24
Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 ONS VISIE Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS MISSIE Die Departement van Vervoer en Openbare Werke lewer infrastruktuur en dienste om sosio-ekonomiese uitkomstes en veilige, bemagtigde en verbonde gemeenskappe te bevorder. WAARDES Die Departement ondersteun die kernwaardes van die Wes-Kaapse Regering: Hierdie waardes word deur spanwerk onderstut en is op die Departement, asook al die werknemers van die provinsiale regering, van toepassing. Wat belangrik is, is dit wat ons vir die burgers doen, ons: streef daarna om mense se behoeftes te verstaan en daaraan aandag te gee, streef daarna om die beste resultate in die diens van al die mense van die Wes- Kaap te bereik, is daaraan toegewy om alle ooreengekome uitsette betyds te lewer, sal eerlik wees, respek toon en positiewe waardes uitoefen, sal publieke opinie ernstig opneem, na die stem van die mense luister, en sal burger-sentries wees en die vermoë hê om alle opsies in ag te neem en ’n vindingryke oplossing te vind.

DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 1 van 24

DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17

ONS VISIE Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste.

ONS MISSIE

Die Departement van Vervoer en Openbare Werke lewer infrastruktuur en dienste

om sosio-ekonomiese uitkomstes en veilige, bemagtigde en verbonde

gemeenskappe te bevorder.

WAARDES

Die Departement ondersteun die kernwaardes van die Wes-Kaapse Regering:

Hierdie waardes word deur spanwerk onderstut en is op die Departement, asook al

die werknemers van die provinsiale regering, van toepassing. Wat belangrik is, is dit

wat ons vir die burgers doen, ons:

• streef daarna om mense se behoeftes te verstaan en daaraan aandag te gee,

• streef daarna om die beste resultate in die diens van al die mense van die Wes-

Kaap te bereik,

• is daaraan toegewy om alle ooreengekome uitsette betyds te lewer,

• sal eerlik wees, respek toon en positiewe waardes uitoefen,

• sal publieke opinie ernstig opneem, na die stem van die mense luister, en

• sal burger-sentries wees en die vermoë hê om alle opsies in ag te neem en ’n

vindingryke oplossing te vind.

Page 2: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 2 van 24

ONS VERANTWOORDELIKHEID TEENOOR U:

• Ons sal ’n professionele diens bied wat aan omskryfde standaarde voldoen.

• Ons sal dít wat u moet doen of weet aan u verduidelik.

• Ons sal binne 20 sekondes aan 96 persent van oproepe wat deur die

departementele inbelsentrum (0860 212 414) ontvang word, aandag gee.

• Ons sal van 07:00 tot 19:00 u epos binne 60 minute van ontvangs antwoord.

• Ons sal via ons sosiale mediadienste met u skakel: Facebook

(WesternCapeGoverment), Twitter (@WesternCapeGov), YouTube en LinkedIn.

Ons sal u daagliks van 07:00 tot 19:00 binne 60 minute antwoord, indien u saak nie

hoër op gestuur moet word nie.

• Ons sal van 07:00 tot 19:00 via ons SMS-oplossing (31022) met u skakel, waar ons u

binne 60 minute sal antwoord.

• Ons sal u terugvoering gee wat ingelig, nuttig en konstruktief is.

• Ons sal geen verdraagsaamheid teenoor mishandeling, misbruik, bedrog of

wangedrag toon nie.

• Ons sal ons foute korrigeer.

U VERANTWOORDELIKHEID TEENOOR ONS:

• Om hoflik en beskaafd te wees en ons waardigheid te respekteer.

• Om ons met volledige en akkurate inligting, asook onlangs gewaarmerkte afskrifte

van dokumentasie wat benodig word, te voorsien.

• Om in u gesprekke met ons eerlik te wees.

• Om uself beskikbaar te stel en gewillig te wees om aan ooreengekome

transversale programme deel te neem.

• Om aktief aan die Departement se inisiatiewe deel te neem en advies wat van

die Departement ontvang word te implementeer.

• Om met ons te kommunikeer oor waar verbeteringe aan dienslewering in ag

geneem moet word.

Page 3: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 3 van 24

ONS DIENSTE EN STANDAARDE

Die Departement het die volgende standaarde vir die vlak en kwaliteit van dienste wat ons

voorsien, gestel:

DIENSTE DIENSSTANDAARD 2016/17

Program 1 - Administrasie: Voorsien algehele bestuursteun aan die Departement.

Munisipaliteite ondersteun om

Geïntegreerde Vervoerplanne (GVP) te

ontwikkel om sodoende te verseker dat

daar vir die vervoerbehoeftes van die

munisipaliteite beplan word.

• Die Departement sal niefinansiële advies

voorsien en die implementering van die

GVPe van alle distriks- en plaaslike

munisipaliteite vir die 2016/17 finansiële

jaar monitor.

Program 2 - Openbare Werke-infrastruktuur: Voorsien gebalanseerde provinsiale

staatsgebou-infrastruktuur wat ekonomiese groei en maatskaplike bemagtiging

bewerkstellig.

Voorsien konstruksie en instandhouding van

onderwysinfrastruktuur-fasiliteite.

• In sy kapasiteit as die implementeringsagent, sal die Departement sewe nuwe skole (laerskool, hoërskool, Leerders met Spesiale Opvoedkundige Behoeftes (LSOB)) vir die 2016/17 finansiële jaar bou om aan agterstand en nuwe eise gehoor te gee.

• Die Departement sal 76 klaskamers gedurende die 2016/17 finansiële jaar bou.

• Die Departement sal gedurende 2016/17 sewe nuwe en ses omskepte Graad R-klaskamers by sewe skole bou, waar die behoefte deur die WKOD geïdentifiseer is.

• Die Departement sal ongeveer 100 mobiele eenhede kry en plaas om “gevaarpunte” van die inskrywing-aanvraag aan te spreek en daarna om die bestaande voorraad van mobiele eenhede as ’n groep te bestuur. Verder

Page 4: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 4 van 24

DIENSTE DIENSSTANDAARD 2016/17

om die bestaande mobiele eenhede na gebiede waar dit nodig is te skuif.

• Die Departement sal skole wat met onvanpaste materiaal gebou is teen ’n koers van vier skole per jaar vir 15 jaar vervang.

• Die Departement sal in die 2016/17 finansiële jaar dwarsoor verskeie streke van die provinsie sewe nuwe skoolsale bou by skole wat deur die WKOD geïdentifiseer is.

• Die Departement sal gedurende 2016 dwarsoor verskeie streke van die provinsie omvattende instandhoudingsprojekte by 40 (laerskool, hoërskool en LSOB) skole onderneem.

• Die Departement sal waar dit nodig is, noodinstandhouding-herstelwerk doen om gesondheids- en veiligheidskwesies aan te spreek.

Fasiliteer die konstruksie en geskeduleerde

instandhouding van

gesondheidsinfrastruktuur-fasiliteite.

Die Departement sal tussen 1 April 2016 en

31 Maart 2017 die konstruksie van 11

projekte voltooi, wat die volgende behels:

• Opgradering en toevoegings by die

Citrusdalkliniek;

• Piketberg Ambulansstasie vervang;

• Fase 5 van die Worcester Hospitaal se

opgraderings;

• Installasie van die Nuwe Lineêre

Versnellerbunker by Groote Schuur

Hospitaal;

• Nuwe Hibriede Teater by die Groote

Schuur Hospitaal;

• Slopings ter voorbereiding van die nuwe

Page 5: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 5 van 24

DIENSTE DIENSSTANDAARD 2016/17

Observatory Forensiese Patologie-

Laboratorium;

• Opknapping van die

verpleegstersakkommodasie by die Wes-

Kaapse Kollege vir Verpleging (WKKV)

Boland kampus;

• Vervanging van die Hillside Kliniek in

Beaufort-Wes;

• Nuwe Gerekenariseerde Tomografie-

skanderingstoerusting-infrastruktuur (CT)

by die Khayelitsha Hospitaal;

• Voltooiing van sale by die Khayelitsha

Hospitaal;

• Moontlik maak vir Fase 2B om by

Vredenburg Hospitaal te begin.

• Geskeduleerde instandhouding gaan

tussen 1 April 2016 en 31 Maart 2017 by

70 bestaande gesondheidsinfrastruktuur-

fasiliteite dwarsoor die Provinsie voltooi

word.

Voorsien akkommodasie-dienste aan al die

provinsiale Departemente en entiteite.

• Alle provinsiale departemente en

entiteite moet jaarliks hul akkommodasie

behoeftes via die formele strategiese

beplanningsproses indiening van

onderskeie Gebruikers Onroerende

Batebestuurplanne (U-AMPs) indien.

• Alle provinsiale departemente en

entiteite sal binne vyf weke na die

indiening van die finale U-AMPs in

Februarie in die Kurator Onroerende

Batebestuurplan in kennis gestel word

oor die uitkomste en projekte wat

Page 6: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 6 van 24

DIENSTE DIENSSTANDAARD 2016/17

aangeteken en deur die Departement

befonds gaan word.

• Alle ad hoc versoeke vir akkommodasie

sal binne 30 dae deur ’n

Departementshoofbrief beantwoord

word. Afhangende van die beskikbare

kapasiteit en hulpbronne, kan die

uitkomste of positief óf negatief wees.

• Die voorgestelde verkrygings van

onroerende bates waar eiendom vir

gemeenskapsinfrastruktuur benodig

word, sal in die plaaslike Engelse,

Afrikaanse en isiXhosa koerante

geadverteer word. Suksesvolle en

onsuksesvolle bieërs sal nadat dit deur

die toepaslike owerheid goedgekeur is,

skriftelik van die uitkoms van hul aanbod

in kennis gestel word.

• Ingevolge die bepalings van die Wes-

Kaapse Wet op Grondadministrasie, 1998

(Wet 6 van 1998), sal ’n uitnodiging vir

aanbiedinge van die publiek vir die

voorgestelde vervreemdings van

onroerende bates in die plaaslike

Engelse, Afrikaanse en isiXhosa koerante,

asook die staatskoerant geadverteer

word. Suksesvolle en onsuksesvolle bieërs

sal binne twee weke na dit deur die

toepaslike owerheid goedgekeur is van

die uitkoms van hul aanbod in kennis

gestel word.

Page 7: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 7 van 24

DIENSTE DIENSSTANDAARD 2016/17

• Alle jaarlikse uitnodigings vir aanbiedinge

om onroerende bates by die publiek en

privaatsektor te huur, sal in plaaslike

koerante en die staatskoerant

geadverteer word. Identifikasie van die

onroerende bate(s) sal jaarliks gedoen

word ingevolge die vervaldatums van

huidige huurkontrakte in die huur

portefeulje, die C-AMP, of soos die

behoefte ontstaan. Suksesvolle en

onsuksesvolle bieërs sal binne twee weke

na dit deur die toepaslike owerheid

goedgekeur is, skriftelik van die uitkoms

van hul aanbod in kennis gestel word.

• ’n Vyf persent verlaging van

elektrisiteitsgebruik per vierkante meter

per jaar in geboue wat in provinsiale

besit in die Eiendom

Doeltreffendheidsverslag

kantooreiendom is, sal gehandhaaf

word.

• Uitgesoekte nuwe provinsiale geboue sal

aan die 4-ster Groen Bouraad van Suid-

Afrika se standaarde voldoen.

Page 8: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 8 van 24

Program 3 - Vervoerinfrastruktuur: Lewer en handhaaf vervoerinfrastruktuur

Bou, rehabiliteer en handhaaf die

provinsiale padnetwerk.

• Gebaseer op die huidige fondsvlakke en

die instandhoudingsmodel sal ’n

minimum van 586 000 vierkante meter

geteerde pad jaarliks gerehabiliteer

word.

• Gebaseer op die huidige fondsvlakke en

die instandhoudingsmodel sal ’n

minimum van 65 kilometer gruispad

jaarliks hergruis word.

• Gebaseer op die huidige fondsvlakke en

die instandhoudingsmodel sal ’n

minimum van 4 405 000 vierkante meter

geteerde pad jaarliks herseël word.

Bied vervoerinfrastruktuur vakleerlingskappe

aan.

• Aansoekers wat ’n volledige voltooide

aansoek met die vereise dokumentasie

indien, sal binne twee weke na die

sluitingsdatum oor die uitkoms in kennis

gestel word.

• Aansoekers op die kortlys sal binne vier

weke na die onderhoude plaasgevind

het, oor die uitkoms in kennis gestel word.

• Indien aansoekers nie binne drie weke

van die sluitingsdatum terugvoering van

die Departement ontvang nie, moet hul

hul aansoek as onsuksesvol beskou.

Bied gegradueerde opleiding in die rigting

van professionele registrasie aan.

• Gegradueerdes op die lys wat in

Augustus deur die Masakh’iSizwe

beurskantoor verskaf word, sal vir plasing

oorweeg word.

• Onderhoude met die kandidate op die

kortlys sal jaarliks gedurende Oktober

gehou word.

• Kandidate sal binne vier weke na die

Page 9: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 9 van 24

onderhoude van die uitkoms in kennis

gestel word.

Bied dieselwerktuigkundige-

vakleerlingskappe aan.

• Suksesvolle kandidate sal binne drie

maande na die publisering van die

sluitingsdatum van die uitkoms in kennis

gestel word.

• Indien die aansoeker nie binne drie

maande na die sluitingsdatum van die

advertensie terugvoering van die

Departement ontvang nie, moet die

aansoeker sy aansoek as onsuksesvol

beskou.

Page 10: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 10 van 24

Program 4 - Vervoerbedrywe: Beplan, reguleer en fasiliteer die voorsiening van

geïntegreerde landvervoerdienste

Bestuur en monitor gesubsidieerde en

gespesialiseerde openbare vervoerdienste.

• ’n Minimum van 2 460 openbare

vervoerroetes sal jaarliks gesubsidieer

word.

• ’n Minimum van 36 000 000 voertuig-

kilometers sal jaarliks gesubsidieer word.

• ’n Minimum van twee Geïntegreerde

Openbare Vervoernetwerke (GOVN) sal

jaarliks vir nie-metro munisipaliteite

ontwikkel word.

• ’n Minimum van een GOVN sal jaarliks vir

’n nie-metro munisipaliteit

geïmplementeer word, afhangende van

finansiële hulpbronne.

Koördineer en fasiliteer

landvervoerveiligheid en

nakomingsprogramme in ooreenstemming

met die veiligestelsel-benadering.

• ’n Geïntegreerde vermoeienis

bewusmakingsveldtog sal uitgevoer word

om operateurs te leer om slegs twee ure

te bestuur en dan ’n (minimum) 15

minuut liggaamstrek-ruskans te neem.

• Inligting oor landvervoerveiligheid, soos

pamflette met veiligheidswenke en

boodskappe, sal by Thusongsentrums

dwarsoor die Provinsie beskikbaar wees.

Hierdie veiligheidsmateriaal sal

maandeliks bygewerk word.

• Leerdervervoer-aanbiedings sal as deel

van die Overberg Distrik-veiligheidsplan

aan operateurs in die Overberg Distrik

gegee word.

Page 11: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 11 van 24

Program 5 - Vervoerregulasies: Reguleer die vervoeromgewing

Voorsien motorvoertuig registrasie- en

lisensiëringsdienste deur plaaslike

munisipaliteite wat die diens namens die

Departement op ’n agentskapbasis verskaf.

• ’n Motorvoertuiglisensie sal met die

inhandiging van die korrekte voltooide

aansoekvorm saam met die vereiste

ondersteuningsdokumentasie en die

toepaslike gelde, onmiddellik uitgereik

word.

• ’n Motorvoertuig sal geregistreer word en

’n registrasiesertifikaat sal onmiddellik

uitgereik word met die inhandiging van

die korrekte voltooide aansoekvorm

saam met die vereiste

ondersteuningsdokumentasie en die

toepaslike gelde.

Voorsien motorvoertuig padwaardigheid

sertifiseringsdienste deur plaaslike

munisipaliteite en/of geregistreerde privaat

maatskappye wat die diens namens die

Departement op ’n agentskapbasis verskaf.

• ’n Motorvoertuig sal onmiddellik as

padwaardig gesertifiseer word indien die

voertuig die bevoegdheidstoets

deurkom en die vereiste aansoekvorm,

ondersteuningsdokumentasie en

toepaslike gelde ingehandig is.

Voorsien bestuurderslisensies aan

bevoegde bestuurders deur plaaslike

munisipaliteite wat die diens namens die

Departement op ’n agentskapbasis verskaf.

Aansoek:

• ’n Datum vir die bestuurderslisensietoets

sal onmiddellik uitgereik word met die

inhandiging van die korrekte voltooide

aansoekvorm saam met die vereiste

ondersteuningsdokumentasie en die

toepaslike gelde.

• ’n Tydelike bestuurderslisensie wat vir ses

maande geldig is, sal onmiddellik

uitgereik word indien die aansoeker die

bestuurderslisensie-toets geslaag het.

• ’n Bestuurderslisensie, wat vir ’n tydperk

van vyf jaar geldig is, sal binne ongeveer

Page 12: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 12 van 24

ses weke uitgereik word ná die

aansoeker die bestuurderslisensie-toets

geslaag het.

Vervanging:

• Indien die bestuurderslisensie verlore

raak, beskadig word of gesteel word, sal

’n tydelike bestuurderslisensie

onmiddellik uitgereik word met die

ontvangs van die korrekte voltooide

aansoekvorm met die beëdigde

verklaring en toepaslike gelde.

• Die nuwe bestuurderslisensie sal binne

ongeveer ses weke na die aansoek

afgehandel is, uitgereik word.

Hernuwing:

• ’n Bestuurderslisensie wat vir ’n tydperk

van vyf jaar geldig is sal binne ongeveer

ses weke uitgereik word na die

inhandiging van die korrekte voltooide

aansoekvorm saam met

ondersteuningsdokumentasie en

toepaslike gelde.

• ’n Tydelike bestuurderslisensie wat vir ses

maande geldig is, sal onmiddellik met

betaling van die toepaslike gelde

uitgereik word indien sodanige

hernuwingsaansoek na die vervaldatum

gedoen is.

• Indien die aansoek betyds gemaak word

mag die persoon met die ou lisensie en

die bewys van betaling bestuur tot tyd

en wyl die nuwe lisensie uitgereik word.

Page 13: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 13 van 24

Reik permitte vir abnormale vragvoertuie en

geleenthede op openbare paaie uit.

• Abnormale vrag/voertuie vrystelling

permitaansoeke sal binne 48 uur met die

ontvangs van die korrekte voltooide

aansoekvorm en vereiste

ondersteuningsdokumentasie uitgereik

word. Indien die inset van ’n ingenieur

benodig word en dit betyds ontvang

word, sal die permit binne 72 uur

uitgereik word.

• Permitte vir geleenthede/aktiwiteite op

paaie sal onmiddellik ná die insette en

ondersteuningsdokumentasie van al die

betrokke rolspelers ontvang is, uitgereik

word.

Voorsien ’n doeltreffende oorlaai-

beheerstelsel op nasionale en provinsiale

paaie.

• Voertuie wat vragte dra se asse sal

nagegaan word vir voldoening aan

regulasies en die weegproses sal 2-3

minute neem, waarna voertuie wat

regtens gelaai is met hul reise sal

voortgaan en dié wat nie die regulasies

nagekom het nie se vervolgingsproses sal

begin.

Verskaf lisensiëringsdienste aan openbare

vervoer operateurs.

Tydelike operateurslisensie:

• Waar ’n voltooide aansoek voor 12:00

op ’n werksdag ingehandig word sal ’n

besluit op dieselfde dag geneem word.

Indien die voltooide aansoek na 12:00

op ’n werksdag ingehandig word sal ’n

besluit op die laatste die volgende

werksdag geneem word.

• Indien ’n aansoek vir ’n tydelike

operateurslisensie goedgekeur is, sal die

lisensie op dieselfde dag uitgereik word.

Page 14: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 14 van 24

Hernuwing van operateurslisensie:

• Die Provinsiale Regulerende Entiteit poog

om binne dertig dae oor sodanige

aansoeke te besluit en dit af te handel.

Registreer minibus-taxi operateurs en

verenigings.

• Die aansoek vir ’n nuwe

operateurslisensie/registrasie van minibus-

taxiverenigings, lede en nie-lede sal

binne sestig dae van die ontvangs van

die korrekte voltooide

ondersteuningsdokumentasie en

toepaslike gelde, oor besluit word en

afgehandel word.

Lewer doeltreffende en doelmatige

verkeerswetstoepassing.

• ’n Minimum van 2 500

spoedbeheerveldtogte sal jaarliks

onderneem word.

• ’n Minimum van 1 082 padblokkades sal

jaarliks gehou word.

• Weegbrûe sal jaarliks 60 000 ure in

werking wees.

• ’n Minimum van 3 914 padlangse

voertuig kontrolepunte sal jaarliks

onderneem word.

Implementeer en koördineer

padveiligheidsprogramme.

• ’n Minimum van 12 000 openbare

vervoer voertuie sal jaarliks geweeg

word.

• ’n Minimum van 345 skole sal jaarliks by

padveiligheidsopvoedingsprogramme

betrokke wees.

• ’n Minimum van 420 padveiligheids-

bewusmakingsveldtogte sal jaarliks

onderneem word.

Verskaf opleiding en ontwikkeling aan

verkeerswetstoepassingsbeamptes,

• ’n Minimum van nege formele

verkeersopleidingskursusse sal jaarliks

Page 15: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 15 van 24

eksaminators vir bestuurderslisensies en

eksaminators van voertuie om eenvormige

norme en standaarde te handhaaf.

gefasiliteer word met ’n beraamde

inname van 130 leerders en ’n slaagpunt

van 88 persent.

• Alle goedgekeurde formele

kursusdatums en –toegangsvereistes sal

op die Departement se amptelike

webtuiste beskikbaar wees

(https://www.westerncape.gov.za/dept/

tpw).

• Informele opleidingsingrypings sal met

die bekendstelling van die e-leerprogram

aan alle verkeersbeamptes binne die

Provinsie beskikbaar wees.

Page 16: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 16 van 24

Staatsmotorvervoer (SMV): Voorsien gehalte, geïntegreerde en koste-effektiewe SMV-

dienste aan provinsiale en nasionale departemente en openbare entiteite

Voorsien Staatsmotorvervoerdienste (SMV)

aan provinsiale en nasionale departemente

en openbare entiteite.

• ’n Vloot van 5 900 voertuie binne die

ekonomiese lewensiklus sal gedurende

2016/17 aan kliënte beskikbaar wees

(provinsiale en nasionale departemente

en openbare entiteite).

• Vervangingsvoertuie sal jaarliks

ingevolge die vervangingsplan verkry

word.

• Alle voertuie sal soos dit benodig word

volgemaak word en dit sal volgens elke

voertuig se diensplan in stand gehou

word.

• Tien stelselverbeteringe sal aan die

vlootbestuurstelsel gemaak word.

• Een kliënte-opname sal gedurende

2016/17 onderneem word.

• Vyf en twintig sal gedurende 2016/17

hersien word.

Page 17: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 17 van 24

Program 6 - Gemeenskapsgebaseerde programme: Bestuur die implementering van die

Uitgebreide Openbare Werke Program

Skep werksgeleenthede en ekonomiese

bemagtiging deur infrastruktuurvoorsiening.

• Die Departement sal ’n minimum van ses

werksgeleenthede skep per miljoen rand

wat op infrastruktuur met die konstruksie

en instandhouding van provinsiale

geboue spandeer word.

• Ekonomiese bemagtiging: Breed

Gebaseerde Swart Ekonomiese

Bemagtiging sal uit beginsel volledig

geïmplementeer word om maksimum

deelname van verskeie ondernemings te

verseker.

Masakh’iSizwe Beursprogram aan finansieel

benadeelde jeug (spesifiek vroue en jeug

van landelike gebiede af) om hul te

bemagtig en met geleenthede te voorsien

om hulle te help om toegang tot formele

onderwys te kry.

• Bemarking van beursprogram aan

leerders sal deur middel van

aanbiedinge by skole (wat wiskunde en

natuurwetenskap aanbied), hoër

onderwysinstellings en deur mediakanale

gedoen word.

• Aansoekvorms en kwalifiseringskriteria is

jaarliks tussen Junie en September op die

WKR se webtuise beskikbaar

(https://www.westerncape.gov.za/dept/

tpw).

• Suksesvolle aansoekers sal jaarliks aan

die einde van Januarie oor die uitkoms

van hul aansoek in kennis gestel word.

Bied Professionele Ontwikkelinsprogram vir

werknemers in die vervoer-, ingenieurs-, en

bou-omgewing aan.

• ’n Individuele opleidingsplan sal binne

vier maande na die werknemer

aangedui het dat hy/sy aan die

Professionele Ontwikkelingsprogram wil

deelneem, ontwikkel word.

• Werknemers sal ondersteun word om

professionele registrasie te behaal, in

Page 18: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 18 van 24

stand te hou en te behou.

• Kwalifiserende werknemers wat

belangstel sal ’n verbintenis teken om ’n

gestruktureerde opleidings- en

ontwikkelingsprogram te ondergaan.

• Mentors en koördineerders sal aan

werknemers wat deelneem toegewys

word om die verkryging van blootstelling/

ervaring/opleiding by ’n

bevoegdheidsvlak soos deur die

toepaslike professionele liggaam

gestipuleer is, te fasiliteer.

Koördineer die Uitgebreide Openbare

Werke-program (UOWP).

• ’n Minimum van 80 ingrypings sal

geïmplementeer word om openbare

instellings met die skepping van ’n

beoogde aantal werksgeleenthede in

die provinsie te ondersteun.

Fasiliteer programme om opkomende

kontrakteurs te ontwikkel: Grondslagfase-

en gevorderde fase-opleiding.

• Konstruksie Industrie Ontwikkelingsraad

(CIDB) vlak een en twee Siviele

Ingenieurswese- en Algemene Geboue-

kontrakteurs wat op die munisipaliteite se

“kontrakteurdatabasis” is, sal jaarliks per

telefoon of epos na ’n twee dag

inligtingsessie genooi word.

• Suksesvolle kontrakteurs wat by die

Konstruksie Industrie Ontwikkelingsraad

(CIDB) op vlakke een en twee Siviele

Ingenieurswese en Algemene Geboue

geregistreer is, sal binne vier weke van

die sluitingsdatum van die advertensie

oor die uitkoms van hul

opleidingsaansoek in kennis gestel word.

Page 19: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 19 van 24

• Suksesvolle kontrakteurs wat by die CIDB

op vlak drie tot vyf, Siviele

Ingenieurswese en Algemene Geboue

binne die Wes-Kaap Provinsie

geregistreer en aktiewe kontrakteurs

binne die verkrygingsproses van die

Departement is, sal binne vier weke na

die interne selektering afgehandel is, oor

die uitkoms van hul opleidingsaansoek in

kennis gestel word.

• Onsuksesvolle kontrakteurs sal binne ’n

maand van die sluitingsdatum deur die

Departement in kennis gestel word.

Bied geleenthede vir konstruksie-verwante

vaardigheidsontwikkeling vir die jeug binne

die Wes-Kaap aan, insluitende ’n

opleidingsprogram (drie jaar program

gemik op leerders wat Graad 12 of

gelykstaande voltooi het) en VOO-kollege

konstruksie vakleerlingskapprogramme (12-

18 maand program gemik op VOO-

studente).

• Suksesvolle aansoekers sal binne vier

weke na die sluitingsdatum oor die

uitkoms van hul aansoek in kennis gestel

word.

• Indien die aansoeker nie binne drie

maande van die Departement

terugvoering kry nie, moet die aansoeker

sy/haar aansoek as onsuksesvol beskou.

Page 20: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 20 van 24

TOEGANKLIKHEID

Ons geboue is vir almal toeganklik, dit wil sê, ook vir mense met gestremdhede.

KONTAK ONS

Die kontakbesonderhede van die belangrikste eenhede word hieronder verskaf. Die hoof

departementele diensareas, asook die diensstandaardskedule is beskikbaar by:

https://www.westerncape.gov.za/dept/tpw/about.

AFDELING KONTAKBESONDERHEDE EN BEDRYFSURE

Algemene Navrae 07:00 – 19:00, sewe dae ’n week

Tel: 0860 212 414

Hoofkantoor

08:00 – 15:30 (weeksdae)

Dorpstraat 9, Kaapstad

Epos: [email protected]

Faks: 021 483 8755

Webtuiste: www.westerncape.gov.za/dept/tpw

Twitter: @WCGovTPW

e-Government 4 Citizens (e-G4C)

07:00 – 19:00, sewe dae ’n week

Departementele inbelsentrum: 0860 212 414

SMS: 31022

Please Call Me: 079 769 1207

Faks: 021 483 7216

Epos: [email protected]

Sosiale media

Facebook: WesternCapeGovernment

Departementele Twitter-rekening: @WCGovTPW

Algemene Twitter-rekening: @WesternCapeGov

Departementele Instapsentrum

08:00 – 15:00 (weeksdae)

Dorpstraat 9, Kaapstad

Tel: 021 483 5337/5997

Page 21: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 21 van 24

Padinstandhouding

(Streekkantore)

08:00 – 15:30 (weeksdae)

Hoofweg 1, Paarl-Suid

Tel: 021 863 2020

Bon Chretienstraat, Ceres

Tel: 023 312 1120

Vredestraat 2, Oudtshoorn

Tel: 044 272 6071

Provinsiale Regulerende Entiteit

Hulpkantoor

07:30 – 14:00 (weeksdae)

Hoek van Bosduif en Volstruisweg, Bridgetown,

Athlone

Tel: 021 483 0234/0214/0217/0216/0222

Epos: [email protected]

Faks: 021 483 0204

Courtenaystraat 42, George

Tel: 044 802 3700

Epos: [email protected]

Faks: 044 874 5711

Langstraat 85, Piketberg

Tel: 022 913 3206

Provinsiale Vervoerregistrateur-

kantoor

Tel: 021 483 0259/ 0252

Faks: 021 483 0206

Provinsiale Taxikantoor Tel: 021 696 3213/14

Faks: 021 696 3206

Verkeerswetstoepassing

(Hoofkantoor)

08:00 – 15:30 (weeksdae)

Waalstraat 35, Kaapstad

Tel: 021 483 6085

Padveiligheidsbestuur

(Hoofkantoor)

08:00 – 15:30 (weeksdae)

Waalstraat 35, Kaapstad

Page 22: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 22 van 24

Tel: 021 483 6958

Verkeersopleiding en ontwikkeling

(Hoofkantoor)

08:00 – 15:30 (weeksdae)

Waalstraat 35, Kaapstad

Tel: 021 483 3087

Verkeerswetstoepassingskantore

08:00 – 15:30 (weeksdae)

Brackenfell

Tallentstraat 16, Parow

Tel: 021 963 9160

Beaufort-Wes

Roete H9-N1 Afdeling 8, 2 Beaufort-Wes

Tel: 023 414 2700

Vredenburg

Hopefieldweg, Vredenburg

Tel: 027 713 1286

Mosselbaai

Essenhoutstraat, Mosselbaai

Tel: 044 693 4545

Oudtshoorn

Voortrekkerweg 76, Oudtshoorn

Tel: 044 272 4197

Caledon

Orian-gebou, Prince Albertstraat, Caledon

Tel: 028 212 2875

Vredendal

Voortrekkerstraat 44, Vredendal

Tel: 027 213 1269

Page 23: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 23 van 24

Worcester

Tulbaghstraat, Worcester

Tel: 023 342 2356

Laingsburg

Besigheidsentrum, Meiringstraat, Laingsburg

Tel: 023 551 1021

Knysna

Hoek van Lang en Covestraat, Knysna

Tel: 044 382 5525

Swellendam

Andrew Whitestraat, Swellendam

Tel: 028 514 1185

Athlone

Hoek van Bosduif en Volstruisweg, Bridgetown,

Athlone

Tel: 021 483 0130

Staatsmotorvervoer

08:00 – 15:30 (weeksdae)

Roeland-gebou, Roelandstraat 34, Kaapstad

Tel: 021 467 4797

SMV tolvrynommer: 08000 92468(WCGMT)

SMV Vloot Kliëntesorgsentrum

(CCC): [email protected]

Openbare Werke Streekkantoor

08:00 – 15:30 (weeksdae)

4de Vloer, York Park Gebou, St Johnstraat, George

Tel: 044 805 8700

Page 24: DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17 · Bladsy 1 van 24 DEPARTEMENTELE DIENSMANIFES 2016/17. ONS VISIE . Om te lei in die lewering van staatsinfrastruktuur en verwante dienste. ONS

Bladsy 24 van 24

U TERUGVOERING IS VIR ONS BELANGRIK.

• Laat weet ons indien u ’n klagte het. Ons sal om verskoning vra, aan u klagte aandag

gee en die korrekte antwoord/inligting vir u klagte verskaf.

• As ons nie onmiddellik u telefoniese navraag kan antwoord nie, sal ons die naam van

die persoon na wie u navraag verwys word vir u gee en u ’n aanduiding gee van

wanneer u ’n antwoord kan verwag.

• Ons sal vir u die naam en kontakbesonderhede van die persoon wat u navraag

hanteer gee en/of ’n verwysingsnommer, indien van toepassing.

• Ons is verbind daartoe om sonder vooroordeel ’n geregtelike wyse te volg.

U is welkom om u voorstelle, komplimente, klagtes en konstruktiewe kritiek na die

volgende adres te stuur:

Departementele Kommunikasie

Privaatsak X9185, Kaapstad, 8000

Tel: 0860 212 414

Faks: 021 483 9851

Epos: [email protected]

Webtuiste: https://www.westerncape.gov.za/dept/tpw

RAPPORTEER BEDROG EN KORRUPSIE

Rapporteer enige gevalle van bedrog of korrupsie deur die Nasionale Anti-Korrupsie

Blitslyn te bel by: 0800 701 701 (tolvry) of 021 483 0539.

VERKLARING VAN UITVOERENDE GESAG:

Ek, Donald Grant, bind die Departement van Vervoer en Openbare Werke, ingevolge

Deel III, C.2 van die Staatsdiensregulasies, 2001, soos gewysig, om te voldoen aan hierdie

Diensmanifes:

DONALD GRANT

MINISTER VAN VERVOER EN OPENBARE WERKE

DATUM: