36
Jaargang 21 Nr. 11 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Desember 2014 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Lieb Engelbrecht van Paleisheuwel Piketberg het van jongs af ‘n gevoel vir ‘n Harley gehad. Sy kinders het hom onlangs verras, op sy 83ste ver- jaarsdag, met ‘n rit op ‘n Harley. Trane van blydskap het geloop oor hierdie lang verwagte droom. Almal in die omgewing weet van Oupa Lieb se Harley- liefde. Tot die jong vrouens by die kerk weet as hy sy Harley kry, “kom hy hulle oplaai”. Elke verjaardag wil hy skertsend weet of hy nou vanjaar sy Harley gaan kry. Vriende belowe as hulle die lotto wen, gaan Oupa beslis sy Harley kry. Goed het die familie besef Oupa kan miskien nie meer sy eie Harley ry nie, maar hulle sal hom moet help om sy drome uit te leef! Dis dan hoe Lieb en sy vrou, Santie, met fyn be- planning van hul skoon- seun, Van Zyl Brink, op Oupa Lieb se 83ste ver- jaarsdag, elkeen op ‘n Har- ley van Piketberg tot by Vervolg op p4 Lieb en Santie Engelbrecht net voor die onvergeetlike rit op die Harley Davidson. Foto: Marietha Goosen Handelsure tydens die Kersseisoen: Dinsdag 16 Desember: 07:30 - 20:00 Vrydag 19 Desember: 07:30 - 22:00 Saterdag 20 Desember: 07:30 - 19:00 Sondag 21 Desember: 07:30 - 17:00 Woensdag 24 Desember: 07:30 -21:00 Donderdag 25 Desember: Toe/Closed Woensdag 31 Desember: 07:30 - 20:00 Donderdag 01 Januarie: 07:30 - 15:00 Hou die winkel dop vir inligting oor die opwindende laat aand kersinkopie program van 19 Desember! Kom loer gerus in en bring die jongspan! Lieb word 83 op Harley Somerson Kersfees- konsert...p4 Troufoto’s...p12 Admaths Sentrum...p14 1964 Klas Reünie...p17 Helma tree af...p18 Belydenis van Geloof...p22 Steynville Primêr Hoofleiers...p30 Balletleerlinge Pres- teer...p33

11 piketberger des 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: 11 piketberger des 2014

1

Jaargang 21 Nr. 11 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Desember 2014

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Lieb Engelbrecht van Paleisheuwel Piketberg het van jongs af ‘n gevoel vir ‘n Harley gehad. Sy kinders het hom onlangs verras, op sy 83ste ver-jaarsdag, met ‘n rit op ‘n Harley. Trane van blydskap het geloop oor hierdie lang verwagte droom. Almal in die omgewing weet van Oupa Lieb se Harley-liefde. Tot die jong vrouens by die kerk weet as hy sy Harley kry, “kom hy hulle oplaai”. Elke verjaardag wil hy skertsend weet of hy nou vanjaar sy Harley gaan kry. Vriende belowe as hulle die lotto wen, gaan Oupa beslis sy Harley kry. Goed het die familie besef Oupa kan miskien nie meer sy eie Harley ry nie, maar hulle sal hom moet help om sy drome uit te leef! Dis dan hoe Lieb en sy vrou, Santie, met fyn be-planning van hul skoon-seun, Van Zyl Brink, op Oupa Lieb se 83ste ver-jaarsdag, elkeen op ‘n Har-ley van Piketberg tot by Vervolg op p4

Lieb en Santie Engelbrecht net voor die onvergeetlike rit op die Harley Davidson.

Foto: Marietha Goosen

Handelsure tydens die Kersseisoen:

Dinsdag 16 Desember: 07:30 - 20:00 Vrydag 19 Desember: 07:30 - 22:00

Saterdag 20 Desember: 07:30 - 19:00 Sondag 21 Desember: 07:30 - 17:00

Woensdag 24 Desember: 07:30 -21:00

Donderdag 25 Desember: Toe/Closed Woensdag 31 Desember: 07:30 - 20:00

Donderdag 01 Januarie: 07:30 - 15:00

Hou die winkel dop vir inligting oor die opwindende laat aand kersinkopie program van 19 Desember!

Kom loer gerus in en bring die jongspan!

Lieb word 83 op Harley Somerson Kersfees-konsert...p4 Troufoto’s...p12 Admaths Sentrum...p14 1964 Klas Reünie...p17 Helma tree af...p18 Belydenis van Geloof...p22 Steynville Primêr Hoofleiers...p30 Balletleerlinge Pres-teer...p33

Page 2: 11 piketberger des 2014

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R100 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Briewe van ons lesers...

Liefde Marietha

Die volgende Piketberger verskyn op 29 Januarie 2015

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 20 Januarie

Stuur na: [email protected]

Jannie Lategan skryf... Baie dankie aan elkeen agter die skerms wat die harde werk doen om elke maand Die Piketberger te laat verskyn. Iemand bel my vanuit Parys in die Vrystaat en vertel op hoe 'n besondere manier hy elke maand die interessante blaadjie ontvang en hoeveel genot dit hom bied .....selfs al ken hy nie die mense waaroor geskryf word nie! Mag julle op die redaksie ook baie rustigheid ervaar saam met die stroompie kalme water wat op die strand uitloop en weer met nuwe energie terugkeer in 2015.

Ietsie ouliks vir Kersfees Dis oor 'n maand Kersfees en almal weet om nie tot op die nip-per te wag vir Kers inkope nie. Terwyl ons nog net spartel om deur elke dag so goed moontlik te kom, herinner blinkers en tossels ons subtiel aan Kers-feestyd. Natuurlik 'n Christusfees, nie 'n mensgemaakte fees nie.

Maar met die beste voornemens van "minder geld uitgee", bevind die meeste van ons ons tog in die maalkolk van soek, wroeg en betaal. Ek moes onlangs tyd verwyl iewers in 'n lokaal en reken dis 'n goeie tyd om my dag se lysie te maak. Op soek na 'n stukkie papier, ontdek ek hierdie juweel, in die mooiste handskrif, kinderlik opreg: Kersfees lysie Room, roll on en tjoklits vir mamma Spuitgoed en tjoklits vir pappa "Loomband" en tjoklits vir boetie Ietsie ouliks vir Stefan Ietsie ouliks vir Lisa En daar het ek die antwoord......moenie te ver soek en boonop te veel geld spandeer nie.....ietsie ouliks en tjok-lits behoort die ding te doen. Mag jy hierdie Kersfees iemand ouliks wees wat ietsie ouliks saam met die tjoklits gee - uit dankbaarheid teenoor die Iemand wat reeds alles vir jou gedoen het.

Bikers, Kaapstad skryf… Dra asseblief ons innige dank oor aan Piketberg en in besonder aan die personeel by Midas. Ons het teëspoed met 'n motorfiets gehad en is oor die etensuur gehelp en werklik op die hande gedra. Wat 'n wonderlike ervaring van diens en medemenslikheid. Is almal op die dorp so? Wel dan nomineer ons Piketberg vir dorp van die jaar! Piketberg bo!

Plaasmark hou Kersmark

Vir die eerste keer in jare gaan die Piket-Bo-Berg Plaas-mark hierdie jaar 'n Kersmark op 13 Desember hou. Die afgelope drie jaar is die laaste mark van die jaar gewoonlik die laaste Saterdag van November gehou. Hierdie jaar word daar 'n mark op 29 November sowel as 'n Kers-mark op 13 Desember gehou. Lekker vars ham vir Kersfees, sjiek "second-time-round" klere, hand-werk en vars gebak en die ekstra geskenkie vir die kerskous, kan alles hier verkry word. Bring daar-die stomp mes of skêr sodat Oom Crispian dit vir jou vlymskerp kan slyp terwyl jy deur die stalletjies snuffel. Begeesterde plaaslike musikante sal sorg vir die vermaak.

Jaco is Wes-Kaap wenner

Big Brand Shoprite Group of Co. Supplier of the year 2014

Jaco Kotze Tweefontein boerdery

Jaco Kotze het die toekenning gewen in die Vrugte en Groente kategorie vir sy toegewyde diens en same-werking tot ons besigheid oor die afgelope jaar in die

Weskaap area. Die nasionale kompetisie vind plaas op 29 November 2014.

Die Piketberger se Redaksie wens al ons adverteerders, rubriekskrywers, lesers en

vriende ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2015.

Dankie vir u samewerking en ondersteuning

gedurende 2014.

Page 3: 11 piketberger des 2014

3

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens

vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat

Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)

en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!

Page 4: 11 piketberger des 2014

4

MC HANEKOM Geoktrooieerde

Rekenmeesters en Ouditeure Piketberg

Bedank al hul kliënte vir die ondersteuning

gedurende die 2014 jaar en wens hulle 'n

Geseënde Kersfees en Voorspoedinge Nuwe Jaar

toe.

MC Hanekom (GR) SA Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

Tel 022 913 2800 / Faks 022 913 2803 Die Trekstraat 34, Piketberg, 7320

E-pos : [email protected]

Vervolg van p1… Kardoesie in die Piekenierskloofpas (waar ‘n verrassing-spartytjie vir Oupa gewag het) beland het. Dit alles was vir Lieb ‘n groot verrassing, want hy is vertel hy gaan vir ‘n melkskommel Spur toe. Wat gevolg het, was ‘n gesig om te onthou, selfs vir diegene wat nie Harley-mal is nie. Ongeveer 120 Harleys was op pad Lambertsbaai toe waar hulle die naweek sou oorbly. Nog ‘n mooier gesig was oupa en ouma wat agterop hulle Harleys vir mekaar soene blaas teen 120km per uur op die N7. Lieb het glo veral die skuinslê-gedeelte in die pas baie geniet, sê hy. Carine Brink het namens die familie vir ouma Santie be-dank, ‘n bok vir sports en jonk van gees. “Dankie pappa en oupa Lieb vir die voorbeeld wat jy vir jou kinders en kleinkinders stel.” “Dankie ook ons Hemelse Vader vir die afgelope 83 jaar, ons is dankbaar!”

Konsert met Lize Beekman

Die sangeres Lize Beekman het saam met die Berg-rivierkoor in ‘n Somerson Kersfeeskonsert in die NG

Kerk Piketberg opgetree. Die opbrengs van die konsert is ten bate van die koor se toer na Boston en

België vroeg in Desember.

Thurston Jagers en Frederik Kotzé op fluite en Sherlock Fortuin, orrelis by die Somerson

Kersfeeskonsert. Foto’s: Piet Boshoff

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas Skakel Wessel de Beer

0232 320422 of 082 704 3276

Kruisdraer voltooi Reis na 9 jaar

Adriaan Interest van St Lucia, vir wie baie leer ken het as die kankerlyer op sy kruistog, het pas weer op Piketberg aangedoen om almal te bedank vir hulle

liefde en omgee tydens die twee keer wat hy hier

verby is. Hy het ook 'n lied in sy hart aangesien hy

kankervry is en oppad huis toe is na nege jaar. Hy

getuig net van die Here se sorg en al die genade wat hy elke dag ontvang. Hy het sy kruistog as 'n siek man van 23kg begin en eindig dit op 80kg en

gesond. Hoewel Adriaan sy reis op die pad voltooi het, is hy beslis nie klaar

met sy reis saam met die Here nie. Foto: Marietha Goosen

Page 5: 11 piketberger des 2014

5

Hoofstraat 58 (Van Zyls Garage), Piketberg

Tydelike kontaknommer 022 913 1032

Baie dankie vir al ons gereelde Gee-C-eS kliënte wat nou weer by Die Glas Kasteel

kom koop. ‘n Vredevolle Kersseisoen vir jul almal.

* CD’s en DVD’s * Speelgoed * Opvoedkundig * Wol * Balle * Bybels * Kunsverf * Boeke * Sporttoerusting * Swembaddens * Portretrame

Page 6: 11 piketberger des 2014

6

Uit die kantoor van die

Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Aan die begin van November hoor ek my eerste kersliedjie in ‘n winkelsentrum en ek besef met groot skok dat dit reeds weer daardie tyd van die jaar is. Hoe het hierdie jaar so vinnig onder ons voete verdwyn? Ge-lukkig is dit ook die tyd van die jaar wat ons liefde, vrede en vreugde uitleef en weer besef Wie vir ons gesterf het en hoekom. Saam met hierdie seisoen van persente uitdeel, het Bergrivier Munisipaliteit twee gesogte toekennings gewen tydens die “Groenste Dorp Kompetisie” in die Weskaap. Op Maandagaand 3 November is die pryse toegeken tydens ‘n dinee in Stellenbosch. Bergrivier Mu-nisipaliteit het die toekenning gekry as die Munisipaliteit wat die meeste goeie vordering getoon het in die veld van klimaatsveranderings-inisiatiewe en was ook die kate-gorie wenner vir klimaatsveranderings-inisiatiewe.

Hierdie maand maak Piketberg ook geskiedenis wanneer die Bergrivier Gemeenskapskoor toer na die VSA en Eu-ropa. Bergrivier Munisipaliteit is uiters trots op hierdie mooi uitvoerproduk van ons area en wens elke koorlid ‘n onvergeetlike ervaring. Gaan en maak ons trots! Ons kan nie wag om die positiewe stories van hoop wat julle oor die wêreld gaan bring, te hoor nie. Mag hierdie kerstyd vir elke inwoner van Piketberg ‘n be-sonderse ervaring wees en mag ons die nuwejaar met nuwe hoop, moed en goeie planne binnegaan.

Tracy Stone (Bestuurder Strategiese Dienste en ook verantwoordelik vir die klimaatsveranderings-inisiatiewe binne Bergrivier Munisipaliteit), die

Uitvoerende Burgemeester, Rdl Evert Manuel en die Munisipale Bestuurder, Adv Hanlie Linde wys al die pryse en trofees wat die Munisipaliteit verower het.

022-913 2646

Baie dankie vir jul voortdurende ondersteuning en baie welkom aan alle nuwe kliënte

R70 Special 7 ou dvd’s vir 7 dae lank

‘n Verdere toekenning is ontvang deur Bergrivier Munisipaliteit tydens die 2014 Groenste Munisipaliteit Kompetisie. Hulle verower ‘n derde plek in die Weskaap vir Vaste Afvalbestuur. Die toekenning is ontvang deur Jaco Breunissen tydens die onlangse IWMF wat gehou was op Hermanus.

alle

bied twee-weeklikse dienste.

of e-pos:

Page 7: 11 piketberger des 2014

7

‘n Suksesvolle haarsalon op Malmesbury verskuif na Piketberg en open op 2 Desember 2014.

Wilene Visser het 2007 gematrikuleer by Hoërskool Piketberg. Sy het by Bonnins Haarsalon in Malmesbury gewerk vir 4 jaar en het haar eie salon al vir 1 jaar en 9 maande.

Page 8: 11 piketberger des 2014

8

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Ons bied die volgende:

Stoffering van banke en stoele

Herstelwerk aan tente en seile

Maak van seil “canopies” vir bakkies

Motorsitplekke en motor- plafonne

Trekkersitplekke

Spesiale versoeke

Christo 083 399 7988 / 022 913 3326 Langstraat 59, Piketberg

Baie dankie vir julle ondersteuning gedurende 2014 - ons waardeer dit!

Bring asseblief NOU julle tente en seile vir herstelwerk of opknapping. Desember is net

om die draai!

Piketberg/Goedverwacht Voetslaanpad

Na meer as twee jaar se vergaderings en gesprekke is daar met die eerste fase van die Piketberg/Goedverwacht Voetslaanpad begin.

Gedurende die week van 27 tot 31 Oktober het Johan Pietersen en sy span die voetslaanpad wat baie toege-groei en ontoeganklik was, begin oop kap en die begin-punt gemerk. Die roete strek vanaf net bokant die NG Kerk se grond tot bo-op die berg. Johan en George Esau, gesoute Goedverwacht stappers en lede van die Goed-verwacht Voetslaanklub, ken die roete goed en kan nie uitgepraat raak oor die potensiaal van die staproete as toerisme aktiwiteit vir beide plaaslike inwoners en toeriste nie.

Fase twee in die ontwikkeling van die roete behels die oprigting van ‘n skuiling bo-op Piketberg en die amptelike gradering van die roete. Hiermee saam sal inligtings-borde opgerig word en dagroetes met ‘n opvoedkundige aanslag aangebied word. Die skakeling met die Goedver-wacht/Wittewater roetes word vir Fase drie beplan. Die kostes verbonde aan oopkap en merk van die voetslaanpad is geborg deur Praktika en Piketberg Toerisme. Neem asseblief kennis dat die voetslaanpad nog nie amptelik oopgestel is nie en die gebruik daarvan is op eie risiko. Wees ook in die somer uiters versigtig vir slange.

Johan Pietersen en sy span wat die voetslaanpad oop gekap het.

Dave Ferguson en Georgia Abrahams by die ingang van die voetslaanpad.

Page 9: 11 piketberger des 2014

9

Aan die sy van Monica Fivaz, regs, wat die afgelope tien jaar ‘n waardevolle diens by Le Roux van Wyk

Makelaarsdienste lewer, is daar ‘n nuwe, ewe vriendelike gesig. Zelda Meiring, links het op

27 Oktober by hulle aangesluit. Nie alleen is sy reeds voluit aan die gang in genoemde besigheid, maar as eiendomsbestuurder in haar vorige betrekking, gaan

sy ook betrokke raak by Sandra van Wyk Eiendomme. Aan Zelda, haar man, Dirk wat by Agrico

werk en hulle twee dogters, Getha en Inez, wil ons baie welkom sê. Ons vertrou dat hulle lank en geluk-

kig op Piketberg sal werk en woon. Berig: Sandra van Wyk

Foto: Ansel van Schalkwyk, Kiekies en Meer

Tot u diens

! 2015 se Piketberger datums

verskyn op p31. Merk dit in u organisasie se

dagboek.

Page 10: 11 piketberger des 2014

10

VLV leer lappies las By ‘n onlangse VLV byeenkoms het Martie du Plooy – VLV lid van Moorreesburg – dames nie net stomgeslaan met wat sy alles vermag nie, maar ook gemotiveer deur haar uitstalling en praatjie oor laslap- en kwiltwerk. Die oudste kwilt dateer uit die laat 1800’s. Kwiltwerk het oorspronklik in Europa en Egipte begin en met migrasie van die Amish oorgespoel na Amerika. Materiaal was skaars en geen lap is gemors nie. In een-voudige huise was ‘n kwilt die enigste versiering. “Quilt” is van die Franse word, Cuilte, afgelei, wat matras beteken. Daar is nagenoeg 21 miljoen kwilters in die VSA. Paducah, Kentucky, staan bekend as die kwilthoofstad waar die oudste kwilt in die kwiltmuseum bewaar word. Die grootste kwilt – 200m x 170m - is in Junie 2000 in Portugal gemaak. Martie se motto is: “Leef jou passie uit – die lewe is te kort om nie te doen waarvan jy hou nie”.

“Friends are like quilts, they never lose their warmth” “When life gives you scraps, make a quilt”

“A clean house is the sign of a broken sewing machine” “You were created limitless. There is nothing you cannot

achieve”.

Frannie Botha, sameroeper van Leefstyl en organiseerder van die byeenkoms, saam met die

aanbieder Martie du Plooy.

VLV lede Jackie Ferguson en Alta Vos.

Selfs op die teetafel is

die laslappies nageboots!

Berig en foto’s: Riana Richter

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Geseënde Kersfees Voorspoedige Nuwe

Jaar. Dankie vir u ondersteuning

gedurende 2014.

Klere vir die vrou met

eksklusiewe smaak

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Page 11: 11 piketberger des 2014

11

Page 12: 11 piketberger des 2014

12

Leon Cronjé en Mari Steenkamp is op 24 September te Laatson Porterville getroud. Foto: Karien Jordaan

André en Leoumé Vos is op 4 Oktober by Laatson te Porterville in die huwelik bevestig. André is die seun van André en Alta Vos van Piketberg en Leoumé die

dogter van Leon Diedericks en Helena Visser van Vredenburg. Foto: Linda Vos

Bruce en Cecile Louw is op Saterdag 4 Oktober in die AGS Rotsgemeente te Brackenfell getroud. Cecile was die vorige sekretaresse van die kringkantoor.

Foto: Sanet van Niekerk

Reinhard Coetzee en Elzette Hanekom, tweeling-dogter van Ian en Helette Hanekom van Winkels-

hoekplaas, Eendekuil is op 6 September in die NG Kerk Piketberg getroud en die onthaal is gehou by Piekenierskloof Lodge, Citrusdal. Die egpaar is al

sewe jaar werksaam te Port Elizbeth en daar gevestig.

Foto: Elizema Lambrechts

En die liefde blom...

Page 13: 11 piketberger des 2014

13

Ons is oop Maandae tot Saterdae: Kombuis 3nm tot 10nm en Kroeg 3nm tot laat

Sondae gesluit

Specials Maandae: 2 large pizzas vir R120

Woensdae: Burger Special Buy one get one free R59

All Week Specials T-bone R85

Spare ribs R89 Prego Roll R57

Pierre & Anzel Coetzer 084 296 2670

[email protected]

Page 14: 11 piketberger des 2014

14

Voltydse AdMaths Sentrum vanaf 2015 by PHS

Uitstekende nuus vir leerders in die omgewing is dat Piketberg Hoërskool ‘n gasheer-uitnodiging gekry het om ‘n voltydse AdMaths Sentrum vanaf Januarie 2015 by die skool te huisves. Dit beteken dat ‘n voltydse AdMaths fasiliteerder by Piket-berg Hoërskool beskikbaar gaan wees waar leerders uit ons omgewing nou ook – soos die groter skole - die voor-deel van fisiese AdMaths-klasse (en dus nie afstands-onderrig nie) sal hê. Wat is AdMaths? AdMaths is ‘n ekstra VAK en nie ‘n eks-tra KLAS in skoolwiskunde nie vir Gr 9 tot Gr 12-leerders. Die oogmerk van die vak is om ‘n leerder wat reeds sterk is in wiskunde (dus 80%+) te stimuleer en te verryk ad-disioneel tot die skoolsillabus. Formele eksamens word geskryf en ‘n leerder word bevorder na ‘n volgende graad. Dit word sterk aanbeveel vir leerders wat ‘n loopbaan in Ingenieurswese, B.Sc., B.Comm, Aktuariële Wetenskap, Tegnologie en soortgelyke rigtings wil volg, aangesien baie studente getuig dat skoolwiskunde hulle nie vol-doende voorberei vir eerstejaarswiskunde op universiteit nie. PHS, ‘n Dinaledi-fokusskool vir uitnemende onderrig in wiskunde en fisiese wetenskap, is ongelooflik opgewonde hieroor – ‘n verdere uiters belangrike ekstra vir ‘n skool wat jaarliks uitstekende wiskunde-uitslae lewer en die afgelope vier jaar onder die Top 10 Afrikaanse skole in die Wes-Kaap ten opsigte van wiskunde-prestasie gelys is. Die voltydse sentrum sal in die week van 26-30 Januarie 2015 met die AdMaths-kursus afskop – die eerste jaar as ‘n infasseringsfase slegs vir Gr 9 en Gr 10-leerders. Alle 2015 Gr 9 en Gr 10-leerders in die omgewing vir wie ‘n voorsprong in wiskunde belangrik is, word sterk aange-moedig om teen Vrydag 21 November aanlyn aansoek te doen by www.admaths.co.za of hulle te skakel by 021 981 0595. Volledige inligting kan ook op die webblad gekry word. Vir verdere inligting kan Berenice Scheepers ook gekon-tak word by 0836677643 of [email protected] Dis nou soveel makliker… die ondersteuning word week-liks by PHS - jou voorkeurkeuse vir uitsonderlike opvoe-ding – gebied!

VLV sluit 2014 af op ‘n hoë noot

Die VLV-afsluitingsfunksie was ‘n heerlike ontspanne musikale oggend. Leandra Loubser en haar dogtertjie, Lené het drie pragtige liedjies saamgesing. Trippe Trappe kleuterskool het ook van hulle liedjies ge-sing. Cobis Wilson en Leandra het ook die gaste getrakteer met hulle pragtige duet-sang en stemme wat mooi saam harmonieer. Laastens het Leandra vir al die VLV-dames ‘n voorlesing gedoen – “Moederskap is nie vir lamsakke bedoel nie”. Drie lede het hul VLV diensjaarknopies vir getroue lid-maatskap ontvang. Die nuwe bestuur vir 2015 het ook hul balkies ontvang. Die oggend is afgesluit met heerlike verversings en tee. Volgende jaar se nuwe jaarprogram begin DV in Februarie 2015. Navrae Nicoline Brown 082 4770 665

Die drie lede wat hul diensjaarknopies ontvang het is Magda le Roux (30jr), Elbeth Liebenberg (30jr) en

Petrusa Smit (60jr). Foto’s: Dinette Lochner

Leandra Loubser en haar dogter Lené.

Hochland lede Rekenaarvaardig

Lede van Hochland se werkerskomitee hou trots die sertifikate vas wat hulle onlangs verwerf het na

opleiding by Anker Rekenaar Akademie. Hierdie is 'n inisiatief van hulle werkgewer om arbeiders te

bemagtig in die gebruik van rekenaartegnologie. Foto: Herman de Hoog

Page 15: 11 piketberger des 2014

15

Page 16: 11 piketberger des 2014

16

HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for house-sitting / pet-sitting as well

as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326

or [email protected]

Services Offered

Halfdag huishulp benodig. Maandae tot Vrydae. Geen rook en drink.

Kontak asseblief 082 780 8698

Betrekking Aangebied

Te Huur

Winkelperseel te Huur te Voortrekkerstraat. Skakel Anderson, Nel & Kie

022 913 1132 of 083 225 3810

Huis te Huur Stap-afstand van Piketberg Hoërskool

(waar ADV Prokureurs was, oorkant NG Kerk)

3 Slaapkamers, 1 badkamer, kombuis, sitkamer, agtertuin, onderdak

parkering, pragtige uitsig, karakter volle atmosfeer. Kan gedeel word tussen dagmammas

wat op die Dorp wil wees weens skoolgaande kinders, of as 4 kantore gebruik word (het besigheidsregte), of ideaal vir klein gesin.

Semi-gemeubileerd onderhandelbaar) R3 900/maand (water ingesluit)

Ook: 1-slaapkamer woonstel teen R2 900/maand beskikbaar (water en dienste ingesluit). Ekstra kamer onder- handelbaar. Semi-gemeubileerd indien verkies.

Skakel Clare 083 225 0059

Jacques Ehlers

Wat sê die Reg?

Geskrewe huurkontrak beter as mondelinge

kontrak ‘n Leser het my die afgelope week gekontak en gesê sy worstel met die vraag of ‘n geskrewe huur-kontrak beter en meer afdwingbaar is as ‘n mondelinge huurkontrak. Met haar intrek in ‘n huurhuis ‘n paar jaar gelede, het die Ver-huurder toegestem dat sy ‘n lugverkoeler in die eiendom mag installeer en dat sy dit weer mag verwyder wanneer sy die huis ontruim. Daar was egter geen skriftelike huurkontrak onderteken nie en alle onderhandelings het slegs mondelings geskied. Die Huurder moet nou die eiendom ontruim en wil die lugverkoeler saam neem, maar die Verhuurder ontken dat hy ooit gesê het dat sy die lugverkoeler mag verwyder en is nou van mening dat die lugverkoeler sy eiendom is. In die Suid-Afrikaanse reg word beide geskrewe en mondelinge ooreenkomste erken. Alvorens ‘n ooreen-koms tussen die partye tot stand kan kom, moet alle be-palings en voorwaardes vir die onderskeie partye duidelik wees, met ander woorde, daar moet “a meeting of minds” wees. In die geval van ‘n huurkontrak, is dit belangrik dat kwessies soos, onder andere, die huurbedrag betaalbaar en die tydperk van die huurkontrak aangespreek en ooreengekom word. Daar is ook sekere gemene reg bepalings wat met ver-looop van tyd ontwikkel het en wat van toepassing is waar die partye nie hulle eie terme en voorwaardes op skrif neergepen het nie. Hierdie bepalings is egter nie altyd aan Jan-Alleman bekend nie en daar mag situasies ontstaan waar die partye sou verkies het om sekere kwessies pertinent in die kontrak aan te spreek, soos byvoorbeeld die leser se situasie omtrent die lugver-koeler. Die probleem met mondelinge ooreenkomste is wanneer daar ‘n dispuut ontstaan oor ‘n sekere bepaling van die huurkontrak, soos byvoorbeeld die lugverkoeler. Die Ver-huurder en die Huurder het uiteenlopende sienings oor wat hulle ooreengekom het en om hulle onderskeie weer-gawes te bewys, mag problematies wees. Die Wet op Huurbehuising maak egter voorsiening dat ‘n Huurder die Verhuurder kan versoek om sekere be-palings op skrif te stel. Hierdie stap moet eerder vroeër as later geneem word om moontlike dispute uit die weg te ruim. Daar word dus aan die hand gedoen dat partye die be-palings en voorwaardes van ‘n huurkontrak verkieslik op skrif moet stel, wat nie slegs sal help om ‘n moontlike toekomstige dispuut op te los nie, maar wat ook vir die partye gemoedsrus sal gee oor hulle regte en verpligtinge kragtens die huurkontrak.

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Page 17: 11 piketberger des 2014

17

STORE EN WERKSWINKELS

TE HUUR

25M² STORE@ R700/maand 50M²STORE @ R1400/maand

WERKSWINKELS 60M² @ R1800/maand

Store het koopkrag

Skakel Riaan Diedericks

084 624 0963

Klas van 1964 hou reünie

PHS se matriekklas van 1964 het onlangs hul 50ste reünie gevier. Agter staan Pierre Nieuwoudt, Frikkie

van Schalkwyk, Nicolaas Marais, Petru Smit en middel Derick Louw, Casper van der Merwe, Hendri

(Lat) van Zyl, Kosie Smit, Willem Smit, Elsa Kok (Rossouw) en Koos Carstens. Voor sit Leonie

Carstens (Russouw), Wilma Nel (Kitshoff), Albie Moolman (Burger), Helena le Rouw (du Preez), Lettie

van Niekerk (Grobbelaar) en Rita Bestbier (van Rooyen). Foto verskaf

Stuur u foto’s, berigte en advertensies na

[email protected]

Page 18: 11 piketberger des 2014

18

Christie kán skryf deur Berenice Scheepers

Moenie ‘n groot ou op sy rugbybaadjie takseer nie. Toe die drie anonieme skryfstukke van die enkel seun tussen dié van vier meisiekinders in my hande beland, sou ek nooit kon raai dat dié heerlike opstelle deur ‘n voornemende Shark-speler geskryf is nie. Want ek erken nou eerlik, ek het Christie van der Merwe eerder met rugby as met skryf geassosieer. Min wetend dat daar onder daai einste baadjie ‘n hart klop vir die lek-kerste stories. Die ontdekking nadat ek besluit het hierdie anonieme seun moet die prys vir kreatiewe skryfwerk kry, was ongelooflik aangenaam. Ek kon nie ophou glimlag toe sy Afrikaanse juffrou sy identiteit bekend maak nie. Christie, jy verdien hierdie prys! Jy mag maar ‘n storie skryf. En eendag, wanneer jy klaar agter die leerbal aangehol het, hoop ek dat jy iets met hierdie stories van jou gaan doen. Wie weet, dalk word jy nog ‘n Christiaan Bakkes wie se eerste stories onder die Piketberge gebore is. Ek plaas, met sy toestemming, een van die opstelle. Die ander opstelle is beskikbaar op versoek en teen betaling (grappie).

Die erfporsie Op my kartonbord staan groot geskryf “HELP asseblief, het ‘n gesin om voor te sorg”, maar dis asof dit in Japa-nees geskryf is, of nee wag, ‘n paar Japanese het dit ook al gesien en my net soos die ander geïgnoreer. Ek het al geleer dis beter om humor op die kartonborde te gebruik. Ek het eendag op my kartonbord geskryf “Family was taken by ninjas, need money for karate lessons”. Dit het darem ‘n paar mense laat lag en ek het ‘n paar muntstukke verdien. By die shack het dit regtig nie goed gegaan nie. Vroulief is siek in die bed en die kinders is maar daar in die rondte. ‘n Mens sien nie sommer blanke mense wat só sukkel nie. Ek maak vanaand my gunsteling blaarslaai-sop. Dis nou nie die beste nie, maar goedkoop om te maak. Ek plant self die blaarslaai en kry die water vanaf die munisipale kraan wat net ‘n entjie weg is. Dis al laatmiddag. Ek moes al op die strate gewees het, maar dit is die lekker ding as jy vir jouself werk en jou eie baas is. Maar alle grappies nou op ‘n stokkie: ek moet vir my gesin voorsien. Ek is ‘n man wat nie skool voltooi het nie en ook geen kwalifikasies het nie, maar soos ek elke aand vir die Here sê wanneer ek op my knieë gaan, “Ek probeer”. Ek staan nou al heeldag en bedel, maar het niks om daarvoor te wys nie. Voor my stop ‘n Lamborgini. Ek het al so ‘n motor gesien. Dié ou moet geld hê. “Meneer, ek wil graag vir u vra vir…” “Gaan weg jou sleg vark!” skree hy op my. Ek wil wegloop, maar kan net nie. Dié ou het so baie geld, maar hy sal nie eers ‘n vyfrand weggee nie. “Asseblief meneer.” Hy stamp my op die grond en skree: “jy sê nie vir my nie!” Ek stap moedeloos huis toe, maar is heel verbaas om ‘n groot glimlag op my vrou se gesig te sien. Haar oom se nefie se vrou se, ag ek gee nie eers om nie, het ‘n erf-porsie van miljoene vir ons gelos! ‘n Paar jaar later sit ek in my sportmotor en ek kan dit nie glo nie, want reg voor my staan en bedel dieselfde man wat my gestamp het, met ‘n kartonbord. Ek kon vir hom sê: “jy sê nie vir my nie!”, maar dit is net nie menslik nie. Ek draai my ruit af en sê vir hom: “Gebruik humor, dit werk.”

Helma tree af na 25 jaar Andries (Wolf) Liebenberg van Liebco skryf... Na 25 jaar diens groet ons by Liebco vir Helma Kotze, ja met 'n seer hart. Helma het in 1989 by ons begin werk. Beter kon jy nie kry nie. Dit was 'n tyd in ons besigheid se bestaan dat die administrasie nog nie goed georganiseer was nie. Helma, 'n goed geordende mens, het die dinge stelselmatig begin regkry. Ek onthou nog goed toe ons van hand geskrewe fakture en rekeninge na 'n rekenaar stelsel oorgeskakel het en hoe effektief Helma dit hanteer het. Ek kon altyd op haar staatmaak en niks was ooit vir haar te veel nie. Helma was geliefd deur die personeel en sy het altyd 'n oor gehad. Van die geringste kon sy of haar probleem met Tannie Helma deel. 'n Naald om 'n knoop aan te werk, 'n pilletjie vir hoofpyn of 'n pleister vir die seer. Helma was ook 'n goeie skakelbeampte en die gesig van Liebco vir kliënte wat telefoniese bestellings plaas. Vir 'n kort ruk was sy by ons afwesig met Johan, haar eggenoot, se siekte en afsterwe, maar gou weer daarna in ons diens. Helma is geseënd met vier pragtige en suksesvolle kinders en nou ook kleinkinders. Ons sien saam met haar uit, na haar kinders Johan en Stefanie se troues in Januarie 2015 en die viering van haar 70ste verjaardag. Dankie ook Helma vir gemeenskapdiens. Haar oop hand, drukkies en luister vir ieder en elk wat dit nodig het, Sekretaresse vir die Burgemeester (onoffisieël), Klawer-bord speel in die Kerk oor al die jare, ons het lekker saam gesing. Geniet elke oomblik van opwinding met die toer van Bergrivierkoor in Desember na VSA en Europa. Helma ons bid jou voorspoed, gesondheid en seën toe vir die jare wat voorlê. Jy sal altyd deel bly van die Liebco familie.

Helma Kotze het ‘n helikopterrit geniet as deel van haar afskeid by Liebco. Foto’s: Liza du Toit

Skoolkwartale vir 2015 1ste kwartaal - 21 Januarie tot 1 April

2de kwartaal - 13 April tot 26 Junie 3de kwartaal - 20 Julie tot 2 Oktober

4de kwartaal - 12 Oktober tot 9 Desember

Page 19: 11 piketberger des 2014

19

Page 20: 11 piketberger des 2014

20

Stuur u berigte/artikels/foto’s per epos aan

[email protected] voor 20 Januarie,

verskyn 29 Januarie

Hoe kan u help…U kan ‘n geskenk of party pack borg

1. By Boland Superspar en Shoprite is ‘n kersboom

met kinders se name en wat hulle soek vir kersfees

2. Haal ‘n naam af koop die item draai dit toe en

plaas dit weer onder die boom

3. Of koop ‘n geskenk, lekkers, chips of sappies

4. Of as u huis of garage skoonmaak dink aan die

kinders

Wat soek die kinders gewoontlik; rugbybal,

sokkerbal, netbal, karre, poppe, skryfbehoeftes,

toiletware, vliegtuie, krieketstel, teesstel, trekkers,

remote karre, rugsakke, lorries of wat u ook al wil

gee

Dankie vir u omgee vir ons kinders

U kan dit afgee by Calendula straat

23 of Bergrivier Munisipaliteit.

Skakel Ray van Rooy vir meer

besonderhede 083 657 9615 / 022

913 6054

Kersboom Wense

20 Desember is dit die 15de jaar wat die kersfunksie vir behoeftige kinders van Piketberg en omgewing

plaasvind. Die funksie is daarop gemik om presente en party packs aan 1200 geidentifiseerde kinders te gee.

Hulle ouderdom is 2- 13 jaar.

Baie dankie vir u ondersteuning!

Geniet die feestyd saam met

familie en vriende.

Alles van die beste word u toegewens vir

2015.

Le Roux Speelgoedfabriek

Wie sou nou kon droom dat Piketberg ook sy eie speelgoedfabriek het en nêrens anders as in die

werkswinkel van oud-polisiehoof, Kaptein Japie le Roux nie. Sy speelgoed is enige kind se droom en

word van duursame hout vervaardig. Saam daarmee word kindervriendelike verf gebruik en baie klem word gelê op kwaliteit en detail. Oom Japie, soos

alom bekend, gesels baie entoesiasties oor hierdie stokperdjie van hom en kan ‘n mens die trots op sy handewerk duidelik sien. Bestellings vir Kersfees

2015 kan nou reeds geplaas word by telefoonnommer 022 913 3609 of selfoonnommer 076 195 0757.

Op die foto wys oom Japie die trekker en koring-sleepwa wat hy vir Lian Fouché gemaak het.

Berig en foto: Jannie Fouché

Page 21: 11 piketberger des 2014

21

Jack’s Paint & 2 Acre Hardware

Ons bied ook die volgende dienste - Plumbing, Elektries, DSTV, Aircons, Boumateriaal

Kom geniet ‘n koeldrank en

hotdog op Saterdag

29 November

Kom kyk self!!!

Spandeer R1 000 of meer en staan ‘n kans om ‘n Steak Braaier te

wen

Spandeer R500 en staan ‘n kans om 2 x 20liter Plascon PVA Wallseal Wit verf te

wen

Veilingpryse 27, 28 en 29 November Groot verskeidenheid artikels te koop

Page 22: 11 piketberger des 2014

22

deur Jannie Lategan

Daar agter in die diepsee, is kabbelende golwe wat swel tot 'n reuse spierwit skuimgevulde rebuste hoë brander! Reg onder, vloei 'n kalmer en speelse stroompie op die strand uit. Die eb- en vloedgety van die see kan in meni-ge opsig die metafoor van die jaar en sy getye wees. Aanvanklik 'n kalm en uitdagende wegspring, met soveel idealisme en nuwejaarsvoorneme...vasgevang in die rus-tige see-deinings van die golwe agter die branders.. Stelselmatig, soos Somer plekmaak vir Winter, moet die kalmte plek maak vir aanpak en uitdaag van bepaalde doelwitte. Inderdaad ontpop die stilte en vreedsaamheid in 'n stuwende reuse brander. Ideale en voornemens kom tot uitvoer en moet realiseer. Daar is onrustigheid en straks onsekerheid. Botsende elemente is soms onafwendbaar. Daar word dan tot meer rustigheid en selftevredenheid gemaan. Die volle palet van kleur ontwaak in die Lente. Die ruwe brander moet plek maak vir rustigheid en afska-keling. Emosie, denke en harde werk is uitgewoed! Wanneer die Somerson die skouspel van kleur laat vervaag, word die oes na die dorsvloer en parskuip inge-bring. Rustigheid en vrede in harmonie, vloei op die kuslyn uit. 'n Rustigheid wat uit gewelf gebore was! Terwyl daar gebaai word in meer vreedsame waters, word weer ener-gie, vir ‘n splinternuwe tydvak gebou. Onwillekeurig en half onmiskenbaar, word elkeen ingedwing in die nouer wordende loopvak, om 2014 te groet. Mag elkeen energie herbou, in die meer rustige seisoen, om weer die drukgang van 'n nuwe jaar in te beweeg. Die jaar 2014 ...word aan die Argief toevertrou. Op die horison loer 2015.

Ons Groet 2014

Belydenis van Geloof

Katkisante van die NG Kerk Aurora lê belydenis van geloof af op Sondag 9 November.

Voor is Suzanne van der Merwe, Elzaan Lambrechts en Diané Ungerer. Agter is Ruan Mostert en

Ds. Johan Jacobs. Foto: Petrusa de Koker

Die Aurora katkisante saam met van hulle Piketberg maats wat hulle gaan ondersteun het. Agter is Elzaan Trautman, Lize-Mari Carstens, Nina Cillié, Suzaan van der Merwe, Elzaan Lambrechts, Marike Koch, Diané Ungerer, Ruan Mostert, Adam Barnard, Matteus Vor-

ster en voor Driaan van Wyk, Jacques Joubert, Daniel Goosen, Jandré de Witt en Arno van Deventer. Dirkie

Nieuwoudt was ook by die geleentheid. Foto: Marietha Goosen

Benna van der Westhuizen, het op

9 November Belydenis van Geloof afgelê te

NG Kerk Velddrif. Foto: Helita van der Westhuizen

Delaine Wright, Eric Segal, Mostert en Ruan Brand het op 16 November Belydenis van Geloof afgelê

te NG Kerk Laaiplek. Foto: Nina Cillié

Jean-Marié Sadie en Adriana Visser het op 16 November Belydenis van Geloof te NG Kerk Redelinghuys afgelê.

Foto: Gerda van Schoor

Page 23: 11 piketberger des 2014

23

PHS se Graad 7 Afskeid in “Candyland”. Foto: Sanet Ackermann

Page 24: 11 piketberger des 2014

24

20 Jaar Gelede — Desember 1994

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

LIEDJIEFEES - Met die suksesvolle liedjiefees gehou op 5 November 1994, is Melanie Eksteen verkies tot Mej Liedjiefees. Simone Jansen was eerste prinses en Natasja Conradie die tweede prinses. Mev Lynette Groenewald het die kompe-tisie georganiseer. Met die fietsprettrap is geluk-kige nommers getrek en die fiets, geskenk deur Bo-land Spar is gewen deur Villiers Morrison. Piketberg se dameskuts het tydens die Noord-Bolandse eindstryd op Porterville vir die vyfde agter-eenvolgende jaar met die louere weggestap. Tydens die plaaslike klub se afsluitingsfunksie is mev Christa van Ellewee weer aangewys as die lid met die hoogste gemiddelde punt in alle kompetisies deur die loop van die jaar. Die hoogste gemiddelde punt deur die jaar (oefeninge en kompetisies) is behaal deur mev Johan-na Steenkamp - die oudste lid. Mev Nolie Eksteen was tweede, mev Maureen Nieuwoudt, ‘n nuweling, het die trofee vir die beste vordering ontvang. Op 14 November het 55 leerlinge en onderwysers die Nico Malan-teater besoek waar die bekende Rice/Weber musiekblyspel Evita, aangebied is. Drie Piketbergers het vanjaar goed presteer in karate. Mariaan van Kraayenburg, Katinka Morrison en Karin van der Westhuizen het onlangs hulle swartgordels behaal in Gorei Karate. ADVERTENSIE:WOONSTEL TE HUUR - R350,00.

Dané van Niekerk, Marius Erasmus, Maarten Slabber, Amanda Dick (afrigter), Johan du Toit, Tristen Petzer

en Nick Meeding. Dit is die eerste keer dat Clintonianne Ryskool al die Vic-tor Ludorums wen in die klasse waarin hulle deelneem by die WP Junior Perdespring Kampioenskappe. Die uitslae is as volg: 70cm: Maarten Slabber op Kalahari - twee wenne en Victor Ludorum; 70cm: Nick Meeding op Tasunke Witko - wenner van die kampioenskap klas; 80cm: Dané van Niekerk op Boys will be Boys - twee derde plekke; 80cm: Maarten Slabber op Sparkling Star - eerste en tweede plekke; 80cm: Tristen Petzer op Slewper - drie tweede plekke en Victor Ludorum; 80cm adult class: Marius Erasmus - twee eerste plekke en ‘n tweede plek; 90cm: Johan du Toit op Automatic account - twee derde plekke, wenner van die kampioenskap klas en Victor Ludorum.

Berig en foto: Susan du Toit

WP Junior Perdespring Kampioenskappe

Brons vir Piketberg

Johan de Lange, Elrica Foot, Phienie Badenhorst en Bertus Rossouw.

Met die onlangse opening toernooi van Wynland/Boland Jukskei het van Piketberg se jukskeispelers munt geslaan uit die kragmeting tussen vele ander klubs om teen die einde van die dag met brons weg te stap. Volgens Johan was dit ‘n taai stryd tussen 12 spanne van verskillende klubs en hulle was trots om Piketberg se naam hoog te hou.

Foto verskaf

‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige

Nuwe Jaar word ons kliënte

toegewens

Page 25: 11 piketberger des 2014

25

Page 26: 11 piketberger des 2014

26

Page 27: 11 piketberger des 2014

27

Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164

Kook saam met

Quentin

Knoffel, Roosmaryn en

Mosterd Geroosterde Lamsboud

Lamsboud 3 knoffelhuisies Vars Roosmarynblare 60ml Olyf Olie 10 Kapok Aartappels 20g botter 2 eetlepels mosterd sout en peper Voorverhit die oond tot 200°C. Plaas die lamsboud in ‘n braaipan en maak ses snitte in die boud. Plaas die knoffelhuisies in die snitte en mari-neer met sout, peper, olie, roosmaryn en mosterd. Rooster vir 20 minute in die oond en haal dit uit en sit die kapok aartappels rondom die boud en sprinkel die botter oor. Bak vir 1 uur tot dit medium is of tot ‘n temperatuur van u keuse. Haal die boud uit as dit gaar is en bedek met foelie en laat dit rus vir 15 minute voor dit bedien word. Verskillende groente kan saam met die boud gebak word. Gebruik die sous van die boud en verhit dit in ‘n pot met witwyn en maizena en gebruik dit as ‘n sous vir die lams-boud.

Babbel en Krabbel ondersteun koor

Ongeveer 100 kleuters van Babbel en Krabbel het elkeen 'n bydrae gemaak tot hulle juffrou, Margie Julius, se koortoer na Boston, VSA en België. Die

kleuters was baie opgewonde om hulle munte in die blink bussies te plaas. Ons glo hulle juffrou gaan met baie stories terugkom om te vertel. Margie is deel van

die Bergrivier Gemeenskapstoer met 63 lede olv Sherlock Fortuin. Foto: Marietha Goosen

Lewensomstandighede Opname Invordering van data vir die Lewensomstandighede Opname 2014/15 deur Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) het reeds op 13 Oktober 2014 begin. Amptenare van Stats SA sal geselekteerde huishoudings in die provinsie besoek om inligting van lede van die huishouding in te samel deur middel van ‘n vraelys. Hierdie data word ge-bruik om die armoedevlakke in die land te bepaal en te monitor. Dit verskaf ook toepaslike inligting om die na-sionale rekeninge te ontwikkel en instand te hou, asook om ongelykhede te monitor. Die LOO 2014/15 onder-steun die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) in soverre dat dit die land sal help om die NOP-teiken te monitor waar daar gepoog sal word om die Gini-koëffisiënt teen 2030 te laat daal tot 0.60. Die moni-tering van die doelwit om die aantal mense van die bevolking wat onder die onderste armoedevlak lewe te verminder na 0% teen 2030, sal ook baat vind deur hierdie opname. Die huidige Gini-koëffisiënt is 0.69 gegrond op die Inkomste- en Uitgawe-opname (IUO) 2010/11(gebaseer op inkomste per capita, insluitend salarisse, lone en welsynstoelaes). Die LOO is ‘n opname gemik op huishoudings. Gedetail-leerde inkomste- en uitgawe-inligting, sowel as inligting in verband met opleiding, behuising, maatskaplike welstand, gesondheid en lewensomstandighede van huishoudings dwarsoor Suid-Afrika word ingesamel. Die opname word elke vyf jaar uitgevoer. Die vorige opname het in 2008 plaasgevind. Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) maak ook gebruik van die uitslae van die LOO om die gewig-stoekenning van die VPI mandjie van goedere en dienste te herbereken. Hierdie inligting is laas aangepas nadat die data van die Inkomste- en Uitgawe-Opname (IUO) 2010/11 vrygestel is. Dit is noodsaaklik dat dit elke drie tot vyf jaar herbereken moet word aangesien dit tred moet hou met die mees onlangse verbruikers- en bestedingspatrone van huis-houdings. Die LOO geskied oor ‘n periode van 12 maande waar-tydens ‘n gekose huishouding oor ‘n tydperk van vier weke vier maal besoek word. ‘n Kombinasie van dagboek en herroepmetodes sal gebruik word om huishoudelike uitgawes gedurende die duur van die opname weer te gee. ‘n Gekose huishouding sal versoek word om ‘n uitgawe-dagboek vir ‘n tydperk van twee weke by te hou. LOO data-invordering het reeds op 13 Oktober 2014 begin en dit duur tot 30 Oktober 2015.

Page 28: 11 piketberger des 2014

28

Die Gr 5B-klas is die voorlopers met die insameling van Zoeloe Bybels vir die "Vertel vertel' Kix projek.

Kix Piketberg is dankbaar oor die 260 Bybels wat reeds ingesamel is. Die fondsinsameling het ten

einde geloop, maar ons droom vir 300. Foto: Marietha Goosen

KiX-projek - Gr 5B-klas voor

Kix 2014-Projek

“Vertel Vertel!”

“’n Bybeltjie vir ‘n Zoeloe-kindjie” - dis die waarde wat R60 in ‘n koevertjie kan toevoeg tot

iemand se lewe in Msinga en Makathini. Kix het reeds 260 Bybels

Vir die eerste twee inskrywings vir die uitslaap, Mika en JJ vd Merwe, het Kix 2 Bybels gegee. Een in Afri-kaans vir hulleself en een in Zoeloe om vir iemand

iewers vorentoe te gee. Op die foto is Marietha Goosen, saam met JJ en Mika vd Merwe, en hulle

Kix leiers, Jackie Ferguson en Ilse Bruwer. Foto: Sandra de Villiers

Vrouediens Afsluitingsfunksie

Amelia van Zyl van “Kamers vol Geskenke” was die spreker by die Vrouediens afsluiting. Saam met

Amelia, links, is Tharien van der Westhuizen, Adel Liebenberg en Carla Eksteen.

Foto: Marietha Goosen

Marietha Goosen, Mieta Basson, Nicoline Brown, Hanlie Linde en Marlien Smit saam met Amelia van

Zyl. Foto: Johan Smit

Morawia Wyk geniet die aandjie saam. Foto: Marietha Goosen

Page 29: 11 piketberger des 2014

29

Satellite

Solutions DSTV

Herstelwerk en Installasies

Skuif van Rekenaarkabels en

Telefoonlyne

Skakel KOBUS

072 371 9139 (Advanced

Satellite Training)

Die Rus-’n-Bietjie Klub het die inwoners van Huis AJ Liebenberg vermaak met karakters van 7de Laan,

samesang en musikante ter bewusmaking van Kanker en Oktober - Maand van Bejaardes.

7de Laan vermaak Huis AJL

Baie dankie aan die KIX Kinders wat elke jaar aan ons inwoners en personeel dink en ons bederf met ‘n

geskenkie, blommetjie en iets te ete - ons waardeer dit opreg.

Berigte en foto’s: Marie de Villiers

Inwoners van Huis AJ Liebenberg het n rolstoel-optog gehad tot by Boland Superspar ter bewusmaking van Maand van Bejaardes. Baie dankie Boland Super-spar wat hul bederf het met ‘n koppie tee en melktert. Inwoners is ook deur die winkel geneem om te sien hoe pryse gestyg het sedert hulle self inkopies gedoen het!

Maand van Bejaardes

Kix Kinders bederf Huis AJL inwoners

Page 30: 11 piketberger des 2014

30

Steynville Primêr hou Prysuitdeling

Die Intermediêre– en Seniorfase (Gr 4 - 7) van Steyn-ville Primêr het onlangs hulle jaarlikse prysuitdeling

gehou. Die algehele wenners (Gr 4-6) is Mauricke Salvirus (Gr 6), Camber Christians (Gr 5) en Wiohné

Turner (Gr 4).

Dux-leerder in Graad 7, Stacey-Lee Heugh ontvang die trofee by Mnr Diegaardt van PPC Sement,

Piketberg.

Hoofleiers vir 2015: Hoofmeisie Elnay Benjamin en Hoofseun Mauricke Salvirus

Sportvrou van die jaar Elnay Benjamin met Margaret Goliath.

Sportman van die jaar Zequin Lange-veldt met Francisco

Strauss.

Wiskunde en Wetenskap uitblinker in Gr7, Donita

Brits ontvang haar prys van Berenice Scheepers. Foto’s: Elzanne Boshoff

Keishan na Supersport funksie

Op 19 November is die

Sportman/vrou Streekwenner in die Swartland by 'n ge-

selligheid op Riebeek aangewys. Die Piket-

berger is voor dié geleentheid gedruk en

is trots op Keishan van Rooy, gr 4-leerder by Steynville Primêr,

wat een van die finaliste was. Keishan

was Supersport en Swartland Gazette se

wenner vir Maart-maand. Die finaliste is almal skoolsport uit-blinkers en die Algehele Wenner word bepaal deur

Supersport. Foto: Elzanne Boshoff

Kontak Piketberg Animal Welfare indien u ‘n katjie

wil aanneem. Skakel 071 828 7952

Page 31: 11 piketberger des 2014

31

♥ GESKENKE ♥ DEKOR ♥ MEUBELS ♥ STOFFERING ♥ Christo en Linda van Schalkwyk 022 913 3326 Langstraat 59, Piketberg (Reg oorkant Agrimark)

Baie dankie vir julle ondersteuning gedurende 2014 - ons waardeer dit!

Alison se Musiekaand

Die sangtrio het vir oulaas opgetree voordat twee die skool verlaat. Anina Bester en Maria Visser is vanjaar

in gr 12 en Adriana Visser, regs, in gr 11.

Levona Roberts ontvang 'n Musiekbeurs geborg deur Boland Superspar. Levona is in gr 10 en een van

Alison Müller se belowende studente.

Foto’s: Marietha Goosen

Die Piketberger se Datums vir 2015

Berigte/Advertensie IN 20 Januarie 17 Februarie

17 Maart 14 April 19 Mei

16 Junie 21 Julie

18 Augustus 22 September

20 Oktober 17 November

VERSKYN 29 Januarie 26 Februarie

26 Maart 23 April 28 Mei

25 Junie 30 Julie

27 Augustus 1 Oktober 29 Oktober

26 November

Page 32: 11 piketberger des 2014

32

Reach se Gimnaste by SA’s

Die Junior dansgroep het 1ste plek behaal by die afgelope SA-kampioenskappe. Agter is Ané Nelson 1ste, level 8, Janneke Slabber 6de, level 5, Christine

van der Merwe 6de, level 6, Magdel Coetzee 2de, level 9. Derde ry Shanda Whitfield 26ste, level 6, Su-Mari Hanekom 18de, level 4. Tweede ry Pamela Booys

16de, level 4, Elné Burger 8ste, level 4, Milah Baard 1ste, level 5, Nicole Steyn 5de, level 6, Renate Coet-zee 14de, level 4 en voor Jade Wilson 2de, level 5.

Afwesig Mia Oberholzer 3de, level 5.

Die Senior dansgroep het 2de plek behaal by die afgelope SA-kampioenskappe.

Milah Baard, 1ste plek, level 5 onder 13.

Magdel Coetzee, 2de level 9.

Jade Wilson, 3de level 5 onder 11.

Ané Nelson, 1ste level 8.

Foto’s:

Alta Nelson

Alison se Swemskool 1 Kursus:

8 Desember tot 19 Desember 2014 8 lesse @ R280

waargeneem deur Charné Augustyn

12 - 15 Januarie 2015 : 1 Weekkursus vir babas en beginners hoofsaaklik

Kontak Alison Müller 073 229 2855 / Saans 022 913 1746

Bespreek dadelik - beperkte plek! Kansellasie binne 5 dae : volle fooi betaal.

Nuus uit die Biblioteek ‘n Paar gewilde boeke en skrywers om te geniet hierdie vakansie.: Afrikaans: S.D.Fourie – Lanternswaaier; Irma Venter – Skrapnel; Lynn Austin – ‘n Lig in die Duisternis; Francine Rivers – Verlos deur die Liefde; Eleanor Baker – Die ander Martha Anchen Troskie – Nooit is ‘n Lang Lang Tyd; E.K. M Dido – ‘n Ander Ek; Irma Joubert – Tolbos; Mike Nicol – Dieners en Donners; Johan Fourie – Kodenaam – Tau; Johan Fourie – Spoor van die Perlemoenstropers; Karin Brynard, Kris Karstens, Deon Meyer, Riana Mouton, Wilma Adriaanse. Engels gewilde skrywers Karen Kingsbury; Tess Gerritsen; James Patterson; Santa Montefiore; Lisa Scottoline; Nora Robberts; Nicolas Sparks Nie Fiksie: Mitch Albom – Tuesdays with Morrie; Natasha Kampusch - 3,096 days; Esta Steyn – Die Grafte Jubel; Marita van der Vyver – Die hart van ons huis; ‘n Kamer vol Leesgenot.

Biblioteek se Vakansieprogram Alle kinders van 5 tot 10 is welkom by ons Knip en Plak Vakansieprogram

vanaf 8 tot 12 Desember. Elke dag van 12h00 tot 13h00.

Page 33: 11 piketberger des 2014

33

Biddy se Balletleerlinge Presteer Leerlinge van Die Biddy Langenhoven Balletskool het puik presteer in die "Imperial Society of Teachers of Dancing" eksamens wat onlangs op Piketberg plaas-gevind het.

Mari Fivaz, Erna Koegelenberg en Lise Bruwer het almal Onderskeiding vir Pre Primary verower.

Anri van der Merwe (Onderskeiding), Izabella Olsen (Merit) en Annette Bruwer (Onderskeiding) vir

Primary verower.

Test 1: Jana Truter (Merit), Mia Ober-holzer (Onderskeiding), Wiohné Turner

(Onderskeiding).

Test 4 - Jané Eksteen, Andrea Visser en Christine van der Merwe almal Merit.

Test 2 - Janke van Schalkwyk en Carli Rossouw albei Merit.

Test 4 - Carina Smit, Lené Nortje, Shanda Whitfield en Nicola

Coetzee almal Merit.

Besonderse prestasie vir

Wiohné Turner wat na net 18 maande se ballet onder-

rig Onderskeiding verower het vir

Test 1. Foto’s: Biddy Langenhoven

Page 34: 11 piketberger des 2014

34

PAW bedank die organiseerders van die pretdag wat op 1 November op Org de Rac gehou is

en vir die “doggie walk” wat hulle ook gereël het. Baie dankie aan Boland Superspar en Piketberg Dierehospitaal vir die pryse deur hulle geskenk

vir die gelukstrekkings. Die dag was ook in samewerking met PHS.

Fun Run, Fun Cycle, Fun Walk

Foto’s: Alta Nelson

en Marietha Goosen

Page 35: 11 piketberger des 2014

35

BOLAND SUPERSPAR

KERSSEISOEN PROGRAM

19 DESEMBER 2014

WINKEL IS OOP TOT 22h00

VIR JOU KERSINKOPIE GERIEF! Alle Piketbergers word vriendelik uitgenooi om saam met die

Boland Superspar personeel ons KERSINKOPIE KARNAVAL te kom geniet.

Kom proe gerus aan heerlike feestyd produkte en geniet die Kerstyd atmosfeer saam met u gesin.

Kersvader gaan ook kom inloer om die kinders te vermaak en gratis lekkers uitdeel.

Die karnaval skop af teen 16:00 en hou aan tot

22:00 op Vrydag 19 Desember.

Kompetisie tyd by Boland Superspar!

Write your details on the back of your till slip and place it in the competition box in front of the store.

The competition is open from 11/11/2014 and ends 31/12/2014

Page 36: 11 piketberger des 2014

36

Join our Loyalty Club TODAY! Buy 9 Cups of your

favourite coffee and

get the 10th one FREE!

R1000 Mzanzi Wenner

40 van Huis AJ Liebenberg se inwoners het die oggend by Boland Superspar deurgebring. Daar is vars Melktert en tee bedien. Namens Boland Superspar wil ons

net dankie sê vir die span wat gehelp het. Dit was 'n reuse sukses.

AME GHOLFDAG

Huis AJ Liebenberg besoek Green Tree Café

Marlene Visagie (Vloer spanleier) oorhandig die R1 000 SPAR koopbewys

aan Malcolm van Rooyen. Hy het deelgeneem aan die “Food for

Mahala” Kompetisie.

AME Gemeente hou jaarliks ‘n gholfdag,

om lede van die gemeenskap aan te

moedig om by die klub aan te sluit. Hier

oorhandig Mary De Wee die koopbewys

prys aan Louis Nthane en

Moshwin Moore.

Kersboom met wense Ray van Rooy is

besig met

beplanning vir sy

jaarlikse Kersete vir

minderbevoorregte

kinders in ons

gemeenskap. Die

kersboom is met die

samewerking van

Boland Superspar

opgesit. Hierdie

boom het die name

van behoeftige

kinders se kers-

wense. Neem gerus

‘n papiertjie, koop

die geskenk en

draai dit toe, skryf

naam op en plaas

dit in die trollie.