9
24 Kom vier Kersfees met die Bergrivierkoor Kersfees is sinoniem met oorvloedige genade, besinlike musiek, uitbundinge familiebyeenkomste, lewenslustige kinderogies wat ongeduldig op die koms van Sinterklaas wag, asook ‘n tydperk wanneer elkeen hom- of haarself ‘n tikkie weelderigheid gun en hul huise met betowerende kersversierings verfraai. Net soos menige huisvrou al sedert die vorige Kersfees die volgende Kersmaal beplan en die tafels behoorlik laat kreun onder die welbekende en sentimentele kulninariese spyse, so het die Bergrivier- koor die vergange maande met onskatbare oorgawe vir November se konserte geoefen om ons dorp en streek met ‘n keurspel van wonderlike Kersmusiek te trakteer. Kersmusiek geniet enorme populariteit; nie net is die musiek sielverkwikkend en alombekend nie, maar dit plaas ons ook in die stemming vir dìt waaroor die Kersboodskap eintlik gaan, naamlik die koms van Jesus Christus in die vlees en dat ons as mens met deemoed moet kyk na die dure prys wat die Vader betaal het vir ons as sterflinge. Deel van die Bergrivierkoor se missie is die opvoed- kundige aspek van musiek en om ons gehore aan so veel as moontlik komponiste en musiekstyle blootstelling te gee. Musiek is die taal van die siel en wanneer ons dit nie blootstel aan musiek nie, bly ons siele sprakeloos en behoeftig. Een van die onoorsienbare tydperke in die musiekgeskiedenis is die Barok era. Jou Barokmusiek omvat hoofsaaklik drie tydgleuwe naamlik; die vroeg- barok (ca. 1590-1625), middel-barok (ca. 1625- 1660) en jou laat-barok (ca. 1660-1725). Die Barokstyl se hoofeienskap is die ontstaan van tonaliteit of klanknuansering, en diè musiek word veral gekenmerk deur die koloristiese en “skilderkunstige” effekte. Tekenend aan die tydperk is dat komponiste en musikante al hoe meer gebruik gemaak het van meer ingewikkelde musikale versiering. Verder het veranderinge in musieknotasie en die ontwikkeling van nuwe instrumentele speel-tegnieke tot gevolg gehad dat die Barokstyl die grootte, omvang en kompleksiteit van instrumentele uitvoerings drasties verander het. Die mees belangrikste nalatenskap van hierdie era is dat dit dit wat ons vandag ken as ‘opera’, ‘kantate’, ‘oratorium’, ‘concerto’ en ‘sonate’ as volwaardige musikale genres gevestig het. Ekserpe uit ons repertoire is toegespits op vier Barokkomponiste te wete; Jeremiah Clarke (1670-1707), Antonio Vivaldi (1678-1731), Georg Friedrich Händel (1685-1759) , en Johann Sebastian Bach (1685-1750). Van bogenoemde komponiste is Johann Sebastian Bach se musikale erfenis van onskatbare waarde tot die reformisme en geniet hy naas die ander drie vandag nog wêreldwye faam. Bach is in Eisenach, Duitsland gebore tot ‘n welbekende musikale familie. Terloops, Eisenach is dieselfde stad waar die vader van die reformasie, Martin Luther, die Bybel in Duits vertaal het om dit meer toeganklik vir almal te maak. Nie net was Bach se pa, broers en ooms bekende komponiste of instrumentaliste nie, maar Bach se kinders (hy het 20 kinders gehad) en breër familie was meerendeels befaamde en deurwinterde musici. Dank sy pa se apodiktiese rigsnoer, het Bach onder sy leiding die viool en klavesimbel leer speel. Later het sy broer hom klavichord lesse gegee en as toonaangewende invloed gedien tot Bach se kennis van eertydse kontemporêre musiek. Benewens sy sangtalent as koorknaap is Bach vroeg blootgestel aan die orrel wat hy later meesterlik sou bespeel. Hy was ‘n uitstekende orrelis wie gedurende sy leeftyd uitstekende orrelis wat gedurende sy leeftyd deur die ganse Europa hooggeag was. Bach het in verskeie stede as orrelis en musikant gedien, maar sy grootste bydraes tot die musiek het ontstaan in Weimar waar hy Vivaldi leer ken het, en uit dié vriendskap het Bach begin om die Italiaanse en Duitse musiekstyle saam te smelt. Dit was egter in Leipzig waar Bach as kantoraat aan die Thomasskool (die wêreldbekende Thomaner seunskoor) verbonde was, waar hy sy grootste nalatenskap van kerkmusiek aan ons gelaat het. Bach het ook hier sy laaste rusplek gevind. Die Bergrivierkoor sing onder andere 7 uittreksels uit Bach se Weihnachtsoratorium (Kersfeesoratorium) wat hy in 1734 vir dié Kersseisoen gekomponeer het. Hierdie musiek verteenwoordig 'n uiters gesofistikeerde uitdrukking van die parodie tegniek, met ander woorde die gebruik van bestaande musiek wat na 'n nuwe doel aangepas is. So byvoorbeeld neem Bach die meerderheid van die koor gedeeltes en arias uit werke wat hy 'n geruime tyd vroeër gekomponeer het, harmoniseer dit, en kompliseer so die welbekende en eenvoudige toonsettings. Hierdie tegniek waar dikwels net die soprane die leitmotiv in hul stempartituur het vereis dus absolute matematiese konsentrasie van die sangers. Terselfdertyd plaas Bach ook die stemme in harmoniese konkurrensie met mekaar. Om hierdie tegniek te begryp, kom luister gerus na die Bergrivierkoor se vertolking van die bekende kerskoraal O Jesulein süβ (Afrikaanse teks ‘O Jesuskind rein’ deur wyle Prof Gawie Cillièrs) wat Bach in 1736 in Leipzig gekomponeer het. Indien U as lesers van Die Piketberger vroegtydig die Kersfeestemming wil ervaar, kom ondersteun gerus die Bergrivierkoor se konserte op Sondag 17 November om 16h00 in die VG Kerk te Porterville en op Sondag 24 November om 19h00 tydens die Kerssangdiens in die NG Kerk Piketberg. As gassangeres is die Bergrivierkoor bevoorreg om op Sondag 24 November die verhoog met Charlene Truter-Lackay (voormalige Pasella feuilletonis) te deel. In volgende maand se uitgawe verraai ons nog musikale geheime uit ons Kersfees-repertoire. Bach se standbeeld voor die Thomaskerk in Leipzig. Berig en foto: Sherlock Fortuin

Piketberger Okt 2013 (4)

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Piketberger Okt 2013 (4)

24

Kom vier Kersfees met die Bergrivierkoor

Kersfees is sinoniem met oorvloedige genade, besinlike musiek, uitbundinge familiebyeenkomste, lewenslustige kinderogies wat ongeduldig op die koms van Sinterklaas wag, asook ‘n tydperk wanneer elkeen hom- of haarself ‘n tikkie weelderigheid gun en hul huise met betowerende kersversierings verfraai. Net soos menige huisvrou al sedert die vorige Kersfees die volgende Kersmaal beplan en die tafels behoorlik laat kreun onder die welbekende en sentimentele kulninariese spyse, so het die Bergrivier-koor die vergange maande met onskatbare oorgawe vir November se konserte geoefen om ons dorp en streek met ‘n keurspel van wonderlike Kersmusiek te trakteer. Kersmusiek geniet enorme populariteit; nie net is die musiek sielverkwikkend en alombekend nie, maar dit plaas ons ook in die stemming vir dìt waaroor die Kersboodskap eintlik gaan, naamlik die koms van Jesus Christus in die vlees en dat ons as mens met deemoed moet kyk na die dure prys wat die Vader betaal het vir ons as sterflinge. Deel van die Bergrivierkoor se missie is die opvoed-kundige aspek van musiek en om ons gehore aan so veel as moontlik komponiste en musiekstyle blootstelling te gee. Musiek is die taal van die siel en wanneer ons dit nie blootstel aan musiek nie, bly ons siele sprakeloos en behoeftig. Een van die onoorsienbare tydperke in die musiekgeskiedenis is die Barok era. Jou Barokmusiek omvat hoofsaaklik drie tydgleuwe naamlik; die vroeg-barok (ca. 1590-1625), middel-barok (ca. 1625- 1660) en jou laat-barok (ca. 1660-1725). Die Barokstyl se hoofeienskap is die ontstaan van tonaliteit of klanknuansering, en diè musiek word veral gekenmerk deur die koloristiese en “skilderkunstige” effekte. Tekenend aan die tydperk is dat komponiste en musikante al hoe meer gebruik gemaak het van meer ingewikkelde musikale versiering. Verder het veranderinge in musieknotasie en die ontwikkeling van nuwe instrumentele speel-tegnieke tot gevolg gehad dat die Barokstyl die grootte, omvang en kompleksiteit van instrumentele uitvoerings drasties verander het. Die mees belangrikste nalatenskap van hierdie era is dat dit dit wat ons vandag ken as ‘opera’, ‘kantate’, ‘oratorium’, ‘concerto’ en ‘sonate’ as volwaardige musikale genres gevestig het. Ekserpe uit ons repertoire is toegespits op vier Barokkomponiste te wete; Jeremiah Clarke (1670-1707), Antonio Vivaldi (1678-1731), Georg Friedrich Händel (1685-1759), en Johann Sebastian Bach (1685-1750). Van bogenoemde komponiste is Johann Sebastian Bach se musikale erfenis van onskatbare waarde tot die reformisme en geniet hy naas die ander drie vandag nog wêreldwye faam. Bach is in Eisenach, Duitsland gebore tot ‘n welbekende musikale familie. Terloops, Eisenach is dieselfde stad waar die vader van die reformasie, Martin Luther, die Bybel in Duits vertaal het om dit meer toeganklik vir almal te maak. Nie net was Bach se pa, broers en ooms bekende komponiste of instrumentaliste nie, maar Bach se kinders (hy het 20 kinders gehad) en breër familie was meerendeels befaamde en deurwinterde musici. Dank sy pa se apodiktiese rigsnoer, het Bach onder sy leiding die viool en klavesimbel leer speel. Later het sy broer hom klavichord lesse gegee en as toonaangewende invloed gedien tot Bach se kennis van eertydse kontemporêre musiek. Benewens sy sangtalent as koorknaap is Bach vroeg blootgestel aan die orrel wat hy later meesterlik sou bespeel. Hy was ‘n uitstekende orrelis wie gedurende sy leeftyd

uitstekende orrelis wat gedurende sy leeftyd deur die ganse Europa hooggeag was. Bach het in verskeie stede as orrelis en musikant gedien, maar sy grootste bydraes tot die musiek het ontstaan in Weimar waar hy Vivaldi leer ken het, en uit dié vriendskap het Bach begin om die Italiaanse en Duitse musiekstyle saam te smelt. Dit was egter in Leipzig waar Bach as kantoraat aan die Thomasskool (die wêreldbekende Thomaner seunskoor) verbonde was, waar hy sy grootste nalatenskap van kerkmusiek aan ons gelaat het. Bach het ook hier sy laaste rusplek gevind. Die Bergrivierkoor sing onder andere 7 uittreksels uit Bach se Weihnachtsoratorium (Kersfeesoratorium) wat hy in 1734 vir dié Kersseisoen gekomponeer het. Hierdie musiek verteenwoordig 'n uiters gesofistikeerde uitdrukking van die parodie tegniek, met ander woorde die gebruik van bestaande musiek wat na 'n nuwe doel aangepas is. So byvoorbeeld neem Bach die meerderheid van die koor gedeeltes en arias uit werke wat hy 'n geruime tyd vroeër gekomponeer het, harmoniseer dit, en kompliseer so die welbekende en eenvoudige toonsettings. Hierdie tegniek waar dikwels net die soprane die leitmotiv in hul stempartituur het vereis dus absolute matematiese konsentrasie van die sangers. Terselfdertyd plaas Bach ook die stemme in harmoniese konkurrensie met mekaar. Om hierdie tegniek te begryp, kom luister gerus na die Bergrivierkoor se vertolking van die bekende kerskoraal O Jesulein süβ (Afrikaanse teks ‘O Jesuskind rein’ deur wyle Prof Gawie Cillièrs) wat Bach in 1736 in Leipzig gekomponeer het. Indien U as lesers van Die Piketberger vroegtydig die Kersfeestemming wil ervaar, kom ondersteun gerus die Bergrivierkoor se konserte op Sondag 17 November om 16h00 in die VG Kerk te Porterville en op Sondag 24 November om 19h00 tydens die Kerssangdiens in die NG Kerk Piketberg. As gassangeres is die Bergrivierkoor bevoorreg om op Sondag 24 November die verhoog met Charlene Truter-Lackay (voormalige Pasella feuilletonis) te deel. In volgende maand se uitgawe verraai ons nog musikale geheime uit ons Kersfees-repertoire.

Bach se standbeeld voor die Thomaskerk in Leipzig. Berig en foto: Sherlock Fortuin

Page 2: Piketberger Okt 2013 (4)

25

Bradley in Konsert met bekende televisie gospel sterre

Bradley Miennies ‘n wel bekende jong man in die Berg-rivier en Cederberg is tans besig met sy derde gospel cd. Bradley se eerste musiek album, naamlik “Your Love Never Fails” was ‘n groot sukses. Onlangs het hy sy nuutste cd-album voltooi en hy glo dat hierdie album “Bradley in Worship” baie harte sal aanraak. “Bradley in Worship”- cd bestaan uit 11 geestelike “gospel” liedere. Drie dames van Eendekuil, naamlik Sariefa Maarman, Fiona Leukes en Annescka Assegaai, het die voorreg gehad om saam met hom die opname te doen, te Vishoek. Hierdie drie dames tree op as sy “backing vo-calists”. Boonop is Bradley se begeleier die bekende pi-anis, Chris Boois van Malmesbury. ‘n Voormalige lid van die groep “The Rockets”, Mnr Wilfred Cornellisen, tree op as sy musiek direkteur. Cornellisen is ook ‘n internasio-nale klankingenieur en het al met bekende musikante saamgewerk. Bradley se cd sal binnekort geloods en bekendgestel word. Bradley skakel dikwels met die Musiek Ontwikke-lings Agentskap in Kaapstad, wat bekend staan as “Cape Mic”. Bradley is geregistreer by SAMRO, die “South Afri-can Music Rights Organisation”. Hy is ook genader om ‘n gospel compiled cd met Donovan Isaacs van Super-sterre te begin. Voor die bekendstelling van sy derde gospel cd is hy te sien op die verhoog met twee bekende televisie per-soonlikhede naamlik, Tony Joshua van TBN en One Gospel kanaal en Sydwell Beziek, “I want to sing gospel” top 10 finalis. Die geleentheid geskied op 29 September 2013 te Citrusdal VG kerk om 17:00 en kaartjies kos R40.00. Nog vele bekende sangers sal hierdie geleen-theid bywoon ter ondersteuning van die “Bradley in Wor-ship” produksie. Ons beste wense vergesel hierdie jong, suksesvolle kun-stenaar. Bradley is beslis ‘n sanger vir wie ons dikwels in die toekoms gaan hoor. ‘n Goeie stem vergesel deur ‘n sprankelende persoonlikheid en mooi versorgde voorkoms voorspel net ‘n respep vir sukses vir die jare vorentoe. Besoek die jong sanger se facebook bladsy: Bradley in Worship vir meer inligting en kom luister self. Berig verskaf

Noodberig! PIKETBERGERS, julle het ‘n koor wat nog baie

groot gaan raak, hier en in die buiteland. Die BERGRIVIERKOOR, gaan einde volgende

jaar oorsee, op uitnodiging BOSTON toe. Om die hele koor daar te kry gaan van die lede moet staat maak op fondsinsameling. So het almal besluit om te woeker en iets te doen om GELD IN TE SAMEL.

Hou ons dop. Die BIO gaan ‘n uithaler ete, met moontlike optredes van plaaslike talent maandeliks

aanbied. Markdae gaan gehou moet word, en Saterdag-straat-optredes in die dorp oral rond.

Wees op die uitkyk, en as daar dalk ‘weldoeners’ is, laat weet, ons het lede wat op pensioen is, en party werkloos, en alles in die stryd sal werp om

die BERGRIVIER STREEK te kan showcase. Hou die pers dop en ons hou julle op datum.

- Sir Cobis Wilson -

Redelinghuys NG Kerk se Malgasbergwyk bied aan:

Heerlike Saamkuier Familiedag met

Boeresport & Potjiekos Waar: Scheppie Saus (Moutonshoek) Datum: 5 Oktober 2013 Vanaf: 09:00 Koste: Potjiekos etekaartjie R60 per persoon Etekaartjie vir kinders 8jr & jonger R30 ☺ Koffie- & Teetuin met varsgebak ☺ Tuisnywerheid tent ☺ Opblaas glybaan (Slip & Slide) ☺ Perdebegeleiding vir kinders ☺ Sakresies ☺Eier & lepel ☺3 been resies ☺ Toutrek ☺ Netbal } Spanne word die oggend saam-

gestel

Indien u self ook ‘n pot wil maak of vir enige verdere inligting, kontak gerus vir

Therena Janse v Rensburg 022 942 1533 of 083 677 0938

Jolita van Zyl 022 942 1653 of 083 611 1678

Vrouediens hou Lenteaand met Riekert Botha

Stoffel en Roché du Toit, Riekert Botha, Marlien Smit, Grace en Gys Dippenaar het die Lenteaand geniet.

Paul Burger, Bertus Olivier, Madelie Burger, Wilmien Olivier en Lindie Jordaan kuier gesellig by die

Lenteaand. Foto’s: Johan Smit

Page 3: Piketberger Okt 2013 (4)

26

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm en Gladiator

te huur

Kontak Margaret 022 913 1777

Doodle T-Hemde

Die Gr.8 KK Spes leerders het in die tweede kwartaal die opwindende, maar ook uitdagende veld van

'Doodle' betree. ‘Doodle’, soos ons dit ken is 'n gek-rap op 'n stukkie papier terwyl ons op die foon ge-

sels, maar wanneer 'n mens 'doodle', kom dit wat in jou onderbewussyn skuil, uit. Dit is baie moeilik vir

ons as moderne mens om te laat gaan en ons oop te maak sodat ons vrylik uit ons onderbewussyn werk.

Die Gr.8's het begin grawe en na 'n kwartaal se 'doodle' het 20 totale individualistiese T-hemp ontwerpe gevolg, wat hul nou trots kan dra.

Hierdie spesifieke oefening is 'n ongelooflike metode om die leerders se selfvertroue, entrepreneurskap en

kreatiwiteit te bevorder, want nie net het hulle hard gewerk en pret gehad nie, maar het hulle 'n produk

om daarvoor te wys.

Foto’s en berig: Chantel Clarys

Op ‘n koue nat Saterdag 17 Augustus, is hierdie stil rus-tige dorpie in rep en roer. Die feestelikheid van die jaar-likse skou en Gymkhana-byeenkoms kon deur die hele dorp gehoor word. Verskeie Gymkhana-spanne vanuit die Boland het teen mekaar gewedywer met lanse en swaarde in die formele ruitersport kompetisie. Die punte wat ruiters by hierdie byeenkoms insamel dra by tot elke ruiter se punte wat bepaal of hy/sy Provinsiale- of selfs Springbokkleure verwerf. Beoordeling geskied volgens Internasionale standaarde vir Gymkhana en ruiters volg streng reëls en gedragskodes. Gedurende die namiddag, kon die entoesiastiese toeskouers verskuif na ‘n kleiner arena waar daar kans was om in te skryf vir ‘n regte egte wilde weste rodeo. Natuurlik het die plaaskinders geen Amerikaner nodig om hul enigiets te leer van hans-kalwers ry nie. ‘n Hele paar jong seuns het dan ook kans gesien vir die jong bulletjies in die kraal. Al het nie een juis langer as drie sekondes bo gebly nie, het die kinders met groot sportmangees die sand weer uit hul hare geskud en uit die mond gespoel. Die toeskouers het hul met groot applous beloon. Vir die jong manne het daar egter twee kwaai bulle gewag. Tog het ‘n hele klom-pie manne hul moed bymekaar geskraap en probeer om agt sekondes lank op ‘n bul te ry. Agt sekondes klink wel nie te lank nie, maar mens besef gou dis makliker gesê as gedaan. Die toeskouers het die hele skouspel oog-lopend geniet en selfs nie die koue nat weer het die ap-plous gedemp nie. Na al hierdie opwinding is almal verder vermaak deur onder andere JJ Strydom en daar is nog geskoffel tot laataand.

Gymkhana op Aurora

Hierdie seun wys hoe bedrewe hy is met kalfry.

Terwyl haar pa op sy beurt wag, kry klein Megan de Villiers kans om op sy perd te sit.

Berig en foto’s: Petrusa de Koker

Page 4: Piketberger Okt 2013 (4)

27

4U VERVOER

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel …

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

Nou beskikbaar: Tuinsand en plaas-

mis teen billike pryse

Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik.

Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie 082 660 2470 022-913 3984

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE EK KAN SPOG MET DIE WORS

Digger Loader werk

Uitgrawe van grond en sand

Skakel Adam 078 148 1771 of Fourie Lötz 082 660 2470

022-913 3984

Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde

abattoir geslag is

Swartland Honey Farm

Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens.

Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

Ons nooi alle senior burgers uit om ons fasiliteit

vir ouer persone te kom besoek gedurende die

week van bejaardes 1-4 Oktober 2013.

Kom kyk gerus watter dien-ste ons alles bied en hoe

ons na ons ouer persone omsien.

Groepe ook welkom

Kontak ons vir ‘n afspraak by 022 913 1228

Page 5: Piketberger Okt 2013 (4)

28

Hoërskool Piketberg hou Glansryke Matriekafskeid

Juné van der Westhuizen en haar met-gesel Tian Nel. Juné en Tian het saam hul skoolloopbane by PHS begin, maar Tian is in gr 8 Boland Landbou toe. Dit was baie spesiaal vir hulle om saam na

PHS se matriekafskeid te gaan.

Foto: Margaret Weideman

Michelle Langenhoven en haar met-gesel Carl Erasmus. Foto: Charlene Hall

Barno van der Westhuizen en sy metgesel Nicole Venter. Foto: Sammy Edmonds

Stephan Breunissen en sy metgesel Eska Lambrechts.

Foto: Edó Photography

Wege Olivier en Lezaan van Niekerk.

Foto: Ester Olivier

JJ Stander en sy metgesel Jeanne Nel.

Foto: Sammy Edmonds

Page 6: Piketberger Okt 2013 (4)

29

Claudia Burger en haar metgesel Jaco van Eeden.

Foto: Berenice Scheepers

Ané Venter en Duan Mostert. Foto: Edó Photography

Janeseke Rademan en haar metge-sel Erich Kankowski.

Foto: Leanda van Niekerk

Wynand Smit en sy metgesel Karli Truter.

Foto: Sammy Edmonds

Chanté Hartman en Herschelle Benjamin.

Foto: Gershwin Abrahams

Johmine Croeser en haar metgesel Neil Huyshamer van Porterville.

Foto:

Vone de Lange

Hoërskool Piketberg hou Glansryke Matriekafskeid

Page 7: Piketberger Okt 2013 (4)

30

Pieter-Hugo Wium en sy metgesel Michelle du Plessis. Foto: Edó Photography

Nog glansryke matriekafskeid paartjies

André Visser en sy metgesel Elandri Labuschagne. Foto: Kenneth Smit

Danelle Lochner en haar metgesel Deon Brand. Foto: L Rossouw

Nedbank bederf Andrea

Andrea Smit en haar metgesel Herbst van der Merwe. Foto: Mienie Scholtz

Hierdie jaar het Nedbank vir Andrea Smit geïdentifiseer om te bederf vir die matriekafskeid. Soos altyd het elke personeellid gehelp om Andrea se dag baie spesiaal te maak. Periëtte van HCT Makelaars het gehelp met die grimering en haar naels is gedoen deur Leonie by Salon Ke-yah. Andrea en haar metgesel, Herbst van der Merwe is in styl vervoer met ‘n Mercedes Benz wat behoort aan Johnny Jafta. Ons bedank graag almal wat ‘n aandeel gehad het om Andrea se dag vir haar spesiaal te maak. Dit was ‘n voorreg om Andrea te bederf aangesien sy ‘n pragtige mens is met ‘n baie spontane geaardheid wat haar nog ver gaan bring. Die personeel van Nedbank wens Andrea baie voorspoed toe vir die toekoms.

Page 8: Piketberger Okt 2013 (4)

31

Wiskunde Distrikswenners Piketberg het drie wenners in die pas afgelope Wiskunde Distrikskompetisie. Twee leerders, Jorden Pedersen in gr 3 en John-Elize Runba in gr 5 is van PHS (kategorie B-wenners) en Joanique Claasen in gr 7 is van Karookop Primêr (kategorie A-wenner). In hierdie kompetisie het die wenners uit die drie kategoieë A, B en C uit Kringe 2, 3, 4 en 5 teen mekaar meegeding. Piketberg het twee tweede plekke opgelewer, Nico Blanckenberg in gr 4 by PHS en Albert Grobler in gr 6 by PHS (kategorie B-wenners), asook een derde plek, Nic Visagie in gr 3 by Steynville Primêr (kategorie C).

Jorden Pedersen van PHS is die wenner in gr 3 (kategorie B). Derde is Anthea January van Laerskool

Lambertsbaai en tweede Timothy Daniels van Laer-skool Riebeeck-Kasteel.

John-Elize Runba van PHS is die wenner in gr 5 (kategorie B). Tweede is Van Dyk Mouton van Laer-

skool Olifantsvallei en derde is Armand van Dyk van Laerskool Lutzville.

Dr PJV Boonzaaier, Hoof van Kurrikulum in die Weskus Distrik saam met die wenners in gr 7

(kategorie A): Eerste is Joanique Claasen van Ka-rookop Primêr, tweede Mercelline Owies van Lutzville

Primêr en derde Marlo van Boom van Laerskool HP Williams.

Steynville Primêr Distrikswenners

Steynville Primêr se wenners in die Distriks Wiskunde Uitdaging was Sané Swarts, 3de in kategorie C vir

gr 6, Tristan Scheepers, 3de in kategorie C vir gr 2 en Nic Visagie, 3de in kategorie C vir gr 3.

Foto’s: Marietha Goosen

022-913 2646

WEN ELKE DAG PRYSE

10 EENHEID KONTRAK

5 EENHEID KONTRAK

MAANDELIKS ETE BY SPUR

DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

Kerssangdiens saam met Bergrivierkoor

17 November VG Kerk

Porterville 24 November NG Kerk

Piketberg

Page 9: Piketberger Okt 2013 (4)

32

PHS hou Sportprysuitdeling

Anke Schreuder, Victrix Ludorum, Terence Brown, gasspreker, Stass Nel, Victor Ludorum en Janke van Schalkwyk wen die Steeltech beker vir beste atleet in

die Laerskool.

Terence Brown saam met Bendert Smit, Victor Lu-dorum, Janét Stander, Victrix Ludorum en JJ Stander wenner van die Heldervue Estates beker vir die beste

atleet in die Hoërskool.

Beste junior netbalspeler in die Laerskool John-Elize Runba, gr 5 en beste senior netbalspeler, Janke van

Schalkwyk, gr 6 saam met Terence Brown.

PHS se beste tennisspelers, Freddie Visser beste seun in Laerskool, Bendert Smit, beste seun in die Hoër-

skool, Terence Brown, Suzaan Bassett, beste dogter in die Laerskool. Afwesig, Juné van der Westhuizen beste

dogter in die Hoërskool.

Terence Brown saam met Hagan Ludick en Louis Bester, beste junior en senior krieketspelers in die

Laerskool.

Terence Brown saam met Dewald van Deventer, gr 7 en Matthew Somers, gr 6 onderskeidelik die beste junior en

die beste senior rugbyspelers in die Laerskool.

Sportprysuitdeling foto’s:

Sanet Ackermann