View
331
Download
0
Category
Preview:
DESCRIPTION
Rapport se maandelikse lekkerlees-motorbylaag, InRat, weeg die handratweergawes van die 4x4- Fortuner en Trailblazer (albei diesel) teen mekaar op. Lees oor die rumoerige Victory High-Ball-motorfiets, die nuwe Honda CR-V, die Hyundai i30 1.8 en veel meer.
Citation preview
InRatBylae tot Rapport 16 Desember 2012
Hyundai i30 het’n blink toekoms 4
Jaco Kirsten is die ‘ref’: Trailblazer teen Fortuner
8
Hondas vir Afrika:Brio en nuwe CRVis hier 3
Jaguar XF enFreelander II krymeer skop7
bure ontstiggaan jy die
Victory HighBall:Vuis in die lug
9
2 InRat 16 Desember 2012| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
InRatRedakteurJustus VisagieEpos: justus.visagie@media24.comTel: 021 406 3226
AdvertensiesAttie BekkerEpos: attie.bekker@media24.comTel: 011 713 9545
Mej. Dipstiekgee raadBeste Mej. Dipstiek
My dogter, wat volgende jaar op Stellenboschmedies gaan studeer, glo vas sy gaan ’n nuwe MiniCooper vir Kersfees kry. Ek en my man wou aanvanklik vir haar een koop, maar die afgelope viermaande gaan dit glad nie goed met sy sakeonderneming nie. Hy het ook heelwat geld verloor deur’n berugte beleggingsmaatskappy.
Nou het ons vir haar ’n Volkswagen Polo Vivobestel, maar ek weet sy gaan baie teleurgesteldwees en ek weet nie heeltemal hoe om dit tehanteer nie. Jou raad sal waardeer word.
GroeteRiana, Pretoria
Hallo, RianaDipstiek vind dit heel komies hoe Transvalers so
behep is met motors. Stel jou voor – die bloedjiegaan teleurgesteld wees in ’n Polo Vivo! Ek neemaan julle betaal vir haar studies ook?
Sy kan haar sterre dank en lyk my julle het daremiets reggekry tussen die bederf van jul kind deur.
Maar hier lê die ding: Dipstiek dink nie dis joudogter wat teleurgesteld is nie, dis jy.
Sielkundiges noem dit projeksie. Jy voel jou manhet nie sy kant gebring nie. Jul dogter is ’n nuweMini belowe en nou kan julle net ’n Polo verskaf!
Jy moet besef alles gaan nie altyd voor die windvir enige sakeonderneming nie en mense maak beleggingsfoute. Dit maak hulle nie verloorders nie enook nie hul mans nie. Dis deel van die lewe en dieekonomiese werklikheid.
Jou dogter gaan voortaan op haar eie voetestaan, haar eie doelwitte stel en haarself dan keerop keer teleurstel, al vaar sy taamlik goed! Totdatsy eendag leer om haarself te aanvaar en om dankbaar te wees vir haar posisie in die lewe, sal sy ongelukkig wees. Dipstiek dink jy kan ook nou maarjou trane afdroog en jou seëninge begin tel.
Vriendelike Dipstiekgroete tot die gradeplegtigheid!
@ Mej. Dipstiek is ’n geregistreerdemaatskaplike werktuigkundige. Stuur jou kwelvraeaan dipstiek@ryveilig.co.za.
Ek en my wieleHaar debuutalbum
Jakkals Trou MetWolf se Vrou was
een van 2011 se topverkopers. Sy beskryf haarself as’n sangeres wat nie juis kosmaak nie, al kook sy enhaar verloofde, die rugbysterDerick Hougaard, gereeld inAfrikaanse glansblaaie. Dieblondine en haar broer Bobby deel op 18 Desember ’nverhoog op Badplaas.
Wat ry jy? Jou rydingse beste en swak eienskappe?
Ek ry ’n Audi Q7. Hy hetgeen swak punte nie. Sygoeie punte sluit in veiligheid, die beste GPS, ruimteen hy kan lekker beweegwanneer ek ’n bietjie laat is. My kar is stewig opdie pad en maklik hanteerbaar, al is ek klein enkort.
Watter vervoermiddel sal jy koop metR5 miljoen?
Ek sal beslis my Audi Q7 hou. En dalk vir my’n Audi R8 ook koop. En ’n Jeep Wrangler. Sjoe,is daar nog genoeg geld?
Gee my ’n oplossing vir die volgende vervoerprobleme: olie wat al skaarser en duurder word en die oormag motors en vragmotors op ons paaie.
Wat van meer treine? Maar hel, as hulle onsnog meer belasting gaan vra, los maar eerder dietreine. Ek weet nie. Ons bly in ’n wonderlikeland, maar die beheer daaroor is swak. Dalk fietse, ons sal lekker fiks raak.
Het jy al ooit geryloop?Wat is dit? Hike!? Nee flip ek’s te bang, ons bly
mos nie in Utopia nie.Het jy al ooit ’n motor se vensters van bin
ne laat toewasem?Hahaha! Ja, toe ek nog ’n motor sonder aircon
gehad het.Vertel my van jou eerste motor. Wie’t jou
geleer ry en het jy Die Toets maklik geslaag?
My eerste kar was ’n Velocity Golf. Ek het daai kargelove! My pa het my leerbestuur want my ma se geduld is maar min, en kyk;sy kan stres en is dus niedie ideale leermeester nie.Ek dink ek het elke liewekar wat my pa al gery het,iewers gestamp. Shame, hywas altyd oukei daarmee.Maar vandag is ek ’n baiegoeie bestuurder. My magaan lag wanneer sy ditlees, want sy hou nie daarvan om te weet ek bestuurbeter as sy nie!
Ek het my toets loshandegeslaag. Die verkeersmanhet sommer op die pad gesêons kan maar omdraai en
teruggaan want hy kan sien ek kan bestuur.Swets jy ander padgebruikers in die pri
vaatheid (en klankdigtheid) van jou eie motor?
Hahaha! Nee, ek kry glad nie road rage nie.Maar partykeer sal ek sê “dié ou is nou ’np***h*l!”
Wie gaan vanjaar Formule 1 wen?Fernando Alonso! (Ai, jammer, Karlien; Basjan
Vettel het gewen – red.)Waarna luister jy wanneer jy ry? Of waaraan
dink jy?Ek dink maar min. Die mense wat my ken,
weet dit. Ek luister tans Taylor Swift afgewisselmet Bobby (van Jaarsveld) en Dewald Wasserfall.Ek love musiek in die kar. Ek luister dit hard ensing lekker saam. Ek dink definitief mense lagpartykeer vir my wanneer hulle verby my ry.
Watter toestel wil jy die graagste in joumotor ingebou hê?
Vlerke.Enigiets anders wat ons van jou en motors,
bikes of enjins moet weet?Vir ’n bike is ek bang. Van ’n enjin weet ek
niks! Hy moet net kan ry, en bietjie vinniger asdie gewone.
KARLIEN VAN JAARSVELD
Nuut
Chery het sy nuwe J3 in SuidAfrika bekendgestel. Die motor het’n 1.6Fpetrolenjin wat die voorwiele deur ’n vyfganghandratkasaandryf. Maksimum kraguitset is 87 kW en 147 Nm. Die J3 TXE –die enigste beskikbare variant – het heelwat standaardtoerusting,soos ses lugsakke, leersitplekke, outomatiese lugreëling, ruitveërswat vanself aanskakel, ’n klankstelsel met USBpoort, ses luidsprekers en stuurwielkontroles, allooiwiele, parkeerhulpsensors agter,elektriese ruite en kantspieëls, ’n alarm/immobiliseerder en afstandbeheerde sentrale sluit. Die Chery J3 TXE kos R179 900.FOTO: CHERY
KopKrap
Vulindiewoorde 07
3letterwoordeLemOosPadRemWip
4letterwoordeFoonNaafSakeTaxiVrag
5letterwoordeEnjinModelSkerm
6letterwoordeLorrieTikratTolhek10letterwoordeAlternatorOutomaties
Verskaf deur XWord.co.za
Skryf elke woord in die lys hieronderop die regte plek in
Baie geluk aan TiaanWolmarans van dieLaerskool Genl. HendrikSchoeman op Hartbeespoort. Hy wen ’nR2 000geskenkbewysvan First National Battery engaan dit vir sy pa gee.InRatlesers tussen 6 en 12 jaaroud het die kans gehad om nu
we hoëgehaltemotorbatterye te wen. Hullemoes die raaisel invulen ’n woord maak metdie letters in groen endie antwoord aan ons
SMS. Die antwoord was SLEEPSTANG. Lees InRat elke maandsodat jy aan die komende kompetisies kan deelneem.
WoordkompetisiewennerTwee maande gelede het onsInRatlesers gevra om ’n snaakse foto van hulself en hul motors of motorfietse op InRat seFacebookblad te laai. Danmoes hulle hul vriende, kennisseen familie vra om dit te like, vir’n kans om ’n Canon PowerShotSX130 IS kamera te wen. Diefoto met die meeste likes sou
die kamera wen (mits dit ooksnaaks is).
Dalene InghamBrown vanKaapstad se foto was die gewildste en sy wen dus die kamera. Geluk!
; Sluit aan by Rapport InRatse Facebookblad vir motornuusen kompetisies:www.facebook.com/Inrat
Lesers se snaaksste foto aangewysWenner!
Chery J3
Geluk!
16 Desember 2012 InRat 3| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
Nuus
Die Honda CRV, een ons nasie sebegeerlikste 4x4gesinsmotors, isnet anderdag deur ’n splinternuwe
model vervang. En sy het hoogswangerhier aan wal gekom, want drie dae laterhet sy die lewe geskenk aan die nuwebabaHonda, die Brio.
Honda CRVDie vorige CRV, veral die 2,4 liter, het
’n nare drinkgewoonte gehad. Honda hetmoeite gedoen om haar dors te tem enhet selfs sover gegaan om ’n 4x2variantte bou. Daar is weer drie enjinkeuses:2 literpetrol, 2,4 literpetrol en 2,2 turbodiesel. Oudergewoonte is die verbruiknou laer en die verrigting effens beter,hoewel die tweeliter geduld vereis. Diegene wat neulende CVTtransmissies verpes, sal bly wees dit ontbreek. Die outomatiese weergawes het ratspane, asooksensors, wat verhoed dat die outo’kas selfrat oorsit in ’n draai.
Dis opvallend hoe ruim die nuwe CRVbinne is. Ek kan gemaklik “agter myself”sit, wat ’n prestasie vir enige motor isweens my lengte van 1,96 m. Nogtans isdie bagasiebak 24 cm langer as voorheenen met die trek van een hefboom tuimeldie agtersitplek se rugleuning vorentoe,sonder dat jy die kopstutte eers hoef uitte haal of in te druk.
Wat die meganiese betref, is die 4x4stelsel so aangepas dat die CRV nou al
tyd met vierwielaandrywing wegtrek endan vanself na voorwielaandrywing oorskakel. Voorheen het hy in 4x2modusweggetrek en eers al vier wiele ingespanas die voorwiele gly. Die nuwe stelseltrek beter weg op gladde oppervlakke.Die stabiliteitsbeheer verhoed ook noudat ’n sleepwa heen en weer swaai – ditword Trailer Stability Assist genoem.Diegene wat lang ente op swak grondpaaie moet ry, sal bly wees dat die skokbrekers spesiaal vergroot is sodat dievloeistof binnein nie gou oorverhit endie voertuig begin rondspring nie, sêHonda. Die ritgehalte van die nuwe CRVis besonder goed.
Baie van die Honda Accord se slimveiligheidstoerusting, soos die stuur watself draai as jy uit jou baan “dryf”, isnou ook in die duurder CRV’s te vind.Elke CRV is met ’n volgrootte noodwieltoegerus. Pryse wissel van R299 900 totR499 000. ’n Drie jaar of 100 000 kmwaarborg en ’n vyf jaar of 90 000 kmdiensplan is ingesluit.
Honda BrioMinder as ’n week ná die CRV se be
kendstelling het die ooievaar die kleinHonda Brio gebring. Hy’s omtrent sogroot soos ’n Hyundai i10 en gaan indaardie klas meeding. Ook met motorssoos die Kia Picanto en VW Polo Vivo.Die Brio, wat op ontwikkelende lande ge
mik is, word aangedryf deur ’n 1,2 literenjin (met wisselende kleptydreëling)wat 65 kW en 109 Nm ontwikkel, 11 Nmminder as die Picanto se 1,2 litermasjien.Kopers kan tussen ’n vyfganghandratkasen ’n vyfgangouto kies. Albei variantehet die Comforttoerustingvlak wat ondermeer twee lugsakke, ABSremme, lugver
sorging, elektriese vensters, ’n klankstelsel met USBpoort en vier luidsprekersen ’n volgrootte noodwiel insluit.
Die handratweergawe kos R119 800 endie outo R129 800. ’n Drie jaar of100 000 kmwaarborg en ’n twee jaar of30 000 kmdiensplan is ingesluit.
– Justus Visagie
Honda CRV
Die nuweCRV isso ontwerp datdie bestuurderdie neusbeter kansien wanneer syparkeerFOTO’S:HONDA
Honda Brio
Die Briois op ’nverkorteonderstelvan diepuikHondaJazz gebou
Groot of kleinvir oud of jonk
Hyundaigunsteling suksesvol ontplooi’N “Elektriesrooi” Hyundai i20 – dis
mos net die ding vir die besigestad, of hoe?
Sy gesiggie is boonop “ontplooi” sodathy van voor nou meer op die res van dieHyundaigesin trek, en amper soos ’nkleiner Hyundai i30 lyk. Die agterligte isook hersien en in die geheel lyk hy heelwat koeler as die vorige model, wat eintlik ’n gesig het vir radio.
Maar die eintlike verandering lê in aldie toerusting wat bygevoeg is. My topvarianttoetsmotor, die 1.4 Glide, het onder meer agterste parkeersensors, Bluetooth, ’n ritrekenaar, groot stuurwielknoppies en ses lugsakke gehad. Diebinneruim lyk asof die ontwerpspanmoeite gedoen het en detail soos diechroomagtige deurhandvatsels en elegan
te kajuitliggies skep ’n stylvolle gevoel.Die ritrekenaar se skerm kon dalk meerna die bestuurderskant toe gesit het.
Onder die middelkonsole is daar ’n oulike wegsteekplek wat oopklap vir ’n sonbril of selfoon. Die sitplekke is geriefliken die swart en houndstoothmateriaal lykof dit stres kan hanteer. Jy kan jou kopstut en sitplek verstel totdat jy die perfekte bestuurdersposisie het.
’n Sesspoedhandratkas hou dinge interessant, want die 73 kWenjintjie is niewitwarm nie, maar die ratteverwisselingis maklik. Op die oop pad is die sesderat welkom en die langpad pas die i20,met goeie, gladde werkverrigting en ’ngemaklike rit. Daar was nie te veel winden padgeraas in die kajuit nie en dieklankstelsel het helder geklink teen
120 km/h. Steeds is die karretjies aan dieduur kant, al het hy baie toerusting. Eending is seker, hy’s lekker klein vir diedun, Kaapse straatjies van Tuine en Tamboerskloof, maklik om te parkeer (danksydie truratparkeerhulp en kantspieëls watelektries terugvou) en tog ruim genoegvir jou en jou makkers of orrelpypies agterin. Om die i20 op te som: dis ’n stylvolle, duursame karretjie wat sy lyfgrootmenskar kan hou, en is geskik virenigiemand. – Ané TheronPRYS R176 900ENJIN 1,4 liter- viersilinder-petrol, 73 kWen 136 NmRATKAS Sesgang-handrat, voorwielaandrywingVERRIGTING 0-100 km/h in 11.6 sek. en181 km/h topsnelheid; 4,2 liter/100 kmOORWEEG OOK Honda Jazz 1.3 Comfort,Kia Rio 1.4 Tec
Die gewilde i20 was by ’n plastiese chirurg en het op die koop toe nuwe binnegoed gekry | FOTO: QUICKPIC
KitsToetsHyundai i20 1.4 Glide
4 InRat 16 Desember 2012| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
ONS GESKENK AAN JOUHIERDIE FEESSEISOEN!
AS ONS NIE JOU MOTORVERSEKERINGSPREMIE KAN KLOP NIE
OUTP/049
/A
PadToets
Hyundai i30 1.8 GLS handrat
Kort voor my fling met die BMW Z4,het ek en MercedesBenz se wilde
SLK 55 AMG met sy groot V8 mekaarvermaak. Gevolglik het ek glad nie vuurwerk van die tweeliterZ4 verwag nie.Nie dat jy dié twee roadsters juis metmekaar kan vergelyk nie, want die MercAMG se 5,5 literenjin is soveel groter enkragtiger (310 kW en 540 Nm).
Maar gits, ek het die junior Z4 heeltemal onderskat. Sy turbooondjie was lewendig genoeg om my rondritslus teblus – wat nie sommer gebeur nie – enek het dus verskonings gesoek om methom te gaan speel.
Die Z4 sDrive20i se beste eienskap isdat jy sy potensiaal daagliks kan geniet:jy kan behoorlik pret hê, sonder om roekeloos te wees. Hoeveel van die “grootmeneer”enjins se krag, wat soms meerstatussimbool as rybare motor is, kan ’n
mens in elk geval benut? Dis vir my geldmors. Oukei, daar is darem niks wat somooi brul soos ’n ses of agtsilinder nie.
Wat die Z4 verder besonders maak, issy uitstekende hantering. Die gewigsverdeling tussen die voor en agterwiele isso te sê perfek. Dit voel of sy swaartepunt reg onder jou stert is. Jy kan duslaat waai deur ’n draai en ten volle inbeheer voel. Sy dubbelkoppelaarouto’kasskiet blitsvinnig deur die ratte sodra jyvet gee. Daar’s sewe ratte wat jy ook selfmet ratspane agter die stuur kan kies.
Die vering is styf, maar die rit daremnie só hard dat dit voel of jou stopselsgaan uitval nie.
Al is die Z4 ’n bekende gesig op onspaaie, bly hy ’n kopdraaier van formaat,sonder om té flashy te wees. Ek het soos’n celeb agter sy stuur gevoel.
Die kajuit is van uitstaande gehalte en
glad nie beknop nie. Al wat gepla het,was die ongemaklike (opsionele) sportsitplekke se kopstukke, wat te ver vorentoestaan en sig na agter effe belemmer.
’n Week lank was die Z4 my paspoortna ’n wêreld van opwinding, gesondeontvlugting en verstandige rygenot. Ditwys jou – ’n mens kan net soveel rygenot uit sportmotors met kleiner enjinsput as die grotes. – Corlette Heyns
PRYS R526 200 (basisprys)ENJIN 2,0 liter- viersilinder-petrol met tur-bo; 135 kW en 270 NmRATKAS Sewegang- dubbelkoppelaar-ou-to’kas; agterwielaandrywingVERRIGTING 0-100 km/h in 7.2 sek en232 km/h topsnelheidOORWEEG OOK Audi TT 2.0T FSI S-Tronic,Mercedes SLK 200 Blue Efficiency
Die bekostigbaarsteZ4 is nou met ’n lewendige 2 literturboenjin toegerusFOTO: NP
Junior Z4 is versoeking en verlossing BMW Z4 sDrive 20i outo
As jy vinnig na die Hyundai i30loer, kan jy sweer dis ’n Elantramet ’n afgekapte stert. Met die
sukses van die Elantra het Hyundai sekerlik gedink “if it ain’t broke, don’t fix it”.Tog is daar subtiele verskille: die voorste,seskantige sierrooster lyk byvoorbeeldanders as sy Elantraboetie s’n.
Vloeiende lyne en gespierde kurwes issag op die oog, en die voorste mislighulsels se LEDdagliggies verskaf die nodigehedendaagse voorkoms.
Vir my is die i30 mooier as enige vansy stalmaats. Hy vermeng kontemporêreelegansie en sportiwiteit meesterlik. Diekajuit is smaakvol, en die fluidic sculptureontwerpstyl word binne weerspieël. Geriefstoebehore is ’n algemene verskynselin die i30 GLS, soos die lugverkoelde paneelkissie en truspieël wat ’n outomatiesedag/nagfunksie het, wat beteken nagverkeer verblind die bestuurder nie van agter nie. Daar’s leersitplekke en die ritrekenaar (met kristalhelder skrif) is veelsydig met ’n reikafstandfunksie: altydhandig om te weet hoeveel kilo’s jy kan
ry voordat die tenk lug sluk.Die gehalteklankstelsel speel amper
enigiets van ’n CD tot ’n USBstokkie, enjy kan ook ’n iPod, iPhone of anderMP3speler koppel. Daar is ook agtersteparkeerhulp, dubbelsoneoutolugversorging, syspieëls wat elektries kan terugvouen verwarm en Bluetooth vir jou selfoon.Alles standaard.
Die i30 het veelvuldige veiligheidstoerusting soos die allerbelangrike stabiliteitsbeheer, ses lugsakke, sluitweerremme(ABS) met elektroniese remkragverspreiding en remhulp.
Een van die i30 se noemenswaardigeeienskappe is die FlexSteerstelsel (standaard) wat jou toelaat om die stuurgevoelna willekeur te verander. Jy kan kies tus
sen Comfort, Normal en Sport. Eersgenoemde laat die stuur heelwat ligter voel,en is handig vir driepuntdraaie in dieouetehuis se parkeerterrein. Normal wasskaflik, en Sport verskil nie hemelsbreedvan Normal nie, maar darem so dat jydit agterkom. Oor die algemeen gee diestuur nie veel terugvoer nie.
Op reis van Hermanus na Kaapstadoor die Houwhoekpas en Sir Lowryspashet die i30 soms uitasem geraak op plekke waar ek dit nie verwag het nie. Ekmoes ook meestal terugskakel na vierdeen selfs derde rat toe om verby te steek,al was my snelheid wettig. Ek sou gehouhet van ’n bietjie meer pluk. Komaan,Hyundai: gee ons liewer ’n 1.4 of 1.6 met’n turbo!
Gelukkig is die i30 GLS lig op die sousvir ’n 1,8 literpetrolenjin. Ons gekombineerde verbruik was ongeveer 7,6 liter per100 km, volgens die ritrekenaar.
Die i30 is vol weneienskappe, maardie enjin kan baat vind by ekstra woema.Tog het ek gewoond geraak aan sy duursame binneruim, groot bagasiebak, goeiepadhouvermoë, gladde transmissie en diefeit dat hy soveel interessanter is om nate kyk as ’n Volkswagen Golf.
* Met apologie aan Volkswagen.
’n Lus vir die oog, maar dis tyd dat Hyundai lewendiger enjins bring | FOTO: QUICKPIC
Kortgat kêrel byna ’n pêrelDIE 1.8 LITER I30 RY DIEGOLF* VAN HYUNDAI SESUKSES. DIS ’N MOOI RYDING, GELAAI MET GADGETS.MAAR IS ALLES PLUIS IN DIÉPARADYS? VRA ANÉ THERON.
PRYS R249 900
ENJIN 1,8 F- viersilinder-petrol
RATKAS Sesgang-handrat, voor-wielaandrywing
KRAG110 kW @ 6 500 r/min.en 178 Nm @ 4 700r/min.
VERRIGTING 0-100 km/h in 9.7 sek.,topsnelheid 190 km/h
VERBRUIK 6,5 F/100 km en157g CO2/km
BRANDSTOFTENK 53 FBAGASIEBAK 378 F
NAVERKOPE
Vyf jaar of 150 000 kmwaarborg en vyf jaarof 90 000 km-diensplan(versien elke15 000 km)
OORWEEG OOK
Renault Mégane 1.4TCe GT-Line, ChevroletCruze Hatch 1.8 LS,Opel Astra 1.4 TurboEnjoy
Syfers
KitsToets
Vervaardiger se syfers
16 Desember 2012 InRat 5| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
OUTP/050
/ABETAALKONT
ANTR400ONS
JOUSAL
*T’S EN V’S EN DTW STANDAARD TARIEWE GELD.
SMS “SPAAR” NA 44166EN ONS SAL JOU TERUGSKAKEL.
Nuus
Anderse skutskoetsskiet g’n tekortDis ironies dat ’n Duitse
weeldevervaardiger in sysoeke na iets sonderlings
die tradisioneel Britse shootingbrake* in gewysigde vorm laatherleef. Die shooting brakekonsepkom al ’n lang pad, soos die Albion van 1908 of dink aan ’njong prinses Anne en haar Reliant Scimitar GTE (spoedboetesen al) en die Volvo 1800ES, ’nwaweergawe van The Saint vanTVfaam se Volvo.
Maar met vervaardigers watdeurentyd soek na die andersoortige stilering om kopers telok, is nuwe vergestaltings vandie konsep weer hoogmode . . .
Mercedes beskryf die CLSShooting Brake se vorm as koepeeagtig en die stilering as ’nkombinasie van “funksie en fassinasie”. Die “koepee”lyne is tebevraagteken, maar die algeheleontwerp is elegant en stylvol.
Dis in wese ’n swierige stasiewa, gemik op diegene wat soekna ’n ruim ryding wat meer as’n normale EKlas sal beïndruk– soos wat die hoogs onpraktieseopsionele bedekking van Amerikaanse kersiehout (soos gebruikin peperduur jagte) vir die 590 li
terlaairuim bewys.Die binneruim is oorvloedig
weelderig met pragtige houtafwerking, blink instrumente en leerbekleedsel oral, die sitplekke is grooten gemaklik met oorgenoeg beenruimte, maar die middelsitplek agter is beknop.
Standaardtoerusting sluit inLEDhoofligte, ’n elektries beheerdeklapdeur agter en nog ’n stringelektroniese stelsels, met ’n ellelange lys opsies boonop, insluitende ’nAMGsportpakket.
Die Shooting Brake is soos dieCLS Koepee net op bestelling, enmet petrolenjins, hier beskikbaar.Enjinkrag wissel van 225 kW in die350 BlueEfficiency en 300 kW indie 500 BlueEfficiency tot 386 kWin die AMGvariant.
Selfs met aluminiumonderdeleen liggewigkonstruksie bly dieShooting Brake ’n swaar wa, maartog hanteer hy draaie ligvoets enmet vertroue. Die brutale krag vandie AMG in sportmodus bly ’n ervaring, maar die 500 BlueEfficiencyis in alle opsigte die mees gebalanseerde van die drie.
Die CLS Shooting Brake is ’n imponerende toevoeging tot MercedesBenz se reeks. Dit skiet g’n tekort
in enige opsig nie – egter ook niewat prys betref nie, want die meesjunior model kos R835 000 (tweejaar of onbeperkte kmwaarborg enMobiloDrive 120 000 kmnasorgpakket ingesluit), terwyl die 500 BlueEfficiency sonder opsies jou meeras ’n miljoen uit die sak sal jaag.Die AMG is beskikbaar teenR1 380 000. – Ferdi de Vos
* Shooting brake (oftewel shootingbreak) is ’n 19de eeuse Britse termvir ’n aangepaste wa wat jagpartyemet hul toerusting en jagtrofeë vervoer het. ’n Break was ’n eenvoudigewaonderstel wat gebruik is om perdein te breek.
Deesdae word die term gebruik asbreë omskrywing vir voertuie wat vanvierdeurstasiewaens tot tweedeurmodelle met stasiewa en koepeekenmerkeinsluit, soos die Ferrari FF en dieJaguar XF Sportbrake.
Plaas ’n mens dit in ’n hedendaagseSuidAfrikaanse konteks, tower ditbeelde op van groot boere met langgewere agterop ’n Cruiser met ’n platbak . . . nie eintlik elegante, andersoortige stasiewaens nie. Wat noem ’nmens dit op Afrikaans? Sekerlik nie“skietbriek” of “skietrem” nie; moontlik is die raakste beskrywing “jagwa”,“skietwa” of “skutskoets”.
Porsche se nuwe Cayenne GTS het in SuidAfrika aangekom en gaan die mark vir weelde4x4’s vuurwarm
maak. In die verlede het die Cayenne se voorkoms my niebeïndruk nie – nie dat hy enigsins onooglik is nie. Ek konnet nie die Porschekenteken met só ’n groot stuk metaalvereenselwig nie. Dis soos om te dink Jannie du Plessis moetmet Usain Bolt meeding. Dit klink net nie logies en haalbaarnie. Maar die oomblik toe ek die GTS se sleutel by sy bekendstelling in Kaapstad gedraai en die nuwe V8 se grom in myore weergalm het, was dit neusie verby. Ek was op die pleksmoorverlief!
Die nuwe Cayenne klink soos ’n warmgemaakte sportmotor móét klink – ’n diep grom uit die maag, soos ’n leeumannetjie wat almal in die bos laat verstaan wie baas is. As ek’n groot kat was, sou my snorbaarde van lekkerkry vibreerhet! Porsche het dié hipnotiserende klank (wat Sound Symposer heet) doelbewus ontwikkel deur die enjinklank deurdie voorste pilare te gelei wanneer die bestuurder die motorse Sportmodus kies.
Die groot V8 is ’n kragtiger weergawe van die Cayenne Ss’n met inlaatkleppe wat verder oopmaak, hersiene kleptydreëling en ’n aangepaste enjinbeheerstelsel wat saamwerksodat die enjin vinniger op versnellerinsette reageer. En hy’slewendig – net 5.7 sekondes van wegtrek tot 100 km/h en’n skamele 13.7 sekondes tot by 160 km/h.
Sy 4,8 literenjin, wat sonder turbo of drukaanjaer asemhaal, ontwikkel 309 kW en 515 Nm (teenoor die Cayenne Sse 294 kW en 500 Nm), wat al vier wiele tot ’n topspoedvan 261 km/h kan aandryf deur ’n outomatiese agtgangtransmissie met ratspane.
Die Cayenne GTS is toegerus met Porsche se aktiewe onderstelbeheerstelsel (PASM) – ’n opsionele ekstra vir dieres van die modelreeks. Dié stelsels pas die demping deurentyd aan na gelang van die padoppervlak (hetsy mooi platgestryk of onreëlmatig) en die bestuurder se bestuurstyl – viroptimale hantering.
Van buite pronk die nuweling, wat laer as die ander Cayennes sit, met uitgeboude wielboë wat sy sportiewe karakterbeklemtoon. Die spoor wat sy wiele trap, is ook breër asdie makker Cayenne S s’n. Verder het hy groter luginlatewat hy by sy Turbostalmaat leen.
Binne het hy weeldeeienskappe soos sweedsleer vir diestuurwiel en uiters gemaklike sportsitplekke wat deel vandie nuweling se standaardtoerusting is. Daarbenewens hethy hope ruimte vir tot vyf volwassenes.
Die GTS pas verrigtings en prysgewys tussen die Cayenne S en die Turbo, en is teen R983 000, wat Porsche se driejaarmotorplan insluit, dus glad nie so peperduur vir watjy kry nie. Ek sou kon doen met ’n miljoen om vir myselfsó ’n wilde weeldewa aan te skaf. Die Cayenne bied die bestevan albei wêrelde – sportmotorverrigting en krooskarweier,alles in een. – Corlette Heyns
Die peperduur Shooting Brake is ’n swierige stasiewa met ’n swierige benaming | FOTO: MERCEDESBENZ
RooipeperPorschemet rissiepithouding
Porsche Cayenne GTSMercedesBenz CLS Shooting BrakeNuus
Die GTS is 1 sek. stadiger van 0 tot 100 km/h as dieTurbo, maar kos ’n halfmiljoen minder | FOTO: VERSKAF
6 InRat 16 Desember 2012| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
16 Desember 2012 InRat 7| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
Nuus
Dis veral in die laaste jare dat dietwee eertyds Britse karbouers Jaguar en Land Rover fris enjins
met behoorlike krag in hul rygoed sit.Sedert die twee van futlose Rover enXKenjins na BMW (in Land Rover segeval) en daarna na Fordkrag oorgeskakel het, kan prins William rustigslaap in die wete dat hy sy Kate betydsby die hospitaal kan kry – of Jamesnou die Jag voor die paleis parkeer, ofdie Landie.
Soos die meerderheid Eurovervaardigers het Jag en Land Rover begin oorslaan na dwanggevoerde enjins* met ’nkleiner slagvolume, weens streng uitlaatgaswetgewing in die Eurosoneasook kopers wat g’n gediend sal weesmet minder krag in hul koetse nie.
In dié soeke na meer krag uit kleinerenjins het Jaguar weggedoen met sygroot 5,0 literV8 in die middelgewigXFen weeldeXJ en dit vervang met ’nhoogs tegnologiese, drukaangejaagde3,0 literV6, terwyl die ou, onaangejaagde 3,0 literV6 nou plek maak vir ’nkragtige 2,0 liter turboaangejaagdekragbron.
Dieselfde 2,0 literturboenjin sal voortaan ook in die opgekikkerde Freelanderreeks diens doen, in die plek vandie erg verouderde 3,2 literV6.
Jaguar sê die drukaangejaagde allooiV6 is vanuit die AJ133 5,0 literV8enjinontwikkel en dié kragbronne deel sleutelkenmerke soos aluminiumkonstruksie, ’n liggewigblok, direkte inspuitingen ’n hoër drukverhouding (10.5:1).
Soos die V8’s in Jaguar se Rmodellegebruik die V6 ’n kompakte Rootsdubbelvorteksdrukaanjaer met nuweBoschenjinsagteware, wat dit byna 20%doeltreffender maak, vir ’n kraguitsetvan 250 kW teen 6 500 r/min en450 Nm wringkrag tussen 3 500 en5 000 r/min – glad nie te versmaai ver
geleke met die uittredende V8 se 283 kWen 515 Nm nie.
In die XF en aluminiumbakXJ is dieenjin gekoppel aan ’n outomatiese agtgang ZFratkas en dis interessant datalbei dieselfde verrigtingsyfers het:0100 km/h in 5.9 sekondes, ’n beperktetopsnelheid van 250 km/h, ’n gekombineerde verbruik van 9,4 liter/100 km enCO2emissies van 224 g/km.
In teenstelling met die drukaangejaagde V6 word die i4 2.0turboenjin al inverskeie gedaantes in Fords en Volvo’sgebruik, asook in die Range Rover Evoque. Die XF en opgekikkerde Freelander2 gebruik albei die 177 kWweergawe metdié verskil dat dit reguit in die Jaguargemonteer is en dwars in die Freelander.
Met ’n draaimoment van 340 Nm teen3 200 r/min bied hierdie ligte tweelitermeul meer krag en wringkrag as die3,0 literV6 (175 kW/293 Nm) én 3,2 literV6 (171 kW/317 Nm) wat dit in die Jaguaren Landie vervang.
Dit gee die nuwe XF 2.0 ’n versneltydvan 7.9 sekondes tot 100 km/h, ’n topsnelheid van 241 km/h, verbruik van8,9 liter/100 km en ’n CO2syfer van207 g/km, wyl die ooreenstemmendeFreelandersyfers lees: 8.8 sekondes,200 km/h, 9,6 liter/100 km en uitlaatgasemissies van 224 g CO2/km.
Te oordeel na hul gevorderde kenmerke en goeie verrigtingsyfers behoort diénuwe enjins Jaguar en Land Rover semarkaanslag ’n hupstoot te gee – veralin ag genome die kleiner XF se prys vannet R499 700 (die drukaangejaagde3.0V6 kos R704 800), terwyl die Freelander 2 Si4 jou R498 400 tot R544 200uit die sak sal jaag, afhangend van toerustingvlak. – Ferdi de Vos
* So genoem omdat hulle deur turbo ofdrukaanjaers meer lug in die enjin indwing, wat meer brandstof laat verbrandvir beter verrigting.
Kleiner, kragtig enonder druk
Jaguar volg ook die weg van kleiner turboenjins en daar’s ’n nuwe 8gangratkas
Land Rover Freelander
PadToets
Met die intrapslag kan jy jou maklik verbeel jy sit agter die stuurvan ’n duur Duitse motor. Die
kajuit is stylvol gestileer, sjiek en weelderig. ’n Hoogtepunt is die besonder gemaklike verhitbare leersitplekke. Ek hetdrie uur lank ononderbroke van Kaapstad tot in Barrydale gery sonder dat myagterstewe lam gevoel het (of rooimiere teveel gepla het). Die sagte, dik leerstuurwiel met spoed en klankbeheerkontrolesis nog iets waarvan ek baie gehou het.
Ligte, kamera, knoppiesDie besige instrumentepaneel het my
aanvanklik verbouereer. Met soveel lig
gies en knoppies voor jou sal g’n mensooit agter dié stuurwiel aan die slaap kanraak nie. Voor jou sit die toereteller enbokant dit is daar ’n tweede ry digitalelesings in ’n aparte segment, wat diesnelheid in groot, helder syfers aandui.
Dan is daar ’n klein volkleurinligtingskerm, links van die instrumente, wat dieklankstelsel se inligting, asook tegnieseinligting (soos gemiddelde verbruik) vertoon. Dit wys ook wat die parkeerkameraagter sien. Die middelkonsole het ’n ritsknoppies vir die radio/CDspeler en outomatiese tweesonelugversorging.
Die prettige sy van die instrumentasieis die liggies weerskante van die snel
heidsmeter, wat van kleur verander. Asjou bestuurstyl brandstofekonomie bevorder, verander die kleur na groen. Gee jygas, verander dit na blou. Daar’s ook ’nECONknop langs die stuurwiel wat diebrandstofdoeltreffendste verstelling vandie enjin en versneller aktiveer.
Ry hy lekker?Ek en die Civic het dik pelle geword
op pad na Barrydale. Sy beste eienskapis dat hy solied voel en stewig op diepad sit en sy vering bied goeie dempingop ’n slegte pad. Verrigtingsgewys moetjy egter nie ’n vuurpyl verwag nie. Dáárvoor moet jy sy 2,2 liter turbodieselboetie aanskaf, wat veel meer wringkrag onder die kap het.
Die 1,8 literpetrolenjin (geen turbo) iseffens lui wanneer die ECONknop geaktiveer is. Daarsonder vaar hy beter, maardan’s die petrolverbruik heelwat hoër.
In stadsverkeer reageer die Civic nievinnig genoeg na my smaak nie. Omdatdie enjin eers teen hoë toere lewe kry,moet jy die petrol diep trap om ordentlikaan die ry te kom. Op die oop pad ry hyegter soos ’n droom. Die enjin loop stil,daar’s min windgeraas en hy stuur akkuraat. Jy moet wel rondspeel met die ratteteen opdraandes of wanneer jy andermotors wil verbysteek.
Spasie vir die nasieDie beste en dalk die belangrikste eien
skap van dié ryding, is sy oorvloed laaiplek en beenruimte. Vir voornemende kopers met baba nommer twee op pad (watnie ’n vervelige sedan of dors veldryerwil aanskaf nie), is die Civic ’n aantreklike, onkonvensionele opsie. Sy laairuim,wat ’n raps groter as dié van die BMW3Reekssedan (460 liter) of ’n VW Tiguan is (471 liter), sal laglag ’n stootwaentjie, skopfiets én ’n maand se doeke vat.Daarby het jy ook nog 76 liter makliktoeganklike laaiplek onder die agterstesitplekke vir jou koelsak of los speelgoed.Boonop is die agtersitplek hoogteverstelbaar sodat kleintjies hoog kan sit.
Ander toerusting?Hoewel die Civic nie goedkoop is nie,
bevat hy hope standaardtoerusting en ’nvyfjaardiensplan. Veiligheidstoerustingsluit in ses lugsakke, ABSremme, VSA(stabiliteitsbeheer), EBD (remkragverspreiding), EBA (noodremhulp) en wegtrekhulp vir opdraandes. Hy’t ’n uitstekende klankstelsel met ses luidsprekers,USB en AUXkoppelings, dagryliggies,outomatiese hoofligte en ruitveërs asook’n agterste parkeerkamera. Al wat skortis Bluetoothkoppeling, wat in die duurder variant te vinde is.
Sal ek hom koop?As my begroting dit toegelaat het, ja.
Dis ’n veelsydige, praktiese, prettige enbetroubare ryding. Maar sy duur turbodieselboetie (R344 100 . . . eina!) is dieeen waarop ek my hart verloor het.
Corlette Heyns glo die Civicluikrug is die mooiste in sy klas en Ané Theron sê dis die Hyundai i30 (bl. 4). Hulle is albei verkeerd.Die Alfa Romeo Giulietta is die mooiste | FOTO: HONDA
Hiephoera vir’n ‘hip’ HondaDIE NUWE CIVICLUIKRUG IS DIE UITBLINKER ONDER SYKLASMAATS. SY ONKONVENSIONELE VOORKOMS IS SPORTIEF, EFFENS AGGRESSIEF, MAAR TOG ELEGANT. OF JY HOMSMAAK OF HAAT, JY SAL HOM RAAKSIEN. VAN HOEVEEL GESINSMOTORS KAN JY DIESELFDE SÊ, VRA CORLETTE HEYNS.
PRYS R270 300
ENJIN 1,8 F- viersilinder-petrol
RATKAS Sesgang-handrat, voor-wielaandrywing
KRAG104 kW @ 6 500 r/min.en 174 Nm @ 4 300r/min.
VERRIGTING 0-100 km/h in 9.5 sek.,topsnelheid 212 km/h
VERBRUIK 6,1 F/100 km en150g CO2/km
BRANDSTOFTENK 50 FBAGASIEBAK 477 F
NAVERKOPE
Drie jaar of 100 000 kmwaarborg en vyf jaarof 90 000 km-diensplan(versien elke15 000 km)
OORWEEG OOKFord Focus 2.0 GDiSport, Hyundai i30 1.8GLS, BMW 116i
SyfersHonda Civic 1.8 iVTEC Exec luikrug handrat
Niksnonsies nutswaKia se Sedona is dalk nie die mooiste
gesinswa op die pad nie, maar diésnoetbus moet ’n mens nie sommer vlakkyk nie. Eerstens is die vorige 2,9 literenjin onlangs met ’n kleiner 2,2 liter(viersilinderturbodiesel) vervang, watkragtiger is, sagter loop, en minder gasuitblaas. Die nuwe sesgang outomatieseratkas beskik oor sogenaamde “kunsmatige intelligensie” wat jou bestuurstyl ontleed en daarvolgens besluit hoe vroeg oflaat hy ratte wissel.
Binne is hy g’n meesterstuk nie. Soosjou rekenmeester is hy doeltreffend, maarverbeeldingloos. Die leersitplekke is netnet genoeg troos vir die andersins vaal,plastiekerige afwerking aan die binnekanten die ontwerpers het die term “snoetbus” dalk ’n bietjie te ernstig opgeneemtoe hulle dié ou ’n stomp neus soos ’nbulterriër gegee het. Maar laat ek nou niemy neus vir ’n neus optrek nie.
Die Sedona is ’n gerieflike en sinvollekeuse vir ’n gesinsmotor – sy generiesevoorkoms ten spyt. En hy’t al die standaardkenmerke wat ’n mens deesdae in’n nuwe motor verwag: Die CDspeler
kan ses albums op ’n slag laai, en jy kanook jou iPod of ’n geheuestokkie by hominprop. Daar’s ook nou Bluetooth, snelheidsbeheer en die temperatuur kan virvoor en agter verskillend gestel word.
Kia het dié motor slim toegerus virlangpad ry . . . mét kriewelrige kinders opdie agtersitplekke. Die ruim beenruimteen goed geplaaste stoorplek vir sonbrille,padkaarte, inkleurboeke, melkbottels enWimpykoffie (daar’s ágt bekerhouers!)sorg vir orde en keer dat jy tussen dieKaap en die wildtuin spatare kry of op’n verdwaalde vetkruit trap.
Tussen die voorste sitplekke flap ’nskinkbordjie uit waarop die bestuurdergou langs die pad ’n burger kan wegslaan sonder dat die Thousand Islandsous op sy skoot drup en elke passasierhet ook ’n kleintjie wat, soos op ’n vliegtuig, uit die rugleuning van die stoel voorhom platslaan.
Buiten die ses lugsakke is daar ook ander faktore wat van die Sedona ’n veiligekinderwa maak: Links van die truspieëltjie is ’n skermpie waarop jy kan sienwat daar agter aangaan as jy terugstoot
en net bo dit vou nóg ’n spieëltjie uit diedak waarin jy ’n ogie kan hou op diewoelwaters hier agter jou. Die motor hetaan weerskante ’n skuifdeur sodat diéwat agterin sit aan die veiligste kant vandie voertuig kan uitklim, en jy kan diesluitfunksie só stel dat slegs die bestuurder ’n deur outomaties kan laat oopgly.Heel agterin is daar twee klein venstertjies (byna soos daai driehoekruitjie metdie krom knip in ’n deur van die ou Datsunbakkie) wat jy ook met die druk van’n knoppie so ’n knertsie kan oopswaai –genoeg vir vars lug, maar te min vir uit
val. Die agterflap kan ook van binne diemotor oop en toemaak – die kortvolkhoef dus nie in ’n besige straat daarvoorte staan en rek wanneer jy hulle by dieskool aflaai nie.
Gepraat van die agterkant . . . Die pakplek agterin is ’n bietjie skraps, maar jykan die agtersitplekke maklik platslaanen vorentoe skuif as jy almal se gholfsakke moet karwei. En die middelste ry sitplekke kan ook platvou en wegkantel diedag as daai antieke wastafeltjie van Ouma eindelik na jou kant toe kom.
Die Sedona is ’n niksnonsens, ergonomiese ryding. Soos ’n kantoorstoel vir diehele gesin. – Sophia van Taak
PRYS R420 000ENJIN 2,2 liter, viersilinder, turbodiesel;143 kW en 436 NmRATKAS Sesspoed-outomaties, voorwielaan-drywingVERRIGTING 0-100 km/h in 11 sek. en196 km/h topspoed; 8,8 liter/100 kmOORWEEG OOK Volkswagen Kombi 2.0 TDI,Hyundai H1 2.5 VGTi, Chrysler Grand Voya-ger 2.8 CRD LX
Die Sedona het nog nie Kia se nuwe ontwerp nie, maar wel ’n nuwe enjinFOTO: QUICKPIC
KitsToetsKia Sedona
Vervaardiger se syfers
Ferraripret vir die hele gesinDie laken is al in 2011 van Ferrari se
FF getrek, maar eksotiese rygoedlaat ’n mens soms jare wag vir die geleentheid om agter die stuur in te skuif.Veral as ’n pronkende Swart Hings ofStormende Bul daarop pryk. En so hetInRat en ander media onlangs die kansgehad om Ferrari se gesinsmotor, die FF,in Gauteng te ry.
Ek vermoed dis om ’n bietjie publisiteitte skep omdat dié motor se ontwerp(deur Pininfarina) waagmoedig en riskantis en dus nie soveel aftrek by kopers krysoos die 458 en 599 of F12 nie.
Ek hou van die FF se “te hel met dievolk!”voorkoms. Ook dat drie mense enhul bagasie saam met die bestuurder kanry. Beenruimte agter is voldoende mits jynie agter Andries Bekker probeer sit nie.
Die kajuit is met Michelangelo se toewyding en passie ontwerp. Om die flikkerligte aan te sit, druk jy knoppies byjou duime wat op die stuurwiel is –daar’s geen hefboom nie. In die instrumenthulsel domineer ’n groot, geel toereteller alles om hom.
Ferrari sê die bagasiebak beslaan450 liter (Corollagrootte), maar het virmy ’n raps kleiner gelyk. Dit sal rykesdwing om klere by hul vakansiebestemmings te koop en dit vir die armes te geevoordat hulle ry. En, boeta, kan hy ry!
Dis die eerste nuwe Ferrari wat ek be
stuur, dus kan ek hom nie met sy stalmaats vergelyk nie. Dennis Droppa, watal dekades lank artikels oor motors skryfen ook daar was vir ’n rit, het die motoras besadig beskryf – amper asof sy tandebietjie afgevyl is teenoor die ander Ferrari’s s’n. Veral wat die uitlaatpyp se rumoer betref. Maar dis immers ’n gesinsFerrari, dus sal ons hom nie daaroor af
skiet nie.Die stuur is lekker “vinnig”, wat bete
ken die stuurwiel hoef net effens gedraaite word om van rigting te verander. Ditvereis ook al jou aandag, veral wanneerjy laag vlieg. Ongelukkig het ons 40 kmroete nie juis kurwes gehad nie, dus kanek nie sê hoe hy in ’n kwaai draai klounie. Ek het wel die persepsie gevorm dat
die motor swaar is, en teen nie ver vantwee ton nie, is hy. Die bak het ook meeroorgeleun as wat ek verwag het toe ekstadiger motors verbygesteek het. Hoeweldie FF (op papier) vinnig en kragtig is,het die dun Hoëveldse lug sy verrigtingtog effens gedemp laat voel en hy drukjou nie in die sitplek vas soos die McLaren 12C nie.
Die FF voel soos ’n motor waarmee jy“gehaltetyd” moet deurbring voordat jy sybeste kan ontgin. Terloops, FF staan virFerrari Four en verwys na vier sitplekkeen vierwielaandrywing. Laasgenoemdekan ’n maksimum van 20% van die enjinkrag kry, en is bedoel om jou uitsneeu te kry, nie om padhouvermoë teverbeter soos in ’n Audi Quattro nie.
Die voorwiele het hul eie ratkas, wat ’nmiddelewenaar onnodig maak en jou dustwee ratkaste vir die prys van een gee.Ongelukkig maak dit die FF steeds nie ’nwinskoop nie.
– Justus Visagie
PRYS R4 046 000ENJIN 6,3 F, V12, petrol; 485 kW en 683 NmRATKAS Sewegang- dubbelkoppelaar-outo,vierwielaandrywingVERRIGTING 0-100 km/h in 3.7 sek. en335 km/h topsnelheid; 15,4 liter/100 kmOORWEEG OOK Porsche Panamera Turbo S,Aston Martin Rapide
Die bagasiebak is 800 liter met die sitplekke plat – vir wanneer jou oudste koshuistoe gaan | FOTO: FERRARI
KitsToetsFerrari FF
Die Freelander se verouderde V6 is met ’n turboviersilinder vervang | FOTO’S: NP
Jaguar XF

8 InRat 16 Desember 2012| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
TweeGeveg
Die Toyota Fortuner se reputasie indie plaaslike voertuigmark is soosdié van ’n hoofspeler in ’n gewilde
sepie. Hy’t hope aanhangers – en ’nklomp kritici. Maar die nuwe ChevroletTrailblazer is die jongste toevoeging totdié sepie. En die mark is opgewonde oordié ontwikkeling, want die ander akteurs– die Mitsubishi Pajero Sport en die FordEverest – is die afgelope paar seisoeneheeltemal deur die Fortuner oordonder.
BinneruimWanneer jy in ’n Trailblazer klim, be
sef jy hy is so ’n paar jaar jonger as dieFortuner. Om mee te begin, lyk sy instrumentepaneel meer modern as dié vandie Toyota. Die sitplekke is ook gemakliker en die afwerking en stiksel van dieleer lyk beter. Die kopstut van die middelste ry druk weg in die rugleuningwaar dit nie meer jou uitsig in jou truspieël kan versper nie. Maar soos in dieFortuner is die leer van ’n baie ligtekleur en dit het reeds vuil kolle gewys.
Een van die Fortuner se grootste irritasies is die twee sitplekke wat sy “derdery” uitmaak (dalk vir tuindwergies).Want dit bly heeltyd in die pad, veral asjy vrag agterin wil laai. Die Trailblazers’n vou weg in die vloer, hoewel die rugleunings steeds 10 cm bo die laairuim sebodem uitsteek. Minstens kan jy die Fortuner se twee agtersitplekke vinnig met’n Philipsskroewedraaier en ’n ringsleutel uithaal en boop jou stapel Scopes enGrensvegterboekies in die garage bêre.
In die middel het die Trailblazer meerbeenruimte as die Fortuner. Maar plekplek het iets gepla. Soos die een knipwaarmee die laairuim se rolsluier aan dierugkant van die middelste ry sitplekkevasmaak. Met die eerste probeerslag omhom te gebruik het hy afgebreek. Die fotograaf, wat in albei voertuie saamgeryhet, het ook opgemerk hoeveel harder dieTrailblazer se plastiekpanele binne is,veral daar waar jou elmboog op die langpad in die deur rus.
Onder die enjinkapDie Trailblazer se 2,8 literturbodiesel
ontwikkel ’n goeie 132 kW teen 3 800r/min en 440 Nm wringkrag teen 2 000r/min (en 470 Nm met outo’kas). Gemeetaan die Fortuner se 120 kW teen 3 400r/min en 343 Nm teen 1 4003 200 r/minslaan die Chev duidelik harder.
Die Trailblazer se vyfganghandratkaswas seepglad en dit was opvallend hoeveel strammer die Fortuner se ratoorskakelings was. Toyota se bakkies en handelsvoertuie was egter nog nooit bekendvir hul seepgladde oorskakelings nie. Ditwas egter steeds ’n effense verrassing datdie Trailblazer net ’n vyfgangratkas het,terwyl die Ford Rangerbakkie byvoorbeeld ses gange het.
Op die pad . . .Agter die stuur van die Trailblazer, in
sy gemaklike bestuurdersitplek, met logiese satellietkontroles vir klank en snelheidsbeheer op die stuurwiel, en sy kragtige enjin, voel jy asof jy heeldag dielangpad kan trotseer. Sy vering het ookmeer verfynd gevoel as dié van die Fortuner met sy harde rit. Dis omdat dieTrailblazer onafhanklike vering agter het.
Teen min of meer wettige snelhede hetdie Chev baie stabiel gevoel deur veegdraaie en nes die Fortuner het hy ookelektroniese stabiliteitsbeheer om dinge intoom te hou indien die voertuig om dieeen of ander rede sou begin gly. DieTrailblazer het skyfremme op al vier wiele teenoor die Fortuner wat slegs voorskywe het en tromme agter.
Die Toyota het alles gedoen wat jy redelikerwys kan verwag en die soort bande sal waarskynlik die grootste verskilmaak tussen dié twee se teerpadhantering: Die Fortuner se bande is meer gepas vir veldry en die Trailblazer s’n meervir teerpaaie.
As daar nie meer ’n pad is nie . . .Anders as die Fortuner met sy heeltyd
se vierwielaandrywing, het die Trailblazer net deeltydse vierwielaandrywing. DieFortuner is egter ’n heeltydse 4x4 en dievoordeel daarvan is dat jy sy vierwielaandrywing byvoorbeeld op nat teer kangebruik.
Die standaardTrailblazer het ’n beperkteglyewenaar agter wat nie heeltemal opgewasse is vir veldrywerk nie. Dievastrapbeheerstelsel (traction control)maak tot ’n mate op hiervoor, maar vereis dat ’n wiel tol voor die teenoorstaande wiel krag “neersit”. Volgens GeneralMotors is daar besluit om liewer die beperkteglyewenaar as standaardtoerusting in te sluit, omdat “die gemiddeldekoper nie weet hoe om ’n ewenaarslot tegebruik nie”. Hmmm . . .
Die toetsmodel was egter toegerus met’n (opsioneel, teen R12 500) Eaton MLocker. Die MLocker sluit self wanneer hyagterkom dat die een agterwiel begin tol– en ontsluit weer outomaties. Dis nogal’n slim idee in teorie, maar oor dieselfdeongelyke oppervlaktes het die Fortunergeen of min wieltol ervaar wanneer syagterste ewenaarslot aangeskakel was nie.
Die Trailblazer, aan die ander kant, hetnou en dan ’n bietjie wieltol openbaarvoordat die MLocker gesluit het. Dis alles goed en wel vir wiele om te tol voordat die stelsel begin werk, maar as jy ’n4x4roete besit, kom jy agter hoe bietjieswieltol gemaal met die hoeveelheid voertuie naderhand jou roete opfoeter. Dis in
die algemeen die probleem met elektroniese vastrapbeheer.
Nog ’n kopseerOm die Trailblazer aan te skakel, moet
jy eers die koppelaar intrap voordat dieaansitter sal werk. Gewoonlik is dit ’ngoeie veiligheidseienskap. Maar wanneerjy in ’n veldrysituasie ’n sogenaamde stallrecovery (of doodrukhersteltegniek) teen’n steil op of afdraande moet doen, is dit’n probleem.
Dan is daar die Chev se 265/60 R18bande. Jou kans om dit op ’n afgeleë plekin die hande te kry, is skraler as diekans dat ’n 7de Laanakteur ’n Oscar salwen. Nie dat die Fortuner se bandenoodwendig op elke sendingstasie te kryis nie. Die Fortuner het 220 mm segrondvryhoogte en die Trailblazer231 mm – op papier. Ons het egter gevinddat die Chev se treeplanke en die laagstepunt van sy uitlaatpyp agter beteken hetdat hy plekplek gouer geskuur het.
Iets wat wel in die Trailblazer se gunstel, is die dak wat die vermoë het om ’ndakrak van 100 kg te dra. Min andervoertuie kan dieselfde sê. Wat sleepvermoë betref, troef hy ook die Fortunermet 2 950 kg teenoor teenoor laasgenoemde se 2 020 kg.
GevolgtrekkingDie Fortuner speel al lank die hoofrol
in hierdie sepie en jy kan verstaan waarom. Hy’s betroubaar en die maatskappyhet oor dekades ’n indrukwekkende handelaarsnetwerk tot stand gebring.
Die Trailblazer is egter ’n mededingerwat jy nie moet vlak kyk nie. Sy enjin isduidelik ’n generasie jonger en sy rit ismerkbaar gemakliker. Die binneruim lykook moderner. Die goeie nuus is dat daarnou ’n waardige mededinger vir die Fortuner is, want tot onlangs was daar netdie Pajero Sport – wat net te kry wasmet een turbodiesel en in ’n keuse vanhandrat of outomaties.
Anders as die meeste ander Fortunermededingers, bied die Traiblazer ’n reeksvan vyf variante, van ’n 2,5 liter4x2 tot’n 3,6 liter petrolV64x4.
Gaan hy die Fortuner ore aansit? As jy’n bakkiegegronde sportnutsvoertuig soekom meestal in die stad en nou en dan indie veld rond te ry, is die Chev Trailblazer ’n uitstekende keuse. Soek jy egter ’n4x4 met ’n aks beter veldryvermoë omnou en dan taamlik ernstige veldrywerkte doen, sal jy waarskynlik die ToyotaFortuner verkies. Besluit self waarvoor jyhom wil gebruik.
En die Oscar gaan aan...Chevrolet Trailblazer 2.8D LTZ 4x4 handrat vs Toyota Fortuner 3.0 D4D 4X4 handrat
DIE CHEV TRAILBLAZER ISMEER AS ’N NUWE SPORTNUTSVOERTUIG. DIS DIEJONGSTE MEDEDINGER METDIE TOYOTA FORTUNER, ’NVOERTUIG WAT AL VIRJARE KONING KRAAI IN ’NSEGMENT WAAR HY BAIEMIN TEENSTAND HET.JACO KIRSTEN HET DIEDIESELGEDREWE 4X4HANDRATWEERGAWES METMEKAAR VERGELYK
PRYS R455 300
ENJIN 3,0 F, viersilinder, turbo-diesel
RATKASVyfgang-handrat, voltydsevierwielaandrywing, hoë-en laestrek
KRAG120 kW @ 3 400 r/min. en343 Nm @ 1 400 –3 200 r/min.
VERRIGTING0-100 km/h nie beskik-baar, topsnelheid172 km/h
VERBRUIK 8,6 F per 100 km, 226 gCO2/km
BRANDSTOFTENK 80 F
BAGASIEBAK 206 F – 1 360 F
NAVERKOPE
Drie jaar of 100 000 km-waarborg en vyf jaarof 90 000 km-diensplan,versien elke 10 000 km
OORWEEG OOKChev Trailblazer,getuiebeskermings-program
Syfers
Vervaardiger se syfers
Die Fortunerhet ’n vaste asagter. Die voordeel hiervan isgrondvryhoogtebly konstant,maar ritgehalteword ingeboet.Die Trailblazerse onafhanklikeagtervering geehom beter wielartikulasie, watbeteken hy kansy wiele in sekere omstandighede laer “laatsak” sodat hullebyvoorbeeld in’n gat vasstrapplek kan kry.FOTO:DESMONDLOUW
PRYS R454 500
ENJIN 2,8 F- viersilinder, tur-bodiesel
RATKASVyfgang-handrat, deel-tydse vierwielaandry-wing, hoë- en laestrek
KRAG132 kW @ 3 800 r/min.en 440 Nm @ 2 000r/min.
VERRIGTING0-100 km/h in 10.8 sek.en 180 km/h topsnel-heid
VERBRUIK 8,5 F/100 km en227g CO2/km
BRANDSTOFTENK 76 FBAGASIEBAK 205 F – 1 830 F
NAVERKOPE
Vyf jaar of120 000 km-waarborgen vyf jaar of90 000 km-diensplan,versien elke 15 000 km
OORWEEG OOKMitsubishi PajeroSport, ’n Harley-David-son of ’n minnares
Syfers
Vervaardiger se syfers
CHEVROLET TRAILBLAZER 2.8D LTZ4x4 handrat
TOYOTA FORTUNER 3.0 D4D4X4 handrat
16 Desember 2012 InRat 9| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
PadToets
As jy al ’n paar keer om die blokwas, sou jy van die fliek EasyRider gehoor het. Dalk het jy selfs
gekyk hoe die karakters Wyatt en Billymet hul choppers ry en alles doen waarteen gesagsfigure in die KJA, buitelugskool, Sondagskool en hoërskool jou ooitgewaarsku het.
Man, dié ouens verpersoonlik vryheid,het jy (en miljoene ander) gedink wanneer Wyatt aan Captain America* sestuur gehang het. Newwermaaind of ditgemaklik is of nie.
Victory glo daar’s ouens wat nie daardie spesiale ape hangers – soos hierdiehandvatsels genoem word – wil loopsoek nie. Nee, hulle wil sommer so uitdie vertoonlokaal ry. Met die aapstuurklaar aan die motorfiets.
Ek het my lyf koper gehou en by Pharoah Auto Victory** se toonlokaal inSandton ingestap. Ek noem dit, want hierwerk moontlik die vriendelikste klompmense wat ek tot nog toe in ’n kar ofmotorfietswinkel teëgekom het. Almalgroet hartlik en voor jy kan sê wat jydaar maak, staan jy met ’n cappuccino ofespresso in die hand.
Wyatt se spook het my na die HighBall gelei en ek het dadelik my been oorgegooi om te voel hoe die hanghoudingvoel. Dis lekker. Maar hoe sal dit ná ’ndag se ry wees, het ek gewonder.
Soos ’n Model T Ford is die HighBallnet in (dof)swart te kry, darem met ’nbietjie wit hier en daar. Selfs die aapstuur is swart en ek sou dit in chroomverkies het. Maar Victory wou ’n kontrasskep met die white wallbande en wit petroltenk. Net die vurk is chroom.
Die voorste modderskerm is ’n afge
kapte (“chopped”) affêre. Die groot uitlaatpype lyk soos wrede Middeleeuse wapens en die enjin so donker soos dieDonker Eeue. Mammie sal met Jan Tuisbly moet ry, want die saal maak nie vir’n passasier voorsiening nie.
Die instrumente bestaan uit ’n analoogsnelheidsmeter en ’n digitale skermpiewat jy tussen enjinspoed, afstandmeter ofritmeter kan wissel. As jy gaan poog omdit in die ry te lees, gaan jy teen ietsvasry, want dis klein. Daar’s ook ’n digitale horlosietjie.
Als omtrent die fiets voel stewig enduursaam. Dis ook goed afgewerk.
Terwyl Louis Fourie op die VictoryJudge (sien verlede maand se InRat ofrapportinrat.co.za) van die AmerikaanseRockies en die Stille Oseaan gedroomhet, het ek verlang na die R44 tussenKleinmond en Gordonsbaai, pleks vandie OosRand na die Vaaldam. Ook omdat enjins beter verrigting het op seevlaken ek soms bietjie meer woema van die1 731 ccenjin wou gehad het. (Of dalkmoet ek net gewig verloor). Gelukkig hetdie Historiese Motorfietsmuseum*** opDeneysville dit die rit werd gemaak.
Die HighBall voel taamlik lig en ratswanneer jy ry en die rit is nie stamperig
nie. Die ratte wissel maklik, maar dis ’nsonde dat ABSremme ontbreek. Met jouarms voor jou uitgestrek sit jy kiertsregop. Ek was amper verbaas dat ek steedsdeeglik in beheer van die bike gevoel hetondanks die posisie van my arms. Vir ’ncruiser of chopper is die HighBall sehantering ook goed. As jy ooit moeg raakvir sy stilering sal jy die voetpenne kanafhaal, hom in iets meer sportief kanomskep en lekker in die draaie lê.
Ná heeldag se ry – omtrent 250 km –was my regterhand moeg en ek het homsoms omgekeer om die versneller van onder af oop te hou. My rug was ook moegen ek het verlang na iets soos ’n BMW1200 GS of ’n Suzuki VStrom waaropmy knieë nie net onderkant my ore sitnie. Myns insiens is choppers en cruisersvir afshow by die koffiekroeg – nie virritte verder as 30 km nie. Jy kan gerusvan my verskil.
’n Lekker eienskap van die HighBall isdat die stuur hoogteverstelbaar is. Diehandelaar kan dit na een van twee posisies verstel of jy kan dit met min moeiteself doen.
Soos wat sekere BMWentoesiaste nooit’n Mercedes sal koop nie, is daar vir baieouens net een Amerikaanse cruiser: Har
leyDavidson. Maar die Victory HighBallklink reg, vibreer genoeg en het ’n goeiestamboom. Ek wou Wyatt vra wat hydink, maar hy moes ry.
* Wyatt, gespeel deur die afgestorweakteur Henry Fonda, se bynaam wasCaptain America. Later is daar ook so nasy motorfiets verwys. Wyle Dennis Hopper het die rol van Billy vertolk.
** Pharoah Auto in Sandton,tel: 0 011 262 0630 of 082 331 1717.www.victorymotorcycles.co.za
*** Historiese Motorfietsmuseum,Deneysville. www.lakeavenueinn.co.za,tel: 0 016 371 1115 of 0 072 765 9930 ofepos boswells@telkomsa.net
PRYS R189 000ENJIN 1 731 cc, V2, olie- en lugverkoelRATKAS sesgang, bandaandrywingKRAG 73 kW en 153 NmVERBRUIK onbekendTENKINHOUD 17 FSITPLEKHOOGTE 635 mmMASSA 300 kgNAVERKOPE Tweejaar-waarborg, ongeag diekm-lesing. Versien elke 8 000 km. Tweejaar-padbystand is tans ingesluit in ’n spesialeaanbod van Pharoah Auto.OORWEEG OOK Harley Davidson Street Bob
As jy die HighBall ry, sal jy iets rebels wil doen. Soos wegry sonder om vir parkering te betaal | FOTO: LOANNA HOFFMANN
Vuis in die lugHARLEYS IS IMMERGEWILD,MAAR DEESDAE KAN JY OOKUIT OMTRENT 17 VICTORYFIETSE KIES AS DIE MIDDELJARE OPDAAG EN JY ’N EGAMERIKAANSE CRUISER WILHÊ. EEN VAN HULLE IS DIEDONDERENDE, REBELSEHIGHBALL, SKRYF JUSTUSVISAGIE
Victory HighBall
Só ry volgende jaar se HarleysHarleyDavidson (HD) word volgende
jaar 110 jaar oud en dié manne (envroue) gaan seker maak ons weet daarvan. Dis ’n groot gedoente, aangesien hydie oudste motorfietsmaker is wat nogbestaan. Boonop is sy klerereeks sowaarvolgende jaar ’n eeu oud.
Ons is onlangs genooi om 2013 se motorfietse te ervaar en kon hulle ’n daglank deeglik uittoets. Soos die nuweSportster Custom Black en ’n Street Bobmet meer houding as ooit tevore.
Op ons roete in die Overberg het onselke 100 km of so bikes geruil en dansommer die volgende een met die vorigeryer bespreek.
Ek het weggetrek op die massieweRoad King (ongeveer R267 000), getooi inrooi metaalverf, en dié koets het my beindruk. Die afwerking is perfek en diechroom vang die oog. Hy’s nie vir spoedgebou nie, maar vir luuks toer, en voelstewig onder ’n mens. Die remme werkgoed, en is nou met ABS toegerus. Hyhanteer goed vir so ’n reus en laat ’nmens voel soos die naam aandui – Koning van die Pad! Sy aangepaste 1 690 cc
enjin wring 134 Nm uit teen net 3 500r/min. Die wiele is 16’’ groot white walls,wat hom stabiel maak en ook ’n klassieke 1950’svoorkoms gee.
Ná ontbyt het ek die sleutel van diekleiner, dofswart Sportster XL1200 Custom Black (ongeveer R129 000) gegryp endie verskil was dramaties. Die Sportsteris ligter, rats en ideaal vir spitsverkeer.Hy weeg “net” 251 kg – 100 kg ligter asdie Road King! Hy kan ’n draai behoorlikvat en sy wringkrag is nie te versmaainie: ’n flukse 98 Nm teen 3 200 r/min.Waar die Road King swaar voel en selfvertroue vereis, gee die 1200 Custom joudie selfvertroue om die reis te geniet, alvoel sy suspensie harder. Ek het die Custom Black terdeë geniet en hou baie vansy dofswart verf.
Die derde perd vir die dag was die FatBob (1 690 cc, 305 kg, R183 000) – ’n lidvan die Dynareeks. Hy’s groter as dieSportster, met sy stuur in ’n heel anderposisie – laag, breed en amper horisontaal. Vir 2013 kry die Fat Bob die jongste1 690 cc Vtwin en ’n sesgangratkas. Ekmoes vinnig gewoond raak aan die vibra
sie en die bike se wringkrag van 132 Nmis iets om te beleef!
Naby Villiersdorp het ek die Fat Bobdeur sy ratte geneem op die Theewaterskloofdam se paaie. Die Fat Bob het ’nnuwe Tommy Gun212uitlaatstelsel vir’n ekstra skeut styl en om die enjinhitteverder weg van die ryer te gelei.
Die 2013reeks HD’s het verstelbare agtervering as standaardtoerusting, vir ’nsagter rit of beter hantering. Brembo
remme is nou in sekere modelle ingebou.Al ry ek gewoonlik ’n Honda Firebla
desportfiets is ek oortuig daar is ’n HDvir byna elke biker – jy moet net die tydneem en hulle almal gaan toets. En as jyalleen wil ry, is dit oukei – jy hoef nie ’nHarleytropdier te wees nie.
Die nuwe jaar se fietse is reeds te koop– betyds vir Kersfees. Besoek www.harleydavidson.co.za vir meer inligting.
– Mukhtar Mukuddem
Hier ry Kersvader op 2013se Road King.Alle HarleyDavidsons hetvoortaan verstelbare agterveringFOTO:DESMONDLOUW
NuusHarleyDavidsons vir 2013
10 InRat 16 Desember 2012| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
OnsRyding
Ek het beplan om met InRat seToyota ’Tuner van my woonstel inKaapstad tot by ’n (boom)huis naby
Wildernis te ry, via die wonderlike DeHoopnatuurreservaat.
Dit was belangrik dat my staanplank(standup paddle board) saamkom en ekhet die ’Tuner na ’n Thuleagent geneemsodat hy twee dwarsstawe kon opsitwaarop die staanplank kan lê. Die Fortuner moes ook vier voete kry wat om sydakreëlings klamp waarop die ligte aluminiumstawe dan rus.
Thule se jongste stawe is soos vlerkegevorm en word Wing Bars genoem. Dievervaardiger sê dit het so min lugweerstand as moontlik, wat dit ook betreklikstil maak wanneer ’n mens ry. Maak netseker die dikker kant van die vlerk wysvorentoe, veral as jy dit self gaan mon
teer. Ek het dit aan die winkel oorgelaat.Met die “vlerke” op is ek gou na die
gawe mense by Market Toyota sodat hulle die middelste ry sitplekke kon uithaal.’n Mens kan dit self doen, mits jy moersleutels het en nie lui of haastig is nie.Ek het die agterste sitplekke behou, netingeval ek die Sweedse vrouevlugbalspan’n geleentheid moet gee en hulle nie heeltyd agter wil lê nie.
Die rede vir die uithaal van die middelste ry was sodat ek ’n nag agter in die’Tuner kon slaap in die De Hoopreservaat. Omdat daar enkele boute uit dievloer gesteek het, het ek ’n tweede matrassie gevat en gehoop dat die boute opdie regte senuweepunte sou druk as ekhulle dalk deur die nag voel.
Ek het gewonder of ek sou inpas as ekplat lê, omdat ek 1,96 m lank is, en wasbly toe die vloer genoeg ruimte hiervoorgehad het, met die derde ry sitplekkeboontoe en kant toe weggevou. (As jy enjou vrou nie kandidate is vir die maerwordprogram The Biggest Loser nie, behoort julle ’n nag of twee langs mekaarte verduur.) Die vloer was egter nie heeltemal gelyk van voor na agter nie, maarek het ’n swemhanddoek strategies geplaas sodat die vloer geleidelik “daal”. Ekhet die vensters op skrefies oopgelos, Peaceful Sleep gespuit en gaan slaap.
Die volgende oggend was daar heelwatbobbejaanspore op die Fortuner se enjinkap, maar dit was klein spoortjies en diejongspan het hulle mooi gedra – (op)niks getjorts, gebreek of gegaps nie.
Ek het myself met ’n rojale buffetontbyt by De Hoop se restaurant bederf enuitgesien na die Strandveld se grondpaaie. Net voor 10:00 het ek die Fortunerse neus na Malgas laat wys en weggetrek. Die reis was reeds lekkerder as dievoorbereiding.
Die kampeerstaanplek waarBobby John ensy trawanteteepartytjie opdie ’Tuner seenjinkap gehouhet | FOTO’S:JUSTUSVISAGIE
By Malgas opdie pont, watsteeds deurmenskrag aangedryf word
1
1
’Tuner ’nrydingmet lêplek
2
VIR SOMMIGE MENSE ISDIE UITSIEN EN VOORBEREIDING AMPER LEKKERDER AS DIE REIS SELF.VERAL AS JY VAN KOOPHOU. NIE KRUIDENIERSWARE NIE, MAAR GADGETS,SKRYF JUSTUS VISAGIE
Toyota Fortuner 3.0 D4D 4x4 outo
2
16 Desember 2012 InRat 11| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
MotorSport
Formule EenMet sy sesde plek in die Brasili
aanse Grand Prix het SebastianVettel sy naam in die rekordboeke verewig as die jongste driedubbele FormuleEenwêreldkampioen. Maar dit was niemaklik om dié mylpaal te bereik nie . . .
’n Swak wegspring en ’n tolslag in dieopeningsrondte het die Red Bulljaer totheel laaste laat terugsak, maar sy terugvegpoging in die veranderende baan enweersomstandighede sal nog lank onthouword.
Selfs met skade aan sy motor het dieDuitser sy pad tot sewende oopgevleg. ’nVeiligheidsmotorperiode, asook die goedgunstigheid van Michael Schumacher, sylandgenoot en sewemalige F1kampioenin sy swanesangren, het verseker datVettel die titel met drie punte voor Fernando Alonso wegraap.
Alle eer ook aan Alonso. In ’n strydwat eintlik tussen Red BullRenault enMcLarenMercedes beslis moes word,was hy in ’n onmededingende Ferrari diehele seisoen ’n doring in Vettel se vlees,en sy tweede plek in São Paulo was tekenend van sy renvernuf.
Ook sy spanmaat Felipe Massa het geskitter. Die Brasiliaan se opdrag was duidelik: Help Alonso; en hy het dit tot opdie letter uitgevoer. Was dit nie vir ’npaar ander voorlopers wat uitgeval hetnie, kon Ferrari se plan uitstekend gewerk het.
In die veranderlike weerstoestande wasMcLaren se Jenson Button beter daaraantoe as sy spanmaat Lewis Hamilton, enhy het gerieflik gewen, terwyl Hamiltonnie sy laaste ren vir die Britse span konvoltooi nie. Met Alonso tweede en Massaderde het Ferrari ook vir McLaren in dievervaardigerskampioenskap verbygesteek.
In ware F1tradisie was daar ná die rennog drama, met Vettel wat moontlik gestraf kon word omdat hy in ’n geelvlagperiode verbygesteek het. Ferrari het dieFIA vir ’n verduideliking gevra, wat ’nwoordoorlog tussen F1grootbaas BernieEcclestone en Ferraribaas Luca de Montezemolo ontketen het. Dit was egter gouduidelik daar is geen gronde om teen
Vettel op te tree nie.Mark Webber se vierde plek in São
Paulo het Red Bull ook die vervaardigerskampioenskap verseker, met Ferraritweede en McLarenMercedes derde.
SA jaers skitter in die buitelandDie sestienjarige SuidAfrikaner Aston
Hare het onlangs die internasionale JKRacing Asiëreeks vir enkelsitplekmotorsop die Buddhrenbaan in Indië gewen.Hy was tweede in die laaste ren, maarmet genoeg punte om die kampioenskapsreeks te beklink.
Die Durbaniet Cristiano Morgado hetin November sy derde renstelwêreldtitelverower deur die DD2meesterklas in dierenstelwêreldkampioenskap in Portugalte wen. Hy is die eerste rensteljaer wathierdie prestasie vermag.
In die CEV Buckler Moto3motorfietsreeks het die SuidAfrikaner Brad Binder(17) die laaste ren in Spanje gewen. Hyjaag aanstaande jaar vir die hoog aangeskrewe SuterHondaspan in die Moto3reeks van die MotoGPkampioenskap.
Die OosKapenaar Wade Young (16)het die jongste ryer geword wat diemoordende Dak van Afrikamotorfietsrenin Lesotho gewen het (lees berig onder).
WesBankSuperreeksDie veteraan Ben Morgenrood (IndyOil
Ford Falcon) het die finale V8 Supersedanren op Kyalami gerieflik gewen, gevolg deur Larry Wilford (Fuchs Ford Falcon) en Wade van Zummeren (Ford Mustang). Darron Gudzman (Corvette) het dieGTklas gewen.
Werner Scholtz (Mygale) is ná ’n segeen tweede plek as die Midas Formule1 600kampioen gekroon, met Rui Campos wat die Shelby CanAmreeks verower het.
In die Engen VW Polobekerreeks isdie jongeling Kelvin van der Linde (16) asdie jongste SuidAfrikaanse renkampioentot nog toe gekroon – sy oom, Etienne,was 142 dae ouer toe hy die nasionaleFormule Veetitel in 1994 gewen het. Kelvin volg daarmee ook in die voetsporevan sy oupa Hennie en sy pa Shaun – albei veelvuldige renkampioene.
Simon Moss het albei Formule VW
renne gewen, maar die Bridgestoneproduksiemotorrenne het drie verskillendewenners opgelewer – Hennie Groenewald(Subaru), Anthony Taylor (BMW) enGennaro Bonafede (Audi). Dit was Bonafede se eerste sege in hierdie renreeks.
Shaun Odendaal (Suzuki) het die Supersportmotorfietsklas oorheers, terwylSheldon Morias (Kawasaki) en DaveMcFadden (Kawasaki) oorwinnings in dieSuperfietsrenne gedeel het.
Pro TourbaanrenreeksIn die finale GT Uitdaagreeksrenne op
Kyalami was dit Andrew Culbert (Porsche GT3) wat as kampioen gekroon isnadat sy grootste mededinger, Kris Budnik (BMW M3), sy motor in die tweederen moes onttrek.
In die Formule Veeklas is Jaco Schriks(Rhema) as kampioen gekroon met ’nderde en vierde plek in die twee renne.Scott Temple het albei renne gewen.
Die GT Classicrenne is onderskeidelikdeur Nicky Dicks (Porsche RS) en Markus Minihold (Porsche RSR) gewen, terwyl Stewart Macleod in albei die Kawasaki ZX10Rrenne eerste was. Carlos Nobre (Polo) het klas A van die Goldwagenuitdaging gewen, maar James Hurley(klas D) is as die algehele kampioen aangewys.
SA VeldrenkampioenskapVir die CastrolToyota Hiluxspan was
die Gold 400veldren naby Glenharvie ’nsegetog soos min. Anthony Taylor enChris Birkin het ’n lang verwagte oorwinning behaal met hul spanmaats Duncan Vos en Rob Howie tweede, wat Vossy vyfde nasionale veldrentitel besorghet. Toyota het met dié vertoning ook dievervaardigerskampioenskap en klas SPkampioenskap verower.
In die klas vir spesiale voertuie hetEvan Hutchison en Danie Stassen (MotoriteBat) sake oorheers om gerieflik tewen en daarmee ook die kampioenskapsreeks te beklink.
Dakar 2013voorbereidingsDie Toyota Imperial Hiluxspan het die
Gold 400veldren gebruik as voorbereidingslopie vir sy jongste evolusieHiluxvir die Dakarren*, wat op 5 Januarie
2013 in Lima, Peru begin en op 20 Januarie in Santiago, Chili, eindig.
Die Dakarkampioen Giniel de Villiersen gesoute navigator François Jordaanhet die Hilux hard gery en hul tevredenheid met die vlak van ontwikkeling uitgespreek.
Die twee Toyota Imperialvoertuie (dieander een is vir Duncan Vos en Rob Howie) word middelDesember na Lima gevlieg en die span sal einde Desember inPeru aankom vir die laaste voorbereidings voor die Dakarren.
Intussen is bevestig dat Johan van Staden en Mike Lawrenson, die naaswenners in die spesiale voertuigkategorievan die SA Veldrenreeks, ook aan dieDakarren gaan deelneem.
Hulle sal die strawwe ren in ’n McRaeMC4RS aanpak in die top T1klas, waarin die Toyota Imperialspan hom ook bevind. Die voertuig is in Nederland gebouen deur die ervare ProDakarspan ingeskryf. Dit het ’n buisraamwerk met ’nBMW turbodieselenjin en sesgangopvolgratkas.
Die motorfietsjaers Darryl Curtis en Riaan van Niekerk (BroadlinkKTM) het dieMarokkaanse Marathonveldren as voorbereiding vir die Dakar gebruik. Hullehet onderskeidelik 15de en 14de geëindig,in die geselskap van Dakarwenners soosCyril Despres en Marc Coma.
Nog SuiderAfrikaanse motorfietsjaerswat hulle vir die Dakar ingeskryf het, isGlen Grundy (KTM), wat saam met BrettCummings, wenner van die AustralasieseDakaruitdaging, aan hul eerste Dakar saldeelneem.
Die Namibiër Ingo Waldschmidt (KTM)en Zambiër David Reeve het ook ingeskryf, terwyl die Nylstroomse sakemanSarel van Biljon (EATV) in die vierwielfietsklas gaan deelneem.
*Altesame 471 inskrywings, wat 195 motorfietse, 160 voertuie, 76 vragmotors en 40vierwielfietse insluit, is vir die 35ste Dakartydren ontvang. Die roete strek oor4 200 km en 14 dae, met ’n rusdag op 13 Januarie te San Miguel de Tucuman in Argentinië. Volg die SuidAfrikaners se vorderingop www.dakar.com.
Heil, die kampioene . . . en ’nstewige SA aanslag op Dakar
Bloedjongjaer keer die‘Dak’ om’N Sestienjarige lat het in vanjaar se
moordende Dak van Afrikamotorfietsren in Lesotho sy gesoute teenstanders onder die kluite en klippers gery.
Wade Young van Paddock in die OosKaap het die jongste ryer geword wat diétaai uithouren (extreme enduro), een vandie strafstes ter wêreld, gewen het. Metsy eerste poging het hy en sy YamahaYZ250F met van die wêreld se beste ryers afgereken: Manne soos SuidAfrika seDarryl Curtis wat al aan 21 van die 45Dak van Afrikarenne deelgeneem het,Graham Jarvis van Engeland wat die afgelope twee jaar elke moontlike taai enduro gewen het, insluitend verlede jaar se“Dak”, asook die Kiwi Chris Birch, watdié ren al drie keer gewen het.
Young het ’n hele 11 min. voor dienaaswenner, Altus de Wet (KTM), oordie wenstreep gery. Jarvis was derde opsy Husaberg. Vanjaar se ren is as eenvan die rofstes ooit bestempel en die hitte het talle ryers laat les opsê.
Young het die volgende vrae van InRatbeantwoord.
Wade, jy’t seker uit die geboortesaal reguit na ’n motorfietssaal beweeg, of hoe?
Toe ek agt jaar oud was, het ek beginry. En op nege het ek mededingend beginry.
Het jy eers veldtydrenne (motocross)gery en toe uithourenne?
Nee, ek het nie motocross gery nie. Ekhet eers hier op die plase rondom Paddock gery saam met Marc Torlage. Hyhet my oortuig om aan kompetisies deelte neem. Toe het ek in die junior klassebegin deelneem. Van daar af het ek aanbeweeg totdat ek vanjaar vir die eerstekeer in die senior klas deelgeneem het.
Jy is al ’n paar keer as nasionalekampioen gekroon, nie waar nie?
Ja, in 2005 en van 2008 tot 2011. In2012 was ek tweede in die E2klas(200 cc) in die Senior Nasionale Uithoukampioenskap en algeheel derde.
Was dit jou eerste deelname aan dieDak van Afrika?
Ja. Ek was wel verlede jaar hier as toeskouer.
Het jy voor die ren gedink jy salwen of so goed vaar?
Ja. Dit was van die begin af my planom goed te vaar of te wen.
Jy het van die beste jaers ter wêreld
geklop in een van die strafste renne.Besef jy dit en hoe voel dit?
Janee, dit het darem al ingesink. Endit voel regtig fantasties.
Wat het die ander ryers gesê oorhierdie ongelooflike prestasie?
Almal was baie ondersteunend. Veraldie mederyers. Ek ry al ’n paar jaarsaam met van hulle en hulle was sommer baie trots op my.
Hoe was dit om die Dak te ry enwat was die moeilikste?
Dit was die rofste ren ooit en my eerste keer in ’n harde enduro. Die moeilikste dele was die Push me Please en Pullme Pleasepasse.
Wat het jou gehelp om voor te bly?My kop. Ek het heeltyd positief gebly,
maak nie saak wat gebeur het nie. Natuurlik het ek ook baie geoefen op envan die motorfiets om my uithouvermoëte verbeter.
Wil jy aan ander taai enduro’s deelneem?
My plan is om aan die FIM WêreldEnduroreeks deel te neem. Maar as ekdie kans kry om aan ander harde enduro’s deel te neem, sal ek beslis.
Watter ren dink jy is die rofste?Van dié wat ek al gery het, beslis die
Dak van Afrika. Andersins lyk die Dakartaamlik mal.
Meng jou skoolwerk in met jouryery?
Ja, ongelukkig.
Te jonk om dit te mag drink, maar taaigenoeg om die vonkelwyn te spuit!FOTO: YAMAHA
OnderHoudWade Young
Recommended