Die Basuin 11 NOVEMBER 2018
DIE GEREFORMEERDE KERK PIETERSBURG
EREDIENSTE
VANDAG:
Oggend: 09H00 Aand : Geen
Predikant: Ds. S.P. Venter
Pastorie: 015 296 1840
Sel: 082 809 0222
Epos: [email protected]
Tema 2018 – REFORMEREND VORENTOE
OGGENDEREDIENS Ds. Sarel Venter
Skriflesing Heb. 10: 19 - 25; Op. 5: 6 - 14
Tema God se redding in Christus is ewig
Psalm 146: 1, 8 Psalm 145: 10, 12 Psalm 130: 2, 4 Psalm 31: 15, 17 Psalm 23: 3 Psalm 116 aantafels Skrifberyming 10-2 Skrifberyming 18-6: 4, 5
Die Here skeur die voorhangsel in die tempel wanneer Christus sy asem uitblaas. Dit is die teken van volkome versoening. Sy liggaam is gebreek sodat ons met vrymoedigheid voor God kan verskyn. Ons is werklik God se kinders. Ons het in Christus die vaste hoop dat daar werklik 'n ewige lewe is en daarom moet ons mekaar aanspoor tot liefde en dade wat tot God se eer is. God die Heilige Gees be-vestig vandag weer dat ons begenadig is. Vestig jou oog op Jesus die Leidsman en Voleinder van die geloof. Mag die gebruik van die Nagmaal jou weer in jou persoonlike verhouding met God versterk.
Moet nie vergeet van ons nagmaalete vandag nie.
Sien julle almal 12H00 hier by die kerk!
NB : ONTHOU JULLE EIE EETGEREI EN SLAAIE !
Ons sien uit daarna om heerlik
saam met u elkeen te kuier.
Nagmaalete vandag 12H00
KATKISASIE
B L A D S Y 2
Daar is geen katkisasie vandag nie.
DATUMS OM TE ONTHOU
Konsistoriediensbeurt 1 1 Nov 2018
OOG VIR MEKAAR
D I E B A S U I N
11 November Kolektes Tydens erediens: Diakonale sorg
By deure: Spesiale Fonds
12-15 November Senior Lidmate by die Wildtuin
13 November 18:00 Susterbestuurvergadering.
16 November 18:00 Kerssangdiens — GK Pietersburg-Noord
17 November Gesamentlike Sustersafsluiting .
Diensbeurt: Wyk P3 Katkisasie: Geen
Ouderling: Albie Olivier Diaken: Vakant
Ons bid vir krag en troos vir die volgende lidmate: Piet en Alta Fourie. Hy word swakker. Doen Grobler en familie. Sy broer is die afgelope
week oorlede. Leon Venter en familie met pa Len wat oorlede is. Rhuan Stander, Su-Marie en gesin wat 'n ouma
aan die dood afgestaan het. Sterkte aan al die kinders wat eksamen skryf. Mooi leer
en fokus in die tyd. Sterkte aan die ouers wat die karwei werk doen.
Ons dank aan ons Skriba - Alta Theron - wat haar operasie so beplan het, dat sy haar werk die afgelope Maandag kon uitvoer. Ons bede is dat sy gou weer op haar voete sal wees.
Dankie aan Cassie Carstens en al die medewerkers wat die instandhoudingswerk die afgelope tyd gedoen het.
B L A D S Y 3
Susters Susters, u word vriendelik uitgenooi na ons gesamentlike sustersafsluiting by die kerk Saterdag 17 November 2018 om 10H00 vir 10H30 teen R100 p/p. Ons spreekster vir die oggend is Karien Viljoen. Skryf asb u naam op die bord as jy belang stel. Hoop ons sien almal daar !
11 November Nagmaal 18 November Christine du Plessis
Colette du Plessis
Karin du Rand
Larochelle du Rand
Zelda Erasmus
C3
C3
C1
C1
C3
TEESKINKBEURTE
Suster as jy nie beskikbaar is met jou teeskinkbeurt nie,
ruil self met ʼn ander suster uit asseblief!
1 1 N O V E M B E R 2 0 1 8
KERSSANGDIENS Ons sien daarna uit om u by die Kerssangdiens te verwelkom en lekker saam te kuier Alhoewel die Mannekoor van Nylstroom ongelukkig nie meer kan optree nie tree Dr Thinus du Plessis wel op. Sr. Tilla Labuschagne gaan die begeleiding waarneem en ook twee orrelverwerkings lewer. Skryf asseblief u naam op die lys wat op die kennisgewingbord is as u die Kerssangdiens gaan bywoon sodat ons vir u kan regmaak.
Die Kerkraad besluit om nie te beroep nie. Elke lidmaat word opgeroep om hulle dienswerk as gelowiges ernstig op te neem. Ons het verlede Sondag by die belydenisaflegging gehoor dat ons as lewende lidmate van die kerk ons gawes gewillig en met vreugde tot nut en saligheid van die ander lede en tot uitbouing van die koninkryk van God moet aanwend.
Van die Kerkraadstafel :
19 14 - 19 18— 100 jaar Groot Oorlog
Om 11uur voormiddag, op 11 November 1918, kom die Eerste Wêreld Oorlog amptelik tot ‘n einde, wat uitloop op die sluiting van die Vrede van Versailles ses maande later tussen die geallieerde magte en Duitsland. Hierdie dag word vandag wêreldwyd herdenk as ‘n dag waarop ons die slagoffers van alle oorloë gedenk. In sy profetiese rede sê Jesus in Markus 13:7-8 dat oorloë ook gebeurlikhede is wat bestem is om te ge-beur, en dat ons nie verskrik moet word nie. Terwyl oorloë tussen nasies, en stryd teen die sonde kenmerkend is van ons aardse lyding, is ons daarom wagtend op ʼn groter heerlikheid wat eendag sal kom (Rom 8:18).
B L A D S Y 4
Kontak Alta indien daar lidmate is wat in gesinsverband of tuisbybelstudie wil doen, [email protected]
Gebed Openbaring Daniël Dood en hiernamaals Joël Jakobus Maleagi Die duiwel maak sin Miga Hebreërs Nahum Die lewende kategismus Groei in die Gees Beproewing
Bybelstudies ook beskikbaar op die webblad www.gereformeerd.co.za
Bybelstudie
Groepleier Tyd Plek
Gideon de Klerk (082 805 8947) Sondag, 10:30 Van huis tot huis
ds. Sarel Venter (082 809 0222) Dinsdag, 09:30 Bendor Pastorie
Johan van Biljon (082 388 2117) Woensdag,
18:00 Van huis tot huis
Annemarie Bakker (082 484 6267) of
André Bakker (083 457 1711)
Woensdag, 19:00
Herculesstraat no.6
Alta Theron (015 – 296 2168) Donderdag,
09:30
Wesselstraat no.148
ds. Sarel Venter (082 809 0222) Woensdag,
18:30 Bendor Pastorie
Die lys van Bybelstudiegroepe wat elke week vergader is soos volg:
Elke lidmaat in die gemeente word uitgenooi om in te skakel by een van die Bybelstu-diegroepe. Dit is waar ons mekaar regtig leer ken, vriende word en mekaar onder-
steun, waar die Christelike liefde spesiaal ondervind word
Indien u enige inligting in die Basuin wil plaas kan u met sr. Elzánne Botha kontak maak by die kerkkantoor of die inligting
per epos na die kerk se e-posadres stuur. Maak asseblief seker dat u enige inligting nie later as
Donderdag 19:00 deurstuur nie.
Plasings in die basuin
Bybelstudie
Sluit nou aan
D I E B A S U I N
B L A D S Y 5
KALENDER
Verjaarsdae
Datum Naam Belydend/Doop Sel/Tel no.
Ma.– 12 Nov. Andre Buys B 082 473 2986
Di. - 13 Nov.
Christo Kuilder
Tjaard van Wyk
Esther Venter **
B
B
B
076 499 4735
082 674 4497
082 479 4565
Wo. - 14 Nov. Apie Oberholzer B 079 496 1228
Do. - 15 Nov.
Corli Hattingh
Willie Lottering
Alta Theron
B
B
B
015 297 0824
083 286 5725
082 458 5700
Vry. - 16 Nov. Wian Jacobs
Maurice Stander
B
B
072 239 1465
082 448 9198
Sa. - 17 Nov. Annaleen Grobler B 071 673 0584
Huweliksherdenkings
Huweliksdatum Lidmate Jare
Getroud Sel/Tel no.
14 Nov. 2009 Su-Marie & Rhuan Stander 9 074 580 3739
082 477 8009
1 1 N O V E M B E R 2 0 1 8
beroepenuus
BEROEPE BEDANK
· Ds TJ van Vuuren (Tommie) van Heilbron na Durban-Noord.
B L A D S Y 6 D I E B A S U I N B L A D S Y 6
Die diakonie bedank die hele gemeente vir hul bydrae. Ons doen egter 'n beroep om almal om te help met droë voorrade en skoonmaakmid-dels. Met die oog op Kersfees wil ons graag vir elke behoeftige gesin koekies ens. gee. Indien daar iemand is wat vir ons kan koekies bak skakel asb met die diakonie voorsitter of skriba.
FINANSIES
B L A D S Y 7
Kerssangdiens
2018
U word hartlik uitgenooi na die jaarlikse
Kerssangdiens wat dié jaar deur die
Gereformeerde Kerk Pietersburg-Noord
aangebied word.
DATUM: DV Vrydag – 16 November 2018
TYD: 18:00
PLEK: Gereformeerde Kerk Pietersburg-Noord
h/v Dap Naude- en Andrewstraat
Eduanpark
NAVRAE: Sr. Danita Snyman (081 394 2695)
Sr. Elmarie Swanepoel (073 801 4149)
RSVP: Skryf asseblief u naam voor of op
Sondag, 4 November 2018 op die
lys wat op die Kennisgewingbord is
as u die aand gaan bywoon.
1 1 N O V E M B E R 2 0 1 8
Preke Kan afgelaai word op: www.gereformeerd.co.za
Kerkkantoor Faksnommer Epos Webwerf Kantoorure Bankbesonderhede Kerkkas Diakonie Koningskinders Geref. Susters Org. Pietersburg-Suid Aktiwiteitskommissie
Elzánne Botha (015) 296 0054 (Tel/Faks) 086 293 4674 (Faks) [email protected] www.gereformeerd.co.za Ma, Wo, Vr. – 08:00 tot 12:00 en Sondagoggend na ere-diens ABSA Tak 334-248 Tjekrek 11-5034-0426 ABSA Tak 632-005 Tjekrek 11-5034-1287 ABSA Tak 632-005 Geldmarkrek 91-9071-1847 ABSA Tak 632-005 Tjekrek 11-5034-0191 ABSA Tak 632-005 Tjekrek 40-6962-4784
Koster Elzánne Botha 015 296 0054 Orreliste Barbara Nagel 083 260 9581 Marisa Linde 083 408 2100 Renchia Grobbelaar 072 634 3442
Almal is hartlik welkom vir ‘n
koppie tee of lekker boeretroos
na afloop van die
erediens
ALLE NUWE INTREKKERS MELD AAN BY DIE
KERKKANTOOR NET LANGS DIE KONSISTORIE
NA AFLOOP VAN DIE EREDIENS
“Ek wil U met my hele hart loof.
Laat die gode maar hoor; dit is tot u
eer dat ek sing.”
Psalm 138:1
B L A D S Y 8