24
Jaargang 19 Nr. 2 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne Hello en Koebaai...p6 Mina is 90...p8 Paasfees Blomdemon- strasie...p10 Fokus op Diere- sorg...p12 Anthea ‘n Toerismeper- soonlikheid...p14 Fonteinfees...p15 Feathers Inn met ou- wêreldse sjarme...p18 Platteland Bestes...p21 www.piketberg.com R2,00 Maart 2012 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Engelbrecht Drieling is 50 Maans, Ponkies en Frik- kie Engelbrecht is op 31 Januarie 1962 op Elands- baai gebore, in die huis waar hulle groot geword het. Hulle was bitter klein, die gerief van broeikaste was daar ook nie, maar gelukkig was Dr Emma Retief van Lambertsbaai daar om die bevalling by kerslig waar te neem. Die drieling het op Elandsbaai skool gegaan tot en met graad 2. Hulle is vroeg skool toe, ter wille van getalle, sodat 'n derde onderwyser aangestel kon word. In graad 3 het hulle na Piketberg skool en kos -huis toe gekom. Hulle onthou vandag nog met goeie herinneringe vir oom Jan Pa Visser, omdat hy so kwaai was, maar ook vir die baie pakke slae, want stout was hulle stout. Die drieling het baie by hulle ouers geleer. Pa Willie het heel onder be- gin en met harde werk baie vermag. Hy was baie streng. Ma Kowa het die kinders bymekaar gehou en betig hulle vandag nog! (Op 85-jarige ouderdom was sy en hulle bevoorreg om saam die groot verjaarsdag te vier). Vervolg op p.2 Die Engelbrecht drieling, Maans, Frikkie en Ponkies het op 31 Januarie 50 geword. Besoek ons gerus op FACEBOOK. Vir die eerste blik op ons weeklikse pamflette in kleur, asook al die interessante dinge in en om Boland Superspar! !!!!!! NUUT !!!!!! GEROOKTE KAASWORS R 58.95 / kg 1L ALL SEASONS MELK R 6.95 KOM LOER IN VIR ONS 60 JAAR FEES PROMOSIES

MAART PIKETBERGER WEB

Embed Size (px)

DESCRIPTION

KOM LOER IN VIR ONS 60 JAAR FEES PROMOSIES GEROOKTE KAASWORS R 58.95 / kg !!!!!! NUUT !!!!!! Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Alle korrespondensie aan [email protected] Die Engelbrecht drieling, Maans, Frikkie en Ponkies het op 31 Januarie 50 geword. 1 www.piketberg.com Maart 2012  022 913 1939  022 913 2404 ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

Citation preview

Page 1: MAART PIKETBERGER WEB

1

Jaargang 19 Nr. 2 022-913 1796

Piketberg se koerant

vir Piketberg se

mense...

Lees binne Hello en Koebaai...p6 Mina is 90...p8 Paasfees Blomdemon-strasie...p10 Fokus op Diere-sorg...p12 Anthea ‘n Toerismeper-soonlikheid...p14 Fonteinfees...p15 Feathers Inn met ou-wêreldse sjarme...p18 Platteland Bestes...p21

www.piketberg.com

R2,00

Maart 2012

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

O N E S T O P M O T O R P A R T S H O P

P IK E T B E R G

0 2 2 9 1 3 1 9 3 9

0 2 2 9 1 3 2 4 0 4

Alle korrespondensie aan [email protected]

Engelbrecht Drieling is 50 Maans, Ponkies en Frik-kie Engelbrecht is op 31 Januarie 1962 op Elands-baai gebore, in die huis waar hulle groot geword het. Hulle was bitter klein, die gerief van broeikaste was daar ook nie, maar gelukkig was Dr Emma Retief van Lambertsbaai daar om die bevalling by kerslig waar te neem. Die drieling het op Elandsbaai skool gegaan tot en met graad 2. Hulle is vroeg skool toe, ter wille van getalle, sodat 'n derde onderwyser aangestel kon word. In graad 3 het hulle na Piketberg skool en kos-huis toe gekom. Hulle onthou vandag nog met goeie herinneringe vir oom Jan Pa Visser, omdat hy so kwaai was, maar ook vir die baie pakke slae, want stout was hulle stout. Die drieling het baie by hulle ouers geleer. Pa Willie het heel onder be-gin en met harde werk baie vermag. Hy was baie streng. Ma Kowa het die kinders bymekaar gehou en betig hulle vandag nog! (Op 85-jarige ouderdom was sy en hulle bevoorreg om saam die groot verjaarsdag te vier). Vervolg op p.2

Die Engelbrecht drieling, Maans, Frikkie en Ponkies het op 31 Januarie 50 geword.

Besoek ons gerus op FACEBOOK. Vir die eerste blik op ons weeklikse

pamflette in kleur, asook al die interessante dinge in en om

Boland Superspar!

!!!!!! NUUT !!!!!!

GEROOKTE KAASWORS R 58.95 / kg

1L ALL SEASONS MELK

R 6.95

KOM LOER IN VIR ONS 60 JAAR

FEES PROMOSIES

Page 2: MAART PIKETBERGER WEB

2

Redaksioneel

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop

en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging.

Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer

023 232 0422 of 082 704 3276

Skakel met Margaret Smit om in te teken op Die Piketberger teen R85 vir 11 uitgawes (Mei tot

April) per pos in RSA en R130 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland.

(Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Redaksie

([email protected])

Redakteur: Kenneth Smit

Mede-redakteur, berigte en foto‟s: Marietha Goosen 022-913 1796;

Advertensiebestuur-

der: Margaret Smit 022-913 1777

Uitleg: Barbie Breunissen en

Kenneth Smit

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R435 Halfblad: R295

Kwartblad: R195 Agsteblad: R130 Ander groottes op aanvraag.

DIE PLASING VAN FOTO’S IN HIERDIE UITGAWE WORD

GEBORG DEUR DOKTER SCHEEPERS.

Die ACVV kantoor verkoop

blikkies ingemaakte vrugte

teen 'n baie billike prys.

Elna Strauss skryf…

Derik was die naweek by die huis en lees altyd graag Die

Piketbergers wat hier lê. Ek stuur vir julle sy inset na

aanleiding van die krieketberig in die Februarie uitgawe

oor Dewald Kirsten wat sover bekend, die eerste 150 lop-

ies op PHS se veld geslaan het.

In 1998 het PHS se o.19 span teen Vredenburg hier op

PHS se veld gespeel en het Christie Burger (matriek) en

Derik Strauss (St 9) „n openingsvennootskap van 203

lopies gehad waarvan Christie 150 en Derik 50 lopies

geslaan het. Mnr Rademeyer, die aflos Engelse onder-

wyser wat voor mnr McKnight gekom het, was hul afrig-

ter.

Vervolg van p.1 Vandag is hulle hoofsaaklik aartappel- en koringboere en boer naby mekaar, kuier gereeld onder mekaar en is nog steeds mekaar se beste vriende. Maans en Frikkie is getroud met twee Thiart susters, Lee en Renielda. Pon-kies is getroud met Sue-Anne Tolken en hulle was op 17 Januarie vanjaar 25 jaar getroud. Die groot 50 hierdie jaar was ekstra spesiaal, want saam met die drieling verjaar ook Maans se vrou, Lee, en Frik-kie se dogter, René. René het 21 geword, dus is 2012 die jaar van groot nommers. Hulle gesinne is so dankbaar vir elke dag se liefde en gesondheid waarmee die Here hulle seën en sien uit na die volgende 50 jaar.

Briewe van ons lesers...

Maans, Ponkies en Frikkie Engelbrecht

Die dorp, die atletiek en die fliek Jy's 'n gebore Plattelander of nie, jy's ge-maak vir die Platteland of nie. Dis wat mense glo tot hulle soms, weens om-standighede, gedwing word Platteland toe.

Dan raak jy gewoond aan die doen en late van die Platte-land. Kort voor lank groet jy ook almal wat verby ry, weet jy wie hoort by wie, raak jy betrokke by die wel en weë van mekaar, ken jy mekaar se familietrekke, se huise, motors, honde, omstandighede en die wonderlikste iets, jy raak betrokke by mekaar se kinders! Waar anders as op die Platteland, staan mense in 'n dorp so saam rondom nood, siekte en dood - en soos die lewe is met sy lag en sy huil - trek mense op na mekaar se verjaarsdae, geboortes, die dans, die kerk, die coffee shop, die sport en die konsert! Op p 21 berig ons oor pragtige Platteland Atletiek uitslae. Veral die aflosse het die verbeelding aangegryp toe Piketberg tussen ses, sewe, ag ander skole uitstaan as die beste! Nie 'n selfsugtige eenman vertoning nie, 'n spanpog-ing - wat sê 'Saam maak ons 'n verskil'. Elke spanlid moes sy of haar allerbeste gee en die vreugde word verdeel tus-sen, of versprei oor vier kinders, vier huisgesinne, vier vriendekringe en vier belangegroepe. Ek kyk die oulike fliek Platteland en kan dit regtig aanbeveel, veral oor sy mooi karakters, mooi sang, eenvoud van die Platteland en tog 'n boeiende storielyn. Ten spyte van die slegte karakter op die dorp, glo ek staan die gemeenskap saam, aanvank-lik in hulle pyn en ek glo, later, in hulle vreugde. Ná die fliek wonder ek benoud of Piketberg ook so 'n karakter het.....genadiglik nie. Die wonderlikste van alles is, as die Platteland eers deel van jou is, skep jy oral waar jy gaan, 'n stukkie Platteland en leef jy Plattelandse liefde, gasvryheid en omgee uit. Marietha

Page 3: MAART PIKETBERGER WEB

3

Page 4: MAART PIKETBERGER WEB

4

Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Barbados-hoenderboudjies 16 hoenderboudjies MARINADE: 100ml kookolie 125ml sojasous 80ml tamatiesous 80ml asyn 80ml heuning 10ml fyn gemmer Grofgemaalde swartpeper na smaak Meng al die bestanddele vir die marinade. Prik die hoenderboudjies en marineer minstens 2 uur lank. Braai oor kole of onder die oondrooster. Bestryk die hoenderboudjies gereeld met die marinade en draai dit af en toe om tot dit gaar en goudbruin is. Lewer 6-8 porsies.

Kekkel & Kraai

Langstraat 79

Piketberg

022-913 2297

deur Jannie Lategan

Froggie, Green Cross en Tsonga skoene beskikbaar

Groot Someruitverkoping

Nuwe intrekkers

Jan en Denise Nel het na baie jare weer teruggekeer na Piketberg. Jan is betrokke by die Aartappel Sertifiserings-diens en hulle het hulle op die h/v Van Riebeeckstraat en Die Trek gevestig. Hulle was gedurende die jare 2000 tot

2002 ook te Piketberg woonagtig in die huis net oorkant die Laerskool en was sedertdien te Doug-las in die Noord-Kaap woonagtig. Denise was g e d u r e n d e h a a r Piketbergjare werksaam by Dr Herold Truter se praktyk. Sy sien baie uit

na hulle verblyf te Piketberg en wil veral graag betrokke raak in

die gemeenskap en sien haarself as lid van die Blommek-lub, Leeskring en die VLV. Sy wil selfs leer om rolbal te speel. Jan is 'n liefhebber van veteraan voertuie en doen ook graag herstelwerk tuis. Denise het skalks daarna ver-wys dat hy lief is vir die skilderkuns. Die Piketberger wens hulle 'n baie aangename en gelukkige verblyf te Piketberg toe en almal is welkom om by hulle te gaan inloer of nooi hulle oor vir 'n koppie tee. Laat hulle deel voel van die gemeenskap en skakel hulle gerus by 022-913 3189.

Jan en Denise Nel Foto verskaf

Piet Bruwer se stories vervolg…. deur Pierre Steenkamp

Jannie Smuts en die bome op Moorreesburg se koppie.

As „n mens van Piketberg af Kaap toe ry, kry jy net ander-

kant Moorreesburg „n koppie aan die regterkant van die

pad. Bo-op die koppie is „n toring en „n paar bloekom-

bome. Volgens Piet moes Jannie Smuts, wat later Eerste

Minister van Suid-Afrika geword het, op „n keer op die

koppie as soldaat wagstaan. Ek kan nou nie onthou of dit

tydens die Anglo-Boereoorlog of tydens die rebellie was

nie, maar gedurende die tyd wat hy daar moes wagstaan

het die son hom verskriklik gebrand, omdat daar geen

skaduwee was nie. Hy het toe „n eed geneem dat hy „n

aantal bloekombome op die koppie sal plant as die stryd

verby is. Hy het sy woord nagekom en die bome staan

vandag nog.

Die paaie word glad Vir elkeen wat al oorweeg het om 'n niergordel aan te skaf om nierbeskadiging te voorkom as van Piketberg na Porterville of Velddrif gery word, is daar goeie nuus. Die lang wag is verby en die Piketberg na Porterville pad word vanaf Augustus 2013 herbou en die Piketberg na Velddrif pad word vanaf November 2013 herbou. Die geskeduleerde werktyd vir elkeen van die paaie is twee jaar.

Pierre Steenkamp

Page 5: MAART PIKETBERGER WEB

5

HOU HIERDIE SPASIE DOP

VIR BAIE INTERESSANTE EN

NUWE VERWIKKELINGE BY

DIE GROOTSTE

DRANKWINKEL IN DIE DORP!!

AROMA Piketberg

Page 6: MAART PIKETBERGER WEB

6

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Die volgende Piketberger verskyn op 22 Maart 2012. Berigte en

advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 13 Maart 2012 om 17:00.

Hein skryf... Ek is van Pretoria, maar het in die Suid-Vrystaat [Phillipolis] grootgeword. My studies het ek aan die Uni-versiteite van die Vrystaat en Johannesburg voltooi. Ek het bykans 26 jaar as maatskaplike werker in die staats-diens gewerk. In Bloemfontein begin en is later in my loopbaan na Pretoria oorgeplaas, waar ek in die Departe-ment van Welsyn se hoofkantoor gewerk het. Die af-gelope 11 jaar was ek betrokke by maatskaplikewerk-dienste aan persone met gestremdhede. Ek is getroud met Betsie van Schalkwyk, ʼn Piketberger, en het twee dogters, Heila, ʼn dieëtkundige en Lidia, ʼn prokureur. Dit is nou „n geval van ek bring Betsie terug na haar wortels toe of is dit nou andersom? My aanstelling as Hoof van Huis AJ Liebenberg het my onkant betrap omdat ek nie verwag het dat my aansoek suksesvol sou wees nie. Ek is daarom baie dankbaar dat die gemeenskap van Piketberg soveel vertroue in my het om die uitdagende pos aan my beskikbaar te stel. Verder glo ek dat die Hoër Hand my nog altyd geplaas het waar Hy dink ek ʼn bydrae kan lewer en daarom sal ek ook poog om Hom nie teleur te stel nie. My eerste indrukke van my taak is dat die te-huis baie afhanklik is van die gemeenskap en dat die ge-meenskap ook nie sonder die tehuis kan gaan nie. Die nood vir bekostigbare behuising vir senior burgers is steeds hoog en die huidige waglys bevestig hierdie be-hoefte, selfs van buite die grense van Piketberg. Dit is ook duidelik dat die versorging van verswakte persone ʼn duur diens is en dat dit nie gedoen kan word sonder die ondersteuning van die gemeenskap nie. Die huidige eko-nomiese klimaat het tot gevolg dat sekere senior burgers nie ryker word nie, maar armer en daarom sal ʼn helpende hand in tyd, geld en kundigheid altyd nodig wees.

Hello en Koebaai by Huis AJ Liebenberg

Hein Grundlingh het pas die pos as Hoof van Huis AJ Liebenberg aanvaar en neem die leisels oor by

Lilla Treurnicht. Foto: Marietha Goosen

Die Piketberger het hulle gevra om self hulle indrukke en gedagtes neer te skryf.

Lilla skryf… Dit was „n voorreg om die afgelope 14 jaar werksaam te kon wees as Hoof van Huis AJ Liebenberg. Gedurende die tydperk het ek baie geleer en meer mensekennis op-gedoen, dit was „n verrykende ervaring. Die liefde en vriendelikheid van die inwoners sal my altyd bybly. Ek beplan om vir hulle te kom kuier en rustig met hulle te gesels sonder om my te bekommer oor „n verslag of „n vorm wat nog klaargemaak moet word. Deur al die jare was die sterfte van „n inwoner elke keer vir my „n groot hartseer en was dit vir my moeilik om hierdie deel van my werk te verwerk. Sonder die span toegewyde personeellede sou ek nie die mas kon opkom nie. Ek het groot waardering vir elke per-soneellid wat op sy unieke manier en talent „n bydrae en „n inset lewer by die tehuis. Die Beheerraad van Huis AJ Liebenberg het met hul samewerking en ondersteuning vir my onderskraag in my taak, en ek kan aan hulle net dankie sê. Ek wens ek kon aan hierdie vrywilligers medaljes gee vir hul onbaatsug-tige diens aan die gemeenskap van Piketberg. Wat my toekoms betref, het ek nie groot planne nie, maar sien daarna uit om die dinge te doen waarvoor daar nie altyd tyd was nie.

Page 7: MAART PIKETBERGER WEB

7

4U VERVOER

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel …

6 ton en 8 ton platbak vragmotors

2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

Nou beskikbaar:

Tuinsand en plaas-

mis teen

billike pryse

Voldoende transito dekking. Vooraf

bespreking noodsaaklik.

Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie

082 660 2470 022-913 3984

Ons reël alles en maak die kos.

Ons maak u funksie vir u maklik. Reël

alles van begin tot opruim.

Verskaf alles (kos, eetgerei,

alle glase ens.)

Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS

Digger Loader werk

Uitgrawe van grond en sand

Skakel Adam 078 148 1771 of

Fourie Lötz 082 660 2470

022-913 3984

PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34

2 Spitbraaie en/of -braaier te huur

Tuisgebak ook beskikbaar

Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde

abattoir geslag is

Verkope Dirk 083 646 8718 Gilbert 083 603 3446 Onderdele 022 913 1142 Flippie & Kenneth

Besproeiing 022 913 1142 Arno & George Muller 083 284 2654 Pierre 083 461 8221 Rouan 082 522 2555

Contemporary Art Gallery and Consultancy

KoffieKroeg oop elke dag

Etes beskikbaar op versoek

Skakel

Sandra Hanekom 076 995 9807

Ferdinand Bruwer 083 332 9293

Anel de Vries 072 659 1973 [email protected]

Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak:

Henk Pieters 071 583 6164

Page 8: MAART PIKETBERGER WEB

8

022-913 2646

Ons is nog steeds u

Nommer 1 voorsiener van

die nuutste DVD’s

Dankie vir u

volgehoue

ondersteuning!

Kom loer in om ons

“specials” te sien!

Aurora maak ‘n agtuur

Die mense van Aurora het die goeie gewoonte om die jaar te begin met „n goeie ontbyt. Aan die begin van Feb-ruarie kom hulle bymekaar en maak agtuur (m.a.w. hulle eet ontbyt). Dis „n lekker gekuier met druk gesprekke, kinders wat rondhol en besige vroue wat bekers vol ysk-oue vrugtesap aandra. Op die spyskaart is „n heerlike boere ontbyt met „n sterk Sandveld geur. Die vrugteslaai is van waatlemoen, spanspek, druiwe en turksvye. Daar is borde gelaai met boerewors, spek, eiers en vars brood. By dit alles is daar „n heerlike ontspanne gasvryheid wat almal laat tuis voel.

Die Buth sussies besluit watter broodjies om te kies.

Frans en Annemarie Coetzee en Esmé van der Vyver luister aandagtig na „n gesprek.

Dalene en Bessie Brand het ook heerlik ontspan.

Alwyn Hitchcock, links, en „n vriend diep in gesprek. Berig en foto‟s verskaf

Mina is 90 Mina Hagen van Huis AJ Lie-benberg, vroeër Piket Bo-Berg, het op 19 Januarie 90 geword. Sy geniet steeds goeie gesondheid, het 'n baie helder geheue en gesels graag oor die ou dae. 'n Tikkie humor is dikwels deel van haar gesprekke. Haar familie is baie betrokke by haar, is ondersteunend en lief vir haar. Die foto is op haar 90ste ver-jaarsdag geneem. Foto: Martin Goosen

Huis AJ Liebenberg Gholfdag Huis AJ Liebenberg vir Ouer Persone gaan op Saterdag,

17 Maart 2012, „n gholfdag by De Hoek gholfbane hou

om fondse in te samel ter versterking van hulle fondse.

Daar is plek vir beginners en plek vir eksperts.

Die beginners begin om 08H00 (oor 9 putjies) en die

eksperts begin om 11H00 (oor 18 putjies). Die beginners

betaal R70.00 en die eksperts R150.00. Die kompetisie

is „n 4BBB (2 persone speel saam). Wenners van albei

groepe kan groot pryse wen. Almal wat wil deelneem of

pryse of donasies wil gee is welkom.

Skakel Marie de Villiers of Heinrich Grundlingh

022- 9131228, faks 022 9131687 of

E-pos [email protected]

Mina Hagen

Page 9: MAART PIKETBERGER WEB

9

REG. NO. 2006/152059/23

Professionele Installeerders van

Warm Water Verhitting Swembad Verhitting

Die Tyd is Nou: Die toestel wat help om jou swembad langer Om die grootste krag gebruiker in u Huishouding te gebruik deur die jaar. met tussen 60 – 80% te sny. Die son word gebruik as gratis verhitter. Ons natuurlike hulpbron, die son, is ± 89% van Die swembad is „n plesier, maar kan „n die jaar beskikbaar en gratis tot u diens. groter plesier wees. Sit daardie ekstra paar rand terug in u begroting en laat die son die werk doen.

*Geen Middelman, *Personlike Diens, *Bekostigbare Installasies, *15 Jaar Paneel Waarborg

Die Maatskappy doen die werk omdat dit ‘n passie is, nie net nog ‘n werk nie.

Ons dien die gemeenskap met die beste.

Areas: Piketberg, Citrusdal, Porterville, Moorreesburg, Velddrift, Hopefield, Langebaan, Darling, Malmesbury, Saldanha, Vredenburg, Laaiplek, St. Helenabaai en omliggende dorpe en plase.

Vir Enige Navrae Kontak Shane Capes Cell: 079 475 6016 Faks: 021 945 1529 Epos: [email protected]

Page 10: MAART PIKETBERGER WEB

10

Nutsman

Enige herstelwerk in en om die huis Hang van deure

Inbou van vensters en deure Sweiswerk

Installering van kragproppe, ligte en geysers Verfwerk

Loodgieterwerk

Sakkie Koegelenberg

078 276 2065

Die Blom- en tuinbouklub van Piketberg het verlede jaar op Woensdag 2 November 'n baie suksesvolle afsluitings-funksie by Klub Elani, Misverstanddam gehou. Elbeth Liebenberg het deur middel van 'n blomdemonstrasie die gehoor saam met haar op reis deur New York geneem. Op die foto regs, beeld sy Broadway uit. Die hoë ge-boue, die helder kleure van die polsende stad met sy naglewe en baie helder ver-ligte advertensieborde. Op die foto onder beeld sy die Gugunheim Museum in New York uit. Sy gebruik 'n sirkelvormige ontwerp om-dat die gebou sirkelvormig is. Aan die voorkant van die ontwerp word 'n kuns-werk

uitgebeeld. Op Woensdag 1 Februarie, by die afskopvergadering, is die maak van kompos en verskillende variteite rose bespreek. Die vergadering kyk ook na 'n DVD van asemrowende tafelontwerpe. Die volgende vergadering van 7 Maart beloof ook om

baie inspirerend te wees. Henriëtte Louw, 'n baie be-kende demonstrateur, en beoordelaar gaan 'n blomde-monstrasie lewer met Paasfees as tema. Die vergadering word in die Sinagoge by Piketberg Museum gehou. Tee

Tuinbou Afsluiting en Afskop word vanaf 09:00 bedien, die vergadering begin 09:30. Be-soekers baie welkom, donasie R20. Besoekers en lede sal definitief baie geïnspireerd die vergadering verlaat. Vir verdere inligting skakel Katinka by 082 829 6918.

Die Tuinboubestuur vir 2012 is Rita Esau, Katinka Morrison (voorsitter), Vanessa Beautement

(sekretaresse en tesourier), Micky Visser en Marinda Mostert.

Blomdemonstrasie : Paasfees 7 Maart 2012

09:00 vir 09:30 Sinagoge by Piketberg Museum

Wolwekuil en CANSA bied aan 'n aand saam met Andries Vermeulen

Datum: 25 Februarie 2012 Tyd: 19:00 vir 20:00

Plek: Wolwekuil Piketberg Koste: R100 p/p sluit 'n ete in Kontakpersone vir kaartjies:

Mirina 072 399 5447, Tertia 083 229 6433, Corene

022 913 2007, Piketberg Apteek: 022 913 1600. Kontantkroeg (geen eie drank). Wynveiling ten bate

van CANSA. Ook rugby memoribilia, geskenkbewyse en gelukkige trekkings.

Page 11: MAART PIKETBERGER WEB

11

Page 12: MAART PIKETBERGER WEB

12

Fokus op…

Dieresorg

Troeteldiere Om „n troeteldier aan te hou is „n voorreg en „n verantwoorde-likheid. Wanneer jy besluit om „n hondjie of katjie aan te skaf moet jy jou huiswerk doen om seker te maak dat jy die regte dier vir jou omgewing en le-wenstyl kry. Bv. Skaaphonde het daaglikse oefening en in-telektuele stimulasie nodig. As jy gereeld vir die naweek weg-gaan, moet jy „n hond kry wat kan saamgaan, of „n kat wat deur die venster kan spring vir sy kos en water. „n Nuwe troeteldier kan jou ook „n paar rand uit die sak jag. Uitgawes om in ag te neem sluit in entings, sterilisasie, ontwurming, kos, bed-jies, kos– en waterbakke, halsbande, leibande en speel-goed. Honde word op 6, 9 en 12 weke ingeënt en dan weer op hul eerste verjaarsdag en daarna jaarliks. Hulle word teen die “Groot Vyf” virusse, insluitende katgriep/parvo en hon-desiek/distemper en hondsdolheid geënt. Katte word op 8 en 12 weke ingeënt en dan weer op hul eerste verjaarsdag en daarna jaarliks. Hulle word stan-daard teen vier belangrike virusse en hondsdolheid geënt. Hulle kan ook teen FeLV (Feline Leukemia) ingeënt word. FeLV is „n dodelike siekte wat onder katte versprei en daar is geen behandeling daarvoor nie.

Die gawe om te kan (om)gee

Deur Beryl-Ann du Plessis Die groot filantroop Mohandas Ghandi het gesê: “a coun-try will be known by the way it treats its animals”. Gewig-tige woorde. Hoe weeg ons land op? Hoe weeg Piketberg op? Die ander dorpe binne die Bergrivier munisipale ge-bied? Hoe behandel ons ons troeteldiere? Die HAT beskryf “troetel” as “met tere liefde behandel; liefkoos; streel”. Ek het egter die afgelope feesseisoen met hartseer besef dat dieremishandeling en –verwaarlosing nie net beperk is tot minder gegoede woonbuurte nie. Dit vind plaas in elke segment van ons samelewing. Dit is dalk jou familielid, jou buurman of kollega. Dit is dalk verder op in die straat of om die draai. Skrik wakker, kyk om jou rond en reik „n helpende hand uit. Deur bloot weg te kyk is jy net so skuldig soos die oortreder. Gevalle kan aangemeld word by een van drie wetstoe-passingsbeamptes wat deur Bergrivier Munisipaliteit aangestel is om ondermeer klagtes van dieremishan-deling te ondersoek en gepas op te tree. Die kontaknom-mer is 022-913 6000, Die talle dierewelsynsorganisasies in ons land gaan ge-buk onder geweldige bedryfskostes en kry geen staat-sondersteuning nie. Skenkings aan hierdie organisasies is gewoonlik belastingaftrekbaar. Ek is oa betrokke by die Lucky Lucy Foundation en African Tails, maar daar is talle ander organisasies waarby lesers betrokke kan raak. Die DBV op Darling benodig ook jou hulp en kan gekon-tak word by 022-492 2781. Die organisasie moet met beperkte hulpbronne „n baie groot area bedien. Skakel gerus vir Beryl-Ann by 071 828 7952 of e-pos [email protected] vir verdere inligting en hoe om plaaslik betrokke te raak.

Troeteldier Noodgevalle Dit is belangrik om te weet wanneer om die veearts te bel. Die volgende is tekens van „n noodgeval:

Skielike swakheid

Skielike moeilikheid om te loop

Erge bloeding

Sukkel om asem te haal

Inmekaarstort (“collapse”)

Aanhoudende epileptiese aanvalle

Skielike en aanhoudende pyn (huil, bewe, wegkruip)

Bloed opgooi Indien jy bekommerd oor jou dier is, bel eerder die veearts en maak seker.

“If you take a dog which is starving and feed him and make him prosperous, that dog will not bite you. This is the primary difference between a dog and a man.” -

Mark Twain

Berig: Dr Rouxline Sheridan Foto‟s : Barbie Breunissen

Fokusblad Volgende maand fokus ons op

“Jou Kind”. Indien u ‘n artikel of advertensie wil plaas skakel

gerus vir Margaret Smit 022-913 1777

Page 13: MAART PIKETBERGER WEB

13

Valentyn

- magdaleen van zyl -

Om „n rooi koevert in die pos te kry, met

jou naam en adres, die seël dalk so ef-

fentjies skeef - miskien met „n bewe-

hand opgesit. Die koevert stewig toege-

plak, met „n kruisie reg op die punt van

die koevert se agterkant. Nogal ook nie „n te dun briefie

nie - of die bladsye is klein opgevou om dit baie te laat

lyk. Dalk is dit „n kaartjie met „n klein sjokolade by. Of dalk

kougom. Kyk of ek die posstempel kan ontsyfer. Lyk soos

Bellville. Kan amper half enigiemand wees. Wie sou vir

my „n Valentynskaartjie of briefie skryf. Sal daar „n naam

by wees. Nee, dit moet mos juis anoniem wees om dit

nog meer opwindend en geheimsinnig te maak. Ek wil

eers raai. Miskien is dit die ou wat langs ouma-hulle bly -

sy ma kon die adres by ouma uitvind. Of is dit dalk so

eenvoudig soos dat dit een van die Reyneke-tweeling

straat-af is - hulle is te stout om romantiese goed te doen.

Nee dan eerder Nelis Verster, maar hy is al standerd

nege en sal tog sekerlik nie vir „n standerd sessie „n lief-

desbriefie stuur nie - nie hy vir wie almal ogies maak nie.

Maar in my verbeelding is dit hy. Ek hoop nie dit is Danie-

van-oorkant nie - sy hande is sweterig en hy pootjie my

altyd so graag. Wag, eers gou die rooi brief voor by my

hempie indruk en die ander pos vir ma gaan gee. “Is dit ál

pos Mientjie?” eer jou vader en jou moeder en moenie

leuens vertel nie “ja, mamma, ek moet net gou……….” en

woerts is ek by die deur uit voor ek nog „n leuen oor my

lippe laat kom, die rooi brief brandend teen my maagvel.

Agter die groot magrietjie-bos gaan sit ek, knieë opgetrek

en opgehoue asem vir die oopmaak van die brief. Sê nou

……Ek ruik eers aan die koevert. Amper-effens is daar

iets. Miskien net vaagweg Brut. „n Ou roomysstokkie wat

neffens die magrietjie-bos lê word skoongevee teen my

kortbroek se opstaanrand en versigtig wikkel ek dit by die

agterkant van die koevert in, dit moet net nie skeur nie.

Dan lê die koevert oopmond en kan ek die ingewikkelde

voue oopmaak en die eenblad-briefie oopvou. Hartjies al

om die rand van die bladsy. In die middel lê „n geparste

blomblaartjie, spesiaal net vir my en dan die woorde in

groot, duidelike blokletters:

DIS DIE BLOND

DIS DIE BLOU

DIS DIE VELD

DIS DIE LUG

EN „N VOëL DRAAI BOWE IN EENSAME VLUG

DIS AL…….

Uit die groot verseboek, maar dis vir MY. En ver onder-

toe, in die regterkantste hoekie, sodat ek dit amper mis-

gekyk het, „n kruisie. Vir my. Net vir my.

DUP MEUBELS KOMPETISIE

Staan „n kans om „n draagbare braai en opvou kampeerstoel te wen met enige

aankope ter waarde van R500 en meer.

Kompetisie strek vanaf 1 Februarie 2012 tot

31 Maart 2012.

LIONSKLUB VAN PIKETBERG 2012

BRING YOUR CAR, YOU CAN PARK IT & sell anything (no selling of food please) Piketberg Lionsklub het „n

nuwe projek –

BOOT SALES (vlooimark) Saterdag 3 Maart

oorkant Piketberg Apteek

Vir meer inligting, kontak asseblief

Lionssekretaris Pat of Gerry Kuhn 022 913 1726

Moenie vergeet om te herwin Gebruik die deurskynende

plastieksakke.

Soek!!!!!

Strooi om te baal!

Skakel Michael Smuts 083 603 0007

Little village kwekery

Joop Visser

Die Trek, langs Soetkysie Sentrum Posbus 446, Piketberg, 7320 022-914 5626 083 265 1870 [email protected]

9-11 Maart 2012

Elvis Blue, Heinz Winckler, Riana Nel, Piet Smit,

Neil Büchner, Raymond Cilliers, Jean Marais, Leza

Liversage, Lané, Ivan Siegelaar, Oom Karoolus, Be-

lia Lourens, Suzanne, Jattie van Jaarsveld

Page 14: MAART PIKETBERGER WEB

14

Toerismepersoonlikheid Naaswenner

Anthea Delmotte, bekende en hoogaangeskrewe kun-stenaar en eienaar van AntheA Delmotte Galery op Piketberg, is onlangs tydens die prestige Weskus Toerisme-toekenningsgeleentheid by Bushman’s Cave as naaswenner in die kategorie Toerismeper-soonlikheid van die Jaar aangewys. Anthea het die afgelope paar jaar verskeie projekte aangepak om haar passies – kuns, kinders en die gemeenskap – uit te leef, en byna al haar projekte het ‘n bydrae gele-wer tot die ontwikkeling van toerisme. Wie is Anthea? Die Piketberger het ‘n paar blitsvrae gevra. 1. Hoe voel jy oor die toekenning wat jou te beurt ge-val het? Ek was werklik verras toe ek hoor ek is genomi-neer. Ek hou van die idee dat dit vir persoonlikheid is, want ek prioritiseer, skaaf en skuur konstant aan myself (alles begin mos by onsself) vir 'n beter groter prentjie, dus great! Dankie! Ek hoop dat mense verstaan dat wat ek uiteindelik wil hê is dat Piketberg 'n suksesvolle gemeenskap moet wees met so min as moontlik ar-moede, geweld, misdaad en lyding en soveel as moontlik KUNS! 2. Waar het jy grootgeword, en wanneer het jy begin skilder? Ek is in Windhoek in Namibië gebore en het in verskeie dorpe in Namibië gewoon. Hoofsaaklik Otjiwarongo en Walvisbaai en my ouma en oupa het 'n plaas in die Kalahari gehad. My pa het van tyd tot tyd geskets en geskilder wat my baie beïndruk het en terself-dertyd laat wens het dat ek sy verf in die hande kon kry. Dus van kindsbeen af… soos almal. Kreatiwiteit was deurlopend in my jeug met teken, handwerk en ook balet, moderne danse en gimnastiek. Ek was ook altyd baie "voor in die koor" met konserte. Ongelukkig was daar nie kuns op skool in die dorpe waar ek was nie. Op 15-jarige ouderdom het my ma na Potchefstroom verhuis waar ek vir 'n eerste keer kuns op skool kon neem. 3. Wat dink jy is Piketberg en die streek se toerisme-potensiaal? Ek voel soms asof min mense in die gemeenskap besef wat hulle in Piketberg het. Dis 'n pragtige plek!!! As mens van die Kaap af ry en al wat jy sien is koring, dan slaan jy Piketberg se donkergroen fynbosberge, 'n oase in die woestyn. As mens berg-op gaan, kry jy natuurskoon wat mense nooit sou kon raai terwyl hul so deur die kor-inglande ry nie. Buiten die wonderlike natuurskoon en ons pragtige berg met sy mooiste fynbos, het ons pragtige historiese geboue – klou vas hieraan, dit gaan nie MEER raak nie. Verder het Piketberg besonderse kunstenaars… van die room van Suid-Afrika! Buiten die wat reeds 'n goeie merk in die groter kunsmark gemaak het, is daar 'n hele klomp wat die potensiaal het om met tyd en onder-steuning net so groot te raak. In 'n nutshell dink ek Piketberg is 'n toerismeskat. Op Piketberg se drumpel lê twee vleilande- how lucky can you be! Ek glo en wil hê Piketberg moet op die map wees vir kuns, natuur, natuur-bewaring en historiese geboue veral. 4. Wat is jou pas-sie, en waaroor voel jy sterk? Dit is seker in volgorde van my prioriteite. Spiritualiteit, my kinders, kinders oor die algemeen, natuur, omgewingsbewustheid en kuns. 5. Wie is jou rolmodelle? Almal wat opreg geestelik is, want dit wys. 6. Wat maak jou bang? Die idee dat ek eendag as ek oud is dalk 'n snor mag kry, en 'n oorgewig man in 'n tutu! 7. Watter boeke lê op jou bedkassie? Ek het 'n groot bedkassie, dus baie. Die helfte is naslaan-boeke vir my kinders vir take en huiswerk en die res sluit in boeke oor plante, omgewing, natuur, hele paar kuns-

boeke, yoga, mediese boeke, gesonde etes, 'n Bybel, zen en Bhagavat Ghita. 8. Waarna luister jy graag? Stilte. Ek is ook baie lief vir musiek - alles van Klassiek tot Metal. Meestal luister ek klassiek wanneer ek verf. Ek hou van Tchaikovsky, Beethoven, Satie, Keith Jarrett, Bach,Vivaldi, simfoniemusiek, Jack Johnson, Just Jinger, Janis Joplin, Creed, Nirvana ,Depeshe mode,Queen, Metalica, Jon Bon jovi, Guns and roses, Aerosmith, Ha Man! Karin Zoid. Ek het 'n

besliste voorliefde vir die klank van 'n klavier. 9. Jou ideale vakansie-bestemming? Ek hou van explore en geniet 'n tent in die middel van nêrens met stilte en 'n helder melkweg net soveel soos 'n kunsgalery met meesterswerke êrens in Parys. Verskeidenheid, blootstel-ling en ondervinding doen dit vir my. 10. Die 5 mense saam met wie jy op ‘n eiland gestrand sou wou wees? Ek weet ek moet sê my 5 kinders en ek is vreeslik lief vir hulle, maar ek gaan die heeltyd werk en ek het 'n ander idee gehad van gestrand wees op 'n eiland. Kan ons nie maar nie-ernstig wees oor die vraag nie en hou by die onrealistiese droom! Don‟t spoil it for me now. 11. Wat irriteer jou die meeste van mense? Nastiness, vendictiveness, selfsugtigheid, gretigheid, ja-loesie, selektiewe blindheid, luiheid, geweldadigheid. 12. Wat bewonder jy die meeste in iemand? Rustigheid, selfbeheersing, vreedsaamheid, mededeel-saamheid, liefdevolheid, uplifting, motiverende mense, warm mense, redelikheid, opregtheid, eerlikheid, betrou-baarheid, bewustheid, natuurlikheid en gemaklikheid. 13. As jy jou lewe oor kon hê, wat sou jy anders doen? Absoluut niks, ek is wie ek is, weet wat ek weet omdat ek kom van waar ek kom en ek is tevrede daar-mee… ek sou dalk mooier voete wou hê.

Berig: Berenice Scheepers

Anthea Delmotte Foto verskaf

Korttermyn / Langtermyn verblyf beskikbaar in Koringberg

R3500 per maand, maksimum van 2 inwoners

Gemeubileerd 2 slaapkamer, 1 badkamer met stort

Toegeruste kombuis Water en elektrisiteit ingesluit

Stoof /oond werk met gas Gas nie by huur ingesluit

- vir huurder se eie rekening

Kontak : 022 423 8386 / 072 256 8151

Die volgende Piketberger verskyn op 22 Maart 2012

Berigte en advertensies moet ons bereik teen

Dinsdag 13 Maart 2012 om 17:00

Page 15: MAART PIKETBERGER WEB

15

Arbeidskolom Johan Coetsee

Artikel 197 van die Wet op Arbeidsverhoudinge: Oordrag van

besigheid

Twee belangrike uitsprake, een in die konstitusionele hof in laat 2011 en nog een in die Arbeidshof daarna het die oordrag van besigheid, selfs uitgekontrakteerde funksies, weer op die voorgrond geplaas. Die doel van art. 197 is om die gemenereg te verander by oordrag van besighede in lyn met werknemers se grondwetlike reg op billike arbeidspraktyke en in 'n poging om die werkers se werksekuriteit te beskerm en gladde oordrag van besigheid te fasiliteer deur die (nuwe) werkgewer „n werksmag te verseker (aldus die hof). Verder is die bepalings van toepassing op beide die oordrag van „n deel van die primêre besigheid, asook die oordrag van „n reeds uitgekontrakteerde funksie. Artikel 197 kom in werking wanneer dit op die feite blyk dat daar 'n oordrag deur een werkgewer aan 'n ander w a s , i n o m s t a n d i g h e d e w a a r die entiteit wat oorgedra is die geheel of 'n deel van 'n besigheid is, en waar die besigheid (of deel daarvan) oorgedra word as 'n lopende saak. As die oordrag aan hierdie kriteria voldoen tree die oordragnemer outomaties deur die werking van die wet in plek van die oordraggewer as die werkgewer van die oordraggewer se werknemers soos op die datum van die oordrag. Om te bepaal of daar „n oordrag van besigheid was vir hierdie doel, word na die

volgende faktore gekyk: Die bestaan van „n oordrag „n “Besigheid” is die geheel of gedeelte van „n besigheid, bedryf of onderneming. Daar word ook gekyk of dit „n “ekonomiese entiteit” is, wat gedefinieer word as „n georganiseerde groep of persone en bates wat „n ekonomiese aktiwiteit beoefen wat „n spesifieke doel het. Was dit oordrag van „n besigheid? Hierdie toets behels meesal die aard van die besigheid, en veral word klem gelê op die oordrag van bates en personeel, en indien wel, die mate waarin dit geskied. Was die besigheid as lopende saak oorgedra?

Hierdie toets is vanselfsprekend en beteken of die „ekonomiese entiteit‟ steeds verder bedryf word.

In die een saak het dinge so verloop: A het „n kontrak gehad met H om sekere funksies sekondêr tot A se primêre besigheid te verrig as kontrakteur by 4 van A se aanlegte, en die kontrakte by die 4 aanlegte moes hernu word per tender proses. Die tender toewysings is toe dat A tenders toeken by aanleg 1 aan H, by aanlegte 2 en 3 aan P en by aanleg 4 aan T. 70% van die bates en personeel van H is in die proses deur onderskeidelik P en T op die onderskeie aanlegte oorgeneem, EN die ekonomiese entiteit van die besigheid wat H bedryf het, was steeds identifiseerbaar, maar nou bedryf deur onderskeidelik P en T. Die hof het gevolglik bevind dat die besighede as „lopende besighede‟ oorgedra was en dat P en T dus in H se plek as werkgewer getree het op die onderskeie aanlegte.

Fonteinfees Saterdag 10 Maart NGK Kerkterrein

Talentkompetisie met groot pryse. Skryf in Dina 0825231540

“Breakfastrun” vanaf 7:00. Ontbyt met Harley Davidson en BMW liefhebbers. Teetuin met heerlike fyngebak vanaf 9:30 Tuisgemaakte roosterkoek en gemmerbier

Braaivleismiddagete met iets te drinke vanaf 12:00

Deurlopende wynproe: Talle landgoedwyne in „n spesiale feesglas

Vars plaasvleis - Poeding - Vars produkte - Jaffels - Deliprodukte - Pannekoek

Speelpark vir kinders - Kinderstalletjie met wegloop-, slaap- en kuiergoed!

Geborduurde Feesvoorskote, collectables, spesiale dooprokke, veteraanmotors

Page 16: MAART PIKETBERGER WEB

16

PHS se Mnr en Mej Valen-tyn 2012 (junior) is Jean

Nelson en Alna Dippenaar.

PHS se Mnr en Mej Valentyn 2012 (senior) is Ettienne Geldenhuys en

Anicka Truter.

Mnr en Mej Valentyn

Die Graad R's van PHS vrolik op Valentynsdag saam met Juffrouens Natasja van der Poll en Juanita van

der Merwe.

PHS se VRL hou Huishulptee

Piketberg Hoërskool VRL se huishulptee is gehou op Valentynsdag. Die wenners van gelukkige trekkings

is Jeanette Frans, Jo Vorster, Kotie Esterhuizen, Hetta Goliath, Kalima Snyers en Martha Dirks.

Die leerders wat opgetree het by die geleentheid on-der leiding van Alison Müller en Wernarie Ramsauer is agter Charnill Kok, John Eksteen, Hershelle Benja-min en Eldon van der Merwe. Voor is Anina Bester,

Simoné Dyers en Ané Venter.

Nolie Eksteen, Jeanette Richter en Dina Venter het gehelp met die reëlings.

Foto’s : Marietha Goosen

Wêreld Biddag vir Vroue Vrydag 2 Maart

Page 17: MAART PIKETBERGER WEB

17

Page 18: MAART PIKETBERGER WEB

18

Feathers Inn

Met ouwêreldse sjarme lok die detail en herin-nering aan vroeë eras jou nader om elke gietyster krulletjie, balkon of houtpaneel van naderby te aanskou. As jy binne die mure van Feath-ers Inn is, voel dit vir jou of jy deel is van „n swart-en-wit fliek waarin jy met vere stola en juwele behang, dalk die hoofrol vertolk en swewend van prag meubelstuk tot ger-estoureerde houttrap tot kosbare versamelstuk beweeg en jou baai in die luukse, dog warm en gasvrye, atmos-feer. Feathers Inn is „n gastehuis wat se deur wyd oop-staan vir enige fynproewer-gas met kamers wat wissel vanaf die luukse suites met Franse flair, waar geen detail ontsien is nie, tot die premium asook ekonomiese kam-ers wat net so luuks en gemaklik, dog uiters bekostigbaar is. Die groot oop vensters nooi die berg binne en jou sin-tuie vier fees.

Die tuine van Feathers Inn spog met inheemse plante en jy kan heerlik dwaal op al die paadjies wat jou neem tot in verskuilde hoekies, privaat swembad-area met braai-en-kroeggeriewe geskik vir pri-vate partytjies of waar gaste rustig kan luier met „n mengeldrankie, of tot neffens die stylvolle Archers Bistro waar jy die tuin en Victo-riaanse verhogie kan benut vir „n klein troue, verjaardag-viering of enige spesiale funksie. Stylvolle konferensie fasiliteite nestel tussen tuin

en hoofgebou en vorm „n stylvolle eenheid. Aandetes by Archers Bistro is „n gesellige geleentheid met die eienaars, Nola en George Fletcher, wat met hul sjar-mante persoonlikhede en ongelooflike cuisine jou sonder moeite sal oorhaal om altyd terug te keer vir nog „n onver-geetlike kuier. Fat Catz Deli en coffee shop

is die nuutste toevoeging tot

Feathers Inn waar die sjef,

Claire, jou telkens sal verras

met „n vermenging van Eu-

ropese, Meditereense, Afrika

en Westerse invloede ge-

meng met haar ondervinding

by die wêreldbekende De

Wintons in London. Elke

maal, of fynproewer-gebak is

„n fees vir jou smaakkliere.

Feathers Inn is „n intelligente

keuse om jou sintuie, sowel

as jou smaakkliere met genot

te vul en telkens weer terug te keer vir nog „n gesellige

kuier in hierdie ouwêreldse sjarme.

Minimax Vervoer

Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement,

losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1)

Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en

Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435

Page 19: MAART PIKETBERGER WEB

19

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg

7320

022-913 2933 Faks: 022-913 2959

Dave Ferguson 083 306 2572 E-pos [email protected]

GRANIET MARMER

GRAFSTENE Nuwe Reeks Ontwerpe

Gravering & Herstelwerk

WERKSOPPERVLAKTES

IN KOMBUIS Duursame Produk @ Billike Pryse

Deskundige Advies

Vir Gratis Besoek en Kwotasies kontak

JOHAN CARSTENS

083 658 5657

Fotostatiese afdrukke: Alle ure 24/7

Swart+wit @ R0.40

Kleur @ R2.00

Kerkstraat 16

Piketberg

7320

Christo en Linda van Schalkwyk Ons is Saterdae oop

Nuwe Voorraad - Bietjie Baie Mooi

Page 20: MAART PIKETBERGER WEB

20

15 Oktober 2011 was ons groot dag, ons troudag! Ek sou nooit kon droom dat daar in die paar dae wat van 2011 oor was, nóg „n groot dag in ons lewens sou aan-breek nie. Terwyl ander mense besig was om geskenkpakkies toe te draai, het ons vir onsself „n onortodokse Kersgeskenk gekoop wat in geen geskenkpapier sou pas nie: ‘n Res-taurant in Koringberg. My splinternuwe man se woorde het so ampertjies my bewerige knieë laat knak toe hy sê: “Geluk Liefie, ons is nou eienaars!” Ons het groot-oog vir mekaar gekyk en ek is nou nog onseker wie van ons twee eerste histeries begin giggel het. Ons wil baie graag almal bedank wat sedert 1 Desember 2011 by Cornberg Cottages & Café in Koringberg kom kuier het. Julle goeie wense en ondersteuning is van on-skatbare waarde, veral vir twee groentjies soos ons. Aan almal wat nog nie kom inloer het nie, wil ons graag „n vriendelike uitnodiging rig. Ons het nou wel nog nie ons leerskoene ontgroei nie, maar dit is juis „n koeëlvaste versekering dat Cornberg Café nie die stywe, formele atmosfeer van soveel ander restaurante het nie.

Cornberg Café Restaurant ure (die kroeg bly saans effens later oop):

Maandae & Dinsdae:

Gesluit (Ons kan wel groepbesprekings

aanvaar indien vooraf met

ons gereël is)

Woensdae & Donderdae:

08:00 - 14:00 / 18:00 - 21:00

Vrydae & Saterdae:

08:00 - 15:00 / 18:00 - 21:00

Sondae:

08:00 – 14:00

Besprekings:

022 423 8386 / 072 256 8151

Page 21: MAART PIKETBERGER WEB

21

Mighty Kids Arise 14 April 2012

Eerste plek vir PHS se aflosspanne by Platteland Byeenkoms

Meisies 0/17 is Caryn Dirks, Karli Truter, Felicia Adams en Angelique Booys.

O/15 Meisies isCaralee Jantjies, Hanneke Augustyn, Mari Bodenstein en Marike Koch.

Seuns 0/17 is Adrian Marcus, Roman Zaal, Adam January en JJ Stander.

Meisies 0/19 is Charity Abrahams, Carike Wiggins, Angelique Nel en Jani Truter.

Steynville Primêr en PHS tops by Platteland Aflos

By die Platteland Atletiekbyeenkoms op Porterville het Steynville Primêr se 0/9 seuns en 0/10 meisies hulle aflosse gewen.

Die 0/9 seuns aflosspan is Damain Marcus, Elgar Swanepoel, Samrique Kayster en Kieshan van Rooy.

Die 0/10 meisies aflosspan is Leandra van der Westhuizen, Glenresha Owies, Elnay Benjamin en

Mekayla Lings.

PHS se 0/13 meisies is Nicola van Staden, Wilmare Kok, Elske Pieters en Janét Stander.

Page 22: MAART PIKETBERGER WEB

22

Kompetisie is aangebied in samewerking met Wilde/Zing Fruit Juices. Die gelukkige wenner van „n gasbraaier is Huipie van Zyl. Saam met haar op die foto is Marie Jooste van Piketberg

Cash & Carry.

Wegneem Spyskaart

Geroosterde Broodjies

Ham en Kaas Bacon en Eier Leon Special

Verskeidenheid Hamburgers

Calamari en Chips

Chipwrap

Uie ringe

Chicken nuggets + chips

Stokvis Parcels

Snoek Parcels

Russian + Chips

Rib + Chips

Samoosas

Pasteie Chip & Cheese Roll

Brekkie Buns & Chips

Hawain Burgers

Spiral Chip Nuut

Uie ringe Draai Roomys Milkshakes Kiddies Snax Box

022 913 3047 of

071 108 6061 na 17:00

Oop Maandag

tot Saterdag 07:30 - 20:00

l

l

Page 23: MAART PIKETBERGER WEB

23

ELKE VRYDAG IS MARKDAG!

BAKKERY- Demonstreer Sasko brood.

DELI- Demonstreer Kerrie & Rys

BEDERFBARE PRODUK AFDELING -

Demonstreer SPAR MAGUE

Die Boland Superspar Slaghuis Span het op die 13de Februarie

besoek afgelê aan Tomi’s Abattoir naby Hermon. Die span is op ‘n toer geneem deur die hele slag proses wat gevolg word

om hul uitstaande gehalte en geur te verseker. Ons was veral beindruk met die hoë standaarde van higiëne wat gehandhaaf

word en die respek waarmee elke persoon in die maatskappy die proses hanteer. Hierdie maatskappy wei baie moeite en

aandag daaraan om volhoubare ‘groen’ prosesse te volg met die bestuur van die orgasisasie, van ‘n kompos fabriek om alle

afval produkte van die abattoir te verwerk. Ons span het

verseker ‘n paar aspekte wat ons ook in ons omgewing gaan toepas met veral die oog op higiëne om te verseker dat ons

kliente net die beste produkte op ons rakke kry! Besoek gerus www.tomis.co.za vir meer inligting oor hierdie organisasie.

BOLAND SUPERSPAR SLAGHUIS BESOEK TOMI’S

ABBATOIR

MARKDAG is die dag vir VARS produkte en PUIK winskopies! Ons bied ook ‘n verskeidenheid van Produk demostrasies aan. Elke Vrydag wys die Boland Superspar Bestuur ‘n wenner aan vir die die beste Produk-Uitstalling. Sien bo die wen-

ners van die afgelope 3 weke.

BO EN ONDER: Die Boland Superspar Slaghuis-span

saam met van die bestuur tydens hul besoek aan Tomi’s Abatoir.

Page 24: MAART PIKETBERGER WEB

24

TOPS WELLINGTON KOMPETISIE Hier oorhandig Marlene Visagie die 4.5L Wellington Brandewyn as prys aan Mev. J. Visser (wat die prys namens haar man Mnr. J. Visser kom afhaal het)

Mnr. M. Engelbrecht ontvang ‘n Micro Hi-Fi Component System wat hy gewen het in die

TOPS AMSTEL Kompetisie

Hier oorhandig Santie van den Berg (Sen. Super-visor) ‘n geskenkbewys ter waarde van R250

aan Die Villagers.

R1000 Koopbewys-wenner vir JANUARIE Marietjie Pedro (Bestuurder) oorhandig die koopbewys

aan Christa Myburgh.

OM in te skryf! …Koop vir R200 en meer, skryf jou naam en telefoon-nommer

agter op jou strokie en gooi in die Inskrywingsbus voor in die winkel.

Mnr. J. van Wyk (Skoolhoof) van Hoërskool Aurora ontvang ‘n R150 Geskenkbewys by

Santie van den Berg (Sen. Supervisor)