20
Junie/Julie 2015 ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker ppetiser ppetiser ppetiser ppetiser NUUS VAN HERDERSPAAR NUUS VAN HERDERSPAAR NUUS VAN HERDERSPAAR NUUS VAN HERDERSPAAR KYK OP, KYK AF …. HY HET GEKLIM GOD IS NIE BESIG MET ‘N …. DON’T BE A SIPPING SAINT TEL MY OOK IN AL BRUIS DIE JORDAAN AL BRUIS DIE JORDAAN AL BRUIS DIE JORDAAN AL BRUIS DIE JORDAAN FOTO NUUS FOTO NUUS FOTO NUUS FOTO NUUS DRA MY SOOS ‘N SEËLRING ‘N MAMMA SE LIEFDE ONS STEL BEKEND SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE RESNESIE SOEK DIE ANTWOORD SOEK DIE ANTWOORD SOEK DIE ANTWOORD SOEK DIE ANTWOORD A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300 Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury www.agscorpuschristimalmesbury.co.za [email protected] Tel: 022-487 2200 Kasteelberg met herfs wingerde. Foto: Piet Smit

Aptytwekker junie julie2015 edit

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Maandlikse nuusblad

Citation preview

Page 1: Aptytwekker junie  julie2015 edit

Junie/Julie

2015

ptytwekkerptytwekkerptytwekkerptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

♦ NUUS VAN HERDERSPAARNUUS VAN HERDERSPAARNUUS VAN HERDERSPAARNUUS VAN HERDERSPAAR

♦ KYK OP, KYK AF ….

♦ HY HET GEKLIM

♦ GOD IS NIE BESIG MET ‘N ….

♦ DON’T BE A SIPPING SAINT

♦ TEL MY OOK IN

♦ AL BRUIS DIE JORDAANAL BRUIS DIE JORDAANAL BRUIS DIE JORDAANAL BRUIS DIE JORDAAN

♦ FOTO NUUSFOTO NUUSFOTO NUUSFOTO NUUS

♦ DRA MY SOOS ‘N SEËLRING

♦ ‘N MAMMA SE LIEFDE

♦ ONS STEL BEKEND

♦ SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE

♦ RESNESIE

♦ SOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORD

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

[email protected] Tel: 022-487 2200

Kasteelberg met herfs wingerde.

Foto: Piet Smit

Page 2: Aptytwekker junie  julie2015 edit

2

DEUR PASTOOR PIET EN SUSAN SMIT

NUUS

VAN DIE

HERDERSPAAR

DDDD ie wonder van redding is onbeskryflik wonderlik! Maar

terselfdertyd wil ek ook sê: Die wonder van die Heilige Gees werkinge en Pinkster is net so wonderlik! Ons het pas Pinkster gevier, en was dit nie weereens ’n besoeking van die Heilige Gees teenwoordigheid nie! Almal wat saans teenwoordig was vir die reeks, sal erken; die heerlikheid van die Heilige Gees was daar! In ‘n terugblik het dit my laat dink aan die dinge wat ek so pas gehoor het by ‘n kursus oor dwelms wat ek moes bywoon. (Verskoon dat ek oor hierdie dwelm moet praat, maar die ooreenkomste is so treffend.) Die dwelm Ecstacy is die middel wat hulle gebruik by die “rave parties.” Dit word selfs in die lug vrygestel oor die dansende massa. Soos alle ander dwelms het dit ‘n aanvanklike betowerende invloed. So word beweer dat dit die mense wat teenwoordig is, baie lief maak vir mekaar. Wanneer iemand daar uitstap; besef hy onmiddellik dat daar binne is iets wat nie

daar buite is nie. Daar is ‘n atmosfeer wat jou insluk en meevoer sodat mense graag weer wil teruggaan. Presies dieselfde het ons saans beleef met ons Pinksterdienste. Iemand vra my by genoemde kursus: “Hoe was julle Pinkster?” Ek antwoord: “Ons het die Ecstacy van die Heilige Gees beleef! Die atmosfeer was gelaai met Sy bonatuurlike teenwoordigheid. As jy een aand daar was, móés jy net weer gaan vir nog …!” Alhoewel ons Pinsterdienste eenmaal in die jaar hou, beskou ons onsself as ‘n Pinksterkerk. D.w.s. ons het elke dag Pinkster. Ons wandel elke dag onder en in hierdie atmosfeer van Sy teenwoordigheid. Ons wil elke dag gelei word deur die Heilige Gees. Ons tap Sy krag vir alles wat ons doen en ons leef

vanuit hierdie krag om Sy getuies te wees teenoor die mense met wie ons saam leef en werk. Ons moet voortdurend lief wees vir mekaar, want hieraan sê, Jesus, sal die wêreld weet dat ons Sy dissipels is! (Joh. 13:35)

Page 3: Aptytwekker junie  julie2015 edit

3

Toe nog iemand iewers na kerk vir

my vertel hoe sleg dit gaan in die

land, en dat alles brand, toe doen ek

dit weer. Ek nooi hom om langs my

te kom staan en op te kyk. Half

onwillig doen hy dit. “Wat sien

oom?” vra ek. “Net mooi niks” sê

hy.

“Kan ek gou vir oom vertel wat ek

sien?” sê-vra ek.

Terwyl hy nog wonder, sê ek: “Ek

sien die hemele oop. Saam met

Stefanus in Handelinge 7 sien ek

met my geloofsoog die Seun van die

mens aan die regterhand van God.

En saam met Johannes in

Openbaring 5 hoor ek hoe biljoene

der biljoene daar uitroep: ‘Aan Hom

wat op die troon sit, en aan die Lam,

behoort die lof, die eer, die

heerlikheid…’”

Terwyl die oom soek vir woorde, sê

ek vir hom: “Kyk af, asseblief. Ons

voete is geplant op die Rots, Jesus

Christus. Hy versper die roete na die

ewige dood. Selfs al wankel

ons, Hy wankel nooit.” Ietwat oorbluf frons die oom, maar

ek gaan voort: “Kyk gou agter oom.

Daar sien ek die kruis van Christus.

Daar is al ons oortredings vasgekap

soos wat Kolossense 2:14 leer. Die

lig van die kruis het elke

kronkelpaadjie wat ons geloop het

uitgevee omdat ons in Christus as

Here glo. Sy lig is die lig vir ons pad.

“O ja, kyk gou vorentoe,” sê ek

terwyl ek omdraai en vorentoe wys.

“Hier reg voor ons staan Christus

met 'n oorwinningskroon in Sy

hand. Hy wink ons nader. Hy het vir

ons ewige plek daar by Hom.”

Toe kyk ek na die oom en vra hom

padlangs of sy oog nie dalk op al die

verkeerde dinge gerig is nie. Nee,

ons moenie maak asof alles reg is

en in ontkenning leef nie, maar ons

moet ook nie blind wees vir die

splinternuwe wêreld van Christus

nie. Saam met Paulus in 2 Korintiërs

4:16-18 moet ons leer uitroep: “my

oog is nie op die sigbare dinge gerig

nie, maar op die Onsigbare.” So nie,

sien ek net moeilikheid; dan

verdrink my geloof.

DEUR STEFAN JOUBERT

^ç~ ÉÑ?^ç~ ÉÑ?^ç~ ÉÑ?^ç~ ÉÑ? ^ç~ ty?^ç~ ty?^ç~ ty?^ç~ ty? ^ç~ tzàxÜ?^ç~ tzàxÜ?^ç~ tzàxÜ?^ç~ tzàxÜ? ^ç~ äÉÉÜ^ç~ äÉÉÜ^ç~ äÉÉÜ^ç~ äÉÉÜ

Page 4: Aptytwekker junie  julie2015 edit

4

Een van Amerika se eerbaarste presidente was so ‘n arm seun dat hy amper geen geleerdheid kon opdoen nie. Hy was desperaat, hy wou vorentoe gaan in die lewe. ‘n Sekere universiteit se bestuur het op ‘n dag ‘n vergadering gehad in hulle Raadsaal.

Ewe skielik stap die vreemde jong seun die saal binne. “Verskoon my, menere,“ sê hy ernstig, “as u vir my wil toelaat om hierdie vloere te skrop en smôrens die vure in hierdie plek op te maak dan sal ek graag dit alles vir u wil doen as u my sal toelaat om dan my geleerdheid hier te kry, want ek het nie geld om daarvoor te betaal nie.” Die raad het die saak oorweeg en hulle toestemming gegee. Hulle het hom ook aangestel om die hele plek op te pas en dan kon hy sy geleerdheid verniet kry.

Die jong seun het dag en nag gewerk en gestudeer. Hy het vinnig vorentoe gegaan en een eksamen na die ander met lof afgelê. Toe hy klaar was met sy studies het hy begin werk. Hy was so ‘n slim en verstandige en bekwame man dat hulle hom ‘n paar jaar later gekies het as

president van Amerkika. Wat ‘n prestasie!

Liewe lesertjie, jy is miskien ook ‘n arm seun of dogter (ek was ook) maar dit is nie nodig dat ons die neerlaag moet ly nie! Ons het mos ‘n God wat ryk en sterk is en Hy het gesê: “Die wat bid sal ontvang!”

Jy moet jou lewe aan Hom oorgee — waarlik oorgee, dan behoort jy mos aan Hom en Hy sal dan vir jou help. Dit meen nou nie ons moet net bid en bid en lui wees om te werk of te hoogmoedig wees om ‘n nederige werkie te doen nie. Dan sal die Here ons nie help nie. ‘n Lui mens of een wat bedel is baie sleg. Dit is baie lekker om self uit te spring, hard te werk, en

dan te sien hoe die Here jou seën en opstoot. Die Here sal nooit ‘n lui mens help nie. Sommige jong kinders is nie juis lui nie, maar tog so magteloos, hulpeloos en hopeloos. Hulle “kan nie,“ “weet nie” en “wonder.” Jy moet al hierdie dinge vergeet anders sal jy nooit vorder nie.

Jy moet bid, planne maak en uitspring en jy sal sien hoe die Here jou help!

Vind uit waarvoor jy lus is, bekwaam is en pak dit aan met al jou mag. Moenie vandag hier opgee en môre daar probeer en oormôre weer ‘n ander ding probeer nie! Jy sal nooit vorentoe kom nie. Bid, kies en gaan met daardie saak aan. As jy beslis is om ‘n sukses te maak en jy werk hard en hou aan, selfs as alles teen jou gaan, dan sal jy tog sien jy kom as ‘n groot oorwinnaar uit.

Vertrou op die Here, lees baie die Bybel en bid en jy sal vind: “die wat My eer sal Ek ook eer!”

Storie tyd ....

HY HET GEKLIM Deur Tant Sannie de Ferriers KOM ONS VERTEL STORIES

Page 5: Aptytwekker junie  julie2015 edit

5

In Efesiërs 4:28 skryf Paulus dat diegene wat gesteel het dadelik daarmee moet ophou en hard moet werk sodat hulle ook iets het om met die armes te deel. Dis ’n mondvol. Nee, Paulus sê nie diewe moet op ’n “steel-minder” rehabilitasie program gaan nie. Sy opdrag is eenvoudig: Stop dit! Hou op met steel. Daar’s geen middelgrond nie. Paulus beveel ook nie aan dat ander gelowiges diewe moet help om al hoe minder te probeer steel nie. Hy verwag ’n skoon breek met die verlede. Te veel keer is ons te verdraagsaam met daardie sondes wat onsself pas. Ons verwag ander moet begrip hê vir ons humeur, ons geld-gierigheid, ons biddeloosheid en wat nog alles. Tog is daar geen middelgrond nie. As ons van diewe verwag om dadelik op te hou met steel, dan moet ons almal ook dadelik ophou met ons eie “gunsteling” swakhede en sondes. Die Gees is regtig nie besig met ’n geleidelik sonde-ontgroei program in ons nie. Hy verwag van ons om in Christus se Naam onsself as dood vir die sonde te beskou, soos wat Paulus in Romeine 6 skryf. Dan moet ons presies so leef- dood vir sonde, maar lewend vir Christus!

God is nie met ’n sondeGod is nie met ’n sondeGod is nie met ’n sondeGod is nie met ’n sonde----rehabilitasie rehabilitasie rehabilitasie rehabilitasie

program besig nie. program besig nie. program besig nie. program besig nie.

Page 6: Aptytwekker junie  julie2015 edit

6

Now I have written unto you

not to keep company, if any

man that is called a brother

be a fornicator, or covetous,

or an idolator, or a railer, or

a drunkard, or an

extortioner.

1 Corinthians 5:11

Honestly, I’m shocked at

how some Christians live. When I

see believers who go to church on

Sunday, then live like the world

the rest of the week, it disturbs

me. Ken and I haven’t been raised

spiritually like that. Our spiritual

parents did not train us that way.

They live what they

preach. The people we run with

act the same all the time. When

we take off on our motorcycles,

we might look like the world with

our helmets and our leathers on,

but we praise God, talk

faith and act in

love just like we do when

we’re preaching at a convention.

If your friends don’t do

that, you need to find some new

friends. If your friends are

worldly, you need to separate

yourself from them because they’ll

pull you down to their level.

Now it’s good to go to

sinners and bring them the gospel.

Don’t Be a

SIPPIN Saint

DEUR GLORIA COPELAND

Page 7: Aptytwekker junie  julie2015 edit

7

But the Scriptures tell us not to

have ongoing fellowship with

them. They’ll start influencing you

toward their unholy way of

thinking. Pretty soon, you’ll be

talking the way they talk and

watching the television shows and

the movies they watch. Next thing

you know, you’ll be doing

everything else they’re doing too.

We’ve been set apart for God’s

sacred use! We don’t need to be

watching television sitcoms that

make light of immorality. Those

programs are intended to

desensitize people to sin. Satan

takes his best shots in the

entertainment industry.

I realize some people will

argue about that. But the Bible

warns us that we’re not to be like

the children of Israel when they

indulged in the sinful ways of the

world (1 Corinthians 10).

Don’t play around like the people

in the world do. It will get you in

trouble. (They are already in

trouble.) You might start out

doing something on a small scale.

You might indulge in just a little

glass of wine after dinner now and

then. You might become a

“sippin’ saint.”

“Well, Gloria, I don’t think it will

lead to anything else.”

Maybe not, but you have to admit

that it is certainly an open door.

What’s more, compromising

ourselves for something as silly as

a drink is foolishness. Why would

we want something like that in our

way when we can walk in the

glory of God?

If you think I’m being

legalistic, think again. There is

nothing legalistic about holiness.

In fact, under the Law, holiness is

totally unattainable. That’s

because holiness doesn’t come by

simply observing outward rules or

laws. Holiness comes as the result

of the work of grace God does in

our hearts! It manifests in our

lives as we live out what, by

grace, God has put within us.

So don’t be a sippin’ saint.

Be a doer of the

Word.

Live a life of

holiness.

Page 8: Aptytwekker junie  julie2015 edit

8

Ek wil jou graag vertel

van ‘n besonderse diens.

Op Vredendal het ‘n

jongman een aand by die

Polisiestasie as ‘n reservis,

Russian roulette gespeel. Een

patroon word in die rewolwer

se silinder geplaas

en dan word dit in

die rondte gespin.

Die loop word teen

die persoon se kop

gedruk en die

sneller word

getrek. Daar gaan

toe ‘n skoot af en

die jongman is

dood! (Dis die

verhaal wat ons

gehoor het.)

Hy het ‘n keer of wat ons

dienste besoek en gevolglik

het hulle gevra of ons die

begrafnisdiens sou hou. Ons

kerkie op daardie stadium

was gebou vir 120 mense.

Met gebed het ons ‘n rekord

getal al gehuisves toe Min

Shaw by geleentheid ons

besoek het en ons 234 mense

ingedruk het! Daardie

middag het hulle die mense

met busse aangery en was die

kerkgebou vir die eerste keer

te klein.

Ek was nog besig om in die

bidkamer te bid toe my vrou

daar inkom en my vra om te

skuif, want sy het geen ander

opsie as om die mense na die

bidkamer te verwys nie. Toe

ek die deur na die kerk

oopmaak, het ek gesien wat

ek al die jare gedroom het

om te sien. Daar was nie ‘n

oop spasietjie iewers nie. Op

die vloer voor die bidkamer

se deur tot op die verhoog tot

reg agter, het die mense

ingeprop gesit.

Ek het selfs nie geweet hoe

ek by die kansel op die

verhoog sou kom nie. Ek

oorweeg toe selfs om oor die

orrel of klavier te spring,

maar ek ontsien dit, want dit

sou nou nie pas by die

waardigheid wat van ‘n

pastoor vereis word nie.

Met die grootste inspanning

het ek tot by die kansel

gevorder. Oral was mense. In

die portaal het hulle gestaan,

buite by die vensters het die

mense gestaan en ingeloer.

In die lig van hierdie

jongman se lewe wat so

tragies en plotseling beëindig

is, het die Woord die mense

deur die werking van die

Heilige Gees, diep in die hart

getref (Hand. 2:37). Toe ek

die uitnodiging maak, het die

hande in massas opgegaan

oor die hele gehoor. Maar die

wonderlikste was om te sien

hoeveel hande is van buite af

deur die vensters gesteek

asof hulle wou sê: “Tel my

ook in, ek wil ook die

Here Jesus in my lewe

hê!”

Ek en elkeen wat

hemel toe gaan, gaan

op grond van twee

dinge: Omdat

Christus op die

kruishout vir ons

gesterf het (1 Kor.

15:3).

Omdat ek en so ook

elkeen wat gered is, ‘n keuse

vir Hom gemaak het (Deut.

30:19; Jos. 24:15).

Wil jy nie ook in die lig van

die onseker tye wat ons

beleef, ook jou hand vandag

“deur die venster steek” en

sê: “Here, tel my ook in!”

GEBED OM

REDDING

Here Jesus, was my

met U kosbare

bloed van sonde

skuld. Ek nooi U,

kom woon in my

hart as Verlosser.

Amen!

TEL MY OOK IN

DEUR PASTOOR PIET SMIT

Page 9: Aptytwekker junie  julie2015 edit

9

Al Bruis

Die JordaanDie JordaanDie JordaanDie Jordaan

DEUR TANT SANNIE DE FERRIERS

HOOFSTUK 14

ONS LIEFLIKE ROMANSE EN ONS LIEFLIKE ROMANSE EN ONS LIEFLIKE ROMANSE EN ONS LIEFLIKE ROMANSE EN

HUWELIKHUWELIKHUWELIKHUWELIK

Teen die middel van 1943 is ek gevra om al my uitnodigings vir spesiale dienste te kanseleer en die verantwoordelikheid vir ‘n klein gemeente in Zambië te aanvaar totdat hulle ‘n pastoor kon kry. Sonder ‘n motor was dit ‘n baie harde werk. Ek het weinig sukses gehad. Na sewe maande het ek teruggekom na Johannesburg met teleurstelling in my hart en met ‘n liggaam wat moeg en ooreis was.

Die dag voor my vertrek uit Zambië sê my getroude suster by wie ek tuis was: “Kyk hoe maer het jy geword. Dis van al die harde werk.” Met ‘n laggie gaan sy voort: “Maar so gaan dit met hoogmoedige meisietjies wat dink dat hulle beter is as al die mans wat in hulle belangstel. Was jy nou getroud, dan sou jou man al die huisbesoek gedoen het met sy motor en jy kon net saamsy.” Baie geamuseerd antwoord ek: “Gelukkig is ‘n

huwelik nie verpligtend nie. Tog is ek gewillig om te trou as die Here my ‘n man sou stuur volgens my smaak.” ”O ja”, terg sy, “en ek sou graag jou verduideliking wou hê van hoe die ,volmaakte skepsel eintlik sal moet wees!”

“Nie volmaak nie, want ek is nie volmaak nie. Maar ek sal darem verduidelik,” antwoord ek laggend. Sonder dat ek dit ooit vantevore so “ontwerp” het, hoor ek myself sê: Eerstens: Hy kan nie in ons kerk wees nie, want anders sou ek hom al ontmoet het. Omdat ek in hierdie kerk so gelukkig vir die Here werk, sal ek dit tog nie vir ‘n man verlaat nie. Hy moet dus reeds ‘n diep, ernstige wedergebore kind van die Here wees in ‘n ander kerk, wat na ons kerk oorgekom het, omdat hy die Bybelse waarheid van waterdoop en die doping in die Heilige Gees ingesien en aanvaar het.

Tweedens: Hy moet ‘n waaragtige roeping tot die bediening hê en in die geloof uitgestap het sonder enige finansiële waarborg van ‘n kerk. Dit sal bewys dat sy roeping eg is. Derdens: Hy moet ‘n baie bekwame klavierspeler wees, want die behoefte daaraan bestaan in die verafgeleë gemeentes. Vierdens: Ons het onder die blankes van ons land die twee taalgroepe. Terwille van die bediening, sou ek graag met ‘n man uit Engelssprekende kringe wou trou. Die feit bly tog daar dat elke mens sy eie volksgenote beter verstaan en dus beter kan bearbei. Vyfdens: Hy moet drie of vier jaar ouer wees as ek en moet lank, skraal en donker wees.” Ons het lekker saam gelag en geen gedagte gehad dat ek binne ‘n paar dae pre-sies daardie man sou ontmoet nie!

(vervolg Augustus 2015)

Page 10: Aptytwekker junie  julie2015 edit

10

1. Goeie Vrydag se die

voer. (3 April 2015)

2. Spesiale nagmaaldiens (5 April 2015)

3. Moedersdag boeke uitstalling (10Mei 2015)

4. Die broers bedien die susters met tee op moedersdag.

5. Voorstelling - Sarel & Maria Marais, Theunis & Linda

Swanepoel en hul seun Theo (5 April 2015)

6. Voorgestel - Claud Meyer (26 April 2015)

7. Voorgestel - Marc & Samatha Carstens (19 Mei 2015)

1

2

FO

TO

N

UU

S

7

Page 11: Aptytwekker junie  julie2015 edit

11

Goeie Vrydag se diens het die AGE Produksies ‘n toneel opge

voer. (3 April 2015)

Spesiale nagmaaldiens (5 April 2015)

Moedersdag boeke uitstalling (10Mei 2015)

Die broers bedien die susters met tee op moedersdag.

Sarel & Maria Marais, Theunis & Linda

Swanepoel en hul seun Theo (5 April 2015)

Claud Meyer (26 April 2015)

Marc & Samatha Carstens (19 Mei 2015)

3

4

5

FO

TO

NU

US

6

Kyk, hoe goed en lieflik is dit as broers (susters) saam woon!

Psalm 133:1

Page 12: Aptytwekker junie  julie2015 edit

12

Gesinsdiens

Bybelkarakters

1. Christa Marais - Vrou met kruik (Omdat Jesus almal lief het. Hy tref geen onderskeid tussen manne en vroue in Sy liefde vir hulle nie.)

2. past. Piet Smit - Dawid (Ek hou van pyl en boog skiet.)

3. Janille Mouton - Moses (“If You humble yourself by the side of the Lord, He will lift you up.)

4. Joyce Jasson, Piet Smit en Wilma Ravens. 5. Groep foto.

2

1 3

4 5

Page 13: Aptytwekker junie  julie2015 edit

13

“Dra my soos 'n seëlring op u hart, soos 'n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood.” (Hooglied 8:6)

Dit is die woorde van ’n vrou wat smag na haar geliefde se teen-woordigheid, sy liefde en versorging. Dit is ook die uitroep van God se kinders dat Hy ons name op Sy hart en op Sy hande sal graveer. Net soos die hoë prister van ouds ’n borsplaat gedra het met edelstene waarop die name van God se volk gegraveer was (Exod. 39:14), so dra ons Hoëpriester, Jesus, ook ons name op sy bors, in Sy hart en in Sy gedagtes.

Hy ken ons, Hy dink aan ons, Hy verseël sy liefde vir ons met Sy bloed. Net soos wat ’n seëlring gegraveer word met die naam van ’n geliefde, net so is ons name ook op Sy hande gegraveer, as teken van Sy ewige liefde, as teken dat Sy hand van redding, Sy hand van hulp, Sy hand van versorging altyd uitgesteek is na Sy kinders. “Oh, let me know, my Lord, that I am Yours, bound to Your heart, and let me know that I am Yours, protected and preserved by Your arm!” (Charles Spurgeon)

Dra my soos ’n seëlring op u

HART DEUR WILNA BOTHA

Onthou,elkefoutwatuinhierdieuitgawemag

vind,isdaargeplaasmet‘ndoel.

Daarisdiegenewataltydsoekvir‘noufoutjie.

Onswilgraagalmalbedienenhullenie

teleurstelnie!!!

Page 14: Aptytwekker junie  julie2015 edit

14

‘n Mamma se liefde is soos lekkers , lief en soet. Dis altyd welkom om die suur uit

die lewe te neem.

Marshmallows is sag soos mamma se wange, wat altyd warm druk teen jou eie

wange.

Smarties is kleurvol soos Mamma se lewe.

Rooi Haar liefde in haar hart vir jou.

Groen Mamma se jaloesie wat jou altyd vir haarself wil hou.

Geel / oranje Mamma bring altyd sonskyn in jou lewe.

Pers Mamma is die aura in jou lewe.

Blou Mamma bring die sagte blou lug in jou lewe.

Pienk Mamma se sagte kyk in haar oë.

Bruin Mamma se hart klop altyd tjoklits vir jou.

Jellie tots is bedek met suiker, so bedek ‘n mamma haar kinders en deel die

soet van die lewe met hulle. ‘n Mamma sal altyd dink haar kinders is teddy tots al

is hulle al groot. Jy sal altyd mamma se teddy tots bly.

‘n Chomp, sien mamma dat Christus help ons met probleme. Sy bid altyd sonder

ophou vir haar kinders.

‘n Neut, sê mammas is altyd nuts oor haar kinders, maak nie saak wat hulle doen

nie.

Mamma’s se liefde is suikersoet soos lekkers.

INGESTUUR DEUR ELSABÉ VAN DER WESTHUIZEN

‘n Mamma se

LIEFDE

is soos lekkers.

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort

geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by: corpuschristi@cybersmart. co.za

Page 15: Aptytwekker junie  julie2015 edit

15

ONS STEL BEKEND

Marc en Samantha CarstensMarc en Samantha CarstensMarc en Samantha CarstensMarc en Samantha Carstens

WAAR IS JULLE GEBORE?

Samantha - Eerste Rivier

Marc - Darling

WAT IS JULLE GUNSTELING

TYDVERDRYF?

Samantha - Lees Geestelike Boeke. Veral Karin Kingsbury

Marc - Padwedlope

WAT HET JUL LAAT BESLUIT OM HIERDIE GEMEENTE TE KIES?

Samantha - Ek volg waar my man gaan want hy is my

geestlike bron en dat die vrou onder die outoriteit van die

man staan en die liefde en die warmte van die gemeente.

Marc - Voel baie tuis, vriendskap en liefde.

KAN JULLE ONTHOU WAT DIT WAS WAT JULLE DAARTOE

GELEI HET OM ‘N KIND VAN GOD TE WORD?

Samantha - Ek was in ‘n diens en dit het daar gebeur.

Marc - Die waarheid het my vrygemaak en my verlos in alles wat

ek in vas gevang was.

WAT IS DIE GROOTSTE WONDER WAT JESUS VIR

JULLE GEDOEN HET?

Samantha - Hy my gered het.

Marc - Dat die Here die deure oopgemaak het en die blessings laat

gebeur het.

WATTER BOODSKAP VAN DIE HERE HET JUL VIR DIE MENSE DAAR BUITE.

Marc & Samantha - Johannes 3:16 Want so lief het God die wereld gehad dat Hy sy enigegebore seun gestuur het,

sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

WAT WIL JUL NOG

GRAAG VIR JESUS DOEN?

Samantha - Vir Hom werk

Marc - Siele wen

HOE LANK IS JULLE NOU AL KINDERS VAN DIE HERE?

Marc - 20 jaar Samantha - 23 jaar

Page 16: Aptytwekker junie  julie2015 edit

16

DEUR DR JAMES VAN ZIJL

Slaankrag

in LOFPRYSINGELOFPRYSINGELOFPRYSINGELOFPRYSINGE

(Vervolg vanaf Mei)

M iskien is daar ‘n vraag in jou hart oor die feit dat ons wat Kinders van die Nuwe Testament is, nou na die Ou Tesament moet gaan kyk (Psalms) om instruksiete kry

van hoe om die Here te loof en prys. Laat ek egter vir jou daarop wys dat Paulus vir die Nuwe Testamentiese Christene (wat jou en my insluit) gesê het volgens Ef 5:18 en 19: dat hulle onder mekaar moet spreek met psalms en lofsange en geestelike liedere. Hy het hulle dus verwys na die psalms, daarom kan ons ook met vrymoedigheid na hulle verwys en op God se instruksies, soos daar aangegee, let. Later in die boek sal ons tekste in die Nuwe Testament aan wys wat handel oor lofprysing en aanbidding. Laat ons begin deur die Woord van God te laat spreek.

Die Skrif is baie duidelik oor WIE die Here moet prys:

• AL WAT LEEF

(PS. 145:21; 148:11,13 150:6)

• ALLES WAT ASEM HAAL

(PS. 150:6)

• DIE REGVERDIGES (PS. 145:10)

• ALMAL WAT HY GESKEP HET

(PS. 140:14

• HULLE WAT DIE HERE DIEN

(PS. 22:24)

• DIENAARS VAN DIE HERE

(PS 145:10)

• ALLE ENGELE (PS. 148:2)

• GANSE NATUUR (PS. 148:3-5)

Die Skrif is baie duidelik oor WANNEER die Here moet geprys word:

• VAN DIE MORE TOT DIE AAND

(PS. 113:3)

• GEDURIGDEUR

(PS. 71:8)

• SOLANK AS JY LEWE

(PS. 146:2)

• ALTYD (PS. 34:2)

• IN TYE VAN

TERNEERGEDRUKTHEID

(PS. 42:12)

• IN ALLES

(EF. 5:20)

(Vervolg Augustus)

Page 17: Aptytwekker junie  julie2015 edit

17

“ Remember that respect is the foundation of every relationship. “ All the young man needed was a chance. A fresh start.

Some-one who cares.

’n Jong seun van 17 jaar oud word van een pleegouers na ’n ander oorgeplaas. Niemand het kans gesien om met sy nukke opgeskeep te sit nie. Niemand het genoeg geduld gehad om vir ’n oomblik te gaan sit en na te dink oor hoekom hierdie jong seun so rebels was nie tot op ’n dag.....

Voor hy na sy nuwe gesin oorgeplaas het, is hy die vraag gevra: “What is it that you whant from life?” en sy antwoord was: “Money. Lots of it, so that I don’t have to depend on others.” Hierdie keer is hy uitgeplaas na ’n christelike gesin met ’n 14 jarige seun wat sy broer aan die dood afgestaan het. Hy was nie baie ingenome met sy ouers nie. Van die staanspoor af was die mannetjie in die moeilikheid, maar hy het hom misgis met hierdie gesin. Hulle het vasgebyt. Hom die ruimte gegee om te aanvaar dat hy lief gehê te word. Hier het hy stelselmatig geleer wat dit is om respek en die liefde van Jesus in sy lewe toe te pas.

Kom en beleef sy lief en leed saam hierdie gesin. Saam met die vrou van die hardeware winkel en die pastoor se dogter. Toe hy op sy knie neerval en pleit: I need help ... Let me start by honoring your name. By respect you. I want to please you, not because I want to, but because You deserve it.

’n Baie mooi gesin fliek en word sterk aanbeveel.

THE TEN:

VAIN

Resensie: Ann-Beth

Just because something is difficult, it doesn’t mean it

isn’t worth it.

Page 18: Aptytwekker junie  julie2015 edit

18

voorbidding

Siekes

• Patty Grimbeeck (071 518 6847)

• Wilma van Rooyen (072 331 1382)

• Sam Roberts (076 065 7654)

• Sannie Burger (082 649 4653)

Werkloos

• Bid dat die Here werk sal skep vir ons mense wat werkloos is.

Sendelinge

• Marius & Bernice van Rooyen

[email protected]

• Herman & Elzarie Fourie

[email protected]

• Japansending

[email protected]

gebedsversoeke

Bid vir reën. Bid vir die komende eksamens. Bid teen rebellie in ons land.

Bid vir ons gesinne,huwelike en enkel ouers.

Bid vir ons Christen kinders en jeug. Bid vir ons kinders se veiligheid.

Bid vir ons Seniors. Bid vir eengesindheid teenoor mekaar -

verdraagsamheid. Bid vir positiwiteit in ons

gemeenskap. Bid vir die SAPD.

Bid dat ons BETROKKE, BRUIKBAAR en BESKIKBAAR sal wees in die

uitbreiding van die Koninkryk.

soek die antwoord Iemand word in die Bybel

‘n “ou dissipel” genoem. Wie?

Sms die antwoord met jou naam na:

073 447 2902

vorige keer se antwoord Aäron was ouer as Moses (Exod. 7:7).

Die volgende persone het almal die

regte antwoord verskaf: Ursala Harker,

Paul Cloete, Maretha Walters, Zelda

Roberts en Dalene Dolmacht..

Pragtig julle!

innige simptie

• Leoni van Biljon - pappie oorlede

• Lynette Swart- mammie oorlede

• Florina Erasmus - pappie oorlede

nuus • Gert & Louis v/d Linde verhuis na Gauteng

• Stiena Smit verhuis na Tehuis vir Bejaardes - Riebeek Wes

sê dankie

Vir die reën wat geval het. Gesondheid in hierdie winter.

Vir kos elke dag. Huisvesting (klein of groot)

Vir ‘n werk en salaris elke maand. ‘n Gemeente waar jy kan aanbid.

Dat jy kan lees en skryf. Vir jou ouers wat jou groot gemaak het.

Vir ons kinders en kleinkinders wat die Here aan ons toevertrou het.

Dat Jesus jou gered het.

Page 19: Aptytwekker junie  julie2015 edit

19

DIE PAD HEMELHEMELHEMELHEMEL TOE

“Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus!

U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor,

want dit het U Heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my

lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: “As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U Heilige Gees en dat dit sal word soos strome van

lewende water wat uit my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)” .

Amen!

As u God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart:

OORGAWE GEBED

Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie.

Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie!

Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit - 022-48 2200

wil jy gedoop word? Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde

in die hemel. Hoekom?

Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16

en doop ons hulle op Bybelse wyse.

Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop. Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings,

maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame

kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees?

Laat hoor van jou en ons sal jou help.

past. Piet Smit 022-487 2200

Page 20: Aptytwekker junie  julie2015 edit

20

Regs: Die “link” na ons

facebook blad.

Advertensies

Indien u wil adverteer in ons maandelikse Aptytwekker

kontak: 022-487 2200

@ net R25 per maand per blok

ACVV-KINDERSENTRUM-NASKOOL AFRIKAANSE CHRISTELIKE

VROUE VERENIGING Albaniestraat 2 Malmesbury/Posbus 486, Malmesbury 7299

N.P.O. 003-123/Tel: 022-4823096/Faks:022-4823096

NASKOOL/NASORG

Beste Ouers, indien u belangstel om u kind by ons Naskool in te skryf vir 2015, kan

u ‘n inskrywingsvorm by ons skool aanvra, voltooi en weer aan ons terugbesorg.

Hier volg ‘n paar eienskappe uniek aan onsself wat ons aanbied vir u kind.

Hulp met huiswerk van Gr. R – 7, gekwalifiseerde kinder-assistente, Level 4. Die

hoof ‘n oud onderwyseres met jare onderwyservaring. Uitstekende akademiese

resultate. Internetfasiliteite is beskikbaar vir take. Oop vir vakansiesorg, ruim speel -

area met speelapparaat, waterglybaan, in ‘n netjiese veilige omgewing, kinders ten

alle tye onder toesig, alles binne ‘n moderne gebou en omheinde erf, naby

Laerskool Swartland geleë, wat ook vir funksies verhuur kan word.

Ouers kan reeds skooltye vanaf: 07H00 kinders se Naskoolsakke bring. Middagete

beskikbaar. Vir enige navrae, kan u gerus bostaande nommer kontak of die

skoolhoof: Me. Rose Balie: 079 681 3300

Vriendelike Naskool Groete 022-482 3096

E-Pos: [email protected]