8
Tel. 051-404-7600 | Vrydag 5 Desember 2014 | www.bloemnuus.co.za GRATIS Tree af Onze Rust se skoolhoof groet ná 23 jaar 2 Gekroon Bloemfonteinse skoonheid verower titel 2 Ongelukkig Weergode draai teen Knights- krieketspan 8 Kersliggie-skouspel Ruan Bruwer WAT vyf jaar gelede begin het met net ’n enkele stringetjie liggies buite Pellissierrylaan 71 om die Kerstyd te vier, het intussen só uitgebrei dat mense nou saans die een ná die ander stop om dit te aanskou. Dít is alles die handewerk van die 18-jarige Dylan Britz. Sy ouerhuis is nou een van dié in Bloemfontein met die meeste liggies. Dit lyk soos ’n huis uit ’n sprokies- verhaal en tref die oog as jy in Pellissierrylaan afry. Britz, wat vanjaar matriek aan die Hoërskool Fichardtpark geskryf het, het middel-Oktober begin om die liggies op te hang terwyl hy matriek- eindeksamen geskryf het. “Dit neem ongeveer vier weke om al hierdie liggies op te hang. Hier is nie eintlik meer plek om nog liggies op te sit nie,” sê Britz. “Ek het dit saans op my eie gedoen en nie enige hulp gekry nie. My ma-hulle gee maar die elektrisi- teit.” Die liggies word saans om 19:30 aangeskakel en brand tot 22:00. Dit is gewone LED-liggies wat nie baie krag benodig nie. “Ek het destyds vir die tannie oorkant die pad liggies verkoop. Haar huis was nogal indrukwekkend rondom Kerstyd. “Ek het gedink as ons huis dalk eendag net naastenby só kon lyk, sou dit wow wees. Ek dink ons het haar nou oortref – nie dat ons in kompetisie met mekaar is nie. Sy sit nie meer haar liggies op nie. “Hier is eintlik ’n klompie huise in die omgewing wat saans Kersliggies het. Ek weet ook van ’n paar huise in Heuwelsig wat dit behoorlik doen. “Die idees het ek maar elders gekry deur met die oë te steel.” Volgens hom maak hulle saans die hek vir die publiek oop sodat mense kan inloop om die liggies binne die erf te bekyk. “Ek moet sê, ons voel soms soos celebrities as ons hier uitry met al die mense hier voor die hek. “Ek is baie nuuskierig oor wat die mense sê, so ek kruip soms in die tuin weg om na hul kommentaar te luister!” Britz het aan die begin van die jaar sy eie onderneming, Lighticle, begin. Hy voorsien liggies vir troues. Hy verkoop ook liggies en het sy eie Facebook-blad. Met die geld wat hy maak, koop hy verdere liggies aan. “Ek weet ek moet seker iewers stop. Dit is amper soos ’n ver- slawing. Ek hou van liggies,” erken Britz. Mense vra hom of hy volgende jaar vir ’n elektrisiën gaan studeer. Hierdie jong entrepreneur se kop staan egter in die rigting van rolprente en hy is aan die Universi- teit van die Vrystaat se nuwe filmskool ingeskryf. S Die liggies sal tot 3 Januarie saans brand, behalwe wanneer dit reën. Dié huis in Pellissierrylaan tref dadelik die oog. Dit is danksy die 18-jarige Dylan Britz (inlasfoto) wat gefassineer is met liggies. Foto: Verskaf Tel: 051 448 5117/8 Bloemfontein, 62 Krause Street, Oranjesig • QUALITY REPLACEMENT PARTS SUITABLE FOR VW, OPEL, AUDI, BMW, MERCEDES BENZ AND TOYOTA VEHICLES These products are not manufactured by or under licence from original vehicle manufacturer, these are high quality replacement parts X1PHYGHD-BN051214 X1PHYL1W-BN051214

Bloemnuusbl 20141205

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20141205

Citation preview

Page 1: Bloemnuusbl 20141205

Tel. 051­404­7600 | Vrydag 5 Desember 2014 | www.bloemnuus.co.za GRATIS

Tree afOnze Rust seskoolhoof groetná 23 jaar 2

GekroonBloemfonteinseskoonheidverower titel

2OngelukkigWeergodedraai teenKnights­krieketspan 8

Kersliggie­skouspelRuan Bruwer

WAT vyf jaar gelede begin het metnet ’n enkele stringetjie liggies buitePellissierrylaan 71 om die Kerstyd tevier, het intussen só uitgebrei datmense nou saans die een ná dieander stop om dit te aanskou.Dít is alles die handewerk van die

18­jarige Dylan Britz.Sy ouerhuis is nou een van dié in

Bloemfontein met die meeste liggies.Dit lyk soos ’n huis uit ’n sprokies­

verhaal en tref die oog as jy inPellissierrylaan afry.Britz, wat vanjaar matriek aan die

Hoërskool Fichardtpark geskryf het,het middel­Oktober begin om dieliggies op te hang terwyl hy matriek­eindeksamen geskryf het.“Dit neem ongeveer vier weke om

al hierdie liggies op te hang. Hier isnie eintlik meer plek om nog liggiesop te sit nie,” sê Britz.“Ek het dit saans op my eie

gedoen en nie enige hulp gekry nie.My ma­hulle gee maar die elektrisi­teit.”Die liggies word saans om 19:30

aangeskakel en brand tot 22:00. Ditis gewone LED­liggies wat nie baiekrag benodig nie.“Ek het destyds vir die tannie

oorkant die pad liggies verkoop.Haar huis was nogal indrukwekkendrondom Kerstyd.“Ek het gedink as ons huis dalk

eendag net naastenby só kon lyk,sou dit wow wees. Ek dink ons hethaar nou oortref – nie dat ons inkompetisie met mekaar is nie. Sy sitnie meer haar liggies op nie.“Hier is eintlik ’n klompie huise in

die omgewing wat saans Kersliggieshet. Ek weet ook van ’n paar huisein Heuwelsig wat dit behoorlik doen.“Die idees het ek maar elders

gekry deur met die oë te steel.”Volgens hom maak hulle saans

die hek vir die publiek oop sodatmense kan inloop om die liggiesbinne die erf te bekyk.“Ek moet sê, ons voel soms soos

celebrities as ons hier uitry met aldie mense hier voor die hek.“Ek is baie nuuskierig oor wat die

mense sê, so ek kruip soms in dietuin weg om na hul kommentaar te

luister!”Britz het aan die begin van die

jaar sy eie onderneming, Lighticle,begin. Hy voorsien liggies virtroues. Hy verkoop ook liggies enhet sy eie Facebook­blad. Met diegeld wat hy maak, koop hy verdereliggies aan.“Ek weet ek moet seker iewers

stop. Dit is amper soos ’n ver­slawing. Ek hou van liggies,” erken

Britz.Mense vra hom of hy volgende

jaar vir ’n elektrisiën gaan studeer.Hierdie jong entrepreneur se kop

staan egter in die rigting vanrolprente en hy is aan die Universi­teit van die Vrystaat se nuwefilmskool ingeskryf.S Die liggies sal tot 3 Januariesaans brand, behalwe wanneer ditreën.

Dié huis in Pellissierrylaan tref dadelik die oog. Dit is danksy die 18­jarige Dylan Britz (inlasfoto) wat gefassineeris met liggies. Foto: Verskaf

Tel: 051 448 5117/8Bloemfontein, 62 Krause Street, Oranjesig •

QUALITY REPLACEMENT PARTSSUITABLE FOR VW, OPEL, AUDI, BMW, MERCEDES BENZ

AND TOYOTA VEHICLESThese products are not manufactured by or under licence from original vehicle

manufacturer, these are high quality replacement parts

X1PHYGHD-BN051214

X1PHYL1W-BN051214

Page 2: Bloemnuusbl 20141205

2 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 5 DESEMBER 2014

Seugnet Moggee

Seugnet se hoop inspireerKarin Muller

“AS my pynmedisyne verminder kanword, kan ek moontlik volgendejaar swanger raak en, wie weet,iewers in die toekoms weer loop.”Só sê Seugnet Moggee, proku­

reur en motiveringspreker vanBloemfontein.Seugnet het in 2003 LLB aan

die Universiteit van die Vrystaat(UV) begin studeer. Sy het haarrug in ’n motorongeluk gebreekwaarin sy en drie vriendinnebetrokke was.“Daardie oomblik het my lewe

drasties verander,” vertel sy.Terwyl sy in die hospitaal was,

het sy haar toekomstige man,Hanro, deur ’n gemeenskaplike

kennis ontmoet.“Wat vir my so wonderlik is, is

dat hierdie man my glad niegeken het as ’n mens wat konloop nie en hy het my met rolstoelen al liefgekry.”Ná ’n geweldige stryd het sy in

2008 by Naude’s Prokureurs asklerk in hul kommersiële afdelingbegin werk en haar studie stelsel­matig hervat.Sy het haar studie, asook haar

klerkskap, voltooi en in April 2010is sy in die hooggeregshof asprokureur toegelaat.Sy is ’n fidusiêre spesialis en

praktiserende prokureur by CitadelFiduciary Ltd.“As jong meisie moes ek die

stukke van my lewe bymekaar­

skraap en aangaan. Dit is onge­looflik hoeveel ’n mens leer as soiets oor jou pad kom.“Jy leer geduld en liefde en

aanvaarding, nie net met jouomstandighede nie, maar ook metjouself.“Dit is egter nie iets wat oornag

gebeur nie,” sê sy.“ ’n Klein persentasie parapleë

ondervind vreeslike pyn en ek isongelukkig een van hulle. Ek gloegter dat die pyn nie die res vanmy lewe teenwoordig sal weesnie.”Nie net het Seugnet die geloof

om daagliks haar stryd met nuwemoed aan te pak nie, maar haarsprankelende geaardheid getuigvan ongekende hoop.

Ruan Bruwer

VOLGENDE Vrydag gaan Jan Acker­man, hoof van die Laerskool OnzeRust, die kantoordeur agter homtoemaak en vakansie hou, net soosdie vorige 38 jaar die geval was.Hierdie keer keur hy egter nie

terug nie.Die lengte van sy vakansie gaan

nou nie meer deur die onderwysde­partement bepaal word nie, maardeur homself.Hy tree ná 38 jaar in die

onderwys, waarvan die laaste 23 asskoolhoof was, uit.“Ek het nog altyd vir myself ten

doel gestel om op 60­jarigeouderdom ’n ander uitdaging aan tepak,” het hy gesê.Ackerman het vanjaar daardie

ouderdom bereik.Hy gaan by Remax­eiendomme

betrokke raak.Die skool het gisteraand vir hom

’n spesiale afskeid gehou.Ackerman en sy vrou, Rona, wat

die hoof van die voorskool by OnzeRust was, maak albei klaar.Hy sal steeds in die Vrystaat­rug­

byunie se bestuur dien en die leiselsas voorsitter van die VrystaatseRugby­afrigtersvereniging vashou.Hy het egter die tuig as onder­

voorsitter van die VrystaatseLaerskole­rugbyvereniging neergelê.“Ek het sedert 1985 net tweelaerskole­Cravenweke misgeloop.”Jan en Rona het saam aan die

Hoërskool Diamantveld in Kimberleygematrikuleer en daarna saamgestudeer.In ’n vroeëre onderhoud het

Ackerman gesê die lekkerste vanonderwys was vir hom om te sienhoe ’n kind ontwikkel en presteer enjy weet jy het so ’n klein deeltjiebygedra.Marianne Nel, wat amper 35 jaar

lank saam met Ackerman skoolge­hou het, het gesê sy weggaan gaanbeslis gevoel word.Hulle het vantevore vir twee jaar

saam by die Dr. C.F. Visser­skool (toenog bekend as die Laerskool Estoire)gewerk en hulle het in 1984 weerkollegas by die Laerskool Uitsiggeword.Uitsig en Onze Rust het in 2001

saamgesmelt.“Hy het graag gedelegeer, maar

het sy personeel toegelaat om syhand te versterk. Sy menslikheidgaan ek mis. Hy was ’n omgee­mens en ’n bok vir sports.“Ek onthou spesifiek die keer wat

hy as ’n uitdaging soos ’n gladiator’n muur uitgeklim het,” het sy gesê.Marius O’Neil, die adjunkhoof, het

presies 30 jaar ’n pad met Acker­man geloop.“Hy was lief vir sport en ’n

sosiale mens. Hy was meer mensge­drewe as taakgedrewe,” het O’Neiloor Ackerman gesê.

Jan Ackerman en sy vrou, Rona.Foto: Verskaf

Hoof lê ná 23 j. die tuig neer

Ruan Bruwer

NICOLA STEYN het die hele pakket.’n Mooi lyf, blonde hare, helderblou oë, ’n mooi glimlag endaarby die kinderlike onskuld van’n 15­jarige.Sy is pas as die eerste Mej.

Vrystaat­Tiener gekroon.Die nuwe kompetisie is vir

tieners tussen die ouderdom van14 en 17 jaar.Dit was boonop die eerste keer

wat sy aan ’n skoonheidskompeti­sie deelgeneem het.Nie te vrot vir ’n eerste poging

nie.Nicola, wat vanjaar in gr. 9 aan

die Hoërskool Eunice was, het

dubbele rede gehad om verledeVrydag fees te vier.Benewens die kroning, het sy

die oggend ook haar laasteeksamenvak vir die jaar geskryf.“Ek en my nefie het die aand

na ’n restaurant gegaan om soesjite gaan eet. Die kelner het toegehoor dat ek die titel verowerhet en toe kom hulle met ’nroomys en gelukwensings.“Die kelners het skoon gevra ek

moet my kroon en sash gaanhaal, want hulle wou foto’s saammet my neem,” het sy vertel.Sy het twee jaar gelede

modellesse by @Models beginneem.“Hierdie was vir my ’n nuwe

ervaring en veral lekker om mensete ontmoet en by liefdadigheidbetrokke te raak.“Dit was ’n uitdunproses wat

begin het deur jou foto in testuur, onderhoude en die aanwysvan finaliste.”Die Mej. Suid­Afrika­wedstryd

was vandeesweek in die nuus oor

drie semi­finaliste wat gediskwalifi­seer is omdat hulle tatoeëermerkeop hul liggame het, wat teen diereëls is.Volgens Nicola was sy nie

bewus van ’n soortgelyke reël inhierdie kompetisie nie.“Ek weet die een finalis het ’n

tattoo agter haar oor gehad.”Sy sê sy sal dit nou oorweeg

om meer gereeld aan skoonheids­kompetisies deel te neem.

NICOLA STEYN het die eerste keerwat sy aan ’n skoonheidskompetisiedeelgeneem het, met die louereweggestap. Sy is verlede week as dieeerste Mej. Vrystaat­Tiener aange­wys. Foto: Verskaf

Mej. VS­Tiener hele pakketDie kelners hetskoon gevra ekmoet my kroonen sash gaanhaal, wanthulle wou

foto’s saam met my neem.‘

Page 3: Bloemnuusbl 20141205

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 5 DESEMBER 2014 3

Tel. 051 421 0802/3Tel. 051 421 0802/3SLAGHUIS / BUTCHERYSLAGHUIS / BUTCHERY

GAAR ETES NOUOOK BESKIKBAARGAAR ETES NOUOOK BESKIKBAAR

Game-sentrum BloemfonteinGame-sentrum Bloemfontein

Kom na ons vir diebeste pryse en diensKom na ons vir die

beste pryse en diensPensioenarisse kry Woensdae spesiale

afslag (karkasse uitgesluit)Pensioenarisse kry Woensdae spesiale

afslag (karkasse uitgesluit)

SAMBA en kredietkaarte welkomSAMBA en kredietkaarte welkom

Kom na ons vir diebeste pryse en diensKom na ons vir die

beste pryse en diens

GAAR ETES NOUOOK BESKIKBAARGAAR ETES NOUOOK BESKIKBAAR

Game-sentrum BloemfonteinGame-sentrum Bloemfontein

Geroosterde Eisbein ..............................................R4,28/100gGeroosterde varklendeskyf .................................R10,47/100gBeesvleisfrikkadelle ...............................................R3,38/100gGeroosterde ¼ hoender ........................................R4,46/100gBeeskookvleis .........................................................R7,18/100gGeroosterde varknek ..............................................R8,58/100gGeroosterde 'Spare Ribs' .......................................R7,03/100g

X1PHGXGW-BN051214

S Susanna (Sannie)Maria ElizabethBotes (née Jansevan Rensburg, 1920)se afskeidsdiens isdeur ds. JohanDavid in die NG kerkBrandfort­Oos gelei.Sy is op die plaasMooiwater langs dieWinburg­padbegrawe.

S Ds. Henry Andriesvan Eck (1918) vanLekaystraat 29,Heidedal, segedenkdiens was indie Gospel WorkersMinistries­kerk inHeidedal.

S Elizabeth Louisavan Aardt (1947)van Karel Botman­straat 59, Opkoms,se gedenkdiens wasin die VGK Opkoms.Sy is in die Suid­park­begraafplaasbegrawe.

S Maria (Ma Tol)Arendse (1924) vanHeatherdaleweg 12,Heidedal, is uit dieOu Apostoliese kerkin Parishlaanbegrawe.

S Annatjie Labu­schagne (1929) isuit die NG kerk De­wetsdorp begrawe.

S Barend (Ben)Nicolaas StephanusJanse van Rensburg(1935) is uit die NGkerk Bainsvlei begra­we. Hy is in dieBainsvlei­begraaf­plaas ter ruste gelê.

Oorlede

Dít gebeur dan daarVRYDAG 5 DESEMBERS Musgrave­mark in die vorm van’n Kersaandmark ten bate van dieAthalia­uitreik. Deon de Jager en dieProtimos­musiekgroep tree op. Koos,072­376­0572.S Hoot ’n Anny – ook ’n bierpraat­jie­en­proe­aand om 20:00 in dieAasvoëlklub. Koste: R50.S Skenk tussen 09:00 en 16:45bloed by die SANBD­tak in VictorianSquare, Pres. Reitzstraat. Navrae:051­447­4122.S Gerhard de Bruin (MMus) seopenbare eksamenkonsert (orrel) om19:30 in die Anglikaanse Katedraal.S Die Volle Evangeliekerk in vander Lindestraat, Fichardtpark, houom 11:00 tot 19:00 ’n Kersmark indie Volle Evangelie­kerksaal. Almalword genooi. Bespreek ’n stalletjieby Hannelie by 081­3456­939.

S Piet Smit sing om 19:00 in diesaal van die Mooi Genoeg­kampter­rein. Kaartjies teen R100 is te koopby die volgende bloemiste: Waldorf(skouterrein), Alive Devine (Brand­wagsentrum), Vergeet­my­nie(Westdene) en Anitz (Prellerplein).Alle geld gaan aan Oranje­selfhelp.Rig navrae aan Jan de Wet by051­433­2755.S Die Mimosa Mall is op Vrydaetot 20:00 oop. Skakel 051­444­6914met navrae.S Wunderkammern, ’n groepuitstal­ling deur kunstenaars van Bloemfon­tein, in Gallery on Leviseur.

SATERDAG 6 DESEMBERS Volmaan.S Joshua na die reën tree om19:30 in Innie Skuur op. Bel079­387­3614.S Boeremark in Langenhovenparkvan 06:00 tot 14:00.S The Inquisitive Mind: Science andImagination. Erfenis­artikels en werkdeur kontemporêre kunstenaars inOliewenhuis.

SONDAG 7 DESEMBERS Die NG kerk Hospitaalpark,Moyastraat, het elke Sondag om09:00 en 18:00 eredienste.

MAANDAG 8 DESEMBERS Skenk bloed by Shortstraat 11,Naval Hill, tussen 10:00 en 16:45.Navrae: 051­447­4122.

DINSDAG 9 DESEMBERS Huishulpuitreikaksie deur die NGkerk Heuwelsig. ’n Werkersklaswaarin vaardighede aangeleer word.Kotie Burger, 083­461­2887.S Pensioner’s days every Tuesday atMakro. Eileen Ndewere, 051­101­1000.

WOENSDAG 10 DESEMBERS Einde van amptelike skooljaar.

S International Human Rights Day.S Die Hokaaiers kan jou help omvan ongesonde eetgewoontes af tesien. Hulle kom Woensdae om10:00 byeen by Clydesdale 10, Hip­pocrenestraat 36, Heliconhoogte. BelHerman Loubser by 051­436­5668.S Andries Vermeulen in Kingshaven.Kaartjies kos R150 en sluit ‘nvingerete in. Dit is ten bate vanEstoire se inwoners wat hul hoewesverloor het. Met die geld beooghulle om regskoste te delg. AlfCloete, 073­911­8844.

DONDERDAG 11 DESEMBERS DJ Ossewa om 20:00 in Aasvoël­klub. R100.

VRYDAG 12 DESEMBERS Saarkie om 20:00 (vroue­rock­groep) in Aasvoëlklub. R50.

Bloemfontein is ge­seën met deurdrin­gende reën, maardit het wel betekendat die jakarandasvroeër hul perskleed afgegooi hetsoos dié in Heuwel­sig. Hulle staanlangs Surreystraatwat Lucas Steyn enDan Pienaar ver­bind. Foto: Jens Friis

Reënknipkleedkort

GRATIS METSTIKSTOFELKE BANDAANKOOP.

WIELSPORINGVANAF R149

3D3D

www.stoneyswheelandtyre.co.za

Rhodeslaan 21, BloemfonteinTel. 051 448 7400

NUWE BANDENUWE BANDEPassasiersbande:155R13 vanaf R389165/80R13 vanaf R419175/70R13 vanaf R429175/65R14 vanaf R439185/65R14 vanaf R539195/50R15 vanaf R539195/60R15 vanaf R599195/65R15 vanaf R609205/55R16 vanaf R629205/40R17 vanaf R649

LDV:195R14C vanaf R739215R15C vanaf R1039245/70R16 vanaf R1329265/70R16 vanaf R1569265/65R17 vanaf R1489

X1PHQ3DW-BN051214

'Selfie' met 'Santa'!'Selfie' met 'Santa'!'Selfie' met 'Santa'!'Selfie' met 'Santa'!Kom neem 'nKom neem 'n

Saterdag 6 Desember enSaterdag 13 DesemberSaterdag 6 Desember enSaterdag 13 Desember

Geseënde Kersfees aan al onskliënte!

Oop: Maandag - Sondag 09:00 - 17:00Tel. 051 451 1400

www.prettygardencentre.co.za

Du Plessisrylaan | LangenhovenparkBloemfontein

X1PHEQD5-BN051214

Page 4: Bloemnuusbl 20141205

4 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 5 DESEMBER 2014

Stemnóú

Marli Louw en Henry Immelman. Foto: JJ Vorster Faith Edem en Jade Plaatjies. Foto: Juanita Duncan

GEEN foto’s word meer ontvang inBloemnuus se Matriekafskeidfoto vandie Jaar-kompetisie nie. Hierdie foto’s isdie laaste groep.Die finaliste is reeds op Bloemnuus

se Facebook-blad gelaai. Die aantallikes wat elke foto daar ontvang, sal50% van die stemme vorm. Die anderhelfte sal deur die beoordelaars bepaalword.Stemme sal tot Maandag om 08:00

aanvaar word.Christiaan Norval en Louise Kalp (Jim Fouché).

Foto: Mariska NorvalHenlo Coetsee en Esmarelda Smit (Jim Fouché).

Foto: Kiki CornerDylan Swanepoel en Chané Hartel (Eunice).

Jacques Grobler en Carla Hugo (Eunice). Corné Jansen van Rensburg en Chané Stander(Oranje). Foto: Caitlin Appelgryn

Dalton Litchfield en Chané Buffel (Sand du Ples­sis). Foto: Spherecorp Media

Devon Dortley (Petunia) en Timoné October(Sentraal).

Charné Marais en Inus Steyn (Fichardtpark). Kristen Barnes en Daniel Naudé (Eunice). Jaco Potgieter en Amoré Heydenrych (Fichardt­park). Foto: Minette Grové

Milandré Pretorius en Lourens Dippenaar (JimFouché).

Page 5: Bloemnuusbl 20141205

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 5 DESEMBER 2014 5

In ’n wêreld vanwoordmense . . .SY het in Mei 1997 half toevallig indie joernalistiek beland danksytwee Volksblad-vroue wat metkraamverlof was. ADÈLE DEMPERSverruil die einde van die maand diejoernalistiek vir die onderwys. Syvertel van haar jare by Volksblad.

NOG nooit het ek so baie sulke slimen sulke eksentrieke mense byme­kaar gesien nie.Dít het ek menigmaal gedink toe

ek by Volksblad begin werk het.Toe het mense soos mnre. Fred

Schnetler en Jan Scholtz nog hiergewerk en mnr. Paul Marais was dieredakteur, almal lemmetjieskerp.Juniors soos ek het hulle net asMeneer aangespreek.Mnr. Marais was ’n man van min

woorde, maar met ’n droë humorsin.Só het hy die dag toe Volkskas Absageword het in die kantoor gekomom die hoofartikelblad se proefbladin die buis af te gooi.Sonder aanloop het hy gesê: “Ek

vertrou nie ’n bank as sy woordvoer­der sê sy logo is die eerste letter indie Latynse alfabet nie. Alfa is dieeerste letter in die Griekse alfabet.”Hy het omgedraai en uitgestap

terwyl ons nog gehap het na diebetekenis van wat hy gesê het.Daardie suigbuisstelsel het baie

pret veroorsaak. Ons het onsproefblaaie daarmee “afgegooi” nadie drukkery, of fabriek, in koerant­taal. Wee jou as jy die houerverkeerdom in die buis gesit het.Dan het dit vasgesit – ’n ingewikkel­

de operasie met ’n tuinslang om ditaf te druk het gevolg en jy waspersona non grata. As jy diefabriekmanne wou kwaad maak,moes jy te veel blaaie ingedruk hetsodat die proewe met ’n tang“verlos” moes word.Ek het in al 17 jaar by Volksblad

as ’n subredakteur vir die gemeen­skapskoerante soos Bloemnuusgewerk.En nee, ’n subredakteur is nie net

onder die redakteur nie, dit is ’ntaalversorger en bladuitlegkunstenaar.Omdat ons woordmense is, gaan

ons grappies meestal om woorde endie foute wat skrywers maak, laat

ons lekker lag. Soos ’n verslaggewerwat ’n promosie oor ’n onderdele­winkel geskryf het en deurgaans van“private parts” pleks van “pirateparts” gepraat het.Of die dag toe ’n kollega vra:

“Julle, wat is ’n pornosster?” Ons hetons slapgelag toe ons besef dit iseintlik ’n porno­ster.In Desember 2000 het ek

hoofsubredakteur geword, ’n werkwat senuwees van staal vereis. Jymoet die produksieproses bestuur entoesien dat die kopie van dieplattelandse kantore die subkantoorbetyds bereik, dat die blaaie uitgelêen die kopie versorg word en dat aldie koerante (altesaam 14) op hulspertyd by die drukkery kom.Vandag gebruik ons nie meer

ems­liniale, penne, papierplanne enflaterwater nie, als gebeur perrekenaar. Die elektronika het onsegter al lelike poetse gebak.Ons vorige stelsel het graag ’n

Memphis F gegooi, dan kon jy niksdoen nie en soms het die helestelsel “omgeval”. Gewoonlik op diespertyd. Soos die dag toe tweekoerante se kopie net voor druktyduit die stelsel verdwyn het. OnsIT­bestuurder het die stelsel deurge­soek, maar die kopie was skoonveld.En die koerante moes druk. Al planwas toe om die korreksies op dieproefblaaie, wat ek daardie daggelukkig in potlood gedoen het, uitte vee, die blaaie soos foto’s teskandeer en die foto van die bladop die werklike blad te sit.Die grootste lekkerte van proef­

leeswerk is al die interessante storiesen inligting wat jy lees. Ek weet vanmin onderwerpe baie, maar van baieonderwerpe iets. My gunsteling­sto­ries is mense­stories, want mense enhul dinge hou nooit op om jou teverras, te inspireer of te verstom nie.Dit is ook wat ek die meeste van

Volksblad sal mis – die mense. Jy salver soek om ’n groep mense te krywat so bereidwillig is om hul kenniste deel en mekaar te ondersteun.Ons het baie gelag, soms baklei ensoms gehuil, maar altyd lekker saamgewerk. Daar was oor die jare heensoveel mense wat my verryk het enmy so baie geleer het – van taal,van bladuitleg, van die lewe.Die vreemdste is dat Volksblad se

mense nou nie meer vir my soeksentriek is nie. Miskien omdat eknou self so is!Volksblad, ek gaan jou en jou

mense mis.

Die subredakteurkantoor in 1997. Van links is, voor: Leatitia Pienaar, Annalize Doubellen Petro Bosman; agter: Linda Kloppers, Ninon (du Toit) Strydom, Sobeth (Bester)Jordaan en Adèle Dempers.

Links: Adèle se gunstelingfoto van die subredakteurs wat in Desember 2013 virBloemnuus by die stadsaal geneem is. Van links is Juanita Adriaanse, Leolynn Smith,Inge Strydom, Theonie Kok, Willem Fritz, Adèle Dempers en Madré Marais.

Foto: Eye Candy Photography House

Ontbyt iewers om iets te vier. Kloksgewys van voor is Madelein (Oosthuizen)Venter, Clarissa du Plessis, Ilde Kilbourn, Willem Fritz, Annalize Doubell, AdèleDempers, Marlesé Smith en Karen Herbert. X1PHR2FN-BN051214

X1PHENBH-BN051214

Page 6: Bloemnuusbl 20141205

6 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 5 DESEMBER 2014

GROET GREY NÁ 23 JAAR: Lindsay Mould, skoolhoof van Grey­kollege (primêr), tree aan die einde van die jaar af. Hier is hy (in die middel met die wit hemp) saam met die personeelen vanjaar se leerlinge. Lindsay was vir 31 jaar die skoolhoof van die Laerskool Ficksburg, President Brand, Willem Postma en Grey. Hy het dié pos die afgelope 23 jaar by Grey beklee.Hy is onlangs as president van Vrystaat­Rugby herkies en sal volgende jaar die pos van administratiewe bestuurder beklee. Foto: Hannes Naudé

ONDERWYS / EDUCATION

Struktureop kampusopgeknapSTUDENTE en personeel aan dieUniversiteit van die Vrystaat (UV)se drie kampusse kan uitsien nanuwe studentebehuisingseenhede,lesinglokale en ander ontwikkelingsdanksy ’n geldelike hupstoot vandie departement van hoër onder­wys en opleiding (DHOO).So sê Maureen Khati van die UV

se departement fasiliteitebeplan­ning.Die infrastruktuurontwikkelings­

projekte op die Bloemfontein­kam­pus sluit ’n studentebehuisingseen­heid in waarmee in Oktoberverlede jaar begin is. Dit behoortvandeesmaand nog voltooi teword.’n Nuwe toevoeging tot die

fisika­gebou is in aanbou en sal naverwagting in Februarie 2015afgehandel wees. In September is’n nuwe gebou vir opvoedkunde,tegnologie, ingenieurswese engrafiese ontwerp voltooi. Die gebouis agter die nuwe opvoedkundege­bou.Die klankateljee langs Pelliespark

is voltooi. Nog ’n projek wat inJanuarie 2015 voltooi word, is ’ndisseksielokaal wat met dieFrancois Retiefgebou verbind is.Talle geboue op die Bloemfon­

tein­kampus word ook opgeknap,waaronder die finansieskantore indie George du Toit­administrasiege­bou, akademiese ruimte in dieBenedictus Kok­gebou, die vooraan­sig van die Flippie Groenewoud­ge­bou, toevoegings tot die fisiese­be­planningsgebou en die derde fasevan die UV­Sasol­biblioteek.Op die Qwaqwa­kampus word ’n

nuwe gebou vir fisika en geografiemet die huidige wetenskapgebouverbind. Ses lesinglokale word opdie Suid­kampus gebou en sal ’nintegrale deel vorm van diealgemene toegang wat die boonsteen onderste deel van die kampusverbind.Die projek sal na verwagting in

Desember voltooi wees. Dieoprigting van ’n koshuis word ookbeplan.

Oudgevangene seorganisasie kry steun

Jens Friis

’n OUDGEVANGENE se lewe hettot só ’n mate verander dat ’norganisasie wat hy gestig het asHeidedalse Instelling van die Jaaraangewys is.Die Vrystaatse onderwysdeparte­

ment het hom ook gekies om by22 skole in Mangaung praatjies tegaan lewer wat toon dat dit nielonend is om ’n misdadiger tewees nie.Benjamin Williams het in die

tronk beland weens sy oortredin­ge (sien berig langsaan), “maarhet gelukkig die lig gesien” enhet IInd Chance begin.Dié organisasie bied steun aan

oudgevangenes.Deurdat hulle die Heidedalse

Instelling van die Jaar­afdelinggewen het, het hulle R5 000gekry waarvan die helfte gebruikgaan word om ’n voedingskemaop die been te bring.Dié voedingskema gaan by die

Hoërskool Dr. Blok begin wordwaarvan Cassius Carelse, dievoorsitter van IInd Chance, ’noudleerling is.“Dr. Blok is die enigste hoër­

skool in Heidedal wat nie ’nvoedingskema het nie – Heather­dale en Petunia het reeds,”verduidelik Cassius.“Dié R2 500 is maar min om

’n voedingskema te begin, maardie departement van landbou hetreeds saad geskenk en ons hoopop verdere skenkings.”Altesaam 104 leerlinge is

geïdentifiseer wat baat sal vindby die Full Stomach CrimefreeSociety, soos dit sal bekend staan.“IInd Chance het ’n bewese

rekord dat hulle oudgevangenesdeur werksessies ondersteun enhulle help om hul eie besighedete begin,” sê Benjamin.Daar word ook gereeld besoeke

gebring aan byvoorbeeld Grootvleiom gevangenes voor te berei virwat op hulle wag as hullevrygelaat word. “Prevention isbetter than cure.”Nes dié projek wat deur die

polisie gesteun word, steun ookdie onderwysdepartement hulpraatjies aanstaande jaar by skolein Mangaung.“Daar is 117 skole in die

Vrystaat geïdentifiseer waarmotiveringsprekers sal optree. Onsis gekies om by 22 Mangaungseskole te gaan praat.”

S Vir meer besonderhede oorIInd Chance of die Full StomachCrimefree Society, kan BenjaminWilliams by 061­078­1430 gebelword.

Cassius Carelse, die voorsitter van IInd Chance, en die stigter, Benjamin Willi­ams. Foto: Jens Friis

Prisoner chooses life after releaseLesego Ditheko

FOLLOWING a life of crime thatstarted at age 14, BenjaminWilliams has turned his life aroundand now motivates prisoners andschool kids to avoid the pitfalls ofcrime.Born in Cradock in the Eastern

Cape 35 years ago, Williams nowlives in Heidedal and spends histime speaking to young men inschools and also reaching out tohis former prison mates.His story begins at age 14 when

he developed an interest incommitting crime. Even though hecommitted a lot of crime, becauseof his age it was difficult for thepolice to arrest him.This was until one night when

he was 15 years old when hestabbed a friend because hewanted to “teach him a lesson”.“Until today, I still don’t under­

stand why he died. I only wantedto scare him, to teach him alesson, not to kill him.”He described the relationship

with the friend as a relationshipbased on crime – they werehousebreakers and thieves. He wasarrested, but because he wasunderage, he was released oncondition that he would be putunder strict surveillance by hismother. One day, while sitting withother gang members, they startedcomparing how many court casesthey had had and they realisedthat Williams topped them byhaving 17 court cases against him.In 1996, two weeks after

Williams’s 18th birthday, he wasarrested and sentenced to sevenyears in prison, of which two yearswere suspended.During those five years, he

served out his sentence in fourdifferent prisons.

Three months before his paroledate, his life was turned upsidedown when his best friend wasmurdered in Cape Town – hecouldn’t even attend the funeral.“Realising what my lifestyle was

doing to my mother and herbusiness, I decided to seek helpnine years ago,” he said.Williams said he turned to the

same courts to ask for help.“Looking at the effects and

aftermath of the thug life, I tookthe decision to seek God and madehim the centre of my life,” he said.His journey to “recovery” and

being a motivator really startedwhen he founded an organisationcalled IInd Chance, a platformwhere ex­offenders, the govern­ment, the public sector, businessesagainst crime and civil society cometogether to find solutions forchallenges experienced by ex­of­fenders when released from prison.

Page 7: Bloemnuusbl 20141205

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 5 DESEMBER 2014 7

ONDERWYS / EDUCATION

Right: For the first time the Fauna Primary School has a head boy andhead girl who are twins. From the left are Thapelo Mokoena (deputyhead boy), Relebohile Rampeta (head girl), Rethabile Rampeta (headboy) and Khumo Morwe (deputy head girl).

Links: Twee dansers van die Laerskool Pres. Brand, Dané Scholtz (links)en Lehandri Robberts, het Suid­Afrika verlede maand op die disko­wê­reldkampioenskap in Italië verteenwoordig.

Die nuwe kommando­jeugleiers en die Vrystaatse gebiedsjeugleiers isIlka de Beer (links) (Hoërskool Sentraal) en Mari­Louise Vermaak (Hoër­skool Jim Fouché). Hulle is albei oudleerlinge van die Laerskool Universi­tas. Saam met hulle is Lizette Buys, die kommandoleier van Tjokkiesse kommando.

Die Laerskool Willem Postma se hoofleiers vir 2015 is Jana Meyer enJu­Hanco Minnaar.

Die hoogste toekennings wat op die Laerskool Pres. Brand se toekenningsaand vir uitsonderlike prestasies gedoen is,het gegaan aan van links, voor: Heinrich Markgraaff (gesamentlike junior sportseun), Iné van Tonder (junior sportmeisie)en Willie Volschenk (junior veelsydigheid en gesamentlike junior sportseun); middel: Stefan Coetzer (beste presteerderin gr. 5), Sutiné Venter (beste presteerder in gr. 4) en Stefan Hugo (buitengewone hoflikheid); agter: Su­Mari Gouws(gesamentlike senior sportmeisie), Elri Groenewald (beste presteerder in gr. 6 en gesamentlike senior sportmeisie), ElandriCrafford (dux­leerling), Ruhandré Coetzee (kultuurleierspenning en senior sportseun), Ludré­Ann Matthee (buitengewonehulpvaardigheid), Robyn­Lamé Swart (besonderse hardwerkendheid) en Riané van Zyl (Vriende van Afrikaans).

Vereer vir harde werk

Michelle van Wyk, a gr. 3 teacher at the OnzeRust Primary School, was the Motheo Districtwinner of the Department of Education’s teach­ing awards in the category for excellence intechnology­enhanced teaching and learning.She was also the Free State winner and secondnationally at the South African Teachers’ UnionAwards in the category for excellence in class­room teaching.

SSRA 101903 SluitingSdatum: 12 dESEmBER 2014.

OOS VRyStaat Kaap BEdRyf BEpERK, is ’n welvaartskeppendelandbougroep met sy hoofkantoor te ladybrand en sowat

1800 werknemers in diens, wat ’n verskeidenheid dienste aan dieboeregemeenskap lewer.

aansoeke word tans ingewag vir die volgende vakatures:

Produksiebestuurder(Tweespruit Meule)

Aansoekers moet oor die volgende beskik:• Graad 12 • ’n Geldige bestuurslisensie • Goeiekommunikasie- en taalvaardighede in Afrikaansen Engels • Vorige ondervinding rakende dieprodusering van mieliemeel.Kennis rakende mielievermalingsprosesse,asook voedselveiligheid sal u aansoek versterk.

kwaliteit- enHigiënekoördineerder(Clocolan Koringmeule)

Aansoekers moet oor die volgende beskik:• Graad 12 • Goeie kommunikasie- en taalvaar-dighede in Afrikaans en Engels • ’n Geldigebestuurslisensie.Vorige ondervinding rakende die bepaling vanvoedselveiligheid en die kwaliteit van meel-produkte, asook kennis rakende malingspro-sesse sal u aansoek versterk.

alle aansoeke moet vergesel word van ’ndekblad wat duidelik meld vir watterpos u aansoek doen. E-pos u aansoek [email protected], of alternatiewelik kanu ’n aansoek faks na 086 241 1971.Skakel tosche terblanche, OVK menslikeHulpbronne by (051) 923 4747 vir enige navrae.

PERSOONLIKE

DIENSTE

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

KRUIEKENNER

1435

DR AHMEDHEALER 100%

Court cases, bring back lostlove, men and women healthproblems, financial problems,protection and promotion,enlargements, cream formanhood, lose and gainweight. Pay after results.Call 078 615 3832.

Address: Lechwe Street,Fauna. Next to Fauna Pre-

Primary School.

LENINGS

1445

TE KOOP

GESOEK OM

TE KOOP

1675

LOOKING FOR workingor broken fridges: LCD,TVs and hi-fis to buy.Call 082 585 6445 or074 850 6366.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ELEKTRIES

1810

QUICK FIX:I Fix fridges, airconsand coldrooms.Call 082 585 6445 or074 850 6366.

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLEERvan alle plafonne en 'drywalls'. Ook die herstel van pla-fonne. Gratis kwotasie. Skakel079 581 6654.

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

Woonstelle naby UV vanaf1 Desember 2014. Ruimgrondvloerwoonstelle. Koop-krag. Nuut, modern, luuks engemeubileer. Onderdakparke-ring, volledige sekuriteit.Onbeperkte Wi-Fi internet.Stil en rustig vir studeer.Vanaf R3 475 per maand.Swembad met braaiarea.Kontak Malie by073 426 0861 [email protected] tussen 08:00 en 12:00.

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 8: Bloemnuusbl 20141205

NUWE EIENAARSVRIENDELIKE DIENS EN

KUNDIGE ADVIES

15% AFSLAG

Besigheidsure:Ma. - Wo.: 09:00 - 17:00 • Do. - Vr.: 09:00 - 19:00 • Sa.:09:00 - 13:00

Oom Danie Jacobs enJan Tolmay (Mede-eienaar).Kundiges in visvang!

20% AFSLAG

Mitchell Gold 5000Baitrunner

Mitchell Gold 6000Baitrunner

Shakespear BetaBaitrunner

op Super CastOriginal Super

Feed

Barry RichterwegKays-sentrum • Fleurdal

Tel. 051 522 0874

OP GESELEKTEERDE

KATROLLE EN VISSTOKKE

X1PHUBH6-BN051214

X1PHU2U1-BN051214

Things in my life wentfrom good to worse in avery short time. My lovelive, financial problemsjealousy, my husband’s

family were all against me.Luckily I came acrossSonia through a friend.She helped me and

showed me my enemiesthrough a mirror for only R200. She did miracles in my life.She told me all my problems without mentioning anythingto her. She showed me the people who worked hard tosee me suffering some of which were my friends and

relatives. She performed a special prayer, washed awaymy bad luck and cleansed my home. Gave me a lovepotion with a ring for my financial problems in less thanfive days, my husband was always by my side and my

enemies confessed and asked for forgiveness. Come andvisit me at Bayswater.

For appointments please callMama Marria 072 417 4249.

Visit –www.specialspells.co.zaX1PHYGLH-BN051214

X1PHGY0H-BN051214

SUPER­SAREL IS SU­PER: Die skrumskakelvan die Cheetahs, Sa­rel Pretorius (links),het eergisteraand opdie Cheetahs se prys­uitdeling met tweeeerbewyse wegge­stap. Hy is die spelersse speler van die jaar,sowel as die Super­rugby­speler van diejaar. Willie le Roux hetdie grootste eerbewysontvang, die spelervan die jaar. RenierBotha (regs) was dieVodacombeker­spelervan die jaar, Carel­JanCoetzee is die o.21­speler van die jaar enJasper Wiese die o.19­speler van die jaar. LeRoux, Coetzee enWie­se was afwesig metdie neem van die foto.

Foto: Ruan Bruwer

Ruan Bruwer

ONGEAG die uitslag van Sondag seuitspeelstryd in die T20­reeks tussen dieKnights en Lions in Johannesburg, gaandie reeks onthou word as die eenwaarin die Knights bitter ongelukkig was.Om die waarheid te sê, dit is glad nie

vergesog om te sê hulle kon maklik naaan die bopunt van die puntelysgeëindig het (en sodoende regstreeks virdie eindstryd gekwalifiseer het) as dieKnights nie so ongelukkig in driewedstryde was nie.Die Knights moes eergisteraand met

’n bonuspunt teen die Lions in Kimberleyseëvier om Sondag se wedstryd tuis aante bied.Hulle was goed op koers om dít te

vermag, toe die reën uitgesak het endie Lions maar te bly was om van dieveld te stap.Die wedstryd is ná 2,2 boulbeurte in

die Lions se kolfbeurt afgelas met diespanne wat die punte gedeel het.Die Knights het ’n yslike 186/7 in 20

beurte gemoker. Die Lions moes tot 148

beperk word vir die bonuspunt.Rilee Rossouw was by verre die beste

kolwer met sy 64 lopies van 62 aflewe­rings. Hy het in een boulbeurt dieProtea Lonwobo Tsotsobe vir viergrenshoue getimmer.Dillon du Preez (21 van 6 balle) het

ook behoorlik die langsteel teen dieeinde ingelê.Teen die Dolphins onlangs in Durban

sou die Knights maklik met ’n bonuspuntkon seëvier as die reën nie hul kolfbeurtvoortydig beëindig het nie. Hulle moesslegs 83 vir ’n sege behaal.En natuurlik het die Knights op

omstrede wyse in Potchefstroom teen dieLions vasgeval en was bitter ongelukkigom nie ten minste die punte te deelnie.Die wedstryd het gelykop geëindig

waarna ’n super­beurt gespeel is. Ditwas daarna steeds gelyk, maar die Lionsis as oorwinnaars aangewys omdat hulleeen meer grenshou geslaan het.Die wenner van Sondag se stryd sal

op 12 Desember die Cobras in dieeindstryd in die Kaap aandurf.

Geluk het dieKnights dierug toegekeer

TUIMEL IN NAMIB: Die gimnas Carmi van Niekerk van die Helena Botha­gimnastiekklub gaanvolgende week vir Suid­Afrika in die tuimelkompetisie op die Sone­ses­spele in Namibië verteen­woordig. Hier oefen sy saam met haar afrigter, Derek Bezuidenhout. Foto: Ruan Bruwer

Tel. 051 412 6349Sel. 082 266 7308

Reg. no. NCRDC433

15 Barnesstreet, WestdeneBloemfontein

GEKWALIFISEERDE PERSONEEL MET 20 JAARREGS EN BANKWESE ONDERVINDING

GEKWALIFISEERDE PERSONEEL MET 20 JAARREGS EN BANKWESE ONDERVINDING

ONS KAN OOK HELP METBESIGHEIDSVERWANTE PROBLEME.

• KRY JY DREIGBRIEWE EN TELEFOONOPROEPE?• HET JY SLAAPLOOSHEID OOR JOU SKULD?• IS JOU SKULD NET TE VEEL OM TE HANTEER?

• KRY JY DREIGBRIEWE EN TELEFOONOPROEPE?• HET JY SLAAPLOOSHEID OOR JOU SKULD?• IS JOU SKULD NET TE VEEL OM TE HANTEER?

X1PHRG55-BN051214