40
Jaargang 23 Nr. 4 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Mei 2016 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Virnen Ludick, tans Afrikaanse Taal on- derwyser vir Gr 8 en 9 by Hoërskool Piket- berg het gedurende April sy B.Ed (AOO) Intermediêre– en Seniorfase Graad Cum Laude ontvang, te CPUT, Wellington. Om PHS nog trotser te laat voel het hy die Dekaans– en Kanseliers- medalje ontvang vir hoogste akademiese gemiddelde in die onderwys fakulteit vir sy graadkursus. Hy het die medalje ontvang van die Kanselier van CPUT, Trevor Manual. Virnen het oor sy vier jaar van stu- dies 37 van sy 38 vakke met Cum Laude geslaag. Virnen is ‘n boorling van Doringbaai en het gema- trikuleer by Hoërskool Lutzville. Piketberg Hoërskool is bevoorreg om ‘n onderwyser van die kali- ber op die personeel te hê. Sien nog gradeplegtigheid foto’s op pp 10 en 33 Virnen Ludick met die Kanseliersmedalje Foto verskaf CPUT se Beste by PHS Troufoto’s...pp 4, 5 Grade foto’s...p10 Storie-aand...p12 Pa en Seun Besighede… pp 18,19, 20, 22, 23 VLV-Nuus pp 24, 25 Plaasseun na Duitsland...p28 SSS Top Tien...p32 Proefstudente...p33 Tennis Droogte Gebreek...p34 Kaskar Pret...p37

Die piketberger Mei 2016

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Die piketberger Mei 2016

1

Jaargang 23 Nr. 4 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Mei 2016

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Virnen Ludick, tans Afrikaanse Taal on-derwyser vir Gr 8 en 9 by Hoërskool Piket-berg het gedurende April sy B.Ed (AOO) Intermediêre– en Seniorfase Graad Cum Laude ontvang, te CPUT, Wellington. Om PHS nog trotser te laat voel het hy die Dekaans– en Kanseliers-medalje ontvang vir hoogste akademiese gemiddelde in die onderwys fakulteit vir sy graadkursus. Hy het die medalje ontvang van die Kanselier van CPUT, Trevor Manual. Virnen het oor sy vier jaar van stu-dies 37 van sy 38 vakke met Cum Laude geslaag. Virnen is ‘n boorling van Doringbaai en het gema-trikuleer by Hoërskool Lutzville. Piketberg Hoërskool is bevoorreg om ‘n onderwyser van die kali-ber op die personeel te hê. Sien nog gradeplegtigheid foto’s op pp 10 en 33

Virnen Ludick met die Kanseliersmedalje Foto verskaf

CPUT se Beste by PHS Troufoto’s...pp 4, 5 Grade foto’s...p10 Storie-aand...p12 Pa en Seun Besighede… pp 18,19, 20, 22, 23 VLV-Nuus pp 24, 25 Plaasseun na Duitsland...p28 SSS Top Tien...p32 Proefstudente...p33 Tennis Droogte Gebreek...p34 Kaskar Pret...p37

Page 2: Die piketberger Mei 2016

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur

Dr. Herold Truter

022 913 1630 / 022 913 2925

Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Liefde Marietha

Briewe van ons lesers...

Het u geweet dat u Die Piketberger kan lees in kleur op die internet. Kyk op www.piketbergtourism.co.za

Marietha Goosen skryf… Vir die afgelope twee maande is my lewe verder verryk deur my kontak met Pa's en Seuns saam in besigheid. Dis regtig 'n artikel wat die Heilige Gees op my hart gelê het. Baie dankie vir elkeen wat positief gereageer het, tyd ingeruim het vir 'n besoekie (onderhoud), inligting en foto's gestuur het en saam met my verras was met die groot aantal formidabele pa en seun besighede op Piket-berg. Nog iets wat ons dorp iets besonders maak. Is daar enige ander dorp wat hiermee kan spog? Ek wonder en hoor graag.......

"Screenagers" nou al "parents" Vyftien jaar gelede is in praatjies verwys na "screenagers" eerder as "teenagers", vanweë die wêreld van tegnologie wat ons tieners se lewe begin oorneem en opslurp. Ek onthou goed hoe verbaas ek

was dat Die Piketberger 'n foto plaas wat per epos ontvang is uit Frankryk, en wat boonop met 'n selfoon geneem en gestuur is......ampertjies te veel vir my begrip op daardie stadium. Die ander dag sit ek in 'n familie restaurant - die prentjie wat afspeel is twee jong ouers (pas uit hulle "screenagerskoene"), elkeen met 'n elektroniese toestel besig, en die allerpragtigste tweejarige dogtertjie wat spring en dans in 'n poging om haar pappa en mamma se aandag te kry - haar gesiggie reeds geverf deur die res-taurant se personeel. Toe sy uiteindelik daarin slaag om haar mamma te laat opkyk, was dié dadelik gereed om 'n selfoonfoto van haar oulike kleinding te neem. My hart wou breek.....wanneer kyk hulle mekaar in die oë as die elektronika alewig soos 'n buffer tussen-in kom? Ek skep moed toe ek terugkom in Piketberg en verder werk aan my Pa en Seun artikel. Behalwe vir noodsaaklike tegnol-ogie en elektronika, kan hierdie besighede net bestaan van-weë 'n noue band tussen ouer en kind en beslis omdat daar tye is van "in mekaar se oë kyk". Lees hieroor op pp 18,19,20,22,23.

Hin Oey van Nederland skryf… Ek kan die Afrikaans redelik lees, maar skryf is lastiger. One of my ancestors emigrated to South Africa in 1852. He was a teacher and his first post and marriage was in Piketberg. I am looking into this ancestor and like to know more about life in Piketberg at that time. I have had some help from the Piketberg Museum already, but I am won-dering if it would be possible to write a small article in your Piketberger. Maybe that will trigger some reaction. At-tached is a letter in a Dutch newspaper of that time, which I could use as a basis. Met vriendelike groet. “Onlangs hebben onderscheidene dagbladen eenen brief medegedeeld van den onderwijzer B. Kleinenberg, waarin deze al te voorbarig en partijdig, eene ongunstige sehets gaf van den toestand als onderwijzer in die Kaapkolonie. Een brief van zijnen medereisgenoot, den onderwijzer J. Zoer, geschreven uit die Kaapstad den 29sten Julij 11 en gerigt aan zijnen vader, ademt een geheel anderen geest, waarom wij ons haasten daaruit het volgende mede te deelen; “Kleinberg gaat naar den Piketberg op een trakte-ment van f864. Bergman zal wel naar de Mosselbaai trekken tegen een salaris van ruim f1200. En ik heb aanbieding om als huisonderwijzer geplaatst te worden bij een wijnboer, wonende aan de Bokrivier, zuidelijk van en bij Zwellendam, hetwelk eene fraaije streek moet zijn. Daar heb ik 5 kinderen te onderwijzen, en geniet behalwe kost en inwoning f600 salaris, terwijl ik slechts de halve week behoef onderwijs te geven. Den overigen tijd mag ik besteden om kinderen uit de buurt te onderwijzen, waar-toe veel gelegenheid is. Het is 30 á 40 uur van de Kaap-stad, en juist tusschen de Piketberg en de Mosselbaai in, maar van ieder 50 uur verwijderd, zoodat Kleinenberg en Bergman 100 uur van elkander zijn. Indien ik het aan-neem wil men mij van de Kaapstad afhalen. Zijt niet meer bekommerd over mij, want ik kan het beter hebben hier dan in Nederland. Wat zijn in het Kaapland uitgebreide boerderijen! Ik sprak een boer van de Saldanhabaai, die 140 koeijen, 300 ooi– of teelschapen en 50 merrie– of teelpaarden heft, en bovendien 1500 morgen gronds in eigendom. En nog zeide hij een kleine boer te zijn. Er moeten boeren wezen, die honderde koeijen en duisende schapen houden. Kleinenberg zal in deze week en ik ligt in die volgende week vertrekken.”

Francois Erik van Niekerk 5 Junie 1962 - 18 Oktober 2012

Ai, wens jy was hier met jou verjaardag...so baie wat ek wil vertel.

Verlang elke dag. Lief jou vir altyd.

Ma, Pa, broer en seuns

Page 3: Die piketberger Mei 2016

3

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Nuwe Wintervoorraad

Skoene en Klerasie Beskikbaar

Die Cillié’s half-groet

Dit is met baie positiewe herinneringe dat ons na 20 jaar Piketberg half-groet. Half-groet, aangesien ons darem nie heeltemal bande breek nie, want ons behou steeds ‘n oorslaap kantoor en tuiste op Piketberg. Piketberg het vir ons as gesin deur die jare wonderlike geleenthede gebied. Ons geborgenheid op Piketberg het ons die moed gegee om die veiligheid van ‘n salaristjek te verruil vir ‘n eie besigheid met Piketberg as basis. Piketberg sal ook altyd onthou word as ons kinders se grootword-dorp met al die ontwikkelingsgeleenthede wat hulle help vorm het. Van die dinge wat ons van Piketberg sal onthou/mis is:

Om Sondae in die kerk te sit en te besef die meeste van die mense wat jy nou sien, net sowel jou naby vriende kan wees;

Die jare as PHS ouers en die lekker meelewing in die skoolgemeenskap;

Ons baie getroue huis- en tuinhulp, Grieta en Martin, met hul unieke persoonlikhede;

‘n Diensverskaffer soos oom Leon Wiese waar jy jou stukkende horlosiebandjie kon ingee en dit kos R5;

Die Spar as gewaarborgde plek vir ‘n vinnige geselsie;

Die jare in Absa (ou Piketberg-tak) en die lekker personeel gesellighede;

Tannie Christina as ‘n 20 jaar buurvrou wat gereeld ‘n pakkie beskuitjies of koekies oorgebring het;

En so kan ons aangaan met ‘n lang lys. Baie dankie aan al die Piketbergers wat ons lewens verryk het die afgelope 20 jaar, of dit was as kliënt, vriend, kennis, kollega of sommer net ‘n vriendelike mede-Piketberger. Ons sal julle voorwaar mis. Danie, Suzette en kinders

Ons beste wense vergesel julle, baie dankie vir al die waardevolle insette tydens julle verblyf in Piketberg. –Red

Danie en Suzette Cillié met hul kinders, Leani, Danie jnr en Nina agter. Foto verskaf

Page 4: Die piketberger Mei 2016

4

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën

Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111

* Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing

Willie en Marinda Wiese is op 19 Maart te Die Vlei, Citrusdal getroud.

Foto: Corné Visser Photography

Tertius Naudé en Ilze Hanekom is op 12 Desember getroud in Durbanville en die onthaal was by Groen-

vlei Gasteplaas, Kuilsrivier. Hulle het mekaar op Stellenbosch ontmoet. Tertius se ouers is Loffie

Naudé en Cecile Spies van Pretoria. Ilze se ouers is Ian en Helette Hanekom van Winkelshoek, Eendekuil.

Die paartjie het hulle gevestig in Vredekloof, Brackenfell. Foto: Michelle Koekemoer

Albie Viola en Henlie van Tonder is op 16 April in die United Church op Worcester getroud. Die onthaal

was by Bergland, Worcester. Foto: Inecke Photography

Liefde is… Jonk en Verlief… Liefde is…

Page 5: Die piketberger Mei 2016

5

JC Hanekom en Carla Mengel is op 16 April getroud by Laatson. Hulle het mekaar as studente op Stellenbosch

ontmoet. JC se ouers is Ian en Helette Hanekom van Winkelshoek, Eendekuil en Carla se ouers is Chris en Michelle Mengel van Durbanville. Die paartjie het hulle

gevestig in Sonstraal, Durbanville. Foto: Karien Fotografie

Johan Engelbrecht en Theresa Swanepoel is op 30 Januarie te Klipfonteinplaas getroud.

Foto: Karien Fotografie

Belinda de Kock, middel, eienaar van Salon Belinda/B* Pretti boutique op Piketberg was genooi na die

glansgeleentheid waar Environ se 25ste bestaansjaar gevier is in die Kaap. Saam op die foto is Dr Des

(uitvinder van Environ) en sy suster Val Des (CEO van die maatskappy).

Foto verskaf

Environ se 25 jaar herdenking

Fritz Lambrechts het onlangs besoek ontvang van sy familie in Botswana. Hier staan hy met die T-hemp

wat Hannes en Merwe van der Merwe vir hom gebring het. Foto verskaf

Oom Fritz is Cool

Jonk en Verlief... Liefde is… Jonk en Verlief…

Page 6: Die piketberger Mei 2016

6

Amoneze Prinsloo is op 3 April in die NG Kerk Aurora gedoop deur ds Johan Jacobs. Klein Amoneze is hier

saam met haar ma, Estelle Prinsloo, ouma Urica Lambrechts, pa Pieter Prinsloo, oumagrootjie Esther

Thiart en ds Jacobs. Foto: Willem Prinsloo

Vierde geslag gedoop

Michael en Mereze (Wiese) Conroy met klein Charlie op sy doopdag by die NG Kerk Piketberg op 16 April.

Foto verskaf

NG Kerk Aurora - 11 Dekades

Bokant die kansel van die NG Kerk op Aurora staan in Hoog-Hollands geskryf: “Het Evangelie der Genade Gods”. So is die gemeente deur die jare gedra.

Berig en foto’s: Jane van Zyl

Die gemeente is in 1906 gestig. Die kerkdorp, Aurora, het ontwikkel op Skreeufontein, ‘n gedeelte van die plaas, Grootkloof, van mnr. J.P. Kotze. Ds Johan Jacobs, Aurora se leraar, se teksvers by die herinneringsdiens op 24 April 2016 is geneem uit Psalm 133: “Kyk hoe goed en lieflik is dit dat broers ook saam-woon.” Na die erediens het die gemeentelede en hul families heerlik saamgeëet en gekuier.

Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164

Charlie Conroy se Doopdag

Halfdag huishulp.

Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Betrekkings Aangebied

Page 7: Die piketberger Mei 2016

7

Page 8: Die piketberger Mei 2016

8

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Ons vertrou al die

Mammas het 'n gelukkige Moedersdag beleef, vol bederf en

liefde.

Die Kannas prysuitdelingsgeleentheid het in Kaap-stad plaasgevind waar die wenners van die jaar se

KKNK produksies bekend gemaak is. Sandra Hanekom, kurator van Huisgenoot se Hartgenoot.

Kultuurgenoot: 100 jaar kunsuitstalling het die Kanna vir beste prestasie in visuele kuns ontvang.

Foto verskaf

Kanna vir Sandra

geskenkbewys is, met ‘n vervaldatum.

Page 9: Die piketberger Mei 2016

9

Seun is Tops Seun Kitshoff is ‘n

ywerige medewerker vir die Tops en Tags

Projek. Saam met Seuna se bottel-

doppies en brood-sakkie “tags” is

reeds 10kg plastiek bymekaargemaak

vir ‘n rolstoel. Piketberg is “tops”! Stuur steeds julle

plastiek doppies en “tags” na die kerk-kantoor of die bib-

lioteek, of gee dit vir Seuna of kontak

Teresa van Niekerk by 083 539 5048 Lesers sal elke

maand op hoogte gehou word van die

vordering van hierdie projek.

Kom ons werk saam vir 450kg. -Red.

Seun Kitshoff met die 10kg plastiek

doppies. Foto: Teresa van Niekerk

20 Jaar Gelede - Mei 1996

VOORBLADNUUS: Raad ontvang skenking van meer as halfmiljoen. Verskuiwing van museum - Die strewe om die Kultuur-historiese Museum so na aan die kern van die dorp as moontlik in te rig, is verwesenlik toe die Raad onlangs daarin geslaag het om die woning van mnr Gert de Beer in Kerkstraat aan te koop vir die doel. Die huurkontrak met Anker Meubelhuis verstryk einde Junie 1997 en die ou Joodse Sinagoge sal daarna saam met die huis van mnr Gert de Beer aangewend word as Museum. Piketberg kry muntoutomaat vir kragverkope. Piket-berg en Elandsbaai tel onder die eerste twintig dorpe in die Wes-Kaap waar die publiek elektrisiteit kan koop by ‘n muntoutomaat. Daar is onlangs ‘n TV en Videomasjien deur die Raad vir die LB Wernich Biblioteek aangekoop. Met die toevoeging tot hul Biblioteektoerusting sal die Biblioteek nou in staat wees om ‘n volledige “oudiovisuele diens” aan sy gebruikers te kan lewer. Die biblioteek sal dan ook binnekort met behulp van die Wes-Kaapse Direktoraat vir Biblioteekdienste ‘n videoversameling begin. Frank Scheun het vanjaar vir die derde agtereen-volgende jaar ‘n provinsiale span by die junior SA Kampioenskappe verteenwoordig. Vanjaar het hy ‘n vyfde plek in die seuns o/19 driesprong behaal. Die prestasie het hom weereens erekleure by PHS besorg.

Page 10: Die piketberger Mei 2016

10

Henco Bindeman het sy B.Ed Interme-diêre- en Senior Fase

graad by CPUT Wellington

verwerf. Henco gee tans

onderwys by Laerskool

Stellenbosch. Hy was in 2010 ’n matriekleerder by

PHS.

Melandri van der Merwe het haar B.Ed Inter-

mediêre- en Senior Fase onderwys graad verwerf

te CPUT, Wellington. Sy is tans die Graad 4 Engelse opvoeder by Laerskool Courtrai,

Paarl. Haar trotse ouers is Chris en Juanita van der

Merwe albei verbonde aan die onderwys.

Carla Kellerman het haar B.Ed graad Inter-

mediêre- en Senior fase by CPUT Wellington

verwerf. Carla hou skool by Topolino, Langebaan.

Maritza Conradie verwerf haar B.Rek Hon-

neursgraad by Universi-teit Stellenbosch einde

2015. Maritza is tans werksaam by PWC

Worcester.

Laurene Burger het haar B.Ed Intermediêre- en

Senior Fase graad ontvang by CPUT Wel-lington. Laurene is tans

opvoeder vir Graad 5 en 6 gekombineerd by Hoërskool Aurora.

Mariska Wolfaardt is die Gr 1 leerkrag by Steynville

Primêr. Sy het pas haar B.Ed-graad by CPUT

ontvang.

Foto’s verskaf

Juan van Zyl het sy B.Comm graad verwerf

begin 2015. In Maart 2015 het hy begin werk by Fresh-gold SA Exports, Durban-

ville, ‘n vrugte uitvoer-maatskappy. Juan is voor-

raad koördineerder. Hy beplan om einde 2016/

begin 2017 verder te stu-deer aan sy Honneurs in

B.Comm Logistiek.

Dit behels ‘n goed beplande en interessante program waarin kinders optimaal ontwikkel word (kognitief; fisies; sosiaal-emosioneel) deur te bak en te brou. Die kinders op die

foto’s hieronder woon 1 uur klasse 1 maal per week by in groepies

van tot ‘n maksimum van 6 kinders per groep.

Kids Corner Kookklasse Kids Corner kookklasse vir kinders word nou

aangebied by Cornerstone Café.

Stuur jou gradeplegtigheid foto’s na

[email protected] Ons plaas dit gratis!

PHS Class of 2011 Goed op Dreef

Page 11: Die piketberger Mei 2016

11

Page 12: Die piketberger Mei 2016

12

Piketberg Storie-aand Op Donderdag 21 April het Piketberg se Toerisme, Biblio-teek en Museum ‘n Storie-aand aangebied in die Sina-goge in Kerkstraat. Die terugvoer was baie positief en navrae oor ’n opvolg was volop. Die hoofdoel van die hele projek is die bewaring van stories vir die nageslag en daarom sal daar definitief weer soortgelyke geleenthede aangebied word. Vertellers, wat boorlinge is van Piketberg of al baie lank hier bly, het die mense vermaak met heerlike, onthou-stories uit hulle jongdae of stories wat hulle by vorige geslagte gehoor het. Baie ‘Onthou jy nog?’ en ‘Waar is die tyd heen?’ het opgeklink. Graad 7’s van PHS het ook voorgelees uit stories wat hulle geskryf het oor ouer mense van Piketberg. Spesiale herinneringe is gedeel en interessante, waardevolle ver-tellings het hieruit voortgespruit. Hier is ’n paar sinnetjies uit sommige van die kinders se stories:

Niemand was daardie tyd ryk nie, maar meeste mense was gelukkig…

Die dorp het nie baie winkels gehad nie, soos Joodse en “Indeurse” winkels…

Soggens is hulle drie-uur wakker gemaak, want dan moes daar gemelk word en die diere moes gevoer word, daarna kon hulle eers skool toe gaan…

Skoolklere was ‘n luuksheid en altyd ’n paar nom-mers te groot, want dit moes hou van St 6 tot Matriek…

Ons het ‘n Volla gery en my vrou was swanger. Eenkeer het die stuurwiel afgeval en toe beland ons in ‘n sloot…

Ek en die tannie het so lekker gesels dat ek ver-geet het om van die goed neer te skryf. Ek sal enige tyd weer by haar gaan kuier…

Die tannie glo, ‘Bly altyd nederig en gehoorsaam’ en ’Kinders moet respek hê vir ouer mense’…

As hulle gereeld Sondagskool bygewoon het, het hulle seëls gekry. Dit was ’n skande as jy nie ‘n seël gekry het nie…

Tydens die Boereoorlog, toe haar ma ‘n kind was, het die Engelse die plase verwoes en die boere mag niks gesê het nie…

Na die vertellings het die mense gesellig saam gekuier en selfs meer stories is uitgeruil. Baie dankie aan almal wat bygedra het om die aand spesiaal en suksesvol te maak. Laat weet asseblief indien u in die toekoms by so ‘n geleentheid betrokke wil raak – daar is baie waarde-volle stories daar buite wat wag om vertel (en bewaar) te

Gerna Croeser, Biblioteek, Marié Ehlers, Museum en Georgia Abrahams, Toerisme.

Graad 7’s wat stories voorgelees het.

Sonja Wend, Gerna Croeser en Marlien Smit geniet die Storie-aand.

Christine Langeveldt en

Nerina Vercuiel, bo kuier na die vertellings by

die Storie-aand. Poppie Paulse,

regs aan die vertel.

Foto’s: Georgia

Abrahams

Page 13: Die piketberger Mei 2016

13

Page 14: Die piketberger Mei 2016

14

NB nommers van die Munisipaliteit

Piketberg Kliëntediens Beampte vir aanmeld van alle klagtes:

Jackie van Huyssteen 022 913 6005

Brandweer: 083 272 3714 / 10177 (na-ure)

Waterpypbreuke: 083 272 3850 (na-ure)

Aanmeld van diefstal en bedrog: Interne Ouditeur 022 913 6002

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Dankie aan Diereliefhebbers Katinka Morrison skryf... Dankie, dankie, dankie aan die diereliefhebbers van Piketberg wat die sterilisasie van 25 diere help moontlik maak het dmv donasies, hulp die dag en deur bereid te wees om straatkatte wat onbeheersd aanteel te vang en in te bring. Elf wyfiekatte, twee mannetjieskatte, tien teef-honde en twee reunhonde is gesteriliseer. Weens die ongure weer kon nege katte nie gevang en ingebring word nie, ons hoop dat dit volgende keer beter sal gaan. Dankie aan Dr Annelize Roos dat sy bereid was om vanaf Joostenbergvlakte in die ongure weer te ry en te kom opereer. Dankie aan donateurs Elmien Uys, Jenny Simpson, San-dra Hanekom, VLV-Piketberg en Piketberg Tuinbouklub-lede, Elbeth Liebenberg, Marié Ehlers, Vera Burger, Shirley Isaacs, Barbie Breunissen, Micky Visser en Villiers Morrison. Agrimark skenk 5kg sakke hondekos, Cindy van Heerden by Boland Superspar borg die verversings vir die mediese span sowel as die wetstoepassers onder leiding van Kevin Farao wat behulpsaam was met die voorbereiding van die saal en die aanry en aflaai van die diere die dag. Dankie aan Beryl-Ann du Plessis wat verantwoordelik was vir die reël van die saal en die help met ander detail waarvan ek nie bewus was nie. Baie dankie aan Vera Burger wat as sekretaresse en tesourier opgetree het die dag. Dankie is so ‘n klein woordjie, maar dit kom uit die diepte van my hart.

Willem Pieterse en Jo-Anne Smit

verteenwoordig Agrimark wat drie 5kg

sakke hondekos geskenk het.

Katinka Morrison saam met Cindy Van Heerden

van Boland Superspar wat eetgoed en koeldrank

geskenk het vir die mediese span en helpers.

Op 29 April is ‘n sterilisasiedag gehou by Watsonia Sportgronde vir honde en katte in ons laer

Inkomste-gebiede.

Dr Annelize Roos, veearts in diens van die Diere-beskermingsvereniging, links met Katinka Morrison wat die geleentheid gereël het, derde van links saam

met wetstoepassingsbeamptes, Bergrivier Munisipali-teit se wetstoepassingsbeamptes vir logistieke ondersteuning en helpers wat die dag vlot laat

verloop het. Foto’s: Beryl-Ann du Plessis

Dankie Katinka, vir jou inisiatief. –Red.

Page 15: Die piketberger Mei 2016

15

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Dit is altyd ‘n voorreg as daar goeie nuus is om oor te dra. En deur baie genade van Bo, is daar nog goeie nuus wat ek graag hierdie maand met julle wil deel. Verlede maand het ek met julle gedeel dat Berg-rivier Munisipaliteit in Maart aange-wys is as die derde beste Muni-sipaliteit in Suid-Afrika. Baie dankie vir almal se positiewe reaksie en terugvoer. Dit spoor ons aan om beter te doen en om die goed wat nog nie reg is nie, met nuwe moed en ywer storm te loop. Hierdie maand is daar verdere goeie nuus… Op 21 April is die jaarlikse Eco-Logic Awards gehou by The Table Bay Sun in Kaapstad hawegebied. Dit is ‘n nasionale toekenningsgeleentheid wat gesien word as die Oscars van groen inisiatiewe. Bergrivier Munisipaliteit was ‘n fina-lis in die kategorie van Munisipaliteite en het te staan gekom teen groot metro stede soos Kaapstad en Tswa-ne. Net toe ek en ons Uitvoerende Onder-Burgemeester, Raadslid Sandra Crafford, lekker diep in ons stoele wegsak en dink daar is nie ‘n kans dat ons kan wen nie, roep hulle ons naam as wenner! Bergrivier het dit gewen vir ons FLOW-program (Foster Local Wellbeing). Ons bedryf hierdie program saam met toegewyde vennote wat ek baie graag wil vereer en bedank, naamlik Meshfield, die Universiteit van Kaapstad en hul ACDI eenheid, die Vlaamse Regering, Nasionale Tesourie en ons FLOW ambassadeurs.

Die uitbundige FLOW ambassadeurs met die Eco-Logic trofee waarmee Bergrivier grotes uitgestof het.

Hanlie Linde en Sandra Crafford ontvang die trofee van Ray-Anne Sedres, links van Sanlam.

Ons is baie dankbaar oor die erkenning wat ons kry en bedank graag elke lid van ons publiek wat voortdurend met ons saamwerk om van Berg-rivier ‘n volhoubare om-gewing te maak. ‘n Spesiale woord van geluk aan die FLOW ambassadeurs van 2015 vir hierdie toekenning. Ons is trots op julle!

Foto’s verskaf

Registreer steeds vir Verkiesing Die verkiesingsdatum vir Plaaslike Verkiesings is afgekondig vir 3 Augustus 2016. U kan steeds registreer totdat die datum geproklameer word in die Government Gazette (beplan vir later in Mei-maand). Registreer by die OVK se kantoor op die hoek van Die Trek en Lang-straat. Kontak hulle gerus by 022-913 1847.

Boksies vir Buksies

Die Boksie vir Buksie projek op ‘n uitstappie na die Poskantoor. Foto: Hannie Visser

Page 16: Die piketberger Mei 2016

16

Indringer Boom op Buurman se Eiendom

Ek het al voorheen in hierdie kolom geskryf oor probleme wat ondervind word met indringer bome wat op ‘n buurman se eiendom staan en skade aan jou eie eiendom aanrig, maar aangesien ek nou weereens só ‘n navraag gehad het, het ek dit goed gedink om weer oor hierdie probleem te skryf. Die kliënt het ‘n grensmuur (vibracrete) tussen sy eiendom en dié van sy buurman opgerig en op daardie tydstip was die boom reeds daar maar nog redelik klein. Die buurman verwyder van tyd tot tyd sommige van die oorhangende takke. Die boom het egter aansienlik gegroei sedert die kliënt die grensmuur opgerig het en die stam van die boom veroorsaak nou probleme deurdat dit teen die grensmuur druk en een van die sement panele (vibracrete slab) het gebreek en is besig om te verkrummel wat daartoe sal lei dat die kliënt se pragtige spanjoele uit die erf kan ontsnap. Hy wil dus weet of hy die boom kan vergiftig en sodoende kan veroorsaak dat die boom uiteindelik sterf. Hy wil ook weet of hy die skade wat aan die grensmuur veroorsaak is, van sy buurman kan eis. Rakende oorhangende takke, is die kliënt binne sy regte om sy buurman te vra om dit af te saag en van sy eiendom te verwyder. Indien die buurman weier om dit te doen kan die kliënt dit self afsaag, maar hy moet dit aan die eienaar van die boom, met ander woorde sy buurman, lewer tensy die buurman hom toestemming gee om dit self weg te gooi. In die onderhawige geval veroorsaak die stam van die boom egter meer probleme as die oorhangende takke. Waar die stam reeds skade veroorsaak het aan die grensmuur, kan hy daarop aandring dat die stam verwyder word en kan hy ook vergoeding eis vir die skade wat veroorsaak is. Aangesien ‘n gedeelte van die stam verwyder sal moet word is die moontlikheid daar dat die hele boom verwyder sal moet word. ‘n Goed gevestigde beginsel in ons reg is dat ‘n mens redelike stappe moet neem om jou skade te verminder/beperk. Dit mag waarskynlik beteken dat daar van die kliënt verwag kon word om stappe te neem om die skade te beperk op die vroegste tyd van bewuswording van die indringer stam en die impak daarvan op die grensmuur. Vergiftiging van die boom is 'n drastiese maatreël. Dit sal eerder raadsaam wees om 'n spesialis te raadpleeg oor alternatiewe metodes om die groei van die stam teen die muur te beperk. As die verwydering van die boom die beste opsie is, kan die kliënt die spesialis se verslag aan sy buurman oorhandig met die versoek dat die boom op die buurman se koste verwyder word. Indien die kliënt die boom vergiftig, kan hy aanspreeklik gehou word vir kwaadwillige saakbeskadiging aan die buurman se eiendom. ‘n Beter opsie sou wees om die saak met die buurman op te neem en te bespreek in ‘n poging om dit op ‘n vriendskaplike wyse op te los. As dit nie help nie, sou 'n meer formele wyse/roete wees om die buurman te dwing deur middel van 'n interdik om die gewraakte boom te verwyder en om die kliënt te vergoed vir die skade aangerig aan die grensmuur.

Groete uit Nederland Elzaan Trautman skryf… Hallo Piketbergers...Interessante feit: In die somer (julle winter) word die horlosie terug-gedraai hierdie kant, wat beteken ons tyd is nou dieselfde! April was een opwindende maand vir my gewees. Die 9de April het ek en twee vriendinne na die Afrikaanse Kul-tuurfees Amsterdam (A.K.A) gegaan. Ons het dit baie geniet om saam met Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, Majozi, Hemelbesem, Jack Parow asook 'n Nederlandse groep, De Likt by Die Melkweg Oude Zaal te kuier. 17 April het ek saam met my familie op 'n uitstappie gegaan na Bad Bentheim in Duitsland, wat ongeveer 35km van Ootmarsum geleë is. Kasteel Bentheim is 'n vroeë Middeleeuse heuwel kasteel in Bad Bentheim. Die hoogste punt van die Kasteel het die aller-mooiste uitsig oor Bad Bentheim. Ons het onder andere gesien hoe die gevangenis lyk asook die hoofslaapkamer en eetkamer. Op pad na die toring van die kasteel is daar 'n put waar jong dames 'n muntstuk kan ingooi, blykbaar is dit 'good luck' sodat jy eendag met 'n aantreklike, ryk man trou. 23 April het ek die 100 Highlights Sightseeing

Canal Cruise in Amsterdam gedoen. Dit is die perfekte ma-nier om al die bekende plekke te sien soos Anne Frank huis, Westerkerk, Amsterdam Cen-tral Station, al die kanale van Amsterdam asook die Muz-iekgebouw aan het IJ, Natio-nale Opera en Ballet en die Magere Brug (Skinny Bridge). Die huidige koning van Neder-land, Willem Alexander, se ver-jaarsdag (27 April) word op Koningsdag gevier. Die mense trek dan oranje of wit aan en die hele Nederland hou een reuse partytjie. In Utrecht is

daar vele kunstenaars wat opgetree het en daar is 'n 'vrijmarkt' (flea market) in die straat gehou waar mense tweedehandse boeke, klere en speelgoed verkoop. Groete tot volgende keer

Voor die Canal Cruise

Wat sê die Reg?

Jaques Ehlers

Page 17: Die piketberger Mei 2016

17

Weskus Meganisasie By ‘n onlangse toekenningsgeleentheid is Weskus Meganisasie

aangewys as die Landini handelaar wat die beste vordering getoon het in 2016 uit 80 Landini handelaars landwyd. Hulle het ook die meeste

trekkers as ‘n Landini handelaar in 2016 in Suid-Afrika verkoop. Buiten Landini en McCormick trekkers verkoop en diens ons ook Rovic en Leers se reeks implemente. Ons diens ook ander fabrikaat trekkers

en dra ‘n wye reeks spuitpomp onderdele.

Heropening!

Ek het geskuif na Tuinstraat nr 23 en is weer oop

vir besigheid in my NUWE salon.

Bring hierdie advertensie saam en kry 10% afslag

op enige behandeling. Na-ure afsprake kan gereël

word en behandelings vir mans is ook beskikbaar.

Gesigsbehandelings vir mans en vrouens R180

“Hotstone” rugmassering R140

Vollyfmassering R180

Lash and Brow Tint R80

En nog vele meer behandelings beskikbaar

Kontak Astrid by 084 247 8863

Agent van produkte

Volg ons op Facebook by T’mooi

Ons wil graag al ons kliënte bedank vir die volgehoue ondersteuning en

hulle verseker van ons beste diens ter alle tye.

Julle is en bly ons belangrikste bate.

Nicky Russouw 083 318 3978

Kantoor 022 913 3111

Page 18: Die piketberger Mei 2016

18

Pa en Seun besighede op Piketberg Piketberg dorp is geseënd met uitstaande sake ondernemings, waarvan 'n groot aantal deur pa's en hulle seuns bedryf word. Dit help verseker met volhoubaarheid en boesem sodoende vertroue in by die verbruiker. Hierdie fotobeeld en inligting is 'n poging deur die Redaksie om dié betrokke besighede bekend te stel en die "pa-geslag" (en in sommige gevalle die oupas) te vereer vir die pad wat hulle vir die "seuns" oopleef. Aan al die "seuns", wat die aflosstokkie aanvat, mooi so! Indien enige besigheid, wat aan hierdie kriteria vol-doen, uitgelaat is, vra die Redaksie by voorbaat om verskoning. Laat weet ons gerus.

In die sewentigerjare het Mike Smith as groente– en vishandelaar begin. In 1982 het hy en sy ontslape vrou, Dorothy, ‘n taxi diens begin. Daarna het dit

uitgebrei na ‘n busdiens weens ‘n groter behoefte aan vervoer. In 1999 het sy seuns en dogter deel-geword van die besigheid, Mike Smith Transport.

Eienaar, Mike Smith voor met oudste seun, Charles en tweede oudste seun, Lester en dogter Luzelle. Sy jongste seun, Mikhail was afwesig ten tyde van die

foto. Foto verskaf

Arno Olesen het Piketberg Drukkers in 1984 begin. In 2003 het Morné Olesen by hom aangesluit. Arno het

in 2010 afgetree. Foto: Marietha Goosen

Adri Visser het in Januarie 1983 by Van Zyl’s Garage begin werk en einde Oktober 1999 vir homself begin werk in dieselfde gebou. Hy het toe sy eie gebou op-gerig en werk sedert November 2007 daar. Wynand

het in April 2010 sy vakleerlingskap begin by McCar-thy Toyota in die Paarl. Hy het in Maart 2015

gekwalifiseer en het op 1 April 2015 by sy pa begin werk by MAJ Visser Werkswinkel en Parte.

Foto: Marietha Goosen

Augustus 2005 het Pieter Fox weggebreek van Fox Electro Hardeware en sy eie besigheid, Fox Bouers begin. In Januarie 2006 het sy seun, Danie Fox by

hom aangesluit. Foto verskaf

Lys van Pa en Seun Besighede in Piketberg Artomel Ingenieur Dienste Bothma Motorbakwerke

Carstens Begrafnisdienste Dup Meubels

DustWatch CC Fick Sementwerke

Fox Bouers Fox Build it

GRM Bouers Koeltuin

Lambrechts Bouers BK LD Sonneberg Transport Liebco Vleishandelaars

MAJ Visser Werkswinkel en Parte Massey Ferguson Herstelwerk

Mbendini Taxi’s Mike Smith Transport Piketberg Drukkers

Piketberg Engineering Van Niekerk Ingenieurswerke

Winkelshoek Wynkelders Wood Wizard

Page 19: Die piketberger Mei 2016

19

In 1933 is Van Niekerk en Krupp begin deur Hennie van Niekerk en Sam Krupp. Hennie se seun, Carel snr, het in 1971 by die maatskappy begin werk as

voorman. Hennie is in 1976 oorlede. Sedertdien het Carel se drie seuns Hennie, Rossouw en Carel jnr mettertyd hulle by Van Niekerk Ingenieurswerke

aangesluit. Op die foto is Rossouw, Carel jnr, Hennie en Carel snr. Foto: Mientjies Lambrechts

Dup Meubels is in 1977 deur oupa PJ du Plessis begin as ‘n tweedehandse winkel. Japie du Plessis neem oor op 1 Januarie 1991 toe sy pa aftree. Sy seun, Jacques, word deel van die besigheid op

1 April 2006. Foto verskaf

James Fox snr het Fox Electro begin in 1980. James Fox jnr het in 1996 by sy pa aangesluit toe word dit Fox Electro Hardeware en in 2011 word dit Build it.

Foto: Marietha Goosen

Mbendini Taxi’s is in 2013 begin deur pa Eric. Timorthy, sy seun, het in 2015 by hom aangesluit.

Foto verskaf

Hennie Hanekom Snr, oorlede, stig die Maatskappy Winkelshoek Wynkelders in 1953. Hennie Hanekom, middel, sluit aan by sy Pa in 1981. Hy breek weg van die familieplaas en gaan op sy eie in 1992. Hy huur geboue by sy familie en vestig die besigheid in 1997

op Piketberg en begin bou aan ‘n nuwe produk-siekelder op Schenkfontein dieselfde jaar. Einde 2010

sluit sy oudste seun, Hendrik, links, by hom aan by die kelder as assitent-wynmaker. Sy jongste seun, Philip, regs, sluit aan by die maatskappy in 2013 en

begin as algemene klerk by Winkelshoek op Piketberg. Foto verskaf

Jasper Carstens begin die begrafnisbedryf op 1 Oktober 1949. Op 31 Maart 1976 neem sy seun, Johan, links, die besigheid oor by hom. Jasper is oorlede in 2001. In November 2001 sluit Johan se seun, Gerhard by hom aan. Die besigheid word

bedryf van die begin af by Kerkstraat 16. Foto: Marietha Goosen

Page 20: Die piketberger Mei 2016

20

Oupa Koos Lambrechts, begin die besigheid, Lambrechts Bouers in 1958. Hy was die skrynwerker voorman betrokke by die NG Kerksaal ook gedurende sy boutydperk toe Coen Visser die kontrakteur was.

Heinie Lambrechts, Koos se seun, sluit by hom aan in 1969. Johan Lambrechts, Heinie se seun, sluit aan by Lambrechts Bouers in Maart 1997 tot Maart 2006. Hy gaan werk vir ‘n ander firma tot in 2015 en sluit weer

Mei 2015 by pa Heinie aan by Lambrechts Bouers BK. Foto: Gerda Lambrechts

Rhynardt Beck begin Piket Timbers in 2004. In 2014 sluit sy oudste seun, Armandt aan en word die

eienaar van die besigheid wat nou Artomel Ingenieur Dienste is. Foto: Marietha Goosen

Vadersdag Sondag 19 Junie

Page 21: Die piketberger Mei 2016

21

Page 22: Die piketberger Mei 2016

22

Wood Wizard is in 2004 begin deur Junior van Coller, links. Sedert 2007 is pa Phillip, middel, ook deel van die besigheid en vir die afgelope twee jaar is Willa,

regs, ook ‘n vennoot. Foto: Marietha Goosen

Garies de Villiers het Koeltuin begin in Februarie 1995. Inus was deel van die besigheid vanaf sy

matriekjaar, November 1997 en Heino het aan die einde van sy matriekjaar, November 2002, ook by Koeltuin aangesluit. Inus is sedert Desember 2014

verbonde aan Kaap Agri op Piketberg. Foto: Marietha Goosen

Jannie en Kobus Kroeser doen Meganiese Herstel-werk op Massey Ferguson implemente. Jannie het in

die 1973 by Van Niekerk en Krupp begin, later by Zebra Motors totdat dit gesluit het. Sedertdien werk

hy vir homself en het sy seun, Kobus, in 2012 by hom aangesluit. Foto: Marietha Goosen

Pa Louis Sonneberg het LD Sonneberg Transport in 1996 begin en sy tweelingseuns, Brendan en Byron,

het in 2002 amptelik by die besigheid aangesluit. Foto: Marietha Goosen

Op die inlasfoto links is oorlede Louis Jean Lausberg Fick, LJ, wat die besigheid in 1950 begin het. Op die foto bo is Johan Louis Fick, wat

voortgegaan het met JL Fick Transport in 1965. Anton Fick is by

Fick Sementwerke sedert 1995. Foto’s verskaf

Liebenberg Slagtery word in 1952 begin deur Koos en Johanna Liebenberg. Andries Wolf Liebenberg

sluit na sy pa se dood in 1969 by die besigheid aan, saam met sy ma. In 1998 sluit Jacobus Liebenberg

aan en vandag staan die besigheid bekend as Liebco Vleishandelaars. Klein Adi sit op sy oupa se skoot.

Foto verskaf

Page 23: Die piketberger Mei 2016

23

Gerry Kuhn (right) - Environmental and Hygiene Engi-neering CC opened on 4 August 1997. The name

changed to DustWatch CC in 2014. Gerry and Richard Kuhn started the company in 1997 and are still

working hard in 2016. We are blessed to have clients on five continents now.

Photo: Mariska Kuhn

Die besigheid Frans Bothma Motorbakwerke is in Januarie 1976 begin op Piketberg deur Frans en Elsa

Bothma. Hulle seun, Christie, het in 1984 by hulle aangesluit. Frans Bothma is Oktober 2002 oorlede. Die lang bestaan van die besigheid is te danke aan die ondersteuning van getroue kliënte wat keer op keer terugkom. Kliënte kom van so ver as Graaf-

water en Clanwilliam om hulle voertuie te laat herstel.

Foto verskaf

Gerrit Oktober het sy besigheid in 2005 as GRM Bouers begin bedryf. Hy het egter

reeds in 1990 by sy pa, Ronald (inlas) gewerk wat Oktober Bouers in 1968

begin het. Ronald Oktober is in 2012 oorlede. In 2000 het Gerrit saam met sy broer, John (Jannie) begin

bou. Jannie is in 2014 oorlede.

Foto: Marietha Goosen

In Maart 1994 word Piketberg Bande en Engineering gestig deur Floors Visser en sy broer, Jan, en ook André Kennedy. Sedert 1995 gaan Floors op sy eie

aan met Piketberg Engineering. Sy oudste seun, Floris, sluit by Pa Floors aan in Mei 1999 en werk daar vir 12 jaar tot en met sy afsterwe in Junie 2011. Vir die

afgelope 16 jaar, sedert Januarie 2000, is Floors se jongste seun, Carlo, saam met hom in die besigheid.

Carlo het intussen ook sy eie besigheid, FC Suppliers, begin in September 2012.

Foto: Marietha Goosen

Page 24: Die piketberger Mei 2016

24

Kom ons gesels Bewarings Bewustheid

saam met Cobis Wilson

Die Anker Meubelhuis Dankie vir die terugvoer op die vorige artikel. Daardie is ʼn prag skuur op een van die plase buite Moorreesburg. Op verskeie plase kan skure met dieselfde detail gesien word, en is hulle baie mooi bewaar. Ek is hierdie boere innig dankbaar en sal ons nageslag nog meer dankbaar wees, as ons hulle so behou. As ek so deur dorpe ry, en spesifiek Piketberg, is dit altyd baie interessant om te sien hoe dorpe groei deur na die styl van die argitektuur te kyk, en hoe dit wat daar was vernuwe is en of bewaar is. Na die 70’s is daar met vernuwing begin en het juwele met geskiedenis in die slag gebly. Daar is platgeslaan en oorgebou, en of onsensitief aangelas. En moet ek my verstout om te sê, het DIE ANKER MEUBELHUIS winkel, ʼn baie mooi fasade bygekry, heel moontlik in die 50’s en is hy nog mooi bewaar, behalwe vir die dak wat ʼn bietjie aandag kort, en die solderdeur wat wil afval. Ongelukkig het die pragtige gekartelde hout fassie ook plek moes maak vir ʼn wit-blik ‘edge coping’. As ʼn mens die geboutjie van die kante bekyk, sal jy nog die ou struktuur agter sien, en is daar net ʼn ‘vernuwing’ voor aangeplak. Kyk veral die klip ‘plinth’ (dis nou die struktuur tot en met vloervlak), wit afgewit, wat ook tog goeie beskerming bied vir ou messel klei. Ook is die hoek detail baie mooi, tipies van die tyd – hoek pleister was sterker aangemaak en versier met blok motiewe. So kan ʼn mens dan ook ʼn stukkie geskiedenis daarin lees. Blykbaar was die geboutjie onder andere die TOTE, daar waar hulle perde gespeel het. By oorlewering het die wedders buite gesit en op die radio sit en luister na elke wedloop. Die TOTE was heel links. Langs dit was Van Jaarsveld se ‘groceries’ winkel met ʼn groot ‘shopfront’ venster, wat nou plek gemaak het vir nog ʼn deur. By die deurtjie heel regs was die ingang na die ‘groceries’ winkel.

VLV NUUS Op 13 April 2016 het die Piketberg VLV-lede en Piketberg Tuinbou-klub saam vergader. Cokes Geldenhuys van Koringberg het gesels oor algemene foute wat gemaak word met die uitleg van tuine. Hy het die volgende wenke gegee: Trek ‘n plan op van jou tuin voordat jy kwekery toe gaan; sodoende kan jy geld en tyd bespaar as jy weet wat jy beplan en waarvoor jy soek. Grondvoorbereiding is baie belangrik; Maak jou eie kom-poshoop. Probeer om baie herwinning ook in jou tuin toe te pas. Wit blomme en struike komplimenteer altyd jou tuin. Ver-my baie tuinornamente. Koop ‘n goeie snoeiskêr en onthou, dis ‘n tegniek om te snoei. Beplan jou tuinpaadjie só dat dit êrens heen lei en probeer om eenvormigheid met jou planthouers/potte te skep. Lede kon ook vrae vra oor probleme wat hulle ondervind met hulle tuine.

Die volgende VLV-vergadering gaan deur Gesondheid-portefeulje op 12 Mei aangebied word.

Die spreker is Linda Santilli, Kindersielkundige oor die Selfbeeld van die kind asook boelie– en afknougedrag.

Biblioteeksaal - 09h00 vir 09h30. Almal welkom - Nie-lede betaal R30

Navrae: Nicoline Brown - 082 477 0665

Cokes Geldenhuys, gasspreker met Mickey Visser (Tuinbou-klub bestuurslid) en Marlize Rossouw

(VLV-landbou). Foto: Moira van der Westhuizen

Page 25: Die piketberger Mei 2016

25

VLV-Nuus : Aurora

Bessie Brand, regs, van Aurora VLV-Tak het by die 84ste VLV-Konferensie in Citrusdal die eerste plek behaal vir haar Beetblatjang. Sy het die Hopefield-

Trofee vir preservering ontvang. By haar is die Voorsitter van Aurora Tak, Susan van Geems.

Foto: Marinda Mostert

Weskus Konferensie 2016

‘Women Walk the World’

Die Wêreldbond van Plattelandse Vroue het aan elke VLV-tak die uitdaging gestel om saam met hulle te stap op 29 April 2016. ‘n Paar lede van Aurora-tak het deelgeneem aan die pretstap. Vroue dwarsoor die wêreld stap vir die geleentheid. Daarna is daar gesellig koffie en beskuit geniet. Foto’s: Marinda Mostert

Te Huur 5 Kantore Te Huur

Kontak: 022 913 2333

[email protected]

Halfdag Pos Beskikbaar By Rekenmeestersfirma

(Ure onderhandelbaar)

Die volgende kwaliteite word verlang:

Boekhou-/Pastel-ondervinding Administratiewe ondervinding

Stuur asseblief CV’s na: [email protected]

Faks 022 913 1482 of

Lewer af by FJS Finansiële Dienste Voortrekkerstraat 97

Piketberg

Sluitingsdatum 15 Junie 2016

Te Koop Rippen Klavier te koop

Goeie toestand, word jaarliks gediens.

Prys: R5 000,00

Kontak Jeanette Richter 083 485 7860

Page 26: Die piketberger Mei 2016

26

Die volgende Piketberger verskyn op 2 Junie 2016

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 24 Mei 2016

Stuur na: [email protected]

deur Jannie Lategan

Siphenkosi

Protection Services

Your security Our priority

Now in Piketberg (Next to DA offices)

Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for

industrial, commercial, farm properties, special events & access control.

Alarm installations.

Contact for free quote.

Email: [email protected]

Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Your security Our priority

Heerlike A-graad Beesbiltong te koop R210.00 per kg, heel of gekerf,

net ‘n half kg en meer. Koedoebiltong R230.00 per kg. Bees maalvleis R65.00 per kg

Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Om ‘n brief te ontvang van ‘n predikant wat alreeds 92 jaar oud is, nog in ‘n

netjiese stylvolle handskrif kan skryf en ‘n fantastiese ge-heue het, was ‘n oorweldigende vreugde. Dis Ds E S (Erick) Breytenbach en is waarskynlik vandag nog baie goed bekend aan die Senior Burgers van Piketberg. In sy brief, wat soos ‘n narratief lees, vertel hy van sy tyd wat hy te Piketberg deurgebring het en haal verskillende fami-lies, hulle oorsprong en afstammelinge aan. In absolute kronologiese volgorde van tyd, praat hy oor die breë samelewing. Ek lees ‘n onderliggende begeerte in sy brief van ‘n hunk-ering na Piketberg, maar aan die einde skryf hy weer: “Dit is nou seker maar tyd om huis toe te gaan”. Hierdie brief sal beslis geliaseer word tussen talle ander kosbare herinneringe van weleer. Wat sou hom gemaak het om aan my te skryf…ja, ek ken hom goed en onthou hom tydens sy huisbesoeke op die plaas en sy belangstelling in wat jy doen en waarmee jy besig is. Ek het op my reis deur die brief egter ontdek dat hy Die Piketberger lees en daar die ode aan Mariana le Roux gelees het. Mariana le Roux se pa, Ds P G Rossouw was sy kollega op Piketberg. Hy was dankbaar daaroor en na aanleiding van my verwysing na die skool-hoof Dr W H Vos in een van die rubrieke, het hy trots ge-voel dat hy hulle, en onder andere die begaafde en hoogs geletterde Skoolhoof Dr W H Vos en sy vrou, Anna-Minnaar Vos, meesterlike klavier virtuoos en dan haar musiekleerder van bo-gemiddelde standaard, Mariana le Roux geken het. Die lewe gaan so ontsettend vinnig verby en ons moenie vir een oomblik dink dat ons straks vergete is nie, iewers is daar iemand van jare gelede wat straks nog iets vir jou te sê het. Hy onthou van die Boukomitee waarin hy ge-dien het saam met onder andere Issy Eksteen en wat hulle vermag het om die seunskoshuis, soos dit vandag nog daar staan, te kon oprig. Hy skryf positief oor talle gemeentelede van sy tyd en vertel van die Moutons, die Richters, die Eksteens ens. Interessant, hy sê, dat hy nie weet waar die plaas se naam Moutonsvallei vandaan kom nie. Hy noem dat dit moes wees Muttons Valley. Dit was Engelse wat die naam oorgedra het toe hulle van Engeland hierheen gekom het. (Dit net terloops). Erick Breytenbach is 92 jaar oud, maar hy is beslis een van daardie mense wat sal bly leef totdat hy sterf.

Kosbare kleinnood

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters

en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800

[email protected] Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Page 27: Die piketberger Mei 2016

27

NG Kerk Eendekuil Ons leef vir Christus en Sy koninkryk

Ons gemeentefees en die “fun ride” op 9 April was ‘n heerlike byeenkoms. Dankie aan almal wat op hul pos was: verkeer, noodhulp, fisioterapeute, kosmakers – te veel om op te noem. ‘n Hele span het gesorg dat almal weet wanneer hulle waar moes wees. Elke persoon wat ‘n bydrae gelewer het vanaf die “hekwagter”, diegene wat parkeerplekke aangewys het, dié wat moes sorg dat die “fun ride” glad verloop, ens – het dit wat hy/sy gedoen het met groot entoesiasme gedoen. Dankie daarvoor! ‘n Ander groot dankie aan al ons borge. Ons waardeer elke bydrae regtig baie. Dit was ‘n groot hulp met die reël en aanbied van ons fees: Kaap Agri, Goedehoop Sitrus, Bonthuys Bicycles, Piketberg Apteek, Botha Kelders, Piket Implemente, Carmien Tee, Stephan en Seun Boerdery, Coca Cola, Goedehoop Garage, Yara Kunsmis en Oranje Slagtery. Natuurlik sou niks hiervan kon realiseer sonder almal wat ons ondersteun het nie! Dankie aan elkeen wat die dag op Eendekuil kom kuier het en ons Kerk so ondersteun het. Dankie vir elkeen wat fiets gery het, in die teetuin gekuier het, gesmul het aan die potjiekos, roosterbrood, braaivleis en al die ander lek-ker-nye. Dankie sommer net omdat jy die dag saam met ons geniet het. Ons is só bly julle was hier!

Berig en foto’s verskaf

Lilla Treurnicht, René Rust en Karin Coetzee Foto: Alettha Rust

René Rust het onlangs een van haar skilderye aan Lilla Treurnicht oorhandig. René het van 8-jarige ouderdom Karin Coetzee se kunsklasse bygewoon met sosialisering as hoofdoel. Karin Coetzee het nie vir René formele kunsklasse aangebied nie, maar René se kunstalent is hier geprikkel. Deur die jare het dit ontwikkel en Karin het haar aangemoedig om verder daarmee te woeker. Intussen het Lilla Treurnicht ook René se talent raakgesien. Sy het vir René 'n klein prentjie gegee om te skilder. René het die “Tango” vir haar gedoen. Lilla was so ingenome daarmee dat sy vir René 'n tweede prent gegee het. Dit is “Shall we dance” gedoop. Gevra waarom Lilla so 'n besonderse belangstelling in René se werke toon, het Lilla gesê René het elke keer vir haar meer gegee as waarvoor sy gevra het. Sy is nog nooit teleurgestel deur René se werk nie.

René Dans Deur Kuns

En-Suite Kamers Te Huur In ou Nederberg Hotel

Slegs vir stil en enkel persone.

Kontak asseblief 072 130 2936 vir navrae.

Te Huur

Page 28: Die piketberger Mei 2016

28

Plaaswerker seun gekeur vir jeugkamp na Duitsland

Vir Alex Monk, 'n Graad 9-leerder van Stawelklip Morawiese Primêr op Piket-Bo-Berg het die onmoontlike waar geword toe hy gekeur is om deel te wees van 'n groep leerders uit die weskus wat die komende skool-vakansie Blankenburg in Duitsland gaan besoek. Die toer word gefasiliteer deur die Weskus Distriksmunisipaliteit. Alex moes egter baie uitdagings oorkom om hierdie toer 'n werklikheid te maak. Eers moes hy, saam met 23 ander aansoekers, die keuringsproses deur 'n paneel van vyf deurstaan en daarna moes hy verseker dat hy 'n geboortesertifikaat en paspoort bekom – iets wat nie altyd vinnig geskied nie. Hierdie hele proses is egter binne vier weke voltooi en afgehandel. Boonop moes hy R15 000 bydra vir die toer. Hoewel alle verblyf en vervoer in Duitsland gedek is, is elke deelnemer verantwoordelik vir hul eie vliegkaartjie, visum en sakgeld. Menslik gesproke was dit amper 'n onmoontlike taak, tog het hierdie seun hoop behou en die onmoontlike het 'n werklikheid geword en is al sy doelwitte amper bereik. Die doel van die besoek aan Duitsland is om verdraagsaamheid tussen kulture aan te moedig, leier-skap te ontwikkel, leerders se visie te verbreed en leerders se gevoel van verantwoordelikheid vir die onmiddellike omgewing na die res van die wêreld uit te brei. Die ander lande wat verteenwoordig sal wees, is Duitsland, Latvia, Vietnam, Hongarye, Kazakhstan, China en Kyrgyzstan. Alex is deel van 'n jeuggroep wat reeds die afgelope jaar elke Dinsdagaand op Kruistementvlei, Piket-Bo-Berg bymekaarkom waar waardes, algemene kennis, debat-voering en onderwerpe van omgewingsbelang bespreek word. Dit is ook 'n geleentheid waar die jeug van die omgewing hul opinies oor daaglikse ervarings kan be-spreek. Hier word hy ervaar as 'n persoon wat sterk staan

Alex Monk saam met sy ma, Elize en pa, Carel. Foto: Riëtte Bryant

in sy waardeoortuigings en nie huiwer om sy saak in nederigheid oor te dra nie. Tot op hede is sowat R12 000 geïn wat die toer 'n absolute moontlikheid maak vir hierdie seun wat net weer eens besef het dat die onmoontlike moontlik is. Die gulhartige bydraes deur mense en instansies was 'n bewys van die oop harte in ons gemeenskap. Alex dra ook self by deur trekkers uit hout te bou wat hy verkoop. Hy het op die laaste Plaasmark R200 geïn deur die verkope van sy handwerk. Hierdie insluiting van jeug in hierdie toer het weer hoop gegee aan baie jong mense in ons omgewing waar die hoop soms yl is. Vanessa Beautement (073 883 5866) het aangebied om sy finansies vir hierdie toer te hanteer. Enige bydraes kan in die volgende rekening inbetaal word: V Beautement, Nedbank, rekeningnommer 102 986 6171 met verwysing: Bydrae vir CJ Monk. Vir meer inligting kan u Riëtte Bryant skakel by 022–914 5652. Indien u meer inligting verlang oor die kamp self kan u Melonice Blanckenberg by die Weskus Distriks-munisipaliteit skakel op 022-433 8400.

PHS hou Opedag Piketberg Hoërskool het op 25 April ‘n Opedag gehou vir voornemende Gr 8-leerders. Graad 7-leerders van omlig-gende dorpe het die skool besoek en is verras met 'n "ontploffing" in die Fisiese Wetenskapklas en 'n Wis-kundeles met die nuutste tegnologie. Daarna het hulle 'n Engelse les bygewoon. Die leerders moes ook die skool verken en daarvoor het hulle deelgeneem aan 'n Amazing Race. Foto’s: Alta Nelson

Fisiese Wetenskaples

Wiskundeles

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Hoofstraat, Piketberg (Langs Van Zyls Garage)

076 433 8944

Ligte Etes ook nou

beskikbaar

Page 29: Die piketberger Mei 2016

29

Tulbagh Plant Hire (boumasjinerie bv concrete mixers,

compactors, generators, ens.) is op soek na 'n bekwame en betroubare

hardwerkende persoon om 'n tak in Piketberg te bestuur. Moet met mense kan werk. Kode 08 lisensie hê. 'n Tegniese aanleg hê. Kennis van

boumasjinerie sal tot u voordeel wees. Vertroud wees met dorp en omgewing.

Epos aansoek met CV en drie referente, asook

kontaknommer van vorige werkgewer na Epos aan: [email protected]

Bespreking deur Deidré Eigelaar

Leeskring

Die volgende boekbesprekings is: 18 Mei - Biegbrief en ander verhale

deur Esta Steyn en

15 Junie - Vermis op Allesverloren deur Anchen Troskie

Die sentrale temas wat deurlopend is in die boek is die rooi honde as tema van die ongetemde in die mens, die ongebondenheid van pioniers aan mense en plekke en gesag. Verder word die Afrika en Suid-Afrikaanse konflikte tussen stamme en mense en owerhede, die sendelinge wat die wildheid probeer tem en dan veral die geskiedenis van Suid-Afrika, ontgin. Die reis deur die geskiedenis wat

verloop met die geskrewe Flatus Vocis as reisjoernaal, politici wat in uiterse onkunde mense affekteer tot slegs politieke en eie voordeel, en die mens se ewigdurende ongetemdheid. Die titel en die voorblad is treffend tot die verhaal. Buys wat ewiglik grense verskuif en die honde wat ewiglik deel vorm van die Buys landskap as sy juxta posisies met al-les en almal om hom – die wild en die mak, die intelli-gente barbaar, die waansinnige berekende man, die on-gevoelige en sentimentele man, die by en betrokke wees en die ver en afwesig wees. Die Hugenoot van Eu-ropese oorsprong met Afrika geënt in sy wese, die dui-wel en die engel, die wit man wat swart is, die rasionele en die irrasionele mense, lief vir sy kinders en gevoelloos teenoor andere en die natuur. Die woordeskat is kosbaar en die Afrikaans weerspieël die taal van die tyd. Woorde soos galgenaas, hondsvot, snaphaan, blaaskaak, snoeshaan, mafkees, baaierd, dragonders, kokhals, fielt en pandoer is treffende voor-beelde hiervan. Beskrywing van mense en insidente vloei musikaal en die humor is kosbaar. Die Franse gepruikte reisiger is in teenstelling met die wilde honde ook as reisiger deur die roman teenwoordig met sy Flatus Vocis. Met die nalees word die leser gekonfronteer met hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde. Daar is heelwat geskiedenis te lees en met die nalees van Paravicini het ek op `n kosbare webtuiste afgekom. By www.dbul.org waar die Van Riebeeck Vereniging die reisjoernaal van 1803 opteken waar op bl 248 daarna verwys word. Die ooreenkomste van 1803 tot vandag in die jaar 2016 is treffend. Die stamme soos die Bastaards, Hartenaars, Koranas, Bossiemans, Griekwas, Hotentotte en Buysvolk asook die Kolobeng, Bakwana, Motswasele, Birwa, Rhardebe en die Amathembu is maar van die volke wat nagelees word. Heelwat word leer-saam vervat oor die swart kulture, die sendelinge, die stamme en die geografie. Geweld was van die kritiek teen die boek. My gevoel is dat die geweld nie méér in die boek voorkom as wat die werklikheid openbaar nie. Die boek is die werklikheid van pioniers se harde, meedoënlose lewe met geen spasie vir sorg en emosie nie. Dit is waarskynlik ook die sneller vir jong Buys se hardheid en wrede geaardheid. Die boek begin met Buys wat weggegooi word deur sy wrede moeder, Christina. Sy sagte vader wat as Franse Hugenoot weggestuur word van die familieplaas in die Caab, beland in die Lange Cloof waar hy en wrede Christina hul vestig. Dit blyk Buys se vader, Jan du Buis, word vermoor deur sy moeder. Hy beland by sy suster Geertruy waar hy weer die liefdeloosheid ervaar by sy swaer David Senekal.

Op die rakke van die Biblioteek

Buys deur

Willem Anker

Kosbaar, soos net `n kind kan, begin sy eerste geweld met haatname wat hy sy swaer noem. Dit is Buys se eerste geweldpleging in woorde teen David Senekal wat omgesit word in fisiese geweld. Die geweld word Coenraad Buys se reisgenoot, net soos die Franse reisi-ger in die vorm van die Flatus Vocis en die rooi honde. Buys is `n veelwyer wat sy saad wyd saai. Sy vroue is Maria, Nombini, Yese, Elizabeth en Kgari. Hy kap sy pik in al wat vrou wat hy teëkom, en soos sy wellus hom be-gewe. Sy kinders is baie, maar sy liieflingskind is Eliza-beth (of Bettie soos hy haar noem). Bettie, wat hom nooit naby haar toelaat nie, trou met die teenpool van haar pa, Jan die Kirsten, soos Buys hom noem. Soos die honde, skep hy sy eie trop met sy vele verwekte kinders, vroue, Hottentotte, drosters en uitvaagsels. Die trek word op-geteken met die verbranding van sy blyplekke soos die sigeuners wanneer hy wegtrek. Die kapteine van die swart stamme word as Chungwa (Kongo en Andries Zwartbooi as ander naam), Ndlambe, Jalusa, Tuli, Langa, Mabula en die Hottentot kapteins is Stuurman en Bovenzak (Boezak) wat in die reisjoernaal van Paravacini gemeld word. Dit verduidelik iets van die kompleksiteit van Suid-Afrika wat ons so graag net as swart en wit afmaak. Die karakters is van alle kontinente soos Ierland, Engeland, Frankryk, Duitsland en Neder-land en die Italiaanse krygsgevangenes word gemeld met die bou van die paaie. Suid-Afrika is werklik `n smeltpot van volke en stamme. Om af te sluit – die roman as `n troos is geskiedenis. Die roman is hier om die onsêbare baie onseremonieël vir die leser in sy kru vorm aan te bied vir verwerking, soos dit in die litnet resensie gestel word: ‘dit is `n roman waar die waansin van die mens en sy onderbewuste vrye teuels kry’. Die roman word na verwys as `n kragtoer, goed nagevors en wat sy plek inneem langs die werklik groot Afrikaanse romans.

Page 30: Die piketberger Mei 2016

30

Wat sê die Woord?

Deur Pastoor Tjaart Olivier

“Wat is my doel op aarde?” “Wat maak ek hier?” Is dit nie algemene vrae wat nou en dan in ons kop rondrol nie? Wanneer die lewe vol uitdagings is of wanneer ons mismoedig voel, is dit dikwels die geval dat ons begin dink wat ons hier maak. “Is daar ooit ’n doel met my lewe?” Ek het vir jou goeie nuus: daar is definitief ’n doel met jou lewe! Efesiërs 1:3-4 sê: “

3GESEËND is die God en Vader van

onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,

4soos Hy

ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees”. God het jou voor die grondlegging van die wêreld uitgekies om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees. Wat beteken dit? God het gekies om in verhou-ding met jou te wees voor die grondlegging van die wêreld af. God het gekies om, deur Jesus, jou heilig en sonder gebrek voor Hom te stel. God het reeds gekies om jou te aanvaar net soos wat jy is. Dit is nou jy wat net moet kies om Sy geskenk van “aanvaarding” te aanvaar. God bied dit aan as ’n geskenk. ’n Geskenk is nie iets waarvoor jy kan werk nie. Dit is iets wat jy net in dank-baarheid moet ontvang. Jou doel is dus eerstens: om in ’n verhouding met God te kom en daarin te groei. Jeremia 29:11 sê: “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee”. God se gedagtes is op jou lewe gefokus. Hy weet hoeveel hare jy op jou kop het (Mattheus 10:30). Ek is baie lief vir ons nege maande oue dogtertjie, maar ek het nog nie die moeite gedoen om die hare op haar kop te tel nie! Die gedagtes wat God vir jou het, is net goed. Jy is nie ’n stuk vleis wat hier ronddwaal op die aarde nie. Jy is met ’n doel en vir ’n doel geskape. Jy het baie potensiaal. Jy het iets om te gee. Jou lewe is be-langrik. Jou doel is dus tweedens: om God se leiding te volg en te doen wat Hy jou geroep het om te doen. Vat ’n oomblik nadat jy die bogenoemde gelees het en praat met God oor dit wat in jou hart aangaan en Hy sal jou antwoord. God het vir Jesus gestuur om ’n intieme verhouding met jou te hê. God weet klaar wat in jou hart aangaan en wil vir jou leiding gee. Hy wil jou lei in die waarheid wat jou gaan vrymaak. Die planne van die vyand is om jou te bind, om jou te laat glo dat jy nie goed genoeg is nie en dat jy niks vir niemand beteken nie. Dit is alles leuens uit die put van die hel! God het jou geskape en jy is kosbaar vir Hom. Jakobus 4:7 sê: “Onderwerp julle dan aan God; weer-staan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.” Onderwerp jou aan God en Sy beloftes vir jou (kies om Hom te ver-trou bo enigiets anders), weerstaan die duiwel en hy sal van jou af wegvlug. Die Woord verduidelik dit so een-voudig. God se beloftes vir jou is redding, genesing, vry-heid en voorspoed. Jesus het reeds vir jou die oorwinning gegee – gryp dit aan, jy kán! Verdere studie: Psalm 139; 2 Korinthiërs 2:20; Efesiërs 2:8-10; Johannes 17:3; 2 Petrus 1:2-4 (Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem)

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

FNB Classic Clashes Saterdag 14 Mei

PHS Sportgronde

Page 31: Die piketberger Mei 2016

31

Die Piketberger se Datums vir 2016

Knip uit en bêre

Berigte/Advertensie

IN 24 Mei

21 Junie 19 Julie

23 Augustus 20 September

18 Oktober 22 November

VERSKYN 2 Junie

30 Junie 28 Julie

1 September 29 September

27 Oktober 1 Desember

Advertensiekoste Volblad: R465 Halfblad: R320

Kwartblad: R215 Agsteblad: R150 Ander groottes op aanvraag.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na:

[email protected]

PHS Personeel speel toneel

Koekemoer Koekeloer 26 en 27 Mei

Kontak die skool by 022 913 1134

Page 32: Die piketberger Mei 2016

32

Graad 12 se top tien : 1 Jurgen Willemse, 2 Chris-topha Booise, 3 Monique Smith, 4 Juhane Dietrich,

5 Donovan Christiaans, 6 Shannon Rosant, 7 Rochelle Swarts, 8 Allison Schreuder, 9 Oscar

Markus en 10 Angelo Daniels.

Graad 9 se top tien : 1 Ethan Leen, 2 Jaseron Engel-brecht, 3 Riduwaan Otto, 4 Hadley Thomas, 5 Ash-lynne Holloway (afwesig), 6 Lizaan Kok, 7 Donita

Britz, 8 Theresa Olivier, 9 Dylan Hector en 10 Alexandra Steenkamp.

Graad 10 se top tien : 1 Zealke Kayster, 2 Jasmine Mackay, 3 Garvin de Wee, 4 Joslynn May, 5 Faith

Greeff, 6 Britheney Hector, 7 Keshe Syse, 8 Sinead Jantjies, 9 Raquel Adonis en 10 Joanique Claasen.

Foto’s: Marietha Goosen

Graad 11 se top tien : 1 Chloë February (afwesig), 2 Silique Klaase, 3 Selena Faro, 4 Lorentia Ambraal,

5 Jacquelize Louw, 6 Keenan Adams, 7 Marildia Akermerdien, 8 Melvino Monk, 9 Ivan Erasmus en

10 Joleen Zass.

Steynville Sekondêre Skool se Top Tien Presteerders

Graad 8 se top tien : 1 Kelly-Ann Le Fleur, 2 Gertrude Willemse, 3 Deverney Joubert, 4 Leonarde West,

5 Marshe de Wee, 6 Sharnelle Beukes, 7 Willmare Arendse, 8 Whitney Rosenberg en Amy Smith,

9 Elona Julius en 10 Danielle Monk.

Rugga vir Oud Zebras

2015 Zebras, vermom as Bulle, het gewys dat ‘n Zebra wel op Bullegrond kan wen toe hulle onlangs

vir die 1ste en 2de dorpspanne uitgedraf het. Jan-Daniël Roux, Jacques Joubert, Benna van der

Westhuizen, Ruan Brand, Daniel Goosen, Jandré de Witt en Adam Barnard. Foto: Lynette de Witt

Page 33: Die piketberger Mei 2016

33

Alfred Otto verwerf sy B.Ed graad (Business

Economics and Science) by CPUT Wellington. Hy

matrikuleer aan Hoërskool Porterville in 2006 en begin werk as ‘n

sportassistent by Schoonspruit Sekondêr op

Malmesbury. In 2010 besluit hy om te studeer

as onderwyser. Hy is tans werksaam by Steynville

Sekondêre Skool op Piket-berg en gee Wiskundige

Geletterdheid vir graad 10 in die VOO band.

PHS se nuwe leerkragte

Aan die begin van die tweede kwartaal het Dirk Kok as Lewenswetenskappe onderwyser en Anneke Roux

as Engelse onderwyseres by PHS aangesluit.

Foto: Marietha Goosen

Proefstudente by SSS

Studente aan CPUT wat gedurende die tweede kwartaal by Steynville Sekondêre Skool geproef het is

Craig Rumble, oud-leerder van SSS, 2de jaar B.Ed VOO gr 8 - 12 student by CPUT Mowbray, Raydene

van Wyk, oud-leerder van SSS, studeer PGCE : VOO gr 8 - 12 by CPUT Mowbray, Lizane Wessels, 4de jaar

B.Ed ISF student by CPUT Wellington, Sharné Warnick, 2de jaar B.Ed EMS VOO gr 8 - 12 student by CPUT Mowbray en Hugh Resandt, tans 2de jaar B.Ed

FET EMS gr 8 - 12 student by CPUT Wellington. Foto: Marietha Goosen

Studente aan CPUT op Wellington wat gedurende die tweede kwartaal by PHS geproef het, is agter Carike

Wiggins, Charlene Jooste, Tiaan van Deventer, Shimoné Conradie en Lylani van Lill. Voor is Berenice

Everson, Anmari Claasen, Andrea Fourie, Charné Carstens en Marili Oosthuizen.

Foto: Marietha Goosen

PHS se Proefstudente

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane.

Enige modelle: 1916 tot 2016

Onmiddellike betaling

Skakel Jakes by

083 384 8547 en/of Epos:

[email protected]

Page 34: Die piketberger Mei 2016

34

Wilson Tennistoernooi Die volgende pragtige uitslae is behaal by die Wilson

Tennistoernooi gehou op 27 April: Marc Poggenpoel 1ste o/13 A-afdeling Erasmus Mouton 1ste o/11 B-afdeling

Jana Bruwer 6de o/11 A-afdeling Gabrie Loubser 10de o/10 B-afdeling

46-jaar Tennis Droogte Gebreek Bendert Smit, PHS-leerder in gr 11, is die nr 1-tennisspeler in die skool. Sy pa, dr Ben Smit, het sy vriend, Walter Anthony weer opgespoor en uitgevra oor 1966…… In 1966 was Walter Anthony in Gr 7 (St. 5) in PHS Laerskool en hy was die Nr 1-Tennisspeler van die Laer-skool. Begin 1967 begin sy Hoërskoolloopbaan by PHS en speel hy uit vir plek in die Hoërskool Tennispan. Hy het gespeel teen Hasie Smit, die Nr 1 van die Hoërskool (St 8) en hom gewen om die skool se Nr 1 plek te beklee. Dit was die eerste keer sover ons kon vasstel dat ‘n Nr 1 van die Laerskool die volgende jaar in die Hoërskool (St 6) die Hoërskool se Nr 1-Tennisspeler word tot in sy ma-triekjaar. Walter is in 1969 (St 8) in die Boland Tennisspan op-geneem, vermoedelik onder 17 ouderdomsgroep, maar nie die volgende twee jaar nie. Vir die oud-leerders: Die Eerste Seunsspan in 1967 was Walter Anthony; Hasie Smit; Arthur Rumboll en André Pretorius. Johan Carstens was in die tweede span en ‘n paar goeie tennisspelers het saam met hom en Walter Hoërskool toe gekom soos David Mohr en Hannes Pretorius.

In 2012 (Gr 7) was Bendert Smit die Nr 1 Tennisspeler van die Laerskool PHS en in 2013 begin sy Hoërskoolloopbaan by PHS (Gr 8), waar hy moes uitspeel teen die Nr 1 van die Hoërskool, Wynand Smit (Gr 12). Bendert het toe ook die Nr 1 van die Hoërskool ge-word, tot vandag toe in gr 11. In 2016 word Bendert in die o/19 Boland Tennisspan opgeneem. Dit is die eerste leerling in 46 jaar wat dit weer reggekry het! Die ooreenkomste tussen die twee spelers is baie opvallend, al

is dit 46 jaar later. Albei Nr 1 Laerskool; albei Boland Laerskool Tennisspan; albei wen in Graad 8 die Hoër-skool se Nr 1 Speler en albei word in die Boland Hoër-skool Tennisspan opgeneem. Albei maak hulle skoolloop-bane klaar by PHS.

Berig: Bennie Smit. Foto’s verskaf Die Piketberger het ondersoek gaan instel en verneem dat Jean-Pierre Olivier ook Bolandkleure vir tennis gekry het in 2000 toe hy in Gr 7 was, 2001 (Gr 8) en 2002 (Gr 9). Hy het ook in Gr 10 ontvang, maar was toe in Hoërskool Stellenbosch.

Walter Anthony, oud-PHS’er en tennisster.

Bendert Smit

Reach Out

Reach Out, 'n vertakking van die VCSV, het 'n aand aangebied met die tema "Inside Out". Huis van Heerde Kinderhuis se kinders het kom kuier en opgetree. PHS-leerders en ander volwas-senes het items en getuienisse gelewer. Bokse met donasies in die vorm van klere en speelgoed is vir Huis van Heerde ingesamel en oorhandig. Die jeugwerker, Driaan Pretorius is die koördineerder.

Foto's: Marietha Goosen

Page 35: Die piketberger Mei 2016

35

Span saam vir Loslitdag 2016 Maak jou reg vir Loslitdag 2016! Die tema vir 2016 is so pas aangekondig: Span saam! Loslitdag is die land se grootste fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek vir persone met gestremdhede. Die Loslitspan besoek ver-skeie stede en dorpe die land oor om die 2016 tema van stapel te stuur. Volgens Loslitdag se projekleier, Vanessa du Plessis, het die publiek verlede jaar R27 miljoen geskenk. “Suid-Afrikaners is gek na sport en vanjaar is ‘n groot sportjaar: die Olimpiese en Paralimpiese Spele vind later in die jaar plaas. Loslitdag val met die aangeleenthede saam. Ons vra dat die publiek ons spanne ondersteun en terselfter-tyd ook persone met gestremdhede ondersteun. “Dis ‘n dag waarop ons vra dat almal in SA gemaklik, formeel of sommer net verspot sal aantrek wanneer hulle werk toe gaan en die amptelike Loslitdagplakker sal dra. Loslit Dag is a projek van die Nasionale Raad vir Persone met Fisiese Gestremdheid, ’n nie-winsgewende nasionale organisasie wat hom beywer om die behoeftes van per-sone met gestremdhede aan te spreek. Loslitdag het oor die jare ‘n gunsteling op die kalender geword vir baie Suid-Afrikaanse sake-instellings. Som-mige maatskappye gebruik dan Loslitdag as ‘n geleent-heid vir hul korporatiewe spanbou dae, terwyl hulle ‘n bydrae maak tot een van ons land se mees kwesbare sektore. Die Loslitspan besoek in Mei al die provinsies om deel-nemende organisasies op hoogte te hou van die projek. “Ons nooi organisasies wat nog nie deelneem nie uit om te registreer. Hulle kan sodoende geld vir hul eie organi-sasie insamel – mits hulle persone met gestremdhede ondersteun.” Loslitdag vind vanjaar op Vrydag 2 September plaas. Fondse word deur ‘n skenking van R10 vir ‘n plakker in-gesamel ter ondersteuning van persone met gestremdheid se regte tot onderwys, behuising, opleiding, toeganklikheid en werkskepping te ondersteun…met an-der woorde, volle inskakeling in die gemeenskap. Kontak ons by 011 609 7006. www.casualday.co.za FB: www.facebook.com/casualdaySA Twitter: @CasualDay_SA

Rooiwinkel se mense Annette van Tonder skryf… Nie baie jare gelede nie, het Alana Hanekom op Moor-reesburg ‘n ou winkeltjie begin bedryf - niks groter as my huidige kombuistafel nie. Haar motto was: “aanhouer wen”! Met durf en deursettingsvermoë het sy later die winkeltjie op die hoek van Kloof– en Loopstraat hier oorgeneem. ‘n Paar jaar gelede het Hanique Handelaars ‘n splinternuwe rooi mantel gekry en is nou die Rooiwinkel. Alana en Frikkie Coetzee het ál hul kragte in daardie win-kel gegooi én ‘n sukses daarvan gemaak. Namens Piket-berg-gemeenskap wil ek vir haar en Frikkie baie dankie sê vir uitstaande diens, blywende lojaliteit en warm vriendelikheid wat ons ontvang het. Die hardwerkende personeel is ook van uitstaande gehalte. Opregte dank aan elkeen. Alana se verhaal laat my aan Moeder Teresa van Kalkutta dink: Laasgenoemde het slegs met ‘n paar munte in haar hand gestaan, maar haar hartewens was om ‘n weeshuis te bou. Haar woorde was: “Dié munte is te min vir ‘n weeshuis, maar met God se hulp plus die munte, gaan ons dit regkry.” Die weeshuis is kort daarna gebou, ‘n reuse sukses. Die Rooiwinkel se nuwe eienaar, Trevor, word hartlik wel-kom geheet hier op Piketberg - die “Solder-van-die-Swartland.” Ek praat van ondervinding as ek sê, hier ar-riveer ‘n vreemdeling as ‘n zero, maar vertrek as ‘n hero en hegte vriend. En vestig jy jou hier, is jy deel van uitsoek-bestanddele van uitmuntende tuisgebakte gasvryheid. Hiér verander ons mekaar se “scars-into-stars”! Dit geld vir ál die nuwe intrekkers. Welkom aan boord!

Ons plaas alle troufoto’s, gradeplegtigheidsfoto’s,

doopfoto’s, skoolfoto’s, sport-foto’s….alle foto’s GRATIS.

Die foto’s moet aan ons

gestuur word na: [email protected]

en ons plaas dit vir jou!

*************

Sluitingsdatum vir ons volgende

uitgawe is Dinsdag 24 Mei

Page 36: Die piketberger Mei 2016

36

Madeliefie Makietie en Expo

Voorste Suid-Afrikaanse kunstenaars trek saam op Vredendal

Karen Zoid, Theuns Jordaan, Kurt Darren, Snotkop, Wynand en Chereé, Elvis se Seun, Adam, Wicus van der Merwe, Rooies, Liza Brönner, Ricus Nel, Hendrik Span-genberg, Dr. Victor & The Rasta Rebels en Refentse Mo-rake is van Suid-Afrika se voorste kunstenaars wat vanjaar by die Madeliefie Makietie in die hart van die Mat-zikama gaan optree. Madeliefie Makietie vind vanjaar van Donderdag, 29 September, tot Sondag, 2 Oktober, op Vredendal plaas. Benewens die groot buitelug-verhoog, pretpark en stalletjies word die Pars-en-Proe-lokaal omskep in ’n kon-trei-kos-deli met die streek se wyne. Die fees spog ook vanjaar met ’n volledige landbou-uitstalling waar verskeie spelers uit die landboubedryf betrokke sal wees. Ondernemings wat by die landbou-ekspo betrokke wil wees of ander stalletjies by die fees wil bedryf, kan nou reeds op ons webwerf www.madeliefiemakietie.co.za aansoek doen. Cindy Schade, skakelpersoon van die fees, sê feesgang-ers moet nou reeds verblyf op Vredendal bespreek. “Verblyf in die streek is beperk. Maak seker jy word nie aan die slaap gevang nie, so bespreek vroegtydig. Vredendal bied ’n wye verskeidenheid van hotelle, gaste-huise, kampeerterreine en meer om van te kies. Besoek die webtuiste by www.madeliefiemakietie.co.za om na moontlikede te kyk. Volgens Schade is Madeliefie Makietie ’n voltydse leef-styl-projek om die jeug van die streek te ondersteun. Van die inkomste word gebruik om fasiliteite by skole te skep. “Tydens die fees is dit vir ons ook belangrik om waarde vir ’n veilige en gesinsvriendelike atmosfeer te skep. Ons is baie trots dat ons dit juis verlede jaar met sukses kon regkry.” Die Mej Madeliefie Makietie is elke jaar 'n hoogtepunt in die streek. Inskrywings vir Mej Madeliefie, wat op Don-derdag, 29 September plaasvind, is reeds oop. Snotkop gaan optree as seremoniemeester. Inskrywings kan op die fees se webtuiste gedoen word. Kaartjies is nou by Computicket en die fees se webtuiste beskikbaar en jy sal nie glo hoeveel waarde vir geld jy gaan ontvang vir die verskeidenheid van vermaak wat jy by vanjaar se fees sal geniet nie. Kaartjies wissel vanaf R60 tot R120 per persoon. Volg ons Facebook (www.facebook.com/Madeliefie Ma-kietieSA), Twitter (@madeliefieM) en Instagram (@madeliefiemakietie)-blaaie vir daaglikse opdaterings.

Boodskap aan die Matrikulante Annette van Tonder skryf… Ek het die voorreg gehad om my kleinkinders te sien, as klein saadjies geplant, in Piketberg Hoërskool se vrugbare grond; gesien hoe hul groei en goeie vrugte dra. Jaar na jaar sien ons die kinders se prestasies en uitstekende naskoolse terugvoering. Sonder ons skoolhoof, mnr Scholtz en personeel wat die touleiers is, sowel as ons ouers wat, al biddend, die ag-terhoede bewaar, is hierdie prestasies net nie moontlik nie. Julle is steeds die spoelklippe waarop ons kinders kan trap om oorkant die stroom te kan kom; die ruitveërs om elke kind ‘n veilige positiewe uitsig vorentoe te gee en die truspieëltjies, vir wanneer hul dalk negatief agteruit wil “reverse”. Opregte dank aan elkeen. Dei Gratia! Ons huidige matrieks - Charl Hanekom, “vennote en kie” - wat geleidelik in hul finale skrum begin sak, om hul laaste einddrie tussen die pale te gaan druk, ons juig luidkeels vir julle en is trots op elkeen. Sprei daarna jul vlerke en gaan lewe ‘n eerbare lewe en maak ‘n mooi kunswerk daarvan. Bou stewige lugkastele en gaan woon eerste daarin. Bou brûe en gee self die eerste tree daaroor, na jul medemens toe. Gaan maak tuin: saai saadjies van geloof, deursettingsvermoë, vergewensgesindheid, vertroue en mededeelsaamheid - gaan groei verder en blom waar jul geplant word. Maak julle keuses en besluite só, dat julle kan trots wees op die eindresultate, en nie spyt en teleurgesteld in die gevolge nie. Wees self ‘n mentor vir andere. En onthou Habakuk se gebed: “Al sou...wát ookal gebeur...nogtans sal ek in die Here jubel!” Sterkte vir julle eindwedstryd, drúk die finale drie! ‘n Wedstryd is nooit verby voordat die eindfluitjie geblaas het nie.

Leaney na SA’s

Leaney Barnard gaan in Augustus WP verteen-woordig by die SA Netbalkampioenskappe in Durban.

Page 37: Die piketberger Mei 2016

37

Soos elke jaar het Hoërskool Piketberg hul Kaskar-Dag teen die einde van die eerste kwartaal gehou. Duisende dankies aan die borge van die dag:

Efficient Advise; PPC de Hoek, Piketberg Mediese Sentrum; Piketberg Apteek; Dr Smit; Winkelshoek Wynkelder; Mountain Creek Spur; Liebco Vleishandelaars; Goedehoop Garage; CPM Landboudienste; Raimondis; Fat Catz;

Corner Stone Café; Skoonheidsalon Sanet; Bella Vita; Klipfontein Boerdery; Anonieme borge. Foto’s: Alta Nelson en Ilse Bruwer

K A S K A R

P R E T

Page 38: Die piketberger Mei 2016

38

R14 000 Voedsel Verligting

Plaaswerkers Suid Afrika is tans besig met ‘n projek om gesinne te help in hul tyd van nood. Boland

SUPERSPAR het Plaaswerkers Suid-Afrika se hand geneem in die projek en sodoende R14 000 se

voedsel gegee rakende die projek wat uitgedeel word aan verskeie gesinne. Dit behels vier voedsel

geskenkpakke per maand vir een jaar. Pieter het vir ons laat weet hoe dit met die eerste uitdeel

gegaan het.

Pieter Engelbrecht, President van Plaaswerkers Suid-Afrika en

Marietjie Pedro, Winkel Bestuurder Boland SUPERSPAR.

Boland Superspar trotse borg - Piketberg Gholfklub

Boland SUPERSPAR is die trotse borg van die Piketberg Gholfklub. Piketberg Gholfklub is ‘n lang gevestigde sportklub vir die gholfliefhebbers in

Piketberg en is oop vir oud en jonk. Die klub het ‘n sterk junior span en die senior span speel in talle Boland toernooie. Die Brodie toernooi waaraan hulle deelgeneem

het einde Maart het hulle gewen. Wel gedaan aan julle. Daar is nog ‘n paar opkomende wedstryde en ons wens julle alle sukses toe, ons weet julle sal

uitstekend vaar in al jul wedstryde.

Page 39: Die piketberger Mei 2016

39

Bekende besoeker

Lynette Geldenhuys, Admin Bestuurder by Boland Superpar en Andries Vermeulen.

Andries het kom gesig wys in Boland Superspar op 19 April. Almal was vreeslik

opgewonde om hom te sien. Hy is ‘n bekende vermaaklikheidster in die

Afrikaanse Musiekbedryf.

Registreer SO : Registreer by

winkel self en ontvang n ‘my rewards kaartjie

of registreer op die web:

me.spar.co.za

Catherine Pate was die gelukkige wenner van die Sunbeam Ysmaker in samewerking met Sensodyne en

Boland Superspar. Shameel Davids, Supervisor en Cindy van Heerden, PRO oorhandig die prys aan Catherine en

haar seuntjie.

Boland Superspar personeel doen die trekking van die wen-ner van die Boland Superspar Facebook 1000 likes kompe-tisie en die gelukkige wenner is Hester Liesching, foto regs.

Hester wen ‘n R250 geskenkbewys van Boland

Superspar.

Nog ‘n gelukkige My Rewards wenner, Christa Vorster ontvang

haar prys.

Page 40: Die piketberger Mei 2016

40