7
InRat Bylae tot Rapport 15 September 2013 Tuisteskeppers juig oor Duster 2 ’n Viertrek vir die dwarstrekkers 3 Is die A45 AMG te warm vir sy wiele? 6 ’n Blaar land in Waterkloof 4 4 & 5 Vuurwarm & nuus uit Frankfurt Kalifornië Infiniti Essence VW Golf R

Rapport InRat - 15 September 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Rapport se maandelikse motorbylaag met nuus oor die Frankfurt-motorskou, Mercedes-Benz A45 AMG, Renault Duster, Kia Sorento, Mitsubishi PajeroSport en Ferrari se nuwe F1-span.

Citation preview

Page 1: Rapport InRat - 15 September 2013

InRatBylae tot Rapport 15 September 2013

Tuisteskeppers juig oor Duster 2

’n Viertrek vir diedwarstrekkers 3

Is die A45 AMG tewarm vir sy wiele? 6

’n Blaar land inWaterkloof4 4&5

Vuurwarm

&nuus uit

FrankfurtKalifornië

Infiniti Essence

VW Golf R

Page 2: Rapport InRat - 15 September 2013

2 InRat 15 September 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Die duursteDuster kos

R239 900FOTO:

RENAULT

InRatRedakteurJustus VisagieE­pos: [email protected]: 021 406 3226

AdvertensiesAttie BekkerE­pos: [email protected]: 011 713 9545

Die toekoms is hier. Amper...By die Frankfurt­motorskou, waar

InRat die afgelope week rondge­loop het, het al die vervaardigers diemedia probeer oortuig hoe omge­wingsvriendelik hulle is. Die fokus isbeslis steeds op lae brandstofverbruiken alternatiewe aandrywing, hetsyelektries, aardgas of waterstof.

Sonder uitsondering word ongeloof­like brandstofverbruiksyfers verkondig,gewoonlik vir hibriedmotors. Hoe klink’n Mercedes­Benz S­Klas wat 3 li­ter/100 km gebruik, ’n Porsche Panamera teen3,6 liter/100 km, of ’n Volvo XC60 se 1,8 li­ter/100 km? Omtrent almal maak deesdae sulkeonmoontlike bewerings.

As die vervaardigers tog net eerlik wou wees.Daardie syfers kan net behaal word in ’n laborato­rium, met batterye wat volgelaai was aan die be­gin van die verbruikstoets, en met die enjin wat so

min doen dat versnelling onmerkbaaris. Die utopie van bekostigbare motorswat reuse­afstande verslind terwyl hul­le hoofsaaklik op skoon lug loop, lê nogver in die toekoms.

Een ding is egter seker: die era vandie elektriese massamark­motor is ophande. Nissan*, Volkswagen en BMWis die leiers in hierdie wedren, en dieprodukte is indrukwekkend in eie reg,veral as die heelwat duurder en onbe­kende Tesla bygereken word. Maar tot

hul pryse en reikafstand vergelyk kan word mettradisionele motors, sal die beste oplossing nogsteeds in doeltreffende binnebrandenjins, bespa­rende rygewoontes en openbare vervoer lê.– Justus Visagie Volg @RapportInRat of@ryveilig op Twitter

* Nissan begin volgende maand met plaaslikeverkope van sy volkome elektriese Leaf. Sien bl. 4.

Ek en my wieleGerrie Pretorius is een van Suid-Afrika se

gewildste Afrikaanse sangers en nou ookaanbieder van die program Leef jou reis

met Gerrie Pretorius op kykNET. Hy gesels metInRat oor Matilda, asook sy getroue bakkie wathom op sy Afrika-reise vergesel.

Wat ry jy? Wat is jou voertuig se beste enswakste eienskappe?

’n Nissan Navara 4x4 dCi Auto. Hy is ’n gehar-de bakkie en neem my moeiteloos na enige plekin Afrika. Sy swakste eienskap . . . hy is dors!

Jou beste motor-herinneringe?Ek het ’n 1959 Beetle gehad en haar naam was

Matilda. Ons het met haar vir ons matriekvakan-sie Plettenbergbaai toe gery.

Watter vervoermiddel sal jy aanskaf as onsjou ’n koopbewys van R5 miljoen gee?

’n Seiljag. Dit is ’n uiters duur stokperdjie enek sal graag die wêreld daarmee wil verken.

As jy wou hê jou motor moet ’n verleng-stuk van jou persoonlikheid wees, wat sou jykoop?

Die Nissan Pathfinder 3.0 dCi V6.Het jy al geryloop?Ja, in my studentejare het ek dit baie gedoen.Het jy al ooit ’n motor se vensters van bin-

ne laat toewasem?Ja, dikwels!Wie’t jou geleer bestuur en het jy die rybe-

wystoets maklik geslaag?Ek het myself sommer geleer op die kleinhoe-

we waar ek grootgeword het. Ek bestuur al vanlaerskool af en het my rybewystoets ook die eer-ste keer geslaag.

Swets jy ander padgebruikers in die privaat-heid (en klankdigtheid) van jou eie motor?

Ja . . . nogal gereeld. Ek wens meer mense kan

hul truspieëltjies reg gebruik.Wie gaan vanjaar Formule 1 wen?Ek dink Sebastian Vettel het ’n goeie kans.Waarna luister jy wanneer jy ry?Stilte. Maar ek is gewoonlik op my foon!Watter toestel wil jy die graagste in jou

motor ingebou hê?’n Hands free kit vir my foon! Maar eintlik het

ek alles wat ek nodig het. My bakkie is volledigtoegerus vir al my Afrika-toere.

Wat is jou droom-job in die motorbedryf ofmotorsport ?

Ek wou nog altyd ’n renjaer wees, maar dees-dae sal ek nie omgee om ’n toerleier in Afrika tewees nie.

Gerrie Pretorius en sy Nissan Navara 4x4 | FOTO:VERSKAF

GERRIEPRETORIUS

Wit Blitsskrik nie vir’n nat padInRat se Citroën DS3 werk besonder

suinig met brandstof en daarom wil al-mal hom leen wanneer daar verder as150 km gery moet word.

Toe ons die Stellenbosch-omgewing vir’n reisartikel moes gaan verken, is dieWit Blits se anker gelig. Min het ons ge-weet dat iets soos “Wit Weerligstraal” ’nmeer gepaste naam sou wees, want on-weerswolke het soos ’n armada in diewynland se hemel saamgepak. Gelukkighet die DS3 reeds gewys dat hy waterbe-stand is (InRat, 18 Aug.) en sy glybeheer-stelsel gee verdere gemoedsrus op nat

paaie. Terloops, dis hoe glybeheer (ookbekend as stabiliteitsbeheer) werk: ’nSensor in die motor se middelpunt be-paal of die motor te veel of te min omdie middelpunt beweeg teenoor die rig-ting waarin die stuurwiel die motorstuur. As dit nie ooreenstem nie, omdatdie voorwiele of agterwiele hul greep opdie pad verloor, kan die motor vanselfingryp en ’n wiel rem of die enjinkragverminder. Só kry die motor dan weer

koers, sonder dat die bestuurder enigietshoef te doen.

Op pad na die wynlandgoed Delheimhet die eerste druppels geval en die DS3het ons daaraan herinner dat sy agterve-ring te hard is deur sy stert op die padna die kelder te laat wip. Die stamperigerit het my op die volgende ryding voor-berei: ’n John Deere-trekker. Die plaas-baas het ingestem dat InRat een ry.

As jy ’n stadsjapie is en jy kry ooit die

geleentheid om ’n trekker te bestuur,gryp dié ervaring aan. Hy’t byvoorbeeld’n rem vir elkeen van die groot agterwie-le sodat jy hom soos ’n oorlogtenk kandraai deur net een wiel te rem. Grootpret. Ja, net soveel pret soos die DS3,ondanks sy tekortkomings en dat dit eenvan die natste naweke van die seisoenwas. Ons het 260 km gery en dit het ge-lyk asof die brandstoftenk dit nie juis ag-terkom nie. En daar gaan die Wit Blitsalweer, op pad na die Lesotho Sky-berg-fietsren in . . . Lesotho. – Justus Visagie

SYFERSPRYS R251 900ENJIN 1 560 cc-viersilinder-turbodieselRATKAS Vyfgang-handrat,voorwielaandrywingKRAG 68 kW @ 4 000 r/min en230 Nm @ 1 750 r/minVERRIGTING 0-100 km/h in 11.3 sek. en182 km/h; 98 g CO2/km (volgens Citroën)VERBRUIK 5,1 liter/100 km (ons syfer)BRANDSTOFTENK 46 literAFSTAND AFGELÊ 3 226 km

Ons DS3 met die Bonne Esperance ­hotel agter hom | FOTO: WILLEM VAN DER BERG

Duster jaag deurdie spinnerakke

OnsRyding Citroën DS3 e­HDi 90 Style

Nuut

Renault Duster

Afgesien van ’n huisie by die see wil almal ’n 4x4 hê. Hyhoef nie in die veld te ry nie, hy moet net lyk of hy kan.

Renault se nuwe Duster lyk reg, maar kan ook stof opskop.Dit lyk soos ’n tipiese sagte veldryer soos die Nissan X-Trail,

maar Renault vergelyk hom met klein sedans soos die Corollaomdat hy in hierdie prysklas val. Met die bekostigbaarste weer-gawe, die 1.6 Expression vir R194 000, kan baie motorkopersnou die voordele van ’n groot bagasieruim en hoë pens geniet.

Vir soveel geld kan jy nie duur leersitplekke verwag nie. Toghet alle variante van die Duster ABS-remme, lugsakke, lugver-sorging, elektriese vensters en sentrale sluitstelsel met afstand-beheer. Die luukser Dynamique-weergawes het ook ’n naviga-siestelsel. Binne is harde plastiekpanele oral te sien, maar ditlyk nie uit plek nie en die rubbervloer maak die Duster ’npraktiese kinderkarweier en ontspanningsvoertuig. Daar is475 liter se pakplek in die bagasiebak – heelwat meer as in ’nCorolla (348 liter) of in ’n Ford Focus sedan (385 liter). Maardie agterste passasiers boet beenruimte in hiervoor.

Met sy pens 210 mm bo die grond kan die Duster oor meeras net ’n sypaadjie klim. Die 1.5 Dynamique 4x4 is vernuftigoor rowwe dele van ons roete en ons het hom met gemak deur’n hindernisbaan gestuur. Die sesgang-ratkas se eerste rat isbaie kort en dit maak ietwat op vir die feit dat die Duster niemet laestrek toegerus is nie. Die viertrekweergawes het drie ry-modusse: voorwielaandrywing, Auto (vierwielaandrywing metkrag outomaties versprei soos wieltol bespeur word) en Lock(gelyke krag en wringkrag na voor en agter). Die Auto-rymodushet puik gewerk op die grondpad en het die Duster stewig opdie pad gehou terwyl ons deur draaie geskiet het.

Die 1.5 dCi-enjin, wat ook in Nissans te kry is, ontwikkel ’nskaflike 80 kW en 240 Nm. Dit gaan jou nie teen die rugleuningvaspen nie, maar dié ryding is nie vir ’n kwartmyl-versnelrengemaak nie. Die 1,6 liter-petrolenjin lewer 75 kW en 145 Nm,maar was nie by die bekendstelling te ry nie.

Renault sê brandstofverbruik vir die 1.5-diesel is 5,5 li-ter/100 km en die 1.6-petrol s’n 7,5 liter/100 km.

Die Duster is prakties, prettig en gerieflik. Hy bied meermense die opsie om te gaan stof opskop. Ons kan al hoor hoebrom die Discovery- en Fortuner-eienaars.– Willem van der Berg

Page 3: Rapport InRat - 15 September 2013

15 September 2013 InRat 3| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Die herlewing in die bakkie-gegron-de sportnutsmark tel momentumop met Mitsubishi se deeglik gepo-

leerde nuwe Pajero Sport wat pas op onspaaie losgelaat is om oorlog te voer metdie Fortuner, Trailblazer, Everest enPathfinder. Hy lyk baie soos voorheen,met klein veranderings buite aan die lig-te en buffers, en grootliks dieselfde bin-neruim. Maar onder sy vel is die veran-deringe ingrypend en maak dit die Sportselfs begeerliker as voorheen.

Die vernuwing begin by die enjin enratkas, waar ’n splinternuwe 2,5 liter-tur-bodiesel met 131 kW en 400 Nm (350 Nmvir die outo-variant)by die ou 3,2 literoorneem, en ’n nu-we vyfgang-outo’kasdie ou viergang-een-heid vervang. Dieenjin is heelwatkleiner as voorheen,en ’n vyfgang-ratkasis nie regtig grootnuus in ’n wêreldwaar 7- en 8-gan-gers begin gewildraak nie, maar dienuwe oond lewer11 kW meer as syvoorganger en dieratkas hou die enjinaltyd binne sy doel-treffende toerestrek.Hy’s suinig met dievoggies ook, metgemiddelde ver-bruiksyfers van7,8 liter/100 km virdie handrat en8,5 liter/100 km virdie outo, volgensMitsubishi. Hierdiedinge is belangrik in’n voertuig wat ewetuis moet wees indie veld as op padna die skool ofbergfietsren.

Gepraat van veld-ry: ons het tydensdie bekendstellings-rit by die De Wildt-viertrekterreinnoordwes van Pre-toria in die bosgaan speel – ietswat ons terloopsten sterkste kanaanbeveel vir eie-naars van dié soortvoertuig. Die PajeroSport was indruk-wekkend op diesnelweg wat onsdaarheen geneemhet, sowel as in ru-we terrein.

Die hoofweg-ritge-halte is glad danksyagterste kronkelvereen hersiene voor-suspensie. Daar isheelwat penshoogteen as-artikulasie endie kombinasie vansy laestrekratkas enmiddel- en agtersteewenaarslotte bete-ken die bestuurderreken lag-lag metobstruksies af. Dieenjin lewer meer asgenoeg wringkragnet bo luierspoedom maklik teen rot-se uit te stap.

Die nuwe PajeroSport se deugdestrek egter verder,want hy het ’n vol-ledige lys veilig-heidseienskappe,danksy ses lugsak-

VANAF

R234 900

VANAF

R129 900VANAF

R164 900VANAF

R159 900

Om enige Mahindra te TOETSBESTUUR, SMS ‘RAPPORT’ na 42267 ofSKAKEL 0861 MAHINDRA* of gaan na www.mahindra.co.za ofbesoek ‘n Mahindra-handelaar vir spesiale aanbiedinge op die hele reeks.

mahindra.co.za

Sluit by ons aan

op Twitter

Mahindra SA

Sluit by ons aan

op Facebook

Mahindra-South-Africa

‘n Mahindra sal die vrag kan dra – Met sy uitstekende ontwerp, bied dieMahindra enkel en dubbelkajuit uitstekende krag en uithouvermoe.Taai en sterk – daar is ‘n Mahindra wat jou vrag sal dra!

HIER’S ’N BAKKIE METMURG IN SY PYPE.

MAH4973A

Nuut

Geheime wapenke, stabiliteitsbeheer en sluitweerremme.Ander standaardtoerusting sluit in ’nraakskerm-klankstelsel met beheerknop-pies op die stuurwiel, ratspane, USB- enBluetooth-versoenbaarheid, ’n trukameraen afsonderlike lugversorging vir dievoorste en agterste insittendes in dieruim sewesitplek-kajuit. Sy agterste rysitplekke vou plat in die vloer in en ditdoen wondere vir sy laairuimte. Bouge-halte is deurgaans goed, met duursameleersitplekke as standaardtoerusting.

Die kaneel op die melktert is sy prys-kaartjie: R435 900 vir die 4x4-handrat enR445 900 vir die 4x4-outo is goeie waar-

de vir ’n voertuig met so ’n wye reekssterk punte. Sy waarborg geld drie jaarof 100 000 km en hy het ’n diensplanvir vyf jaar of 90 000 km.

Die Pajero Sport het die regte kombi-nasie van waarde en bruikbaarheid wathom ’n wegholsukses behoort te maak.– Martin Pretorius

Mitsubishi Pajero Sport

Dis maklik omvan die Pajero­Sport te ver­geet in ’n are­na waar dieFortuner diesuperster isFOTO:MITSUBISHI

Page 4: Rapport InRat - 15 September 2013

4 InRat 15 September 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

15 September 2013 InRat 5| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Nuus

Dié selfvertroue is maklik om teverstaan, want sy nuweling het’n klomp uitstaande kenmerke.

Dié stadsmotortjie is by Hyundai sesentrum in Russelsheim, Duitsland ont-werp, word in ’n splinternuwe aanlegin Turkye gebou, en is direk gemik opdie Europese supermini-marksegment.

Die goeie nuus is dat hy klaar beves-tig is vir aankoms in Suid-Afrika teendie middel van 2014, en dat hy sal mikom in te pas tussen die bestaande i10-en i20-modelle.

Daarom sal ons hom aanvanklik netkry met die 1,2 liter-enjintjie (64 kW) enomvattende toerusting, maar steeds

teen ’n mededingende prys.Moenie dink daar is meer as net sy

voorganger se naam behou nie, wantHyundai het seker gemaak sy nuwekleintjie op alle fronte kan meedingmet die Europese markleiers. Hy hetglo ’n stiller kajuit as sy mededingersdanksy uiters gevorderde klankdem-ping, bied meer kajuitruimte en het ’ngroter bagasiebak as sy teenstanders.

Daar is heelwat aandag aan die de-tailontwerp gegee, soos ’n koolstofve-sel-behandeling op sekere ratkas-onder-dele, net om die ratskakeling te verbe-ter en ’n langer lewensduur te verseker.Gerief en padhouvermoë is verbeter

danksy nuwe voor- en agteras-ontwer-pe, en vering wat opgestel is volgensEuropese (en dus ook Suid-Afrikaanse)motoriste se voorkeure.

Die i10 se veiligheid het ook onderdie vergrootglas gekom, en hy spog noumet stabiliteitsbeheer, ABS vir sy skyf-remme voor en agter, en ses lugsakke.Alle variante het ook elektriese venstersen iPod/USB-versoenbaarheid – iets watnog ongewoon is in die goedkoperbuurte van die motormark. Soos ge-bruiklik sal die i10 ’n waarborg van vyfjaar of 150 000 km hê.

Dié oulike ryding kan vir Hyundai diedeur na die harte van ’n nuwe geslagkopers oopmaak.

As hy so lekker is om te bestuur sooshy is om na te kyk, en Hyundai kan dieprys billik hou, gaan hy stapels vanhulle in ons land verkoop. Die invalvanuit Suid-Korea duur onverpoosvoort . . . – Martin Pretorius

Nuwe i10 gaanopskudding maak

Frankfurt­motorskou

HYUNDAI HET PAS SY NUWE i10 AAN DIE WÊRELD GEWYS,EN MET DIE BEKENDSTELLING HET ’N KOLLEKTIEWEOPGEWONDENHEID UIT DIE GROOTKOPPE VAN DIÉKOREAANSE VERVAARDIGER GESTRAAL.

Hyundai se nuwe i10 sal volgende jaar in SA land. Dis die kort model by die agterdeur wat hom so groot laat lyk | FOTO: NP

VW­groepdomineer opFrankfurtDie Volkswagen-groep se perskonfe-

rensie tydens die Frankfurtse mo-torskou was ’n reuse-geleentheid. Disnie aldag dat een maatskappy so ’nlang rits nuwe modelle ten toon stelnie – en daar is iets vars in elke seg-ment van klein stadsmotortjies tot diesuper-luukse klas.

Aan die een kant is daar ’n reekselektriese en hibriedvoertuie, waaron-der die e-Golf met 85 kW en 270 Nm endie Panamera S e-Hybrid (waarvoorhulle verbruik van 3,1 liter/100 km aan-dui), en aan die ander kant is daar ’nnuwe Bentley Continental GT V8S met386 kW en 680 Nm. En moenie dinkdie konsepmotors het die korter lootjiegetrek nie, want Audi het twee nuwekonsepte uitgereik: Die vreemde Nanuk(dink aan ’n R8 op stelte met ’n400 kW 5,0 liter- V10-turbodiesel,) endie pragtige Sport Quattro, met sy515 kW-hibriedkragbron.

Die relevantste nuus vir Suid-Afrika isegter die nuwe Golf R, wat vroeg involgende jaar hier aankom. Die plaasli-ke weergawe sal ’n maksimum van206 kW en 380 Nm met sy 2.0 TFSI-en-jin ontwikkel – genoeg om van stilstandtot 100 km/h te snol in 4.9 sekondes as’n DSG-ratkas die krag na die 4Motion-viertrekstelsel stuur.

Verrigting is duidelik steeds ’n fokus-punt in Wolfsburg. Sy pryskaartjie isook goeie nuus: verwag dat hy minderas R500 000 gaan kos – heelwat min-der as ’n Mercedes-Benz A45 AMG, son-der om verrigtingsgewys juis terug testaan.

Aan die ander kant van die VW-stalhet Audi ook goeie nuus vir Suid-Afrika-ners, want die verruklike nuwe A3 Ca-briolet gaan ook vroeg in 2014 sy op-wagting in ons land maak. Verwag die-selfde enjinkeuses as die luikrug-model,maar heelwat stewiger pryse. Audi hetook die verfrisde A8 bekend gestel, metheelwat nuwe tegnologie soos volledigeLED-hoofligte en verbeterde multime-dia- en internetverbinding.

Met so ’n reeks opwindende nuwemodelle om hul reeds suksesvolle staluit te brei, staan Volkswagen en Audigereed om ’n selfs groter deel van diemark oor te neem. Ons sien uit na nogopwindende nuwelinge uit hierdiegroep. Veral Porsche se nuwe 911 Turboen verbeterde Cayenne S Diesel.– Martin Pretorius

Frankfurt­motorskou NuusNuus

Dis net enkele van die nuuspuntewat aan die lig gekom het by dieNissan360-konferensie wat InRat

onlangs in Kalifornië in die VSA byge-woon het. Nissan gebruik dié geleent-heid, wat elke vier jaar gehou word, omdie media te vertel wat in sy broeikas is.

Nog ’n groot storie is dat Nissan ons

nie verder gaan terg nie en homselfdaartoe verbind het om die Leaf teenomtrent R430 000 in Suid-Afrika te ver-koop van die derde week in Oktober. Dieprys sluit die installasie van ’n laaier vanongeveer R30 000 by die koper se huisin. (Sien berig onder)

Opwindende nuus vir kopers wat nie

die R2 miljoen- Nissan GT-R kan bekostignie (nie eens oor 288 maande nie) is datNissan sy verrigting-subhandelsmerk Nis-mo op meer van sy modelle van toepas-sing gaan maak. Die Nismo-weergawesvan die Juke en die 370Z word reeds virSuid-Afrika ondersoek. Albei bied kragti-ger enjins, sportiewer vering en glibberi-

ger bakpanele as hul alledaagse stal-maats. Alle Nismo-variante sal egter nieaansienlik kragtiger wees nie. Die JukeNismo se maksimum kilowatt-syfer is by-voorbeeld slegs 7 kW meer as die Juke1.6 DIG-T se maksimum van 140 kW. Ter-loops, een van die konsepmotors by diekonferensie, die Extrem, dui daarop datdie bestaande Juke se opvolger steedsaweregs sal lyk, maar nie meer soos diepadda in jou agtertuin nie. Dis ’n ont-werp wat ongetwyfeld by selfs meermense byval sal vind.

Behalwe die verrigtingsmotors soos dieJuke-R, waarmee ons vir kort afstandekon ry, het Infiniti se konsepmotors dieasem weggeslaan en oë laat blink. Onskon ongelukkig nie die splinternuwe Infi-niti Q50, wat met die 3-Reeks, A4, IS(Lexus) en C-Klas gaan meeding, bestuurnie. Sy hantering en vlak van bestuursge-not behoort puik te wees as hy aard nasy EX- en FX-broers wat al meer ’n jaarlank eienaars in SA vind. Ook omdat dieFormule 1-kampioen, Sebastian Vettel, In-finiti se ingenieurs met die ontwikkelinghiervan gehelp het. Gehaltegewys stel syinstrumentepaneel egter teleur; dit isminderwaardig aan die Nissan Qashqaien X-Trail s’n.

En wat van die blikbreine wat joumoet help bestuur? Nissan se mense wathulle met veiligheid en ontwikkelings virdie toekoms bemoei, sê jou motor gaandie rol van ’n “waardevolle assistent”vervul. Jy sal steeds kan vet gee, rem enstuur, maar as jy jou nie daarby gaan be-paal soos jy moet nie, gaan die motorjou bas red. As dié idee ’n stap verdergaan en motors wat outonoom is, be-skikbaar word, sal jy die vryheid hê omiets anders te doen terwyl jy ry – ietswat sommiges reeds bemeester het deurgrimering aan te wend of per SMS teklets op pad werk toe. – Justus Visagie

→ Nissan besit Infiniti en Datsun

Nissan verklap geheimeby bosberaad

Nissan 360

’N DATSUN VIR SUID­AFRIKA IN 2014 MET GENOEG PLEK VIR MENS EN BAGASIE – METLUGVERSORGING – VIR R99 900. MOTORS WAT NAMENS JOU KAN BESTUUR, SONDEROM BESTUUR­PLESIER WEG TE VAT. DAT DIE NISSAN MURANO BINNEKORT IN ’N SWAANGAAN ONTLUIK.

Infiniti se Essence­konsepmotor. Bombardeer asseblief Nissan se grootbase met e­pos sodat Infiniti hom bou | FOTO: NP

Nissan Leaf is eindelik hierDie Leaf sal volgende maand teen on-

geveer R430 000 in Suid-Afrika tekoop wees. “Nissan is die eerste handels-merk wat die verkoop van elektriesevoertuie in Suid-Afrika verken en ons isbaie trots daarop,” sê Mike Whitfield,Nissan SA se uitvoerende hoof.

Die Leaf se reikafstand is omtrent175 km en dit neem hom 8 uur om deur’n gewone kragprop vol te laai. Die Leafis dus ’n stadsmotor en ’n gesin salwaarskynlik steeds met sy ander motorna ’n vakansieplek moet ry.

Om die Leaf met Eskom-krag vol telaai, sal ongeveer R24 kos, maar daar isreeds enkele geboue in SA wat hul eie,volhoubare krag met sonpanele opwek

en so ’n laai-sessie sal dus gratis wees.Die Leaf se battery (wat die motor aan-dryf ) sal 5 tot 10 jaar hou en kan danherwin of elders gebruik word, aange-sien hy steeds 80% van sy oorspronklikekapasiteit sal hê. Die prys van ’n nuwebattery is nog nie bekend nie.

Die Leaf se elektriese motor ontwikkel80 kW en 280 Nm en die motor haalsnelhede bokant 145 km/h.

Hy het dieselfde geriefstoerusting asgewone motors, soos lugversorging, ’ntrukamera en satellietnavigasie.

Verkope van die Leaf in al 17 landewaar hy reeds beskikbaar is, het onlangsdie 70 000-kerf verbygesteek.– Justus Visagie

Nissan LEAF Nuus

Hoe ver kan jy ry met R24 se petrol? Die Leaf kan 175 km met R24 rand se Eskom­krag ry. Maar ons weet nog nie wat ’n nuwe battery gaan kos nie... | FOTO: NP

Page 5: Rapport InRat - 15 September 2013

6 InRat 15 September 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Nuut

Michael Bay is ’n rolprentvervaar-diger bekend om lokettrefferssoos Armageddon en die Trans-

formers-reeks. Die storielyn en karakter-ontwikkeling is beperk, maar dié fliekslaat gehore nietemin na hul asem snak,want daar is geen tekort aan spanningen skouspelagtige ontploffings nie.

Bay het ’n eweknie in die motorwêreld– AMG, Mercedes-Benz se verrigtingshuis.Want hoewel hulle selde delikaat is, biedelke AMG-motor ’n oormaat drama, ge-raas en (vinnige) aksie. Nes Transformers.En nou is daar ’n vervolgprent vir dieskop-skiet-en-donner C63, SLS en SLK55:Die A45 AMG, met ’n amper identiesestorielyn, nuwe akteurs en ’n klomp nu-we spesiale effekte.

In dié geval voorsien ’n fantastiese nu-we tweeliter-vierplaatstofie die ontplof-fings. Gegrond op die Merc A250 se en-jin, maar bygewerk met versterkte binne-goed, meer turbo-druk, en verbeterdeverkoeling- en uitlaatstelsels, ontwikkelhy ’n merkwaardige 133 kW/liter (in ter-me van enjingrootte) vir ’n totaal van265 kW, met 450 Nm se wringkrag. ’n Se-wegang- dubbelkoppelaar-outo’kas enwegspringbeheer gee woeste verrigting:hoe klink 0 tot 100 km/h in 4.6 sekondes(vinniger as ’n C63 of BMW M3) en ’nbeperkte topspoed van 250 km/h? Disdarem nie net spoed en drama nie, wantas ’n mens mooi ry, reken Mercedes hysal lig op sous wees ook.

Die klankbaan sal ook oë laat rek enore tuit, want in Sport-modus knal dieuitlaat soos ’n kanon met elke ratwisse-ling. Die verrigting op die pad is selfs in-drukwekkender as die naakte syfers,want dis eintlik nie ’n enjin onder diekap nie, maar ’n kernreaktor.

Met die lepel in die vloer gebêre voujou ingewande om jou rugstring, en ditvoel asof die karretjie die horison grypen in jou skoot laat val. Dáár word in ’nasemteug híér, en meer krag is altyd be-

skikbaar.Soos alle AMG’s is die A45 hoofsaaklik

gefokus op waansinnige verrigting. Disdie eerste viersilinder-AMG, en die eerstewitwarm A-Klas.

Voorwielaandrywing se vermoë om ho-pe krag doeltreffend op die pad neer tesit, is beperk en daarom is die A45 toe-gerus met ’n Haldex-viertrekstelsel enherontwikkelde suspensie. Die resultaatis dramaties anders as die gewone, lou-warm A-Klas.

Dit sou min beteken as die A45 netvinnig in ’n reguit lyn was, want spoedmoet ook afgeskud kan word. Die AMG-remme was selfs ná vier vinnige rondtesom Kyalami steeds kragtig, al het die pe-daal effens pap begin voel. Ongelukkighet die baan-rondtes ook kwaai stuur-traagheid getoon, waar die motor se

neus reguit beur ondanks die bestuurderse beste pogings met die stuurwiel. Dissekerlik veilig vir die meeste bestuurdersomdat die motor dan gouer spoed ver-loor totdat hy kan begin draai, maar nieregtig pret nie.

Op die renbaan is sy hantering beslisnie so vloeiend soos ’n Mitsubishi Evos’n nie, maar met die regte tegniek kan’n mens hom tog vinnig deur draaie slin-ger. Die Haldex-stelsel sorg ook vir baiepadgreep, maar hy het ’n aggressiewetegniek nodig: rem hard, pluk die stuur(om die motor in die draai in te dwing),hoop die ratkas gehoorsaam jou beveleen voer baie petrol sodat die ewenaarkrag na agter gelei om die stuurtraag-heid te neutraliseer.

Op die pad is hy egter uiters vasvoetig,rats en verbasend gemaklik vir ’n motor

met so ’n sportiewe veerstelsel. Maarsoos met elke Bay-fliek, sal die connois-seur verlang na dieper talent.

Die ander kwelpunt is die lae toerus-tingsvlakke en hoë prys. Al die veilig-heidsdinge is daar (dit bly ’n Mercedes),maar teen R600 000 verwag ’n mensdarem ’n luukse soos outomatiese lug-versorging – dit is egter opsioneel. Ditter syde is die A45 ’n dramatiese nuwe-ling met genoeg AMG-heid om entoesias-te se harte woes te laat klop. In ’n wê-reld van vervelig-dog-vinnige blitsbuksestaan hy beslis uit, soos Child’s Play sewrede pop, Chucky, wat in Toy Story be-land het. – Martin Pretorius

→ Transformers 4 “Age of Extinction”,met Mark Wahlberg en Nicola Peltzas pa en dogter, word volgende jaaruitgereik.

So vinnig soos ’n koeël uit ’n Colt 45, maar dalk nie meer as ’n ongeleide missiel nie | FOTO: NP

Mercedes­Benz A45 AMG 4MATIC

Chucky die‘Transformer’

Kokkedoor van KoreaDis ’n lekker probleem om te hê:

Om die mees gepaste veldryerte kies wanneer daar so ’n klompverskillende modelle beskikbaar is.Hy moet mooi wees, maar die slag-gate kan vat. Hy moet ’n kameror-kes kan vervoer, maar nie lompwees om te parkeer nie. Hy moetgenoeg pluk in sy agterstewe hê,maar hy moenie die sous vreet nie.Hy moet die Swartbergpas in ’nwolkbreuk kan aandurf, maar opdie N1 moet hy ry soos ’n 3-ReeksBMW. Die Kia Sorento, wat vroeërvanjaar vernuwe is, is omtrent sonaby as wat jy hieraan gaan kom.

Net ’n fanatikus sal kan sien hoe dieveelsydige Sorento buitelangs ontrimpelis, maar veranderings aan sy meganika isingrypend en die kajuit het ook onderdie snydokter se mes deurgeloop.

Hulle wat graag in die ry bo-aan dieinstrumentepaneel vashou, sal bly weesdat dit nou van die sagter, luukser soortplastiek gemaak is. Daar’s ’n raps meerbeenruimte as voorheen vir die agterstepassasiers en kinders klim maklik in ensitplekgordels “prop” moeiteloos langshul stoeltjies in en uit. Binne is die kajuitselfs stiller as voorheen teen hoofweg-snelhede.

Omdat die volgrootte noodwiel onderdie Sorento se pens gemonteer is, is die

bagasiebak enorm. As jy die vals bodemoplig, is daar geheime kompartementewat perfek is vir Barbie en Ken se huis,swembad en perdestalle.

Hoewel die Sorento se lang lyf bietjieoorleun in die draaie, gaan ek dit nieteen hom hou nie, omdat sy 2,2 liter-bliksemstraal-turbodieselenjin die lang-pad so moeiteloos verorber. Dié enjin,wat net op laeswael-diesel mag loop, het’n nuwe uitlaatgas-hersirkulasiestelselwat minder koolstofdioksied vrystel. Vol-gens die ritrekenaar was ons stadsver-bruik 7,2 liter/100 km en ons langpadsy-fer 6,9 liter/100 km, met die ECO-knopingedruk om die enjin rustiger en min-der dors te maak. Met sy gretige enjinen lywige gestalte in ag geneem, is enig-

iets onder 9 liter/100 km uitstekend.Die sesgang-outo’kas werk stil en

doeltreffend, maar die ligte en vaestuurgevoel kom nie naby aan ’nBMW se direkte stuur nie. Die lysievan veiligheidstoerusting is lank virdié “goedkoper”, voorwielaangedre-we Sorento se prys (die 4x4-weerga-we is duurder). Behalwe ses lugsak-ke en wegtrekhulp op hellings isdaar onder meer ook elektroniesestabiliteitsbeheer. Nog iets wat in syguns tel, is dat hy nie vet of lompvoel in dun strate of parkeerplekkenie en dat sig na buite goed is. Die

Sorento is ’n veilige, gesofistikeerde,ruim en aantreklike ryding wat sy manstaan tussen die groot kokkedore vanSportnutsland. – Ané Theron

SYFERSPRYS R408 000ENJIN 2,2 F- viersilinder-turbodiesel, 147 kWen 436 NmRATKAS Sesgang-outo, voorwielaandrywingVERRIGTING 0-100 km/h in 9.7 sekondes en190 km/h topsnelheid; 7,2 F/100 kmNAVERKOPE Gewaarborg vir vyf jaar of150 000 km; diensplan vir vyf jaar of100 000 km, versien elke 20 000 kmOORWEEG OOK Hyundai Santa Fe 2.2 Pre-mium 4x2 outo, Mitsubishi Pajero SportDi-D 4x4 outo

Kia Sorento 2WD

KitsToets

Sy dop lyk bekend, maar sy binnegoed is bynavolkome nuut | FOTO: QUICKPIC

Volvo FHNuus

Volvo FH Vragmotor van die JaarVolvo Vragmotors se nuwe FH­reeksis in Moskou as die Vragmotor vandie Jaar vir 2014 aangewys. Die toe­kenning is gemaak deur van Europase voorste kommersiële voertuig­joernaliste, wat 25 publikasies ver­teenwoordig. Die eerste besendingFH­vragmotors sal binne drie wekein Suid­Afrika aankom. Mark Eras­mus, besturende direkteur van VolvoTrucks Suider­Afrika, sê plaaslike ko­pers sal gou uitvind die nuwe VolvoFH is gebou met die bestuurder ingedagte en met ’n fokus op dieverbetering van winsgewendheid van’n vervoermaatskappy. “Die nuweFH­reeks het belangrike innoveringwaar dit tel: brandstofdoeltreffend­heid, ergonomie, hantering, aktieween passiewe veiligheid en ’n klompander tydbesparende eienskappe.”

Page 6: Rapport InRat - 15 September 2013

15 September 2013 InRat 7| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Sleep woonwasó na kykNETBuite EkspoDie kykNET Buite Ekspo begin

volgende week by die Mbizi-woonwapark naby Bela-Bela inLimpopo. As jy jou woonwadaarheen sleep, kan jy die vol-

gende wenke van Jurgens-karavane oorweeg.1. Die belangrikste aspek van sleep is die

kombinasie van die sleepvoertuig en woonwa.Die totale massa van die woonwa – vol gelaai– moet minder wees as die sleepvoertuig setarra. Indien die woonwa wel swaarder is,moet dit met elektriese of hidrouliese remmetoegerus word.

2. Die druk van die woonwa se bande moethoog wees en dieselfde geld die sleepvoertuigse agterste bande. Raadpleeg die woonwa enmotor se handleidings of kry inligting vandie woonwa-handelaar. Op swak grondpaaiemoet die banddruk verminder word en dandadelik verhoog word voordat jy weer op ’nteerpad ry.

3. Die sleephaak se hoogte is uiters belang-rik en moet tussen 350 en 465 mm bo grond-vlak wees. Laat die sleephaak aanpas as ditnie die geval is nie, deur byvoorbeeld ’n sak-plaat te gebruik. ’n Permanente haak is veili-ger as die tydelike soort.

4. Dis belangrik om die woonwa reg te pak,met die swaar artikels in die neus – raad-pleeg die handleiding vir besonderhede. Wa-tertenks moet leeg wees wanneer jy ry, behal-we as daar geen water by die bestemming is

nie. Dan is ’n vol tenk beter as halfvol, wantdit verhoed dat die water binne die tenk(s)rondbeweeg.

5. ’n Woonwa moet gereeld versien wordom te verseker dat sy remme deeglik werken dat daar geen skade aan die asse is nie.Die wiele, bande, skokbrekers en wielsporingmoet ook reg en gesond wees. Verseker ookdat die woonwa se stertligte werk – dis on-wettig om te sleep as dit buite werking is.

6. Stabiliseerders is van groot waarde, maarhul vermoëns moenie oorskat word nie. Diseintlik ’n noodmaatreël. In die meeste gevallekan jy bloot jou voet van die versneller haalen die stuurwiel reguit vorentoe hou as diewoonwa onstabiel raak, sodat dit herstel.

7. ’n Sleepvoertuig met ’n lang asafstandsleep beter as een met ’n kort wielbasis.Maak seker die agterste vering is styf genoeg,veral as jy met ’n veldvoertuig sleep.

8. Gebruik woonwa-spieëls as jy nie die ag-terste hoeke van die woonwa in jou motor sekantspieëls kan sien nie.

9. Dis onwettig en gevaarlik om nog ’nsleepding agter die woonwa te sleep.

10. Moenie vinniger as 100 km/h ry nie.Kom liewer veilig en ontspanne by jou be-stemming aan.

; Die kykNET Buite Ekspo vind van 20 tot22 September by die Mbizi-woonwapark, 8 kmbuite Bela-Bela (Warmbad) op die Thabazim-bi-pad plaas. Besoek www.ekspo.co.za.

Promosie

MotorSport

Formule EenDie terugkeer van “Ysman” Kimi

Räikkönen na die Ferrari-span omaanstaande jaar se F1-seisoen saam metdie vurige Fernando Alonso aan te pak,is ’n meesterskuif van die Maranello-manne en hul grootbaas Luca di Monte-zemolo.

Waarom? Wel, as jy ’n briljante, dogknorrige Spanjaard in jou midde het(wat erg ontevrede met jou kar se verrig-ting is), soek jy iets om hom te motiveer,iets om hom te dwing om elke gram vansy potensiaal te gebruik. Hopelik totwanneer sy kontrak einde 2015 tot ’n

einde kom. Wat dan beter as om ’n koel,kalm Fin, wat al ’n wêreldkampioen in’n Ferrari was, en, soos liewe Fernando,uiters bedrewe agter ’n F1-stuurwiel is,in te bring om die kwynende vuur in dieSpanjaard aan te blaas?

Ferrari moes dié sakie goed deurdinkhet, want om Räikkönen na die rooispan terug te lok, het sekerlik tandetrekgekos (onthou, hy’s deur dié selwersespan in 2009 die deur gewys, ’n jaarvoordat sy kontraktyd verstryk het).

Die voorwaardes is ’n aanduiding hier-van: Gerugte wou dit hê die Fin sou net’n jaarkontrak kry; dis nou twee jaar en

kom beslis teen ’n stewige prys. En laas-te maar nie die minste nie, daar’s g’nsprake van no. 2-jaer-status (soos met Fe-lipe Massa) nie.

Ferrari en Di Montezemolo se wense isnou vervul met die beste jaerskombina-sie in jare. Dit was 60 jaar gelede dattwee wêreldkampioene, Alberto Ascarien Nino Farina, vir die grootste span inF1 gejaag het. Maar soms moet ’n mensversigtig wees waarvoor jy wens. HoeFerrari (lees Di Montezemolo) die somsonvoorspelbare Räikkönen, én die uit-eenlopende persoonlikhede van die Finen Alonso gaan bestuur, is ’n ope vraag.

Skimbeelde van Tambay en Arnoux byFerrari, die “droomspan” van Senna enProst by McLaren, of Hamilton en einsteAlonso, ook by McLaren, doem op – endit kan alles in trane eindig.

En wat nou van Massa? Of Lotus homin Räikkönen se plek sal vat, is onwaar-skynlik. Nico Hülkenberg, wat nou virSauber jaag, is sekerlik die beste kandi-daat, en dit kan dan beteken dat Massaby Sauber eindig – waar hy sy F1-loop-baan begin het.

Wat dié seisoen betref, is SebastianVettel (Red Bull) ná opeenvolgende segesin die Belgiese Grand Prix op Spa-Fran-corchamps en Italiaanse Grand Prix opMonza feitlik onkeerbaar op pad na syvierde wêreldkampioenskaptitel. Hy’snou 53 punte voor Alonso, wat in albeirenne die naaswenner was. Die Duitserse oorwinning op Monza was ook dieRed Bull-span se 40ste F1-sege. En aan-staande jaar sal hy nóg ’n Aussie, DanielRicciardo, wat nou vir Scuderia ToroRosso jaag, as spanmaat hê.

SA-tydrenreeksDie verdedigende SA kampioene Mark

Cronjé en Robin Houghton (Ford Fiesta

S2000) het hul voorsprong in vanjaar sereeks nog verder gerek met ’n gerieflikeoorwinning in die Ford-handelaarstydrenin Gauteng en is nou 25 punte voor hulnaaste teenstanders, Jan Habig en RobertPaisley (Basil Read Ford Fiesta S2000).

Habig en Paisley het teenspoed gehaden kon die ren net 11de voltooi, maar diejong Henk Lategan en Barry White(Volkswagen Sasolracing Polo S2000) hetweer hul potensiaal gewys deur tweedete eindig, gevolg deur die Castrol ToyotaYaris-spanne van Johnny Gemmell/Carolyn Swan en Leery Poulter/ElvéneCoetzee. Die sesde ronde in die reeks,die Toyota Kaapse handelaarstydren, hethierdie naweek plaasgevind.

SA-veldrenreeksAnthony Taylor en Dennis Murphy

(Castrol-Toyota Hilux) het met ’n vierdeopeenvolgende oorwinning in die Do-naldsons SA-veldrenreeks hul voorsprongin dié reeks tot 20 punte vergroot.

Die paar het die Vryburg 400 van be-gin tot einde oorheers, terwyl hul span-maats, Duncan Vos/Rob Howie, weer dienaaswenners was, met die voormaligekampioene Chris Visser en Japie Baden-horst (Ford Ranger) derde.

Quintin en Kallie Sullwald (ElegantFuel BAT Venom) het die spesiale voer-tuigklas, asook klas A, in Vryburg gewen,gevolg deur Nardus Nel en sy seun Louisin hul Wrapsa BAT. Die KwaZulu-Natal-lers Clint Gibson en Gary Campbell (Por-ter) loop egter nou voor in die kampi-oenskap nadat hulle ’n goeie derde plekin dié veldren behaal het.

Die volgende ren in die reeks, dieFord-handelaarsren, vind aanstaandemaand in die omgewing van Thaba’Nchu in die Vrystaat plaas.– Ferdi de Vos

Kimi Räikkönen sluit hom by Scuderia Ferrari aan | FOTO: FERRARI

Meesterskuif

Page 7: Rapport InRat - 15 September 2013

www.kia.co.za

Laat ’n blywende indrukvir R3999 per maand.

Ons het goeie nuus – die lang gewag vir die KIA Sportage is uiteindelik verby. Besoekvandag nog jou naaste handelaar om joune te kry. Ons wFFt jy kan nie wag om ’nblywende indruk te laat nie.

Facebookwww.facebook.com/KiaMotorsSA

Twittertwitter.com/KiaMotorsSA 15

149O

Fyt

10% DEPOSITOTWEEWIELAANGEDREWE 2.0MAN IGNITE SPORTAGE

25% BALLONBETALING 9% RENTEKOERS

Rentekoerse word aan die heersende prima koerse gekoppel, onderhewig aan veranderinge. Die transaksie isonderhewig aan die goedkeuring van krediet deur KIA Finance, ’n afdeling van MFC, ’n afdeling van NedbankBeperk. Nedbank Beperk is ’n gemagtigde verskaffer van finansiHle dienste. Nedbank Beperk is ’n geregistreerdekredietverskaffer kragtens die NKW (NCRCP 16). Die prys sluit aanvangsgeld van (R1140) asook ’n maandeliksediensfooi van (R57 p/m) uit. Die transaksie is slegs van toepassing op die geadverteerde spesifikasies. Enigeaddisionele bykomstighede sal onderhewig wees aan afsonderlike bepalings en voorwaardes. Die koste virpadbystand is uitgesluit. E&OE.

TERMYN72 MAANDE