28
Jesus se hartklop stuur my Junie / Julie 2011 Uitgawe 77

KSM Junie 2011

Embed Size (px)

DESCRIPTION

KSM Junie 2011

Citation preview

Page 1: KSM Junie 2011

Jesus se hartklop stuur my

Junie / Julie 2011 Uitgawe 77

Page 2: KSM Junie 2011

ksm Junie 2011 1 www.kerksondermure.org

van die redaksie

ksm Junie 2011 1 www.kerksondermure.org

uit jou gemaksone in jou hartsone in!Junie/Julie 2011 UITGAWE 77

die redaksie

Indeks

Redakteur Hugo Weich

Bladuitleg Nadia Strydom

Taalversorger Johan Meyer

Finansies Anne-Retha Smith

Drukkers MINIT Print

E-pos: [email protected]:

www.kerksondermure.orgTel: 012 663 2003

Faks: 012 663 3121

Die redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig wat medewerkers

en adverteerders in die ksm uit-spreek nie. en behou die reg om alle

bydraes redaksioneel te versorg.

Fanie Venter bl 2Jaarproses Werkswinkel bl 3 Ina Pienaar bl 6Groenbediening bl 7Beroepsforum bl 7Tempo Enkelouers bl 7DivorceCare bl 8Medelye bl 8Ja, maar... bl 8Saam Wen ons in Jesus Naam bl 9Huis Gideon bl 10Kinderkonferensie bl 11Vakansieprogram bl 13Gebedspan op hul knieë vir kinders bl 14ksm kindersondermure uitreik bl 16Kitskos-kêrels bl 17Groeigroep stories bl 20Pretblad bl 21

Moenie bang wees nie.

Hugo Weich

Ons is vas oortuig dat die Here kerksonder-mure geroep het met `n spesifieke roeping. In hierdie uitgawe praat ons van ons roeping, maar ook van sekere fokusareas wat ons as belangrik beskou in ons dissipelskap-proses.

Waar begin ‘n mens met dié roeping wat God ons almal gegee het? Die eerste stap is om die roeping van God vir jouself te neem, met ander woorde, om te besef dat jy self ‘n roeping het, dat God vir jou ‘n spesifieke werk en opdrag het. Dit maak nie saak wie jy is of wat jy van jouself dink nie. Dit maak nie eers saak of jy dink jy kan dit nie doen nie. Wat eintlik van belang is, is of ons luister na wat God van ons vra.

Luister jy na God? Luister jy na wat God regtig van jou vra?

Die goeie nuus van dié roeping is dat ons nie noodwendig alles moet verkoop en ver in die diepe donker Afrika moet gaan werk nie. Elkeen van ons moet doodgewoon met ons lewe aangaan, daar waar ons is toe ons die stem van die Here gehoor het. As jy vir ‘n baas werk, moet jy daar waar jy werk ‘n verskil maak. As jy self die baas is, moet jy juis vir die mense wat vir jou werk, ‘n verskil maak.

Op ‘n manier is dit seker die moeilikste om daar waar die mense jou ken, te begin werk en om liewer te begin by mense wat jou nie ken nie; waar die mense nie van al jou streke en weë weet nie. Daar sal dit makliker wees. Tog is dit nie net dit wat God van jou verwag nie. Dit is juis daar waar die mense jou ken en van jou ou weë weet; waar jy ‘n baie groter impak kan hê. Dit is hoekom God jou juis daar wil gebruik. Net jy kan daar ‘n groot verskil maak.

Ons moet onthou dat God ‘n duur prys vir ons elkeen betaal het: Sy Seun het aan die kruis gesterf, sodat ek en jy en al die mense by die werk en

in jou vriendekring reeds kan feesvier oor dit wat vir ons in die Ewige Lewe wag. God wil jou gebruik om dit te gaan uitleef daar waar jy jou lewe leef, om `n kerksondermure te wees. God wil jou gebruik om die mense te wys wat dit beteken om die sonde af te sterf en die Nuwe Lewe aan te neem. As jy nou sou wegtrek en op ‘n ander plek jou roeping wil gaan uitleef, wie gaan vir die mense, waar jy jou nou bevind, wys wat God kan doen? Gaan hulle nie juis in die koue en donkerte gelaat word as jy nie nou daar Jesus se liefde gaan leef nie?

God roep vandag weer tot ons almal uit deur die woorde van Paulus: My liewe vriende, staan julle plek vol juis daar waar julle was toe die Here julle as sy kinders geroep het. En dan kom daar ‘n stuk bemoediging by vir die van ons wat maar aan die bang kant is en nie weet hoe ons enige iets gaan regkry nie: God is mos by ons! As God aan ons kant is, wie sal dan teen ons wees?

Leef jou roeping

Hugo

Page 3: KSM Junie 2011

www.kerksondermure.org 2 ksm Junie 2011

kerkwees

Jesus seFanie Venter

Sedert die begin van die jaar is ons in kerksondermure besig om meer en meer van Jesus se hartklop te ontdek en te beleef. In eredienste (volwassenes, kinders en tieners), kleingroepe, tydens beplanningsessies en vanuit bedienings is die fokus Jesus se hartklop. Een van die rigtinggewende ontdekkings wat ons gemaak het vanuit Lukas 6, is dat Jesus se hart ritmies geklop het. Die volgende momente was voortdurend deel van sy lewensritme: Hy het tyd met sy Vader spandeer, tyd in die seer wêreld en tyd in die geloofsgemeenskap. Volgelinge van Jesus se harte behoort al hoe meer in pas te kom met die lewensritme van Jesus.

Hierdie ontdekking van die lewensritme-beginsels stel ons in staat om gefokus en gestruktureerd aandag te gee aan hierdie fokusareas wat tydens die Gemeenteraad se beplanningsproses geïdentifiseer is: Gebed; mobilisasie; stories; verhoudings en dissipel-skap.

Gebed: Jesus se lewe en bediening het gebeur vanuit sy tyd/verhouding met sy Vader. Indien ʼn gemeente, soos Jesus, verstaan hoe afhanklik hulle van God is, moet ons mekaar aanmoedig, leer en help om biddend te leef. ʼn Biddende gemeente leef afhanklik en met verwagting omdat ons verstaan, dit is nie ons nie, maar God wat deur ons op pad is na sy wêreld.

Mobilisasie: Ons glo dat God ʼn sturende God is en dat die gemeente as geheel en elke lidmaat individueel soos Jesus gestuur is om God se nuwe wêreld ʼn werklikheid te maak. Ons is dus elkeen geroep om in Jesus se naam ʼn verskil in mense se lewens en in situasies te maak. Dit is daarom nodig dat ons alles

moontlik in werking stel om mekaar bloot te stel aan die nood, mekaar aan te moedig en te help om hier-

die roeping van ons op te neem.

Verhoudings: ʼn Volgeling van Jesus wat saam met Jesus besig om sy identiteit as gestuurde in ons stukkende wêreld uit te leef, sal baie gou ontdek dat ʼn lewe buite die gemaksone

nie volgehou kan word sonder die liefdevolle versorging en aanmoe-diging van broers en susters nie. ʼn Gemeente wat erns maak met sy gestuurde identiteit kan daarom nie anders nie as om hoë prioriteit te verleen aan prosesse en strukture vir versorging en opbou.

Stories: Binne hierdie versorgende verhoudings deel ons alles met mekaar, veral ook ons stories (ge- tuienisse). Hierdie stories, wat geskep word deur besig te wees saam met Jesus in sy wêreld, motiv-eer, daag uit, bemoedig, vertroos en gee ons rede om God se werk in en deur ons te vier.

Dissipelskap: Hierdie vyfde fokus kan natuurlik nie los van die ander vier fokusse verstaan word nie. ʼn Mens sou die maak van dissipels juis kon verstaan as die proses waardeur ons mense help om Jesus te begin volg en al hoe meer in pas met sy lewensritme te begin leef.

Mag die Here wat die Gees is ons elkeen begelei tot ʼn ritmiese leefstyl – ʼn leefstyl in pas met die hartklop van Jesus.

Hartklop

As jy nie vir God vra om vir jou op die lewenspad te lei nie, sal iets of iemand anders dit doen. -Eric Liddell

Page 4: KSM Junie 2011

ksm Junie 2011 3 www.kerksondermure.org

werkswinkel

Jaarproses Werkswinkel

Page 5: KSM Junie 2011

Opskrif xxxxxxxxxx

www.kerksondermure.org 4 ksm Junie 2011

DissipelskapGod roep jou nie om ‘n sensasie te word nie,

Hy roep jou om ‘n dienskneg te wees. - Moeder Teresa

Page 6: KSM Junie 2011

Opskrif xxxxxxxxxx

ksm Junie 2011 5 www.kerksondermure.org

MobilisasieDit maak nie saak waar jy vandaan kom nie; wat werklik saak maak, is waarheen jy oppad is. - Dwight L Moody

Page 7: KSM Junie 2011

www.kerksondermure.org 6 ksm Junie 2011

mensweesDr Riaan en Ina Pienaar vertel van Riaan se siekte en die pad wat hulle tans daarmee stapNa amper 6 maande van afwesigheid, voel Riaan soveel beter dat hy gedeeltelik van sy werk kan voortsit. Hiermee wil ons net ons dank uitspreek teenoor getroue vriende, familie en gemeentelede wat ons gedurende hierdie tyd gedra het in gebed en voorbidding, ondersteuning, moed inpraat en bystand. Dit het ons staande ge-hou in hierdie onsekere tydperk, waartydens ons opsoek was na `n diagnose en moontlike oplossing vir Riaan se siekte.

Ons wil graag vir julle meer inligting oor Riaan se gesondheid gee:

Jare gelede is Riaan gediagnoseer met hoë bloeddruk en hoë trigliseride (‘n subfraksie van totale bloedvet). Deur middel van ‘n intensiewe oefeningprogram en `n streng dieet is die trigliseriede genormaliseer, maar die bloeddruk het ons steeds bekommer.

In 2007 het hy onverwags baie gewig verloor en ons het `n nef-roloog rakende die gewigsverlies en hoë bloeddruk gekonsulteer. Hy word met Diabetes 2 gediagnoseer, maar met medikasie en dieetaanpassings was sy diabetes spoedig onder beheer. Omdat Riaan nie die tipiese beeld van `n Diabetes 2 pasiënt gehad het nie, is daar meer krities en intensief na die oorsaak van die diabe-tes gesoek - en kon dit na uitgebreide intensiewe ondersoeke nie vasgestel word nie. Spanning het die skuld gekry! In die tydperk wat gevolg het, is daar meer gefokus op diabetes. Mettertyd is die bloeddrukmedikasie wel aangepas, maar die bloeddruk het nooit heeltemal te stabiliseer nie.

Die eerste tekens van `n spraakprobleem is in 2009 opgemerk. `n MR-skandering kon geen tekens van beroerte bespeur nie. In 2010 het sy spraakprobleem tot so ‘n mate gemanifesteer dat gemeentelede toenemend navraag gedoen het oor die oorsaak van die spraakprobleem. Alhoewel Riaan deurentyd sy spraak-probleem toegeskryf het aan sy bloeddrukmedikasie, het ons met wonderlike raad, hulp en empatie van die Netwerk vir Lewe Sentrum hom laat evalueer deur `n bekwame spraakterapeut. Sy het dit as ‘n breinverwante toestand gediagnoseer (aangesien daar ook uitvalle in balans en fyn motoriese koÖrdinering was). Sy het ‘n dringende Neurologie konsultasie aanbeveel en ons het besluit om hulp te vra by `n gemeentelid wat `n Neuroloog is. Sy het Riaan gehospitaliseer, `n tweede MR-skandering van die brein, lumbaalpunksie en verdere bloedtoetse aangevra. Die bevinding was dat die serebellum (kleinbrein) wel kleiner is as wat normaal is vir Riaan se ouderdom. Die oorsaak hiervan kon vroeë verou-dering, `n chroniese siekte of `n breinsiekte wees. Na intensiewe uitgebreide bloedondersoeke, `n CT-skandering van die buik, `n been-en rugmurgbiopsie- en `n nierbiopsie, is daar chroniese inflammatoriese selle in vergrote niere gevind.

Hierdie kon moontlik `n diabetes/bloeddrukverwante niersiekte wees. Om `n definitiewe diagnose te bevestig, moes `n snit- biopsie van die nier laat doen word. Die risiko van so `n prose-dure sou wees dat Riaan die nier kon verloor of fatale bloeding. Na vele oorweging het ons teen die uitvoer van die 2de biopsie besluit.Die Diensverhoudingskommissie (DVK) van die gemeente het aanbeveel dat Riaan vir die helfte van November, Desember en `n deel van Januarie verlof neem. Aangesien Riaan gevoel het dat die niersiekte verband kon hou met medikasie, het ons homeopatiese medikasie geïnkorporeer onder toesig van `n homeopaat. Die chemiese medikasie is nie gestaak nie, maar natuurlike middels is net stadig bygevoeg. Dit is in Januarie 2011 gestaak omdat dit

nie geslaag het nie. Hy het ook vanaf middel Desember nie meer motor bestuur nie as gevolg van van `n snaakse gevoel in sy kop en die balanssteurnis.

Januarie 2011 het Riaan begin werk, maar die “dikkopgevoel” en spraak- en balansprobleme het dit nie moontlik gemaak om langer as begin Februarie te werk nie. Weer het die DVK met baie begrip, verlof aanbeveel totdat sy gesondheidsprobleme uitgesor-teer is. Ons het besluit dat Meimaand `n goeie tyd sal wees om `n verdere besluit te neem.

In Februarie is Riaan tweekeer gehospitaliseer in Unitas en die In-ternis en Nefroloog het die MR- en CT-skanderings, nuwe bloed-dtoets en nierfunksietoetse herhaal. Verdere addisionele brein-verwante toestande is uitgeskakel. Daar is gefokus op medikasie en `n strenger dieet. Vir amper twee maande moes ons sewe keer per dag sy suiker toets, drie keer per dag sy bloeddruk monitor en ALLES wat hy eet. Hy het ook begin met spraakterapie.

Na vele spesialiskonsultasies en spesiale ondersoeke is “Multi Sis-teem Atrofie/Degenerasie (MSA)” gediagnoseer as toestand van die kleinbrein. Hierdie toestand is nie tans geneesbaar nie, maar kan wel instand gehou en vertraag word deur die streng beheer oor bloeddruk, cholesterol en glukose asook die bewustheid van normale nierfunksies en vroeë diagnosering van nierinfeksies. Goeie nuus is egter dat daar sedert 2009 geen radiologiese agter-uitgang in Riaan se serebellum-funksie aangetoon kon word nie!

Alhoewel Riaan se spraak, uitspraak en balans nog nie optimaal is nie, gaan dit beter as Desember 2010. Riaan ondervind steeds daagliks las van ‘n dik-kop-gevoel (hy sê dit voel soos `n “hango-ver”!!). Hy het nog nie vrymoedigheid om te bestuur nie en het nou `n permanente chauffeur – sy vrou!!!

Die spraakterapie gaan voort en ons glo dat God hom nog steeds gaan gebruik in Sy koninkryk. Riaan se passie lê nog steeds by huwelike, huweliksberaad en prediking. Hy het Meimaand weer begin met sy huwelksvoorbereidingseminare, -werkswinkels, beradingswerk en doen weer privaat doopgeleenthede en troues en tree op in kleingroepverband.

Ons glo dat die Here besig is met ‘n genesingsproses. Ons besoek weer die neuroloog en internis in Mei en Junie, opsoek na verdere oplossings.

ONS IS TOT U DIENS BEREID! •

Ina Pienaar

Page 8: KSM Junie 2011

ksm Junie 2011 7 www.kerksondermure.org

lewe

Die onlangse aardbewing en Tsoenami in Japan het ons almal geskok. By my het dit die indruk gelaat dat die aarde net so broos soos die lewe self is. Enige oomblik kan alles wat so vanselfsprekend lyk, wegge-neem word. Hopelik sal hierdie en ander gebeure ons wakker skud sodat ons met meer waardering en ’n groter bewustheid na ons omgewing en God se skepping sal kyk. Die ekologiese sisteem waarin ons funksioneer is broos en ons het ’n taak en roeping om die omgewing te respekteer en te koester.

Ons wil graag nuwe woema aan die groen inisiatief verleen en drie strategiese fokusareas gedurende 2011 beklemtoon:

1. Bewusmaking: Aktiwiteite word beplan om ons almal energiek betrokke te kry by hierdie wonderlike inisiatief - aksies wat ons almal hope lik sal geniet.

2. Projekte: Uiteindelik wil ons resultate sien wat sigbaar is. Harde werk is onvermydelik. 3. Geldinsameling: Almal weet dat sonder geldjies ons nie veel kan doen nie. Ons wil nie net ’n leë dop wees nie!

Ons het alreeds ‘n Facebook-teenwoordig-heid. Loer in by Netwerk vir Lewe: Groen en sluit aan as vriend en help ons om aktief lede te werf. Onthou dat ons as groen vriende aktiviste is en nie op ons laat trap nie - ons wil immers die aarde, deel van God se skepping, red voorkom dat die kli-maat met twee grade warmer word. Sterk manne en vroue is nodig vir hierdie ge-wigtige saak. Hoe meer mense deelneem en saam gesels op Facebook en foto`s daar plaas, hoe vinniger sal ons inisiatief momentum kry.

Enige voorstelle om hierdie inisiatief te ondersteun en uit te bou, sal verwelkom word. Gesels asseblief ook met my per e-pos ([email protected]) of skakel my gerus (0824690624). •

Die aarde - God se skepping – het jou nodig!Frans Labuschagne -

Nuwe projekleier van ons Groenbediening

Jakob se Put is ‘n interkerklike ondersteuningsnetwerk vir mense tussen werke en werkloos. Daar word nie net omgesien na jou CV formaat en tegnieke vir onderhoudvoering nie, maar ook na persoonlike en emosionele behoeftes. Ek vertel graag twee kort stories van mense wie se lewens radikaal aangeraak is vandat hulle by ons kom aanklop het.

Ons het met sukses ‘n Jakob se Put /Beroepsforum tak in Mid-stream begin en sommer met die intrapslag kon die eerste twee mense werk kry deur ons netwerk. In Midstream werk ons nou saam met Doxa Deo se Life Centre. Dit is fantasties om sáám God se koningryk te soek. Ek vertel graag ‘n storie van hoe ons kerke saam ‘n man (wat uit moedeloosheid probeer selfmoord pleeg het) bedien het, versorg het en deur die Jacob se Put/ Beroepsfo-rum se netwerk werk laat kry het. Gedurende dieselfde tyd wat hy by ons aangeklop het, het ‘n werkgewer ons gekontak en gevra vir iemand wat sy store kan behartig, met ‘n profiel presies soos die persoon waarvan ek vertel het. Daardie man het nou weer hoop – hoop wat weer sy liefde en geloof laat wortelskiet het. Prys die Here!

By ons Hippolaan-tak het ons ‘n man gehad wat meer as ‘n jaar sonder werk was. Hy het elke Vrydag van Randjiesfontein gery om ons Beroepsforum by te woon. In Januarie het hy vir ‘n pos hier in Pretoria aansoek gedoen. Hy is deur al die onderhoude en word die pos toe aangebied. Die salarisaanbod was net te min om sy familie (waarvan sy vrou toe vol swanger was) te onder-hou. Hy het aan hulle per e-pos ‘n voorstel gemaak vir ‘n beter salaris. Intussen het hulle hom weer genooi vir ‘n gesprek, sonder dat hulle sy e-pos gelees nie, en hom ‘n R1000 meer aangebied as wat hy in die e-pos gevra het. Hulle het toe Pretoria toe getrek en

huur ‘n pastorie in Waverley teen ‘n billike prys. Die dames van die kerk wie se pastorie dit is (waarvan hy nie ‘n lidmaat is nie), het vir die eerste week hulle daagliks van kos voorsien en hulle gehelp met gordyne om in die huis op te sit. Die groep van die Beroepsforum (waarvan almal self nie werk het nie), het toe saam vir hulle babaklere en benodigdhede vir die nuweling wat op pad is, ingesamel. Hierdeur is so baie mense aangeraak. Hulle baba is toe gebore op 21 April. Ons Here is oral - van Randjiesfontein tot Centurion tot Waverley – en kerksondermure se naam het weer ‘n werklikheid geword.

As u van iemand weet wat tussen werke is, laat hulle ons gerus kontak. Hier word stukkende mense deel van ’n besonderse omgee-netwerk ([email protected]; 0846217670).•

Jakob se Put:

Inge Nel

NOU

Beroepsforum

“LEWENSVERANDERING” - iets wat ons weekliks beleef

Tempo Enkelouers bedien mekaar enkelouers@ksm.

co.za/012-6631610Sanette CalitzAs enkelmamma is dit vir MY GEEN grap om twee seuns groot te maak nie! Buiten finansiële stres, zero ontspanning, minimale vriende en erge werksdruk - kan dinge soms net te veel raak. Dis nou waar die Tempo Enkelouers-groep so ‘n blessing is! Dis waar voëls van eenderse vere saam kan huil, lag en deel ... van die lek-ker tot die seer ... want DAAI groepie mense verstaan jou situasie, jou omstandighede ... hoe jou binneste woel en worstel ...!

Dis waar ek die HERE se liefde en omgee kan VOEL en ervaar. Die Tempo Enkelouergroep gee om... hulle doen soveel moeite...

>>

Page 9: KSM Junie 2011

www.kerksondermure.org 8 ksm Junie 2011

lewe

My egskeiding was baie skielik. Elf jaar van saam wees, ses jaar ge-troud, twee dogters, dit was my lewe. Alles het verander - skielik was ek alleen, ‘n enkel ma. Ek het nêrens ingepas nie en ek nie geweet hoe om al die veranderings te verwerk nie. Ek hoor toe van DivorceCare® by kerksondermure. Dit het vir my soos moeite geklink. By die huis bly is mos net makliker. Ek het gevoel ek het nie tyd nie, meestal sommer net nie lus gevoel vir enige iets nie. Ek was BANG, ALLEEN, en SEER! Min wetend dat die uitweg vir baie van my probleme juis by DivorceCare® was. Ek kon daar ontlaai, leer, rus, huil en kos kry vir my siel en vir die maag. Ja dis reg, kos vir die maag ook. Terwyl die babas en kleuters opge-pas word, die laerskoolkinders na omgesien word by Divorce-Care4Kids™ kan die ouers aan hulle helingsproses werk. Vandag kan ek getuig EK IS STERK! Ek is nie alleen nie!.

Na my 13 weke kursus was Dinsdae nie meer Dinsdae nie want ek het my groep gemis. DivorceCare® was die begin vir die nuwe fondasie van my toekoms. Dis was my pad nader aan God, en die begin van my nuwe lewe. My deur wat toegeslaan was, is oopge-maak. Buiten vir alles wat ek geleer het, het ek nuwe vriende gemaak - vriende wat my tot vandag toe nog bystaan. Na my wonderlike heelword-reis by DivorceCare® het ek gevoel ek wil terug gee omrede ek soveel ontvang het. Ek help tans by Divorce-Care4Kids™, wat ‘n ongelooflike belewenis vir my is. Ons gee om vir elke kind en probeer uitreik na elkeen sodat hulle ook weet hulle is nie alleen nie.

Vir die wat daaraan dink, moenie meer dink nie, sluit aan en kom kry “soul food”. DivorceCare® is ‘n moet! Geskei of besig om te skei, man of vrou, met of sonder kinders, julle het nie ‘n keuse nie - SLUIT VANDAG aan by DivorceCare® ([email protected]; 012-6631610). •

My huishoudkunde-juffrou se “bumper sticker” sal my altyd bybly: “The death benefits of Christians are out of this world!” Dit verwys natuurlik na die hiernamaals waarin ons as Christene glo, die hemel, waar daar geen trane, siekte of pyn meer sal wees nie. Skerp, né? Toe ek klein was en die konsep van “letterlik” begryp, maar nog nie die woord self geken het nie, het ek my ma dikwels gevra of daar regtig egtig niks siekte of hartseer in die hemel is nie…netso-netso? In my hart was ek altyd bang dis net die grootmense se manier om een ding te sê, maar iets anders te bedoel. Net soos wat hulle my altyd gewaarsku het dat ek nie te veel tv mag kyk nie, omdat ek vierkantige oë gaan kry…

Gelukkig het ek naderhand geleer dat daar wel letterlik niks siekte of hartseer in die hemel gaan wees nie, maar beter nog: ons gaan heeldag en aldag by God wees! Party mense sien uit na die vrede wat hulle tans op aarde bly ontwyk. Ander is mal oor sing en kan nie wag om by die engelekoor aan te sluit nie. Vir my gaan dit hemels wees om uiteindelik al my vrae beantwoord te kry! Hoe het al die diere in Noag se ark gepas? Wat was Paulus se doring in die vlees? Skeppings- vs evolusie? >>

My deur wat toeges-laan was, is oopgemaak - DivorceCare® het my weer nader aan God en mense gebring

Annie Kruger

Susan Terblanche

waar ons as enkelouers nie kan raakvat met alles nie, daar is hulle ons krukke ... al is dit net ‘n geduldige oor wat luister of ‘n warm drukkie, of goeie raad. Dit laat jou weer “special” en geliefd voel.Dankie Tempo Enkelouergroep - julle is my anker in Christus - julle inspireer hierdie ma om goddelike kinders groot te maak en om vir GOD op te staan en te LEWE!

Anina MollerDie pad van die enkellopende is somtyds steil en alleen, en so bevind ek my dan ook in die grote stad kort na my egskeiding. Dit was werklik vir my ‘n moeilike tyd. Dis slegs die vriende wat ek deur die kerk gemaak het wat my op daardie stadium staande gehou het... totdat my sus se vriendin my aan Tempo Enkelouers voorgestel het en ek agtergekom het dat ek nie die enigste is wat so voel nie. Ons het so baie gemeen, ongeag ons verskillende agtergronde en omstandighede. Ek is bly om te kan sê dat ek vreeslik uitsien na elke byeenkoms, ongeag of my seun daardie keer by my is of nie.•

MedelyeMarie, dit was nog altyd so dat die liefde sy eie diepte nie kan peil nie… tot die uur van afskeid… Eers dan! Dan is dit seer! En kerksondermure weet: Want in die diepste van die dieptes van jou hart refrein dit soos Totius dit stel:

O, die pyngedagteMy kind is doodDit brand soos ‘n pyl in my...En ag, hy het nie gesterwe nie;Hy was sommer dood!Sy plekkie ken hom nie meer...

Die skielike heengaan van Shaun word diep betreur. Maar Marie, jy het self ge- skryf: “Ons sal nie altyd verstaan hoekom nie, maar ek sal nie ophou bid nie! My God seën my trane, Hy verstaan my. Ek bid en wag, want ek weet eendag gaan almal verstaan hoe groot ons Hemelse Vader is. Ek hoor elke dag en nag my God se hartklop. Ek gaan nie ophou om Hom te loof en te prys nie.”Jou belydenis in hierdie woorde is ‘n anker om aan vas te hou. Dit bied terselfdertyd vertroosting en geloofsversterking vir jou, Marie, vir jou Natasha en vir jou Belinda en jou gesin.

Onthou: Shaun se mooi lewe is so diep in elkeen van jul gesin se wese geëts (hoewel vir ‘n te korte duur saam met jou, Natasha) dat tyd dit nie kan uitwis nie. Daarom: “Let us not mourn his death, but let us celebrate is life!” •

(Redaksie)

(by die afsterwe van Shaun, seun van Marie Orachin)

Ja, maar...

Page 10: KSM Junie 2011

ksm Junie 2011 9 www.kerksondermure.org

betrokkenheid

Saam WEN ons in Jesus se Naam Hermien König

“Saam wen ons in Jesus se Naam” - dit is die leuse van die Lebone Gemeenskapsdienspunt Om ‘n projek te begin is lekker. Om aan te hou, is nie altyd so maklik nie. Veral as dit al 35 jaar lank is, en onder moeilike omstandighede. Die hoof dryfkrag vir die ontstaan van die projek was om die liefde van Jesus met vroue te deel wat baie minder as ons het, hul lewens te verryk en hul in staat te stel om hul inkom-ste aan te vul.

Ons teikengroep is huisbediendes. Hulle is een van die mees ver-waarloosde groepe in ons samelewing. Hulle het min opleiding, en werk dikwels onder baie onseker omstandighede.

Hoe werk ons?Na meer as drie dekades gaan ons klas nog steeds van krag tot krag. Dit bestaan uit twee programme1. Vaardigheids- en Entrepreneursontwikkeling en Lees- en Skryfklasse vir huiswerkers (m.a.w. persone wat wel ‘n inkomste het)2. Hulpverlening aan werklose, soms daklose en honger vroue. Dit is hierdie program wat deur kerksondermure finansiëel ondersteun word.

Die volgende dienste word aan albei groepe vroue gebied:Maatskaplike dienste (drie maatskaplike werkers is betrokke).Godsdienstige begeleiding deur die leke predikant (David Nkobane).Registrasie van werkloses.Moontlike indiensplasing. Weeklikse kospakkies.•  Verouderde kos word weekliks van Pick en Pay gekry, •  en by geleentheid van Shoprite.  

VaardigheidsontwikkelingOnderrig in spesifieke sake bv. noodhulp, Vigs,veiligheid (deur Metro Polisie)Persoonlike nood word deur onderwyseresse aangespreek.Gesondheidskliniek deur ‘n gekwalifiseerde verpleegkundige

(Laurinda Bredeham) en soms deur ‘n mediese dokter (dr Ted Harley) Verder word ook spesiale kort kursusse aangebied soos lapverf, koekbak en koekversiering.

FondseVir al hierdie vertakkings is ‘n groot begroting nodig. Dié moet in sy geheel deur die onderwyseresse gevind word. •  kersondermure se bydrae tot die voeding van die werkloses is  goud werd en onontbeerlik.•  Pep Stores het ook  al donasies geskenk. •  ‘n Paar vrywilligers gee van tyd tot tyd onontbeerlike donasies  veral vir die voeding van die werkloses.•  Die onderwyseresse dra self die volle finansiële verant woordelikheid vir die onderrig aan die huisbediendes.

Die hoogtepunt van die jaar se bedrywighede is die modeparade en uitstalling van die werk van die jaar. Pryse word toegeken en sertifikate uitgedeel.

Hierdie klasse word op Donderdagmiddae by die NG Kerk Lyt-telton aangebied. Dit is sentraal geleë naby die stasie (vir werk-loses) en in ‘n woongebied waar daar nog heelwat huisbediendes werksaam is. Die onderwyseresse is almal Christene. Hulle toewyding is inspir-erend en verstommend. Ek kan net juig om saam met so ‘n span te werk. Vir my is dit ‘n droomspan.Aan Hom al die eer, Hy is goed vir ons. HALLELUJA.

Dit is nie altyd so maklik om die volle begroting te vind nie, daarom is ons so dankbaar teenoor kerksondermure en al ons donateurs vir hul onontbeerlike hulp. Dit is goud werd.Intussen het ons byna ‘n onbeperkte behoefte aan gebruikte klere (wat soms ook verkoop word vir fondse), laslappies, enige hu-ishoudelike artikels. Ons gebruik van “ ‘n speld tot ‘n olifant “ •

Projekorganiseerder:Hermien König. 012 664-3861, 082 367 0089/ [email protected]

> bl 10

Totdat ek eendag die hemel bereik (of eerder tref, met al mý vrae!), is daar egter eers ‘n lewe wat aan hiérdie kant van die “pearly gates” afgehandel moet word. En soms voel ek hier, as Christen, amper half…benadeel. Hoekom mag ek nie maar ‘n kragwoord uiter as my rekenaar vir die soveelste keer op een dag vries nie? Kan ek nie maar so ‘n bietjie kroek met my belastingopgawe nie (buitendien, met al die korrupsie in die staatsdiens word belastingbetalers se geld in elk geval oral behalwe op die regte plekke aangewend)? Dis ook regtig partymaal darem maar ‘n “schlep” om Sondae kerk toe te moet gaan. Wys my die Christen wat nog nooit gewens het hy kan maar ‘n bietjie laatslaap op ‘n Sondagoggend, of sy gebruiklike aanddiens vir ‘n koffiekuier verruil nie. Boonop verwag die wêreld die heeltyd dat ons ons geloof moet verdedig. “Jy sê jy’s ‘n Christen, maar kyk hoe tree jy op,” of “Die kerk het ook maar lekker deelgeneem aan apartheid, hoekom moet ek hulle vertrou?” of “Wetenskaplike navorsing het bewys 3 dae in ‘n walvis se maag is fisies onmoontlik,” of “Hoe kan ‘n liefdevolle God soveel lyding in die wêreld toelaat?” Veel erger nog as my eie pyne, ervaar Christene daagliks vervolging in sekere lande. Party word wreed gemartel. Dan beveel Jesus nog dat jy jou vyande moet liefhê… Ek raak sommer woedend as ek net dink aan hoe swaar hulle kry, hoe moeilik moet dit nie vir hulle wees om hul martelaars lief te hê nie?

Maar tog, as ek net ‘n bietjie verder dink as aan al die nadele van Christenwees, onthou ek…

Eerstens is dit ‘n geloof gebasseer op die Bybel en die Bybel bestaan uit verhale wat – wetenskaplik gesproke – werklik plaasgevind het. Wonderwerke ingesluit. Duisende geskrifte wat mekaar herhalend bevestig, is reeds gevind. ‘n Onmiskenbare goue draad van die bestaan van ‘n uiters heilige, oneindig liefdevolle en fenomenaal almagtige God loop deur die hele Bybel, vanaf die eerste woord tot die heel laaste – al is die verhale deur honderde verskillende mense op honderde verskillende plekke oor honderde jare geskryf. Ongetwyfeld sit hierdie geloof en die wetenskap om dieselfde vuur.

Tweedens gaan hierdie verhale oor ‘n God wat inisiatief geneem het in die lewe van sy eie skepsels, die mens. As gevolg van die mens se misbruik van vrye wil het daar ‘n breuk ontstaan tussen homself en sy heilige Skepper. Uit genade het die Skepper egter besluit om

Page 11: KSM Junie 2011

www.kerksondermure.org 10 ksm Junie 2011

betrokkenheid

Rigters 6:15 : “Die familie waaraan ek behoort, is die armste in die hele Manasse en van my pa se kinders het ek die minste aansien.”

Die twee Projekspanvergaderings later, en die opwinding hou net aan bou! Die belangstelling in die projek het nuwe hoogtes bereik. Saam met baie gebed en die hulp van die vry- willigers was daar tot dusver nog nethoogtepunte vir Huis Gideon.

‘n Woordjie van die Huisma...Maandag oggend. Ons het weer Huisspanvergadering, maar van-dag sprankel Sue! Twee van die dogters wat al deur die huis ge-help was, het die week tevore by Sue kom kuier. Hulle wou net by hulle “tannie” kom kuier en laat weet dat dit goed gaan.

Deur Sue se vertelling word dit al hoe meer duideliker dat die invloed wat die huis en veral Sue, op die dogters het, ‘n blywende verskil maak. Vrywilliger hulp...Daar is al reeds twee Projekspanvergaderings gehou. Dié verga-derings is waar die vrywilligers bymekaar kom om mekaar en die Huisspan te leer ken. Dit is ook waar die vrywilligers hulle insette kan lewer en hulp kan aanbied. Op hierdie vergaderings word al die behoeftes en benodighede van die huisouers en dogters bespreek. Enige iemand wat betrokke wil raak, kan kom insit. Die volgende Projekspanvergadering is gereël vir Maandag, 11 April 2011 om 18h00 te Muratistraat in Lyttelton.

Vir verdere inligting kontak gerus Ina Pienaar by [email protected].

Terugvoer...Ons het ‘n baie groot donasie aan die begin van die jaar ontvang – twee mense met harte van goud het al die dogters se kamers heeltemal ge-“revamp”! Hulle het elke kamer individueel oorge-doen. Van die gordyne, beddegoed tot die bedkassies is heeltemal nuut! Ons wil hulle graag hartlik bedank vir die donasie. Dit gaan definitief bydra tot die verskil wat die huis aan die lewens van die dogters maak.

Ons wil ook almal bedank vir hulle donasies, hulp en ondersteun-ing! Met julle hulp is die huis ‘n sukses!

Langtermyn behoeftes...•  Goedgekeurde aflosouers•  Goedgekeurde pleegouers•  Dat mense ‘n langtermyn  verhouding met die dogters bou en behou as hulle die huis verlaat•  Skenkings•  Die aanbou van ‘n privaat terapiekamer.•  Maandelikse donasies

Korttermyn behoeftes...•  Weeklikse tuindienste•  Onderhoud op die interkomstelsel•  Iemand wat die krag en water toevoer na die fontein gratis kan  koppel

Kontak ons...Vir verdere inligting kan julle ons besoek op KSM se webblad www.kerksondermure.org (onder die afdeling Persoonlike Hulp /Gideon@Centurion), of stuur vir ons ‘n e-pos na [email protected]

Huis Gideon

“Alle kinders het vlerke -ons leer hul hoe om te vlieg...”

self die verhouding te herstel. Nou hoef die mens bloot hierdie versoening aan te neem en sy eie te maak, dan is sy verhouding met die Skepper-God weer reg. Die mens hoef nie te probeer om reg te lewe, die God se guns te verdien of “punte” bymekaar te maak om die verhouding te herstel nie. “It’s there for the taking.”

Op skrif lyk dit sover vir my heel goed. In realiteit is die ervaring selfs beter.

As gevolg van die herstelde verhouding tussen my en God, het ek ‘n onwrikbaar betroubare Persoon om te aanbid, Een wat boonop alomteenwoordig is. My geloof is nie net ‘n mooi stel lewenswaardes wat ‘n wysgeer uitgedink het nie. As ek eensaam voel, kan ek met my God praat, asook as ek bly voel of énigiets anders voel. Hy hou selfs daarvan as ‘n mens vir Hom sing: vrolike liedjies wat sy lof bes-ing of stemmige liedjies waarmee ‘n mens Hom aanbid. Hy trek ook niemand voor nie, Hy is ewe lief vir elke liewe mens op aarde. En het hierdie Skepper-God nie ‘n sin vir humor nie! In die natuur sien ‘n mens dit oral: seekatte, eende se waggelloop en prentjies in die wolke. > bl 13

Page 12: KSM Junie 2011

ksm Junie 2011 11 www.kerksondermure.org

kinderkonferensie

Die jaarlikse kinderbedieningskonferensie het plaasgevind op Saterdag, 21 Mei 2011. Die tema van die konferensie was dieselfde

as ons jaartema: Jesus se hartklop. Kinderbedieningsleiers en gemeentelede wat die konferensie bygewoon het, se harte is stil en

nederig-dankbaar teenoor ons getroue Hemelse Vader wat ons verwagtinge duisende male oortref het! Jesus se hartklop kon ons

hartklop word!

Ds Bennie Mostert het die tema: TYD MET GOD volgens Luk 6:12 hanteer. Elkeen is ‘n bidder – elkeen kan intree vir die verlore

wêreld! Om te bid, vereis dat ons sal terugkeer na die Woord. Dit is dan juis in die Woord wat ons die karakter van God – sy

hartklop – leer ken. Die Heilige Gees is teenwoordig in Sy kinders se lewens. Die Gees bid vir ons met versugtinge wat woorde

nie kan sê nie. God rus ons toe as voorbidders met die Gees en Sy Woord.

Ds Cassie Carstens van Stellenbosch het die tema: TYD MET MEKAAR en TYD MET DIE WêRELD aangebied. Luk 6:13-19 het

die basis van sy aanbieding gevorm. Die heerlike wete: “Jy is gekies” het hard en duidelik tot elkeen gespreek. Jy is gekies om God

se kind te wees, jy is gekies om God se hartklop te hoor, jy is gekies om Jesus se bediening op aarde voort te sit, JY IS GEKIES! Die

tema “fatherlessness” wat aan die orde van ons dag is, is in diepte aangespreek en het harte onomkeerbaar verander! Net so die

roeping: “gaan dan uit en maak die nasies my dissipels”.

Die Jesus Se Hartklop-konferensie was ‘n dag in konferensiegangers se wandel met God waarin Jesus se hartklop onmiskenbaar

naby was. Wat ‘n voorreg vir ‘n kind van God om so naby aan Hom te wees! Mag Jesus se lewensritme: tyd met God, tyd met

mekaar, tyd met die wêreld ons inspireer tot tyd in gebed en afsondering, tyd met mede-gelowiges en tyd met die stukkende

wêreld!

JESUS SE HARTKLOP

KINDERBEDIENINGSKONFERENSIE

Dit was asof die gejaag van die afgelope paar weke

in oomblikke tot bedaring gekom het en ek het

stilte ervaar…

“Jy is gekies en het ‘n doel hier op aarde.”

“God het my gekies om ‘n jong mens se Ewigheidswaarde te beïnvloed”

Page 13: KSM Junie 2011

kinderkonferensie

www.kerksondermure.org 12 ksm Junie 2011

“Die Jesus se hartklop konferensie 2011 was 'n ongelooflike geesvervullende en motiverende sessie. Ds Bennie se boodskap v my was... Ken die Woord en Ds Cassie het my weer laat besef watter impak kleingroepie leiers maak op Sy kindertjies. Dankie v konferensie-was ongelooflik v my.”

“As ons soms wonder of God na ons gebede luister moet ons onthou:God weet reeds aan die begin wat die einde is,en al wag ons soms vir jare vir 'n antwoord op ons gebede moet ons net bly glo!”

“Hartklop konferensie was n geeste-like hoogtepunt die jaar! Ds Bennie het ons besiel om die Woord van God te bid totdat ons die krag van God in ons lewens en die lewens van die kinders vir wie ons bid, sien! Ds Cassie het ons herinner dat ons gestuurdes is op God se missie in die wêreld en dat ons dit moet uitleef! Nogmaals dankie!”

“Na die konferensie was ek uit my diepte en het besef ek gee nog nie my alles nie. Here help my in die proses…..”

Geagte gemeente. In die eerste plek wil ek die kerk bedank vir die konferensie. Persoonlik het ek baie geleer by Ds Bennie. Ons kinders is honger vir WOORD en minder intertainment. Gaan dit definitief toepas.

“Bennie Mostert en Cassie Carstens het my diep laat dink, lank na die konferensie verby was. Wat ‘n groot en wonderlike plig het ons as Kleingroep- leiers om kinders te help om die sendingveld aan te pak! Pappas het ook ‘n groot taak om kinders te leer van hul Hemelse Pappa. Was ‘n belewenis. “

Het konferensie baie insiggewend

gevind, baie geleer.

Wat ‘n besonderse oggend; spreker

s wat jou

ongemaklik laat voel en weer laat besef

waar

oor dit nou eintlik gaan.

Die konferensie was 'n won-derlike belewenis! ‘I am cho-sen’ was so goed om te hoor. Ek is gekies om spesiale werk vir God te doen en Hy het my gekies om dit te doen. God is groter as enige iets en Hy is in beheer. Hy sien die groter prentjie en gee daarom soos Hy weet wat ons nodig het en nie wat ons altyd vra nie. My verhouding met Jesus is wat vir Hom belangrik is. Amen

“Dat ons van nou af dringende aandag gee aan die gesin as gesin in God se koninkryk”

Dit was pitkos vir my siel

Die Lofprysing was ongelooflik! Ek kon die Here se teenwoordigheid die hele tyd voel. Wat het ek geleer? Gaan terug na die Woord en maak dit deel van jou lewe. Dis so kosbaar om met die Here te kan praat.

Mag Sy teenwoordigheid uit die nabetragting van die konferensie, strome

van lewende water laat vloei uit elkeen van ons. Sodat ons daardeur selfloos

word, liefdes vingerafdrukke laat en so die buitewêreld aan die brandsteek vir

Jesus en Sy Kerk.

Dat ons radikaal anders moet dink, soos Jesus, sodat ons Jesus se hart sal hê vir mense, maar nie sonder ‘n innige verhouding met God deur gebed nie

“Die sessie van Ds Bennie Mostert was vir my baie waardevol om die redes.  Gaan terug na die Woord, wat staan daar vir ons en maak dit deel van jou lewe.  Net die Woord, nie allerhande ander dinge nie.  Die waarde van gebed, hoe kosbaar dit is om met die Here te kan praat.  Vir elkeen werk iets anders en dit is reg so, maar hou dit volgens die Woord.

Ek het ook met Ds Mostert se sessie ervaar dat Godsdiens en Geloof is tog ernstig en mens moet versigtig wees om dit nie te vergeet en dit te algemeen te maak.  Dit het my laat dink aan die tyd in die kleingroepe en hoe waardevol en kosbaar dit is.  En dat ons daardie tyd van interaksie sinvol moet gebruik.  Belangrik: grootte van groepe om werklik by die kids uit te kom, inhoud van aktiwiteit om duidelik leswaarde saam te vat, nie net die aktiwiteit probeer klaarkry maar eerder met die kids gesprekke voer.”

Die diepte van jou verhouding met God bepaal hoeveel tyd jy met Hom sal spandeer, nie die horlosie nie. Ook, bid met die grootste vrymoedigheid, maar laat God toe om te antwoord. Bid uit die woord. ds Cassie: dit gaan nie oor MY LIFE met God's Kingdom daarin nie. Dit gaan oor GODS KINGDOM met my life as deel daarvan. KINGDOM FIRST.

Page 14: KSM Junie 2011

ksm Junie 2011 13 www.kerksondermure.org

kindersondermure

Vakansieprogram

Tiesie de Coning

kinderssondermure het vanaf 28 tot 31 Maart ‘n Jesus se Hart-klop vakansieprogram vir Graad 1-7 kinders aangebied. Dit was ‘n week vol opwinding, pret, lekker sing, speel en lag waarin die subtemas: my hart, God se hart, ‘n hart vir die wêreld hanteer is.

Daar was oorgenoeg kuiergaste met inspirerende boodskappe wat menige kind se hart diep aangeraak het. Tannie Daleen, praktyk-bestuurder van Midstream Mediese Sentrum, het ons kom leer hoe om gesond te eet en gesond te leef. Sy het ‘n mandjie vol gesonde versnaperinge saamgebring, sodat kinders eerstehands kon beleef wat die aanbevole eetgoed vir ‘n gesonde liggaam wat ‘n gesonde gees huisves, is. Die mandjie is ten aanskoue van glinsterende kinderogies aan tannie Rita van Netwerk vir Lewe oorhandig om aan ‘n behoeftige gesin geskenk te word.

Die tema om jou hart soos goud op te pas, het voortgeduur tot die einde van die week toe suster Arina en suster Lizel gewapen met sakke vol hospitaalpakkies kom kuier het. Elke kind het ‘n hospi-taalkappie, -mondskerm, -handskoene, ‘n inspuiting en natuurlik ‘n paar “pilletjies” ontvang. Kinders kon op die groot skerm sien en hoor hoe hul harte klop waarna elke kind deur middel van ‘n stetoskoop kon luister na sy/haar hart - ‘n altyd-onthou-ervaring met praktiese lewensvaardighede soos hande was op “happy birthday”!

Mnr Raath, skoolhoof van Hennopspark, het ons kom leer hoe ons harte vir die wêreld moet klop, toe hy die kinders op ‘n reis deur die dagboek van ‘n skool hoof geneem het. ‘n Handjie het onseker opgegaan om die groot vraag te vra: “Wat maak meneer heeltyd in die kantoor?” Mnr Raath se antwoord het sonder twyfel gesorg dat kinders op hierdie dag ‘n

besluit geneem het om getroue voorbidders vir skole, skoolhoofde en onderwysers te word. Mag ons kinders altyd ‘n hart vir skool-hoofde en onder-wysers hê!

Die kinderssondermure span is behoorlik ingespan: tannie Alice het elke oggend die kinders met ‘n wye glimlag verwelkom en die registrasies hanteer. Tannie Charléne en tannie Tiesie het in elke minuut van Bybelstudie, “Despicable Me met pop corn”, roomysstokkieboekmerke, velt hartjies en “rave burgers” gedeel. Oom Colin het ons Bybelstudies gelei en gesorg vir vars, nuwe insigte in die kinders se lewens. Hy het die temas: God se hart en ‘n hart vir die wêreld op so ‘n wyse hanteer dat elke kind dit kon verstaan. Oom Hugo het ‘n sessie oor gebed aangebied met die klem op hoe om jou hart op ‘n kreatiewe wyse tot God te rig. Jy sal op geen ander plek as tydens ‘n vakansieprogram mense met sulke name en vanne leer ken nie: Wat Enige Plek, Wanneer Enige Tyd en Hoe So! Dankie, oom Hugo, dat ons kon lag dat die trane loop, maar dat ons soveel momente met ewigheidswaarde saam met jou kon beleef!

Eindelik was dit tyd om die enjinkamer te beman en kinders het deur 7 lewensveranderende stasies van die “boiler room” oftewel die gebedskamer beweeg. Dit raak ‘n mens diep wanneer jy toekyk hoedat kinders met soveel erns en oorgawe met God praat. Kinders wat bid, kan sowaar ‘n wêreld verander! Die Jesus se Hartklop- vakansieprogram het groot en klein se harte warm laat klop. Mag elkeen wat hiervan deel was, dit saam met God uitwaag en ‘n waardige Koninkryksbouer wees! •

HartklopJesus se

As ‘n mens aan sy “reëls” dink…bv. dies wat diefstal, egbreuk en moord verbied wat soveel pyn en hartseer veroorsaak, maak sin. En is liefde vir jou vyand nie broodnodig in vandag se wêreld nie? Dit maak dat ek nie kragwoorde wil gebruik nie en ook nie skelm wil wees met my belasting nie, want dit pas nie in by my verhouding met my liefdevolle God nie. Foute, soos die kerk se hantering van apart-heid, gaan ongelukkig gebeur solank ons mense is; Christene is als behalwe volmaak, maar ons strewe wel daarna. Oor God en lyding het ek al geskryf, maar dit kan in elk geval nie in ‘n paar sinnetjies hanteer word nie. In kort wil ek net noem dat God wel altyd lyding ten goede laat meewerk vir die mens.

Nou wil ek sommer ‘n “bumper sticker” gaan maak wat sê: “The life benefits of Christians are out of this world!” •

Page 15: KSM Junie 2011

www.kerksondermure.org 14 ksm Junie 2011

kindersondermure

Gebedspan Op Hul Knieë Vir KindersRetha de Waal

Gebed. Wat ‘n wonderlike voorreg om op hierdie manier by kinderssondermure-kinderbediening betrokke te kan wees! Kinders was nog altyd op my hart en kinderbediening is so ‘n kosbare geleentheid om die evangelie te kan deel met die mees ontvanklike hartjies. Ek is vanaf 1997 betrokke by die kinders van kerksondermure. Deur die jare het ek ervaar watter verskil gebed in die bediening maak. In die dae toe ons nog Sondagskool gehad het, het ‘n paar van ons op Sondae saam gebid vir die uitbreiding van hierdie bediening, vir groei en vir wyses waarop ons kinders op ‘n effektiewer wyse kon bereik. Ons kan vandag terugstaan en uit ons hart: “Halleluja!” sê as ons God se seën op kerkson-dermure se kinderbediening ervaar: lokale wat tot kinders se beskikking gestel is, kurrikulums wat geskryf is, koöridineerders, kleingroepleiers wat hul tyd en energie kom inploeg het. Ons kan voorwaar juig: “For great is the LORD and most worthy of praise” 1 Chronicles 16:25 (New International Version, ©2011).

Tydens die 10:00 kinder-eredienste is ons tans drie voorbidders wat intree vir die groep kleingroepleiers van om en by 100 en ‘n groot klompie borrelende kindertjies! Omtrent ‘n halfuur voor die aanvang van die kinder-eredienste kom ons bymekaar en gaan saam deur al die kinderbedieningspunte om gebedsversoeke in te samel. Wanneer die kindereredienste dan afskop, bid ons saam vir die versoeke, daarna “prayer walk” ons rondom al die bedieningslokale, in en uit by al die punte om verder vir elke bediening in te tree. Ons luister na die stem van die Heilige Gees en bid vir mense en sake wat Hy op ons harte lê. Nodeloos om te sê: daar is nooit ‘n tekort aan sake om voor in te tree nie: die aanbieders, die boodskap, die bediening van kleingroepleiers, dat kinders werklik die boodskap sal hoor en sal begryp en hul eie sal maak, die bestuurspan, die ontwikkeling van die kurrikulums, die programme wat aangebied word, vir die wat siek is en die wat hartseer is. Ons sê ook dankie vir beantwoorde gebede - daar is elke week soveel dinge om voor die Here se voete te plaas en in afwagting te wag op God se antwoord.

Ek deel graag ‘n aanhaling uit Jow Dawson se boek: “Intersessie- Opwindend en Vervullend: Waar om te begin en hoe om aan te hou?”:

“As jy wonder hoe om te begin met die avontuur van intersessie, is dit goed so. Jy het die eerste stap geneem. Jy begin met die begeerte om ‘n intersessor te wees. Die volgende stap is om te besluit om ‘n intersessor te wees. Dan moet jy jou lewe dis-siplineer sodat jy ‘n intersessor kan word. Moenie bang wees omdat jy geen ervaring het nie. Net soos wat ‘n hardloper leer hardloop deur te hardloop, leer jy bid deur te bid.

Gaan, net soos jy is, na die Here Jesus toe en bied jou gebedslewe vir Hom aan soos wat die klein seuntjie sy brood en vissies aange-bied het. Die seuntjie het geglo dat die Here Jesus iets wonderliks daarmee sou doen, anders sou hy dit nooit weggegee het nie. Dit was ‘n daad van oorgawe tot en beskikbaarstelling aan Jesus. Dit was ook ‘n merkwaardige geloofsdaad. Die Vader het toe deur ‘n wonderwerk die vyf klein broodjies en twee klein vissies vermeerder. Dit was ‘n reaksie op Jesus se gehoorsaamheid en geloof. ‘n Honger skare is so gevoed. (Johannes 6:9-12).

Die Heilige Gees sal op dieselfde wyse in en deur ons werk. Hy sal op bonatuurlike wyse ons effektiwiteit in intersessie ver-meerder as ons aanhou om ons lewens aan Hom oor te gee en as ons berou het oor ons sonde en onsself onderwerp aan Sy beheer en leiding.”

Ek wil jou graag uitnooi om saam met ons deel van hierdie ongelooflike vervullende en verrykende bediening te word. Daar kan nooit genoeg intersessors wees nie!

(kinderssondermure sê BAIE DANKIE aan tannie Retha, oom Pieter, tannie Rosa, tannie Arina en tannie Louise. Dankie dat julle vir ons bid! Vir meer inligting of om aan te meld om die Here se werk in kinderlewens af te bid, kontak vir Retha de Waal by 083 412 6920 of [email protected].) •

Page 16: KSM Junie 2011

ksm Junie 2011 15 www.kerksondermure.org

Opskrif xxxxxxxxxx

GebedJy kan nie struikel as jy op jou knieë is nie

- Charles H. Spurgeon

Page 17: KSM Junie 2011

www.kerksondermure.org 16 ksm Junie 2011

ksm kindersondermure uitreikCharlene Franken

Gedurende April is ‘n aantal kleuterskole besoek met die Paas-boodskap. Mnr Paas de Haas het sowaar die wêreld deurkruis op soek na die waarheid. Hy het immers vir jare geglo dat Paasfees oor paashase en paaseiers gaan! Maar einde ten laaste het hy tot ‘n ander insig gekom: die heilige waarheid! Paasfees gaan oor Jesus! Jesus wat aan die kruis gesterf het, omdat God mense-kinders so oneindig lief het. Jesus se lydensweg en sy kruisiging is deur middel van visuele hulpmiddels met kinders gedeel. En aan die einde om die leë graf te verduidelik is daar tot groot vermaak van die kinders ‘n eier oopgebreek. Maar… die eier is dan dol-leeg! Natuurlik, die graf is leeg. Jesus is nie meer daar nie – Hy het opgestaan en Hy leef! Hy leef in ons harte en in ons lewens. Kinders het hierdie wonderlike waarheid gevier met die lied: As jy lief is vir die Here! Mag ons Jesus se opstanding die heeljaar bly vier deurdat ons lewens hierdie boodskap met die wêreld deel!

Op Sondag, 1 Mei, het ons die voorreg gehad om ‘n kinder-eredi-ens tydens die Toyota Jamboree 4x4-naweek te Rus Te Winter aan te bied. Winter was dit wel – die aarde was deurnat, maar van rus was daar nie sprake nie! Veral nie wanneer die Bar One-man uit die Sjokolade-Brigade reeks sy opwagting maak nie! “25 hours a day” is dié man se motto! Dit spreek mos nou van ‘n kind van Jesus wat met oorgawe leef! Wanneer ‘n mens so leef, sing jou hart saam met Fil 4:4 “Wees altyd bly in die Here!” Dit is amper soos om voet in die hoek te sit en die lewe met al sy uitdagings in die oë te kyk! Fil 4:5 sê die Here is naby. Ons het stilgeword en weer aan Paastyd gedink… God het Sy enigste Seun gegee om aan ‘n kruis te sterf. Na die derde dag het Hy opgestaan en Hy lewe! Hy lewe in my hart – die Here is naby! Vir hierdie gedeelte het ons in “low range” gery… baie stadig om Hom diep in ons

harte te ervaar! Fil 4:6 is ‘n uitdaging as jy agter die stuur van ‘n 4x4 sit. Maak in alles jou begeertes deur smeking en gebed en met danksegging aan jou Vader bekend. In kindertaal klink dié vers so: “Don’t worry. Be happy.” Dis hoe ons voel nadat ons ons bekommernisse vir Jesus gegee het!

Op Sondag, 08 Mei het 4 tieners met groot opgewondenheid saam met kindersondermure uitgereik na Mooiplaas. 45 Vriende-like gesiggies het ons begroet en ons het die voorreg gehad om hierdie kinders deur Woord, rollespel en kospakkies te bedien. Hierdie kindertjies, ouderdom wissel van doekdra tot 13/14 is so toeganklik om te leer van ons Vader-hart, daarom het ons ‘n boodskap van gebed met hulle gedeel. Die teksvers vir die oggend was Jeremia 33:3 “Call me, and I wil answer you!” Die tieners het as ware akteurs opgetree om te wys dat God nie slaap as jy met Hom wil praat nie en dat Hy altyd beskikbaar is; dat God waarlik bestaan en in ons lewens moet sigbaar wees. Die jong manne het ook (self) vir elke kind ‘n kospakkie gepak en uitgedeel. My gebed vir die oggend was dat ons iets sal beleef om Jesus se hande en voete te wees, en ja, ek kan van meer getuig; dat ons Jesus se liefde vir kinders kon ervaar deur diensbaar te wees.

kindersondermure

Page 18: KSM Junie 2011

ksm Junie 2011 17 www.kerksondermure.org

kindersondermure

Kitskos-KêrelsTiesie de Coning

“Die KitsKos-Kêrels: gebed is nie ’n kitskos-resep nie” is ons nuwe, opwind-ende kurrikulum vir kinder-eredienste in die tweede kwartaal met vingerleklekker boodskappe vir kinders vanaf 3 jaar tot Gr 6. Dit bied gebed met ’n verskeidenheid sub-temas op ‘n prettige wyse aan, sodat kinders die waarde van gebed spelender-wys en op ’n eenvoudige en verstaanbare wyse kan ontdek.

Op 15 Mei ontmoet ons kinders vir Wimp-ie van die Wimpy en ons bou ’n sappige Wimpy burger. Hierna bou ons ’n sterk-maak-bidburger met baie lae W-vrae: wat is gebed (die broodjies bo en onder), waar kan ons bid (die sappige vleisie), waarom moet ons bid (die skyfie kaas), wie is God (die rooi tamatieskyfie) en wanneer moet ons bid (’n stukkie slaaiblaar)? Kinders kry antwoorde op hierdie vrae asook praktiese voorstelle vir hul gebedsverhouding met Jesus.

Op Sondag, 22 Mei, verskyn Mac van Mac-Donalds op die toneel. Arme Mac se maag staan tot doer ver! Alles te wyte aan Mac se hartklop wat so klink: doef-doef, bur-ger, slap-“chips”, roomys! Mac dink “every day is a MacDonalds day”, maar ons vind baie gou uit dat Jesus se hartklop anders klink. Jesus se hartklop is: tyd vir gebed, tyd vir mekaar, tyd vir ander (die wêreld). Met so ’n hartklop sou ’n mens kon sê: “make every day a prayer day”. Kolonel Sipho Masimang Sanders uit Afrika is ons kuiergas op Sondag, 29 Mei. Hy staan in vir Kolonel Harland Sanders, die uitvinder van KFC se geheime resep. Kolonel Sipho Masimang Sanders deel die geheime resep van KFC in so ’n mate dat ons veel eerder in die Bybel gaan soek vir Jesus se geheime resep. En sowaar! In Matt 6:9-13 is ’n resep wat gebed “finger lickin’ good” maak: die Onse Vader. Kinders word reël vir reël deur hierdie kan-nie-flop gebedsresep geneem.

Die kinder-eredienste op Sondag, 5 Junie, ontvou in 3 dele: tydens die eerste deel

word ’n onderhoud met die drie bog-enoemde kitskos-kêrels gevoer. Tydens hierdie onderhoud word die kernged-agte en onthou-vers van elke les weer vasgelê in kinders se harte. Die tweede deel is wanneer kinders die enjinkamer betree: die “Boiler Room” of gebed-skamer met 7 stasies. Hierna sluit pappa en mamma by die kinder-erediens aan en kinders kry die geleentheid om aan ’n gebedsuitreik deel te neem: hulle reik in gebed na hul ouers uit.

Ons gebed is dat hierdie kurrikulum kinders nie net sal aanspoor en inspireer tot ’n kragtige gebedslewe nie, maar dat dit ook elke volwasse kinderbedi-eningsleier en ouers wat na kinders se ervaring luister, se lewens sal verander. Mag Lord Tennyson se wyse woorde ook in ons gemeente waar word: “Meer dinge word deur gebed vermag as waarvan hierdie wêreld kan droom.” •

kurr

ikul

um

Page 19: KSM Junie 2011

fokus areas - kidz

www.kerksondermure.org 18 ksm Junie 2011

dissipelskap

gebed

mobilisasie

verhoudingsstories

Page 20: KSM Junie 2011

Opskrif xxxxxxxxxx

ksm Junie 2011 19 www.kerksondermure.org

Stories

Voeg die woord by die daad en die daad by die woord.

- Anoniem

Page 21: KSM Junie 2011

www.kerksondermure.org 20 ksm Junie 2011

stories

Tannie T’groen* En Die Ou Sattang

Oë-toeknyp in koue water in – en dan verras wees met die warmte daarvan. Baie later vind mens altyd die storie. Die mooi storie van die warmte.

Hierdie een is van die jong rugbyspeler Kurt wat skouspelagtig aan’t opgang maak is, een slegte middagsessie op die oefenveld erg deurloop onder die kwasterige afrigter se skerp tong en wonder of dit die einde van sy loopbaan beteken. Spanmaat Henry nooi hom en sy vrou na ’n bondelkuier die aand en dís wat Kurt ervaar:

“Sommer met die instap verloor Kurt die mislike gevoel oor die middag se oefensessie. Daar’s toe ’n hele klomp mense – meestal uit die rugbybroederskap – en hy en Lisa spoel op hulle gemak tussen die groepies jong pare oral in die hoekies en gangetjies van die klein meenthuis deur. Hierdie ouens ken die spel ... hulle weet van die hoogtes en die dieptes en die drome ... hulle het ook min of meer almal al deurgeloop onder Wilsenach se irritasies.

“’n Oomblik van waarheid, skielik. Hierdie manne is elkeen so akuut bewus van Wilsenach se dunk van hul spel. Wilsenach wéét. Wilsenach verwag. Wilsenach wonder of ... . Elke lid van hierdie groep briljante sportmanne is op pad met die fakkel teen die steil bergpaadjie uit. Elkeen moet verskillend hanteer word. Kurt het skielik ’n onthou-prentjie van die stywe Hollandse orrelis in sy tuisdorp wat in ’n warrelwind van hande en voete en elmboë die massiewe ou pyporrel laat brul en blaas en piep en gil het tot ver-maak van die koshuiskinders. Die breier was besig om die span te speel soos ’n orrel – ’n meester aan die werk.“Kurt het onwillekeurig sy skouers opgehaal, gesluk. Die hande – en die voete – was nou op hom.“Daar was nie tyd om verder te spekuleer nie. Brenda was besig om almal in die sit-eet-kamertjie in te keer, die res van die huis is gestroop van stoele en van die jongmanne het sommer voor hulle vroutjies op die grond gaan sit. Daar was nou duidelik een of ander groepsbespreking aan’t kom en Kurt het gespring om nog twee stoele langs mekaar vir hom en Lisa te kry. Hulle het per gewoonte hande gehou en hy was geamuseerd om te sien dat die meerderheid pare dit ook doen. Pas getroud. Nog nie kinders nie.

“Dit was nogal ’n klein verrassing toe Harry rustig ’n Bybel optel en verskeie gemerkde dele daaruit begin lees. Die ander was duidelik gewoond aan die proses en het ingespring en saamgesels. Dit was asof hy sommige gesigte helderder sien, stemme duideliker hoor, die lewe in Lisa se handpalms voel klop. Hy het onwillekeurig opgekyk na die plafon. Was daar ’n ritseling, ’n geruis van groot vlerke?

“Maar die ander was diep in die gesprek ingedompel met lag en skerts en verstommende oomblikke van waarheid waar hulle net in mekaar se oë gekyk het en in verwondering hulle koppe geskud het. Kurt het die laaste van die dag se spanning uit sy liggaam voel wegsyfer en stilweg besef dat hy tuisgekom het. Toe hy Lisa se hand druk, was die vreugde in haar oë iets om altyd te onthou.” •

Nou die aand by ’n selkuier sit ek en luister na Corrie* wat vertel van ’n moeilike stuk lewe waarmee hy nou besig is. Interessant dat ’n mens daar waar mense na mekaar se verhale luister en soveel troos en moed-skep kry – die luisteraars én die verteller self ook.En dít laat my toe weer dink aan die keer toe ou mevrou t’Groen die satan so ferm op loop gejaag het.

Die jong predikantjie het in die konsistorie sit en skrywe aan ’n ietsie vir die gemeente se maandblad. Natuurlik laat en haastig en om goeie rede dáár – waar onderbrekings by die goeie, sagte Esther in die kerkkantoor moes verbykom. Soos wyle Rosini, die groot komponis, moes hy handgeskrewe papier produseer om stuk vir stuk na Esther gedraf te word vir haar vinnige tikvingers. (Daar was mos nog nie kantoorrekenaars nie.) Met die domi-neetjie was dit soos met Rosini – die opdrag was om, as daar nie manuskrip was om uit die solder af te gooi vir die drukkers nie, die ou by die deur hóm moes afgooi. En die koster was fris.

Maar, vertel die domineetjie, toe hoor hy daar weerklink sommer van ver af moeilikheid wat Esther en die koster nie sou > kon keer nie. Dis tannie t’Groen op pad met haar maandelikse treurmare oor die oom wat sy loon lendelam drink vóór dit by haar kan uitkom. Geen reaksie op die predikant se groet nie – sy val in ’n stoel, klap die skryfbladjie in posisie en gooi haarself op haar voorarms neer om met nuwe energie te huil. Luidkeels en met ’n merkwaardige tranevloed.En die predikant loer dan en wan hoe ver die huil is en skrywe verbete verder, wuif net sy pen vir die koster as dié by die deur

inloer.

Mettertyd plat die huil ietwat af. Hy besluit dis tyd om die gesprek aan die gang te kry.“Tannie t’Groen?” Die desibels styg en die dominee skryf dat die rook draai.“Tannie t’Groen ... ?”By die derde probeerslag bou hy taamlik klem op die vraagteken in. Dit werk. Sy loer vir hom en laat die volume effens sak om te hoor wat hy wil vra.“Sê vir my, tannie t’Groen, is die ou duiwel weer sterk hierdie maand?”“Ja, Dominee, baie sterk!”

Die herinnering aan haar teëspoed trek die sluise van voor af oop en die dominee se pen tel weer indrukwekkend spoed op. Die koster trippel onsigbaar verby om die blad te kom oppik as die leraar sy draai onderaan maak en nuwe papier begin vul. Die huil is nou sagter, toegankliker.“Tannie sê die duiwel is weer sterk daar by die huis?”Sy knik net woes met haar kop nog plat op die skryfblad en vee die nattigheid sommer aan haar voorarms af.“Nou sê Tannie vir my die duiwel is sterker as ons Here Jesus?”Sy ruk orent asof ’n perdeby haar geraps het, slaan die skryf- bladjie af en kom verontwaardig orent. “Nooit nie, Dominee. Ons Heretjie is BAAAIE sterker as die ou sattang.”

Toe kyk ek na Corrie en die ander sellede. Hulle dra mekaar kinderlik – in die onoorwinlike sterk arms van hul Heiland. •

Hannes Gildenhuys

Ons Mansmense En Daardie ‘Induik’ Hannes Gildenhuys

Page 22: KSM Junie 2011

pretblad

ksm Junie 2011 21 www.kerksondermure.org

Handig jou antwoord voor 23 Junie 2011 by die kerkkantoor in...

Naam:Kontak nommer:

Verbind dienommers

meester

Dan

ie C

ronj

e

Pret is waarskynlik die beste gewoonte wat daar is - Anoniem

Page 23: KSM Junie 2011

Opskrif xxxxxxxxxx

www.kerksondermure.org 22 ksm Junie 2011

Verhoudings‘n Mens is ‘n mens deur ander mense

- Afrika-spreuk

Page 24: KSM Junie 2011

advertensies

ksm Junie 2011 23 www.kerksondermure.org

COQUIS SE GROOT SOMERPROMOSIE 1cVIR DIE MAAND FEBRUARIE 1-28.

U kies 2 verwante artikels van u keuse ongeag die grootte en betaal slegs vir die duurder een volprys en die tweede

artikel kry u vir slegs

1c

Beskikbaar by Coquis Mansuitrusters

Centurion Mall Tel: (012) 663 8077 “gang 5 & 6”

The House of Coqui Tel: 012 348 2464 “Glenn Fair Sentrum, Lynnwoodweg”

PROMOSIE TEEN KLEINHANDELSPRYSE, PRINGLE UITGESLUIT EN T&V GELD.

“Pa en seun / twee vriende / bruidegom & strooijonker koop saam

bv. 2 pakke, 2 baadjies, 2 broeke,2 hemde, ens”

27/1/2011

Handeldrywend as Coquis Mansuitrusters

Handeldrywend as Coquis Mansuitrusters

Beskikbaar by Coquis MansuitrustersCenturion Mal l 012 663 8077

House of Coquis Glenfair Inkopiesentrum 012 348 2658

All sizes available as per

sample Black Jacket and

black pin stripe trousers

Handeldrywend as Coquis Mansuitrusters

012 663 8077

Bederf vader met vadersdag by Coquis Mansuitrusters met ons groot verskeidenheid top handelsmerke.

Kies uit ons nuwe wintersreekse van Polo, Scorzia en Pringle ens.Laat hom voel soos ‘n koning in sy huis.

Kom gesels met Christian Coqui en sy top verkoopspan in die Centurion Winkelsentrum, gang 5 & 6, vir die beste raad oor hoe

om pa aan te trek en te bederf.

V A D E R S D A G V A D E R S D A G POLO sco ia

ITALY

P I N S T R I P E P I N S T R I P E

’N SOUTPANSBERG ERVARING SAAM MET MAZANE EXPEDITIONSMazane Expeditions saam met die NG Gemeente Levubu bied ’n baie besondere natuur ervaring vir natuurliefhebbers wat ’n besondere wegbreek geleentheid soek. Die Oostelike Soutpansberg is deel van die Soutpansberg bewaringsgebied wat by die VN as natuurerfenisgebied geregistreer is. Dit is die gebied met die hoogste plantdiversiteit in Suid Afrika. Die Limpopodepressie het veroorsaak dat die Soutpansberg Oos-Wes oor die land lê met hoogtes waarin tropiese bosse voorkom en bergriwwe en klowe wat Noord Suid lê. In een dag kan mens deur tot ses verskillende plantgebeide be-weeg. Mazane Expeditions maak hierdie geslote deel van die land nou vir mense toeganklik. In een naweek kan u deur die mooiste dele van die Soutpansberg beweeg. Hierdie geleentheid is beskikbaar vir die naweek van 6 – 9 Augustus 2011. Die naweek word so aangbied dat u maklik met die langnaweek heen en weer kan ry.

U arriveer Saterdag deur die dag tot en met die aand. Die eerste dag roete besoek u die Nzelele vallei, ry oor Mam-baspas en besoek die Tate Vondo bosse waar u die enigste inheemse meer Fundudzi, die Heilige Woud, verskeie watervalle, kuile en die Makumbani dam met uitsigte oor

al die valleie besoek. Die tweede dag roete besoek u die Entabeni staatsbos met die hoogste bome in Suid Afrika, die Amerikaanse Rooihoute, uitsigte oor die Levubu – en Middelletaba valleie, met ’n rit oor Botha’s pas en ’n besoek aan die Tshivase teeplantasie.

U word gehuisves by die privaat kampplek van Mazane Expeditions onder Hanglip, met ’n uitsig oor die Suidelike bosveld. Daar is goeie ablusie geriewe word en ’n kroeg-kuierplek. U moet as kampeerders kom met eie kamp-toerusting. U moet ook eie vervoer hê. Die professionele natuurgidse van s Mazane Expeditions al u vergesel en elke motor sal met radio’s voorsien word om u die hele tyd met inligting te kan bedien. 4x4 voertuie is nodig.

Mazane Expeditions voorsien twee ontbyt-etes. Alle ander etes is selfvoorsienend.

Hierdie is ’n spesiale aanbod. Die naweek kos R2400.00 per voertuig wat as twee persone gereken word. 50% deposito is betaalbaar op 17 Junie.

Vir navrae skakel Lani by 082 741 7218.

Page 25: KSM Junie 2011

www.kerksondermure.org 24 ksm Junie 2011

advertensies

GebedVerhoudings StoriesMobilisasie Dissipelskap

Huis & Kantoor: Verbeterings & Aanbouings

Loodgieterwerk Waterdigting “Dry-walling” Verfwerk Plaveisel Teëlwerk Staalwerk

Skakel: Gerhard:082 932 0426

012 653 0120 (na ure)e-pos: [email protected]

Page 26: KSM Junie 2011

ksm Junie 2011 25 www.kerksondermure.org

advertensies

Dissipelskap

PURIFY

INDULGE

NOURISH

SEAH HAIRSPA Beyond hair care, discover hair beauty

A sanctuary awaits you. SEAH HAIRSPA is the first hair care programme that gives hair the extraordinary feeling

of a Spa Therapy: balance and full of irresistible vibrancy.

Only available in the finest salons

The Highlands Shopping Centre, cnr Rabie & clover St

Tel. 012 664 8640/012 664 2441

BUILDPRO

Beplan u ‘n nuwewoning,

onderhoudof

‘n aanbouing?

Skakel BUILDPRO virplanne, bouwerk,

teëls,plaveisel, verf ens.

Niks te groot of te klein nie!

NHBRC geregistreermet 20 jaar se ondervinding.

012 654 2131 082 418 2878

Carel van Aswegenplan

ne

bouw

erk

teëls

plaveisel

verf

Sukses is ‘n reis,nie ‘n bestemming nie.

- Ben Seetland

Page 27: KSM Junie 2011

www.kerksondermure.org 26 ksm Junie 2011

advertensies

PoolsCheetahTel: 012 664 7909 - Fax 012 664 7918e-mail: [email protected]

Cell Theuns 082 468 9128 Kenhardt 083 305 3804

20 DF Malan Ave Lyttleton* Renovating of existing Pool & Spa’s * Electrical & Solar Heating * Salt

Chlorinaters * Ponds * Re-marbalite * * Swimming Pool Products and Equipment * Covers & Blankets * Pump &

Filter Systems * Total Revamps * Leaks * New Pools * Members of Centurion Business Chambers

Page 28: KSM Junie 2011