japan was wel nog net een keer in 24 Wêreldbeker-wedstryde aan die wenkant, maar dié span se afrigter, Eddie Jones, glo van-jaar se veldtog sal aansienlik meer vreugde oplewer.

Jones, wat volgens gerugte nádie Wêreldbeker-toernooi die Stormers se breier gaan word, het aan die amptelike WB-web-tuiste gesê die Japanners is posi-tief nadat hul voorbereiding vir

hul agtste Wêreldbeker-toernooi – wat Saterdag met ’n groot uit-daging teen die Springbokke be-gin – volgens plan verloop het.

“Ons het hard aan die vaste fa-sette gewerk en is nou besig om ’n paar klein probleempies in ons agterlyn uit te stryk. Die kommunikasie in die span is

goed en dis duidelik dat die spe-lers gefokus is,” sê Jones.

Volgens hom hoop die Ooster-linge om persepsies oor hulle by vanjaar se toernooi te verander.

“Die media is oor die alge-meen nie positief oor Japanse rugby nie. Ek onthou ons het twee jaar gelede ’n wedstryd

teen die All Blacks gereël en die eerste vraag wat ek daaroor ge-kry het, was: ‘Waarom reël jy hierdie wedstryd? Dit kan net die reputasie van Japanse rugby skaad’.

“Ons taak by hierdie Wêreld-beker-toernooi is om aan almal te wys Japan kán ’n geagte rug-

bynasie word.”Japan se voorspeler-afrigter,

Steve Borthwick, het aan Sky Sports gesê die span wil sy men-se by die huis trots maak en in-spireer.

“Ons probeer ’n groot oomblikin die geskiedenis van Japanse rugby skep,” sê Borthwick.

“Ons vertoningslys in Wêreld-beker-toernooie is nie goed nie – trouens dis eintlik aaklig.

“Daarom wil ons dié keer ’n goeie toernooi hê, want nie net wil ons onsself en die land trots maak nie, ons moet ook die vol-gende generasie spelers in Japan inspireer.”

– Jean de Villiers

Eddie-hulle het reuse-opskudding in visier

Eddie  Jones

Page 2: Wbr2015 uithaalgids

2 Sport Rapport 13 September 2015

AUSTRALIË

Ranglysplek:  2Afrigter:  Michael  Cheika

Kaptein:  StephenMoores

Vorige toernooie:  7Beste:  Wenner  (1991,  1999)

Sterspeler:  Israel  Folau  (links)Het  jy  geweet?  Die  puntever­

skil  in  die  Aussies  se  weghol­sege  van  142­0  in  ’n  groep­wedstryd  in  2003  teen  Na­mibië  is  die  grootsteWêreldbekersege  nóg.

Twitter:  @QantasWalla­bies

Ranglysplek:  9Afrigter: 

John  McKeeKaptein: 

Akapusi  QeraVorige

toernooie:  6Beste:  Kwarteindron­

de  (1987,  2007)Sterspeler:

Niki  GonevaHet  jy  ge­

weet?  Fidjihet  in  2011met  ’n  ysli­ke  66  pun­te  teenWallis  ver­loor,  nadathy  die

Drake  netvier  jaar

vroeër  geklop  het.Twitter:  @FijiRugby

ENGELAND

Ranglysplek:  4Afrigter:  Stuart  LancasterKaptein:  Chris  RobshawVorige  toernooie:  7Beste:  Wenner  (2003)Sterspeler:  Jonathan  Joseph (regs)Het  jy  geweet?  24  jaar  het verloop  sedert  die  Engelse  (in 1991)  laas  ’n  Wêreldbekerwed­stryd  teen  Australië  verloor het.Twitter:  @EnglandRugby

WALLIS

Ranglysplek:  5Afrigter: Warren  GatlandKaptein: Sam  WarburtonVorige  toernooie:  7Beste:  Halfeindronde  (2011)Sterspeler:  George  NorthHet  jy  geweet?  North  was  net  19  jaar en  166  dae  oud  toe  hy  in  2011  twee drieë  teen  Namibië  gedruk  het.  Dié kragtige  vleuel  het  só  die  jongste  drie­drukker  in  die  geskiedenis  van  Wêreld­beker­rugby  geword.Twitter:  @WelshRugbyUnion

URUGUAY

Ranglysplek:  19Afrigter: Pablo  LemoineKaptein: Nicolás  KlappenbachVorige  toernooie:  2Beste:  Groepronde (1999,  2003)Sterspeler:  Augustin OrmaecheaHet  jy  geweet? Uruguay  het  al 45  keer  teen  Ar­gentinië  gespeel –  sonder  ’n  sege.Twitter:@RugbyUruguay

GROEP  A

Ranglysplek:  3Afrigter:

HeynekeMeyer

Kaptein:  Jean  de  VilliersVorige  toernooie:  5Beste:  Wenner  (1995,  2007)

Sterspeler:  Victor  Matfield(links)Het  jy  geweet?  Die  Spring­bokke  het  ’n  wenpersentasievan  86%  in  Wêreldbekerwed­stryde  –  beter  as  enige  ander

span.Twitter:@BokRugby

SAMOA

Ranglysplek:  12Afrigter:  Stephen  BethamKaptein:  Ofisa  TreviranusVorige  toernooie:  6Beste:  Kwarteindronde(1991,  1995)

Sterspeler:  Ken  PisiHet  jy  geweet?  In  2007

se  Wêreldbekertoer­nooi  was  daar  14Nieu­Seelandse  spe­lers  in  die  Samoaanse

span  en  vyf  Samoaansespelers  in  die All  Black­span.

Twitter:@Ma­nuSamoa

SKOTLAND

Ranglysplek:  10Afrigter: Vern  CotterKaptein: Greig  LaidlawVorige  toernooie:  7Beste:  Kwarteindronde  (1987, 1995,  1999,  2003,  2007)Sterspeler:  Stuart  Hogg (regs)

JAPAN

Ranglysplek:  13Afrigter:  Eddie  JonesKaptein:  Michael  LeitchVorige  toernooie:  7Beste:  Groepronde  (1987, 1991,  1995,  1999,  2003, 2007,  2011)Sterspeler:  LeitchHet  jy  geweet?  Japan  is die  enigste  span  wat  al meer  as  1 000  Wêreld­bekerpunte  afgestaan het  –  ’n  gemiddeld van  48  punte  per kragmeting.Twitter: @JRFU­Rugby

SUID­AFRIKA

VSA

Ranglysplek:  15Afrigter:  Mike  TolkinKaptein:  Chris  WylesVorige  toernooie:  6Beste:  Groepronde  (1987, 1991,  1999,  2003,  2007, 2011)Sterspeler: Samu  ManoaHet  jy  geweet? Twee  van  die   Eagles  se  drie  Wê­reldbekeroorwinnings was  oor  Japan,  een  van  hul Groep  B­teenstanders  vanjaar.Twitter:  @USARugby

Het  jy  geweet?  Ga­vin  Hastings  hou  die

rekord  vir  die  meestestrafdoele  in  ’n  Wêreldbe­

kerwedstryd  –  agt  teen  Ton­ga  in  1995.Twitter:@ScotlandTeam

WÊRELDBEKER­UITHAALGIDS

GROEP  B

Die grootste swakheid van Springbok-rugby is die oor-drewe verknogtheid aan struktuur en die vrees om kanse te waag. Dis, gelukkig vir die Springbokke, ook die grootste swakheid van die Wêreldbekertoernooi – dis einste die soort spel wat die formaat aanmoedig.

11 Wêreldbeker­bondgenoot

Ervaring33

Die All Blacks hoef net op te daag om die toernooi te wen, is die algemene gevoel wêreldwyd. Maar dit láái die druk op Nieu-Seeland en die Kiwi’s moes ook plek-plek beter spelers tuis los ter wille van bestendig-heid.

Die  verrassingselement44

Feitlik niks is so gevaarlik soos ’n Suid-Afrikaner wat een keer te veel gehoor het hy’s sleg en staan g’n kans in ’n groot toernooi nie. Groter as die Wêreldbe-ker raak dit nie en die Bokke het boonop die laaste ruk gereeld van die doemprofete gehoor . . .

Wat mense jou ook al van die Bokke se loting vertel: hulle kon nie ’n beter groep getrek het nie. Hulle sal vier keer moet vinger trek son-der om werklik ’n nederlaag hoef te vrees.

Desperaatheid55

66

Die grusaamheid van die Bokke se pak slae teen die Poemas in Durban het almal – hul teenstanders waar-skynlik inkluis – blind gemaak vir hoe amper-amper Groen en Goud in die toetse teen Australië en Nieu-Seeland ’n kwantumsprong gemaak het.

Die Bokke het ’n wilde heelagter (in Willie le Roux) én ’n té bestendige ene (in Zane Kirchner). En twee soorte losskakels. Om jou spel by die dag aan te pas, behoort g’n probleem te wees nie – veral nie met soveel veelsydige voorspelers nie.

Begin jy met De Jager en Kriel enbring jy Matfield en De Villiers op

om kalmte te bring? Of andersom?Of ietsie van albei? Heyneke Meyer

het baie talent wat hy op baie ma-niere kan gebruik.

AanpasbaarheidPlaasvervangersbank

’n  Nuwe  dimensie77

88 99

Die toernooi stel spanne aan groter druk bloot as waaraan hulle andersins gewoond is. Party verwelk in die kalklig, maar die Bokke het hardebaarde soos Vic-tor Matfield, Schalk Burger en Fourie du Preez, wat weet hoe om koelkop te bly as dit warm word.

22 Jeug

Hendrik  Cronjé

Eastbourne (Engeland). – Met die ga-ping tussen die agt voorste spanne wat sedert 2011 se Wêreldbeker-toernooi verklein het, sal skeidsregters se beslis-sings ’n belangrike sê in vanjaar se rug-byskouspel in Brittanje hê.

Beslissings by skrums, wat as ’n grys-gebied beskou word en waar dit dik-wels voorkom of blasers raai, kan span-ne se welslae eindelik in vanjaar se toernooi bepaal.

Skeidsregters, veral dié van die Noor-delike Halfrond, blaas die reëls verskil-lend en spanne wat sukkel om hul daarby aan te pas, kan vroeg huis toe gestuur word.

Die veelsydige voorryman van die Bokke, Coenie Oosthuizen, sê met ’n breë glimlag dat “skrumreëls maar altyd skrumreëls sal bly.

“Iemand sal uiteindelik altyd ongeluk-kig wees,” het Oosthuizen aan Rapport gesê.

“Skrums is dikwels 50/50-besluite, maar geen blaser neem doelbewus ’n verkeerde besluit nie.

“Hy neem die besluit wat hy meen opdaardie oomblik die regte een is.”

Oosthuizen sê dis die spelers se ver-antwoordelikheid om hul reëls te ken en aan te pas by wat die verskillende skeidsregters van hulle verlang.

“ ’n Geringe besluit deur ’n blaser kan uiteindelik vir jou ’n Wêreldbeker wen of verloor. Ons is gereed daarvoor.”

Die Bokke is ook voorbereid op skrumwerk in Europese toestande.

“Ons besef die veld skuif makliker on-der jou voete. Ons het aan verskeie skrumstrategieë gewerk, veral wat ons voetposisies betref,” het Oosthuizen ge-sê.

“Ons het alle moontlike scenarios probeer ontleed en sal voorbereid op Europese toestande wees.”

Die Bokke is in die bevoorregte posi-sie dat hul skrum-afrigter, Pieter de Vil-liers, die meeste van sy rugby in Euro-pa gespeel het en goeie raad aan die Bok-stutte sal uitdeel.

Die Bokke se eerste groepwedstryd isSaterdag in Brighton teen Japan. Oost-huizen meen hy en sy spanmaats het reeds hul huiswerk gedoen en die

Fransman Jerome Garces se fluitjie be-hoort nie ’n wesenlike invloed op die spel in dié kragmeting in Groep B te hê nie.

“Die Japanners kan skrum. Hulle is dalk nie in die publieke oog soos die ander toplande nie, maar een ding wat hulle kán doen, is skrum.

“Hulle is ’n fisieke en aanvallende span. Hulle hou daarvan om reg op jou af te hardloop.

“Ons sal hulle nie onderskat nie – hul-le skrum net so goed soos enige ander span.”

) Die Suid-Afrikaner Jaco Peyper salVrydag in Londen die skeidsregter in die eerste wedstryd van vanjaar se Wê-reldbeker-toernooi – tussen Engeland en Fidji – wees.

Sy landgenote Stuart Berry en ShaunVeldsman sal onderskeidelik een van sy assistent-skeidsregters en TV-skeidsreg-ter wees.

Peyper en nog ’n Suid-Afrikaner, Craig Joubert, sal elk in vier groepwed-stryde blaas. Joubert se eerste wedstryd is Saterdag op Twickenham, wanneer Frankryk en Italië mekaar pak.

Coenie, spanmaats ‘nie bekommerd’ oor Fransman se fluitjie

SÓ  VAAR  BOKKE  ONDER  WB­BLASERS

Jerome  Garces  (Frankryk)Blaas:  SA  t.  JapanToetse:  5Bokke  wen:  3Bokke  verloor:  2Wenpersentasie:  60%

FIDJI

Damian de Allende en Jesse Kriel (regs) het, as bloedjong senterpaar, die tonge só los gehad dat gans te min bohaai ge-maak is oor die bloedjong slotpaar van Eben Etzebeth en Lood de Jager, po-tensieel Suid-Afrika se beste nog. Ek glo rugby word ge-woonlik deur nommers vier tot sewe gewen.

Die  loting

LOUIS  DE  VILLIERS  VOORSPEL:  DAAROM  SAL  BOKKE  SEËVIER . . . 

Wayne  Barnes  (Engeland)Blaas:  SA  t.  SamoaToetse:  10Bokke  wen:  7Bokke  verloor:  3Wenpersentasie:  70%

Nigel  Owens  (Wallis)Blaas:  SA  t.  SkotlandToetse:  12Bokke  wen:  7Bokke  verloor:  5Wenpersentasie:  58%

Pascal  Gauzere  (Frankryk)Blaas:  SA  t.  VSAToetse:  2Bokke  wen:  2Bokke  verloor:  0Wenpersentasie:  100%

Page 3: Wbr2015 uithaalgids

13 September 2015 Rapport Sport 3

Heinz  Schenk

Schalk Brits bring niegoeie tyding vir aanhangers

van hardlooprugby nie: daargaan volgens hom nie veel daar-

van in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi gespeel word nie.“Ek weet dit is nie wat ondersteu-

ners wil hoor nie, maar ’n speler wat met die bal hardloop, sal waarskynlik ’n rare verskynsel wees,” het dié veteraan-haker, wat sedert 2009 vir die Engelse reus Saracens speel, die afgelope week

in Johannesburg gesê.“Spanne wat suksesvol in Brittanje se

toestande gaan wees, is die spanne wat hulle daarop toespits om gebiedsvoor-deel te wen.

“As jy besit in jou eie halfgebied gaanbehou en ’n fout begaan, sal dit jou drie punte kos. Dis die harde werklik-heid.

“Spanne is só bang om foute te be-gaan dat sogenaamde kleiner teenstan-ders langer mededingend in wedstryde kan bly. Daarom sien jy nie sommer oorwinnings van 50-12 in ’n Wêreldbe-ker-toernooi nie,” sê Brits.

“Seges sal nie groot wees nie en daar-om is dit belangrik vir spanne om hul-self nie té veel te steur aan hoe oortui-gend ’n oorwinning op die telbord lyk nie. Al wat saak maak, is om te wen.”

Die 34-jarige boorling van Empangenisê hy moes self aanvanklik sy natuurlike

aanvallende ingesteldheid inperk om by toestande in die Noordelike Halfrond. aan te pas.

En hy glo sy Bok-spanmaats is almaldaartoe in staat om dit ook in die Wê-reldbeker-toernooi te doen.

“Natuurlik. Daar is baie talent en er-varing in ons groep. Veelsydigheid word deur die afrigtingspan hoog geag en ons wil graag aanpasbaar wees,” het Brits bygevoeg.

Tog beteken dit nie spanne moet skrikkerig wees om nou en dan ’n kans op die aanval te waag nie, want toe-stande – veral aan die begin van die toernooi – sal moontlik aangenaam wees.

“Ons Bokke is daaraan gewoond omin November in die Noorde te gaan toer en dan kry jy omtrent nét gure weer. Hierdie tyd van die jaar is daar egter ook heelwat mooi dae.”

Ranglysplek:  1Afrigter:  Steve  Hansen

Kaptein:  Richie  McCawVorige  toernooie:  7

Beste:  Wenner  (1987,  2011)Sterspeler:  McCaw  (links)

Het  jy  geweet?  Die  All  Blacks  het  ’n  driein  elk  van  hul  laaste  19  Wêreldbe­

kerwedstryde  gedruk  –  ’n  rekordwat  in  2003  begin  het.Twitter:  @AllBlacks

NIEU­SEELAND

NAMIBIË

Ranglysplek:  20Afrigter:  Phil  Davies

Kaptein: Jacques  Burger

Vorige  toernooie:  4Beste:  Groepronde  (1999,  2003,  2007, 

2011)Sterspeler:  BurgerHet  jy  geweet?  Die  Welwitschias  het meer  agtereenvolgende  Wêreldbe­

ker­nederlae  (15)  as  enigeander  land  tot  nog

toe.

Ranglysplek:8

Afrigter:Daniel  Hourcade

Kaptein:Agustin  Creevy

Vorige  toernooie:  7Beste:  Derde  plek  (2007)

Sterspeler:  Juan  Imhoff  (links)Het  jy  geweet?  Die  Poemas  was  in2008  derde  op  die  wêreldranglys  –danksy  skokseges  oor  Frankryk  en

Ierland  in  2007  se  Wêreldbeker.Twitter:  @UnionArgentina

GEORGIË

Ranglysplek:  16Afrigter:  Milton  Haig

Kaptein:  Irakli  MachkhaneliVorige  toernooie:  3

Beste:  Groepronde(2003,  2007,  2011)

Sterspeler: Mamuka  Gorgodze

Het  jy  geweet?  Geor­gië  se  grootste  Wê­reldbekeroorwinning

was  in  2003  oor  Na­mibië,  toe  die  Oos­Eu­ropeërs  met  30­0  ge­seëvier  het.Twitter:@Geor­gia­

Rug­by

TONGA

Ranglysplek:  11Afrigter:

Mana  OtaiKaptein:  Nili  LatuVorige  toernooie:  6Beste:  Groepronde  (1987,  1995, 1999,  2003,  2007,  2011)Sterspeler:  Fetu’u  VainikoloHet  jy  geweet?  Tonga  lewer  ’n reuse­opskudding  deur  Frankryk in  2011  se  Wêreldbeker  te  klop en  sodoende  ’n  plek  in  die  uit­klopronde  net­net  mis  te loop. Twitter:  @Offi­cialTongaRU

IERLAND

Ranglysplek:  6Afrigter:  Joe  Schmidt

Kaptein:  Paul  O’ConnellVorige  toernooie:  7

Beste:  Kwarteindronde  (1987,  1991,  1995,  2003,  2011)Sterspeler:  Johnny  Sexton  (links)

Het  jy  geweet?  Ierland  en  Italië  is  die  enigste  van  die  soge­naamde  “groot”  rugbylande  wat  nog  nooit  die  halfeindrondevan  die  Wêreldbeker­toernooi  kon  haal  nie. Twitter:  @IrishRugby

KANADA

Ranglysplek: 18Afrigter: Kieran  CrowleyKaptein: Tyler  ArdronVorige  toernooie:  7Beste:  Groepronde  (1987, 1991,  1995,  1999,  2003, 2007,  2011)Sterspeler:  Jeff  HasslerHet  jy  geweet?  Die  Wê­reldbeker  in  2007  was  die enigste  waarin  Kanada  nie een  wedstryd  kon  wen  nie. Twitter:  @RugbyCanada

ITALIË

Ranglysplek:  14Afrigter:  Jacques  BrunelKaptein:  Sergio  ParisseVorige  toernooie:  7

Beste:  Groepronde  (1987,1991,  1995,  1999,  2003,  2007,

2011)Sterspeler:

GiovanbattistaVenditti

Het  jy  geweet?  FabioOngaro  van  die  Azzurri  is

die  speler  wat  al  die  meestegeelkaarte  (3)  in  Wêreldbeker­

rugby  ontvang  het.Twitter:  @federugby

FRANKRYK

Ranglysplek:  7Afrigter:  Philippe  Saint­André

Kaptein:  Thierry  DusautoirVorige  toernooie:  7

Beste:  Naaswenner  (1987,  1999,  2011)Sterspeler:  Wesley  Fofana  (regs)

Het  jy  geweet?  Geen  ander  span  hetmeer  Wêreldbekerwedstryde  asFrankryk  (en  Nieu­Seeland)  se  43gespeel  nie. 

Twitter:  @rugby_France

ROEMENIË

Ranglysplek:  17Afrigter:  Lynn  HowellsKaptein:  Mihai  MacoveiVorige  toernooie:  7Beste:  Groepronde  (1987,  1991,  1995, 1999,  2003,  2007,  2011)Sterspeler:  MacoveiHet  jy  geweet?  Roemenië  het  die  min­ste  punte  nóg  in  ’n  Wêreldbekerveldtog aangeteken  –  14  in  1995  se  toernooi. Twitter:  @rugbyromania

GROEP  DGROEP  C

Die Springbokke was in 2011 heelmoontlik die beste span in die Wêreld-bekertoernooi (in 2007 was dit waar-skynlik die All Blacks), maar hulle hetnét-nét te veel ou ballies in hul geledere

gehad om uiteindelik die trofee te buit.Die probleem is: die meeste van diéspelers is vier jaar later wéér in die

span.

In sleutelposisies is Suid-Afrika se gebrek aan ervaring die afgelope paar maande lelik aan die kaak gestel. Daar is veral gesukkel om die pas van ’n wedstryd te bestuur. Ironies genoeg is Rudy Paige die een opko-mende skrumskakel wat dit kán doen.

Jean de Villiers, Duane Vermeulen,Fourie du Preez, Jan-nie du Plessis, Fran-cois Louw. Dis nouvir jou vyf spelersvan wêreldgehalte.Maar daar’s baie

rugbylose maandetussen hulle. Is al die

skete regtig reg?

Dis smartlik, maar Nieu-Seeland is die laaste jaar of 30 gewoonlik beter as Suid-Afrika. Dié is dalk net die beste All Black-span nog, dalk die beste rugbyspan nog. Jy moet hoop sy bioritmes is af as jy die dag teen hom moet speel.

Daar was lang (en heelwat) oe-fenkampe en Namibië het teen die

Bokke kom litte losmaak. Maar mylieflike moederland is ook nou nie

eintlik die ene om jou rugbytande teen te slyp as die moeilikste Wêreld-

beker-toernooi van alle tye op jou span wag nie.

Jy sou raai die stadiger, patroonmatiger rugby wat die swaarder velde van Europa vra, sou die Bokke pas, maar aikôna. Hul vertonings in die Britse Eilande is die afgelope eeu niks om oor te spog nie en slae teen Ierland en Wallis was op hul laaste toer onrusbarend.

Te  veel  ou  manne . . . 

Die  All  Blacks

. . . en  te  veel  jongelinge

Min  voorbereiding

Beserings

Noordelike  Halfrond

Ja, die groep waarin hulle afskop, is lamlendig genoeg dat ’n mens daarop kan staatmaak dat die Bokke on-oorwonne anderkant sal uitkom. Wat beteken die naasbeste van Engeland, Wallis en Australië wag en daarna waarskynlik Nieu-Seeland.

Neutrale buitelanders verseker my niémand kla soveel soos die Suid-Afrikaners nie. Nou’s die ding dat inter-nasionale skeidsregters klaar minder van Argentyne, Franse, Afrikaners en Fidjiane hou – en Suid-Afrika kla die hele goddelike tyd.

Heyneke Meyer (links) het alles haar-fyn beplan, maar dinge het reeds inNovember vir hom begin skeefloop ensy beplanning was dalk té ontbloot.Nou weet hy, in die pylvak van sy

voorbereiding, eerlikwaar nie wiesy beste span op ’n gegewe

Saterdag is nie.

Uitklop­kopsorge

Wie  gaan  begin?

Skeidsregters

11 22

3344

55

6677

88

99

Schalk waarsku oor vonkelwyn-rugby

Schalk  Brits

ARGENTINIË

. . . EN  DÁÁROM  NIE

Heinz  Schenk

Vincent Koch gaan nie toelaat dat 41 minute se kleitrap op die veld sy droomseisoen versuur nie.

Dié beweeglike vaskopstut van die Pu-mas is uitgekryt as een van die son-daars nadat hy ordentlik klippe gekou het teen die Argentynse skrum in die Springbokke se geskiedkundige neder-laag van 25-37 verlede maand in Dur-ban.

Daardie vertoning het hom waarskyn-lik ’n plek in Heyneke Meyer se Wêreld-beker-span gekos.

“Ek tob nie meer oor daai middag nie,” sê Koch aan Rapport.

“Dis maklik om in jou vermoë te be-gin twyfel ná so ’n ervaring. Om eerlik te wees, het ek nie veel rugbylesse ge-leer nie. Ek het eerder een gróót le-wensles geleer – ek wou nie hê een helfte se rugby moet my hele jaar defi-nieer nie.”

Daarom vermy hy nie vrae oor sy slegte dag nie.

“My wedstryd het eintlik voorspoedigbegin. Ek onthou ons het vroeg ’n straf-skop afgedwing, maar van daar af was dit afdraande. Die skeidsregter het my

begin straf, sonder om werklik vir my te verduidelik waarom. Ek het gesien hoe maklik jy beheer kan begin verloor. Dit het gevoel of ek net nie die skeids-regter se fluitjie kon vermy nie,” sê Koch.

Nietemin is die 25-jarige voorryman bemoedig deur die ondersteuning wat hy ná die wedstryd ontvang het.

Pieter de Villiers, die Bokke se skrum-afrigter, het selfs amptelike korrespon-densie aan Wêreldrugby, die internasio-nale beheerliggaam, gerig waarin die af-rigtingspan verduidelikings vir Romain

Poite se beslissings geëis het.“Ek wil dit nie as ’n verskoning ge-

bruik nie, maar dit sê tog iets as jou af-rigters ook nie kon bepaal waarvoor jy gestraf is nie,” sê Koch.

“Een van die dinge wat ek altyd sal koester, is hoe ons as spelers nader aan mekaar gegroei het. Die week ná die nederlaag teen Argentinië was moeilik, want ons moes baie kritiek verduur.”

Hy beskou nie sy weglating uit die Wêreldbeker-groep as ’n terugslag nie – 2015 is immers ’n wipplankrit.

“Ek beleef ’n wonderlike jaar. Ek sounooit kon dink dat ek die Stormers se beginspan sou haal nie, wat nog te sê van ’n Springboktrui dra,” sê Koch.

“Ek is gedrewe en gee nie om om myteikens te verander nie.

“Toe ek saam met (sy Stormers-voor-rymaats) Steven Kitshoff en Scarra Ntu-beni begin speel het, wou ons eers net onsself as ’n kombinasie vestig. In die middel van die veldtog het dinge so goed verloop, ons het toe nasionale plekke begin jaag. Ek moes onverwagse dinge dié jaar hanteer, maar ’n Currie-beker-veldtog saam met die Pumas is beslis nie iets om oor mismoedig te raak nie.”

Vincent tob nie oor skrumles, WB-afjak

‘‘ Ek het eerder een gróót lewensles geleer – ek wou nie hê een helfte se rugby moet my hele jaar definieer nie.

Page 4: Wbr2015 uithaalgids

4 Sport Rapport 13 September 2015WÊRELDBEKER­UITHAALGIDS

18 September, 21:00 – Twickenham, Londen

20 September, 15:30 – Millennium-stadion, Cardiff

23 September, 17:45 – Millennium-stadion, Cardiff

26 September, 21:00 – Twickenham, Londen

27 September, 13:00 – Villa Park, Birmingham

1 Oktober, 17:45 – Millennium-stadion, Cardiff

3 Oktober, 21:00– Twickenham, Londen

6 Oktober, 21:00 – Stadion mk, Milton Keynes

10 Oktober, 17:45 – Twickenham, Londen

10 Oktober, 21:00 – Manchester City-stadion, Manchester

Engeland

Wallis

Australië

Engeland

Australië

Wallis

Engeland

Fidji

Australië

Engeland

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

Fidji

Uruguay

Fidji

Wallis

Uruguay

Fidji

Australië

Uruguay

Wallis

Uruguay

Groep A19 September, 17:45 – Brighton-stadion, Brighton

20 September, 13:00 – Brighton-stadion, Brighton

23 September, 15:30 – Kingsholm-stadion, Gloucester

26 September, 17:45 – Villa Park, Birmingham

27 September, 15:30 – Elland Road, Leeds

3 Oktober, 15:30 – Stadion mk, Milton Keynes

3 Oktober, 17:45 – St. Jamespark, Newcastle

7 Oktober, 17:45 – Olimpiese Stadion, Londen

10 Oktober, 15:30 – St. Jamespark, Newcastle

11 Oktober, 21:00 – Kingsholm-stadion, Gloucester

Suid-Afrika

Samoa

Skotland

Suid-Afrika

Skotland

Samoa

Suid-Afrika

Suid-Afrika

Samoa

VSA

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

Japan

VSA

Japan

Samoa

VSA

Japan

Skotland

VSA

Skotland

Japan

Groep B19 September, 13:00 – Kingsholm-stadion, Gloucester

20 September, 17:45 – Wembley-stadion, Londen

24 September, 21:00 – Olimpiese Stadion, Londen

25 September, 17:45 – Kingsholm-stadion, Gloucester

29 September, 17:45 – Sandy Park, Exeter

2 Oktober, 21:00 – Millennium-stadion, Cardiff

4 Oktober, 15:30 – Leicester City-stadion, Leicester

7 Oktober, 21:00 – Sandy Park, Exeter

9 Oktober, 21:00 – St. Jamespark, Newcastle

11 Oktober, 13:00 – Leicester City-stadion, Leicester

Tonga

Nieu-Seeland

Nieu-Seeland

Argentinië

Tonga

Nieu-Seeland

Argentinië

Namibië

Nieu-Seeland

Argentinië

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

Georgië

Argentinië

Namibië

Georgië

Namibië

Georgië

Tonga

Georgië

Tonga

Namibië

Groep C19 September, 15:30 – Millennium-stadion, Cardiff

19 September, 21:00 – Twickenham, Londen

23 September, 21:00 – Olimpiese Stadion, Londen

26 September, 15:30 – Elland Road, Leeds

27 September, 17:45 – Wembley-stadion, Londen

1 Oktober, 21:00 – Stadion mk, Milton Keynes

4 Oktober, 17:45 – Olimpiese Stadion, Londen

6 Oktober, 17:45 – Leicester City Stadium, Leicester

11 Oktober, 15:30 – Sandy Park, Exeter

11 Oktober, 17:45 – Millennium-stadion, Cardiff

Ierland

Frankryk

Frankryk

Italië

Ierland

Frankryk

Ierland

Kanada

Italië

Frankryk

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

t.

Kanada

Italië

Roemenië

Kanada

Roemenië

Kanada

Italië

Roemenië

Roemenië

Ierland

Groep DBEPALINGS

Tydens die groepronde wordvier punte aan ’n spantoegeken vir ’n sege, twee vir’n gelykopuitslag en geenpunte nie vir ’n nederlaag.

’n Span wat vier of meerdrieë druk, sal ’n bonuspuntontvang – asook ’n span watmet sewe of minder punteverloor.

24 Oktober, 17:00 – Twickenham, Londen

Halfeind 1t.

Wenner van Kwarteind 2Wenner van Kwarteind 1

30 Oktober, 22:00 – Olimpiese Stadion, Londen

Derde Plekt.

Verloorder van Halfeind 2Verloorder van Halfeind 1

31 Oktober, 18:00 – Twickenham, Londen

Eindstrydt.

Wenner van Halfeind 2Wenner van Halfeind 1

25 Oktober, 18:00 – Twickenham, Londen

Halfeind 2t.

Wenner van Kwarteind 4Wenner van Kwarteind 3

17 Oktober, 17:00 – Twickenham, Londen

Kwarteind 1t.

Naaswenner van Groep AWenner van Groep B

17 Oktober, 21:00 – Millennium-stadion, Cardiff

Kwarteind 2t.

Naaswenner van Groep DWenner van Groep C

18 Oktober, 14:00 – Millennium-stadion, Cardiff

Kwarteind 3t.

Naaswenner van Groep CWenner van Groep D

18 Oktober, 17:00 – Twickenham, Londen

Kwarteind 4t.

Naaswenner van Groep BWenner van Groep A

Alle wedstryde wordregstreeks (en in HD) op SS1op SuperSport uitgesaai.

SABC2 sal 36 wedstryde,insluitend 29 wedstryderegstreeks, uitsaai.

Bronne: World Rugby, SuperSport

FRANCHISENAVRAE: Emil Krugmann 082 801 2894. [email protected] . www.ctfm.comFRANCHISENAVRAE: Zandre Coetzee

082 886 5623 . [email protected]

Entrepreneursgees? Kapitaal beskikbaar om te bele?

Die passie om jou eie restaurant te bestuur?

HET JY: NUWESPYSKAART-AANBIEDINGSEPTEMBER 2015

NUWEV00RK0MSSEDERT JAN 2015

NUWE DELI-K0NSEP

RESTAURANT-FRANCHISE-GELEENTHEDE

<

EIE BYDRAE MINSTENSR1M T0T R3M

VENN00TSKAPGELEENTHEDEVANAF R750 000

T0TALE BERAAMDEAANVANGSK0STE

TUSSEN R3M EN R5M

GELEENTHEDELANDWYD BESKIKBAAR

It doesn't get any fresher.

www.ctfm.co.za