8
17 Malcolm Booys van Winkelshoek Wynkelder het Bemarkings Bestuur gestudeer. Sy Energieke en innoverende persoonlikheid dra hy alles oor in die Bemarking en Verkope van ons nuwe sap reeks Frutmore. Vir enige navrae of inligting kontak hom gerus by: Selfoon – 083 736 7363 of Epos: [email protected]

Piketberger Okt 2013 (3)

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Piketberger Okt 2013 (3)

17

Malcolm Booys van Winkelshoek Wynkelder het Bemarkings Bestuur gestudeer. Sy Energieke en innoverende persoonlikheid dra hy alles oor in die

Bemarking en Verkope van ons nuwe sap reeks Frutmore. Vir enige navrae of inligting kontak hom gerus by:

Selfoon – 083 736 7363 of Epos: [email protected]

Page 2: Piketberger Okt 2013 (3)

18

34 Voortrekker Street. Piketberg Tel. 022 913 2819

Gebruikte Voertuie by GWM Piketberg JAAR VOERTUIE EKSTRA’S KM KLEUR VERKOOPPRYS 2011 FORD BANTAM 1.4 TDCi A/C P/U S/C AC 45000 WHITE R 119 995.00

2011 FORD EVEREST 3.0 TDCi XLT FULLHOUSE 45000 WHITE R 260 000.00

2010 FORD EVEREST 3.0 TDCi XLT AC; PS 72000 BLUE R 230 000.00

2011 FORD FIESTA 1.4i TREND 5Dr AC; PS 29000 ORANGE R 130 000.00

2008 FORD FIESTA 1.4i TREND 5Dr FULLHOUSE 119500 SPA R 110 000.00

2011 FORD FIGO 1.4 TCDi AMBIENTE FULLHOUSE 116700 WHITE R 100 000.00

2011 FORD FIGO 1.4 AMBIENTE AC; PS; CD 38000 SILVER R 105 000.00

2009 FORD FOCUS 1.8 Si 5Dr FULLHOUSE 91700 COLORAD R 158 000.00

2010 FORD IKON 1.6 AMBIENTE AC;PS 111000 SILVER R 109 000.00

2009 FORD IKON 1.4 AMBIENTE AC; PS; CD 100000 BLACK R 78 995.00

2011 FORD KUGA 2.5t WD TITANIUM A/T FULLHOUSE 86000 SEA GREY R 295 000.00

2009 FORD RANGER 3.0TDCi Hi-Trail XLE P/UD/C AC; PS 186000 WHITE R 217 000.00

2009 FORD RANGER 3.0TDCi XLE 4x4 A/T AC;PS 50000 BLUE R 285 000.00

2009 FORD RANGER 2.2i LWB P/U S/C PS 189500 WHITE R 99 995.00

X FORKLIFT HYSTER 3 TON X 9000ure GEEL R 49 999.00

2009 GWM 2.8 TDi LUX P/U D/C AC;PS 125000 SILVER R 105 000.00

2012 HONDA CBF 150 UNICORN 2000 BLACK R 19 500.00

2011 HONDA CIVIC 1.8 Lxi FULLHOUSE 55900 PEARL R 150 000.00

2009 HYUNDAI TUCSON 2.0 GLS FULLHOUSE 95548 OYSTER R 155 000.00

2010 JEEP CHEROKEE 3.7 LIMITED A/T FULLHOUSE 49800 SILVER R 255 000.00

2006 LEXUS GS 300 A/T FULLHOUSE 95000 GREY R 165 000.00

2009 MAZDA 3 1.6 ORIGINAL FULLHOUSE 78000 SILVER R 145 000.00

2009 MAZDA 5 2.0L ORIGINAL 6SP FULLHOUSE 57400 GROEN R 165 000.00

2008 MAZDA 6 2.3 DYNAMIC A/T FULLHOUSE 110146 BLACK R 118 000.00

2005 MAZDA DRIFTER 2500TD SLE P/U D/C FULLHOUSE 244300 BLUE R 115 000.00

2010 MITSUBISHI LANCER 2.0 GLS FULLHOUSE 69000 SILVER R 130 000.00

2007 NISSAN NAVARA 4.0 V6 P/U D/C FULLHOUSE 127000 SILVER R 165 000.00

2007 RENAULT MEGANE II 1.6 AUTHENTIQUE FULLHOUSE 62500 SILVER R 75 000.00

2004 RENAULT MEGANE II 1.6 DYNAMIQUE FULLHOUSE 98500 SILVER R 68 995.00

2011 TOYOTA YARIS ZEN3 ACS AC;CD;MAGS 53000 RED R 115 000.00

2011 TOYOTA YARIS ZEN3 ACS 5Dr AC; PS 64000 CHARCOAL R 115 000.00

2003 VOLKSWAGEN CITI.COM 1.4i 180480 WHITE R 45 000.00

Page 3: Piketberger Okt 2013 (3)

19

Page 4: Piketberger Okt 2013 (3)

20

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours 022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Piketberg Museum het nou sy eie webtuiste!

www.piketbergmuseum.co.za

gaan kyk gerus.

Tydens die Septembervergadering het Micky Visser, Marinda Mostert en Katinka Morrison aan die lede

gewys wat hulle by die Helderberg werkswinkels, ty-dens die Helderbergskou, geleer het. Hier staan hulle

by van die ontwerpe wat gedemonstreer is. Foto verskaf

Tuinbou se volgende vergadering is op 9 Oktober en gaan 'n uitstappie wees.

Tuinbou Nuus Huis AJ Liebenberg hou Lentetee

By die Lentetee by Huis AJ Liebenberg was agter van links Annatjie Smit (lid van Redelinghuys VD), Winnie Grobbelaar (inwoner en VLV erelid), Betta van Niekerk

(inwoner) en voor, Dollie du Plessis (inwoner) en Christine Langeveldt (inwoner en VLV erelid).

In die kombuis by Nicoline Brown, VLV voorsitter, voor in die middel, verskyn van links Doreen du Plessis, Nanette Bothma, Frannie Botha, Alida

Walters, Alta Vos en Corne Brynard.

Van die lede van Redelinghuys VD by Huis AJ Lie-benberg agter van links Christelle Smit, Sienie Coet-zee en Nanette Bothma. Middel, Adele Coetzee, An-natjie Smit en Gerda van Schoor, voorsitter. Voor is

Jacqui van der Merwe en Corne Brynard. Foto’s: Riana Richter

Page 5: Piketberger Okt 2013 (3)

21

Sussietjie was as babakatjie verlam ge-laat nadat sy met 'n stok geslaan is. Sy word sedertdien deur Minette Cronje ver-sorg, maar is te af-hanklik om ooit aan-geneem te word. By-draes vir haar me-diese sorg is altyd welkom.

Belangstellendes kan

Minette kontak by 079 249 1535.

Larissa Beukman, Graad 7-leerling by Hoërskool Piketberg, versorg vyf katte op ‘n oop besigheidsperseel in Piketberg. Piketberg Ani-mal Welfare voorsien die kos met die doel om die katte weg te hou van besighede en huise waar hulle ‘n oorlas kan word deur sakke oop te skeur op soek na kos. Sodra Larissa hulle vertroue wen, wil ons die katte een vir een laat steriliseer en terugplaas of laat aanneem. Katte soos hierdie is gewoonlik deur hulle eienaars agtergelaat of weggegooi. PAW sal sken- kings van katkos en bydrae vir sterilisasiekoste waar-deer. Kontak gerus vir Beryl-Ann by 071 828 7952 .

PAW AMBASSADOR PIEKEL: “BLANKETS, FOOD, KENNELS,

LEADS, COLLARS, TOYS ALWAYS WELCOME”

CONTACT

071 828 7952 HELP US MAKE A DIFFERENCE!!

Larissa PAW Vrywillige Werker

Hulp vir Sussietjie

PAW kies nuwe bestuur Piketberg Aniwal Welfare het onlangs hulle nuwe bestuur gekies. Minette Cronje, voorsitter; Helena Priem, onder-voorsitter; Beryl-Ann du Plessis, Sekretaresse/Tesourier; Nicola Kellerman, fotograaf/jeuguitreik; Angelique Nel, jeuguitreik en opvoeding; Alta Vos, gemeenskapsuitreik en opvoeding.

PAW Geskenkpak Wenners

Dirk du Toit was die gelukkige wenner van ‘n ge-skenkpak wat geborg is deur Boland Superspar.

By Dirk is sy vrou, Marie en hul Yorkie, Miah. Nog ‘n gelukkige wenner was Madelie Burger.

Foto en berig: Beryl-Ann du Plessis

Page 6: Piketberger Okt 2013 (3)

22

Page 7: Piketberger Okt 2013 (3)

23

Page 8: Piketberger Okt 2013 (3)

24

Kom vier Kersfees met die Bergrivierkoor

Kersfees is sinoniem met oorvloedige genade, besinlike musiek, uitbundinge familiebyeenkomste, lewenslustige kinderogies wat ongeduldig op die koms van Sinterklaas wag, asook ‘n tydperk wanneer elkeen hom- of haarself ‘n tikkie weelderigheid gun en hul huise met betowerende kersversierings verfraai. Net soos menige huisvrou al sedert die vorige Kersfees die volgende Kersmaal beplan en die tafels behoorlik laat kreun onder die welbekende en sentimentele kulninariese spyse, so het die Bergrivier-koor die vergange maande met onskatbare oorgawe vir November se konserte geoefen om ons dorp en streek met ‘n keurspel van wonderlike Kersmusiek te trakteer. Kersmusiek geniet enorme populariteit; nie net is die musiek sielverkwikkend en alombekend nie, maar dit plaas ons ook in die stemming vir dìt waaroor die Kersboodskap eintlik gaan, naamlik die koms van Jesus Christus in die vlees en dat ons as mens met deemoed moet kyk na die dure prys wat die Vader betaal het vir ons as sterflinge. Deel van die Bergrivierkoor se missie is die opvoed-kundige aspek van musiek en om ons gehore aan so veel as moontlik komponiste en musiekstyle blootstelling te gee. Musiek is die taal van die siel en wanneer ons dit nie blootstel aan musiek nie, bly ons siele sprakeloos en behoeftig. Een van die onoorsienbare tydperke in die musiekgeskiedenis is die Barok era. Jou Barokmusiek omvat hoofsaaklik drie tydgleuwe naamlik; die vroeg-barok (ca. 1590-1625), middel-barok (ca. 1625- 1660) en jou laat-barok (ca. 1660-1725). Die Barokstyl se hoofeienskap is die ontstaan van tonaliteit of klanknuansering, en diè musiek word veral gekenmerk deur die koloristiese en “skilderkunstige” effekte. Tekenend aan die tydperk is dat komponiste en musikante al hoe meer gebruik gemaak het van meer ingewikkelde musikale versiering. Verder het veranderinge in musieknotasie en die ontwikkeling van nuwe instrumentele speel-tegnieke tot gevolg gehad dat die Barokstyl die grootte, omvang en kompleksiteit van instrumentele uitvoerings drasties verander het. Die mees belangrikste nalatenskap van hierdie era is dat dit dit wat ons vandag ken as ‘opera’, ‘kantate’, ‘oratorium’, ‘concerto’ en ‘sonate’ as volwaardige musikale genres gevestig het. Ekserpe uit ons repertoire is toegespits op vier Barokkomponiste te wete; Jeremiah Clarke (1670-1707), Antonio Vivaldi (1678-1731), Georg Friedrich Händel (1685-1759), en Johann Sebastian Bach (1685-1750). Van bogenoemde komponiste is Johann Sebastian Bach se musikale erfenis van onskatbare waarde tot die reformisme en geniet hy naas die ander drie vandag nog wêreldwye faam. Bach is in Eisenach, Duitsland gebore tot ‘n welbekende musikale familie. Terloops, Eisenach is dieselfde stad waar die vader van die reformasie, Martin Luther, die Bybel in Duits vertaal het om dit meer toeganklik vir almal te maak. Nie net was Bach se pa, broers en ooms bekende komponiste of instrumentaliste nie, maar Bach se kinders (hy het 20 kinders gehad) en breër familie was meerendeels befaamde en deurwinterde musici. Dank sy pa se apodiktiese rigsnoer, het Bach onder sy leiding die viool en klavesimbel leer speel. Later het sy broer hom klavichord lesse gegee en as toonaangewende invloed gedien tot Bach se kennis van eertydse kontemporêre musiek. Benewens sy sangtalent as koorknaap is Bach vroeg blootgestel aan die orrel wat hy later meesterlik sou bespeel. Hy was ‘n uitstekende orrelis wie gedurende sy leeftyd

uitstekende orrelis wat gedurende sy leeftyd deur die ganse Europa hooggeag was. Bach het in verskeie stede as orrelis en musikant gedien, maar sy grootste bydraes tot die musiek het ontstaan in Weimar waar hy Vivaldi leer ken het, en uit dié vriendskap het Bach begin om die Italiaanse en Duitse musiekstyle saam te smelt. Dit was egter in Leipzig waar Bach as kantoraat aan die Thomasskool (die wêreldbekende Thomaner seunskoor) verbonde was, waar hy sy grootste nalatenskap van kerkmusiek aan ons gelaat het. Bach het ook hier sy laaste rusplek gevind. Die Bergrivierkoor sing onder andere 7 uittreksels uit Bach se Weihnachtsoratorium (Kersfeesoratorium) wat hy in 1734 vir dié Kersseisoen gekomponeer het. Hierdie musiek verteenwoordig 'n uiters gesofistikeerde uitdrukking van die parodie tegniek, met ander woorde die gebruik van bestaande musiek wat na 'n nuwe doel aangepas is. So byvoorbeeld neem Bach die meerderheid van die koor gedeeltes en arias uit werke wat hy 'n geruime tyd vroeër gekomponeer het, harmoniseer dit, en kompliseer so die welbekende en eenvoudige toonsettings. Hierdie tegniek waar dikwels net die soprane die leitmotiv in hul stempartituur het vereis dus absolute matematiese konsentrasie van die sangers. Terselfdertyd plaas Bach ook die stemme in harmoniese konkurrensie met mekaar. Om hierdie tegniek te begryp, kom luister gerus na die Bergrivierkoor se vertolking van die bekende kerskoraal O Jesulein süβ (Afrikaanse teks ‘O Jesuskind rein’ deur wyle Prof Gawie Cillièrs) wat Bach in 1736 in Leipzig gekomponeer het. Indien U as lesers van Die Piketberger vroegtydig die Kersfeestemming wil ervaar, kom ondersteun gerus die Bergrivierkoor se konserte op Sondag 17 November om 16h00 in die VG Kerk te Porterville en op Sondag 24 November om 19h00 tydens die Kerssangdiens in die NG Kerk Piketberg. As gassangeres is die Bergrivierkoor bevoorreg om op Sondag 24 November die verhoog met Charlene Truter-Lackay (voormalige Pasella feuilletonis) te deel. In volgende maand se uitgawe verraai ons nog musikale geheime uit ons Kersfees-repertoire.

Bach se standbeeld voor die Thomaskerk in Leipzig. Berig en foto: Sherlock Fortuin