9
Uitgawe 11 : 11 DESEMBER 2020 belangrike inligting Datums Bl. 3

belangrike inligting

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Uitgawe 11 : 11 DESEMBER 2020

belangrike inligting Datums Bl. 3

BLAD

SY 2

Uit die kantoor Die skool beplan dat al die grade op 27 Januarie 2021 terugkeer skool toe. Hierdie besluit is

egter onderhewig aan besluite wat deur die President of Minister van Basiese Onderwys in

die nabye toekoms geneem kan word. Hierdie besluit kan gebaseer word op die impak van

Covid-19 op die land en skole. Die skool sal u inlig indien bogenoemde besluit hersien moet

word.

2020 was ‘n jaar met reuse uitdagings en een wat baie opofferings geverg het. Hierdie was

‘n jaar met baie onsekerheid en waarin baie grense getoets is, maar ook een waarin

onderwysers en leerders verantwoordelikheid geneem het van hul eie omstandighede.

Ek wil graag Oranje se beheerliggaam, dogters, onderwyspersoneel, administratiewe

personeel, koshuispersoneel en terreinwerkers bedank vir hul harde werk en

deursettingsvermoë die afgelope jaar.

Baie dankie aan elke ouer vir u ondersteuning, asook u finansiële bydrae dié jaar.

Elke dogter het ‘n jaarblad ontvang. Veels geluk aan die Redaksie met die pragtige Covid-

19 uitgawe.

Mnr. Strys Strydom, ons terreinbestuurder, het aan die einde van November afgetree na

11 jaar diens by Oranje. Ons wens jou alles wat mooi is toe vir die toekoms. Geniet die

aftrede. Baie welkom aan mnr. Heinrich Nel, wat in sy plek as terreinbestuurder aangestel is.

Baie dankie aan mev. Chandré van Niekerk, mev. Jacolene Calitz en mev. Bernadine

Erasmus wat die afgelope paar maande afgelos het. Ons neem ook afskeid van me.

Annica van Staden (assistent by die Grondslagfase).

Rapporte word op Dinsdag 15 Desember uitgedeel.

Graad 4-7 08:00-09:00

Graad 1-3 09:00-10:00

Indien u nie die rapport kom afhaal nie, sal dit in die kantoor gehou word. Die skool sluit om

10:00.

Die klasindelings vir 2021 is op die verskillende WhatsApp-klasgroepe deurgegee.

Skoolbenodigdheidslyste vir 2021 en die voorlopige Jaarbeplanner vir die eerste kwartaal is

op D6 beskikbaar.

Skoolure vir die eerste dag:

Gr. 4-7: 07:30 tot 13:45

Gr. 3: 08:00 tot 13:30

Gr. 2: 08:00 tot 13:15

Gr. 1: 09:00 tot 12:00

Skoolure: Eerste kwartaal vir 2021:

Gr. 1: 07:45-13:00 (Maandag tot Vrydag)

Gr. 2: 07:45-13:15 (Maandag tot Vrydag

Gr. 3: 07:30-13:30 (Maandag tot Donderdag)

Gr. 3: 07:30-13:15 (Vrydae)

Gr. 4-7: 07:30-13:45 (Maandag tot Vrydag)

Middagstudieklasse begin op 1 Februarie 2021. Aansoekvorms is op D6 beskikbaar.

Die kantoor sal vanaf Maandag 25 Januarie 2021 om 09:00 oop wees vir telefoniese navrae.

Ek vertrou dat elkeen `n welverdiende rustyd sal geniet saam met julle geliefdes en dat die

komende Christusfees vir julle almal geseënd sal wees. Bly veilig en gesond.

BLAD

SY 3

B E L A N G R I K

3 Januarie: Juf. Marteli verjaar

5 Januarie: Juf. Elmarie Roos verjaar

6 Januarie: Juf. Elmarie van Rooyen verjaar

15 Januarie: Juf. Anzel verjaar

26 Januarie: Gr. 1 pak pakkette uit 17:30

27 Januarie: Skool open

28 Janaurie: OMS Atletiekbyeenkoms

(Slegs velditems)

29 Januarie: OMS Atletiekbyeenkoms

Pelliespark (Slegs gr. 4 tot 7)

1 Februarie: Middagstudie begin

Leerderraadvergadering 17:00

Virtuele inligtingsessie aan ouers

o.10-o.13 hokkie en netbal begin

Tennis begin 16:00

Gr. 2- en 3 minitennis en naellope begin

2 Februarie: Voedselprojek Gr. 7A

Seniorkoor oudisies 14:00-16:00

4 Februarie: Voedselprojek Gr. 7B

5 Februarie: Juf. Lulu verjaar

Gr. 8-koshuisvergadering

Seniorkoor-oefenkamp 17:00-19:00

6 Februarie: Seniorkoor-oefenkamp 09:00-12:00

B L A D S Y 3

Oranje groet oom Strys

B L A D S Y 4 Alge

meen

BLAD

SY 5

Jaarblad 2020

Baie geluk aan die

Jaarbladredaksie met 'n pragtige

uitgawe!

Volg die skakel om na die uitgawe

te kyk:

https://oranjeprimer.co.za/.../2020-

Jaarblad-Laerskool.pdf

V.l.n.r. mevv. Anita Fourie, Natasja

Geyer, me. Nienke van der Walt,

mevv. Twanette Koekemoer

en Rita Prinsloo.

Koshuisleiers 2021

Baie geluk aan die 10 dogters wat verkies is tot

E. le Rouxhuis se leerderraad vir 2021.

Baie geluk aan die onderhoofdogter, Elri

Pretorius, en die hoofdogter, Margot Viviers.

Mag Oranje onder julle leiding in 2021 die hoogste hoogtes bereik!

Skoolleiers 2021

Baie geluk aan die 23 dogters wat verkies is

tot Oranje Primêr se leerderraad vir 2021.

Baie geluk aan die onderhoofdogter,

Rialene Eksteen, en die hoofdogter,

Chanteé King.

B L A D S Y 6

Gedagte vir die jaar Elke wolk het ‘n silwer randjie

2020 was soos ‘n foto; nie altyd prentjiemooi nie, maar ons kan

die negatiewe gebruik om die positiewe te ontwikkel:

-Mense het geleer hoe om vir 20 sekondes lank hande te was

-Mense het geleer om nie sommer net iemand

anders se “bubble” te bars nie

-Mense het begin oefen

-Mense het ophou drink

-Sommiges het begin drink, want 3 weke was lank by die huis

-Mans en vrouens het weer mekaar se eerste prioriteit geraak

-Swak rapporte kon nie meer net die juffrou se skuld wees nie

-Onderwysers moes tegnologie oorwin

-Kinders se op-geoefende sportlyfies kon ‘n blaaskans vat

-Druk langs sportvelde was taboe

-Die diere kon weer “asem skep”

-Besighede het koppe bymekaargesit om te probeer

uitmaak wat “essential services” nou eintlik is

-Geen dronk rugby-ondersteuners op stadions nie

-Die wêreld kán aangaan sonder Wimbledon,

die Olimpiese Spele en die Comrades Marathon

- Mense het besef dis nie net bye wat “zoom” nie

- Winter-inperking was álles

- Superman en Spiderman-aanhangers het

uiteindelik besef wie die ware Superhelde was

-Masker-besighede maak geld

-Die Zumas ook!

-Die president se moeë, bekommerde oë gee tóg hoop

-Proteïene is goed vir ‘n mens... Veral eiers!

En brandewyn help vir tandpyn sê hulle!

-Matrieks reël tog hulle eie makieties om hul mooi rokke te wys!

-Matriekouers spaar derduisende rande net omdat

Plett- en J-Bay rages afgestel is

-Matrieks kry nog ‘n kans om Wiskunde te ACE

2020 kan in een sin beskryf word:

Dit het nie verloop soos beplan nie en dis oukei,

WANT

Iets is NET oukei as dit nie perfek is nie!

B L A D S Y 7

A d v e r t e n s i e s B L A D S Y 7

B L A D S Y 8

B L A D S Y 8

B L A D S Y 9 B L A D S Y 9