12
InRat Bylae tot Rapport 15 Desember 2013 3 Behoort 2014 se Dakar-titel aan Giniel en Toyota? 9 Ek het jou Leaf, sê InRat-man 5 Benz S-klas vat sy kroon terug 5 Dakar 2014: SA stuur na Suid-Amerika 6-11 spesmagte Almal op aandag: dis die Audi A3-sedan

InRat 15 Desember 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Rapport se motorbylaag

Citation preview

InRatBylae tot Rapport 15 Desember 2013

3

Behoort 2014 seDakar­titel aanGiniel en Toyota? 9

Ek het jou Leaf,sê InRat­man5

Benz S­klas vatsy kroon terug5

Dakar 2014:SA stuurna Suid­Amerika

6­11spesmagte

Almal op aandag: dis die Audi A3­sedan

InRatBylae tot Rapport 15 Desember 2013

3

Behoort 2014 seDakar­titel aanGiniel en Toyota? 9

Ek het jou Leaf,sê InRat­man5

Benz S­klas vatsy kroon terug5

Dakar 2014:SA stuurna Suid­Amerika

6­11spesmagte

Almal op aandag: dis die Audi A3­sedan

2 InRat 15 Desember 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

In samewerking met Ci-troën, Peugeot, Canon en

Midas gee InRat jou die ge-leentheid om bobaas-pryse inons InRat-JIMS-kompetisie tewen. Drie van dié pryse is Mi-das- 90-stuk-gereedskapstelle.

Die Midas-groep, wat van-jaar sy 30ste verjaardag vier,het in 1983 met een winkelbegin en het vandag 298 win-kels in Suid-Afrika, Swaziland,Zimbabwe, Botswana, Nami-bië en Lesotho.

Eerste prys – Ry ’n weekin ’n luukse Peugeot en ’nweek in ’n luukse Citroën; ’nCanon PowerShot D20-kame-ra; en ’n Midas- 90-stuk-ge-reedskapstel

Tweede prys – ’n CanonPowerShot D20-kamera en ’nMidas- 90-stuk-gereedskapstel

Derde prys – ’n Midas- 90-stuk-gereedskapstel

Hoe om in te skryf1. Neem die JIMS-kompeti-

sieblad in InRat van 17 No-vember of 15 September na ’nPeugeot- en ’n Citroën-ver-toonlokaal en kry ’n hande-

InRatRedakteurJustus VisagieE­pos: [email protected]: 021 406 3226

AdvertensiesAttie BekkerE­pos: [email protected]: 011 713 9545

Ry lekker, ry veiligOns is op die vooraand van die vakansie­

diaspora en die stortvloed van mediaberig­te oor padsterftes. InRat het slegs drie ver­

soeke aan almal wat dit op ons gevaarlike paaiewaag en ons preek ook vir onsself:

Wees geduldig. Strêp jou kinders vas. Wees be­wus van motorfietsryers.

Oor kinders: “Drie kinders jonger as 15 sterfdaagliks op Suid­Afrikaanse paaie,” sê Stefan leRoux van die Midas­groep. In die stryd teen kin­dersterftes het Midas verlede maand 200 motor­stoeltjies aan Imperial se I­Pledge­veldtog geskenk.Wanneer jy jou kinders vasmaak, verbeter jy hulkans op oorlewing met 70%: ’n wonderlike Kersge­skenk.

Oor motorfietsryers: Die gewildheid van motor­fietse, veral avontuurmotorfietse, neem toe. BMWMotorrad Suid­Afrika het vanjaar byvoorbeeld 11,1%meer motorfietse verkoop as verlede jaar.

Dis waar dat vele bikers roekeloos is, maar diestille meerderheid wil maar net veilig by die werkuitkom of by ’n verlate grondpad waar hulle nie­mand pla nie. Wees asseblief bedag op hierdieklein, weerlose voertuie.

Van grondpaaie gepraat: InRat se redakteur, fo­tograaf en motorfietsskrywer het onlangs ’n kort

video van BMW se 800 Adventure op grondpaaiein die Overberg gemaak. Besoek geruswww.bikeroutes.co.za/overberg om dit te sien.

Daar is wel ’n plek waar motorfietsryers verpligis om roekeloos te wees en dit is die motorfiets­waaghals Travis Pestrana se Nitro Circus, waar syspan akrobatiese toertjies uitvoer op motorfietse,BMX’e, bromponies en ander vreemde rygoed.

Dié verstommende skouspel, wat meer toeskou­ers lok as U2, sal vir die eerste keer in Suid­Afrikate sien wees in Februarie: op die 15de in die Kaap­stad­stadion (kaartjies van R280) op die 19de inDurban in die Moses Mabhida­stadion (kaartjiesvan R180) en op die 22ste in die FNB­stadion inJohannesburg (kaartjies van R300).

Moet dus nie al jou geld oor die feestyd blaasnie! Kaartjies is te koop by Computicket en deurwww.nitrocircuslive.com, waar jy ook na videogre­pe kan kyk. Besoek sommer ook www.face­book.com/NitroCircus.

Geluk aan die volgende lesers wat elk ’n eksem­plaar van Greg Beadle se motorfietsboek Bike –The Longer Road (MapStudio) losgeslaan het: A.J.van Wyk, A. Killian, E.J. Steyn en M. Tredoux. Dieantwoord was Triumph Tiger 800XC.

@RapportInRat op Twitter

OnsRyding

Rygenot, kamera engereedskap pasella

laarstempel van elk. (As diehandelaarstempel nie beskik-baar is nie, sal die verkoops-bestuurder se handtekeningaanvaar word.) Ons kan ’n in-skrywingsvorm aan jou e-posas jy een versoek van [email protected].

2. Pos die voltooide bladaan InRat-JIMS, Posbus 6367,Roggebaai, 8012 om ons teen31 Desember 2014 te bereik.

3. Inskrywings kan ook byRapport se kantore in Auck-land Park of Kaapstad afgele-wer word (e-pos [email protected] of skakel011 713 9532 vir die adresse).

Voorwaardes en bepalingsis op aanvraag beskikbaar [email protected] aan die kompetisieimpliseer aanvaarding van be-palings, reëls en voorwaardes.

Kompetisie

InRat speel van vandees-maand gasheer vir ’n skitter-wit Suzuki Swift 1.4 GLS. Ons

het lank reeds waardering virdie rygoed van dié Japanse ver-vaardiger, of hulle nou op vierof twee wiele loop, en die Swiftis ’n treffende voorbeeld vanSuzuki se prettige, gehalte-aan-slag.

Die pret vind gestalte in dieontwerp van die Swift se dak,getinte glas en bak, wat die sug-gestie van ’n motorfietshelmskep. In die stad maak sy kom-pakte afmetings hom ook lekkervlugvoetig (en maklik om te par-keer). Sy voorwiele klou verbeteaan die pad en dit verskaf hopegenot op kronkelpaaie.

Die rit is sag, maar as diepadoppervlak waarlik sleg is,word die agteras ontsenu.

Ondanks die jeugdigheid wathy uitstraal, het die Swift oordie algemeen ’n heerlike “groot-kar-gevoel” en in dié opsig klophy twee gedugte mededingers:die Ford Fiesta en die Volkswa-gen Polo.

Die Swift se groot-kar-karakterhet ongelukkig nie die bagasie-bak bereik nie en in dié opsig

gee die Polo en Fiesta hom ’npak slae. As troos vou die agter-bank se rugleuning met grootgemak vorentoe om ’n grootlaairuim te ontsluit.

Nog iets wat ons gretig ge-maak het om die Swift op tepas, is sy bewese lae brandstof-verbruik. Soos nege uit tien mo-torvervaardigers is Suzuki ookoptimisties oor hoe min petroldie Swift gebruik. Ná ’n snellereis om die Swift in Kaapstad byInRat af te lewer, dui die ritme-ter verbruik van 6,2 liter/100 kmaan. Nie sleg nie, maar onshoop om dié syfer binne dievolgende drie maande te ver-minder. – Justus Visagie

PRYS R184 900ENJIN 1 372 cc- viersilinder-petrol;70 kW en 130 NmRATKAS Vyfgang-handrat, voor-wielaandrywingVERRIGTING 0-100 km/h in10.9 sek. en 170 km/h topsnelheidVERBRUIK 5,5 liter/100 km en132 g CO2/km (volgens Suzuki)PETROLTENK 42 literAFSTAND DEUR INRAT AFGELê47 kmNAVERKOPE Waarborg van driejaar of 10 000 km, diensplan vanvier jaar of 60 000 km, versien elke15 000 km.OORWEEG OOK Ford Fiesta 1.4Ambiente, VW Polo 1.4 Comfortli-ne, Peugeot 208 1.6 Allure

Hy’s klein, maar voelnie soos ’n Checkers­trollie op wiele nieFOTO: QUICKPIC

Suzuki Swift 1.4 GLS

Kyk wat maak InRat se mense oor naweke | FOTO: DESMOND LOUW

‘Absurde’ regulasies ontstelF1-jaers, ondersteunersDie besluit vandeesweek

van die FIA-motorsport-beheerliggaam se F1-kommis-sie om dubbelpunte vir diefinale ren in 2014 toe te ken,is met ontsteltenis deur ja-ers, kundiges en geesdriftigesbegroet.

Ingevolge dié regulasie saldie wenner van aanstaandejaar se Abu Dhabi- GrandPrix 50 pleks van 25 punteverdien. Die wenner sal dusin een ren meer punte kry aswat die finale vier vervaardi-gers vanjaar in die hele sei-soen kon aanteken.

Sebastian Vettel, viermaligeen huidige F1-wêreldkampi-oen, het dié besluit as “ab-surd” beskryf. “Dit straf diejaers wat die hele seisoenlank hard gewerk het. Ek hetrespek vir die ou tradisies inFormule Een en verstaan niedie nuwe regulasie nie.”

Sy siening word deur veleF1-kundiges gedeel, en baiewys daarop dat FernandoAlonso vir Vettel in 2012 sougeklop het as dié reëling ge-geld het. Dit sou ook beteken

het Felipe Massa in 2008kampioen sou wees, pleksvan Lewis Hamilton, en datKimi Räikkönen in 2008 virMichael Schumacher sou uit-gestof het.

Dit lyk of dié besluit meerte doen het met F1-bemar-kingsbehoeftes (om belang-stelling tot die finale ren teprikkel) nadat Vettel vanjaarse kampioenskap al vroeër indie seisoen beklink het. Dit isegter te betwyfel of dié be-sluit sal bly staan, te oordeelna die negatiewe reaksie.

Ander voorstelle wat aan-vaar is, is dat F1-spanne seuitgawes beperk word en datjaers voortaan hul eie nom-mers – tussen 2 en 99 – salkan kies en vir die res vanhul F1-loopbaan kan behou.

Die F1-kalender vir 2014 isbekend gemaak. Altesame 19renne sal plaasvind in Aus-tralië, Maleisië, Bahrein, Chi-na, Spanje, Monaco, Kanada,Oostenryk (nuut), Brittanje,Duitsland, Hongarye, België,Italië, Singapoer, Japan, dieVSA, Brasilië en Abu Dhabi.

MotorSportFormule Een

Swift, vlug van voet

15 Desember 2013 InRat 3| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Nuut Audi A3 Sedan

Met die nuwe Prado se bekendstel-ling in Namibië was die eindelo-se sandduine by Swakopmund

ons toetsterrein. Hier het die Prado diewoestyn oudergewoonte gewys wie isbaas en wie is Klaas. Maar wat omtrentdié bielie is nuut?

Die Prado se aangesig is verfris, met ’nbonkiger, vierkantige sierrooster, nuwelighulsels, voorste buffer en nuwe allooi-wiele om sy hardebaard veldrytalent tebeklemtoon. Met sy LED-liggies voor lykdie Prado taai, maar modern. Daar istwee nuwe kleure beskikbaar, naamlikmiddernag-metaalblou en metaalbrons.

Die binneruim vind baat by ’n nuwemultimedia-klankstelsel in ’n heront-werpte voorpaneel met beter gehalte ma-teriaal en fyner detail. Die goedkoper TXhet nou voorsitplekke wat elektries ver-stel, nes die VX. ’n Diep “yskassie” skuilonder die armleuning (wat die bestuur-der en voorste passasier deel) vir koel-drank en bier. In die luukser VX-variantis die sitplekke in die tweede ry verhit-baar en dubbelarea-lugversorging (vir be-stuurder en voorste passasier) is voortsstandaard in albei variante. Die agterban-kers kan hul eie verkoeling beheer.

Veranderings aan die Prado se stert issubtiel, maar die meeste verbeteringsaan die voertuig bestaan uit allerlei slimstelsels onder sy vel. Sommige van hulleis so slim, dat ek gesukkel het om hullete verstaan, soos die navigasiestelsel watstandaardtoerusting is in die VX-variant.Die res is heelwat gebruiksvriendeliker,soos die Multi-Terrain Select-stelsel (stan-daard in VX-variante) wat ’n vyfde mo-dus bygekry het om jou deur ’n kombi-nasie van rotse en modder te help. Diéstelsel se verskillende modusse wordvoortaan met ’n eenvoudige draaiknopgekies soos in ’n Land Rover Discovery.

Die VX-variante het ook ’n Multi-Ter-rain Monitor wat die bestuurder met vier

kameras “oë” reg rondom sy Prado geeen die beeld word op die (raak)skermvan 18 cm in die middelkonsole vertoon.Albei variante – TX en VX – het truratka-meras. Tussen die hersiene instrumentekan die bestuurder (in die VX-variant) opdie skermpie sien presies waar die Pradose wiele hulle bevind, wat jou ewenaar-slotte maak en hoeveel wringkrag daarna verskillende wiele gelei word.

Ander verbeterings is die elektronieseveerstelsel (in albei variante) wat dievoertuig minder laat oorleun in ’n draaien hom stewiger in sy spore laat voel.Daar is ook nuwe hulpmiddels soos ’nblindekol-monitor en vir die VX. Sleep-wa-swaaibeheer (standaardtoerusting virdie VX en TX) voorkom dat jou woonwasy eie rigting inslaan in sterk wind of opswak padoppervlakke.

Omdat die Prado as ’n sewesitplekkerbekend staan, was ek geïnteresseerd omte sien hoeveel plek daar in die derde ryis. Die heel agterste grootmense gaan be-slis nie afgeskeep voel nie, want diebeenruimte is verleng en die tweede ryse stoele kan met die druk van ’n knop-pie vorentoe kantel, verder as voorheen,om in- en uitklim te vergemaklik.

Die enjins bly onveranderd en jou op-sies is die vierliter- V6-petrol (202 kW en381 Nm) of die drieliter-turbodiesel met120 kW en 400 Nm. Albei was ’n plesierom te bestuur en laasgenoemde trek niesy neus op vir lae-gehalte diesel nie.

Die vyfspoed-outo’kas is stil en verfynden het hom goed van sy taak gekwyt. Enondanks al die verbeterings styg die alge-hele prys met slegs een persent. Die Pra-do het ’n waarborg van drie jaar of100 000 km en ’n diensplan vir vyf jaarof 90 000 km, asook 24 uur-padbystand.Pryse wissel van R632 200 vir die PradoTX 4.0 V6 Outotot R742 400 vir die Pra-do VX 3.0 DT Outo met sondak.– Ané Theron

Koninklik!Die nuwe Prado kombineer luuksheid, taaiheid en veldry­talente | FOTO: QUICKPIC

Emosie enintellek inharmonie

Die A4 het vele goeie dinge virAudi beteken. Sedert die eersteweergawe in 1994 sy buiging ge-

maak het, was hy ’n suksesvolle teen-voeter vir die BMW 3-reeks en Merce-des-Benz C-Klas, en het hy Audi seopwaartse mars in die premium-seg-ment gelei. Die A4 moes egter deurdie generasies al groter word om tredte hou met kopersverwagtinge, en dithet hom al verder teen die prysleeropgeskuif. Die nuwe A3-sedan mik omdie gaping onder die A4-reeks te vul,en bied tradisionele Audi-gehalte, tref-fende stilering en ’n uitmuntende be-stuurservaring in ’n kleiner pakkietoegedraai.

Moet egter nie dink dat hy ’n gewo-ne A3-luikrug met ’n bagasiebak isnie, want elke bakpaneel is uniek. Syenjinkap se ekstra voue beklemtoondie Audi-sierrooster, en die karakterly-ne langs sy flanke is skerper gedefini-eer en eindig in ’n kort, hoë bagasie-deksel met ’n ingeboude drukvlerkieen platgetrekte agterligte. Saam metsy koepee-agtige sy-aansig, 17 duim-al-looiwiele (19 duim met die S-line-op-sie) en laer ryhoogte as die Sportback-model wek die A3-sedan ’n sportieweindruk. Die lyne versteek egter ’n reu-se-bagasiebak met 425 liter-laaikapasi-teit (880 liter as die agtersitplekkeweggevou word), dus is hy mooi énprakties!

Die binneruim stel sy Audi-gene ver-der ten toon. Die kajuit is dieselfde asdie Sportback s’n, maar die toerustingis op die luukser SE-spesifikasievlak.Dit beteken dat die USB-, iPod enBluetooth-versoenbare klankstelsel ’nkleur-wegvouskerm gebruik, met ’nmagdom geriefstoerusting soos outo-matiese dubbelsone-lugversorging,leerbeklede sportsitplekke en -stuur-wiel, en outomatiese hoofligte en-ruitveërs as standaardtoerusting.

Die eenvoudige uitleg van die voor-paneel wek ’n indruk van ruimte ensorg dat ’n mens sommer gou tuisvoel agter die wiel.

Die bestuurservarings van die A3-se-dan stel sy vele talente ten toon, wanthy verras met ’n aangename mengselvan hope padgreep, gedempte kajuit-geruis en uitstekende ritgehalte. Tenspyte van die sportsuspensie en lae-profiel-bande ontlok selfs slegte paaiegeen stamperigheid nie, en wanneer

die pad begin kronkel, verander hymet graagte van koers. Hy is nie ’nblitsbuks nie, maar sy padhouvermoë,selfversekerde stabiliteit deur draaie,en kalm ritgehalte maak van die A3-sedan ’n uitsonderlike motor om langafstande mee aan te pak.

Die A3-sedan gebruik dieselfde en-jins as die luikrug-variante, met ’n 1.4TFSI turbopetrol (92 kW/200 Nm) asintreemodel en ’n 1.8 TFSI(132 kW/250 Nm) vir ekstra woema.Daar is ook ’n 2.0 TDI(110 kW/340 Nm) beskikbaar, en alleenjins bied ’n keuse tussen sesgang-handratkaste of S-tronic- dubbelkoppe-laar- outo’kaste (sewe gange vir diepetrol en ’n sesgang vir die TDI). Diewitwarm S3 met 206 kW en 380 Nmvolg teen die middel van 2014. Al dieenjins beïndruk met hul egalige krag-lewering, en die 1.8 TFSI behaal moei-teloos uiters onwettige snelhede.Brandstofverbruik is ook goed onderbeheer, met amptelike syfers wat wis-sel tussen 4,1 en 5,6 liter/100 km.

Met die A3-sedan het Audi daardieskaars balans behaal: ’n bekostigbare,stylvolle motor met bruikbare kajuit-en bagasieruimte, wat net so ekono-mies as sportief is. Met pryse tussenR323 500 en R372 500 bied die reeksuitstekende waarde vir geld, gegewedie hope standaardtoerusting, verrig-ting en standaard-instandhoudingsplanvir vyf jaar of 100 000 km. Hierdienuweling bied waarlik ’n perfektekombinasie van emosionele aantrek-king, danksy sy prag-lyne, sprankelen-de bestuurservaring en praktiese oor-wegings. – Martin Pretorius

Die A3­sedan is goed genoeg om Benzse CLA te kan klop | FOTO’S: AUDI

Toyota Prado

Die skerm op die instrumentpaneelkruip weg as dit nie gebruik word nie

4 InRat 15 Desember 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

Sasol eerste metsuperskoon

diesel

Sasol het vir ’n aangename verrassing ge-sorg met sy aankondiging dat Suid-Afri-kaners binnekort hul dieselvoertuie met

nuwe Sasol turbodiesel 10 ppm Ultra-LaeSwael (ULS) kan vol maak. Die verskaffingvan hierdie superskoon dieselbrandstof hetreeds begin en 78 Sasol-vulstasies in Gautengen Mpumalanga het reeds hul 50 ppm- metnuwe ULS 10 ppm-diesel vervang. Oor die vol-gende vyf maande sal dié getal tot ongeveer245 vermeerder, gevolg deur landwye beskik-baarheid.

Maar waaroor die bohaai?Tot dusver het die skoonste diesel wat vry-

lik in ons land verkoop word, ’n maksimumvan 50 partikels swael per miljoen partikelsbrandstof bevat, vandaar die partikels-per-mil-joen (ppm of gram per liter) -telling. Dit wasreeds ’n groot verbetering op diesel met500 ppm, wat ons sedert 2002 plaaslik konkry, op sy beurt weer ’n enorme verbeteringop die 3 000 ppm diesel wat voor 2002 dienorm was.

In die verlede was die hoeveelheid swael inons diesel nie van groot belang uit ’n enjin-vervaardiger se oogpunt nie. Die oormaatswael het selfs gehelp om die inspuiter-pom-pe se smering te verbeter – ’n funksie wat inlaeswael-diesel deur bymiddels vervul word.Die nadeel van ’n hoë swaelinhoud is datswael in die enjinolie beland waar dit surelaat vorm wat die enjin se binnegoed vreet.

Verder het swael se teenwoordigheid (endie primitiewe inspuitstelsels van ouer enjins)die uitlaatgasse so besoedel dat daar geenhoop was dat partikel-filters en katalitieseomsetters die uitlaatgasse skoner sou konmaak nie. Dit is hoekom ou dieselenjinsmeestal deur ’n rookwolk gevolg word.

Gelukkig het moderne dieselenjins tegnolo-gie wat hul uitlaatgasse al hoe skoner maak,hul werkverrigting verbeter, hulle stiller engladder laat loop en al hoe minder brandstofgebruik.

Partikel-filters, katalisators, drukbuis-inspui-terstelsels en elektroniese enjinbeheer sorgvir ingrypende verrigtingsverbeterings. Diepresiesheid (toleransie) waarop die inspuit-stelsel se onderdele staatmaak, vereis egterdie skoonste moontlike brandstof vir ’n langenjinlewe en optimale verrigting. Dit het geleitot die beskikbaarheid van ULS- (Ultra LaeSwael) diesel.

Die implikasies van wye ULS 10 ppm-beskik-baarheid is verreikend. Selfs al sou die belof-te van dieselenjins wat soggens makliker vaten skoner uitlaatgasse uitblaas, moeilik weesom te bewys, baan ULS ook die weg na Suid-Afrika vir die jongste generasie dieselenjins.Dit beteken dat ons vinnige, brandstofdoel-treffende glansmodelle soos die BMW 125d,Golf GTD en MINI Cooper D op ons paaiekan sien, terwyl ons ouer dieselmodelle lan-ger en beter sal kan aanhou draf.

Maar wees gewaarsku: omdat die dieselprysnie gereguleer word nie, sal kopers steedsdaarby baat vind om vulstasies se pryse virULS 10 ppm te vergelyk.

Boonop wou Sasol nie sê hoeveel meer hul-le die vulstasies vir 10 ppm as die ou 50 ppmgaan vra nie. – Martin Pretorius

Motoriste wat dieselkarrery, kan gerus ’n bietjiemoeite doen om vulstasieste vind wat die nuwe 10ppm ­diesel verkoop. Ditverleng enjins en inspuitersse leeftyd en maak enjinsdus betroubaarder. Dit laatouer enjins ook soggensmakliker vat en verminderbesoedeling | FOTO: SASOL

Nuus

15 Desember 2013 InRat 5| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

NuutMercedes­Benz S­klas

In die motorwêreld beteken weeldeiets heel anders as blote luuksheid.Luukse motors word deur suksesvolle

sakemense of regsgeleerdes gery, maarweeldemotors is bedoel vir hul base.

In dié milieu was die Mercedes-BenzS-klas nog altyd plutokrate se eerste keu-se. Dit is met goeie reg ook, want elkegenerasie van die S het iets nuuts na diemotorbedryf gebring: eienskappe soosklasleidende gemak, skrikwekkend vinni-ge verrigtings-variante en innoverendeveiligheidstelsels.

Die tradisie word voortgesit in die nu-we S-klas, want hy verskuif weereens diebakens in sy klas. ’n Hoogtepunt op diegemaksfront is die aktiewe veerstelselwat met kameras na die padoppervlakvoor die motor kyk, en dan die dempersen lugvere verstel om ’n slaggat ofspoedhobbel ten beste te hanteer. Hier-die stukkie wetenskap is net een van ’ngroot klomp ontwikkelinge, alles daaropgemik om die insittendes so gemaklikmoontlik te hou.

Veiligheidstelsels? Ja, hy het alles waar-van ’n sterfling kan droom: nagvisie-ka-meras en ’n remstelsel wat self ankersuitgooi as die motor ’n ongeluk sienkom, en LED-hoofligte wat voetgangersof diere langs die pad raaksien en hulleekstra goed belig. Die verskeidenheid be-stuurdershulpmiddels is amper oneindig.En dit is baie goed dat hulle daar is,want die vinniger variante se werkverrig-ting is van so ’n aard dat min mensehulle daarsonder sal kan baasraak.

Die “normale” S500 se 4,7 liter- dub-

belturbo-petroloond gelei sy 335 kW en700 Nm na die agterwiele deur ’n sewe-gang- outo’kas, en hy is onbehoorlik vin-nig. Die 0-100 km/h-lopie glip doodstil in4.8 sekondes verby, en sy topspoed wordbeperk tot 250 km/h. Maar selfs sy kragvervaag teen die 5,4 liter- S63 AMG se430 kW en 900 Nm. Hierdie monsterhaal 100 km/h in net 4.4 s en bied hoë-spoed-versnelling wat ’n Nissan GT-R salkan bangmaak – en behalwe die uitlaat

se brom is hy, net soos die S500, grafstilin die binneruim. Hul padhouvermoë isonberispelik, en die magdom elektronie-se bestuurshulpmiddels sorg dat die ver-rigting altyd bruikbaar is.

Vir weelde-kopers wat nie behoefte hetaan sulke maniese verrigting nie, is daartans twee ander enjinopsies: die stad-gefokusde S400 Hybrid gebruik ’n 3,5liter- petrol-V6 en ’n elektriese motor om245 kW te lewer, terwyl die S350 Blue-Tec met sy 190 kW/620 Nm dieselbranderlekker lang bene op die oop pad het.Hierdie twee variante is die ekonomie-leiers wat die nuwe S-klas se doeltref-fendheid ten beste demonstreer, metverbruiksyfers van 5,9 liter/100 km virdie diesel en 6,8 l/100 km vir die hibrie-de model, volgens Mercedes-Benz.

’n Mens kan van sy stilering, en veralvan sy agterent, wat so erg na die ArtDeco-motors van die jare dertig lyk, sêwat jy wil. Die nuwe S-klas is miskiennie vir almal ewe mooi nie, maar hy trekbeslis aandag op die pad. Dit maak ie-dergeval nie regtig saak nie, want dieS-klas het die statigheid en selfversekerd-heid wat net kan kom van die wete dathy niks het om te bewys nie. Die nuwemodel sit dié tradisie voort deur weer-eens as tegnologie-leier te voorskyn tekom. “Dit verander alles” lui Mercedes-Benz se bemarkingslagspreuk vir dieS-klas, en ’n meer akkurate beskrywingkan daar nie wees nie. – Martin Pretorius

* Pryse wissel tussen R1 214 000 virdie S350 BlueTec tot R2 174 000 virdie S63 AMG.

S­klas stel nuwe standaarde

Sy stilering is dalk ’n aangeleerde smaak,maar die nuwe S is algeheel briljantFOTO’S: NP

Dit is die S63 AMG wat so hakke wys.Nul tot 100 km/h duur net 4.8 sekondes

Toe die Nissan Leaf onlangs bekend-gestel is, was ek nuuskierig om te

weet of dié motor prakties is vir iemandsoos ek. Want as verkoopskonsultant virMedia24 ry ek ongeveer 140 km per dag.

Koot Jacobs, bestuurder van ImperialNissan Menlyn in Pretoria-Oos, het inge-stem om die Leaf drie dae lank vir myte leen.

Om die Leaf te ry, is maklik. Jy houeenvoudig die sleutel in jou sak, drukdie START-knoppie en die motor is aan.Voet op die rempedaal, trap jy die hand-rem om dit te ontkoppel, skuif die kleinratknoppie regs en vorentoe vir agteruitry en agtertoe vir vooruit beweeg.

My eerste indruk? Die Leaf is fantas-ties. Volle kraglewering gebeur oomblik-lik. Daar is tonne wringkrag en die bin-neruim is gerieflik. Buite hyg die kwikop 35 °C, maar die lugversorger laat diebinneruim koel en luuks voel.

Ek was op pad huis toe, 21 km van diehandelaar. Meer as een skerm het gewysdat ek 120 km ver kan ry voordat diebattery wat die elektriese motor wat diekar aandryf, pap is. Op die snelweg hetdie Leaf moeiteloos by verkeer aangesluiten siedaar – ek het lag-lag 120 km/h ofvinniger gery sonder dat die motor ’ndruppel petrol gebruik het. My roetehuis toe is meestal afdraand en daaromhet die trefafstand na 145 km gestyg toeek by die huis aankom. Op pad huis toehet ek my twee seuns by die skool opge-laai en al wat ek uit die agterste sitplekgehoor het, was: “Dis cool, Pappa!” By

die huis was my vrou se kommentaarmaar skraps. “Dis nogals lelik; gelukkigis dit mooi binne.”

As jy in daardie gemaklike leerstoel siten daar is teen 100 km/h steeds ’n dood-se stilte, maak dit nie saak hoe hy buitelyk nie, was my antwoord aan my vrouen enigiemand anders wat oor die Leafse voorkoms kerm.

Om die verkeer te trotseer, is veel min-der uitputtend met die luukse Leaf asmet ’n ander motor. Die stilte streel jougemoed en ek was bly om nie liters enliters petrol te verbrand sonder om tevorder nie. Die sowat 20 km na my kan-toor het verby gevlieg. Ek beplan toe ’nroete na agt kliënte en maak somme watbepaal dat ek eers na Silver Lakes in dieooste van Pretoria moet gaan, sowat20 km van die kantoor. Van daar af ’nbatterylaai-stilhou by Nissan Menlyn so12 km van Silver Lakes voordat ek dieoorblywende sewe kliënte in Centurionbesoek, 25 km van Nissan Menlyn, endan by die kantoor eindig.

By Nissan het ek koffie gedrink ene-pos gestuur terwyl die Leaf gratis ge-

laai het. Ná 20 minute was die battery96% vol en het ek na Centurion laatwaai. Hiervandaan was ek terug na mykantoor in Lynnwood, na Brooklyn, te-rug kantoor toe en gou weer na NissanMenlyn om te laai. Want ná die dag segerits was daar energie vir net 40 kmoor en ek wou nie die volgende oggendop pad kantoor toe gaan staan nie.

Die gereelde herlaaiery by die hande-laar sou nie nodig gewees het as ek ’nLeaf gekoop het nie, want dan word ’nspesiale herlaaier by die eienaar se huisgeïnstalleer. In dié stadium kan Leaf-eie-naars die motors nie by ’n gewonemuurprop laai nie omdat daar nog nie ’ndraagbare herlaaier in Suid-Afrika beskik-baar is nie.

Ek het in drie dae sowat 260 km in diePretoria-omgewing gery. Nissan sê dieLeaf se reikafstand is ongeveer 190 km.My gemiddelde trefafstand oor die driedae was sowat 145 km op ’n vol battery,minder as Nissan se beweerde 195 km.

Dit kos ongeveer R30 om die batteryvan dolleeg tot vol te laai. Dit werk uitas ’n uiters billike 21c per kilometer.

Daar is tans nege laaistasies in Gautengwaar Leaf-bestuurders gratis kan laai ennog word elders beplan.

Die Leaf het ’n groot bagasiebak, be-sonder gemaklike leersitplekke en al dieekstras wat ’n koper in ’n topklas-luik-rugmotor verwag.

Daar is wel twee goed wat pla: diereikafstand en die prys. Totdat jy dieLeaf by enige muurprop kan laai, gaandie reikafstand soms lol. Die ander tame-letjie is die prys – R478 000 vir ’n luik-rugrugmotor en herlaaier is net te veel.As ons regering dalk eendag ’n belasting-toegewing of subsidie bied, sal die pryslaer wees.

Wil ek ’n Leaf hê? Ja. Ek hou van watdit verteenwoordig, die nuwe era in mo-tors en die bewaring van ons beperktebronne. Ek hou van die nuwe tegnologieen die betroubaarheid wat die elektriesemotor bied. Ek hou van die binneruimen die onmiddellike kraglewering. DieLeaf is prakties en ek sal al my dagtakedaarmee kan verrig. Ongelukkig het eknet nie R478 000 vir ’n tweede motornie. – Brendon Staniforth

So leef jymet ’nLeaf

’n Elektriese motor kan goed werk en geldbespaar vir ’n gesin met twee motors. Maardie aanvangskoste is hoog FOTO: NISSAN

NuutNissan Leaf

6 InRat 15 Desember 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

15 Desember 2013 InRat 7| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

InRat | 2014 Dakar­voorskou InRat | 2014 Dakar­voorskou

Die 36ste Dakar-marathonveldrenbeloof om ’n titaniese stryd tus-sen die voorloper-spanne in die

voertuig-, motorfiets- en vragmotorafde-lings in die pampas van Argentinië, dieAndes-gebergtes in Bolivië en die Ataca-ma-woestyn in Chili op te lewer.

Dié wêreldbekende ren, die grootstemotorsport-byeenkoms ter wêreld, beginop 5 Januarie in Rosario, Argentinië, ensal weer ’n grootse uitdaging vir mensen masjien bied alvorens die spanne dieeindpunt twee weke later, op 18 Janua-rie, in Valparaiso, Chili bereik.

Behalwe die strawwe roete gaan diemededinging in die 2014-ren taai wees:Daar is vyf voormalige kampioene in dievoorste wegspringplekke van die voer-tuig-afdeling in nuwe, mededingende ry-goed, asook interessante skuiwe in diemotorfiets- en vragmotorafdelings.

Nog ’n kenmerk van volgende maandse ren is die Suid-Afrikaanse betrokken-heid, veral onder die voorloper-voertuig-spanne. Die eer van die motorreusToyota is geheel in Suid-Afrikaanse han-de en die nuwe Ford Racing Ranger isbyna volkome in Suid-Afrika ontwikkel!

Boonop is die Toyota Imperial Dakar-span nou gerekend in die Dakar en dieGiniel de Villiers/Dirk von Zitzewitz-kombinasie is ’n gunsteling vir algeheleoorwinning. Voorts word ’n hele aantalSuid-Afrikaans ontwikkelde Hiluxe deuroorsese spanne gebruik, en al die logis-tieke steun vir die Ford-span word deur’n Suid-Afrikaner bedryf.

Dit, asook ’n aantal privaat ingeskrewespanne en ons teenwoordigheid in diemotorfiets-afdeling, dra by tot ongekendeplaaslike belangstelling in die ren. InRatwens hiermee al die Suid-Afrikaansedeelnemers voorspoed toe.

Altesame 450 deelnemers uit 50 landein voertuie, vragmotors, motor- en vier-wielfietse, gaan die uitdagende roete oornagenoeg 8 500 km deur Argentinië, Bo-livië (net motor- en vierwielfietse) enChili aanpak. Alles dui daarop dat dit dielangste, hoogste en moeilikste Dakar-roe-te die afgelope 10 jaar sal wees met 13sneltrajekte oor 5 000 km se sneltrajektewaarin die geestelike en fisieke uithou-vermoë van die spanne en jaers tot dieuiterste beproef sal word.

VoertuieDie 2014-gunstelinge in die top-voer-

tuigklas (T1) is die verdedigende kampi-oene Stéphane Peterhansel en Jean-PaulCottret van Frankryk. Peterhansel, watdie Dakar al 11 keer gewen het – ses keerop ’n motorfiets en vyf keer in ’n voer-tuig – spring eerste weg in ’n Mini ALL4Racing (#300) van die Monster EnergyX-Raid span.

Hy word gevolg deur Nasser Al-Attiyahvan Katar en sy Spaanse navigator, LucasCruz, wat die Dakar in 2011 gewen het.Hulle jaag in Mini #301.

Ons eie Dakar-held, Giniel de Villiers(in sy 11de Dakar) en Dirk von Zitzewitz,die wenners in 2009, spring derde weg(#302) voor die 2010-wenner CarlosSainz van Spanje en sy Duitse navigator,Timo Gottschalk, in ’n Amerikaans ge-boude Red Bull SMG-buisraammotor(#303).

Die Spanjaard Nani Roma, wat die mo-torfietsafdeling in 2004 gewen het voor-dat hy na die voertuigafdeling oorgeskuifhet, en sy Franse navigator, Michel Per-rin, spring vyfde weg in nog ’n MINI(#304) met die gewilde, maar omstredeAmerikaner Robby Gordon, nou saammet Kellon Walsh, in sy groot Hummer

sesde (#305).Sewende op die wegspringpodium is

die twee Portugese, Carlos Sousa en Mi-guel Ramalho (GWM Haval), gevolg deurdie Argentyne Orlando Terranova enPaulo Fiuza, nou in ’n X-Raid MINI, enhul landgenote Lucio Álvarez en RonnieGraue (#308), die voorste Ford RangerRacing-span.

Saam met die Poolse jaers KrzysztofHolowczyc en Konstantin Zhiltsov(X-Raid MINI) in die 10de posisie houhierdie jaers (Gordon, Sousa, Terranova,Álvarez) ’n groot bedreiging in vir al dievoormalige kampioene.

Die Amerikaner is wild en skouspelag-tig vinnig, Sousa is bestendig en jaag metsy kop, terwyl Terranova al bewys hethoe blitsig hy kan wees as hy nie emosi-oneel raak nie. Álvarez is die buiteperdwat in die nuwe Ford kan verras.

Moenie die Suid-Afrikaners LeeroyPoulter – ’n Dakar-groentjie – en Rob Ho-wie in hul Toyota Imperial-Hilux (#323)onderskat nie, en Chris Visser/Japie Ba-denhorst (ook nuwelinge) se vordering indie tweede Ford Racing Ranger (#329)sal ook interessant wees.

Altesame 155 spanne is in die voertuig-

klas ingeskryf, maar wees verseker, min-der as die helfte sal die eindpunt bereik.

MotorfietseDie heersende Dakar-motorfietskampi-

oen Cyril Despres (#1) se skuif van KTMna Yamaha het wêreldwyd opslae ge-maak. Die Oostenrykse motorfietsmaker(KTM) het tot dusver die Dakar oorheersmet 12 seges, maar met sy troefkaartnou in ’n mededinger se kamp, sal ditvan die Spanjaard Marc Coma (#2), watuit vanjaar se ren is met ’n skouerbese-ring, afhang of die KTM-vlag weer hooggaan wapper.

Coma, ’n driemalige Dakar-wenner,word bygestaan deur Ruben Faria (#8),wat verras het deur vanjaar as naaswen-ner op die podium te staan, en ChalecoLópez (#5), wat vanjaar derde was.

David Casteu (#9), wat tweede was in2007 en vierde in 2009, bring ondervin-ding na die span, en die Suid-AfrikanerRiaan van Niekerk (Broadlink-KTM), watvanjaar 13de algeheel was, sal vir 2014ook amptelike KTM-steun geniet.

Van Niekerk spring 30ste weg in dieren, en nog ’n Suid-Afrikaner, Brett Cum-mings, sal 59ste wegtrek op sy privaat

ingeskrewe KTM.Die HRC Honda-span het intussen ge-

wys hy is slaggereed nadat die Brit SamSunderland onlangs die Merzouga-ren opdie nuwe CRF450 Rally-fiets gewen het,met spanmaat Hélder Rodrigues (#7)tweede. Kort voor dit het Paulo Gonçal-ves (#10) die marathonveldfiets-wêreld-kroon verower met sy sege in Marokko.

Vierwielfietse’n Rekord-getal inskrywings (meer as

40) is vir die Dakar se vierwielfiets-afde-ling ontvang, maar die groot gunstelingbly die Argentyn Marcos Patronelli watsal poog om sy derde titel aanstaandejaar te verower.

Jong jaers soos Ignacio Casale (Chili)en Lucas Bonetto (Argentinië) vernou diegaping, maar die Suid-Afrikaner Sarelvan Biljon, wat vanjaar opspraak verwekhet met drie trajek-oorwinnings en totderde algeheel opgeskuif het voordat hyprobleme met sy fiets ondervind het, salgemis word.

VragmotorsDie vragmotor-afdeling in die Dakar is

die afgelope tyd deur die monsters vanKamaz oorheers, maar verbeterde Iveco’svir die Nederlanders Gérard de Rooy enHans Stacey, asook Wuf van Winkle senuwe Ginaf, ’n splinternuwe MAN vir Pe-ter Versluis en ’n hersiene Tatra vir AlesLoprais kan sake vir die Russiese armadabemoeilik.

In die klas vir vragmotors met kleinerenjinkapasiteit is die Hino’s van Span Su-gawara onkeerbaar. Vir 2014 sal die spanweer twee Hino 500’s inskryf – die eenmet ’n 9 liter-enjin wat 445 KW en1 950 Nm ontwikkel, en die ander met ’n8 liter-enjin (360 kW, 1 425 Nm).

Die 72-jarige Yoshi Sugawara, ’n Dakar-legende, sal die 9 liter-Hino saam metKatsumi Hamura beman, met sy 41-jarigeseun, Teruhito, saam met Hiroyuki Sugi-ura in die tweede vragmotor.– Ferdi de Vos

Die X­Raid Mini­span is die gunstelinge in die voertuig­afdeling van die Dakar­marathonren, met die verdedigende kampioeneStéphane Peterhansel en Jean­Paul Cottret aan die voorpunt | FOTO: MINI

Dakar­jaers gaan klippe kouDie openingstrajek op 5 Januarie in Ros-

ario, geboortedorp van Che Guevara enLionel Messi, strek oor net 180 km tot

in San Luis ná ’n lang ooppad-gedeelte van629 km.

Die sneltrajekte word elke dag langer en op8 Januarie durf die motor- en vragmotordeel-nemers die langste Dakar-sneltrajek sedert die2005-Dakar (toe nog in Afrika) aan. Dié trajekvan 657 km, hoofsaaklik in sand, strek vanSan Juan tot in Chilecito.

Die rusdag is vanjaar op 11 Januarie in Salta,Argentinië, waar tienduisende toeskouers indie Dakar-bivak verwag word.

Die ren hervat op 13 Januarie, oor die An-des-bergreeks en die hoogste bergpas in Ar-gentinië (4 900 m) – tot in Chili, vir sneltrajek8 tussen Salta en Calama.

Hier skei die voertuig- en motorfietsroetes,met die fietse wat deur die asemrowendelandskap van Salar d’Uyuni ’n draai in Boliviëgaan gooi, alvorens hulle weer in Copiapo bydie res aansluit.

Die voertuie en vragmotors het twee opeen-volgende marathon-trajekte van 600 km: snel-trajekte 10 en 11 in Chili op 15 en 16 Januarie.

Laasgenoemde sal die deelnemers van Anto-fagusta deur die Atacama-woestyn, die droog-ste woestyn ter wêreld, na El Salvador en die

sandduine by Copiapo neem.Volgens die organiseerders sal dié roete die

deurslaggewende sneltrajek in die 2014 Dakar-ren wees. Die ren eindig met die kortste snel-trajek – 157 km – van La Serena na die hawe-stad Valparaiso, die sogenaamde Pêrel van dieStille Oseaan, met sy 44 heuwels vol kleurry-ke huisies met ’n uitsig oor die see.– Ferdi de Vos

Langste, kwaaisteroete in tien jaar

Roete

Die 2010­wenner,Carlos Sainz vanSpanje, en syDuitse navigator,Timo Gottschalk,Durf die Dakaraan in ’n Ameri­kaans geboudeRed Bull SMG­buisraammotor(#303)FOTO: RBR

Suid­Afrika se hoop in die motorfietsafdelingis op die KTM­jaer Riaan van Niekerk (#30)gevestig | FOTO: VERSKAF

In pas met sy bemarkingsveldtog wat syDuster se taaiheid beklemtoon, het Renault

weer twee van dié gewilde sportnuts-rygoedvir die Dakar-ren ingeskryf.

Die Dusters, wat in Argentinië deur RenaultSport voorberei word, het vanjaar hul debuutin die Dakar-ren gemaak, en volgens die teg-niese direkteur, Hector “Tito” Perez, het dieDuster hom as ’n goeie platform vir ’n veld-renvoertuig bewys.

Die span het baie uit sy eerste deelnameaan dié uitmergelende ren geleer en sy onder-vinding het tot aansienlike veranderinge aandie Dusters gelei. Die voorvering en luginlaat-stelsel vir die 2014-renvoertuig is volkome her-ontwerp, ’n Nuwe soort skokbreker word ge-bruik en die stuurstelsel is hersien.

Die bewese 3,5 liter Renault V6-enjin watsowat 230 kW en 442 Nm wringkrag ontwik-kel, die vierwielaandryfstelsel en sesgang-op-volgratkas, asook groot sessuier-remme vooren viersuier-remme agter is behou, maar ver-der verfyn.

Die projek word nou deur Renault Sport

Internasionaal gesteun, en Patrice Ratti, uit-voerende hoofamptenaar van Renault SportTechnologies, het die span verlede maand be-soek om hom van hul vordering en voorberei-ding te vergewis. Soos verlede jaar sal die Ar-gentyne Emiliano Spataro en José García ag-ter die stuur van die Dusters wees, metonderskeidelik Benjamín Lozada en MauricioMalano as hul medejaers.

Volgens Spataro was die eerste toetse metdie nuwe Dusters belowend, maar die spanhet intussen hard gewerk om hul betroubaar-heid en duursaamheid te verbeter.

“Die Dakar is ’n strategiese ren wat goeielogistiek en beplanning verg. Ons het baie ge-leer uit ons ondervinding vanjaar, maar aan-staande jaar se ren gaan ongelooflik mededin-gend wees, met tot 20 spanne in die top-voer-tuigklas wat ’n kans op oorwinning het.”

Spataro (#327) sal in die 28ste plek weg-spring, en sy spanmaat (#340) in die 41steplek. “Die Duster is nou heelwat verbeter enons mikpunt is om in die top-15 te eindig,”het hy bygevoeg.

Renault is g’n groentjie wat Dakar-deelna-me betref nie. In 1979 was die Marreau-broersdie naaswenners in ’n Sinpar-voorbereide Re-nault 4x4 en in 1992 het hulle die ren in ’nRenault 20 Turbo 4x4 gewen. Renault Sporthet tegniese steun aan die Schlesser RenaultElf-buisraamvoertuie verskaf wat in 1999 en2000 die Dakar gewen het. Die sege in 1999was die eerste keer dat ’n tweewielaangedre-we voertuig dit vermag het.

Duster wiltaaiheidbewys

Promosie | Renault DusterDie ArgentyneEmiliano Spataro(#327) en JoséGarcía (#340) wilin 2014 in die top­vyftien met hulleDusters in die Da­kar eindigFOTO: RENAULT

*15% Deposito | Oor 72 maande | 29% Ballon-paaiement van R56 521 | 9.29% Rentekoers | Handelsprys van R194 900 Totale koste vanR233 920 | Handelsprys in ooreenstemming met 10 September 2013 pryslys | Sluit “op-die-pad” kostes uit. Termes en voorwaardes vantoepassing. Kenmerke is model-spesifiek en kan van mekaar verskil.

VANAF SLEGS R194 900 OF R2 499PM*

OOK BESKIKBAAR IN 4X4 EN DIESEL

BESTE-IN-KLAS KATTEBAKSPASIE

RAAKSKERM NAVIGASIE

DRIVE THE CHANGE

ONS STEL BEKEND DIE NUWE

RENAULT DUSTER SUV.

renaultsouthafrica www.newduster.co.za

DAARDIE KODDIGE

BRAND HULLEBRAAI-HANDSKOENTJIES?

DIS TYD OM JOU MAN TE STAAN

Volg die jaers se vordering op www.dakar.com.Supersport Blitz sal nuusdekking verleen.

EN JY KAN ’N HILUX DAKAR-WEERGAWE WENSKRYF IN BY TOYOTA.CO.ZA

1001

1802

JB/

JHB/A

15 Desember 2013 InRat 9| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

InRat | 2014 Dakar­voorskou

Wanneer Giniel de Villiers enDirk von Zitzewitz op 5 Janu-arie van die Dakar-beginpodi-

um in Rosario, Argentinië af ry, sal hullenet een doel voor oë hê: Om ’n algeheleoorwinning vir Suid-Afrika en die Toyo-ta Imperial SA Hilux-span in dié straw-we, uitmergelende ren te verseker.

Om op 18 Januarie in Chili aan diebopunt van die wennerspodium testaan, sal die kroon span op ToyotaSuid-Afrika se Dakar-aanslag, want totdusver het die motorsportspan nog elkejaar sy Dakar-droom verwesenlik en alhoe nader aan ’n oorwinning gekom.

In 2012 het De Villiers ’n ongelooflikederde plek in sy Hilux V8 vermag, van-jaar ’n tweede plek, en nou hopelik ’noorwinning vir 2014. Vir spanbaas GlynHall en De Villiers sal dit dan tweeMini’s (2012), een Mini (2013) en geenMini (2014) wees.

Sedert 2012 was die Dakar-stryd inSuid-Amerika tussen die grommendeHilux V8 en die fluisterende diesel-Mini’s, en vanjaar was dit tussen De Vil-liers en die elfmalige Dakar-kampioenStéphane Peterhansel.

Om die Toyota-droom te bewaarheidsal onse De Villiers dus allereers die ar-mada X-Raid Mini’s moet neutraliseerom dan Peterhansel hopelik in sy Minionder druk te plaas. Dit lyk na ’n bynaonbegonne taak, want behalwe dieSpanjaard Nani Roma (wat verlede jaardie naaswenner en vanjaar vierde was)is die Mini-span verder versterk met diekoms van die vreeslose Katarrees Nasser

Al-Attiyah en voortvarende ArgentynOrly Terranova (Mini).

Ook sal De Villiers met die skouspel-agtige, maar wilde Robby Gordon (Hum-mer), die vurige Carlos Sainz (SMG) endie buiteperd, die kalm Argentyn LucioÁlvarez (Ford), moet rekening hou.

Gelukkig ken die Stellenbosser sy me-dedingers goed, want Al-Attiyah enSainz was sy spanmaats in die VW Tou-areg-span, terwyl Terranova en Álvarezalbei voorheen in Hall-geboude en Toyo-ta-gesteunde Hiluxe gejaag het.

Hierdie kennis sal hom goed te paskom in sy ren-strategie, maar Hall en symanne het ook hard gewerk om ’n me-dedingende ryding aan die voormaligeDakar-kampioen te verskaf, en dieplaaslike veldrenreeks, een van die straf-ste en mees gerespekteerde nasionalekampioenskappe ter wêreld, wat Toyotavanjaar op ’n drafstap gewen het, was ’nuitmuntende toetsplatform vir die Da-kar-Hilux V8.

“Die kampioenskap het ons geleent-heid gegee om die betroubaarheid enduursaamheid van die voertuig-kompo-nente te beproef en te verfyn. Ons hetdie res in Namibië – wat met sy sand-duine en halfwoestyn-omgewing geogra-fies baie soortgelyk aan die Suid-Ameri-kaanse kusgebiede en Atacama-woestynis – gaan toets,” het Hall gesê.

Onder sy waaksame oog het die spanop die instel van die onderstel en veringvan die Hilux gefokus, en ook aan dieaërodinamika, remme, ratverhoudings,aandryfstelsel en nuwe lugversorging-

stelsel – iets wat deur De Villiers en VonZitzewitz waardeer word – gewerk.

Ander V8-enjins en ’n spul ander nu-wighede is ook op die proef gestel, maardie span het oplaas besluit om weervanjaar se 5 liter-weergawe in te span.Meer as 2 000 km se waardevolle toets-kilometers is in die woestyn afgelê.

Die toetse het ook die Dakar-nuwelingLeeroy Poulter kans gegee om hom virdie groot sandduine in Chili en rowwegrondpaaie in Argentinië voor te berei.Poulter (33) is egter ’n veelsydige renjaermet vele nasionale renkampioenskapti-tels agter sy naam, en het ook al sy slagin plaaslike veldrenne gewys.

Sy medejaer is Rob Howie (40), watdie derde agtereenvolgende keer die na-vigasiewerk deur Suid-Amerika sal doen.Die paar sal in die 23ste plek in ToyotaMotorsport Suid-Afrika se tweede Toyo-ta-Imperial-Hilux wegspring,

Hall se strategie sal moontlik weesom Poulter in die eerste paar trajekteop Argentynse grondpaaie so goumoontlik tussen die voorlopers te kry,sodat hy De Villiers in die duine kanondersteun.

“Dié marathonren bly ’n allemintigeuitdaging, en ons moet realisties oorons kans op ’n oorwinning wees. Netom die roete oor 14 dae en 8 500 km tevoltooi, is al ’n taai uitdaging. En dieDakar bly onvoorspelbaar. Enigiets kangebeur,” sê Hall.

Volg die Toyota Imperial Hilux-spanse vordering by www.toyota.co.za ofhttp://dakar.toyota.co.za.

Grommende SA-Hiluxteen fluisterende Mini’s

Promosie | Toyota Imperial­span

Volspoed op pad na die eindpunt. Die Toyota Imperial­span het net een doel voor oë – om met hul Hilux V8 die Dakar­ren tewen | FOTO’S: QUICKPIC

LogistiekenagmerrieDie logistieke behoeftes vir ’n

span soos Toyota MotorsportSuid-Afrika se deelname aan dieDakar, is om dit sagkens te stel, ’nnagmerrie.

Die span het nog tot einde van-deesweek geswoeg met die reuse-taak om ’n stuk of ses ton se toe-rusting en onderdele vir die renvolgende maand te verpak. Dietwee Toyota Imperial Hilux 4x4’s,wat gedeeltelik uitmekaar gehaalen op laaiplanke van die Suid-Afri-kaanse Lugdiens se vragafdelingverpak is, sowel as al die toerus-ting en onderdele vir die 13 daevan die Dakar-byeenkoms, is Vry-dag in sowat 130 kaste en drie alu-minium-houers by die OR Tambo-lughawe vir die lang vlug na Ar-gentinië afgelewer.

“Alles wat ons nodig sal hê omdie twee renvoertuie te versorg,moet saamgaan. Dit beteken byko-mende onderdele vir bykans elkekomponent vir die twee Hilux-4x4’s. Daar is omtrent 4 000 indivi-duele items,” het Glyn Hall, diespanbestuurder, gesê.

Die span van 21 (bestaande uitdie renjaers, navigators, ’n inge-nieur, ’n fisioterapeut, tegnici endie spanbestuurder) sal op 29 De-sember met hul aankoms in Bue-nos Aires dadelik vertrek na Zara-te, Toyota Argentinië se monteer-aanleg.

Daar sal die toerusting uitgepaken in twee ondersteuningsvragmo-tors, asook ’n renvragmotor wat diedeelnemers met noodsaaklike on-derdele volg, oorgepak word. Dietwee Hilux V8’s sal ook daar weeraanmekaargesit word vir ’n toetslo-pie op 2 Januarie. Daarna volg dieamptelike registrasie en vooronder-soeke op 3 Januarie in Rosariovoordat die Dakar-ren op 5 Janua-rie begin.

“Ons het ook ’n logistieke onder-steuningsvragmotor wat alles salvervoer wat ons in die kuipe endie bivak sal benodig – kitsafdakke,grondseile, tente, slaapsakke enverbruiksgoedere,” het Hall byge-voeg.

Toyota se mobiele onderdelestoor

Toyota Imperial­span

Hou nommer 404 dop!Die private veldrenjaers Thomas

Rundle (regs op foto) en Juan Mohr(links) sal in ’n gewese Toyota Motor-sport-Hilux, geborg deur die bandever-spreiders Dmack en Barden Tyres, dieSuid-Afrikaanse vlag in aanstaande jaarse Dakar-ren laat wapper.

Hulle het ’n gratis inskrywing vir die

byeenkoms losgejaag toe hulle die Dakar-uitdaging in vanjaar se Toyota-1000-woestynren in Botswana gewen het.

Die paar sal in die 103e plek in die Hi-lux waarin Giniel de Villiers en Dirk vonZitzewitz vanjaar tweede was, in hulheel eerste Dakar-ren wegspring. Dis so-waar groot renstewels om vol te staan.

Toyota Hilux­span

JWT6

4606

/A

www.ford.co.zaBesoek FordSouthAfrica

15 Desember 2013 InRat 11| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |

PromosijjjjjjjjjeAd­vertensie­artikel

Vir die Ford Racing-renspan en sySuid-Afrikaans-ontwerpte en-ontwikkelde Ranger V8’s sal die

Dakar-ren, wat oor minder as ’n maandin Argentinië begin, ’n vuurdoop wees.

Sedert einde Julie vanjaar, toe dit aan-gekondig is dat Ford in Januarie 2014aan die Dakar-ren gaan deelneem, hetdie Ford Racing-span onder leiding vanNeil Woolridge in sy werkswinkel inPietermaritzburg dag en nag gesweetom die twee Ranger V8’s slaggereed tekry vir hul debuut-aanslag op die straf-ste ren ter wêreld.

As deel van hierdie plan het Ford ookdie dienste van die gesoute ArgentynseDakar-jaers Lucio Alvarez en RonnieGraue bekom, wat negende in die opko-mende ren sal wegspring (#308).

Ford Racing kon kwalik ’n beter twee-manskap gekies het, want in die laastetwee Dakar-renne het dié paar ’n vyfdeplek in 2012 losgejaag en vanjaar tot der-de algeheel gevorder voordat ’n mega-niese probleem hulle tot 26ste laat te-rugsak het.

Hulle het egter teruggeveg om einde-lik 10de te eindig.

Die koelkop Alvarez se kennis van dieSuid-Amerikaanse terrein en vorige Da-kar-ondervinding sal die span ook goedte pas kom, en as spanleier-jaer sal hyook die voormalige SA-veldrenkampioe-ne Chris Visser en Japie Badenhorst,wat 30ste wegspring (#329) in die twee-de Ranger, van raad kan bedien.

Volgens Alvarez, ’n duinry-spesialis,gaan daar minder duintrajekte in die2014-Dakar wees, en daarom het hy enGraue vanjaar aan die Argentynse Tyd-renreeks deelgeneem om hul spoed opgruis- en grondtrajekte te verbeter.

Dit behoort ook vir Visser en Baden-horst te help, want, soos Visser prontuiterken, is hulle groentjies wat duinry be-tref, maar op die harder trajekte be-

hoort hulle die pas te kan handhaaf.“Ons kan dalk effens sukkel in die

duine, maar ons het heelwat geleer ty-dens ons toetssessie in Namibië, enLucio en Ronnie het ons ook waardevol-le raad gegee,” het Visser gesê.

Vir Badenhorst sal die navigasie in dieDakar ’n uitdaging wees, en hy en Vis-ser sal moet gewoond raak aan die GPS-stelsel, maar hulle het ook heelwat aan-dag aan hierdie aspek in Namibië gegee.

Volgens Alvarez is fiksheid en ’n goeiedieet belangrik vir die Dakar, want vyfna ses ure se voluit-jaag en 12 tot 14 ureper dag se bestuur eis beslis sy tol. Hoëtemperature van meer as 40 °C en ka-juit-temperature van oor 60 °C vereisfiksheid, en die twee spanne het al vanJulie af hiervoor voorberei.

Gelukkig is die Ford Rangers met ’nspesiaal ontwerpte lugversorgingstelseltoegerus, wat jaer-uitputting behoort tevoorkom.

Die Ford Racing Ranger is van kon-sepstadium hier ontwerp, ontwikkel en

gebou om te voldoen aan die hoogstestandaarde, en die mees gevorderde ma-teriale en prosesse beskikbaar is gebruikin die bouproses.

Die kern hiervan was ’n gevorderdeonderstel-setmaat, enig in sy soort indie land, waarmee die afmetings en an-der tegniese berekeninge vir die struk-tuur geheel akkuraat gedoen is. VolgensWoolridge het dié proses tot die meestetegniese insette en koste bygedra.

“Dis egter soos om ’n huis te bou. Asdie fondament nie reg is nie, is die resook nie goed nie, en daarom was die on-derstelraam uit die staanspoor die fo-kuspunt van die projek.”

Nadat die sowat 1 600 unieke onderde-le vervaardig is, is dit dan soos om ’nlegkaart op die setmaat – ontwikkeldeur Woolridge Motorsport en verfynmet die hulp van Ford se Special Vehi-cles Team (SVT) in Detroit, asook onder-stelspesialiste van Europa – te bou.

Hierdie metode verseker dat enige be-skadigde onderdele akkuraat herstel of

vervang kan word.“As die voertuig beskadig word, kan

ons met behulp van onderdeelnommersdie regte items gou kry om dit vinnig tekan herstel,” het Woolridge gesê.

Net die beste lugvaartgraad-materialeis in die konstruksie gebruik, want vol-gens Woolridge is ’n ligte, maar sterkonderstel die sleutel tot sukses in hier-die sport. Ook die ontwerpwerk is deurNWM se span onder die wakende oogvan die ren-ingenieur Bernd Wellmangedoen.

Om die 8 500 km in 14 dae te kan aflê,vereis ongelooflik goeie koördinasie enbeplanning. Die Suid-Afrikaner ScottAbrahams van South Racing, wat 10 jaarse Dakar-ondervinding het, sorg hier-voor.

Volgens hom sal die span van 27 endie twee klas T1-Rangers deur ’n 10 ton-vierwielaangedrewe klas T4-renvragmo-tor, twee groot 26 ton- seswielgedrewediensvragmotors en ses Rangers (vir dieres van die span en media) ondersteunword. Al die ekstra onderdele sal op dieseswiel-trokke gelaai word, met noodon-derdele op die T4-renvragmotor.

Wat gaan die Ford Racing-span sestrategie vir Dakar wees? Volgens Wool-ridge beplan die spanne om ’n stewigepas in die eerste ses dae van die ren tehandhaaf, waarna die Rangers tydensdie rusdag geheel uitmekaar gehaal enalles behalwe die onderstel en enjin ver-vang sal word.

Daarna sal die twee Fords die laastesewe dae en die moeilike marathontra-jekte na die eindpunt op 18 Januarie inValparaiso in Chili aanpak.

Ford-aanhangers en belangstellendessal die span se vordering op Ford Suid-Afrika se Facebook-blad, en Twitter- enInstagram-profiele kan volg, of deel-neem aan die gesprek deur #FordDakarop sosiale media te gebruik.

Ranger se grootvuurdoop

Promosie | Span Ford Racing

Só wil die Ford­manne in Suid­Amerika in die Dakar vlieg om Suid­Afrika se naam hoog te hou. Inlasfoto: Japie Badenhorst en Chris Visser | FOTO’S: QUICKPIC

InRat | 2014 Dakar­voorskou

TEGNIESE SPESIFIKASIES – Ford Ranger V8Basisvoertuig Ford Ranger 4x4­dubbelkajuitRegulasies/klas FIA /ASO klas T1Enjin Ford 5,0 liter­V8 (petrol) met dubbel­onafhanklike kleptydreëlingEnjinbeheerstelsel Magneti MarelliKraglewering 260 kW @ 4 500 r/minWringkrag 560 Nm @ 4 100 r/minToerebeperking 5 500 r/minVerbruik 90 liter/100 km (sand), 28 li­ter/100 km (normale paaie)Bakwerk Vol saamgestelde materialeVeerstelsel Onafhanklik voor en agterDubbel­BOS­skokbrekersTeenkantelstawe voor en agterRemme Voor: Brembo (lugverkoel)

Agter: Brembo (waterverkoel)Petrol­sel 500 literRatkas Sadev sesgang­ opvolg’kas, perma­nente 4x4­aandrywingKajuit LugversorgingEwenaar Beperkte gly­eenhede voor enagterStuurstelsel SadevInterne elektronika GEMSAandryfstelsel GKNWiele/bande 16 duim­ Evocorse­vellings,245/85­16 Michelin­bandeTopsnelheid 170 km/hMassa 1 975 kg

www.kia.co.za

1566

4OFy

t

Ontwerp wiejy is. Bepaal watjy wil hG.Besluit hoeveel bergejy wil versit.Trotseer jou vrees.En as enigietsin jou pad staan,eet dit.Nuwe Cerato5

Dit het‘Sportitude’.

Vanaf R2999 per maand

11% DEPOSIT1.6 MAN EX 35% BALLOON 9.5 % INTEREST RATE TERM 72 MONTHSInterest rate is linked to prevailing prime rate subject to change. Deal subject to credit approval by KIAFinance, a division of MFC, a division of Nedbank Limited. Nedbank Limited is an authorised financialservices provider. Nedbank Limited is a registered credit provider under the NCA (NCRCP 16). Price excludesan initiation fee of (R1140) and a monthly service fee of (R57 p/m). Deal is for advertised specifications only,any additional accessories will be subject to separate terms and conditions. On road costs excluded. E&OE.