8
InRat Bylae tot Rapport 18 Mei 2014 Die Nissan Patrol vra dat jy afstig 5 Nee, ons lieg nie! Dis die nuwe Mini 3 Jou 4x4 is moeg vir die skoolroete 8 BMW X5 het diskoligte vir voetgangers 6 Nuwe Jeep Cherokee – ’n rooihuid met skoonheid? 3

InRat 18 Mei 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Die Mei-uitgawe van Rapport se maandelikse motorbylaag

Citation preview

Page 1: InRat 18 Mei 2014

InRatBylae tot Rapport 18 Mei 2014

Die Nissan Patrol vra dat jy afstig

5

Nee, ons lieg nie!Dis die nuwe Mini 3

Jou 4x4 is moegvir die skoolroete 8

BMW X5 hetdiskoligte virvoetgangers6

NuweJeep Cherokee– ’n rooihuid metskoonheid?3

Page 2: InRat 18 Mei 2014

2 InRat 18 Mei 2014| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

InRatRedakteurJustus VisagieE­pos: [email protected]: 021 406 3226

AdvertensiesBrendon StaniforthE­pos: brendon.staniforth

@media24.comTel: 012 485 9266

Is jy een van daardie moto­riste wat 120 km/h in diesnelweg se regterbaan ry

en traag is om links te be­weeg omdat dit die wettigesnelheid is en spoed nood­wendig tot sterftes lei?

Die AA het ’n verklaring uit­gereik wat lui Arrive Alive het met sy “SpeedKills”­veldtog sedert 1997 weinig sukses behaalen dat busse, wat stadig ry, van alle voertuie diemeeste padsterftes veroorsaak.

Die AA sê spoed is gevaarlik as dit onvanpasvir die omstandighede is en die owerheid salmeer sukses behaal as hy op die volgende fokus:beter wetstoepassing, die nagaan van rybewyse,motoriste wat ander op ’n gevaarlike manier ver­bysteek, padwaardigheid, dat bestuurders ver­keersligte gehoorsaam en dat padgebruikersdeeglik kyk voordat hulle beweeg of van rigtingverander. Vervolging weens spoedoortredings hetbloot ’n inkomstestroom geword, sê die AA.

Gaan die regering hom aan die AA se meningsteur? Ongelukkig onwaarskynlik.

Motorsake lyk meer belowend by die Johan­nesburgse Padagentskap (JRA), wat vandees­week ’n slimfoon­app bekendgestel het om slag­gate aan te meld. InRat het dit van Google seapp­winkel afgelaai en sal volgende week in Jo­hannesburg daarmee eksperimenteer. Die app ge­bruik die slimfoon se GPS om vir die JRA te sêpresies waar die gat is. Dit is op die oomblik netvir Android en Windows beskikbaar, maar dieiPhone­weergawe is glo byna gereed. Soek na“JRA Find&Fix” in jou app­winkel.

Waar die somer en sy sondvloed van reën dieslaggate vermeerder het, bring die winter weerander uitdagings vir jou motor. Hier is ’n klompiewenke om jou kar wintergereed te maak:

V Laat toets jou motorbattery. Dit is sensitiefvir koue;

V Maak seker daar is teenvriesmiddel in dieverkoeler. Raadpleeg die handleiding daaroor;

V Verseker dat die remme, ligte, ruitveërs, ont­wasemer en verhitter in die agterruit werk. Gaanook die bande se loopvlak na;

V Hou die brandstoftenk so vol moontlik. Kon­densasie, wat meer in die winter voorkom, kanveroorsaak dat water met die brandstof meng.

Hoe leër die tenk, hoe meer kondensasie; enV Stel vas of jou motor se padbystand­hulp­

diens nog geld. Indien nie, sluit aan by ’n organi­sasie soos die AA. En hou ’n selfoonlaaier in joukar.

; Volg @RapportInRat en @ryveilig (JustusVisagie) op Twitter.

Spoed is toenie die eintlikeprobleem

KopKrap Die leidradeDwars3. Räikkönen, wat 2007 seF1­wêreldkampioen was(4)6. Omstrede FransmanAlain __, wat vier F1­wêreld­titels verower het (5)7. Kultusheld van die sil­werdoek, James __, wat in1955 in ’n Porsche 550Spyder verongeluk het (4)8. Die Russiese Grand Prixvind vanjaar hier plaas(dink aan die OlimpieseWinterspele!) (5)11. Die F1­kampioen diejaar voor Jody Scheckter,__ Andretti (5)12. Brittanje se Hamilton(5)13. Die Britte se man van31 oorwinnings en 32 on­gelukke, __ Mansell (5)14. Houtsoort wat baie ligin gewig is (5)16. Plek waar diere grasvreet (7)19. Kleurryke blondekop­wedrenheld van die 1970’s,__ Hunt (5)21. Snel beweeg (2)22. Die beroemde renbaanin Baden­Württemberg isnaby dié Duitse dorp (10)24. Uitroep van pyn (4)

Af1. Snelheid kan met dié

afkorting aangedui word(3)2. Die Kanadese Grand Prixis al meer as 30 keer opdié plek aangebied (8)3. In die rigting om ’n ren­baan soos die wysers van’n horlosie loop (10)4. Uganda se Amin (3)5. Formule Een­wêreld­kampioen in 1969, 1971 en1973, __ Stewart (6)9. Drie van hulle (Phil,Graham, asook Damon)was al wêreldkampioen!(4)10. Dié stad het sinoniemgeword met die ItaliaanseGrand Prix (5)11. Australiese stad waardigby 20 Grand Prix­wed­renne al aangebied is (9)15. Genesende waterbron(3)17. Tele­TV is ’n anagramvir hierdie Sebastian! (6)18. Bo die grond hou (3)19. Die enigste wêreldkam­pioen op sowel twee asvier wiele, __ Surtees (4)20. Bome in Stellenboschse lanings (4)21. Skotland se __ Clark,wat twee keer wêreldkam­pioen was voordat hy in1968 verongeluk het (3)23. Onder andere (afk.)(2)

Yamaha Super Ténéré XT1200ZE

lSuzuki­blokkiesraaisel #5

Ons het in die vorige uitgawe oor Yamaha se verbeterde SuperTénéré XT1200ZE geskryf, maar daar was nie plek vir ’n foto nie.Hier is hy nou, in al sy glorie. Hy kos ’n stewige R180 000, maar syprys vergelyk steeds goed met die BMW R1200GS s’n. Die goeienuus is die ouer XT1200Z is splinternuut te koop teen R144 500.

Nuut

Kragtige ysterperd

05 Rapport Inrat Suzuki-raaisel 18 Mei 2014

1 2 3 4 5

6

7 8 9

10 11 12

13 14 15 16 17 18

19 20 21 22 23

24 25 26

27 28

29 30

31

Die nuwe SX4, met die grootste laaispasie in sy klas.

Bespreek jou toetsrit

www.SuzukiAuto.co.za

SX4lifeNOW THAT’S

laaispasie in sy klas.

Gebruik die letters in die gekleur-de blokkies om die naam van

een van Suzuki se motors te vorm.SMS jou antwoord en jou naam envan na 073 575 1774 voor of op Dins-dag 20 Mei 2014. Net een SMS per te-lefoonnommer.

Deelname impliseer aanvaardingvan die voorwaardes, wat op aan-

vraag beskikbaar is [email protected].

Die wenner ontvang ’nExplorer 4x4 Mediboxwat ideaal is vir viertrekgeesdriftigesen motoriste. Dié sterk, kompakte,stofdigte noodhulptassie bevat eenvou-dige noodhulpinstruksies en die in-

houd is in netjiese kom-partemente verdeel.

Vir meer besonderhede,bel J. Pretorius by082 793 7174 of stuur aanhom ’n e-pos [email protected].

Besoek ook die webwerf medhealth-carekits.co.za vir meer inligting.; Die wenner van April se 4x4-Medibox is Annemarie Maarsch.

Wen met Suzuki

@ryveilig &@RapportInRat

Verskaf deur XWord.co.zaGebruik die letters in die gekleurde blokkies om dienaam van een van Suzuki se gewilde motors te vorm

“Avontuur” kry ’n nuwebetekenis wanneer jy dieland se agterpaaie op ’nmotorfiets begin verken.Nuwe horisonne wink indié praktiese roete- enrygids waarvoor die top-skrywer Deon Meyer endie fotograaf AdriaanOosthuizen van Suid-Afrika se mooiste grond-paaie aangedurf het.

Hulle bied oor die 30 roetes vir gesoute enaspirant-motorfietsryers wat ’n liefde vir reishet. Meyer het ’n kort storie oor elke roetegeskryf. Hy vertel ook van die karakters wathy langs die pad ontmoet.

Elke roete – wat deur kleurryke kaarte enpragtige landskapfoto’s geïllustreer word –bied iets nuuts om te ontdek: ’n asemrowen-de pas; ’n kronkelende rivier; pragtige plaas-geboue; ’n waterval; of ’n uitgestrekte stukveld met nie ’n mens in sig nie.

Die tweede deel van die boek is ’n praktie-se rygids wat grondpad-groentjies stofpaaiehelp baasraak. Daarin verduidelik Meyer dieteorie agter motorfietsry. Hy gee ’n rits wen-ke, soos: hoe om op ’n baie sanderige padregop te bly; hoe om driffies en dongas tehanteer; en hoe om ongelukke te vermy.

InRat het twee eksemplare van die boekom weg te gee. E-pos jou naam en die naamvan die motorfiets wat op bl. 6 verskyn [email protected] vir ’n kans om dieboek te ontvang. Kompetisiereëls is op aan-vraag beskikbaar. Slegs een e-pos per adres.

Gee vet op SA semooiste grondpaaie

facebook.com/Inrat

Wen!

Page 3: InRat 18 Mei 2014

18 Mei 2014 InRat 3| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Nuut

Cherokeebeter van botot onderJeep was nog altyd taamlik konserwa-

tief wat die stileringselemente van symodelle betref.

Die Cherokee wat verlede jaar op dieNew Yorkse motorskou bekendgestel is,het dit verander, want met sy revolusio-nêre ontwerp (vir ’n Jeep) het hy byna’n Amerikaanse burgeroorlog ontketen.

Die vorige Cherokee se hoekige enbonkige ontwerplyne het plek gemaakvir kurwes en kartels wat g’n vorige Jeepsou duld nie. Dun spleetoë het die groot,ronde hoofligte (eens ’n ononderhandel-bare Jeep-stylelement) vervang, die “wa-terval”-enjinkap is nuut en selfs die se-wegleuf-rooster het ’n stewige kinkel by-gekry. Volgens Mark Allen, Jeep sehoofontwerper, is die radikale ontwerp-verandering opsetlik gedoen om nuween jonger kopers te trek en ná 30 jaar ’nnuwe era vir die bekende Cherokee-naam in te lui.

Dit kan ook wees dat die nuutste Jeepse Fiat-onderstel die ontwerpers genoophet om ’n moderner ontwerpoplossing tevind vir dié legendariese sportnutsvoer-tuig, wat nou hier beskikbaar is.

Dié onderstel is glo 65% stewiger asdie vorige model s’n en dra by tot dienuweling se beter gedrag en hantering –op teer sowel as in die veld.

Die nuweling se ontwerp is heelwatmeer lugdinamies as voorheen, terwyl

van Jeep se tradisionele ontwerpaksentesoos hoekige wielboë behoue gebly het.

Soos ’n goeie kinkelresep in Kokkedooris die nuwe Cherokee se binneruim mo-dern, maar met heelwat Jeep-ondertonesoos die middelkonsole, wat op die sier-rooster van ’n 1940’s-model Willys Jeepgegrond is.

Hoëgehalte-materiale word vir die pa-neelbord- en sitplekafwerking gebruik,maar snaaks genoeg bly die gevoel binnesteeds Amerikaans en Jeep-agtig. ’n Nu-we volkleur-seweduim (18 cm)-instrumen-teskerm en UConnect met ’n 8,4-duim(21 cm)-kleurskerm is ook beskikbaar.

Die binneruim is ook funksioneel, metbêreplek onder die voorsitplekke en bo-op die voorpaneel. ’n Groot dubbelpa-neel-sondak kan opsioneel bestel word.

Die nuwe Cherokee is beskikbaar indrie afwerkingsvlakke – Longitude, Limi-

ted en Trailhawk – en met twee enjin-opsies: ’n nuwe 3,2-liter-Pentastar-V6-petrolenjin (200 kW en 315 Nm) en die2,4-liter-Tigershark MultiAir-enjin (130 kWen 229 Nm), albei gekoppel aan ’n splin-ternuwe negegang- outomatiese ratkas.

’n Turbodieselopsie is nie in dié stadi-um beskikbaar nie.

Die reeks bestaan uit twee tweewiel-aangedrewe modelle (Longitude en Limi-ted), ’n vierwielaangedrewe Limited-mo-del met die Jeep Active Drive I-stelsel en’n Trailhawk-model met die Active DriveLock-stelsel, wat laestrek, ’n sluitewenaaren afdraandebeheer insluit.

Die vierwieldryfstelsel sluit ook dieSelec-Terrain-kloubeheerstelsel in metvier modusse (outo, sneeu, sport, sand/modder), asook ’n vyfde (rotse) in dieTrailhawk-model.

Dis ook die eerste middelslag-sport-

nutsvoertuig met agteras-ontkoppeling,wat sorg vir minder energie-vermorsingen beter brandstofverbruik.

Die nuwe Amerikaner is bekroon met’n vyfster- en beste-in-sy-klas-prys in Eu-ropa se NCAP-botsingstoets danksy meeras 70 veiligheidstelsels wat rol-keer(ERM), ABS vir veldry, blindekol-monite-ring en vele meer insluit.

Die nuwe Cherokee is in alle opsigte ’nverbetering van die vorige weergawe enbehoort van Jeep weer ’n aanspraakma-ker in die uiters mededingende mark virkleiner hardebaard-sportnutsvoertuie temaak.

Dit kan tradisionele Jeep-eienaars egter’n rukkie vat om aan sy radikale stileringgewoond te raak. – Ferdi de VosPRYS Van R479 990 vir die Cherokee 2.4Longitude FWD tot R607 990 vir dieCherokee 3.2 Trailhawk 4WD

Jeep Cherokee

Jaguar het sy “outydse” beeld met sukses laat vaar. Jeep gaan dieselfde regkry met dié Cherokee. | FOTO: CHRYSLER

’NGroter sierrooster voor en gro-ter ligte agter is die opsigtelikeveranderinge aan die derde ge-

slag Mini, gemeet aan sy voorganger.Wanneer ’n resep vir miljoene verko-

pe in ’n mededingende marksegmentsorg, moet ’n mens liewer nie daaraantorring nie. Die nuutste “nuwe Mini” isegter heeltemal hersien, ondanks dieoënskynlike slakkegang van sy evolusie,en deel amper niks behalwe sy stileringmet sy voorgangers nie.

Dieselfde geld die kajuit, waar hy op’n haar na sy “pa” lyk. By nadere in-speksie kan ’n mens egter sien dat hy al-geheel vernuwe is: die snelheidsmeterbevind hom uiteindelik voor die bestuur-der en daardie reuse-knoets voor die rat-kierie huisves nou net die vertoonskermvir die navigasie- en multimediastelsels.

Daardie oulike klein hefboom-skake-laars vir die elektriese ruite? Hulle hetnou ander funksies, want die vensterska-kelaars het na die deurpanele verskuif.

Die grootste verbeteringe word egteronder sy dop gevind waar die Mini nousplinternuwe BMW-enjins met turbo-aan-jaers en direkte petrolinspuiting gebruik.

Die Cooper-variant kry ’n 1,5-liter-drie-silinder met 100 kW en 220 Nm, terwyldie sportiewe Cooper S se tweeliter-vier-silinder 141 kW en 280 Nm ontwikkel.

Kopers kan kies tussen outomatiese enhandratkaste, albei met ses gange, omdie krag na die voorwiele te gelei.

Die vorige twee generasies van dieMini moes fel kritiek verduur vir be-knopte kajuite, beperkte bagasieruimteen ’n stamperige rit.

Die nuwe een verbeter hierop en kannou mense van gemiddelde grootte agterinpas, asook ’n bietjie meer bagasie.

Sy rygerief is verbeter en die Cooper Shet nou ’n dubbelmodus-veerstelsel watmet die druk van ’n knoppie verandervan gemaklik na sportief. Meer tasbareopkikkerings kan egter in die binneruimgevind word. Die nuutste Mini voel beslis

deeglik aanmekaargesit, met duursamerplastiek.

Die nuweling voel ongetwyfeld Miniwanneer jy agter die stuur sit, met hits-tjor-hantering en lewendige verrigting.

Die driesilinder in die Cooper is selfsmeer charismaties as die Cooper S setweeliter, met die driesilinders se klanksoos ’n (halwe) Porsche 911-enjin.

Danksy lewendige versnelling (0-100 in7.6 sekondes) is hy amper so vinnig soos

die ou Cooper S. Met sy ligter enjin isdie Cooper ook ratser en meer pret omte bestuur as die duurder, swaarder Coo-per S. Die verskil in die twee se koop-prys kan dan gebruik word om te betaalvir ’n Harman Kardon-klankstelsel entru-kamera.

Die Mini het wasdom bereik en salnou ’n wyer spektrum kopers se behoef-tes bevredig. Die grootwordproses hetegter nie dié rakkers hul prettige geaard-

heid ontneem nie, maar sorg dat die nu-welinge heelwat praktieser, geriefliker ensuiniger met brandstof is.

Al die Mini se goeie eienskappe het be-houe gebly, maar die ou swak punte isdoeltreffend aangepak.

Dis dalk die rede hoekom hul sierroos-ters nou so wyd glimlag.– Martin PretoriusPRYS Van R287 500 vir die handrat-Coopertot R360 400 vir die outomatiese Cooper S.

Die Mini het wasdom bereik en sal nou ’n wyer spektrum kopers se behoeftes bevredig. | FOTO: NEWSPRESS

Mini­maksimaalMini Cooper

Page 4: InRat 18 Mei 2014

4 InRat 18 Mei 2014| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Die beste ken geen alternatief nie.Ons stel bekend: die nuwe Mercedes-Benz C-Klas.

Uitnemendheid is nie onbekend vir jou nie. Dis waarom ons jou volgende C-Klas in elke opsig

as DIE BESTE gebou het. Met ongeëwenaarde bestuur- en veiligheidstelsels soos Driving

Assistance Plus en Collision Prevention Assistance PLUS, sal jy geinspireerd wees deur die

gesofistikeerdheid en inherente selfbeheersing van die nuwe C-Klas. Vir meer inligting, besoek

www.mercedes-benz.co.za/c-class #NoAlternative

NuweModel

Mercedes-Benz se nuutste C-klas,wat in minder as twee wekelandwyd by handelaars beskik-

baar sal wees, volg in diep wielspore –veral in Suid-Afrika, waar dié voorloper-model reeds die afgelope 20 jaar onon-derbroke vervaardig word.

Van 1994, toe Mercedes-Benz se aanlegin Oos-Londen met die vervaardiging vandie W202-model begin het, het dieC-klas gou die gewildste Benz plaaslik eninternasionaal geword, en vandag is ditsekerlik dié belangrikste model in dieStuttgartse vervaardiger se reeks.

In die meer as 30 jaar sedert die be-kendstelling van die W201-model in 1992(ook bekend as die 190, wat eindelik dieC-klas geword het), is reeds meer as10 miljoen “baba-Benze” wêreldwyd vandie hand gesit, en plaaslike verkope vandie C-klas, veral die sedanweergawes,was die afgelope twee dekades persenta-siegewys van die hoogste ter wêreld.

’n Moontlike rede hiervoor is die feitdat Suid-Afrika tot onlangs toe nog dieenigste land buite Duitsland was waardie C-klas vervaardig is. Ná die W202 isdie fabriek in Oos-Londen in 2000 uitge-brei om met produksie van die W203-se-dan te begin, aanvanklik net vir plaaslikeverspreiding en uitvoer na regterstuur-lande.

In 2003 het die 100 000ste C-klas vandie Oos-Londense monteerbaan geloop,en in 2007 is produksie van die derde-geslag-C-klas, die W204, in werking ge-stel. Terselfdertyd is ook met die bou

van linkerstuur-modelle vir uitvoer nadie VSA begin.

In 2011 is 54 300 C-klasse in die aanleggebou. Dis in 2012 oortref met meer as60 000 voertuie wat vervaardig is, ter-wyl 50 287 motors verlede jaar daar ge-monteer is.

Die fabriek het hom in hierdie tydperk

ook as een van die voorste vervaardi-gingsaanlegte van Daimler AG wêreldwydbewys deur vier J.D. Power-gehaltepryseop ’n ry in te palm, asook ’n rits Syno-vate-gehaltepryse.

Met die toenemende gewildheid vandie C-klas is produksie-kapasiteit ook uit-gebrei, en van vanjaar sal die nuwe mo-

del nie net in Duitsland (Bremen) enSuid-Afrika (Oos-Londen) gebou wordnie, maar ook op twee ander vastelande– in Asië (Beijing, China) en Noord-Ame-rika (Tuscaloosa, VSA).

Voorbereiding vir die vervaardigingvan die nuwe C-klas, onder leiding vanpersoneellede van die Bremen-aanleg,het verlede jaar by die aanleg in Oos-Londen begin. Die eerste produksiemo-delle het sowat twee maande gelede vandie produksielyn geloop.

Die aanduidings is dat die nuwe C-klas-reeks aanvanklik uit vier modelle – dieC180, C200, C220 Bluetec en C250 – salbestaan, met die C220 Bluetec die enig-ste dieselweergawe in die reeks.

Hierdie kragbronne en dryfstelselsword met die A-, B-, CLA- en GLA-model-le gedeel, asook die opsionele 7G-TronicPlus-outokas en Intelligent Drive-stelsel,wat gerief- en veiligheidstelsels vermeng.

Ook is die nuweling met Avantgarde-,Exclusive- en sportiewe AMG-ontwerp-en toerusting-vlakke beskikbaar waarmeeelke ryding verpersoonlik kan word. ’nWye reeks opsionele toerusting-pakketteis ook beskikbaar, waaronder ’n AirBalance-, ’n Airmatic- en ’n Driving As-sistance Plus-pakket.

Dit lyk of die nuwe C-klas, wat beginvolgende maand beskikbaar sal wees metpryse wat van R415 900 (sonder CO2-be-lasting) begin, ’n uitmuntende ryding is.

Ons hoop om ons indrukke van diénuweling volgende maand te kan weer-gee. – Ferdi de Vos

Evolusie van ’n kampioen: Mercedes­Benz se C­klas deur die jare. | FOTO: MBSA

C­klas volg in diep wielsporeMercedes­Benz C­Klas

Page 5: InRat 18 Mei 2014

18 Mei 2014 InRat 5| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Nuut

In die dae van Natte en Sappe wasdaar ’n grappie oor ’n Sap-oom watsy kar net op grondpaaie gery het.

Sien, hy’t geweier om op ’n “Nasiona-le” pad te ry. In daardie jare het baieNatte ook net Fords gery en heelwatSappe net Chevs. Om in die vyand sehandelsnaam te ry was verraad.

Deesdae sweer duisende boere enwildtemmers met byna godsdienstige be-geestering by die Toyota Land Cruiser-bakkie. Maar nie almal wil Toyota ry nie.

Hoe gemaak as jy steeds ’n behoeftehet aan die taaiste bakkie denkbaar,maar jy’s van ’n ander kerk? Jy gaanskop bande by jou Nissan-handelaar.

Nissan het die haas onbreekbare Patrol4x4-bakkie ingrypend bygewerk.

Behalwe dat hy rateltaai is, is dié klasbakkie – van Nissan of Toyota – ook ’nformidabele veldryer. As jy met hom wilspeel, deins hy vir geen gr. 5-veldroeteterug nie. En wanneer hy moet werk,gooi hy mampoer oor sy ontbytpap voor-dat hy kaalhand gaan draad span.

’n Punt van kritiek teen die ouer Nis-san Patrol-bakkies was die afwesigheidvan ’n ewenaargrendel agter wat die be-stuurder kon sluit vóórdat een van dieagterwiele tol. Nou is so ’n diff-lock stan-daardtoerusting.

Dan het die haastige ouens en groot-bootslepers soms gemor oor die Patrolse uitasem-enjin. Dis nie meer ’n kwessienie, want Vaaltyn het ’n haal terpentynonder sy stert gekry: ’n drieliter-turbo-diesel wat 371 Nm en 110 kW uitskop, ge-koppel aan ’n vyfgang-handratkas. Disstukke beter as die ou 4.2 TDI se 282 Nmen 90 kW.

Nissan sê die nuwe enjin behoort10,9 liter diesel (10, 50 of 500 ppm) per100 km te verbruik in ’n kombinasie vanstad en ooppad ry. Jou kredietkaart betersterk staan as jy volmaak: die Patrol hettwee brandstoftenks wat saam 175 litersluk. Dis genoeg vir die 1 500 km vanMenlyn in Pretoria tot by die Nuweland-stadion in Kaapstad. En as jy en jou tjom

mooi ry, is daar nog genoeg diesel oorvir ’n besoek aan Teazers in Bellville.

Nog belangrike vernuwing het op diePatrol se agteras plaasgevind. Die agter-wiele sit nou verder van mekaar vir be-ter hantering en daar’s nuwe bladverevir ’n minder stamperige rit. Al vier ban-de is breër.

Die binneruim is nie te spartaans nie –daar’s onder meer lugreëling, kragstuur,elektriese vensters en materiaalbekleed-sel. Om jou bas te red is daar twee lug-sakke en ABS-remme. As jy ’n draadlooswil hê, kos dit ekstra, terwyl Toyota ditby die Cruiser se prys insluit.

Met presies dieselfde verkoopprys vanR476 900 staan die Patrol en die sessilin-der-diesel-Cruiser soos twee swaargewig-boksers neus aan neus.

Daar’s interessante verskille tussen hul-le. Die Nissan vereis versiening elke15 000 km, terwyl die Toyota elke5 000 km versien moet word. Die Patrolse enjin het 371 Nm se hefboomkragteenoor die Cruiser se 285 Nm. Die Nis-san kan ’n sleepding (met remme) van2 500 kg sleep, teenoor die Toyota se1 500 kg. Maar die Cruiser se voorewe-naar kan sluit; die Patrol s’n nie.

As jy ’n sterker Cruiser wil hê, moet jy

die V8 koop, maar hy’s veel duurder enloop net op laeswaeldiesel (50 ppm ofminder). Of jy moet die petrolweergawekoop, maar hy drink soos ’n olifant.

Vir iemand wat tussen die Patrol endie drie Cruiser-susters moet kies, is dieNissan bes moontlik die sweet spot. Oor-weeg hom baie sterk. Al moet jy dan af-stig en jou eie kerk of politieke party be-gin.

As jy dit doen, belowe ons jy sal nieso dom lyk soos dié inwoners van Oraniawat vir Juliaas se EFF gestem het nie.– Justus VisagiePRYS R476 900

JolliepatrollieNissan Patrol Pickup

Met sy nuwe enjin en ewenaarslot kan die Patrol jou in die meeste gevalle uit die moeilikheid kry. | FOTO: NISSAN SA

Corolla wat sak pasToe Volkswagen se Golf I

deur Golf II opgevolg is,het VW Suid-Afrika nie dieGolf I se aanleg op ’n ashooploop gooi nie. Hy’t die Golf Iin helder kleure getooi en teen’n sakpas-prys as die Citi Golfverkoop.

Dis presies wat Toyota noumet een generasie gelede seCorolla gedoen het, behalwevir die uitspattige rooi, geel ofblou. Ja, Toyota het die tiendegenerasie Corolla nie oor diehorison gestuur om te gaan af-tree nie.

Die “ou” Corolla heet nouCorolla Quest, en hoewel hymin of meer dieselfde as voorheen lyk, is hyeffens verander om hom meer modern,maar ook bekostigbaar te maak. Op dié ma-nier het Toyota ’n hele nuwe sub-C-segmentgeskep vir ouens wie se babastootwaentjiesnie in hul B-segment motors (soos die Yaris)pas nie.

Die Quest-reeks bestaan uit drie weerga-wes, elk met die 1,6-liter-petrolenjin (90 kWen 154 Nm) wat ook in sommige van dieheel nuutste (Mk 11) Corollas diens doen.

Nou wonder jy seker of die Quest net ’nleë dop is. Beslis nie. Al drie variante beskikoor ’n alarm of immobiliseerder, ’n sentralesluitstelsel, twee lugsakke voor en lugversor-ging. Daarby is die stuurwiel diepte- enhoogteverstelbaar.

Die twee goedkoper Quests het staalwieleen jy moet jou eie radio en luidsprekerskoop, terwyl die duurder Plus ’n klankstel-

sel het wat USB- en Aux-poorte vir jou mu-siek het. Die Plus het ook allooiwiele en sydeurhandvatsels is dieselfde kleur as diemotor. En hoewel die vorige generasie Co-rollas allesbehalwe lelik was, lyk die Questnet ’n rapsie meer vaartbelyn en vars.

Die kop- en agterligte is subtiel heront-werp en ’n ander paar veranderinkies (soosdie smukspieël se liggie) beperk boukoste.Daar’s selfs ’n driejaar-of- 45 000-km-ver-sienplan by die driejaar-of-100 000-km-waar-borg.

Die slimste kopie van die drie?Beslis die 1.6 Quest vir R174 900.Teen daardie prys het jy mos genoeg geld

oor vir ’n gatskop-klankstelsel. – Ané TheronPRYSE1.6 Quest (sesgang-handratkas) – R174 9001.6 Quest Auto (viergang-outokas) – R198 9001.6 Quest Plus (sesgang-handratkas) – R197 900

Toyota Corolla Quest

So gewild soos die Citi? Die tyd sal leer. | FOTO:QUICKPIC

Kort ná die voortreflike RenaultSandero se koms het sy sport-

nutsweergawe, die Stepway, hierwiel aan wal gesit.

Soos die Sandero is die Stepwayop die Renault Clio se platform ge-bou, maar hy staan omtrent 4 cmhoër as die gewone Sandero. Dit isom swak padtoestande te pypkanen makliker oor die klippe by jounaweekplek te ry, maar ook omsoos ’n junior veldryertjie te lyk.

Dink aan ’n motor soos die VWCross Polo en jy’s op die regtespoor. Gee jouself nou ’n groot af-slag op die koopprys en jy’t ’nSandero Stepway.

Die Stepway se sestienduim-“Flex”-wiele is iets besonders en ’nteenvoeter vir ons slaggate wat soaanteel. Dit is staalwiele met al-looi-bedekkings wat heelwat goed-koper is om te vervang as allooi-wiele en wat tot ’n mate kan buig(sonder om te breek) as jy deur ’ngroot slaggat sou ry.

Onder die kap woon ’n driesilin-der-enjin van slegs 900 cc. Hierdie66 kW-oondjie is turbo-aangejaagen laat die Stepway rats deur dieverkeer glip. Die rit is soms bonse-rig en omdat hy hoog loop, leunhy soms effe skeef in ’n draai.

Maar sy padhouvermoë is goed.Stileringsgewys lyk die Stepway

meer modieus as voorheen – beslisof hy van die onderdorp na diebo-dorp getrek het. Sy toerustingweerspieël dit. Daar is dakrelings,

ABS, vier lugsakke en vastrapbe-heer (ESP). As jy teen ’n hellingwegtrek, sal Hill Start Assist helpdeur die remme te knyp-en-los endaar is sensors wat jou waarskuteen die muurtjie agter jou. Diebagasiebak se grootte is bevredi-gend en daar is ’n volgroottenoodwiel. Die Sandero het ’n vyf-jaar-of-150 000-km-waarborg, watkan help om vrese vir die Fransete besweer, en ’n tweejaar-of-30 000-km-diensplan.

Die Stepway is manna vir dun-ner beursies wat na ’n Nissan Jukeof Renault Duster smag. Hy kosR160 000 teenoor R141 500 vir die“platter” Sandero met Dynamique-spesifikasievlak.

Op die tema van sente omdraai:Eienaars behoort minder vir petrolte betaal, want volgens Renaultverbruik die Stepway maar 5,4 literper 100 km. – Ané TheronPRYS R159 900

; Lees Egmont Sippel se resen-sie van die gewone Sandero inWeekliks.

Hoër Stepwaypypkan slaggate

Renault Sandero Stepway

Omdat die Stepway hoër staan, isdit makliker vir oumense om in enuit te klim. | FOTO: QUICKPIC

Page 6: InRat 18 Mei 2014

6 InRat 18 Mei 2014| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Vyf kinders, twee en-kelouers, kampeer-

toerusting, drank enspys vir ’n hele naweekin een voertuig.

Dit was die vervoer-vereiste waaraan onskampvoertuig moes vol-doen. G’n sewesitplek-nutsvoertuig sou deug nie.

Die beste alternatief tot ons beskikking was die CaliforniaBeach-kampeerder/krooskarweier, wat nou verwant is aanVolkswagen se luukse Caravelle, met sitplek vir sewe groot-mense. Die California het egter ’n tweesitplekbank in diederde ry en slegs ’n enkelsitplek in die middel om plek virdie bykomstige stoorkis/tafel aan die kant te maak.

Twee kinders moes op die kantbankie (sonder sitplekgor-dels) nesskop, maar almal was happy campers op pad naons bestemming langs die Breederivier, sowat 130 km buiteKaapstad. Die kajuit het oorgenoeg bergplekkies en laaieonder die sitplekke om alles van kussings tot waterbottelste bêre. Daar’s selfs ’n nuttige, ingeboude vullisblik.

Ons bus met sy aluminiumdak, wat binne minute in ’ntent “ontpop”, het die kamp aan die gons gehad. Stringegesoute kampeerders het ons bus kom beloer en bewonder.

Almal is deur die veelsydigheid en hoeveelheid toerustingvan ons alles-in-een-bus geboei en wou oral vat en kyk.

Die toerusting wat die meeste beïndruk, is die opslaanta-feltjie, wat netjies in die skuifdeur aan die linkerkant ver-steek is, twee opvou-stoeltjies en die stewig gemonteerdeseilafdak (wat R8 600 kos) bo die skuifdeur.

Buiten die daktent, wat 150 kg se kinders en honde kandra, kan die agterste sitplekke in ’n dubbelbed van 1,5 m x1,8 m verander. Dit was egter heeltemal te ingewikkeld virons – al het ons die handleiding noukeurig bestudeer. Diesitplekstelsel is op ’n ry spore gemonteer wat frustrerendstram en onprakties is. Baie geduld, ’n kannetjie Q20 en ’nhamer sou dalk die ding gedoen het. ’n Mens het ook sterkvoorarms nodig om die massiewe agterdeur, wat boontoeskarnier, oop en toe te maak.

Hoe ry hy? Vir sy swaar, lang lyf het hy maklik gehan-teer. Hy’s stabiel om draaie en die vering verskaf ’n sagterit. Die stil maar kragtige dieseloond is aan ’n dubbelkop-pelaar (DSG)-outokas gekoppel. Dieselverbruik van 9 literper 100 km is indrukwekkend vir sy grootte. Sy vierwiel-aandrywingstelsel (4Motion) sorg dat die wringkrag elektro-nies tussen die voor- en agterwiele verdeel word as diepadoppervlak dit vereis. Vir rowwer veldrypaaie kan dieewenaargrendel op die agteras met die druk van ’n knop-pie gesluit word. ’n Mens wil met ’n groot ryding soos dieCalifornia Beach al die stabiliteit en veiligheidseienskappehê om dié swaargewig stewig op die pad te hou. Elektro-niese stabiliteitsbeheer, elektroniese remhulp, opdraande-wegtrekhulp, enjinrembeheer, sleepwa-stabilisering (sysleepvermoë is 2,5 ton) en ses lugsakke gee gemoedsrus.

Sal ek hom koop? Die California Beach is allesbehalwe ’nwinskoop, maar dit is ’n wonderlike speelding vir mensewat gereeld kampeer, of vir ’n gesin van vyf. As ek tussen’n sewesitplek-veldvoertuig en die T5 moes kies, sal ek eer-der my geld in dié veelsydige huis-op-wiele belê. Daarby lykhy interessanter as ander krooskarweiers. – Corlette HeynsPRYS R648 400

Die BMW X5 xDrive50i het op sy bekendstel-lingsrit in Noord-KwaZulu-Natal diep beïn-druk. Hy versoen gemak en weelde met top-

klas-veiligheid, atletiese padgedrag en omgewings-bewuste tegnologie. Hy’s pret om te bestuur, endaardie dubbelturbo-V8 se 330 kW verseker vurigeverrigting.

Dit is egter ’n ander soort omgewingsbewustheidwat tydens dié padtoets vir die grootste verwonde-ring gesorg het, want die derde geslag X5 is eenvan ’n nuwe vlaag karre wat “kyk” wat om hulleaangaan. Daar is kameras reg om sy bakwerk wat’n oorhoofse prentjie (of ’n wyehoek-beeld) van dieomgewing om die motor op die sentrale vertoon-skerm wys om parkering makliker te maak. Selfs alword elke venster met swart verf bedek, is ditmaklik om die motor te parkeer deur bloot na dieskerm te kyk. Hy kan homself ook parallel parkeeras jy sukkel om gewoond te raak aan sy afmetings.

Maar dis nie al nie. Die X5 gebruik ’n radarstel-sel wat die pad dophou ook – as hy ’n gevaarlikesituasie “sien”, waarsku hy eers die bestuurder engooi self ankers uit om ’n botsing te vermy as diebestuurder nie ag slaan op die waarskuwing nie.Die snelheidsbeheerstelsel gebruik ook hierdie ra-darstelsel saam met die parkeerkameras om ’n vei-lige volgafstand op die snelweg te handhaaf, son-der om te skrik vir motors in aanliggende bane (’nalgemene kwaal van die meeste soortgelyke stel-sels).

En dan, net sodra ’n mens dink jy het nou al die

X5 se truuks gesien, gaan die son onder en die ou-tomatiese hoofligte skakel aan. Met die druk van ’nknoppie wys die groot vertoonskerm ’n infrarooi-beeld van die gevare wat in die duisternis skuil.Voetgangers, fietsryers en diere word in geel uitge-beeld, met ’n bykomende waarskuwing wat op dievoorruit geprojekteer word.

Daardie voetgangers word ook deur flikkerendeLED-lampe in die hoofligte “agtervolg” terwyl hulleoor die pad beweeg en word duidelik verlig, so ofhulle in ’n nagklub is!

Die resultaat van hierdie tegnologie is ’n ruimte-eeuse ervaring, want die motor sorg dat sy be-stuurder presies weet wat op die pad aangaan, endit wys hoeveel gevare die meeste motoriste nooiteens raaksien nie.

Hierdie stelsels verbeter egter nie net die veilig-heid op elke rit nie, maar baan ook die weg namotors wat hulself kan bestuur. Motorvervaardigersbeplan om uiteindelik sulke rygoed te bou, en dieintegrasie van die kameras, sensors, internetverbin-ding en satellietnavigasie is ’n belangrike boublokom hierdie doel te bereik.

Dié tegnologie is nog net in superduur motorssoos die X5 en Mercedes-Benz S-klas beskikbaar,maar sal mettertyd bekostigbaarder word. Maartotdat ons die punt bereik waar jou motor jou son-der hulp by die werk gaan aflaai, is dit gerusstel-lend om te weet dat hierdie veiligheidstelsels oplet-tender (en veel slimmer) as die meeste bestuurdersis. – Martin Pretorius

‘Ruimte­eeuse’sig in die nag

BMW X5 xDrive50iVerskeiebriljanteveiligheids­eienskappe isin die duur­der BMW’ste vinde.Mettertydwentel ditgelukkig nabekostigbaar­der motorsaf. | FOTO:BMW

Vat vyf,jou T5!

Die T5 is pret om te bestuur. Sytweeliter­turbodiesel laat loopdanksy 132 kW en 400 Nm sewoema. | FOTO:JOHN MACGREGOR

VW T5 California Beach 2.0 BiTDI 4Motion

Die langpadsal jou roepDie Aprilia Caponord 1200 Travel Pack

is nog ’n 1 200 cc-avontuurfiets watdie Suid-Afrikaanse mark betree het.

Wat maak hierdie fiets uniek onder dieverskeie keuses wat BMW, KTM, Honda,Yamaha en Triumph bied?

Dié Aprilia is bedoel vir ’n avontuur opdie teerpad. Nou goed, sommige StaalBurgers wat ons land al op grondpaaie,teerpaaie en geen paaie deurkruis het, salfrons by die gedagte aan avontuur opslegs die geteerde weë. Maar dan ken ekeienaars van BMW 1200 GS’e wat nognooit grondpadstof op hul ysters gehadhet nie en ook eerder tien dode sterfvoordat hulle dit vrywillig sou toelaat.

Die Caponord Travel Pack het as stan-

daardtoerusting sytasse in dieselfde kleuras die fiets, ’n middelstaander, snelheids-beheer en sogenaamde ADD.

Dit beteken nie die fiets ly aan aandag-afleibaarheid nie; eintlik presies die teen-oorgestelde. Aprilia Dynamic Dampinganaliseer deurentyd die padtoestandedeur terugvoering van die skokbrekers teverwerk en die vering aan te pas om ryge-mak en balans te optimaliseer. En ditwerk. Die ’Nord sweef oor ongelykhede.

Die Caponord het glybeheer wat tussendrie soorte rystyle gestel kan word: ’n ag-gressiewe en sportiewe verstelling (die ag-terwiel mag tol), ’n bedeesde stad-en-toer-verstelling en derdens ’n verstelling virgladde paaie soos wanneer dit reën.

Die lug- en olieverkoelde V-tweesilinder-enjin se kraglewering (95,5 kW en114,7 Nm) en die versneller se reaksie kanook gestel word tussen Sport, Touring enRain. Die motorfiets het ABS-remme watafgeskakel kan word. Dis vreemd, wantom daarsonder te ry, maak net op grond-pad sin. Behalwe as jy ’n willewragtig is

wat met die agterwiel rubberstrepe in ’nparkeerterrein wil los.

In die stad is dié Italiaanse kolos aller-mins lomp. Haal die sytasse af en gapingsin die verkeer kan met gemak gevat word.

Die ABS-remme en glybeheer laat diependelaar met ’n geruste hart elke oggenddie been oor die saal gooi.

Die oop pad bly egter waarna dié perd

hunker en dis waar hy tot sy reg kom.Die Aprilia het ’n gemaklike ryposisie en

doeltreffende, verstelbare windskerm. Diefiets is ’n plesier op die langpad, met ho-pe krag. Ek het dit ervaar toe ek die eer-ste keer die versneller te hard gedraai enmy sitvlak amper grondgevat het.

Met dié ysterperd soek mens redes omlang draaie te ry, ook omdat die tenk24 liter hou – genoeg vir minstens300 km. Die lang draaie moet liefs nieveel grondpad insluit nie, want die 17-duim-allooiwiele, elk met drie gesplete“speke” en laeprofielbande, kan vir ’nrieldans sorg. Stabiliteit op die teerpad isvan so ’n aard dat Mammie ontspanne bydie gastehuis gaan aankom.

Italiaans of te not, die stilering het myhart nie vinniger laat klop nie. ’n Kollegahet opgemerk dat die bike se neus soos ’nscooter s’n lyk. So bedees is die Aprilia be-slis nie en sy aptyt vir avontuur op dielangpad kan menige ryer se asem weg-slaan. – Bert KirstenPRYS R147 995

Aprilia se Caponord bied onverbeterlikewaarde vir geld. | FOTO: KMSA

ApriliaCaponord

ToetsRitte

Page 7: InRat 18 Mei 2014

18 Mei 2014 InRat 7| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Die innoverende DS3 het sedert sybekendstelling in 2010 ’n nuwe be-tekenis aan kleinmotor-stilering

kom gee.Sy aangrypende voorkoms slaan die

asem weg soos ’n Sports Illustrated-baai-broekmodel. Hy laat Audi se A1 en dieMini Cooper – sy teenstanders – soosverlepte muurblommetjies lyk.

Voorkomsgewys bly die DS3-reeks seuitstaande kenmerke steeds sy vertikalery dagryliggies, vloeiende haaivindak enpragtige chroomsierrooster. Die treffendedriedimensionele effek van die lighulselsagter onderskei die heel nuutste DS3’svan hul effens ouer voorgangers en daaris ook onlangs nuwe bak- en dakkleurebygevoeg.

Die kajuit is – net soos sy dop – eie-soortig en verbeeldingryk gestileer. Dieafwerking is van hoë gehalte. Pleks vankontroles op die stuurwiel word dieklank, Bluetooth en spoedbeheer mettwee kort armpies agter die stuurwielbeheer.

Ek was aangenaam verras deur diekop- en beenruimte voor in die kajuit.

Agter is die beenruimte voldoende virkinders, maar ongemaklik vir langerate.

Sy gawe bagasiebak van 285 liter hetvier volwassenes se naweektassies maklikgesluk.

Die keuses van kleure en teksturewaarin jy die kajuit kan laat afwerk enverpersoonlik, is amper eindeloos. Allesteen ’n prys, natuurlik.

Standaard-geriefstoerusting behelsspoedbeheer met ’n spoedbeperker, rit-rekenaar, radio/MP3/CD-klankstelsel metses luidsprekers, ’n sok vir musiekspelersen elektries beheerde vensters en kant-spieëls.

Citroën bied kopers slegs een (voorafsaamgestelde) opsiepakket. Die StylePack (R16 950) sluit ’n alarm, USB-sok,Bluetooth, lugversorging en dagryliggiesin. Lugversorging is nie deel van diestandaardtoerusting nie – dit kan slegs asdeel van die Style Pack bestel word, watjou met ’n keuse van alles of niks laat.

En wie kan in ons klimaat sonder lug-versorging oor die weg kom?

Die VTi82 het ’n driesilinderenjin on-der sy metaalvel – dieselfde oondjie as

die Peugeot 208 s’n. Kleiner enjins teuggewoonlik versigtig aan brandstof, maar’n mens wil darem ook nie op die padpoer-poer nie.

Die DS3 vaar soos die meeste anderstadsbuksies uitstekend in stadsverkeer.

Die stuur is lig en hanteer maklik.Hoewel jy die petrolpedaal diep moet

trap om lewe te kry, spring hy bevredi-gend uit die blokke weg. Die ratte wisselegalig en is goed gespasieer.

Die groot toets was om te sien hoe diéligte stadsbesie hom op die oop pad ge-dra met ’n swaar gelaaide bagasiebak envier insittendes. Dis juis daar waar dieDS3 se 1 200 cc-enjin (60 kW en 118 Nm)my beïndruk het.

Ek het gemengde gevoelens oor my be-stuurservaring. Hoewel die buks teenhoër snelhede rats genoeg is en hope be-stuursgenot verskaf, voel die stuur te lig.

’n Mens voel ook elke liewe hobbeltjieen ongelykheid onder jou bas. Om skerp,hobbelrige draaie voel dié liggewig somsonstabiel en sy bakbeheer papperig.

Sy veiligheidskenmerke bestaan ondermeer uit elektroniese stabiliteitsbeheer,ABS-remme, elektroniese remhulp, nood-ligte wat flikker as jy skielik rem en seslugsakke.

Die VTi82 is nie volmaak nie, maar syprys, warm voorkoms en suinige brand-stofverbruik maak van hom ’n aantrekli-ke, hip ryding vir stadsjap(p)ies, en ek isseker hy gaan ’n paar Mini-klante afvry.– Corlette HeynsPRYS R219 900

Ry so­so, maarhy’s alte mooi

Citroën DS3 VTi82 Design

Waar Citroën in die verlede oor sy duur onderdele gekritiseer is, het hy die afgelope drie jaar goed gevaar in die Kinsey­verslag, ’ngesaghebbende barometer waarin die koste van onderdele en instandhouding vergelyk word. | FOTO: NEWSPRESS

Woertsdeur dieverkeerOmdat die petrolprys so kwaai stygdat ’n mens dit skoon wil snuif,oorweeg al hoe meer Suid-Afrika-ners tweewielvervoer.

Dit maak parkering maklik en asjy dapper is, kan jy tussen lang ryestaande motors beweeg om eersteby die verkeerslig weg te trek.

Motorfietse is egter nie goedkoopnie, behalwe as ’n mens iets vanobskure oorsprong koop. Honda,wat ’n toonbeeld van duursaamheidis, het dié week sy 125 cc-Elite-bromponie plaaslik bekendgestel.

Honda sê die Elite sal ongeveer40 km met ’n liter brandstof kanry. Dit kom neer op verbruik vansowat 2,5 liter/100 km.

’n Vindingryke kenmerk van diéponie is sy remstelsel. Al trek dieryer net een van die twee remme,werk die voor- en agterrem saamom doeltreffend en veilig te wees.

Die Elite het ’n sluitbare paneel-kissie waarin klein items gebêrekan word en die stoorplek onderdie sitplek vat ’n valhelm of een tottwee sakke kruideniersware. Ditkan ook gesluit word.

As die koper se ry-vaardighede alverroes het of hy geen ondervin-ding het nie, kan hy ’n gratis kur-sus by die Honda-akademie voltooi.

Honda bied ook gratis padby-stand vir 12 maande met die koopvan ’n Elite. Die waarborg geldtwee jaar en die eerste versiening isgratis. Die beskikbare kleure is Can-dy Lucid Red, Pearl White en Cos-mic Silver. – KorrespondentPRYS R12 990

Honda se Elite. Niks bespaar petrolsoos ’n bromponie nie. | FOTO:QUICKPIC

GWM mikhoër metveeldoel-H6Dis nie vreeslik ingewikkeld om ’n ba-

siese motor vir minder kieskeurigemarkte te bou nie: Neem die skelet van’n suksesvolle ouergeslag-motor, gee hom’n meer moderne dop en ’n paar geriefs-bykomstighede en verkoop hom teen ’nwinskopie.

Great Wall Motors (GWM) het tot on-langs hierdie benadering met redelikewelslae gevolg, want modelle soos dieC10, C20R en Steed het hulle goed vanhul taak gekwyt om dié handelsmerk inSuid-Afrika te vestig.

Maar GWM is nie meer tevrede omChinese kopieë van ou karre te verkoop

nie: hy wil sy rygoed wêreldwyd verkoopen nie net in ontwikkelende lande nie.

Daarom moes hy unieke, moderne mo-tors begin maak. Die nuwe H6-veeldoel-voertuig is een van die eerste produktevan hierdie uitbreidingsplan, en hy isamper ’n kolskoot ook.

Moenie aan die H6 as ’n boendoe-tem-mer dink nie, maar sien hom eerder as’n groterige gesinswa met ekstra kop-ruimte en ’n hoër pens. Sy voorwielaan-drywing en snelwegbande beteken hy isveel meer tuis op teer as in die bos,maar die ekstra rithoogte beteken dat hyoor spoedhobbels en slaggate kan seil.

Gemak is juis een van die H6 se glans-punte, want hy bied goeie rygerief, ’nstil kajuit en hope ruimte – selfs meer assy Koreaanse teenstanders.

Hy het ook ’n lang lys standaardtoe-rusting: alles van ’n tru-kamera en band-druk-monitor tot outomatiese lugversor-ging en hoofligte wat self aanskakel. Systuurwiel en ratkierie is, nes die sitplek-ke, met leer beklee en sy klankstelsel isBluetooth-, MP3- en slimfoon-versoen-

baar. Veiligheid het minder aandag ge-kry, want daar is net twee lugsakke,maar darem ABS-remme met elektronie-se remkragverspreiding.

Op papier lewer sy 1,5-liter-enjintjie,danksy ’n turbo-aanjaer, ’n heel respek-tabele 105 kW en 210 Nm. Op teer weer-spreek die bestuurservaring ongelukkigsoms die enjin se aansprake: weens ergeturbo-traagheid kom die H6 eers behoor-

lik aan die beweeg bo omtrent 2 500omwentelings per minuut, wat ritte indie stad soms frustrerend maak. Op diehoofweg is die toere egter hoog genoegom dinge aan die gang te hou, en disgoed so, want sy sesgang-handratkas seskakeling is effens stram. Die voordeelvan sy klein enjin is ’n sobere brandstof-gewoonte: Hy gebruik gemiddeld net8,5 liter/100 km – so min soos ’n (effenskleiner) Hyundai ix35 2.0.

Die GWM H6 1.5T is ’n goeie aanbie-ding in sy marksegment ondanks dieflouerige enjin. Sy prys kniehalter homegter: R310 000 kan een van ’n wye ver-skeidenheid alternatiewe (die meeste met’n standaardversienplan, opsioneel virdie H6) onder jou afdak parkeer.

Al bied die H6 goeie rygerief, omvat-tende toerusting en hope ruimte, sal ko-pers eers gewoond moet raak om Wes-terse pryse vir ’n Chinese ryding te be-taal. – Martin PretoriusPRYS R309 999

Die H6 is wel opreg GWM, maar daar’sgroter kanonne op dié slagveld. | FOTO:QUICKPIC

GWM H6 ToetsRitte

Page 8: InRat 18 Mei 2014

8 InRat 18 Mei 2014| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

MotorSport

Die Brit Lewis Hamilton het in dieafgelope twee Grands Prix, in Chi-na en Spanje, gewys hy is geeste-

lik die sterker een van die twee Merce-des-Benz-jaers deur sy Duitse spanmaat,Nico Rosberg, naelskraap in albei rennete klop.

Die Mercedes-jaers was in albei rennein hul eie tweestryd gewikkel, met dieres van die renveld wat letterlik maarnet kon toekyk hoe hulle in die verteverdwyn.

Tot dusver was Hamilton die bestedaaraan toe, en ná sy laaste sege in Bar-celona is hy nou ook voor in die kampi-oenskap.

Dis welverdiend, want hy het op kritie-ke oomblikke die regte besluite geneemom hom te bevoordeel.

Rosberg, daarenteen, is sekerlik al erggefrustreer deur die toedrag van sake,maar hy sal hom geestelik moet staal ashy die beste van die stryd in Monaco wilafkom, want op dié kort, draaierigestraatbaan sal die Mercedes-span dalknie so oorheersend wees nie.

Wat die res betref, is dit die AustraliërDaniel Ricciardo van Red Bull wat beïn-druk het met sy vertonings in Shanghaien Barcelona.

Tog is Sebastien Vettel, sy spanmaaten verdedigende wêreldkampioen, voorhom op die puntelys nadat hy ’n uit-muntende vierde plek in Spanje losge-jaag het.

Ook die Fin Valteri Bottas vertoongoed in die Williams-span, maar sy land-genoot Kimi Räikkönen sukkel by Ferra-ri, terwyl dié se spanmaat, FernandoAlonso, effens beter vaar en derde opdie puntelys is, maar met byna die helfteminder punte as die voorlopers.

Intussen sal veral Red Bull en Ferrarise ingenieurs moet swoeg om die gapingtussen hulle en Mercedes te vernou, an-ders sal Vettel sy woorde dat “Red Bullnog vir Mercedes kan inhaal” moet sluk.

WRC: Dis Latvala en VWJari-Matti Latvala het sy tweede sege

van die seisoen aangeteken toe hy in dieArgentynse tydren gewen het, presies ’njaar nadat hy sy eerste oorwinning virdie VW-span in dieselfde ren behaal het.

Dié Fin in sy Polo R was 1:26.09 voorsy Franse spanmaat, Sébastien Ogier, omaan Volkswagen sy negende opeenvol-gende WRC-sege te besorg, en daardeurdie rekord wat Citroën gehou het, te ver-beter.

Die Fransman Kris Meeke het die der-de plek in sy Citroen DS3 ingeneem.

Ogier is steeds voor in die kampioen-skap met 112 punte, en Latvala tweedemet 88 punte.

Die volgende ren is die Italiaanse tyd-ren van 5 tot 8 Junie.

Van der Lindes skitterDie 17-jarige Suid-Afrikaner Kelvin van

der Linde, wat verlede jaar in die VWScirocco R-bekerreeks in Duitsland ge-wen en vanjaar vir die Prosperia C.Abt-span in ’n Audi R8 in die Duitse ADACGT-meestersrenne ry, het sy eerste segein dié reeks verlede maand behaal, endit vroeër vandeesmaand met twee naas-wennerplekke opgevolg.

Van der Linde, wat saam met RenéRast jaag, het met sy sege die jongstewenner in hierdie reeks geword, en nátwee rondes in die reeks loop hy en Rastnog voor op die puntelys nadat hulle al-bei tweede plekke in die laaste ronde indie kampioenskapsreeks behaal het.

Sy jonger broer, Sheldon van der Lin-de, het intussen op 14-jarige ouderdomdie jongste jaer geword om in ’n nasio-nale VW Beker-ren te wen.

Die jonger Van der Linde het hierdiesege op die Aldo Scribante-baan in PortElizabeth behaal.

Dakarstyl in AfrikaDie Namaqua African Rally, die eerste

Dakar-soort veeltrajek-tydren vir motor-en vierwielfietse in Suider-Afrika, heteinde vandeesmaand aan die Weskusplaasgevind.

In die tydren het die Dakar-veteraanBrett Cummings gewen nadat hy in ’nstadium sy grootste teenstander, KennyGilbert, op sleeptou moes neem nadatGilbert sonder brandstof gaan staan het.

Gilbert was eindelik tweede, gevolgdeur Brian Baragwanath, wat ook in dieafdeling vir vierwielfietse gewen het.

Van die 67 mededingers wat in dietydren weggespring het, het 54 die renvoltooi. – Ferdi de Vos

Jari­MattiLatvala en syVolkswagenPolo R het dieArgentynse tyd­ren (WRC)gewen. | FOTO:NEWSPRESS

Hamiltonse staalis diesterkste

Put plesieruit veldrymet diéHilux, JimnyVeldry se aantrekkingskrag ontwyk

baie mense. Hoekom sal enigiemanddie teerpad wil verlaat en koers kiesdeur die bosse, wonder hulle.

Een ding is seker: hulle was nog nieby die Rust de Winter-veldrykompetisienaby Pretoria of die Battlefield Trophynaby Volksrust nie. Ons het eersgenoem-de in ’n Toyota Hilux 3.0 D4-D-dubbelka-juit aangedurf en laasgenoemde in ’n Su-zuki Jimny.

Die Rust de Winter-saamtrek het van-jaar sy 35ste bestaansjaar gevier, en metomtrent 170 inskrywings het die kamp-terrein gewemel van mense soos wat he-le families kom saamspeel het. Die kom-petisie duur twee dae, met die eerste op’n baie nou, tegniese baan vol bulte enmodder. Die reëls is eenvoudig: Die be-stuurder mag die voertuig nie aan dietoue weerskante van die baan laat raaknie. Tweedens moet hy die navigator indie passasiersitplek help om ’n spul raai-sels so goed moontlik te voltooi. Die eer-ste dag het vir kopstampe in vele spanne

(bestaande uit huweliksmaats) gesorg!Die interessante rywerk gebeur egter

op dag twee, wanneer die deelnemersdie veld invaar. Almal in die voertuigneem aan ’n soort skattejag deel, metkriptiese leidrade om te beantwoord enuitdagings om te oorkom. Deelnemersmoet oor kliplyste en af in ’n (droë) wa-terval ry, op teen klipkoppies en deur ’nrivier of twee. Dis groot pret, want daaris kans om die natuurskoon te waardeer,en daar word kort-kort ’n skoot adrena-lien toegedien.

Die Hilux het al die hindernisse oor-win, nooit gekla nie en was ná twee daese harde werk steeds slaggereed. Met syagterewenaargrendel het hy dit eintlikmaklik laat lyk, en sy kajuit was ’n oasein die bosveld-hitte.

Ek vermoed hy het van die ouens laatwonder of dit werklik nodig was om so-veel ombouings aan hul voertuie te laat

doen – daar was doelgeboude masjienewat groot spiere kom bult het.

Die verskille tussen die Hilux en onsvolgende ryding kon nie groter geweeshet nie. Die Toyota lyk reusagtig teenoordie Suzuki Jimny, maar die Jimny, verfrisvir 2014 met ’n nuwe enjinkap, buffersen kopstutte, vergoed daarvoor met ’nastrante houding en staan so op sy tonebo-oor sy klein allooiwiele.

Hy is steeds nie tuis op die snelwegnie omdat sy 1,3-liter-enjintjie ietwat fut-loos bo 100 km/h is, en sy kajuit is net-net aan die draaglike kante van beknopen raserig. Om vir die Jimny daaroorkwaad te wees is egter so onregverdigsoos om ’n soesji-sjef te verkwalik as hy’n klonterige roosterkoek maak, want disnie sy sterk punt nie.

Twee dae se strawwe veldrywerk hetdie Jimny se groot voordeel duidelik laatblyk: Omdat hy so klein en lig is, skarrel

hy bo-oor rotse, teen sanderige opdraan-des uit en tussen hindernisse deur watdie manne met die groot viertrekkerslaat kopkrap het. Sy laestrek-ratkas helpnatuurlik, maar sy afmetings het diegrootste aandeel aan die Jimny se ver-stommende veldry-vermoë. Hy’s nie neteen van die beste veldvoertuie op diemark nie, maar ook loshande die goed-koopste.

Die Battlefield Trophy, waar die Suzukisy staal gewys het, speel af naby die An-glo-Boereoorlog se slagvelde waar Kwa-Zulu-Natal, Mpumalanga en die Vrystaatbymekaarkom. Hierdie twee dae langekompetisie vertel die omgewing se ge-skiedenis deur die oë van die streek semense en hou die hele gesin besig metlegkaarte, speletjies en geskiedkundigeafklimpunte. Om by hierdie punte uit tekom, moet daar egter oor berge geklimen deur riviere gery word. Dit gee 4x4-eienaars ’n geleentheid om hul voertuigna behore te gebruik, eerder as om diekinders by karate-klasse af te laai.

Die laaste aand se feesviering beginmet die knal van ’n gerestoureerde, an-tieke kanon. Daar is vleis op die kole,vriende wat stories uitruil en nuwelingewat met groot oë praat van die dag seavontuur.

Die natuurskoon, ’n kans om jou 4x4te toets en die helder sterre bo ’n braai-vleisvuur in die middel van nêrens ver-goed dubbel en dwars vir die geswoeg indie stof. Nou moet ek net begin spaar virmy eie Jimny of Hilux. – Martin Pretorius

Ons vermoed die foto is effens na linksgekantel, maar Martin verseker ons ditwas vrek steil. | FOTO: ROB TILL

4x4­AvontuurSuzuki Jimny en Toyota Hilux

Die Suzuki Jimny is ’n klein Dawid watnie vir Goliat­grootte veldvoertuie skriknie. | FOTO: YOLANDE STRYDOM