36
Jaargang 21 Nr. 10 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 November 2014 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] PHS reünies...pp4 en 6 Huis AJL Vleismark...p8 Chambers Susters...p9 PHS prysuitdeling...pp12 en 14 Aurora High Tea...p18 VLV-nuus...p20 Mother Pearl skuif...p22 Rus ‘n Bietjieklub...p26 Sportnuus...p29 Gr R’s maan toe...p31 Rolbal Besigheids- dag...p34 Introducing the Soft Drinks Range PRODUCTS TRY ME IM NEW! Regs is die Leerderraad van die Laer- skool, voor onderhoofseun Angus Duncan, hoofseun Henri van der Westhuizen, hoofdogter John-Elize Runba, onderhoofdogter Annika Smit en agter Kleinjan Kotze, Schalk Vis- agie, Engela van der Westhuizen en Almi Kotze. Foto: Alta Nelson Hoërskool Piketberg se hoofleiers vir 2015 is E’lmarco Visagie, hoofseun, Nina Cillié, hoofdogter, Delaine Wright, onderhoofdogter en Ruan Brand, onderhoofseun. Foto: Sanet Ackermann PHS se Leiers vir 2015

10 piketberger nov 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

1

Jaargang 21 Nr. 10 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 November 2014

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

PHS reünies...pp4 en 6 Huis AJL Vleismark...p8 Chambers Susters...p9 PHS prysuitdeling...pp12 en 14 Aurora High Tea...p18 VLV-nuus...p20 Mother Pearl skuif...p22 Rus ‘n Bietjieklub...p26 Sportnuus...p29 Gr R’s maan toe...p31 Rolbal Besigheids-dag...p34

Introducing the Soft Drinks Range PRODUCTS

TRY ME IM NEW!

Regs is die Leerderraad van die Laer-skool, voor onderhoofseun Angus Duncan, hoofseun Henri van der

Westhuizen, hoofdogter John-Elize Runba, onderhoofdogter Annika Smit en agter Kleinjan Kotze, Schalk Vis-

agie, Engela van der Westhuizen en Almi Kotze. Foto: Alta Nelson

Hoërskool Piketberg se hoofleiers vir 2015 is E’lmarco Visagie, hoofseun,

Nina Cillié, hoofdogter, Delaine Wright, onderhoofdogter en Ruan

Brand, onderhoofseun. Foto: Sanet Ackermann

PHS se Leiers vir 2015

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R100 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Briewe van ons lesers...

Liefde Marietha

Jack van Renen skryf…

Ek wil net almal bedank wat my beterskap en herstel

toegewens het terwyl ek vir twee operasies, dalk was dit

drie, in die hospitaal was. U besef nie hoeveel dit vir my

beteken het nie, want daar was 'n moontlikheid dat ek my

been kon verloor, maar met Sy genade en u gebede is

die probleem toe opgelos en gaan dit nou net elke dag

beter! Nogmaals dankie aan ieder en elk!

Carin Houliston writes... We spent the weekend in Porterville and took a drive through Piketberg on Sunday. Wow! I was in complete awe as to how the whole town has embraced cancer month. Congratulations. It is so pleasing to see a commu-nity existing as one and embracing a concept whole-heartedly.

Helmien Rossouw van Elandsvlei skryf… Graag wil ek vir almal bedank vir elke boodskap, sms of oproep na my en na my man en kinders tydens my hospi-talisasie na die skielike operasie. Ek is bewus van elke gebaar van omgee en liefde - baie dankie vir die be-soeke, kos en blomme na my tuiskoms. Ek waardeer dit opreg. Met so 'n skielike prosedure, raak mens deeglik bewus van God se genade en die kennis en deernis waarmee dokters en mediese personeel hulle taak verrig. Die men-se by Panorama hospitaal is werklik engele. My seuns, Manie en Bertus, skoondogter Lisel en dogter Hanlie wat so mooi na my en Pa Johan omgesien het, julle is won-derlike kinders. Aan Cobis Wilson wat my so moeiteloos rondry, jy is wonderlik. Die suster in die Hoësorg Eenheid kon nie glo dat een mens soveel vriende het nie nav al die baie oproepe. Dis 'n voorreg om deel van so 'n gemeenskap te wees.

Pierre Steenkamp skryf… Baie dankie vir Die Piketberger ek het weer eens lekker gelees. Dit is vir my interessant om te sien hoe die kinders grootword en die redaksie al mooier. Pierre is die stigter van Die Piketberger en ontvang elke maand die koerant per pos. -Red.

Marthie Munnik, vroeër van Piketberg, skryf uit Vredendal... Ek lees elke maand Die Piketberger op die internet. Dit voel of ek nog op so 'n manier bybly met Piketberg se mense se doen en late. Dit verseker ook dat ek ten min-ste een maal per maand aan die goeie tye op Piketberg dink.

Jessica by Bergmun

Jessica Carstens is sedert 1 September 2014 aangestel as Persoonlike Assistent van die

Munisipale Bestuurder. Sy is goed gekwalifiseerd en het goeie

ondervinding. Sy is vol energie en het reeds haar merk gemaak in

‘n kort tydjie. Welkom Jessica!

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Reünies help mens onthou Dis prysuitdelings en afskeide en die een mooi toespraak na die an-der volg. Ek hoor iets van "iewers oor 'n paar jaar gaan jy dalk die woorde van jou skoollied vergeet", maar "moet nooit vergeet waar jy groot geword het, wie jou mense is

en waar jou hart se spore al oral geloop het nie". Ek is onlangs terug op my spoor na 30 jaar uit die skool en die onthou gee 'n warm gevoel om die hart. Ek en my skoolvriendin gaan tuis by my ouers, soos ons as kinders dikwels saam oor en weer gekuier het. Toe sy my skielik vra of ek steeds van my badwater so warm hou......toe weet ek ons is op die regte plek om al die onthoue vas te vang. Saam met die ander 'matrieks' stap ons deur die skool, klas vir klas en vertel, lag en onthou....... van die Biologieklas, verby die biblioteek, die Afrikaans klas, Geskiedenis, Engels, Duits, Wiskunde, af in die gang tot in die sub A-klas. In die saal staan ons op aandag en sing: Albertinia skool met ons hele hart sal ons steeds jou naam vereer. Altyd bied jy ons die beste aan en stel ons nooit teleur. Jy is onse trots, ons eie skool, waar ons met vrug kan leer. By jou leuse sal ons vas bly staan en na die kruin toe beur! Ek onthou verseker wie ek is, waar ek vandaan kom, wie my help vorm het en waarnatoe ek oppad is

3

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens

vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat

Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)

en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!

4

PHS Oud-Leerders hou Reünie

Op 4 Oktober het PHS se Matrieks van 1984 hul 30 jaar reünie gehou. Terwyl al die manne die rugby gekyk het, het die dames die skool besoek. Daar was 37 leerders in matriek, een is intussen oorlede. By die reünie was 19 van hulle bymekaar. Van voor links is: Joletta (van Romburg) Bester, Erika (Koegelenberg) Juul, Johrina (Geldenhuys) Hanekom en Belinda (Hagen) de Kock. Middel, Helena Kotze, Alice (Baxter) Mayhew, Lynette

(van Renen) de Witt en Ria (Visser) Steyn en agter, Dinette (Wiese) Lochner, Stephanie (Hanekom) van

Rooyen en Sumarna (van Dyk) Louw. (Nooiensvanne is in hakies).

Foto: Danie Smit Voor van links Christina Stemmet, Gerda van der Merwe, Marietjie Smit, Christina Wasmuth, Helena

Venter, Joos Engelbrecht en Fred von Wielligh. Middel, Hendrik van der Westhuizen, Eric

Lambrechts, Philip Olivier, Floris Marais, Piet Fabricius, Bernard Olivier en Helena Smit. Agter, Otto

Götze, Arthur Rumboll, André Eksteen, Hannes Lambrechts, Deon van Dyk en Rika du Plessis.

Foto: Alwyn Smit

Die naweek van 11 en 12 Oktober het die matrieks van 1969 weer ’n geslaagde reünie gehou. Ons het almal heerlik saamgekuier by die sportklubhuis wat die skool weer aan ons beskikbaar gestel het. Dit was ’n naweek van samesyn, wat ek glo, almal baie geniet het en ons nog lank sal bybly as ’n besondere herinnering. Dankie ook aan die twee oud-onderwysers, Deon van Dyk en Hannes Lambrechts en gades, wat vir ’n rukkie saam met ons gekuier het. Ons volgende reünie word beplan vir 2019 DV, wanneer dit ons GROOT 50 sal wees. Die Sondag is die verrigtinge van die naweek afgesluit deur die bywoning van die kerkdiens en ’n laaste gesels oor ’n koppie tee voordat daar vir oulaas gegroet is.

Klas van 1969

De Kleine Shoppe Coffee & Gift Shop

27 Oktober open De Kleine Shoppe - Coffee & Gift Shop by Langstraat 52, tussen Spar en Liebco. Kom geniet ‘n ligte maaltyd, slaai of gourmet toebroodjie soos Cajun hoender roerbraai met basil pesto en pekanneute op ‘n nessie noedels, Smoked Salmon, cream cheese sesame en spring onion on a bed of crisp salad met iets te drinke van Cuppachino, Lattes, milkshakes en iced coffees. Iets gesond vir almal. Uitgesoekte geskenke en dékor van spieëls, glasware, chandeliers, ens. Gratis filter koffie met elke maaltyd slegs vir die opening.

XYZ Clothing Somerreeks nou beskikbaar

30% uitverkoping op geselekteerde items

Bykomstighede soos serpe, krale en juweliersware in alle kleure en diktes

Ek help graag met die beplanning en kombinasies van kleure en klere.

Alles in een winkel - coffee / gift shop / boutique Ilze 071 410 8076

Besigheidsure: Maandae 07:30 - 17:00 Dinsdae - Vrydae 08:00 - 17:00 Saterdae 09:00 - 12:00

5

Hoofstraat 58 (Van Zyl’s Garage)

Die Glas Kasteel se deure is nou oop !!!

Al ons getroue kliënte van Gee-C-eS kan nou weer hul voorraad hier kom aankoop

Die Glas Kasteel bied die volgende:

- CD’s – al die nuutste cd’s op die mark

- Speelgoed – gee jou kind ‘n voorsprong met ons

reeks opvoedkundige speelgoed

- Wol – vir al ons getroue wolvriende

- Sporttoerusting – muurbal, veerpyltjies, balle, ens.

- Swembaddens vir die heerlike somerdae

Tydelike kontaknommer 072 1720 008

6

Voor Riana Richter, Sonia Lambrechts, Elsie Vorster, Schalk Vorster, Riana Eksteen en Christa van Rooyen.

Middel ry Wilna Kellerman, Roline Kotze, Ansa Chambers, Alison Müller, Christa van Ellewee, Kobus van Rooyen en Susan Geldenhuys. Agter Matt Keller-man, Hannes Lambrechts, Le Roux van Wyk, Spyker Chambers, Deon van Dyk, Alta van Dyk en André van

Ellewee. Foto’s: Laggie Geldenhuys

Oud-Onderwysers hou Reünie PHS se oud-onderwysers van S W Vorster se era het on-langs reünie gehou. Die naweek is afgeskop met ‘n herontmoeting in PHS se personeelkamer. Dit was won-derlik om mekaar na soveel jare te sien en te herken! Al die vertellinge en staaltjies is herleef daar in die gange. Die skool is pragtig en almal was van vooraf trots op “ons” skool. Die middag is op die rolbalbaan deurgebring met baie pret (foto onder). Die wenspan kon darem nog buk om balle op te tel. By ‘n gesellige braai die aand kon almal weer skater oor die skoolkonsert wat deur onderwysers gehou is en waar Charl Groenewald met die driewiel sy nerwe afgeval het op die verhoog tot groot vermaak van kinders en ouers. Apie Richter het die video saamgebring en ver-toon. André en Christa van Ellewee het aan elkeen ‘n gedenk bottel wyn oorhandig van die kelder waar hul seun ‘n wynmaker is. Die naweek is afgesluit met die bywoning van ‘n baie spesiale kerkdiens. Ons dank die Here vir soveel genade en soveel mooi en kosbare herinneringe. Lank lewe PHS! Berig: Susan Geldenhuys

7

8

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Huis AJ Liebenberg Vleismark

Die mooi bedrag van R125 000 is ingesamel met ons Vleismark saam met die kollekte lyste en skenkings van kerke, buur gemeentes en donateurs. Soms wens ek ʼn mens kon met ʼn unieke tipe instrument, die mense van Piketberg en omgewing hier diep in ons hartkamers laat inloer om te sien hoe opregte waardering lyk. Dit sou heerlik wees as jy – elke keer as jy wil dankie sê – vir iemand iets in die hand kon gee of vir ete nooi. Maar dit is nie moontlik nie ..... Daar was verskillende grade van donasies en skenkings vir ons Markdag, sommige was GROOT en sommige kleiner, maar die graad van dankbaarheid is dieselfde aan een en elkeen, want hoe sonder jy iemand uit? Sommige was gewillige hande, sommige was gebede – ander het van deur tot deur gekollekteer. Ons kan ʼn paar beskrywende woorde voor inryg, maar aan die einde van die dag bly dit bloot‚ ‘‘Baie Dankie‘‘. Marie de Villiers, Hoof, Beheerraad, Personeel en die Inwoners van Huis A J Liebenberg.

Ons bied die volgende:

Stoffering van banke en stoele

Herstelwerk aan tente en seile

Maak van seil “canopies” vir bakkies

Motorsitplekke en motor- plafonne

Trekkersitplekke

Spesiale versoeke

Christo 083 399 7988 / 022 913 3326 Langstraat 59, Piketberg

KONTAK ONS GERUS. ONS IS REG OORKANT AGRIMARK

Bring asseblief NOU julle tente en seile vir herstelwerk of opknapping. Desember is net

om die draai!

9

Fransa skryf... Ek en my man het November 2013 Langebaan toe ver-huis nadat ons West Coast Sjef Skool oorgekoop het. Ek het einde Januarie klaargemaak by Northlink Kollege Hotelskool na 11 jaar en ons is voltyds besig van Februa-rie af met ons sjefskool en bak toebehore winkel in Laguna Mall, Langebaan. Ons is geakkrediteer deur City & Guilds en bied die inter-nasionale “culinary arts” programme aan. Ons doen ook allerhande kort kursusse vir junior sjefs, tieners en vol-wassenes en deesdae is ons ook baie besig met “masterchef” kinderpartytjies. Klasse soos Paella, pasta en sushi aande is baie gewild. Ek het ook sopas ‘n kursus voltooi wat my in staat stel om van volgende jaar af die internasionale geakkrediteerde PME koekversierings kur-susse aan te bied. Hou ons webtuiste (www.westcoastchefschool.co.za) dop vir meer inligting oor die klasse. Like ons facebook bladsy (West Coast Chef School) om ook al die aksie te sien. Ek en Heinrich is baie bevoorreg om ons passie te kan uitleef. Die skool is klein en ons neem nie meer as agt studente per kwalifikasie in nie. Sodoende gee ons die nodige persoonlike aandag en stuur ons kwaliteit sjefs na die industrie wat ook aan internasionale standaarde vol-doen.

Tinette skryf... Ons trek binnekort Ann Arbor, Michigan toe waar ek gaan werk vir die Veteran's Administration (Militêre Hospitaal). Dis 'n baie goeie werk aangesien ek vir die Federal Government gaan werk, met ongelooflike voordele en amper die helfte vakansiedae soos wat julle het in Suid-Afrika. Die rede hoekom dit so lank vat om alles klaar te kry, is omdat ek deur 'n intensiewe agtergrond ondersoek moet gaan. Die posisie waarvoor ek aangestel gaan word, is vir Arbeidsterapeut/Bestuurs Rehabilitasie Spesi-alis. Ek is verantwoodelik vir kliënte wat weer wil bestuur na siektes of ongelukke. Dit sluit in bestuur met verskillen-de toerusting soos handkontrole.

Ruanda skryf... Danksy my beroep as fasiliteerder het ek die geleentheid om daagliks met kinders van verskil-lende ouderdomme, persoon-likhede en agtergronde te werk. Dit het onder my aandag gekom dat verskeie kinders sukkel met basiese begrippe in Afrikaans. Sonder om hierdie begrippe te verstaan kan dit besonders moeilik wees om Afrikaans as taal te leer en baas te raak. Ek het eerstehands gesien dat visuele beelde en assosiasies kinders help om Afrikaans makliker aan te leer en te verstaan. Dit is juis die doel van albei my boeke, “Afrikaans in Prente” en “Verstaan Afrikaans”. Ek is nou ook genader deur ‘n privaat seunskool in die suidelike voorstede om ekstra Afrikaans tydens skoolure aan te bied. Ek sien baie uit na die nuwe uitdaging.

Charles Clarys en Estie Windell is op 27 September in die NG Kerk Simondium getroud. Estie is ‘n

prokureur by Anderson Nel Prokureurs en Charles is werksaam by PPC de Hoek.

Foto: Vernooy Photography

Chambers Susters Dit het onder Die Piketberger se aandag gekom dat Ruanda Chambers, oud-leerder van PHS, onlangs twee boeke geskryf het vir anderstaliges ten einde ‘n beter be-grip vir Afrikaans te ontwikkel. Haar twee susters, Tinette en Fransa, is ook op interessante stadiums in hulle lewe.

Ruanda Chambers Foto verskaf

Lente Bruidspaar

AANDAG ALLE DAMES

Agent vir Watkins-valeur

skoonheids produkte in Piketberg.

Agent for Watkins-valeur

beauty products in Piketberg.

HEALTH, BEAUTY, FRAGRANCE, COLOUR AND SKINCARE FOR EVERY SKIN TYPE. WE ALSO HAVE GENTS TOILETRIES. WIDE VARIETY OF

HOMECARE (FRESH AND CLEAN)

PRODUCTS.

RONEL 083 301 7236 /

022 913 1232 A/H

10

Uit die kantoor van die

Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Oktober was ‘n maand van baie vergaderings in die Munisipa-liteit. Die meeste hiervan was vrugtevolle gesprekke oor beter dienslewering. Een so ‘n reeks vergaderings wat my baie op-gewonde maak, is die gesa-mentlike beplanning en -imple-mentering wat voortaan tussen Bergrivier Munisipaliteit en die Weskaap Provinsie sal geskied. Ons het hiermee geskiedenis gemaak. Dit is die eerste Provinsie in Suid-Afrika wat hierdie rigting inslaan en dit sal positiewe ge-volge hê vir ons inwoners. Baie van u was deel van die publieke deelname wat tydens September 2014 plaasgevind het. Miskien het u een van ons wykskomitee-vergaderings bygewoon, of u sê kom sê by ‘n publieke vergadering in een van ons agt dorpe of miskien was u deel van die GOP (Geintegreerde Ontwikkelingsplan) Fo-rum waar gemeenskapsleiers (meer as ‘n 100) saam be-plan aan ons toekoms. Baie dankie vir u volgehoue deelname en insette. Saam is ons beter! Al hierdie insette is verwerk en het Bergrivier Munisipaliteit nege hoof fokusareas bepaal waaraan ons dringend saam met Provinsie Regering wil aandag gee. Die prioriteite wat u bepaal het vir ons gebied is soos volg: 1. Onderwys en vaardigheidsontwikkeling, 2. Infrastruk-tuur, 3. Sosiale Ontwikkeling, 4. Gemeenskapsveiligheid, 5. Ekonomiese Ontwikkeling en gebiedskompeterend-heid, 6. Die beskerming en bewaring van ons natuur-skoon en omgewing, 7. Tegnologie en kommunikasie, 8. Gesondheid, en 9. Sport en Kultuur Ontwikkeling. Ons het 40 doelgerigte en praktiese “game changers” ontwikkel om hierdie fokusareas mee aan te spreek. Op 2 Oktober 2014 was dit Bergrivier Munisipaliteit se beurt om met al die Departementshoofde van Provinsiale Regering te vergader en in-diepte gesprekke hieroor te voer. Dit was ‘n baie goeie beplanningsessie en die gekoördineerde beplanning en gesamentlike implemen-tering sal baie vrugte afwerp vir ons munisipale gebied. Veral op die vlak van Onderwys, Gesondheid, Maatskap-like Ontwikkeling en Infrastruktuur. In Die Piketberger van Oktober 2014 het ek die slegte nuus met julle gedeel dat Piketberg dorp R17,5 miljoen

aan die Munisipaliteit skuld. Soos verwag het ek baie reaksie van lesers gehad en almal wil dieselfde weet: “Wie skuld wat?” Hierdie maand deel ek graag ‘n bietjie meer inligting hieroor en versoek weer elke trotse Piket-berger om die regte ding te doen en jou munisipale rekening te betaal. As jy wil, maar ekstra tyd nodig het, kom gesels asseblief met ons finansiële personeel. Ons help graag deur ‘n afbetalingsreëling te tref. Om perspek-tief te gee aan Piketberg se aandeel in die totale skuld aan Bergrivier Munisipaliteit, het ons slegs die uitstaande bedrae ouer as 1 jaar gebruik. Dit beloop in totaal R34,89 miljoen. Piketberg se aandeel hiervan (ingesluit die dorp en die landbou area direk verbonde aan Piketberg) beloop 33% of R11,58 miljoen. Van hierdie bedrag skuld besighede 4,89%, regeringsinstansies 0,37%, residen-siële huishoudings 46,2%, landbou 34,95% en ander organisasies 13,59%. Die grootste uitstaande bedrag word geskuld deur “Huishoudings” en die meeste hiervan is mense wat kán betaal. Pensioenarisse en hulpbehoe-wende huishoudings se skuld beloop slegs ‘n totaal van R660 000 gesamentlik. Die res (R4,69 miljoen) word geskuld deur 624 huishoudings met voldoende inkomste om hul rekenings te betaal. Ek wil ook graag dankie sê aan die 1557 huishoudings in en om Piketberg wat geen skuld aan die Munisipaliteit ouer as 1 jaar het nie. Die meeste van die skuldenaars wat kan betaal, is reeds oor-handig vir vordering aan ons Prokureurs en sodra iemand se rekening agterstallig is word daar onmiddellik ‘n beperking geplaas op die verbruik van elektrisiteit en water. Komaan Piketberg! Betaal jou rekening! Dit is die regte ding om te doen!

Anna glimlag breed

Anna Karools, inwoner van

Huis AJ Liebenberg, se

hartsbegeerte is bewaar-

heid toe ‘n weldoender van

Piketberg aan haar ‘n sken-

king gemaak het wat haar

so breed kan laat lag. Baie

dankie aan hierdie ano-

nieme skenker - u sal nie

besef watter vreugde

hierdie stel tande aan Anna

besorg nie!

Foto: Marie de Villiers

11

12

PHS se Laerskool Pryswenners

Skoolhoofprys: Michaelin Claassen

Eerste graadposisies: Jana Truter gr 4 asook die Leeskringprys, Illani van Rossum gr 5, Hagan Ludick

gr 6 en Janke van Schalkwyk gr 7 en Dux-leerder.

Ambassadeurstrofee: Stass Nel en Milah Baard.

Berenice Scheepers boek-prys vir Skeppende Skryf-

werk: Anné Rheeder.

Org de Rac prys vir beste vordering in Wiskunde:

Heino Coetzee. Foto’s:

Marietha Goosen

Komien van der Westhuizen met Mari

Visser, die wenner van die Hugo Holloway Musiektrofee.

Koshuisleiers vir 2015

Die Kasteel se leiers is Abri van der Walt, Ruan

Brand, hoofseun, Benna van der Westhuizen, Jandré de Witt en Wickus Bronkhorst.

Leliehof se leiers saam met Joanne Lubbe is Jean-Marie Sadie, Adriana Visser, Leanne Prinsloo,

Carmen Pietersen, onderhoofdogter, Delaine Wright, hoofdogter en Linelle Mostert.

Koshuisleiers se foto’s: Sanet Ackermann

A J Produkte Enigeen wat soms voel om ‘n goeie daad te verrig en nie weet wat nie… Huis AJ Liebenberg se inwoners het deurgaans die vol-gende items nodig: watte, Dettol, deo-dorant, Prep, seep, lyfroom, weggooi skeermesse...

Baie dankie! Prize Giving is just a word. Achieving is the Prize!

13

14

Dux-leerder vir 2014 Herbst van der Merwe.

Maria Visser wen die volgende: die Alison Müller musiekprys, Price

Waterhouse Coopers beste prestasie Wiskunde en Rekeningkunde; Mees tweetalige leerder en die Anton van

Rooyen Trofee vir Akademie.

Jared Whitfield wen die Hannelize Coetzee RTT Prakties trofee.

Meagan Turner ontvang die skoolhoofprys van Marius Scholtz.

Foto’s:

Sanet Ackermann

Hoërskool Piketberg Prysuitdeling vir Akademie

Hoërskool Piketberg se Verteenwoordigende Raad vir Leerders vir 2015 is, agter Hugh Benson, Marike Koch, Daniel Goosen, Delaine Wright, onderhoofdogter, Nina Cillié, hoofdogter, Lenelle Mostert, Adriana

Visser, Ruan Brand, onderhoofseun, E’lmarco Visagie, hoofseun en Louwrens Laing. Middel, Matthew Luyt, Matheus Vorster, Jac Goosen, Glenda Dietrich, Hanneke Pieters, Ané Nelson, en Zohné Turner. Voor

Anné Rheeder, Larissa Brand, Ravell Frans, Hanri van Zyl, Zana Vorster en Dewald van Deventer.

PHS se VRL vir 2015

15

’n Groep Graad 12-leerders wat deel is van die Universi-teit Stellenbosch (US) se HOPE@Maties-projek het ge-durende die Oktober-vakansie by Schoonspruit Sekondêr in Malmesbury bymekaargekom vir die derde en laaste HOPE@Maties-sessie van 2014. Hulle het onderrig ont-vang in Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Rekening-kunde. Dié program se doel is om leerders te help met voorbereiding vir die matriekeindeksamen sodat hulle goed genoeg kan presteer om toegang tot hoër onderwys te verkry. Die leerders het almal aansoek gedoen om toe-lating tot die US. Die program word aangebied deur die US se Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP).

Die Universiteit Stellenbosch se HOPE@Maties-program het in 2012 amptelik onder hierdie naam begin met inter-vensies. Die HOPE@Maties-program bied aan Graad 12-leerders uit gemeenskappe in die Wes-Kaap wat meer as 70% in Graad 11 behaal het, ekstra klasse op Saterdae of gedurende skoolvakansies aan. Ekstra onderrig word deur die beste onderwysers in die verskillende omgewings aangebied. Die leerders word ook gedurende hulle Graad 12-jaar blootgestel aan die verskillende kur-susopsies by die Universiteit Stellenbosch. Leerders wat hul goeie prestasie aan die einde van Graad 12 handhaaf, kom in aanmerking vir ‘n werwingsbeurs by die US. Al 218 Graad 12-leerders wat in 2013 deel van die HOPE@Maties-projek was, het die Nasionale Senior Ser-tifikaat-eksamen geslaag. Die gemiddelde prestasie van die groep as geheel was 72,21%. Ses van hierdie leer-ders het die merietelys van die Wes-Kaapse Onderwys-departement gehaal. Leerders wat nie voldoende presteer om toegang tot hoër onderwys te kry nie, kan ook aansoek doen om in 2015 die SciMathUS-program by te woon. Albei programme word deur die Universiteit Stel-lenbosch se Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP) in die Fakulteit Opvoedkunde aangebied. Vir meer inligting, kontak SUNSEP by 021 808 3483 of 021 808 3032.

Maties-projek vir Graad 12’s

Stuart Daries en Alan Willemse van Hoërskool Piket-berg, en Sarelle Klaase, Rodewane Cloete, Bjoghan Witbooi en Judith Kayster van Steynville Sekondêr.

Die Piketberger wens alle matrieks sterkte toe met

die eindeksamen.

16

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Nuwe Somer Voorraad

Beskikbaar

Klere vir die

vrou met eksklusiewe smaak

022-913 2646

Baie dankie vir jul voortdurende ondersteuning en baie welkom aan alle nuwe kliënte

R70 Special 7 ou dvd’s vir 7 dae lank

Die Rossouws van Meerlandsvlei, Eendekuil het as gesin in Julie die Kgalagadi besoek. Dit was ‘n groot

voorreg om so bymekaar te wees. Op die foto is Pa en Ma Herman en Johanna Rossouw met hulle vyf dog-ters, vier skoonseuns en ag kleinkinders: Mabet en

Cornelius Odendaal met Christine, Marguerite en Mia. Este en Johan van Bosch met Nina, Arina en Daneel

Marais met Wian en Hanje, Herma en Willie Schoeman met Jana en Liza en Liesl Rossouw. Foto verskaf

Die Rossouws van Meerlandsvlei hou saam vakansie

Shirley turns 90

Chris and Shirley Isaac, front, with Hugh and Thea Isaac, Michelle, Biddy and Langes Langenhoven.

On 12 September we celebrated my Mom, Shirley's 90th birthday with a very special dinner at Die BiO Cafe. In spite of her age my Mom is still an excellent cook and

cooks every day. Cobis very kindly visited her and asked her what she would like him to cook for the occasion. And what a suberb meal it was! We were welcomed at

the door and seated at a beautifully set table with candlelight and flowers, (some brought from my

brother’s farm in Plettenberg Bay specially for the occasion) the setting was just perfect. As a surprise Cobis arranged for a photographer to come and cap-ture the occasion. The delicious meal, prepared and

served with friendly kindness and accompanied by lots of joking and laughing was a fitting celebration for such

a special person. Photo: Soreen Gouws Article: Biddy Langenhoven

Family Where life begins

& love never ends

17

‘Beyond the Call of Duty’

Konst Benjamin en Konst Le Fleur van SAPD Piketberg red ‘n vier week oue katjie.

Ma Lucy en haar kleintjie het kort na die geboorte by PAW-lid Beryl-Ann beland (die ander drie kleintjies is doodgebore). Die kleintjie het maar 80g geweeg en vir die eerste twee weke was ma en baba tevrede in die hangkas. Daarna het Lucy die kleintjie drie keer weggedra en op die onmoontlikste plekke buite die huis gaan bêre. Die derde wegsteekplek was so ontoeganklik dat die SAPD se hulp ingeroep is om vier swaar houtpale te lig en in die digte gras die kleintjie uit te haal. Teen dié tyd het sy al 360gram geweeg en word sy en haar ma nou deeglik gemonitor. Sodra die kleintjie hervestig is, sal Lucy gesteriliseer word om te verhoed dat nog ‘n tienerswangerskap plaasvind! Belangstellendes kan PAW kontak by 071 828 7952.

18

Pienk Piketberg Baie, baie dankie PIKETBERG! Vir ieder en elk se bydrae – al het jy net gestap of ‘n bydrae gegee, DANKIE! Daar was wonderlike ondersteuning en samewerking van al die huiseienaars, besighede, Hoërskool Piketberg en Bergrivier Munisipaliteit in Piketberg. Tot dusver is 1 115m pienk materiaal verkoop, al die pienk bome, pilare en blompotte in die dorp lyk pragtig. Ten tye van die beriggewing is daar net twee rolle oor (100m). U kan gerus deur PPC De Hoek se gronde ry en ook al hul pienk bome gaan kyk. Baie dankie aan julle almal. Die bestuur is baie opgewonde oor die mooi bedrag wat al ingesamel is. Tagtig persent van die fondse sal plaaslik aangewend word vir kankerpasiënte en geliefdes, in samewerking met KANSA, en 20% gaan terug na “Pink Trees for Pauline” (nie-winsgewende organisasie). Teen einde November sal al die finale syfers bereken word en die bedrae oorbetaal word.

Aurora Dames hou “High Tea”

Die NG Kerk Aurora se Vrouediens het onlangs ‘n damesoggend gehou ten bate van Huis van Heerde.

Die Vrouediens wil graag die volgende borge bedank: Klein Botterfontein Byeboerdery; Rooi Rose; Bierman & Grobbelaar; Goudkop Tee; Aloe Ferox Ilse Marais; Cederberg Aqua; Winkelshoek; Fox & Brink; Shop A Shu; Cerebos; Panarotti’s; Spur; Food Lovers Market; Cape Sports Centre; Creative Divas; Dr Louis Muller; De Jagers; Wimpy; Annabella Health and Skincare; Zig Zag Hair Studio; Boland Superspar; Justine - Cornelia van Dyk; Skin Treats Langebaan en elke vrou in die ge-meente.

Berig en foto’s verskaf

19

20

Kekkel & Kraai

Langstraat 79, Piketberg

022 913 2297

Satellite

Solutions DSTV

Herstelwerk en Installasies

Skuif van Rekenaarkabels en

Telefoonlyne

Skakel KOBUS

072 371 9139 (Advanced

Satellite Training)

VLV leer oor vleis en aartappels

Van links verskyn Daniël en Marlize Rossouw (organiseerders en bestuurslede van PLV en VLV), Nicoline Brown (VLV-voorsitter), Albert de Jager

(blokman Liebco), Christa Myburgh (Verhoudingsbestuurder ABSA Besigheidsbank en VLV bestuurslid), Petri Maass (Landbou-ekonoom

ABSA), Andries Liebenberg (eienaar Liebco), Hennie Visser (PLV-voorsitter) en Marius Whatney

(Verhoudingsbestuurder ABSA Besigheidsbank).

VLV-lede het, tydens ‘n uitstappie, die plaaslike Sandveld Aartappellaboratorium besoek en gehoor en gesien wat hier gedoen word om, saam met die

aartappelboer, alle moontlike aksies toe te pas om te sorg dat hul produk veilig en gesond is. By VLV- bestuurslede, Alida Walters, Nicoline Brown en

Frannie Botha, verskyn Soreen Gouws, bestuurder van die laboratorium (tweede van links) en Renier

Viviers, Aartappelsertifiseringstegnikus.

Foto’s: Riana Richter

Die Landbouvereniging en VLV gesellig saam Samewerking tussen die plaaslike Landbouvereniging en VLV, ABSA Agribesigheid en Liebco Vleishandelaars, het ‘n gesellige sosiale aand tot gevolg gehad. Andries Liebenberg, by die Piketbergers beter bekend as Wolf, het met oorgawe gesels oor sy wedervaringe as seun en jong man in die jare van die destydse Liebenberg Slagtery, vandag LIEBCO. Albert de Jager, professionele blokman by LIEBCO, baie behendig met ‘n skerp vleismes, het die agterkwart van ‘n bees opgesny en o.a. ‘n varknek, skaaprib en –blad ontbeen. Hy is ‘n man wat hou van ‘n uitdaging. Sy ge-hoor was uit die veld geslaan toe hy die skaapboud in minder as twee minute ontbeen! Die betrokke verenigings het baie groot waardering teen-

oor ABSA Agribesigheid en LIEBCO vir borgskap en

ondersteuning.

Rooiboshoender met Slaai 4 - 6 hoenderporsies Sout 5ml fyn komyn GLASEERSEL 4 Rooibosteesakkies, sterk getrek in 100ml kookwater 60ml heuning SLAAI 125ml mayonnaise 350g wortel-en-kool mengsel 2 Granny Smith appels in stokkies gesny 2 stele seldery, in ringe gesny Voorverhit die oond tot 200°C. Geur die hoender met die sout en komyn. Pak in ‘n oondbak. Glaseersel: Verwyder die teesakkies uit die water, druk al die vloeistof goed uit. Los die heuning daarin op, hou 30ml van die mengsel eenkant vir die slaaisous en giet die res oor die hoender. Bedek die oondbak met foelie en bak 45min tot die hoender sag is. Haal die foelie af en bak nog 15min of tot goudbruin. Slaai: Klits die mayonnaise en die orige glaseer-sel saam. Meng die res van die bestanddele deur en sit saam met die hoender voor.

21

♥ GESKENKE ♥ DEKOR ♥ MEUBELS ♥ STOFFERING ♥ Christo en Linda van Schalkwyk 022 913 3326 Langstraat 59, Piketberg (Reg oorkant Agrimark)

Alida droom oor netwerk Dit was 'n droom wat ek in my hart gekoester het vir die

±14 jaar sedert ek my besigheid begin het. Die gesukkel

met registrasie van die besigheid, doen van boeke ens,

het my al baie trane laat stort. Ek wou al moed opgee, net

omdat ek nie geweet het hoe om eenvoudige goed soos

bemarking te doen nie. Maar soos ek vorentoe gebeur

het en inligting bekom het, mense ontmoet het wat my

hand gevat en gehelp het, het ek elke keer 'n tree voren-

toe gegee. Ek glo daar is nog sulke vroue daar buite wat

ook vandag so voel en dit is waarom ek begin het met

hierdie vroue-netwerk. Ons eerste byeenkoms was

suksesvol, ongeag die min wat daar was, maar ek het

soveel ryker daar uitgestap. Was dit nou insiggewend! En

die mooi produkte wat uitgestal was, het weer eens

bewys dat ons kreatiewe vroue in ons dorp het. Chantel

en Dolla van "Clari-designer/artist" was daar, Esther

Samuels van Jireh Bruidswinkel, Fay Swarts, wat haar

eie gastehuis binnekort begin, en ek, Alida Lintnaar van

A'lida's bruids-en-manswinkel/naaldwerksentrum met

twee assistente, Dawn Frederick en Martha Stuurman.

Nog persone wat uitgestal het, was Juliana Engelbrecht

se arts/crafts en Antie Toetsie se hekel– en breiwerk. Ons

almal is dit eens dat daar baie vinnig nog so 'n geleent-

heid geskep moet word om meer vroue betrokke te kry.

Dit is 'n wonderlike platform om idees uit te ruil, te

netwerk, inligting te deel en ons produkte ten toon te stel.

Enigeen kan my kontak as u graag wil deel uitmaak van

die wonderlike geleentheid.

22

Nuwe perseel vir Mother Pearl

Mother Pearl Bewaarskool het, danksy Breadline, op 27 September hulle nuwe perseel in Calendulastraat in ge-bruik geneem. Vir etlike maande het die skool onder die pawiljoen by die Watsonia sportgronde gefunksioneer.

Raadslid Ray van Rooy, Ivan Titus, sy vrou Edna Titus van Breadline en Burgemeester Evert Manuel.

Ivan het die vraghouers omskep in klaskamers.

Die VGK jeugbrigade, bo, begelei die groep na die

nuwe perseel en regs is die Mother Pearl kleuters.

Marion Wagner, Groep

Bemarkings-bestuurder van

Breadline.

Foto’s: Marietha Goosen Navrae:

Ray van Rooy

Keuses is nooit maklik nie, veral nie vir mammas wat al die balle probeer “juggle” nie. Ons firma is en was van die begin af 100% vrouebemag-tigend en Camila en Christelle, het reeds jare gelede (toe die eerstelinge gebore is), geworstel met die dilemma van “voltyds ma, of voltyds prokureur”. Wel, die kinders het hul tol begin eis, en na 15 jaar in die praktyk (waarvan vyf jaar in Piketberg, en twee jaar in Velddrif) het ons besluit om te doen wat op hierdie tyd van ons lewens vir ons belangriker is – voltyds ma-wees. Ja, die kinders het gewen en ons is baie opgewonde oor al die nuwe uitdagings. Vir ‘n bietjie gesonde verstand (en ontvlugting?) sal ons voortgaan om darem nog so dan en wan ietsie te doen op kontrak of konsultant basis. Christelle is ook besig om haar na-graadse studies te voltooi in die publiekreg, en dan is sy ook op die laaste bene van die sogenaamde “MMCL–training”, (‘n Muni-sipale kwalifikasie), Camila, ‘n eiendomspesialis, gaan haarself tussendeur besig hou met opleiding aan eien-doms agente wanneer sy ‘n breek nodig het. Ons wil net baie, baie dankie sê vir al ons kliënte en almal wat ‘n positiewe bydrae gelewer het tot die sukses van ons praktyk. Ons het Piketberg baie ontvanklik ondervind, en sal dit altyd onthou. ‘n Baie groot dankie aan ons regterhande en die dames wat deur dik en dun altyd daar was vir ons, Sollie (Sulene), Yolanda, Meraaitjie, Avanti en die Kaapstad-span. Julle sal altyd deel wees van ADV-hart. Ons wil ook dankie sê aan God vir al die seëninge wat Hy deurlopend oor ons pad ge-bring het. Hy het voorwaar ‘n plan vir elkeen.

ADV Prokureurs sê totsiens, vir eers

23

Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164

Kook saam met Quentin

Peanut Butter Chicken Curry

1/2 uie fyn gekap; gemmer gerasper; 3 knoffelhuisies fyngekap

250ml grondboontjiebotter 410g klappermelk/room 30ml bruinsuiker 500ml hoender aftreksel koljander vir geur hoenderborsies of hoenderstukkies olie 15ml kerrie; 15ml garam masala; 5 ml leaf masala; 5ml sout Metode Verhit die pan met olie. Roerbraai die hoender tot amper gaar. Voeg die uie, knoffel en gemmer by. Meng goed saam en voeg die speserye by. Meng die grondboontjiebotter, klappermelk/room, suiker en hoenderaftreksel by die hoen-dermengsel en laat dit kook tot gaar en sous romerig is. Voeg die opgekapte koljander/dhania by vir geur. Bedien met rys en sambals.

Maklike Aartappelslaai 4 medium groot aartappels in blokkies gesny 250ml gerasperde kaas 2 x sprietuie of gewone uie sout en peper Gherkins, opgekap Metode Kook die aartappels in soutwater tot sag, maar nie pap. Dreineer die aartappels en maak dit rofweg fyn met ‘n vurk. Voeg die uie, gherkins en kaas by en geur met sout en peper en pietersielie. *Voeg mayonnaise by vir ‘n slaai of plaas die dis in die oond tot kaas smelt en bedien saam met enige maaltyd.

TOER SAAM NA ISRAEL

EN JORDANIË met ds Hans en Susan Linde van Wellington

(vroeër van Bybel-Media)

en Hanlie Linde van Piketberg

12-25 Maart 2015

Sluit aan by ’n leersame en besielende toer gereël deur die bekende Seagull-Toere en gelei deur ervare toerleiers – en beleef ’n geestelike ervar-ing soos min! Die toer sluit al die gewilde besoek-plekke in Israel in en boonop ook die hawestad Eilat en die beroemde roosrooi-stad Petra in Jordanië. Ingesluit: Vlugte vanaf Kaapstad of Johannesburg en terug, hotelverblyf met twee etes per dag, gekwalifi- seerde gidse en luukse bus, toegangsgeld, fooitjies, lughawebelasting. Uitgesluit: Reisversekering, persoonlike items soos drankies, wasgoed, oproepe en sakgeld. Koste: Landree lings (verblyf, etes en ander): US$2,695 per persoon wat deel Enkelbybetaling (vir enkelverblyf): US$900 Vlugte: R3,250 per persoon (Vlugprys reeds gefinali- seer vir 2015) Fooitjies vir gidse, bestuurders, portiere beloop ongeveer US$100. Die lughawebelasting is ongeveer R6,100 per per-

soon. Randwaarde: Teen US$1 = R10.90: R39,800 (alles ingesluit, behalwe versekering, persoonlike uitgawes en sakgeld) per persoon wat deel. GOEIE NUUS: Bespreek voor 31 Oktober 2014

en kry R1,000 korting op die toerprys!

AS JY DIT OORWEEG, BEL O83 282 6938 OF STUUR DADELIK ’N E-POS AAN

[email protected]

EN ONS STUUR VOLLE BESONDERHEDE AAN JOU.

Beplan nou vir een van die diepste geestelike ervarings van jou lewe! Ons sien daarna uit om

saam met jou te toer.

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas Skakel Wessel de Beer

0232 320422 of 082 704 3276

24

deur Jannie Lategan

Blom- en Tuinbouklub Nuus

Om die daaglikse koerant oop te maak of na die nuus te luister en te kyk, word jy

oorval met negatiewe beriggewing. Ofskoon dit die reg van elke landsburger is om ingelig te wees, moet daar maar telkens die kaf van die koring geskei word. Jy be-trap jouself dat jy betrokke raak by 'n hofsaak wat nou in die oopte uigesaai word en jy word meegesleur om 'n besluit te neem, van skuldig of onskuldig. Gaandeweg word jy as’t ware die regter oor reg en verkeerd en kan jy selfs kwaad word as jou keuse betwyfel word. Die koerant praat van die voortbestaan van 'n groot myngroep wat bedreig word. Onmiddellik word jy die kan-didaat wat antwoorde op al die knelvrae het. Dan lees jy weer van die uitvoerende hoof van 'n groot sement-vervaardiger wat skielik bedank het en volgens berigte nou weer sy pos wil terughê. Jy word subjektiewe beoor-delaar en ook skielik 'n “kenner” wat al die antwoorde in pag het. Al vaar jou keuse van 'n rugbyspan of 'n tennisspeler swak, vind jy dit moeilik en frustrerend om by jou keuse te hou en is daar voortdurend die verdagmakery dat die skeidsregter nie billik en sy besluitneming verkeerd was. Snaaks dat al die nuusberiggewing in die media, so sleg op 'n mens kan inpakteer dat dit sommer jou hele uitkyk op die lewe kan verander. Onverhoeds word jy die prooi wat val vir die doel van die joernalis van die koerant of die nuusberiggewer. Negatiewe nuus verkoop koerante en laat nuuslesers hulle stemtoon verhef. Die koerant het sy doel bereik as jy sy storie koop. Hoe nuus hanteer en verwerk word, beïnvloed jou gesondheid en het sy slegte rimpeleffek as daar gesprek-voering in 'n vriendekring plaasvind en jy deel word van 'n gesprek van aftakeling. Moet jy nou as ingeligte mens deur die lewe gaan, of moet jy die pers en al die vorme van media vermy? ...of, moet jy straks 'n goeie luisteraar en leser wees, wat ob-jektief en nugter nadink oor 'n beriggewing. Hou dan helaas jou oordeel vir jouself. Wees straks bloot net 'n leser, hou negatiewe kommen-taar uit die kollig en soek na die positiewe tussen al die negatiewe.

Om ingelig te wees

Cobis Wilson en Jackie Ferguson lede van die Piket-

berg Blom en Tuinbouklub saam met Jan Tolken by

die Oktober vergadering. Hy het gepraat oor die

voeding van plante en bestryding en beheer van

peste in die tuin. Foto: Dave Ferguson

Elzain Baadjies word 21 op 17 November. Sy het

Graad 12 voltooi by Steynville Sekondêre

Skool. In 2013 het sy ‘n eenjaar kursus voltooi

by Hugenote Kollege as hulp Maatskaplike

Werker. Sy beoog om volgende jaar verder te

gaan studeer. Berig en foto verskaf

Elzain mondig

Badisa het hul Algemene Jaarvergadering gehou en die drie meisies het hulle Eisteddfod gediggies

voorgedra. Lana Booys, Mardie Mulder en Sienna Nel.

Nuus uit Badisa se kantoor

Twee van Badisa se beheerraadslede het met die on-langse Algemene Jaarvergadering in Durban-

ville toekennings gekry as “Vrywilligers van ‘n Leeftyd”. Mev Valentyn (links) al 14 jaar lid en mev Jansen (regs) 8 jaar. Hulle vorm saam ‘n gedugte

span wat ons kantoorpersoneel ook baie goed ondersteun. Ons wil graag vir die twee staatmakers

baie geluk sê met die prestasie. Foto’s: Hannie Visser

25

baai

26

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Op die rakke van die Biblioteek

Bespreking deur dr. Margaret Mollett

ACVV Rus ‘n Bietjieklub

Die ACVV Rus ‘n Bietjieklub het Saterdag 11 Oktober ‘n genoeglike uitstappie na De Tuin gehad. Daar is

ons onthaal deur Miemie Louw, haar twee dogters en suster, Petro. Hier is Christa Burger en Wilma Louw

voor die Louwse huis wat reeds in 1898 gebou is. Miemie se tuin is werklik iets besonders met ‘n

verrassing om elke draai.

Lenie Olivier, Colla Swart en Bettie Nyhoff geniet die teepartytjie op die plaas. Foto’s: Suzette Fouché

Genesing met vitamiene – die beste voedingstowwe om siekte te stuit, te fnuik en om te keer. Bo-kant die titel van hierdie lywige boek staan daar Direk uit die Natuur, Gestaaf deur die Wetenskap, en onder dit, Aanvullingsvoorskrifte vir 90 algemene toestande. Die

boek is geskryf en uitgegee deur die redakteurs van Rodale Gesondheidsboeke (2008) in die VSA, en met groot welslae deur Nina Mössmer uit Engels na Afrikaans vertaal. “Streng wetenskaplike navorsing wat op die uitsonderlike gesondheidsvoordele van vitamiene en minerale dui, is aan die toeneem en ons is almal terug waar ons ’n paar dekades gelede begin het; gretig om voordeel te trek uit al hierdie genesingspotensiaal – maar hopeloos verward. Terwyl die rede om vitamiene en minerale in te neem nou op wetenskaplike gronde berus, lyk die aankoop van voedingstowwe na ’n onbegonne taak”, aldus die inleiding. Tydens die skryf van die boek is die volgende vrae aan toonaangewende dokters en navorsers gestel: Eerstens, “Watter vitamiene en minerale kan jy neem om spesifieke siektes te voorkom, te genees of te verlig? Hoeveel voed-ingstowwe kan ’n mens inneem? Is hulle veilig? Watter resultate kan jy verwag?” Hulle ontdekkings was dat men-se soms nie terapeutiese hoeveelhede vitamiene en min-erale uit kos kry nie, en dat groot dosisse van sommige voedingstowwe so ’n kragtige uitwerking op die liggaam het dat hulle as medikasie optree. Tweedens, “Behandel vitamien en mineraalaanvullings met dieselfde sorg en omsigtigheid as voorskrifmedikasie en toonbankmiddels.” Deel I van die boek handel oor dertien “Vitamiene en Min-erale vir Gesondheid,” van Betakaroteen tot Yster; Deel II, Terapeutiese Voorskrifte vir Genesing handel weer oor die “90 algemene toestande” wat in alfabetiese orde begin met Aangebore Gebreke en eindig met Wilson-siekte, ’n toestand waarin verskeie liggaamsweefsels sta-digaan deur koper vergiftig word. Elke hoofstuk van Deel II sluit ’n kassie in wat Voed-selfaktore, met Mediese Waarskuwings, en Voorskrifte vir Genesing kompak uitlê. Dit vergemakilk die lees van die boek, maar ons as lesers moet die Kennisgewing voor in die boek in ag neem: “Hierdie boek is net bedoel as ’n naslaanboek, nie as ’n mediese handboek nie. Die in-ligting hierin is ontwerp om jou te help om ingeligte besluite oor jou gesondheid te maak. Dit is nie bedoel as ’n plaasvervanger vir enige behandeling wat moontlik deur jou dokter voorgeskryf is nie. Indien jy vermoed dat jy ’n mediese probleem het, raai ons jou aan om bevoegde hulp te raadpleeg.”

Somerson Kersfeeskonsert 'n Groot droom van Bergrivier gemeenskapskoor

het bewaarheid geword! Lize Beekman gaan saam met die koor optree en 'n konsert aanbied

op Saterdag, 8 November 2014 om 7nm te NG Kerk Piketberg. Die kostes is R100 vir

volwassenes en R50 vir kinders. Adverteer asb wyd en syd en voer vriende in vir hierdie spesiale

somersonkersfees konsert vir die hele gesin. Die fondse is ten bate van behoeftige koorlede vir

die lang verwagte toer in Desember. Kaartjies en navrae: Ilse Bruwer by 082 461 8103

27

HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for house-sitting / pet-sitting as well as

farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326

or [email protected]

Services Offered

Halfdag huishulp benodig. Maandae tot Vrydae. Geen rook en drink.

Kontak asseblief 082 780 8698.

Betrekking Aangebied

Huis te Huur Stap-afstand van Piketberg Hoërskool (oorkant NG Kerk) 3 Slaapkamers, 1 badkamer,

kombuis, sitkamer, agtertuin, onderdak parkering, pragtige uitsig.

Kan gedeel word tussen dag- mammas wat op die dorp wil wees weens skoolgaande kinders, as kantore (besig- heidsregte), of vir klein gesin.

R3 900/maand (water ingesluit) Ook: 1-slaapkamer woonstel

teen R2 900/maand beskikbaar (water en dienste ingesluit)

Skakel Clare 083 225 0059

Te Koop

Biltong R160,00 per kg Mince R55.00 per kg

Kontak Nellis Louw 083 441 4032

Tuisgemaakte konfyte soos groenvye, maketaanstukke, appelkoos en vele meer,

ook ingelegde slaaie en blatjang. Kontak 022 942 1744

Te Huur

Winkelperseel te Huur te Voortrekkerstraat. Skakel Anderson, Nel & Kie

022 913 1132 of 083 225 3810

MC Hanekom Ouditeursfirma op Piketberg

Benodig die dienste van ‘n Assistent Rekenmeester en admin beampte om

behulpsaam te wees by die invoere van data op Pastel en die indien van BTW

opgawes.

Salaris sal afhang van ondervinding.

Alle aansoeke moet vergesel word van hoogste kwalifikasie geslaag en die bewyse daarvan.

Aansoeke sluit 15 November 2014

Epos aansoeke na: [email protected]

MC Hanekom Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

084 580 2336

‘n Kliënt van Praktika verlang die dienste van ‘n

VRAGMOTORBESTUURDER TE PIKETBERG ‘n Faktuur bestaan tans vir ‘n ervare en

selfgemotiveerde persoon. Vereistes:

Graad 10

Moet in besit wees van ‘n geldige Kode C of EC met PDP rybewys

5 jaar toepaslike ervaring

Goeie kommunikasie met kliënte en personeel

Moet self-gemotiveerd en selfstandig kan funksioneer

Moet bereid wees om lang ure te werk Verantwoordelikhede:

Aflewerings vir kliënte in die Wes-Kaap

Kolleksie van voorraad in die Wes-Kaap

Toesien na die netheid, onderhoud en padwaardigheid van voertuig.

Moet foute op voertuig kan identifiseer en rapporteer

Verantwoordelik vir die korrekte hantering van vragmo-tor.

Syfervaardig wees

Moet doeltreffend in ‘n span kan werk Die vergoedingspakket is markgerig.

Rig aansoeke aan Praktika, Posbus 365, Piketberg, 7320

Faks: 0862327135 of Epos: [email protected] Sluitingsdatum vir aansoeke en CV’s 7 November 2014

Indien u nie twee weke na die sluitingsdatum van ons

verneem nie, was u aansoek ongelukkig onsuksesvol.

28

Matriek Afskeid

Munnik Rossouw en sy metgesel, Chante Steyn het Boland Landbou se matriekafskeid bygewoon op

26 September. Foto: Marlize Rossouw

Fazilla Swarts reg vir Steynville Sekondêr se matriekafskeid.

Foto: Nadia Hougaard

Steynville Primêr se Debutante

Steynville Primêr op Piketberg het onlangs hul Debu-tantebal gehou. Die leerders wat die meeste geld

ingesamel het is Junaid Marcus (3de plek), Ashlynn Petersen (1ste plek) en Adley Filandt (2de plek). Die kroning is behartig deur Florence Nthane,

oudleerkrag van die skool. Foto: Elzanne Boshoff

PIKETBERG

Stuur u berigte/artikels/foto’s per epos aan

[email protected]

Ons verskaf nuwe fietse, fiets onderdele en bybehore

Herstel en Instandhouding van fietse Verskaffer van Birzman, Parktool, Maxxis, WTB,

Michelin, Kenda, Hope, American Classic, Novatech, Shimano, Shram, Cateye, Sigma, Blackburn, Fox racing shox, Rox shox, SR Suntour, Speedmaster, Squirt, Gu-Energie

produkte, Ryder, Crankbrothers en vele meer.

Heelwat fietse in voorraad vir Kersfees. Kom loer in vir vele meer.

Regoor Kaap Agri Drankwinkel in die Carel van Niekerk Besigheidspark.

Besigheidsure: Maandae tot Vrydae 08h00 tot 17h00

Saterdae 09h00 tot 12h00 Vir enige navrae kontak

Gustav Bonthuys by 084 487 4840 of [email protected]

29

Op 1 Oktober het Bergrivier Munisipaliteit se krieketspan kragte gemeet teen Saldanhabaai Munisipaliteit se span. Die gedugte span van Bergrivier Munisipaliteit het bestaan uit Ronnie Ockhuis, Leaton Fredericks, Keith Otto, Granville Dirks, Dyrran Baumeester, Ernie Dietrich, Teddy Engelbrecht, Vernon Ockhuis, Julie Baadtjies, Al-fondso Swarts, Ray Van Rooy en Shane Otto. Saldanha het die tos gewen en teen hul spyt besluit om die manne van Bergrivier eerste te laat kolf. Leaton en Ronnie het geopen en het van die staanspoor af ver-woesting gesaai met ‘n vennootskap van 57 lopies na slegs vyf boulbeurte. Leaton is gevra om te verklaar na hy 52 lopies van 27 balle aangeteken het. Ronnie het self ‘n goeie beurt van 36 van 19 balle gehad. Ernie was ook op sy beurt gevra om te verklaar nadat hy 57 lopies van 32 balle aangeteken het. Na 20 boulbeurte was die telling 207 vir Bergrivier Munisipaliteit en het Saldanha die moeilike taak gehad om 208 lopies binne 20 boulbeurte te probeer slaan. Saldanha se hele span is in die 17de boulbeurt deur die puik boulwerk van Bergrivier uitgehaal vir slegs 135. Al-fondso en Keith het elkeen twee paaltjies geneem terwyl Granville drie paaltjies geneem het. Raadslid Ray Van Rooy het die laaste paaltjie van die dag geneem en ‘n oorwinning vir Bergrivier beklink.

Berig en foto: Hanlie Linde

Bergmun boul vir Saldanha

Piketberg se netbalspan het die C1-liga gewen en skuif volgende jaar op na die B1-liga. Bo van links is

Marijke West, Elserine Schutte, afrigter, Charné Young, Angelique Isaacs met trofee vir beste senter, Nadine Isaacs, Sammy-Jo Isaacs met trofee vir beste

doel en Petro Isaacs, afrigter. Foto: Renier North

Piketberg Netbal Presteer

Die fietsspan van PHS wat Hoërskool Porterville uitgedaag het by die Piket-Bo-Berg Cycle Challenge met die trofee wat Eswé Visagie van Nexus geborg het is Chris Lausberg, Harry Roux, Herbst van der

Merwe, Ricardo de Villiers en Christof Smith. Foto: Sanet Ackermann

PHS se Fietsspan

Eerste XV Presteer

Hoërskool Piketberg se eerste rugbyspan met al die trofees wat hulle in 2014 gewen het.

Christie van der Merwe en Erich Kankowski met hulle Craven Week Caps.

Foto’s: Sanet Ackermann

30

20 Jaar Gelede — November/Desember 1994

KiX Vertel met Appels

Hierdie vier Kix-kinders (Kinders in Xtus) het elkeen 'n Zoeloebybel geskenk met die wins op hulle appel-verkope vroeër vanjaar. R60 maak dit moontlik om 'n Kinderbybel met die naam "Vertel Vertel" te borg vir 'n kleuter in Msinga en Makathini. Die vier jeugdiges,

Anika Smit en Jomé Schreuder, en hulle boeties, Juan Smit en Johan Schreuder, het 'n familievriend, James de Villiers (regs agter), Algemene Bestuurder van Univeg Piketko, genader vir appels wat hulle vir sakgeld wou verkoop. Toe James sien dat die vier erns maak met die saak en ten spyte van wind en

weer, die koue en nat toestande in Piketberg trotseer, het hy die appels geskenk. Kort voor lank het hulle goeie winste getoon en het Anika, Jomé, Juan en

Johan besluit om 'n gedeelte van die wins af te staan om elkeen 'n Zoeloebybel te borg. Al vier is geraak

deur Kix se projek, "Vertel Vertel". Juan hou die voor-blad van so 'n Bybel vas en Anika en Johan wys

dat twaalf R5-kolle R60 maak wat genoeg is vir 'n Bybel. James van Univeg is trots om op so 'n manier

deel te wees van Kix. Foto: Marietha Goosen

Kix 2014-Projek “Vertel Vertel!”

“’n Bybeltjie vir ‘n Zoeloe-kindjie” - dis die waarde wat R60 in ‘n koevertjie kan toevoeg tot

iemand se lewe in Msinga en Makathini. Kix het reeds 184 Bybels

Op die jaarlikse prysuitdeling van PHS is die vol-gende leerders gekies vir die leerlingraad vir 1995: Adriaan van Ellewee, Sonja Smit, Gert Visser, Emsie Visser, Retha Radyn, Franciskus Walters (hoofseun), Riana Huysamen (hoofmeisie) en Nettie Liebenberg. Ettienne Roux (hoofseun van 1994) is op die prys-uitdeling van PHS as Dux-leerling vir 1994 aangewys. Frank Scheun het by die prysuitdeling die Riaan Smit trofee ontvang vir sy prestasie as sportpres-teerder van die jaar. Groentemarkplein kom na Piketberg - Piketbergers hoef nou nie meer na Kaapstad te ry om winskopies by die stalletjies op die Groentemarkplein te koop nie. Met die Liedjiefees en Prettrap op 5 November gaan hier soveel stalletjies wees dat u na hartelus kan koop. Kaartjies vir die vertoning deur Manuel Escorcio, Janita Claassen, Karin Hougaard en André Schwartz kan by Piketberg Apteek gekoop word. Die o/9 spelers van die skole in Piketberg distrik het op 27 September ‘n voorwedstryd vir die Argen-tynse toerspan op Wellington gespeel. Daar is probeer om alle skole te betrek met die samestelling van die span met die oog op groter samewerking in die toekoms. Met twee oefeninge, onder die be-kwame leiding van mnr A van Ellewee agter die rug was hierdie spannetjie weer ‘n advertensie vir Piket-berg se rugbykrag.

Hoofstraat 21, Piketberg

Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Het GEMS kontrak gekry vir chroniese medisyne

met lae of geen bybetaling!

31

Graad R’s gaan Maan Toe

PHS se Graad R’s is op die laaste skooldag van die derde kwartaal “Maan Toe in Pajamas”! Foto: Marietha Goosen

Alison se Swemskool

1 Kursus: 8 Desember tot 19 Desember 2014

8 lesse @ R280 waargeneem deur Charné Augustyn

Kontak A Müller 073 229 2855 / Na-ure 022 913 1746

32

33

Ondersteun Bergrivierkoor

Koorlede van die Bergrivierkoor tree as kelners op by die Mountain Creek Spur op Dinsdag 4 November om geld in te

samel vir hul toer.

Op ‘n heerlike sonnige Saterdag 13 September het Auro-ra oudergewoonte hul jaarlikse skou en Gymkhana-byeenkoms gehou. Geen muggies of blinde-vlieë kon die geesdrif demp nie. Vanjaar het dit opgeval dat vele jong ruiters meeding met lanse en swaarde in die formele ruitersport kompetisie. Die beoordeelaar, Mnr. André le Roux van Rawsonville, het seker gemaak dat al die ruit-ers by die streng reëls en gedragskodes hou sodat vol-doen kan word aan Internasionale standaarde vir Gym-khana. Bo en behalwe die ruitersport was daar ook pret-tige vermaak en verskeie sangers in die groot tent. Met al die pragtige veldblomme in die omgewing en die skoonste blou lug, was dit beslis 'n heerlike dag om op die platteland deur te bring.

Skoutyd op Aurora

Hugo Jordaan (5) wys ook sy slag met die lans in die junior kompetisie.

Tot groot vermaak van Wilhelm Smit, haal die bekende Kaapstadse kulkunstenaar, Chris Welsch,

'n duif uit sy sak vol truuks. Berig en foto’s: Petrusa de Koker

Borgskap van Baadjies

Zhao Chen, Bestuurder van Piketberg Liquorland, wat in Langstraat geleë is, het met graagte eenvormi-ge baadjies aan die nege bestuurslede van die Piket-berg Rugbyklub geskenk. Hier oorhandig Zhao Chen

‘n baadjie aan Johannes Claasen, onder-voorsitter van die Piketberg RVK.

Piketberg RVK spreek dan ook hiermee hulle dank en waardering uit teenoor Piketberg Liquorland vir

hierdie besondere borgskap. Foto: Piet Jordaan

PHS hou Gholfdag

Toni Smuts, Skakelbeampte Boland Superspar en Skoolhoof Marius Scholtz voor in die middel, saam met die wenners van die dag Eddie Mostert, Neels

Nelson, Herold Truter en Koot Nel.

Toni Smuts, Skakelbeampte Boland Superspar en Skoolhoof Marius Scholtz saam met Petri Smith en Dawie Jacobs met klein Wilhelm net-net sigbaar.

Foto’s: Sanet Ackermann

34

Rolbal Besigheidsdag Piketberg Rolbalklub het ‘n besigheidsdag aangebied

op 15 Oktober.

Stella van Niekerk, Deon van Dyk, Martin Goosen en Suzette Fouché is die Van Dykspan.

Total se eerste span en die wenspan van die dag is Randall Janse, Jeremy Williams, Niek van Niekerk en

Marianna Kirsten.

Total Winkelshoek se span 2 is Gerda Basson, Susan Brand, Sonia Richter en Elsabé Truter.

Die span van RSA Agri Makelaars is Jaco Breunissen, David Landon, Nelis Louw en Jaco Barnard.

Zwaanswyk Farms se span is Jan Fouché, Jean Paterson, Elizabeth Coetzee en Gert Coetzee.

Ou Mutual se span is Mariska Conradie, Philip Matthee, Annelize Coetzee en Schalk Coetzee.

Foto’s: Marietha Goosen

November Kalender Tuinbou Afsluiting - 5 November

Vrouediens Afsluiting - 6 November Somerson Kersfees - Lize Beekman - 8 November

Piketberger Berigte In - 11 November VLV Afsluiting - 13 November

Trippe Trappe Afsluiting - 19 November Leeskring - 19 November

Die Piketberger verskyn - 20 November Bloedskenk - 21 November

Gimnastiek Afsluitingskonsert - 28 November Kerssangdiens - 30 November

Die volgende Piketberger verskyn

op 20 November Berigte en advertensies moet ons

bereik teen 11 November Stuur na [email protected]

35

Stawelklip Primêr het op

2 Oktober hul jaarlikse pretloop gehou om fondse in te samel vir die skool en Boland Superspar

het graag gehelp met die bestanddele vir die kosverkope. Prinsipaal D. Petersen en Toni Smuts Skakelbeampte staan

saam in die foto.

Bergrivierkoor Lootjie R1 000 Lam Wenner

Rhema Community Church

Stawelklip Primêr Pretloop

Natures Garden Wenner

AGS Piketberg

Debutante dinee is gehou en by die geleentheid is Mnr/Mej AGS Piketberg

gekroon. Charmaine Mouton (Sekuriteit)

oorhandig die koopbewys aan Mercia.

AGS Piketberg hou Debutante

Chantell Stevens is die gelukkige wenner van die R1 000 lampak.

Die lootjie trekking is gehou om fondse in te samel vir die Bergrivier

Koor se toer na Amerika in

Desember 2014. Sally Dietrich ons slaghuis spanleier, oorhandig die

lampak aan Mev Stevens.

Rhema Youth Academy is ‘n jeug groep wat ‘n groot impak maak in

die gemeenskap van Piketberg. Die jeuggroep het talenteaand gehou, die geleentheid word ook gebruik om jongmense in te lig oor gevare

van dwelms, alkohol en die

gevolge daarvan. Hier oorhandig Toni Smuts (Skakelbeampte) ’n

koopbewys aan Crazentia Strauss (Jeug Pastoor).

Foto links: Yolandi van der Merwe is die geluk-

kige wenner van die Whirlpool Jet Chef oond.

Sy het twee pakke ‘Natures Garden’

produkte gekoop. Hier oorhandig Toni Smuts

(Skakelbeampte) die prys aan haar.

36

Die kersboompie met die spesiale kersgeskenk versoeke is weer beskikbaar by Boland Superspar. Hierdie boompie is

propvol name van minderbevoorregte kinders wat hul nederige Kersfeeswense neergeskryf het. Ons doen weereens ‘n beroep op die gemeenskap om hierdie projek te ondersteun sodat ons net kan bou op die sukses van verlede jaar.

Voeg asseblief een of meer van die naampies by u kersgeskenkinkopielysie en maak hierdie Kersfees vir ‘n minderbevoorregte kind spesiaal. Alle geskenke moet asseblief voor 19 Desember by Boland Superspar ingehandig

word.

WAENTJIE VOL WENSE

PHS GHOLFDAG 2014

Join our Loyalty Club

TODAY!

Buy 9 Cups of your favourite coffee and

get the 10th one FREE!

PHS Gholfdag is weer vanjaar gehou by De Hoek Gholf-klub, en was weer groot pret! Die hoeveelheid borge en spanne dui die gemeenskap se betrokkenheid aan om

die fondsinsamelingsprojek te ondersteun. Boland Superspar was weer die hoofborg en het die spelers

bederf met nuwe produkte en drankies. Foto’s hieronder van ‘n damesspan en Toni Smuts (Skakelbeampte) en

Marius Scholtz wat die pryse aan die wenners oorhandig het.